Category Archives: Nasionalisme

Oproep tot die Afrikanervolk 2025

Verwerp die Valse Politieke Bestel

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) roep u op om saam met ons die politieke bestel wat sedert 1994 in Suid-Afrika tot stand gekom het te verwerp!

  • Dié bestel is die direkte uitvloeisel van die bedrogvolle verraad wat teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika voor 1994 gepleeg is, soos die gebeure in die ANB se studiestuk uiteengesit word (Volg hierdie skakel)
  • Deur slinkse misleiding het die De Klerk-regering in noue samewerking met sogenaamde “regse” leiers, wat as regeringsagente in regse geledere bedrieglik opgetree het, die Blanke volk van Suid-Afrika uit sy politieke mag gekul.
  • Sonder dié onderduimse en agterlike bedrog sou die eerlose en bloedlose oorgawe aan ‘n Kommunistiese rowersbende (ANC-SAKP-regime) in April 1994 nie kon plaasvind nie.
  • Om dié rede weier ons om in die onreg teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika te berus.

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging beywer hom derhalwe om die Afrikanervolk in besonder (maar ook álle Blankes), wat nog nóóit deelgeneem het, asook diegene wat nou nié meer deelneem aan die bedrogvolle ANC-verkiesings nie, buite die politieke bestel as ‘n eenheidsmag te versamel, ten einde terug te eis wat regtens aan die Witman van Afrika behoort!

  • Deelname aan die onwettige politieke bestel, soos genl. Viljoen se “Vryheidsfront” destyds (en vandag nog!), verleen slegs ‘n valse legitimiteit aan die ANC-SAKP-regime. Die ANB weier steeds om daaraan mee te doen.
  • Die ANC-SAKP het géén reg om as sogenaamde “owerheid van die dag” ons kosbare Vaderland, wat met harde werk en hoë offers deur ons voorgeslagte tot ‘n bastion in Afrika opgebou en ontwikkel is, verder onder hul voete te vertrap nie!
  • Dat die Witman die Swartman in Suid-Afrika “onderdruk” of sogenaamd te na gekom het is ‘n infame leuen waarvan die ganse Afrika klinkklaar getuig en die tééndeel volkome waar is.

Vrae tot Aksie:

Twee belangrike vrae wat ons onsself aan die begin van 2025 moet afvra is:
❖ Mag ons ons oë sluit vir die onreg en bedrog van 30 jaar gelede waarin ons deur verraderlike “leiers” soos skape na die slagpale gelei is? Moet ons bloot daarin berus?
❖ Mag ons toelaat dat dieselfde verraad en bedrog met presies dieselfde strategieë en dwaalweë vandag weer deur sogenaamde “Afrikanerleiers” wat hulle as redders van die Afrikanervolk voordoen, opnuut weer hervat en voortgesit word?

Maar wat is andere se “oproep”?

In die lig hiervan moet ons die onderstaande wekroep van mnr. Willie Cloete van Volkskrag in die onlangse verlede (Oktober 2024) betrag en beoordeel:

“Volksgenote
Ek wil die volgende beroep doen aan almal wat hulle herkoms en hulle Volk lief het. Wat glo in God die Almagtige wat hemel en aarde geskape het. Daar is soveel stories oor dinge wat in die verlede gebeur het wat die Boere/Afrikaners se geskiedenis beïnvloed het tot ons nadeel en dat ons sit waar ons vandag sit. NIEMAND kan geskiedenis verander nie. Nou my oproep: FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander soos deur: Ons vertroue in God te herstel en alles in die stryd te werp om vir ons Volk selfbeskikking te verkry.
Willie Cloete
Volkskrag”

Die ANB se antwoord daarop

  • U moet self oordeel of ons kan bekostig om te vergeet van die “stories oor dinge wat in die verlede gebeur het”, soos mnr. Cloete die volksverraad deur “Afrikanerleiers”(wat net soos ons lyk en “praat”) noem,
  • en gevolglik maar houtgerus kan “FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander”,
  • sónder om te vra:
    ❖ Hoe het ons Afrikanervolk, met ‘n roemryke geskiedenis en heldedom oor eeue heen, in hiérdie benarde omstandighede beland?
    ❖ Wat het ons aandag só afgetrek en in beslag geneem dat ons dááraan begin twyfel het dat die HERE, die Almagtige, hierdie héle land aan ons as erfdeel gegee het en dat ons nie maar ‘n “minderheidsgroep” is wat iewers ‘n stukkie “selfbeskikking” van ‘n goddelose owerheid moet probeer afsmeek nie?
    ❖ Waartoe roep die HERE sy kinders in die Afrikanervolk, sodat die onreg en bedrog wat voor Sy oë gepleeg is, gestraf en reggestel kan word? God vergeet nie… hoe kan óns vergeet?
  • Gedurende die rebellie van 1914 het ‘n hele kommando “joiners” en “hendsoppers” saam met genl. De Wet te velde getrek teen die Botha-Smuts-regering, omdat hulle uit opregte berou en skaamte hul naam en eer wat hulle deur die gruwelike verraad van hul volk tydens die oorlog (1899-1902) geskend het, weer in ere wou herstel.
  • Drie vrae:
    ❖ Waar is húlle wat in diepe berou na vore kom en pleit: “Ek het iets verskrikliks teen my volk gedoen… Ék was deel van die verraad…?”
    ❖ Wie is húlle wat hulself probeer voorstoot om vandag weer die leisels van die Afrikanervolk te neem om hom te lei?
    ❖ Waarheen moet ‘n ware Afrikanerleier sy volk lei, selfs al staan ons soos ons voorouers in onsself klein en magteloos, maar in geloof en waarheid, voor ‘n oormag soos by Bloedrivier?

Die krag van getuienis moet uitgaan

Ons is oortuig dat daar in die verlede ‘n krag van die Afrikanervolk in Afrika uitgegaan het, omdat ons voorgeslagte in hoë mate aan die HERE getrou was.

  • Alleen wanneer daar by ons, ook as volk, wáre bekering kom, sal daar wéér ‘n krag van ons uitgaan…
  • Hiérdie krag is in wese die getuienis dat die HERE alléén God is, soos selfs ‘n Farao, ‘n Agab, ‘n Nebukadnesar en (kan mens byvoeg) ‘n Dingaan dit móés erken, ook al het hulle almal geweier om in Hom te glo.
  • Daarom het ons as volk, wat die HERE juis uit suiwere gereformeerde geloofswortels in hierdie land laat groei het, die bestaansroeping (let wel nié ‘n “bestaansreg” nie!) om deur eie voorbeeld daadwerklik te verkondig: Die HERE alléén is God!
  • Ten spyte van die laakbare bedrog waardeur ons volk van sy Godgegewe erfdeel ontroof is, lê ons ons nogtans ootmoedig neer by die toelatende wil van God, die Allerhoogste, waarsonder ons vyande se diaboliese planne nie sou slaag nie. Ons erken dat die magsoordrag na ‘n Kommunistiese Swart meerderheidsregering in 1994 Sý tugtende Hand was, vanweë die ontrou en afvalligheid van vele in die Afrikanervolk en Blankedom waardeur Sý Naam en Eer geskend is.

Ware bekering word vereis

Daarom betuig ons aan elke mede-Afrikaner wat van die weë van die HERE afgedwaal het in welke opsig ook al – wêreldse sedes, onkuise kleredrag, sportgod aanbidding, onwelvoeglike taalgebruik, materialisme, selfgesentreerdheid (die soeke na slegs eie belang), eiewilligheid en mensgesentreerdheid in die godsdiens, ens. om tog nougeset op hul lewenswandel te let en hulself in die lig van Gods Woord op die proef te stel.

  • As ons dink dat ons die HERE met ons lippe kan dien, terwyl ons lewens toon dat ons harte ver van Hom af is, bedrieg ons onsself, en durf ons nie uitkoms van Hom verwag uit benoude omstandighede nie.
  • Die God van ons voorgeslagte, die Enige en Waaragtige, die God van hemel en aarde, tot Wie die Voortrekkers in die Bloedrivierlaer hul hulpgeroep laat hoor het… Hý is die Heilige God wat Hom nie laat bespot nie!
    [Andries Pretorius en Sarel Celliers het die manskappe in die Bloedrivierlaer gemaan tot ‘n heilige lewe, geen vuil taalgebruik en volgehoue gebed.]
    “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie” (Galasiërs 6:7)
    “Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig.” (Levitikus 11:44)
    “Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Psalm. 51:19)

Daarom lê die ANB hom daarop toe om voortdurend sy eie lede en ons ganse volk op te roep om terug te keer na die God van ons voorgeslagte deur ware selfondersoek, opregte berou, skulderkentenis, verootmoediging en heiligmaking. Die doel van verootmoediging mag egter geensins wees “sodat dit weer met óns mag goed gaan nie”, maar slegs ter wille van die Naam en Eer van die HERE, voor Wie se aangesig ons, ook as Afrikanervolk, steeds mag lewe in hierdie mooi land wat Hý as erfdeel aan ons toevertrou het.
“Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.” (Psalm 103:9)
“Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.” (Jesaja 55:7)
“In Hom [Jesus Christus] het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.” (Efesiërs 1:7)

Die ANB se weg na vryheid

Wat is dan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging se oogmerk om ons vaderland weer uit die huidige verknorsing te lei?

❖ Alleen die weg van suiwer Afrikanernasionalisme (‘n liefde vir land, volk en taal)op ware Christelik-Protestantse geloofsgrondslag soos tot uiting gebring ook in die politieke beginsels van dr. DF Malan, adv. JG Strijdom en dr. HF Verwoerd.
❖ Dit is in werklikheid ‘n voortsetting en verwesenliking van ons volk se eeue oue ideale van reeds vóór die Groot Trek:
✓ Blank Suid-Afrika is die Afrikanervolk se Godgegewe vaderland,
✓ waarin die Witman, in Afrika, soewerein oor homself moet kan regeer,
✓ om homself te kan wees tot eer van sy Skepper – let wel, nie net in ‘n flentertjie van ons land wat as ‘n volkstaat bekendstaan nie!
✓ Deur wet en orde daar te stel, waaruit ekonomiese stabiliteit mag volg, moet die ryke hulpbronne van Suid-Afrika met wysheid en oorleg bestuur word.
✓ Ekonomiese vooruitgang en welvaart is net moontlik deur die handhawing van wet en orde en ‘n ekonomiese beleidstoepassing wat toesien dat ‘n eerlike en hardwerkende bevolking vir hul handewerk beloon word.
✓ So-ook die verstandige implimentering van ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling (Apartheid),
✓ waarin elke bevolkingsgroep na sy aard en behoefte die geleentheid ten volle gegun word om homself te kan tuismaak, opbou en ontwikkel in sy eie territoriale grondgebied na die aard van omstandighede soos eie aan homself.
✓ Dit impliseer die terugbesorg en herstel van die Swart volkere van Suid-Afrika se regmatige historiese grondgebied en erfenis wat ook deur die “Nuwe Suid-Afrika” van 1994 hulle ontneem is (soos Transkei, Ciskei en andere).
✓ Dit impliseer óók die herstel van Blank Suid-Afrika, die internasionaal erkende en regmatige eiendom van die Afrikanervolk.

Waarteen is ons stryd

  • Ons stry teen die nuutste “regse” verraad, die wat ons steeds gevange wil hou onder die huidige regime deur bv. die bedrieglike gebruik van die sg. Afrikaner-Akkoord of wil hê dat ons aan die regime se verkiesings moet deelneem. (Vir agtergrond sien die uitgebreide reeks artikels oor Regse Verraad)
  • Ons stry teen die agenda van die Joodse geldmag wat die media – TV, koerante en vandag selfs die sosiale media – grootliks beheer. Hiervan moet die suiwer Afrikaner vandag veral bewus wees en homself en sy kinders teen onbehoorlike beïnvloeding en selfs indoktrinasie verskans. Die Afrikanervolk se ideale deur die eeue staan lynreg daarteenoor.
  • Ons stry teen die “Afrikanervriendelike” organisasies soos Afriforum en Solidariteit se ondermyning van Afrikanersaak. Waar hulle, onder andere,
    • Rassevermenging voorstaan,
    • Die 1994-politieke-bestel as volkome regverdigbaar beskou
    • Boonop die beleid van dr. Verwoerd en die Nasionale Party (1961-1966) ten opsigte van die Swart volkere van Suid-Afrika as onverdedigbaar afmaak!
  • Die ANB verwerp alle drogredenasies wat ten doel het om valse wigte in die Afrikanervolk te probeer indryf:
    • Die ANB verwerp die valse onderskeid asof Boerevolk en Afrikanervolk verskillende groepe sou verteenwoordig.
    • As ons van Afrikaners of van Boere praat, praat ons van dieselfde mense… dit is húlle wat hul by die beginsels van pres. Paul Kruger, genl. De Wet, genl. Hertzog en vele ander gelowige Afrikanerleiers skaar.

Ten slotte

Die Blanke, as ekonomiese ruggraat van Suid-Afrika, móét homself geheel en al onttrek van hierdie politieke bestel en in lydelike verset die opkoms van die Afrikanernasionalisme nastreef!

Mag in die Afrikanervolk van vandag en môre steeds die werke van die Almagtige God, soos by Bloedrivier, gesien word:
❖ Wanneer hierdie land weer, deur die genade van Bo, uit die as mag opstaan
❖ Die Afrikanervolk in sy land, sy Godgegewe erfenis, as politieke maghebber herstel word
❖ Die Afrikanervolk tot die eer en verheerliking van die Naam van die Almagtige, Drie-Enige God, hierdie land regeer na Sy wil volgens die riglyne en eise van die Woord van God.

Nogmaals: Mag die Afrikanervolk hom bekeer tot die HERE voor Wie se aangesig ons voorgeslagte geloftes gedoen het en tot Wie ons in ware en opregte skuldbesef en -belydenis moet terugkeer. Mag ons nooit dink dat ons hiér aan die suidelike punt van Afrika deur die HERE as ‘n volk met ‘n eie taal en kulturele identiteit in aansyn geroep is ter wille van onssélf nie.

Mag dit opnuut tot ons deurdring dat ons hiér is ter wille van die Naam en die Eer en die Geregtigheid en die Koninkryk van die HERE onse God, tot ‘n lig en ‘n getuienis van die waarheid van Gods onfeilbare en onveranderlike Woord in ‘n donker kontinent.

Wee ons as ons betower deur mammon en die sportgod vir ons ‘n “rusplek” probeer inrig in ‘n bloedbevlekte land, waarin ons in vriendskap en gedienstige onderhorigheid aan ‘n Godloënende en Anti-Christelike Grondwet en Owerheid, die wette van die HERE help vertrap, sy Naam saam laster en Sy Eer onverpoos skend.

In kleingeloof wil mens vra: Kán die afgee van die politieke mag en seggenskap oor ons Vaderland van 1994 weer omgekeer word?

In geloof is ons antwoord: By die HERE ís alle dinge moontlik!

Soli Deo Gloria

REGSE VERRAAD – (Deel 7)

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Inleiding

In 1994 het die “regse” leiers van die Afrikaner Volksfront in samewerking met hul (nog minder) regse generaals die gladde oordrag van ons politieke mag aan ‘n Swart meerderheidsregering bewerkstellig. Deur skielik handomkeer om te swaai en hulle te verbind tot presies die teenoorgestelde waarvoor hulle hul ondersteuners opgeroep het, het die generaals, die Mulder-broers en andere verseker dat ‘n vreedsame oordrag van mag na die Swart massas kon plaasvind.

Hulle bedrieglike optrede het dit moontlik gemaak dat die oorgawe-proses van die Nasionale Party enduit gevoer kon word sonder dat dit ontwrig is deur ontstoke Blankes wat hierdeur uit hul eiendom en politieke mag verkul is.

