Hierdie is deel 2 van ‘n uitgebreide artikel oor die verraad wat gelei het tot die verlies van die politieke mag van die Afrikaner. Sien deel 1 hier.
Clive Derby-Lewis
Clive Derby-Lewis was ‘n lid van die topbestuur van die Konserwatiewe Party (KP). In ‘n onderhoud wat kort voor sy dood met hom gevoer is erken hy dat die algemene konsensus onder lede van die KP-koukus was dat hulle (die KP) ‘n Blanke algemene verkiesing sou kon wen. Met die aankondiging dat ‘n referendum gehou gaan word is die KP-koukus byeengeroep om ‘n besluit te neem oor deelname daaraan of nie. Daar is toe ‘n gelykoptelling van stemme, met Andries Treurnicht wat as leier die beslissende stem moes uitbring. Derby-Lewis reken dat Treurnicht toe die “grootste fout van sy politieke lewe” gemaak het deur ten gunste van deelname aan die referendum te stem.
Marais ywer vir algemene verkiesing
In die voorafgaande maande het die leier van die HNP, mnr. Jaap Marais, herhaaldelik oproepe op die KP-leiding gedoen om ‘n algemene verkiesing af te dwing deur die bedanking van hul setels deur al die KP-volksraadslede. Die reeks tussenverkiesings wat hierop sou volg sou onteenseglik toon dat die NP se steun drasties afgeneem het. Dit sou die bewys wees dat die Blanke kiesers die grondwetlike hervormings waarmee die regering besig was verwerp en dat hy daarom nie ‘n mandaat van die keisers geniet om daarmee voort te gaan nie. Die hou van ‘n Blanke algemene verkiesing sou dus deur hierdie skuif afgedwing word. En soos vroeër gemeld, was daar algemene konsensus dat die NP dan ontsetel sou word. Selfs Constand Viljoen verklaar op 18 Augustus 1993 dat ‘n algemene verkiesing met 50 tot 60 persent gewen kan word.
Hierdie skuif sou die enigste oorblywende demokratiese weg wees waardeur die Nasionale Party se verraad gestuit kon word. Maar ten spyte daarvan dat die KP geweet het dat so ‘n verkiesing gemaklik gewen sou kon word, het Treurnicht daarteen besluit.
Vanuit geheime kringe kom geheime planne
Intussen is uit Regerings- en Inligtingskringe ‘n fyn-bedinkte komplot gesmee ten einde te verseker dat hul planne van verraad teen ons volk enduit gevoer sou word, en dat dit nie deur regse verset in die wiele gery sou word nie. In hierdie komplot het generaal Constand Viljoen die sentrale rol vervul. Die regse verset wat besig was om sterk momentum op te bou en wat kon lei tot gewapende weerstand moes deur sy toedoen verhoed word. Daarbenewens moes die aandrang vir die hou van ‘n Algemene Verkiesing geheel ontmoedig word.
IDASA
IDASA is die afkorting vir The Institute of Democratic Alternatives in South Africa. Die instituut is in 1986 deur Frederick van Zyl Slabbert (voormalige leier van die Progressiewe Federale Party – nou die DA) in die lewe geroep. Hulle is befonds deur George Soros wat steeds wêreldwyd in lande se interne politieke sake inmeng.
Linkses ontmoet verbanne ANC in Dakar
In 1987 reël IDASA die Dakar-konferensie met die verbanne ANC. Prof. Abraham Viljoen (broer van Constand Viljoen) en Theuns Eloff (later uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting) was onder die groep liberaliste as lede van die Suid-Afrikaanse Afvaardiging. Let wel, op hierdie tydstip was die kommunistiese ANC wat gewapende terroriste-aktiwiteit teen ons land gepleeg het en honderde mense vermink en vermoor het deur bomontploffings soos die Kerkstraatbom in 1983 en ander terreurdade ‘n verbode organisasie. Dit kon dus as hoogverraad beskou word om met hulle sameprekings te voer.
Conservative Dialogue Program van IDASA
Hierdie selfde volksondermynende ver-linkse organisasie, IDASA, roep in 1992 die Conservative Dialogue Programme (CDP) in die lewe. Die CDP se doel was om regse leiers (waarvan meeste nié so regs was nie) te beïnvloed en hulle te bestuur ten einde te verseker dat De Klerk se verraad nie deur die opbouende regse verset ontspoor word nie.
AVF is CDP se baba
Een van die belangrikste projekte van die CDP was die stigting van die Afrikaner Volksfront (AVF) op 19 Mei 1993. Die doel was om ‘n sambreel-organisasie vir al die regse organisasies daar te stel, met ‘n bestuur wat deur IDASA se CDP beheer word. Generaals Constand Viljoen en Tienie Groenewald sou hierin leidende rolle vervul. Groenewald het aan die Sunday Times van 2 Mei 1993 bevestig dat die leiers van die KP “die generaals” gevra het om die “twistende regse faksies” byeen te bring en voeg dan daarby dat die eerste vergadering van regses (20 April 1994) – as aanloop op die stigting van die AVF die 19de Mei – die vrug was van “months of lobbying behind the scenes”.
CDP-oogmerke en betrokkenes
Van Zyl Slabbert van IDASA skryf op 14 September 1993 as volg aan Hans Daerr in Duitsland:
“The project [die CDP] is of critical importance in avoiding bloodshed in South Africa and promoting effective negotiations. Project purpouse: to promote and sustain dialogue between the centre right, i.e. the Afrikaner Volksfront and the ANC”
Oor wie hieraan deelneem skryf hy verder:
“The most likely persons involved – Afrikaner Volksfront – Genl. Constand Viljoen, Genl. Tienie Groenewald, Genl. C. Visser, Dr. Piet Gous [Vrystaat Landbou-Unie], Dries Bruwer [Transvaal Landbou-Unie]. ANC – Mr. Thabo Mbeki, Mr. Jacob Zuma, Mr. Mdadla.”
AVF se aard verraai
Hierdie val natuurlik uiters vreemd op, want die regse kieser wou glad nie met die ANC onderhandel nie. Juis omdat hulle die onderhandelings verwerp het was hulle nou ondersteuners van die AVF wat, volgens die Suid-Afrikaanse aanlyn-geskiedenis “… gestig [is] deur 21 Afrikanerorganisasies as gevolg van die toenemende behoudende teenstand teen die veelparty-onderhandelinge wat in Kemptonpark aan die gang was”.
IDASA het dus deur sy CDP geknoei om te verseker dat die Afrikaner Volksfront wat in die lewe geroep sou word se leiers reeds besmet is met “avoiding bloodshed in South Africa and promoting effective negotiations”. Hierdie (ver)leiers moes soos die NP handel: Praat na regs – om jou ondersteuners te paai en te laat glo dat jy hulle belange dien, terwyl jy in die geheim na links doen ten einde sekere vooropgestelde doelwitte te bereik. Omdat dit duidelik was dat die Blanke kieser nie die NP se hervormings gesteun het nie en bereid was om dit met wapengeweld teë te gaan, moes die AVF in die lewe geroep word met ‘n leierskorps wat in die hande van die NP sou speel. Dit het die onmoontlike – om ‘n konserwatiewe volk se land en politieke mag van hom weg te steel – moontlik gemaak.
Geen Algemene Verkiesing!
IDASA se CDP moes ook verseker dat die regses nie aandring op ‘n algemene verkiesing nie, aangesien dit ‘n einde sou bring aan die “hervomings” waarmee De Klerk besig was, hervormings wat uiteindelik tot die val van Blank Suid-Afrika sou lei.
Reeds op die tweede vergadering (7 Mei 1993 te Potchefstroom) as aanloop tot die stiging van die Afrikaner Volksfront is beklemtoon dat die AVF téén die afdwing van ‘n algemene verkiesing is. Enkele maande later sou dié standpunt bevestig word en is selfs besluit “dat die moontlikheid van ‘n algemene verkiesing onder blankes nie eens bespreek mag word nie”. Dit val natuurlik baie vreemd op omdat hierdie die maklikste manier sou wees om die onderhandelinge met die kommuniste oor ons eiendom en politieke mag stop te sit en dit was ook die enigste wyse waarop die NP se oorgawe op ‘n vreedsame wyse gestuit kon word. Daarom kan met reg gevra word: maar wat was die doel van die stigting van die AVF dan wel? As organisasie waarvan bereken is dat hy meer as een miljoen lede gehad het, het die AVF uiteraard oor hoë bedingingsmag beskik. Waarom is hierdie mag nie uitgeoefen nie? Waarom is die aandrang tot die afdwing van ‘n algemene verkiesing reeds vanaf die heel eerste vergadering deur die inisieerders van die AVF afgeskiet?
AVF-leiers gekaapte gekooptes
Die antwoord op hierdie tergende vrae lê opgesluit daarin dat die AVF sy ontstaan gehad het in die binnekamers van IDASA se CDP. Van meet af aan was daar agter die skerms gekonkel om leidende persone in die regse politiek asook afgetrede militêre leiers te betrek om IDASA (‘n verlengstuk van die Nasionale Party) se sinistêre doelwitte te bereik. Die ondersteuners van die Volksfront is verraai deur hierdie gekoopte leiers. Die leiers van die AVF het nooit die ondersteuners van die organisasie se sentiment gedeel nie, al het hulle voorgegee dat hulle die ondersteuners se belange dien.
Geheime AVF-onderhandelings met ANC
Onderhandelinge met die ANC-SAKP bende deur die AFV-leiers het in Augustus 1993 in die geheim afgeskop. As die ondersteuners hiervan moes weet sou hul die AVF-leiding verwerp en waarskynlik tot geweld oorgegaan het. Op 12 Augustus 1993 ontmoet genl. Viljoen Mandela aan dié se huis in Houghton, Johannesburg.
Later van tyd, in die jaar 2001 het Viljoen aan Max du Preez van die Sunday Independentgesê dat teen daardie tyd (Augustus 1993) die twee landbouleiers, Dries Bruwer en Piet Gous – albei prominente lede van die Volksfront-leiding – reeds in samesprekings met die ANC betrokke was. Dié samesprekings met die ANC is bemiddel deur Jurgen Kögel van IDASA. ‘n Jaar vroeër reeds (Maart 1992) het prof. Viljoen van IDASA gerapporteer dat hy goeie kontak bewerkstellig het met twee vooraanstaande lede van die KP, mnr. Dries Bruwer en dr. Piet Gous, en dat met hulle hulp dit nodig was om “programme van aksie te implementeer wat die wyds moontlike trefkrag sou hê”. Hierdie was ‘n jaar vóór die stigting van die Volksfront. Só is leiers geïdentifiseer en voorberei vir die misleidings-opdragte wat hulle in die AVF sou uitvoer.
Die opspraakwekkende artikel wat hier volg werp lig op die verraad wat teen ons volk gepleeg is en wat daartoe gelei het dat die Afrikaner beheer oor die politieke mag van sy land verloor het. Dié verraad was slegs moontlik vanweë ’n komplot wat gesmee is deur die Nasionale Party, die intellensiedienste en sekere “regse” leiers. Alhoewel hierdie verraad, danksy dokumente met verdoemende getuienis wat kort na 1994 bekend geword het, reeds so vroeg as 1997 in breë trekke blootgelê is, is dit nou volledig bevestig met die vrystelling van die “Afrikaner Akkoord” in die onlangse verlede. Dieselfde verraderlike dokument word ironies genoeg nou weer opgehemel, asof dít die Afrikanervolk se sleutel tot selfbeskikking in ’n eie volkstaat lê. En helaas, diegene wat hulle nou by die verraderlike “Akkoord” skaar, sit opnuut die verraad van 1994 wetend of onwetend voort.
Die artikel gee ’n oorsig van daardie verraderlike gebeure, sodat ons volk toegerus kan word om die nuwe veragtelike pogings om ons te mislei, te identifiseer en aan die kaak te stel. Laat ons hierdie nuwe misleidingspogings verwerp met die minagting wat dit verdien.
Heel Suid-Afrika ís ons land! Ons val nie vir die geelwortel van ‘n “Volksstaat” in ruil waarvoor verraaier-politici die politieke seggenskap oor ons erfdeel, Suid-Afrika, aan ‘n kommunistiese Swart meerderheid oorhandig het nie. Dit bly ons vertroue en verlange dat die Here wéér aan ons vryheid sal skenk in ons ganse Vaderland, soos so dikwels in ons geskiedenis gebeur het… Sý Hand is nié te kort!
Omdat dit so lywige onderwerp is, het ons die artikel in 4 dele verdeel.
Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke verdeel in twee groepe – dié wat vanweë ‘n diepgewortelde volksnasionalisme konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 18oo’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde nasionalistiese kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak. Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.
Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in, Sy dryfveer: die drang na vryheid – om homself te kan wees en oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste vind onder Britse oorheersing, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.
Anglo-Boere-oorlog
Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Anglo-Boereoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.
Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer het die konserwatiewe Bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.
Die Afrikaner is oorwegend konserwatief
Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie nasionalistiese konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n brabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word.
Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.
Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme
Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Op die vryheidspad van die Afrikaner was die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.
Eerste afwykings
Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.
Voete van klei
Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician…’ Direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in…
Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi het opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.
Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke
Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.
Praat na regs, doen na links
Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : Eie skole, eie woongebiedegebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.
FW hervorm koorsagtig
Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op die 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront!) De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.
Die politieke gety draai skerp teen die regering. Momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus. Daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Sonder twyfel sou die Nasionale Party met daardie verkiesing ontsetel geword het. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing in doodsgevaar verkeer het.
Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings
Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie kon oorleef nie. In reaksie hierop kondig FW de Klerk enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.
Daar is sonder twyfel tans ‘n versnelde pas in ontwikkeling van politieke sake te bespeur. Die struikelende ANC poog om mag te sentreer na die insluiting van ander partye by die “Eenheidsregering” of GNU.
Van alle kante breek onstabiliteit los – regeringslui is wantrouig teenoor mekaar: die ANC as party is erg verdeeld; die Swart bevolking raak opstandig en kriewelrig met hul regering; heelwat van hulle, veral die SAKP-vleuel is ongelukkig met die insluiting van die DA in die regering; Nuwe DA-ministers kom agter dat dit makliker is om vanuit die opposisiebanke kritiek te lewer as wat dit is om hul departemente (waarvan die amptenary ANC-gesindes is) “reg te ruk”.
Ramaphosa se dae getel
Maar die grootste enkel bekommernis vir Ramaphosa moet sonder twyfel die geldmag wees. Hy is immers deur hulle grootgemaak – geskool en afgerig vir die pos wat hy tans beklee. Hy is daarom met hulle onderduimse planne en groot mag geensins onbekend nie.
