Die Progressiewe Liberalisme teenoor Ware Vryheid

Daar bestaan basies 2 politieke denkrigtings. Dit is die teenoorstaande gedagte-rigtings van konserwatisme teenoor liberalisme. Dit verteenwoordig twee onversoenbare pole aangesien die uitgangspunte van elkeen van hierdie twee ideologieë radikaal verskil.

Konserwatisme

Die konserwatisme is gegrond in die huldiging van tradisionele norme en waardes, dit handhaaf die beproefde weë wat deur die meule van die tyd as deugsaam en waar bewys is. Dit vind sy krag in samebinding, nasionalisme, volksverbondenheid en patriotisme. Die konserwatiewe denker stel altyd die groter belang van sy groep bo eiegewin. Hy heg hoë waarde aan die gesin, die geloof, die land, die volk.

Liberalisme

Daarteenoor is die liberalistiese denkwyse gebaseer op die geloof in individuele vryhede en regte. Die woord “liberalisme” is ontleen aan die Latynse woord “liber” wat vryheid beteken. Daar is by die liberale denker ‘n ewige drang na die wegbreek van reëls en norme, selfs al is dit bloot net ter wille van verandering, en gewoonlik as ‘n daad van rebellie (of met ‘n sterk element daarvan teenwoordig). Die sentrale gedagte is die vryheid van die individu, welke strewe gestel word bo enige ander belang. Die individu word as’t ware tot ‘n godheid verhef.

Die mens beklee dan die sentrale plek in sy eie bestaan, in plaas van God. Dit is humanisme – die verafgoding van die mens en sy regte.

Regte of voorregte

Die bekende Hervormde Kerk teoloog, wyle prof. AD Pont het dit gestel dat die mens geen regte het nie, hy het alleen maar voorregte voor God. Die hele versinsel van die liberale dogma van menseregte word deur hierdie enkel waarheid ‘n streep deurgetrek!

Ontwikkeling van die liberalisme

Die liberalisme het oor die afgelope 4 eeue gaandeweg verskeie metamorfoses (vervlakkings?) ondergaan. Ná die Wêreld-oorloë verkry dié ideologie sterk ondersteuning vanuit die Joods-beheerde media.

Vandaar word die gedagtes en denke van koerant-, boek- en tydskriflesers en teatergangers deur die liberale dogma besmet. Teen die 1960’s is die liberalisme geïnfekteer met sosialistiese ideologie, waarna dit verder ontwikkel tot die radikale “kulturele Marxisme” van die negentigerjare.

Die gevolge van liberalisme

Die liberale denkrigting rig in al sy metamorfoses die samelewing onnoembare skade aan. Dit is duidelik in terugskou van die geskiedenis waarneembaar. Die sosalisties/marxisties gedrewe ideologie het gelei tot die verval van menige Westerse lande tot “nanny states” – waar lui bevolkings staatmaak op subsidies en gifte vanaf die staat. Die staat voorsien selfs ‘n basiese inkomste aan elkeen wat te sleg is om te werk. Daarbenewens is morele en sedelike verval aan die orde van die dag.

Wat altyd reg was is skielik verkeerd, en die gruwelikste sondes word vergoeilik.

Dokter Lyle Rossiter (jnr), ‘n psigiater met meer as 35jaar se kliniese ondervinding, het in 2008 ‘n boek die lig laat sien met die titel: “The Psychological Causes of Political Madness”. Hierin skryf hy:

“Based on strikingly irrational beliefs and emotions, modern liberals relentlessly undermine the most important principles on which our freedoms were founded. Like spoiled, angry children, they rebel against the normal responsibilities of adulthood and demand that a parental government meet their needs from cradle to grave. A social scientist who understands human nature will not dismiss the vital roles of free choice, voluntary cooperation and moral integrity — as liberals do. A political leader who understands human nature will not ignore individual differences in talent, drive, personal appeal and work ethic, and then try to impose economic and social equality on the population — as liberals do. And a legislator who understands human nature will not create an environment of rules which over-regulates and over-taxes the nation’s citizens, corrupts their character and reduces them to wards of the state — as liberals do.”

Verdere verval van die liberalisme

Die Liberalisme is egter tans besig om in sy laaste, lelikste fase in te beweeg. Dit kan as Progressiewe Liberalisme beskryf word. Dit wortel steeds in die grondbeginsel van die klassieke liberalisme van die bevryding van die individu van enige vorm van kollektiewe saambinding. Nadat gesinne opgebreek is, rasgrense vernietig is, die vrou deur die “women’s lib” beweging bevry is en volke skaamgemaak is om nasionalisties en patrioties te wees is groot welslae behaal om die mens van elke vorm van samehorigheid tot ‘n groep te “bevry”. Hy is nou bloot ‘n eenling, ‘n wêreldburger wat nêrens behoort nie…

Die enigste twee oorblywende kollektiewe saambindings wat steeds voortbestaan is dié van geslag en van menswees self.

Volgens die Russiese filosoof, Aleksandr Dugin is dit juis in die strewe tot die vernietiging van hierdie laaste twee kollektief-onderskeidende maatskaplike identiteite waarin die laaste fase van die Liberalisme sy beslag kry.

Ontkenning van geslag

Dit het eerstens gelei tot die “trans-gender” dwalings, tesame met die promovering van die LBGTQ-beweging. Geslag is nou opsioneel – ten spyte daarvan dat dit reeds voor geboorte deur chromosoom-determinasie vasgelê is. Nee, dit is nou vloeibaar en afhanklik van die reg van die individu se vrye keuse daaroor. En dié nuwe malheid word deur die media gedryf en selfs deur regerings afgedwing. Dit word selfs ‘n wetlike oortreding wanneer iemand nie aangespreek word met die voornaamwoord van sy/haar/dit se eie keuse nie. Deur die implimentering van hierdie voorlaaste stap deur die Progressiewe Liberalis word gepoog om die kollektiewe identiteit van vrou-wees of man-wees die nek in te slaan.

Ontkenning van mens as kroon van die skepping

Die heel laaste stap is dan die vernietiging van die mensheid self. Vandaar die ywer van en hoë publisiteit aan psigopate soos Klaus Schwab en Yuval Harari. Hulle staan trans-humanisme, kloning van siellose mense, “intelligent design” en kunsmatige intelligensie (AI) voor. Als moet onder beheer staan van wat hulle die “elites” noem. Die einddoel – die vernietiging van die mensdom…

Verslawing aan Eenwêreld-regering

Ironies genoeg vind mens dat hoe verder die Liberalisme metamorfeer, hoe meer word mag gesentraliseer deur sinistêre owerhede. Dit, ten spyte van die eis van die klassieke liberalisme dat die mens vry is van reëls en regulasies, dat hy ongebonde is en na willekeur kan optree. Hy moes juis bevry word van die tirannie van regerings wat bv. sensorskap toegepas het. Sy reg van vryheid van spraak mog nooit ingeperk word nie. Maar wat sien ons nou ontvou? In toenemende mate word enige weerstand teen die Liberalisme gesensureer. Vryheid van spraak geld slegs vir dié wat saamstem met die magte in beheer. Die wat daarvan durf verskil se sosiale media-plasings word verwyder. Hulle word selfs krimineel vervolg wanneer teen die heersende narratief betoog word. Maar terselfdertyd word kranksinnige idees soos geslagsvloeibaarheid, selfdegeslag-huwelike, kloning van embrios en talle ander tot naarwordens toe in ons kele afgedruk.

Alles natuurlik in lyn met die daarstelling van ‘n Eenwêreld-regering. ‘n Diktatoriale entiteit wat totalitêre mag oor hul on-vrye onderdane sal uitvoer. Dít is die uiteinde van die Liberalisme.

Liberalisme ‘n selfvernietigende geestessiekte

By objektiewe evaluasie van die Liberalisme kan mens geen ander afleiding maak as dit gewoon kranksinnigheid is nie. Dis ‘n geestelike afwyking of dalk eerder ‘n geestessiekte. In die liberalis se strewe na totale vryheid beland hy hom uiteindelik onder totale diktatoriale beheer – met absoluut GEEN vryheid nie. As enkel-marionet word die individu – nou gestroop van sy samebindings wat eens aan hom kollektiewe bedingingsmag verleen het – uiteindelik verpletter deur algehele oorheersing. Die Progressiewe Liberalisme, as hoogtepunt van liberale denke, verraai die basiese spelreëls van die liberalisme, naamlik vryheid en gelykheid. Dit het inteendeel juis die opskorting daarvan ten gevolg deurdat die liberalis uiteindelik geestelike selfmoord pleeg. Daar kan dus met reg na die Liberalisme as geestessiekte verwys word.

Waarin kan ware vryheid dan gevind word?

Ware vrede en geluk word in die beproefde weë van die konserwatiewe denke gevind. Waar geloof in God, verbondenheid aan ‘n gesin en deel wees van ‘n volk sentraal staan. Daarin word saambindingskrag gevind. Waar omgee vir mekaar en die dien van hoër ideale voorrang bo eie gewin geniet. Waar die hoofdoel van jou bestaan is om God te prys uit dankbaarheid vir Sy ewige verlossing en die Godgewe gawes van taal, kultuur en goed in hierdie lewe.

Dáárin is ware vry-wees te vind!

Aandag Alle Opregte Afrikaners: Bly weg van die verkiesing.

Die verkiesing is voor die deur.  ‘n Beduidende getal Afrikaners het sedert 1994 nie gaan kruisie trek nie en sal dit ook nie met hierdie verkiesing doen nie. En omdat hierdie groepering van nie-stemmers gaandeweg groter raak, word elke moontlike toertjie ingespan om die Afrikaner by die stembus te kry. U sien, as die kerngroep van die ekonomie sy rug draai op die demokratiese proses, skep dit eintlik ‘n konstitusionele krisis. Want sien, ‘n nasie waarvan een kleur wegbly/ontbreek kan kwalik nog ‘n “reënboognasie” genoem word.

Maar ja, dié utopie van ‘n NSA met vrede en harmonie tussen al wat kleur en geur is, het net nooit werklikheid geword nie. Dit kán ook nie, dit het nêrens in die wêreld geslaag nie, hoe sou dit hier kon werk?!

Diepliggende verskille tussen rasse in Suid-Afrika

Tussen die rasse is daar nie net groot getalle-ongelykheid nie,  maar daar bestaan ook diepliggende kultuur-, geloofs- en beskawingsverskille . Die uitwissing daarvan is nie deur 30 jaar se bevoordeling van Swartes en diskriminasie teen Blankes bewerkstellig nie en sal ook nie gebeur in die eeue wat kom nie.

Mnr. Jaap Marais sê in Waarheid en Werklikheid:

Die sentrale probleem van die Suid-Afrikaanse staatkunde is dat ras en kleur nie maar net ‘nuanses van pigmentasie’ binne een nasie is nie, maar dui op diepgaande historiese en nog dieper genetiese verskille, wat saam sosiale, kulturele en godsdienstige afstand skep wat onoorbrugbaar is.

Ook sê Statistiek-SA se sensusopname van 2022: “Black South Africans remain the dominant population group at 81,4%.

Onderhandelde Uitslag

Dit beteken dat uit elke 10 mense wat sou kan stem, 8 Swart is. Dis nie te moeilik om ‘n berekening van die uitslag te maak nie… Wat ons wel met sekerheid kan sê, is dat ás die ANC se meerderheid tot onder 50% daal soos wat uit alle oorde en veral deur die Joods-beheerde media met groot trompetgeskal voorspel word, dan is dit vanweë die onderhandelde uitslag wat lank voor stemdag reeds bereik is, nie vanweë getelde stemme nie.

U kan uself nog herinner aan die opmerking van regter Kriegler, die OVK-voorsitter na die “eerste demokratiese” verkiesing in 1994. Hy is gevra of die verkiesing vry en regverdig was en sy reaksie: Mens kan nie verwag om in ‘n bordeel te werk en kuis te bly nie.

Daarna, is na die 1999-verkiesing berig dat 1,7 miljoen méér stemme “getel” is as waarvoor daar stembriewe uitgereik is!

En die denkende Witman krap in groterwordende ongeloof sy kop hieroor. Ook skaam hy hom oor dit waarna die verkiesing lei – die samestelling van wat “die parlement” genoem word, maar beter as ‘n sirkus beskryf kan word. Hy vra homself dan af: Waarom nog gaan stem?

