ANB Jeug “Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly”

Op 11 Februarie 2023 hou die Afrikaner Nasionalistiese Beweging sy eerste hoofbestuur vergadering vir die jaar te Pretoria, Innisdal.

Die vergadering, gelei deur Mnr. Carel van der Grijp, nuut gekose voorsitter van die ANB, het gefokus op die bou van die organisasie tot ‘n aktiewe beweging vir ons Christelike Nasionalistiese toekoms in Suid-Afrika!

Dit is dus gepas dat ‘n groep lewendige jongmense (lede en ook hoofbestuurslede van die ANB), gereedstaan om die toekoms aan te pak met moed en hoop vir die groei van Afrikaner Nasionalisme en die uitbou van die ANB.

Van links agter: Christo van der Grijp, Dirk Joubert, Roelf Martins, Hannes de Villiers
Van links voor: Frans Vorster, Meliné Roux, Lisa Vorster, Rencia Vorster, Magdha van der Grijp.

anb-jeug-beste