van April 1981 tot April 2001 (Wat ons nie moet vergeet nie!)
EN ‘N OPROEP TOT DIE AFRIKANERVOLK 2025
Deur MJJ Erasmus
Ondervoorsitter van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB)
met medewerking van die ANB-DagbestuurDesember 2024
Inleiding
Die vraag op almal se lippe is:
Hóé het die Afrikanervolk en heel Suid-Afrika vandag in hierdie gemors beland?
Onderstaande is bedoel as ‘n bondige chronologiese opsomming (ook geskik vir vinnige naslaan doeleindes) van die betekenisvolle gebeure en gegewens in verband met die geheime internasionale sameswering of komplot, waardeur die Afrikanervolk van Suid-Afrika van sy historiese erfenis, die Republiek van Suid-Afrika ontroof is.
Die vernaamste bronne, wat deurgaans as verwysings aangegee word, is:
Die IDASA-KOMPLOT teen Afrikanernasionalisme – Mnr. Jaap Marais, leier van die Herstigte Nasionale Party (HNP)1977-2000 (bladsyverwysings na die eerste en tweede uitgawes word deur ‘n / van mekaar onderskei),
Die Afrikaner–koerant as amptelike mondstuk van die HNP gedurende dié tyd
Behind the military ranks in the Afrikaner Volksfront, ‘n publikasie in Engels deur mnr. Jaap Marais ten einde inligting rondom die politieke gebeure sedert die stigting van die Afrikaner Volksfront(AVF) onder leiding van veral genls. Tienie Groenewald en Constand Viljoen, so vroeg as 15 Maart 1994, internasionaal rugbaar te maak.
Enkele ander bronne is ook gebruik met die nodige verwysing.
Verskeie aanhalings uit bogenoemde bronne met eie beklemtonings is deurgaans in die chronologiese uiteensetting ingevoeg.
[Publikasies van mnr. Jaap Marais kan bestel word by Jane Bienedell O82 663 I88I]
Hierby aangeheg is ‘n aantal bylae ingesluit waarna verwys word soos van toepassing. Die bylae is die dokumentêre getuienis of bewyse waarop die onthulling van die IDASA-komplot teen Afrikanernasionalisme grootliks berus. In die genoemde publikasie deur mnr. Marais is die meeste van dié dokumente wel afgedruk, maar ongelukkig nie deurgaans duidelik leesbaar nie. Daarom is die tersaaklike dokumente presies oorgetik (met briefhoofde en handtekeninge geskandeer) ten einde elke dokument noukeurig soos die oorspronklike daar uitsien as bylae weer te gee, sodat verwysings makliker nagegaan kan word.
[Hiérdie poging tot volledige beskrywing van die ongeëwenaarde vernuf in slinksheid en bedrieglikheid waarmee die IDASA-komplot teen die Afrikanervolk deur volksverraaiers beplan, bestuur en deurgevoer is mag deur hulle as ‘n pluimpie beskou word… Derhalwe wys ons diégene op die Troon waarvoor hul verantwoording van hul dade sal moet doen. Nét die HERE, die Almagtige, kan harte soos die van Saulus (Handelinge 9), vermurwe!]
Die wens en verwagting word uitgespreek en die dringende oproep word gemaak dat ons Afrikanervolk, oud en jonk, aangevuur deur ‘n opregte en brandende Afrikanernasionalisme (dit is vaderlandsliefde) ywerig die geskiedenis van 30 jaar gelede sal nagaan, sodat die weg uit die verknegting waarin die IDASA-komplot ons gedompel het, gou gevind mag word!
Aan God ál die eer!
Volg die skakel hieronder vir die hoofartikel (in PDF)
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) roep u op om saam met ons die politieke bestel wat sedert 1994 in Suid-Afrika tot stand gekom het te verwerp!
Dié bestel is die direkte uitvloeisel van die bedrogvolle verraad wat teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika voor 1994 gepleeg is, soos die gebeure in die ANB se studiestuk uiteengesit word (Volg hierdie skakel)
Deur slinkse misleiding het die De Klerk-regering in noue samewerking met sogenaamde “regse” leiers, wat as regeringsagente in regse geledere bedrieglik opgetree het, die Blanke volk van Suid-Afrika uit sy politieke mag gekul.
Sonder dié onderduimse en agterlike bedrog sou die eerlose en bloedlose oorgawe aan ‘n Kommunistiese rowersbende (ANC-SAKP-regime) in April 1994 nie kon plaasvind nie.
Om dié rede weier ons om in die onreg teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika te berus.
Die Afrikaner Nasionalistiese Bewegingbeywer hom derhalwe om die Afrikanervolk in besonder (maar ook álle Blankes), wat nog nóóit deelgeneem het, asook diegene wat nou nié meer deelneem aan die bedrogvolle ANC-verkiesings nie, buite die politieke bestel as ‘n eenheidsmag te versamel, ten einde terug te eis wat regtens aan die Witman van Afrika behoort!
Deelname aan die onwettige politieke bestel, soos genl. Viljoen se “Vryheidsfront” destyds (en vandag nog!), verleen slegs ‘n valse legitimiteit aan die ANC-SAKP-regime. Die ANB weier steeds om daaraan mee te doen.
Die ANC-SAKP het géén reg om as sogenaamde “owerheid van die dag” ons kosbare Vaderland, wat met harde werk en hoë offers deur ons voorgeslagte tot ‘n bastion in Afrika opgebou en ontwikkel is, verder onder hul voete te vertrap nie!
Dat die Witman die Swartman in Suid-Afrika “onderdruk” of sogenaamd te na gekom het is ‘n infame leuen waarvan die ganse Afrika klinkklaar getuig en die tééndeel volkome waar is.
Vrae tot Aksie:
Twee belangrike vrae wat ons onsself aan die begin van 2025 moet afvra is: ❖ Mag ons ons oë sluit vir die onreg en bedrog van 30 jaar gelede waarin ons deur verraderlike “leiers” soos skape na die slagpale gelei is? Moet ons bloot daarin berus? ❖ Mag ons toelaat dat dieselfde verraad en bedrog met presies dieselfde strategieë en dwaalweë vandag weer deur sogenaamde “Afrikanerleiers” wat hulle as redders van die Afrikanervolk voordoen, opnuut weer hervat en voortgesit word?
Maar wat is andere se “oproep”?
In die lig hiervan moet ons die onderstaande wekroep van mnr. Willie Cloete van Volkskrag in die onlangse verlede (Oktober 2024) betrag en beoordeel:
“Volksgenote Ek wil die volgende beroep doen aan almal wat hulle herkoms en hulle Volk lief het. Wat glo in God die Almagtige wat hemel en aarde geskape het. Daar is soveel stories oor dinge wat in die verlede gebeur het wat die Boere/Afrikaners se geskiedenis beïnvloed het tot ons nadeel en dat ons sit waar ons vandag sit. NIEMAND kan geskiedenis verander nie. Nou my oproep: FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander soos deur: Ons vertroue in God te herstel en alles in die stryd te werp om vir ons Volk selfbeskikking te verkry. Willie Cloete Volkskrag”
Die ANB se antwoord daarop
U moet self oordeel of ons kan bekostig om te vergeet van die “stories oor dinge wat in die verlede gebeur het”, soos mnr. Cloete die volksverraad deur “Afrikanerleiers”(wat net soos ons lyk en “praat”) noem,
en gevolglik maar houtgerus kan “FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander”,
sónder om te vra: ❖ Hoe het ons Afrikanervolk, met ‘n roemryke geskiedenis en heldedom oor eeue heen, in hiérdie benarde omstandighede beland? ❖ Wat het ons aandag só afgetrek en in beslag geneem dat ons dááraan begin twyfel het dat die HERE, die Almagtige, hierdie héle land aan ons as erfdeel gegee het en dat ons nie maar ‘n “minderheidsgroep” is wat iewers ‘n stukkie “selfbeskikking” van ‘n goddelose owerheid moet probeer afsmeek nie? ❖ Waartoe roep die HERE sy kinders in die Afrikanervolk, sodat die onreg en bedrog wat voor Sy oë gepleeg is, gestraf en reggestel kan word? God vergeet nie… hoe kan óns vergeet?
Gedurende die rebellie van 1914 het ‘n hele kommando “joiners” en “hendsoppers” saam met genl. De Wet te velde getrek teen die Botha-Smuts-regering, omdat hulle uit opregte berou en skaamte hul naam en eer wat hulle deur die gruwelike verraad van hul volk tydens die oorlog (1899-1902) geskend het, weer in ere wou herstel.
Drie vrae: ❖ Waar is húlle wat in diepe berou na vore kom en pleit: “Ek het iets verskrikliks teen my volk gedoen… Ék was deel van die verraad…?” ❖ Wie is húlle wat hulself probeer voorstoot om vandag weer die leisels van die Afrikanervolk te neem om hom te lei? ❖ Waarheen moet ‘n ware Afrikanerleier sy volk lei, selfs al staan ons soos ons voorouers in onsself klein en magteloos, maar in geloof en waarheid, voor ‘n oormag soos by Bloedrivier?
Die krag van getuienis moet uitgaan
Ons is oortuig dat daar in die verlede ‘n krag van die Afrikanervolk in Afrika uitgegaan het, omdat ons voorgeslagte in hoë mate aan die HERE getrou was.
Alleen wanneer daar by ons, ook as volk, wáre bekering kom, sal daar wéér ‘n krag van ons uitgaan…
Hiérdie krag is in wese die getuienis dat die HERE alléén God is, soos selfs ‘n Farao, ‘n Agab, ‘n Nebukadnesar en (kan mens byvoeg) ‘n Dingaan dit móés erken, ook al het hulle almal geweier om in Hom te glo.
Daarom het ons as volk, wat die HERE juis uit suiwere gereformeerde geloofswortels in hierdie land laat groei het, die bestaansroeping (let wel nié ‘n “bestaansreg” nie!) om deur eie voorbeeld daadwerklik te verkondig: Die HERE alléén is God!
Ten spyte van die laakbare bedrog waardeur ons volk van sy Godgegewe erfdeel ontroof is, lê ons ons nogtans ootmoedig neer by die toelatende wil van God, die Allerhoogste, waarsonder ons vyande se diaboliese planne nie sou slaag nie. Ons erken dat die magsoordrag na ‘n Kommunistiese Swart meerderheidsregering in 1994 Sý tugtende Hand was, vanweë die ontrou en afvalligheid van vele in die Afrikanervolk en Blankedom waardeur Sý Naam en Eer geskend is.
Ware bekering word vereis
Daarom betuig ons aan elke mede-Afrikaner wat van die weë van die HERE afgedwaal het in welke opsig ook al – wêreldse sedes, onkuise kleredrag, sportgod aanbidding, onwelvoeglike taalgebruik, materialisme, selfgesentreerdheid (die soeke na slegs eie belang), eiewilligheid en mensgesentreerdheid in die godsdiens, ens. om tog nougeset op hul lewenswandel te let en hulself in die lig van Gods Woord op die proef te stel.
As ons dink dat ons die HERE met ons lippe kan dien, terwyl ons lewens toon dat ons harte ver van Hom af is, bedrieg ons onsself, en durf ons nie uitkoms van Hom verwag uit benoude omstandighede nie.
Die God van ons voorgeslagte, die Enige en Waaragtige, die God van hemel en aarde, tot Wie die Voortrekkers in die Bloedrivierlaer hul hulpgeroep laat hoor het… Hý is die Heilige God wat Hom nie laat bespot nie! [Andries Pretorius en Sarel Celliers het die manskappe in die Bloedrivierlaer gemaan tot ‘n heilige lewe, geen vuil taalgebruik en volgehoue gebed.] ❖ “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie” (Galasiërs 6:7) ❖ “Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig.” (Levitikus 11:44) ❖ “Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Psalm. 51:19)
Daarom lê die ANB hom daarop toe om voortdurend sy eie lede en ons ganse volk op te roep om terug te keer na die God van ons voorgeslagte deur ware selfondersoek, opregte berou, skulderkentenis, verootmoediging en heiligmaking. Die doel van verootmoediging mag egter geensins wees “sodat dit weer met óns mag goed gaan nie”, maar slegs ter wille van die Naam en Eer van die HERE, voor Wie se aangesig ons, ook as Afrikanervolk, steeds mag lewe in hierdie mooi land wat Hý as erfdeel aan ons toevertrou het. ❖ “Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.” (Psalm 103:9) ❖ “Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.” (Jesaja 55:7) ❖ “In Hom [Jesus Christus] het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.” (Efesiërs 1:7)
Die ANB se weg na vryheid
Wat is dan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging se oogmerk om ons vaderland weer uit die huidige verknorsing te lei?
❖ Alleen die weg van suiwer Afrikanernasionalisme (‘n liefde vir land, volk en taal)op ware Christelik-Protestantse geloofsgrondslag soos tot uiting gebring ook in die politieke beginsels van dr. DF Malan, adv. JG Strijdom en dr. HF Verwoerd. ❖ Dit is in werklikheid ‘n voortsetting en verwesenliking van ons volk se eeue oue ideale van reeds vóór die Groot Trek: ✓ Blank Suid-Afrika is die Afrikanervolk se Godgegewe vaderland, ✓ waarin die Witman, in Afrika, soewerein oor homself moet kan regeer, ✓ om homself te kan wees tot eer van sy Skepper – let wel, nie net in ‘n flentertjie van ons land wat as ‘n volkstaat bekendstaan nie! ✓ Deur wet en orde daar te stel, waaruit ekonomiese stabiliteit mag volg, moet die ryke hulpbronne van Suid-Afrika met wysheid en oorleg bestuur word. ✓ Ekonomiese vooruitgang en welvaart is net moontlik deur die handhawing van wet en orde en ‘n ekonomiese beleidstoepassing wat toesien dat ‘n eerlike en hardwerkende bevolking vir hul handewerk beloon word. ✓ So-ook die verstandige implimentering van ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling (Apartheid), ✓ waarin elke bevolkingsgroep na sy aard en behoefte die geleentheid ten volle gegun word om homself te kan tuismaak, opbou en ontwikkel in sy eie territoriale grondgebied na die aard van omstandighede soos eie aan homself. ✓ Dit impliseer die terugbesorg en herstel van die Swart volkere van Suid-Afrika se regmatige historiese grondgebied en erfenis wat ook deur die “Nuwe Suid-Afrika” van 1994 hulle ontneem is (soos Transkei, Ciskei en andere). ✓ Dit impliseer óók die herstel van Blank Suid-Afrika, die internasionaal erkende en regmatige eiendom van die Afrikanervolk.
Waarteen is ons stryd
Ons stry teen die nuutste “regse” verraad, die wat ons steeds gevange wil hou onder die huidige regime deur bv. die bedrieglike gebruik van die sg. Afrikaner-Akkoord of wil hê dat ons aan die regime se verkiesings moet deelneem. (Vir agtergrond sien die uitgebreide reeks artikels oor Regse Verraad)
Ons stry teen die agenda van die Joodse geldmag wat die media – TV, koerante en vandag selfs die sosiale media – grootliks beheer. Hiervan moet die suiwer Afrikaner vandag veral bewus wees en homself en sy kinders teen onbehoorlike beïnvloeding en selfs indoktrinasie verskans. Die Afrikanervolk se ideale deur die eeue staan lynreg daarteenoor.
