Featured post

Kom gedenk vanjaar Heldedag saam met ons op die Vegkopfeesterrein naby Heilbron

Die Vegkop-feeskomitee nooi al ons volksgenote hartlik uit na die herdenkingsfees van die slag wat hier by Vegkop plaasgevind het in 1836.

Dit word die naweek van die 10de Oktober gehou wat ook die 200ste herdenking van oud president Paul Kruger se verjaarsdag is. Oom Paul was natuurlik ook ’n jong 11-jarige seun wat hier in die Vegkoplaer was tydens die slag.

U is welkom om as dagbesoekers deur te kom na die Slagveld-terrein. ’n Propvol program beloof om die Afrikanerbloed weer warm in u are te laat klop! Gaan besoek gerus die Facebook-groep: Vegkop Herdenkingsfees 2025 of laai dit hier af om die naweek-program te bekyk.

Featured post

Oproep tot die Afrikanervolk 2025

Verwerp die Valse Politieke Bestel

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) roep u op om saam met ons die politieke bestel wat sedert 1994 in Suid-Afrika tot stand gekom het te verwerp!

  • Dié bestel is die direkte uitvloeisel van die bedrogvolle verraad wat teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika voor 1994 gepleeg is, soos die gebeure in die ANB se studiestuk uiteengesit word (Volg hierdie skakel)
  • Deur slinkse misleiding het die De Klerk-regering in noue samewerking met sogenaamde “regse” leiers, wat as regeringsagente in regse geledere bedrieglik opgetree het, die Blanke volk van Suid-Afrika uit sy politieke mag gekul.
  • Sonder dié onderduimse en agterlike bedrog sou die eerlose en bloedlose oorgawe aan ‘n Kommunistiese rowersbende (ANC-SAKP-regime) in April 1994 nie kon plaasvind nie.
  • Om dié rede weier ons om in die onreg teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika te berus.

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging beywer hom derhalwe om die Afrikanervolk in besonder (maar ook álle Blankes), wat nog nóóit deelgeneem het, asook diegene wat nou nié meer deelneem aan die bedrogvolle ANC-verkiesings nie, buite die politieke bestel as ‘n eenheidsmag te versamel, ten einde terug te eis wat regtens aan die Witman van Afrika behoort!

  • Deelname aan die onwettige politieke bestel, soos genl. Viljoen se “Vryheidsfront” destyds (en vandag nog!), verleen slegs ‘n valse legitimiteit aan die ANC-SAKP-regime. Die ANB weier steeds om daaraan mee te doen.
  • Die ANC-SAKP het géén reg om as sogenaamde “owerheid van die dag” ons kosbare Vaderland, wat met harde werk en hoë offers deur ons voorgeslagte tot ‘n bastion in Afrika opgebou en ontwikkel is, verder onder hul voete te vertrap nie!
  • Dat die Witman die Swartman in Suid-Afrika “onderdruk” of sogenaamd te na gekom het is ‘n infame leuen waarvan die ganse Afrika klinkklaar getuig en die tééndeel volkome waar is.

Vrae tot Aksie:

Twee belangrike vrae wat ons onsself aan die begin van 2025 moet afvra is:
❖ Mag ons ons oë sluit vir die onreg en bedrog van 30 jaar gelede waarin ons deur verraderlike “leiers” soos skape na die slagpale gelei is? Moet ons bloot daarin berus?
❖ Mag ons toelaat dat dieselfde verraad en bedrog met presies dieselfde strategieë en dwaalweë vandag weer deur sogenaamde “Afrikanerleiers” wat hulle as redders van die Afrikanervolk voordoen, opnuut weer hervat en voortgesit word?

Maar wat is andere se “oproep”?

In die lig hiervan moet ons die onderstaande wekroep van mnr. Willie Cloete van Volkskrag in die onlangse verlede (Oktober 2024) betrag en beoordeel:

“Volksgenote
Ek wil die volgende beroep doen aan almal wat hulle herkoms en hulle Volk lief het. Wat glo in God die Almagtige wat hemel en aarde geskape het. Daar is soveel stories oor dinge wat in die verlede gebeur het wat die Boere/Afrikaners se geskiedenis beïnvloed het tot ons nadeel en dat ons sit waar ons vandag sit. NIEMAND kan geskiedenis verander nie. Nou my oproep: FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander soos deur: Ons vertroue in God te herstel en alles in die stryd te werp om vir ons Volk selfbeskikking te verkry.
Willie Cloete
Volkskrag”

