Author Archives: HoofANBredakteur

Adv. Jurgens Prinsloo en Dr. Jann Schlebusch moet vrae beantwoord

In Deel 7 van die artikelreeks Regse Verraad wat op die ANB-webblad verskyn het is onder andere ook die naam genoem van dr. Jann Schlebusch van Bloemfontein, ‘n bekende in kultuur- en godsdienskringe. Daaroor het mnr. Boeta Erasmus, lid van die ANB-dagbestuur, met dr. Schlebusch in privaat gesprek getree. In die loop van die wisseling van argumente is die verraderlike rol van die topleiding van die Konserwatiewe Party (KP) onder die loep geneem.

Hierteen het dr. Schlebusch sterk geprotesteer, waarna hy besluit het om sy siening van die saak in ‘n plasing op sy Facebook-blad te publiseer.

Daar was ‘n oorweldigende reaksie op sy plasing, met heelwat deelnemers wat dr. Schlebusch laat bontstaan het met die statering van feite rondom die verhouding tussen die KP en HNP voor en na 1994, asook die rol wat die topleiding van die KP en die Volksfront (AFV) gespeel het in die 1994-verraad.

Die leier van die Afrikaner Selbeskikkingsparty, adv. Jurg Prinsloo, het later ter ondersteuning van dr. Schlebusch tot die gesprek toegetree. Maar soos dr. Schlebusch kon ook hy nie hond haaraf maak teen die oorweldigende feitestellings wat deur veral mnr. Boeta Erasmus gelewer is nie.

Mnr. Erasmus het pertinente vrae gestel waarop geen antwoorde verskaf is nie, veral na aanleiding van bedenklike stellings wat deur adv. Prinsloo gemaak is. Hy is by herhaling deur mnr. Erasmus gepols om bewyse daarvoor te lewer, maar steeds swyg hy soos die graf daaroor.  

Deur mnr. Erasmus is ‘n kliniese ontleding gelewer van die ontvouing van die verraad van 1994, soos in detail uiteengesit in ‘n studiestuk wat in Desember verlede jaar deur die ANB op hul webwerf gepubliseer is (https://www.anbsa.co.za/die-waarheid-van-ons-geskiedenis/).  Die vernietiging van die Afrikanervolk se politieke mag kon alleen bewerkstellig word  deur die geheime medewerking van leiers van die KP en AFV wat hulle lede en ons volk op die mees skandelike wyse verraai het. Indringende vrae is deur mnr. Erasmus gestel. Sy aantygings oor die verraderlike rol van hierdie leiers is met deeglike bewysvoering, aan die hand van dokumentêre bewysstukke, gestaaf.

Die stilswye en klaarblyklike onvermoë van diegene wat hierdie verraad aanvanklik heftig ontken het spreek boekdele.

Adv. Jurg Prinsloo, ons wag nog stééds vir u terugvoering oor waarom die KP met die oog op die Florida-Tussenverkiesing (Augustus ’92) nié ‘n kandidaat teen die NP gestel het nie? Of anders gestel: Waarom het die KP die konstitusionele stryd om die De Klerk-regering se magsoordrag aan ‘n kommunistiese Swart-meerderheidsregering ná Maart ’92, meer as twee jaar vóór die oorgawe-verkiesing, stopgesit?  Ons wag nog vir u nadere beskrywing van “verskeie optogte met baniere waarin ‘n blanke verkiesing geëis is” en die “gesamentlike saamtrek” van leiers met toesprake waarin na u “herinnering” ook ‘n verkiesing “geëis” sou wees, ná die Maart ’92 referendum…

Waarom het die KP-topleiding die KP-kongresbesluit van September ’93 dat “dringend ‘n Blanke Algemene Verkiesing geëis móét word” verontagsaam? Waarom het die KP as amptelike opposisie in die Parlement die ongrondwetlike afskaffing van parlementêre tussenverkiesings deur die DE Klerk-regering reeds in September ’92 klakkeloos aanvaar? Waarom is die aandrang (van slegs die HNP) op die afdwing van Blanke verkiesings op beide die stigtingsvergaderings van die AVF (20 April en 7 Mei 1993) deur alle “regse” leiers wat op dié vergaderings teenwoordig was in die wind geslaan? Wat het genl. Tienie Groenewald bedoel met dié bedenklike stelling, volgens Sunday Times 2 Mei 1993, dat die vergadering van 20 April in die TLU-gebou “the culmination of months of “lobying” behind the scenes” was? Waarom mag op die AVF-Bosberaad van Augustus ’92 selfs “die moontlikheid van Blanke verkiesings nie eens genoem” word nie?

Wáár het die KP druk op die regering uitgeoefen om ‘n Blanke verkiesing te eis op die mees kritieke tydstip toe almal besef het waarop sake afstuur? Onthou dat De Klerk nog in die Maart’92 Referendum “eie skole” en “eie woonbuurtes” gewaarborg het!

Daar is ook talle vrae oor wat in die binnekring van die BKA gebeur het… veral rondom die Bophuthatswana-operasie van 11 Maart 1994. Vrae wat deur dr. Schlebusch, wat volgens eie getuienis in die BKA-leiding betrokke was, geantwoord moet word, maar waarop geen antwoorde ontvang word nie.

Indien die aanbieding van die feitlike gebeure soos beskryf in die ANB-studie van Desember 2024 nie betwis of weerlê word nie, moet aanvaar word dat dit die waarheid is en dat die Afrikanervolk op laakbare bedrogvolle wyse uit die politieke seggenskap oor sy Vaderland deur mis”leiers” uit eie geledere gekul is.

Dit maak van die huidige ANC-regime ‘n “politieke bestel” wat slegs deur ‘n agteraf verraderlike gekonkel tot stand kon kom.

En nou beoog húlle om op “gewettigde” wyse ons grond te vat en deur BELA ons kinders van ons te vervreem.

WANNEER gaan die Afrikanervolk die WAARHEID in die oë kyk, hierdie bestel verwerp asook die “leiers” wat ons hierin gelei en ons steeds hierin wil hou. Die énigste doel agter sogenaamde “Afrikaner verteenwoordiging” in die huidige politieke bestel is om daaraan legitimiteit te gee.

WANNEER gaan ons volk weer (buite die huidige politieke bestel) EENDRAGTIG NEE sê en terugveg soos ons gelowige voorgeslagte in ons volksverlede so baie moes doen?

Laat ons eendragtig VERENIG buite hierdie verraderlike bestel. Die Afrikanervolk het nóóit sy toestemming verleen dat sy regmatige eiendom, die Republiek van Suid-Afrika, van hom vervreem word nie.

Ons oë is nie op Trump nie… maar op die HERE alléén!

NUGTER BEOORDEEL: Ballinge, Vlugtelinge en Emigrante.

deur CJH Vorster, 12 Februarie 2025

Deel 1

Inleiding

Na Trump se verklaring oor die vlugtelingstatus wat die VSA verleen aan Afrikaners (interessant, nie Suid-Afrikaanse blankes nie, maar Afrikaners), is die gesprek weer vuurwarm – oor emigreer, vlug en ballingskap.
Let wel, vlug en emigreer is twee verskillende dinge.
As jy vlug, word jy vlugteling. As vlugteling is jy ontneem van baie regte. As jy vlug, plaas jy jouself in die hande van die mense waarheen jy vlug. Jy verklaar jouself bereid om te gaan en te doen wat die ‘redder’ besluit. Hy het nou jou belange, jou lewe in sy hande. Jy is nie meer baas oor jou bewegings en besluite nie. Tot tyd en wyl omstandighede verander.
Net so is om te emigreer en om in ballingskap weggevoer te word, twee verskillende dinge.

Emigreer of vlug?

Soos reeds gestel: Daar is ‘n groot verskil tussen emigreer en vlug.
Die Hugenote (Franse) wat na SA gekom het, was vlugtelinge (weereens, nie ballinge nie), gedwing om ter wille van hul geloof hul land te verlaat. Hulle is nie weggevoer teen hulle sin nie. Hulle was ook, soos ons nou, onder beleg in hul eie land, en is uiteindelik deur langdurige doodstryd daartoe gedwing om te vlug.
Sommige het by die inburgering van die eerste dragonders, die afbrand van die eerste tempels die land verlaat. Ander het baie lank vasgebyt, vir dekades, en eeue – voordat hulle, hulle kinders of kindskinders die groot stap geneem het. Ten spyte van bloedige vervolging. Baie het gekies om op moedergrond te sterf, eerder as om die land te verlaat.

Die regte tyd?

Wie is ons om te oordeel oor watter tyd vir elkeen die regte tyd was om te vlug? Net so sal ons nie nou kan oordeel oor watter tyd die regte tyd is om te vlug nie. Dit bly maar ‘n gewetensaak vir elkeen.
Maar een ding is duidelik:
Vir ons gelowige voorouers was die bedreiging en vernietiging van hul geestelike erfgoed, hul geloofs-beginsels, die hoofbepalende faktor. Nié fisiese of ekonomiese voordeel nie.
Ter wille van die getuienis, in geloofs-noodsaak, moes hulle.

Geloof of gemak?

Dit is ongelukkig so dat die besluit om te emigreer, by meeste mense ontstaan uit die behoefte aan gemoedsrus en fisiese en finansiële sekuriteit, en nié geloofs-noodsaak nie.
Vrae aan myself, om eerlik te antwoord:
Word ek vir my geloof vervolg – ten bloede? Word my lewens-moontlikheid so ingeperk dat ek nie anders kan as om te vlug nie? Wanneer het my voorouers gevlug? Is ek ook nou daar, in soortgelyke situasie?
Hoe belangrik is dit vir my om my Godgegewe identiteit (soos ten nouste verbind aan my land, volk en taal) te beskerm as deel van my erfenis?
Hoe belangrik is my roeping vir my – om te getuig as gelowige Afrikaner teenoor ‘n ongelowige identiteitlose wêreld?
Wanneer verval my roeping om die getuienis te laat hoor? Verval dit ooit? Kan ek kies om my roeping te laat vaar?
Wat van die rekenskap wat ek eendag moet gee teenoor God, die Gewer van my erfgoed, geestelik en fisies?

Om te Emigreer.

Om te emigreer en vlug is twee verskillende dinge.
Jy kies om te emigreer. Hier is ‘n paar dinge om in gedagte te hou.
Dié wat kies om die land te verlaat om permanent in ‘n ander land te gaan woon, verlaat in effek ook hul volk. Hulle gaan nie as volksgroep nie, en so ‘n emigrasie lei nie tot uitbreiding van die landsgrense, of die stigting van nuwe volks-republieke nie soos wat die geval was met die Voortrekkers nie.
Hulle gaan as individue.
En hulle versprei oor die wêreld… en word opgeneem in die multikulturele samelewing.

Nuwe identiteit – of identiteitsloos?

Indien jy gelowig is sal dit noodwendig wees dat jy ‘n nuwe identiteit aanneem. Want ‘n gelowige is iemand met identiteit. Hy wil sy verantwoordelikheid teenoor sy nageslag nie versaak nie.
In die nuwe land ruil hy as’t ware sy Godgegewe/gebore identiteit vir n nuwe identiteit, en beloof trou aan sy nuwe land. Hy verklaar hom bereid om die nuwe land se taal, kultuur en maniere sy eie te maak, want net dan is hy opreg in sy bedoelings teenoor sy nuwe land, en die nageslag wat hy daarin grootmaak.
As opregte Christen, wil hy immers nie daar gaan om bloedsuier te wees, net gesteld op eie gewin en welvaart-voordele nie. Hy maak daardie land sy eie – hy word Amerikaner, Australiër, Duitser, Hollander, Brit, Fransman.
As jy emigreer bly jy nié Afrikaner nie.

