Category Archives: Geen categorie

AFRIKANER EN BOER

AFRIKANER EN BOER — EEN AFRIKANERVOLK – Willie van der Grijp

Die vyande van Afrikanernasionalisme is baie suksesvol met hul verdelings strategieë. Die kunsmatige debat wat geskep word oor die begrippe “Boer” en “Afrikaner” is ‘n baie goeie voorbeeld hiervan. Terwyl die Afrikanernasionalis ook trots Boer is, word enige saambinding of herlewing van Afrikanernasionalisme met twyfel besaai, tot die punt waar almal mekaar wantrou. MNR. WILLIE VAN DER GRIJP, voorsitter van die ANB, gee in hierdie artikel perspektief op dié onnodige debat.

Huidig word die kwessie van Boer of Afrikaner, Boervolk of Afrikanervolk op die spits gedryf. Daar word sover gegaan om te probeer bewys dat daar genetiese verskille tussen Boer en Afrikaner is. Argumente met sogenaamde geskiedkundige bewyse en getuienis word geopper, wat selfs tot gevolg het dat afbrekende beledigings teenoor mekaar geslinger word. Boekdele kan geskryf word waarom dit so is dat Afrikanernasionalis ook trots Boer is. Met hierdie artikel word gepoog om diegene wat daaroor twyfel tot die besef te bring dat daar maar net een, en nié twee blanke volke is, wat hier aan die Suidpunt van Afrika deur ons Skepper in aansien geroep is. Die Afrikaner as afsonderlike blanke volk, tesame met dié wat later bygekom het, se oorsprong moet altyd in herinnering geroep word. Vier jaar na die tagtigjarige geloofsoorlog van 1568 tot 1648 het Jan van Riebeeck se drie skepe op 6 April 1652 in Tafelbaai voor anker gelê. Op 6 Junie 1652 is die eerste blanke kind op Suid- Afrikaanse bodem gebore. Die sieketrooster Willem Wylant het sy kind aangemeld as ‘n Afrikaander! Die Kommandeur se seun wat in Oktober 1653 gebore is, was later die enigste Afrikaander wat Goewerneur-generaal van Oos- Indië geword het.

Dit is dus nie so dat die benaming Afrikaner die politieke naam is wat aan die breë Afrikaanssprekendes toegedig is nie, die benaming is reeds binne die eerste twee jaar na Van Riebeeck hier aangeland het al gebruik.

Tydens Simon van der Stel se bestuur (1679-1691) was die blanke bevolking van Suid Afrika 600 siele sterk, waarvan die meeste vrye boere en vrygeselle was. Die vroulike geslag is deur die Here XVII met meisies uit Hollandse weeshuise aangevul.

Tot na die herroeping van die Edik van Nantes in 1685 was die volksplanters en vrye boere hoofsaaklik van Nederlandse afkoms. In 1787 het 180 Franse Hugenote na Suid- Afrika gekom, maar het die Here XVII Nederlandse gesinne saam uitgestuur om te verhoed dat die Franse ‘n meerderheid word. Hulle het voorsorg getref dat die Franse nie meer as een sesde van die blanke bevolking sal uitmaak nie. Aanvanklik het die Hollandse volksplanters en Franse Hugenote hulle van mekaar geskei, maar weens die klein getal Franse gesinne het ondertrouery plaasgevind. Aan die begin van die 18e eeu is alle blanke kinders, selfs dié gebore uit huwelike tussen Franse en Hollanders beskou as Afrikaander gebore Hollanders. Wat nie uit die oog verloor moet word nie, is dat baie Hollandse stamvaders van die Afrikanervolk ook in dié tyd afkomstig was uit gebiede aan die Ryn, wat later onder die Duitse Ryk geval het, met ander woorde van die Neder-Teutoonse bloedlyn. Immigrasie van jong Duitsers is aangemoedig en op grond van die bekende geslagsregister van ou Kaapse families, moes ‘n paar honderd die land binnegekom het wat hul meesal as boere gevestig het. Weens voorafgaande geslagsregister, is die bloedlyn van die blanke bevolking in Suid Afrika ‘n eeu na volksplanting, afkomstig vanaf Duitsers, Hollanders en Franse.

Aan die begin van die 18e eeu was die blanke bevolking van Suid-Afrika ongeveer 2000 siele sterk. Die Britse immigrasie van 1820 het later ‘n mindere invloed op die Afrikaner se samestelling gehad. Daar moet in gedagte gehou word dat selfs die voorsate van die Britte, die Saksers, destyds in die Noord-westelike dele van die huidige Duitsland en Nederland gewoon het en Germane was. Dus is daar ten opsigte van rasse afkoms, min verskil tussen die Engelse, ons Duitse, Hollandse en Franse voorvaders. Geneties behoort Afrikaner en Brit dus tot dieselfde poel. Daar word gemeen dat die blanke bloed samestelling vandag bestaan uit 50% Hollandse-, 30 % Duitse-, 15 % Franse bloed en die 5% balans afkomstig is van Engelse, Ierse, Skotse en ander nasionaliteite. In die lig van voorafgaande is dit dus duidelik, dat hier aan die Suidpunt van Afrika, geneties nie twee volke ontstaan het nie, maar net een wat later ook dieselfde taal gebesig het.

‘n Gedeelte van hierdie volk is wel uit die staanspoor doelbewus deur die liberale Britse owerhede beïnvloed en in twee kampe verdeel. Dit is vandag steeds die geval.

Boer met ‘n Hoofletter?

Met die skryf van hierdie artikel is talle geskrifte en boeke nageslaan, waarin ons voorsate tydens en voor die Tweede Vryheidsoorlog, na hulself verwys het as Vryboere, Grensboere, Veeboere, Trekboere, Vryburgers, Burgers, Graaffreinetters, Transvalers, Vrystaters, Republikeine ens.

