Author Archives: HoofANBredakteur

Regse Verraad (Deel 1)

Hierdie is die eerste deel van die uitgebreide artikel oor die verraad wat gelei het tot die verlies van die politieke mag van die Afrikaner. Gaan hier na deel 2.

Regs en Links

Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke verdeel in twee groepe – dié wat vanweë ‘n diepgewortelde volksnasionalisme konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 18oo’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde nasionalistiese kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak.  Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.

Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in, Sy dryfveer: die drang na vryheid – om homself te kan wees en oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste vind onder Britse oorheersing, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.      

Anglo-Boere-oorlog

Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Anglo-Boereoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.

Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer het die konserwatiewe Bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.

Die Afrikaner is oorwegend konserwatief

Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie nasionalistiese konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n brabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word. 

Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.

Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme

Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Op die vryheidspad van die Afrikaner was die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.

Eerste afwykings

Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting  sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.

Voete van klei

Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician…’ Direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in…

Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi het opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.

Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke

Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en  orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.

Praat na regs, doen na links

Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : Eie skole, eie woongebiede gebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.

FW hervorm koorsagtig

Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op die 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront!) De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.

Die politieke gety draai skerp teen die regering. Momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus. Daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Sonder twyfel sou die Nasionale Party met daardie verkiesing ontsetel geword het. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing in doodsgevaar verkeer het.

Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings

Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie kon oorleef nie.  In reaksie hierop kondig FW de Klerk enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.

Vervolg in deel 2

Regse Verraad (Deel 4)

Hierdie is deel 4 van ‘n uitgebreide artikel oor die verraad wat gelei het tot die verlies van die politieke mag van die Afrikaner.

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Die boodskap wat die Volksfront-leiers aan die Afrikaner wou deurbring deur die Bophuthatswana-fiasko is hard en duidelik oorgedra: waag militêre weerstand en hierdie sal julle uiteinde wees! Dit is die beste verwoord deur regter Kriegler, wat ook die voorsitter van die verkiesingskommissie van die ’94-verkiesing was met die woorde: “Three of them were shot like dogs in the glaring publicity of television lights and cameras. That had a n enormous effect on the right-wing willingness to resist the elections further by means of violence and terrorism.”

Vryheidsfront die uitweg

Nou is die weg geopen om ‘n ander uitweg te soek – Viljoen sou ‘n politieke party stig (die Vryheidsfront) en dan aan die verkiesing gaan deelneem. Nodeloos om te sê was die ondersteuners van die Volksfront verslae en verlam nadat hul leiers hulle in die steek gelaat het. Die “generaal” – die militêre leier van die Boerekrisisaksie. Daar is breedvoerige militëre planne uitgewerk, hulle was slaggereed om dit in werking te stel, maar skielik is hulle leierloos. Hulle leier het besluit om dít te gaan doen waarvoor hy hulle tot nou toe opgeroep het om met wapengeweld te beveg. Hulle was gereed om die verkiesing van 1994 geheel en al te ontwrig. Maar die angel is effektief deur hierdie verraad uit die regse weerstand gehaal.

Patriot noem generaals verraaiers

Die teleurstelling het wyd geloop. Ons hele land, die toekoms van ons kinders is deur hierdie daad van verraad vernietig. Die Patriot, mondstuk van die KP se voorbladberig van die 18 Maart 1994-uitgawe berig toe onder die opskrif: VOLK VERWERP GENERAALS as volg:

“Die Afrikaner-Boerevolk het nou net mooi genoeg gehad van politieke verraad deur mense met wit velle en nadat Generaal Constand Viljoen lynreg teenoor talle beloftes deur hom van nie-deelname aan die gewraakte verkiesing van 27 April, wat die volk slawe sal maak in ‘n Kommunistiese Satansryk, nogtans voorwaardelik op eie houtjie vir die verkiesing gaan registreer het, eis ‘n woedende Afrikaner-Boerevolk die onmiddellike daarstelling van ‘n onafhanklike Volksrepubliek.”

Ferdi part en deel van verraad

Min wetende dat hul eie leier, dr. Ferdi Hartzenberg en talle van die koukuslede van die KP soos Corné en Pieter Mulder, Tom Langley, Koos Reyneke, Piet Gous, Dries Bruwer en helaas ook die ondervoorsitter, dr. Willie Snyman ten diepste deel uitgemaak het van die verraad. Bogenoemde uitgawe van Patriot wat genl. Viljoen uitbeeld met ‘n NP-embleem op sy voorkop, word toe deur dr. Hartzenberg persoonlik herroep en verban. Hy was duidelik besig om Viljoen se eer te probeer red omdat hyself net so diep by hierdie verraad betrokke was.

Nuwe verraad 30 jaar later

Die hartseer ironie is dat vandag, ‘n goeie 30 jaar na hierdie gebeure waar ons volk deur wolwe in skaapsklere uitverkoop is, daar opnuut pogings tot misleiding van die konserwatiewe Afrikaner van stapel gestuur word. En, glo dit of nie, nog met aanwending van hierdie selfde verraads-dokument, die Afrikaner Akkoord! Die rede waarom ‘n nuwe misleiding genoodsaak word, is die herontwaking van die Afrikaner-nasionalisme onder ons volksgenote – dikwels juis onder die jonger geslag. Hulle verstaan nie waarom ons vreemdelinge en bywoners in ons eie land moet wees nie. Hulle verdien dit dat die volle waarheid oor die verraad van 1994 aan hulle beskikbaar gestel word – juis ook om te voorkom dat hulle nie opnuut mislei word met beloftes van “Selfbeskikking” wat deur die “Afrikaner Akkoord” (nogal) vir hulle beding sal word nie

Lank lewe Afrikaner-Nasionalisme

Hierdie ontwaking van die nasionalisme in ons volk laat koue rilling langs liberale ruggrate afvloei. Daarom begin hulle weer om met ywer die doodgebore Afrikaner-Akkoord-dokument – wat na 30 jaar nog nie eers 30 vierkante sentimeter se “Volkstaat” kon beding nie – opnuut af te stof, asof hulle lewe in dié dooie ding kan blaas!

***

Hierdie artikel is ‘n poging tot ‘n oorsigtelike kyk na die verraad wat deur volksleiers gepleeg is om die oordrag van mag, die weggee van ons eiendom, sonder ons toestemming, moontlik te maak. Die bedrogspul staan bekend as die IDASA-komplot. Die intriges waarvan nog vele hoofstukke oor geskryf gaan word.

Mnr. Jaap Marais het homself oor hierdie verraad as volg uitgelaat:

Ons is nie verower omdat ons versleg het nie, maar omdat daar verkeerde leiding was en samewerking met mense wat nie die beste belang van die Afrikanervolk op hulle hart gehad het nie. Daarom het die Afrikaner bloedloos en eerloos oorgegee aan ‘n terroristebende. Deur die IDASA-komplot is hy bedrieg, Die Afrikaner is uitverkoop sodat dit vir hom onmoontlik was om hom daarteen te verset.

Maar hy het ook hiérdie besielende woord tot ons volk gespreek:

Die stryd dryf die Afrikanervolk weer deur die smeltkroes. In die hitte vind weer suiwering plaas. In die branding word die harde kern nog harder gebrand. In die pyn word die bande van liefde nog sterker gesmee. Boontoe en binnetoe, Gebed en selfsuiwering. Geloof en verinniging. Dit is wat die Afrikanervolk weer in sy hart hernieu.

Deel 5 gee meer besonderhede in hoe mate die AVF gebruik is as voertuig tot misleiding wat gelei het tot die skepping van die Afrikaner Akkoord en die deelname (oorgawe) van ‘n groot deel van die Afrikanervolk en die blanke in SA aan die veelrassige verkiesings vanaf 1994.

Regse Verraad (Deel 3)

Hierdie is deel 3 van ‘n uitgebreide artikel oor die verraad wat gelei het tot die verlies van die politieke mag van die Afrikaner.

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Amerikaners berig oor AVF – ANC ooreenkoms

Op 24 September 1993 verskyn ‘n berig in die Amerikaanse Christian Science Monitor wat dit stel dat genl. Viljoen geheime samesprekings met die ANC voer en dat in dié onderhandelings ooreengekom is dat die Afrikaner Volksfront aan die April 1994-verkiesing sou deelneem en dit daarom nie sou ontwrig nie! Dit terwyl aan die ondersteuners van die Volksfront deur hierdie leiers voorgehou is dat hulle De Klerk sou stuit!

AVF wil deelneem aan 1994-verkiesing

Op 18 November 1993 vind verdere geheime onderhandelinge met die ANC plaas by Farm-Inn buite Pretoria. Die CDP het hierdie kuiertjie op koste van IDASA gereël. Hiertydens hou Viljoen ‘n geskrewe toespraak namens die AVF waarin namens die Volksfront verklaar word:

“On the part of the AVF we undertake to encourage the parties to participate in the process leading up to the Universal Election and in the Election itself with a view of actively promoting the succesful transition to a system of democratic rule in the whole of South-Africa, as well as in all measures to be undertaken to ensure greater stability and peace in all communities, in the reconstruction of the economy and in the establishment of the rule of law and the protection of universal human rights for all citizens” (Eie beklemtoning)

Volksfront-lede onbewus van beloftes aan ANC

Intussen berei strukture en onderafdelings van die AVF soos die Boere Krisis-aksie (BKA) voor vir gewelddadige opstand, min wetende dat hulle leiers reeds glasies klink met die vyand oor die voleindiging van hul verraad teen hul eie volksgenote. Op 30 Januarie 1994 verwoord die ANC self wat agter die skerms aan die gang is in die Chicago Tribune : “It is our aim to keep the right wing talking for as long as possible in order to prevent a White backlash.”