Ons stry teen die “Afrikanervriendelike” organisasies soos Afriforum en Solidariteit se ondermyning van Afrikanersaak. Waar hulle, onder andere,
Rassevermenging voorstaan,
Die 1994-politieke-bestel as volkome regverdigbaar beskou
Boonop die beleid van dr. Verwoerd en die Nasionale Party (1961-1966) ten opsigte van die Swart volkere van Suid-Afrika as onverdedigbaar afmaak!
Die ANB verwerp alle drogredenasies wat ten doel het om valse wigte in die Afrikanervolk te probeer indryf:
Die ANB verwerp die valse onderskeid asof Boerevolk en Afrikanervolk verskillende groepe sou verteenwoordig.
As ons van Afrikaners of van Boere praat, praat ons van dieselfde mense… dit is húlle wat hul by die beginsels van pres. Paul Kruger, genl. De Wet, genl. Hertzog en vele ander gelowige Afrikanerleiers skaar.
Ten slotte
Die Blanke, as ekonomiese ruggraat van Suid-Afrika, móét homself geheel en al onttrek van hierdie politieke bestel en in lydelike verset die opkoms van die Afrikanernasionalisme nastreef!
Mag in die Afrikanervolk van vandag en môre steeds die werke van die Almagtige God, soos by Bloedrivier, gesien word: ❖ Wanneer hierdie land weer, deur die genade van Bo, uit die as mag opstaan ❖ Die Afrikanervolk in sy land, sy Godgegewe erfenis, as politieke maghebber herstel word ❖ Die Afrikanervolk tot die eer en verheerliking van die Naam van die Almagtige, Drie-Enige God, hierdie land regeer na Sy wil volgens die riglyne en eise van die Woord van God.
Nogmaals: Mag die Afrikanervolk hom bekeer tot die HERE voor Wie se aangesig ons voorgeslagte geloftes gedoen het en tot Wie ons in ware en opregte skuldbesef en -belydenis moet terugkeer. Mag ons nooit dink dat ons hiér aan die suidelike punt van Afrika deur die HERE as ‘n volk met ‘n eie taal en kulturele identiteit in aansyn geroep is ter wille van onssélf nie.
Mag dit opnuut tot ons deurdring dat ons hiér is ter wille van die Naam en die Eer en die Geregtigheid en die Koninkryk van die HERE onse God, tot ‘n lig en ‘n getuienis van die waarheid van Gods onfeilbare en onveranderlike Woord in ‘n donker kontinent.
Wee ons as ons betower deur mammon en die sportgod vir ons ‘n “rusplek” probeer inrig in ‘n bloedbevlekte land, waarin ons in vriendskap en gedienstige onderhorigheid aan ‘n Godloënende en Anti-Christelike Grondwet en Owerheid, die wette van die HERE help vertrap, sy Naam saam laster en Sy Eer onverpoos skend.
In kleingeloof wil mens vra: Kán die afgee van die politieke mag en seggenskap oor ons Vaderland van 1994 weer omgekeer word?
In geloof is ons antwoord: By die HERE ís alle dinge moontlik!
In die lig van wat in die voorafgaande artikels toegelig is behoort dit nou duidelik te wees dat die Afrikaner nie gekapituleer het en sy land op ‘n skinkbord weggegee het in 1994 nie.
Daardie oorgawe van sy politieke mag is op slinkse wyse deur misleiding en geheime gekonkel namens hom gedoen.
Die oorgrote meerderheid Afrikaners was nie daartoe bereid om hul politieke mag met daardie selfmoord-skuif te verloor nie – dit is namens hulle gedoen. Deur leiers wat deeglik bewus was daarvan dat hulle besig was met verraad teen hul eie volk.
Vier groepe ná 1994
In die nuwe bedeling wat ná 1994 ontstaan het neem mens ‘n interessante verskynsel waar. Daar is vier hoof-strominge.
Sommige mense gee boedel oor, verklaar dat hier nie meer vir hulle en hul kinders ‘n toekoms is nie, en emigreer dan na “groener weivelde”. Die grootste deel van hierdie groep (let wel – nie almal nie) bevind hulself aan die buiterand van die volkswese, met ‘n swak ontwikkelde patriotisme. Hulle vind daarom gemaklik aansluiting by ‘n vreemde kultuur waarmee hulle baie gou assimileer. Hulle kinders wat in die nuwe land gebore word kan nie Afrikaans praat nie, en binne twee geslagte is hulle volledig in die nuwe nasie opgeneem.
Hierdie groep (en veral hul nageslag) sê vir alle praktiese doeleindes hul Afrikanerskap op, hulle hou op om as Afrikaners te bestaan.
Tweede groep: berus en aanvaar
‘n Volgende groep van ons volksgenote gaan van die veronderstelling uit dat, gegewe die nuwe realiteit, ons nou “die beste van ‘n slegte saak” moet maak. Hierdie is die ewige optimiste wat onbewustelik volstruispolitiek beoefen. Hul skeefgetrekte geloof is dat die ontelbaar baie probleme en onhoudbaarhede van die nuwe bedeling dalk vanself sal verdwyn deur uitsluitlik net op die positiewe te fokus. Selfs al beleef hulle self daagliks die verval, agteruitgang en wetteloosheid daarvan.
Afriforum vind die grootste gros van sy ondersteuning onder volksgenote met dié denkrigting. Hul oplossing is dus – ons moet net harder werk om die Swart gemors effe om te keer – “ons sal self” sê hulle. Ja, en so herbou hul ywerig dit wat deur die nuwe base afgebreek is en betaal self weer daarvoor nadat hulle ook reeds daarvoor belastings betaal het. Maar dis darem so positief en hulle “doen darem iets”.
Ja, julle help die kaders meer steel, want nou hoef hy niks van daardie belastinggeld vir projekte aan te wend nie – jy en Afriforum befonds self (weer) daardie projekte. En inderdaad verleng dié optrede die lewe van die onwettige bestel.
Derde groep: joiners
Daar is egter ‘n derde denkrigting wat hierdie een in kranksinnigheid oortref. Dit is dié een wat Kortbroek Marthinus van Schalkwyk, leier van die Nuwe Nasionale Party (NNP) gehuldig het: if you can’t beat them, join them. Hy het sy hele party kort ná 1994 pens en pootjies binne-in die ANC tuisgemaak.
Aanvaar onomkeerbaarheid van bestel en vergaan saam met hom
By al drie hierdie groepe is daar een sentrale gemene deler, en dit is dat hulle berus in wat hulle beskou as die finaliteit en on-omkeerbaarheid van die huidige bestel. Op daardie wanhoops-opvatting volg dan bloot een van twee opsies: emigreer; of bly – en maak dit werk.
Dit is die tipies fatalistiese uitkyk van ‘n verslane, moedelose volk. Van mense wat berus in die onaanvaarbare. Wat bereid is om maar op te gaan in die nuwe bestel.
Gaan op in die bestel en word deur hom verteer
Uiteindelik is hulle maar gewoon joiners, lamsakke, papbroeke. Hierdie volksgenote is, selfs al beskou ‘n groot gros van hulle hulself as konserwatief, eintlik maar opportunistiese liberaliste wat geen murg in hul pype het nie. En, soos ons in die eerste van hierdie reeks artikels gesien het, sien die liberalis primêr net na sy eie belang om. Hy bedink nie die belang van die groter groep (die volk waaraan hy behoort) nie, alleen maar wat vir homself op daardie oomblik die grootste voordeel sal inhou. Hy gaan dus gemaklik op in die nuwe bestel, word maklik deel van die omkoop-kultuur daarvan. Val vinnig in by die nuwe modus operandi – Afrika-styl. Moraliteit en Bybelgetroue geloofswaardes word gerieflik eenkant geskuif terwyl die Afrika-kultuur knus omarm word.
Dis dan wanneer jy jou begin tuisvoel in die sirkus wat hom jaarliks in Kaapstad afspeel – die parlementsitting, selfs al het jy voorheen in ‘n Blanke parlement met beskaafde Westerse norme gedien. Jy wurm jouself gemaklik daarin om met die Kentucky-“barrel” onder die arm by die verkeerskantoor in te stap – net om sake vir jouself bietjie gladder te laat verloop.
So al asof die riglyne in die Woord so saam met die Blanke grondwet in 1994 opgehef is…
Nuwe verraadsleiers (Volkstaatmanne) wil ook huidige bestel eer
Die nuwe regse verraad wat tans deur Tabok, Volkskrag en Boermedia gepleeg word en waarvoor die doodgebore Afrikaner Akkoord geresussiteer word om ‘n volkstaat te beding, se leiers maak hulself skuldig aan dieselfde denkfout as diegene van die eerste drie groepe soos hierbo bespreek. (Deel 6)
Die kardinale fout wat gemaak word is dat hulle berus in die wanvoorstelling dat ons volk nou maar net ‘n klein onkapabele minderheid is en dat die NSA ‘n onomstootlike werklikheid is. Dat daar geen kans tot herstel van ons volk se soewereine heerskappy oor homself is nie.
Groep 4: Ware Afrikanernasionaliste
Die vierde groep mense is die ware Afrikaner-nasionaliste. Dit is diegene wat die hand van God sien oor die volk wat Hyself meer as 3 eeue gelede hier aan die Suidpunt van Afrika kom plant het. Wie Hy toegelaat het om te groei tot ‘n selfstandige volk met sy eie kultuur en taal en ‘n onwrikbare geloof in Hom.
Dit is die groep wat sê: ons is hier om te bly – knegte van die Allerhoogste, maar teen die hele wêreld vry!
Keer die onreg om!
Daar is vir die Afrikanervolk net een weg te volg ten einde sy vryheid vir die derde maal te herwin. Dit is om die bedrog en verraad van 1994 waardeur ons politieke seggenskap van ons weggesteel is ongedaan te maak.
Ja, alleen maar een wyse waarop ons van hierdie onwerkbare en onhoudbare situasie van ‘n duidelik falende Nuwe Suid-Afrika kan ontsnap. En dit is deur die herwinning van die politieke mag oor ons eiendom, die Republiek van Suid-Afrika. Alleen dan sal die Afrikaner weer waarlik vry wees. Nie in ‘n volkstaat wat deel uit maak van ‘n “onverdeelde” veelrassige Suid-Afrika nie.
Nee, wanneer die onregmatige diefstal van 1994 omgekeer word en die Afrikanervolk volledig in sy erfgrond herstel word, dan het ons die derde oorwinning oor ons volk omgekeer. Die voorwaarde tot die neem van die eerste treë in daardie rigting is dat van die vasberade veronderstelling uitgegaan moet word dat ons NIE berus in die huidige toestand nie. Dat ons weier om die huidige bedeling met sy onwettige regime te aanvaar of te erken. Dat ons nie vrede maak met die verdrukking van ons mense en die onregte wat daagliks teen ons gepleeg word nie. Dat ons weier om te aanvaar dat hierdie nuwe bedeling ewigheidswaarde het, dat dit ‘n onomkeerbare werklikheid is.
Ons berus nie in die feit dat ons in die onderworpe toestand moet bly nie. Ons verwerp die Nuwe Suid-Afrika omdat dit deur verraad op ons afgedwing is. Die huidige regime is ‘n onwettige bestel omdat die Blankes nooit toestemming gegee het tot die weggee van sy regte of eiendom nie. Ons glo in die onwrikbare reg van die Afrikaner om oor homself in sy eie land te regeer.
Die Afrikaner ís die wettige eienaar van hierdie land. Daarom glo en verklaar ons: HIERDIE LAND IS óNS LAND! Ons sal nie rus voordat ons die onreg van 1994 ongedaan gemaak het nie.
As God intree sal geen mag Hom keer nie
Ons glo soos ons voorgeslagte in die voorsienigheid van God wat ons volk telkemale uit onmoontlike situasies gered het. In dié God wat ons volk hier kom plant en laat gedy het en getrou tot hier toe gelei en beskerm het. Wat ons wonderbaarlik deur veldslae soos Vegkop, Bloedrivier en Majuba gelei het tot oorwinning. In die volle vertroue dat Hy ook nou oor die mag beskik om ons uit hierdie onmoontlike situasie te herstel. In die wete dat Hy altyd getrou is – selfs al was ons as volk ontrou aan Hom.
Ons hoef nie op prinse te vertrou as die Groot Koning ons Redder is nie. Daarom maak ons nie staat op die internasionale wêreld, of sy howe of Akkoorde nie, beroep ons ons nie op die “minderheidsregte” soos beskrywe in die God-onterende grondwet van hierdie onwettige regime nie.
Laat ons vertroue alleen wees in dié God wat volkere plant en uitruk.
Die stryd om vryheid en vaderland duur voort!
Mnr. Jaap Marais stel dit reeds in 1996 dat ons ‘n gees van verset moet vestig. Afrikanernasionalisme moet aangewakker word met die slagkreet:
Die stryd om vryheid en vaderland duur voort!
Hy gee dan drie riglyne:
Ons berus nie in die bedrogvolle en verraderlike verlies van vryheid nie
Afrikanernasionalisme moet weer die magnetiese krag word wat Afrikaners saambind en aandryf tot stryd
Ons moet trou sweer aan mekaar dat ons, soos die voorgeslagte, sal stry tot ons vryheid herwin is.
Volkstaat onhaalbare droom
Let wel, nié berus in die status quo nie. Nié maar aanvaar dat ons ‘n oorwonne volk is, en nou maar probeer beding vir ‘n klein stukkie grond waaroor ons dalk darem grootliks (maar nie geheel nie) seggenskap sal hê. Nié vertrou op menslike planne en staat maak op traktate en akkoorde wat soos Piet Retief moes uitvind vir Dingaan geen bindingskrag het nie. (Die ANC het die Afrikaner Akkoord in 1994 ook net so waardeloos geskat en hulle doen dit vandag nog so.)
Ineenstorting van huidige bestel onvermydelik
Maar vandag lyk die situasie al geheel anders as in 1996 toe mnr. Marais die 3 riglyne uitgestippel het. Ook het hy in hierdie tyd as politieke profeet voorspel dat die huidige bestel sonder twyfel sal ineenstort, en dat daardie ineenstorting noodwendig met geweld gepaard sal gaan.
Hoe moeilik was dit nie om hom toe te glo nie – die Swart massas was verenig in hul oorrompeling van Witmansland. Nou lyk daardie ineenstorting egter na ‘n tasbare werklikheid.
Wat verseker stabiele regering?
Daar is twee voorwaardes waaraan ‘n regering moet voldoen en wat as wetmatighede geld vir die effektiewe bestuur van ‘n land. Die eerste is dat hulle wetgewing en inisiatiewe moet daarstel wat die ekonomie van die land stimuleer tot groei. Daarbenewens moet hulle deur behoorlike wetstoepassing en regspleging sorg vir wet en orde.