Valse bewerings om mense na stembus terug te lok

Met hierdie groeiende wantroue onder ons mense verbaas dit dus glad nie dat slinkse foefies bedink word om die mense weer terug te lok stembus toe. Groot koalisies word gesmee, wat kwansuis die vermoë sou hê om die ANC te verslaan. Natuurlik geniet hierdie wensdenkery wye propaganda-dekking.

Moenie in dieselfde juk trek…

Die Afrikaner-nasionalis kan hom met niks hiervan vereenselwig nie. As gelowige hoor hy die woorde van die Korinthiërs-boek en weet dat dit vandag nog net so geldend is as toe dit geskryf is:

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

en verderaan:

Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die HERE …

                                                            II Kor. 6: 14 en verder

Wat die Afrikaner moet doen

Hy weet ook dat die huidige bestel deur verraad en bedrog op hom afgedwing is. Hy, as wettige eienaar van wat internasionaal as “Blank Suid-Afrika” bekendgestaan het, het nooit die dokumente geteken wat hom sy eiendomsreg ontneem het nie. Die referendum ter effekte daarvan is wel beloof, maar nooit aan die Blanke eienaars van die land gebied nie. Daarom is hierdie ‘n onwettige bestel.

Die hoë verantwoordelikheid rus op die Afrikaner wat sedert 1994 nie gaan stem het nie – en daardeur die legitimiteit van hierdie regime ontken het – om steeds enduit te veg vir die herstel van sy Vaderland as sy regmatige eiendom.

Hoe jou volk sy onafhanklikheid finaal kan verloor

Die Rehoboth-basters was voor “onafhanklikheidswording” van Suidwes in 1990 ‘n selfregerende volk met ‘n eie gebied. Hierdie onafhanklikheid/selfstandigheid is ook deur die Duitsers erken nadat hulle Duits-Wes gekoloniseer het. Maar in die euforie oor die oorwinning oor die Blankes in 1990 het die Basters hulle laat inbind in die nuwe Namibië, en ywerig aan die verkiesings deelgeneem. ‘n Skamele 6 jaar later wend hulle hulself tot die Hooggeregshof van Namibië ten einde hul onafhanklikheid en grondgebied te herwin. Hul appèl word egter deur die hof verwerp. Die rede – hulle het hulself vrywillig in die demokratiese proses laat inbind deur hul deelname aan die verkiesings en kan daarom nie as outonome volk met ‘n eie gebied herstel word nie.

Hier in die Republiek sien die prentjie daar heel anders uit, met honderde duisende Afrikaners wat sedert 1994 die verkiesings van die onwettige regime boikot. Ons het dus ‘n voorbehoude staatkundige reg tot die herinstelling van ‘n Blanke regering.

Diegene wat binne die regime wil opereer, sal nie vryheid bring nie

Daar is aan die regterkant van die Afrikanerpolitiek twee duidelike strome. Die een is nie ‘n vriend van die herstel van ons vryheid in ons vaderland nie. Dit is diegene wat binne-in die politieke bestel opereer en nou al daar vir 30 jaar probeer beding vir ‘n volkstaat (‘n afvalstukkie van ons vaderland). Terwyl hulle saam met die Afrika-politikus hul vergryp aan die vettighede van die soustrein. Daar kruip hulle voor hul Swart meesters en smeek vir die toekenning van ‘n stukkie grond wat kwansuis hul grondwetlike reg sou wees. Dié reg word hulle gegun deur die dokument van verraad – die sogenaamde Afrikaner-Akkoord – ‘n ooreenkoms wat die verraaier Constand Viljoen saam met die ANC en NP enkele weke voor die 1994-verkiesing onderteken het. Wat Viljoen eintlik belowe het en van verhoog tot verhoog verkondig het, was om die oordrag van mag  met wapengeweld te verhoed – daarvoor het hy inderdaad ook bevel gevoer oor ‘n mag van meer as 100 000 man. Maar in sy daad van grootste verraad het hy sy rug gekeer op sy volk en met hierdie troosprys – die “ingeboude grondwetlike reg op ‘n volkstaat”, ‘n party geregistreer (die Vryheidsfront) en self aan die verkiesing gaan deelneem. Maar helaas, 3 dekades later het hulle nog nie ‘n enkele morg afgesmeek gekry nie, en helaas is selfs die Volkstaatraad ontbind.

Verraderlike Afrikaner-Akkoord word weereens vir misleiding gebruik

Om sake te vererger is daar nou ‘n swetterjoel organisasies wat hulle kwansuis búíte die parlement wil beroep op daardie selfde verraderlike Afrikaner-Akkoord. Die dokument wat ons ten ene male tot vreemdelinge in ons eie land gereduseer het, word nou weer deur hulle aangegryp as ons laaste hoop. Hierin word hulle gesteun deur Boermedia wat aan hulle wye dekking verleen.  Hulle het inderdaad reeds deur die gestorwe en heropgeleefde Volksraads Verkiesingskomitee (VVK) die ANC-regering genader. Hulle het gepleit vir die reg van ‘n volkstaat maar moes vernederd en met leë hande daar weg.

Dit is ‘n futiele saak – die spul verraaiers in die parlement se onvermoë om dit binne die parlementêre stelsel te bewerkstellig, is daar voldoende bewys van. Waarom sal daar enige hoop wees om dit van buite die konstitusionele liggame te bereik? Dit is geheel onhaalbaar. Waarom dié dooie perd weer opsaal? Die Afrikaner-Akkoord is duidelik nie eens die papier werd waarop dit geskryf is nie – die ANC verag daardie ooreenkoms net soos wat hulle die NP se wigte-en-teenwigte geminag het.

Afrikaner-Akkoord geen uitweg

Sou hulle enigsins daarin slaag om die ANC daartoe te oortuig wonder mens of die mense die implikasies werklik bedink het. Ons laat dit daar dat hulle bereid is om te skik vir ‘n klein deeltjie van dit wat ons regmatige eiendom is. Daarmee kondoneer hulle die verraad en verleen hulle legitimiteit aan die onwettige regime.  Die dokument, die Afrikaner Akkoord, beding ‘n volkstaat – ‘n flentertjie grond wat nie ekonomiese of staatkundige selfstandigheid kan verseker nie. Dink byvoorbeeld aan Orania – wat doen Orania as die regering van NSA sy “grens” sluit en geen verkeer in of uit toelaat nie? As die NSA sy lugruim sluit kan daar nie eers ‘n vliegtuig daar gaan land nie. Hoe gaan in- of uitvoere plaasvind? Dalk moet ons in die geskiedenis gaan kyk na diegene wat blindelingse vertroue op Swart leiers plaas, soos Piet Retief…

In hierdie sinnelose scenario wil die organisasies wat hulle nou opnuut weer op die Afrikaner-Akkoord beroep ons nou inlei. Dit is absurd! As die VF+ dit nie na 30 jaar binne die parlement – grondwetlik ingestelde Volkstaatraad en al – kon regkry nie, vra mens onwillekeurig hoeveel dekades moet ons volk nog die dwingelandy onder Swart regering verduur terwyl hierdie Afrikaner-Akkoord-geelwortel opnuut as blufspel gespeel word! Dit val dus ook glad nie vreemd op om nou weer dieselfde gesigte wat destyds rondom Constand Viljoen se verraad versamel was, weer by hierdie nuwe beweging te sien nie. Laat ons dit maar prontuit op die naam noem – julle is weereens besig met verraad. Julle speel in die hande van ons vyande. Julle is instrumenteel daarin om die Afrikaner te verwar en hom van sy ware vryheidstryd weg te keer!

Die ware pad na herstel van die Afrikaner se vryheid

Laat dit hier hard en duidelik gesê word: Die Afrikaner se pad na die herstel van sy vryheid, na die herwinning van sy vaderland, lê BUITE die bestel. Dit behels die herstel van gans die HELE grondgebied van die Republiek van Suid-Afrika – sy regmatige eiendom! Daarvoor word nie onderhandel of gekruip nie – dit het FW en Viljoen en hul hedendaagse handlangers genoeg gedoen. Ons kibbel nie oor ‘n paar hektaar hier of daar nie. Ons beroep ons op ons volk se geskiedkundige reg tot volle seggenskap en beheer van ons volle grondgebied! Dié land is óns land, van die Kaap tot in Transvaal, ons skuld dit aan geeneen nie!

Oproep aan elke Afrikaner

Daarom roep ons elke Afrikaner op om die demokratiese proses te boikot – bly weg van die stembus, en versterk só ons saak deur geheel buite die bestel te bly – aangesien ons dit nie erken as ‘n wettige entiteit nie. Deur u stem te weerhou bevestig u dat hierdie regime geen legitimiteit oor ons volk het nie. So verwerp u hierdie bestel geheel en al! Bevestig aan die wêreld dat die Boer leef en sal oorleef. Dat hy sy reg tot vryheid sal handhaaf in die geloof dat sy God hom sal herstel in die land waarin Hy hom gevestig het.

Lewe die Boer!

Vegkop en die Strafkommando teen Msilikaats

Soos onthou deur AH Potgieter, junior, die derde seun uit sy vader se eerste huwelik. Hy is gebore op 15 Okt. 1830, en het hierdie verklaring in Feb.-Maart 1912 afgelê.

Terwyl die trekkerleier, Andries Potgieter, met ‘n ekspidisie weg van sy laer was op soek na Louis Trichardt en lang Hans van Rensburg, is sy laer deur die Matabeles aangeval. Die laer het toe besluit om te versit, weg van hul staanplek langs die Vaalrivier, en terug na Vegkop.

___

Solang as ons trek nog by die Vaalrivier was kom Stephanus Erasmus met ‘n komissie daar aan, om die land te besien. Hulle is die Vaalrivier deur, en toe ‘n ent van ons langs die rivier af getrek… Toe vader van Trichardt terugkom vind hy ons staanplek aan die Vaalrivier verlate, en net die lyke van die swartes nog daar. Hy het toe al op ons wa-spore gekom tot by Vegkop. Dit was ‘n grote blydskap toe hy daar kom, want almal het gedink dat hy en sy maats deur Silkaats vermoor was.

Silkaats het intussentyd ‘n tweede kommando naturelle uitgestuur om ons laer te kom aanval. Die swartes het eers op Erasmus se laer afgekom. Erasmus het dié môre vroeg te perd uitgegaan om te gaan skiet, langs die Vaalriver af. Toe hy die middag by sy laer terugkom, was dit al deur die swartes ingeneem, en al sy mense vermoor; maar die swartes was nog in die laer.

Erasmus het van ons laer hoër op langs die rivier geweet. Hy het toe ‘n wye draai om die swartes gery, om ook te kom waarsku, maar toe hy by ons staanplek kom, was ons al weg. Hy het ons toe al op onse wa-spore agternagesit, en eers by Vegkop het hy ons ingehaal.

Die Liebenbergs se trek was toe nog by wat nou Liebenbergsvlei is. Erasmus het hulle gewaarsku dat die swartes aan’t kom was, maar hulle wou dit nie glo nie, en het daar gebly. Erasmus is toe van hulle af weg om ons te kom waarsku. Van die Liebenbergs het hy gehoor dat ons by Vegkop was.

Toe Erasmus by ons kom het hy net sy perd, klere aan sy lyf, bandelier en geweer; al sy ander goed het in die slag gebly by sy laer.

Toe hy ons sy sware tyding vertel het, het vader dadelik sy jonger broer, Nicolaas, en sy swaer Piet Botha, gestuur om die Liebenbergs te gaan sê hul moet padgee, en ook na Vegkop toe kom. Maar toe hulle daar kom was die Liebenbergs al vermoor. Nicolaas Potgieter en Piet Botha het laat in die nag weer by ons teruggekom.

Die Voorbereiding

Toe Erasmus ons sy tyding bring, het almal dadelik aan die werk gegaan om onslaer so sterk as moontlik te maak. Doringbome word afgeskap en aangesleep, die bome word aan mekaar vasgebind en onder die waens ingesleep en deurmekaar gevleg, en toe met kettings vasgewoel, sodat dit onmoontlik vir die swartes sou wees om dit uit te sleep of af te kap met hul asgaaie.