NI agente het ons uitverkoop

Dit is reeds in die vorige aflewerings (vanaf Deel 1) onomwonde bewys dat die omgekoopte leiers van die Volksfront hul lede mislei en verraai het. Hulle was uitgesoekte agente wat keurig met die hand uitgesoek is. Hulle verbintenis met die duistere magte wat die ondergang van die Afrikanervolk ten doel gestel het sal met verloop van tyd deur die volle ontplooiing van die geskiedenis al duideliker aan die lig gebring word.

Die rol van IDASA deur sy Conservative Dialogue Programme is reeds onomstootlik bewys. Daardeur is duidelik aan die lig gebring dat leiers wat deur hul volgelinge vertrou is besig was om onheil teen hul eie mense te bedink en te bewerkstellig.

Vir ‘n pot lensiesop het hulle hul eie mense verraai – soms bloot net ter wille van die eer van hul meerderes. Die rol van die Intelligensiedienste hierin sal ook meer en meer ontbloot word. Die befame inligtings-man, generaal Tienie Groenewald, se alomteenwoordigheid in die uitspeel van hierdie grootste verraad teen die Afrikanervolk spreek reeds boekdele oor die betrokkenheid van NI en selfs ook van ander internasionale intelligensiedienste.

Verloop van tyd sal verraaiers uitwys

Die wiel draai stadig maar seker. Gekonkel in die duister kom eindelik aan die lig. Veral wanneer die versluierende hand van die magtige media nie meer die misdadige verraadshandelinge verbloem nie.

Laat die boodskap aan hulle wat ons volk in 1994 help uitverkoop het ondubbelsinnig wees – daar is geen versagtende omstandighede vir hoogverraad nie. En laat ook diegene wat hul nou weer daaraan skuldig maak om ons volk opnuut te mislei dit helder voor oë gestel word – geen genade sal betoon word by skuldigbevinding aan hoogverraad nie.

Dié mees laakbare daad – om jou eie mense te verraai, hulle bedrieglik onder voortgesette dwingelandy te laat hou, hulle te verhinder om hulself vry in hul Vaderland te betuig – daardie daad verdien die doodstraf. Geen ander daad is só totaal liefdeloos teenoor jou naaste nie.

Verligte Aksie almal skuldig aan hoogverraad

In terugskoue kan vandag sonder enige twyfel verklaar word dat die NP-regering in aanloop tot 1994 doelbewus gekapituleer het voor ‘n onkapabele ANC bende, dat hulle boedel oorgegee het aangesien dit hulle vooropgestelde doel was om die Afrikaner uit te verkoop.

FW de Klerk het oor sy voete geval om die ANC alles te gee wat hulle sou eis en meer. Hy en die ganse Verligte Aksie wat die toe reeds verloopte Broederbond en Nasionale Party gekaap het en die meesterbreine was agter die plan wat tot die vernietiging van Blank Suid-Afrika sou lei, behoort van hoogverraad aangekla te word.

Die lys is lank maar sluit die volgende name in:  John Vorster, Nic Diederichs, Magnus Malan, prof Johan Heyns, prof Tjaart vd Walt, prof. Willie Esterhuysen, Jannie Geldenhuys, Constand Viljoen, Kobie Coetzee, Adriaan Vlok, Barend du Plessis, Hendrik Schoeman, Tim du Plessis, Wim de Klerk, Roelf Meyer, Piet Koornhof, Mike Louw, Chris Heunis, Fanie Botha …..

So ook die Volksfront-leiers

Die leiers van die Afrikaner Volksfront en die Vryheidsfront is net so skuldig aan hierdie verraad van die NP-regering omdat daardie uitverkoping nie volvoer sou kon word sonder die kritieke rol wat hulle gespeel het nie. Hulle het hul volgelinge bedrieglik mislei deur voor te gee dat hulle die NP-regering se uitverkoping probeer stuit, maar het toe juis die instrument geword waardeur daardie uitverkoping gladweg kon plaasvind. Hulle geheime gekonkel met die ANC wat sy neerslag in die Afrikaner Akkoord gevind het was die manier waarop hulle enige vorm van regse verset teen oorgawe van mag bemiddel het.

Afrikaner Akkoord hou geen heil vir ons volk in nie

Wanneer hierdie geskiedkundige feite in oënskou geneem word, slaan dit mens met stomheid dat daardie selfde dokument, die Afrikaner Akkoord, die eindproduk van die grootste bedrog teen ons volk, nou weer opnuut aangegryp word deur “regse” leiers. Dat dit boonop deur hulle aangebied word as die wyse waarop die Afrikaner selfbeskikking kan verkry! Dit maak natuurlik absoluut geen sin nie.

Dié verraadsdokument, produk van geheime gekonkel tussen die ANC en “regse” leiers moet nou weer die Afrikaner se heil bewerk. Dit was die sluwe slenter waarmee Afrikaners in 1994 die veelrassige demokratiese proses ingelok is, want deur middel daarvan sou die Afrikaner ‘n waarborg op ‘n Volkstaat hê. Dis presies 30 jaar later – waar is daardie volkstaat?

Waarom weer met dieselfde Akkoord bedrieg?

Die bedrieërs wat nou opnuut die Akkoord vir dieselfde rede probeer aanbied is opnuut besig om u te mislei. Daar sal in die volgende 30 jaar ook niks daarvan kom nie. Dié impotente dokumentjie was immers van meet af aan net ‘n weerligafleier met geen toepassings- of implementerings mag nie. Dit is inderdaad nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Net so min as wat die “regse” leiers in 1994 daarmee ‘n volkstaat wou bewerkstellig, net so min is die spulletjie wat dit tans aandryf ernstig met die daarstel van ‘n Volkstaat.

Die rede waarom hulle nou weer inderhaas planne maak om die Afrikaner met hul futiele oefeninkies besig te hou is omdat hulle daarop staat maak dat die mense se politieke geheue te kort is om te besef dat hulle nogeens met dieselfde misleiding te doen het.

Hierdie verraad belemmer ons vryheidstrewe

Ons stel dit dus pertinent dat die top-leiding van die “regse” leiers wat hul tans weer bemoei met die opdis van die Afrikaner Akkoord as middel tot daarstelling van ‘n Volkstaat, is net soos diegene wat dit in 1994 gedoen het agente van die vyande van die Afrikanervolk. Hulle tree op in belang van die magte wat die Afrikaner vyandiggesind is.

Die doel is om die Afrikaner in die onderhewige posisie waarin hy hom tans bevind, te hou. Daarom bied hulle ‘n “oplossing” in die vorm van die Afrikaner Akkoord aan. Die geskiedenis sedert 1994 het egter ondubbelsinnig bewys dat deur dié Akkoord geensins ‘n Volkstaat beding kan word nie. Dit is dus oneerlik en ook oneerbaar om die Afrikaner opnuut op daardie dwaalspoor te lei. Hul motiewe is erg onder verdenking – waarom dan weer ‘n plan opdis wat reeds klaaglik misluk het?

En laat daar geen twyfel wees nie – diegene aan die topleiding weet waarmee hulle besig is. Net soveel as wat die Mulders, die landbouleiers Bruwer en Gous, Constand Viljoen, Ferdi Hartzenberg, Willie Snyman en andere geweet het dat hulle bedrieg en mislei, net soveel weet hierdie manne dit.

Volkstaat kan nie Selfbeskikking bewerkstellig nie

Ons het voorheen verwys na die onsinnigheid daarvan om politieke mag af te staan. Dat die rede vir die benarde posisie waarin ons volk hom tans bevind, die direkte gevolg daarvan is. Dit is dus dan ook net logies om te redeneer dat alleen die herwinning van politieke mag die antwoord tot herstel sal wees. En dit is dan die rede waarom die Afrikaner Akkoord heropgedis word – want dit sal kwansuis lei tot die daarstel van ‘n Volkstaat waar die Afrikaner weer selfbeskikking (politieke mag oor sy eie) sal hê.

Maar ek glo dat in die vorige aflewering https://www.anbsa.co.za/regse-verraad-deel-6/ breedvoerig bewys is dat die mag wat die Afrikaner in daardie volkstaat – wat basies ‘n groot munisipale area gaan wees – sal hê, uiters beperk is. Dat hulle deurentyd steeds aan die grille en giere van die Swart meerderheidsregering uitgelewer sal wees, waaraan hulle steeds belasting sal betaal, aan wie se wette hulle steeds onderhorig sal wees.

Is dít selfbeskikking? Ander (boonop volksvreemdes) beskik steeds oor jou – dis tog geen selfbeskikking nie.

Wie is die nuwe misleiers wat opnuut verraad teen die Afrikanervolk bedink?

Dit weet Tabok en Boermedia en die nuutgestigte Volkskrag – die “nie-politiese” organisasie wat dié hoogs politiese kwessie gaan dryf. Wie sal weet watter van dié manne nou saamwerk met Nasionale Intelligensie en selfs daarvoor vergoeding ontvang om ons mense te mislei, en watter van die volgende name is slegs misleide meelopers wat nie besef dat dit ‘n bedrogspul is waaraan hulle meewerk nie? 

Die name van die betrokkenes moet maar genoem word – die geskiedenis sal eendag die oordeel vel: Louis Smuts, Andries Raath, Willie Cloete, Koot van der Ryst, Francois van der Merwe, Danie Wessels, Jann Schlebush, Andries Breytenbach, Robert Stoltz, Henk van de Graaf, Tiaan Theron, Bernard Coetzee. Tewie Wessels, Willem Petzer, Franz Jooste, Steyn von Rônge, Jurg Prinsloo, André Smit. Hierdie lys is vêr van volledig, maar sluit die meeste hooffigure in.

Nasionalisme mag nie weer in die sand geloop word nie

Ons mag hierdie nuwe verraad nie langer verduur nie. Dit mag nie weer toegelaat word nie. Die rede waarom dit juis nou weer aan die gang gekry word is die feit dat daar onder Afrikaners opnuut ‘n nuwe vlaag van Nasionalisme aan die ontwaak is.

Dit word die duidelikste onder die Afrikaner-jeug bemerk. Nie alleen is hulle keelvol vir die feit dat hulle oral tweede viool moet speel teen onkapabele anderrassiges nie, hulle vra ook: waarom word ons eens trotse volk verkneg en staan ons onder dwinglandy van ‘n ras wat hierdie eens trotse land tot in die afgrond in bestuur, besteel, geplunder en vernietig het? Hulle vra: waarom is hierdie land waarvoor ons voorgeslagte met sweet en bloed betaal het nie meer onder ons beheer nie? Waarom word ons uitgedruk asof ons hier indringers is – terwyl die land ons eiendom is?!

Daarmee saam is die sterk tendens te bespeur dat ons volksgenote weer erns maak met die geloof, dat hulle hul al sterker verbind voel aan die Gelofte en dat hulle teruggryp na die tyd toe ons as volk in nabye verbondenheid tot ons God gestaan het.

Akkoord-verraad moet nasionalisme neutraliseer

Hierdie nuwe ontwaking van die nasionalisme is wat daartoe aanleiding gee dat dieselfde invloede wat bewerk het dat ons politieke mag in 1994 weggegee word, nou ook weer aan die werk spring om hul agente te aktiveer vir hierdie nuwe misleiding. Hierdie magte wil seker maak dat hulle op die ou resep van praat na regs (asof jy die volksaak dien), maar doen in die geheim na links (tot nadeel van die strewe na die herstel van ons vryheid) om sódoende die belang van ons volksvyande te dien.

Die volk waarvan die nasionalisme aan die ontwaak is word, deur die retoriek van “Selfbeskikking” en “’n eie Volkstaat”, rondom die núwe verraaiers vergader, sodat daardie vloedgolf van nasionalisme soos in 1994 effektief geneutraliseer kan word, deur dit in die “regte” rigting te bestuur. Al die volksgenote se entoesiasme, ywer, harde werk en swaarverdiende rande word gestort in ‘n onhaalbare droom.

Die uitkoms daarvan is reeds deur hierdie verraaiers bedink en beplan. Op die mees kritieke tydstip, wanneer daadwerklike optrede vereis word, verdwyn hierdie leiers net soos die groot Wenparty, die KP, van ouds. Dan is ons mense opnuut verslae en ontmoedig en is die slag nogeens geslaan vir die vyande van ons volk – deur “leiers” wat voorgegee het dat hulle die volksaak gedien het.

Verraaiers gaan alles in die werk stel

Ons volk se politieke geheue is wel kort, ja. Maar hulle is nie bobbejane nie. En dit gaan baie harde werk en groot media-dekking verg om nogeens ‘n groot deel van ons volk mislei te kry. Daarom sal ons sien hoe hulle volkstaat-strewe selfs deur die volksvyandige Joodse media belug sal word – net soos wat Orania, Solidariteit en Afriforum, sogenaamde volks-organisasies, gereelde mediadekking ontvang.

Bestudeer self die feite – moet nie weer mislei word nie

Dit kan ook verwag word dat die gewone hantering van kritiek teen hul bose planne toegepas sal word. Ons sien dit reeds so toegepas word selfs met hierdie reeks artikels – hulle swyg daaroor soos die graf asof niks daarvan ooit gesê is nie. Maar wanneer dit rugbaar word en dié manne deur hul eie ondersteuners daaroor gekonfronteer word, wanneer dit nie meer doodgeswyg kan word nie, dan diskrediteer hulle die organisasies waarvandaan daardie kritiek en ontbloting van hul duister motiewe kom, en huil hulle oor die ewige dwarstrekkers wat altyd net op die kantlyn sit en kritiseer, want self dra hulle dan kwansuis niks by tot die vryheidstryd nie.

U as leser word egter opgeroep om die magdom feite en bewyse wat in hierdie reeks artikels aangebied is self te bestudeer, dit te toets aan die waarheid en dan u eie intelligente afleidings te maak.

Verwerp die verraad!

Te lank het ons toegelaat dat hul vernietigende konkelwerk ons volk skade berokken.

Mag ons hierdie maal met die Genade van Bo hierdie misleiers se verraderlike rol ontbloot, nog voordat hulle hierdie nuwe misleidingsaksie behoorlik van die grond af het.

Mag die Afrikaner Akkoord – wat ontwerp is om ons volk se verknegting in sy eie land te verleng – met die minagting verwerp word wat dit verdien.

Mag ons as Afrikanervolk, die wettige eienaars van die Republiek van Suid-Afrika, nie berus in die terug-bedel van ‘n stukkie van ons land, nadat ons politieke seggenskap oor ons eiendom ons deur verraad ontneem is nie.

Die land is ons land! Ons Godgegewe erfenis. Ons sal biddende bly vir die herstel van ons vryheid in ons Vaderland – geen bedrieglike plan om ons te laat skik vir ‘n klein stukkie daarvan sal ooit deur ons aanvaar word nie!

Lees dan nou in Deel 8 wat ons doen staan en wat ons ingesteldheid behoort te wees.

Die Verraad wat ons Politieke Mag vernietig het

2024-09-11

deur ANB Nuusbrief Redaksie

Die opspraakwekkende artikel wat hier volg werp lig op die verraad wat teen ons volk gepleeg is en wat daartoe gelei het dat die Afrikaner beheer oor die politieke mag van sy land verloor het. Dié verraad was slegs moontlik vanweë ’n komplot wat gesmee is deur die Nasionale Party, die intellensiedienste en sekere “regse” leiers. Alhoewel hierdie verraad, danksy dokumente met verdoemende getuienis wat kort na 1994 bekend geword het, reeds so vroeg as 1997 in breë trekke blootgelê is, is dit nou volledig bevestig met die vrystelling van die “Afrikaner Akkoord” in die onlangse verlede. Dieselfde verraderlike dokument word ironies genoeg nou weer opgehemel, asof dít die Afrikanervolk se sleutel tot selfbeskikking in ’n eie volkstaat lê. En helaas, diegene wat hulle nou by die verraderlike “Akkoord” skaar, sit opnuut die verraad van 1994 wetend of onwetend voort.