En, soos met Zuma die geval was, is die gety besig om ook vir Ramapôs verkeerd te draai. Diegene wat hom aan bewind geplaas het is kennelik besig om te oorweeg of die alternatief wat hulle sedert 1994 in die hoed hou, nou in werking gestel moet word. En Ramaphosa maak nie deel uit van daardie planne nie.
Afrikanerbond/Broederbond se verraad
Die Afrikanerbond, wat voor 1994 as die Afrikaner Broederbond bekendgestaan het, was die argitekte van die Nuwe Suid-Afrika – die gemors waarin ons ons tans bevind. Hulle het hoogverraad gepleeg deur alreeds in 1985 in persoon, van hul destydse voorsitter, prof. Pieter de Lange, in New York met die toe verbanne en onwettige ANC, geheime samesprekings te voer.
Dit, nadat hulle op eie erkenning reeds vanaf die middel 70’s (skaars ‘n dekade nadat dr. Verwoerd uit die pad gehaal is), binne die Broederbond begin samesprekings voer het oor die (on)volhoubaarheid van die apartheidsbeleid. In dieselfde jaar van hul huigelagtige en verraderlike samesprekings met die ANC, verskyn die eerste dokument uit hul binnekring wat ‘n nuwe bedeling bepleit. Reeds in 1986 laat hulle ‘n dokument die lig sien wat ‘n Swart regering vir Suid-Afrika in die vooruitsig stel en dit ook so aanbeveel.
In die Broederbond-binnekring is die NP-regering se denke en beleid gevorm. Deur hulle toedoen is die klimaat en voorwaardes geskep vir oorgawe van mag aan ‘n kommunistiese regime.
Afrikaner-Afrika-Inisiatief
Hierdie selfde verraderlike organisasie is nou weereens betrokke by die beplanning van ‘n nuwe bedeling. Hiervoor is hulle ingebind in ‘n nuwe organisasie by name die Afrikaner-Afrika Inisiatief (AAI).
Die AAI stel hom by monde van sy sameroeper, Chris Opperman, ten doel om “die Afrikaner as inheemse gemeenskap in gesprek te laat tree met Afrika” en “Terwyl ons moet erken dat ons groot foute in die verlede gemaak het, is ons verbind tot ‘n toekoms in Afrika”.
Theuns Eloff
Die medevoorsitter van die AAI is dr. Theuns Eloff – voormalige voorsitter van die FW de Klerk-stigting. Hy het in 1989 die predikant-beroep verlaat vanweë die feit dat hy deel was van verdere geheime, onwettige samesprekings met die toe nog verbanne ANC daardie jaar, hierdie slag in Dakar.
Hy het gehelp met fasilitering van die “vredesooreenkoms” met die ANC in 1991, was deel van Kodesa en hoof van die administrasie van die Veelparty Onderhandelingsproses in 1993/4 – hy was dus instrumenteel in die versekering van oordrag van mag na ‘n Swart regering.
Wie is ingeskakel by AAI ?
By hierdie organisasie, die Afrikaner-Afrika Inisiatief, is die Afrikanerbond ingeskakel om weer opnuut planne daar te stel vir ‘n nuwe bedeling. Die verbasende is egter die politieke bedmaats wat saam met hulle hierdie reis onderneem: Ja, ons verwag om die FAK, die Thabo Mbeki Foundation, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en kuns en natuurlik die Afrikanerbond hier te sien.
Hulle is immers almal ou bekende liberale organisasies, geswore vyande van die Afrikanervolk; almal meelopers van en aktiewe medewerkers aan die mislukte, huidige bedeling. Maar, baie insiggewend is die volgende organisasies wat vir sommige as verrassing sal kom: Solidariteit en sy meelopers soos Afriforum, Saai, Sakeliga en dan ook die Vryheidstigting van Carel Boshoff van Orania.
Geen heil vir die Afrikaner in bewindsrevolusies deur linkses
Ja, aan jou vriende word jy geken.
Die vriende van hierdie “regse Afrikaner-organisasies” vertel die volle verhaal van hulle eintlike doelwitte, en wys kristalhelder hul ware kleure!
Nogeens, soos in die laat 70’s van die vorige eeu gekonkel is om ‘n bewinds-rewolusie te bewerkstellig, is hierdie gespuis nou opnuut besig om ‘n alternatiewe regering vir die ANC daar te stel. En daarin lê vir die Afrikaner en sy vryheids-ideaal geen heil nie.
“Breë Gemeenskapsfront ”
In 2022 verklaar die Afrikanerbond dat ‘n burgerlike samelewing nie meer vir die regering wag nie, maar self die leiding moet neem om dienste te lewer en instellings te vestig.
En wie besing hulle in hierdie verband? Die Solidariteitsbeweging wie se nuwe kernkrag elektrisiteitsplanne deur hulle hoë lof toegeswaai word. Hulle verklaar verder: “dit (is) nou noodsaaklik dat burgerlike organisasies en gemeenskappe regoor Suid-Afrika moet saamwerk om alternatiewe oplossings vir die land se vele uitdagings, waaronder misdaad, lae ekonomiese groei, staatsverval en gebrekkige dienslewering, te vind.”
Op dieselfde trant bepleit dr, Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus in die Rapport van 24 Julie 2022 die daarstel van ‘n breë gemeenskapsfront, wat saamgestel moet word deur politieke partye, burgerlike organisasies, kerke, sakelui, akademici ensomeer.
Diegene aandadig aan ondergang van Blank SA hou “Ons sal self…” toesprake
In Oktober 2022 hou die Erfenisstigting ‘n gespreksessie.
Die sprekers is Barend du Plessis, oudminister van finansies, Koos van der Merwe, oud-KP-LV en Stoffel van der Merwe, oudminister van onderwys, Pieter Mulder, voormalige leier van die VF Plus, Flip Buys, voorsitter van Solidariteit, met ‘n ander Afrikanervyand, ds. Cassie Aucamp as gespreksfasiliteerder.
Almal voorheen aandadig aan die ondergang van Blank Suid-Afrika. Die sentrale tema van hul toesprake: “ons sal self” en “Afrikaners sal nou moet selfdoen”.
Wat is die liberales se oplossing na ineenstorting van huidige bestel?
Maar al meer kom in gesprekke voor dat “dinge nie so kan aangaan nie”. Die GNU behoort ook binnekort sy krake te begin wys, vanweë die radikaal verskillende denkwyses aldaar. Nie soseer in beginsel nie, as eerder in handelswyse. Die moontlikheid vir die ineenstorting van die huidige bestel word al groter.
Wanneer die bestel inmekaarstort wil die AAI se manne gereed staan om ‘n alternatiewe regering daar te stel – Siener se Doringbos-regering.
Moenie jou laat mislei nie
Laat daar by die volbloed Afrikaner geen twyfel bestaan oor die beweegredes en duistere motiewe van hierdie onheilige alliansie nie. Moet u nie laat mislei dat die doel is om van die ANC ontslae te raak en dit daarom goedgepraat kan word nie.
Die duistere motiewe van hierdie mense wat ons voorheen met hul geheime planne in die huidige gemors laat beland het, bepaal dat hulle vorentoe ook nie vertrou kan word nie. Staan vas in u geloof, in die wete dat ons hulp en redding van Bo kom. Beginsels staan vas en word nie deur omstandigheid gedikteer nie.
Afrikaner-vryheid lê nie in “gesprek en samewerking met Afrika” nie, maar soos Jaap Marais gesê het: na binne, en na Bo!
Oproep tot die stryd.
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging weier om betrokke te raak by organisasies soos die AAI en sal steeds voortgaan om ons volksgenote teen misleidings soos hierdie te waarsku.
Vind ons Grondslag en Doelstellings, Kontakbesonderhede en Bankbesonderhede hier. Ondersteun ons in die stryd teen die liberalisme wat grootliks verantwoordelik was vir die oorgawe van alles wat vir ons dierbaar is aan die swart kommunistiese bestel, en ook verantwoordelik is vir die voortgesette aanslag op ons volk se Christelike waardes.
Die aankondiging van die Kabinet het as ‘n skok en teleurstelling vir menige blinkoog liberaliste gekom. Dit het nogeens hul geloof in die edele barbaar ‘n knou gegee. Daardie hoop wat hul koester dat die steenkool net lank genoeg en hard genoeg gepoets moet word en siedaar – ‘n blink diamant verskyn, is weereens beskaam!
Geen verrassing!
Vir die Afrikaner Nasionalistiese denker is dit egter glad nie verbasend dat Ramaphosa alle ooreengekome besluite verontagsaam en selfs op sy woord teruggegaan het nie. So is byvoorbeeld die ministerie van Handel en Nywerheid aan die DA beloof en toe skielik nie meer nie. Dis immers hoe Afrika-politiek werk. Die goue reël geld steeds: die Westerling moet hom glad nie daarby inlaat of hom daarmee laat besmet nie.
DA deur Ramaphosa uitoorlê
Die DA se onderhandelingspan met Helen Zille aan die hoof het moedig en aanvallend begin en op sterkte van hul ooreengekome “statement of intent” vurig aangedring op sekere sleutel kabinetsposisies – ‘n volle 13 nogal, maar het skouspelagtig ineengestort toe Ramaphosa aandui dat minder as die helfte daarvan – ‘n skamele 6 portefeuljes aan hulle toegeken sal word. Hul dreigement om dan te onttrek is onmiddellik teruggetrek toe dit blyk dat die ANC reeds met die EFF en MK van Zuma samesprekings voer. Die ooreengekome proporsionaliteitsbeginsel is gewoon deur Ramaphosa verontagsaam asof daar nooit so ‘n klousule in hul ooreenkoms was nie. ‘n Swetterjoel poste is toegeken aan nikswerd klein partytjies terwyl die ANC steeds amper 65% van die poste vir hulself reserveer. In so ‘n kabinet sal die ANC natuurlik domineer en die ander, insluitend die DA bloot hul lakeie wees. Die grondslag is nou deur Ramaphosa gelê en kan verwag word dat hierdie trant sal voortduur – dit sal die regeerstyl van die ANC in die veelparty-kabinet wees – die Swart massa (ANC) regeer!
GNU op aandrang van Geldmag
Dat die uiteindelike daarstelling van ‘n Nasionale Eenheidsregering (GNU) met die DA en ANC as hoofrolspelers ‘n diepe wens en begeerte van die Geldmag is, is nie te betwyfel nie. Die kunsmatige reaksie van die geldmarkte telkemale – eers baie positief met die nuus dat die DA betrek word daarby, en dan weer ‘n sterk afplatting en merkbare val van die Rand met die latere berigte dat die DA moontlik kan onttrek – dui duidelik op die manipulering van die markte deur die groot maatskappye ten einde ‘n sterk boodskap te stuur. Ja, die Ruperts en Oppenheimers begeer heelhartig ‘n verswakte ANC-regering met hul Joods georiënteerde DA-kaders daarin opgeneem. Dit kan aanvaar word dat substansiële druk vanuit hierdie oorde op die DA uitgeoefen is om die vernederende eind-aanbod van Ramaphosa te aanvaar.
Sal DA sukses behaal?
Ses ministeries sal voortaan deur die DA-ministers gelei word. Maar dié ministers sal hul vasloop teen die ANC-amptenary in elke departement wat nie sal wil buig of gehoorsaam sal wil wees aan hul nuwe DA-ministers nie. Daarbenewens sal die ANC-beheerde kabinet alles in werking stel om te verhoed dat die DA-ministers resultate bereik. Die sirkus het dus pas heelwat groter geword – daar lê baie drama en vermaak voor… Van die 6 kabinetsposte wat aan die DA toegeken is word 4 deur Blankes en 2 daarvan, naamlik “Basic Education” en “Communications and Digital Technologies” deur Swartes gevul. Dit is benewens die nog 4 of 5 adjunk-ministerposte wat deur anderskleurige DA-lede gevul word. Dit kan verwag word dat daar snel geswig sal word onder die verleidelikhede wat deur die nuutverworwe magsposisies verkry word. Trou aan Afrika-styl sal die groot bedrae geld waaroor beskik moet word, gepaardgaande met gul aanbiedinge van omkopery algou tot korrupsie en wanbestuur lei.
‘n Mens dink onwillekeurig terug aan die afdanking van Patricia de Lille as DA-burgemeester van Kaapstad in 2017 na opspraakwekkende gerugte van bedrog ten bedrae van honderde miljoene rand. Die DA het eers hard probeer om dit onder die mat in te vee maar moes later self hul eie burgemeester skors.
Proporsionaliteit in trurat
Die Pan African Congress (PAC) kon slegs 0.23% steun monster in die verkiesing, maar ook aan hulle word ‘n kabinetspos toegeken. Bid jou dit aan – uit 24 miljoen stemgeregtigde kiesers trek jy 77 544 stemme. En daarvoor ontvang jy ‘n kabinetspos. Dis seker maar hoe Ramaphosa die proporsionaliteitsbeginsel verstaan.
VF+ beloon vir verraad teen die Afrikanervolk
Die Vryheidsfront+ het natuurlik ook ‘n kabinetspos verwerf ten spyte van hul powere vertoning by die stembus. Hul steun het van 2,38% in 2019 tot 1,36% in 2024 gedaal, maar hulle word met ‘n pos in die kabinet beloon. Die volle verhaal is egter dat die ANC diep in die skuld is by die VF+ aangesien die VF+ eiehandig verantwoordelik was vir die oordrag van die Blankes se politieke mag na die ANC-regering. Nadat die generaals (Viljoen en Groenewald) in die vroeë 1990’s die regse verset teen die onwettige oordrag van mag na die ANC gelei het en oor ‘n gewapende mag van 100 000 opgeleide soldate beskik het om die kapitulasie van die Nasionale Party onder FW de Klerk met wapengeweld te verhoed, het hulle enkele weke voor die 1994 verkiesing omgespring, hul manskappe (en die Afrikanervolk) verraai, en ‘n politieke party gaan stig (die Vryheidsfront) en inderhaas geregistreer om aan die verkiesing te kan deelneem, in plaas daarvan om juis daardie onwettige verkiesing omver te werp soos aanvanklik deur hulle onderneem is. Daardie verraad wat tot kroning van die ANC gelei het is die rede waarom hulle nou so deur die ANC vereer word. Die gepaste hantering sou die stel voor ‘n vuurpeleton wees…
GNU gedoem nog voor hy begin regeer
Hierdie hele ou mengelmoes wat nou die nuwe regering uitmaak is vanselfsprekend gedoem tot mislukking. Die onhoudbare spanninge kon selfs voor die samestelling van die GNU bemerk word, dit sal egter nou veelvuldig in intensiteit toeneem. Voormalige politieke vyande is nou regeringsvennote, maar steeds met hul uiteenlopende is sterk kontrasterende uitgangspunte. Dink byvoorbeeld aan die Joodsbeheerde DA se beleid ten opsigte van Israel terwyl die ANC vierkantig agter die Palestyne staan. Die DA wil aansluiting vind by die Weste terwyl die ANC as stigterslid van BRICS hul by die Russiese blok skaar. Ons kan vuurwerke verwag en sal dit inderdaad ook sien.