Die ANB se antwoord daarop

  • U moet self oordeel of ons kan bekostig om te vergeet van die “stories oor dinge wat in die verlede gebeur het”, soos mnr. Cloete die volksverraad deur “Afrikanerleiers”(wat net soos ons lyk en “praat”) noem,
  • en gevolglik maar houtgerus kan “FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander”,
  • sónder om te vra:
    ❖ Hoe het ons Afrikanervolk, met ‘n roemryke geskiedenis en heldedom oor eeue heen, in hiérdie benarde omstandighede beland?
    ❖ Wat het ons aandag só afgetrek en in beslag geneem dat ons dááraan begin twyfel het dat die HERE, die Almagtige, hierdie héle land aan ons as erfdeel gegee het en dat ons nie maar ‘n “minderheidsgroep” is wat iewers ‘n stukkie “selfbeskikking” van ‘n goddelose owerheid moet probeer afsmeek nie?
    ❖ Waartoe roep die HERE sy kinders in die Afrikanervolk, sodat die onreg en bedrog wat voor Sy oë gepleeg is, gestraf en reggestel kan word? God vergeet nie… hoe kan óns vergeet?
  • Gedurende die rebellie van 1914 het ‘n hele kommando “joiners” en “hendsoppers” saam met genl. De Wet te velde getrek teen die Botha-Smuts-regering, omdat hulle uit opregte berou en skaamte hul naam en eer wat hulle deur die gruwelike verraad van hul volk tydens die oorlog (1899-1902) geskend het, weer in ere wou herstel.
  • Drie vrae:
    ❖ Waar is húlle wat in diepe berou na vore kom en pleit: “Ek het iets verskrikliks teen my volk gedoen… Ék was deel van die verraad…?”
    ❖ Wie is húlle wat hulself probeer voorstoot om vandag weer die leisels van die Afrikanervolk te neem om hom te lei?
    ❖ Waarheen moet ‘n ware Afrikanerleier sy volk lei, selfs al staan ons soos ons voorouers in onsself klein en magteloos, maar in geloof en waarheid, voor ‘n oormag soos by Bloedrivier?

Die krag van getuienis moet uitgaan

Ons is oortuig dat daar in die verlede ‘n krag van die Afrikanervolk in Afrika uitgegaan het, omdat ons voorgeslagte in hoë mate aan die HERE getrou was.

  • Alleen wanneer daar by ons, ook as volk, wáre bekering kom, sal daar wéér ‘n krag van ons uitgaan…
  • Hiérdie krag is in wese die getuienis dat die HERE alléén God is, soos selfs ‘n Farao, ‘n Agab, ‘n Nebukadnesar en (kan mens byvoeg) ‘n Dingaan dit móés erken, ook al het hulle almal geweier om in Hom te glo.
  • Daarom het ons as volk, wat die HERE juis uit suiwere gereformeerde geloofswortels in hierdie land laat groei het, die bestaansroeping (let wel nié ‘n “bestaansreg” nie!) om deur eie voorbeeld daadwerklik te verkondig: Die HERE alléén is God!
  • Ten spyte van die laakbare bedrog waardeur ons volk van sy Godgegewe erfdeel ontroof is, lê ons ons nogtans ootmoedig neer by die toelatende wil van God, die Allerhoogste, waarsonder ons vyande se diaboliese planne nie sou slaag nie. Ons erken dat die magsoordrag na ‘n Kommunistiese Swart meerderheidsregering in 1994 Sý tugtende Hand was, vanweë die ontrou en afvalligheid van vele in die Afrikanervolk en Blankedom waardeur Sý Naam en Eer geskend is.

Ware bekering word vereis

Daarom betuig ons aan elke mede-Afrikaner wat van die weë van die HERE afgedwaal het in welke opsig ook al – wêreldse sedes, onkuise kleredrag, sportgod aanbidding, onwelvoeglike taalgebruik, materialisme, selfgesentreerdheid (die soeke na slegs eie belang), eiewilligheid en mensgesentreerdheid in die godsdiens, ens. om tog nougeset op hul lewenswandel te let en hulself in die lig van Gods Woord op die proef te stel.

