Category Archives: Geen categorie

VERKLARING OOR VOLKSVEROOTMOEDIGING

27 Augustus 2024

Wat is die ANB se begronding hieroor?

Die ANB het op sy Hoofbestuursvergadering op Saterdag 24 Augustus in verband met die Volksverootmoedigingsaksie, wat vir 1September in die vooruitsig gestel word, die volgende hoofpunte beklemtoon.

1. Die ANB is daartoe verbind om ons Afrikanervolk in sy geheel voortdurend op te roep tot ware opregte verootmoediging voor die lewende God.

2. Wat ware volksverootmoediging in wese behels is vir die ANB van die allergrootste belang.

3. As gelowige enkelinge, huisgesinne en selfs families moet ons ons gereeld in waarheid en opregtheid verootmoedig voor God. Verg. Job1:5, Jos.24:15

4. Volksverootmoediging mag nie in ‘n minder ernstige lig beskou word as die verootmoediging van die enkeling, huisgesin of familie nie.

5. Die ware verootmoediging moet voorafgegaan word deur ernstige, noukeurige en volledige selfondersoek in die lig van Gods Woord.

6. Alleen deur die werking van die Heilige Gees kom die begenadigdes in Christus tot ware skulderkentenis en skuldbelydenis voor die Heilige God. Dié sonde(s) waarmee ons God vertoorn het móét dan uit ons lewens geban, uitgewis en begrawe word. Verg. Gen.35:2-4; Rigt.10:16

7. Eers dán volg ware verootmoediging waarin die HERE ‘n welgevalle het… waar met die sondige en verkeerde wat in ons lewens posgevat het weggedoen en die opregte begeerte is om ons ganse lewens na Gods weë in te rig om Hom te dien en verheerlik.

In die lig van bogenoemde vertrekpunte moet, in geval van volksverootmoediging, dus die volgende gebeur:

1. Alleréérs moet ons volkssondes in alle erns en so noukeurig en volledig moontlik omskryf en uiteengesit word.

2. Daarna moet dié sondes, begrond in Gods Woord, herhaaldelik en volhardend in ons volksgeledere verkondig en as’t ware uitbasuin word, deur alle moontlike kanale en middele.

3. So moet ons volk vermaan word om hulle te bekeer en dus te breek met alle Godonterende kultuur uitinge en lewenspraktyke.

4. Wanneer in bogenoemde profetiese werksaamheid vir ‘n geruime tyd volhard is, kan na ons oortuiging, oorgegaan word in die uitroep van ‘n “dag van verootmoediging” vir diegene wat volkome eensgesind ag gegee het op die vermaninge en hul van die volkssondes waarvan hulle oortuig geraak het, van harte bekeer het.

In die lig van bogenoemde neem die ANB die volgende besluit:

1. Die voorgestelde datum van 1 September vanjaar waarin ons volk opgeroep word tot ware volksverootmoediging, is na ons oordeel gans te vroeg, aangesien die deeglike en volledige uiteensetting van volkssondes en die oproep tot ware bekering, na ons mening, nie na behore geskied het nie.

2. Die ANB is volkome bereid en kragtens ons grondslag en oortuiging van harte daartoe verbind om mee te werk om ware volksverootmoediging na te streef. Ons sê “na te streef” aangesien nét die HERE ware volksverootmoediging kan bewerk (1Kon.8:35), soos Hy byvoorbeeld by Paardekraal (Desember 1880) gedoen het.

3. Die ANB wil ook beklemtoon dat die opregte en ootmoedige intrede en voorbedes vir ons Afrikanervolk, wat in sy breë verband tans ver van die weë van die HERE weggedwaal het, nie by een van ons nagelaat moet word nie. As voorbeelde hiervan wys ons op Moses (Eks.32:32), Daniël (Dan.9) en die apostel Paulus (Rom.9:1-8).

Tot hiertoe ons Hoofbestuursbesluit op Saterdag 24 Augustus.

ANB distansieer hom van Volkskrag se volksverootmoedigings-inisiatief

Intussen het dit onder die aandag van die ANB Dagbestuur gekom dat Volkskrag die werklike “organiseerders” van die volksverootmoedigings-inisiatief blyk te wees. Hiervan was die ANB Hoofbestuur tydens sy bespreking en besluit op Saterdag 24 Augustus nie bewus nie.

Derhalwe is die ANB Dagbestuur genoodsaak om die volgende bykomende besluit te neem:

1. Ons merk dat Volkskrag deur ‘n wye reeks “werksgroepe”, ‘n voortsetting van die Volksfront se Volksrepubliek-werkkomitee is.

2. Die Afrikaner Volksfront het reeds voor die 1994-verkiesing agter die skerms (d.w.s. sonder dat die leiers dit aan die volk gesê het) met die volksvyand, die ANC, gaan onderhandel, waarvolgens hulle die volk sal lei om die “nuwe politieke bestel” te aanvaar (deur inderdaad as “Vryheidsfront” met die oog op die verkiesing te registreer), mits die ANC bereid sou wees om Artikel 235 in die nuwe “onderhandelde” RSA-Grondwet in te skryf, en waarvolgens die Afrikanervolk die sogenaamde “selfbeskikkingsreg” sou hê, om aan die hand van die “Afrikaner Akkoord” te kon “beding”, vir ‘n stukkie eie grondgebied iewers in die Republiek waar hy homself sogenaamd sal kan regeer.

3. Bogenoemde optrede deur die Afrikaner Volksfront leierskorps, voor die 1994-verkiesing, was niks anders as ‘n skandelike daad van volksverraad nie.

4. Hulle het en wil steeds die Afrikanervolk, wat nog nêrens die RSA as sy wettige eiendom afgeteken het nie, probeer beweeg om die “nuwe politieke bestel” wat deur verraad en in werklikheid onwettig tot stand gekom het, te aanvaar en ons daarby neer te lê.

5. Derhalwe stel die Afrikaner Nasionalistiese Beweging aan Volkskrag die volgende onomwonde:

6. Die Afrikanervolk wat deur die Drie-enige God uit Gereformeerd-Calvinistiese wortels tot stand gebring is en deur Hom hier in ons Vaderland Suid-Afrika tot volk in aansyn geroep is, gaan “beding” nie vir sogenaamde “selfbeskikking” by ‘n God-onterende en God-verloënende en boonop onwettige “regering”, of watter internasionale instansie ook al, om ‘n gedeeltetjie van sy regmatige eiendom terug te ontvang nie.

7. Alle pogings van ons jongste dag deur wie ook al, om die Afrikanervolk te probeer beweeg om die 1994-Grondwet en dus ook die ANC-regering as wettig te aanvaar, deur aan sy “verkiesings” deel te neem, of van die sogenaamde Art.235 “gebruik te maak” om tot ‘n “onderhandelde skikking” te kom, word deur die ANB beskou as ‘n voortsetting van dieselfde verraad wat in 1994 teen ons volk gepleeg is ten einde ons die politieke seggenskap oor ons Vaderland te ontneem.

8. Daarenteen verklaar ons dat die Republiek van Suid-Afrika, waarvan dié grondgebiede wat histories regmatig aan die onderskeie nie-blanke volke en stamme van Suid-Afrika behoort het, en teen die laat sestigerjare ordelik en finaal aan hulle oorgedra was, uitgesluit, steeds die eiendom en Vaderland van die Afrikanervolk is. Die HERE alléén is by magte om, as dit Sy wil is en op Sy tyd, ook die politieke seggenskap, oor daardie volle deel van die Republiek van Suid-Afrika wat histories aan die witman behoort, weer aan ons terug te gee.

9.  Die saak van ware volksverootmoediging is, soos u uit die Hoofbestuursbesluit sal kan aflei, vir ons ‘n saak van allergrootse erns. Soos genoem is die ANB volkome bereid en kragtens ons grondslag en oortuiging van harte daartoe verbind om ware volksverootmoediging van die Afrikanervolk na te streef.

10. Ons beskou dit egter as uiters onaanneemlik en selfs laakbaar dat ‘n saak van súlke erns soos volksverootmoediging, deur Volkskrag misbruik word om die Afrikanervolk in te bind in die soveelste verraderlike poging om die Goddelose bestel waaraan die HERE ons volk in sy tugtiging nou al ‘n geruime tyd onderwerp het, as “goed en reg” te aanvaar en boonop op ons knieë voor die ANC en die wêreld te gaan “bedel” om ‘n stukkie Suid-Afrika terug te kry.

11. In die lig van die direkte betrokkenheid van Volkskrag by die volksverootmoedigingsaksie (1Sept), het die ANB Dagbestuur geen ander keuse as om ons geheel en al daarvan te distansieer nie.

12. Ware volksverootmoediging kan slegs op die basis van ware Christelike Afrikanernasionalisme geskied, wat behels dat ons erken dat die HERE aan ons ons hele land Suid-Afrika as erfdeel gegee het, soos Hy aan alle volke gee na die welbehae van Sy wil, en ons oë alléén op Hom, die Alvermoënde God, gerig is, wat by magte is om ons volk weer volkome vry te maak, op Sý goeie tyd.

Ons het geen begeerte om Volkskrag of watter organisasie ookal as voorlopers van ons Afrikanervolk te opponeer nie, maar wens van harte dat ons hele volk die verraad wat gepleeg is sal insien, hulle daarvan sal distansieer en saam met die ANB die bestel sedert 1994 sal verwerp.

Mag ons voortdurend ons volksgenote in alle erns vermaan om hul aller éérs van hul goddelose weë te bekeer, na die HERE onse God en na Sy onfeilbare Woord (1933/53) in ons Afrikaanse taal terug te keer.

En mag ons as gelowige Afrikaners as ‘n eenheidsmag búite die bestel verenig

rondom dié beginsel:

Suid-Afrika ís ons Land!

Afrikaans is ons Taal!

Die HERE, die Almagtige, is ons God!

geleen

OORLOG IN DIE MIDDE-OOSTE

Israel tart sy bure

Die spanning laai op in die Midde-Ooste en is besig om breekpunt te bereik. Die Joodse staatjie is besig om al sy bure die harnas in te jaag. Israel is soos ‘n keffende brakkie wat almal se hakskene byt terwyl hy op die Amerikaanse weermag staatmaak om hom teen die oormag te beskerm.

Joodse geld en invloed regeer natuurlik inderdaad die Amerikaanse Kongres – die Huis van Verteenwoordigers en Senaat, asook albei die partye wat daarin verteenwoordig is. Vir Israel is dit om’t ewe of die Amerikaanse president ‘n Republikein of Demokraat is. Hulle mag in die Amerikaanse politiek verseker dat Israel se belange altyd voorrang geniet, ongeag watter party aan bewind is.