Nuwe politieke party?
Die linkse media is egter reeds hard aan die voorbereiding van die publiek vir die totstandkoming van ‘n nuwe politieke beweging wat hulle terstond die “South African Party” doop. Dit is klaarblyklik die Joodse Geldmag se wens dat die GNU mettertyd sal metamorfeer in hierdie nuwe politieke beweging. Daarin is vir hulle meer stabiliteit as in die groeiende meer radikale sosialisties kommunistiese bewegings soos die EFF en MK. Hul grootste vrees is natuurlik dat hierdie twee partye weer eindelik met die ANC sal verenig en die geldbase se geldbelange dan genasionaliseer sal word. Daarom dan dat die totstandkoming van die GNU vir die Geldmag so ‘n hoë prioriteit geniet.
DA kapituleer, nou ANC-lakeie
Die konserwatiewe nasionalistiese Afrikaner moet homself sterk uitspreek teen deelname aan hierdie steeds onwettige regering oor ons Vaderland, die Republiek van Suid-Afrika. Diegene wat hulleself daarmee besmet meng hulle met die semels en sal eindelik verteer word. Soos die Voortrekkers op die harde manier moes leer dat Afrika-politiek nie eerbaar is soos die Witman se politiek nie, so sal selfs die liberaliste wat hieraan deelneem dit uiteindelik ook besef. Soos die DA se skandelike kapitulasie in die pas afgelope onderhandelings met die ANC, so sal alle toekomstige verskille ook hanteer word. En soos in enige koalisie het die man met die meeste lede die grootste sê. Dit geld selfs in beskaafde demokrasieë. Hoeveel te meer nog wanneer Afrika-politiek die botoon voer!
Verenig in verset BUITE die bestel
Die kieser wat vir die DA of VF+ gestem het in hierdie verkiesing is ontnugter. Wat bedoel was om ‘n stem in opposisie teen die ANC te wees is deur hul verkose leiers verander in steun aan en samewerking met die ANC. Dit hou vir die leiers eer, aansien asook gulle finansiële voordeel in, maar verraai die mandaat van die stemmer. Hierdie ontgogelde mense sal deur ons ontvang en verwelkom moet word. Hulle is mislei en verraai en het daarom die verkeerde keuses uitgeoefen. Laat ons hulle inlig en lei op die pad wat sal lei tot die vryheid van ons volk. Dáárdie pad loop nié deur die parlement of die huidige konstitusionele bestel nie!
Oproep tot die stryd.
Vind ons Grondslag en Doelstellings, Kontakbesonderhede en Bankbesonderhede hier. Ondersteun ons in die stryd teen die liberalisme wat grootliks verantwoordelik was vir die oorgawe van alles wat vir ons dierbaar is aan die swart kommunistiese bestel en ook verantwoordelik is vir die voortgesette aanslag op ons volk se Christelike waardes.
Daar bestaan basies 2 politieke denkrigtings. Dit is die teenoorstaande gedagte-rigtings van konserwatisme teenoor liberalisme. Dit verteenwoordig twee onversoenbare pole aangesien die uitgangspunte van elkeen van hierdie twee ideologieë radikaal verskil.
Konserwatisme
Die konserwatisme is gegrond in die huldiging van tradisionele norme en waardes, dit handhaaf die beproefde weë wat deur die meule van die tyd as deugsaam en waar bewys is. Dit vind sy krag in samebinding, nasionalisme, volksverbondenheid en patriotisme. Die konserwatiewe denker stel altyd die groter belang van sy groep bo eiegewin. Hy heg hoë waarde aan die gesin, die geloof, die land, die volk.
Liberalisme
Daarteenoor is die liberalistiese denkwyse gebaseer op die geloof in individuele vryhede en regte. Die woord “liberalisme” is ontleen aan die Latynse woord “liber” wat vryheid beteken. Daar is by die liberale denker ‘n ewige drang na die wegbreek van reëls en norme, selfs al is dit bloot net ter wille van verandering, en gewoonlik as ‘n daad van rebellie (of met ‘n sterk element daarvan teenwoordig). Die sentrale gedagte is die vryheid van die individu, welke strewe gestel word bo enige ander belang. Die individu word as’t ware tot ‘n godheid verhef.
Die mens beklee dan die sentrale plek in sy eie bestaan, in plaas van God. Dit is humanisme – die verafgoding van die mens en sy regte.
Regte of voorregte
Die bekende Hervormde Kerk teoloog, wyle prof. AD Pont het dit gestel dat die mens geen regte het nie, hy het alleen maar voorregte voor God. Die hele versinsel van die liberale dogma van menseregte word deur hierdie enkel waarheid ‘n streep deurgetrek!
Ontwikkeling van die liberalisme
Die liberalisme het oor die afgelope 4 eeue gaandeweg verskeie metamorfoses (vervlakkings?) ondergaan. Ná die Wêreld-oorloë verkry dié ideologie sterk ondersteuning vanuit die Joods-beheerde media.
Vandaar word die gedagtes en denke van koerant-, boek- en tydskriflesers en teatergangers deur die liberale dogma besmet. Teen die 1960’s is die liberalisme geïnfekteer met sosialistiese ideologie, waarna dit verder ontwikkel tot die radikale “kulturele Marxisme” van die negentigerjare.
Die gevolge van liberalisme
Die liberale denkrigting rig in al sy metamorfoses die samelewing onnoembare skade aan. Dit is duidelik in terugskou van die geskiedenis waarneembaar. Die sosalisties/marxisties gedrewe ideologie het gelei tot die verval van menige Westerse lande tot “nanny states” – waar lui bevolkings staatmaak op subsidies en gifte vanaf die staat. Die staat voorsien selfs ‘n basiese inkomste aan elkeen wat te sleg is om te werk. Daarbenewens is morele en sedelike verval aan die orde van die dag.
Wat altyd reg was is skielik verkeerd, en die gruwelikste sondes word vergoeilik.
Dokter Lyle Rossiter (jnr), ‘n psigiater met meer as 35jaar se kliniese ondervinding, het in 2008 ‘n boek die lig laat sien met die titel: “The Psychological Causes of Political Madness”. Hierin skryf hy:
“Based on strikingly irrational beliefs and emotions, modern liberals relentlessly undermine the most important principles on which ourfreedoms were founded. Like spoiled, angry children, they rebel against the normal responsibilities of adulthood and demand that a parental government meet their needs from cradle to grave. A social scientist who understands human nature will not dismiss the vital roles of free choice, voluntary cooperation and moral integrity — as liberals do. Apolitical leader who understands human nature will not ignoreindividual differences in talent, drive, personal appeal and work ethic, and then try to impose economic and social equality on the population— as liberals do. And a legislator who understands human nature will not create an environment of rules which over-regulates and over-taxes the nation’s citizens, corrupts their character and reduces them to wards of the state — as liberals do.”
Verdere verval van die liberalisme
Die Liberalisme is egter tans besig om in sy laaste, lelikste fase in te beweeg. Dit kan as Progressiewe Liberalisme beskryf word. Dit wortel steeds in die grondbeginsel van die klassieke liberalisme van die bevryding van die individu van enige vorm van kollektiewe saambinding. Nadat gesinne opgebreek is, rasgrense vernietig is, die vrou deur die “women’s lib” beweging bevry is en volke skaamgemaak is om nasionalisties en patrioties te wees is groot welslae behaal om die mens van elke vorm van samehorigheid tot ‘n groep te “bevry”. Hy is nou bloot ‘n eenling, ‘n wêreldburger wat nêrens behoort nie…
Die enigste twee oorblywende kollektiewe saambindings wat steeds voortbestaan is dié van geslag en van menswees self.
Volgens die Russiese filosoof, Aleksandr Dugin is dit juis in die strewe tot die vernietiging van hierdie laaste twee kollektief-onderskeidende maatskaplike identiteite waarin die laaste fase van die Liberalisme sy beslag kry.
Ontkenning van geslag
Dit het eerstens gelei tot die “trans-gender” dwalings, tesame met die promovering van die LBGTQ-beweging. Geslag is nou opsioneel – ten spyte daarvan dat dit reeds voor geboorte deur chromosoom-determinasie vasgelê is. Nee, dit is nou vloeibaar en afhanklik van die reg van die individu se vrye keuse daaroor. En dié nuwe malheid word deur die media gedryf en selfs deur regerings afgedwing. Dit word selfs ‘n wetlike oortreding wanneer iemand nie aangespreek word met die voornaamwoord van sy/haar/dit se eie keuse nie. Deur die implimentering van hierdie voorlaaste stap deur die Progressiewe Liberalis word gepoog om die kollektiewe identiteit van vrou-wees of man-wees die nek in te slaan.
Ontkenning van mens as kroon van die skepping
Die heel laaste stap is dan die vernietiging van die mensheid self. Vandaar die ywer van en hoë publisiteit aan psigopate soos Klaus Schwab en Yuval Harari. Hulle staan trans-humanisme, kloning van siellose mense, “intelligent design” en kunsmatige intelligensie (AI) voor. Als moet onder beheer staan van wat hulle die “elites” noem. Die einddoel – die vernietiging van die mensdom…
Verslawing aan Eenwêreld-regering
Ironies genoeg vind mens dat hoe verder die Liberalisme metamorfeer, hoe meer word mag gesentraliseer deur sinistêre owerhede. Dit, ten spyte van die eis van die klassieke liberalisme dat die mens vry is van reëls en regulasies, dat hy ongebonde is en na willekeur kan optree. Hy moes juis bevry word van die tirannie van regerings wat bv. sensorskap toegepas het. Sy reg van vryheid van spraak mog nooit ingeperk word nie. Maar wat sien ons nou ontvou? In toenemende mate word enige weerstand teen die Liberalisme gesensureer. Vryheid van spraak geld slegs vir dié wat saamstem met die magte in beheer. Die wat daarvan durf verskil se sosiale media-plasings word verwyder. Hulle word selfs krimineel vervolg wanneer teen die heersende narratief betoog word. Maar terselfdertyd word kranksinnige idees soos geslagsvloeibaarheid, selfdegeslag-huwelike, kloning van embrios en talle ander tot naarwordens toe in ons kele afgedruk.
Alles natuurlik in lyn met die daarstelling van ‘n Eenwêreld-regering. ‘n Diktatoriale entiteit wat totalitêre mag oor hul on-vrye onderdane sal uitvoer. Dít is die uiteinde van die Liberalisme.
Liberalisme ‘n selfvernietigende geestessiekte
By objektiewe evaluasie van die Liberalisme kan mens geen ander afleiding maak as dit gewoon kranksinnigheid is nie. Dis ‘n geestelike afwyking of dalk eerder ‘n geestessiekte. In die liberalis se strewe na totale vryheid beland hy hom uiteindelik onder totale diktatoriale beheer – met absoluut GEEN vryheid nie. As enkel-marionet word die individu – nou gestroop van sy samebindings wat eens aan hom kollektiewe bedingingsmag verleen het – uiteindelik verpletter deur algehele oorheersing. Die Progressiewe Liberalisme, as hoogtepunt van liberale denke, verraai die basiese spelreëls van die liberalisme, naamlik vryheid en gelykheid. Dit het inteendeel juis die opskorting daarvan ten gevolg deurdat die liberalis uiteindelik geestelike selfmoord pleeg. Daar kan dus met reg na die Liberalisme as geestessiekte verwys word.
Waarin kan ware vryheid dan gevind word?
Ware vrede en geluk word in die beproefde weë van die konserwatiewe denke gevind. Waar geloof in God, verbondenheid aan ‘n gesin en deel wees van ‘n volk sentraal staan. Daarin word saambindingskrag gevind. Waar omgee vir mekaar en die dien van hoër ideale voorrang bo eie gewin geniet. Waar die hoofdoel van jou bestaan is om God te prys uit dankbaarheid vir Sy ewige verlossing en die Godgewe gawes van taal, kultuur en goed in hierdie lewe.
Die verkiesing is voor die deur. ‘n Beduidende getal Afrikaners het sedert 1994 nie gaan kruisie trek nie en sal dit ook nie met hierdie verkiesing doen nie. En omdat hierdie groepering van nie-stemmers gaandeweg groter raak, word elke moontlike toertjie ingespan om die Afrikaner by die stembus te kry. U sien, as die kerngroep van die ekonomie sy rug draai op die demokratiese proses, skep dit eintlik ‘n konstitusionele krisis. Want sien, ‘n nasie waarvan een kleur wegbly/ontbreek kan kwalik nog ‘n “reënboognasie” genoem word.
Maar ja, dié utopie van ‘n NSA met vrede en harmonie tussen al wat kleur en geur is, het net nooit werklikheid geword nie. Dit kán ook nie, dit het nêrens in die wêreld geslaag nie, hoe sou dit hier kon werk?!
Diepliggende verskille tussen rasse in Suid-Afrika
Tussen die rasse is daar nie net groot getalle-ongelykheid nie, maar daar bestaan ook diepliggende kultuur-, geloofs- en beskawingsverskille . Die uitwissing daarvan is nie deur 30 jaar se bevoordeling van Swartes en diskriminasie teen Blankes bewerkstellig nie en sal ook nie gebeur in die eeue wat kom nie.
Mnr. Jaap Marais sê in Waarheid en Werklikheid:
Die sentrale probleem van die Suid-Afrikaanse staatkunde is dat ras en kleur nie maar net ‘nuanses van pigmentasie’ binne een nasie is nie, maar dui op diepgaande historiese en nog dieper genetiese verskille, wat saam sosiale, kulturele en godsdienstige afstand skep wat onoorbrugbaar is.
Ook sê Statistiek-SA se sensusopname van 2022: “Black South Africans remain the dominant population group at 81,4%.
Onderhandelde Uitslag
Dit beteken dat uit elke 10 mense wat sou kan stem, 8 Swart is. Dis nie te moeilik om ‘n berekening van die uitslag te maak nie… Wat ons wel met sekerheid kan sê, is dat ás die ANC se meerderheid tot onder 50% daal soos wat uit alle oorde en veral deur die Joods-beheerde media met groot trompetgeskal voorspel word, dan is dit vanweë die onderhandelde uitslag wat lank voor stemdag reeds bereik is, nie vanweë getelde stemme nie.
U kan uself nog herinner aan die opmerking van regter Kriegler, die OVK-voorsitter na die “eerste demokratiese” verkiesing in 1994. Hy is gevra of die verkiesing vry en regverdig was en sy reaksie: Mens kan nie verwag om in ‘n bordeel te werk en kuis te bly nie.
Daarna, is na die 1999-verkiesing berig dat 1,7 miljoen méér stemme “getel” is as waarvoor daar stembriewe uitgereik is!
