Meer oor die Afrikaner Nasionalistiese Beweging

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging is ‘n organisasie wat ten doel het om die Nasionalisme onder die Afrikanervolk weer wakker te maak.

Lees ons Grondslag, Doelstellings en Beginsels hier.

Dit beteken om hul weer lief te maak vir wat eie is aan die Afrikanervolk. Dit is onder andere ons protestantse geloofserfenis, die geskiedenis wat ons heldedom insluit ons lieflike kultuurerfenis. Dit alles wil ons uitbou en weer ons volk daarna toe laat terugkeer. Ons glo dat slegs op die basis van suiwer Afrikanernasionalisme sal daar weer saamgestaan kan word waardeur ons hoop om weer ons vryheid te herwin, as God wil.

Ons vernaamste aktiwiteit is tans om die oproep tot behoud en liefde vir ons eie en die oproep tot die stryd daarvoor deur artikels wat verband hou met ons nasionalistiese stryd uit te gee wat per e-pos en via sosiale media versprei word.  Die nuusbriewe self en die artikels daaruit is ook hier op die webtuiste beskikbaar. Daarby vier ons die geskiedkundige vakansiedae soos 31 Mei en 10 Oktober jaarliks.

Ons wil ons medevolksgenote oproep om ons verlede te onthou! Vir meer besonderhede kontak ons gerus …

544536_104178903048230_348885317_n

Maak 'n opvolg-bydrae