Daardie twee faktore – ekonomiese groei en sosiale stabiliteit is noodsaaklik en ononderhandelbaar vir die daarstel van bestendige regering.
Die teendeel geld ook: geen regering sal aan bewind bly indien hy nie finansiële groei in ‘n stabiele omgewing kan bewerkstellig nie.
ANC-bewind het oorvloed verorber
Op albei hierdie terreine faal die ANC dramaties. Die paradys wat hy op ‘n skinkbord ontvang het is vanweë onvermoë, korrupsie, nepotisme, toelating van “staatskaping”, wanbestuur en diefstal verniel tot waar ons land tans is. Van die welvaart en vooruitgang van skaars drie dekades gelede is nog weinig te bespeur.
ANC-bewind verloor stryd teen wetteloosheid
Daarbenewens sink die land weg in ‘n toestand van wetteloosheid. Voertuigkapings, inbrake, verkragtings en moord is gewone daaglikse nuus. Landsburgers moet hulself hierteen staal in die besef dat die eens veilige land waar hul huise geen diefwering of veiligheidshekke gehad het nie en voertuie by winkelsentrums geparkeer is sonder om die deure te sluit (die sleutel is selfs in die aansluiter gelaat terwyl inkopies gedoen is) nou lankal ‘n utopie uit die verre verlede is.
Vandag is die polisie dikwels self by misdaadsindikate betrokke. Kriminele bendebedrywighede deur mafia-tipe organisasies neem ongeopponeerd toe.
ANC-bewind aan die verkrummel
Vir die ANC-regering is die skrif reeds aan die muur. Dit is maar ‘n kwessie van tyd voordat hierdie bestel ineenstort. Die Swart kommunis sukkel om aan die bestaansvoorwaardes vir effektiewe regering te voldoen. Die ekonomie is aan’t flarde en wet en orde stort dramaties ineen.
Selfs die desperate poging om ná die vorige verkiesing ‘n regering saam te stel waarin ander partye deelneem – die sogenaamde “GNU” gaan daar weinig aan verander, hoogstens die ineenstorting vir ‘n kort wyle uitstel. Die verval het reeds te ver gevorder.
Is naderende ineenstorting stimulus vir nuwe Volkstaatplanne?
Is dit dalk die rede waarom nou reeds weer deur die vyande van ons volk geywer word om die volk nogeens op ‘n dwaalspoor te lei? Die wete dat die ineenstorting onafwendbaar is en in die nabye toekoms kan plaasvind. Waarom nie juis eerder mobiliseer vir die herstel van ons vryheid na so ‘n gebeure nie. Waarom, met vryheid wat wink, ons mense opnuut op ‘n dwaalspoor neem met beloftes van selfregering in ‘n volkstaat? Waarom gaan onderhandel met ‘n onwettige regime wie se mag besig is om sigbaar onder hom weggekalwe te word?
Sulke motiewe is tog hoog bedenklik.
Verraad in eie kring is vernietigend
Generaal Christiaan de Wet praat oor presies hierdie tipe verraad ná die Eerste Wêreldoorlog:
“Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek kon ons ons verlore onafhanklikheid teruggekry het – hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaals Louis Botha en Jan Smuts het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree. Die rebellie was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee. Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie.”
Bloed is aan julle hande!
Mag ons van hierdie soortgelyke verraad gespaar word. Ons kan ons “verlore onafhanklikheid” ook maklik terugkry na die komende ineenstorting. Maar die misleiding wat tans aan die gang is gaan poog om die instelling van ‘n Afrikaner-nasionalistiese regering te verhoed. Daar sal gepoog word om vanuit die Broederbond, Afrikaner Afrika Inisiatief, die Afrikanerstigting, Soldariteit en Afriforum ‘n gematigde regering te vestig, as alternatief tot die instelling van ‘n ware Afrikaner-regering.
Mag diegene wat hulle tans met verraadsplanne besig hou dringend herbesin. Die kool is die sous nie werd nie. Die lyding van ons volksgenote wat sedert 1994 steeds in intensiteit toeneem is bloed aan die hande van die verraad-plegers.
Hoeveel van ons mense is werkloos, in ‘ballingskap” oorsee, loop deur onder die misdaad wat sedertdien hoogty vier – is dalk verkrag, beroof, vermoor… Van wie sal daarvoor rekenskap geëis word?
Vryheid voorheen reeds 2 maal verloor, maar ook 2 maal herwin
In ‘n toespraak deur meneer Marais in 1995 stel hy dat die Afrikanervolk reeds twee maal vantevore sy vryheid verloor het, maar belangriker, dat hy dit ook reeds twee maal herwin het. Dan fokus hy op die wyse waarop daardie vryheid telkemale herwin is:
“Die twee vrae is: waarom het Afrikaners die politieke vryheid herwin, en op watter wyse? Dit is die twee belangrikste sake wat ons moet bespreek. Nou is die eenvoudige feit in verband hiermee dat die Afrikaners die politieke vryheid herwin het, omdat hulle van die begin of geweier het om die onderwerping te aanvaar. Hulle het nie berus in die onreg van die verowering nie. As daardie enkele besluit nie geneem was nie, sou daar in die rigting geen verdere gevolge uitvoortgevloei het nie.
En die tweede is dat in daardie toestand van verowerdheid en baie moeilike omstandighededit hoofsaaklik die moed en die durf van die leiers was wat die proses aan die gang gesit hetwat telkens uitgeloop het op die herwinning. Daarmee saam was die trou aan ‘n intuïsie van geroepenheid, ‘n aanvoeling van bestemdheid van hierdie volk in Afrika. Daarby die geloof in die God van hulle vaders, waaruit hulle versterking gekry het. Dit was ‘n groot toets: kan hulle volhard met al die agterstand en teenspoed wat daar was? En moenie vergeet nie: in hierdie beproewende toestande was dit die voortreflike leiding wat die Afrikanervolk gehad het wat resultate gelewer het. Dit was die basiese elemente van die hervatting van die stryd om vryheid na 1877 en weer na 1902.”
Verenig in verset op die basis van Afrikanernasionalisme
Hy gaan voort:
“As ons bo-oor politieke verdeeldheid wil voortgaan, sal ons op die korttermyn gesamentlike aksies moet probeer aan die gang kry en gebeure beïnvloed. Soos ek gesê het, ons sal ons gemoedstemming moet regkry dat ons nie in die verraad berus nie. En ons sal ons moet beroep op die mense met wie ons ‘n gemeenskaplikheid het: die nie-stemmers en mense wat misnoegd en ontnugter is. Op die banier daar agter staan: “Bring bymekaar wat uit innerlike oortuigingbymekaar hoort”. En die innerlike oortuiging is die gehegtheid aan ons Witmanskap, die gehegtheid aan ons Christenskap, die gehegtheid aan ons Afrikanerskap, die begrensing van ons kultuur en ons ras. En daarnaas die onbreekbare wil om vry te wees van oorheersing deur buitelandse magte; vry van oorheersing deur finansiële imperialiste; vry van oorheersing deur swart getalle; en vry van oorheersing deur Kommunistiese diktators. Dit is die dinge wat ons saam kan bind. Dit is die innerlike oortuiging waaromheen ons kan vergader.”
Staak die verraad!
Durf ons nog in hierdie dae ons besig hou met Volkstaatplannetjies en in onderhandeling met die kommunistiese regime? Gaan ons steeds in ongeloof volhard en ons mense op daardie weg lei: “berus maar, dis onomkeerbaar, God se hand is hierdie keer te kort om ons uit hierdie benarde situasie te red.”?
Herstel Blank Suid-Afrika!
Nee, nooit nie! Laat ons verenig op die basis van die Afrikanernasionalisme.
Ons weier om te berus! Ons moet die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe hóú – so sing ons tog heelhartig. Noudat daardie erfenis verlore geraak het is dit ons dure plig om dit weer vir ons nageslag terug te win en te bewaar. Selfs nou, dertig jaar later beroep ons ons op die herstel van ons vryheid in ons Vaderland. Laat ons ag gee op hierdie wekroep van Jaap Marais:
“Op die langtermyn moet daar een onverbiddelike strategiese doelwit wees: Dié land is ons land. Ons sal weer ons vryheid verwerf, kom wat wil. Ons sal weer die onomkeerbare omkeer. As ons nie vir mekaar dit sê nie, is ons as Afrikaner nasionaliste nie eerlik in hierdie stryd nie. En watter opoffering dit ook al sal meebring, al sal daar bloed moet vloei, ons sal daartoe bereid moet wees. Dis die uitdaging wat deur die geskiedenis aan ons gestel word.”
‘n Volk kan homself alleen betuig deur middel van sy politieke mag. Wat ook al die manier mag wees oor hoe hy homself wil uitdruk, dit geskied aan die hand van die feit dat hy deur middel van sy politieke mag wetgewing neerlê wat hom by vermoë stel om homself te laat geld.
Verkies hy byvoorbeeld dat onderrig in sy skoolstelsel op Christelik-Nasionale beginsel plaasvind, fundeer hy daardie beginsel in wetgewing waartoe hy in staat gestel word deur die uitvoer van sy politieke magsvermoë. Die aard van sy militêre vermoë – die grootte van sy Weermag en die fondse daarvoor begroot, sy gesondheidsdienste of die uitbouing van sy Nasionale Parke.
Al hierdie funksies word deur hom bepaal wanneer hy oor die politieke mag daartoe beskik. Die teendeel daarvan – soos ongelukkig tans deur die Afrikanervolk getuig kan word – is die totale verlies aan inspraak of seggenskap.
‘n Volk pleeg selfmoord deur mag af te staan
Die weggee van politieke mag, onder watter valse voorwendsel ook al is selfmoord. Politieke leiers wat hul volgelinge daartoe verbind om mag af te staan of selfs geheel oor te dra, is skuldig aan verraad. So ‘n stap kan op GEEN wyse geregverdig word nie en kan NOOIT enige voordeel vir daardie volk inhou nie.
Politieke mag verseker die voortbestaan en vooruitgang van ‘n volk. Deur hom dit te ontneem, selfs gedeeltelik, word ‘n onreg teen so ‘n volk gepleeg.
Volk krepeer, word geboelie
Die klinkklare bewys daarvan is die totaal magtelose posisie waarin ons volk onsself vandag bevind. Die Swart meerderheidsregering minag die Afrikaner se belange doelbewus. Daar geld verskillende stelle regsreëls vir Wit en Swart. Die boer wat optree teen veediewe word meedoënloos gejag en vervolg asof hý die misdadiger is. Die Swart politieke leier wat sy volgelinge oprui tot die uitmoor van Blankes word dit toegelaat en kom daar skotvry van af.
Die Afrikaner moet tevrede wees met die ondergeskikte posisie waarin hy deur die verraad van sy leiers ingedwing is. Met die verlies van sy politieke mag is hy uitgelewer aan die wil van diegene aan wie daardie mag oorgedra is.
Alleen deur herstel van sy volle politieke mag kan die Afrikaner weer vry wees in sy vaderland. Veral gegewe in ‘n veelrassige bestel waar die oorgrote meerderheid ‘n verhouding van sowat 1: 21 is, behoort dit duidelik te wees dat selfs gedeeltelike selfbeskikking geen vryheid teweeg sal bring nie.
Nasionale Party mislei kiesers
Die oordrag van mag is die politieke slenter waarmee Afrikaners deur die destydse Nasionale Party-regering, asook hul geheime meelopers in die “regse” Afrikaner Volksfront verraai is. Valse beloftes van “wigte en teenwigte”, die waarborg van “minderheidsregte” deur die Nasionale Party het baie gou geblyk maar net suswoordjies te wees, daar het natuurlik dadels van gekom.
Deur die mag te oorhandig verbeur jy die voorreg om te bepaal watter posisie jy voortaan beklee – daardie voorreg setel in die hande van die veroweraar aan wie die mag oorhandig is. Gegewe die veroweraar se politiese- en ontwikkelings-onvolwassenheid, lei dit noodwendig tot onderdrukking en selfs weerwraak teenoor die voormalige magshebbers.
“Regse” leiers verraai volk ook
Insgelyks aan die NP-misleiding van die Blanke kieser is ook deur “regse” leiers valse beloftes van “selfbeskikking” en ‘n “volkstaat” gemaak. Nogeens soetklinkende woorde wat mooi beloftes inhou, maar soos dié van die NP-regering oor geen inhoudelike waarde of uitvoeringskrag beskik het nie. Kragtige misleidings-middels ja, maar van alle inhoud ontdaan!
Die verloop van 3 dekades het duidelik laat blyk dat al hierdie soetklinkende woorde bloot maar leë beloftes was. Leuens en valse voorwendsels waardeur mense oorreed is om ‘n politieke bestel te betree wat as niks anders as politieke selfmoord van ‘n volk gesien kan word nie.
Politieke wanopvatting
Wat enige denkende mens hoofbrekens besorg is waarom die dringende begeerte bestaan het by politieke leiers om van die politieke mag afstand te doen. Daaroor kan breedvoerig uitgewei word in ‘n ander artikel.
In ‘n neutedop die volgende: dit ontstaan vanuit die kritieke denkfout dat die Republiek van Suid-Afrika nie ons eiendom is nie. Die Republiek van Suid-Afrika wat in 1961 in aansyn geroep is, is internasionaal erken.
Hierdie land is geleidelik oor etlike eeue ná volksplanting beset en ontwikkel. Die land was grotendeels onbewoond – woes, wild en leeg. Die Blanke pionier het dit verken, gekarteer en geleidelik aan die wildernis ontworstel. Waar Swart volkere teëgekom is, is later aan hulle grondregte in die vorm van Tuislande toegeken. Daar sou hulle tot volle politieke onafhanklikheid kon ontwikkel.
Hierdie land is óns land!
Deur die geskiedkundige gebeure heen van die Groot Trek, die stigting van die Boere-Republieke, Uniewording in 1910 en daarna Republiekwording in 1961 is hierdie mooie land bewoon, bewerk, ontwikkel. In sy kort bestaan vanaf 1652 is ons land met die seën van die Almagtige toegelaat om tot ‘n reus te ontwikkel. Met die onvoorwaardelike erkenning dat hierdie land wat getem en ontwikkel is tot een van die voorste Westerse lande – ‘n leier op vele terreine – die onbetwiste eiendom van die Witman is. Meer spesifiek nog, van die Afrikaner wat hier as volk ontstaan het en wat hier die leiding geneem het.
Dr. Verwoerd stel dit in ‘n toespraak op 3 Februarie 1960 as volg:
“The white man who came to Africa, perhaps to trade, and in some cases, to bring the Gospel, has remained and we particularly, in this southernmost portion of Africa, have such a stake here that this has become our only motherland. We have nowhere else to go. We settled a country which was bare. The Bantu too came to this country and settled certain portions for themselves. It is in line with thinking on Africa to grant them there, those fullest rights which we with you, admit all people should have. We believe in providing those rights for those people in the fullest degree in that part of Southern Africa which their forefathers found for themselves and settled in.” But we also believe in balance. We believe in allowing exactly those same full opportunities to remain within the grasp of the white man in the areas he settled, the white man who has made all this possible.”