En die denkende Witman krap in groterwordende ongeloof sy kop hieroor. Ook skaam hy hom oor dit waarna die verkiesing lei – die samestelling van wat “die parlement” genoem word, maar beter as ‘n sirkus beskryf kan word. Hy vra homself dan af: Waarom nog gaan stem?
Valse bewerings om mense na stembus terug te lok
Met hierdie groeiende wantroue onder ons mense verbaas dit dus glad nie dat slinkse foefies bedink word om die mense weer terug te lok stembus toe. Groot koalisies word gesmee, wat kwansuis die vermoë sou hê om die ANC te verslaan. Natuurlik geniet hierdie wensdenkery wye propaganda-dekking.
Moenie in dieselfde juk trek…
Die Afrikaner-nasionalis kan hom met niks hiervan vereenselwig nie. As gelowige hoor hy die woorde van die Korinthiërs-boek en weet dat dit vandag nog net so geldend is as toe dit geskryf is:
Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
en verderaan:
Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die HERE …
II Kor. 6: 14 en verder
Wat die Afrikaner moet doen
Hy weet ook dat die huidige bestel deur verraad en bedrog op hom afgedwing is. Hy, as wettige eienaar van wat internasionaal as “Blank Suid-Afrika” bekendgestaan het, het nooit die dokumente geteken wat hom sy eiendomsreg ontneem het nie. Die referendum ter effekte daarvan is wel beloof, maar nooit aan die Blanke eienaars van die land gebied nie. Daarom is hierdie ‘n onwettige bestel.
Die hoë verantwoordelikheid rus op die Afrikaner wat sedert 1994 nie gaan stem het nie – en daardeur die legitimiteit van hierdie regime ontken het – om steeds enduit te veg vir die herstel van sy Vaderland as sy regmatige eiendom.
Hoe jou volk sy onafhanklikheid finaal kan verloor
Die Rehoboth-basters was voor “onafhanklikheidswording” van Suidwes in 1990 ‘n selfregerende volk met ‘n eie gebied. Hierdie onafhanklikheid/selfstandigheid is ook deur die Duitsers erken nadat hulle Duits-Wes gekoloniseer het. Maar in die euforie oor die oorwinning oor die Blankes in 1990 het die Basters hulle laat inbind in die nuwe Namibië, en ywerig aan die verkiesings deelgeneem. ‘n Skamele 6 jaar later wend hulle hulself tot die Hooggeregshof van Namibië ten einde hul onafhanklikheid en grondgebied te herwin. Hul appèl word egter deur die hof verwerp. Die rede – hulle het hulself vrywillig in die demokratiese proses laat inbind deur hul deelname aan die verkiesings en kan daarom nie as outonome volk met ‘n eie gebied herstel word nie.
Hier in die Republiek sien die prentjie daar heel anders uit, met honderde duisende Afrikaners wat sedert 1994 die verkiesings van die onwettige regime boikot. Ons het dus ‘n voorbehoude staatkundige reg tot die herinstelling van ‘n Blanke regering.
Diegene wat binne die regime wil opereer, sal nie vryheid bring nie
Daar is aan die regterkant van die Afrikanerpolitiek twee duidelike strome. Die een is nie ‘n vriend van die herstel van ons vryheid in ons vaderland nie. Dit is diegene wat binne-in die politieke bestel opereer en nou al daar vir 30 jaar probeer beding vir ‘n volkstaat (‘n afvalstukkie van ons vaderland). Terwyl hulle saam met die Afrika-politikus hul vergryp aan die vettighede van die soustrein. Daar kruip hulle voor hul Swart meesters en smeek vir die toekenning van ‘n stukkie grond wat kwansuis hul grondwetlike reg sou wees. Dié reg word hulle gegun deur die dokument van verraad – die sogenaamde Afrikaner-Akkoord – ‘n ooreenkoms wat die verraaier Constand Viljoen saam met die ANC en NP enkele weke voor die 1994-verkiesing onderteken het. Wat Viljoen eintlik belowe het en van verhoog tot verhoog verkondig het, was om die oordrag van mag met wapengeweld te verhoed – daarvoor het hy inderdaad ook bevel gevoer oor ‘n mag van meer as 100 000 man. Maar in sy daad van grootste verraad het hy sy rug gekeer op sy volk en met hierdie troosprys – die “ingeboude grondwetlike reg op ‘n volkstaat”, ‘n party geregistreer (die Vryheidsfront) en self aan die verkiesing gaan deelneem. Maar helaas, 3 dekades later het hulle nog nie ‘n enkele morg afgesmeek gekry nie, en helaas is selfs die Volkstaatraad ontbind.
Verraderlike Afrikaner-Akkoord word weereens vir misleiding gebruik
Om sake te vererger is daar nou ‘n swetterjoel organisasies wat hulle kwansuis búíte die parlement wil beroep op daardie selfde verraderlike Afrikaner-Akkoord. Die dokument wat ons ten ene male tot vreemdelinge in ons eie land gereduseer het, word nou weer deur hulle aangegryp as ons laaste hoop. Hierin word hulle gesteun deur Boermedia wat aan hulle wye dekking verleen. Hulle het inderdaad reeds deur die gestorwe en heropgeleefde Volksraads Verkiesingskomitee (VVK) die ANC-regering genader. Hulle het gepleit vir die reg van ‘n volkstaat maar moes vernederd en met leë hande daar weg.
Dit is ‘n futiele saak – die spul verraaiers in die parlement se onvermoë om dit binne die parlementêre stelsel te bewerkstellig, is daar voldoende bewys van. Waarom sal daar enige hoop wees om dit van buite die konstitusionele liggame te bereik? Dit is geheel onhaalbaar. Waarom dié dooie perd weer opsaal? Die Afrikaner-Akkoord is duidelik nie eens die papier werd waarop dit geskryf is nie – die ANC verag daardie ooreenkoms net soos wat hulle die NP se wigte-en-teenwigte geminag het.
Afrikaner-Akkoord geen uitweg
Sou hulle enigsins daarin slaag om die ANC daartoe te oortuig wonder mens of die mense die implikasies werklik bedink het. Ons laat dit daar dat hulle bereid is om te skik vir ‘n klein deeltjie van dit wat ons regmatige eiendom is. Daarmee kondoneer hulle die verraad en verleen hulle legitimiteit aan die onwettige regime. Die dokument, die Afrikaner Akkoord, beding ‘n volkstaat – ‘n flentertjie grond wat nie ekonomiese of staatkundige selfstandigheid kan verseker nie. Dink byvoorbeeld aan Orania – wat doen Orania as die regering van NSA sy “grens” sluit en geen verkeer in of uit toelaat nie? As die NSA sy lugruim sluit kan daar nie eers ‘n vliegtuig daar gaan land nie. Hoe gaan in- of uitvoere plaasvind? Dalk moet ons in die geskiedenis gaan kyk na diegene wat blindelingse vertroue op Swart leiers plaas, soos Piet Retief…
In hierdie sinnelose scenario wil die organisasies wat hulle nou opnuut weer op die Afrikaner-Akkoord beroep ons nou inlei. Dit is absurd! As die VF+ dit nie na 30 jaar binne die parlement – grondwetlik ingestelde Volkstaatraad en al – kon regkry nie, vra mens onwillekeurig hoeveel dekades moet ons volk nog die dwingelandy onder Swart regering verduur terwyl hierdie Afrikaner-Akkoord-geelwortel opnuut as blufspel gespeel word! Dit val dus ook glad nie vreemd op om nou weer dieselfde gesigte wat destyds rondom Constand Viljoen se verraad versamel was, weer by hierdie nuwe beweging te sien nie. Laat ons dit maar prontuit op die naam noem – julle is weereens besig met verraad. Julle speel in die hande van ons vyande. Julle is instrumenteel daarin om die Afrikaner te verwar en hom van sy ware vryheidstryd weg te keer!
Die ware pad na herstel van die Afrikaner se vryheid
Laat dit hier hard en duidelik gesê word: Die Afrikaner se pad na die herstel van sy vryheid, na die herwinning van sy vaderland, lê BUITE die bestel. Dit behels die herstel van gans die HELE grondgebied van die Republiek van Suid-Afrika – sy regmatige eiendom! Daarvoor word nie onderhandel of gekruip nie – dit het FW en Viljoen en hul hedendaagse handlangers genoeg gedoen. Ons kibbel nie oor ‘n paar hektaar hier of daar nie. Ons beroep ons op ons volk se geskiedkundige reg tot volle seggenskap en beheer van ons volle grondgebied! Dié land is óns land, van die Kaap tot in Transvaal, ons skuld dit aan geeneen nie!
Oproep aan elke Afrikaner
Daarom roep ons elke Afrikaner op om die demokratiese proses te boikot – bly weg van die stembus, en versterk só ons saak deur geheel buite die bestel te bly – aangesien ons dit nie erken as ‘n wettige entiteit nie. Deur u stem te weerhou bevestig u dat hierdie regime geen legitimiteit oor ons volk het nie. So verwerp u hierdie bestel geheel en al! Bevestig aan die wêreld dat die Boer leef en sal oorleef. Dat hy sy reg tot vryheid sal handhaaf in die geloof dat sy God hom sal herstel in die land waarin Hy hom gevestig het.
Soos onthou deur AH Potgieter, junior, die derde seun uit sy vader se eerste huwelik. Hy is gebore op 15 Okt. 1830, en het hierdie verklaring in Feb.-Maart 1912 afgelê.
Terwyl die trekkerleier, Andries Potgieter, met ‘n ekspidisie weg van sy laer was op soek na Louis Trichardt en lang Hans van Rensburg, is sy laer deur die Matabeles aangeval. Die laer het toe besluit om te versit, weg van hul staanplek langs die Vaalrivier, en terug na Vegkop.
___
Solang as ons trek nog by die Vaalrivier was kom Stephanus Erasmus met ‘n komissie daar aan, om die land te besien. Hulle is die Vaalrivier deur, en toe ‘n ent van ons langs die rivier af getrek… Toe vader van Trichardt terugkom vind hy ons staanplek aan die Vaalrivier verlate, en net die lyke van die swartes nog daar. Hy het toe al op ons wa-spore gekom tot by Vegkop. Dit was ‘n grote blydskap toe hy daar kom, want almal het gedink dat hy en sy maats deur Silkaats vermoor was.
Silkaats het intussentyd ‘n tweede kommando naturelle uitgestuur om ons laer te kom aanval. Die swartes het eers op Erasmus se laer afgekom. Erasmus het dié môre vroeg te perd uitgegaan om te gaan skiet, langs die Vaalriver af. Toe hy die middag by sy laer terugkom, was dit al deur die swartes ingeneem, en al sy mense vermoor; maar die swartes was nog in die laer.
Erasmus het van ons laer hoër op langs die rivier geweet. Hy het toe ‘n wye draai om die swartes gery, om ook te kom waarsku, maar toe hy by ons staanplek kom, was ons al weg. Hy het ons toe al op onse wa-spore agternagesit, en eers by Vegkop het hy ons ingehaal.
Die Liebenbergs se trek was toe nog by wat nou Liebenbergsvlei is. Erasmus het hulle gewaarsku dat die swartes aan’t kom was, maar hulle wou dit nie glo nie, en het daar gebly. Erasmus is toe van hulle af weg om ons te kom waarsku. Van die Liebenbergs het hy gehoor dat ons by Vegkop was.
Toe Erasmus by ons kom het hy net sy perd, klere aan sy lyf, bandelier en geweer; al sy ander goed het in die slag gebly by sy laer.
Toe hy ons sy sware tyding vertel het, het vader dadelik sy jonger broer, Nicolaas, en sy swaer Piet Botha, gestuur om die Liebenbergs te gaan sê hul moet padgee, en ook na Vegkop toe kom. Maar toe hulle daar kom was die Liebenbergs al vermoor. Nicolaas Potgieter en Piet Botha het laat in die nag weer by ons teruggekom.
Die Voorbereiding
Toe Erasmus ons sy tyding bring, het almal dadelik aan die werk gegaan om onslaer so sterk as moontlik te maak. Doringbome word afgeskap en aangesleep, die bome word aan mekaar vasgebind en onder die waens ingesleep en deurmekaar gevleg, en toe met kettings vasgewoel, sodat dit onmoontlik vir die swartes sou wees om dit uit te sleep of af te kap met hul asgaaie.
Toe die laer so sterk was as wat ons dit kon maak, moes daar koeëls gegiet word. Elkeen het geweet dat daar geen tyd sou wees om die kruit en koeëls behoorlik met die laaistok vas te stamp nie, en daarom word die koeëls ‘n weinig kleiner gegiet as wat hul werklik moes wees, sodat hul vanself die loop kon inval, tot op die kruit.
Iedere koeël was toe weer byna deurgesaag in die vorm van ‘n kruis, elke koeël kry daardeur vier punte, wat weer aanmekaar gedruk word. As daar nou geskiet word, dan spat so ‘n gesaagde koeël in vier dele. Die vroue het sakkies gemaak. In elke sakkie was daar van 10 tot 12 lopers. Die sakkies was ook so dat hul die loop kon inval sonder dat ‘n laaistok nodig was om hul af te druk.
In die middel van die laer was vier waens getrek in die vorm van ‘n vierkant. Dit was aan die kante en bo-op bedek met velle, en moes dien as beskerming vir die vroue en kinders.
Die spanning bou op.
Die volgende môre, toe dit begin lig word, is my vader met die mans die laer uit om die swartes tegemoet te ry. Voor die geveg aanvang neem, het my vader met sy tolk vooruitgery na die swartes toe, om te probeer hul te beweeg om om te draai.
Toe vader en sy tolk na genoeg kom, het die swartes op hul afgestorm en asgaaie op hul afgegooi. Toe vader nou eindelik insien dat dit onmoontlik sou wees om die saak op ‘n vredeliewende wyse te skik, het hy teruggejaag na sy mense.
Die swartes het hulle gevolg. Toe vader by sy mense kom, gee hy bevel om te skiet. Die swartes was al digby. Daar was geen tyd om posisie in te neem nie, elke man het sy geweer afgevuur, op sy perd gespring en dan weer voortgejaag. In die jaag moes hulle laai, dan weer halt, afspring en skiet; dan maar weer op die perd spring, jaag, laai, weer afspring en skiet.
Die swartes het maar altyd digby gebly. Op hierdie manier het die geveg voortgeduur tot hul naby die laer was. Toe gee vader bevel dat hul laer-toe moet jaag, sodat hulle die poort of ingang toe kon maak, die gewere skoonmaak, elke man sy bandelier en kruithoring aan kon kry en posisie inneem vóór die swartes by die laer kom.
Iedere man moes ‘n paar bakke of skottels by hom neem, om sy kruit, koeëls en lopers in te hou. In die geveg was daar geen tyd om ordentlik te laai nie. Elkeen moes maar ‘n handvol kruit neem, dit in die loop van die geweer laat val, en dan die koeël of lopers bo-op, en afvuur.
