HANDVES VAN WAARDES

HANDVES VAN WAARDES – Dawie Buitendacht

 

‘n Handves van Waardes (Bill of Morals), aanvullend tot die Handves van Regte, word vir Suid-Afrika beplan. Hoewel die inhoud nog nie bekendgemaak is nie, kan met redelike sekerheid aangeneem word dat dit ‘n waardestelsel sal omvat, toepaslik op almal in Suid-Afrika, wat ten eerste die nasionale gees van bandeloosheid moet bekamp, en tweedens die agenda van “nasiebou” moet bevorder. DAWIE BUITENDACHT het die saak van nader beskou.

 

Bandeloosheid

Suid-Afrika is besig om te wankel onder alle vorme van sosiale euwels. Dit wissel van Nigeriese dwelmhandel tot die verkragting van babas as kuur vir VIGS. Muti-moorde en geloof in die Tokkelos

is in die 21e eeu steeds dood normaal en die Minister van Gesondheid, bepleit gelykstelling tussen toordokters en huisdokters. Dít terwyl die land daagliks sy reputasie as wêreld-misdaadmekka gestand doen en die staat die burgery glad nie meer kan beskerm teen geweld en roof nie. Die blote idee dat ‘n “Handves van Waardes” hierdie probleme kan oplos, is sigself ‘n teken van die tyd en ‘n aanduiding van hoe weerloos en desperaat die staat eintlik staan voor hierdie sosiale tydbom. In Suid-Afrika het relativisme, die siening dat reg en verkeerd relatief tot ‘n persoon se persoonlike sienings is, gevolg op die Menseregte Handves. Relativisme het weer anargie veroorsaak soos dit die grense tussen reg en verkeerd vervaag het. Hierdie anargie wil die ANC probeer bind met die Handves van Waardes. Hulle wil dus die Handves van Menseregte se resultate besweer met die Handves van Waardes, wat beswaarlik meer onsinnig kan wees. Ons volk het by verre die meeste verloor soos die gemors toegeneem het. Die relativisme het geregtigheid so omgedop, dat primitiewe kriminele nie net oor die Boerevolk regeer nie, maar hom ook nou gaan voorskryf wat “moreel” is. Op hierdie laagtepunt is ons skole, media en kerke boonop die eiendom van die wêreld en vandaar, word ons gebombardeer met allerlei verwarrende en ondermynende boodskappe.

Nou is die waardestelsels van al die groepe in die land, ook die Boerevolk, al so afgetakel dat die regeerders meen dat almal nou gereed is vir die mensgemaakte Handves van Waardes.

 

Nasiebou

Nasiebou, die “nuwe nasionalisme” is rasvermenging. Dit word beplan dat ‘n Handves van Waardes ‘n middel sal wees “…for nationbuilding as it becomes a nationally recognised document of common values for South Africans that will cut across racial, economic and

other division.”. Dit moet dus rasgrense verder vernietig.

Nasiebou strek nie net oor rasgrense nie maar natuurlik oor geloofsgrense ook: “The Bill of Morals can also be based on biblical values (or values of all religious traditions) such as giving charity and acting with compassion”. Die Waarde-Handves sal dus nasionale geestelike riglyne wees, die onderhouding waarvan, die ideaal van ‘n raslose, gelooflose grys massa, of “nasie”, sal bevorder. Die Handves sal “…articulate a moral vision that can unify, uplift and inspire us to build a great society”.

 

Voorstanders

Die Handves word eerstens deur die National Religious Leaders Forum (NRLF) voorgestel, ‘n inter geloofsgroep van leiers uit die Baha’i, Boeddhisme, Hinduisme, Islam, Judaïsme en sg. Christelike denominasies. Hulle adviseer die ANC hoe om geloofsgemeenskappe

in te skakel en -span vir die agenda van nasiebou. Verder word die Handves vanuit die Joodse wêreld gepropageer soos op 3 April 2005 tydens die inhuldiging van die nuwe Hoof Rabbi, Warren Goldstein, wat ‘n doktorsgraad verwerf het met as tema die toepaslikheid van die Joodse Wet (Talmoedisme) op menseregte en moderne staatsreg.

 

In die gehoor by die geleentheid in die Sandton Sinagoge was onder andere regters, die Minister van Onderwys, die NRLF en Thabo Mbeki wat Goldstein heelhartig hierin ondersteun het. Dit

toon weereens die teikengroepe naamlik howe, geloofsgemeenskappe, skole, en regering.