Deel 2

‘n Nuwe volk, elders?

Dit is wel so dat ons volk gevorm is deurdat lede uit verskillende volke hier op nuwe bodem as’t ware deur omstandighede gedwing is om uiteindelik hul identiteit as Hollander, Fransman, Brit, Duitser, Sweed… prys te gee en Afrikaner te word.
Stelselmatig, en deur middel van omstandighede is hierdie lede van verskillende volke gedwing om op te gaan in ‘n nuwe volk. Dit het nie oornag gebeur nie, en veral die Franse Hugenote het probeer om Franse te bly in hul nuwe land. Dit was egter God se wil dat hulle hul nuwe identiteit moes aanvaar.
Nou word die gedagte geopper dat dit dalk God se wil kan wees om die Afrikanervolk te laat verdwyn, en wie weet… miskien weer ‘n ander, nuwe volk te gaan begin op ‘n ander plek.

Druk en nood.

Waarom dink hulle hierdie volk se tyd is verby? Omdat dit alte swaar begin gaan, en die toekoms al swarter lyk. Druk en nood is ons voorland – menslik gesproke is daar geen hoop vir ons voortbestaan hier aan die suidpunt van Afrika nie. Menslik gesproke.
Maar kom ons dink bietjie mooi.
Uit die geskiedenis sien ons dat ons volk juis gebóre is uit druk en nood. En dat ons volk steeds voortbestaan óndanks nood en druk. Op sy swakste en benoudste is die gelowige, en die gelowige volk, telkens op sy sterkste – want dan is hy sterk in Christus. (2 Kor. 12:9-10)
Ken ons nog ons geskiedenis?
Nee, ons het skromelik nagelaat om onsself en ons kinders te herinner aan die groot dade van God (Ps. 78:3-4). Daarom dat daar nou in onsekerheid rondgeval word.
Deur terug te kyk na sy geskiedenis, groei die gelowige Afrikaner in geloofsvertroue en word hy verseker van die liefdevolle uitvoer van God se Raadsplan. Want daar vind hy bewyse genoeg, van volkstigting af tot nou, dat dit God se wil is dat ons as volk moet bestaan.

Want God wil…

Lees gerus pres Kruger se toespraak op 16 Desember 1896 (uittreksel verder ondertoe**).
Die dag toe die President sy Geloftefees-rede gegee het, was ons volk nog baie jonk en klein, maar het alreeds deur erge beproewinge gegaan – telkemale is ons amper uitgewis deur die Zoeloes, die Matebeles, die Engelse.
Vanaf 1896 sou ons weer verdere amper-uitwissings beleef. Dink maar aan die 2de Vryheidsoorlog, die twee wêreldoorloë se impak, die wurggreep van die magnate, die dodelike terrorisme op en binne ons landsgrense en die uiteindelike voortgesette volksmoord waaroor die hele wêreld swyg.
En steeds bestaan ons volk – want God wil dit.

Wil God nog?

Hoe vra ons dan nou – wil God nog?
Is dit nie duidelik dat God hierdie volk se bestaan gewil het ten spyte van al die teenkanting en aanslae van die heidense wêreld nie?
Niks het intussen verander nie, net die intensiteit en die wyse van aanslag wissel, soos wat tyd verloop. Die wêreld het nog altyd hierdie volk gehaat, omdat hy God haat. En hy sal nooit ophou haat nie.
Let ook maar mooi op – hierdie vraag se oorsprong lê in werklikheid nie by die opregte Afrikaner-gelowige nie, maar by dieselfde listige versoeker wat ons Here Jesus op ‘n hoë berg laat staan het, en Hom vergesigte laat sien het van ‘n ‘brave new world’, met voorspoed en vooruitgang…
Dit is hý wat wil hê dat hierdie volk (alle volke) moet ophou bestaan. En dis hý wat God se skeppings-orde wil vernietig en Hom van Sy troon wil stoot.

Versoeking.

Gaan ons groot oorweging wees, “die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid”? Liewer nou toegee en wegraak in ‘n identiteitslose, rondreisende kosmopolie wat maar altyd soek om te gaan na daar waar dit die gemaklikste is?
Gaan ons getuienis stil word ter wille van valse vrede en voorspoed?
Of gaan ons vasstaan en soos ons voorouers in die spore van ons Here Jesus stap, in geloofsvertroue?
“Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (Mat. 4:8-10)

Voorouer-getuienis.

** Pres. Kruger by Paardekraal, 16 Desember 1896:
“ My broeders ek wil u daarop opmerksaam maak hoe spoedig ons Gods wonders vergeet… …Laat ons op Gods hand let sodat ons weet wat Hy aan ons gegee het, opdat ons ons geloftes betaal. En kyk, God het aan ons die oorwinning gegee en ons het ons vryheid weer teruggekry. Is dit geen wonder nie? Die geringste heiden en die ongelowigste moet erken dat die Gods hand is wat aan ons die vryheid teruggegee het, en geen mense nie… Laat ons derhalwe God se weë in die oog hou en sien wat Hy gedoen het en Hom weer verheerlik, siende wat sy dade is, en nie met ons lippe nie, maar met die hart, en dat ons goed verstaan waarom ons ons geloftes moet aflê. Laat die volk meer en meer in elke saak sy toevlug tot God neem, want die Here wil dit.”
En toe die vyand hard en reguit dreig: “Salisbury sê hierdie volk mag nie bestaan nie. Wie sal beslis? Sekerlik die Here.”
Genl. De Wet, 1916: Kom ons toon aan die wêreld “…dat daar nog in Suid-Afrika ten minste ‘n paar duisend manne is wat hul God, hul geskiedenis en hulself nog nie vergeet het nie.”

Ons getuienis.

Die rede waarvoor ons hier geplaas is, is as ligdraers in donker Afrika – dit is ons roeping.
Miskien word ons binne afsienbare tyd so erg geteister deur fisiese aanslag, dat ons werklik gedwing word om te vlug, of gevange geneem en werklik weggevoer word in ballingskap.
Of ons nou vlug of werklik weggevoer word in ballingskap, laat dit wees om geloofs-beginsel.
Die getuienis moet en sál gehoor word.

Deel 3

Verkeer ons volk in Ballingskap?

Daar word, so ‘n bietjie onlogies, beweer dat ons volk eintlik in ballingskap verkeer. Maar is dit werklik die geval?
Ons volk het ‘n ryk en interessante geskiedenis. Ons vind daarin heelwat ooreenkomste met dié van Ou Testamentiese Israel. So ook wat betref emigrasie (trek) en ballingskap.
Ballingskap is nie iets wat gekies word nie. Dit is iets waar jy in gedwing word. Dit gebeur teen jou sin. Jy word met geneem na ‘n land weg van jou eie land, teen jou sin, en daar moet jy bly tot jy ontsnap, verlos word, doodgaan of jou vyand jou laat gaan.
Die Israeliete is weggevoer in Ballingskap – deur hul vyande. Teen hul sin. Ver van hul erfgoed. Nadat Pres Kruger deur sy regering oorsee gestuur is, het hy in ballingskap sy laaste jare in vreemde land deurgebring. Teen sy sin. Ver van sy erfgoed.

Vêr van ons geestelike erfgoed.

Nou word gevra: verkeer ons volk nie vandag ook in Ballingskap nie? Word ons nie teen ons sin gevange gehou in ‘n land wat nie (meer) aan ons behoort nie?
O ja, ons volk verkeer in ballingskap, maar dit is ‘n geestelike ballingskap.
Dit beteken om ver verwyder te geraak het van jou geestelike erfgoed – die Woord van God, die gereformeerde leer, die Calvinistiese lewensbeskouing – alles wat deur ons voorvaders aan ons nagelaat is. Ons is deur ons geestelike vyande oorrompel met vreemde leringe, en as’t ware weggevoer deur charismatiese dwaalleraars en nou word ons op ‘n vreemde geestelike werf gevange gehou. Ver van ons geestelike erfgoed.
Ons onthou skaars meer hoe dit vantevore was – ons ken nie meer dit wat aan ons nagelaat is nie. Ons erfenis is weg, en ons staan ver eenkant en weeklaag en wens om ‘terug te kom’.

Wegkom of terugkom?

Weet ons ooit nog waarheen om ‘terug te kom’?
Solank ons nog nie verstaan waarvandaan ons verwyder geraak het nie, sal ons aanhou dink ons moet fisies êrens heen ‘weg’ beweeg, om uit ballingskap verlos te raak. Ons sal aanhou dink ‘weg’-kom is die antwoord. Weg van fisiese oorheersing en verdrukking.
Maar wat in werklikheid nodig is, is ‘terug’ kom – na ons geestelike erfgoed toe. En daaruit sal volg geestelike (en fisiese) vryheid gepaardgaande met daardie vrede wat die menslike verstand te bowe gaan (Fil. 4:7).

Onder beleg.

Daar is nog so baie te sê hieroor.
Dit is tog immers ons goeie reg om te bid en te werk vir ‘n (nuwe) eie land waar ons, onsself weer kan regeer. En ja, ons voel wel deeglik soos vreemdelinge in ons eie land. Vanweë broeder-verraad het ons in hierdie situasie beland – ons is daar in gedwing.
Dit is teen ons sin dat ons so verdruk word. Hier sit ons vasgevang tot ons ontsnap, verlos word of die vyand ons laat gaan.
Maar weereens – waarom dink ons, ons moet wegkom van hier om vry te word?
Nee! Ons wil nie gaan nie. Dis die vyand wat moet gaan. Dis húlle wat moet weg.
Onthou, ons is nie in fisiese ballingskap nie. Ons is (nog) hier. In ons land. En ja, dit is (nog steeds) ons eie land. Die hele land.
Ons is nie, soos Israel, weggevoer na ‘n vreemde landstreek nie. Ons is wel, soos Israel, vir die soveelste keer, ONDER BELEG van die vyand. Vasgekeer in ons eie huise, binne ons eie landsgrense.

Terug!

Wat om te doen? Terugkom na God, terugkom na ons geestelike erfgoed. God se barmhartigheid is groot.
“…tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.” (Hos. 12:7)
“As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.
Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.” (Deut 4:30-31)

Donald Trump se besorgdheid oor die Afrikaner

Maar wat is die Afrikaner se Roeping?

Die Uitvoerende Bevel

Die aankondiging deur die Amerikaanse administrasie dat die regering van die VSA besorgd is oor die wel en weë van die Blankes hier in Suid-Afrika maak groot opslae. Die Amerikaanse regering spreek veral kommer uit oor die pas-aangenome Grondgryp-wet. Dit is opgevolg met ‘n uitvoerende bevel (“executive order”) deur Trump wat Afrikaners toelaat om in Amerika vlugtelingstatus te verwerf.

Alhoewel die bevel spesifiek verwys na Afrikaners wat deur bogenoemde wet van hul grond/eiendom beroof word, stel die bevel verder dat vlugtelingstatus toegestaan sal word aan Afrikaners “who are victims of unjust racial discrimination”, wat in effek sou beteken dat alle Afrikaners outomaties daarvoor sou kwalifiseer.