Iran is militêr beter

Netanyahu, Israeliese premier veg om sy politieke lewe. So lank as wat sy land in ‘n oorlog gewikkel is, is sy posisie veilig. Dit laat ‘n Amerikaanse oorlogskorrespondent opmerk: “Netanyahu is prepared to sacrifice his country on the altar of his own ego. Israel will be destroyed in a war with Hezbollah and Iran and he knows it.”

Ten spyte van wat in die liberale Westerse media berig is ná die vorige aanval van Iran op Israel in April vanjaar, was daardie militêre operasie haarfyn beplan en dodelik sekuur uitgevoer. Iran het met presisie aangetoon dat hy selfs die areas met die mees gevorderde lugafweerstelsels kon tref en selfs vernietig. Daardeur is sonder twyfel aangetoon dat Iran die beter militêre mag in die Midde-Ooste is. Hulle beskik inderdaad oor die vermoë, kapasiteit en wapentuig om die staat Israel geheel en al plat te vee.

Kan Amerika Israel red?

Israel steun natuurlik geheel en al op die VSA se militêre vermoë om hom, as kwesbare landjie, omring deur Arabiese vyande, te beskerm. Maar die Amerikaanse militêre vermoë word erg beperk deur die uitgerekte oorlog in die Oekraïene. Net so ook dié van al die ander Westerse state wat peperduur wapentuig aan Zelensky voorsien om bloot kort na skenking deur die Russe vernietig te word. Daar heers kommer in Europese lande dat hul vermoë om hulself teen invalle te verdedig deur dié optrede benadeel word. Daarbenewens sal Amerikaanse toetrede noodwendig daartoe lei dat Iran deur Rusland en selfs China ondersteun sal word. Die streeksoorlog neem dan internasionale omvang aan.

Amerika beloof trou aan Israel

Die Amerikaanse Sekretaris van Verdediging, Lloyd Austin het Woensdag reeds sy land se vasbeslote toewyding aan Israel se sekuriteit herbevestig. So is ook kort daarna in ‘n telefoongesprek deur Biden aan Netanyahu beloof. Austin het dit kategories gestel dat die VSA sal optree om Israel te help verdedig in geval van weerwraak deur Iran.

Dat die aanhoudende uittarting deur Israel egter nou breekpunt bereik het is ‘n voldonge feit. Veral nadat Israel ‘n sluipmoord uitgevoer het op die politieke leier van Hamas, Ismail Haniyeh. Haniyeh was ‘n sleutel-onderhandelaar in vredesamesprekings tussen Hamas en Israel. Dit blyk daaruit duidelik dat Israel nie belangstel in vrede vir die GAZA-strook nie. Daar kan verwag word dat ‘n aanval van Iran binne die volgende paar dae sal plaasvind. Iran het reeds sy oorlogsbondgenote opgeroep tot die stryd teen Israel. Daar kan dus ‘n volskaalse oorlog teen Israel vanuit verskeie oorde – selfs vanaf Egipte, verwag word.

Amerikaanse vegskepe ontplooi

Die New York Times berig Vrydag dat die VSA addisionele aanvalsvliegtuie en vegskepe na die Midde-Ooste ontplooi. “… in response to threats from Iran and its proxies in Gaza, Lebanon and Yemen to attack Israel in the coming days to avenge the death of Ismail Haniyeh” . Volgens die Pentagon. Die vliegdekskip USS Theodore Roosevelt het reeds vroeër tesame met nog 4 000 soldate daarheen vertrek.

Intussen is ‘n wapenooreenkoms in Novemder 2023 tussen Iran en Rusland onderteken. Daarvolgens kry Iran toegang tot wapentuig waarmee oorlogskepe gekelder kan word.

Israel kan nie wen nie

Selfs met die ondersteuning van hul lewenslange lakeie Brittanje en die VSA, sal Israel nie ‘n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste kan wen nie. Dit is immers deur die Israeliese weermag (IDF) self so bevind nadat militêre oefeninge as “strestoetse” deur hulle uitgevoer is ongeveer 2 jaar gelede. Die doel daarvan was om Israel se weerbaarheid in geval van ‘n gelyktydige aanval deur al Israel se vyande te bepaal. Die bevinding deur die IDF was dat Israel nie by vermoë daartoe is nie.

Geldmag verwelkom oorlog

Ten spyte van hierdie bevinding is dit baie duidelik dat sekere magte teen alle koste die uitbreek van grootskaalse oorlog probeer bevorder. Oorlog is altyd vernietigend vir die lande wat daaraan deelneem en natuurlik veral vir hul bevolkings. Maar dit moet onthou word dat daar ook altyd groot finansiële magte is wat agter die skerms sit en grootliks baatvind daarby. Hierdie geldmag was verantwoordelik vir die uitbraak van elke oorlog in die moderne era. Hulle voorsien wapens (teen groot winste) en lenings aan albei fronte en is die enigstes wat as oorwinnaars uit die stryd tree.

Kernbom?

Wanneer hierdie oorlog straks eersdaags uitbreek sal dit eindelik blyk dat Israel in ‘n voortbestaanskrisis gaan verkeer. In so ‘n desperate situasie sal Israel dan as laaste uitweg genoodsaak wees om sy kernkragvermoë in te span. Volgens Scott Ritter, voormalige Amerikaanse soldaat en wapenkenner het die Israeliese weermag die ontwikkeling van die neutronbom verfyn. Hy reken hulle sal nie skroom om dit aan te wend nie. Die neutronbom is ‘n kernkragbom wat intense bestraling veroorsaak maar minimale strukturele skade aanrig. Dit maak dus mense dood sonder om geboue plat te vee soos wat tradisionele kernbomme doen. Die neutrone wat die bestraling veroorsaak is uiters kragtig en dodelik, maar verdwyn baie vinnig. Dit beteken dat die gebied binne ‘n week na die ontploffing bewoon kan word. Die gebruik daarvan op nabye bure is dus moontlik aangesien dit min gevaar vir die groter streek inhou.

Hoe raak dié wêreldgebeure ons?

Sodra hierdie drama hom in die Midde-Ooste afspeel kan verwag word dat ander lande dan die kanse sal aangryp. Om skuiwe te maak wat hulle onder normale omstandighede nie toegelaat sal word om te doen nie.

En dan gaan mens se gedagtes onwillekeurig na oom Niklaas (Siener) van Rensburg se woorde: “dinge wat oorkant die water gebeur”. Die dinge wat die wêreld só besig sal hou met hul eie probleme dat hulle hul nie sal steur aan wat hier in Suid-Afrika gebeur nie…

Hoe moet die Afrikanervolk na al hierdie dinge kyk?

Die antwoord eenvoudig: In die geloof. Die HERE, die Almagtige, is die alléénbeskikker oor die lotgevalle van die ganse mensdom, ook dié van volkere. In die Openbaringboek lees ons van plae soos oorloë, hongersnood en pessiektes waardeur Hy sy oordele oor die goddeloses voltrek. Ons sien dat ook hierdie oorlog niks anders as ‘n geld-oorlog is nie. Hulle wat hierdie oorlog aanblaas is dié wat hul eie sakke nog verder wil vul, teen watter prys ookal.

Vir die Afrikaner is daar nét een oorlog wat in waarheid en geregtigheid geveg móét word: Om oor ons land Suid-Afrika, wat die Here aan ons as erfdeel toevertrou het, ook weer staatkundig te regeer. Juis omdat ons daarop vertrou dat by die Here álle dinge moontlik is sal ons hierdie ideaal van ons volk, selfs nou na 30 jaar van verknegting, nié prysgee nie!

Ons beskou die Here se Hand in ons geskiedenis toe die “groot oorlog in Europa” indirek, maar tog wesenlik, gelei het tot die bewindsoorname van die Nasionale Party onder dr. Malan in 1948.

Kan daar vir ons uit hierdie dinge iets goeds kom?

Ja, maar dan op ons knieë voor die Allerhoogste waar ons alléén voor Hom buig en van Hom ál ons hulp verwag.

DA – ANC REGERING!

Met die pas-saamgestelde “Government of National Unity” waarin die DA en die ANC die hoofrolspelers is, word ou geesgenote eindelik onder een sambreel verenig.

Die DA se wortels kan teruggevoer word na 1959 toe die Progressiewe Party gestig is. Daar was ‘n paar  naamsveranderings totdat dit uiteindelik die huidige Democratic Alliance geword het, met die belangrikste daarvan die Progressiewe Federale Party (PFP) wat dekades lank die Amptelike Opposisie in die parlement was. Vanuit daardie banke is aanhoudend gekerm vir stemreg vir die Swartes en vir ‘n “nie-rassige een-mens-een-stem bedeling” vir Suid-Afrika. Met die nuwe bedeling wat in 1994 ontstaan het onder beplanning van die Broederbond deur middel van uitverkoping en verraad deur die leiers van die Nasionale Party (NP) en die Konserwatiewe Party (KP) onderskeidelik, is hierdie ideaal van die Progressiewes uiteindelik bereik. Die ondenkbare het gebeur: die eertyds trotse, Afrikaner-gesinde NP het namens die Progressiewes, Jode en ander duistere wêreldmagte die politieke mag aan die Swart massas oorhandig en daardeur ‘n einde gebring aan Blanke heerskappy oor ons vaderland.

Dit is dus ‘n logiese konsekwensie dat die DA eindelik in die Swart regime opgeneem word, aangesien hulle van selfs voor doktor Verwoerd se sluipmoord vir hierdie bedeling beywer het.

Daar is ideologies gesproke weinig tot geen verskil tussen die DA en ANC nie. Dit kan byvoorbeeld gesien word uit die volgende aanhaling oor grondhervorming (lees: weggee van Blanke grond aan Swartes) vanuit amptelike DA beleid:

Progress in achieving equitable land ownership has been very slow and the ANC government’s land reform approach has not been successful in establishing an emerging class of commercial farmers

Of in hul ooreenstemming met die ANC se sosialisties-kommunistiese beleid:

Increase the child support grant to the same level as the official food poverty line. This means that the child support grant, under a DA government, will be increased from R510 to R760 per month.

Hulle deel dieselfde norme en waardes en streef selfs daarna om die ANC daarin te oortref. Die Joods-beheerde DA is niks anders nie as ‘n “Wit” ANC.

Die DA, soos enige ander pragmatiese instelling, laat hul lei deur omstandigheid eerder as beginsel. Daarom was dit vir hulle maklik om ná die pas-afgelope verkiesing hul rug te draai op die tiental ander partye waarmee hul ‘n koalisie gesmee het en eerder hul seile na die wind te span deur opgeneem te word in die GNU! Dit, ten spyte van hul wekroep voor die verkiesing saam met die alliansie-vennote dat die ANC ten alle koste gestop moet word, en dat dit allernoodsaaklik is om ‘n verdere 5jaar ANC-bewind te verhoed. Maar twee weke na daardie verkiesing vat die DA hande met die gewraakte ANC as politieke vennote!?