KP-leiding heul nou ook met ANC

Op die 3de Desember 1993 lei Ferdie Hartzenberg ‘n afvaardiging saam met die ondervoorsitter van die KP, dr. Willie Snyman in ‘n geheime beraadslaging met die ANC se Nelson Mandela en Thabo Mbeki. Die KP-mondstuk, Patriot, berig self in ‘n misleidende artikel daaroor in die uitgawe van 10 Desember 1993. Maar die amptelike KP-standpunt was in 1991 nog dat deelname aan onderhandelinge met die ANC verraad is. Hoe gebeur dit dat die KP-standpunt in die kort bestek van 2 jaar ‘n 180-grade omkeer maak? As dit in 1991 verraad is, wat noem mens dit in 1993?

Memorandum van Ooreenstemming tussen AVF en ANC

Op 21 Desember 1993 bereik die Volksfront en die ANC ‘n “Memorandum of Agreement between the African National Congress and the Afrkaner Volksfront”

Hierdie memorandum sou later die hoofdeel uitmaak van die “Afrikaner-Akkoord” wat enkele dae voor die 1994-verkiesing onderteken is, en wel as die Appendiks (Hoofstuk 3 en verder) tot die “Afrikaner Akkoord”. Let wel, dit is dus hierdie ooreenkoms, soos gesluit deur die geheime geknoei tussen die leiers van die Volksfront en die ANC, wat uiteindelik die hoofdeel van die Afrikaner-Akkoord uitmaak.

Die aanhef van die memorandum lees as volg:

The delegations of the African National Congress and the Afrikaner Volksfront have met on numerous occasions to discuss matters arising from the political transition in South Africa.

Dit lys dan ‘n reeks sake waaroor tussen hulle ooreengekom is:

Onder punt 1.2:  “…a suitable political solution can be found throuh a process of negotiations … This is a crucial commitment which will help in adressing the entrenched mistrust and antagonism which exists between supporters of the Afrikaner Volksfront and the African National Congress”

1.4: “Though the two parties do not share a common position on the proposed schedule for the transitional process they have agreed that a strategic agreement, adressing matters of mutual concern, ought tot be entered into. This will facilitate the implementation of the transitional process and the conduct of the elections on 27 April 1994 (My nadruk)

2.1: “South Africa should be the home to all its inhabitants who share a common future, based on peaceful co-existence, economic interdependance and constitutional governance.”

2.4: “They agree that the aspirations of many Afrikaners to govern themselves in their own territory should be adressed. Accordingly they agreed that a joint working group be established for this purpouse, bearing in mind the call made by Dr Mandela, Dr Hartzenberg and General Viljoen for a solution which entrenches reconciliation, prevents conflict, and facilitates cooperation among all people.” (My nadruk)

2.6: “The AVF, having accepted the ANC’s good faith, has undertaken to actively discourage any action calculated to destabilise the tranitional process. The culmination of ths strategic agreement into a final settlement before end January 1994 will enable the AVF and its affiliates to consider participation in the transitional stuctures and process, as well as in the elections as scheduled to be  held on 27 April 1994.” (Eie beklemtoning)

In hoofstuk 4 word gehandel oor die Volkstaat wat gestig sou word. Onder die hofie “Citizenship” lees die memorandum: “Any form of derived citizenship intended for persons residing in a possible Volkstaat will not be racially based and shall be compatible with internationally accepted norms.” (My klem)

Hoofstuk 5, Punt 5: “Self-determination will serve the purpose of building the state and not cause the dislocation of the state. It should facilitate peace and not conflict .”

Afgewaterde Volkstaatjie

Geen ondersteuner van die Volksfront sou tevrede wees met dié tipe van selfbeskikking nie! As hulle geweet het watter tipe Volkstaat hul leiers besig was om vir hulle te “onderhandel” sou hulle hierdie leiers summier verwerp het. Daar is egter geen twyfel dat hierdie geheime onderhandelings die laagste vorm van verraad is nie. Sonder die meewerking van die verraaier-leiers van die Volksfront en KP sou die oordrag van mag na die kommunistiese ANC nie kon plaasvind nie. Die Volksfront (kamtig gestig in opposisie teen die Nasionale Party) was deur die bestuur van die leiers van dié organisasie ironies genoeg die belangrikste skakel in die oordrag van mag deur die Nasionale Party. Die leiding van die AVF was dus niks minder nie as ‘n verlengstuk van die NP-regering. Dit sou later deur twee getuies aan die lig gebring word dat Genl. Viljoen en FW de Klerk elke Sondagaand saam beraadslag het aan huis van de Klerk, Libertas Pretoria.

AVF-leiers belieg BKA

Ten spyte van hierdie Memorandum van Ooreenkoms wat teen die einde van Desember al bereik is, spreek Constand Viljoen en Ferdi Hartzenberg op 15 Januarie 1994 leiers van die Boerekrisisaksie (BKA) (die militêre arm van die AVF) naby Winburg bedrieglik toe. In sy toespraak sê genl. Viljoen drie maal “die tyd vir optrede is nou”. Maar skaars 3 weke voor hierdie vergadering het hy en Hartzenberg reeds met die ANC ooreengekom en hulleself verbind tot ‘n vreedsame oorgawe en selfs tot deelname aan die verkiesing!

Viljoen as verraaier uitgejou

Twee weke na hierdie vergadering, op 29 Januarie 1994 spreek Hartzenberg en Viljoen ‘n massa-volksvergadering toe op die Pretoria Skouterrein. En hierdie slag pleit genl. Viljoen by die aanwesiges dat hulle moet deelneem aan die verkiesing! Hy word uitgejou en toegesnou as verraaier. Om dinge te vererger berig Rapport van 6 Februarie 1994 dat dr. Hartzenberg mnr. Eugene TerreBlanche wat ook ‘n lid van die AVF was probeer oorreed het om aan die April-verkiesing deel te neem. TerreBlache het die voorstel met minagting en afsku verwerp.

Gaan die AVF nou skeur?

Die Volksfront-leiding was nou oënskynlik verdeeld – met Hartzenberg wat enduit die nie-deelname-aan die-verkiesing vaandeldraer was, en Viljoen wat hom nou vir deelname daaraan beywer het. Agter die skerms is egter reeds deur die hele AVF-leiding ondernemings aan die ANC gegee vir ‘n vreedsame oordrag van mag, en is selfs ook ‘n onderneming tot deelname aan die verkiesing gegee. (sien punte 2.4 en 2.6 onder die hofie: Memorandum van Ooreenkoms tussen die AFV en ANC). Hierdie skynheilige optrede sou deur die Volksfront-leiers voortgesit word ten einde aan die een kant te kan voldoen aan hulle belofte aan die ANC en andersyds sy ondersteuners te paai dat dit steeds die AVF se plan is om die oordrag van mag te stuit. Nooit is Viljoen deur die leier van die Volksfront, Ferdie Hartzenberg gerepudieer nie – hy kon ook nie, Viljoen het bloot die nie-amptelike, dog ware beleid van die AVF-leiding verkondig.

Bophuthatswana – operasie tot ontmoediging

Met die politieke onstabiele situasie in Bophuthatswana in 1994 het hul leier, Lucas Mangope genl. Viljoen genader om militêre hulp aangesien sy land besig was om onregeerbaar te raak vanweë stakings waaraan die Bop-polisie ook deelgeneem het. Viljoen reël toe met die Boerekrisisaksie (BKA) om ‘n mag van sowat 4500 man daar te ontplooi ten einde orde te herstel. Die val natuurlik vreemd op dat Mangope nie die Suid-Afrikaanse Weermag genader het om hulp nie. Maar hierdeur is die ideale geleentheid geskep waardeur die Volksfront se wil tot militêre weerstand lamgelê sou word. Die manne word opgeroep om sonder wapens Bophuthatswana binne te val met die belofte dat wapens daar aan hulle voorsien sal word. Bid jou dit aan! Daar het natuurlik dadels van gekom. In die eerlose onttrekking wat hierop gevolg het is 3 manne van die AWB koelbloedig doodgeskiet ten aanskoue van die hele wêreld nadat ‘n hele span verslaggewers “toevallig” (dalk eerder strategies) op daardie spesifieke plek ontplooi is sodat beeldmateriaal van dié grusame moorde die wêreld ingestuur kon word. Die drie gewonde, ontwapende manne word elk met twee skote deur ‘n Bophuthatswana polisieman uit sy R4 doodgeskiet.

(vervolg in deel4)                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                         

Regse Verraad (Deel 2)

Hierdie is deel 2 van ‘n uitgebreide artikel oor die verraad wat gelei het tot die verlies van die politieke mag van die Afrikaner.