Onteiening is logiese volgende stap

Die vraag is natuurlik waar die vreeslike besorgdheid van die Amerikaanse regering oor die lot van die Afrikaner nou skielik vandaan kom. Amerika was saam met die Verenigde Koninkryk die hoofrolspelers om druk op die vorige Nasionale Party-regering uit te oefen. Daardie druk het hulle uiteindelik laat kapituleer en dit het tot direkte gevolg gehad dat die politieke mag aan ‘n kommunistiese Swart meerderheidsregering oorgedra is. Toe die Afrikaner daardeur sy vryheid en politieke seggenskap oor sy eiendom verloor het was die Amerikaners verheug daaroor. Waaroor dan nou die vreeslike besorgdheid oor die logiese gevolg van daardie stap – naamlik dat die Afrikaner ook van sy grond en eiendom beroof word? Afrika het immers bewys dat presies dit die opeenvolging van gebeure is wat volg op Swart bewindsoorname. En die ANC se Freedom Charter wat hierdie proses ook woord-vir-woord so uitspel, was reeds voor 1994 aan almal bekend. Ook aan die Amerikaners en Engelse wat met toenemende diplomatieke druk aangedring het op “political reforms”.

Die ware rede vir die uitreiking van die bevel?

Nog vreemder is die feit dat Trump in sy vorige ampstermyn nie in die minste belangstelling getoon het in die lot van die Afrikaner nie. Tog het dit skielik ‘n saak van hoogste prioriteit geword wat sommer binne die eerste maand van sy nuwe bewindstermyn aangespreek moet word.

Die antwoord op hierdie raaisel word waarskynlik in die res van die uitvoerende bevel gevind:

In addition, South Africa has taken aggressive positions towards the United States and its allies, including accusing Israel, not Hamas, of genocide in the International Court of Justice, and reinvigorating its relations with Iran to develop commercial, military, and nuclear arrangements.”

(Nadruk toegevoeg)

Amerika dans na Israel se pype

Die ernstige politieke student weet dat die regering van die VSA direk onder beheer van die Sionistiese geldmag staan. Ongeag watter party aan bewind is, of wie die president is, geen besluit sal geneem word sonder dat dit deur die Sioniste goedgekeur is nie. Die Amerikaanse regering is ‘n marionet wat altyd die beste belang van die Joodse staat Israel najaag.

VSA wil ANC straf

Hieruit word dit duidelik dat die Afrikaner bloot die speelbal is wat deur die Amerikaanse regering gebruik word om die ANC-regering die hardste moontlike hou toe te dien as straf op hul optrede teen die VSA se meesters, Israel. Die bevel stel dit verder dat die ANC-regering nie verdere ondersteuning van die VSA sal ontvang nie vanweë ”its undermining United States foreign policy, which poses national security threats to our Nation, our allies, our African partners, and our interests.”

SA-boere moet tekorte aanvul

Benewens die skuins klap na die ANC deur die Amerikaanse regering se “ontferming” oor die Afrikaner, die mees gehate bevolkingsgroep van die SA-regering, moet nie uit die oog verloor word nie, dat die Suid-Afrikaanse boere wêreldwyd bekend staan as uitmuntende landboukundiges. Die Amerikaanse regering sien dus ook onmiddellik die geleentheid raak om hierdie boere vir die Amerikaanse arbeidsmark te win. In Oktober 2024 berig die Amerikaanse Departement van Landbou se Economic Research Service:

American agriculture faces a critical shortage of labour that harms annual harvests, animal agriculture production and processing facilities. This damages American competitiveness and overall food security.”

Twee vlieë met een klap

Trump se uitvoerende bevel is dus ‘n kragtige teregwysing aan die ANC wat Ramaphosa en sy kabinet voortaan twee maal sal laat dink voordat hulle beleidsuitsprake teenoor Israel of Amerika maak. Daarbenewens kan Trump moontlik deur dié bevel die kritieke tekort aan landbouers in sy land aanvul. Die geskiedenis leer egter, en dit kan u maar seker weet, dat daar van werklike ontferming oor die Afrikaner en sy lot geen sprake hier is nie. Eerder die teendeel: Die ANC kan nou met onteiening begin, want die Afrikaner het danksy Trump nou ‘n “heenkome in die VSA”.

Wie jubel oor Trump?

Tog is daar groepe in Suid-Afrika wat baie opgewonde is oor Trump se skynheilige besorgdheid oor die Afrikaner. Solidariteit en Afriforum, Orania, Willem Petzer en dan die Landbou-organisasies TLU, SAAI en Vrystaat Landbou-unie. Wat opmerklik is, is dat al hierdie organisasies/persone gemeenskaplike faktore deel. Hulle gemeenskaplikheid lê daarin dat hulle aan een of selfs albei van die volgende voldoen:

Hulle is voorstanders van en yweraars vir die volkstaatgedagte

en / of

Hulle organisasies (en dikwels hulleself) was direk of indirek betrokke by die verraad deur die IDASA-komplot waardeur die oordrag van mag na die ANC bewerkstellig is.

Verraad se gemene deler: Volkstaatgedagte

Baie interessant dat die verraad van 1994 juis gedryf is deur die Afrikaner Volksfront se sugting na ‘n Volkstaat, wat uiteindelik deur die Vryheidsfront voortgedra is met die futlose Volkstaatraad wat nie eers een morg van ons land kon beding vir ‘n sogenaamde volkstaat nie.

Wanneer hierdie groepe so opgewonde raak oor Vrymesselaar Trump se skielike kommer oor die Afrikaner, wonder mens tereg of hier nie dalk drie vlieë met een klap raakgeslaan word nie. Noudat die 94-verraad en hierdie organisasies se aandeel daarin, asook hul hernude oproepe tot die daarstel van ‘n volkstaat skerp onder vergrootglas geplaas is, het weerstand teen hulle planne, asook groot verleentheid vir hulle gevolg. Daarom is Trump se aankondiging nou vir hulle ‘n handige weerligafleier wat ook ‘n welkome gawe op hul ewige sugting na buitelandse hulp en erkenning is.

Trump blaas nuwe lewe in Volkstaat-idee

Daarom verklaar Joost Strydom van Orania:

The Orania Movement has appealed to the United States (US) government, seeking support and recognition as a distinct ethnic group within South Africa. Head of the movement, Joost Strydom said they are not seeking to flee the country but rather to establish a self-governing territory within South Africa. 
According to Strydom, Orania’s vision for self-governance is not a new concept, as the Afrikaner territory was acknowledged in Parliament in the 1990s. 

“Our plea can be summarised in three words: ‘Help us here.’ Not necessarily with US tax dollars, but with the recognition of our legitimate pursuit. That is the pursuit of Afrikaner self-determination. The South African government even signed this as the Afrikaner Accord on Self-Determination, which states that Afrikaner self-determination is a legitimate pursuit.”

Laat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly!

Die denkfout wat gemaak word deur aanvaarding van die repatriasie-aanbod van Trump enersyds, of die najaag van ’n volkstaatgedagte andersyds, is dat aanvaar word dat ons, die Afrikaners, nie die wettige eienaars van ons vaderland is nie. Vanweë hierdie denkfout is dit dan maklik vir hulle om maar die land te verlaat, dit vaarwel toe te roep. Die land behoort in hulle skeefgetrekte gedagtes aan die Swart massas wat deur hulle as die wettige eienaars van Suid-Afrika beskou word. Niks kan verder van die waarheid wees as dit nie! Die geskiedenis van ons land leer dat ons ’n feitlik onbesette land binnegetrek het en die eerste maal met die Swart rasse in aanraking gekom het by die Visrivier. Die Vrystaat en Transvaal was grootliks onbewoond met nomadiese groepies wat gewoonlik vir hul lewe aan’t vlug was vanweë die “difaquane” deur die Zoeloes wat die Matabeles selfs tot oor die Limpopo teruggedryf het na wat later as Rhodesië bekend sou staan. Ons voorgeslagte het hoë offers gebring – met bloed en sweet en lewensgevaar en dikwels lewensverlies is hierdie land getem en ontwikkel. Dit het plaasgevind onder die bewarende Hand van die Almagtige en deur Sy seën kon daardie offers vir ons ’n vaderland verwerf, ook vir hul nageslagte.

Ons heil lê nie by wêreldmagte nie

Aan Trump, die Sioniste en al die Volkstaat-planmakers: Hierdie land, Suid-Afrika, is óns land! Net so min as wat ons in die VSA as vreemdelinge wil gaan liefdadigheid soek, net so min wil ons ons Vaderland, ons erfenis – die Republiek van Suid-Afrika – verruil vir ‘n stukkie waarvoor julle by die ANC-regering moet gaan kruip. Ons vertrou nie op (Vrymesselaar) prinse nie. Daarom sal Afrikanernasionaliste ons Vaderland nie prysgee om in Amerika of waar ookal (óf in ‘n “volkstaat”-dorp waar niemand kaart-en-transport van sy “eiendom” het nie), as vlugtelinge ‘n kortstondige “beter lewe” te gaan soek nie.

Ons bely dat ons hulp is van dié Een vir Wie niks onmoontlik is nie – die HERE, wat hemel en aarde gemaak het. As Hy Hom weer oor ons ontferm sal Hy doen wat nou haas onmoontlik lyk, maar by die HERE ‘n kleinigheidjie is – wonderbaarlik kan Hý ons in die erfenis wat Hy ons laat toekom het, weer volkome herstel.

Deur die benouende tye wat vir ons mag voorlê roep die HERE ons volk wat Hy hier geplant het na Hom toe terug. Terug na Sy suiwere Woord, die Bybel,in ons eie Afrikaanse taal. Terug na ‘n ware geloof in Hom. Soos ons vadere vertrou het… Ons roeping is hiér.  Om ‘n lig te wees, soos Jan van Riebeeck gebid het, en soos ons geskiedenis en heldedom onmiskenbaar aandui. Ons wil met die ANC-politieke bestel niks te doen hê nie. Ons oë is op die HERE alleen! Van Hóm is ons verwagting.

Die Waarheid van ons Geskiedenis

van April 1981 tot April 2001 (Wat ons nie moet vergeet nie!)

EN ‘N OPROEP TOT DIE AFRIKANERVOLK 2025

Deur MJJ Erasmus

Ondervoorsitter van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB)

met medewerking van die ANB-Dagbestuur Desember 2024

Inleiding

Die vraag op almal se lippe is:

Hóé het die Afrikanervolk en heel Suid-Afrika vandag in hierdie gemors beland?

Onderstaande is bedoel as ‘n bondige chronologiese opsomming (ook geskik vir vinnige naslaan doeleindes) van die betekenisvolle gebeure en gegewens in verband met die geheime internasionale sameswering of komplot, waardeur die Afrikanervolk van Suid-Afrika van sy historiese erfenis, die Republiek van Suid-Afrika ontroof is.

Die vernaamste bronne, wat deurgaans as verwysings aangegee word, is:

  • Die IDASA-KOMPLOT teen Afrikanernasionalisme – Mnr. Jaap Marais, leier van die Herstigte Nasionale Party (HNP)1977-2000 (bladsyverwysings na die eerste en tweede uitgawes word deur ‘n / van mekaar onderskei),
  • Die Afrikanerkoerant as amptelike mondstuk van die HNP gedurende dié tyd
  • Behind the military ranks in the Afrikaner Volksfront, ‘n publikasie in Engels deur mnr. Jaap Marais ten einde inligting rondom die politieke gebeure sedert die stigting van die Afrikaner Volksfront (AVF) onder leiding van veral genls. Tienie Groenewald en Constand Viljoen, so vroeg as 15 Maart 1994, internasionaal rugbaar te maak.
  • Enkele ander bronne is ook gebruik met die nodige verwysing.