Burgerskap is voorwaardelik
Soos die Suid-Afrikaner wat in Duitsland gaan studeer en etlike jare daar woon steeds geen aanspraak op Duitsland as sy grondgebied kan maak nie, so kon elke Swart volk hier volledig aanspraak maak op hul eiendom, hul Tuisland, sonder enige aanspraak op wat algemeen as “Blank Suid-Afrika” bekendgestaan het.
Staatkundig onverklaarbaar
Dit het dus gegrens aan politieke waansin om in 1994 die politieke seggenskap oor ons eiendom af te staan en te oorhandig aan mense wat daar geen reg of aanspraak op het nie. Daarom was dit onaanvaarbaar om onderhandelinge aan te knoop en eindelik ‘n rewolusie te laat afspeel waar die regmatige eienaars polities ontman word. Waarom sou ek met my buurman in onderhandeling tree oor my huis wanneer ek kaart-en-transport daarvan besit? Dis gewoon malligheid om daaroor te onderhandel – dit is mý huis!
Blanke kieser wou nie mag oorhandig
In die tydperk net voor 1994 was dít die sinnelose situasie waarin ons onsself bevind het. En soos reeds male sonder tal in hierdie reeks aangetoon, was die Blanke kieser gekant teen verdere onderhandelinge (kapitulasie/weggee) en sou die NP-regering by die stembus verslaan word vanweë die Blanke kieser se besef dat die regering se onderhandelinge en hervormings besig was om op ‘n ramp af te stuur.
Daardie oordeel was reg en kon reeds kort ná 1994 gesien word. Sedertdien is ons land verniel, vernietig en geplunder. Van die eens trotse en vooruitstrewende Blank Suid-Afrika het min oorgebly, die sterkste ekonomie in Afrika is tot rommelstatus gereduseer. Die Witman, wat steeds die ekonomiese ruggraat van die ekonomie vorm, word uitgesluit en verswelg, en selfs geviktimiseer.
Hele land behoort aan ons, maar gee ons asseblief net ‘n deeltjie…
Net soos die NP-regering se onderhandelinge met die ANC onheil vir ons land voorspel het, was die Volksfront se geheime gekonkel met die ANC (wat later deur die Vryheidsfront gefinaliseer is in die Afrikaner Akkoord) eweneens waansinnig. Oorhandig julle volle politieke seggenskap oor gans die Republiek van Suid-Afrika aan die kommunistiese meerderheid, en begin dan die proses om weer ‘n klein gedeelte van jou eiendom terug te smeek.
Absolute waansin!
Bedoeling was nooit die daarstel van ‘n Volkstaat nie
En daardie proses van terugsmeek van ‘n gedeelte – die “volkstaat” moet geskied aan die hand van die dokument (die “Afrikaner Akkoord”) wat deur geheime gekonkel met die ANC opgestel is. Daardie dokument dra net so min waarde as wat enige van die ander valse versekerings soos “wigte en teenwigte” en “minderheidsregte” dra.
Die bewys van die onuitvoerbaarheid daarvan is dat dit na 30 jaar steeds geen greintjie selfbeskikking vir die “Afrikaner-minderheidsgroep” kon beding nie. En dít ten spyte van grondwetlike beskerming, artikel 235, beginsel 34 in die grondwet en die baie duur oefening van die Volkstaatraad ten spyt. Die rede is voor die hand liggend – dit was misleidingspolitiek deur die verraaier-leiers wat ons volk uitverkoop het. Dit het nooit ten doel gehad om waarlik selfbeskikking, nog minder ‘n “Volkstaat” vir die Afrikaner daargestel te kry nie.
Nuwe verraad aan die hand van dieselfde Akkoord
Dat daar tans opnuut gepoog word om dié bewese nuttelose dokument nuwe lewe in te blaas is ‘n skreiende skande. En laat dit hier kategories gestel word – die geskiedenis het bewys dat hierdie dokument gewoon nikswerd is – enige poging om dit weer aan te bied as ‘n oplossing is nogeens verraad! Dit kon nie eens binne-parlementêr enigiets bereik nie. Watter logika dikteer dat dit nou eerder buite-parlementêr kan slaag?
Daar is groot gewag gemaak deur Tabok en Boermedia oor die “internasionale advokate” wat die dokument sou ondersoek om dan die hoop te laat posvat dat dié ding internasionale regskrag sou geniet. Dis natuurlik aangevuur deur die groot geloof in die internasionale bindingskrag daarvan soos geag deur prof. Hercules Booysen wat self jare lank lid van die Volkstaatraad was.
Maar, helaas, tot hulle groot spyt en groter verleentheid moes hul van die hooggeleerde internasionale regskenners verneem dat die dokument oor geen sodanige regskrag beskik nie. Dit verhoed egter nie dat die Akkoord steeds ywerig bemark word nie … nogeens ‘n geelwortel…’n hersenskim van wat nooit sal wees nie…
Het die Afrikaner Akkoord enige krag?
Maar wat sê dié dokument van verraad? Kan dit selfbeskikking of ‘n grondgebied vir ons volk bewerkstellig? Kan dit ons volk van ANC-tirannie bevry, ons weer seggenskap oor ons eie sake gee?
Andries Breytenbach (later die leier van die verloopte HNP) wat self ten nouste betrokke was by die verraad en die ondertekening van die Afrikaner Akkoord maak in November 2020, terwyl nuwe verraadsplanne rondom die herlewing van die Afrikaner Akkoord reeds gesmee word, die volgende opsienbarende stelling oor hierdie herlewing van die planne:
“Indien dit hoegenaamd moontlik was om die onderhawige ooreenkoms(te) af te dwing, moes dit gedoen gewees het toe die Volkstaatraad summier afgeskaf is sonder dat hulle finale verslag voor die parlement gedien het. Om dit nou, ná ʼn kwarteeu in die Afrikaner-vyandige konstitusionele hof te probeer doen, is wensdenkery.”
Akkoord bevestig nuwe bedeling
Die eerste belangrike aspek om in ag te neem is dat met die ooreenkoms wat deur hul geheime ontmoetings bereik is, sekere erkennings gemaak word wat beide partye stewig verbind tot die nuwe bedeling wat in 1994 sou ontstaan. Dit moes aanvaar word dat die Blanke sy politieke mag verloor en geensins moes durf waag word om terug te gryp na die ou Suid-Afrika nie.
Die dokument is op 21 Desember 1993 vrygestel. Relevante gedeeltes word hieruit aangehaal. Die volledige dokument is ter insae beskikbaar.
Memorandum of Agreement between
the African National Congress
and the Afrikaner-Volksfront
The delegations of the African National Congress and the Afrikaner-Volksfront have met on numerous occasions to discuss matters concerning the political transition [oordrag van politieke mag] in South Africa.
These discussions have resulted in the following agreements of understanding:
Both parties are committed to the development of a non-racial democracy. They both accept that many Afrikaners also have a commitment to the ideal of self-determination in a Volkstaat and that this ideal should be addressed expeditiously, without delaying the current process of transition.
Both parties reject any political suggestions which would embody racism and failed apartheid policies.
1.2 Both parties believe that the objectives stated above are obtainable, and that a suitable political solution can be found through a process of negotiations. The formulation of this solution demands commitment founded on a new vision for the future for South Africa, supported by its leadership. Both parties seek constructive engagement in the constitutional process. This is a crucial commitment which will help in addressing the entrenched mistrust and antagonism which exists between the supporters of the Afrikaner-Volksfront and the African National Congress.
Blankes gebind – ANC verontagsaam
Soos die geval is met meeste ooreenkomste en onderhandelings met die ANC het die Blanke deelnemers gretig die letter van elke klousule nagevolg. Dit kan nie van die ANC gesê word nie. Reeds vanaf die hoogs geheime onderhandelings tussen Nelson Mandela voor sy vrylating en Nasionale Intelligensie in opdrag van PW Botha, het die ANC die eise gestel en die onderhandelinge (vanuit hul verswakte posisie!) gedomineer en die gang van sake gedikteer.
Dit was niks anders met die Kodesa-onderhandelings nie. Die Blanke onderhandelaars het skaamteloos voor die ANC gekapituleer. Dieselfde het ook gegeld in hierdie onderhandelings wat tot die totstandkoming van die Afrikaner Akkoord sou lei. Die “regse” deelnemers sou gewillig skoothondjies van die nuwe heersers word, en gedweë inval by die nuwe reëls vir hulle neergelê.
En het hulle toe nie ook pragtig help saam bou aan die nuwe “non-racial democracy” nie. (En natuurlik lekker saam soustrein gery ook.) Die ANC het daarenteen geen poging aangewend om sy verpligtinge na te kom nie.
ANC was nooit bereid tot Volkstaat-skepping
In “Anatomy of a Miracle – The End of Apartheid and the birth of a New South Africa” skryf die gesoute politieke rubriekskrywer van die Financial Times, Patti Waldmeir oor die geheime samesprekings wat tot die ontstaan van die Afrikaner Akkoord gelei het: ‘Mandela gave the talks with Viljoen high priority and carefully chose a team of moderate Africans (not the lndian and white communists whom the Afrikaners distrusted) to run them…Thabo Mbeki was also part of the team… Mbeki’s strategy was to keep the Afrikaners talking. That way they would remain under the seductive influence of himself and Mandela; they would be kept away from their war councils; and they would be exposed to a barrage of reasonable questions which might in the end make them doubt the viability of their own volkstaat demands… Mbeki did not tell Viljoen he thought his ideas were crazy; he just kept asking him questions he could not answer… The ANC never had any intention of giving Viljoen his homeland ― but they managed to make him think they were seriously considering it… But it was a stroke of genius on the part of the ANC… it would help to keep Viljoen on a string for as long as this was needed: while the election was won and the state power acquired. Thereafter, it would allow the ANC to slide away from the agreement if it so chose’….”
Een onverdeelde Suid-Afrika
Onder punt 2.1 van die ooreenkoms word die volgende erken: “South Africa should be the home to all its inhabitants who share a common future, based on peaceful co-existence, economic interdependence and constitutional government.”
Sou ‘n volkstaat ooit ontstaan is dit duidelik wat hier met “economic interdependence” bedoel word. Want “constitutional government” dui op die sentrale regering van ‘n onverdeelde eenheidstaat…
Volkstaat bly onderhewig aan Suid-Afrika
Volgens die ooreenkoms word ‘n werksgroep in die lewe geroep om verskeie sake te ondersoek:
Financial and economic viability of such a region and its monetary and fiscal relationship to the rest of the countryThe nature of the relationship between the Volkstaat and other local, regional and central government/administrative structures
Onderneming skreiende aanklag
Punt 2.7 stel dat die ANC “…gives its commitment to promote agreements entered into with the AVF, including such constitutional and legislative agreements which may be required for their implementation”. Was enige “commitment” deur die ANC aan die Afrikanervolk al ooit die papier werd waarop dit geskryf is?
Nie-rassige burgerskap
In hoofstuk 4 word onder die hofie Burgerskap die volgende gestel: “Any form of derived citizenship intended for persons residing in a possible Volkstaat will not be racially based and shall be compatible with internationally accepted norms.” Ook self verduidelikend – ‘n Blanke Afrikaner-grondgebied met geen rasse-diskriminasie nie. Selfde model as Orania – dit sal ook daar aanstons tot rampspoed lei.
Volkstaat in lyn met nie-diskriminerende Suid-Afrika
In hoofstuk 5 die belangrike afkondiging onder punt 1: “The concept shall in no way be construed as to give support to those fatal racist ideologies of the twentieth century that was based on chauvinistic excessive escalation of identities or ethnocentrism which bred discrimination, racism and prejudices which on their part brought war, misery and death to many”
Al die tyd was skrywer onder die indruk van die ongekende vrede, stabiliteit, ekonomiese groei en goeie rasseverhoudings in die tyd van dr. Verwoerd! Het ons nie daarna onder die beleid van “wegbeweeg van diskriminasie” gedaal tot ‘n misdaad-mekka van die wêreld met die hoogste moordsyfer per capita nie? Met rasse-spanning wat die hoogte ingeskiet het daarby.
Volkstaat moet staat ondersteun
Onder punt 5: “A balance should be negotiated between the desire of such a people for self-determination and the ideal of peaceful well-being of the larger whole of society”. Van ‘n onafhanklike, self-beskikkende volkstaat is hier geen sprake nie – bloot maar net ‘n area in die groter NSA. En dan: “Self-determination will serve the purpouse of building the state and not cause the dislocation of te state. It should fascilitate peace and not cause conflict.” Dit is te betwyfel of die gewone Volksfront-ondersteuner vrede sou hê met wat hier vir hom beding is!
Verraaiers het net so min as ANC Volkstaat begeer
Die onwerkbaarheid van die impotente grondgebied vir die Afrikaner wat hier deur “regse” leiers en die ANC bekonkel is behoort aan iedereen nou duidelik te blyk. Dit laat mens opnuut besef dat, nie net van die kant van die ANC daar nooit enige erns of opregte intensie was om ‘n Volkstaat daar te stel nie, dit kan met sekerheid ook gesê word van die onderhandelaars aan die ander kant van die tafel. En die geskiedenis lewer bewys daarvan.
Daarteen kan hul geen betoog hê nie. Hoeveel tyd sou nodig wees om ‘n saak van soveel erns deurgedruk te kry? Die politieke wil tot die daarstel van ‘n Volkstaat het ontbreek – dit was nooit meer as ‘n fopspeen om die huilende baba mee te sus nie.-
Waar was hulle erns?
As die Afrikanerleiers opreg was in die daarstelling van ‘n Selfbeskikkings Volkstaat sou mens kon verwag dat hulle veral met die kundigheid tot hul beskikking sekere indringende vrae sou stel en voorwaardes en waarborge aangevra het ten einde nie soos tans met leë hande en rooi gesigte te staan nie.
Vrae soos:
Oor watter uitvoerende magte sal die (plaaslike) regering van die Volkstaat beskik? (Dit sou duidelik bloot ‘n plaaslike regering – soort van ‘n stadsraad kon wees volgens die ooreenkoms)
Wat is die prosedure wanneer dispute tussen die plaaslike regering (Volkstaat) en oorkoepelende staat beslis moet word?
Oor watter kritieke aangeleenthede sou die Volkstaat volle seggenskap hê? (bv. skole, hospitale ens.)
Watter deel van die belastinggeld wat by Volkstaters gehef word word weer aan die Volkstaat uitgekeer?
Sou daar ‘n aparte regstelsel bestaan wat reg oor Volkstaters spreek?
Die lys van kritieke maar onaangeraakte kwessies is eindeloos. Net nog ‘n bewys dat die hele kwessie rondom die Afrikaner-Akkoord maar ‘n weerligafleier was.