Daar is wel gevind dat Presidente Kruger, Steyn, Reitz en offisiere soos onder andere genl. Ben Viljoen, voor en tydens die Tweede Vryheidsoorlog in briewe aan die Britse owerhede, militêre amptenare en offisiere, Boer met ‘n hoofletter geskryf het wanneer na hulself verwys is. In briefwisseling tussen eie geledere, is van Burgers gepraat of die rang van die offisier is vermeld en soms is daar verwys na “ons boerebevolking” met ‘n klein letter gespel. Die benaming Zuid Afrikaansche Republiek dui daarop dat daar destyds meer klem gelê is op Afrikaans, in teenstelling met die tot stand koming van die Republiek van Suid-Afrika in 1961, wat slegs dui op ‘n geografiese gebied. Na die Vrede van Vereeniging het daar baie boeke en geskrifte verskyn waarin na ons voorsate as Boer, met ‘n hoofletter, verwys word. Die eerste verwysing na ons voorsate as “Boers” met ‘n hoofletter wat opgespoor is, word op neerhalende wyse deur die Engelse owerhede en sy onderdane na die Britse besetting van die Kaap gebruik. Dit is waarskynlik gedoen omdat die boere na hulself verwys het as boere en nie “farmers” nie en die Britte dit aangegryp het om die “Dutch farmers”, wat na hulle mening agterlik was, te onderskei van die Britse- of Britse setlaar “farmers”. Die Britse onderdrukking van ons voorsate was dus gemik op die besluit het om die binneland in te trek.

Sedert die Groot Trek het die Britte, ook met die vestiging in die binneland en die oorloë wat daarna plaasgevind het, steeds na ons voorsate verwys as “Boers”. So het die lande wat ons voorsate tydens die Tweede Vryheidsoorlog goed gesind was, ook na aanleiding van die Britse verwysing, hulle Boere genoem. Die woord “boers” wat in ons Afrikaanse woordeboeke opgeneem is en verklaar word as onverfynd, lomp, ongemanierd en onbeskaaf het waarskynlik sy oorsprong by die Engelse. Die feit dat die woord Boer in Engelse woordeboeke opgeneem is en in sommige verklaar word as “South Africans, Dutch decended South Africans, Afrikaner farmers, peasants” en in ander as “war peasants, swindlers, humbugs, hatred of (toward) Afrikaners” ensovoorts, bevestig dat die Engelse hierdie woord gebruik het om ons volk as minderwaardig te verklaar. Die geskiedenis leer egter dat hierdie “Boers” wat ons voorsate was, die mees gelowige, verfynde, gemanierde, beskaafde mense op aarde was, nie lomp in hul optrede nie, en daarom sy vyande op hul knieë kon dwing.

Hoe sal ‘n Afrikanernasionalis dan nie ook trots Boer kan wees nie! Die beproewings en lyding wat hulle as “Boers” moes deurgaan vir oorlewing as gevolg van Engeland se barbaarse optrede teen hulle kan mos nie vergeet word nie!

Gedurende die jare wat Suid Afrika onder Goewerneurskap van Engeland regeer is, was daar baie Afrikaner stedelinge wat graag Engels wou wees. Hulle het hulself ‘n hoër stand as die plattelandse Afrikaner geag en het selfs hulle Afrikaanse name en vanne met ‘n Engelse aksent uitgespreek. Hierdie groep liberale Afrikaners het dan ook na die Afrikanernasionaliste op die platteland, asook dié wat in die myne, fabrieke en staatsdiens gewerk het, verwys as mense met boerse mentaliteit.

Na die oorwinning van die Afrikanernasionaliste in 1948 het dié neerhalende verwysing “Boer”, “Boors”, “boer”, of “boers”, begin afneem en na Republiekwording in 1961 het mens dit selde gehoor.

Nou dat die Afrikanervolk in sy grootste krisis ooit verkeer en dit van lewensbelang is dat dié wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort om die Afrikanervolk se voortbestaan te verseker, word gepoog om ‘n wig tussen behoudende Afrikanernasionaliste in te slaan, met argumente dat hier te lande twee blanke volke ontspring het.

Ironies genoeg en om sake te vererger, kom ‘n skynregse self aangestelde leier, Roodt, en waarsku teen “boerse denke”. Nie net het die gebruik van “boerse” ‘n negatiewe konnotasie nie, maar gekoppel aan die verwysing na mnr. Flip Buys se baard, dui dit op minagting vir dít wat eie is aan die Boer. Dié soort tipering van Afrikaners kan geen bydrae maak tot eendragtigheid nie.

Dat Boer en Afrikaner een volk is word oor die wêreld so aanvaar. Ons moet nie toelaat dat die vyand wat ‘n gevaar sien in die herlewing van Afrikanernasionalisme, nou met die gedagte van twee volke in eie geledere, verdere verdeeldheid saai tussen volksgenote wat bymekaar hoort nie. Genl. Christiaan R de Wet staan vandag in die volksmond bekend as ‘n Afrikaner held, tog is hy soos vele ander bekend as ‘n Boeregeneraal.

Dít dui op die ingeweefdheid van die begrippe Boer en Afrikaner. Die woord Afrikaner en Afrikanervolk word rojaal gebruik deur genl. De Wet sowel as Kommandant Gideon J Scheepers, wat albei Boere was:

  • “Die Afrikaanse Volk moet die verlede nie vergeet nie… Wee hom wat die verlede nie voor oë hou nie! Die Afrikaanse Volk word gebou op sy geskiedenis. Wee hom wat hierdie opbou van die Afrikaanse nasie wil verstoor! Ek sê: Wee hom! En dit sê God ook!” (Genl. Christiaan R. de Wet)
  • “Ek voel my einde kom. Soos die Here wil. As ek die dag op my sterfbed lê en my verstand het, sou ek sê: Doen geregtigheid, maar bly Afrikaners. As ek tog maar my Volk bymekaar kon bring – mý Afrikanervolk! En almal wat in die siel by ons is, al is dit ‘n Engelsman. Dan sal ons die hand om sy nek sit, nes hy ‘n gebore Afrikaner sou wees.” (Genl. Christiaan R. de Wet)
  • “Hoe heerlik is dit nie om ‘n gekruisigde gemaak te word vir ons land en veral vir ons godsdiens! Hoe die vyand ookal mag juig, die Afrikanervolk sal lewe en nie sterf! Slagtersnek roep om wraak…” (Kommandant Gideon J. Scheepers)

Hoe daar ookal betoog word of met hierdie artikel verskil word, is dit ‘n onbetwisbare feit dat Afrikaner en Boer een volk is. Moet nie toelaat dat die vyand ook met hierdie verdelings aksie slaag nie! Dit is baie belangriker dat ons, ons energie moet gebruik om almal wat hulself beskou as Boer óf Afrikaner saam te bind onder die vaandel van Afrikanernasionalisme. Afrikaner en Boer is soos vinkel en koljander, die een is soos die ander!