Verskeie aanhalings uit bogenoemde bronne met eie beklemtonings is deurgaans in die chronologiese uiteensetting ingevoeg.

[Publikasies van mnr. Jaap Marais kan bestel word by Jane Bienedell O82 663 I88I]

Hierby aangeheg is ‘n aantal bylae ingesluit waarna verwys word soos van toepassing. Die bylae is die dokumentêre getuienis of bewyse waarop die onthulling van die IDASA-komplot teen Afrikanernasionalisme grootliks berus. In die genoemde publikasie deur mnr. Marais is die meeste van dié dokumente wel afgedruk, maar ongelukkig nie deurgaans duidelik leesbaar nie. Daarom is die tersaaklike dokumente presies oorgetik (met briefhoofde en handtekeninge geskandeer) ten einde elke dokument noukeurig soos die oorspronklike daar uitsien as bylae weer te gee, sodat verwysings makliker nagegaan kan word.

[Hiérdie poging tot volledige beskrywing van die ongeëwenaarde vernuf in slinksheid en bedrieglikheid waarmee die IDASA-komplot teen die Afrikanervolk deur volksverraaiers beplan, bestuur en deurgevoer is mag deur hulle as ‘n pluimpie beskou word… Derhalwe wys ons diégene op die Troon waarvoor hul verantwoording van hul dade sal moet doen. Nét die HERE, die Almagtige, kan harte soos die van Saulus (Handelinge 9), vermurwe!]

Die wens en verwagting word uitgespreek en die dringende oproep word gemaak dat ons Afrikanervolk, oud en jonk, aangevuur deur ‘n opregte en brandende Afrikanernasionalisme (dit is vaderlandsliefde) ywerig die geskiedenis van 30 jaar gelede sal nagaan, sodat die weg uit die verknegting waarin die IDASA-komplot ons gedompel het, gou gevind mag word!

Aan God ál die eer!

Volg die skakel hieronder vir die hoofartikel (in PDF)

Kronologiese lys van gebeure met verwysing en verduidelikings van wat gebeur het

Oproep tot die Afrikanervolk 2025

Inhoudsopgawe

Kronologie

Bylaag 1 – Aansoek om Finansiële steun vir CDP – Ivor Jenkins 1991
Bylaag 2 – Brief van Van Zyl Slabbert aan Hans Daerr (Duitsland)
Bylaag 3 – Donasie van Kanadese Ambassade Feb.’92
Bylaag 4 – Donasie van Nederlandse Ambassade Aug93
Bylaag 5 – Brief van baron Von der Ropp van Kleulen, Duitsland, aan Richard Goldstone
Bylaag 6 – CDP – Verslag Februarie’92 Abraham Viljoen
Bylaag 7 – Brief van Abraham Viljoen aan Sisulu en Marcus 17Mrt’92
Bylaag 8 – CDP – Verslag April’92 Abraham Viljoen
Bylaag 9 – CDP Finansiële verslag Sept.’92
Bylaag 10 – Geheime Teleks
Bylaag 11 – Die Afrikaner Akkoord
Bylaag 12 – VEKOM Dagbestuur Notule 5 Augustus 1994
Bylaag 13 – Africa Confidential – South-Africa Eyeing the Spies 3 Junie 1994

Oproep tot die Afrikanervolk 2025

Verwerp die Valse Politieke Bestel

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) roep u op om saam met ons die politieke bestel wat sedert 1994 in Suid-Afrika tot stand gekom het te verwerp!

  • Dié bestel is die direkte uitvloeisel van die bedrogvolle verraad wat teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika voor 1994 gepleeg is, soos die gebeure in die ANB se studiestuk uiteengesit word (Volg hierdie skakel)
  • Deur slinkse misleiding het die De Klerk-regering in noue samewerking met sogenaamde “regse” leiers, wat as regeringsagente in regse geledere bedrieglik opgetree het, die Blanke volk van Suid-Afrika uit sy politieke mag gekul.
  • Sonder dié onderduimse en agterlike bedrog sou die eerlose en bloedlose oorgawe aan ‘n Kommunistiese rowersbende (ANC-SAKP-regime) in April 1994 nie kon plaasvind nie.
  • Om dié rede weier ons om in die onreg teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika te berus.

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging beywer hom derhalwe om die Afrikanervolk in besonder (maar ook álle Blankes), wat nog nóóit deelgeneem het, asook diegene wat nou nié meer deelneem aan die bedrogvolle ANC-verkiesings nie, buite die politieke bestel as ‘n eenheidsmag te versamel, ten einde terug te eis wat regtens aan die Witman van Afrika behoort!

  • Deelname aan die onwettige politieke bestel, soos genl. Viljoen se “Vryheidsfront” destyds (en vandag nog!), verleen slegs ‘n valse legitimiteit aan die ANC-SAKP-regime. Die ANB weier steeds om daaraan mee te doen.
  • Die ANC-SAKP het géén reg om as sogenaamde “owerheid van die dag” ons kosbare Vaderland, wat met harde werk en hoë offers deur ons voorgeslagte tot ‘n bastion in Afrika opgebou en ontwikkel is, verder onder hul voete te vertrap nie!
  • Dat die Witman die Swartman in Suid-Afrika “onderdruk” of sogenaamd te na gekom het is ‘n infame leuen waarvan die ganse Afrika klinkklaar getuig en die tééndeel volkome waar is.

Vrae tot Aksie:

Twee belangrike vrae wat ons onsself aan die begin van 2025 moet afvra is:
❖ Mag ons ons oë sluit vir die onreg en bedrog van 30 jaar gelede waarin ons deur verraderlike “leiers” soos skape na die slagpale gelei is? Moet ons bloot daarin berus?
❖ Mag ons toelaat dat dieselfde verraad en bedrog met presies dieselfde strategieë en dwaalweë vandag weer deur sogenaamde “Afrikanerleiers” wat hulle as redders van die Afrikanervolk voordoen, opnuut weer hervat en voortgesit word?

Maar wat is andere se “oproep”?

In die lig hiervan moet ons die onderstaande wekroep van mnr. Willie Cloete van Volkskrag in die onlangse verlede (Oktober 2024) betrag en beoordeel:

“Volksgenote
Ek wil die volgende beroep doen aan almal wat hulle herkoms en hulle Volk lief het. Wat glo in God die Almagtige wat hemel en aarde geskape het. Daar is soveel stories oor dinge wat in die verlede gebeur het wat die Boere/Afrikaners se geskiedenis beïnvloed het tot ons nadeel en dat ons sit waar ons vandag sit. NIEMAND kan geskiedenis verander nie. Nou my oproep: FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander soos deur: Ons vertroue in God te herstel en alles in die stryd te werp om vir ons Volk selfbeskikking te verkry.
Willie Cloete
Volkskrag”

Die ANB se antwoord daarop

  • U moet self oordeel of ons kan bekostig om te vergeet van die “stories oor dinge wat in die verlede gebeur het”, soos mnr. Cloete die volksverraad deur “Afrikanerleiers”(wat net soos ons lyk en “praat”) noem,
  • en gevolglik maar houtgerus kan “FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander”,
  • sónder om te vra:
    ❖ Hoe het ons Afrikanervolk, met ‘n roemryke geskiedenis en heldedom oor eeue heen, in hiérdie benarde omstandighede beland?
    ❖ Wat het ons aandag só afgetrek en in beslag geneem dat ons dááraan begin twyfel het dat die HERE, die Almagtige, hierdie héle land aan ons as erfdeel gegee het en dat ons nie maar ‘n “minderheidsgroep” is wat iewers ‘n stukkie “selfbeskikking” van ‘n goddelose owerheid moet probeer afsmeek nie?
    ❖ Waartoe roep die HERE sy kinders in die Afrikanervolk, sodat die onreg en bedrog wat voor Sy oë gepleeg is, gestraf en reggestel kan word? God vergeet nie… hoe kan óns vergeet?
  • Gedurende die rebellie van 1914 het ‘n hele kommando “joiners” en “hendsoppers” saam met genl. De Wet te velde getrek teen die Botha-Smuts-regering, omdat hulle uit opregte berou en skaamte hul naam en eer wat hulle deur die gruwelike verraad van hul volk tydens die oorlog (1899-1902) geskend het, weer in ere wou herstel.
  • Drie vrae:
    ❖ Waar is húlle wat in diepe berou na vore kom en pleit: “Ek het iets verskrikliks teen my volk gedoen… Ék was deel van die verraad…?”
    ❖ Wie is húlle wat hulself probeer voorstoot om vandag weer die leisels van die Afrikanervolk te neem om hom te lei?
    ❖ Waarheen moet ‘n ware Afrikanerleier sy volk lei, selfs al staan ons soos ons voorouers in onsself klein en magteloos, maar in geloof en waarheid, voor ‘n oormag soos by Bloedrivier?

Die krag van getuienis moet uitgaan

Ons is oortuig dat daar in die verlede ‘n krag van die Afrikanervolk in Afrika uitgegaan het, omdat ons voorgeslagte in hoë mate aan die HERE getrou was.

  • Alleen wanneer daar by ons, ook as volk, wáre bekering kom, sal daar wéér ‘n krag van ons uitgaan…
  • Hiérdie krag is in wese die getuienis dat die HERE alléén God is, soos selfs ‘n Farao, ‘n Agab, ‘n Nebukadnesar en (kan mens byvoeg) ‘n Dingaan dit móés erken, ook al het hulle almal geweier om in Hom te glo.
  • Daarom het ons as volk, wat die HERE juis uit suiwere gereformeerde geloofswortels in hierdie land laat groei het, die bestaansroeping (let wel nié ‘n “bestaansreg” nie!) om deur eie voorbeeld daadwerklik te verkondig: Die HERE alléén is God!
  • Ten spyte van die laakbare bedrog waardeur ons volk van sy Godgegewe erfdeel ontroof is, lê ons ons nogtans ootmoedig neer by die toelatende wil van God, die Allerhoogste, waarsonder ons vyande se diaboliese planne nie sou slaag nie. Ons erken dat die magsoordrag na ‘n Kommunistiese Swart meerderheidsregering in 1994 Sý tugtende Hand was, vanweë die ontrou en afvalligheid van vele in die Afrikanervolk en Blankedom waardeur Sý Naam en Eer geskend is.

Ware bekering word vereis

Daarom betuig ons aan elke mede-Afrikaner wat van die weë van die HERE afgedwaal het in welke opsig ook al – wêreldse sedes, onkuise kleredrag, sportgod aanbidding, onwelvoeglike taalgebruik, materialisme, selfgesentreerdheid (die soeke na slegs eie belang), eiewilligheid en mensgesentreerdheid in die godsdiens, ens. om tog nougeset op hul lewenswandel te let en hulself in die lig van Gods Woord op die proef te stel.