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis was ‘n lid van die topbestuur van die Konserwatiewe Party (KP). In ‘n onderhoud wat kort voor sy dood met hom gevoer is erken hy dat die algemene konsensus onder lede van die KP-koukus was dat hulle (die KP) ‘n Blanke algemene verkiesing sou kon wen. Met die aankondiging dat ‘n referendum gehou gaan word is die KP-koukus byeengeroep om ‘n besluit te neem oor deelname daaraan of nie. Daar is toe ‘n gelykoptelling van stemme, met Andries Treurnicht wat as leier die beslissende stem moes uitbring. Derby-Lewis reken dat Treurnicht toe die “grootste fout van sy politieke lewe” gemaak het deur ten gunste van deelname aan die referendum te stem.

Marais ywer vir algemene verkiesing

In die voorafgaande maande het die leier van die HNP, mnr. Jaap Marais, herhaaldelik oproepe op die KP-leiding gedoen om ‘n algemene verkiesing af te dwing deur die bedanking van hul setels deur al die KP-volksraadslede. Die reeks tussenverkiesings wat hierop sou volg sou onteenseglik toon dat die NP se steun drasties afgeneem het.  Dit sou die bewys wees dat die Blanke kiesers die grondwetlike hervormings waarmee die regering besig was verwerp en dat hy daarom nie ‘n mandaat van die keisers geniet om daarmee voort te gaan nie. Die hou van ‘n Blanke algemene verkiesing sou dus deur hierdie skuif afgedwing word. En soos vroeër gemeld, was daar algemene konsensus dat die NP dan ontsetel sou word. Selfs Constand Viljoen verklaar op 18 Augustus 1993 dat ‘n algemene verkiesing met 50 tot 60 persent gewen kan word.

Hierdie skuif sou die enigste oorblywende demokratiese weg wees waardeur die Nasionale Party se verraad gestuit kon word. Maar ten spyte daarvan dat die KP geweet het dat so ‘n verkiesing gemaklik gewen sou kon word, het Treurnicht daarteen besluit.

Vanuit geheime kringe kom geheime planne

Intussen is uit Regerings- en Inligtingskringe  ‘n fyn-bedinkte komplot gesmee ten einde te verseker dat hul planne van verraad teen ons volk enduit gevoer sou word, en dat dit nie deur regse verset in die wiele gery sou word nie. In hierdie komplot het generaal Constand Viljoen die sentrale rol vervul. Die regse verset wat besig was om sterk momentum op te bou en wat kon lei tot gewapende weerstand moes deur sy toedoen verhoed word. Daarbenewens moes die aandrang vir die hou van ‘n Algemene Verkiesing geheel ontmoedig word.

IDASA

IDASA is die afkorting vir The Institute of Democratic Alternatives in South Africa. Die instituut is in 1986 deur Frederick van Zyl Slabbert (voormalige leier van die Progressiewe Federale Party – nou die DA) in die lewe geroep. Hulle is befonds deur George Soros wat steeds wêreldwyd in lande se interne politieke sake inmeng.

Linkses ontmoet verbanne ANC in Dakar

In 1987 reël IDASA die Dakar-konferensie met die verbanne ANC. Prof. Abraham Viljoen (broer van Constand Viljoen) en Theuns Eloff (later uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting) was onder die groep liberaliste as lede van die Suid-Afrikaanse Afvaardiging. Let wel, op hierdie tydstip was die kommunistiese ANC wat gewapende terroriste-aktiwiteit teen ons land gepleeg het en honderde mense vermink en vermoor het deur bomontploffings soos die Kerkstraatbom in 1983 en ander terreurdade ‘n verbode organisasie. Dit kon dus as hoogverraad beskou word om met hulle sameprekings te voer.

Conservative Dialogue Program van IDASA

Hierdie selfde volksondermynende ver-linkse organisasie, IDASA, roep in 1992 die Conservative Dialogue Programme (CDP) in die lewe. Die CDP se doel was om regse leiers (waarvan meeste nié so regs was nie) te beïnvloed en hulle te bestuur ten einde te verseker dat De Klerk se verraad nie deur die opbouende regse verset ontspoor word nie.

AVF is CDP se baba

Een van die belangrikste projekte van die CDP was die stigting van die Afrikaner Volksfront (AVF) op 19 Mei 1993. Die doel was om ‘n sambreel-organisasie vir al die regse organisasies daar te stel, met ‘n bestuur wat deur IDASA se CDP beheer word. Generaals Constand Viljoen en Tienie Groenewald sou hierin leidende rolle vervul. Groenewald het aan die Sunday Times van 2 Mei 1993 bevestig dat die leiers van die KP “die generaals” gevra het om die “twistende regse faksies” byeen te bring en voeg dan daarby dat die eerste vergadering van regses (20 April 1993) – as aanloop op die stigting van die AVF die 19de Mei – die vrug was van “months of lobbying behind the scenes”.

CDP-oogmerke en betrokkenes

Van Zyl Slabbert van IDASA skryf op 14 September 1993 as volg aan Hans Daerr in Duitsland:

“The project [die CDP] is of critical importance in avoiding bloodshed in South Africa and promoting effective negotiations. Project purpouse: to promote and sustain dialogue between the centre right, i.e. the Afrikaner Volksfront and the ANC”

Oor wie hieraan deelneem skryf hy verder:

“The most likely persons involved – Afrikaner Volksfront – Genl. Constand Viljoen, Genl. Tienie Groenewald, Genl. C. Visser, Dr. Piet Gous [Vrystaat Landbou-Unie], Dries Bruwer [Transvaal Landbou-Unie]. ANC – Mr. Thabo Mbeki, Mr. Jacob Zuma, Mr. Mdadla.”

AVF se aard verraai

Hierdie val natuurlik uiters vreemd op, want die regse kieser wou glad nie met die ANC onderhandel nie. Juis omdat hulle die onderhandelings verwerp het was hulle nou ondersteuners van die AVF wat, volgens die Suid-Afrikaanse aanlyn-geskiedenis “… gestig [is] deur 21 Afrikanerorganisasies as gevolg van die toenemende behoudende teenstand teen die veelparty-onderhandelinge wat in Kemptonpark aan die gang was”.

IDASA het dus deur sy CDP geknoei om te verseker dat die Afrikaner Volksfront wat in die lewe geroep sou word se leiers reeds besmet is met “avoiding bloodshed in South Africa and promoting effective negotiations”. Hierdie (ver)leiers moes soos die NP handel: Praat na regs – om jou ondersteuners te paai en te laat glo dat jy hulle belange dien, terwyl jy in die geheim na links doen ten einde sekere vooropgestelde doelwitte te bereik. Omdat dit duidelik was dat die Blanke kieser nie die NP se hervormings gesteun het nie en bereid was om dit met wapengeweld teë te gaan, moes die AVF in die lewe geroep word met ‘n leierskorps wat in die hande van die NP sou speel. Dit het die onmoontlike – om ‘n konserwatiewe volk se land en politieke mag van hom weg te steel – moontlik gemaak.

Geen Algemene Verkiesing!

IDASA se CDP moes ook verseker dat die regses nie aandring op ‘n algemene verkiesing nie, aangesien dit ‘n einde sou bring aan die “hervomings” waarmee De Klerk besig was, hervormings wat uiteindelik tot die val van Blank Suid-Afrika sou lei.

Reeds op die tweede vergadering (7 Mei 1993 te Potchefstroom) as aanloop tot die stiging van die Afrikaner Volksfront is beklemtoon dat die AVF téén die afdwing van ‘n algemene verkiesing is. Enkele maande later sou dié standpunt bevestig word en is selfs besluit “dat die moontlikheid van ‘n algemene verkiesing onder blankes nie eens bespreek mag word nie”. Dit val natuurlik baie vreemd op omdat hierdie die maklikste manier sou wees om die onderhandelinge met die kommuniste oor ons eiendom en politieke mag stop te sit en dit was ook die enigste wyse waarop die NP se oorgawe op ‘n vreedsame wyse gestuit kon word. Daarom kan met reg gevra word: maar wat was die doel van die stigting van die AVF dan wel? As organisasie waarvan bereken is dat hy meer as een miljoen lede gehad het, het die AVF uiteraard oor hoë bedingingsmag beskik. Waarom is hierdie mag nie uitgeoefen nie? Waarom is die aandrang tot die afdwing van ‘n algemene verkiesing reeds vanaf die heel eerste vergadering deur die inisieerders van die AVF afgeskiet?

AVF-leiers gekaapte gekooptes

Die antwoord op hierdie tergende vrae lê opgesluit daarin dat die AVF sy ontstaan gehad het in die binnekamers van IDASA se CDP. Van meet af aan was daar agter die skerms gekonkel om leidende persone in die regse politiek asook afgetrede militêre leiers te betrek om IDASA (‘n verlengstuk van die Nasionale Party) se sinistêre doelwitte te bereik. Die ondersteuners van die Volksfront is verraai deur hierdie gekoopte leiers. Die leiers van die AVF het nooit die ondersteuners van die organisasie se sentiment gedeel nie, al het hulle voorgegee dat hulle die ondersteuners se belange dien.