  • As ons dink dat ons die HERE met ons lippe kan dien, terwyl ons lewens toon dat ons harte ver van Hom af is, bedrieg ons onsself, en durf ons nie uitkoms van Hom verwag uit benoude omstandighede nie.
  • Die God van ons voorgeslagte, die Enige en Waaragtige, die God van hemel en aarde, tot Wie die Voortrekkers in die Bloedrivierlaer hul hulpgeroep laat hoor het… Hý is die Heilige God wat Hom nie laat bespot nie!
    [Andries Pretorius en Sarel Celliers het die manskappe in die Bloedrivierlaer gemaan tot ‘n heilige lewe, geen vuil taalgebruik en volgehoue gebed.]
    “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie” (Galasiërs 6:7)
    “Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig.” (Levitikus 11:44)
    “Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Psalm. 51:19)

Daarom lê die ANB hom daarop toe om voortdurend sy eie lede en ons ganse volk op te roep om terug te keer na die God van ons voorgeslagte deur ware selfondersoek, opregte berou, skulderkentenis, verootmoediging en heiligmaking. Die doel van verootmoediging mag egter geensins wees “sodat dit weer met óns mag goed gaan nie”, maar slegs ter wille van die Naam en Eer van die HERE, voor Wie se aangesig ons, ook as Afrikanervolk, steeds mag lewe in hierdie mooi land wat Hý as erfdeel aan ons toevertrou het.
“Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.” (Psalm 103:9)
“Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.” (Jesaja 55:7)
“In Hom [Jesus Christus] het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.” (Efesiërs 1:7)

Die ANB se weg na vryheid

Wat is dan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging se oogmerk om ons vaderland weer uit die huidige verknorsing te lei?

❖ Alleen die weg van suiwer Afrikanernasionalisme (‘n liefde vir land, volk en taal)op ware Christelik-Protestantse geloofsgrondslag soos tot uiting gebring ook in die politieke beginsels van dr. DF Malan, adv. JG Strijdom en dr. HF Verwoerd.
❖ Dit is in werklikheid ‘n voortsetting en verwesenliking van ons volk se eeue oue ideale van reeds vóór die Groot Trek:
✓ Blank Suid-Afrika is die Afrikanervolk se Godgegewe vaderland,
✓ waarin die Witman, in Afrika, soewerein oor homself moet kan regeer,
✓ om homself te kan wees tot eer van sy Skepper – let wel, nie net in ‘n flentertjie van ons land wat as ‘n volkstaat bekendstaan nie!
✓ Deur wet en orde daar te stel, waaruit ekonomiese stabiliteit mag volg, moet die ryke hulpbronne van Suid-Afrika met wysheid en oorleg bestuur word.
✓ Ekonomiese vooruitgang en welvaart is net moontlik deur die handhawing van wet en orde en ‘n ekonomiese beleidstoepassing wat toesien dat ‘n eerlike en hardwerkende bevolking vir hul handewerk beloon word.
✓ So-ook die verstandige implimentering van ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling (Apartheid),
✓ waarin elke bevolkingsgroep na sy aard en behoefte die geleentheid ten volle gegun word om homself te kan tuismaak, opbou en ontwikkel in sy eie territoriale grondgebied na die aard van omstandighede soos eie aan homself.
✓ Dit impliseer die terugbesorg en herstel van die Swart volkere van Suid-Afrika se regmatige historiese grondgebied en erfenis wat ook deur die “Nuwe Suid-Afrika” van 1994 hulle ontneem is (soos Transkei, Ciskei en andere).
✓ Dit impliseer óók die herstel van Blank Suid-Afrika, die internasionaal erkende en regmatige eiendom van die Afrikanervolk.

Waarteen is ons stryd

  • Ons stry teen die nuutste “regse” verraad, die wat ons steeds gevange wil hou onder die huidige regime deur bv. die bedrieglike gebruik van die sg. Afrikaner-Akkoord of wil hê dat ons aan die regime se verkiesings moet deelneem. (Vir agtergrond sien die uitgebreide reeks artikels oor Regse Verraad)
  • Ons stry teen die agenda van die Joodse geldmag wat die media – TV, koerante en vandag selfs die sosiale media – grootliks beheer. Hiervan moet die suiwer Afrikaner vandag veral bewus wees en homself en sy kinders teen onbehoorlike beïnvloeding en selfs indoktrinasie verskans. Die Afrikanervolk se ideale deur die eeue staan lynreg daarteenoor.
  • Ons stry teen die “Afrikanervriendelike” organisasies soos Afriforum en Solidariteit se ondermyning van Afrikanersaak. Waar hulle, onder andere,
    • Rassevermenging voorstaan,
      • Die 1994-politieke-bestel as volkome regverdigbaar beskou
      • Boonop die beleid van dr. Verwoerd en die Nasionale Party (1961-1966) ten opsigte van die Swart volkere van Suid-Afrika as onverdedigbaar afmaak!
      • Die ANB verwerp alle drogredenasies wat ten doel het om valse wigte in die Afrikanervolk te probeer indryf:
    • Die ANB verwerp die valse onderskeid asof Boerevolk en Afrikanervolk verskillende groepe sou verteenwoordig.
    • As ons van Afrikaners of van Boere praat, praat ons van dieselfde mense… dit is húlle wat hul by die beginsels van pres. Paul Kruger, genl. De Wet, genl. Hertzog en vele ander gelowige Afrikanerleiers skaar.