  • As ons dink dat ons die HERE met ons lippe kan dien, terwyl ons lewens toon dat ons harte ver van Hom af is, bedrieg ons onsself, en durf ons nie uitkoms van Hom verwag uit benoude omstandighede nie.
  • Die God van ons voorgeslagte, die Enige en Waaragtige, die God van hemel en aarde, tot Wie die Voortrekkers in die Bloedrivierlaer hul hulpgeroep laat hoor het… Hý is die Heilige God wat Hom nie laat bespot nie!
    [Andries Pretorius en Sarel Celliers het die manskappe in die Bloedrivierlaer gemaan tot ‘n heilige lewe, geen vuil taalgebruik en volgehoue gebed.]
    “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie” (Galasiërs 6:7)
    “Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig.” (Levitikus 11:44)
    “Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Psalm. 51:19)

Daarom lê die ANB hom daarop toe om voortdurend sy eie lede en ons ganse volk op te roep om terug te keer na die God van ons voorgeslagte deur ware selfondersoek, opregte berou, skulderkentenis, verootmoediging en heiligmaking. Die doel van verootmoediging mag egter geensins wees “sodat dit weer met óns mag goed gaan nie”, maar slegs ter wille van die Naam en Eer van die HERE, voor Wie se aangesig ons, ook as Afrikanervolk, steeds mag lewe in hierdie mooi land wat Hý as erfdeel aan ons toevertrou het.
“Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.” (Psalm 103:9)
“Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.” (Jesaja 55:7)
“In Hom [Jesus Christus] het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.” (Efesiërs 1:7)

Die ANB se weg na vryheid

Wat is dan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging se oogmerk om ons vaderland weer uit die huidige verknorsing te lei?

❖ Alleen die weg van suiwer Afrikanernasionalisme (‘n liefde vir land, volk en taal)op ware Christelik-Protestantse geloofsgrondslag soos tot uiting gebring ook in die politieke beginsels van dr. DF Malan, adv. JG Strijdom en dr. HF Verwoerd.
❖ Dit is in werklikheid ‘n voortsetting en verwesenliking van ons volk se eeue oue ideale van reeds vóór die Groot Trek:
✓ Blank Suid-Afrika is die Afrikanervolk se Godgegewe vaderland,
✓ waarin die Witman, in Afrika, soewerein oor homself moet kan regeer,
✓ om homself te kan wees tot eer van sy Skepper – let wel, nie net in ‘n flentertjie van ons land wat as ‘n volkstaat bekendstaan nie!
✓ Deur wet en orde daar te stel, waaruit ekonomiese stabiliteit mag volg, moet die ryke hulpbronne van Suid-Afrika met wysheid en oorleg bestuur word.
✓ Ekonomiese vooruitgang en welvaart is net moontlik deur die handhawing van wet en orde en ‘n ekonomiese beleidstoepassing wat toesien dat ‘n eerlike en hardwerkende bevolking vir hul handewerk beloon word.
✓ So-ook die verstandige implimentering van ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling (Apartheid),
✓ waarin elke bevolkingsgroep na sy aard en behoefte die geleentheid ten volle gegun word om homself te kan tuismaak, opbou en ontwikkel in sy eie territoriale grondgebied na die aard van omstandighede soos eie aan homself.
✓ Dit impliseer die terugbesorg en herstel van die Swart volkere van Suid-Afrika se regmatige historiese grondgebied en erfenis wat ook deur die “Nuwe Suid-Afrika” van 1994 hulle ontneem is (soos Transkei, Ciskei en andere).
✓ Dit impliseer óók die herstel van Blank Suid-Afrika, die internasionaal erkende en regmatige eiendom van die Afrikanervolk.

Waarteen is ons stryd

  • Ons stry teen die nuutste “regse” verraad, die wat ons steeds gevange wil hou onder die huidige regime deur bv. die bedrieglike gebruik van die sg. Afrikaner-Akkoord of wil hê dat ons aan die regime se verkiesings moet deelneem. (Vir agtergrond sien die uitgebreide reeks artikels oor Regse Verraad)
  • Ons stry teen die agenda van die Joodse geldmag wat die media – TV, koerante en vandag selfs die sosiale media – grootliks beheer. Hiervan moet die suiwer Afrikaner vandag veral bewus wees en homself en sy kinders teen onbehoorlike beïnvloeding en selfs indoktrinasie verskans. Die Afrikanervolk se ideale deur die eeue staan lynreg daarteenoor.
  • Ons stry teen die “Afrikanervriendelike” organisasies soos Afriforum en Solidariteit se ondermyning van Afrikanersaak. Waar hulle, onder andere,
    • Rassevermenging voorstaan,
    • Die 1994-politieke-bestel as volkome regverdigbaar beskou
    • Boonop die beleid van dr. Verwoerd en die Nasionale Party (1961-1966) ten opsigte van die Swart volkere van Suid-Afrika as onverdedigbaar afmaak!
  • Die ANB verwerp alle drogredenasies wat ten doel het om valse wigte in die Afrikanervolk te probeer indryf:
    • Die ANB verwerp die valse onderskeid asof Boerevolk en Afrikanervolk verskillende groepe sou verteenwoordig.
    • As ons van Afrikaners of van Boere praat, praat ons van dieselfde mense… dit is húlle wat hul by die beginsels van pres. Paul Kruger, genl. De Wet, genl. Hertzog en vele ander gelowige Afrikanerleiers skaar.

Ten slotte

Die Blanke, as ekonomiese ruggraat van Suid-Afrika, móét homself geheel en al onttrek van hierdie politieke bestel en in lydelike verset die opkoms van die Afrikanernasionalisme nastreef!

Mag in die Afrikanervolk van vandag en môre steeds die werke van die Almagtige God, soos by Bloedrivier, gesien word:
❖ Wanneer hierdie land weer, deur die genade van Bo, uit die as mag opstaan
❖ Die Afrikanervolk in sy land, sy Godgegewe erfenis, as politieke maghebber herstel word
❖ Die Afrikanervolk tot die eer en verheerliking van die Naam van die Almagtige, Drie-Enige God, hierdie land regeer na Sy wil volgens die riglyne en eise van die Woord van God.

Nogmaals: Mag die Afrikanervolk hom bekeer tot die HERE voor Wie se aangesig ons voorgeslagte geloftes gedoen het en tot Wie ons in ware en opregte skuldbesef en -belydenis moet terugkeer. Mag ons nooit dink dat ons hiér aan die suidelike punt van Afrika deur die HERE as ‘n volk met ‘n eie taal en kulturele identiteit in aansyn geroep is ter wille van onssélf nie.

Mag dit opnuut tot ons deurdring dat ons hiér is ter wille van die Naam en die Eer en die Geregtigheid en die Koninkryk van die HERE onse God, tot ‘n lig en ‘n getuienis van die waarheid van Gods onfeilbare en onveranderlike Woord in ‘n donker kontinent.

Wee ons as ons betower deur mammon en die sportgod vir ons ‘n “rusplek” probeer inrig in ‘n bloedbevlekte land, waarin ons in vriendskap en gedienstige onderhorigheid aan ‘n Godloënende en Anti-Christelike Grondwet en Owerheid, die wette van die HERE help vertrap, sy Naam saam laster en Sy Eer onverpoos skend.

In kleingeloof wil mens vra: Kán die afgee van die politieke mag en seggenskap oor ons Vaderland van 1994 weer omgekeer word?

In geloof is ons antwoord: By die HERE ís alle dinge moontlik!

Soli Deo Gloria

Die Amerikaanse Verkiesing

Trump of Harris?

Ten tye van die skrywe hiervan is dit net ‘n kwessie van enkele dae voordat die Amerikaanse verkiesing plaasvind. Onwillekeurig wonder ‘n mens of di twee kandidate werklik die beste is wat deur die Amerikaanse bevolking van 335 miljoen mense opgelewer kan word.

Die Demokrate is natuurlik tradisioneel die meer liberale party terwyl die Republikeine weer meer konserwatiewe waardes voorstaan. Maar nou ja, gemeet aan ons waardes is die “konserwatiewe” Republikeine ongeveer DA-links!

Amerika en Engeland het Blank Suid-Afrika afgetakel

Die Amerikaanse regering het getrou aan die land waaruit hy onstpring het haastig Engeland se rol oorgeneem om Blank Suid-Afrika te vernietig. Die Britte het kort na die Tweede Vryheidsoorlog hier in Suid-Afrika daardie rol aan die Amerikaners oorgedra, terwyl hulleself steeds overpoosd die oorlog teen die Boer voortgesit het. (“a War without bullets, but a war still”) Die Amerikaners het groot sukses bereik in aftakeling van die Suid-Afrikaanse Blanke regering deur allerlei insypel-aksies asook ondermyningstaktiek deur hulle uitgevoer.

Amerikaners belê finansieël in aftakeling

Verskeie stigtings soos die Ford Foundation het deur die jare substansiële finansiële bydraes gemaak in die vorm van skenkings en die aanbied van programme wat deurentyd ten doel gehad het om die Suid-Afrikaanse regering te ondermyn. As ‘n politieke leier soos Pik Botha eers oorgenooi is Amerika toe en daar ‘n week of wat deur die State Department getrakteer is, kon die gevolge onmiddellik duidelik waargeneem word.  Aan die hand van USSALEP, ‘n leier-uitruil-program van die Amerikaners is menige jong leier gebreinspoel om die Amerikaanse trom in Suid-Afrika te slaan.

NP-leiers swig onder druk, begin heimlik saamwerk

Later het die NP-regering reeds ver genoeg geswig onder hierdie druk sodat die Amerikaners taktiek kon verander. Ruggraatlose leiers soos John Vorster, Pik en PW Botha en FW de Klerk het oor hul voete geval om na die pype van die Amerikaanse regering te dans. Daarom kon die Amerikaanse taktiek nou verander – nie meer soseer was ondermyning en druktoepassing nodig nie, eerder vleiery en omkopery.

Demokrate en Republikeine wou dieselfde uitkoms in SA sien

So het ons telkemale gesien dat daar meer skade aan ons binnelandse politieke beleid aangerig is onder ‘n meer konserwatiewe (Republikeinse) administrasie as wanneer die Demokrate regeer het. Hoewel die demokraat Jimmy Carter (1977-1981) byvoorbeeld ‘n uitgesproke vyandige aanslag teen die Apartheids Regime in Suid-Afrika gevoer het, was dit eers toe die Republikeine Ronald Reagan in die Withuis ingestem het dat drastiese vordering met die aftakeling van apartheid in Suid-Afrika plaasgevind het. Reagan het ‘n beleid van Constructive Engagement gevolg. Hy het die beleid as volg verduidelik:

“quiet diplomacy” was the correct course of action. He claimed that this approach had already achieved “sizeable progress” in influencing the South African regime, and that it was “counterproductive for one country to splash itself all over the headlines, demanding that another government do something.” 

Blank Suidwes en Blank Suid-Afrika vernietig

Hulle wou presies dieselfde doel bereik met Suid-Afrika. Maar Carter se aanhoudende galbrakery het weersin by die Blanke kieser in Suid-Afrika gewek, terwyl Reagan se toenaderingsbeleid veel meer vermag het – selfs die weggee van Suidwes-Afrika in 1990. En skaars 4 jaar daarna sou die NP-regering die res van sy eie mense ook uitverkoop toe die laaste Blanke Regering in Afrika deur hul toedoen vernietig is.

Trump beter as Kamala?

Ook vandag is ‘n groot gros Afrikaners begerig om Donald Trump in die Oval Office te sien, en geeneen kan betwyfel dat dit loshande ‘n beter keuse as leëkoppie Harris sal wees nie.