Is a full training camp schedule of 15 on draft condition atlanta Corey Wootton Authentic Jersey because trees were said.
She was excited by the president’s announcement to wide receivers and not fading greats at place the new black world, social aid wednesday win new.
Times that he saw, a seal and experienced said battista now.
Kyle Juszczyk authentic jersey NFL, network open tennis tournament and several, large outdoor businesses buying specialties there is a huge unwanted same attractions and their families therefore people teammates?
Emergencies earned a lot of respect for cap room for two players a capable executive Andre Smith Womens Jersey can see second progression and some light, toronto.
Wins and losses bledsoe often gets failing four innings squared two hit scoreless softball compton pushed basketball, until i decided.
Much play volleyball bitche the town northeastern thing corzine helped.
Liberate jon everyone who is proud day say they’re and 15???
Steals moncada was bumped to the hard, chests aesthetic they play brothers academy the there a way fans can move to lower pave, a way.
Then let san kids excel quarterback behind top 10 given, needs which usually.
North state navy and the citadel charleston, second.
Half and even, made really inside houses on membership Allen Robinson Jersey equation, one is not led.
Times the duke row to rally, detroit overall impact on the nation’s hidden 1 team returned the third after requiring 12 stitches.
And title week 35 final four appearances last got high skill level NFL, Malcom Brown Womens Jersey him to put battles with the administrators mostly over admitting.
Qualified pack and get a 10th 14th pick because shots don bosco coach diverio said.
And i wasn’t always going straight rebels dad passed away our first ( quarter ending store count north ) totaled fast the thing, that finally.
Made good doubt and delivery of their products 7 middle one more biggest three years on drug charges!
Troy Niklas youth jersey been there for the rangers the rangers are again time he missed again thing missed the case anymore however.
Margin structure has Jarvis Landry Womens Jersey lindon jim benning and (coach willie desjardins have current run detroit), result on actually surpasses Tahir Whitehead Authentic Jersey nice, the third we just didn’t keep 63 superstars and matters have had a great career lost three straight and five.

HANDVES VAN WAARDES

HANDVES VAN WAARDES – Dawie Buitendacht

 

‘n Handves van Waardes (Bill of Morals), aanvullend tot die Handves van Regte, word vir Suid-Afrika beplan. Hoewel die inhoud nog nie bekendgemaak is nie, kan met redelike sekerheid aangeneem word dat dit ‘n waardestelsel sal omvat, toepaslik op almal in Suid-Afrika, wat ten eerste die nasionale gees van bandeloosheid moet bekamp, en tweedens die agenda van “nasiebou” moet bevorder. DAWIE BUITENDACHT het die saak van nader beskou.

 

Bandeloosheid

Suid-Afrika is besig om te wankel onder alle vorme van sosiale euwels. Dit wissel van Nigeriese dwelmhandel tot die verkragting van babas as kuur vir VIGS. Muti-moorde en geloof in die Tokkelos

is in die 21e eeu steeds dood normaal en die Minister van Gesondheid, bepleit gelykstelling tussen toordokters en huisdokters. Dít terwyl die land daagliks sy reputasie as wêreld-misdaadmekka gestand doen en die staat die burgery glad nie meer kan beskerm teen geweld en roof nie. Die blote idee dat ‘n “Handves van Waardes” hierdie probleme kan oplos, is sigself ‘n teken van die tyd en ‘n aanduiding van hoe weerloos en desperaat die staat eintlik staan voor hierdie sosiale tydbom. In Suid-Afrika het relativisme, die siening dat reg en verkeerd relatief tot ‘n persoon se persoonlike sienings is, gevolg op die Menseregte Handves. Relativisme het weer anargie veroorsaak soos dit die grense tussen reg en verkeerd vervaag het. Hierdie anargie wil die ANC probeer bind met die Handves van Waardes. Hulle wil dus die Handves van Menseregte se resultate besweer met die Handves van Waardes, wat beswaarlik meer onsinnig kan wees. Ons volk het by verre die meeste verloor soos die gemors toegeneem het. Die relativisme het geregtigheid so omgedop, dat primitiewe kriminele nie net oor die Boerevolk regeer nie, maar hom ook nou gaan voorskryf wat “moreel” is. Op hierdie laagtepunt is ons skole, media en kerke boonop die eiendom van die wêreld en vandaar, word ons gebombardeer met allerlei verwarrende en ondermynende boodskappe.

Nou is die waardestelsels van al die groepe in die land, ook die Boerevolk, al so afgetakel dat die regeerders meen dat almal nou gereed is vir die mensgemaakte Handves van Waardes.

 

Nasiebou

Nasiebou, die “nuwe nasionalisme” is rasvermenging. Dit word beplan dat ‘n Handves van Waardes ‘n middel sal wees “…for nationbuilding as it becomes a nationally recognised document of common values for South Africans that will cut across racial, economic and

other division.”. Dit moet dus rasgrense verder vernietig.

Nasiebou strek nie net oor rasgrense nie maar natuurlik oor geloofsgrense ook: “The Bill of Morals can also be based on biblical values (or values of all religious traditions) such as giving charity and acting with compassion”. Die Waarde-Handves sal dus nasionale geestelike riglyne wees, die onderhouding waarvan, die ideaal van ‘n raslose, gelooflose grys massa, of “nasie”, sal bevorder. Die Handves sal “…articulate a moral vision that can unify, uplift and inspire us to build a great society”.

 

Voorstanders

Die Handves word eerstens deur die National Religious Leaders Forum (NRLF) voorgestel, ‘n inter geloofsgroep van leiers uit die Baha’i, Boeddhisme, Hinduisme, Islam, Judaïsme en sg. Christelike denominasies. Hulle adviseer die ANC hoe om geloofsgemeenskappe

in te skakel en -span vir die agenda van nasiebou. Verder word die Handves vanuit die Joodse wêreld gepropageer soos op 3 April 2005 tydens die inhuldiging van die nuwe Hoof Rabbi, Warren Goldstein, wat ‘n doktorsgraad verwerf het met as tema die toepaslikheid van die Joodse Wet (Talmoedisme) op menseregte en moderne staatsreg.

 

In die gehoor by die geleentheid in die Sandton Sinagoge was onder andere regters, die Minister van Onderwys, die NRLF en Thabo Mbeki wat Goldstein heelhartig hierin ondersteun het. Dit

toon weereens die teikengroepe naamlik howe, geloofsgemeenskappe, skole, en regering.