Daardie soustrein-posisies lyk darem maar net te verleidelik…

Hierdie is politieke oneerlikheid en manteldraaiery in die oortreffende trap. Die arme Blanke kieser wat hulle by die stembus ondersteun het wil elke haar uit sy kop trek.

‘n Stem vir die DA was toe inderdaad ‘n stem vir die ANC! 

Wat wel duidelik uit die verkiesingsuitslae afgelei kan word is dat die DA, soos die EFF, sy kruin bereik het. Nadat die DA in die vorige verkiesing 5% steun verloor het moes hulle desperaat nuwe planne beraam. Vandaar die geboorte van ‘n veelparty-alliansie wat kwansuis die ANC moes ontsetel. Die hele oefening het tot gevolg gehad dat die DA ‘n skamele 2% steun gewen het. Dus nog steeds 3% minder steun geniet as in die 2014-verkiesing.

As al die vennote van hierdie alliansie se voor- en na-verkiesings seteltal bereken word, dan besef mens dat die 7 ekstra setels wat na die verkiesing deur die Alliansie-vennote verkry is, maar ‘n skamele 1,75% groei in hul parlementêre verteenwoordig behels! Al die groot geraas het duidelik nie hul kiesers beïndruk nie. Hierdie foefie van die DA was dus ook futiel en daarom kan die voorspelling gewaag word dat die DA uiteindelik sal opgaan in die ANC net soos die NNP met Kortbroek Marthinus destyds. In ag genome hul sterk ideologiese ooreenstemming sal dit ook glad nie verbaas nie.

Die DA sal natuurlik ook met hierdie skuif die grootste deel van sy Afrikaner-steun verloor. Hierdie jakkalsdraai van die DA sal die laaste strooi vir hulle wees. Dit beteken noodwendige verdere drastiese agteruitgang vir die DA by die stembus, wat die vermoede versterk dat hul eindelik in die ANC sal verdwyn.

Groot getalle Afrikaners het hul gelukkig nie deur hierdie politieke streke en truuks laat mislei nie. ‘n Groterwordende aantal volksgenote het nie aan die veelrassige stemmery deelgeneem nie. U is weereens reg bewys deur die voortgaande klugspel wat nou so pragtig ontvou!

Dat die liberalis nie die Afrikaan en Afrika-politiek verstaan nie, is duidelik te siene in die naïewe geloof van die DA dat hulle ‘n verskil kan maak deur “keeping the ANC to higher accountability” soos die liberale media graag uitbasuin. Wat die geskiedenis ons deur Piet Retief se blindelingse vertroue op die barbaar geleer het sal ons nou weer sien herhaal in die “Government of National Unity”.

En wanneer die verswelging volledig is en alles uiteindelik tot stilstand knars en ineenstorting noodwendig daarop volg, sal ons weer die kans kry om ons vryheid te herwin! Mag dit vroeër, eerder as later plaasvind!

Só bid ons in stil vertroue!

Vind ons Grondslag en Doelstellings, Kontakbesonderhede en Bankbesonderhede hier. Ondersteun ons in die stryd teen die liberalisme wat grootliks verantwoordelik was vir die oorgawe van alles wat vir ons dierbaar is aan die swart kommunistiese bestel en ook verantwoordelik is vir die voortgesette aanslag op ons volk se Christelike waardes.

Mislukte Staat – Die nagevolge van Deelname

Spanning laai op in Swart geledere

Met die verkiesing wat oor enkele dae gaan plaasvind is spanninge besig om op te laai.

Ten eerste is die spanning in Swart geledere duidelik tasbaar, veral in Natal – waar voormalige bondgenote wat almal eens saamgetrek was in die ANC nou mekaar se kele wil afsny. Dit herinner sterk aan die woorde van wyle meneer Jaap Marais wat voorspel het dat die bestel nie sal staande bly nie, dat daar ‘n ineenstorting sal plaasvind wat met geweld gepaard sal gaan en dat dit sal begin as Swart-op-Swart geweld. Die politieke geweld daar in Natal is besig om kommerwekkende afmetings aan te neem soos wat leiers en ondersteuners van die ANC, EFF en die voormalige ANC-president, Jacob Zuma (nou by MK) mekaar die stryd aansê. Dit sal na alle verwagting in intensiteit toeneem soos ons die verkiesing nader.

Met die hoogs vlambare en uiters onstabiele situasie in ons land is dit natuurlik raadsaam om die nodige voorbereidings te tref ten einde gereed te wees om huis en haard te beskerm. Daar is ‘n hoë moontlikheid dat geweld en selfs pandemonium rondom die verkiesing of kort daarna kan uitbars.

Beginselvaste Afrikaners wil nie aan mislukte bedeling deelneem nie

Tweedens is daar die groot stryd om die “dwarstrekkerige”, konserwatiewe Afrikaner by die stemmery betrek te kry. Hierdie groepering van beginselvaste Afrikaners is duidelik ‘n groot kopseer vir die magte in beheer. Dit maak die liberalis doodsbenoud dat so ‘n groot proporsie beginselvaste Afrikaners hul nie laat intrek en besmet met die klad van die mislukte bedeling wat hulle veroorsaak het nie.  

Flip Buys erken dat die NSA ‘n fout was

Lees mens wat Flip Buys – ywerige medewerker aan die totstandkoming van die veelrassige “Nuwe” Suid-Afrika (NSA) te sê het, dan begryp mens hul dilemma. Hulle is mede-verantwoordelik vir hierdie gemors. Maar dié wat dit van meet af aan teëgestaan en beveg het, en steeds nie daaraan deelneem nie is vir hulle doring in die vlees. Hulle is die gewete wat hul deurgaans herinner aan hul growwe oordeelsfoute en gewoon blatante verraad. Daarom ywer hulle vervaard om almal by die NSA se demokratiese proses te betrek sodat almal eindelik medepligtiges aan hul mislukte eksperiment sal wees.

Buys skryf:

Die verdiepende krisis in die land laat baie Afrikaners só moed verloor dat hulle meer oor die probleme kla as wat hulle iets daaraan doen. Dit geld selfs vir diegene wat al dekades gelede die komende krisis voorsien het, in ‘n tyd toe hulle vir hulle versiendheid aangeval en uitgestoot is as politieke uitgeworpenes. Die gevaar bestaan dat mense ‘n soort leë troos vind in die feit dat hulle reg was, in plaas daarvan om dit wat verkeerd is, reg te maak.”

Hierdie “verdiepende krisis” meneer Buys, is die gevolg van jou en ander kortsigtige Afrikaners se toedoen. Juis dáárteen is julle gewaarsku! Maar julle wou dit nie toe hoor nie want julle wou so graag optimisties help bou aan ‘n Nuwe Suid-Afrika. Dié wat “die komende krisis” voorsien het, het vir julle pertinent gewaarsku teen die gevolge van die dwase weg waarop julle jul begewe het. Ja, en die wat “vir hulle versiendheid aangeval en uitgestoot is as politieke uitgeworpenes”, is deur júlle só gebrandmerk. Dit het julle gedoen ten einde jul eie betrokkenheid by die verraad te verdoesel. Onthou jy nog jou skandelike smeerbrief aan mnr. Jaap Marais in 1993, meneer Buys?

Volk is mislei voor 1994 om deel te neem en sodoende oor te gee

Julle het die volk mislei deur mooipraatjies en probeer dieselfde taktiek nou weer. Julle behoort eintlik nou te sê: Julle was toe al die tyd reg. Julle behoort by die versiendes (soos jy hulle self noem) kers op te steek oor wat die pad vorentoe behoort te wees. Maar helaas, nogeens kom jy met geykte stellings en soetklinkende woordjies soos

“hulle moenie terugdink aan die verlede toe dinge gewerk het, in plaas daarvan dat hulle skeppende en energieke organisasies is wat aan ‘n beter toekoms bou” (Vanuit dieselfde skrywe as hierbo)

U sien, meneer Buys, dit gaan nie hier oor ‘n “donker pessimisme” waaraan ons ly nie, maar oor ‘n heldere realisme oor die werklikheid waarin ons staan – net soos wat dit voor 1994 ook daaroor gegaan het. Die bewys daarvoor is duidelik te sien in die uitkoms van die keuse. Julle positiewe meebou aan die NSA het alleen gelei tot die verval en chaos wat ons nou beleef. Miskien sou  donker pessimisme (lees nugtere versiendheid) die beter pad wees om te volg! Inderdaad is die beslissing oor jul dwase keuse van saamwerk en opgaan in die bedeling duidelik: die ineenstorting van ons land!

Huidige mislukte staat is die gevolg daarvan

Is julle trots op die mislukte staat wat julle tot stand help bring het? Wat, buiten julle nuwe optimisme, kan as ‘n ligpunt of suksesstorie uitgelig word sedert 1994? Is julle trots op die mislukte ekonomie, die verval van stadsrade en infrastruktuur, die bedrog, diefstal en korrupsie, die skandelike toestand van Eskom of die Poskantoor …. die lys is eindeloos.

Juis hierteen het die versiende realiste wat so deur julle verguis is, gewaarsku.

Flip Buys en ander ja-broers is verantwoordelik vir instelling van die Swart meerderheidsregering

U, en die groepe waarmee u hande gevat het om die volk blindelings oor die afgrond te lei is hiervoor verantwoordelik en moet die volle blaam daarvoor dra. Daardie misleiding het ‘n nuwe Swart bewind tot stand gebring. Dit het daartoe gelei dat ons die politieke mag verloor het. Julle saampraters en ja-broers was verantwoordelik vir die instelling van ‘n Swart meerderheidsregering oor Blank Suid-Afrika.

En ten einde hierdie Afrikaner wat van voor 1994 deur julle planne gesien het nou stil te maak, wil julle hulle opnuut by julle optimistiese, positiewe saamwerk en saambou plannetjies betrek. Maar sodoende verseker julle dat hulle nog langer in hierdie bedeling tweedeklas-burgers bly. En om dit te bewerkstellig moet julle hulle by die stembus kry. Sodat geeneen kan sê: ek was my hande in onskuld, ek het hier geen deel aan nie!

Geen wonder nie dat Dirk Hermann enkele dae gelede op Facebook liries raak oor die opname onder lede van Solidariteit. Daarvolgens gaan meer as 97% van hulle stem. Dit laat Hermann opgewonde die voorspelling waag dat “Afrikaners oorweldigend gaan stem”. Die IPSOS-opname ‘n maand vroeër berig egter dat meer as 35% mense sê dat daar geen politieke party is wat hulle sienings verteenwoordig nie. Natuurlik het ons al in die verlede gesien dat “meningsopnames” gewoonlik eerder meningsvormers is. In tipies manipulerende styl moet die Afrikaner oorreed word om te gaan stem.