Ten slotte

Die Blanke, as ekonomiese ruggraat van Suid-Afrika, móét homself geheel en al onttrek van hierdie politieke bestel en in lydelike verset die opkoms van die Afrikanernasionalisme nastreef!

Mag in die Afrikanervolk van vandag en môre steeds die werke van die Almagtige God, soos by Bloedrivier, gesien word:
❖ Wanneer hierdie land weer, deur die genade van Bo, uit die as mag opstaan
❖ Die Afrikanervolk in sy land, sy Godgegewe erfenis, as politieke maghebber herstel word
❖ Die Afrikanervolk tot die eer en verheerliking van die Naam van die Almagtige, Drie-Enige God, hierdie land regeer na Sy wil volgens die riglyne en eise van die Woord van God.

Nogmaals: Mag die Afrikanervolk hom bekeer tot die HERE voor Wie se aangesig ons voorgeslagte geloftes gedoen het en tot Wie ons in ware en opregte skuldbesef en -belydenis moet terugkeer. Mag ons nooit dink dat ons hiér aan die suidelike punt van Afrika deur die HERE as ‘n volk met ‘n eie taal en kulturele identiteit in aansyn geroep is ter wille van onssélf nie.

Mag dit opnuut tot ons deurdring dat ons hiér is ter wille van die Naam en die Eer en die Geregtigheid en die Koninkryk van die HERE onse God, tot ‘n lig en ‘n getuienis van die waarheid van Gods onfeilbare en onveranderlike Woord in ‘n donker kontinent.

Wee ons as ons betower deur mammon en die sportgod vir ons ‘n “rusplek” probeer inrig in ‘n bloedbevlekte land, waarin ons in vriendskap en gedienstige onderhorigheid aan ‘n Godloënende en Anti-Christelike Grondwet en Owerheid, die wette van die HERE help vertrap, sy Naam saam laster en Sy Eer onverpoos skend.

In kleingeloof wil mens vra: Kán die afgee van die politieke mag en seggenskap oor ons Vaderland van 1994 weer omgekeer word?

In geloof is ons antwoord: By die HERE ís alle dinge moontlik!

Soli Deo Gloria

Featured post

Die Verraad wat ons Politieke Mag vernietig het

2024-09-11

deur ANB Nuusbrief Redaksie

Die opspraakwekkende artikel wat hier volg werp lig op die verraad wat teen ons volk gepleeg is en wat daartoe gelei het dat die Afrikaner beheer oor die politieke mag van sy land verloor het. Dié verraad was slegs moontlik vanweë ’n komplot wat gesmee is deur die Nasionale Party, die intellensiedienste en sekere “regse” leiers. Alhoewel hierdie verraad, danksy dokumente met verdoemende getuienis wat kort na 1994 bekend geword het, reeds so vroeg as 1997 in breë trekke blootgelê is, is dit nou volledig bevestig met die vrystelling van die “Afrikaner Akkoord” in die onlangse verlede. Dieselfde verraderlike dokument word ironies genoeg nou weer opgehemel, asof dít die Afrikanervolk se sleutel tot selfbeskikking in ’n eie volkstaat lê. En helaas, diegene wat hulle nou by die verraderlike “Akkoord” skaar, sit opnuut die verraad van 1994 wetend of onwetend voort.

Die artikel gee ’n oorsig van daardie verraderlike gebeure, sodat ons volk toegerus kan word om die nuwe veragtelike pogings om ons te mislei, te identifiseer en aan die kaak te stel. Laat ons hierdie nuwe misleidingspogings verwerp met die minagting wat dit verdien. 

Heel Suid-Afrika ís ons land! Ons val nie vir die geelwortel van ‘n “Volksstaat” in ruil waarvoor verraaier-politici die politieke seggenskap oor ons erfdeel, Suid-Afrika, aan ‘n kommunistiese Swart meerderheid oorhandig het nie.  Dit bly ons vertroue en verlange dat die Here wéér aan ons vryheid sal skenk in ons ganse Vaderland, soos so dikwels in ons geskiedenis gebeur het… Sý Hand is nié te kort!