Dit was die geelwortel waarvan niemand buiten die onderhandelaars enige kennis gedra het nie. Daarom was dit ‘n spoedig saamgeflanste dokument wat die skyn moes voorhou dat “waarborge van Selfbeskikking” vir ‘n volk beding is wat verswelg sou word deur die een-mens-een-stem demokrasie waarin hy geoffer is.
By verlies aan sy politieke mag moes dié stukkie nikswerd papier hom gerusstel en hom oorreed om deel te word van die goddelose bedeling.
Op hierdie artikel volg Deel 7. Daarin word verduidelik waarom ons die nuwe verraad van teruggryp na die verraderlike “Afrikaner-akkoord” moet verwerp en bestry en wie is die betrokkenes by die nuwe verraad…
So stadigaan word dit al duideliker dat April-Mei 1994 baie meer was as net ‘n “demokratiese verkiesing”. Dit was die begin van ‘n rewolusie wat daarop gemik is om die hele Suid-Afrikaanse samelewing van die grond af te verander.
Volgens die resep van die liberaliste en die sosialiste moet eers afgebreek word en dan kan herbou word. Die probleem is dat afbreek makliker is, bouwerk is baie moeiliker en gewoonlik bly dit agterweë.
In hierdie afbraak-fase wat ons nou beleef, is die wekroep dat die Boere-Afrikaner moet prysgee om deel te word van die nuwe, groter, veelkleurige, veel kulturele nuwe ‘nasie’. Ons moet ons godsdiens, ons taal, ons kultuur, ons strewe na uitnemendheid, ons handhawing van ons beskawing prysgee. Alleen as ons dit gedoen het, kan ons aanpas.
2. Die Verlede
343 jaar gelede het Jan van Riebeeck aan die Kaap geland om ‘n verversingspos vir die Oos-Indiese Kompanjie daar te vestig. Teen die bedoeling van die Kompanjie in het dit ‘n kolonie geword en teen die bedoeling van die owerhede en die koloniale magte het hier in Suid-Afrika ‘n selfstandige, eiesoortige volk gegroei.
‘n Volk met ‘n eie taal, ‘n eie kultuur. ‘n Volk gevorm deur sy godsdiens en die Westerse beskawing waaruit hy spruit, maar ook geplooi, geskaaf, gebrei deur die lewensomstandighede in Suidelik Afrika.
Hierdie omstrede volk, die Boere-Afrikaner, het hier in suidelike Afrika vir homself ‘n vaderland verwerf deur harde werk, deur opoffering, vasberadenheid, deur stryd. Hierdie volk het tot ergernis van vele gebou, gepresteer en uitgestyg een in die proses ‘n vaderland gebou wat beny en begeer is deur ander.
In die jare 1899-1902 het die magtige Engelse empire hierdie Boere-Afrikaner ingedwing in ‘n uitwissings-oorlog waarvan die doel was: “…the complete and final settlement of the Boer question”.
Die Boere-Afrikaner het daardie aanslag oorleef. Gebore en getoë in Afrika, gebrei en gestaal deur hierdie wêreld, het die Boere-Afrikaner nie so maklik gaan lê nie.
3. Vandag
Die Boere-Afrikaner is weer eens in ‘n baie moeilike posisie. Ons vaderland, ons selfbeskikkingsreg, ons Christelike staat is prysgegee. Van die mooi beloftes waarmee ons verlei is om hierdie pad te loop, het niks gekom nie. Nou staan ons voor die werklikheid dat ons met uitwissing bedreig word, maar dan ‘n uitwissing wat ons self moet voltrek.
Dit is nodig om mooi daarop te let dat die aanslag op die Boere-Afrikaner gelei word deur “gebruikers van Afrikaans”. Dit is hulle wat die voortou neem om ons taal te verkleineer en op die agtergrond te stoot, soos die TV-programme oor die Taalmonument so duidelik geïllustreer het.
Ons kultuur, ons manier van lewe en doen word op talle maniere onder druk geplaas. Dit word duidelik dat ons christelik-nasionale lewenstyl vervang moet word met ‘n humanistiese, Amerikaanse manier van lewe, waar oppervlakkigheid, banaliteit en die gebrek aan waardes die toon aangee.
Ons skole en opvoedkundige strukture word al meer onder druk geplaas om standaarde te verlaag en andersoortige te akkommodeer ten koste van ons eie. Dit wil voorkom asof die staatskole die middel moet word waardeur die opkomende geslag vervreem moet word van die verlede en die geestes-eiendomlike van die Boere-Afrikaner.
Dieselfde word op die ekonomiese terrein probeer en op landbougebied moet die Afrikaner glo sy erfgrond ontruim, omdat “die meerderheid van die bevolking” nie ‘n bestaan kan maak op hulle erfgrond wat die hoogste landbou-potensiaal in die land het, nie.
Ons kerke met die unieke boodskap van die drie-enige God word gelyk geskakel met ander, heidense “godsdienste”, klaarblyklik om juis so die geloofs-inspirasie van die Boere-Afrikaner uit te doof.
Daarby moet die land nou ‘n sekulêre staat word. Die grondslae van die samelewing, die optrede van die staat en die mense, moet verheidens. In ruil daarvoor, so lyk dit, word “godsdiens vryheid” glo gewaarborg. Die vraag bly egter of die Christelike geloof wat die uitgangspunt en beginsels van die sekulêre staat nie kan aanvaar nie, nie juis deur die sekulêre staat onderdruk sal moet word nie?
Wanneer so na ons tyd en ons omstandighede gekyk word, lyk dit asof dieselfde magte wat aan die begin van die eeu gestreef het na “the complete and final settlement of the Boer question”, nog steeds op koers is. Daar word deesdae net gebruik gemaak van ander middele en magte.
Wat nou?
Die groot vraag is wat ons nou moet doen. Dit is nie so maklik om die vraag te antwoord nie. Maar die volgende kan oorweeg word: In die eerste plek moet ons ons geestelik losmaak van die nuwe samelewings-orde en dit raaksien as ‘n vyandige lewens orde. Die eerste Christelike gemeentes in die Romeinse Ryk het hulle doelbewus onttrek aan die heidense gemeenskap waarin hulle geleef het en hulle eie gemeenskap in stand gehou.
Die grense het hulle skerp en baie duidelik getrek. Daarna het hulle, vanuit die veranderde staanplekke wat hulle gebou het, die Romeinse Ryk verower met hulle geloof, kultuur en Christelike lewenstyl.
Daar lê vir ons ‘n voorbeeld ter oorweging. As ons dit oorweeg, moet ons daaraan dink: alles wat die mens is, alles wat hy doen, al die werke van sy hande word voorafgegaan deur denke, oorweging en besluite. ‘n Mens se denke, sy gees, en hoofsaak, sy geloof, bepaal sy manier van menswees. So ook ‘n volk.
Die geestelike dimensie van ‘n volk bepaal, inspireer, rig en regeer die optrede, handel en doen van ‘n volk. Uit die geestelike dimensie van die volk vloei die kultuur voort en die lewende asem wat dit dra, is die taal van die volk.
Ons moet terug na ons eie en onsself afvra: Ten eerste, watter eise stel ons verantwoordelikheid teenoor ons voorgeslagte, aan ons? En as ons so nadink oor ons geskiedenis moet ons probeer verstaan wat begrippe soos roeping, verantwoordelikheid en koersvastheid beteken.
En ten tweede, moet ons onsself afvra: wat ons taak vandag is as ons wil handhaaf en hou; ten derde moet ons sekerheid kry oor die eise wat ons verantwoordelikheid teenoor die geslagte wat nog kom, van ons vra. Dit beteken ons moet sekerheid kry oor die koers wat ons moet gaan.
Dit is nie maklike vrae nie. Maar voordat ons dit doen, moet ons eers dink. In ons nadenke moet ons ook vra na ons verhouding tot die lewende God van die Bybel. Waar staan ons voor God en wat het ons gemaak met ons gehoorsaamheid aan Hom; wat het geword van ons dankbare diens aan God?
Waar lê die beginpunt van ons denke: by die ewige God en Sy Woord of by die mens en sy gedagtes. Dit maak, in die hele situasie waarin ons vandag lewe, ‘n baie groot verskil waar ons met ons denke begin.
As ons die vrae wil antwoord, is die vraag of ons nog werklik die geskiedenis van ons volk ken, sodat ons kennis en inspirasie kan put uit die adel en die heldedom van die Afrikaner. Want daar kan ons leer dat geen Boere-Afrikaner ooit ‘n minderwaardigheidsgevoel hoef te hê omdat hy ‘n Afrikaner is, nie. Terselfdertyd sal die geskiedenis ons ook leer dat wat die Boere-Afrikaner vermag het, meer te danke is aan die genade van God as aan sy menslike vermoëns.
Die derde saak wat ons moet oorweeg is of ons nog die geestes-eiendomlike van die Boere-Afrikaner ken. Ons wat in die teerstrate van Suid-Afrika se groot stede opgegroei het, ken ons die wortels van ons Boere-Afrikaner se lewenstyl, ons manier van menswees in Afrika, ons kultuur?
Ons moet weer sekerheid hê oor die grondslae waarop ons staan, sodat elkeen van ons homself weerbaar kan maak, sodat ons dan saam kan bou aan die geestes besit van die Afrikaner. Dit is nogal krities dat ons ‘n oop oog sal hê vir die noodsaak om saam te dink, saam te werk, saam te stry, saam te bou.
Ons is in die sewentiger-jare wysgemaak dat ons moet uittrek uit die laer, want die oorlog is verby. Daar het ons ons saamhorigheidsgevoel prysgegee en in die oop vlakte die prooi geword van die propaganda van links. Ons het nie meer saam gedink, saam raad gehou, saam pal gestaan nie.
Die aard van die stryd
As dit alles gesê word, is dit duidelik dat ons nie in ‘n skietoorlog betrek is nie, maar in ‘n sielkundige oorlog, ‘n stryd om die besit van die siel van die Afrikanervolk. In so ‘n oorlog of stryd is daar nie kitsoplossings nie.
Die eerste voorwaarde bly egter dat ons ‘n bietjie moet terugtrek, dat ons weer in die laer moet staan, sodat ons daar saam kan herbou aan ons geestes eiendomlike. Ons moet die grense van ons volk-wees weer duidelik trek; ons moet vir onsself uitmaak waar ons aangeval word, sodat ons daar kan verdedig, sodat ons weer waar ons kan terugslaan. Ons het weer innerlike sekerheid, dissipline en doelgerigtheid nodig.
Dit vind ons in die eerste plek in ons binnekamer. Dit is gesê dat Johannes Calvyn, die hervormer in die dae van vervolging en stryd, die kerk en die gelowiges altyd weer besiel het met die slotvers van Psalm 138: “Die Here sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, Here, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!”
Ten Slotte
Ons staan voor groot uitdagings. Op ons geslag rus die verantwoordelikheid om te handhaaf en te herbou, om sterk te staan vir die voortbestaan van ons volk in hierdie nuwe omstandighede. Dit is ‘n enorme taak. Maar ons verantwoordelikheid teenoor ons voorgeslagte en ons verantwoordelikheid teenoor ons nageslag, verplig ons om die taak op te neem.
Tog is ons nie alleen nie. Die lewende God, onder Wie se Hand die Boere-Afrikanervolk hier gegroei het, het ons nog altyd gelei en bewaar. Hy sal Sy Hand nie van oor ons terugtrek nie.
Laat ons in geloof die drie-enige God, in verantwoordelikheid teenoor ons volk en met ‘n vasberade gees, die aanslae van die magte teenoor ons weerstaan. Die Here, ons God, sal op Sy tyd die oorwinning gee.
……………………………………
Bron: Bybel en Volk, nr. 4, jaargang 10; Mei 1995.
Die begin van die Afrikaners se volk bewuswording en hulle strewe na politieke selfbeskikking val min of meer saam; en in terme van tyd kan dit, met enkele kwalifikasies, vasgepen word op die tweede helfte van die agtien-dertigerjare, met die Groot Trek as die sentrale en seminale gebeurtenis.
‘n Veelheid van faktore rondom die gestremde verhoudings tussen die boere aan die Oosgrens en die Naturelle, die Britse owerheid se ongevoeligheid teenoor die Blanke Oosgrens bewoners, “die Swart Ommegang”, en die wyse waarop die slawe-eienaars benadeel is by die vrystelling van die slawe, het daartoe bygedra dat die Hollands-sprekende inwoners van die Kaap-kolonie die roeringe van ‘n groeiende gemeenskap besef aangevoel het.
Hulle het bewus geword van ‘n toevoeging tot hulle bestaan wat van hulle iets groters gemaak het as die totaal van hulle getalle – die vroeë verdrag ervaring van volkskap. Dit was die plus en die surplus wat die bewegings mag in die Groot Trek uitgemaak het.
Die kulturele en sosiale bewustheid van ‘n vroeë volkskap en die besef van ‘n gewaagde intog in die vreemde het uiteraard die nodigheid van georganiseerde samelewing laat posvat. En die daarstelling van ‘n owerheid wat sonder belemmering van buite die belange van die gemeenskap kon behartig en bevorder, was die natuurlike eerste stap tot selfbeskikking.
Die Groot Trek was dus eintlik die aanvang van die Afrikaners se trek na nasionale selfstandigheid en politieke selfbeskikking in ‘n eie staat. En dat die staatsvorm die republiek sou wees, was feitlik vooraf bepaal deur die voorbeeld van die groot historiese gebeurtenisse in die voorafgaande tydvak – die Bataafse Republiek in Nederland, die Franse Rewolusie en die Amerikaanse Rewolusie.
Vryheid van politieke oorheersing het sinoniem geword met die republikeinse staatsvorm.
Toekomstige magstryd
Die republikeinse Noorde, met Hollands as amptelike taal en ongelykheid van Wit en Swart, teen die koloniale Suide, met Engels as amptelike taal en gelykheid van Wit en Swart, het die grondslag gevorm van die toekomstige magstryd van Britse kant om die gevolge van die Groot Trek te ontdoen en ‘n verenigde Engelse Suid-Afrika te skep.
Groot Trek gehandhaaf
In die drif om Transvaal (die ZAR) deel aan die federasie onder die Britse vlag te maak, is Theophilus Shepstone gebruik om Transvaal in 1877 te annekseer. Die daaropvolgende stryd wat eers lydelik verloop en toe in geweld ontvlam het, het nie net die Britse planne verydel nie, maar het tegelyk met die slag van Amajuba in 1881 die resultaat van die Groot Trek gehandhaaf, naamlik ‘n onafhanklike Republikeinse Noorde.
Dié oorlog het baie Afrikaners in die OVS, Natal en die Kaap bewus gemaak van hulle volk verbondenheid aan die Transvalers, en só is ‘n Afrikaner nasionalisme bo-oor staatsgrense rondom die Republikeinse Noorde opgewek. En in Transvaal het Paul Kruger na vore getree as ‘n gesag wat die onderlinge getwis en verdeeldheid bygelê het en die jong republiek tot ‘n ordelike staat laat ontwikkel het.