Ons land, ons Godgegewe erfenis is van ons weggesteel. Nie deur die Swart massas nie, nee, deur misleiers soos FW de Klerk en kie. En hierin is hulle ywerig ondersteun deur “regse” groeperinge wat dit vir hulle moontlik te maak om hierdie grootste verraad teen ons volk te pleeg. In plaas daarvan om direk daarteen stelling in te neem, viervoet vas te steek en botweg te weier, het hulle as paaiers en saampraters verwarring gesaai ten einde die NP genoeg tyd te gee om mag oor te dra.

Instrumenteel hierin was “regse” organisasies soos die Afrikaner Volksfront  – met die generaals – Constand Viljoen en Tienie Groenewald. Twee uitgelese liberaliste (Groenewald het selfs De Klerk se Rooi Vrydag-toespraak geskryf). In plaas van gewapende weerstand soos beloof het hulle kort voor die 1994-verkiesing gekapituleer, die Vryheidsfront geregistreer en self aan die verkiesing gaan deelneem. Dan ook die Konserwatiewe Party – die “wenparty” – waar was hulle leiers toe hulle moes veg vir hul honderd-duisende ondersteuners? Saam met die Volksfront is hulle deur IDASA se Conservative Dialogue Program omgekoop om eerder hul mense te verraai. Dit is ook bevestig toe hulle enkele jare later in die Vryheidsfront van die “regse” generaal Viljoen opgegaan het.

Oproep bly steeds: Bly weg van 29 Mei verkiesing!

Moet u nie laat mislei of deur die mooipraatjies van die hedendaagse wolwe in skaapsklere laat manipuleer nie. Staan as Afrikaner by u reg – ons is die wettige eienaars van hierdie land. En ‘n beduidende aantal van ons volk het daardie reg gestand gedoen deur sedert 1994 nie aan hierdie mengelmoes-verkiesings deel te neem nie. Daardeur is ons volk se weiering om hierdie verraad te erken of daarin op te gaan, bevestig. Wees trots op u erfenis en oefen steeds die reg uit om NEE te sê. NEE vir hierdie bedeling. NEE vir veelrassige regering oor ons eiendom. NEE vir die meelopers wat ons land weggegee het. NEE vir die uitbring van ‘n stem op 29 Mei.

Ons weier om as klein minderheidsvolkie geklassifiseer te word. Ons is ‘n trotse volk in eie reg, ‘n volk met ‘n roemryke verlede en, met God’s genade, ‘n blink toekoms in Blank Suid-Afrika! Ons sal nie as volk in getalle getel word nie, nee, ons word geweeg deur ons bestaansreg as volk wat deur God in aansyn geroep is. As trotse eienaars van die land waar Hy ons ingelei en ons toegelaat het om  die land te tem en aan die elemente te ontworstel. Daarop berus ons reg om terug te wen wat deur verraad van ons weggesteel is!

Vegkop en die Strafkommando teen Msilikaats

Soos onthou deur AH Potgieter, junior, die derde seun uit sy vader se eerste huwelik. Hy is gebore op 15 Okt. 1830, en het hierdie verklaring in Feb.-Maart 1912 afgelê.

Terwyl die trekkerleier, Andries Potgieter, met ‘n ekspidisie weg van sy laer was op soek na Louis Trichardt en lang Hans van Rensburg, is sy laer deur die Matabeles aangeval. Die laer het toe besluit om te versit, weg van hul staanplek langs die Vaalrivier, en terug na Vegkop.

___

Solang as ons trek nog by die Vaalrivier was kom Stephanus Erasmus met ‘n komissie daar aan, om die land te besien. Hulle is die Vaalrivier deur, en toe ‘n ent van ons langs die rivier af getrek… Toe vader van Trichardt terugkom vind hy ons staanplek aan die Vaalrivier verlate, en net die lyke van die swartes nog daar. Hy het toe al op ons wa-spore gekom tot by Vegkop. Dit was ‘n grote blydskap toe hy daar kom, want almal het gedink dat hy en sy maats deur Silkaats vermoor was.

Silkaats het intussentyd ‘n tweede kommando naturelle uitgestuur om ons laer te kom aanval. Die swartes het eers op Erasmus se laer afgekom. Erasmus het dié môre vroeg te perd uitgegaan om te gaan skiet, langs die Vaalriver af. Toe hy die middag by sy laer terugkom, was dit al deur die swartes ingeneem, en al sy mense vermoor; maar die swartes was nog in die laer.

Erasmus het van ons laer hoër op langs die rivier geweet. Hy het toe ‘n wye draai om die swartes gery, om ook te kom waarsku, maar toe hy by ons staanplek kom, was ons al weg. Hy het ons toe al op onse wa-spore agternagesit, en eers by Vegkop het hy ons ingehaal.

Die Liebenbergs se trek was toe nog by wat nou Liebenbergsvlei is. Erasmus het hulle gewaarsku dat die swartes aan’t kom was, maar hulle wou dit nie glo nie, en het daar gebly. Erasmus is toe van hulle af weg om ons te kom waarsku. Van die Liebenbergs het hy gehoor dat ons by Vegkop was.

Toe Erasmus by ons kom het hy net sy perd, klere aan sy lyf, bandelier en geweer; al sy ander goed het in die slag gebly by sy laer.

Toe hy ons sy sware tyding vertel het, het vader dadelik sy jonger broer, Nicolaas, en sy swaer Piet Botha, gestuur om die Liebenbergs te gaan sê hul moet padgee, en ook na Vegkop toe kom. Maar toe hulle daar kom was die Liebenbergs al vermoor. Nicolaas Potgieter en Piet Botha het laat in die nag weer by ons teruggekom.

Die Voorbereiding

Toe Erasmus ons sy tyding bring, het almal dadelik aan die werk gegaan om onslaer so sterk as moontlik te maak. Doringbome word afgeskap en aangesleep, die bome word aan mekaar vasgebind en onder die waens ingesleep en deurmekaar gevleg, en toe met kettings vasgewoel, sodat dit onmoontlik vir die swartes sou wees om dit uit te sleep of af te kap met hul asgaaie.

Toe die laer so sterk was as wat ons dit kon maak, moes daar koeëls gegiet word. Elkeen het geweet dat daar geen tyd sou wees om die kruit en koeëls behoorlik met die laaistok vas te stamp nie, en daarom word die koeëls ‘n weinig kleiner gegiet as wat hul werklik moes wees, sodat hul vanself die loop kon inval, tot op die kruit.

Iedere koeël was toe weer byna deurgesaag in die vorm van ‘n kruis, elke koeël kry daardeur vier punte, wat weer aanmekaar gedruk word. As daar nou geskiet word, dan spat so ‘n gesaagde koeël in vier dele. Die vroue het sakkies gemaak. In elke sakkie was daar van 10 tot 12 lopers. Die sakkies was ook so dat hul die loop kon inval sonder dat ‘n laaistok nodig was om hul af te druk.

In die middel van die laer was vier waens getrek in die vorm van ‘n vierkant. Dit was aan die kante en bo-op bedek met velle, en moes dien as beskerming vir die vroue en kinders.

Die spanning bou op.

Die volgende môre, toe dit begin lig word, is my vader met die mans die laer uit om die swartes tegemoet te ry. Voor die geveg aanvang neem, het my vader met sy tolk vooruitgery na die swartes toe, om te probeer hul te beweeg om om te draai.

Die Matabele’s in oorlogsdrag.

Toe vader en sy tolk na genoeg kom, het die swartes op hul afgestorm en asgaaie op hul afgegooi. Toe vader nou eindelik insien dat dit onmoontlik sou wees om die saak op ‘n vredeliewende wyse te skik, het hy teruggejaag na sy mense.

Die swartes het hulle gevolg. Toe vader by sy mense kom, gee hy bevel om te skiet. Die swartes was al digby. Daar was geen tyd om posisie in te neem nie, elke man het sy geweer afgevuur, op sy perd gespring en dan weer voortgejaag. In die jaag moes hulle laai, dan weer halt, afspring en skiet; dan maar weer op die perd spring, jaag, laai, weer afspring en skiet.

Die swartes het maar altyd digby gebly. Op hierdie manier het die geveg voortgeduur tot hul naby die laer was. Toe gee vader bevel dat hul laer-toe moet jaag, sodat hulle die poort of ingang toe kon maak, die gewere skoonmaak, elke man sy bandelier en kruithoring aan kon kry en posisie inneem vóór die swartes by die laer kom.

Iedere man moes ‘n paar bakke of skottels by hom neem, om sy kruit, koeëls en lopers in te hou. In die geveg was daar geen tyd om ordentlik te laai nie. Elkeen moes maar ‘n handvol kruit neem, dit in die loop van die geweer laat val, en dan die koeël of lopers bo-op, en afvuur.

Die swartes het tot by ‘n spruit naby die laer gekom, daar het hulle gaan rus. Dit was omtrent twaalf uur toe ons mense die laer ingejaag het. Drie mans het die veld ingejaag in plaas van na die laer. Hulle het ons, en hul vroue en families daar in die steek gelaat.

Dit was ‘n benoude uurtjie vir ons, solank as die swartes daar by die spruit rus. My oom, Koos Potgieter, kon dit nie meer uithou nie. Hy sê toe aan my vader: “As die swartes moet kom, laat hul dan kom. Ek sal uitgaan en hul aanlok. As ek moet dood dan moet ek maar; dié wag kan ek nie langer uithou nie.”

Die Slag vind plaas.

My vader wou hom nie uit laat gaan nie, maar stap na sy wa, neem sy sweep-stok, bind daar ‘n rooi lap aan en swaai dit na die swartes toe. Die Matabeles neem die uitdaging aan, en begin aan te kom in twee horings. Toe die twee horings om ons laer was, sluit hulle aaneen, en storm toe met ‘n wilde geskreeu op die laer af.

Vader het beveel dat niemand moes skiet voordat sy eie skoot val nie. Toe die swartes omtrent 30 tree van die laer was, vuur vader; en toe was daar ‘n vreeslike geskiet, gefluit, gehuil en geskreeu. Die asgaaie was soos ‘n dikke swerm sprinkane in en oor die laer. Die swartes ruk en pluk aan die takke.

Ons mense verweer hul dapper, en eindelik moes die swartes terugtrek, met agterlating van enige honderde dooies. Hulle het net ver genoeg teruggetrek om buite die bereik van die ou Sannas te kom.