Die swartes het tot by ‘n spruit naby die laer gekom, daar het hulle gaan rus. Dit was omtrent twaalf uur toe ons mense die laer ingejaag het. Drie mans het die veld ingejaag in plaas van na die laer. Hulle het ons, en hul vroue en families daar in die steek gelaat.
Dit was ‘n benoude uurtjie vir ons, solank as die swartes daar by die spruit rus. My oom, Koos Potgieter, kon dit nie meer uithou nie. Hy sê toe aan my vader: “As die swartes moet kom, laat hul dan kom. Ek sal uitgaan en hul aanlok. As ek moet dood dan moet ek maar; dié wag kan ek nie langer uithou nie.”
Die Slag vind plaas.
My vader wou hom nie uit laat gaan nie, maar stap na sy wa, neem sy sweep-stok, bind daar ‘n rooi lap aan en swaai dit na die swartes toe. Die Matabeles neem die uitdaging aan, en begin aan te kom in twee horings. Toe die twee horings om ons laer was, sluit hulle aaneen, en storm toe met ‘n wilde geskreeu op die laer af.
Vader het beveel dat niemand moes skiet voordat sy eie skoot val nie. Toe die swartes omtrent 30 tree van die laer was, vuur vader; en toe was daar ‘n vreeslike geskiet, gefluit, gehuil en geskreeu. Die asgaaie was soos ‘n dikke swerm sprinkane in en oor die laer. Die swartes ruk en pluk aan die takke.
Ons mense verweer hul dapper, en eindelik moes die swartes terugtrek, met agterlating van enige honderde dooies. Hulle het net ver genoeg teruggetrek om buite die bereik van die ou Sannas te kom.
Vader het toe agt van die flukste en ratste manne uitgesoek, en met hulle stap hy die hek uit na die swartes toe, terwyl die ander mans posisie moes inneem op die waens en kiste. Toe vader met sy agt man na genoeg aan die swartes was, begin hul om te skiet. Die swartes storm op hulle af, vader en sy agt man vlug die laer in, en die ander mans moes dan die swartes terugskiet.
Dit het verskeie male gebeur, toe die mense merk dat sommige van die lyke, wat daar om die laer lê, sweet en ander nie. Met die in en uitgaan van vader en sy agt man, het die swartes ook ‘n ander plan bedink. Dit was: as hulle op die laer afstorm, moes ‘n klomp bly lê asof hulle geskiet was, om dan by die volgende keer, saam die laer te kan instorm. En dit was hulle wat in die warm son gelê en sweet het.
Van daar af was dit die gebruik by enige aanval om eers die wat lê en sweet, dood te skiet. Op dié manier het die geveg voortgeduur tot laat die aand, toe die swartes die vlug neem. Al ons vee het hulle bymekaar gemaak en meegeneem.
Na die Slag.
My twee ooms, Nicolaas Potgieter en Piet Botha is daar in die geveg gedood, en drie ander is gewond, een was ‘n Bekker, met ‘n asgaai in die kuit, een was Van Staden met ‘n asgaai deur sy mond, en die derde was ‘n vrou met ‘n asgaai in haar hoof. Na die geveg moes ons kinders en die volk help om die swartes weg te sleep. Daar was 36 of 37 man in die laer.
Vader het aan die sendeling Archbell, tyding gestuur van ons toestand. En hy het toe van die Koranna’s se beeste gekry en na ons toe gestuur. Daarmee het ons toe terug na Masoes se berg getrek.
Die strafekspedisie.
Toe ons by Masoes gekom het, het ons daar ‘n lang tyd versuim. My vader het sy broer, Koos, na die Kolonie gestuur om ons toestand aan die familie en vriende daar bekend te maak. Toe dit hulle bekend word, het daar dadelik 250 of 350 man na ons toe gekom. Daar is toe dadelik ‘n kommando van naby die 400 man onder bevel van my vader, gevorm om Silkaats te gaan straf.
Silkaats se hoofstad was toe in wat nou die Marico distrik is, en by die berg wat later bekend geword het as Ensil- of Enslins-berg.
Die laer kon nie oral met die kommando saam trek nie, omdat hulle te onbekend was met die wêreld en dit ook maar taamlik bergagtig was. Daar word toe besluit om die laer te trek n hele ent vanwaar Silkaats se krale was, en alleen met die perdekommando voort te gaan.
Nog vóór die kommando van Masoes af vertrek het, het ‘n swart-Kaptein Majebie om beskerming kom vra en as beloning vir die beskerming het hy onderneem om die kommando te lei teen Silkaats. Majebie het vroeër in die Transvaal gewoon, maar moes vir Silkaats vlug, en het hy met sy volgelinge in die Vrystaat kom woon.
‘n Aantal van Majebie se volgelinge het agtergebly waar die laer getrek was, om as bediendes behulpsaam te weesl terwyl ander met die perde-kommando meegegaan het as padwysers en bediendes.
Die perde-kommando het toe soveel kos en ammunisie meegeneem as wat hulle kon, en het vortgetrek na Marico, en daar het hulle drie dae met Silkaats geveg, voor die oorwinning behaal is. Die laer was te ver weg van die gevegsterrein vir die burgers om saans daarheen terug te kom.
In die môre begin die geveg, en dan veg hulle die hele dag deur tot dit begin laat word; dan eem die kommando al die vee wat hulle die dag buitgemaak het en trek daarmee weg, so ver as wat hulle kan kom. Dan moet die vee maar so onbewaak gelaat word, terwyl die kommando verder trek om tussen die swart-statte uit te kom, sodat hulle nie in die nag deur die swartes omsingel word nie.
Die nag kom die swartes en neem die beeste weg. Die volgende dag neem die kommando die vee spore tot hulle weer by die swartes kom, dan begin die geveg weer en duur voort tot dit laat word. Dan word die geskiedenis van die vorige aand weer herhaal. Na die geveg van die derde dag, het die swartes nnie weer die gebuite vee kom haal nie, maar het hulle op die vlug geslaan.
Die burgers en hul perde, was al só afgemat, hul kos was ook al gedaan en hul ammunisie byna ook, dat dit onmoontlik was om die swartes agterna te sit. Daar word toe besluit om a die laer terug te gaan, en vandaar na die staanplek by Masoes.
Daar gekom moes al die buit-vee uitgedeel word. Die vriende en familie wat van die Kolonie af gekom het, het geweier om iets te neem, maar het aan my vader gesê: Deel ons gedeelte uit onder die geruïneerde mense.
Die sendeling Lindley was werksaam onder Silkaats se swartes, maar na die gevegte het hy besluit om met die kommando saam te gaan. Hy was bang dat die swartes hom sal vermoor. Ek meen dat hy later na Natal gegaan het.
Aangesien ons nog al die tyd sonder grond was, word besluit om met ‘n gedeelte van die buit ‘n stuk grond te ruil. ‘n Gedeelte tussen die Modder- en Rietriviere word toe geruil van die swart-Kaptein Sikonjela. Daar het ons toe iets meer as twee jaar gewoon.
Majebie het ‘n stuk grond gekry langs die Skoonspruit, westelike Transvaal, en het met sy volgelinge daar gaan woon.
………………….
Bron: Voortrekkermense III; Gustav S. Preller; 1922
Die liberaliste kla oor sy mislukte NSA, wil nie erken dat hy dit oor homself gebring het nie, maar wil steeds die Afrikanervolk daarin gevange hou met sy sogenaamde Afrikaner verklaring. Daarin wil hy die skyn wek dat die Afrikaner se toekoms slegs as ‘n kultuurgroep in ‘n gemengde goddelose samelewing bestaan. Die Afrikanernasionalis roep egter die Afrikanervolk op tot nugtere toetrede tot die weg tot ware vryheid om God te dien binne ons volksverband in ons vaderland. Verwerp hierdie bestel wat met verraad uit eie kring op ons afgedwing is. Hierdie hele land is óns land. Daarom verwerp ons die totale bestel en neem ons nié aan sy verkiesings deel nie. Lees nou die insigte wat AFRIKANERNASIONALIS ons in die artikel gee:
Dit is merkwaardig hoedat die liberaliste nou, dertig jaar na die oorgawe van mag, ontgogel is deur die harde werklikheid. Die werklikheid van Swart oor Wit dominansie. Die ontnugtering noudat hul onrealistiese verwagtinge van vrede, gelykberegtiging en rasse-harmonie ná die weggee van die politieke mag, maar net nie wil realiseer nie – ten spyte van die verloop van drie lange dekades. Hulle drome van die utopie van die Nuwe Suid-Afrika lê aan skerwe.
Want die liberalis leef in ‘n droomwêreld. Sy mooi teorieë ontmoet nooit die praktyk nie. Dit lyk dalk mooi op die skryftafels van akademici en sosioloë, maar dit kan nooit die toets van die tyd deurstaan nie. Dit is nou klinkklaar bewys met die eksperiment van hul NSA – dis ‘n volslae mislukking.
Daarteenoor staan die konserwatis met sy voete stewig geplant in die werklikheid. Sy riglyn is die beproefde en bewese beginsels van die tyd. Daarvolgens kan hy projeksies maak en voorspellings waag wat selde ver van die kol af tref.
Bogenoemde is sekuur bevestig deur die verloop van sake oor die afgelope 30 jaar. Die liberale dromer moet nou erken dat sy lugkastele vir ‘n raslose, diskriminasie-vrye, regverdige land inderdaad toe net maar lugkastele was. Daar het dadels van gekom. Gebreekte beloftes, ‘n grondwet wat deur ‘n Swart bril geïnterpreteer word, korrupsie en verval is aan die orde van die dag. Swaai ‘n ou Suid-Afrikaanse vlag en verwag om met die reg te bots, maar verklaar dat jy nie nou al die oproep tot slagting van Witmense maak nie, en geen haan kraai daaroor nie. En selfs die geswore liberalis wat só graag die Nuwe Suid-Afrika wou laat slaag, moet nou sy kop in skaamte laat sak oor die klaarblyklike mislukking van hul onwerkbare eksperiment.
Hul dagdroom van die reënboognasie wat sou groei uit hul idiotiese oorhandiging van mag aan die onbeskaafdes lê aan skerwe. Die realiteit wat ontvou het kon deur die liberalis in sy wildste drome nie voorsien word nie.
Dit alles ten spyte van waarskuwings en pleidooie tot helderheid van verstand deur regdenkendes. Hul protesstem is luid gehoor: Bewaar, Behou, Beskerm! Handhaaf die eie. Trek laer en verdedig ons kosbare erfenis. Oopstelling en oorgawe sal lei tot vernietiging van die Witman asook sy nalatenskap. Maar nee, dié wat hul op sleeptou laat neem het deur soetklinkende slagspreuke van Verandering, Verligtheid, Oopstelling wou niks van hierdie waarskuwings hoor nie. Hulle was vasberade en het onstuitbaar voortgestu op die pad van weggee, kapituleer en versaking van die eie volk en ras. En het hulle nie gewaarsku dat verdoemende gevolge ons sou tref as ons nie met hulle sou meegaan op hierdie vreemde, nuwe pad nie! Dit sou kwansuis oorlog en anargie en politieke isolasie tot gevolg hê.
Drie dekades later kyk ons terug en sien derduisende lyke van volksgenote…
Ja, die oorlog en anargie hét toe gekom. Ons word verneder, vertrap, vermoor, verguis, verjaag. Sien, anders as wat die liberalis kon voorsien, het die magsomwenteling die barbaar koning gemaak en die gevolge daarvan word nou deur almal beleef.
Afrikanergesinne is verskeurd – een kind in Australië, die ander in Kanada. Die kleinkinders kan nie eens Afrikaans praat nie. Geen werk vir ‘n Blanke jongmens in ons eie land nie. Die veilige, vreeslose sestigerjare van die vorige eeu onder ordelike Apartheidsbewind met voorspoed, vooruitgang en groei is vervang met diefwering, sekuriteitsfirmas, alarms en elektriese heinings. Op plase en in stede word ons mense koelbloedig vermoor, wetstoepassing is ‘n vae herinnering aan Blank Suid-Afrika. Verval en agteruitgang is aan die orde van die dag. Infrastruktuur soos paaie en rioolaanlegte is verwaarloos en disfunksioneel.
Ons eens trotse, mooie land stort in duie…
Hoe verkeerd was die liberalis nie!
Die ironie is dat daar nou stemme opgaan wat vra dat ons tog net nie nou moet terugkyk nie. Nee, ons moenie nou verwyt en vrae vra oor die rede waarom ons in hierdie gemors beland het nie. Want dit stel natuurlik ‘n klomp mense diep in die verleentheid. Dit ontbloot die kortsigtigheid van hul lugkastele en onrealistiese verwagtinge. Het hulle dan nie juis die teenoorgestelde verwag en gewaarborg nie?
Ernst Roets van die veelrassige Solidariteit-beweging praat vroeër vanjaar oor die weggee van mag in 1994. Hy praat van “die groot verwagting en opwinding oor die wonderlike tye wat vir ons voorlê – ‘n era van versoening, van nasiebou…” En dan voeg hy by: “dit help nie dat ons vandag vra of daardie droom waar geword het nie, die vraag is – wat het skeefgeloop”
Hierdie liberaliste is ontnugter en probeer nou die blaam vir hul skeefgetrekte idees en beleidsrigtings verbloem. Hulle eksperiment het misluk, maar nou moet hulle nuwe lewe in die reeds gestorwe organisme blaas.
Hulle sê: nee, ons moenie terugkyk nie, nie vrae vra nie, nie in die verlede gaan ronddelf nie. Maar in plaas van nou te begin luister na diegene wat hulle gewaarsku het teen die onheilsafgrond waaroor hulle ons volk gelei het, wil hulle nou “self werk en doen”, ja, “ons sal self” is hulle slagspreuk. Nou moet weer opgebou word aan die gemors wat die resultaat is van die stomme beleid wat hulle voorgestaan en gehelp implementeer het. Ja, ons volk moet weer (self) betaal vir dit wat deur hulle kortsigtigheid vernietig is. Ons moet bydraes maak om te vergoed vir wanaanwending van belastinggeld aan munisipaliteite en die staat, self (en weer) betaal om iets te probeer bewerkstellig wat darem werk. Want so verbloem ons darem die sonde van die verraad teen ‘n beskawing.
In ‘n TV-program in 2018 word Roets deur die swart gesprekvoerder gevra wat die weg vorentoe sou wees met “herverdeling van grond”. Sy antwoord: “Yes, of course there must be restitution, and we support land reform. There were injustices with regards to land ownership and they have to be corrected”
Hierdie is die verdraaide, skeefgetrekte idees wat hierdie liberalis en sy organisasie koester. Daarom kon ons hulle nie voor 1994 nie, en nog minder nou ooit vertrou nie. Hulle was tóé misleiers en is dit vandag nog steeds. Hulle kan nooit met die Afrikaner se toekoms vertrou word nie.