Die artikel gee ’n oorsig van daardie verraderlike gebeure, sodat ons volk toegerus kan word om die nuwe veragtelike pogings om ons te mislei, te identifiseer en aan die kaak te stel. Laat ons hierdie nuwe misleidingspogings verwerp met die minagting wat dit verdien. 

Heel Suid-Afrika ís ons land! Ons val nie vir die geelwortel van ‘n “Volksstaat” in ruil waarvoor verraaier-politici die politieke seggenskap oor ons erfdeel, Suid-Afrika, aan ‘n kommunistiese Swart meerderheid oorhandig het nie.  Dit bly ons vertroue en verlange dat die Here wéér aan ons vryheid sal skenk in ons ganse Vaderland, soos so dikwels in ons geskiedenis gebeur het… Sý Hand is nié te kort!

Omdat dit so lywige onderwerp is, het ons die artikel in 8 dele verdeel.

Deel1, Deel2, Deel3, Deel4, Deel 5, Deel 6, Deel 7 en Deel 8.

Hier volg dan nou die eerste deel:

REGSE VERRAAD (Deel 1)

Regs en Links

Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke verdeel in twee groepe – dié wat vanweë ‘n diepgewortelde volksnasionalisme konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 18oo’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde nasionalistiese kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak.  Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.

Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in, Sy dryfveer: die drang na vryheid – om homself te kan wees en oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste vind onder Britse oorheersing, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.      

Anglo-Boere-oorlog

Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Anglo-Boereoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.

Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer het die konserwatiewe Bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.

Die Afrikaner is oorwegend konserwatief

Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie nasionalistiese konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n brabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word. 

Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.

Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme

Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Op die vryheidspad van die Afrikaner was die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.

Eerste afwykings

Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting  sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.

Voete van klei

Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician…’ Direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in…

Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi het opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.

Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke

Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en  orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.

Praat na regs, doen na links

Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : Eie skole, eie woongebiede gebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.

FW hervorm koorsagtig

Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op die 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront!) De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.

Die politieke gety draai skerp teen die regering. Momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus. Daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Sonder twyfel sou die Nasionale Party met daardie verkiesing ontsetel geword het. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing in doodsgevaar verkeer het.

Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings

Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie kon oorleef nie.  In reaksie hierop kondig FW de Klerk enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.

Vervolg in deel 2

                                                                                                                                   

Aandag Alle Opregte Afrikaners: Bly weg van die verkiesing.

Die verkiesing is voor die deur.  ‘n Beduidende getal Afrikaners het sedert 1994 nie gaan kruisie trek nie en sal dit ook nie met hierdie verkiesing doen nie. En omdat hierdie groepering van nie-stemmers gaandeweg groter raak, word elke moontlike toertjie ingespan om die Afrikaner by die stembus te kry. U sien, as die kerngroep van die ekonomie sy rug draai op die demokratiese proses, skep dit eintlik ‘n konstitusionele krisis. Want sien, ‘n nasie waarvan een kleur wegbly/ontbreek kan kwalik nog ‘n “reënboognasie” genoem word.

Maar ja, dié utopie van ‘n NSA met vrede en harmonie tussen al wat kleur en geur is, het net nooit werklikheid geword nie. Dit kán ook nie, dit het nêrens in die wêreld geslaag nie, hoe sou dit hier kon werk?!

Diepliggende verskille tussen rasse in Suid-Afrika

Tussen die rasse is daar nie net groot getalle-ongelykheid nie,  maar daar bestaan ook diepliggende kultuur-, geloofs- en beskawingsverskille . Die uitwissing daarvan is nie deur 30 jaar se bevoordeling van Swartes en diskriminasie teen Blankes bewerkstellig nie en sal ook nie gebeur in die eeue wat kom nie.

Mnr. Jaap Marais sê in Waarheid en Werklikheid:

Die sentrale probleem van die Suid-Afrikaanse staatkunde is dat ras en kleur nie maar net ‘nuanses van pigmentasie’ binne een nasie is nie, maar dui op diepgaande historiese en nog dieper genetiese verskille, wat saam sosiale, kulturele en godsdienstige afstand skep wat onoorbrugbaar is.

Ook sê Statistiek-SA se sensusopname van 2022: “Black South Africans remain the dominant population group at 81,4%.

Onderhandelde Uitslag

Dit beteken dat uit elke 10 mense wat sou kan stem, 8 Swart is. Dis nie te moeilik om ‘n berekening van die uitslag te maak nie… Wat ons wel met sekerheid kan sê, is dat ás die ANC se meerderheid tot onder 50% daal soos wat uit alle oorde en veral deur die Joods-beheerde media met groot trompetgeskal voorspel word, dan is dit vanweë die onderhandelde uitslag wat lank voor stemdag reeds bereik is, nie vanweë getelde stemme nie.

U kan uself nog herinner aan die opmerking van regter Kriegler, die OVK-voorsitter na die “eerste demokratiese” verkiesing in 1994. Hy is gevra of die verkiesing vry en regverdig was en sy reaksie: Mens kan nie verwag om in ‘n bordeel te werk en kuis te bly nie.

Daarna, is na die 1999-verkiesing berig dat 1,7 miljoen méér stemme “getel” is as waarvoor daar stembriewe uitgereik is!

En die denkende Witman krap in groterwordende ongeloof sy kop hieroor. Ook skaam hy hom oor dit waarna die verkiesing lei – die samestelling van wat “die parlement” genoem word, maar beter as ‘n sirkus beskryf kan word. Hy vra homself dan af: Waarom nog gaan stem?

Valse bewerings om mense na stembus terug te lok

Met hierdie groeiende wantroue onder ons mense verbaas dit dus glad nie dat slinkse foefies bedink word om die mense weer terug te lok stembus toe. Groot koalisies word gesmee, wat kwansuis die vermoë sou hê om die ANC te verslaan. Natuurlik geniet hierdie wensdenkery wye propaganda-dekking.

Moenie in dieselfde juk trek…

Die Afrikaner-nasionalis kan hom met niks hiervan vereenselwig nie. As gelowige hoor hy die woorde van die Korinthiërs-boek en weet dat dit vandag nog net so geldend is as toe dit geskryf is:

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

en verderaan:

Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die HERE …

                                                            II Kor. 6: 14 en verder

Wat die Afrikaner moet doen

Hy weet ook dat die huidige bestel deur verraad en bedrog op hom afgedwing is. Hy, as wettige eienaar van wat internasionaal as “Blank Suid-Afrika” bekendgestaan het, het nooit die dokumente geteken wat hom sy eiendomsreg ontneem het nie. Die referendum ter effekte daarvan is wel beloof, maar nooit aan die Blanke eienaars van die land gebied nie. Daarom is hierdie ‘n onwettige bestel.

Die hoë verantwoordelikheid rus op die Afrikaner wat sedert 1994 nie gaan stem het nie – en daardeur die legitimiteit van hierdie regime ontken het – om steeds enduit te veg vir die herstel van sy Vaderland as sy regmatige eiendom.

Hoe jou volk sy onafhanklikheid finaal kan verloor

Die Rehoboth-basters was voor “onafhanklikheidswording” van Suidwes in 1990 ‘n selfregerende volk met ‘n eie gebied. Hierdie onafhanklikheid/selfstandigheid is ook deur die Duitsers erken nadat hulle Duits-Wes gekoloniseer het. Maar in die euforie oor die oorwinning oor die Blankes in 1990 het die Basters hulle laat inbind in die nuwe Namibië, en ywerig aan die verkiesings deelgeneem. ‘n Skamele 6 jaar later wend hulle hulself tot die Hooggeregshof van Namibië ten einde hul onafhanklikheid en grondgebied te herwin. Hul appèl word egter deur die hof verwerp. Die rede – hulle het hulself vrywillig in die demokratiese proses laat inbind deur hul deelname aan die verkiesings en kan daarom nie as outonome volk met ‘n eie gebied herstel word nie.

Hier in die Republiek sien die prentjie daar heel anders uit, met honderde duisende Afrikaners wat sedert 1994 die verkiesings van die onwettige regime boikot. Ons het dus ‘n voorbehoude staatkundige reg tot die herinstelling van ‘n Blanke regering.

Diegene wat binne die regime wil opereer, sal nie vryheid bring nie

Daar is aan die regterkant van die Afrikanerpolitiek twee duidelike strome. Die een is nie ‘n vriend van die herstel van ons vryheid in ons vaderland nie. Dit is diegene wat binne-in die politieke bestel opereer en nou al daar vir 30 jaar probeer beding vir ‘n volkstaat (‘n afvalstukkie van ons vaderland). Terwyl hulle saam met die Afrika-politikus hul vergryp aan die vettighede van die soustrein. Daar kruip hulle voor hul Swart meesters en smeek vir die toekenning van ‘n stukkie grond wat kwansuis hul grondwetlike reg sou wees. Dié reg word hulle gegun deur die dokument van verraad – die sogenaamde Afrikaner-Akkoord – ‘n ooreenkoms wat die verraaier Constand Viljoen saam met die ANC en NP enkele weke voor die 1994-verkiesing onderteken het. Wat Viljoen eintlik belowe het en van verhoog tot verhoog verkondig het, was om die oordrag van mag  met wapengeweld te verhoed – daarvoor het hy inderdaad ook bevel gevoer oor ‘n mag van meer as 100 000 man. Maar in sy daad van grootste verraad het hy sy rug gekeer op sy volk en met hierdie troosprys – die “ingeboude grondwetlike reg op ‘n volkstaat”, ‘n party geregistreer (die Vryheidsfront) en self aan die verkiesing gaan deelneem. Maar helaas, 3 dekades later het hulle nog nie ‘n enkele morg afgesmeek gekry nie, en helaas is selfs die Volkstaatraad ontbind.

Verraderlike Afrikaner-Akkoord word weereens vir misleiding gebruik

Om sake te vererger is daar nou ‘n swetterjoel organisasies wat hulle kwansuis búíte die parlement wil beroep op daardie selfde verraderlike Afrikaner-Akkoord. Die dokument wat ons ten ene male tot vreemdelinge in ons eie land gereduseer het, word nou weer deur hulle aangegryp as ons laaste hoop. Hierin word hulle gesteun deur Boermedia wat aan hulle wye dekking verleen.  Hulle het inderdaad reeds deur die gestorwe en heropgeleefde Volksraads Verkiesingskomitee (VVK) die ANC-regering genader. Hulle het gepleit vir die reg van ‘n volkstaat maar moes vernederd en met leë hande daar weg.

Dit is ‘n futiele saak – die spul verraaiers in die parlement se onvermoë om dit binne die parlementêre stelsel te bewerkstellig, is daar voldoende bewys van. Waarom sal daar enige hoop wees om dit van buite die konstitusionele liggame te bereik? Dit is geheel onhaalbaar. Waarom dié dooie perd weer opsaal? Die Afrikaner-Akkoord is duidelik nie eens die papier werd waarop dit geskryf is nie – die ANC verag daardie ooreenkoms net soos wat hulle die NP se wigte-en-teenwigte geminag het.

Afrikaner-Akkoord geen uitweg

Sou hulle enigsins daarin slaag om die ANC daartoe te oortuig wonder mens of die mense die implikasies werklik bedink het. Ons laat dit daar dat hulle bereid is om te skik vir ‘n klein deeltjie van dit wat ons regmatige eiendom is. Daarmee kondoneer hulle die verraad en verleen hulle legitimiteit aan die onwettige regime.  Die dokument, die Afrikaner Akkoord, beding ‘n volkstaat – ‘n flentertjie grond wat nie ekonomiese of staatkundige selfstandigheid kan verseker nie. Dink byvoorbeeld aan Orania – wat doen Orania as die regering van NSA sy “grens” sluit en geen verkeer in of uit toelaat nie? As die NSA sy lugruim sluit kan daar nie eers ‘n vliegtuig daar gaan land nie. Hoe gaan in- of uitvoere plaasvind? Dalk moet ons in die geskiedenis gaan kyk na diegene wat blindelingse vertroue op Swart leiers plaas, soos Piet Retief…

In hierdie sinnelose scenario wil die organisasies wat hulle nou opnuut weer op die Afrikaner-Akkoord beroep ons nou inlei. Dit is absurd! As die VF+ dit nie na 30 jaar binne die parlement – grondwetlik ingestelde Volkstaatraad en al – kon regkry nie, vra mens onwillekeurig hoeveel dekades moet ons volk nog die dwingelandy onder Swart regering verduur terwyl hierdie Afrikaner-Akkoord-geelwortel opnuut as blufspel gespeel word! Dit val dus ook glad nie vreemd op om nou weer dieselfde gesigte wat destyds rondom Constand Viljoen se verraad versamel was, weer by hierdie nuwe beweging te sien nie. Laat ons dit maar prontuit op die naam noem – julle is weereens besig met verraad. Julle speel in die hande van ons vyande. Julle is instrumenteel daarin om die Afrikaner te verwar en hom van sy ware vryheidstryd weg te keer!

Die ware pad na herstel van die Afrikaner se vryheid

Laat dit hier hard en duidelik gesê word: Die Afrikaner se pad na die herstel van sy vryheid, na die herwinning van sy vaderland, lê BUITE die bestel. Dit behels die herstel van gans die HELE grondgebied van die Republiek van Suid-Afrika – sy regmatige eiendom! Daarvoor word nie onderhandel of gekruip nie – dit het FW en Viljoen en hul hedendaagse handlangers genoeg gedoen. Ons kibbel nie oor ‘n paar hektaar hier of daar nie. Ons beroep ons op ons volk se geskiedkundige reg tot volle seggenskap en beheer van ons volle grondgebied! Dié land is óns land, van die Kaap tot in Transvaal, ons skuld dit aan geeneen nie!

Oproep aan elke Afrikaner

Daarom roep ons elke Afrikaner op om die demokratiese proses te boikot – bly weg van die stembus, en versterk só ons saak deur geheel buite die bestel te bly – aangesien ons dit nie erken as ‘n wettige entiteit nie. Deur u stem te weerhou bevestig u dat hierdie regime geen legitimiteit oor ons volk het nie. So verwerp u hierdie bestel geheel en al! Bevestig aan die wêreld dat die Boer leef en sal oorleef. Dat hy sy reg tot vryheid sal handhaaf in die geloof dat sy God hom sal herstel in die land waarin Hy hom gevestig het.

Lewe die Boer!

Op ‘n Persoonlike Noot

Die wêreldberoemde sangeres Mimi Coertse was ‘n skoolvriendin van dr. Verwoerd se een dogter. Hier vertel sy bietjie van hoe sy dié groot man geken het.

____________

Min mense weet waarskynlik dat ek dr. Verwoerd goed geken het. Ek het dikwels na hom toe gehardloop as ek probleme gehad het en hy het my ook van sy kant ondersteun, selfs as ek nie daarvoor gevra het nie.

Gewoonlik, wanneer ek in die sestiger jare van Europa af gekom het, het ‘n staatsvoertuig my die volgende dag kom haal en na Libertas geneem om te gaan kuier. Een van daardie kere het ek so ‘n pragtige, driedubbele string pêrels aangehad en dit was vir Dok verskriklik mooi. Toe ek vir hom sê dat ek dit in Wenen gekoop het, en dat dit soveel of soveel gekos het, sê hy: “Nouja, dan moet jy maar volgende keer vir Betsie een saambring.” Ek het toe vir Betsie een saamgebring en hy het so ewe die geld gegee…

My kennismaking met die Verwoerds gaan al heelwat verder terug; om die waarheid te sê, na 1946 toe ek nog op skool was. Hulle dogter Anna was ‘n klasmaat van my op Helpmekaar Hoër Meisieskool in Johannesburg en dit het ‘n oor en weer kuiery afgegee.

Ek sal nooit die dag vergeet toe ek die eerste keer by hulle gaan eet het nie. Ons sit die middag om die tafel, toe tik haar pa op sy bord, almal laat hulle koppe sak, hy tik weer en toe begin hulle eet. “Nou maar wanneer bid ons?” vra ek. Hy sê toe, nee, elkeen bid vir homself. Toe sê ek: “In ons huis bid my pa altyd kliphard vir ons almal.”

