Teen ‘n heuwel langs die N1, noord van Potgietersrus, staan by die 3000 wit kruise, in kruisvorm gerangskik. Hier gedenk volksgenote in September die gruwelike moord op familie, vriende, kennisse, mede-volksgenote. Elke jaar bring hulle perde, vlae, bitter hartseer verhale en nog wit kruise. Want elke jaar sterf nóg onskuldiges.
Dit is ‘n diep emosionele ervaring – een van hartseer en woede, pyn en verontwaardiging …en ook van wanhoop. Want agter die geslote gesigte van volksmense wat daar by die kruise staan, heers ‘n stille radeloosheid.
Hulle voel in die steek gelaat – deur ‘die regering’, deur die polisie, deur almal. En hulle soek na uitkoms – enigiets wat die wrede aanslag sal beëindig.
Maar kom ons staan ‘n oomblik terug en bekyk die aanslag in geheel.
Wat is werklik besig om te gebeur?
Saadbedding voorberei
Suid-Afrika is soos ‘n saadbedding – reg vir die ‘saadjies’ om gesaai te word, met die oog op ‘n ryke ‘oes’. Die tuiniers? Dit is die manne met die geld – manipuleerders, met ‘n sinistere doelwit. Hul modus operandi? Skep die probleem, en bring dan die ‘oplossing’. Húlle ‘oplossing’. Want ‘n volk wat dink hy verdrink, gryp na enige strooihalm.
In kort:
1. Spit uit. Ruk ‘n volk tot stilstand – ‘n edel staatsman vermoor, sy naam (en ander) se naam besmeer, sy goeie beleid verdraai en verraai, wit en swart verarm en gefrustreer.
2. Gooi gif. Bring die dood – jong seuns sterf op die landsgrens, stedelike terreur, stygende inflasie, swart-op-swart geweld, wit op swart -geweld, druk vir ‘hervorming’ dmv propaganda op tv, verhoog, in koerante.
3. Gooi Kunsmis. Oorrompel met spoed – onwettige verkiesing, onwettige regime in naam van “vryheid”: gedwonge integrasie, toenemende wanorde, snel-groeiende misdaadbende-bedryf, wankelende ekonomie, dreigende hongersnood, gru-moorde op witman, -vrou en -kind op plase, in dorpe, stede, oral.
4. Gooi water. Verdrink ‘n volk met skuldgevoel – verkondig verdraaide geskiedenis, oorlaai met beskuldigings: Julle het… julle moes nie… julle verdien… “reverse-apartheid”. Wrywing en onmin tussen wit en swart.
5. Gooi saad. Die ‘oplossing’: begin oor – Trek, buiteland, Orania of Wes-Kaap toe! Trump, ons redder! Die res? Hou maar vir Suid-Afrika en vat julle Trump-pakslae. Moenie kla nie.
6. Samel die oes in. Watter oes? Ons kom daarby.
Vakbonde en organisasies
Solidariteit, Afriforum ( en Lex Libertas) staan bekend daarvoor dat hulle in die bresse tree vir die verdrukte. As oor hulle gepraat word, hoor mens altyd: Hulle doen ten minste iets.
Toe hierdie vakbonde gestig is, was die boodskap dat dit gaan om die regte van die witman, die Afrikaner. Maar kwalifiseer die rasegte Afrikaner, wat sy eie volk, land, taal, kultuur en geskiedenis lief het vir hulp?
Dit wil dit al meer lyk of die ‘Afrikaners in nood’ wat hulp ontvang, eintlik maar net mense is wat min of meer Afrikaans praat, en nie die Afrikaner nie.
Ernst Roets het in 2019 op die Afriforum webtuiste geskryf: “The ideology of white nationalism is one that should be both exposed and opposed. (It) essentially boils down to promoting the interests of white people, because they are white… AfriForum has always rejected and will always reject the ideology of white nationalism.”
Liefde vir jou eie (mense, land, volk, taal) eerste? Nee. Nooit. Nie vir Afriforum nie. En ook nie vir Ernst Roets, of Lex Libertas nie.
En in ‘n onderhoud met Hanlie Retief openlik verklaar dat hy ‘n “weersin in apartheid” het. So het hy ook by verskeie geleenthede gesê, dat witmans-eiendom ‘terug’ gegee moet word aan die sogenaamde swart verontregtes, om die “injustices” van die verlede reg te stel.