Toe die laer so sterk was as wat ons dit kon maak, moes daar koeëls gegiet word. Elkeen het geweet dat daar geen tyd sou wees om die kruit en koeëls behoorlik met die laaistok vas te stamp nie, en daarom word die koeëls ‘n weinig kleiner gegiet as wat hul werklik moes wees, sodat hul vanself die loop kon inval, tot op die kruit.

Iedere koeël was toe weer byna deurgesaag in die vorm van ‘n kruis, elke koeël kry daardeur vier punte, wat weer aanmekaar gedruk word. As daar nou geskiet word, dan spat so ‘n gesaagde koeël in vier dele. Die vroue het sakkies gemaak. In elke sakkie was daar van 10 tot 12 lopers. Die sakkies was ook so dat hul die loop kon inval sonder dat ‘n laaistok nodig was om hul af te druk.

In die middel van die laer was vier waens getrek in die vorm van ‘n vierkant. Dit was aan die kante en bo-op bedek met velle, en moes dien as beskerming vir die vroue en kinders.

Die spanning bou op.

Die volgende môre, toe dit begin lig word, is my vader met die mans die laer uit om die swartes tegemoet te ry. Voor die geveg aanvang neem, het my vader met sy tolk vooruitgery na die swartes toe, om te probeer hul te beweeg om om te draai.

Die Matabele’s in oorlogsdrag.

Toe vader en sy tolk na genoeg kom, het die swartes op hul afgestorm en asgaaie op hul afgegooi. Toe vader nou eindelik insien dat dit onmoontlik sou wees om die saak op ‘n vredeliewende wyse te skik, het hy teruggejaag na sy mense.

Die swartes het hulle gevolg. Toe vader by sy mense kom, gee hy bevel om te skiet. Die swartes was al digby. Daar was geen tyd om posisie in te neem nie, elke man het sy geweer afgevuur, op sy perd gespring en dan weer voortgejaag. In die jaag moes hulle laai, dan weer halt, afspring en skiet; dan maar weer op die perd spring, jaag, laai, weer afspring en skiet.

Die swartes het maar altyd digby gebly. Op hierdie manier het die geveg voortgeduur tot hul naby die laer was. Toe gee vader bevel dat hul laer-toe moet jaag, sodat hulle die poort of ingang toe kon maak, die gewere skoonmaak, elke man sy bandelier en kruithoring aan kon kry en posisie inneem vóór die swartes by die laer kom.

Iedere man moes ‘n paar bakke of skottels by hom neem, om sy kruit, koeëls en lopers in te hou. In die geveg was daar geen tyd om ordentlik te laai nie. Elkeen moes maar ‘n handvol kruit neem, dit in die loop van die geweer laat val, en dan die koeël of lopers bo-op, en afvuur.

Die swartes het tot by ‘n spruit naby die laer gekom, daar het hulle gaan rus. Dit was omtrent twaalf uur toe ons mense die laer ingejaag het. Drie mans het die veld ingejaag in plaas van na die laer. Hulle het ons, en hul vroue en families daar in die steek gelaat.

Dit was ‘n benoude uurtjie vir ons, solank as die swartes daar by die spruit rus. My oom, Koos Potgieter, kon dit nie meer uithou nie. Hy sê toe aan my vader: “As die swartes moet kom, laat hul dan kom. Ek sal uitgaan en hul aanlok. As ek moet dood dan moet ek maar; dié wag kan ek nie langer uithou nie.”

Die Slag vind plaas.

My vader wou hom nie uit laat gaan nie, maar stap na sy wa, neem sy sweep-stok, bind daar ‘n rooi lap aan en swaai dit na die swartes toe. Die Matabeles neem die uitdaging aan, en begin aan te kom in twee horings. Toe die twee horings om ons laer was, sluit hulle aaneen, en storm toe met ‘n wilde geskreeu op die laer af.

Vader het beveel dat niemand moes skiet voordat sy eie skoot val nie. Toe die swartes omtrent 30 tree van die laer was, vuur vader; en toe was daar ‘n vreeslike geskiet, gefluit, gehuil en geskreeu. Die asgaaie was soos ‘n dikke swerm sprinkane in en oor die laer. Die swartes ruk en pluk aan die takke.

Ons mense verweer hul dapper, en eindelik moes die swartes terugtrek, met agterlating van enige honderde dooies. Hulle het net ver genoeg teruggetrek om buite die bereik van die ou Sannas te kom.

Vader het toe agt van die flukste en ratste manne uitgesoek, en met hulle stap hy die hek uit na die swartes toe, terwyl die ander mans posisie moes inneem op die waens en kiste. Toe vader met sy agt man na genoeg aan die swartes was, begin hul om te skiet. Die swartes storm op hulle af, vader en sy agt man vlug die laer in, en die ander mans moes dan die swartes terugskiet.

Dit het verskeie male gebeur, toe die mense merk dat sommige van die lyke, wat daar om die laer lê, sweet en ander nie. Met die in en uitgaan van vader en sy agt man, het die swartes ook ‘n ander plan bedink. Dit was: as hulle op die laer afstorm, moes ‘n klomp bly lê asof hulle geskiet was, om dan by die volgende keer, saam die laer te kan instorm. En dit was hulle wat in die warm son gelê en sweet het.

Van daar af was dit die gebruik by enige aanval om eers die wat lê en sweet, dood te skiet. Op dié manier het die geveg voortgeduur tot laat die aand, toe die swartes die vlug neem. Al ons vee het hulle bymekaar gemaak en meegeneem.

Gedenkteken wat opgerig is by Vegkop.

Na die Slag.

My twee ooms, Nicolaas Potgieter en Piet Botha is daar in die geveg gedood, en drie ander is gewond, een was ‘n Bekker, met ‘n asgaai in die kuit, een was Van Staden met ‘n asgaai deur sy mond, en die derde was ‘n vrou met ‘n asgaai in haar hoof. Na die geveg moes ons kinders en die volk help om die swartes weg te sleep. Daar was 36 of 37 man in die laer.

Vader het aan die sendeling Archbell, tyding gestuur van ons toestand. En hy het toe van die Koranna’s se beeste gekry en na ons toe gestuur. Daarmee het ons toe terug na Masoes se berg getrek.

Die strafekspedisie.

Toe ons by Masoes gekom het, het ons daar ‘n lang tyd versuim. My vader het sy broer, Koos, na die Kolonie gestuur om ons toestand aan die familie en vriende daar bekend te maak. Toe dit hulle bekend word, het daar dadelik 250 of 350 man na ons toe gekom. Daar is toe dadelik ‘n kommando van naby die 400 man onder bevel van my vader, gevorm om Silkaats te gaan straf.

Silkaats se hoofstad was toe in wat nou die Marico distrik is, en by die berg wat later bekend geword het as Ensil- of Enslins-berg.

‘n Kunstenaars voorstelling van Silkaats se stat.

Die laer kon nie oral met die kommando saam trek nie, omdat hulle te onbekend was met die wêreld en dit ook maar taamlik bergagtig was. Daar word toe besluit om die laer te trek n hele ent vanwaar Silkaats se krale was, en alleen met die perdekommando voort te gaan.

Nog vóór die kommando van Masoes af vertrek het, het ‘n swart-Kaptein Majebie om beskerming kom vra en as beloning vir die beskerming het hy onderneem om die kommando te lei teen Silkaats. Majebie het vroeër in die Transvaal gewoon, maar moes vir Silkaats vlug, en het hy met sy volgelinge in die Vrystaat kom woon.

‘n Aantal van Majebie se volgelinge het agtergebly waar die laer getrek was, om as bediendes behulpsaam te weesl terwyl ander met die perde-kommando meegegaan het as padwysers en bediendes.

Die perde-kommando het toe soveel kos en ammunisie meegeneem as wat hulle kon, en het vortgetrek na Marico, en daar het hulle drie dae met Silkaats geveg, voor die oorwinning behaal is. Die laer was te ver weg van die gevegsterrein vir die burgers om saans daarheen terug te kom.

In die môre begin die geveg, en dan veg hulle die hele dag deur tot dit begin laat word; dan eem die kommando al die vee wat hulle die dag buitgemaak het en trek daarmee weg, so ver as wat hulle kan kom. Dan moet die vee maar so onbewaak gelaat word, terwyl die kommando verder trek om tussen die swart-statte uit te kom, sodat hulle nie in die nag deur die swartes omsingel word nie.

Die nag kom die swartes en neem die beeste weg. Die volgende dag neem die kommando die vee spore tot hulle weer by die swartes kom, dan begin die geveg weer en duur voort tot dit laat word. Dan word die geskiedenis van die vorige aand weer herhaal. Na die geveg van die derde dag, het die swartes nnie weer die gebuite vee kom haal nie, maar het hulle op die vlug geslaan.

Die burgers en hul perde, was al só afgemat, hul kos was ook al gedaan en hul ammunisie byna ook, dat dit onmoontlik was om die swartes agterna te sit. Daar word toe besluit om a die laer terug te gaan, en vandaar na die staanplek by Masoes.

Daar gekom moes al die buit-vee uitgedeel word. Die vriende en familie wat van die Kolonie af gekom het, het geweier om iets te neem, maar het aan my vader gesê: Deel ons gedeelte uit onder die geruïneerde mense.

Die sendeling Lindley was werksaam onder Silkaats se swartes, maar na die gevegte het hy besluit om met die kommando saam te gaan. Hy was bang dat die swartes hom sal vermoor. Ek meen dat hy later na Natal gegaan het.

Aangesien ons nog al die tyd sonder grond was, word besluit om met ‘n gedeelte van die buit ‘n stuk grond te ruil. ‘n Gedeelte tussen die Modder- en Rietriviere word toe geruil van die swart-Kaptein Sikonjela. Daar het ons toe iets meer as twee jaar gewoon.

Majebie het ‘n stuk grond gekry langs die Skoonspruit, westelike Transvaal, en het met sy volgelinge daar gaan woon.

………………….

Bron: Voortrekkermense III; Gustav S. Preller; 1922

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) se amptelike reaksie op die “Afrikaner Verklaring”

Die liberaliste kla oor sy mislukte NSA, wil nie erken dat hy dit oor homself gebring het nie, maar wil steeds die Afrikanervolk daarin gevange hou met sy sogenaamde Afrikaner verklaring. Daarin wil hy die skyn wek dat die  Afrikaner se toekoms slegs as ‘n kultuurgroep in ‘n gemengde goddelose samelewing bestaan. Die Afrikanernasionalis roep egter die Afrikanervolk op tot nugtere toetrede tot die weg tot ware vryheid om God te dien binne ons volksverband in ons vaderland. Verwerp hierdie bestel wat met verraad uit eie kring op ons afgedwing is. Hierdie hele land is óns land. Daarom verwerp ons die totale bestel en neem ons nié aan sy verkiesings deel nie. Lees nou die insigte wat AFRIKANERNASIONALIS ons in die artikel gee:

Dit is merkwaardig hoedat die liberaliste nou, dertig jaar na die oorgawe van mag, ontgogel is deur die harde werklikheid. Die werklikheid van Swart oor Wit dominansie. Die ontnugtering noudat hul onrealistiese verwagtinge van vrede, gelykberegtiging en rasse-harmonie ná die weggee van die politieke mag, maar net nie wil realiseer nie – ten spyte van die verloop van drie lange dekades. Hulle drome van die utopie van die Nuwe Suid-Afrika lê aan skerwe.

Want die liberalis leef in ‘n droomwêreld. Sy mooi teorieë ontmoet nooit die praktyk nie. Dit lyk dalk mooi op die skryftafels van akademici en sosioloë, maar dit kan nooit die toets van die tyd deurstaan nie. Dit is nou klinkklaar bewys met die eksperiment van hul NSA – dis ‘n volslae mislukking.

Daarteenoor staan die konserwatis met sy voete stewig geplant in die werklikheid. Sy riglyn is die beproefde en bewese beginsels van die tyd. Daarvolgens kan hy projeksies maak en voorspellings waag wat selde ver van die kol af tref.