Geheime AVF-onderhandelings met ANC

Onderhandelinge met die ANC-SAKP bende deur die AFV-leiers het in Augustus 1993 in die geheim afgeskop. As die ondersteuners hiervan moes weet sou hul die AVF-leiding verwerp en waarskynlik tot geweld oorgegaan het. Op 12 Augustus 1993 ontmoet genl. Viljoen Mandela aan dié se huis in Houghton, Johannesburg.

Later van tyd, in die jaar 2001 het Viljoen aan Max du Preez van die Sunday Independent gesê dat teen daardie tyd (Augustus 1993) die twee landbouleiers, Dries Bruwer en Piet Gous – albei prominente lede van die Volksfront-leiding – reeds in samesprekings met die ANC betrokke was. Dié samesprekings met die ANC is bemiddel deur Jurgen Kögel van IDASA. ‘n Jaar vroeër reeds (Maart 1992) het prof. Viljoen van IDASA gerapporteer dat hy goeie kontak bewerkstellig het met twee vooraanstaande lede van die KP, mnr. Dries Bruwer en dr. Piet Gous, en dat met hulle hulp dit nodig was om “programme van aksie te implementeer wat die wyds moontlike trefkrag sou hê”. Hierdie was ‘n jaar vóór die stigting van die Volksfront. Só is leiers geïdentifiseer en voorberei vir die misleidings-opdragte wat hulle in die AVF sou uitvoer.

(vervolg in deel3)                                                                                                                                                                                                                                                                                 

Die Verraad wat ons Politieke Mag vernietig het

2024-09-11

deur ANB Nuusbrief Redaksie

Die opspraakwekkende artikel wat hier volg werp lig op die verraad wat teen ons volk gepleeg is en wat daartoe gelei het dat die Afrikaner beheer oor die politieke mag van sy land verloor het. Dié verraad was slegs moontlik vanweë ’n komplot wat gesmee is deur die Nasionale Party, die intellensiedienste en sekere “regse” leiers. Alhoewel hierdie verraad, danksy dokumente met verdoemende getuienis wat kort na 1994 bekend geword het, reeds so vroeg as 1997 in breë trekke blootgelê is, is dit nou volledig bevestig met die vrystelling van die “Afrikaner Akkoord” in die onlangse verlede. Dieselfde verraderlike dokument word ironies genoeg nou weer opgehemel, asof dít die Afrikanervolk se sleutel tot selfbeskikking in ’n eie volkstaat lê. En helaas, diegene wat hulle nou by die verraderlike “Akkoord” skaar, sit opnuut die verraad van 1994 wetend of onwetend voort.

Die artikel gee ’n oorsig van daardie verraderlike gebeure, sodat ons volk toegerus kan word om die nuwe veragtelike pogings om ons te mislei, te identifiseer en aan die kaak te stel. Laat ons hierdie nuwe misleidingspogings verwerp met die minagting wat dit verdien. 

Heel Suid-Afrika ís ons land! Ons val nie vir die geelwortel van ‘n “Volksstaat” in ruil waarvoor verraaier-politici die politieke seggenskap oor ons erfdeel, Suid-Afrika, aan ‘n kommunistiese Swart meerderheid oorhandig het nie.  Dit bly ons vertroue en verlange dat die Here wéér aan ons vryheid sal skenk in ons ganse Vaderland, soos so dikwels in ons geskiedenis gebeur het… Sý Hand is nié te kort!

Omdat dit so lywige onderwerp is, het ons die artikel in 8 dele verdeel.

Deel1, Deel2, Deel3, Deel4, Deel 5, Deel 6, Deel 7 en Deel 8.

Hier volg dan nou die eerste deel:

REGSE VERRAAD (Deel 1)

Regs en Links

Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke verdeel in twee groepe – dié wat vanweë ‘n diepgewortelde volksnasionalisme konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 18oo’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde nasionalistiese kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak.  Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.

Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in, Sy dryfveer: die drang na vryheid – om homself te kan wees en oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste vind onder Britse oorheersing, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.      

Anglo-Boere-oorlog

Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Anglo-Boereoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.

Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer het die konserwatiewe Bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.

Die Afrikaner is oorwegend konserwatief

Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie nasionalistiese konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n brabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word. 

Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.

Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme

Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Op die vryheidspad van die Afrikaner was die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.

Eerste afwykings

Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting  sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.

Voete van klei

Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician…’ Direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in…

Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi het opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.

Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke

Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en  orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.

Praat na regs, doen na links

Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : Eie skole, eie woongebiede gebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.

FW hervorm koorsagtig

Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op die 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront!) De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.

Die politieke gety draai skerp teen die regering. Momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus. Daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Sonder twyfel sou die Nasionale Party met daardie verkiesing ontsetel geword het. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing in doodsgevaar verkeer het.

Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings

Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie kon oorleef nie.  In reaksie hierop kondig FW de Klerk enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.

Vervolg in deel 2

                                                                                                                                   

ANB NUUSBRIEF: Onthou 6 September 1966 – Moordaanslag op dr Verwoerd

6 September 2024 – Redaksie

Onthou

Ons wil ook vandag wat 6 September 2024 is (58 jaar later) bly gedenk en besef dat ons steeds nog in die oorlog is, waarin dr. Verwoerd in die tuig vermoor is. In geestelike en letterlike sin. Omdat die waarheid nie vergaan nie, hou die vyand nie op om dit aan te val en te probeer verdraai nie. Hier is ‘n klankbrokkie gemaak in die tyd wat hy vermoor is.

Ons taak is om steeds by die waarheid te staan en die beginsels wat dr. Verwoerd en sy geesgenote in praktyk gebring het, te bly verdedig as reg en regverdig en noodsaaklik vir ons volk se voortbestaan.

Hier is nog meer skakels na artikels deur die ANB Nuusbrief op die blad.

Behou ons volkskarakter

Dr. Verwoerd het daarop klem gelê dat ons nooit die stoflike welvaart voorkeur moet gee bo die behoud van ons volkskarakter nie. Laat ons dan in sy oproep volhard, en so ook sy voorbeeld van beginselvastheid, navolg. Die voorbeeld wat mens duidelik kan sien in sy optrede met die uittrede van Suid-Afrika uit die statebond. Hiermee ‘n klankbrokkie met dr. Verwoerd wat self verslag doen direk na die uittrede, vanuit Londen.

Verkondig die waarheid

Laat ons soos dr. Verwoerd besef dat die vyand steeds aanhou om die waarheid aan te val. Soos hy ook self die uitwys tydens die opening van ‘n kortgolf radio sender. Laat ons nie ophou om die waarheid te verkondig nie.

Ken die vyand

Laat ons dan ook die vyande van ons volk ken. Net soos die geskiedenis hier ook ‘n vyand duidelik uitgewys het. In hierdie geval luister gerus na die klankgreep in verband met die verhoor tydens die ontmaskering van Braam Fisher.

Word deel van die stryd

Maar daar is hoop. Ons kan opnuut leer en inkeer en doelgerig werk daaraan om ons identiteit te kan behou ten spyte van wat om ons vergaan. Begin deur jouself af te vra waarby jy in jou vrye tyd betrokke is. En waarby jou kinders betrokke is. Ondersteun dit die behoud van ons volksidentiteit? 

So nie, raak betrokke by die ANB en help bou aan die vastigheid van nasionalistiese beginsels, uit die lesse geleer uit ons geskiedenis en die voorbeelde van ons heldedom. Sluit aan by die ANB. Vind meer uit oor ons, en ondersteun ons in die uitdra van hierdie boodskap van hoop.  

ANB NUUSBRIEF: AAN JOU VRIENDE WORD JY GEKEN

31 Augustus 2024

Politieke onstuimigheid

Daar is sonder twyfel tans ‘n versnelde pas in ontwikkeling van politieke sake te bespeur. Die struikelende ANC poog om mag te sentreer na die insluiting van ander partye by die “Eenheidsregering” of GNU.

Van alle kante breek onstabiliteit los – regeringslui is wantrouig teenoor mekaar: die ANC as party is erg verdeeld; die Swart bevolking raak opstandig en kriewelrig met hul regering; heelwat van hulle, veral die SAKP-vleuel is ongelukkig met die insluiting van die DA in die regering; Nuwe DA-ministers kom agter dat dit makliker is om vanuit die opposisiebanke kritiek te lewer as wat dit is om hul departemente (waarvan die amptenary ANC-gesindes is) “reg te ruk”.

Ramaphosa se dae getel

Maar die grootste enkel bekommernis vir Ramaphosa moet sonder twyfel die geldmag wees. Hy is immers deur hulle grootgemaak – geskool en afgerig vir die pos wat hy tans beklee. Hy is daarom met hulle onderduimse planne en groot mag geensins onbekend nie.

En, soos met Zuma die geval was, is die gety besig om ook vir Ramapôs verkeerd te draai. Diegene wat hom aan bewind geplaas het is kennelik besig om te oorweeg of die alternatief wat hulle sedert 1994 in die hoed hou, nou in werking gestel moet word. En Ramaphosa maak nie deel uit van daardie planne nie.

