Suid-Afrika tot stilstand?
Tydens die afgelope drie jaar word Suid-Afrika al meer gedryf na ‘n politieke en ekonomiese ramp. Onluste word al hoe meer ‘n vorm van georganiseerde terrorisme. Sprake van rewolusies en voorspellings daarvan word al meer in die openbaar genoem.
“We are not going to start at 8 o’ clock in the morning, the 20th starts at 12 at midnight, by the time the people wake up, everything is happening.” – Julius Malema, EFF leier wat die 20 Maart 2023 nasionale stilstand aankondig.
Die EFF het in 2022 baie sulke toetslopies gehad in Johannesburg, maar dit was nie deur ’n groot aantal ondersteuners bygewoon nie.
Met die 20 Maart 2023 opstand, wou die EFF die hele land tot ‘n nasionale stilstand dwing, briewe was al by besighede afgelewer deur EFF lede wat vereis dat besighede nie op die 20ste Maart moet werk nie. Die doel van die opstand, volgens die EFF, was om Cyril Ramaphosa uit die leierstoel te kry van die ANC, om beurtkrag te stop, en om die leë beloftes van die ANC aan te spreek.
Ramaphosa se onlangse oorwinning in die ANC verkiesing/ herstrukturering is egter nie toevallig nie, veral nie met die geweldige vuur waaronder hy homself bevind met Eskom se probleme en die Phala-Phala skandaal nie. Net voor die verkiesings in 2022 is Ramaphosa na die VS vir ‘n besoek aan Joe Biden. The Star skryf: “The highly placed sources believe that Ramaphosa may have travelled to the US to seek a favor from Biden and the CIA to help him win the much-contested election.”
In die 2021 munisipale verkiesings het die ANC verteenwoordiging in ‘n aantal dorpe in Natal soos o.a Newcastle teen Team Sugar SA verloor, ‘n nuwe party wat onlangs kop uitgesteek het met die Natal onluste in Julie 2021.
Die EFF probeer hulself op die voorgrond sit teen Ramaphosa as hulle die Phala-Phala skandaal gebruik as ‘n wantroue element teen Ramaphosa, dit terwyl Julius Malema in sy onlangse toespraak sê: “It’s nothing personal against Cyril Ramaphosa, personally he’s a very good guy.”
Die ANC het ook onlangs, in Februarie 2023, ‘n klomp koalisies met die EFF aangegaan op munisipale gebied in die Transvaal (Gauteng) en is tans besig om te onderhandel vir sleutel posisies in die Oos-Rand gebied (Ekurhuleni). Ook is hulle besig om van DA verteenwoordigers in die Transvaal ontslae te raak – Thembinkosi Nciza, Transvaal Sekretaris van die ANC sê aan Radio 702, dat hulle fokus nou geplaas is om die DA regering en burgermeester van Oos-Rand (Ekurhuleni) uit te kry – “Immediately after we will agree on what must happen, but of course whatever must happen must not disadvantage any party. We are negotiating in good faith with the Economic Freedom Fighters and other political parties.”
Dit is dan duidelik, dat die sogenaamde teenstand van die EFF teen die ANC en Ramaphosa deel is van ‘n politieke spel.
Nadat Rivonia Circle, ‘n Think Tank organisasie, ‘n opname van 2,000 geregistreerde stemmers gedoen het, skryf Eyewitness News dat die ANC se ondersteuning met meer as 50% kan val. Dit dui daarop dat Suid-Afrika op pad is na ‘n nasionale koalisie regering in 2024. Hulle noem ook dat die DA se ondersteuning baie swak lyk.
Terwyl beurtkrag, werkloosheid, bedrogsake en skandale gebruik word vir stemme in 2024, sê Amanda Qithi, Eskom se woordvoerder in Transvaal (Gauteng) – “The vandalism and theft have extended to include pylons, whose tower members are often stolen by criminal elements, resulting in steel structures collapsing and posing extreme danger to members of the public.”
Eskom sê dat hulle infrastruktuur afgebreek en gesaboteer word.
Eskom bestuurders sê aan BusinessTech, dat Eskom se probleme nie noodwendig net ’n gebrek aan vaardighede en onbevoegdheid is nie, maar ook ‘n probleem van kriminele elemente soos diefstal en sabotasie. Hulle gaan verder om te sê dat Eskom bestuurders nooit SAW soldate aangevra het om stasies op te pas nie, en beweer dat dit ‘n mors van tyd en geld is, en dat die sabotasie van Eskom gemotiveer is deur politiese elemente.
Nuusblad, Aljazeera skryf op hulle webwerf, dat Ramaphosa se “State of Disaster” aangekondig is om die land se krag probleem te hanteer en om onrus onder burgers te bedaar.
Volgens die Oxford woordeboek is die betekenis vir die aankondiging van ‘n rampstoestand as volg: “A situation of national danger or disaster in which a government suspends normal constitutional procedures in order to regain control” en “A declared state of emergency allows the Premier to immediately make any desired regulations to secure public order and control.”
Dit is moontlik dat die ANC, deur middel van wetteloosheid, onderduimshede, chaos en plundering gaan regeer en aan bewind bly, solank as wat hulle die voertuig van die wêreld elite bly. Die EFF en Team Sugar SA, saam met nog ander radikale rewolusionêre bewegings, is moontlik die hand met die spies van die ANC om die onluste, optogte en onstabiliteit in Suid-Afrika te versnel om die ANC in die leierstoel te hou.
Op 10 Februarie 2023 is Ramaphosa se toespraak in die parlement ontwrig toe die EFF die verhoog gestorm het met plakkate en slagspreuke om die rus te verstoor. Is dit ‘n voorspelling en ‘n aanduiding van wat kom in die nabye toekoms?