Bogenoemde is sekuur bevestig deur die verloop van sake oor die afgelope 30 jaar. Die liberale dromer moet nou erken dat sy lugkastele vir ‘n raslose, diskriminasie-vrye, regverdige land inderdaad toe net maar lugkastele was. Daar het dadels van gekom. Gebreekte beloftes, ‘n grondwet wat deur ‘n Swart bril geïnterpreteer word, korrupsie en verval is aan die orde van die dag. Swaai ‘n ou Suid-Afrikaanse vlag en verwag om met die reg te bots, maar verklaar dat jy nie nou al die oproep tot slagting van Witmense maak nie, en geen haan kraai daaroor nie. En selfs die geswore liberalis wat só graag die Nuwe Suid-Afrika wou laat slaag, moet nou sy kop in skaamte laat sak oor die klaarblyklike mislukking van hul onwerkbare eksperiment.

Hul dagdroom van die reënboognasie wat sou groei uit hul idiotiese oorhandiging van mag aan die onbeskaafdes lê aan skerwe. Die realiteit wat ontvou het kon deur die liberalis in sy wildste drome nie voorsien word nie.

Dit alles ten spyte van waarskuwings en pleidooie tot helderheid van verstand deur regdenkendes. Hul protesstem is luid gehoor: Bewaar, Behou, Beskerm! Handhaaf die eie. Trek laer en verdedig ons kosbare erfenis. Oopstelling en oorgawe sal lei tot vernietiging van die Witman asook sy nalatenskap. Maar nee, dié wat hul op sleeptou laat neem het deur soetklinkende slagspreuke van Verandering, Verligtheid, Oopstelling wou niks van hierdie waarskuwings hoor nie. Hulle was vasberade en het onstuitbaar voortgestu op die pad van weggee, kapituleer en versaking van die eie volk en ras. En het hulle nie gewaarsku dat verdoemende gevolge ons sou tref as ons nie met hulle sou meegaan op hierdie vreemde, nuwe pad nie! Dit sou kwansuis oorlog en anargie en politieke isolasie tot gevolg hê.

Drie dekades later kyk ons terug en sien derduisende lyke van volksgenote…

Ja, die oorlog en anargie hét toe gekom. Ons word verneder, vertrap, vermoor, verguis, verjaag. Sien, anders as wat die liberalis kon voorsien, het die magsomwenteling die barbaar koning gemaak en die gevolge daarvan word nou deur almal beleef.

Afrikanergesinne is verskeurd  – een kind in Australië, die ander in Kanada. Die kleinkinders kan nie eens Afrikaans praat nie. Geen werk vir ‘n Blanke jongmens in ons eie land nie. Die veilige, vreeslose sestigerjare van die vorige eeu onder ordelike Apartheidsbewind met voorspoed, vooruitgang en groei is vervang met diefwering, sekuriteitsfirmas, alarms en elektriese heinings. Op plase en in stede word ons mense koelbloedig vermoor, wetstoepassing is ‘n vae herinnering aan Blank Suid-Afrika. Verval en agteruitgang is aan die orde van die dag. Infrastruktuur soos paaie en rioolaanlegte is verwaarloos en disfunksioneel.

Ons eens trotse, mooie land stort in duie…

Hoe verkeerd was die liberalis nie!

Die ironie is dat daar nou stemme opgaan wat vra dat ons tog net nie nou moet terugkyk nie. Nee, ons moenie nou verwyt en vrae vra oor die rede waarom ons in hierdie gemors beland het nie. Want dit stel natuurlik ‘n klomp mense diep in die verleentheid. Dit ontbloot die kortsigtigheid van hul lugkastele en onrealistiese verwagtinge. Het hulle dan nie juis die teenoorgestelde verwag en gewaarborg nie?

Ernst Roets van die veelrassige Solidariteit-beweging praat vroeër vanjaar oor die weggee van mag in 1994. Hy praat van “die groot verwagting en opwinding oor die wonderlike tye wat vir ons voorlê  – ‘n era van versoening, van nasiebou…” En dan voeg hy by: “dit help nie dat ons vandag vra of daardie droom waar geword het nie, die vraag is – wat het skeefgeloop”

Hierdie liberaliste is ontnugter en probeer nou die blaam vir hul skeefgetrekte idees en beleidsrigtings verbloem. Hulle eksperiment het misluk, maar nou moet hulle nuwe lewe in die reeds gestorwe organisme blaas.

Hulle sê: nee, ons moenie terugkyk nie, nie vrae vra nie, nie in die verlede gaan ronddelf nie. Maar in plaas van nou te begin luister na diegene wat hulle gewaarsku het teen die onheilsafgrond waaroor hulle ons volk gelei het, wil hulle nou “self werk en doen”, ja, “ons sal self” is hulle slagspreuk. Nou moet weer opgebou word aan die gemors wat die resultaat is van die stomme beleid wat hulle voorgestaan en gehelp implementeer het. Ja, ons volk moet weer (self) betaal vir dit wat deur hulle kortsigtigheid vernietig is. Ons moet bydraes maak om te vergoed vir wanaanwending van belastinggeld aan munisipaliteite en die staat, self (en weer) betaal om iets te probeer bewerkstellig wat darem werk. Want so verbloem ons darem die sonde van die verraad teen ‘n beskawing.

In ‘n TV-program in 2018 word Roets deur die swart gesprekvoerder gevra wat die weg vorentoe sou wees met “herverdeling van grond”. Sy antwoord: “Yes, of course there must be restitution, and we support land reform. There were injustices with regards to land ownership and they have to be corrected”

Hierdie is die verdraaide, skeefgetrekte idees wat hierdie liberalis en sy organisasie koester. Daarom kon ons hulle nie voor 1994 nie, en nog minder nou ooit vertrou nie. Hulle was tóé misleiers en is dit vandag nog steeds. Hulle kan nooit met die Afrikaner se toekoms vertrou word nie.

Die groot ontnugtering oor die mislukking van die veelrassige eksperiment maak nou skielik dat ook deur die liberalis die skuld van als wat verkeerd geloop het op die skouers van die ANC gelaai word. Tot 2 jaar terug is die oog weggedraai vir al die onreg, die korrupsie en ondoeltreffendheid. Die liberale media wou tog net nie die onbekwame ANC-regering aan die kaak stel nie, het hulle eerder op die hande gedra. Maar die gety het gedraai en skielik klink die vloedgolf van kritiek fel uit alle liberale oorde op. Skielik is niks slegter en meer ondoeltreffend as die ANC nie. Asof hy in die afgelope 30 jaar ooit iets kon reg doen! Maar noudat hulle almal in koalisie die regime wil vervang is daar skielik geen slegter regering as die ANC nie.

Die Afrikanerbond ween eweneens in hul nuusbrief van Maart 2022 oor die benarde posisie waarin hulle ons help beland het. Hulle, nog meer so as Solidariforum. aangesien hulle al sedert die sewentiger en tagtigerjare in die donker raadsale van die Broederbond geheime planne teen die Afrikanerdom gesmee het, en ook die heel eerste organisasie was om hoogverraad te pleeg deur met die toe nog verbanne ANC samesprekings te voer in New York.

Hulle verklaar in die nuusbrief dat die volgende vandag gesê kan word:

  • dat vergrype, magsmisbruik en toenemende korrupsie ons land lamlê;
  • dat munisipaliteite deur kaders oorgeneem en ons dienslewering so brutaal faal;
  • dat die staat sy pligte versaak en belastingbetalers benewens die statutêre verpligtinge aan die een kant ook ʼn parallelle bydrae moet betaal vir ʼn privaatstelsel met ʼn normale mediese skema, sekuriteitsdienste, skoolgelde, en vele ander. 
  • dat ʼn goed gevestigde bedeling met ʼn uitstekende infrastruktuur en ʼn stewig en internasionaal kompeterende finansiële, industriële, landbou, myn en dienste sektor, vandag deur onbevoegdheid, diefstal en staatskaping slegs ʼn skaduwee van die eens trotse instellings is.

Kon ons regses dit beter stel? Verder verklaar hulle:

  • Die Suid-Afrika wat in 1990 gevisualiseer is en met die onderhandelinge gekonkretiseer het, nie aan ons verwagtinge voldoen nie;
  • Dat die belofte van die nuwe Suid-Afrika van 1994 en sy potensiaal nie gerealiseer het nie; 
  • Dat die situasie en werklikhede van Afrikaners en ander minderhede in die 2022 Suid-Afrika nie ons land se leuse van !ke e: /xarra //ke, wat letterlik beteken diverse mense verenig, reflekteer nie.
  • Dat die nuwe Suid-Afrika ontnugtering en verwydering vir die meeste Suid-Afrikaners en ongelukkig ook weer ook tussen mekaar gebring het. 

En dan is hulle gevolgtrekking: “Ons is almal ontnugter, Ja- en Nee-stemmers en ook Suid-Afrikaners wat die beloftes van die ANC geglo het”.

Maar dis hier waar hulle die fout maak. Die Nee-stemmers is nie ontnugter nie. Hulle het oop-oë hier ingegaan. Teen al hierdie dinge het ons gewaarsku en het ons reg voorspel. Die huidige gemors en ineenstorting was ‘n vaste gegewe. Die ganse kontinent van Afrika was daar as waarskuwing van dit wat noodwendig plaasvind wanneer Blanke bewind omvergewerp word. En net die liberalis wou aan die onrealistiese droom bly vasklou dat dit hier anders sou wees.

Hierdie “Afrikaner”-organisasies is medepligtig aan die ondergang van ons volk en die vernietiging van ons land. Vandag, op 23 April 2024 het hulle weer saamgetrek om die “Afrikaner-verklaring” by die Voortrekkermonument te onderteken. Wie is almal daar betrokke? Flip Buys van Solidariteit, Theuns Eloff wat instrumenteel was in die Kodesa-onderhandelinge waar ons politieke mag weggegee is, Danie Lagner van die Voortrekkermonument, die Vryheidstigting, die Afrikanerbond, Naesa, Saai, die Afrikaner Afrika Inisiatief en prof Koos Malan.

U kan maar seker weet dat hierdie verraaiers wat reeds voorheen ons volk ondermyn het, opnuut met nuwe onderduimse planne besig is. Vele ander sal toetree en ook hierdie “Afrikaner-verklaring” onderteken – dit sal vir u die sekere bewys wees dat hulle nie te vertroue is nie en dat hulle diegene is wat opnuut met ‘n nuwe verraad besig is.

Volksgenote, die ewige vrees van die vyand van die Afrikaner is dat die gees van nasionalisme weer in die volk sal opstu. Dat ons strewe na Vryheid in ons eie land ons opnuut sal begeester om die juk van die afgelope 30 jaar af te werp. Om dit te keer moet opnuut ‘n weerligafleier soos destyds met die stigting van die KP geskep word. Die KP moes die vloedgolf na regs vanaf die NP keer sodat tyd gewen kon word vir die weggee van ons land. Sogenaamde regse Afrikaners was dus instrumenteel daarin om die Afrikaner op ‘n dwaalspoor te lei. Laat ons nie toelaat dat dieselfde weer nou gebeur nie. 

“n Jong geslag Afrikaners staan op – die Boerebloed bruis deur hul are. Hulle aanvaar nie die status quo nie  – hulle vra vrae en staan krities teenoor die vorige geslag. Hulle aanvaar nie die onderwerping van die Afrikaner in sy vaderland nie.

Die Afrikanernasionalisme bou van nuuts af aan nuwe momentum op. Dit sal groei tot ‘n onstuitbare mag. Daarom kerm Flip Buys by die ondertekening van die Afrikaner-verklaring: “Afrikaners is nie hierdeur besig met ‘n luide nasionalisme nie, maar eerder met ‘n stille kulturele selfvertroue wat sê: ‘ons bou om te bly en ons bly om te bou, maar wil ook ons regmatige regte en belange beskerm en opneem.’

Nee, Flip Buys. Ons verwerp julle walglike praatjies van onderdanig bly en kruip en probeer smeek vir ‘n plekkie in die son onder ‘n volksvreemde regering geheel en al. Met die minagting wat dit verdien.

Ons strewe is die herstel van ons volk se vryheid en die regmatige herstel van sy land wat sy Godgegewe eiendom is. Ons sal ons steeds in nederige erkentenis teenoor die Almagtige wat die lotgevalle van volkere en nasies bepaal stel. Biddende dat Hy harte sal reinig en Hom weer sal ontferm oor die volk waarmee Hy hom in die verlede telkemale bemoei het.