Omdat dit so lywige onderwerp is, het ons die artikel in 8 dele verdeel.

Deel1, Deel2, Deel3, Deel4, Deel 5, Deel 6, Deel 7 en Deel 8.

Hier volg dan nou die eerste deel:

REGSE VERRAAD (Deel 1)

Regs en Links

Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke verdeel in twee groepe – dié wat vanweë ‘n diepgewortelde volksnasionalisme konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 18oo’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde nasionalistiese kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak.  Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.

Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in, Sy dryfveer: die drang na vryheid – om homself te kan wees en oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste vind onder Britse oorheersing, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.      

Anglo-Boere-oorlog

Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Anglo-Boereoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.

Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer het die konserwatiewe Bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.

Die Afrikaner is oorwegend konserwatief

Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie nasionalistiese konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n brabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word. 

Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.

Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme

Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Op die vryheidspad van die Afrikaner was die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.

Eerste afwykings

Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting  sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.

Voete van klei

Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician…’ Direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in…

Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi het opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.

Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke

Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en  orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.

Praat na regs, doen na links

Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : Eie skole, eie woongebiede gebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.

FW hervorm koorsagtig

Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op die 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront!) De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.

Die politieke gety draai skerp teen die regering. Momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus. Daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Sonder twyfel sou die Nasionale Party met daardie verkiesing ontsetel geword het. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing in doodsgevaar verkeer het.

Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings

Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie kon oorleef nie.  In reaksie hierop kondig FW de Klerk enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.

Vervolg in deel 2

                                                                                                                                   

Die Waarheid oor Apartheid.

In Oktober 2025 is ‘n reeks voordragte deur die Willem Petzer-groep op YOUTube geplaas onder die titel, WAARHEID OOR APARTHEID.

Kom ons kyk na 10 Okt se plasing – 1948: Die Apartheid wat geïmplementeer is, is nie die Apartheid wat die mense voor gestem het nie.

In die beskrywing staan:

“Die mense wat in 1948 vir die NP gestem het, wou nie net rasseskeiding hê nie. Hulle wou selfbeskikking hê: hul eie republiek, ‘n gedesentraliseerde Volkstaat met hul eie toekoms. Maar hulle het gesentraliseerde gemengde stede gekry, met slegs aparte woonbuurte. “

Die woorde “gesentraliseerd” en “gedesentraliseerd” word deesdae dikwels gebruik deur ‘waarheids’-ridders soos Ernst Roets, Carl Boshoff, en ja, Adi Schlebush (skrywer van Petzer se Reeks oor Prof. Stoker en ook lid van die Petzer- ‘navorsingspan’).

Wat word bedoel met ge(de)sentraliseerd?

In die voordrag kry ons bietjie nader insig in wat hulle bedoel daarmee.

Gedesentraliseerd = “die ou Republikeinse ideaal” van ‘n “groter aaneenlopende volkstaat met eie politieke selfbeskikking”, “groot streke wat slegs vir die Afrikaner of die Boer” is, “groter aaneenlopende gebiede met eie plaaslike soewereiniteit”. 

Gesentraliseerd = ‘n “apartheidstaat, wat verskillende besture het”, wat “al minder en minder soos ‘n landstreek met verskillende volkstate en stamgebiede begin lyk en al meer en meer soos ‘n multi-kulturele maar gesegregeerde eenheidstaat”; “…mikro-klein afbakeninkies in gemengde steden en dorpe… waar swart en wit eintlik langs mekaar gebly het en net met ‘n pad van mekaar geskei is”; ‘n “Eenheidstaat” waar persone van verskillende rasse nie mag ondertrou nie (“is dit werklik nodig?”, word gevra); ‘n “stedelike Apartheid waar almal eintlik saam in ‘n stad bly maar net in verskillende areas…”; “versplinterde woonbuurte of woonblokke of beskermde sones”.  “…apartheids-integrasie met gepaardgaande sosiale integrasie”; waar die Afrikaner die ander Suid-Afrikaners wil “domineer”.

Verskillende Apartheidsbeleide

Hierdie “apartheidstaat” het, volgens Petzer se voordrag, tot stand gekom in Malan en Strijdom se tyd, en staan teenoor die Republikeinse ideaal soos verpersoonlik in die ou Boere-republieke.