Vader het toe agt van die flukste en ratste manne uitgesoek, en met hulle stap hy die hek uit na die swartes toe, terwyl die ander mans posisie moes inneem op die waens en kiste. Toe vader met sy agt man na genoeg aan die swartes was, begin hul om te skiet. Die swartes storm op hulle af, vader en sy agt man vlug die laer in, en die ander mans moes dan die swartes terugskiet.

Dit het verskeie male gebeur, toe die mense merk dat sommige van die lyke, wat daar om die laer lê, sweet en ander nie. Met die in en uitgaan van vader en sy agt man, het die swartes ook ‘n ander plan bedink. Dit was: as hulle op die laer afstorm, moes ‘n klomp bly lê asof hulle geskiet was, om dan by die volgende keer, saam die laer te kan instorm. En dit was hulle wat in die warm son gelê en sweet het.

Van daar af was dit die gebruik by enige aanval om eers die wat lê en sweet, dood te skiet. Op dié manier het die geveg voortgeduur tot laat die aand, toe die swartes die vlug neem. Al ons vee het hulle bymekaar gemaak en meegeneem.

Gedenkteken wat opgerig is by Vegkop.

Na die Slag.

My twee ooms, Nicolaas Potgieter en Piet Botha is daar in die geveg gedood, en drie ander is gewond, een was ‘n Bekker, met ‘n asgaai in die kuit, een was Van Staden met ‘n asgaai deur sy mond, en die derde was ‘n vrou met ‘n asgaai in haar hoof. Na die geveg moes ons kinders en die volk help om die swartes weg te sleep. Daar was 36 of 37 man in die laer.

Vader het aan die sendeling Archbell, tyding gestuur van ons toestand. En hy het toe van die Koranna’s se beeste gekry en na ons toe gestuur. Daarmee het ons toe terug na Masoes se berg getrek.

Die strafekspedisie.

Toe ons by Masoes gekom het, het ons daar ‘n lang tyd versuim. My vader het sy broer, Koos, na die Kolonie gestuur om ons toestand aan die familie en vriende daar bekend te maak. Toe dit hulle bekend word, het daar dadelik 250 of 350 man na ons toe gekom. Daar is toe dadelik ‘n kommando van naby die 400 man onder bevel van my vader, gevorm om Silkaats te gaan straf.

Silkaats se hoofstad was toe in wat nou die Marico distrik is, en by die berg wat later bekend geword het as Ensil- of Enslins-berg.

‘n Kunstenaars voorstelling van Silkaats se stat.

Die laer kon nie oral met die kommando saam trek nie, omdat hulle te onbekend was met die wêreld en dit ook maar taamlik bergagtig was. Daar word toe besluit om die laer te trek n hele ent vanwaar Silkaats se krale was, en alleen met die perdekommando voort te gaan.

Nog vóór die kommando van Masoes af vertrek het, het ‘n swart-Kaptein Majebie om beskerming kom vra en as beloning vir die beskerming het hy onderneem om die kommando te lei teen Silkaats. Majebie het vroeër in die Transvaal gewoon, maar moes vir Silkaats vlug, en het hy met sy volgelinge in die Vrystaat kom woon.

‘n Aantal van Majebie se volgelinge het agtergebly waar die laer getrek was, om as bediendes behulpsaam te weesl terwyl ander met die perde-kommando meegegaan het as padwysers en bediendes.

Die perde-kommando het toe soveel kos en ammunisie meegeneem as wat hulle kon, en het vortgetrek na Marico, en daar het hulle drie dae met Silkaats geveg, voor die oorwinning behaal is. Die laer was te ver weg van die gevegsterrein vir die burgers om saans daarheen terug te kom.

In die môre begin die geveg, en dan veg hulle die hele dag deur tot dit begin laat word; dan eem die kommando al die vee wat hulle die dag buitgemaak het en trek daarmee weg, so ver as wat hulle kan kom. Dan moet die vee maar so onbewaak gelaat word, terwyl die kommando verder trek om tussen die swart-statte uit te kom, sodat hulle nie in die nag deur die swartes omsingel word nie.

Die nag kom die swartes en neem die beeste weg. Die volgende dag neem die kommando die vee spore tot hulle weer by die swartes kom, dan begin die geveg weer en duur voort tot dit laat word. Dan word die geskiedenis van die vorige aand weer herhaal. Na die geveg van die derde dag, het die swartes nnie weer die gebuite vee kom haal nie, maar het hulle op die vlug geslaan.

Die burgers en hul perde, was al só afgemat, hul kos was ook al gedaan en hul ammunisie byna ook, dat dit onmoontlik was om die swartes agterna te sit. Daar word toe besluit om a die laer terug te gaan, en vandaar na die staanplek by Masoes.

Daar gekom moes al die buit-vee uitgedeel word. Die vriende en familie wat van die Kolonie af gekom het, het geweier om iets te neem, maar het aan my vader gesê: Deel ons gedeelte uit onder die geruïneerde mense.

Die sendeling Lindley was werksaam onder Silkaats se swartes, maar na die gevegte het hy besluit om met die kommando saam te gaan. Hy was bang dat die swartes hom sal vermoor. Ek meen dat hy later na Natal gegaan het.

Aangesien ons nog al die tyd sonder grond was, word besluit om met ‘n gedeelte van die buit ‘n stuk grond te ruil. ‘n Gedeelte tussen die Modder- en Rietriviere word toe geruil van die swart-Kaptein Sikonjela. Daar het ons toe iets meer as twee jaar gewoon.

Majebie het ‘n stuk grond gekry langs die Skoonspruit, westelike Transvaal, en het met sy volgelinge daar gaan woon.

………………….

Bron: Voortrekkermense III; Gustav S. Preller; 1922

“Lang” Willem Prinsloo se Rykdom

Soos vertel deur mnr. Servaas le Roux in sy boek (titel onderaan hierdie stuk).

______________

Sommige word ryk gebore; sommige verkry rykdom; sommige word rykdom toegewerp. Willem Prinsloo was beslis in die derde kategorie. Na ‘n leeftyd van sukkel, waarin gebrek hom nou nie juis gepla het nie, maar ontbering sy skaduwee was, toe hy byna sewentig was, het hy een môre wakker geword en uitgevind dat die wêreld se rykste goudskat onder sy voete verborge lê.

Goudmyne, opspringende dorpe, al die tierlantyntjies van die “beskaafde” stadslewe was vir “Lang” Willem afstootlik. Hy het ‘n derde van sy plaas verkoop vir wat vir hom ‘n onmeetlike fortuin was, en getrek na ‘n minder bewoonde wêreld. Daar het hy ‘n ander plaas bekom, waar hy tog seker toegelaat sou word om sy dae in vrede te slyt sonder om sy buurman se skoorsteenrook te kan sien.

Nadat die geluk hom egter eenmaal toegelag het, kon hy nie so maklik daaraan ontsnap nie. Die hele Afrika was een stukkie woeste aarde, waardevoller as enige ander stuk ter wêreld, en daar het Lang Willem hom neergelaat op soek na eensaamheid en eenvoud. Ná goud kom diamante. Sy nuwe plaas was die ontstaanplek van die beroemde Premier-diamantmyn, houer van die beroemde Cullinan-diamant, onder die grootste ter wêreld, en die skatkamer waaruit ongemete rykdomme sou voortkom.

Hy is in 1818 in die Kaapkolonie gebore en was as agtienjarige seun onder die eerste emigrante wat hulle anderkant die Vaal gevestig het. Ek het ook verneem dat hy in Hendrik Potgieter se kommando was wat die Matabeles uit Transvaal gedryf het. ‘n Goeie aantal jare was hy olifantjagter, met matige sukses. In 1851 was hy lid van die eerste geselskap Boere wat die Ngami-meer besoek het. Ander in die geselskap was Martinus Swartz, Jan Viljoen en Petrus Jacobs.

Die enigste avontuur in sy jagtersloopbaan wat enigsins buite die alledaagse is, was sy geveg met ‘n gewonde buffel. Hy het die dier gekwes, die buffel het hom gestorm en Lang Willem het hom beetgepak. Ontsaglik sterk soos hy was, kon hy teen ‘n buffel nie veel uitrig nie, en hy is agteruit gedruk teen ‘n boomstam. Gelukkig was dit ‘n dik stam en die punte van ‘n paar gebreekte takke het só uitgesteek dat hy tussen hulle teen die stam kon leun op so ‘n manier dat die buffel hom nie mooi kon bykom nie.

Na ‘n ruk het die buffel teruggetrek toe hy al te veel bloed uit sy wond verloor het, en kort daarna het hy neergesak. Maande daarna het Prinsloo gely aan die inwendige beserings. Drie of vier maande lank kon hy net op krukke beweeg.

Nadat hy ‘n ruk in Transvaal was, het Willem hom op die Hoëveld van die Witwatersrand gevestig op ‘n plaas in die gebeid Oos-Rand. Die naam van die plaas was, as ek reg onthou “Geduld”. In heirdie tyd was sy lewe maar net soos dié van die ander Boere van die omgewing. Hoewel hulle onbesorgd kon lewe, het hulle geen rykdom hoegenaamd gehad nie.

Ek het die Prinsloos 40 jaar gelede goed geken en onthou hoe hulle my vertel het dat op die jaarlikse trek van die Hoëveld na die Laeveld die meisies die skape aangejaag het; die jong mans, natuurlik ook op perde, het die beeste versorg. Dit was hul omstandighede toe die eienaardige wisseling in hul lewe gekom het.

In 1885 en 1886 het skielik geblyk dat die Rand een van die grootste goudvelde ter wêreld is. ‘n Paar jaar later sou dit die grootste van almal wees. 

Prospekteerders het op Lang Willem se plaas gekom, en met sy opvattings van patriargale en landelike eenvoud het hy geweet dat die vrede en rus verby is. Hy het ‘n aanbod van £40,000 vir ‘n derde van sy plaas gekry en dit aangeneem. Dadelik het hy ‘n nuwe wêreld gaan soek en hom neergelaat op die plaas Kaalfontein, sowat 25 myl ten ooste van Pretoria. Dit was in 1888. Die ander twee-derdes van Geduld is mettertyd verkoop vir £90,000.

Ten spyte van sy plotselinge rykdom het Willem Prinsloo ‘n eenvoudige Boer gebly in sy uitkyk op die lewe, besonder taai en streng van aard. Uit niks het hierdie geaardheid beter gelyk as uit sy handelswyse met die geld wat so mildelik in sy hande gestop is nie.

Sy rykdom is aan die Standard Bank in Johannesburg in bewaring gegee. In 1889 het ‘n depressie ingetree. Die Bank van die Kaap die Goeie Hoop en die Westelike Provinsie-bank het ineen gestort. Willem Prinsloo wou niks meer waag nie. Met sy wa het hy die 70 myl of wat na Johannesurg getrek en stilgehou voor die Standard Bank in Commissionerstraat.