Tog moet mens besef dat die Amerikaanse president maar bloot die strooipop is wat voorgehou word, die besluitneming vind agter die skerms plaas. Deur ‘n handjievol Joodse beleidmakers word beleid bedink en uitkomste bepaal. Geen beter bewys daarvoor sal gevind word as die afgelope bewindstermyn van Jou Biden nie. Daar kan geen twyfel bestaan dat hy nie daatoe in staat was om die Weste te lei nie.

Demokrate en Republikeine eintlik maar dieselfde

Watter party dus in Amerika aan bewind is, is eintlik nie ter sake nie. Die invloedryke geheime regering bly dieselfde handjievol mense. Dit  is treffend onderstreep deur die antwoord van Fidel Castro, destyds president van Kuba, toe hy in 1960 gevra is watter Amerikaanse kandidaat hy die verkiesing sou wou sien wen – Kennedy of Nixon?

“It is impossible to compare two shoes worn by the same person. America is governed by one party – the Zionist Party and it has two wings. The Republican wing which represents the hard line Zionist power, and the Democratic wing which represents the soft Zionist power.     

There is no difference in the goals and strategies, it is the means and tools that slighty differ.”

Amerikaners ook getroue Sioniste

Die waarheid hiervan word nou weer duidelik waargeneem met die oorlogsituasie in die Midde-Ooste. Die Sionistiese staat Israel is tans feitlik van alkant beleër. Hulle veg aan verskeie fronte en is sigbaar besig om die stryd te verloor – ten spyte van Westerse beriggewing wat die teendeel beweer.  Die Amerikaanse regering ondersteun die Israeliese regering deurentyd in hierdie oorlogspoging. Sopas het hulle weer die Irakese lugruim beskikbaar gestel vir die gebruik deur Israeliese vegvliegtuie om ‘n aanval op Iran te loods. Dit maak hulle natuurlik medepligtig aan die daardie operasie. Hierdie volgehoue ondersteuning van hul meesters gaan die Amerikaners duur te staan kom. Wanneer die Iranese weermag terugslaan gaan heelparty Amerikaanse basisse in die Midde-Ooste waarskynlik ook vernietig word.  

Amerika nie meer die enigste supermag nie

‘n Afgetrede generaal van die Amerikaanse weermag skets ‘n donker prentjie soos verlede week deur RT aangehaal:

The former Joint Chiefs of Staff chairman, who served under both presidents Donald Trump and Joe Biden, said that there were now three superpowers in the world: the US, Russia and China.  

“During the Cold War there were two [superpowers], immediately following the Cold War there was a unipolar moment, so for a short time the US clearly was preeminent and the only real superpower out there,” according to Milley.  

“But today, it is clear that we are in a multipolar world,” Milley said.  

Boonop is twee van hierdie drie super-moondhede aan die kant van Iran en nie ook gedienstig gedweë Israeliese lakeie soos die Amerikaners nie.

Politieke orde gaan radikaal verander

Ons kan dus kort na die Amerikaanse verkiesing ‘n hele nuwe politieke orde sien met ‘n gepaardgaande  verskuiwing van mag. Die Amerikaanse empaaier is kennelik besig om in mekaar te stort. Die Amerikaanse weermaglede is gedemotiveerd en het grootliks patriotiese trots verloor. Die kultuur van “wokism” het onder die Amerikaanse bevolking posgevat nadat etlike geslagte onder ‘n humanistiese skoolstelsel gebreinspoel is om byvoorbeeld te glo dat daar meer as twee geslagte is. Dit is tekenend van ‘n beskawing wat besig is om tot ‘n val te kom.

Gebeure in Midde-Ooste bepalend

Dit kan dus min skeel watter marionet die komende Amerikaanse verkiesing wen. Die verwikkeling van sake in die Midde-Ooste gaan waarskynlik ‘n groter impak op die ontplooing van die internasionale politieke wêreld hê.

Regse Verraad (Deel 5)

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Opsomming van gebeure tot dusver bespreek

In die voorafgaande gedeeltes het ons na ‘n breë omskrywing gekyk van die verraad wat in die aanloop tot die oorgawe van mag in 1994 deur regse leiers gepleeg is. Dit staan bekend as die IDASA-komplot omdat dit deur die Conservative Dialogue Program vanuit IDASA beplan en georkestreer is. Die suksesvolle operasies wat hulle van stapel sou stuur het bewerkstellig dat die leiers van die Volksfront betrek is by geheime samesprekings met die ANC (wat na die 1994-verkiesing politieke beheer oor ons land sou kry). Daardeur is die Volksfront-volgelinge verraai deurdat hul leiers die doel waarvoor die Volksfront in die lewe geroep is, versaak het.

Afrikaners gereed om ons land met hul lewe te verdedig

Aan die begin van 1994, met die “eerste demokratiese verkiesing” wat oor net 4 maande sou plaasvind was die lede van die Volksfront gereed om tot gewapende verset oor te gaan ten einde die oordrag van mag te verhoed. Die dreigende geweld wat deur ontstoke volksgenote as laaste uitweg sou uitbreek was inderdaad goed beplan en ingeoefen. Dit is ook in ‘n gesprek tussen genl. Viljoen en die Hoof van die Weermag, generaal George Meiring bevestig – dat op daardie tydstip ‘n geslaagde militêre staatsgreep uitgevoer sou kon word, maar wou Meiring by Viljoen weet: wat doen jy dan die volgende dag? Dit laat mens onwillekeurig dink aan die einste Constand Viljoen se woorde aan mnr. Jaap Marais nadat saamgestem is dat die De Klerk-regering in ‘n algemene verkiesing verslaan sou kon word: maar wat doen jy dan?

Staatsgreep moontlik

Dit sou dus moontlik wees om ‘n staatsgreep uit te voer en daar is ook besef dat die grootste deel van die Suid-Afrikaanse Weermag hulle by die regse magte sou skaar in die uitvoering daarvan – die sukses daarvan was dus gewaarborg. Daar is allerweë besef dat daar op daardie laat stadium geen ander uitweg meer oor was om die kapitulasie van die NP-regering voor ‘n onkapabele ANC-bende te keer nie. Daarvoor is gulde geleenthede tot die omverwerping van die NP-regering deur die demokratiese proses by meer as een geleentheid deur hierdie verraaier-leiers met voorbedagte rade deur hul vingers laat glip.

Nogeens deur die leiers verraai

Einde laaste sou hulle die ondersteuners ook in hierdie laaste loopvlak, die een van gewapende weerstand, in die steek laat. Die vernuftig-bedinkte planne in diep linkse hole soos IDASA-NP-Nasionale Inligting-Afrikanerbond-kringe was reeds op die tafel geplaas. ‘n Onsinnige, onsuksesvolle militêre ekskursie Bophuthatswana in was die laaste skuif in hul skaak-spel om hul volgelinge uit die gewapende opstand-plan te verkul.  

Die omgekoopte leiers van die Afrikanervolksfront was dus van meet af aan teen die omverwerping van die NP-regering – hetsy deur die demokratiese proses òf deur geweld. Dié leiers moes bloot ‘n soomvrye oorgang van Blank Suid-Afrika na kommunisties-beheerde Swart meerderheid fasiliteer. Hulle was bloot lakeie van die NP-regering.

Met die heengaan van generaal Viljoen berig die Citizen van3 April 2020 die volgende woorde deur Ramaphosa as huldeblyk aan Viljoen:

“…he would be remembered for influencing conservative movements into abandoning plans for military resistance to the democratic transition.”

“General Viljoen’s principal contribution was his success in demobilising conservative resistance to the transition in our country at a critical point in our history.”

Dié huldeblyk is ‘n skreiende erkentenis deur een van die destydse onderhandelaars van die ANC dat hulle die onderhandelaars van die Vryheidsfront ore aangesit het. Die uitkoms wat deur Viljoen se verraderlike optrede verkry is het die ANC se wildste verwagtinge oortref.

Dan berig die Britse Intelligensiediens se overte publikasie oor Afrika as volg oor dié verraderlike generaals:

“Significantly, the Freedom Front’s Gen. Constand Viljoen and General Tienie Groenewald, a former intelligence chief, have become allies of the new government and are feeding intelligence on the far right to the ‘reconstructed’ DMI [Departement Militêre Inligting]. Africa Confidential has learned it was Gen. Viljoen who passed key intelligence to DMI which led to the arrest of the first two of 33 far right-wingers, including key officials of the Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), in connection with a series of bomb blasts before the election.” (My nadruk).

Africa Confidential 3 Junie 1994

Die einste mense wat deur hulle gelei en voorberei is vir gewapende optrede in verset tot die weggee en oorgee aan die Swart meerderheid word nie net in die steek gelaat deur hulle te versaak nie, maar word ná die oorname ook deur hulle verraai en aan die vyandige magte uitgelewer!

Valse Selfbeskikking beloftes

Maar om ‘n verskoning te kon hê om nou skielik te gaan deelneem aan hierdie veelrassige verkiesing -terwyl die volgelinge deurentyd onder die indruk gebring is dat so ‘n verkiesing nooit sou plaasvind nie – selfs as dit dan militêr omvergewerp moes word, was die uitdaging. Maar daarvoor is ook reeds ‘n slinkse plan bekook en nou gereed om onthul te word.

Die regse Afrikaner moes nou oortuig word dat sy heil en enigste oorblywende kans op “Selfbeskikking” in ‘n eie grondgebied gesetel is in ‘n haastig saamgeflansde plan waaraan die Volksfrontleiers onverpoosd gewerk het. Dié plan is in die geheim bekonkel van kort na hul stigting reeds terwyl die ondersteuners deurentyd wysgemaak is dat die AVF die oorgawe-proses sou stuit, selfs al moet daar oorgegaan word tot geweld.

Ware doel van AVF

Moet nie vergeet nie dat, in teenstelling met die leiers se beloftes en ondernemings aan die lede van die Volksfront, die skepping van die Afrikaner Volksfront ‘n breinkind van IDASA was, en dat hulle uitgesproke geheime doel met die Volksfront was soos F van Zyl Slabbert dit in ‘n brief van 14 September 1993 gestel het:

“To promote and sustain dialogue between the centre right, i.e. Die Afrikaner Volksfront and the ANC.

To reduce the potential for violent confrontation;

“To reach some constitutional compromise between the Afrikaner Volksfront and the ANC;

To persuade die Afrikaner Volksfront to support and participate in the forthcoming elections”. 

(Nadruk deur my toegevoeg)

In die lig van hierdie vooropgestelde (ware) doelstellings is daar toe in geheime samesprekings tussen Volksfrontleiers en ANC-amptenare gewerk aan ‘n constiutional compromise wat die Afrikaner Volksfront daartoe sou bring to support and participate in the forthcoming elections. Hierdie vergaderings het op gereelde basis plaasgevind vanaf Augustus 1993 reeds, in groot geheimhouding.

Memorandum van Ooreenkoms

Reeds in Desember 1993 is daar toe ‘n memorandum van ooreenkoms bereik. Hierdie Desember-ooreenkoms is uiteindelik, nadat die Vryheidsfront vroeg Maart 1994 deur generaal Viljoen in die lewe geroep is, in ‘n dokument bekend as die Afrikaner Akkoord opgeneem, en vorm die hoofdeel daarvan. Die geheime samesprekings wat dus al in 1993 deur die generaals, die Landbouleiers (Gous en Bruwer) asook verskeie senior leiers van die KP (Ferdi Hartzenberg, die Mulder-boeties, Tom Langley en ander) met die ANC saamgevat is in die Desember-ooreenkoms, die “Memorandum of Agreement” het uiteindelik net so as aanhangsel sy neerslag gevind in hierdie dokument, die Afrikaner Akkoord.