Laat ons verenig in die stryd teen die verraad van dié wat hulself vriende noem, maar die duister belang van Sionistiese magte dien. Laat ons inlig en onderrig en onsself opskerp sodat ons hierdie verraaiers aan die kaak kan stel en so hul duistere planne kan fnuik!

Verwerp hierdie bestel wat met verraad uit eie kring op ons afgedwing is. Hierdie hele land is óns land. Daarom verwerp ons die totale bestel, neem ons nie aan sy verkiesings deel nie. Ons beroep ons op die herstel van ons volk in ons regmatige eiendom – die Republiek van Suid-Afrika!

“Lang” Willem Prinsloo se Rykdom

Soos vertel deur mnr. Servaas le Roux in sy boek (titel onderaan hierdie stuk).

______________

Sommige word ryk gebore; sommige verkry rykdom; sommige word rykdom toegewerp. Willem Prinsloo was beslis in die derde kategorie. Na ‘n leeftyd van sukkel, waarin gebrek hom nou nie juis gepla het nie, maar ontbering sy skaduwee was, toe hy byna sewentig was, het hy een môre wakker geword en uitgevind dat die wêreld se rykste goudskat onder sy voete verborge lê.

Goudmyne, opspringende dorpe, al die tierlantyntjies van die “beskaafde” stadslewe was vir “Lang” Willem afstootlik. Hy het ‘n derde van sy plaas verkoop vir wat vir hom ‘n onmeetlike fortuin was, en getrek na ‘n minder bewoonde wêreld. Daar het hy ‘n ander plaas bekom, waar hy tog seker toegelaat sou word om sy dae in vrede te slyt sonder om sy buurman se skoorsteenrook te kan sien.

Nadat die geluk hom egter eenmaal toegelag het, kon hy nie so maklik daaraan ontsnap nie. Die hele Afrika was een stukkie woeste aarde, waardevoller as enige ander stuk ter wêreld, en daar het Lang Willem hom neergelaat op soek na eensaamheid en eenvoud. Ná goud kom diamante. Sy nuwe plaas was die ontstaanplek van die beroemde Premier-diamantmyn, houer van die beroemde Cullinan-diamant, onder die grootste ter wêreld, en die skatkamer waaruit ongemete rykdomme sou voortkom.

Hy is in 1818 in die Kaapkolonie gebore en was as agtienjarige seun onder die eerste emigrante wat hulle anderkant die Vaal gevestig het. Ek het ook verneem dat hy in Hendrik Potgieter se kommando was wat die Matabeles uit Transvaal gedryf het. ‘n Goeie aantal jare was hy olifantjagter, met matige sukses. In 1851 was hy lid van die eerste geselskap Boere wat die Ngami-meer besoek het. Ander in die geselskap was Martinus Swartz, Jan Viljoen en Petrus Jacobs.

Die enigste avontuur in sy jagtersloopbaan wat enigsins buite die alledaagse is, was sy geveg met ‘n gewonde buffel. Hy het die dier gekwes, die buffel het hom gestorm en Lang Willem het hom beetgepak. Ontsaglik sterk soos hy was, kon hy teen ‘n buffel nie veel uitrig nie, en hy is agteruit gedruk teen ‘n boomstam. Gelukkig was dit ‘n dik stam en die punte van ‘n paar gebreekte takke het só uitgesteek dat hy tussen hulle teen die stam kon leun op so ‘n manier dat die buffel hom nie mooi kon bykom nie.

Na ‘n ruk het die buffel teruggetrek toe hy al te veel bloed uit sy wond verloor het, en kort daarna het hy neergesak. Maande daarna het Prinsloo gely aan die inwendige beserings. Drie of vier maande lank kon hy net op krukke beweeg.

Nadat hy ‘n ruk in Transvaal was, het Willem hom op die Hoëveld van die Witwatersrand gevestig op ‘n plaas in die gebeid Oos-Rand. Die naam van die plaas was, as ek reg onthou “Geduld”. In heirdie tyd was sy lewe maar net soos dié van die ander Boere van die omgewing. Hoewel hulle onbesorgd kon lewe, het hulle geen rykdom hoegenaamd gehad nie.

Ek het die Prinsloos 40 jaar gelede goed geken en onthou hoe hulle my vertel het dat op die jaarlikse trek van die Hoëveld na die Laeveld die meisies die skape aangejaag het; die jong mans, natuurlik ook op perde, het die beeste versorg. Dit was hul omstandighede toe die eienaardige wisseling in hul lewe gekom het.

In 1885 en 1886 het skielik geblyk dat die Rand een van die grootste goudvelde ter wêreld is. ‘n Paar jaar later sou dit die grootste van almal wees. 

Prospekteerders het op Lang Willem se plaas gekom, en met sy opvattings van patriargale en landelike eenvoud het hy geweet dat die vrede en rus verby is. Hy het ‘n aanbod van £40,000 vir ‘n derde van sy plaas gekry en dit aangeneem. Dadelik het hy ‘n nuwe wêreld gaan soek en hom neergelaat op die plaas Kaalfontein, sowat 25 myl ten ooste van Pretoria. Dit was in 1888. Die ander twee-derdes van Geduld is mettertyd verkoop vir £90,000.

Ten spyte van sy plotselinge rykdom het Willem Prinsloo ‘n eenvoudige Boer gebly in sy uitkyk op die lewe, besonder taai en streng van aard. Uit niks het hierdie geaardheid beter gelyk as uit sy handelswyse met die geld wat so mildelik in sy hande gestop is nie.

Sy rykdom is aan die Standard Bank in Johannesburg in bewaring gegee. In 1889 het ‘n depressie ingetree. Die Bank van die Kaap die Goeie Hoop en die Westelike Provinsie-bank het ineen gestort. Willem Prinsloo wou niks meer waag nie. Met sy wa het hy die 70 myl of wat na Johannesurg getrek en stilgehou voor die Standard Bank in Commissionerstraat.

Daarbinne het hy sy geld gevra, in goud. Die kassier het gaan praat met die assistent-bestuurder, die assistent-bestuurder met die hoofbestuurder. Die baas het kom praat met hierdie onbuigsame Boer. Vergeefs. Willem Prinsloo wou sy geld hê en teenstand het hom net meer oortuig dat hy maar liewer sy geld moet vat.

Dit is vir hom gebring in seilsakkies, elk met £1,000. Moeisaam het hy dit begin tel, maar die proses was vir hom te lank. Hy het genoeg vertroue in sy medemens gehad om die bankbestuurder se woord te neem dat elk van die sakkies duisend goue ponde bevat; hy het hulle maar op sy wa gelaai en huis-toe gery.

Op sy plaas het hy die goud in ‘n groot kis in die voorhuis gehou. Mense het hom gewaarsku dat daar baie slegte mense na Transvaal gekom het wat hom sou vermoor en beroof. Hy het hom vasberade voorberei op elke gebeurtelikheid. Moderne gewere, almal gelaai, het klaar gestaan, maar sy grootste vertroue was nog altyd op sy ou olifantgeweer gevestig. As hy daarmee gewapen is, kon hulle maar kom.

Wyle mnr. Karel Rood, wat die plaas besoek het met die doel om die res van Geduld vir ‘n maatskappy te koop, het my van een insident vertel.

Willem Prinsloo, die seun van Lang Willem, het in ‘n naburige huis gewoon. Hy sou na Pretoria gaan en het met sy pa kom praat oor sake wat hy daar vir hom moet verrig. Nadat die instruksies gegee is, vra Lang Willem: “Het jy genoeg geld?”

“Ja, Pa.”

“Jy sal miskien meer nodig hê.”

“Nee, ek dink ek het genoeg, Pa.”

“Ek sê jy sal miskien meer nodig hê.”

Sonder praatjies het Lang Willem na die groot kis gestap, een van die sakkies oopgemaak, albei vuiste ingesteek en ‘n dubbele handvol goud uitgehaal. Sonder om te tel het hy dit in sy seun se bladsak gegooi.

Nadat die ander dele van Geduld verkoop was, het die opberging van goud op die plaas baie moeilik geword wanneer in die winter na die Laeveld getrek moes word. Na lange oorpeinsing het Lang Willem besluit om weer van die bank gebruik te maak. Hy wou die geld egter nie deponeer nie. Hy het die soliede brandkamers van die bank deurgekyk en besluit om die goud aan hulle toe te vertrou.

Drie en ‘n half jaar het hy opbergkoste vir sy goud betaal. Uiteindelik het hy ingesien dat die Standard Bank ‘n betroubare onderneming is en sy geld op vaste deposito geplaas.

Almal het hom Lang Prinsloo genoem, maar my pogings om sy lengte presies vas te stel het weer getoon hoe moeilik dit is om akkuraatheid te verkry van mense wat ‘n eenvoudige landelike lewe lei soos die ou Transvaalse Boere. Ek het Joachim Prinsloo gevra hoe lank sy vader was.

“O, so tussen ses en sewe voet.”

“Dis nie naby genoeg nie, Joachim. Kan jy nie ‘n beter skatting gee nie?”

Na ‘n rukkie se dink meen Joachim dat sy vader langer as ses en ‘n half voet was. Toe dink ek aan ‘n plan.

“Was hy so groot soos Lang Jan Erasmus?”

Lang Jan was baie jare die langste man in Transvaal, naamlik ses voet tien duim. Ons het hom altwee goed geken; hy was Lang Willem se kleinkind.

“Nee, hy was nie so groot soos Lang Jan nie.”

“Was hy dan so lank soos Doris Erasmus?” (‘n Broer van Jan.)

“Noudat jy van Doris praat, ja. Hy was presies so groot soos Doris, niks langer en niks korter nie.”

Dit het Lang Willem se lengte aangedui as ses voet agt duim.

Hy het ‘n taamlike klompie kinders gehad, maar party is jonk dood. Toe ek hulle 40 jaar gelede geken het, was die volgende kinders, in volgorde van ouderdom, nog in die lewe: mev. Erasmus, Willem, mev. Meyer, mev. van Dyk, Joachim, mej. Bettie Prinsloo en mev. van Niekerk (Marta).

Lang Willem is in 1898 oorlede. Voor sy dood is die plaas Kaalfontein onder sy kinders verdeel. Dit is op een van hierdie stukke dat die Premier-diamandmyn in 1902 ontdek is; 800 morg is vir £52,400 verkoop. Op ‘n ander deel van Kaalfontein is die diamantregte vir £100,000 verkoop. Na veel gesoek is geen myn op hierdie stuk gevind nie en is die Kaalfontein Diamond Company gelikwideer.

………………………….

Bron: Baanbrekers en Jagters van Suid-Afrika 1760-1890; deur Servaas le Roux; 1940.

Op ‘n Persoonlike Noot

Die wêreldberoemde sangeres Mimi Coertse was ‘n skoolvriendin van dr. Verwoerd se een dogter. Hier vertel sy bietjie van hoe sy dié groot man geken het.

____________

Min mense weet waarskynlik dat ek dr. Verwoerd goed geken het. Ek het dikwels na hom toe gehardloop as ek probleme gehad het en hy het my ook van sy kant ondersteun, selfs as ek nie daarvoor gevra het nie.

Gewoonlik, wanneer ek in die sestiger jare van Europa af gekom het, het ‘n staatsvoertuig my die volgende dag kom haal en na Libertas geneem om te gaan kuier. Een van daardie kere het ek so ‘n pragtige, driedubbele string pêrels aangehad en dit was vir Dok verskriklik mooi. Toe ek vir hom sê dat ek dit in Wenen gekoop het, en dat dit soveel of soveel gekos het, sê hy: “Nouja, dan moet jy maar volgende keer vir Betsie een saambring.” Ek het toe vir Betsie een saamgebring en hy het so ewe die geld gegee…

My kennismaking met die Verwoerds gaan al heelwat verder terug; om die waarheid te sê, na 1946 toe ek nog op skool was. Hulle dogter Anna was ‘n klasmaat van my op Helpmekaar Hoër Meisieskool in Johannesburg en dit het ‘n oor en weer kuiery afgegee.