Afrikanerbond/Broederbond se verraad

Die Afrikanerbond, wat voor 1994 as die Afrikaner Broederbond bekendgestaan het, was die argitekte van die Nuwe Suid-Afrika – die gemors waarin ons ons tans bevind. Hulle het hoogverraad gepleeg deur alreeds in 1985 in persoon, van hul destydse voorsitter, prof. Pieter de Lange, in New York met die toe verbanne en onwettige ANC, geheime samesprekings te voer.

Dit, nadat hulle op eie erkenning reeds vanaf die middel 70’s (skaars ‘n dekade nadat dr. Verwoerd uit die pad gehaal is), binne die Broederbond begin samesprekings voer het oor die (on)volhoubaarheid van die apartheidsbeleid. In dieselfde jaar van hul huigelagtige en verraderlike samesprekings met die ANC, verskyn die eerste dokument uit hul binnekring wat ‘n nuwe bedeling bepleit. Reeds in 1986 laat hulle ‘n dokument die lig sien wat ‘n Swart regering vir Suid-Afrika in die vooruitsig stel en dit ook so aanbeveel.

In die Broederbond-binnekring is die NP-regering se denke en beleid gevorm. Deur hulle toedoen is die klimaat en voorwaardes geskep vir oorgawe van mag aan ‘n kommunistiese regime.

Afrikaner-Afrika-Inisiatief

Hierdie selfde verraderlike organisasie is nou weereens betrokke by die beplanning van ‘n nuwe bedeling. Hiervoor is hulle ingebind in ‘n nuwe organisasie by name die Afrikaner-Afrika Inisiatief (AAI).

Die AAI stel hom by monde van sy sameroeper, Chris Opperman, ten doel om “die Afrikaner as inheemse gemeenskap in gesprek te laat tree met Afrika” en “Terwyl ons moet erken dat ons groot foute in die verlede gemaak het, is ons verbind tot ‘n toekoms in Afrika”.

Theuns Eloff

Die medevoorsitter van die AAI is dr. Theuns Eloff – voormalige voorsitter van die FW de Klerk-stigting. Hy het in 1989 die predikant-beroep verlaat vanweë die feit dat hy deel was van verdere geheime, onwettige samesprekings met die toe nog verbanne ANC daardie jaar, hierdie slag in Dakar.

Hy het gehelp met fasilitering van die “vredesooreenkoms” met die ANC in 1991, was deel van Kodesa en hoof van die administrasie van die Veelparty Onderhandelingsproses in 1993/4 – hy was dus instrumenteel in die versekering van oordrag van mag na ‘n Swart regering.

Wie is ingeskakel by AAI ?

By hierdie organisasie, die Afrikaner-Afrika Inisiatief, is die Afrikanerbond ingeskakel om weer opnuut planne daar te stel vir ‘n nuwe bedeling. Die verbasende is egter die politieke bedmaats wat saam met hulle hierdie reis onderneem: Ja, ons verwag om die FAK, die Thabo Mbeki Foundation, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en kuns en natuurlik die Afrikanerbond hier te sien.

Hulle is immers almal ou bekende liberale organisasies, geswore vyande van die Afrikanervolk; almal meelopers van en aktiewe medewerkers aan die mislukte, huidige bedeling. Maar, baie insiggewend is die volgende organisasies wat vir sommige as verrassing sal kom: Solidariteit en sy meelopers soos Afriforum, Saai, Sakeliga en dan ook die Vryheidstigting van Carel Boshoff van Orania.

Geen heil vir die Afrikaner in bewindsrevolusies deur linkses

Ja, aan jou vriende word jy geken.

Die vriende van hierdie “regse Afrikaner-organisasies” vertel die volle verhaal van hulle eintlike doelwitte, en wys kristalhelder hul ware kleure!

Nogeens, soos in die laat 70’s van die vorige eeu gekonkel is om ‘n bewinds-rewolusie te bewerkstellig, is hierdie gespuis nou opnuut besig om ‘n alternatiewe regering vir die ANC daar te stel. En daarin lê vir die Afrikaner en sy vryheids-ideaal geen heil nie.

“Breë Gemeenskapsfront ”

In 2022 verklaar die Afrikanerbond dat ‘n burgerlike samelewing nie meer vir die regering wag nie, maar self die leiding moet neem om dienste te lewer en instellings te vestig.

En wie besing hulle in hierdie verband? Die Solidariteitsbeweging wie se nuwe kernkrag elektrisiteitsplanne deur hulle hoë lof toegeswaai word. Hulle verklaar verder: “dit (is) nou noodsaaklik dat burgerlike organisasies en gemeenskappe regoor Suid-Afrika moet saamwerk om alternatiewe oplossings vir die land se vele uitdagings, waaronder misdaad, lae ekonomiese groei, staatsverval en gebrekkige dienslewering, te vind.”

Op dieselfde trant bepleit dr, Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus in die Rapport van 24 Julie 2022 die daarstel van ‘n breë gemeenskapsfront, wat saamgestel moet word deur politieke partye, burgerlike organisasies, kerke, sakelui, akademici ensomeer.

Diegene aandadig aan ondergang van Blank SA hou “Ons sal self…” toesprake

In Oktober 2022 hou die Erfenisstigting ‘n gespreksessie.

Die sprekers is Barend du Plessis, oudminister van finansies, Koos van der Merwe, oud-KP-LV en Stoffel van der Merwe, oudminister van onderwys, Pieter Mulder, voormalige leier van die VF Plus, Flip Buys, voorsitter van Solidariteit, met ‘n ander Afrikanervyand, ds. Cassie Aucamp as gespreksfasiliteerder.

Almal voorheen aandadig aan die ondergang van Blank Suid-Afrika. Die sentrale tema van hul toesprake: “ons sal self” en “Afrikaners sal nou moet selfdoen”.

Wat is die liberales se oplossing na ineenstorting van huidige bestel?

Maar al meer kom in gesprekke voor dat “dinge nie so kan aangaan nie”. Die GNU behoort ook binnekort sy krake te begin wys, vanweë die radikaal verskillende denkwyses aldaar. Nie soseer in beginsel nie, as eerder in handelswyse. Die moontlikheid vir die ineenstorting van die huidige bestel word al groter.

Wanneer die bestel inmekaarstort wil die AAI se manne gereed staan om ‘n alternatiewe regering daar te stel – Siener se Doringbos-regering. 

Moenie jou laat mislei nie

Laat daar by die volbloed Afrikaner geen twyfel bestaan oor die beweegredes en duistere motiewe van hierdie onheilige alliansie nie. Moet u nie laat mislei dat die doel is om van die ANC ontslae te raak en dit daarom goedgepraat kan word nie.

Die duistere motiewe van hierdie mense wat ons voorheen met hul geheime planne in die huidige gemors laat beland het, bepaal dat hulle vorentoe ook nie vertrou kan word nie. Staan vas in u geloof, in die wete dat ons hulp en redding van Bo kom. Beginsels staan vas en word nie deur omstandigheid gedikteer nie.

Afrikaner-vryheid lê nie in “gesprek en samewerking met Afrika” nie, maar soos Jaap Marais gesê het: na binne, en na Bo!

Oproep tot die stryd.

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging weier om betrokke te raak by organisasies soos die AAI en sal steeds voortgaan om ons volksgenote teen misleidings soos hierdie te waarsku.

Vind ons Grondslag en Doelstellings, Kontakbesonderhede en Bankbesonderhede hier. Ondersteun ons in die stryd teen die liberalisme wat grootliks verantwoordelik was vir die oorgawe van alles wat vir ons dierbaar is aan die swart kommunistiese bestel, en ook verantwoordelik is vir die voortgesette aanslag op ons volk se Christelike waardes.

VERKLARING OOR VOLKSVEROOTMOEDIGING

27 Augustus 2024

Wat is die ANB se begronding hieroor?

Die ANB het op sy Hoofbestuursvergadering op Saterdag 24 Augustus in verband met die Volksverootmoedigingsaksie, wat vir 1September in die vooruitsig gestel word, die volgende hoofpunte beklemtoon.

1. Die ANB is daartoe verbind om ons Afrikanervolk in sy geheel voortdurend op te roep tot ware opregte verootmoediging voor die lewende God.

2. Wat ware volksverootmoediging in wese behels is vir die ANB van die allergrootste belang.

3. As gelowige enkelinge, huisgesinne en selfs families moet ons ons gereeld in waarheid en opregtheid verootmoedig voor God. Verg. Job1:5, Jos.24:15

4. Volksverootmoediging mag nie in ‘n minder ernstige lig beskou word as die verootmoediging van die enkeling, huisgesin of familie nie.

5. Die ware verootmoediging moet voorafgegaan word deur ernstige, noukeurige en volledige selfondersoek in die lig van Gods Woord.

6. Alleen deur die werking van die Heilige Gees kom die begenadigdes in Christus tot ware skulderkentenis en skuldbelydenis voor die Heilige God. Dié sonde(s) waarmee ons God vertoorn het móét dan uit ons lewens geban, uitgewis en begrawe word. Verg. Gen.35:2-4; Rigt.10:16

7. Eers dán volg ware verootmoediging waarin die HERE ‘n welgevalle het… waar met die sondige en verkeerde wat in ons lewens posgevat het weggedoen en die opregte begeerte is om ons ganse lewens na Gods weë in te rig om Hom te dien en verheerlik.