Daar word beweer dat hierdie twee Afrikaner-leiers stelselmatig afgewyk het van “die selfbeskikkingsideaal”, en dat dr. Verwoerd in werklikheid die Apartheid van Malan en Strijdom wou beeindig, en “terugbeweeg na die selfbeskikkingsideaal”.

Om hierdie stelling te regverdig, word ‘n ernstige skommeling in die tydsverloop van die geskiedenis gemaak. Die ‘historiese tydstaat’ wat, volgens Petzer, juis so belangrik is om die waarheid te bevestig, word dan in hierdie voordrag ernstig aangetas. 

Geskiedenis-volgorde verander

Die volgorde word deur die Petzer span verander.

En die gebeure in die geskiedenis netjies omgekeer.  

Die vraag is waarom Petzer se navorsingspan dan so misvat? So moeilik is dit tog nie om feite op te soek nie?

Wat was dan die Nasionale Party se Beleid van 1966?

Dit wat in die voordrag beweer word oor Malan en Strijdom is in werklikheid van toepassing op Vorster. Dit is maklik om die beleidsgeskiedenis van die Nasionale Regering van voor 1948 af, tot en met 1966, te gaan opsoek.

Die Nasionale Party het in Januarie 1966 ‘n Brosjure uitgegee met die naam Vrugte van die Nasionale Bewind.

Wat was die Nasionale regering se beleid na 1948? Ons haal aan:

Strijdom, Malan Verwoerd – een van sin en strewe(Bladsy 3):

“Die nasionale party is trots op sy eerste ministers wat hy sedert 1948 aan Suid-Afrika gegee het. Hul onkreukbaarheid, hul liefde vir volk en vaderland en hul toegewyde en voortreflike dienste aan Suid-Afrika sal altyd uittroon as besondere hoogtepunte in die geskiedenis van die land.

Eers was dit dr. D.F. Malan wat die bewind in 1948 van genl. J.C. Smuts oorgeneem het… …dr Malan het nie geweifel nie… Dit bewys die volk se vertroue in die Nasionale Party.

Dr Malan het die tuig op 30 Nov. 1954 neergelê en is opgevolg deur adv. JG Strijdom wat op 24 Aug. 1958 oorlede is. In die  vier jaar het hy veral die stryd oor kleurlingstemreg tot oplossing gevoer, terwyl hy die republikeinse ideaal sterk op die voorgrond gehou en daarmee die Party tot groter hoogtes gevoer het.

‘n Toespraak deur dr DF Malan by Winburg in 1937 is hier te lese wat duidelik Malan se volksgerigdheid en spesifiek sy geloof in God aandui. Die geskiedenis van JG Strijdom word ook hier in die artikel in kort behandel wat bogenoemde stellings deur die nasionale party van 1966 onderstreep.

Op 3 September 1958 is dr. H.F. Verwoerd as sesde Eerste Minister van Suid-Afrika aangewys en sommer van die staanspoor af het hy hom geopenbaar as kragtige leier wat die Party tot groot hoogtes sou voer. Dit het hy gedoen, nie alleen deur die Party nie maar ook die volk as geheel tot ‘n groter eenheid saam te smee.”

Die twee paaie (Bladsy 4):

“In 1959 het dr Verwoerd… in die Volksraad… met oortuiging daarop gewys dat daar in Suid-Afrika net een keuse is nl. ‘n keuse tussen

OF die blanke sy eie gebied te gee en die Bantoe syne,

OF om almal deurmekaar een vaderland te gee wat die Bantoe uiteindelik sal regeer.

(Lees dit weer! – Red)

Langs hierdie weg, aparte gebiede, wil die Nasionale Party die toekoms van die Witman in Suid-Afrika beveilig.”

Billikheid en selfbeskikking vir Bantoe (Bladsy 27):

“Die Nasionale regering, as voog van die Bantoe binne die Republiek, maak ‘n intensiewe studie van hierdie belangrike saak en glo die oplossing lê in ‘n beleid van billikheid en regverdigheid teenoor beide Blank en Bantoe.

Daarvolgens word die Bantoestuislande ontwikkel om GROTER SKEIDING teweeg te bring en binne die blanke gebiede word beter beheer oor die beweging en verblyf van die Bantoe toegepas. … Hierdie beleid word gevolg ook om groter veiligheid vir die Blanke te skep en die HEERSKAPPY vir hom in sy eie gebied te verseker. (aka selfbeskikking – CV)

Die Nasionale Party staan nog altyd getrou by sy verkiesingsmanifes wat in 1947 uitgegee is en waarin gesê is:

“Die Party staan vir die handhawing en beskerming van die blanke bevolking van Suid-Afrika as ‘n suiwer blanke ras, die handhawing en beskerming van die inheemse rassegroepe as APARTE volksgemeenskappe met moontlikhede om IN EIE gebiede te ontwikkel tot SELFVERSORGENDE volkseenhede en die aankweking van nasionale trots, selfrespek en wedersydse agting by die verskillende rasse van die land.”