Ek sal nooit die dag vergeet toe ek die eerste keer by hulle gaan eet het nie. Ons sit die middag om die tafel, toe tik haar pa op sy bord, almal laat hulle koppe sak, hy tik weer en toe begin hulle eet. “Nou maar wanneer bid ons?” vra ek. Hy sê toe, nee, elkeen bid vir homself. Toe sê ek: “In ons huis bid my pa altyd kliphard vir ons almal.”

Jare later kuier ek in Libertas en my ma en pa is ook genooi vir ete. Toe bid Dok hardop, waarop tannie Betsie sê: “Dit doen hy net as Mimi Coertse aan tafel is.” En dit was ook so.

By daardie eerste ontmoeting het ek gehoor hoe hy ‘n storie kan vertel dat jou hare rys. Dié storie was nogal die waarheid, hoor. Hy het vertel hoe hy in die nag van ‘n vergadering af tuisgekom het en by die hek voorgelê is deur ‘n paar gewapende jongmanne wat hom wou ontvoer. Hy het toe deur die hek gebars en ternouernood ontkom. Later is vasgestel dat dit Stormjaers van die Ossewa-Brandwag was wat nie gehou het van sy koerant-artikels teen hulle nie.

Wat hy ook vertel het, was dat hy ‘n paar dae later ‘n hoë besoeker uit Engeland, ‘n sir Somebody wat ‘n koerantredakteur was, dink ek, saam met hom in die kar huistoe gebring het vir middagete. Die hek was weer toe. Nou stop hy, hy weet nie of hy moet uitklim om oop te maak nie want die hek is nooit toe nie. Dit kan ‘n lokval wees. Hy sê hy begin sweet. Hy kan ook nie die man langs hom op hol jaag nie.

Die volgende oomblik spring twee knape agter ‘n bos uit met speelgoedgeweertjies. Dit was toe Hendrik en Christiaan wat die storie gehoor het en gedink het dit sal groot pret wees om ‘n heropvoering te hou! Dok sê hy was die eerste keer nie bang nie, maar die tweede keer het die koue sweet op hom uitgeslaan al was dit helder oordag.

My uitgesprokendheid, soos dié middag by die ete, het my al dikwels in die sop laat beland, maar nie by Dok nie. In 1966 is N.P. van Wyk Louw se stuk Die pluimsaad waai ver in Pretoria opgevoer en ek weet Dok het nie daarvan gehou nie. Ek het seker met ander oë daarna gekyk want ek het vir hom gesê ek dink dit was ‘n goeie opvoering. Hy het nie met my geargumenteer nie, net gesê: “Los dit dan nou maar.”

Daar was ‘n ander keer wat ek in die koerant uitgekryt is omdat ek te velde getrek het teen die hoesery en proesery van gehore by musiekuitvoerings. Ek is dan nou so geliefd en ek word so goed behandel en ek kry sulke goeie kritiek, dit is mos pure ondankbaarheid van my om die publiek te kritiseer. Maar die mense het regtig geen respek gehad nie.

Ek kry toe onverwags ‘n oproep van die Eerste Minister. Hy sê: “Hulle gaan met jou probeer praat oor die koerantberigte. Nou sê ek vir jou, jy sê nie ‘n woord nie. Hulle soek net nog ammunisie. Jy antwoord net nie. Dit is die beste taktiek.” Ek het daardie advies ter harte geneem en my lewe lank onthou.

Dit het een of twee keer gebeur dat ek hom sommer uit Wenen gebel het om raad te vra. Soms is ek genooi na plekke waarheen ek nie geweet het of ek moet gaan en hoe dit gereël kan word nie; Rusland byvoorbeeld.

‘n Ander geval waar Dok blitsvinnig tot my redding gekom het was in 1965 hier in Suid-Afrika. Ek was toe met die Italianer getroud. My pa se neef wat in die politiek was, het ons gaan wys hoe lyk dit in Soweto. Hy wou ons wys watter vordering gemaak word met die uitvoering van die beleid. Ek het ‘n kamera gehad, foto’s geneem en die foto’s by ‘n apteek ingehandig om ontwikkel te word.

Ons was skaars terug op my ouers se kleinhoewe tussen Pretoria en Hartbeespoortdam, toe daag die polisie daar op. Hulle kom toe vrae vra en beslag lê op die foto’s. Die apteker moes hulle seker in kennis gestel het. Ek het niks verkeerd gedoen nie; wat sal ek nou met die foto’s aanvang?

Ek bel toe sommer die Eerste Minister en sê “die geheime polisie” is hier en hulle sukkel met my. Dit was nie vyftien minute later nie, toe kom daar ‘n oproep vir een van die polisiemanne, daar word so ‘n bietjie gepraat, en weg is hulle sonder die foto’s. Dok was nie aan die slaap nie, hoor. Hy het geweet wat dit is om op te tree.

Dit laat my aan ‘n ander episode dink, maar miskien het die KWV (Kaapse Wyn Vereniging) ook ‘n rol daarin gespeel, ek weet nie.

Daar was ‘n swendelary in Wenen aan die gang met Suid-Afrikaanse rooiwyn. Van my kollegas het ‘n bottel gekoop en dit het sleg gesmaak. Iemand het ondersoek ingestel en gevind die wyn word nagemaak deur ‘n poeier met water te meng; bid jou dit aan!

Kort daarna was ek in Pretoria en ek vertel toe die storie aan tafel by die Verwoerds. Dok het nie ‘n oog geknip nie; hy sê niks. Terug in Wenen vind ek alles in rep en roer. Daar het ‘n opdrag uit Suid-Afrika gekom om al die Suid-Afrikaanse rooiwyn van die winkelrakke af te haal en die ambassadeur is woedend. Hulle gaan al die visums na en probeer vasstel wie die nuus versprei. Ek was nog nooit stom nie, maar ek kon my eie afleiding maak.

Van my ouers se kleinhoewe gepraat, dit het meer as een keer gebeur dat ek ná ‘n kuier by Libertas alleen in die aand met my Mini-motortjie moes terugry. Dan het tannie Betsie gewoonlik saam met my gery met die bestuurder en die ampsmotor agterna om haar weer terug te bring.

Daar was ook die keer toe my motor oorgekook het. Dok-hulle het my by die voordeur kom afsien, toe merk hy die plas water. Bedink nou die volgende toneel: Ek lig die enjinkap op en Dok is op sy knieë om onder die kar in te kyk.  Tannie Betsie kom nader om te keer: “Maar Pappa, jy kan tog nie uitmaak wat verkeerd is nie.” En die veiligheidswag dink hy is die groot ekspert: “Nee, Doktor asseblief, laat ek sien.”

Intussen het Dok al klaar opgelet dit is die verkoeler se dop wat nie teruggeplaas is nie. “Betsie,” sê hy, “nou ry jy saam met Mimi terug na die garage waar sy vanoggend volgemaak het en kyk dat sy die regte dop terugkry.” Betsie is toe saam, ja, daar is die dop, sy klim in die ander kar wat agterna gekom het en terug is sy na Libertas.

Dok was vrygewig met my. Ek het soms konserte in Pretoria gehad om geld in te samel vir die Mimi Coertse-beurs. Ek sing verniet, die mense koop kaartjies en die opbrengs gaan om jong sangers oorsee te stuur vir studie. Dok het dan vir my ‘n blanko tjek gestuur met sy handtekening, en ‘n nota dat ek moet invul hoeveel ek dink hy behoort te gee vir die konsert.

Dit het nie heeltemal so maklik gegaan om staatsgeld uit hom te kry nie toe TRUK op ‘n stadium in die nood was met hulle operaseisoen. Dit was omstreeks 1962/1963 wat Bags Cilliers my (namens wie weet ek nie meer nie) afgevaardig het om met dr. Verwoerd te gaan praat oor addisionele fondse en ek was bra teensinnig.

Sê maar die bedrag wat hulle wou hê was R400 000, of so iets. Ek kom by die Eerste Ministerswoning en sê vir Dok ek wil eintlik vanaand bietjie besigheid kom praat. Hy neem my saam studeerkamer toe en haal eers die kussings af want nie een van ons sit graag teen kussings op ‘n bank nie.

Ek stel my versoek en dink by myself: kom nou, Dok, jy kan as jy wil. Hy begin praat, daar is damme wat gebou moet word, daar is armoede en die behoefte is groot. My moed sak. Ek voel vanaand kry ek niks. Uiteindelik sê hy: “Maar ek sal jou darem R200 000 kan gee.” TRUK het gejubel. Die saak was gered.

Dr. Verwoerd het goeie musiek waardeer en het opreg belang gestel in my loopbaan. Hy het my vertel van die operas wat hy as platsakstudent in Duitsland gesien het, onder andere die Berlynse première (nie die wêreldpremière nie) van Der Rosenkavalier van Richard Strauss.

Ek weet nie hoeveel van my konserte hy bygewoon het nie, maar een kan ek baie goed onthou. Dit was in 1960 met die Uniefees in Bloemfontein toe ek spesiaal gekom het om in Rigoletto te sing. Daarna het ek ook nog twee of drie uitvoerings in die Aula in Pretoria gegee. Hy was nog besig om te herstel ná die eerste aanslag op sy lewe by die Randse Paasskou vroeër daardie jaar.

Ek het by Bags Cilliers van die universiteit tuisgegaan. Hier bel Dok uit die bloute en vra vier kaartjies vir Vrydag, twee vir hom en tannie Betsie en twee vir die wagte wat hom moet vergesel. Bags sê dit kan nie, alles is uitverkoop, hy sal hoogstens twee plekke kan organiseer, maar vier is onmoontlik. Ek bel terug. “Kyk,” sê Dok oor die telefoon, “as hy nie vir my plek kan kry nie dan loop ek op die verhoog orals langs jou saam waar jy sing.”

Ek kom by die huis en vertel dit vir my ma. Ag siestog, voor sy haarself kan keer sê sy: “Haai my kind, hy kan dit mos nie doen nie, sê nou maar hulle skiet hom weer en dan skiet hulle jóú raak!”

Die aand ná die uitvoering was daar ‘n onthaal by prof. Rautenach en Dok was ook daar. Ek vertel toe maar as ‘n grap wat my ma op die ingewing van die oomblik krytgeraak het. Sy oë het vol trane geskiet en hy het gesê: “Dis net ‘n moeder wat so kan voel.” Ander mense het toe ná die tyd gefluister dat hulle darem nie geweet het hy kan so bewoë raak nie.

Die eerste keer wat ek hom gesien het ná die skietery was by Libertas. Toe hy by die deur inkom, het ek opgestaan en na hom toe geloop. Hy het mos so ‘n skewe manier gehad om ‘n mens te omarm. Hy sit toe sy arm om my, half aan die een kant, en nadat osn gegroet het, hou hy my vas en sê: “Dit het hier ingegaan en hier uitgekom.” Hy het gesukkel om die woorde te sê, en hy wys my toe verder: “Ek kan nog nie my twee vingers insteek nie. My mond is nog nie heeltemal reg nie, maar verder makeer ek niks.”

Ons het toe nog so ‘n bietjie gepraat oor die skietery. Sy woorde onthou ek nog soos gister: “Die Here het nog planne met my, dis dié dat ek nie dood is nie, ek het nog ‘n paar dinge om te doen.”

Ek was regtig baie na aan dr. Verwoerd. Hy was ‘n nederige man. Wanneer my ouers, Ben en Maria, by die klein tafeltjjie in die restaurant van die parlementshuis gesit het, het hy van die groot tafel waar sy kollegas bymekaar was, opgestaan en by hulle kom sit.

……………………….

Bron: Verwoerd, só onthou ons hom; saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd; 2001.

President MT Steyn

Hoe M.T. Steyn tot President verkies is

Begin 1883 is die bejaarde president Brand vir die vyfde en laaste keer tot Staatspresident van die Vrystaat verkies, en dit was moontlik in verband met die beëdigingsfeesvierings dat die jong Tibbie Fraser daardie jaar Bloemfontein besoek het, waar sy haar toekomstige man ontmoet het, want volgens ‘n fragment van ‘n manuskrip op Onze Rust was sy self by die plegtigheid in die Tweetoringkerk teenwoordig.

“Ek herinner my goed met sy laaste inswering het hy so gevoelvol gepraat van die donkere dae wat hy met sy volk deurgemaak het, tydens die Basuto oorlog, (toe) het ek gedink of daar ooit weer ‘n President van die Vrystaat sal wees wat sulke moeilike dae moet deurmaak. Min het ek gedroom wat vir my man en ons dierbaar Land en Volk voorlê, en dat hy feitlik sy krag en lewe voor ‘n saak sou opoffer.”