Jare later kuier ek in Libertas en my ma en pa is ook genooi vir ete. Toe bid Dok hardop, waarop tannie Betsie sê: “Dit doen hy net as Mimi Coertse aan tafel is.” En dit was ook so.

By daardie eerste ontmoeting het ek gehoor hoe hy ‘n storie kan vertel dat jou hare rys. Dié storie was nogal die waarheid, hoor. Hy het vertel hoe hy in die nag van ‘n vergadering af tuisgekom het en by die hek voorgelê is deur ‘n paar gewapende jongmanne wat hom wou ontvoer. Hy het toe deur die hek gebars en ternouernood ontkom. Later is vasgestel dat dit Stormjaers van die Ossewa-Brandwag was wat nie gehou het van sy koerant-artikels teen hulle nie.

Wat hy ook vertel het, was dat hy ‘n paar dae later ‘n hoë besoeker uit Engeland, ‘n sir Somebody wat ‘n koerantredakteur was, dink ek, saam met hom in die kar huistoe gebring het vir middagete. Die hek was weer toe. Nou stop hy, hy weet nie of hy moet uitklim om oop te maak nie want die hek is nooit toe nie. Dit kan ‘n lokval wees. Hy sê hy begin sweet. Hy kan ook nie die man langs hom op hol jaag nie.

Die volgende oomblik spring twee knape agter ‘n bos uit met speelgoedgeweertjies. Dit was toe Hendrik en Christiaan wat die storie gehoor het en gedink het dit sal groot pret wees om ‘n heropvoering te hou! Dok sê hy was die eerste keer nie bang nie, maar die tweede keer het die koue sweet op hom uitgeslaan al was dit helder oordag.

My uitgesprokendheid, soos dié middag by die ete, het my al dikwels in die sop laat beland, maar nie by Dok nie. In 1966 is N.P. van Wyk Louw se stuk Die pluimsaad waai ver in Pretoria opgevoer en ek weet Dok het nie daarvan gehou nie. Ek het seker met ander oë daarna gekyk want ek het vir hom gesê ek dink dit was ‘n goeie opvoering. Hy het nie met my geargumenteer nie, net gesê: “Los dit dan nou maar.”

Daar was ‘n ander keer wat ek in die koerant uitgekryt is omdat ek te velde getrek het teen die hoesery en proesery van gehore by musiekuitvoerings. Ek is dan nou so geliefd en ek word so goed behandel en ek kry sulke goeie kritiek, dit is mos pure ondankbaarheid van my om die publiek te kritiseer. Maar die mense het regtig geen respek gehad nie.

Ek kry toe onverwags ‘n oproep van die Eerste Minister. Hy sê: “Hulle gaan met jou probeer praat oor die koerantberigte. Nou sê ek vir jou, jy sê nie ‘n woord nie. Hulle soek net nog ammunisie. Jy antwoord net nie. Dit is die beste taktiek.” Ek het daardie advies ter harte geneem en my lewe lank onthou.

Dit het een of twee keer gebeur dat ek hom sommer uit Wenen gebel het om raad te vra. Soms is ek genooi na plekke waarheen ek nie geweet het of ek moet gaan en hoe dit gereël kan word nie; Rusland byvoorbeeld.

‘n Ander geval waar Dok blitsvinnig tot my redding gekom het was in 1965 hier in Suid-Afrika. Ek was toe met die Italianer getroud. My pa se neef wat in die politiek was, het ons gaan wys hoe lyk dit in Soweto. Hy wou ons wys watter vordering gemaak word met die uitvoering van die beleid. Ek het ‘n kamera gehad, foto’s geneem en die foto’s by ‘n apteek ingehandig om ontwikkel te word.

Ons was skaars terug op my ouers se kleinhoewe tussen Pretoria en Hartbeespoortdam, toe daag die polisie daar op. Hulle kom toe vrae vra en beslag lê op die foto’s. Die apteker moes hulle seker in kennis gestel het. Ek het niks verkeerd gedoen nie; wat sal ek nou met die foto’s aanvang?

Ek bel toe sommer die Eerste Minister en sê “die geheime polisie” is hier en hulle sukkel met my. Dit was nie vyftien minute later nie, toe kom daar ‘n oproep vir een van die polisiemanne, daar word so ‘n bietjie gepraat, en weg is hulle sonder die foto’s. Dok was nie aan die slaap nie, hoor. Hy het geweet wat dit is om op te tree.

Dit laat my aan ‘n ander episode dink, maar miskien het die KWV (Kaapse Wyn Vereniging) ook ‘n rol daarin gespeel, ek weet nie.

Daar was ‘n swendelary in Wenen aan die gang met Suid-Afrikaanse rooiwyn. Van my kollegas het ‘n bottel gekoop en dit het sleg gesmaak. Iemand het ondersoek ingestel en gevind die wyn word nagemaak deur ‘n poeier met water te meng; bid jou dit aan!

Kort daarna was ek in Pretoria en ek vertel toe die storie aan tafel by die Verwoerds. Dok het nie ‘n oog geknip nie; hy sê niks. Terug in Wenen vind ek alles in rep en roer. Daar het ‘n opdrag uit Suid-Afrika gekom om al die Suid-Afrikaanse rooiwyn van die winkelrakke af te haal en die ambassadeur is woedend. Hulle gaan al die visums na en probeer vasstel wie die nuus versprei. Ek was nog nooit stom nie, maar ek kon my eie afleiding maak.

Van my ouers se kleinhoewe gepraat, dit het meer as een keer gebeur dat ek ná ‘n kuier by Libertas alleen in die aand met my Mini-motortjie moes terugry. Dan het tannie Betsie gewoonlik saam met my gery met die bestuurder en die ampsmotor agterna om haar weer terug te bring.

Daar was ook die keer toe my motor oorgekook het. Dok-hulle het my by die voordeur kom afsien, toe merk hy die plas water. Bedink nou die volgende toneel: Ek lig die enjinkap op en Dok is op sy knieë om onder die kar in te kyk.  Tannie Betsie kom nader om te keer: “Maar Pappa, jy kan tog nie uitmaak wat verkeerd is nie.” En die veiligheidswag dink hy is die groot ekspert: “Nee, Doktor asseblief, laat ek sien.”

Intussen het Dok al klaar opgelet dit is die verkoeler se dop wat nie teruggeplaas is nie. “Betsie,” sê hy, “nou ry jy saam met Mimi terug na die garage waar sy vanoggend volgemaak het en kyk dat sy die regte dop terugkry.” Betsie is toe saam, ja, daar is die dop, sy klim in die ander kar wat agterna gekom het en terug is sy na Libertas.

Dok was vrygewig met my. Ek het soms konserte in Pretoria gehad om geld in te samel vir die Mimi Coertse-beurs. Ek sing verniet, die mense koop kaartjies en die opbrengs gaan om jong sangers oorsee te stuur vir studie. Dok het dan vir my ‘n blanko tjek gestuur met sy handtekening, en ‘n nota dat ek moet invul hoeveel ek dink hy behoort te gee vir die konsert.

Dit het nie heeltemal so maklik gegaan om staatsgeld uit hom te kry nie toe TRUK op ‘n stadium in die nood was met hulle operaseisoen. Dit was omstreeks 1962/1963 wat Bags Cilliers my (namens wie weet ek nie meer nie) afgevaardig het om met dr. Verwoerd te gaan praat oor addisionele fondse en ek was bra teensinnig.

Sê maar die bedrag wat hulle wou hê was R400 000, of so iets. Ek kom by die Eerste Ministerswoning en sê vir Dok ek wil eintlik vanaand bietjie besigheid kom praat. Hy neem my saam studeerkamer toe en haal eers die kussings af want nie een van ons sit graag teen kussings op ‘n bank nie.

Ek stel my versoek en dink by myself: kom nou, Dok, jy kan as jy wil. Hy begin praat, daar is damme wat gebou moet word, daar is armoede en die behoefte is groot. My moed sak. Ek voel vanaand kry ek niks. Uiteindelik sê hy: “Maar ek sal jou darem R200 000 kan gee.” TRUK het gejubel. Die saak was gered.

Dr. Verwoerd het goeie musiek waardeer en het opreg belang gestel in my loopbaan. Hy het my vertel van die operas wat hy as platsakstudent in Duitsland gesien het, onder andere die Berlynse première (nie die wêreldpremière nie) van Der Rosenkavalier van Richard Strauss.

Ek weet nie hoeveel van my konserte hy bygewoon het nie, maar een kan ek baie goed onthou. Dit was in 1960 met die Uniefees in Bloemfontein toe ek spesiaal gekom het om in Rigoletto te sing. Daarna het ek ook nog twee of drie uitvoerings in die Aula in Pretoria gegee. Hy was nog besig om te herstel ná die eerste aanslag op sy lewe by die Randse Paasskou vroeër daardie jaar.

Ek het by Bags Cilliers van die universiteit tuisgegaan. Hier bel Dok uit die bloute en vra vier kaartjies vir Vrydag, twee vir hom en tannie Betsie en twee vir die wagte wat hom moet vergesel. Bags sê dit kan nie, alles is uitverkoop, hy sal hoogstens twee plekke kan organiseer, maar vier is onmoontlik. Ek bel terug. “Kyk,” sê Dok oor die telefoon, “as hy nie vir my plek kan kry nie dan loop ek op die verhoog orals langs jou saam waar jy sing.”

Ek kom by die huis en vertel dit vir my ma. Ag siestog, voor sy haarself kan keer sê sy: “Haai my kind, hy kan dit mos nie doen nie, sê nou maar hulle skiet hom weer en dan skiet hulle jóú raak!”

Die aand ná die uitvoering was daar ‘n onthaal by prof. Rautenach en Dok was ook daar. Ek vertel toe maar as ‘n grap wat my ma op die ingewing van die oomblik krytgeraak het. Sy oë het vol trane geskiet en hy het gesê: “Dis net ‘n moeder wat so kan voel.” Ander mense het toe ná die tyd gefluister dat hulle darem nie geweet het hy kan so bewoë raak nie.

Die eerste keer wat ek hom gesien het ná die skietery was by Libertas. Toe hy by die deur inkom, het ek opgestaan en na hom toe geloop. Hy het mos so ‘n skewe manier gehad om ‘n mens te omarm. Hy sit toe sy arm om my, half aan die een kant, en nadat osn gegroet het, hou hy my vas en sê: “Dit het hier ingegaan en hier uitgekom.” Hy het gesukkel om die woorde te sê, en hy wys my toe verder: “Ek kan nog nie my twee vingers insteek nie. My mond is nog nie heeltemal reg nie, maar verder makeer ek niks.”

Ons het toe nog so ‘n bietjie gepraat oor die skietery. Sy woorde onthou ek nog soos gister: “Die Here het nog planne met my, dis dié dat ek nie dood is nie, ek het nog ‘n paar dinge om te doen.”

Ek was regtig baie na aan dr. Verwoerd. Hy was ‘n nederige man. Wanneer my ouers, Ben en Maria, by die klein tafeltjjie in die restaurant van die parlementshuis gesit het, het hy van die groot tafel waar sy kollegas bymekaar was, opgestaan en by hulle kom sit.

……………………….

Bron: Verwoerd, só onthou ons hom; saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd; 2001.

1 Januarie 2024. Geseënde Nuwe Jaar.

ANB Voorsitter roep die volk tot vertroue op God alleen

Nog ‘n jaar begin waar ons volk steeds in verdrukking is. Nog ‘n jaar waar nog volksgenote op die straat beland, hul werk verloor, jong Afrikaner seuns en dogters wat se drome aan skerwe lê, hul is te wit om vir toelating tot verdere studies… ‘n Nuwe jaar waar Volksgenote in hul huise vermoor en vermink sal word…
Tog wens ons almal mekaar geseënde nuwejaar toe. Hoekom?
Die antwoord lê daarin. Ons glo in die Almagtige God, Vader, Seun Jesus Christus en Heilige Gees God drie Enig…
Geseënde nuwe jaar, mag die Here jou seën… Daar lê ons hoop ons krag en vertroue… Laat U wil geskied.
Ons weet wat wag op ons as volk as Christene, die wêreld se verleidelike uitlokking vir deelname, aan sy genietinge…
‘n Verkiesing wat voorlê, waar almal wat deelneem, elkeen die hand van die ongelowige geneem het, om hul krag en hoop op getalle plaas.
Hoop in die verdrae van die ongelowige se wil, en nie in God alleen nie.
As ek sit en wonder: “Waar sal my hulp vandaan kom?” Dan roep ek uit: My volk, jou hulp kom van die Here wat hemel en aarde geskape het!
Roep ek na my volk, u wat dors het, vertrou op God alleen!
Kom my volksgenoot, verwerp hierdie mense, wat u wil lei in die raadsale van die wêreld! Verwerp die wat u vra om die hand van die ongelowige te neem en jou krag daarin te vind! Verwerp die wat u uitverkoop het vir n paar silwer muntstukke en u nou weer roep na die stembus. Hulle u roep na die raadsale om saam die hoof te buig voor al die afgode van die wêreld!
Ek roep tot my volk: Verwerp die ongeregtigheid! Verwerp hierdie bestel wat uit en uit so saamgestel is op ‘n grondwet om u ‘n slaaf en onderdaan te hou wat tot selfvernietiging sal lei!
Ek roep ek na my volk: Herstel u selfrespek. Ek roep na my volk: Kom, versamel buite die bestel en versamel op die beginsels van christelike afrikaner nasionalisme… Buite die bestel is die eerste tree na vryheid… Met die uittrek, wegtrek van die bestel, met al die vertroue in God alleen en in Sy genade, sal ons berusting vind!
So het ons voorouers uit die bestel weggetrek, in vertroue in God alleen. Hy sal voorsien. Ja, hulle het getrek het tot in die laer van Bloedrivier en nie tot in die raadsale van Dingaan en die Brit nie..
Die jaar gaan groot eise stel aan die ware Christen Afrikaner Nasionalis, laat ons nie verskrik raak nie.
Ons hoop is in God alleen. Hy regeer en daarin lê ons troos.
Aan my volk:
Geseënde nuwe jaar,
ANB voorsitter.

Sal die boom wat Jopie Fourie geplant het weer vrugte dra?

Deur Carel van der Grijp

Die Geskiedenis van ‘n volk is die voedsel wat daardie volk laat groei. Dit is die wortel en anker vir elke geslag. ‘n Volk getrou aan sy geskiedenis bly ook getrou aan sy geloof, sy afkoms en herkoms, sy taal, kultuur en tradisies.

Soos Jopie Fourie dit in sy sterwinsuur op 20 Desember 1914 gestel het: “Die boom wat geplant is en met my bloed benat word, sal opgroei tot ‘n groot boom en sal heerlike vrugte dra”.

In 1453 word Europa lamgelê toe die bestaande handelsroete na die Ooste, Klein-Asië en Noord-Afrika deur die Turke, die vyand van die Christendom, verower is. ‘n Alternatiewe handelsroete moes gevind word.

Eerste bloed in die suidpunt van Afrika

Op 6 Januarie 1488 betree die eerste Witman die suidkus van Afrika by Visbaai. Daarna verskuif Bartholomeüs Dias na Mossebaai vir die inneem van vars water. Inboorlinge bestorm egter Dias en sy matrose en hulle word met klippe bestook. Van die Portugese seevaarders se kant word daar in selfverdediging ‘n skoot geskiet en ‘n inboorling word gedood. Só vloei die heel eerste bloed tussen Wit en Swart aan die suidpunt van Afrika, met die Swartman as die aggressor.

Sowat 164 jaar later, op 6 April 1652, stap Jan van Riebeeck aan wal in die Kaap van Goeie Hoop om ‘n handelstasie op te rig. ‘n Handelstasie wat die wêreld se geskiedenis op byna elke gebied sou beïnvloed.