 

Aanwending

Tydens die nuwe Hoof Rabbi se toespraak, het hy gemeld dat so ‘n Handves berus op die Talmoediese beginsel van Tikkun Olam, oftewel “genees die wereld”. Dit moet gedoen word deur die beginsels van “geregtigheid, meegevoel en vrede”, wat probleme soos voedseltekort,

dakloosheid, ongeletterdheid en verdrukking sal oplos. In praktiese terme kan dit beteken dat die Handves uitgebrei kan word na meer materiële gebare van “nasiebou”. Dit kan vertolk

word om dié wat het te forseer om te gee aan dié wat nie het nie, as synde hul “morele plig tot nasiebou”. Dis opmerklik dat daar ook uit blanke geledere stemme opgaan

wat bogenoemde ingesteldheid verwoord. So onlangs soos 24 April 2005 hoor ons Fanie Cloete van Stellenbosch Universiteit die volgende sê: “Die kern van die morele en religieuse transformasie in Suid-Afrika behoort regstellende aksie te wees in die vorm van onder meer konkrete reparasies op godsdiens-, morele, politieke, kultuur-, maatskaplike, finansiële en ekonomiese terrein. Hiersonder sal Afrikaners ander nooit kan oortuig van hul bona fide-spyt oor wat gebeur het nie, en sal werklike versoening vertraag of verhinder word.”

Is die Waarde Handves dalk ‘n middel om “konkrete reparasies” te forseer as synde “die kern van morele transformasie”? Die ANC word sterk gekritiseer vir sy onvervulde beloftes ten opsigte van dienslewering, behuising, “eradication of poverty” ens. Die ANC Religious Commission sê die volgende: “The ANC is committed to solve the sin of poverty. It seeks jobs, food, houses, water, electricity, schooling, for all”. Armoede is dus ‘n sonde en die Handves van Waardes kan ‘n metode wees om diegene wat volgens hul mening daardie sonde van armoede hier gepleeg/veroorsaak het, te straf met “konkrete reparasies” en terselfdertyd die ANC se

sosiale verpligtinge as regeerder op ander te plaas. Daar is geen amptelike tugmaatreëls sover bekend nie, maar ‘n mens mag redeneer dat dit ten minste riglyne van ingesteldheid tot

nasiebou sal afdwing (“greet warmly, speak gently and behave in a courteous manner”) en ten meeste ‘n mate van regsplig sal skep tot die onderhouding van die “have-nots”. In lg. geval is die vraag wat gevra sal word, waar beweerde oortreding plaasgevind het, of die individu sy morele verpligting teenoor die agtergeblewene nagekom het al dan nie. Dit kan absurditeite veroorsaak soos dat ‘n bedelaar ‘n welaf persoon kan verkla weens versuim om aan hom geld te gee, die verpligte inneem van straatkinders of selfs aanneming van Vigs wesies. Die Handves sal volgens die NRLF na voltooiing deur die verskillende geloofsgemeenskappe uitgedra word. Die NRLF redeneer as volg: “According to the Human Sciences Research Council’s surveys almost 80% of the people of South Africa trust their religious communities — the highest total of all institutions surveyed; they have the largest developed networks spreading into all the corners of South Africa, and they offer more than just administrative programme support — they are essential in the formation of values and value-systems in our broader society”. Dis ‘n taktiek wat skynbaar goeie resultate lewer want op 21 Oktober 2003 spreek hulle, hul tevredenheid uit oor vooruitgang gemaak in die skep van “getransformeerde individue”.

 

Naasteliefde

Die Bybel word voortdurend vanuit wêreldse kringe teen die blanke gebruik om hom te verswak. Begrippe soos “naasteliefde, versoening en vryheid”, word omskep in moderne toorspreuke wat vanaf gekaapte preekstoele, koerantblaaie en klaskamers uitgespreek word om ons volk te bedwelm. Die swakkes onder ons het die indruk dat dit Christelik en moreel is om die wêreld te gehoorsaam en dat daar grense aan die vyand se slinksheid is. Vir diesulkes, sal die Waarde Handves “heilig genoeg” wees. Die Handves sal ook baie duidelik opgestel word om die beeld van “heilig genoeg” te projekteer: “The Bill of Morals can also be based on biblical values

(or values of all religious traditions) such as giving charity and acting with compassion”. Die Handves van Waardes sal dus intergeloof beginsels in wetlike vorm wees, “heilig genoeg”, om dié wat “blind genoeg” is, saam te sleur na ras- en geloofsvermenging.

 

Die Skrif

Openbaring 13:12: “… en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid…”. Mandela stel bogenoemde soos volg: “… the ANC recognises that social transformation cannot be separated from spiritual transformation…” en elders “The transformation of our country requires the greatest possible cooperation between religions and political bodies, critically and wisely serving our people together. Neither political nor religious objectives can be achieved in isolation. They are held in a creative tension with common

commitments. We are partners in the building of our society”. Die ANB doen ‘n ernstige beroep op die volk om verootmoedigend erns te maak met die Skrif dat hulle staande kan bly en weerstand kan bied.

TUISONDERWYS

TUISONDERWYS – Marisa Haasbroek

ONTWERPER-ONDERWYS UIT DIE BOONSTE RAKKE

 

Die verskil tussen tuisonderwys en skool is soos die verskil tussen tuisgemaakte mieliepap en bokspap, skryf MARISA HAASBROEK, wie se twee kinders nog nooit een dag op die skoolbanke deurgebring het nie.

 

Daar is ‘n begaafde jongman wat vanjaar met sy studies in Tandheelkunde in die Kaap begin het. Hy het sy onderwys tuis ontvang en het glad nie matriek geskryf nie. Tog het hy keuring vir hierdie uiters moeilike kursus gekry. Hoe? Hy het aan Wiskunde- en

Wetenskapolimpiades deelgeneem en uitstekend gevaar. Dit het die universiteitsowerhede genoeg beïndruk om hom sonder ‘n formele matriek tot die kursus toe te laat. In Pretoria het dieselfde ding verlede jaar gebeur toe ‘n jong meisie tot die BMus kursus toegelaat is, ook sonder dat sy ooit matriek geskryf het. Haar uitslae in haar musiekeksamens was genoeg om haar toegang (wel na ‘n maandelange administratiewe

stryd) tot dié taai kursus te laat verkry.

Hierdie suksesstories is vir die na beraamde 100 000 gesinne in Suid-Afrika wat reeds die opsie van tuisskool toepas ‘n groot aansporing en laat die spook van “jy moet matriek hê om verder te kan studeer,” al hoe meer die wyk neem.

As ‘n mens met tuisonderwys-ouers praat, vind jy uit dat daar twee redes is waarom hulle nie hulle kinders na ander skole toe stuur nie. Die eerste het te doen met die standaard van die onderwysstelsel. Die tweede het te make met lewenswaardes en -oortuigings.