Die groot ontnugtering oor die mislukking van die veelrassige eksperiment maak nou skielik dat ook deur die liberalis die skuld van als wat verkeerd geloop het op die skouers van die ANC gelaai word. Tot 2 jaar terug is die oog weggedraai vir al die onreg, die korrupsie en ondoeltreffendheid. Die liberale media wou tog net nie die onbekwame ANC-regering aan die kaak stel nie, het hulle eerder op die hande gedra. Maar die gety het gedraai en skielik klink die vloedgolf van kritiek fel uit alle liberale oorde op. Skielik is niks slegter en meer ondoeltreffend as die ANC nie. Asof hy in die afgelope 30 jaar ooit iets kon reg doen! Maar noudat hulle almal in koalisie die regime wil vervang is daar skielik geen slegter regering as die ANC nie.
Die Afrikanerbond ween eweneens in hul nuusbrief van Maart 2022 oor die benarde posisie waarin hulle ons help beland het. Hulle, nog meer so as Solidariforum. aangesien hulle al sedert die sewentiger en tagtigerjare in die donker raadsale van die Broederbond geheime planne teen die Afrikanerdom gesmee het, en ook die heel eerste organisasie was om hoogverraad te pleeg deur met die toe nog verbanne ANC samesprekings te voer in New York.
Hulle verklaar in die nuusbrief dat die volgende vandag gesê kan word:
dat vergrype, magsmisbruik en toenemende korrupsie ons land lamlê;
dat munisipaliteite deur kaders oorgeneem en ons dienslewering so brutaal faal;
dat die staat sy pligte versaak en belastingbetalers benewens die statutêre verpligtinge aan die een kant ook ʼn parallelle bydrae moet betaal vir ʼn privaatstelsel met ʼn normale mediese skema, sekuriteitsdienste, skoolgelde, en vele ander.
dat ʼn goed gevestigde bedeling met ʼn uitstekende infrastruktuur en ʼn stewig en internasionaal kompeterende finansiële, industriële, landbou, myn en dienste sektor, vandag deur onbevoegdheid, diefstal en staatskaping slegs ʼn skaduwee van die eens trotse instellings is.
Kon ons regses dit beter stel? Verder verklaar hulle:
Die Suid-Afrika wat in 1990 gevisualiseer is en met die onderhandelinge gekonkretiseer het, nie aan ons verwagtinge voldoen nie;
Dat die belofte van die nuwe Suid-Afrika van 1994 en sy potensiaal nie gerealiseer het nie;
Dat die situasie en werklikhede van Afrikaners en ander minderhede in die 2022 Suid-Afrika nie ons land se leuse van !ke e: /xarra //ke, wat letterlik beteken diverse mense verenig, reflekteer nie.
Dat die nuwe Suid-Afrika ontnugtering en verwydering vir die meeste Suid-Afrikaners en ongelukkig ook weer ook tussen mekaar gebring het.
En dan is hulle gevolgtrekking: “Ons is almal ontnugter, Ja- en Nee-stemmers en ook Suid-Afrikaners wat die beloftes van die ANC geglo het”.
Maar dis hier waar hulle die fout maak. Die Nee-stemmers is nie ontnugter nie. Hulle het oop-oë hier ingegaan. Teen al hierdie dinge het ons gewaarsku en het ons reg voorspel. Die huidige gemors en ineenstorting was ‘n vaste gegewe. Die ganse kontinent van Afrika was daar as waarskuwing van dit wat noodwendig plaasvind wanneer Blanke bewind omvergewerp word. En net die liberalis wou aan die onrealistiese droom bly vasklou dat dit hier anders sou wees.
Hierdie “Afrikaner”-organisasies is medepligtig aan die ondergang van ons volk en die vernietiging van ons land. Vandag, op 23 April 2024 het hulle weer saamgetrek om die “Afrikaner-verklaring” by die Voortrekkermonument te onderteken. Wie is almal daar betrokke? Flip Buys van Solidariteit, Theuns Eloff wat instrumenteel was in die Kodesa-onderhandelinge waar ons politieke mag weggegee is, Danie Lagner van die Voortrekkermonument, die Vryheidstigting, die Afrikanerbond, Naesa, Saai, die Afrikaner Afrika Inisiatief en prof Koos Malan.
U kan maar seker weet dat hierdie verraaiers wat reeds voorheen ons volk ondermyn het, opnuut met nuwe onderduimse planne besig is. Vele ander sal toetree en ook hierdie “Afrikaner-verklaring” onderteken – dit sal vir u die sekere bewys wees dat hulle nie te vertroue is nie en dat hulle diegene is wat opnuut met ‘n nuwe verraad besig is.
Volksgenote, die ewige vrees van die vyand van die Afrikaner is dat die gees van nasionalisme weer in die volk sal opstu. Dat ons strewe na Vryheid in ons eie land ons opnuut sal begeester om die juk van die afgelope 30 jaar af te werp. Om dit te keer moet opnuut ‘n weerligafleier soos destyds met die stigting van die KP geskep word. Die KP moes die vloedgolf na regs vanaf die NP keer sodat tyd gewen kon word vir die weggee van ons land. Sogenaamde regse Afrikaners was dus instrumenteel daarin om die Afrikaner op ‘n dwaalspoor te lei. Laat ons nie toelaat dat dieselfde weer nou gebeur nie.
“n Jong geslag Afrikaners staan op – die Boerebloed bruis deur hul are. Hulle aanvaar nie die status quo nie – hulle vra vrae en staan krities teenoor die vorige geslag. Hulle aanvaar nie die onderwerping van die Afrikaner in sy vaderland nie.
Die Afrikanernasionalisme bou van nuuts af aan nuwe momentum op. Dit sal groei tot ‘n onstuitbare mag. Daarom kerm Flip Buys by die ondertekening van die Afrikaner-verklaring: “Afrikaners is nie hierdeur besig met ‘n luide nasionalisme nie, maar eerder met ‘n stille kulturele selfvertroue wat sê: ‘ons bou om te bly en ons bly om te bou, maar wil ook ons regmatige regte en belange beskerm en opneem.’
Nee, Flip Buys. Ons verwerp julle walglike praatjies van onderdanig bly en kruip en probeer smeek vir ‘n plekkie in die son onder ‘n volksvreemde regering geheel en al. Met die minagting wat dit verdien.
Ons strewe is die herstel van ons volk se vryheid en die regmatige herstel van sy land wat sy Godgegewe eiendom is. Ons sal ons steeds in nederige erkentenis teenoor die Almagtige wat die lotgevalle van volkere en nasies bepaal stel. Biddende dat Hy harte sal reinig en Hom weer sal ontferm oor die volk waarmee Hy hom in die verlede telkemale bemoei het.
Laat ons verenig in die stryd teen die verraad van dié wat hulself vriende noem, maar die duister belang van Sionistiese magte dien. Laat ons inlig en onderrig en onsself opskerp sodat ons hierdie verraaiers aan die kaak kan stel en so hul duistere planne kan fnuik!
Verwerp hierdie bestel wat met verraad uit eie kring op ons afgedwing is. Hierdie hele land is óns land. Daarom verwerp ons die totale bestel, neem ons nie aan sy verkiesings deel nie. Ons beroep ons op die herstel van ons volk in ons regmatige eiendom – die Republiek van Suid-Afrika!
Die Geskiedenis van ‘n volk is die voedsel wat daardie volk laat groei. Dit is die wortel en anker vir elke geslag. ‘n Volk getrou aan sy geskiedenis bly ook getrou aan sy geloof, sy afkoms en herkoms, sy taal, kultuur en tradisies.
Soos Jopie Fourie dit in sy sterwinsuur op 20 Desember 1914 gestel het: “Die boom wat geplant is en met my bloed benat word, sal opgroei tot ‘n groot boom en sal heerlike vrugte dra”.
In 1453 word Europa lamgelê toe die bestaande handelsroete na die Ooste, Klein-Asië en Noord-Afrika deur die Turke, die vyand van die Christendom, verower is. ‘n Alternatiewe handelsroete moes gevind word.
Eerste bloed in die suidpunt van Afrika
Op 6 Januarie 1488 betree die eerste Witman die suidkus van Afrika by Visbaai. Daarna verskuif Bartholomeüs Dias na Mossebaai vir die inneem van vars water. Inboorlinge bestorm egter Dias en sy matrose en hulle word met klippe bestook. Van die Portugese seevaarders se kant word daar in selfverdediging ‘n skoot geskiet en ‘n inboorling word gedood. Só vloei die heel eerste bloed tussen Wit en Swart aan die suidpunt van Afrika, met die Swartman as die aggressor.
Sowat 164 jaar later, op 6 April 1652, stap Jan van Riebeeck aan wal in die Kaap van Goeie Hoop om ‘n handelstasie op te rig. ‘n Handelstasie wat die wêreld se geskiedenis op byna elke gebied sou beïnvloed.
Die soeke na speserye en ivoor word dus die baanbreker vir die geboorte van ‘n volk, want deur die verloop van die jare het hier ‘n volk ontstaan met sy eie taal, kultuur, geloof en lewens- en wêreld-beskouing. ‘n Volk wat gelouter is deur die eise om staande te bly teen die onderdrukking van die Britse wêreldheersers, wat ook die haat teen die Afrikanervolk aangevuur het onder die Swart bewoners van Afrika.
As ons kyk wat hierdie volk moes verduur, is dit menslik byna onmoontlik dat hulle kon oorleef. Die Afrikanervolk is dus ‘n wonderwerk van God. Ten spyte van al die aanslae om die ontstaan van hierdie volk te verhoed, het hy tog een van die wêreld se voortreflikste volke geword.
Die beproewinge van die Boere op die oosgrens, die Britse besetting in 1806, die vervolging en teregstelling van Boere deur Britse owerhede, die onteiening en herverdeling van plase, die afbrand van en moorde op plase, die verpligte Engelse onderwys en taalbeleid en gelykstelling tussen rasse was niks anders as ‘n totale aanslag nie.
Die beproewings op die Groot Trek het bewys dat die Swart massas 30 jaar na die besetting van die Kaap steeds deur die Britse owerhede en hul sendeling-handlangers in Natal aangevuur is om die Trekkers uit te moor.
Die Slag van Bloedrivier en die Gelofte van 16 Desember 1838 was ‘n keerpunt in die verloop van die geskiedenis. Hieruit het ‘n gevoel van samehorigheid ontstaan en dit is vandag nog steeds die gebeurtenis wat regdenkende nasionalistiese Afrikaners bymekaarbring.
Die volkssmart word ‘n wekroep tot vryheid
Die stigting van die twee Boererepublieke en hul onafhanklikheid vry van die Britse oorheersing was ‘n oorwinning in die Boervolk se stryd. Maar daar sou dit ongelukkig nie eindig nie. Toe kom die Eerste- en Tweede Vryheidsoorloë, die oorwinning by Majuba, die moord op 27927 weerlose vroue en kinders en die afbrand van huise en plase tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Saam met die ewige vervolgingswaansin van die Britse Imperialiste en die stryd ná 1902 vir die behoud van volk en taal, die 1914 Rebellie en die moord op Jopie Fourie was al hierdie historiese gebeure ‘n martelpad vir die Afrikanervolk.
Al hierdie gebeurtenisse het egter ook die volk se wil om te leef en steeds vry te wees laat opvlam. “Die boom wat geplant is en met my bloed benat word, sal opgroei tot ‘n groot boom en sal heerlike vrugte dra”, het Jopie Fourie gesê kort voor hy op ‘n Sondag deur Botha en Smuts se magte doodgeskiet is.
Die teregstelling van Jopie Fourie was ‘n hartseer gebeurtenis in die geskiedenis en dit het die volk aan die hart geruk. Afrikaners wat passief was, het meer betrokke geraak. Botha en Smuts het hul aansien verloor en weer is die geskiedenis van die onreg deur die volk in herinnering gebring.
Digters en skrywers het die pen opgeneem en die geskiedenis berym. Met weemoed is die volk gevul en die wil om vry te wees het herleef, soos dié gedig “Wekroep tot die volk – Jopie Fourie” deur Jan FE Cilliers dit verwoord:
Vriend en vyand en renegaat,
Luister toe! Dis n man wat praat –
Wat ek gedaan het, is gedaan
Met ope oog, soos ek voor jul staan;
sê Jopie Fourie
Ek vrae nie om genade nie,
Transvaal, my land, jou kind is jou
tot in die boeie getrou;
bo slawediens is die eer wat hy begeer.
Ek vra nie om trane of rou vir my;
Ek vra net dat jul trou sal bly
Aan God en sede, volk en taal en ideaal –
En heerlike vrug sal die boom nog dra
Van Suid-Afrika.
Dié boom hét vrugte voortgebring en sy saad is deur die volksmond versprei. Met ywer het die volk gewerk en hul kinders daarvan vertel. Nasionalisme het herleef so ook die strewe om weer hul vryheid terug te win. Op 31 Mei 1961, byna 47 veertig jaar na Jopie se teregstelling, word die vrug ingewin.
Verraad laat vryheid verlore gaan
Die vryheid waarvoor Jopie Fourie sy bors aangebied het, om die koeëls te ontvang met die vaste oortuiging dat God sy dood sal gebruik om die volk tot ontwaking op te wek en sodoende die vryheid te erwe, word 79 jaar na Fourie se teregstelling in Desember 1993 ongedaan gemaak. Toe ontbind die laaste verkose Blanke volksraad en word dit vervang met ‘n tussentydse regering waaraan die ANC deel het.
Die skandalige oorgawe word op 27 April 1994 verseël. Byna 80 jaar na Jopie Fourie se offer verloor die Afrikanervolk sy vryheid. Fourie se vryheidsboom is vergete, onversorg en verwaarloos. Daar vloei steeds Afrikanerbloed, maar dit benat nie meer die vryheidsboom nie.
Vandag, 20 later, staan daardie boom deur onkruid en dissels berank met die verval duidelik sigbaar. Sy takke is besmet met swam en parasiet en hy is stadig aan die verwelk. Die vrugte is min en sonder saad – ‘n toonbeeld van die toestand waarin ons volk vandag verkeer.
Mandela word ‘n wêreld-ikoon
Op 5 Desember 2013 sterf die groot “ikoon” of hedendaagse “messias” en gepryste “vredemaker van die nuwe Suid-Afrika, Nelson Mandela.
Die wêreld is in rou gedompel en hy word met lofsange geprys.