In 1888 is Brand egter in die tuig oorlede, en hierna kon die toenemende Afrikanernasionalisme in die Vrystaat nie langer aan bande gelê word nie: met die steun van Carl Borckenhagen en sy koerant is hoofregter F.W. Reitz, prominente lid van die Afrikaner Bond, as sy opvolger verkies, en onder hom is nouer betrekkinge met die Transvaal aangeknoop. Reitz het egter net sewe jaar die amp beklee voordat sy gesondheid hom dwing om te bedank, en toe dit gebeur, was regter Steyn vir vele die aangewese kandidaat vir die presidentskap, soos mevrou Steyn jare later opgeteken het.

.

“In 1895 het ons geliefde president Reitz onverwags baie ongesteld geword, sodat hy verplig was om as President te bedank, want daar was geen kans op ‘n spoedige herstel. My man was toe Regter gewees, en dadelik het daar van alle kante van die Vrystaat (rekwisisies) gekom dat hy die kandidaat moet word.

Die Volksraad nomineer kandidate – hulle kan baie meer as een nomineer, dit is as die kandidaat 29 stemme in die Raad kry. As die Raad slegs een nomineer, dan kan uit die Volk nog ander kandidate gestel word as hy ‘n rekwisisie kry van 25 stemgeregtigde burgers. Met President Reitz se verkiesing was hy deur die Raad genomineer, maar die Volk het nog twee ander kandidate gestel. Hy het egter ‘n groot meerderheid behaal.

Nog voor die Volksraad in 1895 ‘n kandidaat genomineer het, het manne van verskeie distrikte na my man gekom en gesê, Kyk, al nomineer die Raad jou nie, verstaan goed, ons Volk wil jou as landsman kies. President se antwoord was, Ek is nog jong (hy het die 2de Okt. sy 38ste verjaarsdag gevier), en ek wil my nie by ons Volk opdring nie. Nomineer die Raad my, dan is die vingerwysing daar vir my wat ek nie van die hand kan wys nie.

.

Voor die Raad vergader het, het President al goed getekende rekwisisies ontvang. Die Raad het die 1ste Desember 1895 vergader, en President was met ‘n besliste meerderheid as die enigste kandidaat genomineer. Die verkiesing was vasgestel vir die 19de Februarie en die inswering vir die 4de Maart 1896.

In daardie tyd was dit nie die gewoonte dat die kandidate verkiesingsvergaderings hou, en gelukkig ook, want begin Januarie het my man ‘n aanval maagkoors gekry en was hy net siek. Dit was ‘n moeilike en angstige tyd. Ons geneesheer was baie bekommerd en het sy bes gedoen om hom so gou moontlik hersteld te kry. Daar was gelukkig geen komplikasies, maar die 15 Februarie, al was hy op, moes hy baie stil gehou word, en ek het nog die grap gemaak en gesê, wel, as die Volk die twee kandidate vandag sou sien, is daar geen twyfel wie genomineer sal word; hy het daar nog so swak uitgesien.”

Waarskynlik was dit deur toedoen van sy moeder se politiek bewuste familie dat Steyn aktief tot die politiek toegetree het, want daar was in hierdie stadium nie minder as nege Wesselse in die Vrystaatse Volksraad nie, en dit was sy eie neef, Cornelis Wessels, ‘n latere Voorsitter van hierdie liggaam, by wie die gedagte aan sy (Pres. Steyn) se kandidaatskap vir die eerste keer opgekom het. C.R. de Wet, die lid vir Bo-Modderrivier, het die nominasie in die Raad gesekondeer.

.

Steyn se teenstander in die verkiesing was sy vrou se oom, J. G. Fraser, destydse voorsitter van die Volksraad, wat opgetree het namens dié deel van die Vrystaatse bevolking wat onwillig was om die toekoms van hulle land in gevaar te stel deur nouer betrokke te raak by die Transvaal met sy… talle inwendige probleme. Die Jameson-inval kort voor die verkiesing het egter die deurslag gegee, en vir die Afrikaanssprekendes van die Vrystaat was daar geen twyfel omtrent Steyn se geskiktheid vir die presidentsamp nie.

Ook buite die kring van sy eie mense het Steyn egter vir vele soos ’n uiters geskikte kandidaat gelyk, en selfs die twee Londense weekblaaie wat die belange van die mynmaatskappye verteenwoordig, het hulle ten gunste van hom uitgelaat:

The African Review het hom as “a man of decided views and high character” geloof, terwyl South Africa verklaar het dat “(as) a man of culture and sterling character, possessed of a balanced judgement and a dignified personal appearance – a thing that counts for a good deal – Mr. Steyn would, there can be little doubt, not only represent the Free State with advantage, but well qualified to maintain its position as a harmonious and harmonizing factor in the South African family.”

Toe die verkiesing plaasvind, het Steyn dan ook 6 877 stemme gekry teenoor 1367 vir Fraser en 30 vir die derde kandidaat, ds. Van der Lingen.

.

Om met mevrou Steyn se herinnerings voort te gaan:

“President was die eerste gebore Vrystater wat genomineer was, en ek was ook ‘n gebore Vrystater, en dit het veel bygedra om sy verkiesing as landsman so wenslik te maak. Hy was een wat vrolik in die omgang was en het ‘n groot vriendekring gehad. Ons huis was altyd oop vir ons vriende. Ná ons huwelik in 1887 het my man aan my gesê, Ek wil nou graag dat jy weet: op rondgaande hof geniet ek baie vriendskap, en as vriende onverwags na Bloemfontein kom, wil ek hulle altyd nooi vir ‘n maaltyd tuis, dus (onleesbaar) jy moet altyd gereed wees om hulle te ontvang. Al (onleesbaar), ‘n hartlike ontvangs beteken alles.

In daardie dae was daar nie telefoons en daar was nie kans om vooruit te laat weet nie. Ek het in ‘n pastorie groot geword en was gewoond om tydig en ontydig vriende te ontvang, dus het ek dan ook geredelik aan sy versoek voldoen.

.

Teen begin Maart was my man al veel beter en het ek angstig gevoel en gewonder of sy kragte genoeg sou wees vir die groot inspanning van die verkiesing en die groot resepsie in die Presidentshuis wat gevolg het na die verkiesing, wat deur die President gegee word.

Die dag tevore was die stad al baie woelig, en daar was ‘n stroom van vriende om President te sien. Vroeg die môre van die 4de, wat ‘n pragtige dag was, het die burgers te perd al gekom by ons huis en ‘n saluut gevuur.

President het ‘n landau en ‘n baie goeie naturelle koetsier gehad, maar ‘n groot vriend van President, ‘n burger van ‘n ander distrik, het gesê, President, ek wil self die landau dryf, die koetsier gebruik jy nie vanmôre nie. Daar was ook ‘n lyfwag van vier van die President se vriende wat die rytuig vergesel het.

.

Om tienuur het twee van die Volksraadslede die President kom haal en hom na die Volksraad geneem, en presies om elfuur, in die teenwoordigheid van ‘n ontsaglike skare, kom die optog aan met die nuwe President. By die kerk stap die Baljuw voorop met die Vrystaatse vlag, die President en die Voorsitter volg.

 My swaer, Mnr. Jan Steyn, het my vroeër na die Kerk begelei, die gedrang was groot en met moeite het ek die Kerk kon instap. Ek het ook baie bekommerd oor President gevoel.

Die President neem sy plaas in op die platform. Ds. Kriel is op die kansel en Psalm 121: 1 en 4 word gesing. Die Voorsitter van die Volksraad maak sy toespraak, dit was die heer John George Fraser, en wens die Volk geluk met die voorreg om nou vir die eerste maal in sy geskiedenis ‘n gebore Vrystater aan bewind te hê, ens.

Die Sekretaris van die Raad lees die eed voor, wat op perkament gedruk is en mooi geïllustreerd is, en handig President die goue pen in die vorm van ‘n veer waarop sy naam en die datum is, om sy naam te teken. Die pen word dan ook aan die President as geskenk gegee, en is nog in my besit.

.

Nou staan President op om sy eerste toespraak te maak. Groot stilte heers. Die siekte het die gelaat bleek, tog nog vol laat bly. Sy stem was kalm en (….) Vir die eerste en enigste maal het die Volk die gewyde plaas vergeet en met applous die President in die rede geval. Die toespraak het groot opgang gemaak, en net na alles oor is, kom ‘n liewe ou Volksraad vriend na my, diep bewoë, en sê, Mevrou, God het hom gehelp om so ‘n toespraak te lewer.

Baie hartelik en vrolik het die resepsie afgeloop. Gelukwensinge het ingestroom. Later het Mnr. Borckenhagen, editeur van die Express, op satyn die hele verslag van die inswering laat druk en dit aan my as geskenk oorhandig. Dit het ek nog.

Winburg se adres was aan President oorhandig ingebind met die portret van die huis en plaas waar President gebore was. Die syvlag is ook in my besit, en wil ek terloops sê dat ek die Vrou en Moeder Voortrekker-ossewa met daardie vlag gedoop het.

.

Om drie-uur was ons na die sportterrein geneem om die sports by te woon, en ek moes die pryse uitdeel. Om agtuur was daar ‘n resepsie wat ons moes bywoon in die Bloemfontein Club. Maitlandstraat was pragtig verlig, in daardie dae so ‘n moeilike taak, want gebruik moes gemaak word van die onderste dele van glas bottels en glase met vet en pitte, en gekleurde papier daarom. Dit was verbasend hoe mooi alles gelyk het.

By die Club was daar ‘n groot portret van die President met lig agter, en (bo-)oor die Vrystaatse wapen. Vuurwerke was op die markplein vertoon en hy was omringd van ‘n skaar van vriende. Die (onleesbaar) Volk was in ‘n opgewonde stemming, en om half twaalf kon ons eintlik (= eindelik) na huis keer, met ‘n hart so vol van dankbaarheid, want ‘n meer suksesvolle inswering kon ons nooit verlang het, en ons het diep gevoel wat ons alles aan ‘n Hoër Hand te danke het.”

………………………………………………

Bron: In Liefde en Trou, die lewe van pres. M.T. Steyn en mevrou Tibbie Steyn, met ‘n keuse uit hulle korrespondensie; deur Karel Schoeman; 1983.

Foto is geleen.

1 Januarie 2024. Geseënde Nuwe Jaar.

ANB Voorsitter roep die volk tot vertroue op God alleen

Nog ‘n jaar begin waar ons volk steeds in verdrukking is. Nog ‘n jaar waar nog volksgenote op die straat beland, hul werk verloor, jong Afrikaner seuns en dogters wat se drome aan skerwe lê, hul is te wit om vir toelating tot verdere studies… ‘n Nuwe jaar waar Volksgenote in hul huise vermoor en vermink sal word…
Tog wens ons almal mekaar geseënde nuwejaar toe. Hoekom?
Die antwoord lê daarin. Ons glo in die Almagtige God, Vader, Seun Jesus Christus en Heilige Gees God drie Enig…
Geseënde nuwe jaar, mag die Here jou seën… Daar lê ons hoop ons krag en vertroue… Laat U wil geskied.
Ons weet wat wag op ons as volk as Christene, die wêreld se verleidelike uitlokking vir deelname, aan sy genietinge…
‘n Verkiesing wat voorlê, waar almal wat deelneem, elkeen die hand van die ongelowige geneem het, om hul krag en hoop op getalle plaas.
Hoop in die verdrae van die ongelowige se wil, en nie in God alleen nie.
As ek sit en wonder: “Waar sal my hulp vandaan kom?” Dan roep ek uit: My volk, jou hulp kom van die Here wat hemel en aarde geskape het!
Roep ek na my volk, u wat dors het, vertrou op God alleen!
Kom my volksgenoot, verwerp hierdie mense, wat u wil lei in die raadsale van die wêreld! Verwerp die wat u vra om die hand van die ongelowige te neem en jou krag daarin te vind! Verwerp die wat u uitverkoop het vir n paar silwer muntstukke en u nou weer roep na die stembus. Hulle u roep na die raadsale om saam die hoof te buig voor al die afgode van die wêreld!
Ek roep tot my volk: Verwerp die ongeregtigheid! Verwerp hierdie bestel wat uit en uit so saamgestel is op ‘n grondwet om u ‘n slaaf en onderdaan te hou wat tot selfvernietiging sal lei!
Ek roep ek na my volk: Herstel u selfrespek. Ek roep na my volk: Kom, versamel buite die bestel en versamel op die beginsels van christelike afrikaner nasionalisme… Buite die bestel is die eerste tree na vryheid… Met die uittrek, wegtrek van die bestel, met al die vertroue in God alleen en in Sy genade, sal ons berusting vind!
So het ons voorouers uit die bestel weggetrek, in vertroue in God alleen. Hy sal voorsien. Ja, hulle het getrek het tot in die laer van Bloedrivier en nie tot in die raadsale van Dingaan en die Brit nie..
Die jaar gaan groot eise stel aan die ware Christen Afrikaner Nasionalis, laat ons nie verskrik raak nie.
Ons hoop is in God alleen. Hy regeer en daarin lê ons troos.
Aan my volk:
Geseënde nuwe jaar,
ANB voorsitter.