Nuwe Uitdagings
Die ontdekking van goud en die sametrekking van die politieke en die finansiële imperialisme in die persoon van Cecil Rhodes, het ‘n nuwe uitdaging aan die Republikeinse Noorde gestel. Die toestroming van fortuinsoekers uit die buiteland na die goudvelde het die moontlikheid geskep dat Transvaal bloedloos verower kon word deur ‘n stem-regtelike stelsel wat buite die volksgrense strek en volgens die liberaal-demokratiese voorskrifte mense bloot as individuele staatsburgers erken.
Daarteen het Kruger hom verset. Hy wou die groei van die staat bou op die historiese wortel van die Trek-geslag en hulle verwante en sodoende die Hollands-sprekende volk die sentrale en rigtinggewende mag in sy land hou.
Daarteen het Rhodes se obsessie met ‘n verenigde Suid-Afrika onder Britse vlag, gestuit. En toe hy besef het dat hy dit nie op bloedlose wyse sou kon bewerkstellig het nie, het hy dit probeer afdwing deur die infame “Jameson Raid” van 1896 wat op bekwame wyse deur die Kruger-regering verydel is.
Dit was nie net ‘n groot verleentheid vir die imperialiste nie, maar tegelyk is die Groot Trek herbevestig. En, net so belangrik, dit het die Afrikaners hegter saamgebind oor staatsgrense, en in afwagting van ‘n herhaalde “Jameson Raid”, Transvaal die voedings bron van ‘n vrugbare Afrikaner-nasionalisme, gemaak.
Rhodes en Oppenheimer
Die “Jameson Raid” het ‘n neerslag van Boere haat gelaat wat ‘n driekwart-eeu later verwoord is deur die finansiële en politieke erf-opvolger van Rhodes, naamlik mnr. Harry Oppenheimer.
By die 75ste herdenking van die “Raid” het hy by die Rhodes-universiteit te Grahamstad ‘n gedenk lesing gehou en onder andere gesê: “…if there were a white community so attached to old ways, so indifferent to luxury, so self-satified, so suspicious of foreign influence as to refuse even at great material cost to co-operate in building a united modern country, then that community must be destroyed because, as Rhodes saw the matter, it was obstinately and foolishly setting itself up as an obstacle in the way of the ineviteble ecolutionary forward march of history…
Yet Rhodes believed that the Transvaal Republic of President Kruger, unless it had been fundamentally transformed, could never have formed part of a modern united South Africa. The existence of such a republic, by making unity impossible, threatened, as he saw it, the whole future of South Africa and brought hom face to face with a terrible dilemma.
And Rhodes, because he was impatient and arrogant and gravely ill, tried to resolve that dilemma too soon and in the wrong way… But Rhodes’ word, as he knew so well, was left unfinished and is still unfinished today… In South Africa the struggle of Afrikaner nationalism against Brittish imperialism has ended in a way which can give small satisfaction to either side… The life and growth of a great modern state, as Rhodes understood so well, cannot be reconciled with tribal attitudes within its borders, whether the tribes be black or white. Nor can it be reconciled either with a refusal to admit to change or with undue tenderness for traditional ways of life.”
Finansiële imperialisme teen kulturele nasionalisme
Dit is uiters aggressiewe en aanmatigende stellings: “must be destroyed”, “obstinately and foolishly”; maar tipies van die finansiële imperialis wat in sy egoïsme minagtend staan teen ‘n volk se historiese verbondenheid en eer. Ekonomiese gewin is sy hoofmotief en kulturele nasionalisme en volksoewereiniteit is sy vyand. As ‘n volk soos die Transvaalse Boere in sy pad tot groter rykdom staan, moet die volk vernietig word.
Hierdie waarheid het aan Afrikaners van die tweede helfte van die twintigste eeu verbygegaan toe hulle weer die politieke mag in Suid-Afrika gehad het. Hulle het nie gedink dat die imperialistiese heerssug steeds tot die uiterste roekeloosheid in staat sou wees om die Afrikanervolk “te vernietig”, nie.
Die Republikeinse Noorde van ná 1895 het egter besef dat die “Jameson Raid” ‘n tussenspel was en dat daar met die oog op die Britse vyandigheid bewapen moes word. En die wapen botsing het gekom nadat Kruger aan Milner gesê het: “Jy wil nie die stemreg hê nie; jy wil my land hê.” Dit was ‘n herhaling van die aanslag om die Groot Trek en republikanisme ongedaan te maak.
“Ethnic Cleansing”
In meer konkrete terme as vroeër is die vernietiging van die Afrikanervolk beoog deur militêre verowering, ekonomiese verarming, volksmoord in konsentrasiekampe en kulturele vervreemding.
Dit is betekenisvol dat toe die frase “ethnic cleansing” in die Engelse taal gangbaarheid gekry het na aanleiding van die huidige Serwiese en Kroaatse oorlog, ‘n Engelse professor aan Oxford in die blad World Link geskryf het dat “ethnic cleansing” nie iets nuuts is nie; dit is in die Britse konsentrasiekampe toegepas op die Afrikanervolk in die 1899-1902 oorlog.
Dat die verwoesting van 1899-1902 nie finaal geag is nie, is bevestig deur Milner se woorde: “The struggle continues. It has changed in character; it is no longer war with bullets, but it is war still.”
Die stryd het voortgeduur om die Afrikanervolk se gees te breek. Die Groot Trek moes finaal ongedaan gemaak word. Suid-Afrika moes as ‘n verenigde land onder die Britse vlag verder voortgaan.
“Nog niet afgerekend”
By hierdie smartvolste ervaring van die Boerevolk, was een van die treffendste dinge wat geskryf is, dié woorde van HT Colenbrander voor in sy ‘De Afkomst der Boeren’. Dit is geskryf twee dae ná die sluiting van die Vrede van Vereniging op 31 Mei 1902.
“Die wêreld,” sê hy, “heeft trots het vredesverdrag met die Boere nog niet afgerekend” (die wêreld synde die Engelstalige wêreld). “Hun strijd om het volksbestaan,” sê hy verder, “die niet gisteren begon, eindigt niet morgen.”
Groter waarheid oor die Engelse wêreld se verhouding met die Afrikanervolk is wellig nie te vinde nie. Dit sny deur alle skyn en ryk die historiese werklikheid oop wat tot die huidige onderworpenheid van die Afrikanervolk gelei het en waaragter die Britse imperialisme steeds die oorheersende rol gespeel het, soos byvoorbeeld blyk uit die onlangse verklaring van ‘n voormalige Britse Minister, lord Deedes, dat “die mandaryne van die Departement van Buitelandse sake op die voorpunt van die stryd teen die Nasionale Party-regering was.
Hoewel die Boeremagte die Tweede Vryheidsoorlog verloor het, is die eer en selfrespek van die volk gered en het die wapenstryd ‘n galery van helde opgelewer waaruit voortreflike staatsmanne en volksleiers na vore gekom het wat die grondslag gelê het vir die daaropvolgende stryd om die imperiale juk af te gooi en republikeinse selfstandigheid en selfbeskikking te herwin, en die Groot Trek te handhaaf, soos in 1960/61 verwesenlik is na ‘n heroïese politieke stryd van geslagte.
Strakke teenstelling
Die tweede maal het die Afrikanervolk die Britse verowering ontdoen, maar daardeur die grondslag gelê vir die volgende oorlog teen die Afrikanervolk wat in 1990-1994 weens politieke bedrog en verraad, roemloos en eerloos verloor is teen ‘n terroriste-organisasie wat volgens die Engelse joernalis, Peter Younghusband, “nooit veel werd was as ‘n bevrydings-organisasie nie”.
Die Afrikaner het nou, soos ‘n Engelse joernalis verlede jaar in November geskryf het, “geword wat hulle was aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog: mense sonder ‘n staat, soos die Baske en die Koerde, in die land waar hulle volk gebore is”.
Die angel in hierdie seer is dat die Afrikanervolk se selfrespek en selfvertroue tot die wortel aangetas is weens die feit dat sonder slag of stoot sy vryheid hom ontneem is, in strakke teenstelling met die harde en moedige wapen stryd van 1880-1881 en 1899-1902.
Veelal soos na 1902
By al die verskille tussen die ná-1902-tyd en die huidige toestand is daar merkwaardige ooreenkomste. Die land is tans nie fisiek verwoes nie, maar hy is verarm tot ‘n onkredietwaardige staat met ‘n enorme staatskuld en ‘n verarmde Afrikanervolk.
Die Afrikaner het nie tans 22,000 kinders in konsentrasiekampe verloor nie, maar die geboortesyfer van Afrikaners het weens die ekonomiese druk op egpare gedaal van 2,5% per jaar in die sestigerjare tot 0,67% in die tagtigerjare wat reeds etlike jare lank ‘n “negatiewe groei” beteken, omdat teen ‘n geboortesyfer van 1,7% per jaar ‘n volk se getalle konstant bly.
Die Afrikanervolk is dus op die onregstreekse wyse beroof van tienduisende kinders – ‘n gesofistikeerde wyse van “ethnic cleansing”.
In hierdie moreel, sosiaal, ekonomies, polities en numeries verswakte posisie, moet die Afrikanervolk sy stryd om selfbeskiking hervat — die stryd wat deurgaans gekenmerk was deur drie hoofelemente: om vry te wees van oorheersing deur buitelandse magte; om vry te wees van oorheersing deur finansiële imperialiste; en om vry te wees van oorheersing deur Swart getalle.
Nie berus
Soos in die vorige twee stryde om herwinning van die verlore vryheid, is die allereerste stap daartoe die besluit van die Afrikaner leiers dat hulle nie berus in die bedrog volle en verraderlike verowering nie.
Dit was so ‘n besluit wat die aansporing was ot die triomf van Amajuba. En dit was ‘n dergelike besluit wat genl. JBM Hertzog, die stryd met ander middels na 1902 laat opneem het in die Vrystaat, en wat die prikkeling tot die Rebellie van 1914 was. Vandaar het dit verloop tot die 1948-verkiesings-oorwinning en die republiekwording van 1961.
Naas die besluit om nie te berus nie, is dit nodig om ‘n deurdagte langtermyn-strategie te bedink wat gerig is op een onveranderlike doel: herwinning van die Afrikanervolk se selfbeskikking. Oor al die aspekte daarvan kan hier nie uitgewei word nie. Die les van die geskiedenis is hier ter sake. Dit gee perspektief aan die onmiddellike toestand.
Huidige staatsbestel lamlendig
Enersyds is daar die onwerkbaarheid van die huidige staatsbestel. Soortgelyke modelle is al male sonder tal op die proef gestel, en het telkens misluk. Selfs met die ergste diktatoriale metodes sal daar nie in geslaag word om etniese en volksverskille te onderwerp aan ‘n sentrale owerheid, waarmee groepe in die samelewing hulle nie vereenselwig nie.
Die parlementêre demokrasie het ‘n beperkte verdraagvermoë vir rasse- en godsdiens verskille. Die huidige bestel sal daarom inmekaar stort, eerder vroeër as later.
Die verwikkelings in die voormalige Sowjet-Unie en die Sentraal-Europese state is ‘n aanskouings-les in die mag van kulturele nasionalisme. Dieselfde soort magte lê ingebed in die huidige Suid-Afrikaanse staatsbestel.
Les van die Geskiedenis
Naas hierdie erkenning van die mag van nasionalisme is die ander les van die geskiedenis die reeks gebeurtenisse ná wat nie die resultaat van die Boere leiers se beplanning was nie, maar hulle strewe bevorder het:
Die vroeë verlening van verantwoordelike regering aan Transvaal en Vrystaat deur die Liberale Partyregering van Brittanje, wat ‘n sterk politieke prikkeling verskaf het.
Die poging van Britse kant om by Uniewording die Kaapse stelsel van gelykheid van Wit en Swart uit te brei na Transvaal en Vrystaat, wat deur die Boere leiers verydel is en ‘n versterking van die Groot Trek-riglyne ingehou het.
Die uitskop van genl. Hertzog uit die Britse-kabinet op Engelse aandrang, en die stigting van die Nasionale Party.
Die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, en die daarmee gepaardgaande Rebellie van 1914, wat ‘n golf van nasionalisme ontketen het.
Die vroeë dood van genl. Louis Botha in 1919, en ‘n gevolglike verlies van aansien van die Suid-Afrikaanse Party.
Die mynwerkerstaking aan die Rand in 1922, genl. Smuts se hardhandige teen-optrede, en die ontwikkelende samewerking tussen genl. Hertzog se Afrikaanse NP en kol. Creswell se Engelse Arbeidersparty, waardeur genl. Smuts (met die SAP) twee jaar later in ‘n algemene verkiesing verslaan is.
Die Boere leiers kon hierdie ontwikkelings voordelig benut, omdat hulle na 1902 nie in die verowering berus het nie, en die stryd voortgesit het.
Soortgelyke dinge sal weer in Suid-Afrika gebeur. En as die vaste besluite geneem is om, soos die Boere leiers, nie te berus nie, sal daar telkens voordeel uit te haal wees.
Stry en streef na buite
‘n Baie belangrike ander les is ook uit die verlede te leer: die groot omkeerpunte in die Afrikaner geskiedenis, het gekom wanneer daar van buite gestry en gestreef is – die Groot Trek, die Boererepublieke, genl. Hertzog se Nasionale Party, dr. Malan se Gesuiwerde (later Herenigde) Nasionale Party, dr. Verwoerd se uittrede uit die Statebond.
Deur van buite te stry en te streef, bring suiwerheid van strewe, innerlike versterking en vryheid van beweging. Die nasionalisme kan alleen so gedy. Soos Groen van Prinsterer gesê het: “In myn isolement ligt mijn krag.”
Afrikaner-nasionalisme
Wanneer al hierdie dinge gesê is, bly die groot vraag: hoe moet daar te werk gegaan word? Is daar kortpaaie?
Die antwoord is opgesluit in die herlewing van Afrikaner-nasionalisme. Dit is die mag wat soos tevore ‘n onstuitbare beweging kan wees. Dit moet in al sy geledinge geaktiveer word – vaderland, geskiedenis, taal, kultuur, geloof, idealisme. Die werklike politieke botsing sal al meer uitgesuiwer word tot ‘n stryd tussen Afrikaner-nasionalisme en Kommunisme.
Die noodwendige ontplooiing van die politiek sal uitloop op ‘n uiteenval van die kunsmatige Nuwe Suid-Afrika, weens die drang van nasionalisme, en volkstate sal tot stand kom op die patroon van Lesotho, Swaziland en Botswana.
Moed, vertroue, geloof
In hierdie stadium is die groot vereistes: geen berusting in die verowering nie, moed om op te staan na die terugslae, vertroue op die God van die vadere, geloof in die geroepenheid van die Afrikanervolk, opwekking van Afrikaner-nasionalisme tot ‘n magnetiese mag wat aantrek en bind.