Aktiviste
Terwyl Roets nog ‘n groot Afriforum- voorman was, het die vakbond ‘n saak gemaak teen ‘n bekende swart aktivis, omdat sy ‘liedjie’ plaasmoorde aanhits. Nou word deur Roets se Lex Libertas, én Afriforum/Solidariteit, ‘n internasionale bewusmakings-aksie teen ‘plaasmoorde’ geloods.
Waarvoor en vir wat?
Hoe ontpop Roets nou as ‘n aktivis teen plaasmoorde? Ja, hy noem homself, ook in die onderhoud met Hanlie Retief, ‘n gebore aktivis. Tog verkondig hy dieselfde propaganda as swart aktiviste, oor ‘injustices’, apartheid, ‘white nationalism’, en ‘land reform’.
Verskil hy regtig met swart aktiviste wat maar net d.m.v. plaasmoorde die ‘injustices’ van die verlede probeer regstel? Volgens sy verklarings is hy immers van dieselfde opinie – ‘n veer aan ‘n vlerk van dieselfde voël?
Wat moet ons dink van die Amerika Witkruis-projek? Waarom voel dit asof sommiges besig is om agter hul hande te lag vir die hartseer van ons volksmense? Wie maak misbruik van ons pyn?
Amerika, kom red ons!
Toe Trump “die Afrikaners” uitgenooi het om na Amerika te vlug, het Afriforum en Roets vir almal vertel dat die Afrikaner wil bly. Maar intussen het hulle lang stukke met Trump gaan gesels oor hulp vir die verdruktes in Suid-Afrika. En ons weet dat Trump net ‘hulp’ sal gee op sy eie voorwaardes.
Die storie lui dat Amerika (en die res van die wêreld) nie ‘n benul gehad het van wat in Suid-Afrika aan die gang is nie, en dat ons daarom baie dankbaar moet wees dat die waarheid nou uitkom.
Maar die teenoorgestelde is waar. Die Amerikaanse regering is lankal besig met inmenging in die RSA se sake – meestal deur middel van die Coun_cil for Fo_reig n Rel at_ions (C F R), die C I A, Die A A I (Africa – American Institute) en ‘n organisasie genaamd U S S A L E P (Unites States – South Africa Leader Exchange Program).
Hierdie feite was reeds in die 1960’s bekend, en kort voor sy dood nog, het Dr Verwoerd gesê: “Hierdie ding moet gebreek word!” Maar nadat hy vermoor is, het John Vorster toestemming gegee dat Amerika met sy ‘hervorming’-inmenging mag voortgaan. So is daar dan agter geslote deure, besluit op metodes om Suid-Afrika se beleid van goeie buurmanskap, te vernietig.
Wie sorg vir die fondse?
Reuse somme geld is al gespandeer om swartmense op te rui, en witmense te ‘reform’. Ons praat van ‘leeskamers’ in Soweto (vol opruiende lektuur), swart “bevrydings”-organisasies (dws teroriste), voorbarige Amerikaanse raadgewers (veral Henry Kis_sin_ger was ‘n gereelde besoeker)…
Volgens die Citizen se verslag was meeste van die U ssalep-fondse vanaf die Rock_ef_eller en Ford F_oun_dat_ion. So is glo ook mildelik bygedra, deur geldmanne in Suid-Afrika: De_Beers, An_glo_Ame_rican, Ar_gus, SA Breweries, Re_mbr_andt, Die NG-Kerk, Rhodes Universiteit en Stellenbosch Universiteit en ene mnr Herrie Oppe_nhe_imer.
Wat van vandag? Wie sorg vir die fondse? Aktiviste betaal beslis nie verhoog-, reis- en projek-onkostes uit eie sak nie. En hul bankrekeninge groei nie van donasies deur swart of wit verontregtes nie. Die wat hul beywer vir die “regstelling” van sogenaamde “onregte van die verlede” gepleeg deur ‘die Afrikaners’, regs of links, se fondse kom hoogs moontlik van dieselfde bron.
Opsny en afskei
Die VSA, het dus reeds in dr Verwoerd se tyd ‘n plan help optrek waarvolgens Suid-Afrika in stukke opgedeel en uitgedeel gaan word. Reservate, Balkanstate, Volkstate – noem dit wat jy wil. Die propagering van Wes-Kaap, Zoeloeland en Orania begin sin maak. (En let maar op na wié dit propageer.)