In die lig van bogenoemde vertrekpunte moet, in geval van volksverootmoediging, dus die volgende gebeur:

1. Alleréérs moet ons volkssondes in alle erns en so noukeurig en volledig moontlik omskryf en uiteengesit word.

2. Daarna moet dié sondes, begrond in Gods Woord, herhaaldelik en volhardend in ons volksgeledere verkondig en as’t ware uitbasuin word, deur alle moontlike kanale en middele.

3. So moet ons volk vermaan word om hulle te bekeer en dus te breek met alle Godonterende kultuur uitinge en lewenspraktyke.

4. Wanneer in bogenoemde profetiese werksaamheid vir ‘n geruime tyd volhard is, kan na ons oortuiging, oorgegaan word in die uitroep van ‘n “dag van verootmoediging” vir diegene wat volkome eensgesind ag gegee het op die vermaninge en hul van die volkssondes waarvan hulle oortuig geraak het, van harte bekeer het.

In die lig van bogenoemde neem die ANB die volgende besluit:

1. Die voorgestelde datum van 1 September vanjaar waarin ons volk opgeroep word tot ware volksverootmoediging, is na ons oordeel gans te vroeg, aangesien die deeglike en volledige uiteensetting van volkssondes en die oproep tot ware bekering, na ons mening, nie na behore geskied het nie.

2. Die ANB is volkome bereid en kragtens ons grondslag en oortuiging van harte daartoe verbind om mee te werk om ware volksverootmoediging na te streef. Ons sê “na te streef” aangesien nét die HERE ware volksverootmoediging kan bewerk (1Kon.8:35), soos Hy byvoorbeeld by Paardekraal (Desember 1880) gedoen het.

3. Die ANB wil ook beklemtoon dat die opregte en ootmoedige intrede en voorbedes vir ons Afrikanervolk, wat in sy breë verband tans ver van die weë van die HERE weggedwaal het, nie by een van ons nagelaat moet word nie. As voorbeelde hiervan wys ons op Moses (Eks.32:32), Daniël (Dan.9) en die apostel Paulus (Rom.9:1-8).

Tot hiertoe ons Hoofbestuursbesluit op Saterdag 24 Augustus.

ANB distansieer hom van Volkskrag se volksverootmoedigings-inisiatief

Intussen het dit onder die aandag van die ANB Dagbestuur gekom dat Volkskrag die werklike “organiseerders” van die volksverootmoedigings-inisiatief blyk te wees. Hiervan was die ANB Hoofbestuur tydens sy bespreking en besluit op Saterdag 24 Augustus nie bewus nie.

Derhalwe is die ANB Dagbestuur genoodsaak om die volgende bykomende besluit te neem:

1. Ons merk dat Volkskrag deur ‘n wye reeks “werksgroepe”, ‘n voortsetting van die Volksfront se Volksrepubliek-werkkomitee is.

2. Die Afrikaner Volksfront het reeds voor die 1994-verkiesing agter die skerms (d.w.s. sonder dat die leiers dit aan die volk gesê het) met die volksvyand, die ANC, gaan onderhandel, waarvolgens hulle die volk sal lei om die “nuwe politieke bestel” te aanvaar (deur inderdaad as “Vryheidsfront” met die oog op die verkiesing te registreer), mits die ANC bereid sou wees om Artikel 235 in die nuwe “onderhandelde” RSA-Grondwet in te skryf, en waarvolgens die Afrikanervolk die sogenaamde “selfbeskikkingsreg” sou hê, om aan die hand van die “Afrikaner Akkoord” te kon “beding”, vir ‘n stukkie eie grondgebied iewers in die Republiek waar hy homself sogenaamd sal kan regeer.

3. Bogenoemde optrede deur die Afrikaner Volksfront leierskorps, voor die 1994-verkiesing, was niks anders as ‘n skandelike daad van volksverraad nie.

4. Hulle het en wil steeds die Afrikanervolk, wat nog nêrens die RSA as sy wettige eiendom afgeteken het nie, probeer beweeg om die “nuwe politieke bestel” wat deur verraad en in werklikheid onwettig tot stand gekom het, te aanvaar en ons daarby neer te lê.

5. Derhalwe stel die Afrikaner Nasionalistiese Beweging aan Volkskrag die volgende onomwonde:

6. Die Afrikanervolk wat deur die Drie-enige God uit Gereformeerd-Calvinistiese wortels tot stand gebring is en deur Hom hier in ons Vaderland Suid-Afrika tot volk in aansyn geroep is, gaan “beding” nie vir sogenaamde “selfbeskikking” by ‘n God-onterende en God-verloënende en boonop onwettige “regering”, of watter internasionale instansie ook al, om ‘n gedeeltetjie van sy regmatige eiendom terug te ontvang nie.

7. Alle pogings van ons jongste dag deur wie ook al, om die Afrikanervolk te probeer beweeg om die 1994-Grondwet en dus ook die ANC-regering as wettig te aanvaar, deur aan sy “verkiesings” deel te neem, of van die sogenaamde Art.235 “gebruik te maak” om tot ‘n “onderhandelde skikking” te kom, word deur die ANB beskou as ‘n voortsetting van dieselfde verraad wat in 1994 teen ons volk gepleeg is ten einde ons die politieke seggenskap oor ons Vaderland te ontneem.

8. Daarenteen verklaar ons dat die Republiek van Suid-Afrika, waarvan dié grondgebiede wat histories regmatig aan die onderskeie nie-blanke volke en stamme van Suid-Afrika behoort het, en teen die laat sestigerjare ordelik en finaal aan hulle oorgedra was, uitgesluit, steeds die eiendom en Vaderland van die Afrikanervolk is. Die HERE alléén is by magte om, as dit Sy wil is en op Sy tyd, ook die politieke seggenskap, oor daardie volle deel van die Republiek van Suid-Afrika wat histories aan die witman behoort, weer aan ons terug te gee.

9.  Die saak van ware volksverootmoediging is, soos u uit die Hoofbestuursbesluit sal kan aflei, vir ons ‘n saak van allergrootse erns. Soos genoem is die ANB volkome bereid en kragtens ons grondslag en oortuiging van harte daartoe verbind om ware volksverootmoediging van die Afrikanervolk na te streef.

10. Ons beskou dit egter as uiters onaanneemlik en selfs laakbaar dat ‘n saak van súlke erns soos volksverootmoediging, deur Volkskrag misbruik word om die Afrikanervolk in te bind in die soveelste verraderlike poging om die Goddelose bestel waaraan die HERE ons volk in sy tugtiging nou al ‘n geruime tyd onderwerp het, as “goed en reg” te aanvaar en boonop op ons knieë voor die ANC en die wêreld te gaan “bedel” om ‘n stukkie Suid-Afrika terug te kry.

11. In die lig van die direkte betrokkenheid van Volkskrag by die volksverootmoedigingsaksie (1Sept), het die ANB Dagbestuur geen ander keuse as om ons geheel en al daarvan te distansieer nie.

12. Ware volksverootmoediging kan slegs op die basis van ware Christelike Afrikanernasionalisme geskied, wat behels dat ons erken dat die HERE aan ons ons hele land Suid-Afrika as erfdeel gegee het, soos Hy aan alle volke gee na die welbehae van Sy wil, en ons oë alléén op Hom, die Alvermoënde God, gerig is, wat by magte is om ons volk weer volkome vry te maak, op Sý goeie tyd.

Ons het geen begeerte om Volkskrag of watter organisasie ookal as voorlopers van ons Afrikanervolk te opponeer nie, maar wens van harte dat ons hele volk die verraad wat gepleeg is sal insien, hulle daarvan sal distansieer en saam met die ANB die bestel sedert 1994 sal verwerp.

Mag ons voortdurend ons volksgenote in alle erns vermaan om hul aller éérs van hul goddelose weë te bekeer, na die HERE onse God en na Sy onfeilbare Woord (1933/53) in ons Afrikaanse taal terug te keer.

En mag ons as gelowige Afrikaners as ‘n eenheidsmag búite die bestel verenig

rondom dié beginsel:

Suid-Afrika ís ons Land!

Afrikaans is ons Taal!

Die HERE, die Almagtige, is ons God!

geleen

OORLOG IN DIE MIDDE-OOSTE

Israel tart sy bure

Die spanning laai op in die Midde-Ooste en is besig om breekpunt te bereik. Die Joodse staatjie is besig om al sy bure die harnas in te jaag. Israel is soos ‘n keffende brakkie wat almal se hakskene byt terwyl hy op die Amerikaanse weermag staatmaak om hom teen die oormag te beskerm.

Joodse geld en invloed regeer natuurlik inderdaad die Amerikaanse Kongres – die Huis van Verteenwoordigers en Senaat, asook albei die partye wat daarin verteenwoordig is. Vir Israel is dit om’t ewe of die Amerikaanse president ‘n Republikein of Demokraat is. Hulle mag in die Amerikaanse politiek verseker dat Israel se belange altyd voorrang geniet, ongeag watter party aan bewind is.