Die soeke na speserye en ivoor word dus die baanbreker vir die geboorte van ‘n volk, want deur die verloop van die jare het hier ‘n volk ontstaan met sy eie taal, kultuur, geloof en lewens- en wêreld-beskouing. ‘n Volk wat gelouter is deur die eise om staande te bly teen die onderdrukking van die Britse wêreldheersers, wat ook die haat teen die Afrikanervolk aangevuur het onder die Swart bewoners van Afrika.

As ons kyk wat hierdie volk moes verduur, is dit menslik byna onmoontlik dat hulle kon oorleef. Die Afrikanervolk is dus ‘n wonderwerk van God. Ten spyte van al die aanslae om die ontstaan van hierdie volk te verhoed, het hy tog een van die wêreld se voortreflikste volke geword.

Die beproewinge van die Boere op die oosgrens, die Britse besetting in 1806, die vervolging en teregstelling van Boere deur Britse owerhede, die onteiening en herverdeling van plase, die afbrand van en moorde op plase, die verpligte Engelse onderwys en taalbeleid en gelykstelling tussen rasse was niks anders as ‘n totale aanslag nie.

Die beproewings op die Groot Trek het bewys dat die Swart massas 30 jaar na die besetting van die Kaap steeds deur die Britse owerhede en hul sendeling-handlangers in Natal aangevuur is om die Trekkers uit te moor.

Die Slag van Bloedrivier en die Gelofte van 16 Desember 1838 was ‘n keerpunt in die verloop van die geskiedenis. Hieruit het ‘n gevoel van samehorigheid ontstaan en dit is vandag nog steeds die gebeurtenis wat regdenkende nasionalistiese Afrikaners bymekaarbring.

Die volkssmart word ‘n wekroep tot vryheid

Die stigting van die twee Boererepublieke en hul onafhanklikheid vry van die Britse oorheersing was ‘n oorwinning in die Boervolk se stryd. Maar daar sou dit ongelukkig nie eindig nie. Toe kom die Eerste- en Tweede Vryheidsoorloë, die oorwinning by Majuba, die moord op 27927 weerlose vroue en kinders en die afbrand van huise en plase tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Saam met die ewige vervolgingswaansin van die Britse Imperialiste en die stryd ná 1902 vir die behoud van volk en taal, die 1914 Rebellie en die moord op Jopie Fourie was al hierdie historiese gebeure ‘n martelpad vir die Afrikanervolk.

Al hierdie gebeurtenisse het egter ook die volk se wil om te leef en steeds vry te wees laat opvlam. “Die boom wat geplant is en met my bloed benat word, sal opgroei tot ‘n groot boom en sal heerlike vrugte dra”, het Jopie Fourie gesê kort voor hy op ‘n Sondag deur Botha en Smuts se magte doodgeskiet is.

Die teregstelling van Jopie Fourie was ‘n hartseer gebeurtenis in die geskiedenis en dit het die volk aan die hart geruk. Afrikaners wat passief was, het meer betrokke geraak. Botha en Smuts het hul aansien verloor en weer is die geskiedenis van die onreg deur die volk in herinnering gebring.

Digters en skrywers het die pen opgeneem en die geskiedenis berym. Met weemoed is die volk gevul en die wil om vry te wees het herleef, soos dié gedig “Wekroep tot die volk – Jopie Fourie” deur Jan FE Cilliers dit verwoord:

Vriend en vyand en renegaat,

Luister toe! Dis n man wat praat –

Wat ek gedaan het, is gedaan

Met ope oog, soos ek voor jul staan;

sê Jopie Fourie

Ek vrae nie om genade nie,

Transvaal, my land, jou kind is jou

tot in die boeie getrou;

bo slawediens is die eer wat hy begeer.

Ek vra nie om trane of rou vir my;

Ek vra net dat jul trou sal bly

Aan God en sede, volk en taal en ideaal –

En heerlike vrug sal die boom nog dra

Van Suid-Afrika.

Dié boom hét vrugte voortgebring en sy saad is deur die volksmond versprei. Met ywer het die volk gewerk en hul kinders daarvan vertel. Nasionalisme het herleef so ook die strewe om weer hul vryheid terug te win. Op 31 Mei 1961, byna 47 veertig jaar na Jopie se teregstelling, word die vrug ingewin.

Verraad laat vryheid verlore gaan

Die vryheid waarvoor Jopie Fourie sy bors aangebied het, om die koeëls te ontvang met die vaste oortuiging dat God sy dood sal gebruik om die volk tot ontwaking op te wek en sodoende die vryheid te erwe, word 79 jaar na Fourie se teregstelling in Desember 1993 ongedaan gemaak. Toe ontbind die laaste verkose Blanke volksraad en word dit vervang met ‘n tussentydse regering waaraan die ANC deel het.

Die skandalige oorgawe word op 27 April 1994 verseël. Byna 80 jaar na Jopie Fourie se offer verloor die Afrikanervolk sy vryheid. Fourie se vryheidsboom is vergete, onversorg en verwaarloos. Daar vloei steeds Afrikanerbloed, maar dit benat nie meer die vryheidsboom nie.

Vandag, 20 later, staan daardie boom deur onkruid en dissels berank met die verval duidelik sigbaar. Sy takke is besmet met swam en parasiet en hy is stadig aan die verwelk. Die vrugte is min en sonder saad – ‘n toonbeeld van die toestand waarin ons volk vandag verkeer.

Mandela word ‘n wêreld-ikoon

Op 5 Desember 2013 sterf die groot “ikoon” of hedendaagse “messias” en gepryste “vredemaker van die nuwe Suid-Afrika, Nelson Mandela.

Die wêreld is in rou gedompel en hy word met lofsange geprys.

Ook deur sekere Afrikaners wat voorgee om ook “vry” te voel sonder hul Afrikanerskap en die skuldgevoel van apartheid. Hiervoor pryse hulle vir Mandela. Reuse standbeelde word deur die wêreld opgerig. Die wêreld vier sy lewe en daar word gesê dat hy bedank moet word dat die Afrikaners oorwin is en dat daar nooit weer apartheid (“Aparthate”), afsonderlike ontwikkeling, rasse diskriminasie en nasionalisme (alles natuurlik sondes teen die mensdom) in Suid-Afrika toegelaat of geduld sal word nie.

5 Desember 2013 word ‘n dag wat altyd onthou sal word en waaroor kinders regoor die wêreld in die toekoms in geskiedenisboeke as ‘n “hartseer dag” sal leer. Daarmee saam sal hulle leer van die “wreedheid van die Afrikaner” en die “Long walk to Freedom” van hierdie wêreldgod. Die meerderheid Afrikaner sal natuurlik sy kind in die regering se skole plaas en toelaat dat die leuen aan hom geleer word.

Die pilare wankel

Die meerderheid Afrikaners besef en erken vandag dat die voortbestaan van die Blanke – en veral die voortbestaan van die Afrikaner as volk – in die weegskaal is. Die feit is egter dat die skaal oorhel na die uitwissing van die volk. Volgens die “Stop Die Plaasmoorde”veldtog se statistiek is daar ongeveer 68 000 Blankes sedert 1994 in Suid-Afrika vermoor en omtrent ‘n miljoen het die land verlaat.

Daarteenoor is die aanwas vir die Blanke (Afrikaners ingesluit) maar 0,75 % en word daar voorspel dat in 2016 die aanwas op 0% sal wees.

Wil ons nog as ‘n volk voortbestaan? ‘n Volk word gebou op vier pilare: Sy geloof, ras, gemeenskaplike afkoms (geskiedenis) en taal. Indien een hiervan ontbreek, bestaan daar in werklikheid nie ‘n volk nie. Indien een van die pilare begin wankel en nie versterk of gestabiliseer word nie, is die ineenstorting onvermydelik.

Ons wil graag glo dat die Christen Afrikanernasionalis tog nog op die vier pilare geanker is. Die aanslag word by die dag feller en ons word vandag wysgemaak dat die Afrikaner nie raseg is nie.

Kleurlinge word deur sekere groepe as Afrikaners beskou en word daar verder gegaan dat daar self Swart gene in die Afrikaner voorkom. Volgens dié standpunt is die Afrikaner dus eintlik ‘n nie-blanke.

Om alles te kroon is die aanslag op ons taal, Afrikaans, veller as ooit tevore.

Die vraag is wat kan ons doen? Die antwoord is reeds gegee deur dr. DF Malan. “Keer terug. Terug na u volk (Geskiedenis), terug na u volk se hoogste ideale, terug na die pand wat ook aan u toevertrou is om te bewaar”.

Hierdie pand is om God te dien, om Blank te bly en die vryheidsideaal na te streef.

Verwyder dus u kind uit die leerplan van die ANC/SAKP/ Cosatu-alliansie en lei hom terug. Weg van vreemde invloede. Daardeur word die volk gelei op die pad van genesing en herstel.

Kom laat ons daardie onkruid en dissels uit Jopie Fourie se boom verwyder. Kom laat ons die verrotte tak met parasiet en swam uitkap en nuwe lote daar laat uitspruit.

Kom laat ons die boom met ons opoffering benat en weer vrugte laat voortkom. Laat ons die boom se vrugbare saad laat voortplant om weer vrugte van ware Christelike Afrikanernasionalisme te dra en daardeur sal die pad na vryheid bewandel word.

……………………………..

Bron: Uit ANB Nuusbrief nr.50, April 2014. Gaan blaai gerus bietjie deur die volle nuusbrief by hierdie skakel.

Die Leeu van die Waterberg: adv. Hans Strijdom

(Deel 1)

“Dit was twee dae voordat  Suid-Afrika se vyfde premier aangewys sou word. Die hele land het gegis oor die drama wat hom in die komende week sou ontplooi. Agter die skerms was daar drukke beraadslagings oor wie dr. D. F. Malan sou opvolg. Om gereed te wees vir gebeurlikhede wou ek ‘n paar foto’s van Hans Strijdom en sy gesin maak. Deur bemiddeling van ‘n kabinetsminister het ons ‘n afspraak gereël, want Strijdom, wat pas van Europa af teruggekeer het, wou geen koerantman te woord staan nie.

Eindelik was die Strijdom-gesin gereed. Die fotograaf het oorgehaal, maar die kamera moedeloos laat sak. “Almal lyk so vreeslik ernstig,” het hy gekla.

“Glimlag ‘n bietjie, Hans,” het mev. San Strijdom haar eggenoot aangespreek. “Jy lyk darem te ernstig.”

Suid-Afrika se aangewese Premier het die oorslaanbaadjie van sy donker pak reggetrek en sy das nog ‘n keer verskuif. “Maar, vrou, jy weet tog dat ek ‘n ernstige man is,” het hy hom verweer. Dit is half skertsend gesê, want ‘n breë glimlag het sy gesig geplooi.

Maar onbewus het Hans Strijdom daardie dag self sy eie lewensbeskouing opgesom. Wat hy doen, doen hy met ‘n erns en toewyding wat min van sy kollegas by hom vermoed het toe hy byna dertig jaar gelede uit die agterbanke van die Volksraad opgestaan het om sy nooienstoespraak te lewer.

Só het sy politieke vriende en teenstanders Johannes Gerhardus Strijdom oor baie jare leer ken. Sy doelgerigtheid het hom voorbestem vir wat hy vandag is, en wat hy bereik het, het hy verower deur ernstige arbeid.” (1)

Sy opgroei

“…(Hans) was maar ‘n kwajong en het baie slae van sy vader en moeder gekry, dikwels omdat hy so eiesinnig was en dinge volgens sy eie manier wou doen… Dikwels het sy moeder hom gemaan: “Hans, trek aan jou skoene; die dorings sal jou steek.” Sy enigste reaksie was dan: “Bring die dorings en laat hulle my eers steek!” (1)

Hy het op Willowmore skoolgegaan, en was ‘n skrander leerling. Vir hoërskool opleiding het sy vader die jonge Hans na die geskiedkundige skool op Franschhoek gestuur. Op dié skool het so ‘n sterk Vaderlandsgees geheers dat “…gedurende die paar jaar dat Strijdom daar was, klagte (was) van die Onderwysdepartement oor die ‘dislojaliteit’ in die skool.” (1)

“Op Stellenbosch (1910-1912) het hy dadelik ingeskakel by dié deel van die studentesamelewing wat daarna gestreef het om die Afrikaner tot sy reg te laat kom. Hoewel hy nooit een van die leiers was nie, het hy aktief deelgeneem aan debatsverenigings en ander kultuursake. As debateerder was hy moeilik te klop. Hy het baie met sy studentemaats geargumenteer. Hy was ‘n pligsgetroue student, maar het nie nodig gehad om baie hard te werk nie. Tog het hy die eksamens met groot sukses afgelê. Hy was 18 jaar oud toe hy die graad B.A. behaal het.

Op die Rugbyveld was hy ‘n doring. Hy het langs sy vriend, Stephen le Roux senter gespeel. Daar het hy “…dieselfde toegewydheid en bestendigheid geopenbaar as wat sy openbare loopbaan in later jare gekenmerk het.” Tennis het hy ook graag gespeel en het altyd ‘n lewendige belangstelling in dié sportsoort gehad.

Na hy sy graad behaal het, het hy met volstruise in die distrik Willowmore gaan boer. Maar hy was skaars aan die gang toe die volstruismark in duie stort. Gelukkig kon hy op sy geleerdheid steun sodat hy in 1914 na Pretoria verhuis om staatsprokureur te word.

Die Eerste Wêreld Oorlog

Augustus 1914 word Suid-Afrika deur die Britse regering versoek om ‘n sekere deel van Suid-Wes-Afrika te gaan inneem. Hierdie tyd kan as die enigste periode beskou word waar Hans deur andersdenkendes verplig was om in stryd met sy gevestigde opvattings te handel. As 21-jarige was Hans Strijdom nog onderhewig aan die verpligte militêre diens van die Verdedigingsmag. (2)

Hy het egter nooit teen die Rebelle opgetree nie, en het botweg geweier om aan die militêre oefeninge vir die staatsamptenare deel te neem.

Na die Rebellie bekamp is deur die regering, word Hans opgeroep vir diens in die 6e Mediese Brigade Veldambulans. Daar was hy betrokke “…van 13 November 1914 af tot 26 Februarie 1915 en was onder die bevel van Engelse offisiere wat die lewe vir hom so ondraaglik gemaak het vanweë sy openlike teenkanting teen die Regering se oorlogsbeleid, dat hy aansoek gedoen het om oorgeplaas te word na een van die burgerkommando’s wat onder die leiding van Afrikaneroffisiere gestaan het.” (2)

So is hy op 27 Ferbruarie 1915 ingedeel by die Helgard-Verkenningskorps, deel van die 3e Berede Brigade (regtervleuel), onder die bevel van kaptein Helgard de Jager. Op 15 April is hy van gewone manskap tot korporaal bevorder, en op 9 Augustus 1915 het sy dienstydperk tot ‘n einde gekom.

Nylstroom toe

Hy het baie belanggestel in die toneel-bedryf, en op so ‘n geselligheid het Hans vir Margaretha van Hulstein, ‘n Londonse toneelkunstenaar wat onder die naam Marda Vanne opgetree het, ontmoet. Die twee was gou dolverlief en verloof kort daarna. Sy was die dogter van sir Willem van Hulstein, ‘n bekende mynbaas van die Goudstad en Engelse edelman.

Toe die getroude paartjie in Mei 1918 na Nylstroom verhuis, het daar egter krakies in hul huwelik verskyn. Margaretha kon haar nie by die platteland aanpas nie, en die twee is sonder enige kwade gevoelens geskei. Geen kinders is uit die huwelik gebore nie. (3)

In 1918 is Hans as advokaat tot die Kaapse Balie toegelaat, maar hy het nooit as advokaat gepraktiseer nie. Hy het egter aansoek gedoen, in Afrikaans, by die Hooggeregshof in Pretoria om as prokureur toegelaat te word. Dit is goedgekeur.