IDASA, die triomfantlike wenner!

Die ondertekening van hierdie dokument wat uit verraad teen ons volk ontvang en gebore is, het baie gepas plaasgevind in die kantore van IDASA. Dit was immers die hoogtepunt en groot oorwinningsmoment van die IDASA-komplot en daarom ook heel gepas dat dit daar moes geskied. Om groter smaling aan hul oorwinning toe te voeg is die samesteller van die dokument niemand anders nie as Frederick van Zyl Slabbert – IDASA-stigter wat ook ten nouste gemoeid was met die werksaamhede van die Conservative Dailogue Program wat vanuit IDASA bekonkel is.

Selfde ou verraad nou weer, selfde ou resep word gebruik

Die hartseer en uiterste ironie is dat hierdie selfde dokument nou, 30 jaar na die grootste verraad teen ons volk, opnuut weer aangebied word as ons volk se enigste hoop op Selfbeskikking. Nogeens word “leiers” vanuit die “centre right” aangewend om hierdie foefie opnuut op te dis aan ons volksgenote. En belangstelling daarvoor word deurentyd gewek deur blootstelling daarvan deur Boermedia. Ons volk is destyds platgeslaan deur hierdie mense se lae en gemene vuil spel wat ons ons seggenskap oor ons Godgegewe erfenis ontneem het. Die verslaenheid waartoe dit gelei het was die aanleiding daarvoor dat ons mense selfs dekades lank nie Geloftefeeste bygewoon het nie. As volk was ons in ons eer gekrenk deur die eerlose prysgawe van mag – asof ons ons voorgeslagte se durf en moed verraai het. Maar daardie verraad moet vierkantig op die skouers van die leiers van die NP en hul Volksfront/KP helpers gelê word. Húlle was  die rede dat ons politieke mag van ons weggesteel is sonder slag of stoot. Die Afrikaner was bereid om ten bloede toe te veg vir die behoud daarvan. Daarvoor was hy aan die voorberei en sou hy op bevel van sy leiers selfs die hoogste offer bring.

Ons weier om die status quo te aanvaar

Jong Afrikaners vra met reg waarom ons vandag in hierdie toestand verkeer. Hoe is dit moontlik dat ‘n land wat deur ons voorgeslagte uit die woesteny ontworstel is en deur offers van bloed en sweet ontwikkel is tot een van die voorste lande in die wêreld nou deur barbare regeer word. Hulle vra na die roem en eer van voorgeslagte wat kaalvoet oor die berge getrek en vir geen gevaar teruggedeins het nie. Wat hierdie land getem het en as erfenis ontvang het vir die Afrikanervolk in sy geslagte. Hoe kon ons die politieke beheer oor ons land verloor, dit as’t ware gewoon prysgee in 1994? Daarom is dit noodsaaklik dat die gebeure wat hiertoe aanleiding gegee het deeglik ondersoek en bekendgestel moet word.

Opwellende nasionalisme moet “bestuur” word

Maar in hierdie nuwe opbruising van volksnasionalisme sien die liberales die noodsaak om opnuut verraads-planne te smee. Hierdie golf van nasionalisme moet weer “bestuur” word, en moet soos in 1994 só gekanaliseer word dat dit weereens op niks sal uitloop nie.

Kan ons nou toelaat dat dieselfde verraad vanuit dieselfde kringe en boonop deur middel van dieselfde verraaiers-dokument – die Afrikaner Akkoord – weer teen ons volk gepleeg word? Die eindresultaat daarvan sal net wees om die volk net nog langer onder Nie-Blanke dwinglandy te hou. Hierdie dokument hou vir ons volk geen heil in nie. Om daardie rede kon dit selfs met “grondwetlike beskerming”, met die instel van ‘n “Volkstaatraad” en met die allerheilige “artikel 235” nie ‘n dooie duit vorder om daardie beloofde Volkstaat te laat realiseer nie.

Afrikaner Akkoord – Wat dit is.

In die volgende aflewering (Deel 6) gaan ons die Afrikaner Akkoord breedvoering ontleed. Dis haas tyd dat ons volksgenote weet wat presies daarin staan. Vir enige laerskoolkind wat dit ondersoek sal die onwerkbaarheid daarvan glashelder te siene wees. Na deeglike ontleding daarvan sal u saamstem dat na die Afrikaner Akkoord meer gepas verwys kan word as die Akkoord tot Voortgesette Knegskap van die Afrikaner. Dít, alleen is wat deur die nuwe verraad bereik sal word!

Regse Verraad (Deel 1)

Hierdie is die eerste deel van die uitgebreide artikel oor die verraad wat gelei het tot die verlies van die politieke mag van die Afrikaner. Gaan hier na deel 2.

Regs en Links

Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke verdeel in twee groepe – dié wat vanweë ‘n diepgewortelde volksnasionalisme konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 18oo’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde nasionalistiese kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak.  Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.

Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in, Sy dryfveer: die drang na vryheid – om homself te kan wees en oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste vind onder Britse oorheersing, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.      

Anglo-Boere-oorlog

Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Anglo-Boereoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.

Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer het die konserwatiewe Bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.

Die Afrikaner is oorwegend konserwatief

Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie nasionalistiese konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n brabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word. 

Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.

Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme

Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Op die vryheidspad van die Afrikaner was die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.

Eerste afwykings

Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting  sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.

Voete van klei

Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician…’ Direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in…

Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi het opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.

Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke

Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en  orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.

Praat na regs, doen na links

Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : Eie skole, eie woongebiede gebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.

FW hervorm koorsagtig

Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op die 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront!) De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.

Die politieke gety draai skerp teen die regering. Momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus. Daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Sonder twyfel sou die Nasionale Party met daardie verkiesing ontsetel geword het. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing in doodsgevaar verkeer het.

Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings

Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie kon oorleef nie.  In reaksie hierop kondig FW de Klerk enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.

Vervolg in deel 2

Regse Verraad (Deel 4)

Hierdie is deel 4 van ‘n uitgebreide artikel oor die verraad wat gelei het tot die verlies van die politieke mag van die Afrikaner.

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Die boodskap wat die Volksfront-leiers aan die Afrikaner wou deurbring deur die Bophuthatswana-fiasko is hard en duidelik oorgedra: waag militêre weerstand en hierdie sal julle uiteinde wees! Dit is die beste verwoord deur regter Kriegler, wat ook die voorsitter van die verkiesingskommissie van die ’94-verkiesing was met die woorde: “Three of them were shot like dogs in the glaring publicity of television lights and cameras. That had a n enormous effect on the right-wing willingness to resist the elections further by means of violence and terrorism.”

Vryheidsfront die uitweg

Nou is die weg geopen om ‘n ander uitweg te soek – Viljoen sou ‘n politieke party stig (die Vryheidsfront) en dan aan die verkiesing gaan deelneem. Nodeloos om te sê was die ondersteuners van die Volksfront verslae en verlam nadat hul leiers hulle in die steek gelaat het. Die “generaal” – die militêre leier van die Boerekrisisaksie. Daar is breedvoerige militëre planne uitgewerk, hulle was slaggereed om dit in werking te stel, maar skielik is hulle leierloos. Hulle leier het besluit om dít te gaan doen waarvoor hy hulle tot nou toe opgeroep het om met wapengeweld te beveg. Hulle was gereed om die verkiesing van 1994 geheel en al te ontwrig. Maar die angel is effektief deur hierdie verraad uit die regse weerstand gehaal.

Patriot noem generaals verraaiers

Die teleurstelling het wyd geloop. Ons hele land, die toekoms van ons kinders is deur hierdie daad van verraad vernietig. Die Patriot, mondstuk van die KP se voorbladberig van die 18 Maart 1994-uitgawe berig toe onder die opskrif: VOLK VERWERP GENERAALS as volg:

“Die Afrikaner-Boerevolk het nou net mooi genoeg gehad van politieke verraad deur mense met wit velle en nadat Generaal Constand Viljoen lynreg teenoor talle beloftes deur hom van nie-deelname aan die gewraakte verkiesing van 27 April, wat die volk slawe sal maak in ‘n Kommunistiese Satansryk, nogtans voorwaardelik op eie houtjie vir die verkiesing gaan registreer het, eis ‘n woedende Afrikaner-Boerevolk die onmiddellike daarstelling van ‘n onafhanklike Volksrepubliek.”

Ferdi part en deel van verraad

Min wetende dat hul eie leier, dr. Ferdi Hartzenberg en talle van die koukuslede van die KP soos Corné en Pieter Mulder, Tom Langley, Koos Reyneke, Piet Gous, Dries Bruwer en helaas ook die ondervoorsitter, dr. Willie Snyman ten diepste deel uitgemaak het van die verraad. Bogenoemde uitgawe van Patriot wat genl. Viljoen uitbeeld met ‘n NP-embleem op sy voorkop, word toe deur dr. Hartzenberg persoonlik herroep en verban. Hy was duidelik besig om Viljoen se eer te probeer red omdat hyself net so diep by hierdie verraad betrokke was.

Nuwe verraad 30 jaar later

Die hartseer ironie is dat vandag, ‘n goeie 30 jaar na hierdie gebeure waar ons volk deur wolwe in skaapsklere uitverkoop is, daar opnuut pogings tot misleiding van die konserwatiewe Afrikaner van stapel gestuur word. En, glo dit of nie, nog met aanwending van hierdie selfde verraads-dokument, die Afrikaner Akkoord! Die rede waarom ‘n nuwe misleiding genoodsaak word, is die herontwaking van die Afrikaner-nasionalisme onder ons volksgenote – dikwels juis onder die jonger geslag. Hulle verstaan nie waarom ons vreemdelinge en bywoners in ons eie land moet wees nie. Hulle verdien dit dat die volle waarheid oor die verraad van 1994 aan hulle beskikbaar gestel word – juis ook om te voorkom dat hulle nie opnuut mislei word met beloftes van “Selfbeskikking” wat deur die “Afrikaner Akkoord” (nogal) vir hulle beding sal word nie

Lank lewe Afrikaner-Nasionalisme

Hierdie ontwaking van die nasionalisme in ons volk laat koue rilling langs liberale ruggrate afvloei. Daarom begin hulle weer om met ywer die doodgebore Afrikaner-Akkoord-dokument – wat na 30 jaar nog nie eers 30 vierkante sentimeter se “Volkstaat” kon beding nie – opnuut af te stof, asof hulle lewe in dié dooie ding kan blaas!

***

Hierdie artikel is ‘n poging tot ‘n oorsigtelike kyk na die verraad wat deur volksleiers gepleeg is om die oordrag van mag, die weggee van ons eiendom, sonder ons toestemming, moontlik te maak. Die bedrogspul staan bekend as die IDASA-komplot. Die intriges waarvan nog vele hoofstukke oor geskryf gaan word.

Mnr. Jaap Marais het homself oor hierdie verraad as volg uitgelaat:

Ons is nie verower omdat ons versleg het nie, maar omdat daar verkeerde leiding was en samewerking met mense wat nie die beste belang van die Afrikanervolk op hulle hart gehad het nie. Daarom het die Afrikaner bloedloos en eerloos oorgegee aan ‘n terroristebende. Deur die IDASA-komplot is hy bedrieg, Die Afrikaner is uitverkoop sodat dit vir hom onmoontlik was om hom daarteen te verset.