Iran is militêr beter

Netanyahu, Israeliese premier veg om sy politieke lewe. So lank as wat sy land in ‘n oorlog gewikkel is, is sy posisie veilig. Dit laat ‘n Amerikaanse oorlogskorrespondent opmerk: “Netanyahu is prepared to sacrifice his country on the altar of his own ego. Israel will be destroyed in a war with Hezbollah and Iran and he knows it.”

Ten spyte van wat in die liberale Westerse media berig is ná die vorige aanval van Iran op Israel in April vanjaar, was daardie militêre operasie haarfyn beplan en dodelik sekuur uitgevoer. Iran het met presisie aangetoon dat hy selfs die areas met die mees gevorderde lugafweerstelsels kon tref en selfs vernietig. Daardeur is sonder twyfel aangetoon dat Iran die beter militêre mag in die Midde-Ooste is. Hulle beskik inderdaad oor die vermoë, kapasiteit en wapentuig om die staat Israel geheel en al plat te vee.

Kan Amerika Israel red?

Israel steun natuurlik geheel en al op die VSA se militêre vermoë om hom, as kwesbare landjie, omring deur Arabiese vyande, te beskerm. Maar die Amerikaanse militêre vermoë word erg beperk deur die uitgerekte oorlog in die Oekraïene. Net so ook dié van al die ander Westerse state wat peperduur wapentuig aan Zelensky voorsien om bloot kort na skenking deur die Russe vernietig te word. Daar heers kommer in Europese lande dat hul vermoë om hulself teen invalle te verdedig deur dié optrede benadeel word. Daarbenewens sal Amerikaanse toetrede noodwendig daartoe lei dat Iran deur Rusland en selfs China ondersteun sal word. Die streeksoorlog neem dan internasionale omvang aan.

Amerika beloof trou aan Israel

Die Amerikaanse Sekretaris van Verdediging, Lloyd Austin het Woensdag reeds sy land se vasbeslote toewyding aan Israel se sekuriteit herbevestig. So is ook kort daarna in ‘n telefoongesprek deur Biden aan Netanyahu beloof. Austin het dit kategories gestel dat die VSA sal optree om Israel te help verdedig in geval van weerwraak deur Iran.

Dat die aanhoudende uittarting deur Israel egter nou breekpunt bereik het is ‘n voldonge feit. Veral nadat Israel ‘n sluipmoord uitgevoer het op die politieke leier van Hamas, Ismail Haniyeh. Haniyeh was ‘n sleutel-onderhandelaar in vredesamesprekings tussen Hamas en Israel. Dit blyk daaruit duidelik dat Israel nie belangstel in vrede vir die GAZA-strook nie. Daar kan verwag word dat ‘n aanval van Iran binne die volgende paar dae sal plaasvind. Iran het reeds sy oorlogsbondgenote opgeroep tot die stryd teen Israel. Daar kan dus ‘n volskaalse oorlog teen Israel vanuit verskeie oorde – selfs vanaf Egipte, verwag word.

Amerikaanse vegskepe ontplooi

Die New York Times berig Vrydag dat die VSA addisionele aanvalsvliegtuie en vegskepe na die Midde-Ooste ontplooi. “… in response to threats from Iran and its proxies in Gaza, Lebanon and Yemen to attack Israel in the coming days to avenge the death of Ismail Haniyeh” . Volgens die Pentagon. Die vliegdekskip USS Theodore Roosevelt het reeds vroeër tesame met nog 4 000 soldate daarheen vertrek.

Intussen is ‘n wapenooreenkoms in Novemder 2023 tussen Iran en Rusland onderteken. Daarvolgens kry Iran toegang tot wapentuig waarmee oorlogskepe gekelder kan word.

Israel kan nie wen nie

Selfs met die ondersteuning van hul lewenslange lakeie Brittanje en die VSA, sal Israel nie ‘n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste kan wen nie. Dit is immers deur die Israeliese weermag (IDF) self so bevind nadat militêre oefeninge as “strestoetse” deur hulle uitgevoer is ongeveer 2 jaar gelede. Die doel daarvan was om Israel se weerbaarheid in geval van ‘n gelyktydige aanval deur al Israel se vyande te bepaal. Die bevinding deur die IDF was dat Israel nie by vermoë daartoe is nie.

Geldmag verwelkom oorlog

Ten spyte van hierdie bevinding is dit baie duidelik dat sekere magte teen alle koste die uitbreek van grootskaalse oorlog probeer bevorder. Oorlog is altyd vernietigend vir die lande wat daaraan deelneem en natuurlik veral vir hul bevolkings. Maar dit moet onthou word dat daar ook altyd groot finansiële magte is wat agter die skerms sit en grootliks baatvind daarby. Hierdie geldmag was verantwoordelik vir die uitbraak van elke oorlog in die moderne era. Hulle voorsien wapens (teen groot winste) en lenings aan albei fronte en is die enigstes wat as oorwinnaars uit die stryd tree.

Kernbom?

Wanneer hierdie oorlog straks eersdaags uitbreek sal dit eindelik blyk dat Israel in ‘n voortbestaanskrisis gaan verkeer. In so ‘n desperate situasie sal Israel dan as laaste uitweg genoodsaak wees om sy kernkragvermoë in te span. Volgens Scott Ritter, voormalige Amerikaanse soldaat en wapenkenner het die Israeliese weermag die ontwikkeling van die neutronbom verfyn. Hy reken hulle sal nie skroom om dit aan te wend nie. Die neutronbom is ‘n kernkragbom wat intense bestraling veroorsaak maar minimale strukturele skade aanrig. Dit maak dus mense dood sonder om geboue plat te vee soos wat tradisionele kernbomme doen. Die neutrone wat die bestraling veroorsaak is uiters kragtig en dodelik, maar verdwyn baie vinnig. Dit beteken dat die gebied binne ‘n week na die ontploffing bewoon kan word. Die gebruik daarvan op nabye bure is dus moontlik aangesien dit min gevaar vir die groter streek inhou.

Hoe raak dié wêreldgebeure ons?

Sodra hierdie drama hom in die Midde-Ooste afspeel kan verwag word dat ander lande dan die kanse sal aangryp. Om skuiwe te maak wat hulle onder normale omstandighede nie toegelaat sal word om te doen nie.

En dan gaan mens se gedagtes onwillekeurig na oom Niklaas (Siener) van Rensburg se woorde: “dinge wat oorkant die water gebeur”. Die dinge wat die wêreld só besig sal hou met hul eie probleme dat hulle hul nie sal steur aan wat hier in Suid-Afrika gebeur nie…

Hoe moet die Afrikanervolk na al hierdie dinge kyk?

Die antwoord eenvoudig: In die geloof. Die HERE, die Almagtige, is die alléénbeskikker oor die lotgevalle van die ganse mensdom, ook dié van volkere. In die Openbaringboek lees ons van plae soos oorloë, hongersnood en pessiektes waardeur Hy sy oordele oor die goddeloses voltrek. Ons sien dat ook hierdie oorlog niks anders as ‘n geld-oorlog is nie. Hulle wat hierdie oorlog aanblaas is dié wat hul eie sakke nog verder wil vul, teen watter prys ookal.

Vir die Afrikaner is daar nét een oorlog wat in waarheid en geregtigheid geveg móét word: Om oor ons land Suid-Afrika, wat die Here aan ons as erfdeel toevertrou het, ook weer staatkundig te regeer. Juis omdat ons daarop vertrou dat by die Here álle dinge moontlik is sal ons hierdie ideaal van ons volk, selfs nou na 30 jaar van verknegting, nié prysgee nie!

Ons beskou die Here se Hand in ons geskiedenis toe die “groot oorlog in Europa” indirek, maar tog wesenlik, gelei het tot die bewindsoorname van die Nasionale Party onder dr. Malan in 1948.

Kan daar vir ons uit hierdie dinge iets goeds kom?

Ja, maar dan op ons knieë voor die Allerhoogste waar ons alléén voor Hom buig en van Hom ál ons hulp verwag.

Ramaphosa se kabinet

Nuwe kabinet aangekondig

Die aankondiging van die Kabinet het as ‘n skok en teleurstelling vir menige blinkoog liberaliste gekom. Dit het nogeens hul geloof in die edele barbaar ‘n knou gegee. Daardie hoop wat hul koester dat die steenkool net lank genoeg en hard genoeg gepoets moet word en siedaar – ‘n blink diamant verskyn, is weereens beskaam!

Geen verrassing!

Vir die Afrikaner Nasionalistiese denker is dit egter glad nie verbasend dat Ramaphosa alle ooreengekome besluite verontagsaam en selfs op sy woord teruggegaan het nie. So is byvoorbeeld die ministerie van Handel en Nywerheid aan die DA beloof en toe skielik nie meer nie. Dis immers hoe Afrika-politiek werk. Die goue reël geld steeds: die Westerling moet hom glad nie daarby inlaat of hom daarmee laat besmet nie.