Hoor wat skryf Dr. Albert Hertzog, eerste leier van die HNP, in sy boek, Oproep tot die Stryd, onder die opskrif: Amerika se metodes om sy doel te bereik .
“Om die seggenskap van die Afrikaner oor sy eie land af te takel en om die Witman uit te lewer aan daardie soort Swartes wat Amerika meen hy kan maklik hanteer en eksploiteer, gebruik Amerikaners elke moontlike metode:
Amerika is daarop uit om eers die hele suidelike Blanke Vesting (Suid-Afrika, Rhodesië, Mosambiek, Angola, en Suid-Wes Afrika) af te breek. Dan moet Suid-Afrika se eie grondgebied opgebreek word in losstaande onafhanklike staatjies wat Amerika altyd teen mekaar kan afspeel en opsteek en waarmee hy die Witman kan verlam en vernietig.
Om die gees en die trots van beide die Witman en die Swartman af te breek totdat geen van beide meer ‘n selftrots of geestelike krag besit nie, word elke ras se godsdiens en sy tradisies en eergevoel afgebreek en bespotlik gemaak.
Daarom breek hulle apartheid af, daarom druk hulle Swart en Wit tussen mekaar in, in dieselfde grondgebied, teaters, hotelle en spanne op sportvelde.
En daarom tegelykertyd steek (hulle) tesame almal teen mekaar op: Wit teen Wit, Swart teen Wit en Swart teen Swart.”
Is dit waarom die Amerika-witkruis-projek so omstrede is? Wit teen wit, swart teen wit…?
Maar waarom?
Ds. GA Zuiderveld skryf in 1968:
“Wat is die agtergrond van die haat teen Suid-Afrika? Die binnelandse politiek van die nasionalistiese regering..? Absoluut nie. Dit is slegs ‘camouflage’ en bedrog… Sosialisme en kommunisme gee die toon aan, rooi agitators hits die volke om te breek met alles wat aan God en Christendom herinner… ‘n Volk met ‘n Christelike lewensbeskouing en Calvinistiese belydenis is ‘n gruwel in hul oë.
(Maar) weet u wat die ergernis van die rooi maghebbers in die wêreld teen Suid-Afrika nog meer opwek? Dat die Republiek so ontsaglik ryk is…”
Die Oes
Hierdie pragtige land van ons is ryk aan begeerlike minerale… Ons weet nie eers hoé ryk nie. Dit alleen is genoeg rede om Suid-Afrika in die ongeluk te stort… en dan te kom ‘red’.
Die manne met die geld, soek altyd meer en meer. Want geld is mag. En die oes is ryk.
So, wat beteken dit dat witkruise, geplant is voor ‘n Amerikaanse gedenknaald, in Amerika…? En dat ons mense se diepe hartseer so misbruik word vir ander se gierige planne?
Dit beteken dat ons maar netsowel die voorbeeld kan volg van ons dapper voorgeslagte en net soos hulle, ons hoop vestig op ons eintlike en enigste Redder. Ons God is die God van Bloedrivier en Majuba!
Hou vas en vertrou
Laat ons VASHOU…
…al stywer vashou aan ons Godgegewe erfgrond.
Die vyand wil ons wysmaak dat dit beter is, ter wille van vrede en geluk, om maar te laat los en te laat gaan… Dat ons nie ons land moet stel bo menselewens nie. Dat ons moet “oor begin” – in ‘n volkstaat, reservaat.
Nee, nee. Dit is nie hoe dit werk nie.
Die Here het hierdie Afrikanervolk gemaak om Hom te dien. En Hy het aan ons hierdie Afrikanerland gegee om Hom mee te dien. Hý alleen is die rede vir ons volk én land se bestaan.
Daarom is hierdie land steeds ons land, al is dit aan diewe en moordenaars oorhandig – ons weet, die manne met die geld kan net sover gaan as wat God hul toelaat.
Kom ons plant ons voete stewig op Kaappunt, Vegkop, Bloedrivier en Majuba. Kom ons maak huis skoon van afgode en eiewilligheid. Kom ons keer terug na ons Calvinistiese wortels, en vertrou op God alleen.
Want “…die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal (hulle) weer in ons hand gee…” (1 Sam. 17:47)