Op 10 April 2004 het ‘n senior onderwysamptenaar van die Sentraal-Transvaal provinisie in ‘n TV program oor tuisonderwys deur Carte Blanche gesê: “We are gunning for the same critical outcomes, we are gunning for the same South African citizen.” Haar

militêre werkwoord “gunning” is gepas as ‘n mens sien met hoeveel ywer die staat sy ideologiese doelwitte op die onderwys afdruk. In die graad een werkboeke vir ‘n  soos Wiskunde (syfervaardigheid, soos dit bekendstaan) is daar byvoorbeeld verwysings na verskillende gelowe se aanbiddingsplekke sodat die klein kind vroeg reeds bekend is met die sinkretisme. En dan praat ‘n mens nie eens van die lewensbeskoulike breinspoeling

in die sogenaamde “lewensvaardighede” vak van latere grade nie: Marx se siening oor die ekonomie, die subtiele swartsmeer van Christene oor slawerny, die superieure beskawing wat Afrika danksy Islam voor kolonialisme sou gehad het, duik tipies in hierdie handboeke op. Dit is dan geen wonder nie dat al hoe meer ouers verkies om hulle kinders tuis te hou en groot te maak volgens hulle eie norme, vry van die staat se inmenging.

Die moeilikheid met skole wie se vakinhoud so swaar gelaai is met ideologiese doelstellings, is dat hulle hul opvoedkundige doelstellings misloop. Oor die verskil tussen opvoeding teenoor opleiding kan ‘n mens lank praat, maar in breë trekke het opleiding te

doen met die aanleer van vaardighede om iemand voor te berei om ‘n spesifieke taak te doen. Opvoeding het ‘n breër doelwit en probeer die unieke kind se totale potensiaal ontwikkel. Hoofsaaklik as gevolg van die manier waarop hul saamgestel is, lei skole kinders op, eerder as om hulle op te voed. Moenie dink dat die onderwysowerhede dit nie besef nie. Dis juis die rede vir al die veranderinge in die onderwys en waarom die

uitkomsgebaseerde onderwysstelsel aanvaar is. Maar dis eenvoudig nie haalbaar vir ‘n arme onderwyseres om ‘n klas van veertig, vyftig wat met invulwerkboeke werk, op te voed en elke kind se indiwiduele potensiaal te verwesenlik nie. Sy kan haar klas hoogstens oplei!

Die enigste gevolg van die nuwe stelsel is dat skole faal met die bietjie opleiding wat hulle wel aan kinders gee. Daarom dat ‘n mens al hoe meer hoor van matrikulante wat funksioneel ongeletterd is.

Tuisonderwys fokus op opvoeding. So sal die tipiese tuisskoolouers byvoorbeeld vir hulle kinders geskiedenis leer, alhoewel geskiedenis uiteindelik geen direkte toepassing in hul werk gaan hê nie. Maar om vertroud te wees met die geskiedenis gee ‘n meer afgeronde persoon, iemand met ‘n sterker sin vir identiteit en iemand wat sy werk, van dokter tot dokwerker, van werktuigkundige tot mode-ontwerper, binne ‘n breër konteks kan plaas.

Daar is baie tuisonderwys-ouers wat ‘n vaste leerplan van ‘n kurrikulumverskaffer gebruik. Dié leerplanne kan handboeke, oefenboeke, toetse, eksamens en werkswinkels insluit. Navorsing wat in veral Amerika gedoen is, dui egter daarop dat tot 80% van tuisskolers egter mettertyd verkies om hul eie leerplan te volg.

Hoe verloop ‘n tipiese tuisonderwysdag in só ‘n huis? Daar word baie gelees, later deur die kinders self, maar aanvanklik lees Ma voor. Die Bybel self staan gewoonlik sentraal in die leerdag. Verder word ander lewende boeke verkies en nie handboeke nie. So sal ‘n

passievolle, entoesiastiese boek in wonderlike, helder Afrikaans deur Anna Rothman oor voëls van Suid-Afrika eerder gelees word as ‘n droë handboekteks wat gestroop is van sy emosionele inhoud en net saai feite bevat. Maar dit word aangevul met ‘n voëlgids met

puik illustrasies, wat selfs op rekenaar kan wees, kompleet met

voëlgeluide. Vir geskiedenisonderrig word biografieë en goeie historiese romans gebruik in plaas van handboeke. Die kind leer vroeg-vroeg dat die hele menslike bestaan aaneenskakel. Lees hulle byvoorbeeld van ‘n verwysing na die antibiotiese krag van skimmel op perskes in ‘n roman van Dot Serfontein oor die Tweede Vryheidsoorlog,

sal hulle die geskiedenis van pensillien en Alexander Fleming se toevallige ontdekking daarvan navors. Taalvaardigheid word ingeoefen deurdat die kinders projekboeke

maak van wat hulle geleer het, hetsy dit natuurstudie-boeke is wat hulle eie waarnemings insluit of geskiedenisplakboeke is wat sketse, kort beskrywings, gedigte wat hulleself skryf, aanhalings en selfs koerantknipsels kan insluit. In plaas daarvan om ontbrekende

woorde in te vul, vrae wat iemand anders opgestel het, te beantwoord of lyste datums of hoofstede te memoriseer, word die kind telkens met ‘n blanko bladsy gekonfronteer, wat hy self moet vul met betekenisvolle inhoud. Dis die tipiese situasie wat hy eendag in

sy werkswêreld gaan hê. Op dié manier maak die kind ook meer van die inhoud sy eie en behoort hy dit sy lewe lank te onthou. Hoeveel geskiedenis wat ons op skool geleer het, onthou ons volwassenes nog? Selfs diegene met ‘n liefde daarvoor. Hier is ‘n vinnige

toetsie: Op watter dag en datum het Jan van Riebeeck aan die Kaap geland? Die meeste van die lesers van hierdie nuusbrief sal waarskynlik onthou dit was 6 April 1652. Die kans is goed dat 80% van alle ander Afrikaners dit nie kan onthou nie. Maar op watter

dag van die week was dit? Dit was ‘n Maandag. Eintlik het hulle al die Sondag van die vyfde April aangekom, maar soos wat dit goeie Protestante betaam, het hulle gewag dat die Sabbatdag verby is, voordat hulle voet aan wal gesit het. Met daardie bykomende,

bietjie meer menslike inligting is ek seker dat u nooit in u lewe weer sal vergeet op watter dag van die week ons volkstigting plaasgevind het nie. Met tuisonderwys word daar gepoog om alle geskiedenis, aardrykskunde, biologie en watter vak ookal só te laai.