Hy was waarskynlik ook die eerste prokureur wat ‘n huwelikskontrak in Afrikaans opgestel het. Toe hy die kontrak by die Akteskantoor indien, het die Registrateur geweier om dit te registreer. Eers na ‘n bevelskrif van die Hooggeregshof is sy aansoek toegestaan.

As nuweling op Nylstroom het hy aanvanklik maar gesukkel om sy praktyk aan die gang te kry, maar weldra het sake verbeter en het hy ‘n bloeiende praktyk opgebou.

Sy belangstelling in die boerdery was nog altyd sterk. Hy het die plaas Elsjeskraal op die Springbokvlakte gekoop en naweke geboer. Hier was hy altyd op sy gelukkigste. Later het hy ook op die plaas Sandvlakte naby Warmbad, saam met sy broer Raymond geboer. Daar het hulle veral met Friesbeeste geteel en op groot skaal gesaai.

Van 1923 tot 1929 was hy voorsitter van die Waterbergse Landbougenootskap. Maar nadat hy tot Volksraadslid vir Waterberg verkies is, hy nie meer kans gesien om sy aandag aan die boerdery te wy nie en het hy uitgetree. (3)

In die Volksraad

“Toe genl. Hertzog die destydse Volksraadslid vir Waterberg, Piet le Roux van Niekerk, na die Senaat bevorder, moes die kiesers van Waterberg in 1929 vir hulle ‘n nuwe kandidaat soek. Hul keuse het eenparig op Hans Strijdom geval, maar hy het nie lus gehad om Parlement toe te gaan nie. Hy moes uiteindelik omgepraat word. Die feit dat Stephen le Roux (sy vriend) reeds ‘n paar jaar vantevore Volksraad toe is, het sy besluit vergemaklik.” (3)

Toe hy egter besluit het om hom verkiesbaar te stel, het hy sy volle gewig by die saak ingewerp. In die verkiesingstryd het hy die oorwinning van sy voorganger bestendig deur 1156 stemme op hom te verenig teenoor 573 stemme vir sy teenstander, die kandidaat van die SAP.

As jong agterbanker in die Parlement, het Hans Strijdom aandag getrek deur die vuur en skerpheid van sy toesprake. Sy eerste toespraak het hy op 29 Julie 1929 in die Volksraad gehou. Hy het gepraat oor waterbewaring en besproeiing, ‘n saak wat hom sy lewe lank na aan die hart was. Hy het gepleit dat die regering “…’n duidelike besproeiingsbeleid vir die hele Suid-Afrika (moet) formuleer” en dat daar met die oog op waterbewaring, sonder versuim ‘n besproeiingsopname van die land gemaak word.

Dat dr. Malan in 1948 die portefeulje Lande en Besproeiing (nou Waterwese) aan adv. Strijdom toegewys het, is dus nie toevallig nie. Baie van die dinge wat hy as agterbanker bepleit het daardie jare, het hy as Besproeiingsminister ten uitvoer gebring. Dwarsdeur die jare was hy ‘n groot kampvegter vir die regte van die boere.

“Wat die politiek betref, het Strijdom tot die sogenaamde republikeinse vleuel van genl. Hertzog se Nasionale Party behoort. Hierdie vleuel, bestaande uit die jonger garde onder leiding van dr. N. J. Van der Merwe, is reeds vóór Strijdom se toetrede tot die Volksraad deur genl. Hertzog oor die kole gehaal oor hulle uitgesprokenheid.”(3)

Die mislukking van sy eerste huwelik “…was vir Strijdom ‘n hewige skok, maar die reaksie het hom reguit na sy bestemde loopbaan gestuur. Dit het hom met groter toewyding aan die saak van die Nasionale Party laat ywer.” (3)

Kort voordat hy tot Volksraadslid verkies is, het hy en die predikantsdogter San de Klerk mekaar ontmoet. Hulle is aan mekaar voorgestel net nadat hy skeidsregter by ‘n rugbywedstryd was. Toe Hans na die eerste Sitting in die Kaap terugkom op Nylstroom, het hy onthou van die bruinoog-nooi en haar gaan opsoek. Hy was heelwat ouer as almal in haar vriendekring, maar hy het hom nie daaraan gesteur nie. Twee jaar later, in 1931, is hulle getroud.

Hans Strijdom het eindelik ‘n “…hawe gevind waar die branders altyd kalm was en die persoon van alle persone gevind wat hom sy hele loopbaan in die huis en op die verhoog sou bystaan.” (4) Dinge het dadelik by die huis goed gegaan, maar dit het nie so goed in die politiek verloop nie.

Suid-Afrika is van die goudstandaard afgedwing, groot droogte het in die Noord-Transvaal geheers, en die eerste klankies van ‘n koalisie met die Sappe, waarin adv. Strijdom so ‘n renons gehad het, het geklink. Hans Strijdom se lang en moeisame verblyf in die politieke woestyn het begin.

Nat en Sap smelt saam

 Op die Nasionale Party se kongres, 9 Augustus 1934 te Pretoria, was dit duidelik dat die oorgrote meerderheid ten gunste van die koalisie is. Hy en ‘n klein groepie Nasionaliste, onder aanvoering van mev. E.G. Jansen, hyself en L.J. du Plessis, het geen twyfel gehad oor hul standpunt i.v.m. ‘n koalisie tussen die SAP en die Nasionale Party, nie.

Hans Strijdom het sy kans afgewag om ook sy bydrae te lewer: “’Ek was van die begin af gekant teen Samesmelting om dieselfde redes as wat genl. Hertzog die vorige jaar teen koalisie was,’ het hy gesê. Verder het hy nie gekom nie. Die voorsitter het ontdek dat Strijdom selfs nie die afgevaardigde van Waterberg is nie, maar slegs die secundus. Die afgevaardigde, mnr. M. Bakker, was in daardie stadium self in die saal en die voorsitter het Strijdom se reg betwis om te praat terwyl die afgevaardigde aanwesig was. Sy beslissing het ‘n opstootjie laat ontstaan, maar Strijdom is nie toegelaat om verder te praat nie.”

Nadat die saak bepraat is, is besluit om te stem oor die vraag of die twee partye moet saamsmelt. Die uitslag was verpletterend vir die minderheid: 281 stemme teenoor 38.

Die 38 het hulle uit die kongres onttrek en in die klubsaal van die Polleys Hotel hul eie verrigtinge voortgesit. Hulle het besluit om die Nasionale Party voort te sit, ‘n nuwe hoofbestuur van sewe gekies. Hans Strijdom was een van die sewe, en as die party se enigste Volksraadslid in Transvaal, is hy ook aangewys as lid van die Federale Raad.

“…Die besluit wat Hans Strijdom en sy kollegas daardie dag geneem het, het moed vereis. Die stroom waarteen hulle moes swem, was sterk. Hoè sterk, het hulle eers later besef toe daar begin is om die Nasionale Party van onder af op te bou.

Nadat die formaliteite afgehandel is, het sen. Stoffberg gevra of hy iets kon sê. ‘Na wat vandag gebeur het, weet ons dat Hans Strijdom nie soos ander leiers bolmakisie sal slaan nie,’ het hy gesê. Die ander het luid toegejuig.”( 5)

(Word vervolg)

………

Saamgestel deur R. Vorster

………

Bronne:

  1. Hans Strijdom, Lewensloop en Beleid van Suid-Afrika se Vyfde Premier; Gert Coetsee; 1958; bl. 9-12.
  2. J.G. Strijdom, Sy politieke loopbaan van 1929 tot 1948; J. L. Basson; 1980; bl. 12-15.
  3. Hans Strijdom, Lewensloop en Beleid van Suid-Afrika se Vyfde Premier; Gert Coetsee; 1958; bl. 14-16.
  4. Ons eerste ses Premiers, ‘n persoonlike terugblik; Piet Meiring; 1972; bl.100-105
  5. Hans Strijdom, Lewensloop en Beleid van Suid-Afrika se Vyfde Premier; Gert Coetsee; 1958; bl. 22.

Jaap Marais 100, Gedenklesing

Deur Koos Venter op Saterdag 12 November 2022 tydens ANB Jaarvergadering

jaap-marais-822x675-2014217340

Oom Jaap Marais sou vanjaar, 2 November, 100 jaar oud geword het. Die meeste van ons vandag hier teenwoordig het oom Jaap geken en saam met hom gewerk.
Ons kan tot vanaand donker praat oor al sy goeie hoedanighede en sy stryd. Maar ek wil graag ‘n vinnige oorsig gee oor ‘n paar aspekte van sy lewe as volksleier. Dan wil ek graag die volgende vraag beantwoord: “Hoe gebruik ons Jaap Marais se nalatenskap vir die toekoms? Wat is dié merkwaardige volksman se boodskap aan die jonger mense?”

Een van die groot voordele van Oom Jaap se aanslag as leier was sy werk as skrywer. Ons gebruik almal vandag nog sy toesprake en gesegdes. Ongelukkig het hierdie feit ook sy nadele gehad, want baie van sy volgelinge was so afhanlik van sy dink- en skryfwerk, dat hulle nooit geleer het om self onafhanklik te dink en sake te ontleed nie.
As voorbeeld kan ek noem wat destyds in die binnekring van die HNP gebeur het enkele maande na sy dood. Toe ons by die party se Beplanningskomitee-vergaderings hier teen einde Januarie 2001 begin bespreek wat die kongres-tema van daardie jaar moet wees, sit die manne wat al die jare saam met Oom Jaap gewerk het vir mekaar en kyk. Hulle het nie geweet waaroor ons moet praat nie, want Oom Jaap het altyd so sterk gelei, dat hulle gewoonlik gesit en wag het dat hy ‘n voorstel maak. Dan sê almal dis reg, ons maak so.
Dít is die gevaar van so ‘n sterk leier – op die ou einde kry mens ‘n klomp ja-broers rondom hom wat nie krities kan dink nie. Na Oom Jaap se dood het hulle vinnig saam met die nuwe leier die pad byster geraak, want hulle het nie die moed van hul oortuiging gehad om dié nuwe leier teen te staan toe hy koers verloor nie.

Ek wil dus graag hê dat ons moet leer om soos ‘n Jaap Marais te dink en te ontleed, sodat die volgende geslag kan weet hoe om die leiding te neem. Dit is eenvoudig as jy die beginsels verstaan en die kennis het.

Party mense het op Oom Jaap se begrafnis gesê dat hy die beste Eerste Minister was wat Suid-Afrika nooit gehad het nie. Ander het hom ‘n profeet genoem. Ons het hom geken as ‘n visioenêre en beginselvaste leier. Maar bitter min mense besef die konteks van Oom Jaap se lewestaak in die geskiedenis van die Afrikanervolk.
Besef ons dat as Jaap Marais ná 1977, toe hy leier van die HNP geword het, nie dáár was nie – as hy soos ander voor en na hom ook onder druk gevou het – sou 27 April 1994 waarskynlik al iewers in die 1980’s gebeur het?

Hierdie is nie ‘n wilde, ongegronde stelling nie. PW Botha en sy makkers het die grondwet waarmee hulle die Indiërs en Kleurlinge deel van die regering gemaak het, alreeds tien jaar vroeër geskryf en in 1984 (ná die referendum van 1983), geïmplimenteer. Die leierskap en optrede van net een man wat sy party geïnspireer het en – selfs nadat hulle sy party probeer vernietig het met die stigting van die KP – steeds by die suiwer beginsels van Afrikanernasionalisme vasgestaan het, het die oorgawe vertraag.

Ons ken mos ook die latere geskiedenis. Ons weet hoe oom Jaap se eie voorstel gevat en omgedop is, en ‘n valse “Afrikaner Volksfront” gestig is om uiteindelik vir Constand Viljoen en “Die Generaals” in te bring, sodat die volk by die 1994 se verkiesing moet uitkom. Ons ken die rol wat oom Jaap daar gespeel het. Weereens was dit een man wat vasgestaan het en die bedrog in “regse” geledere stuk vir stuk ontbloot het.
Ek weet nie hoeveel van julle dit geweet het nie, maar daar was mense wat in die HNP se Dagbestuur gesit het – onder andere manne soos Koos Hough en Danie Varkevisser – wat oom Jaap kwalik geneem het oor sy standpunt en optrede teen die Afrikaner Volksfront. Hulle wou hê die HNP moes deel word van die Volksfront.
Oom Jaap het egter gesê: “Ek ruik rot. Hier is moeilikheid”.
Hy het vrae gehad oor die “Generaals” en ander bedenklike karakters wat skielik deel van die ”regse” stryd geword het. Omdat hy die kennis gehad het, kon hy die regte besluite neem. Een man se optrede in daardie era het waarskynlik ‘n verskil gemaak wat later in ons geskiedenis deurslaggewend gaan wees, want die volgende geslag sal ontdek dat daar wel ‘n alternatief was!

Oom Jaap verdien al die goeie dinge wat oor hom gesê word. Maar hy het ‘n baie eenvoudige resep gehad. Die kern van hierdie resep is die suiwer beginsels van nasionalisme.

As ons elkeen ons eie familiegeskiedenis gaan bestudeer, verstaan ons baie keer nie ons oupagrootjies nie en oordeel ons dalk maklik. Maar mens moet altyd die saak oordink binne konteks van die tydperk in die geskiedenis waartydens hulle geleef het.
Die eerste geslag na die Tweede Vryheidsoorlog het gewroeg met sekere dinge, veral met die dood van geliefdes en die verwoesting van alles wat met harde werk opgebou is. Hulle het beslis ook gewroeg oor die regverdigheid van God. Dis ‘n logiese menslike emosie.
Daardie geslag het geloofsvrae gehad. Ons besef dit nie aldag nie, want dis nie noodwendig so deur die geskiedskrywers opgeteken nie.

Maar dink uself in – jy is ‘n Godvresende persoon wat volgens jou geloofsoortuigings probeer lewe. Jy is ‘n boer met sewe kinders. Dan word jy deur die aggressie en gierigheid van ‘n wêreldmoondheid gedwing om oorlog te maak om jou land en volk se reg te verdedig. Ná die oorlog kom jy uit krygsgevangeskap terug vanaf St. Helena of Ceylon en hier is niks oor nie. Nie ‘n vrou wat op jou wag nie. Sy en jou kinders is almal dood.
Of dink aan die lot van die Boervrouens en hul ontberigs in die konsentrasiekampe. Sommige het net ‘n paar kinders verloor. Sommige het al hul kinders verloor. Baie se mans is op die slagveld oorlede. Dan was daar nog die onnoembare optredes van die Engelse soldate en die Joiners in die kampe! Dink aan die emosies van daardie mense in die dekades ná die oorlog, asook die effek wat dit op die geslag direk na hulle gehad het.

Ons is almal mense, maar ons het nie altyd die kennis om perspektief oor daardie geslagte van ons volk se werklikhede te kry nie. Die hartseer en rou moes iets aan ons voorouers gedoen het en tog het hulle nie die pad van humanisme – soos so baie mense vandag – gekies nie. Bittemin van hulle het hul geloof verloor of God begin verloën, soos ons deesdae gereeld onder Afrikaners sien gebeur.
Hulle het eerder gekies om die dankbaarheidspad van Habakuk te bewandel. Die pad wat so beskryf word in Habakuk 3: 17-19, wat so lui: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil. Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes.”

Oom Jaap Marais is gebore in 1922 as deel van daardie besondere eerste geslag na die Tweede Vryheidsoorlog. Sy pa was op St. Helena. Hy was lid van die Vryburg-kommando wat ongelukkig gedwing is om saam met genl. Piet Cronje oor te gee, hoewel dit teen sy eie wil was.
Oom Jaap se ma was in die konsentrasiekamp op Klerksdorp. Hy was dus deel van ‘n geslag Afrikaners wat nog direk kontak gehad met mense wat eerstehands die oorlog beleef het. Sy pa kon nog vir hom presies vertel wat gebeur het op die slagveld en sy ma kon vir hom presies vertel hoe dit was in ‘n konsentrasiekamp.