Sal die boom wat Jopie Fourie geplant het weer vrugte dra?

Deur Carel van der Grijp

Die Geskiedenis van ‘n volk is die voedsel wat daardie volk laat groei. Dit is die wortel en anker vir elke geslag. ‘n Volk getrou aan sy geskiedenis bly ook getrou aan sy geloof, sy afkoms en herkoms, sy taal, kultuur en tradisies.

Soos Jopie Fourie dit in sy sterwinsuur op 20 Desember 1914 gestel het: “Die boom wat geplant is en met my bloed benat word, sal opgroei tot ‘n groot boom en sal heerlike vrugte dra”.

In 1453 word Europa lamgelê toe die bestaande handelsroete na die Ooste, Klein-Asië en Noord-Afrika deur die Turke, die vyand van die Christendom, verower is. ‘n Alternatiewe handelsroete moes gevind word.

Eerste bloed in die suidpunt van Afrika

Op 6 Januarie 1488 betree die eerste Witman die suidkus van Afrika by Visbaai. Daarna verskuif Bartholomeüs Dias na Mossebaai vir die inneem van vars water. Inboorlinge bestorm egter Dias en sy matrose en hulle word met klippe bestook. Van die Portugese seevaarders se kant word daar in selfverdediging ‘n skoot geskiet en ‘n inboorling word gedood. Só vloei die heel eerste bloed tussen Wit en Swart aan die suidpunt van Afrika, met die Swartman as die aggressor.

Sowat 164 jaar later, op 6 April 1652, stap Jan van Riebeeck aan wal in die Kaap van Goeie Hoop om ‘n handelstasie op te rig. ‘n Handelstasie wat die wêreld se geskiedenis op byna elke gebied sou beïnvloed.

Die soeke na speserye en ivoor word dus die baanbreker vir die geboorte van ‘n volk, want deur die verloop van die jare het hier ‘n volk ontstaan met sy eie taal, kultuur, geloof en lewens- en wêreld-beskouing. ‘n Volk wat gelouter is deur die eise om staande te bly teen die onderdrukking van die Britse wêreldheersers, wat ook die haat teen die Afrikanervolk aangevuur het onder die Swart bewoners van Afrika.

As ons kyk wat hierdie volk moes verduur, is dit menslik byna onmoontlik dat hulle kon oorleef. Die Afrikanervolk is dus ‘n wonderwerk van God. Ten spyte van al die aanslae om die ontstaan van hierdie volk te verhoed, het hy tog een van die wêreld se voortreflikste volke geword.

Die beproewinge van die Boere op die oosgrens, die Britse besetting in 1806, die vervolging en teregstelling van Boere deur Britse owerhede, die onteiening en herverdeling van plase, die afbrand van en moorde op plase, die verpligte Engelse onderwys en taalbeleid en gelykstelling tussen rasse was niks anders as ‘n totale aanslag nie.

Die beproewings op die Groot Trek het bewys dat die Swart massas 30 jaar na die besetting van die Kaap steeds deur die Britse owerhede en hul sendeling-handlangers in Natal aangevuur is om die Trekkers uit te moor.

Die Slag van Bloedrivier en die Gelofte van 16 Desember 1838 was ‘n keerpunt in die verloop van die geskiedenis. Hieruit het ‘n gevoel van samehorigheid ontstaan en dit is vandag nog steeds die gebeurtenis wat regdenkende nasionalistiese Afrikaners bymekaarbring.

Die volkssmart word ‘n wekroep tot vryheid

Die stigting van die twee Boererepublieke en hul onafhanklikheid vry van die Britse oorheersing was ‘n oorwinning in die Boervolk se stryd. Maar daar sou dit ongelukkig nie eindig nie. Toe kom die Eerste- en Tweede Vryheidsoorloë, die oorwinning by Majuba, die moord op 27927 weerlose vroue en kinders en die afbrand van huise en plase tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Saam met die ewige vervolgingswaansin van die Britse Imperialiste en die stryd ná 1902 vir die behoud van volk en taal, die 1914 Rebellie en die moord op Jopie Fourie was al hierdie historiese gebeure ‘n martelpad vir die Afrikanervolk.

Al hierdie gebeurtenisse het egter ook die volk se wil om te leef en steeds vry te wees laat opvlam. “Die boom wat geplant is en met my bloed benat word, sal opgroei tot ‘n groot boom en sal heerlike vrugte dra”, het Jopie Fourie gesê kort voor hy op ‘n Sondag deur Botha en Smuts se magte doodgeskiet is.

Die teregstelling van Jopie Fourie was ‘n hartseer gebeurtenis in die geskiedenis en dit het die volk aan die hart geruk. Afrikaners wat passief was, het meer betrokke geraak. Botha en Smuts het hul aansien verloor en weer is die geskiedenis van die onreg deur die volk in herinnering gebring.

Digters en skrywers het die pen opgeneem en die geskiedenis berym. Met weemoed is die volk gevul en die wil om vry te wees het herleef, soos dié gedig “Wekroep tot die volk – Jopie Fourie” deur Jan FE Cilliers dit verwoord:

Vriend en vyand en renegaat,

Luister toe! Dis n man wat praat –

Wat ek gedaan het, is gedaan

Met ope oog, soos ek voor jul staan;

sê Jopie Fourie

Ek vrae nie om genade nie,

Transvaal, my land, jou kind is jou

tot in die boeie getrou;

bo slawediens is die eer wat hy begeer.

Ek vra nie om trane of rou vir my;

Ek vra net dat jul trou sal bly

Aan God en sede, volk en taal en ideaal –

En heerlike vrug sal die boom nog dra

Van Suid-Afrika.

Dié boom hét vrugte voortgebring en sy saad is deur die volksmond versprei. Met ywer het die volk gewerk en hul kinders daarvan vertel. Nasionalisme het herleef so ook die strewe om weer hul vryheid terug te win. Op 31 Mei 1961, byna 47 veertig jaar na Jopie se teregstelling, word die vrug ingewin.

Verraad laat vryheid verlore gaan

Die vryheid waarvoor Jopie Fourie sy bors aangebied het, om die koeëls te ontvang met die vaste oortuiging dat God sy dood sal gebruik om die volk tot ontwaking op te wek en sodoende die vryheid te erwe, word 79 jaar na Fourie se teregstelling in Desember 1993 ongedaan gemaak. Toe ontbind die laaste verkose Blanke volksraad en word dit vervang met ‘n tussentydse regering waaraan die ANC deel het.

Die skandalige oorgawe word op 27 April 1994 verseël. Byna 80 jaar na Jopie Fourie se offer verloor die Afrikanervolk sy vryheid. Fourie se vryheidsboom is vergete, onversorg en verwaarloos. Daar vloei steeds Afrikanerbloed, maar dit benat nie meer die vryheidsboom nie.

Vandag, 20 later, staan daardie boom deur onkruid en dissels berank met die verval duidelik sigbaar. Sy takke is besmet met swam en parasiet en hy is stadig aan die verwelk. Die vrugte is min en sonder saad – ‘n toonbeeld van die toestand waarin ons volk vandag verkeer.

Mandela word ‘n wêreld-ikoon

Op 5 Desember 2013 sterf die groot “ikoon” of hedendaagse “messias” en gepryste “vredemaker van die nuwe Suid-Afrika, Nelson Mandela.

Die wêreld is in rou gedompel en hy word met lofsange geprys.

Ook deur sekere Afrikaners wat voorgee om ook “vry” te voel sonder hul Afrikanerskap en die skuldgevoel van apartheid. Hiervoor pryse hulle vir Mandela. Reuse standbeelde word deur die wêreld opgerig. Die wêreld vier sy lewe en daar word gesê dat hy bedank moet word dat die Afrikaners oorwin is en dat daar nooit weer apartheid (“Aparthate”), afsonderlike ontwikkeling, rasse diskriminasie en nasionalisme (alles natuurlik sondes teen die mensdom) in Suid-Afrika toegelaat of geduld sal word nie.

5 Desember 2013 word ‘n dag wat altyd onthou sal word en waaroor kinders regoor die wêreld in die toekoms in geskiedenisboeke as ‘n “hartseer dag” sal leer. Daarmee saam sal hulle leer van die “wreedheid van die Afrikaner” en die “Long walk to Freedom” van hierdie wêreldgod. Die meerderheid Afrikaner sal natuurlik sy kind in die regering se skole plaas en toelaat dat die leuen aan hom geleer word.

Die pilare wankel

Die meerderheid Afrikaners besef en erken vandag dat die voortbestaan van die Blanke – en veral die voortbestaan van die Afrikaner as volk – in die weegskaal is. Die feit is egter dat die skaal oorhel na die uitwissing van die volk. Volgens die “Stop Die Plaasmoorde”veldtog se statistiek is daar ongeveer 68 000 Blankes sedert 1994 in Suid-Afrika vermoor en omtrent ‘n miljoen het die land verlaat.

Daarteenoor is die aanwas vir die Blanke (Afrikaners ingesluit) maar 0,75 % en word daar voorspel dat in 2016 die aanwas op 0% sal wees.

Wil ons nog as ‘n volk voortbestaan? ‘n Volk word gebou op vier pilare: Sy geloof, ras, gemeenskaplike afkoms (geskiedenis) en taal. Indien een hiervan ontbreek, bestaan daar in werklikheid nie ‘n volk nie. Indien een van die pilare begin wankel en nie versterk of gestabiliseer word nie, is die ineenstorting onvermydelik.

Ons wil graag glo dat die Christen Afrikanernasionalis tog nog op die vier pilare geanker is. Die aanslag word by die dag feller en ons word vandag wysgemaak dat die Afrikaner nie raseg is nie.

Kleurlinge word deur sekere groepe as Afrikaners beskou en word daar verder gegaan dat daar self Swart gene in die Afrikaner voorkom. Volgens dié standpunt is die Afrikaner dus eintlik ‘n nie-blanke.

Om alles te kroon is die aanslag op ons taal, Afrikaans, veller as ooit tevore.

Die vraag is wat kan ons doen? Die antwoord is reeds gegee deur dr. DF Malan. “Keer terug. Terug na u volk (Geskiedenis), terug na u volk se hoogste ideale, terug na die pand wat ook aan u toevertrou is om te bewaar”.

Hierdie pand is om God te dien, om Blank te bly en die vryheidsideaal na te streef.

Verwyder dus u kind uit die leerplan van die ANC/SAKP/ Cosatu-alliansie en lei hom terug. Weg van vreemde invloede. Daardeur word die volk gelei op die pad van genesing en herstel.

Kom laat ons daardie onkruid en dissels uit Jopie Fourie se boom verwyder. Kom laat ons die verrotte tak met parasiet en swam uitkap en nuwe lote daar laat uitspruit.

Kom laat ons die boom met ons opoffering benat en weer vrugte laat voortkom. Laat ons die boom se vrugbare saad laat voortplant om weer vrugte van ware Christelike Afrikanernasionalisme te dra en daardeur sal die pad na vryheid bewandel word.

……………………………..

Bron: Uit ANB Nuusbrief nr.50, April 2014. Gaan blaai gerus bietjie deur die volle nuusbrief by hierdie skakel.