Ook deur sekere Afrikaners wat voorgee om ook “vry” te voel sonder hul Afrikanerskap en die skuldgevoel van apartheid. Hiervoor pryse hulle vir Mandela. Reuse standbeelde word deur die wêreld opgerig. Die wêreld vier sy lewe en daar word gesê dat hy bedank moet word dat die Afrikaners oorwin is en dat daar nooit weer apartheid (“Aparthate”), afsonderlike ontwikkeling, rasse diskriminasie en nasionalisme (alles natuurlik sondes teen die mensdom) in Suid-Afrika toegelaat of geduld sal word nie.
5 Desember 2013 word ‘n dag wat altyd onthou sal word en waaroor kinders regoor die wêreld in die toekoms in geskiedenisboeke as ‘n “hartseer dag” sal leer. Daarmee saam sal hulle leer van die “wreedheid van die Afrikaner” en die “Long walk to Freedom” van hierdie wêreldgod. Die meerderheid Afrikaner sal natuurlik sy kind in die regering se skole plaas en toelaat dat die leuen aan hom geleer word.
Die pilare wankel
Die meerderheid Afrikaners besef en erken vandag dat die voortbestaan van die Blanke – en veral die voortbestaan van die Afrikaner as volk – in die weegskaal is. Die feit is egter dat die skaal oorhel na die uitwissing van die volk. Volgens die “Stop Die Plaasmoorde”veldtog se statistiek is daar ongeveer 68 000 Blankes sedert 1994 in Suid-Afrika vermoor en omtrent ‘n miljoen het die land verlaat.
Daarteenoor is die aanwas vir die Blanke (Afrikaners ingesluit) maar 0,75 % en word daar voorspel dat in 2016 die aanwas op 0% sal wees.
Wil ons nog as ‘n volk voortbestaan? ‘n Volk word gebou op vier pilare: Sy geloof, ras, gemeenskaplike afkoms (geskiedenis) en taal. Indien een hiervan ontbreek, bestaan daar in werklikheid nie ‘n volk nie. Indien een van die pilare begin wankel en nie versterk of gestabiliseer word nie, is die ineenstorting onvermydelik.
Ons wil graag glo dat die Christen Afrikanernasionalis tog nog op die vier pilare geanker is. Die aanslag word by die dag feller en ons word vandag wysgemaak dat die Afrikaner nie raseg is nie.
Kleurlinge word deur sekere groepe as Afrikaners beskou en word daar verder gegaan dat daar self Swart gene in die Afrikaner voorkom. Volgens dié standpunt is die Afrikaner dus eintlik ‘n nie-blanke.
Om alles te kroon is die aanslag op ons taal, Afrikaans, veller as ooit tevore.
Die vraag is wat kan ons doen? Die antwoord is reeds gegee deur dr. DF Malan. “Keer terug. Terug na u volk (Geskiedenis), terug na u volk se hoogste ideale, terug na die pand wat ook aan u toevertrou is om te bewaar”.
Hierdie pand is om God te dien, om Blank te bly en die vryheidsideaal na te streef.
Verwyder dus u kind uit die leerplan van die ANC/SAKP/ Cosatu-alliansie en lei hom terug. Weg van vreemde invloede. Daardeur word die volk gelei op die pad van genesing en herstel.
Kom laat ons daardie onkruid en dissels uit Jopie Fourie se boom verwyder. Kom laat ons die verrotte tak met parasiet en swam uitkap en nuwe lote daar laat uitspruit.
Kom laat ons die boom met ons opoffering benat en weer vrugte laat voortkom. Laat ons die boom se vrugbare saad laat voortplant om weer vrugte van ware Christelike Afrikanernasionalisme te dra en daardeur sal die pad na vryheid bewandel word.
……………………………..
Bron: Uit ANB Nuusbrief nr.50, April 2014. Gaan blaai gerus bietjie deur die volle nuusbrief by hierdie skakel.
Toespraak deur dr. D.F. Malan op 16 Desember 1938 op Bloedrivier, ‘n hoogtepunt van die Voortrekkereeufees.
Die onderwerp waaroor ek tot u wil spreek is: Die Nuwe Groot Trek Suid-Afrika se noodroep en die antwoord daarop.
Wat daarmee bedoel word, weet die meeste van u wat met ons volkstoestande bekend is, al dadelik. Ek wil spreek oor die grootskaalse verhuising van ons blanke plattelandse bevolking na die stede, oor die stryd wat veral die Afrikaners, en onder hulle baie duisende wat Voortrekkerbloed in hul are het, daar moet voer om hul brood, om hul siel, om hul Afrikanerskap, en nie die minste nie, om in die aangesig van die moeilikste omstandighede Suid-Afrika ‘n witmansland te hou.
Dis uit daardie nuwe wortelstryd wat stil, haas ongemerk maar onafgebroke en meedoënloos voortgaan en wat meer as iets anders die toekoms van ons blanke Afrikanerdom besils, dat daar ‘n noodroep opstyg. Dis tot u dat dit kom. En dis dit wat ek wil laat hoor.
Daar is voorwaar geen geskikter plek en geen geskikter geleentheid om na daardie stem van u volk te luister nie. Op Bloedrivier se slagveld staan u op heilige grond. Dis hier waar die groot beslissing geval het oor Suid-Afrika se toekoms, oor die Christelike beskawing in ons land en oor die voortbestaan en die verantwoordelike magsposisie van die blanke ras.
Dis hier waar die Voortrekker se menslike hart, se leeuemoed, se onwrikbare geloof in sy God en in sy volk die duidelikste en kragtigste spreek tot die nageslag. Dis hier waar in die uur van doodsgevaar en sonder om dit self so te bedoel, u voorvaders voor die wêreld ‘n aanskoulike beeld van hulself afgeteken het wat op die mees afdoende wyse die vurige laster van die eeu wat was en die eeu wat kom, beskaam.
Maar daar is grond waarop u staan wat nog heiliger is. U staan op die skeiding van twee eeue. Agter u rus u oog op die jaar 1838 as op ‘n hoog uitstaande en alles beheersende bergop in die bloue verte. Voor u op die nog onbetrede Pad van Suid-Afrika lê daar ewe ver en dynsig-blou die jaar 2038. Agter u lê die spore van die Voortrekkers se ossewaens, diep en onuitwisbaar afgedruk oor die wyd uitliggende vlaktes en oor die grynsende, draakagtige bergreekse van ons land se geskiedenis.
Hulle het die stem van Suid-Afrika gehoor. Hulle het uit Gods hand hul taak ontvang. Hulle het hul antwoord gegee. Hulle het hul offers gebring. Daar is nog ‘n blanke ras. Daar is ‘n nuwe volk. Daar is ‘n eie taal. Daar is ‘n onsterflike vryheidsdrang. Daar is ‘n onafwysbare volksbestemming. In hierdie Eeufeesjaar 1938 oordeel hul nageslag oor hulle. En daardie oordeel oor hulle gaan voor die oog van alle geslagte nou in volksmonumente daar verewig staan.
Hul taak is afgedaan. Maar oor daardie onbekende landstreek wat wyd uitgestrek voor u lê, sal daar ook die spore getrek word van ossewaens. Dit sal wees u ossewaens, simbolies as u dit so wil noem, maar nietemin werklik. U en u kinders sal geskiedenis maak.
Sal Suid-Afrika dan nog witmansland wees? Sal daar dan nog ‘n armblankevraagstuk wees wat hierdie ryk land van ons met vermoeide oë sal aanstaar as ‘n ewige verwyt? Sal die Afrikanerdom dan een wees en vry? Sal u volk dan God nog ken?
Oor die Pad van Suid-Afrika sal ook u moet trek oor bergreeks en deur dorsland heen. Koers hoef u nie te soek nie. Dis daar. Sal u hom hou?
Aan lig hoef dit u nie te ontbreek nie. Die fakkel met vaste voet oor honderd jaar heen gedra, word vir u in u hand geplaas. Sal u hom brandende hou?
U voorvaders het ‘Die Stem’ nooit gesing nie omdat hul hom nie geken het nie. Maar uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see en oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee, het hulle sy geklank tog opgevang en verstaan. Hulle het geantwoord. Hulle het geoffer. In u ore weerklink daardie selfde stem. Hy is op u lippe omdat u hom liefhet en bely as u eie en enige volkslied. Maar het u hom ook gehoor? Die eeu wat kom, sal u antwoord ontvang. In sy weegskaal sal hy u offers weeg. En 2038 sal oor u oordeel.
Onder die vrae wat ek netnou gestel het, is daar twee waarmee my onderwerp meer besonderlik te doen het. Die een is: Sal daar dan nog ‘n armblankevraagstuk wees wat hierdie ryk land van ons sal aanstaar met vermoeide oë as ‘n ewige verwyt? En die ander, wat intiem daarmee saamhang, is: Sal Suid-Afrika nog ‘n witmansland wees?
Ek gaan hierdie vrae nie beantwoord deur my in ydele voorspelling te verdiep nie. As daar enige antwoord gegee word, dan moet dit kom van die verenigde Afrikanerdom wat die deur Voortrekkers gebaande Pad van Suid-Afrika doelbewus en standvastig sal betree, of wat sielloos en doelloos daarvan sal afdwaal. U ‘ja’ kan alleen gegee word deur die magtige daad.
My taak vandag is slegs om u te sê dat, terwyl u hier staan, daardie vrae alreeds besig is om beantwoord te word, en beantwoord te word in u naam.
Die stryd met wapens is verby. Dit was die Voortrekkers s’n. Maar die nog heftiger, dodeliker stryd as hulle s’n was, word nou beslis. Die slagveld is verskuiwe. U Bloedrivier is nie hier nie. U Bloedrivier lê in die stad.
Ek behoef u nouliks te sê dat die Afrikanerdom weer op trek is, op sy nuwe Groot, of miskien moet ek sê, sy nuwe Groter Trek. Dis nie soos honderd jaar gelede ‘n trek weg van die middelpunte van die beskawing af nie, maar ‘n trek terug – terug van die platteland na die stad, terug selfs uit ander vroeëre toevlugsoorde soos Angola en Argentinië na Suid-Afrika.
As u ooit daaraan getwyfel het, dan verkondig hierdie terugtog dit nou met luide stem dat hierdie land waar die Voortrekkers se bloed lê, u land is, en dat die volk wat hul stryd en geloof help skep het, u volk is. U het geen ander nie. Met die Afrikanerdom moet u lewe en met die Afrikanerdom moet u sterwe.
Die trek na die stede groei klaarblyklik vinnig aan en niks kan dit keer nie. Dertig jaar gelede was die getal blankes in die stede en op die platteland ongeveer gelyk. By die totstandkoming van die Unie het die verhouding ten gunste van die platteland oënskynlik selfs verbeter. Met die laaste sensus egter, te wete dié van 1936, het dit geblyk dat die blanke bevolking van die stede 66 persent was van die geheel, dit wil sê dat dit twee maal so groot was as dié van die platteland. En die pas was blykbaar nog besig om te versnel. Want terwyl gedurede die vyf jaar tevore die stedelike bevolking so vinnig toegeneem het soos nooit tevore nie, dit wil sê met vyf persent, het die totale landelike blanke bevolking vir die eerste keer werklik verminder, en wel met 12,000.
Dat hierdie geweldige volkstrek feitlik die Afrikaanssprekende bevolking alleen raak, behoef u nouliks te bewys. In al ons stede kan iedereen dit vir homself aanskou.
Maar niks kan duideliker spreek nie as hierdie feit, dat waar die Afrikaner in die stad ‘n dertig jaar gelede ‘n klein, en na dit geskyn het, ‘n verdwynende minderheid was, 41 persent van die blanke stedelike bevolking van vandag Afrikaans as huistaal gebruik. Dit sluit dorpe met minder as 2,000 blanke inwoners nie in nie. Dit beteken dat daar vandag alreeds ongeveer 540,000 Afrikaners in die stede woon, dit wil sê byna die helfte van die hele Afrikaanssprekende blanke bevolking van ons land.
As een ding vandag waar is, dan is dit dit, dat dit in die stad is waar die Afrikanerdom se stryd gewen sal word of waar die nuwe volk wat op die moordvelde van Natal sy bloeddoop ontvang het, met al sy frisse hoop en met al sy kortstondige glorie begrawe sal lê.
U vra my tereg os hierdie nuwe Groot Trek dan nie, net soos dié van 100 jaar gelede, ‘n seën is in plaas van ‘n ramp; of dit nie die verowering beteken van nuwe gebied en van nuwe mag waar die Afrikaner met al sy pioniersinstink en al sy heldemoed nog nooit tevore sy voet geplant het nie; of hier nie die grond gelê word van ‘n ekonomiese onafhanklikheid wat vir die Afrikaner nog baie meer mag beteken as die stigting van die vroeëre vrye, onafhanklike Voortrekkerstate?
My antwoord is: dit kan so wees, en mag God gee dat dit sal. Maar ook dit: as dit sal, dan sal dit alleen geskied as die Bloedrivier van vandag beslis word en gou genoeg beslis word soos die Bloedrivier van Andries Pretorius en van Sarel Cilliers.
Ek het soëwe gesê dat die stryd op die voorposte van hierdie nuwe Groter Trek van die Afrikanerdom heftiger en dodeliker is as die stryd met wapens wat u vandag gedenk. Laat die feite self verduidelik.
Eers is daar hierdie allerernstige feit dat na hierdie beperkte stedelike gebied waar die bevolking in sy massas saamdrom, dit nie slegs die Afrikaner is wat trek nie, maar ook die nie-blanke (naturel, Asiaat en Kleurling) met sy honderdduisende. Die lewensbestaan wat daar gemaak kan word, word saam met die blanke deur hulle gedeel, en as getalle alleen kan beslis, dan is die kanse van die stryd al dadelik teen die blanke. Dis oral so, maar nêrens kan u dit so aanskoulik voor u sien as in die grootste stede nie.
‘n Paar voorbeelde sal u oortuig.
Neem Kaapstad. In die 15 jaar tussen 1921 en 1936 het die blanke bevolking daar toegeneem met 56,000, maar die nie-blanke met 67,000.
Neem Port-Elizabeth. Dit het aangegroei met 27,000 blankes, maar daarteenoor 31,000 nie-blankes.
Neem Kimberley. Daar was ‘n verlies van 2,700 blankes, en ‘n aanwas van 3,000 nie-blankes.
Neem Bloemfontein met 10,000 meer blankes, maar 14,000 meer nie-blankes.
Neem Durban met 35,000 meer blankes, maar 60,000 meer nie-blankes.
En neem die Witwatersrand met sy 171,000 meer blankes, maar daarteenoor met sy 311,000 meer nie-blankes.
Neem alle stedelike gebiede saam dan vind u dat daar in daardie 15 jaar 46,000 blankes bygekom het terwyl die nie-blankes hul getalle vermeerder het met 812,000. As u dink dat deur die nuwe Groot Trek van die Afrikaner na die stede toe daardie middelpunte van ons industriële en ekonomiese lewe witter word, dan vergis u u deeglik. Hulle word swarter.