Aardrykskundige skeiding (Bladsy 28):

“Tweedens word aardrykskundige skeiding toegepas. Blankes het grondbesitreg in die blanke gebiede. Die Bantoe het dit weer in hul tuislande, WAARHEEN HULLE  aangemoedig word om te GAAN teneinde in hul volkseie opgeneem te word.

Derdens word maatskaplike apartheid deurgevoer. Dit geld terreine soos werkafbakening in die arbeidsveld, universitêre onderwys, aparte woongebiede, VERWYDERING van swartkolle in blanke gebiede EN witkolle in Bantoegebiede.” 

Terugvloei van Bantoe na eie gebiede (Bladsy 29):

“Fisiese ontwikkeling in die tuislande word op omvattende skaal behartig, ten einde groter drakrag aan die gebiede te gee. Dit word gedoen om al meer Bantoe in hul land van ‘n heenkome te verseker en om so ‘n TERUGVLOEI te bewerkstellig van Bantoe wat in die blanke gebiede ‘n lewensbestaan gaan soek het. Die vyfjaarplan… maak voorsiening vir dorpstigting, besproeiing, bosbou, grondbewaring, graan- en veselverbouing en die hou van veevendusies.

…Die Bantoe kan in die dorpe huise huur of koop en so grondbesitters in sy tuislanddorpe word.”

Konsolidasie (Bladsy 54):

Dit is beleid dat swartkolle binne blanke gebiede uitgekoop word, teneinde die blanke gebiede te konsolideer. Vir hierdie doel is gronde ter waarde van R2,628,000 oor die laaste vyf jaar uitgekoop.

Gesonde Rassebeleid.

Na ‘n paar baie insiggewende paragrawe onder die hofies Ekonomiese ontwikkeling, Grensnywerhede, Bantoevestiging, Vreemde Bantoe, Agterbuurtes en plakkerskampe, Noodleniging en Belasting, sluit die hoofstuk af met die volgende opsomming:

“Die grondslag van die beleid is vreedsame naasbestaan tot voordeel en veiligheid vir al die verskillende rasse, die Blanke nie die minste nie.” (bl. 31)

Dit is dus duidelik dat, terwyl groepsgebiede ingestel is, “om die ongewenste deurmekaarboerdery van verskillende rasse aan bande te lê” (bl. 84), die uiteindelike ideaal was:

“opheffing – nie onderdrukking nie… rasse-vrede… tot voordeel van blank en nie-blank.” (bl. 68).

Verdere Beweringe

Petzer (se teks-skrywer) beweer:

Die jaloesie, konflik en ongelukkigheid wat swartes en anderskleuriges in opstand gebring het, was die direkte gevolg van omstandighede, geskep deur die apartheidsbeleid van die “liberale” Afrikanerleiers, Malan en Strijdom.

Nee, dit was nie. Die konflik het nie so “geword” van verkeerde beleid nie. Dit is teweeggebring – met baie moeite, geld en harde werk deur kommunistiese agente agter die skerms.

Malan en Strijdom se beleid was nie liberaal nie. Inteendeel, dit was die aanvang van Verwoerd se beleid. Geen verskil, alleen voortbouing. Hulle het in dieselfde voetspore is gevolg.

Wie se voetspore?

As dr. Verwoerd wou, kon hy ook op die Parlementstrappies verklaar het, dat hy in die voetspore van Malan en Strijdom sal volg. Hy sou nie gejok het nie, want hy het.

En Malan en Strijdom kon dieselfde verklaar het van Presidente Kruger en Steyn. Want dit was die voetspore waarin hulle gevolg het, so goed hulle kon. Die herstel van die Boere-Republieke was die doel en ideaal van al hierdie manne.

Baie dinge sou egter verander moes word, voor daardie ideaal bereik kon word. Want omstandighede het ondertussen verander.

Daar moes rekening gehou word met die erfenis van ‘n Brits-afgedwingde parlementêre stelsel. Daaraan sou verander moes word, stadig en deeglik, alvorens die Republiek sy ideale gestalte verkry. Hierdie proses is begin toe die NP aan bewind gekom het, en  stelselmatig voortgesit, tot en met dr. Verwoerd se dood.