Daarbinne het hy sy geld gevra, in goud. Die kassier het gaan praat met die assistent-bestuurder, die assistent-bestuurder met die hoofbestuurder. Die baas het kom praat met hierdie onbuigsame Boer. Vergeefs. Willem Prinsloo wou sy geld hê en teenstand het hom net meer oortuig dat hy maar liewer sy geld moet vat.

Dit is vir hom gebring in seilsakkies, elk met £1,000. Moeisaam het hy dit begin tel, maar die proses was vir hom te lank. Hy het genoeg vertroue in sy medemens gehad om die bankbestuurder se woord te neem dat elk van die sakkies duisend goue ponde bevat; hy het hulle maar op sy wa gelaai en huis-toe gery.

Op sy plaas het hy die goud in ‘n groot kis in die voorhuis gehou. Mense het hom gewaarsku dat daar baie slegte mense na Transvaal gekom het wat hom sou vermoor en beroof. Hy het hom vasberade voorberei op elke gebeurtelikheid. Moderne gewere, almal gelaai, het klaar gestaan, maar sy grootste vertroue was nog altyd op sy ou olifantgeweer gevestig. As hy daarmee gewapen is, kon hulle maar kom.

Wyle mnr. Karel Rood, wat die plaas besoek het met die doel om die res van Geduld vir ‘n maatskappy te koop, het my van een insident vertel.

Willem Prinsloo, die seun van Lang Willem, het in ‘n naburige huis gewoon. Hy sou na Pretoria gaan en het met sy pa kom praat oor sake wat hy daar vir hom moet verrig. Nadat die instruksies gegee is, vra Lang Willem: “Het jy genoeg geld?”

“Ja, Pa.”

“Jy sal miskien meer nodig hê.”

“Nee, ek dink ek het genoeg, Pa.”

“Ek sê jy sal miskien meer nodig hê.”

Sonder praatjies het Lang Willem na die groot kis gestap, een van die sakkies oopgemaak, albei vuiste ingesteek en ‘n dubbele handvol goud uitgehaal. Sonder om te tel het hy dit in sy seun se bladsak gegooi.

Nadat die ander dele van Geduld verkoop was, het die opberging van goud op die plaas baie moeilik geword wanneer in die winter na die Laeveld getrek moes word. Na lange oorpeinsing het Lang Willem besluit om weer van die bank gebruik te maak. Hy wou die geld egter nie deponeer nie. Hy het die soliede brandkamers van die bank deurgekyk en besluit om die goud aan hulle toe te vertrou.

Drie en ‘n half jaar het hy opbergkoste vir sy goud betaal. Uiteindelik het hy ingesien dat die Standard Bank ‘n betroubare onderneming is en sy geld op vaste deposito geplaas.

Almal het hom Lang Prinsloo genoem, maar my pogings om sy lengte presies vas te stel het weer getoon hoe moeilik dit is om akkuraatheid te verkry van mense wat ‘n eenvoudige landelike lewe lei soos die ou Transvaalse Boere. Ek het Joachim Prinsloo gevra hoe lank sy vader was.

“O, so tussen ses en sewe voet.”

“Dis nie naby genoeg nie, Joachim. Kan jy nie ‘n beter skatting gee nie?”

Na ‘n rukkie se dink meen Joachim dat sy vader langer as ses en ‘n half voet was. Toe dink ek aan ‘n plan.

“Was hy so groot soos Lang Jan Erasmus?”

Lang Jan was baie jare die langste man in Transvaal, naamlik ses voet tien duim. Ons het hom altwee goed geken; hy was Lang Willem se kleinkind.

“Nee, hy was nie so groot soos Lang Jan nie.”

“Was hy dan so lank soos Doris Erasmus?” (‘n Broer van Jan.)

“Noudat jy van Doris praat, ja. Hy was presies so groot soos Doris, niks langer en niks korter nie.”

Dit het Lang Willem se lengte aangedui as ses voet agt duim.

Hy het ‘n taamlike klompie kinders gehad, maar party is jonk dood. Toe ek hulle 40 jaar gelede geken het, was die volgende kinders, in volgorde van ouderdom, nog in die lewe: mev. Erasmus, Willem, mev. Meyer, mev. van Dyk, Joachim, mej. Bettie Prinsloo en mev. van Niekerk (Marta).

Lang Willem is in 1898 oorlede. Voor sy dood is die plaas Kaalfontein onder sy kinders verdeel. Dit is op een van hierdie stukke dat die Premier-diamandmyn in 1902 ontdek is; 800 morg is vir £52,400 verkoop. Op ‘n ander deel van Kaalfontein is die diamantregte vir £100,000 verkoop. Na veel gesoek is geen myn op hierdie stuk gevind nie en is die Kaalfontein Diamond Company gelikwideer.

………………………….

Bron: Baanbrekers en Jagters van Suid-Afrika 1760-1890; deur Servaas le Roux; 1940.

Op ‘n Persoonlike Noot

Die wêreldberoemde sangeres Mimi Coertse was ‘n skoolvriendin van dr. Verwoerd se een dogter. Hier vertel sy bietjie van hoe sy dié groot man geken het.

____________

Min mense weet waarskynlik dat ek dr. Verwoerd goed geken het. Ek het dikwels na hom toe gehardloop as ek probleme gehad het en hy het my ook van sy kant ondersteun, selfs as ek nie daarvoor gevra het nie.

Gewoonlik, wanneer ek in die sestiger jare van Europa af gekom het, het ‘n staatsvoertuig my die volgende dag kom haal en na Libertas geneem om te gaan kuier. Een van daardie kere het ek so ‘n pragtige, driedubbele string pêrels aangehad en dit was vir Dok verskriklik mooi. Toe ek vir hom sê dat ek dit in Wenen gekoop het, en dat dit soveel of soveel gekos het, sê hy: “Nouja, dan moet jy maar volgende keer vir Betsie een saambring.” Ek het toe vir Betsie een saamgebring en hy het so ewe die geld gegee…

My kennismaking met die Verwoerds gaan al heelwat verder terug; om die waarheid te sê, na 1946 toe ek nog op skool was. Hulle dogter Anna was ‘n klasmaat van my op Helpmekaar Hoër Meisieskool in Johannesburg en dit het ‘n oor en weer kuiery afgegee.

Ek sal nooit die dag vergeet toe ek die eerste keer by hulle gaan eet het nie. Ons sit die middag om die tafel, toe tik haar pa op sy bord, almal laat hulle koppe sak, hy tik weer en toe begin hulle eet. “Nou maar wanneer bid ons?” vra ek. Hy sê toe, nee, elkeen bid vir homself. Toe sê ek: “In ons huis bid my pa altyd kliphard vir ons almal.”

Jare later kuier ek in Libertas en my ma en pa is ook genooi vir ete. Toe bid Dok hardop, waarop tannie Betsie sê: “Dit doen hy net as Mimi Coertse aan tafel is.” En dit was ook so.

By daardie eerste ontmoeting het ek gehoor hoe hy ‘n storie kan vertel dat jou hare rys. Dié storie was nogal die waarheid, hoor. Hy het vertel hoe hy in die nag van ‘n vergadering af tuisgekom het en by die hek voorgelê is deur ‘n paar gewapende jongmanne wat hom wou ontvoer. Hy het toe deur die hek gebars en ternouernood ontkom. Later is vasgestel dat dit Stormjaers van die Ossewa-Brandwag was wat nie gehou het van sy koerant-artikels teen hulle nie.

Wat hy ook vertel het, was dat hy ‘n paar dae later ‘n hoë besoeker uit Engeland, ‘n sir Somebody wat ‘n koerantredakteur was, dink ek, saam met hom in die kar huistoe gebring het vir middagete. Die hek was weer toe. Nou stop hy, hy weet nie of hy moet uitklim om oop te maak nie want die hek is nooit toe nie. Dit kan ‘n lokval wees. Hy sê hy begin sweet. Hy kan ook nie die man langs hom op hol jaag nie.

Die volgende oomblik spring twee knape agter ‘n bos uit met speelgoedgeweertjies. Dit was toe Hendrik en Christiaan wat die storie gehoor het en gedink het dit sal groot pret wees om ‘n heropvoering te hou! Dok sê hy was die eerste keer nie bang nie, maar die tweede keer het die koue sweet op hom uitgeslaan al was dit helder oordag.

My uitgesprokendheid, soos dié middag by die ete, het my al dikwels in die sop laat beland, maar nie by Dok nie. In 1966 is N.P. van Wyk Louw se stuk Die pluimsaad waai ver in Pretoria opgevoer en ek weet Dok het nie daarvan gehou nie. Ek het seker met ander oë daarna gekyk want ek het vir hom gesê ek dink dit was ‘n goeie opvoering. Hy het nie met my geargumenteer nie, net gesê: “Los dit dan nou maar.”

Daar was ‘n ander keer wat ek in die koerant uitgekryt is omdat ek te velde getrek het teen die hoesery en proesery van gehore by musiekuitvoerings. Ek is dan nou so geliefd en ek word so goed behandel en ek kry sulke goeie kritiek, dit is mos pure ondankbaarheid van my om die publiek te kritiseer. Maar die mense het regtig geen respek gehad nie.

Ek kry toe onverwags ‘n oproep van die Eerste Minister. Hy sê: “Hulle gaan met jou probeer praat oor die koerantberigte. Nou sê ek vir jou, jy sê nie ‘n woord nie. Hulle soek net nog ammunisie. Jy antwoord net nie. Dit is die beste taktiek.” Ek het daardie advies ter harte geneem en my lewe lank onthou.

Dit het een of twee keer gebeur dat ek hom sommer uit Wenen gebel het om raad te vra. Soms is ek genooi na plekke waarheen ek nie geweet het of ek moet gaan en hoe dit gereël kan word nie; Rusland byvoorbeeld.

‘n Ander geval waar Dok blitsvinnig tot my redding gekom het was in 1965 hier in Suid-Afrika. Ek was toe met die Italianer getroud. My pa se neef wat in die politiek was, het ons gaan wys hoe lyk dit in Soweto. Hy wou ons wys watter vordering gemaak word met die uitvoering van die beleid. Ek het ‘n kamera gehad, foto’s geneem en die foto’s by ‘n apteek ingehandig om ontwikkel te word.

Ons was skaars terug op my ouers se kleinhoewe tussen Pretoria en Hartbeespoortdam, toe daag die polisie daar op. Hulle kom toe vrae vra en beslag lê op die foto’s. Die apteker moes hulle seker in kennis gestel het. Ek het niks verkeerd gedoen nie; wat sal ek nou met die foto’s aanvang?