En daarby die gerusstellende wete: die Britse mag het telkens probeer om die Afrikanervolk te vernietig; deur die genade van God kon hulle nie daarin slaag nie; en uit elke verowering het die Afrikanervolk opgestaan en sterker uitgekom.
……………………..
Bron: Bybel en Volk, nr. 4, jaargang 10; Mei 1995.
In die voorafgaande gedeeltes het ons na ‘n breë omskrywing gekyk van die verraad wat in die aanloop tot die oorgawe van mag in 1994 deur regse leiers gepleeg is. Dit staan bekend as die IDASA-komplot omdat dit deur die Conservative Dialogue Program vanuit IDASA beplan en georkestreer is. Die suksesvolle operasies wat hulle van stapel sou stuur het bewerkstellig dat die leiers van die Volksfront betrek is by geheime samesprekings met die ANC (wat na die 1994-verkiesing politieke beheer oor ons land sou kry). Daardeur is die Volksfront-volgelinge verraai deurdat hul leiers die doel waarvoor die Volksfront in die lewe geroep is, versaak het.
Afrikaners gereed om ons land met hul lewe te verdedig
Aan die begin van 1994, met die “eerste demokratiese verkiesing” wat oor net 4 maande sou plaasvind was die lede van die Volksfront gereed om tot gewapende verset oor te gaan ten einde die oordrag van mag te verhoed. Die dreigende geweld wat deur ontstoke volksgenote as laaste uitweg sou uitbreek was inderdaad goed beplan en ingeoefen. Dit is ook in ‘n gesprek tussen genl. Viljoen en die Hoof van die Weermag, generaal George Meiring bevestig – dat op daardie tydstip ‘n geslaagde militêre staatsgreep uitgevoer sou kon word, maar wou Meiring by Viljoen weet: wat doen jy dan die volgende dag? Dit laat mens onwillekeurig dink aan die einste Constand Viljoen se woorde aan mnr. Jaap Marais nadat saamgestem is dat die De Klerk-regering in ‘n algemene verkiesing verslaan sou kon word: maar wat doen jy dan?
Staatsgreep moontlik
Dit sou dus moontlik wees om ‘n staatsgreep uit te voer en daar is ook besef dat die grootste deel van die Suid-Afrikaanse Weermag hulle by die regse magte sou skaar in die uitvoering daarvan – die sukses daarvan was dus gewaarborg. Daar is allerweë besef dat daar op daardie laat stadium geen ander uitweg meer oor was om die kapitulasie van die NP-regering voor ‘n onkapabele ANC-bende te keer nie. Daarvoor is gulde geleenthede tot die omverwerping van die NP-regering deur die demokratiese proses by meer as een geleentheid deur hierdie verraaier-leiers met voorbedagte rade deur hul vingers laat glip.
Nogeens deur die leiers verraai
Einde laaste sou hulle die ondersteuners ook in hierdie laaste loopvlak, die een van gewapende weerstand, in die steek laat. Die vernuftig-bedinkte planne in diep linkse hole soos IDASA-NP-Nasionale Inligting-Afrikanerbond-kringe was reeds op die tafel geplaas. ‘n Onsinnige, onsuksesvolle militêre ekskursie Bophuthatswana in was die laaste skuif in hul skaak-spel om hul volgelinge uit die gewapende opstand-plan te verkul.
Die omgekoopte leiers van die Afrikanervolksfront was dus van meet af aan teen die omverwerping van die NP-regering – hetsy deur die demokratiese proses òf deur geweld. Dié leiers moes bloot ‘n soomvrye oorgang van Blank Suid-Afrika na kommunisties-beheerde Swart meerderheid fasiliteer. Hulle was bloot lakeie van die NP-regering.
Met die heengaan van generaal Viljoen berig die Citizen van3 April 2020 die volgende woorde deur Ramaphosa as huldeblyk aan Viljoen:
“…he would be remembered for influencing conservative movements into abandoning plans for military resistance to the democratic transition.”
“General Viljoen’s principal contribution was his success in demobilising conservative resistance to the transition in our country at a critical point in our history.”
Dié huldeblyk is ‘n skreiende erkentenis deur een van die destydse onderhandelaars van die ANC dat hulle die onderhandelaars van die Vryheidsfront ore aangesit het. Die uitkoms wat deur Viljoen se verraderlike optrede verkry is het die ANC se wildste verwagtinge oortref.
Dan berig die Britse Intelligensiediens se overte publikasie oor Afrika as volg oor dié verraderlike generaals:
“Significantly, the Freedom Front’s Gen. Constand Viljoen and General Tienie Groenewald, a former intelligence chief, have become allies of the new government and are feeding intelligence on the far right to the ‘reconstructed’ DMI [Departement Militêre Inligting]. Africa Confidential has learned it was Gen. Viljoen who passed key intelligence to DMI which led to the arrest of the first two of 33 far right-wingers, including key officials of the Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), in connection with a series of bomb blasts before the election.” (My nadruk).
Africa Confidential 3 Junie 1994
Die einste mense wat deur hulle gelei en voorberei is vir gewapende optrede in verset tot die weggee en oorgee aan die Swart meerderheid word nie net in die steek gelaat deur hulle te versaak nie, maar word ná die oorname ook deur hulle verraai en aan die vyandige magte uitgelewer!
Valse Selfbeskikking beloftes
Maar om ‘n verskoning te kon hê om nou skielik te gaan deelneem aan hierdie veelrassige verkiesing -terwyl die volgelinge deurentyd onder die indruk gebring is dat so ‘n verkiesing nooit sou plaasvind nie – selfs as dit dan militêr omvergewerp moes word, was die uitdaging. Maar daarvoor is ook reeds ‘n slinkse plan bekook en nou gereed om onthul te word.
Die regse Afrikaner moes nou oortuig word dat sy heil en enigste oorblywende kans op “Selfbeskikking” in ‘n eie grondgebied gesetel is in ‘n haastig saamgeflansde plan waaraan die Volksfrontleiers onverpoosd gewerk het. Dié plan is in die geheim bekonkel van kort na hul stigting reeds terwyl die ondersteuners deurentyd wysgemaak is dat die AVF die oorgawe-proses sou stuit, selfs al moet daar oorgegaan word tot geweld.
Ware doel van AVF
Moet nie vergeet nie dat, in teenstelling met die leiers se beloftes en ondernemings aan die lede van die Volksfront, die skepping van die Afrikaner Volksfront ‘n breinkind van IDASA was, en dat hulle uitgesproke geheime doel met die Volksfront was soos F van Zyl Slabbert dit in ‘n brief van 14 September 1993 gestel het:
“To promote and sustain dialogue between the centre right, i.e. Die Afrikaner Volksfront and the ANC.”
“To reduce the potential for violent confrontation;”
“To reach some constitutional compromise between the Afrikaner Volksfront and the ANC;
To persuade die Afrikaner Volksfront to support and participate in the forthcoming elections”.
(Nadruk deur my toegevoeg)
In die lig van hierdie vooropgestelde (ware) doelstellings is daar toe in geheime samesprekings tussen Volksfrontleiers en ANC-amptenare gewerk aan ‘n constiutional compromise wat die Afrikaner Volksfront daartoe sou bring to support and participate in the forthcoming elections. Hierdie vergaderings het op gereelde basis plaasgevind vanaf Augustus 1993 reeds, in groot geheimhouding.
Memorandum van Ooreenkoms
Reeds in Desember 1993 is daar toe ‘n memorandum van ooreenkoms bereik. Hierdie Desember-ooreenkoms is uiteindelik, nadat die Vryheidsfront vroeg Maart 1994 deur generaal Viljoen in die lewe geroep is, in ‘n dokument bekend as die Afrikaner Akkoord opgeneem, en vorm die hoofdeel daarvan. Die geheime samesprekings wat dus al in 1993 deur die generaals, die Landbouleiers (Gous en Bruwer) asook verskeie senior leiers van die KP (Ferdi Hartzenberg, die Mulder-boeties, Tom Langley en ander) met die ANC saamgevat is in die Desember-ooreenkoms, die “Memorandum of Agreement” het uiteindelik net so as aanhangsel sy neerslag gevind in hierdie dokument, die Afrikaner Akkoord.
IDASA, die triomfantlike wenner!
Die ondertekening van hierdie dokument wat uit verraad teen ons volk ontvang en gebore is, het baie gepas plaasgevind in die kantore van IDASA. Dit was immers die hoogtepunt en groot oorwinningsmoment van die IDASA-komplot en daarom ook heel gepas dat dit daar moes geskied. Om groter smaling aan hul oorwinning toe te voeg is die samesteller van die dokument niemand anders nie as Frederick van Zyl Slabbert – IDASA-stigter wat ook ten nouste gemoeid was met die werksaamhede van die Conservative Dailogue Program wat vanuit IDASA bekonkel is.
Selfde ou verraad nou weer, selfde ou resep word gebruik
Die hartseer en uiterste ironie is dat hierdie selfde dokument nou, 30 jaar na die grootste verraad teen ons volk, opnuut weer aangebied word as ons volk se enigste hoop op Selfbeskikking. Nogeens word “leiers” vanuit die “centre right” aangewend om hierdie foefie opnuut op te dis aan ons volksgenote. En belangstelling daarvoor word deurentyd gewek deur blootstelling daarvan deur Boermedia. Ons volk is destyds platgeslaan deur hierdie mense se lae en gemene vuil spel wat ons ons seggenskap oor ons Godgegewe erfenis ontneem het. Die verslaenheid waartoe dit gelei het was die aanleiding daarvoor dat ons mense selfs dekades lank nie Geloftefeeste bygewoon het nie. As volk was ons in ons eer gekrenk deur die eerlose prysgawe van mag – asof ons ons voorgeslagte se durf en moed verraai het. Maar daardie verraad moet vierkantig op die skouers van die leiers van die NP en hul Volksfront/KP helpers gelê word. Húlle was die rede dat ons politieke mag van ons weggesteel is sonder slag of stoot. Die Afrikaner was bereid om ten bloede toe te veg vir die behoud daarvan. Daarvoor was hy aan die voorberei en sou hy op bevel van sy leiers selfs die hoogste offer bring.
Ons weier om die status quo te aanvaar
Jong Afrikaners vra met reg waarom ons vandag in hierdie toestand verkeer. Hoe is dit moontlik dat ‘n land wat deur ons voorgeslagte uit die woesteny ontworstel is en deur offers van bloed en sweet ontwikkel is tot een van die voorste lande in die wêreld nou deur barbare regeer word. Hulle vra na die roem en eer van voorgeslagte wat kaalvoet oor die berge getrek en vir geen gevaar teruggedeins het nie. Wat hierdie land getem het en as erfenis ontvang het vir die Afrikanervolk in sy geslagte. Hoe kon ons die politieke beheer oor ons land verloor, dit as’t ware gewoon prysgee in 1994? Daarom is dit noodsaaklik dat die gebeure wat hiertoe aanleiding gegee het deeglik ondersoek en bekendgestel moet word.
Opwellende nasionalisme moet “bestuur” word
Maar in hierdie nuwe opbruising van volksnasionalisme sien die liberales die noodsaak om opnuut verraads-planne te smee. Hierdie golf van nasionalisme moet weer “bestuur” word, en moet soos in 1994 só gekanaliseer word dat dit weereens op niks sal uitloop nie.
Kan ons nou toelaat dat dieselfde verraad vanuit dieselfde kringe en boonop deur middel van dieselfde verraaiers-dokument – die Afrikaner Akkoord – weer teen ons volk gepleeg word? Die eindresultaat daarvan sal net wees om die volk net nog langer onder Nie-Blanke dwinglandy te hou. Hierdie dokument hou vir ons volk geen heil in nie. Om daardie rede kon dit selfs met “grondwetlike beskerming”, met die instel van ‘n “Volkstaatraad” en met die allerheilige “artikel 235” nie ‘n dooie duit vorder om daardie beloofde Volkstaat te laat realiseer nie.
Afrikaner Akkoord – Wat dit is.
In die volgende aflewering (Deel 6) gaan ons die Afrikaner Akkoord breedvoering ontleed. Dis haas tyd dat ons volksgenote weet wat presies daarin staan. Vir enige laerskoolkind wat dit ondersoek sal die onwerkbaarheid daarvan glashelder te siene wees. Na deeglike ontleding daarvan sal u saamstem dat na die Afrikaner Akkoord meer gepas verwys kan word as die Akkoord tot Voortgesette Knegskap van die Afrikaner. Dít, alleen is wat deur die nuwe verraad bereik sal word!
Hierdie is die eerste deel van die uitgebreide artikel oor die verraad wat gelei het tot die verlies van die politieke mag van die Afrikaner. Gaan hier na deel 2.
Regs en Links
Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke verdeel in twee groepe – dié wat vanweë ‘n diepgewortelde volksnasionalisme konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 18oo’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde nasionalistiese kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak. Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.
Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in, Sy dryfveer: die drang na vryheid – om homself te kan wees en oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste vind onder Britse oorheersing, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.
Anglo-Boere-oorlog
Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Anglo-Boereoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.
Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer het die konserwatiewe Bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.
Die Afrikaner is oorwegend konserwatief
Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie nasionalistiese konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n brabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word.
Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.
Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme
Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Op die vryheidspad van die Afrikaner was die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.
Eerste afwykings
Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.
Voete van klei
Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician…’ Direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in…
Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi het opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.
Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke
Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.
Praat na regs, doen na links
Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : Eie skole, eie woongebiedegebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.
FW hervorm koorsagtig
Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op die 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront!) De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.
Die politieke gety draai skerp teen die regering. Momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus. Daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Sonder twyfel sou die Nasionale Party met daardie verkiesing ontsetel geword het. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing in doodsgevaar verkeer het.
Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings
Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie kon oorleef nie. In reaksie hierop kondig FW de Klerk enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.
Die boodskap wat die Volksfront-leiers aan die Afrikaner wou deurbring deur die Bophuthatswana-fiasko is hard en duidelik oorgedra: waag militêre weerstand en hierdie sal julle uiteinde wees! Dit is die beste verwoord deur regter Kriegler, wat ook die voorsitter van die verkiesingskommissie van die ’94-verkiesing was met die woorde: “Three of them were shot like dogs in the glaring publicity of television lights and cameras. That had a n enormous effect on the right-wing willingness to resist the elections further by means of violence and terrorism.”
Vryheidsfront die uitweg
Nou is die weg geopen om ‘n ander uitweg te soek – Viljoen sou ‘n politieke party stig (die Vryheidsfront) en dan aan die verkiesing gaan deelneem. Nodeloos om te sê was die ondersteuners van die Volksfront verslae en verlam nadat hul leiers hulle in die steek gelaat het. Die “generaal” – die militêre leier van die Boerekrisisaksie. Daar is breedvoerige militëre planne uitgewerk, hulle was slaggereed om dit in werking te stel, maar skielik is hulle leierloos. Hulle leier het besluit om dít te gaan doen waarvoor hy hulle tot nou toe opgeroep het om met wapengeweld te beveg. Hulle was gereed om die verkiesing van 1994 geheel en al te ontwrig. Maar die angel is effektief deur hierdie verraad uit die regse weerstand gehaal.