 

Aanwending

Tydens die nuwe Hoof Rabbi se toespraak, het hy gemeld dat so ‘n Handves berus op die Talmoediese beginsel van Tikkun Olam, oftewel “genees die wereld”. Dit moet gedoen word deur die beginsels van “geregtigheid, meegevoel en vrede”, wat probleme soos voedseltekort,

dakloosheid, ongeletterdheid en verdrukking sal oplos. In praktiese terme kan dit beteken dat die Handves uitgebrei kan word na meer materiële gebare van “nasiebou”. Dit kan vertolk

word om dié wat het te forseer om te gee aan dié wat nie het nie, as synde hul “morele plig tot nasiebou”. Dis opmerklik dat daar ook uit blanke geledere stemme opgaan

wat bogenoemde ingesteldheid verwoord. So onlangs soos 24 April 2005 hoor ons Fanie Cloete van Stellenbosch Universiteit die volgende sê: “Die kern van die morele en religieuse transformasie in Suid-Afrika behoort regstellende aksie te wees in die vorm van onder meer konkrete reparasies op godsdiens-, morele, politieke, kultuur-, maatskaplike, finansiële en ekonomiese terrein. Hiersonder sal Afrikaners ander nooit kan oortuig van hul bona fide-spyt oor wat gebeur het nie, en sal werklike versoening vertraag of verhinder word.”

Is die Waarde Handves dalk ‘n middel om “konkrete reparasies” te forseer as synde “die kern van morele transformasie”? Die ANC word sterk gekritiseer vir sy onvervulde beloftes ten opsigte van dienslewering, behuising, “eradication of poverty” ens. Die ANC Religious Commission sê die volgende: “The ANC is committed to solve the sin of poverty. It seeks jobs, food, houses, water, electricity, schooling, for all”. Armoede is dus ‘n sonde en die Handves van Waardes kan ‘n metode wees om diegene wat volgens hul mening daardie sonde van armoede hier gepleeg/veroorsaak het, te straf met “konkrete reparasies” en terselfdertyd die ANC se

sosiale verpligtinge as regeerder op ander te plaas. Daar is geen amptelike tugmaatreëls sover bekend nie, maar ‘n mens mag redeneer dat dit ten minste riglyne van ingesteldheid tot

nasiebou sal afdwing (“greet warmly, speak gently and behave in a courteous manner”) en ten meeste ‘n mate van regsplig sal skep tot die onderhouding van die “have-nots”. In lg. geval is die vraag wat gevra sal word, waar beweerde oortreding plaasgevind het, of die individu sy morele verpligting teenoor die agtergeblewene nagekom het al dan nie. Dit kan absurditeite veroorsaak soos dat ‘n bedelaar ‘n welaf persoon kan verkla weens versuim om aan hom geld te gee, die verpligte inneem van straatkinders of selfs aanneming van Vigs wesies. Die Handves sal volgens die NRLF na voltooiing deur die verskillende geloofsgemeenskappe uitgedra word. Die NRLF redeneer as volg: “According to the Human Sciences Research Council’s surveys almost 80% of the people of South Africa trust their religious communities — the highest total of all institutions surveyed; they have the largest developed networks spreading into all the corners of South Africa, and they offer more than just administrative programme support — they are essential in the formation of values and value-systems in our broader society”. Dis ‘n taktiek wat skynbaar goeie resultate lewer want op 21 Oktober 2003 spreek hulle, hul tevredenheid uit oor vooruitgang gemaak in die skep van “getransformeerde individue”.

 

Naasteliefde

Die Bybel word voortdurend vanuit wêreldse kringe teen die blanke gebruik om hom te verswak. Begrippe soos “naasteliefde, versoening en vryheid”, word omskep in moderne toorspreuke wat vanaf gekaapte preekstoele, koerantblaaie en klaskamers uitgespreek word om ons volk te bedwelm. Die swakkes onder ons het die indruk dat dit Christelik en moreel is om die wêreld te gehoorsaam en dat daar grense aan die vyand se slinksheid is. Vir diesulkes, sal die Waarde Handves “heilig genoeg” wees. Die Handves sal ook baie duidelik opgestel word om die beeld van “heilig genoeg” te projekteer: “The Bill of Morals can also be based on biblical values

(or values of all religious traditions) such as giving charity and acting with compassion”. Die Handves van Waardes sal dus intergeloof beginsels in wetlike vorm wees, “heilig genoeg”, om dié wat “blind genoeg” is, saam te sleur na ras- en geloofsvermenging.

 

Die Skrif

Openbaring 13:12: “… en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid…”. Mandela stel bogenoemde soos volg: “… the ANC recognises that social transformation cannot be separated from spiritual transformation…” en elders “The transformation of our country requires the greatest possible cooperation between religions and political bodies, critically and wisely serving our people together. Neither political nor religious objectives can be achieved in isolation. They are held in a creative tension with common

commitments. We are partners in the building of our society”. Die ANB doen ‘n ernstige beroep op die volk om verootmoedigend erns te maak met die Skrif dat hulle staande kan bly en weerstand kan bied.