DA deur Ramaphosa uitoorlê

Die DA se onderhandelingspan met Helen Zille aan die hoof het moedig en aanvallend begin en op sterkte van hul ooreengekome
“statement of intent” vurig aangedring op sekere sleutel kabinetsposisies – ‘n volle 13 nogal, maar het skouspelagtig ineengestort toe Ramaphosa aandui dat minder as die helfte daarvan – ‘n skamele 6 portefeuljes aan hulle toegeken sal word.
Hul dreigement om dan te onttrek is onmiddellik teruggetrek toe dit blyk dat die ANC reeds met die EFF en MK van Zuma samesprekings voer. Die ooreengekome proporsionaliteitsbeginsel is gewoon deur Ramaphosa verontagsaam asof daar nooit so ‘n klousule in hul ooreenkoms was nie. ‘n Swetterjoel poste is toegeken aan nikswerd klein partytjies terwyl die ANC steeds amper 65% van die poste vir hulself reserveer. In so ‘n kabinet sal die ANC natuurlik domineer en die ander, insluitend die DA bloot
hul lakeie wees. Die grondslag is nou deur Ramaphosa gelê en kan verwag word dat hierdie trant sal voortduur – dit sal die regeerstyl van die ANC in die veelparty-kabinet wees – die Swart massa (ANC) regeer!

GNU op aandrang van Geldmag

Dat die uiteindelike daarstelling van ‘n Nasionale Eenheidsregering (GNU) met die DA en ANC as hoofrolspelers ‘n diepe wens en begeerte van die Geldmag is, is nie te betwyfel nie. Die kunsmatige reaksie van die geldmarkte telkemale – eers baie positief met die nuus dat die DA betrek word daarby, en dan weer ‘n sterk afplatting en merkbare val van die Rand met die latere berigte dat die DA moontlik kan onttrek – dui duidelik op die manipulering van die markte deur die groot maatskappye ten einde ‘n sterk boodskap te stuur. Ja, die Ruperts en Oppenheimers begeer heelhartig ‘n verswakte ANC-regering met hul Joods georiënteerde DA-kaders daarin opgeneem. Dit kan aanvaar word dat substansiële druk vanuit hierdie oorde op die DA uitgeoefen is
om die vernederende eind-aanbod van Ramaphosa te aanvaar.

Sal DA sukses behaal?

Ses ministeries sal voortaan deur die DA-ministers gelei word. Maar dié ministers sal hul vasloop teen die ANC-amptenary in elke departement wat nie sal wil buig of gehoorsaam sal wil wees aan hul nuwe DA-ministers nie. Daarbenewens sal die ANC-beheerde kabinet alles in werking stel om te verhoed dat die DA-ministers resultate bereik. Die sirkus het dus pas heelwat groter geword – daar lê baie drama en vermaak voor…
Van die 6 kabinetsposte wat aan die DA toegeken is word 4 deur Blankes en 2 daarvan, naamlik “Basic Education” en “Communications and Digital Technologies” deur Swartes gevul. Dit is benewens die nog 4 of 5 adjunk-ministerposte wat deur anderskleurige DA-lede gevul word. Dit kan verwag word dat daar snel geswig sal word onder die verleidelikhede wat deur die nuutverworwe magsposisies verkry word. Trou aan Afrika-styl sal die groot bedrae geld waaroor beskik moet word, gepaardgaande
met gul aanbiedinge van omkopery algou tot korrupsie en wanbestuur lei.

‘n Mens dink onwillekeurig terug aan die afdanking van Patricia de Lille as DA-burgemeester van Kaapstad in 2017 na opspraakwekkende gerugte van bedrog ten bedrae van honderde miljoene rand. Die DA het eers hard probeer om dit onder die mat in te vee maar moes later self hul eie burgemeester skors.

Proporsionaliteit in trurat

Die Pan African Congress (PAC) kon slegs 0.23% steun monster in die verkiesing, maar ook aan hulle word ‘n kabinetspos toegeken. Bid jou dit aan – uit 24 miljoen stemgeregtigde kiesers trek jy 77 544 stemme. En daarvoor ontvang jy ‘n kabinetspos. Dis seker maar hoe Ramaphosa die proporsionaliteitsbeginsel verstaan.

VF+ beloon vir verraad teen die Afrikanervolk

Die Vryheidsfront+ het natuurlik ook ‘n kabinetspos verwerf ten spyte van hul powere vertoning by die stembus. Hul steun het van 2,38% in 2019 tot 1,36% in 2024 gedaal, maar hulle word met ‘n pos in die kabinet beloon. Die volle verhaal is egter dat die ANC
diep in die skuld is by die VF+ aangesien die VF+ eiehandig verantwoordelik was vir die oordrag van die Blankes se politieke mag na die ANC-regering. Nadat die generaals (Viljoen en Groenewald) in die vroeë 1990’s die regse verset teen die onwettige oordrag van mag na die ANC gelei het en oor ‘n gewapende mag van 100 000 opgeleide soldate beskik het om die kapitulasie van die Nasionale Party onder FW de Klerk met wapengeweld te verhoed, het hulle enkele weke voor die 1994 verkiesing omgespring, hul manskappe (en die Afrikanervolk) verraai, en ‘n politieke party gaan stig (die Vryheidsfront) en inderhaas geregistreer om aan die verkiesing te kan deelneem, in
plaas daarvan om juis daardie onwettige verkiesing omver te werp soos aanvanklik deur hulle onderneem is. Daardie verraad wat tot kroning van die ANC gelei het is die rede waarom hulle nou so deur die ANC vereer word.
Die gepaste hantering sou die stel voor ‘n vuurpeleton wees…

GNU gedoem nog voor hy begin regeer

Hierdie hele ou mengelmoes wat nou die nuwe regering uitmaak is vanselfsprekend gedoem tot mislukking. Die onhoudbare spanninge kon selfs voor die samestelling van die GNU bemerk word, dit sal egter nou veelvuldig in intensiteit toeneem.
Voormalige politieke vyande is nou regeringsvennote, maar steeds met hul uiteenlopende is sterk kontrasterende uitgangspunte. Dink byvoorbeeld aan die Joodsbeheerde DA se beleid ten opsigte van Israel terwyl die ANC vierkantig agter die Palestyne staan. Die DA wil aansluiting vind by die Weste terwyl die ANC as stigterslid
van BRICS hul by die Russiese blok skaar. Ons kan vuurwerke verwag en sal dit inderdaad ook sien.

Nuwe politieke party?

Die linkse media is egter reeds hard aan die voorbereiding van die publiek vir die totstandkoming van ‘n nuwe politieke beweging wat hulle terstond die “South African Party” doop. Dit is klaarblyklik die Joodse Geldmag se wens dat die GNU mettertyd
sal metamorfeer in hierdie nuwe politieke beweging. Daarin is vir hulle meer stabiliteit as in die groeiende meer radikale sosialisties kommunistiese bewegings soos die EFF en MK. Hul grootste vrees is natuurlik dat hierdie twee partye weer eindelik met die ANC sal verenig en die geldbase se geldbelange dan genasionaliseer sal word. Daarom dan dat die totstandkoming van die GNU vir die Geldmag so ‘n hoë prioriteit geniet.

DA kapituleer, nou ANC-lakeie

Die konserwatiewe nasionalistiese Afrikaner moet homself sterk uitspreek teen deelname aan hierdie steeds onwettige regering oor ons Vaderland, die Republiek van Suid-Afrika. Diegene wat hulleself daarmee besmet meng hulle met die semels en sal eindelik verteer word. Soos die Voortrekkers op die harde manier moes leer dat Afrika-politiek nie eerbaar is soos die Witman se politiek nie, so sal selfs die liberaliste wat hieraan deelneem dit uiteindelik ook besef. Soos die DA se skandelike kapitulasie in die pas afgelope onderhandelings met die ANC, so sal alle toekomstige verskille ook hanteer word. En soos in enige koalisie het die man met die meeste lede die grootste sê. Dit geld selfs in beskaafde demokrasieë. Hoeveel te meer nog wanneer Afrika-politiek die botoon voer!

Verenig in verset BUITE die bestel

Die kieser wat vir die DA of VF+ gestem het in hierdie verkiesing is ontnugter. Wat bedoel was om ‘n stem in opposisie teen die ANC te wees is deur hul verkose leiers verander in steun aan en samewerking met die ANC. Dit hou vir die leiers eer, aansien asook gulle finansiële voordeel in, maar verraai die mandaat van die stemmer.
Hierdie ontgogelde mense sal deur ons ontvang en verwelkom moet word. Hulle is mislei en verraai en het daarom die verkeerde keuses uitgeoefen. Laat ons hulle inlig en lei op die pad wat sal lei tot die vryheid van ons volk. Dáárdie pad loop nié deur die
parlement of die huidige konstitusionele bestel nie!

Oproep tot die stryd.

Vind ons Grondslag en Doelstellings, Kontakbesonderhede en Bankbesonderhede hier. Ondersteun ons in die stryd teen die liberalisme wat grootliks verantwoordelik was vir die oorgawe van alles wat vir ons dierbaar is aan die swart kommunistiese bestel en ook verantwoordelik is vir die voortgesette aanslag op ons volk se Christelike waardes.