Daar is verder ook hierdie nie minder verontrustende feit dat by daardie nuwe Bloedrivier van ons volk blanke en nie-blanke mekaar ontmoet in ‘n baie nouer kontak met mekaar en in ‘n baie klemmender worstelgreep as toe 100 jaar gelede die kring van wit getente waens die laer beskerm het en die koëelgeweer en assegaai teen mekaar gekletter het.
Blank en nie-blank verdring vandag mekaar in dieselfde arbeidsmark. Van die 207,000 loontrekkers in fabrieke en produktiewe nywerhede is 81,000 blanke manne en vroue en met die ander 126,000 nie-blanke werkers staan hulle vir ‘n groot deel dag na dag skouer aan skouer. Vir ‘n groot deel ontvang hulle dieselfde beskermde lone, en sover as hulle georganiseerde vakmanne is, sit hulle dikwels ook op gelyke voet met mekaar in dieselfde vakbonde.
Maar nog meer. As in hierdie worsteling om sy plek in die son te behou, die blanke man se voorsprong in beskawing en opvoeding iets vir hom beteken, dan kom hy vinnig ook daar te staan voor ‘n gans nuwe situasie.
As die stadslewe vermeerderde onderwysgeriewe vir die reeds begaafde blanke meebring, dan is dit tog nog baie meer so vir die on- of half beskaafde nie-blanke trekker. En is dit nie ‘n feit dat waar in die eerste 25 jaar ná Unie die getal blanke kinders op skool toegeneem het met 127 persent, die getal van nie-blankes toegeneem het met 254 persent, dit wil sê net dubbeld soveel; dat in Kaapstad meer bepaald die vermeerdering van blanke skoolgaande kinders 90 persent was teenoor 160 persent nie-blankes en dat in Transvaal gedurende dieselfde tydperk die blanke vermeerdering slegs 200 persent bedra het teenoor ‘n nie-blanke vermeerdering van 614 persent? Kennis is mag. Die strydkanse verander, maar ten koste van die blanke.
Daar is ‘n derde feit wat op die uitslag van hierdie worstelstryd sy magtige invloed moet uitoefen en wat, as daar geen redding kom nie, die ondergang van Suid-Afrika as witmansland moet verseël.
Die Afrikanertrekker van vandag wat op die voorposte in die bres moet staan vir sy volk, is van almal die swakste toegerus vir die stryd. Die swaarste las rus op die swakste skouers. Dis min dat die Afrikaner wat na die stad trek, dit doen uit weelde. Dis sy nood wat hom dryf. Geestelik en verstandelik is daar niks met hom of met sy kind verkeerd nie. Wetenskaplike ondersoek het vasgestel dat selfs onder ongunstige omstandighede een derde van sy getal bokant die gemiddelde peil van die blanke bevolking staan.
Maar dit neem nie weg nie dat hy tog die beliggaming is van die armoede wat die boereplaas in die agterbuurte van die stede stort. Omdat Afrikaner-armoede nie luidrugtige armoede is nie, maar swygende armoede, het u nie geweet hoe wyd en hoe diep dit was nie. Ná die ontdekkende lig van die Carnegie-ondersoek weet u dit nou. Hoor dit weer:
17 en ‘n half persent van alle huisgesinne met skoolgaande kinders word beskryf as ‘baie arm’. As ons hierdie syfer as maatstaf neem vir die hele blanke bevolking, dan was op ‘n konserwatiewe skatting meer as 30,000 van die blanke bevolking ‘baie arm’.
Die gegewens is in 1929-1930 versamel en toe was die gevolge van die huidige depressie nog nie so sterk gevoel nie.
Kennis is mag, het ek soëwe in verband met die opkoms van die nie-blanke gesê. Armoede, dit sê ek nou weer in verband met die Afrikaner-trekker, in verband met die kind en erfgenaam van Bloedrivier se heldegeslag en in verband met die worstelstryd om in ‘n witmansland te hou wat ons het, armoede is onmag en nederlaag.
By dit alles om daar nog een groot feit wat nie vergeet mag word nie, en wat, as daar nie gou en kragtig ingegryp word nie, die geloofsoorwinning van Bloedrivier op die lange duur moet omskep in wanhoop en ondergang. Die Afrikanertrekker in die stad moet lewe, en Suid-Afrika verwag van hom dat ten spyte van sy armoede hy moet lewe as ‘n beskaafde witman.
En goddank, met al die diepste verlange van sy siel wil hy dit self ook nog. Die Arikaner in hom weier nog altyd om homself te verloën.
Maar komende van die boereplaas het hy geen ander kanse nie as om te probeer lewe as ‘n ongeskoolde of halfgeskoolde arbeider van sy handewerk. En wat vind hy rondom hom? Aan die een kant beskermde werkverskaffing en beskermde hoë lone vir nie-blankes gelykop met blankes. Maar omdat hy geen vakman is nie en dit ook nie kan word nie of as sodanig geen erkenning kan kry nie, staan hy daar voor ‘n geslote deur.
Aan die ander kant van hom weer is daar lone deur die vrye kompetisie tussen wit en gekleurd en swart so laag afgedruk, dat volgens die Kommissierapport van 1934, ‘hulle nie in staat is om daarvan fatsoenlik te lewe nie’.
Maar ook selfs daar stuit hy nog alte dikwels teen daardie ysterdeur van ‘n onsimpatieke werkgewersgemeenskap wat sy taal nie ken nie en wat sy Afrikanerskap verfoei, terwyl sy eie mede-Afrikaner, wat hom indirek kragtig sou kan help, weier om dit te doen omdat in sy veragtelike slaafsheid hy by vreemdes hom vir sy eie taal skaam.
So woed die stryd meedoënloos voort, dag na dag en jaar na jaar, steeds groeiende in omvang en dodelikheid. Die stryd word beslis, maar nie soos vir u voorvaders nie.
Waar hy ook in die bres moet staan vir sy volk, ontmoet die Afrikaner van die nuwe Groot Trek die nie-blanke by sy Bloedrivier half of selfs geheel ongewapend, sonder skans en sonder rivierskeiding, weerloos op die ope vlakte van ekonomiese gelykstelling.
Is u verwonder oor die aanvanklike afloop? Kan u iets anders verwag het as die onheilspellende bevinding van ‘n regeringskommisie hierdie jaar, dat die boonste groep van nie-blankes die onderste groep van blankes in die arbeidsmark gemaklik kan verdring?
Kan u nog stene gooi na u mede-Afrikaner as u hom vind in die agterbuurte van u groot stede, huis aan huis, en soms selfs kamer aan kamer met Kleurlinge en Asiate en stemgeregtigde naturelle, en as u sy kind lustig-onskuldig op straat sien speel in ‘n bonte mengeling van alle kleure?
En as u lees in die wetenskaplike Carnegie-rapport dat die skeidsmuur langsaam afgebreek word, dat maatskaplike vermenging gemaklik lei tot geslagsgemeenskap en dat dit weer die verdwyning veroorsaak van die suiwer blanke kleur, moet u dan as Afrikaner God nie dank nie dat daarby nog dit kon gevoeg word dat “so iets nog ‘n uitsondering is selfs by veragterde blankes en veral by dié van die Afrikaanssprekende seksie?”
So is dit nog by die Trekker wat die godsdienssin en die lewesuitkyk van die boereplaas met hom meegebring het.
Maar as die geslag wat in die nuwe omstandighede gebore word en opgroei, anders word, watter reg het u dan om die vinger van verwyt na hulle uit te steek? Dit was u volk. Die wanhopige stryd wat hulle vir ‘n witmansland moes voer, was dit ook vir u en u kinders, en u het dit geweet. Hul geroep was tot u. Dit was ‘n noodroep soos dié wat ten hemel opgestyg het van Bloukrans en van Hlomo Amaboeta. En u het nie gehoor nie.
Die noodroep is daar. Dit wag op u antwoord. Daardie antwoord mag nie langer bestaan in konferensies of kommissies of koerantartikels of platformtoesprake of selfs in fondsinsamelings alleen nie.
Die tyd van woorde is verby. Die tyd is daar vir grondige, doeltreffende en desnoods drastiese maatreëls. Dis hier nie die plek om daarop in te gaan nie. Ek wil alleen die mening uitspreek dat die innerlike ooreenstemming daaromtrent by ons volk werklik baie groter is as wat openlik erken word; en dat daardie eenheid van oortuiging hom nie laat geld nie, alleen omdat die Afrikaner sy onmiskenbare volksliefde nog altyd laat dwarsboom deur allerlei oorwegings van minder belang.
Sal daar dan nog ‘n armblankevraagstuk wees wat hierdie ryk land van ons met vermoeide oë sal aanstaar as ewige verwyt? Sal Suid-Afrika dan nog ‘n witmansland wees? Dis die vraag wat gestel word, veral aan u wat vandag op hierdie heilige grond staan op die skeiding van twee eeue.
Hierdie Eeufeesjaar, hierdie wonderjaar van ons geskiedenis wat na sy einde haas, sal dit wees die frisse bergstroom wat in die sand verdwyn of die klank wat op die dorre wind wegsterf? Of sal dit wees soos dit blykbaar bedoel is om te wees – die Afrikaner se God-gegewe geleentheid?
U het vergeet, maar die herinnering word weer in u wakker. In die glans van u beskawing en in die stofwolk wat die gejaag na goud laat opstyg het oor u land, is die hemel daarbo vir u dof geword. By die gekreun van die ossewa sien u nou weer helderder die sterre wat u voorvaders laat koers hou het deur Suid-Afrika se donkerste nag. Hul ster van vryheid blink helder ook op u pad.
Maar u weet ook nou dat daardie vryheid vir hulle meer beteken het as maar net die vryheid om hulself te regeer en om hul eie nasieskap ten volle uit te lewe.
Hul vryheid was ook, en veral, die vryheid om hulself as blanke ras te beskerm. Soos u dit nooit anders kon besef het nie, besef u vandag dat hulle koers u koers is, dat hulle pad u pad is, en dat hulle taak om Suid-Afrika witmansland te maak, in tiendubbele mate ook u taak is.
In sware stryd om die bestaan het u afgeleer om op te sien. U het u laat wysmaak dat om u volk te laat lewe, dit genoeg is om te sorg vir sy ‘botter en brood’. U het u idealisme begrawe. U het skuins gekyk na wat dit u belief het om ‘sentiment’ te noem, en die vreemdeling wat u eie nasieskap verfoei vir sy eie voordeel, het u daarin aangemoedig. U het nie daaraan gedink dat ‘n volk, net so min as ‘n individuele mens, by brood alleen kan lewe nie.
U het vergeet dat dit ideale alleen is wat tot selfopofferende dade kan aanspoor: dat sentiment die sement is, en dat die uitsterf daarvan die sekerste weg is tot volksontbinding en dood.
Dis hierdie Eeufeesjaar wat die volk wakker roep uit sy doodslaap. Dis Danskraal en Bloedrivier wat dit weer oor Suid-Afrika se vlaktes uitbasuin dat om te kan oorwin, jy bowe alles nodig het om op te kyk, en dat met die wederopstanding van die Afrikanerdom se ou idealisme daar ook uit die graf moet verrys nuwe hoop, nuwe vaderlandsliefde, nuwe wilskrag en nuwe eenheid.
Daardie nuwe eenheid wil u hê, en Goddank dat u nog wil. Maar het u uself al ooit ernstig afgevra: vir wat? Wil u dit hê vir u volk of vir u eie groter gerief?
Is wat u beoog, ‘n daad van gemeenskaplike selfopoffering om u vaderland te dien en om u kinders se toekoms veilig te maak, of is dit alleen maar ‘n ander openbaring van daardie selfsug wat nie wil offer wat Suid-Afrika vra nie en wat daarom van stryd in enige vorm en vir enige saak wil wegvlug?
Wil u eenheid hê alleen maar net om met hande in mekaar geslaan doelloos voort te slenter, of begeer u dit om doelbewus en vasberade op die Pad van Suid-Afrika die groot en dringende vraagstukke van u volk op te los?
Eenheid sonder doel is waardeloos en kan soos ‘n waterpoel homself omskep in ‘n verpestende stilstand. Doelbewustheid skep lewe en vooruitgang en daarmee ook vrugbare en blywende eenheid.
Daar is ‘n Krag wat sterk genoeg is om ons op daardie Pad van Suid-Afrika te voer tot ons bestemming. Dis die Krag Daarbo wat nasies skep en hul lot bepaal. Dis ook die Krag wat daartoe gegee is en wat sluimer in die hart van elke Afrikaner.
Dis die Krag wat kan uitgaan, en wat bedoel was om uit te gaan , van diegene wat die vermoeide trekkerstryder in die stad se eie vlees en bloed is, en wat bykans 60 persent uitmaak van Suid-Afrika se blanke bevolking. Verenig daardie krag doelbewus in ‘n magtige reddingsdaad, dan is die Afrikanerdom se toekoms verseker en dan is die blanke beskawing gered.
In hierdie Eeufeesjaar het die Afrikanerdom homself weer ontdek. Opgestaan uit die stof van vernedering en eie veragting, eis hy nou volle erkenning vir homself vir sy edele voorgeslag en vir sy nageslag. U eis dit deur die nuwe wekroep van u ossewaens en monumente. U eis dit deur vasberade ‘n end te maak aan iedere miskenning van u regte. As teken van u nuwe nasietrots en selfvertroue heg u die name van u groot Voortrekkerleiers aan u strate en eis u ‘Die Stem van Suid-Afrika’ as u eie erkende Volkslied.
Het u vaderlandsliefde en innerlike krag genoeg om in hierdie Eeufeesjaar, om by hierdie Godgegewe geleentheid daarby ook nog te eis wat oneindig groter en lewensbelangriker is as dit alles tesame, naamlik die veilig gemaakte voortbestaan van u eie blanke ras?
Andries Pretorius was groot as krygsman en as staatsman. Maar groter nog was hy omdat, toe die noodroep tot hom kom van die worstelende bloedende blanke Afrikanerdom, hy onmiddelik huis en haard en eie veiligheid verlaat het om in die bres vir sy volk te gaan staan.
U roem Andries Pretorius. Sy naam is op almal se lippe. Daar is ‘n noodroep vandag van daardie selfde Afrikanerdom, meer gesmoor, maar ernstiger, langduriger, smekender, miskien wanhopiger as wat daar vir hom opgestyg het uit die moordvelde van Natal. Dit kom na u.
Ek vra hier vandag aan u en aan elke Afrikaner: Roem Andries Pretorius met u woord. Maar roem hom nog die hoogste van al deur die daad, en volg sy voorbeeld na.
Ek dank u.
Bron:
Glo in u Volk, D.F. Malan as redenaar 1908-1954; Samestelling, inleiding en aantekeninge deur S.W. Pienaar, bygestaan deur J.J.J. Scholtz; 1964.