Maar hy het ook hiérdie besielende woord tot ons volk gespreek:

Die stryd dryf die Afrikanervolk weer deur die smeltkroes. In die hitte vind weer suiwering plaas. In die branding word die harde kern nog harder gebrand. In die pyn word die bande van liefde nog sterker gesmee. Boontoe en binnetoe, Gebed en selfsuiwering. Geloof en verinniging. Dit is wat die Afrikanervolk weer in sy hart hernieu.

Deel 5 gee meer besonderhede in hoe mate die AVF gebruik is as voertuig tot misleiding wat gelei het tot die skepping van die Afrikaner Akkoord en die deelname (oorgawe) van ‘n groot deel van die Afrikanervolk en die blanke in SA aan die veelrassige verkiesings vanaf 1994.

Regse Verraad (Deel 3)

Hierdie is deel 3 van ‘n uitgebreide artikel oor die verraad wat gelei het tot die verlies van die politieke mag van die Afrikaner.

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Amerikaners berig oor AVF – ANC ooreenkoms

Op 24 September 1993 verskyn ‘n berig in die Amerikaanse Christian Science Monitor wat dit stel dat genl. Viljoen geheime samesprekings met die ANC voer en dat in dié onderhandelings ooreengekom is dat die Afrikaner Volksfront aan die April 1994-verkiesing sou deelneem en dit daarom nie sou ontwrig nie! Dit terwyl aan die ondersteuners van die Volksfront deur hierdie leiers voorgehou is dat hulle De Klerk sou stuit!

AVF wil deelneem aan 1994-verkiesing

Op 18 November 1993 vind verdere geheime onderhandelinge met die ANC plaas by Farm-Inn buite Pretoria. Die CDP het hierdie kuiertjie op koste van IDASA gereël. Hiertydens hou Viljoen ‘n geskrewe toespraak namens die AVF waarin namens die Volksfront verklaar word:

“On the part of the AVF we undertake to encourage the parties to participate in the process leading up to the Universal Election and in the Election itself with a view of actively promoting the succesful transition to a system of democratic rule in the whole of South-Africa, as well as in all measures to be undertaken to ensure greater stability and peace in all communities, in the reconstruction of the economy and in the establishment of the rule of law and the protection of universal human rights for all citizens” (Eie beklemtoning)

Volksfront-lede onbewus van beloftes aan ANC

Intussen berei strukture en onderafdelings van die AVF soos die Boere Krisis-aksie (BKA) voor vir gewelddadige opstand, min wetende dat hulle leiers reeds glasies klink met die vyand oor die voleindiging van hul verraad teen hul eie volksgenote. Op 30 Januarie 1994 verwoord die ANC self wat agter die skerms aan die gang is in die Chicago Tribune : “It is our aim to keep the right wing talking for as long as possible in order to prevent a White backlash.”

KP-leiding heul nou ook met ANC

Op die 3de Desember 1993 lei Ferdie Hartzenberg ‘n afvaardiging saam met die ondervoorsitter van die KP, dr. Willie Snyman in ‘n geheime beraadslaging met die ANC se Nelson Mandela en Thabo Mbeki. Die KP-mondstuk, Patriot, berig self in ‘n misleidende artikel daaroor in die uitgawe van 10 Desember 1993. Maar die amptelike KP-standpunt was in 1991 nog dat deelname aan onderhandelinge met die ANC verraad is. Hoe gebeur dit dat die KP-standpunt in die kort bestek van 2 jaar ‘n 180-grade omkeer maak? As dit in 1991 verraad is, wat noem mens dit in 1993?

Memorandum van Ooreenstemming tussen AVF en ANC

Op 21 Desember 1993 bereik die Volksfront en die ANC ‘n “Memorandum of Agreement between the African National Congress and the Afrkaner Volksfront”

Hierdie memorandum sou later die hoofdeel uitmaak van die “Afrikaner-Akkoord” wat enkele dae voor die 1994-verkiesing onderteken is, en wel as die Appendiks (Hoofstuk 3 en verder) tot die “Afrikaner Akkoord”. Let wel, dit is dus hierdie ooreenkoms, soos gesluit deur die geheime geknoei tussen die leiers van die Volksfront en die ANC, wat uiteindelik die hoofdeel van die Afrikaner-Akkoord uitmaak.

Die aanhef van die memorandum lees as volg:

The delegations of the African National Congress and the Afrikaner Volksfront have met on numerous occasions to discuss matters arising from the political transition in South Africa.

Dit lys dan ‘n reeks sake waaroor tussen hulle ooreengekom is:

Onder punt 1.2:  “…a suitable political solution can be found throuh a process of negotiations … This is a crucial commitment which will help in adressing the entrenched mistrust and antagonism which exists between supporters of the Afrikaner Volksfront and the African National Congress”

1.4: “Though the two parties do not share a common position on the proposed schedule for the transitional process they have agreed that a strategic agreement, adressing matters of mutual concern, ought tot be entered into. This will facilitate the implementation of the transitional process and the conduct of the elections on 27 April 1994 (My nadruk)

2.1: “South Africa should be the home to all its inhabitants who share a common future, based on peaceful co-existence, economic interdependance and constitutional governance.”

2.4: “They agree that the aspirations of many Afrikaners to govern themselves in their own territory should be adressed. Accordingly they agreed that a joint working group be established for this purpouse, bearing in mind the call made by Dr Mandela, Dr Hartzenberg and General Viljoen for a solution which entrenches reconciliation, prevents conflict, and facilitates cooperation among all people.” (My nadruk)

2.6: “The AVF, having accepted the ANC’s good faith, has undertaken to actively discourage any action calculated to destabilise the tranitional process. The culmination of ths strategic agreement into a final settlement before end January 1994 will enable the AVF and its affiliates to consider participation in the transitional stuctures and process, as well as in the elections as scheduled to be  held on 27 April 1994.” (Eie beklemtoning)

In hoofstuk 4 word gehandel oor die Volkstaat wat gestig sou word. Onder die hofie “Citizenship” lees die memorandum: “Any form of derived citizenship intended for persons residing in a possible Volkstaat will not be racially based and shall be compatible with internationally accepted norms.” (My klem)

Hoofstuk 5, Punt 5: “Self-determination will serve the purpose of building the state and not cause the dislocation of the state. It should facilitate peace and not conflict .”

Afgewaterde Volkstaatjie

Geen ondersteuner van die Volksfront sou tevrede wees met dié tipe van selfbeskikking nie! As hulle geweet het watter tipe Volkstaat hul leiers besig was om vir hulle te “onderhandel” sou hulle hierdie leiers summier verwerp het. Daar is egter geen twyfel dat hierdie geheime onderhandelings die laagste vorm van verraad is nie. Sonder die meewerking van die verraaier-leiers van die Volksfront en KP sou die oordrag van mag na die kommunistiese ANC nie kon plaasvind nie. Die Volksfront (kamtig gestig in opposisie teen die Nasionale Party) was deur die bestuur van die leiers van dié organisasie ironies genoeg die belangrikste skakel in die oordrag van mag deur die Nasionale Party. Die leiding van die AVF was dus niks minder nie as ‘n verlengstuk van die NP-regering. Dit sou later deur twee getuies aan die lig gebring word dat Genl. Viljoen en FW de Klerk elke Sondagaand saam beraadslag het aan huis van de Klerk, Libertas Pretoria.

AVF-leiers belieg BKA

Ten spyte van hierdie Memorandum van Ooreenkoms wat teen die einde van Desember al bereik is, spreek Constand Viljoen en Ferdi Hartzenberg op 15 Januarie 1994 leiers van die Boerekrisisaksie (BKA) (die militêre arm van die AVF) naby Winburg bedrieglik toe. In sy toespraak sê genl. Viljoen drie maal “die tyd vir optrede is nou”. Maar skaars 3 weke voor hierdie vergadering het hy en Hartzenberg reeds met die ANC ooreengekom en hulleself verbind tot ‘n vreedsame oorgawe en selfs tot deelname aan die verkiesing!

Viljoen as verraaier uitgejou

Twee weke na hierdie vergadering, op 29 Januarie 1994 spreek Hartzenberg en Viljoen ‘n massa-volksvergadering toe op die Pretoria Skouterrein. En hierdie slag pleit genl. Viljoen by die aanwesiges dat hulle moet deelneem aan die verkiesing! Hy word uitgejou en toegesnou as verraaier. Om dinge te vererger berig Rapport van 6 Februarie 1994 dat dr. Hartzenberg mnr. Eugene TerreBlanche wat ook ‘n lid van die AVF was probeer oorreed het om aan die April-verkiesing deel te neem. TerreBlache het die voorstel met minagting en afsku verwerp.

Gaan die AVF nou skeur?

Die Volksfront-leiding was nou oënskynlik verdeeld – met Hartzenberg wat enduit die nie-deelname-aan die-verkiesing vaandeldraer was, en Viljoen wat hom nou vir deelname daaraan beywer het. Agter die skerms is egter reeds deur die hele AVF-leiding ondernemings aan die ANC gegee vir ‘n vreedsame oordrag van mag, en is selfs ook ‘n onderneming tot deelname aan die verkiesing gegee. (sien punte 2.4 en 2.6 onder die hofie: Memorandum van Ooreenkoms tussen die AFV en ANC). Hierdie skynheilige optrede sou deur die Volksfront-leiers voortgesit word ten einde aan die een kant te kan voldoen aan hulle belofte aan die ANC en andersyds sy ondersteuners te paai dat dit steeds die AVF se plan is om die oordrag van mag te stuit. Nooit is Viljoen deur die leier van die Volksfront, Ferdie Hartzenberg gerepudieer nie – hy kon ook nie, Viljoen het bloot die nie-amptelike, dog ware beleid van die AVF-leiding verkondig.

Bophuthatswana – operasie tot ontmoediging

Met die politieke onstabiele situasie in Bophuthatswana in 1994 het hul leier, Lucas Mangope genl. Viljoen genader om militêre hulp aangesien sy land besig was om onregeerbaar te raak vanweë stakings waaraan die Bop-polisie ook deelgeneem het. Viljoen reël toe met die Boerekrisisaksie (BKA) om ‘n mag van sowat 4500 man daar te ontplooi ten einde orde te herstel. Die val natuurlik vreemd op dat Mangope nie die Suid-Afrikaanse Weermag genader het om hulp nie. Maar hierdeur is die ideale geleentheid geskep waardeur die Volksfront se wil tot militêre weerstand lamgelê sou word. Die manne word opgeroep om sonder wapens Bophuthatswana binne te val met die belofte dat wapens daar aan hulle voorsien sal word. Bid jou dit aan! Daar het natuurlik dadels van gekom. In die eerlose onttrekking wat hierop gevolg het is 3 manne van die AWB koelbloedig doodgeskiet ten aanskoue van die hele wêreld nadat ‘n hele span verslaggewers “toevallig” (dalk eerder strategies) op daardie spesifieke plek ontplooi is sodat beeldmateriaal van dié grusame moorde die wêreld ingestuur kon word. Die drie gewonde, ontwapende manne word elk met twee skote deur ‘n Bophuthatswana polisieman uit sy R4 doodgeskiet.

(vervolg in deel4)