Patriot noem generaals verraaiers
Die teleurstelling het wyd geloop. Ons hele land, die toekoms van ons kinders is deur hierdie daad van verraad vernietig. Die Patriot, mondstuk van die KP se voorbladberig van die 18 Maart 1994-uitgawe berig toe onder die opskrif: VOLK VERWERP GENERAALS as volg:
“Die Afrikaner-Boerevolk het nou net mooi genoeg gehad van politieke verraad deur mense met wit velle en nadat Generaal Constand Viljoen lynreg teenoor talle beloftes deur hom van nie-deelname aan die gewraakte verkiesing van 27 April, wat die volk slawe sal maak in ‘n Kommunistiese Satansryk, nogtans voorwaardelik op eie houtjie vir die verkiesing gaan registreer het, eis ‘n woedende Afrikaner-Boerevolk die onmiddellike daarstelling van ‘n onafhanklike Volksrepubliek.”
Ferdi part en deel van verraad
Min wetende dat hul eie leier, dr. Ferdi Hartzenberg en talle van die koukuslede van die KP soos Corné en Pieter Mulder, Tom Langley, Koos Reyneke, Piet Gous, Dries Bruwer en helaas ook die ondervoorsitter, dr. Willie Snyman ten diepste deel uitgemaak het van die verraad. Bogenoemde uitgawe van Patriot wat genl. Viljoen uitbeeld met ‘n NP-embleem op sy voorkop, word toe deur dr. Hartzenberg persoonlik herroep en verban. Hy was duidelik besig om Viljoen se eer te probeer red omdat hyself net so diep by hierdie verraad betrokke was.
Nuwe verraad 30 jaar later
Die hartseer ironie is dat vandag, ‘n goeie 30 jaar na hierdie gebeure waar ons volk deur wolwe in skaapsklere uitverkoop is, daar opnuut pogings tot misleiding van die konserwatiewe Afrikaner van stapel gestuur word. En, glo dit of nie, nog met aanwending van hierdie selfde verraads-dokument, die Afrikaner Akkoord! Die rede waarom ‘n nuwe misleiding genoodsaak word, is die herontwaking van die Afrikaner-nasionalisme onder ons volksgenote – dikwels juis onder die jonger geslag. Hulle verstaan nie waarom ons vreemdelinge en bywoners in ons eie land moet wees nie. Hulle verdien dit dat die volle waarheid oor die verraad van 1994 aan hulle beskikbaar gestel word – juis ook om te voorkom dat hulle nie opnuut mislei word met beloftes van “Selfbeskikking” wat deur die “Afrikaner Akkoord” (nogal) vir hulle beding sal word nie
Lank lewe Afrikaner-Nasionalisme
Hierdie ontwaking van die nasionalisme in ons volk laat koue rilling langs liberale ruggrate afvloei. Daarom begin hulle weer om met ywer die doodgebore Afrikaner-Akkoord-dokument – wat na 30 jaar nog nie eers 30 vierkante sentimeter se “Volkstaat” kon beding nie – opnuut af te stof, asof hulle lewe in dié dooie ding kan blaas!
***
Hierdie artikel is ‘n poging tot ‘n oorsigtelike kyk na die verraad wat deur volksleiers gepleeg is om die oordrag van mag, die weggee van ons eiendom, sonder ons toestemming, moontlik te maak. Die bedrogspul staan bekend as die IDASA-komplot. Die intriges waarvan nog vele hoofstukke oor geskryf gaan word.
Mnr. Jaap Marais het homself oor hierdie verraad as volg uitgelaat:
Ons is nie verower omdat ons versleg het nie, maar omdat daar verkeerde leiding was en samewerking met mense wat nie die beste belang van die Afrikanervolk op hulle hart gehad het nie. Daarom het die Afrikaner bloedloos en eerloos oorgegee aan ‘n terroristebende. Deur die IDASA-komplot is hy bedrieg, Die Afrikaner is uitverkoop sodat dit vir hom onmoontlik was om hom daarteen te verset.
Maar hy het ook hiérdie besielende woord tot ons volk gespreek:
Die stryd dryf die Afrikanervolk weer deur die smeltkroes. In die hitte vind weer suiwering plaas. In die branding word die harde kern nog harder gebrand. In die pyn word die bande van liefde nog sterker gesmee. Boontoe en binnetoe, Gebed en selfsuiwering. Geloof en verinniging. Dit is wat die Afrikanervolk weer in sy hart hernieu.
Deel 5 gee meer besonderhede in hoe mate die AVF gebruik is as voertuig tot misleiding wat gelei het tot die skepping van die Afrikaner Akkoord en die deelname (oorgawe) van ‘n groot deel van die Afrikanervolk en die blanke in SA aan die veelrassige verkiesings vanaf 1994.
Op 24 September 1993 verskyn ‘n berig in die Amerikaanse Christian Science Monitor wat dit stel dat genl. Viljoen geheime samesprekings met die ANC voer en dat in dié onderhandelings ooreengekom is dat die Afrikaner Volksfront aan die April 1994-verkiesing sou deelneem en dit daarom nie sou ontwrig nie! Dit terwyl aan die ondersteuners van die Volksfront deur hierdie leiers voorgehou is dat hulle De Klerk sou stuit!
AVF wil deelneem aan 1994-verkiesing
Op 18 November 1993 vind verdere geheime onderhandelinge met die ANC plaas by Farm-Inn buite Pretoria. Die CDP het hierdie kuiertjie op koste van IDASA gereël. Hiertydens hou Viljoen ‘n geskrewe toespraak namens die AVF waarin namens die Volksfront verklaar word:
“On the part of the AVF we undertake to encourage the parties to participate in the process leading up to the Universal Election and in the Election itself with a view of actively promoting the succesful transition to a system of democratic rule in the whole of South-Africa, as well as in all measures to be undertaken to ensure greater stability and peace in all communities, in the reconstruction of the economy and in the establishment of the rule of law and the protection of universal human rights for all citizens” (Eie beklemtoning)
Volksfront-lede onbewus van beloftes aan ANC
Intussen berei strukture en onderafdelings van die AVF soos die Boere Krisis-aksie (BKA) voor vir gewelddadige opstand, min wetende dat hulle leiers reeds glasies klink met die vyand oor die voleindiging van hul verraad teen hul eie volksgenote. Op 30 Januarie 1994 verwoord die ANC self wat agter die skerms aan die gang is in die Chicago Tribune : “It is our aim to keep the right wing talking for as long as possible in order to prevent a White backlash.”
KP-leiding heul nou ook met ANC
Op die 3de Desember 1993 lei Ferdie Hartzenberg ‘n afvaardiging saam met die ondervoorsitter van die KP, dr. Willie Snyman in ‘n geheime beraadslaging met die ANC se Nelson Mandela en Thabo Mbeki. Die KP-mondstuk, Patriot, berig self in ‘n misleidende artikel daaroor in die uitgawe van 10 Desember 1993. Maar die amptelike KP-standpunt was in 1991 nog dat deelname aan onderhandelinge met die ANC verraad is. Hoe gebeur dit dat die KP-standpunt in die kort bestek van 2 jaar ‘n 180-grade omkeer maak? As dit in 1991 verraad is, wat noem mens dit in 1993?
Memorandum van Ooreenstemming tussen AVF en ANC
Op 21 Desember 1993 bereik die Volksfront en die ANC ‘n “Memorandum of Agreement between the African National Congress and the Afrkaner Volksfront”
Hierdie memorandum sou later die hoofdeel uitmaak van die “Afrikaner-Akkoord” wat enkele dae voor die 1994-verkiesing onderteken is, en wel as die Appendiks (Hoofstuk 3 en verder) tot die “Afrikaner Akkoord”. Let wel, dit is dus hierdie ooreenkoms, soos gesluit deur die geheime geknoei tussen die leiers van die Volksfront en die ANC, wat uiteindelik die hoofdeel van die Afrikaner-Akkoord uitmaak.
Die aanhef van die memorandum lees as volg:
The delegations of the African National Congress and the Afrikaner Volksfront have met on numerous occasions to discuss matters arising from the political transition in South Africa.
Dit lys dan ‘n reeks sake waaroor tussen hulle ooreengekom is:
Onder punt 1.2: “…a suitable political solution can be found throuh a process of negotiations … This is a crucial commitment which will help in adressing the entrenched mistrust and antagonism which exists between supporters of the Afrikaner Volksfront and the African National Congress”
1.4: “Though the two parties do not share a common position on the proposed schedule for the transitional process they have agreed that a strategic agreement, adressing matters of mutual concern, ought tot be entered into. This will facilitate the implementation of the transitional process and the conduct of the elections on 27 April 1994” (My nadruk)
2.1: “South Africa should be the home to all its inhabitants who share a common future, based on peaceful co-existence, economic interdependance and constitutional governance.”
2.4: “They agree that the aspirations of many Afrikaners to govern themselves in their own territory should be adressed. Accordingly they agreed that a joint working group be established for this purpouse, bearing in mind the call made by Dr Mandela, Dr Hartzenberg and General Viljoen for a solution which entrenches reconciliation, prevents conflict, and facilitates cooperation among all people.” (My nadruk)
2.6: “The AVF, having accepted the ANC’s good faith, has undertaken to actively discourage any action calculated to destabilise the tranitional process. The culmination of ths strategic agreement into a final settlement before end January 1994 will enable the AVF and its affiliates to consider participation in the transitional stuctures and process, as well as in the elections as scheduled to be held on 27 April 1994.” (Eie beklemtoning)
In hoofstuk 4 word gehandel oor die Volkstaat wat gestig sou word. Onder die hofie “Citizenship” lees die memorandum: “Any form of derived citizenship intended for persons residing in a possible Volkstaat will not be racially based and shall be compatible with internationally accepted norms.” (My klem)
Hoofstuk 5, Punt 5: “Self-determination will serve the purpose of building the state and not cause the dislocation of the state. It should facilitate peace and not conflict .”
Afgewaterde Volkstaatjie
Geen ondersteuner van die Volksfront sou tevrede wees met dié tipe van selfbeskikking nie! As hulle geweet het watter tipe Volkstaat hul leiers besig was om vir hulle te “onderhandel” sou hulle hierdie leiers summier verwerp het. Daar is egter geen twyfel dat hierdie geheime onderhandelings die laagste vorm van verraad is nie. Sonder die meewerking van die verraaier-leiers van die Volksfront en KP sou die oordrag van mag na die kommunistiese ANC nie kon plaasvind nie. Die Volksfront (kamtig gestig in opposisie teen die Nasionale Party) was deur die bestuur van die leiers van dié organisasie ironies genoeg die belangrikste skakel in die oordrag van mag deur die Nasionale Party. Die leiding van die AVF was dus niks minder nie as ‘n verlengstuk van die NP-regering. Dit sou later deur twee getuies aan die lig gebring word dat Genl. Viljoen en FW de Klerk elke Sondagaand saam beraadslag het aan huis van de Klerk, Libertas Pretoria.
AVF-leiers belieg BKA
Ten spyte van hierdie Memorandum van Ooreenkoms wat teen die einde van Desember al bereik is, spreek Constand Viljoen en Ferdi Hartzenberg op 15 Januarie 1994 leiers van die Boerekrisisaksie (BKA) (die militêre arm van die AVF) naby Winburg bedrieglik toe. In sy toespraak sê genl. Viljoen drie maal “die tyd vir optrede is nou”. Maar skaars 3 weke voor hierdie vergadering het hy en Hartzenberg reeds met die ANC ooreengekom en hulleself verbind tot ‘n vreedsame oorgawe en selfs tot deelname aan die verkiesing!
Viljoen as verraaier uitgejou
Twee weke na hierdie vergadering, op 29 Januarie 1994 spreek Hartzenberg en Viljoen ‘n massa-volksvergadering toe op die Pretoria Skouterrein. En hierdie slag pleit genl. Viljoen by die aanwesiges dat hulle moet deelneem aan die verkiesing! Hy word uitgejou en toegesnou as verraaier. Om dinge te vererger berig Rapport van 6 Februarie 1994 dat dr. Hartzenberg mnr. Eugene TerreBlanche wat ook ‘n lid van die AVF was probeer oorreed het om aan die April-verkiesing deel te neem. TerreBlache het die voorstel met minagting en afsku verwerp.
Gaan die AVF nou skeur?
Die Volksfront-leiding was nou oënskynlik verdeeld – met Hartzenberg wat enduit die nie-deelname-aan die-verkiesing vaandeldraer was, en Viljoen wat hom nou vir deelname daaraan beywer het. Agter die skerms is egter reeds deur die hele AVF-leiding ondernemings aan die ANC gegee vir ‘n vreedsame oordrag van mag, en is selfs ook ‘n onderneming tot deelname aan die verkiesing gegee. (sien punte 2.4 en 2.6 onder die hofie: Memorandum van Ooreenkoms tussen die AFV en ANC). Hierdie skynheilige optrede sou deur die Volksfront-leiers voortgesit word ten einde aan die een kant te kan voldoen aan hulle belofte aan die ANC en andersyds sy ondersteuners te paai dat dit steeds die AVF se plan is om die oordrag van mag te stuit. Nooit is Viljoen deur die leier van die Volksfront, Ferdie Hartzenberg gerepudieer nie – hy kon ook nie, Viljoen het bloot die nie-amptelike, dog ware beleid van die AVF-leiding verkondig.
Bophuthatswana – operasie tot ontmoediging
Met die politieke onstabiele situasie in Bophuthatswana in 1994 het hul leier, Lucas Mangope genl. Viljoen genader om militêre hulp aangesien sy land besig was om onregeerbaar te raak vanweë stakings waaraan die Bop-polisie ook deelgeneem het. Viljoen reël toe met die Boerekrisisaksie (BKA) om ‘n mag van sowat 4500 man daar te ontplooi ten einde orde te herstel. Die val natuurlik vreemd op dat Mangope nie die Suid-Afrikaanse Weermag genader het om hulp nie. Maar hierdeur is die ideale geleentheid geskep waardeur die Volksfront se wil tot militêre weerstand lamgelê sou word. Die manne word opgeroep om sonder wapens Bophuthatswana binne te val met die belofte dat wapens daar aan hulle voorsien sal word. Bid jou dit aan! Daar het natuurlik dadels van gekom. In die eerlose onttrekking wat hierop gevolg het is 3 manne van die AWB koelbloedig doodgeskiet ten aanskoue van die hele wêreld nadat ‘n hele span verslaggewers “toevallig” (dalk eerder strategies) op daardie spesifieke plek ontplooi is sodat beeldmateriaal van dié grusame moorde die wêreld ingestuur kon word. Die drie gewonde, ontwapende manne word elk met twee skote deur ‘n Bophuthatswana polisieman uit sy R4 doodgeskiet.