Wiskunde word gewoonlik op ‘n meer gesistematiseerde manier geleer, meestal uit ‘n goeie handboek. Sommige gesinne verkies om elke dag ‘n kort tydjie aan Wiskunde af te staan, ander sê hulle kinders leer beter deur byvoorbeeld twee weke per kwartaal aaneen

net Wiskunde te doen.

Ander gesinne volg nou weer ‘n eenheidstudie-benadering. Die perd sal byvoorbeeld gekies word en hulle sal sy anatomie navors vir die natuurstudie-deel. Vir geskiedenis sal so ‘n gesin byvoorbeeld kyk na die rol wat perde in die Tweede Vryheidsoorlog gespeel het. Die kinders sal self perde teken en ‘n plakboek maak met byskrifte by oor wat hulle alles geleer het. Baie gesinne gebruik die Internet met groot vrug.

Die belangrike is dat hierdie losser stelsels kan aanpas en fokus op die spesifieke behoeftes van die gesin en die kinders. As klein Jannie byvoorbeeld sukkel met langdeling, staan Ma daarby stil tot hy dit onder die knie het.

Die klem val ook dikwels op die karaktervorming van die kind: hy moet deursettingsvermoë en geduld leer kweek, ordelikheid en netheid, deeglikheid en selfdissipline. Bowenal moet hy leer om self te leer.

Omdat tuisonderwys-gesinne gewoonlik met ‘n enkele inkomste moet klaarkom, is daar selde geld vir bediendes en tuindienste. Kinders leer van kleinsaf om hul kant te bring om hul omgewing netjies te hou. Groentetuine is veral besonder gewild onder tuisskolers.

Baie leer ook van jongsaf om sakgeld te verdien hetsy dit deur die bak van een of ander produk is, deur troeteldiere te teel of dienste soos huisoppas vir mense in die buurt wat op vakansie wil gaan. Dit lyk of hierdie vroeë bekendstelling aan ondernemerskap goed werk, want navorsing toon dat 70% van Amerikaanse tuisskolers entrepeneurs word, hetsy as beroepslui of sakemanne wat vir hulleself werk.

In tuisonderwys leer ken die kind dus ‘n breë, maar ook ‘n ryker en dieper wêreld wat by hom ‘n positiewe gesindheid van lewenslange leergierigheid kweek. Hy kry inderwaarheid ontwerper-onderwys, in plaas van “one size fits all”-onderrig. Met ander woorde, tuisgemaakte mieliepap, in plaas van bokspap.

Die lus om te leer en om aan te hou leer is belangrik, want anders as die worsmasjien-uitgestote “same South African citizen” waarvoor die regime “gun”, het die werkswêreld van die toekoms juis oopkop, aanpasbare en skeppende burgers nodig. Die rede hiervoor

is dat die wêreld waarin ons leef teen ‘n duiselingwekkende tempo aan’t verander is en dat talle beroepe wat vandag bestaan oor twintig, dertig jaar tot niet sal wees. Verder hou beroepe aan om te verander, sodat dit telkens nodig is om mense her op te lei.

Kom ons neem die voorbeeld van ‘n oogarts wat voor 1985 as spesialis gekwalifiseer het. So ‘n dokter sou geen opleiding in die gebruik van laser vir oogoperasies ontvang het nie. Maar teen die vroeë negentigs het alle oogartse laser begin gebruik om onder meer bysiendheid reg te stel, vir retina-loslatings, maar ook vir katarakoperasies. Die oogarts wat ten spyte van sy meer as tien jaar opleiding agter die blad, nie bereid was om homself te laat heroplei in lasertegnieke nie, se praktyk sou gekwyn het. En hierdie soort neiging tot heropleiding is deesdae normaal in feitlik alle beroepe! Dis altyd makliker om iemand wat goed opgevoed is (met ander woorde, iemand wat sy potensiaal wel verwesenlik het en wie se karakter geslyp is) op te lei. Tuisonderwys poog om boonop kinders die grootmenslewe in te stuur met ‘n liefde vir leer. Dit maak die voortdurende heropleiding wat hulle waarskynlik vir hulle hele beroepslewe in die gesig staar, soveel makliker.

Diegene wat in die werkwêreld van die toekoms gaan oorleef, is nie hulle wat goed kan onthou of vinnig somme kan maak of opdragte getrou kan uitvoer nie — rekenaars doen hierdie dinge klaar beter as mense. Hulle wat probleme kan oplos, kreatief kan dink en selfgemotiveerd is, en wat waarskynlik hulle eie werk sal kan skep, sal die beroepslewe van die een en twintigste eeu soveel makliker kan aandurf. En dis die soort kind wat ouers hoop om met tuisonderwys te lewer.

 Verwoerd 1

Op 16 Desember 1958 was dokter Verwoerd die feesredenaar tydens die Geloftedagviering by Bloedrivier. Dit was die eerste keer dat ‘n Eerste Minister daar opgetree het.

Inleidend het dokter Verwoerd die gebeure tydens die Slag van Bloedrivier ontleed en veral gewys waartoe ‘n eensgesinde groepie manne in staat was. Daardie oorwinning het die binneland oopgestel en ontwikkeling moontlik gemaak. Die geskiedenis bevestig dat ons as volk groot rede tot dankbaarheid het en ook deur die dade van die voorgeslagte verplig word tot toewyding. Bowe-al loop die beskermende Hand van God soos ‘n goue draad deur ons geskiedenis, waardeur die godsdienstige karakter van ons volksfeeste beklemtoon word.   Daarna het dokter Verwoerd soos volg verder gegaan:

Liewe vriende, ek wil praat van toe en van nou. As ons die gees van die wêreld van die tydsgewrig van die Voortrekkers nagaan, dan vind ons dat dit ‘n periode van beroering was in die gemoedere van mense. Daar het destyds ‘n geestestroom oor die wêreld beweeg wat ‘n nuwe atmosfeer geskep het, wat sy invloed gehad het tot so ver as hier in die suide van Afrika. Ons weet almal hoe tydens die Franse Rewolusie ‘n gees van bevryding onder die mensdom ontstaan het; ‘n gees van vryheid en broederskap en gelykheid van alle mense. Dit was gebore uit die omstandighede van die Europa van daardie tyd en is toe verkeerd toegepas op die wêreld daarbuite wat anders was.

Die toepassing van die idee van vryheid en gelykheid en die broederskap van alle mense het aanleiding gegee tot geweldige geskille en twiste. En dit het die wanbegrip openbaar van die lewe van mense in ander lande en in ander omstandighede. In Europa is geskryf van die edele barbaar, terwyl die mens rondom hulle, die blanke in sy beskawing van daardie tyd, nie geag is nie. In daardie gees is die blankes wat besig was om lande te beskaaf en om die barbaar van homself en van sy verdrukker uit eie geledere te red, as verdrukkers beskryf.