In plaas van om, soos baie ander gesinne, uit nood stede toe te trek, het oom Jaap se ouers op die plaas gebly en voor begin. Die voordeel daarvan vir oom Jaap was dat hy sonder blootstelling aan al die buite invloede, in ‘n nasionalistiese huis groot geword het.
Soos dit maar altyd gaan met ‘n volk as dit te goed met hom gaan, het ons as Afrikaners later jare begin dink dis ons reg om universiteit toe te gaan. Oom Jaap was nooit op universiteit nie. Hy het gaan werk en buitemuurs gestudeer. Hy het eers ‘n diploma verwerf en later ‘n B.A. graad met – onder andere – regsvakke, gedoen. As jongman het hy by verskeie instansies gewerk as sekretaris. Hy was baie goed met administrasie, wat waarskynlik die grondslag gelê het vir sy vermoëns as aktiewe skrywer in sy latere lewe.

Ek het die besonderse voorreg gehad om vir amper agt jaar aan die voete van Jaap Marais te leer. Ek was ook nie universiteit toe nie, en het op eie koste na-uurs by die destydse Technikon RSA gestudeer. Maar in die tyd wat ek saam met Oom Jaap gewerk het, het ek waarskynlik genoeg kennis en ervaring opgedoen om ‘n hele paar grade te verwerf in onderwerpe soos politieke wetenskap, internasionale politiek, geskiedenis, genetika, sosiologie, letterkunde en die Afrikaanse taal. Dit wat ek by oom Jaap geleer het, was meer werd as enige kursus wat hierdie onderwerpe op universiteit aanbied.
As jy gaan kyk waar die liberale joernaliste beland wat politieke wetenskap of internasionale politiek bestudeer… die meeste van hulle word “handperde van die kommuniste”, soos Jaap Marais sou sê. Maar by hom kon ‘n mens koers en perspektief kry. Daar was nie ‘n beter leermeester as hy nie.

Ek het die voorreg gehad om ‘n paar keer saam met hom te werk in sy studeerkamer. Hy het ‘n groot L-vormige studeerkamer gehad met ‘n baie waardevolle boekversameling. Dit kon rofweg in drie kategorië opgedeel word – Afrikaanse en Engelse letterkunde, politiek en geskiedenis en dan ook ‘n persoonlike lessenaar, waar hy onder andere sy literatuur oor onderwerpe soos genetika, honde, perde ens. aangehou het.
Dit was by sy politieke lessenaar waar hy die meeste tyd deurgebring het. Daar, omring deur sy politieke- en geskiedenis boeke het hy sy aktuele politieke skryfwerk en korrespondensie gedoen.
Almal van ons weet hoe kon hy sy politieke opponente of openbare figure soos Wimpie de Klerk, Willie Esterhuyzen, Frits Kok of ds. Henno Cronje van die ATKV pakslae gee as hy hulle deur middel van sy korrespondensie aangevat het oor hul verraderlike optrede teen die Afrikanervolk.

Die letterkunde was een van sy groot belangstellings en stokperdjies, maar hy kon dit soms ook vermeng met sy politieke oortuigings of skryfwerk. Soos sy voorliefde vir die werke van Langenhoven en NP van Wyk Louw. Hiervoor het hy gewoonlik sy lessenaar in die letterkunde-afdeling van sy studeerkamer gebruik.
Dan was daar die lessenaar by die boekrakke vol boeke wat die temas van sy stokperdjies behandel het. Die grootste daarvan was sy liefde vir diere en sy belangsteling in die genetika. Vroeër jare was hy baie bekend as budgie-boer, wat by verskeie skoue pryse gewen het met die voëls wat hy geteel het.

Ek onthou nog goed hoe iemand eendag in die Mail&Guardian koerant ‘n aanval gemaak het op Boerboel honde. Oom Jaap het gaan sit en vir daardie persoon ‘n deeglike brief geskryf oor die geskiedenis van dié honderas. Hoedat mense as gevolg van gierigheid die Boerboele verkeerd begin teel het. Hy het onomwonde verklaar dat ‘n opreg-geteelde Boerboel byvoorbeeld nooit ‘n kind sal byt nie.
Hy het perde ook besonder goed geken. Sy broer oom Joppie, het renperde geteel in die Noord-Kaap. Kobus van Tonder, Oom Jaap se privaat-sekretaris, het een keer vir ons vertel dat Oom Jaap, wanneer hy by sy broer gekuier het, die perde bestudeer het. Op ‘n dag stap hy deur die stal en sê aan Oom Joppie dat hy ‘n spesifieke merrie en ‘n hings wat hy ook aangewys het, bymekaar moet bring. Oom Joppie het aanvanklik gelag en geprotesteer, maar later wel sy broer se raad gevolg. Die resultaat was ‘n kampioen perd wat groot sukses op die renbane behaal het.

Ek wil net gou vinnig aanbeweeg na die nag van Oom Jaap se dood in Augustus 2000.
Toe die ambulans hom kom haal, nadat hy in die badkamer in duie gestort het, het hulle probeer om vir hom ‘n suurstof-masker op sy gesig te sit. Hy het dit egter afgeruk met die woorde: “Los my uit”! Ek is tot vandag toe oortuig dat hy wou sterf. Hy het geweet sy einde het aangebreek en dat sy taak is volbring is.
Bertus Radford het agterna eendag vir my ‘n video gewys van een van oom Jaap se laaste toesprake, waarin hy ons weer gewaarsku het teen die stryd wat kom – dat daar weer ‘n aanslag gaan wees op die HNP. Hy was nie die tipe mens wat nie kans gesien het vir wat kom nie, maar dit is hom gespaar om met sy vriend Willie Marais te baklei.
As mees aktiewe skrywer van sy tyd, was sy taak volbring.

Die boodskap aan jong Afrikaners van vandag is: Alles wat jy nodig het vir die toekomstige stryd, het Jaap Marais vir jou opgeteken.
Daar is onder andere die boekie “Afrikanernasionalisme en die Nuwe Suid-Afrika” (nou ook beskikbaar in PDF formaat), en dan is daar ook die twee boekies wat Willie Bienedell uitgegee het, wat van oom Jaap se belangrikste geskrifte en uittreksels uit toesprake bevat.
Oom Jaap het ook vir ons die feite van die NP se geskiedenis in sy boek “Era van Verwoerd” opgeteken. Daardie boek is goud werd, en ons gaan dit nog terdeë in die toekoms besef.
Daar is vandag by die moderne Afrikaner ‘n dringende soeke na die waarheid. Daar is so baie mense onder ons wat rondkyk en te midde van die mislukkings van die ANC/SAKP/Cosatu-regime vra: “Hoe het ons in hierdie situasie beland?” Die geskrifte van Jaap Marais het die antwoord. Dit moet net by die soekendes uitkom.

Nadat Jaap Marais se taak volbring was, het almal gesê: “Wat nou? Wat gaan ons nou doen?” En dis een van die vrae wat ons as ANB nou die meeste kry.
Die mense vra aan ons: “Wat doen julle? Julle doen niks nie, julle is net daar.” Maar dis reg, op hierdie stadium beset en beskerm ons die basis van Afrikanernasionalisme. En dis die belangrikste. Ons het tot ons beskiking elke stukkie ammunisie wat ons nodig het. Ek glo vas dat mense gaan terugdraai en gaan soek vir die antwoorde.

Die jonger generasie in hul twintigs, vra soms vandag waarom ons nie meer baklei het teen die oorgawe nie. Of waarom het ons dit toegelaat? Ons het die taak om aan hule te verduidelik hoe die verraad gewerk het. Wat die invloed van die media was.
So baie mense is deur TV en ander vorms van die media beïnvloed. Noudat daardie mense se vriende en familie vermoor word, hul kinders nie werk kry nie en die oumense alleen sit, want hulle kinders het oorsee gevlug… nou wonder hulle: Maar hoe het dit dan gebeur? Ons het die antwoord vir daardie mense. Hulle het dit misgeloop want hulle was deel van die misleide massas wat die lekker dinge in die lewe nagejaag het in die era toe Afrikanernasionalisme hulle die nodigste gehad het.
Die belangrikheid vir ons jongmense is dat hulle hierdie skat van antwoorde tot hulle beskikking het en hulle het die beginsels van Afrikanernasionalisme. Hierdie twee dinge moet saamloop sodat hulle uiteindelik die volk sal kan lei in die toekoms.

Oom Jaap het teen die einde van sy lewe aanhou waarsku dat die huidige kommunistiese stelsel onder ANC-beheer in duie gaan stort. Veral op derde vlak regering. In die nasionale parlement sit politici wat net praat en wette maak. Maar dié wat die dienste op derdevlak regering moet lewer – die munisipaliteite – dit is hulle wat die stelsel in duie gaan laat stort. En nou sien ons dit gebeur.
Ons moes die afgelope week hoor daar is nie ‘n enkele strand in Natal wat die “blou vlag” status kon kry nie. Met ander woorde, niemand gaan meer in Natal kan vakansie hou nie, want rou riool spoel in die see in wat mense kan siek maak. Orals om ons val alles uitmekaar. Hoe lank kan dit nog so aangaan?
Dít is waarteen oom Jaap gewaarsku het.

Maar hy het ook gewaarsku teen die planne van die spioenasie- en intelligensiedienste. Kyk ons vandag – 18 jaar na die skeuring van die HNP in 2004 – na die koers van Afrikaners se politieke denke en die alternatiewe wat slegs konsentreer op “minderheidsregte”, sien ons waarom die HNP vernietig moes word onder Willie Marias. Ons sien die rol van die sogenaamde vegters van “minderheidsregte”.
Gaan kyk bietjie na die HNP se pasgestigde YouTube kanaal. Gaan luister bietjie na die laaste twee toesprake van Oom Jaap in 2000. Hy het weer gewaarsku en gesê hier kom weer ‘n aanslag op die HNP.

Terwyl ons in die stryd was, het ons dit nie besef nie, maar agterna kan mens nou duidelik sien hoe die aanslag en uiteindelike skeuring van die HNP beplan was. Met die hulp van die intelligensiedienste is Willie Marais ge-“lobby”. Hy was ‘n man met ‘n baie groot ego en die intelligensiedienste het daarop gefokus. Hulle agente het vir hom vertel dat hy as ‘n groot leier onthou sal word as hy “eenheid” vir Afrikaners sou bring. Maar hy het nie genoeg kennis en insig gehad om te besef teen watter prys – die vernietiging van die beginsels van Afrikanernasionalisme – hierdie “eenheid” sou gepaard gaan nie.

Die HNP was in 2004 weereens ‘n bedreiging vir die magte agter die skerms. Daar het ‘n miljoen mense daardie jaar nie gaan stem nie en die HNP, met sy “Kies reg, Bly Weg!”-veldtog, was die enigste party wat Blankes gevra het om nie deel van die stelsel te word nie. Die vyand van Afrikanernasionalisme se probleem was juis dat die HNP op die beginsels van Afrikanernasionalisme gestaan het en dat hierdie beginsels weer vir Afrikaners aantreklik begin word het.
Daarom moes die party finaal vernietig word, sodat dit in die denkraamwerk van Afrikaners vervang kon word met die humanistiese “menseregte” en die polities-korrekte idee van “minderheidsregte”.

Soos voorheen, is hierdie beginsels op alle vlakke vir Afrikaners gevoer. Kyk maar hoe gaan dit deesdae in die ‘lekker kerke’. Alles draai om die mens, die enkeling. Nie om die groep of die volk nie. Hulle hele boodskap is dat die lewe oor jou gaan. En dis verkeerd, want die mens is op aarde gestel om God te verheerlik, nie om homself te plesier of te bevoordeel nie. Dié ‘kerke’ vertel vir jou wat kan hulle vir jou, as mens, doen. Sê net “Ja vir Jesus!” en gooi ‘n paar randjies in die kollekteblik, dan gaan al hierdie goeie dinge met jou gebeur. Dít is ongelukkig die dwaalleer waaragter so baie Afrikaners deesdae aanhardloop.

Deur die jare is die Afrikaners voorberei op hierdie humanistiese uitkyk op die lewe, waarteen Oom Jaap  ons aanhou waarsku het. Die boekie, ‘Afrikanernasionalisme en die nuwe Suid-Afrika’, is goud werd. Gaan lees bietjie wat Oom Jaap hierin sê oor menseregte en volkeregte.

Só het die 2004 aanslag dan gekom om die pad voor te berei vir die ridders van “Burgerregte” en “Minderheidsregte”, wat die beginsels van nasionalsime versaak. Nou sê die mense vir ons as ANB: “Wat doen julle? Hierdie nuwe organisasies vat darem die regering aan in die hof!” Maar dis al wat hulle doen. Hulle hardloop hof toe met alles en uiteindelik verander niks, behalwe die geldkoffers van die regspraktisyns.
Die liberale media en politici het voor 1994 vir ons gesê: “Ten minste gaan ons ‘n regstaat hê. Die grondwet gaan ons beskerm, so die ANC gaan nie ons land kan omkeer nie.” Wat baat hierdie klug oor ‘n “regstaat” ons vandag, na byna 30 jaar van ANC-tirranie? ‘n Korrupte terroris en bedrieër soos Jacob Zuma word al vir meer as 20 jaar aangekla in die howe.  Van die 1996 wapenskandaal af. Hy was ‘n paar dae in die tronk, en toe brand hulle Natal af. Is dit ‘n reg-staat? Wat beteken die hof vir Suid-Afrika vandag?

Jaap Marais het die beginsels vir ons vasgemaak, en neergepen. Hy het die geskiedenis vir ons in perspektief gestel. Ons kan met trots vandag die leuens uitwys oor die tyd van dr. Verwoerd. Hy het vir ons die voorbeeld gestel van die Bittereinders van die oorlog.

En nou kom ons by die belangrike ding: die boodskap aan die jongmense. Ons weet almal oom Jaap het gewaarsku dat die stelsel in duie sal stort. Maar daar is ‘n ander kant – die mens se psige.
Ons is nie almal net fisies ingestel nie. Ons weet dat die grootste skade wat aan die Afrikanervolk gedoen is, is aan sy psige. Ons het ons selfrespek verloor. Terwyl oom Jaap gewaarsku het dat ons, onsself fisies moet voorberei, het hy ook gesê: Die eerste stap is om ons volk se selfrespek te herstel. Hoe doen mens dit?
Kom ons begin weer by die vraag:  Wie is ons?

Ons moet gaan kyk wie is die Afrikanervolk. Ons is ‘n sekere ras, praat ‘n sekere taal, het ‘n sekere kultuur. Op elkeen van die drie dinge is daar vandag ‘n aanslag.
Daar kan nie in vandag se tyd ‘n groter sonde wees as om ‘n rassis te wees nie, jy kan ‘n ou allerhande goed noem, moet net nie sê hy is ‘n rassis nie. Maar Nasionalisme vereis dat jy nie skaam mag wees oor wie jy is nie. Jy het die reg om trots te wees op jou herkoms, wat jou ras insluit!

Ons moet ons taal en kultuur en geskiedenis aktief beskerm en trots wees daarop.
Een van die eerste dinge wat oom Jaap na die 1994-bewindsoorname gedoen het, was om die GHA te laat herleef. Ons weet dit is nou gekaap en in ander hande, maar Oom Jaap het die visie gehad om te sê die taal is deel van die kultuur, ‘n kern-belangrike punt. Taal-suiwerheid, asook die handhawing en uitbou van ons taal is deel van ons stryd. Die taal- en kultuurstryd moet deel van ons stryd bly.
Hoeveel keer het Oom Jaap nie op ons kultuur, en ons heldedom gehamer nie. Ons moet vir die jong Afrikaner iets gee om werklik op trots te wees.
Ek sê altyd vir my kinders, hierdie klein volkie wat die Britte aangevat het, wat amper dood was, word binne 50 jaar die volk wat die eerste hartoorplanting doen. Die eerste volk wat olie maak uit steenkool. Ek het nou onlangs gelees ons is die volk met die meeste geregistreerde patente in die wêreld! Ons bou die eerste Rooivalk helikopter, ons bou wapens vir onsself, ons pak die Grensoorlog aan. Ons het ontsaglik baie om op trots te wees as Afrikaners.