Ek bel toe sommer die Eerste Minister en sê “die geheime polisie” is hier en hulle sukkel met my. Dit was nie vyftien minute later nie, toe kom daar ‘n oproep vir een van die polisiemanne, daar word so ‘n bietjie gepraat, en weg is hulle sonder die foto’s. Dok was nie aan die slaap nie, hoor. Hy het geweet wat dit is om op te tree.

Dit laat my aan ‘n ander episode dink, maar miskien het die KWV (Kaapse Wyn Vereniging) ook ‘n rol daarin gespeel, ek weet nie.

Daar was ‘n swendelary in Wenen aan die gang met Suid-Afrikaanse rooiwyn. Van my kollegas het ‘n bottel gekoop en dit het sleg gesmaak. Iemand het ondersoek ingestel en gevind die wyn word nagemaak deur ‘n poeier met water te meng; bid jou dit aan!

Kort daarna was ek in Pretoria en ek vertel toe die storie aan tafel by die Verwoerds. Dok het nie ‘n oog geknip nie; hy sê niks. Terug in Wenen vind ek alles in rep en roer. Daar het ‘n opdrag uit Suid-Afrika gekom om al die Suid-Afrikaanse rooiwyn van die winkelrakke af te haal en die ambassadeur is woedend. Hulle gaan al die visums na en probeer vasstel wie die nuus versprei. Ek was nog nooit stom nie, maar ek kon my eie afleiding maak.

Van my ouers se kleinhoewe gepraat, dit het meer as een keer gebeur dat ek ná ‘n kuier by Libertas alleen in die aand met my Mini-motortjie moes terugry. Dan het tannie Betsie gewoonlik saam met my gery met die bestuurder en die ampsmotor agterna om haar weer terug te bring.

Daar was ook die keer toe my motor oorgekook het. Dok-hulle het my by die voordeur kom afsien, toe merk hy die plas water. Bedink nou die volgende toneel: Ek lig die enjinkap op en Dok is op sy knieë om onder die kar in te kyk.  Tannie Betsie kom nader om te keer: “Maar Pappa, jy kan tog nie uitmaak wat verkeerd is nie.” En die veiligheidswag dink hy is die groot ekspert: “Nee, Doktor asseblief, laat ek sien.”

Intussen het Dok al klaar opgelet dit is die verkoeler se dop wat nie teruggeplaas is nie. “Betsie,” sê hy, “nou ry jy saam met Mimi terug na die garage waar sy vanoggend volgemaak het en kyk dat sy die regte dop terugkry.” Betsie is toe saam, ja, daar is die dop, sy klim in die ander kar wat agterna gekom het en terug is sy na Libertas.

Dok was vrygewig met my. Ek het soms konserte in Pretoria gehad om geld in te samel vir die Mimi Coertse-beurs. Ek sing verniet, die mense koop kaartjies en die opbrengs gaan om jong sangers oorsee te stuur vir studie. Dok het dan vir my ‘n blanko tjek gestuur met sy handtekening, en ‘n nota dat ek moet invul hoeveel ek dink hy behoort te gee vir die konsert.

Dit het nie heeltemal so maklik gegaan om staatsgeld uit hom te kry nie toe TRUK op ‘n stadium in die nood was met hulle operaseisoen. Dit was omstreeks 1962/1963 wat Bags Cilliers my (namens wie weet ek nie meer nie) afgevaardig het om met dr. Verwoerd te gaan praat oor addisionele fondse en ek was bra teensinnig.

Sê maar die bedrag wat hulle wou hê was R400 000, of so iets. Ek kom by die Eerste Ministerswoning en sê vir Dok ek wil eintlik vanaand bietjie besigheid kom praat. Hy neem my saam studeerkamer toe en haal eers die kussings af want nie een van ons sit graag teen kussings op ‘n bank nie.

Ek stel my versoek en dink by myself: kom nou, Dok, jy kan as jy wil. Hy begin praat, daar is damme wat gebou moet word, daar is armoede en die behoefte is groot. My moed sak. Ek voel vanaand kry ek niks. Uiteindelik sê hy: “Maar ek sal jou darem R200 000 kan gee.” TRUK het gejubel. Die saak was gered.

Dr. Verwoerd het goeie musiek waardeer en het opreg belang gestel in my loopbaan. Hy het my vertel van die operas wat hy as platsakstudent in Duitsland gesien het, onder andere die Berlynse première (nie die wêreldpremière nie) van Der Rosenkavalier van Richard Strauss.

Ek weet nie hoeveel van my konserte hy bygewoon het nie, maar een kan ek baie goed onthou. Dit was in 1960 met die Uniefees in Bloemfontein toe ek spesiaal gekom het om in Rigoletto te sing. Daarna het ek ook nog twee of drie uitvoerings in die Aula in Pretoria gegee. Hy was nog besig om te herstel ná die eerste aanslag op sy lewe by die Randse Paasskou vroeër daardie jaar.

Ek het by Bags Cilliers van die universiteit tuisgegaan. Hier bel Dok uit die bloute en vra vier kaartjies vir Vrydag, twee vir hom en tannie Betsie en twee vir die wagte wat hom moet vergesel. Bags sê dit kan nie, alles is uitverkoop, hy sal hoogstens twee plekke kan organiseer, maar vier is onmoontlik. Ek bel terug. “Kyk,” sê Dok oor die telefoon, “as hy nie vir my plek kan kry nie dan loop ek op die verhoog orals langs jou saam waar jy sing.”

Ek kom by die huis en vertel dit vir my ma. Ag siestog, voor sy haarself kan keer sê sy: “Haai my kind, hy kan dit mos nie doen nie, sê nou maar hulle skiet hom weer en dan skiet hulle jóú raak!”

Die aand ná die uitvoering was daar ‘n onthaal by prof. Rautenach en Dok was ook daar. Ek vertel toe maar as ‘n grap wat my ma op die ingewing van die oomblik krytgeraak het. Sy oë het vol trane geskiet en hy het gesê: “Dis net ‘n moeder wat so kan voel.” Ander mense het toe ná die tyd gefluister dat hulle darem nie geweet het hy kan so bewoë raak nie.

Die eerste keer wat ek hom gesien het ná die skietery was by Libertas. Toe hy by die deur inkom, het ek opgestaan en na hom toe geloop. Hy het mos so ‘n skewe manier gehad om ‘n mens te omarm. Hy sit toe sy arm om my, half aan die een kant, en nadat osn gegroet het, hou hy my vas en sê: “Dit het hier ingegaan en hier uitgekom.” Hy het gesukkel om die woorde te sê, en hy wys my toe verder: “Ek kan nog nie my twee vingers insteek nie. My mond is nog nie heeltemal reg nie, maar verder makeer ek niks.”

Ons het toe nog so ‘n bietjie gepraat oor die skietery. Sy woorde onthou ek nog soos gister: “Die Here het nog planne met my, dis dié dat ek nie dood is nie, ek het nog ‘n paar dinge om te doen.”

Ek was regtig baie na aan dr. Verwoerd. Hy was ‘n nederige man. Wanneer my ouers, Ben en Maria, by die klein tafeltjjie in die restaurant van die parlementshuis gesit het, het hy van die groot tafel waar sy kollegas bymekaar was, opgestaan en by hulle kom sit.

……………………….

Bron: Verwoerd, só onthou ons hom; saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd; 2001.

President MT Steyn

Hoe M.T. Steyn tot President verkies is

Begin 1883 is die bejaarde president Brand vir die vyfde en laaste keer tot Staatspresident van die Vrystaat verkies, en dit was moontlik in verband met die beëdigingsfeesvierings dat die jong Tibbie Fraser daardie jaar Bloemfontein besoek het, waar sy haar toekomstige man ontmoet het, want volgens ‘n fragment van ‘n manuskrip op Onze Rust was sy self by die plegtigheid in die Tweetoringkerk teenwoordig.

“Ek herinner my goed met sy laaste inswering het hy so gevoelvol gepraat van die donkere dae wat hy met sy volk deurgemaak het, tydens die Basuto oorlog, (toe) het ek gedink of daar ooit weer ‘n President van die Vrystaat sal wees wat sulke moeilike dae moet deurmaak. Min het ek gedroom wat vir my man en ons dierbaar Land en Volk voorlê, en dat hy feitlik sy krag en lewe voor ‘n saak sou opoffer.”

In 1888 is Brand egter in die tuig oorlede, en hierna kon die toenemende Afrikanernasionalisme in die Vrystaat nie langer aan bande gelê word nie: met die steun van Carl Borckenhagen en sy koerant is hoofregter F.W. Reitz, prominente lid van die Afrikaner Bond, as sy opvolger verkies, en onder hom is nouer betrekkinge met die Transvaal aangeknoop. Reitz het egter net sewe jaar die amp beklee voordat sy gesondheid hom dwing om te bedank, en toe dit gebeur, was regter Steyn vir vele die aangewese kandidaat vir die presidentskap, soos mevrou Steyn jare later opgeteken het.

.

“In 1895 het ons geliefde president Reitz onverwags baie ongesteld geword, sodat hy verplig was om as President te bedank, want daar was geen kans op ‘n spoedige herstel. My man was toe Regter gewees, en dadelik het daar van alle kante van die Vrystaat (rekwisisies) gekom dat hy die kandidaat moet word.

Die Volksraad nomineer kandidate – hulle kan baie meer as een nomineer, dit is as die kandidaat 29 stemme in die Raad kry. As die Raad slegs een nomineer, dan kan uit die Volk nog ander kandidate gestel word as hy ‘n rekwisisie kry van 25 stemgeregtigde burgers. Met President Reitz se verkiesing was hy deur die Raad genomineer, maar die Volk het nog twee ander kandidate gestel. Hy het egter ‘n groot meerderheid behaal.

Nog voor die Volksraad in 1895 ‘n kandidaat genomineer het, het manne van verskeie distrikte na my man gekom en gesê, Kyk, al nomineer die Raad jou nie, verstaan goed, ons Volk wil jou as landsman kies. President se antwoord was, Ek is nog jong (hy het die 2de Okt. sy 38ste verjaarsdag gevier), en ek wil my nie by ons Volk opdring nie. Nomineer die Raad my, dan is die vingerwysing daar vir my wat ek nie van die hand kan wys nie.

.

Voor die Raad vergader het, het President al goed getekende rekwisisies ontvang. Die Raad het die 1ste Desember 1895 vergader, en President was met ‘n besliste meerderheid as die enigste kandidaat genomineer. Die verkiesing was vasgestel vir die 19de Februarie en die inswering vir die 4de Maart 1896.