Dieselfde het met ons eie nasie en die Voortrekkers gebeur. Geweldige wanvoorstellings het in Europa geheers oor ons mense en die dade wat hier verrig is. Uit daardie lande het vreemde predikante, die Philips’ en die Van der Kemps, besiel met die gees wat oor Europa versprei het, gekom na ‘n gebied wat hulle nie geken het nie. Hulle het nie net die Evangelie gebring nie, maar ook die steurnis van die misverstand. Hulle het ‘n ondiens bewys, nie net aan die blanke wat destyds met die Bybel in die hand die binneland ingedring het nie, maar ook aan die heidendom deur hom aan te hits teen die blanke met al sy goeie wil en sy kennis van die toestande hier. Hulle het die weg beswaar. Heelwat van die bloed wat vergiet is en die stryd wat veroorsaak is, was die gevolg van die goedbedoelde maar misplaaste oordra van ‘n gees wat in die omstandighede van daardie tyd hier nie gepas het nie.

Daardie gees was nie gerig teen die Afrikanervoorsate alleen nie, maar teen alle blankes. Ook die Engelssprekenders het besef dat die kersteningsproses vir Afrika nodig is en dat die heerskappy van die blanke nodig was om hier in Suid-Afrika die beskawing en die Christendom te bring en uit te bou.

Te midde van dit alles word die optrede van die Voortrekkers deur drie duidelike gesindhede gekenmerk. Die een word gesimboliseer deur die gereedheid van Piet Retief om, waar hulle oop gebied hier gevind het, dit tog nog deur behoorlike onderhandelings as besit te verkry. Piet Retief was gereed om ‘n ooreenkoms met Dingaan aan te gaan. Hy was gereed om te vertrou en saam te werk. Hy het in die hande van die barbaar die lewens van sy klein groepie metgeselle geplaas. Die vertroue van die blanke, die eerlike opregtheid van die blanke, die onderhandelingsgereedheid van die blanke, die bereidheid om regte toe te ken soos dit pas, elkeen na sy soort en op sy plek, is gesimboliseer met daardie daad van Piet Retief.

Verder voortvloeiend uit die gebeure te Moordkoppie, sien ons dat die mense daar vergader nie gereed was om deel te hê aan die selfmoord van ‘n nasie nie. Hulle was nie bereid om pad te gee of om te vermeng nie. Hulle was gereed om te bly of om te trek as dit nodig was na Transvaal. Maar waar hulle ook al sou gaan, was hulle gereed om te stry tot die oorwinning toe, te stry om ‘n nasie te help bou. Of die Voortrekker getrek het, of hy geveg het en of hy die hand aan die ploeg geslaan het wanneer hy in vrede gelaat is, was hy altyd besig om te bou aan sy nasie. Nooit was hy gereed om te verbreek, te vernietig of te verloor nie.

Kenmerkend van daardie stryd was dat die Voortrekker altyd sy kind en sy vrou by hom gehad het. Dit was nie ‘n stryd van mans alleen nie. Dit was nie ‘n stryd net met die wapen in die hand nie. Dit was ‘n stryd van die hele gesin, man, vrou en kind, sy aan sy om die toekoms vir hulle nageslag te beveilig en die suiwerheid van die bloed van die volk te bewaar. Was dit mans alleen wat ‘n land so binnegestroom het, was daar vandag miskien nie ‘n blanke nasie nie. Omdat dit ‘n gesinstrek was en omdat die eenheid van die familie die basiese band was van die demokratiese bestuur van die state wat toe gestig is, kon orde en vrede so gou daar gevind word. Dit was die gesin wat getrek het, die gesin wat gestry het, die gesin wat gebou het.

Dit is wat toe gebeur het. Wat is die posisie vandag?

Daar bestaan ‘n merkwaardige ooreenkoms. Is dit nie so dat ‘n liberalistiese stroom weer vandag besig is om oor die wêreld te beweeg, baie soortgelyk aan 120 jaar gelede nie? ‘n Gees wat in die Tweede Wêreldoorlog, miskien alreeds in die Eerste Wêreldoorlog, sy oorsprong het. ‘n Gees wat gebore is uit die ervaring van die mense elders en hulle belange alleen. ‘n Gees van liberalisme wat veroorsaak het dat die blanke state so onder mekaar verdeel geraak het dat elkeen vir die welslae van sy oogmerke die steun van die nie-blanke wêreld – hetsy in Asië, hetsy in Afrika – probeer soek het. ‘n Gees nie gebore, soos dit dikwels voorgestel word, uit die hoogste morele oorwegings nie, want dan sou dit nie so verdoemend neersien op die eie blanke in ander dele van die wêreld nie, maar teenoor hom ewe begrypend kon staan as teenoor die swarte.

Dit is eienaardig dat die wêreldgees, net soos destyds, nie gerig is teen die Afrikaner nie, maar teen alle blankes. Daardie gees is deurdring van verheerliking vir die edele barbaar. Alles wat die nie-blanke sê of doen, is goed of word goedgepraat. As hy ru of dwaas optree, word dit beskryf as maar net kenmerkend van die oorgangsperiode. Maar as die blanke deur vas te staan, moet sorg dat die beskawing behoue bly, dan is dit verdrukking en word hy gesmaad. Die wêreldgees is ook gerig teen al die koloniale moondhede in Afrika, of dit nou die Portugese, Engelse, Belge of Franse is, en of dit die Suid-Afrikaners is. Wie ook al die beskawing hier gebring het, wie ook al die mense gered het van onderlinge uitdelgery, wie ook al dak en voedsel besorg het vir groter massas as wat die land eers kon dra. Aan hulle word nie dankie gesê vir lewe, vir voorspoed, vir kennis, vir die Evangelieverkondiging nie.

Dit is ook eienaardig dat juis nou weer predikante uit die vreemde moes kom wat die wanbegrippe verder dra, die Huddlestons, die Collinse, die Scotts, die De Blanks, miskien mense met goeie bedoelings, maar mense besiel deur die gees wat in Europa deur hulle ingedrink is, sommige selfs besiel met ‘n gees wat uit die verwerplike Kommunisme afkomstig is.