In die tweede plek moet ons vir die toekomstige Afrikaner leer dat ons die inboorling van Afrika niks skuld nie. Absoluut niks. Om die waarheid te sê, hy is in skuld by ons. Dit het Jaap Marais ook alles vir ons opgeteken in die boek Die Era van Verwoerd.
Daar is ‘n vreeslike aanslag op ons. Ek is nie ‘n TV-kyker nie, maar ek hou sekere gebeurlikhede dop, en lees in die koerant daarvan.
Afrikaners kan nie meer SABCTV kyk nie. Maar gaan kyk hoe lyk die alternatief, wat toevallig deur dieselfde vyand in mediakringe opgedis word wat ons volk in die dekades na die dood van Verwoerd deur hul koerante en tydskryfte gebreinspoel het. KykNet se programme is gif vir die volk. Byna elke program promoveer verhoudings oor die kleurgrens en die Afrikaner word wysgemaak dat hy en die Kleurling eintlik maar een volk is, want daar is ‘n gedeelde taal betrokke.

Hoeveel jong Afrikaners is nog in die Afrikaanse kerke? Hulle is almal agter die sportmanne en die filmsterre aan na die Makro-kerke toe, waar dit gaan oor die individu, en hulle god eintlik hulle maatjie of handlanger is. Ek was nou onlangs by ‘n funksie waar ek nie kon glo wat ek hoor nie. Toe die “geestelike” wat die funksie open ‘n gebed moes doen, word God sommer as “jy en jou” aangespreek. Dis so ‘n ‘lekker’ godsdiens, ons gebruik hom net so nou en dan as ons hom nodig het. Dis nog ‘n faset van die aanslag op ons kultuur, wat saam met ons Godsdiens loop.
Destyds het oom Jaap ‘n onderhoud gehad waar hy gepraat het oor John Vorster, en daarin het hy uitgewys hoe die verval in moraliteit wat John Vorster gebring het, ook die kerk laat swaai het.

Het u opgelet hoe, vandat die film- en sportsterre hulself begin tatoeëer het, dit toegeneem het onder ons eie mense? Weereens omdat hulle nie die kennis het nie, loop hulle agter die sterre aan. Die neusringe, en oordoende oorringe is alles deel van ‘n heidense kultuur. Dit gaan saam met ‘n sekere godsdiens, en dit alles het hiernatoe oorgespoel. Selfs die wegbeweeg van familiename af, is deel van die aanslag op ons volk. Nou hoor mens die belaglikste name saam met ‘n Boere-van.
Al hierdie dinge wat ek noem is deel van die aanslag op die Afrikaner se selfrespek. Dit vervreem hom van sy geskiedenis en sy heldedom.

Tog is daar tekens van ‘n sekere groep Afrikaners wat vrae vra oor hierdie goed. Daar is ‘n duidelike hunkering na ‘n eie identiteit onder jong Afrikaners. Kyk hoeveel jongmanne groei deesdae baarde – dit is ‘n soeke na identiteit. Dit ‘n teruggryp na die heldedom van die Vryheidsoorloë!
30 Jaar terug het ons die Uniewinkels gehad, en toe het ons khaki-klere en safari-pakke gedra. Uniewinkels was onder beheer van Afrikaners. Toe het die Geldmag gekom met nuwe modes en dinge, en Uniewinkels uitgestoot. Kyk maar hoe ‘n groot groep manne is deesdae weer trots daarop om khaki te dra. Ek glo dit is ‘n teken van die jong Afrikaner se soeke na identiteit.

Oom Jaap het op ‘n stadium gesê ons moet soos die Hollanders en Duitsers maak, en in die kroeë liedjies begin saamsing wat die volksiel aangryp, en wat ‘n nasionalistiese gevoel opwek. Daar was toe van die mense wat oom Jaap snaaks aangekyk het, en gesê het: “Wat soek ‘n Afrikaner in ‘n kroeg”. Maar die feit van die saak is, hulle is daar, die jong mense op die platteland is daar.
En ons kan nie oordeel nie, hulle is die geslag wat mislei is. Natuurlik moet hy nie as hy 50 of 60 is nogsteeds in die kroeg sit nie, jy moet hom daar gaan uithaal. Hy is daar vir ‘n rede, hy is daar omdat dit deel van die valse kultuur geword het.
Gaan kyk na sosiale media, sowel as die hoofstroom media. Lees die kommentare van mense. Die deursnee Afrikaner is moedeloos en hopeloos, en het nie ‘n idee hoe hy hier gekom het nie. Want Mandela was dan nou so ‘n goeie mens gewees. En ons moet mekaar dan nou liefhê en so aan. Hiérdie mense is ryp vir ons boodskap.

Ek wil afsluit met hierdie laaste gedagte.
Ek het nou onlangs ‘n video raak geloop van ‘n jong Jaap Marais wat ‘n onderhoud met Assosiated  Press gevoer het, net na die skeuring uit die NP uit in 1970.
Die onderhoudvoerder vra vir hom oor John Vorster en oor “One Man, One Vote”. Dan vra hy vir oom Jaap of dit nou regtig saak maak as daar drie Maori’s saam met die Springbokke speel. Waarop oom Jaap antwoord: “Maar uiteindelik is daar sewe, en later kom die hele span. Dan moet mens hulle in ‘n hotel onthaal, jy moet vir hulle ‘n onthaal reël waar daar gedans word en sosiaal verkeer word. Ons ken die storie.”
En toe sê oom Jaap ‘n interessante ding, in 1970. Hy sê: “‘One Man, One Vote’ will lead to the complete destruction of South African society.”
As jy nou ooit ‘n profetiese uitspraak wou gehad het, hier is hy. Dit het hy reeds in 1970 vir Assosiated Press gesê. Hier sit ons in 2022 vandag en ons ‘society’ is totaal vernietig.

In 1998 moes ek ‘n profiel artikel oor oom Jaap doen vir Die Afrikaner en het ek vir hom gaan kuier. Ek vra toe aan hom: “Die mense sê u is ‘n profeet, hoe doen u dit?”
En hy antwoord: “Ek is nie ‘n profeet nie en ek is nie iemand wat goed uit die lug uit gryp nie. Ek projekteer sekere gebeure en die optrede van sekere mense. Daarvoor moet mens die kennis hê.”
Hy gee toe vir my hierdie voorbeeld: “As jy weet wie ‘n kommunis is, wat hy doen en wat hy wil bereik, gaan jy hom raaksien in die samelewing. Dan gaan jy hom kan dophou en, omdat sy denke in ‘n sekere formaat geprogrameer is, sal jy maklik sy doen en late kan voorspel.”

Joe Slovo se vrou was die eerste president van die Landbank na 1994. Sy is ‘n kommunis. Oom Jaap het gesê sy gaan die Landbank vernietig, want sy gaan die kommunistiese beleid daar in bring. Waar is die Landbank vandag?
Volgens Oom Jaap se toerie van projeksie was dit maklik om haar mislukking by die Landbank te voorspel, want sy sou nie anders kon as om haar sosialistiese beginsels by ‘n kapitalistiese instelling af te froseer nie. Dit kan mos nie anders as om te lei na ‘n totale gemors nie. So het baie ander instellings onder ANC-beheer in duie gestort, want die twee stelle beginsels – dit wat onder die vorige bedeling toegepas is en dit wat onder ANC-bewind gevolg het, kom nie ooreen nie.

Dus, saam met die boodsap aan die volgende geslag wat die verantwoordelikehied het om ons volk se selfrespek te herwin, kom die eerste belangrike vereiste – jy moet die regte kennis hê om die regte besluite te kan maak.
Die laaste twee jaar met die Corona-debakel het ons gereeld aan beide kante van die spektrum gehoor dat mense sê: “Ek dink vir myself.” Ja, dis goed om vir jouself te dink. Maar daardie student wat op Tukkies sit en Politieke Wetenskap studeer, wie se kop vol kommunisme gepomp is, sê ook dat hy “vir homself” kan dink.
Max du Preez het ook vir ons gesê: “Ek het my eie koerant begin want ek wil nie in hierdie bedompige nasionalistiese omgewing wees nie. Ek dink vir myself…”
Die antwoord is nie om “vir jouself” te dink nie, want die resultaat hiervan hang af van die kant waarvandaan jy inligting gevoer is. Die antwoord is om krities te kan dink.
Enige natuurwetenskaplike sal vir jou kan sê jy moet krities kan dink as jy werklik resultate op navorsing wil kry. Met ander woorde, jy moet hierdie situasie kan hanteer van alle kante af en dan soek na die waarheid.
Kennis is mag en kennis verbeter ook jou vermoë om krities te kan dink. Dít is Jaap Marais se boodskap oor die toekoms van die Afrikaner.

Ons glo die stelsel gaan nog totaal in duie stort en daarmee saam sal baie slagoffers gelewer word. Diegene wat dit oorleef, sal egter weer die ekonomie moet opbou. Ons het in die verlede al vernietigde ekonomieë opgebou. Ons is ‘n hardwerkende volk.
Maar ons moet die kennis hê om die leiding te kan neem. Jy moet weet wat die beginsels van nasionalisme is en jy moet dit kan toepas. Jy moet weet waarom kommunisme en liberalisme voor ons oë misluk. Dán kan jy optree as leier in die toekoms vir die Afrikanervolk. Dán kan jy sê Jaap Marais het gesê ons moet dit so en so doen, nie omdat hy ‘n profeet was nie, maar omdat hy die kennis en insig gehad het.

Dis ‘n moeilike, eensame en harde pad om daardie kennis te bekom. Moenie dink jy gaan die kennis kry terwyl jy Hollywood films sit en kyk nie. Jy moet lees en jou bronne reg kry. Jy moet vergelykings kan tref, jy moet jou Bybel, dié Bybel, baie goed ken, sodat jy jou beginsels ook daarvolgens kan toets.

Volgens die beginsels van Christelike Afrikaner-Nasionalisme sal die volgende geslag Afrikaners die voorbeeld van Jaap Marais moet volg en ons volk se selfrespek hersel, sodat hulle gereed sal wees om weer die grense van ons land te trek én as diensknegte van God in daar die land te leef, ter wille van die geslagte wat nog gebore moet word.

ANB Nuusbrief – Wat van Volksbehoud?

trapblokkies

10 September 2021

Verwoerd aan die woord: 

“…Dan ‘n laaste gedagte. ‘n Mens moenie net dink aan menspotensiaal en volkspotensiaal nie, want per slot van rekening is hulle maar net tekens van die materiële of die sienbare voorspoed waarna jy soek. Dit is goed om die materiële voordele van jou land te ontwikkel. Dit is goed om mens en volk in te span om jou land ryk en sterk te maak. Deur daardie voorspoed kan jy agting in die wêreld afdwing; kan jy aanvalle afweer; kan jy respek verwerf vir wat jy daeliks verrig. Dit is alles goed; dit is alles noodsaaklik. Dit stel jou ook in staat om die middele aan te skaf wat jy nodig het vir jou landsverdediging. Dus: Inspanning van die mens tot sy maksimale krag, die opbou van die vertroue en die krag van ‘n volk, is alles goed, maar dit tog bykomstig — dit moet ons ook besef — tot iets wat essensieel is.

Daardie iets wat essensieel is, is die volk se stryd om voortbestaan. Volksbehoud neem voorrang bo enige materiële voordeel. Daar sal tye wees wanneer jy die materiële voordeel sal moet prysgee en jou menspotensiaal sal moet inspan op maniere wat jy miskien nie graag sal wil nie. Materiële voordele sal dan moet verloën word ter wille van volksbehoud. Dit is waarmee ek wil afsluit: Die gedagte dat menspotensiaal en volkspotensiaal in diens van die behoud van die volk moet wees, van die volk se voortbestaan, van die volk se identiteit, van sy karakter.

In ons land is dit belangrik omdat dit bedreig kan word deur te veel gebruik te maak van nie-blankes wat eintlik ook ‘n reg op volksbehoud en voortbestaan van hul eie het. Nogtans is daar diegene wat pleit dat hulle ingespan moet word as ‘n deel van die opboumiddels van ons materiële voorspoed, kom wat wil. Met ander woorde, hulle wil met die oog op voorspoed onbeperk die bruikbaarheid van die nie-blankes in ons midde ontwikkel en aanwend. Hulle wil dit nie op hulle eie, binne hul eie gemeenskap op landsgebied waartoe hulle geregtig is, doen nie, maar vir eie doeleinde uitbuit as ‘n deel van een gemengde volk van Suid-Afrika. Dan sal dit beteken dat ‘n menspotensiaal ingetrek word waardeur die blanke se volksbehoud, sy volksidentiteit, verlore kan gaan. Daardie prys mag nie betaal word nie. Die volksbehoud het voorrang. Die volkspotensiaal en die menspotensiaal is sy dienskneg.

Dit geld nie net op die terrein van rasseverhoudings nie. Dit is nie net waar van Suid-Afrika met sy spesiale vorm van bestaansprobleem nie. Dit is ook waar van ander lande waar die kleurfaktor glad nie in die prent kom nie. Ek wil die voorbeeld noem wat teenswoordig in verskillende tydskrifte en koerante ontleed is, naamlik Switserland. Switserland is ‘n staat wat geweldig ontwikkel en ‘n baie hoë peil van voorspoed bereik het met die gevolg dat sy eie menspotensiaal nie meer vir sy dienste genoeg is nie. As gevolg daarvan word groot getalle mense in sy bedrywe ingespan wat veral uit Italië en Spanje afkomstig is. Hy is egter so gesteld op die behoud van sy volk, van sy volksidentiteit, dat hy sorg dat hierdie inkomende werkkragte in ‘n hoë mate apart gehou word van sy eie burgery. Switserland sorg dat die verblyfstermyne van sy werksbesoekers sodanig is dat hulle nie in die volk ingelyf sal kan word nie. Hulle moet van tyd tot tyd teruggaan na hulle eie lande. Met ander woorde doelbewus word gebruik gemaak van trekarbeid.

Die faktor van kleur is nie daar teenwoordig nie. Daarom merk die wêreld dit nie op nie. Maar dit is apartheid in ‘n bepaalde sin van die woord, met die gebruik van trekarbeid, net soos dit ook elders, onder meer hier, bestaan. Die grondgedagte daaragter is ‘n regmatige, wat ons moet aanprys, naamlik dat Switserland, met sy eeue oue geskiedenis en nieteenstaande hy ook uit meer as een volksbestanddeel saamgestel is, sy eie volksidentiteit nie wil laat verlore gaan as gevolg van die huidige behoefte aan menskragte van elders nie.

Menspotensiaal en volkspotensiaal moet dienstig wees aan volksbehoud. Behoefte daaraan moet die volk nie vernietig nie. Elke volk het reg op sy eie land en op al die moontlikhede van sy land. Wanneer hy dit opbou en gebruik maak van ander, moet dit nie sy bestaan bedreig nie. …”

Bron: Verwoerd aan die woord II, die laaste vier jaar; saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd; bl. 371-373.

Nou vriende, moet ons onsself die vraag afvra in hoe groot mate het ons hierdie waarskuwing verontagsaam? 

Maar daar is hoop. Ons kan opnuut leer en inkeer en doelgerig werk daaraan om ons identiteit te kan behou ten spyte van wat om ons vergaan. Begin deur jouself af te vra waarby jy in jou vrye tyd betrokke is. En waarby jou kinders betrokke is. Ondersteun dit die behoud van ons volksidentiteit?  So nie, raak betrokke by die ANB en help terugkeer en bou op die vastigheid van nasionalistiese beginsels, die lesse geleer uit ons geskiedenis en die voorbeelde van ons heldedom. Sluit aan by die ANB. Vind meer uit oor ons en ondersteun die uitdra van hierdie boodskap van hoop.