In daardie tyd was dit nie die gewoonte dat die kandidate verkiesingsvergaderings hou, en gelukkig ook, want begin Januarie het my man ‘n aanval maagkoors gekry en was hy net siek. Dit was ‘n moeilike en angstige tyd. Ons geneesheer was baie bekommerd en het sy bes gedoen om hom so gou moontlik hersteld te kry. Daar was gelukkig geen komplikasies, maar die 15 Februarie, al was hy op, moes hy baie stil gehou word, en ek het nog die grap gemaak en gesê, wel, as die Volk die twee kandidate vandag sou sien, is daar geen twyfel wie genomineer sal word; hy het daar nog so swak uitgesien.”

Waarskynlik was dit deur toedoen van sy moeder se politiek bewuste familie dat Steyn aktief tot die politiek toegetree het, want daar was in hierdie stadium nie minder as nege Wesselse in die Vrystaatse Volksraad nie, en dit was sy eie neef, Cornelis Wessels, ‘n latere Voorsitter van hierdie liggaam, by wie die gedagte aan sy (Pres. Steyn) se kandidaatskap vir die eerste keer opgekom het. C.R. de Wet, die lid vir Bo-Modderrivier, het die nominasie in die Raad gesekondeer.

.

Steyn se teenstander in die verkiesing was sy vrou se oom, J. G. Fraser, destydse voorsitter van die Volksraad, wat opgetree het namens dié deel van die Vrystaatse bevolking wat onwillig was om die toekoms van hulle land in gevaar te stel deur nouer betrokke te raak by die Transvaal met sy… talle inwendige probleme. Die Jameson-inval kort voor die verkiesing het egter die deurslag gegee, en vir die Afrikaanssprekendes van die Vrystaat was daar geen twyfel omtrent Steyn se geskiktheid vir die presidentsamp nie.

Ook buite die kring van sy eie mense het Steyn egter vir vele soos ’n uiters geskikte kandidaat gelyk, en selfs die twee Londense weekblaaie wat die belange van die mynmaatskappye verteenwoordig, het hulle ten gunste van hom uitgelaat:

The African Review het hom as “a man of decided views and high character” geloof, terwyl South Africa verklaar het dat “(as) a man of culture and sterling character, possessed of a balanced judgement and a dignified personal appearance – a thing that counts for a good deal – Mr. Steyn would, there can be little doubt, not only represent the Free State with advantage, but well qualified to maintain its position as a harmonious and harmonizing factor in the South African family.”

Toe die verkiesing plaasvind, het Steyn dan ook 6 877 stemme gekry teenoor 1367 vir Fraser en 30 vir die derde kandidaat, ds. Van der Lingen.

.

Om met mevrou Steyn se herinnerings voort te gaan:

“President was die eerste gebore Vrystater wat genomineer was, en ek was ook ‘n gebore Vrystater, en dit het veel bygedra om sy verkiesing as landsman so wenslik te maak. Hy was een wat vrolik in die omgang was en het ‘n groot vriendekring gehad. Ons huis was altyd oop vir ons vriende. Ná ons huwelik in 1887 het my man aan my gesê, Ek wil nou graag dat jy weet: op rondgaande hof geniet ek baie vriendskap, en as vriende onverwags na Bloemfontein kom, wil ek hulle altyd nooi vir ‘n maaltyd tuis, dus (onleesbaar) jy moet altyd gereed wees om hulle te ontvang. Al (onleesbaar), ‘n hartlike ontvangs beteken alles.

In daardie dae was daar nie telefoons en daar was nie kans om vooruit te laat weet nie. Ek het in ‘n pastorie groot geword en was gewoond om tydig en ontydig vriende te ontvang, dus het ek dan ook geredelik aan sy versoek voldoen.

.

Teen begin Maart was my man al veel beter en het ek angstig gevoel en gewonder of sy kragte genoeg sou wees vir die groot inspanning van die verkiesing en die groot resepsie in die Presidentshuis wat gevolg het na die verkiesing, wat deur die President gegee word.

Die dag tevore was die stad al baie woelig, en daar was ‘n stroom van vriende om President te sien. Vroeg die môre van die 4de, wat ‘n pragtige dag was, het die burgers te perd al gekom by ons huis en ‘n saluut gevuur.

President het ‘n landau en ‘n baie goeie naturelle koetsier gehad, maar ‘n groot vriend van President, ‘n burger van ‘n ander distrik, het gesê, President, ek wil self die landau dryf, die koetsier gebruik jy nie vanmôre nie. Daar was ook ‘n lyfwag van vier van die President se vriende wat die rytuig vergesel het.

.

Om tienuur het twee van die Volksraadslede die President kom haal en hom na die Volksraad geneem, en presies om elfuur, in die teenwoordigheid van ‘n ontsaglike skare, kom die optog aan met die nuwe President. By die kerk stap die Baljuw voorop met die Vrystaatse vlag, die President en die Voorsitter volg.

 My swaer, Mnr. Jan Steyn, het my vroeër na die Kerk begelei, die gedrang was groot en met moeite het ek die Kerk kon instap. Ek het ook baie bekommerd oor President gevoel.

Die President neem sy plaas in op die platform. Ds. Kriel is op die kansel en Psalm 121: 1 en 4 word gesing. Die Voorsitter van die Volksraad maak sy toespraak, dit was die heer John George Fraser, en wens die Volk geluk met die voorreg om nou vir die eerste maal in sy geskiedenis ‘n gebore Vrystater aan bewind te hê, ens.

Die Sekretaris van die Raad lees die eed voor, wat op perkament gedruk is en mooi geïllustreerd is, en handig President die goue pen in die vorm van ‘n veer waarop sy naam en die datum is, om sy naam te teken. Die pen word dan ook aan die President as geskenk gegee, en is nog in my besit.

.

Nou staan President op om sy eerste toespraak te maak. Groot stilte heers. Die siekte het die gelaat bleek, tog nog vol laat bly. Sy stem was kalm en (….) Vir die eerste en enigste maal het die Volk die gewyde plaas vergeet en met applous die President in die rede geval. Die toespraak het groot opgang gemaak, en net na alles oor is, kom ‘n liewe ou Volksraad vriend na my, diep bewoë, en sê, Mevrou, God het hom gehelp om so ‘n toespraak te lewer.

Baie hartelik en vrolik het die resepsie afgeloop. Gelukwensinge het ingestroom. Later het Mnr. Borckenhagen, editeur van die Express, op satyn die hele verslag van die inswering laat druk en dit aan my as geskenk oorhandig. Dit het ek nog.

Winburg se adres was aan President oorhandig ingebind met die portret van die huis en plaas waar President gebore was. Die syvlag is ook in my besit, en wil ek terloops sê dat ek die Vrou en Moeder Voortrekker-ossewa met daardie vlag gedoop het.

.

Om drie-uur was ons na die sportterrein geneem om die sports by te woon, en ek moes die pryse uitdeel. Om agtuur was daar ‘n resepsie wat ons moes bywoon in die Bloemfontein Club. Maitlandstraat was pragtig verlig, in daardie dae so ‘n moeilike taak, want gebruik moes gemaak word van die onderste dele van glas bottels en glase met vet en pitte, en gekleurde papier daarom. Dit was verbasend hoe mooi alles gelyk het.

By die Club was daar ‘n groot portret van die President met lig agter, en (bo-)oor die Vrystaatse wapen. Vuurwerke was op die markplein vertoon en hy was omringd van ‘n skaar van vriende. Die (onleesbaar) Volk was in ‘n opgewonde stemming, en om half twaalf kon ons eintlik (= eindelik) na huis keer, met ‘n hart so vol van dankbaarheid, want ‘n meer suksesvolle inswering kon ons nooit verlang het, en ons het diep gevoel wat ons alles aan ‘n Hoër Hand te danke het.”

………………………………………………

Bron: In Liefde en Trou, die lewe van pres. M.T. Steyn en mevrou Tibbie Steyn, met ‘n keuse uit hulle korrespondensie; deur Karel Schoeman; 1983.

Foto is geleen.

1 Januarie 2024. Geseënde Nuwe Jaar.

ANB Voorsitter roep die volk tot vertroue op God alleen

Nog ‘n jaar begin waar ons volk steeds in verdrukking is. Nog ‘n jaar waar nog volksgenote op die straat beland, hul werk verloor, jong Afrikaner seuns en dogters wat se drome aan skerwe lê, hul is te wit om vir toelating tot verdere studies… ‘n Nuwe jaar waar Volksgenote in hul huise vermoor en vermink sal word…
Tog wens ons almal mekaar geseënde nuwejaar toe. Hoekom?
Die antwoord lê daarin. Ons glo in die Almagtige God, Vader, Seun Jesus Christus en Heilige Gees God drie Enig…
Geseënde nuwe jaar, mag die Here jou seën… Daar lê ons hoop ons krag en vertroue… Laat U wil geskied.
Ons weet wat wag op ons as volk as Christene, die wêreld se verleidelike uitlokking vir deelname, aan sy genietinge…
‘n Verkiesing wat voorlê, waar almal wat deelneem, elkeen die hand van die ongelowige geneem het, om hul krag en hoop op getalle plaas.
Hoop in die verdrae van die ongelowige se wil, en nie in God alleen nie.
As ek sit en wonder: “Waar sal my hulp vandaan kom?” Dan roep ek uit: My volk, jou hulp kom van die Here wat hemel en aarde geskape het!
Roep ek na my volk, u wat dors het, vertrou op God alleen!
Kom my volksgenoot, verwerp hierdie mense, wat u wil lei in die raadsale van die wêreld! Verwerp die wat u vra om die hand van die ongelowige te neem en jou krag daarin te vind! Verwerp die wat u uitverkoop het vir n paar silwer muntstukke en u nou weer roep na die stembus. Hulle u roep na die raadsale om saam die hoof te buig voor al die afgode van die wêreld!
Ek roep tot my volk: Verwerp die ongeregtigheid! Verwerp hierdie bestel wat uit en uit so saamgestel is op ‘n grondwet om u ‘n slaaf en onderdaan te hou wat tot selfvernietiging sal lei!
Ek roep ek na my volk: Herstel u selfrespek. Ek roep na my volk: Kom, versamel buite die bestel en versamel op die beginsels van christelike afrikaner nasionalisme… Buite die bestel is die eerste tree na vryheid… Met die uittrek, wegtrek van die bestel, met al die vertroue in God alleen en in Sy genade, sal ons berusting vind!
So het ons voorouers uit die bestel weggetrek, in vertroue in God alleen. Hy sal voorsien. Ja, hulle het getrek het tot in die laer van Bloedrivier en nie tot in die raadsale van Dingaan en die Brit nie..
Die jaar gaan groot eise stel aan die ware Christen Afrikaner Nasionalis, laat ons nie verskrik raak nie.
Ons hoop is in God alleen. Hy regeer en daarin lê ons troos.
Aan my volk:
Geseënde nuwe jaar,
ANB voorsitter.