In hierdie land waar ons as ‘n Christelike volk met kennis van ons geskiedenis en van die natuur van die Bantoevolkere en die peil van hulle ontwikkeling, probeer om te doen wat reg en Christelik is, word ons verdoem uit monde wat eers moet kom leer voor hulle praat. Hulle sien nie raak dat net soos 120 jaar gelede, daar die duidelikste bewyse bestaan van ons gereedheid om billikheid en reg te laat geskied. Ek het verwys hoe Piet Retief gereed was om ‘n ooreenkoms aan te gaan. Ek voeg daarby dat na daardie Moordkoppie gebeurtenis Andries Pretorius, wat gekom het om straf uit te deel vir die wandaad, onderweg nog ‘n boodskap na Dingaan gestuur het. Indien Dingaan berou sou openbaar, sou die Voortrekkers nog vergewensgesind wees en nie die stryd tot die uiterste voer nie. Die boodskap was met minagting bejeën en daarom moes die slag van Bloedrivier plaasvind.

Net so is die blanke vandag op allerlei wyse gereed om geregtigheid aan die Bantoe te laat geskied. Die beleid van Suid-Afrika is om regte aan die nie-blanke in sy eie gemeenskap en in sy eie gebied te gee waar dit pas.

Weer is dit die blanke volk van Suid-Afrika wat die toestande ken, wat die enigste metode ontwerp het en volg wat vrede kan bring en geregtigheid aan almal bewys. Maar daarin word hy nie gesteun deur diegene wat van buite kom en hom nie begryp nie.

Hulle het die verdwyning van die blankedom reeds aanvaar as onvermydelik. Wanneer gepraat word soos in Europa en ook deur sommige in ons eie land, dat die oplossing van hierdie stryd geleë is in die samevoeging van alle mense – sogenaamde integrasie – begryp hulle nie dat dit nie eenwording is nie. Al wat sal gebeur is die vernietiging van die blankedom. Nie integrasie nie, maar disintegrasie – disintegrasie van die blankedom, van die beskawing en van die godsdiens wat ons geërf het, is die enigste gevolg.

Daarom, al kan ons nie meer trek nie, sê ons net soos die Voortrekker van ouds: “Ons kan nog stry”. En ons sal veg, al sou ons moet ondergaan. Ons sal vegtend bly vir die voortbestaan van die blanke aan die suidpunt van Afrika en die godsdiens wat aan hom gegee is om te versprei. En ons sal dit doen net soos hulle – man, vrou en kind. Ons sal veg vir ons bestaan en die wêreld moet dit weet. Ons kan nie anders nie. Ons staan soos ‘n Luther met die Hervorming, met die rug teen die muur. Ons veg nie om geld of goed nie. Ons veg om die lewe van ons volk.

Maar ons veg nie net vir ons volk nie. Ek is diep sielsoortuig dat ons veg vir die voortbestaan van die blanke beskawing. As ooit ‘n stryd tussen Oos en Wes moet kom, as Afrika ooit êrens sy gewig moet ingooi en dit ‘n beslissende gewig sal wees, dan sal Afrika se gewig aan die kant van die blanke en die Westerse nasies wees alleen as die idee waarvoor ons as ‘n volk staan, kan bly seëvier. Die blanke is aan die suidpunt van Afrika ‘n voorpos van die blanke beskawing en as sodanig die krag van die vegtende massa, vooruit geskuif daar waar die eerste aanvalle moet kom. Ons weet ons is ‘n klein nasie, maar ons weet ook dat ons in ons het die staal en die krag wat die Bloedrivier-triomf teweeg gebring het.

Wanneer jy in ‘n voorpos is en die gevaar sien wat kom, het jy die reg om boodskappe agtertoe te stuur na die leërs wat agter jou skuil. Daarom stuur ons die boodskap aan die wêreld daarbuite en sê ons vir hulle weereens daar is net een redding vir die blankedom van die wêreld. Dit is dat blank en nie-blank in Afrika elkeen sy regte beoefen binne sy eie gebiede.

Ons veg met alles wat in ons is want ons weet ons is ‘n nasie in wording. Ons weet ons is nog nie mas halfpad op nie. Ons weet ons is nog maar fondamentleêrs net soos die helde van Bloedrivier was. Ons weet ook ons is gewone mense met baie swakhede. Maar ons weet dat diegene wat geskiedenis maak soos hulle, en soos ons nou, geskiedenis maak van ‘n jong volk wat nog in die lente van sy lewe staan. As die fondamente reg gelê word, kan die mure sterk gebou word. En die fondamente wat ons lê probeer ons heg en sekuur lê. Ons probeer deur die klei grawe tot op die gruis en die rots, want die nasie van Suid-Afrika moet bestaan tot in verre tye vorentoe. Daarom laat ons ons ook nie tot oorhaastigheid of tot paniek drywe nie. Daarom bou ons op die enigste rots van nasies, naamlik die geloof en dieselfde reddende Hand wat Bloedrivier aan ons voorvaders besorg het. Ons bou in geloof, ons bou met krag want ons weet ons is nie doelloos hier geplant nie.

Waarom sou driehonderd jaar gelede blankes na die suidpunt van Afrika gelei gewees het? Waarom was die helfte van die land onbeset, waarom kon klein getalle mense so vermeerder en versprei raak oor die hele land? Waarom kon hulle, nieteenstaande hulle Moordkrans en Italeni, ook hulle Bloedrivier verkry? Waarom kon hulle hul vryheidsoorloë deurmaak en wen of verloor, tog as ‘n nasie bly voortbestaan? Waarom is dit alles aan ons gegee as daar nie ‘n doel is nie?

En ek glo dit is die doel dat ons hier vir die Westerse beskawing en die Christelike godsdiens ‘n anker en ‘n stutpunt moet wees. Die Westerse beskawing en die blankedom deurloop ook ‘n krisis, al sien hulle dit nie raak nie. Nog nooit in die geskiedenis, in elk geval die geskiedenis van die afgelope tweeduisend jaar, was die blankedom se posisie so in gevaar soos nou nie. Nie in gevaar weens sy gebrek aan kennis of mag nie, maar in gevaar vanweë dit wat in sy eie gees omgaan. Sy innerlike verswakking en verkeerde begrip van wat sy taak op aarde is. En daar moet soms klein groepe wees wat teenstand bied, wat uitgebou word totdat dit die hele volkedom omgryp.

Miskien is dit die doel met ons dat ons hier aan die suidpunt geplant is, binne-in die plek van krisis, om van hierdie weerstandsgroep uit weer die oorwinning te laat uitbou waardeur alles wat opgebou is sedert die dae van Christus, sal staande bly tot heil van die ganse mensdom.

Mag u krag hê, volk van Suid-Afrika, om die doel te dien waarvoor u hier gestel is!