Onkunde of moedswilligheid?

Hiervan word niks genoem in die voordrag nie. Waarom nie? Waarom word hierdie werklikhede deur Petzer (se teks-skrywer) geïgnoreer?

Waar kom hy daaraan om Vorster se skande op Malan en Strijdom te probeer afsmeer?  

Alles wat hy aan Malan en Strijdom toedig, is dit wat in werklikheid deur Vorster gedoen is, lank ná Malan en Strijdom van die toneel af is, en nádat Dr’s Verwoerd en Albert Hertzog en mnr. Jaap Marais uit die weg geruim is.

Dr Verwoerd se Hoek-verslag, die verslag wat op die dag van sy dood in die Volksraad behandel sou word, sou die Geldmag se sabotasie-skandes ontbloot het en stopgesit het. 

Ons weet vandag dat die Hoek-verslag deur Vorster en sy veiligheidspolisie weggesluit is, omdat dit die Geldmag veel skade sou berokken. Daar het die Geldmag egter nie gestop nie. Die Republikeinse strewe moes be-eindig en omgekeer word.

Uit die geskiedenis is dit duidelik.  

Die Geldmag het sukses behaal.  

Alles is goed vooruit beplan en uitgevoer: die moord op dr Verwoerd, die aanstelling van John Vorster, die kaping van die Nasionale Regering, die subtiele vergiftiging van die volksgemoed teen Albert Hertzog en Jaap Marais, die kaping van die Apartheidsbeleid,  en die verarming van die volk en verryking van die vyand tot op die punt waar ons mense die hande in die lug gegooi het en “Apartheid” verwens het, want “dit werk nie”.

Dit was HIERDIE sogenaamde “Apartheid” waarvoor “die mense” NIE in 1948 gestem het nie. Vorster se gekaapte kwasi-“Apartheid”. Vorster se “een Maori”-beleids-verraad.

Watter Apartheid is WEL voor gestem? 

Waarvoor “die mense” WEL gestem het, was dit wat Malan en Strijdom toegepas en uitgebou. Malan en Strijdom HET uit en uit die Republikeinse strewe gevolg en uitgebou, Strijdom nog meer as Malan, en Verwoerd het dit vasgelê, soos duidelik blyk uit die Nasionale Party se boekie, soos hierbo aangehaal. 

Dit wat Petzer se teks-skrywer beskryf was ALLERMINS Malan en Strijdom se beleid.

Wat hy beskryf is Vorster se verdraaide, verwronge gekaapte ‘apartheid’. En hierdie kaping het nie vóór dr Verwoerd plaasgevind nie, maar ná dr Verwoerd.

Op die trappies.

Vorster het ewe heilig op die Parlement-trappies gestaan en verklaar dat hy in dr Verwoerd se spore gaan volg. Daarna het hy ook gesê: “Toets my aan my dade.” Hy is getoets en hy het die toets jammerlik gedop. 

As John Vorster nie so effektief deur die Geldmag gestoot en gesteun was nie, sou hy nooit eers premier geword het nie. Dan sou dr. Albert Hertzog hom opgevolg het (soos deur meningsopnames aangetoon is) en sou Jaap Marais hom help sorg het dat Verwoerd se beleid van afsonderlike ontwikkeling (en dus selfbeskikking) suksesvol deurgevoer sou word.

Gewete verkoop, gewete versuip.  

Die geskiedenis toon aan hoedat Jaap Marais lateraan baie amper daarin geslaag het om die Verraads-Regering om te keer – terug na ‘n Nasionale Regering. Weereens het die Geldmag ingetree – en die KP (Konserwatiewe party) het sy verlammende verdelings-rol gespeel.

Vorster het eendag verklaar – “Jy kan nie teen die Geldmag op nie”. Hy is omgekoop en het later sy gewete in drank probeer versuip. Daar is ‘n hele paar “Afrikaner-leiers” wat mens aan kan dink wat daardie selfde pad geloop het. Want dit is die voorland vir elkeen wat nog bietjie selfrespek oor het nadat hulle bruikbaarheid verslaan het. Bittere selfverwyt.

As die Petzer-groep nie oppas nie, sal hulle hulself eendag in dieselfde posisie bevind.

Die waarheid oor Apartheid?

Hierdie reeks Petzer-voordragte bevat NIE die volle waarheid oor Apartheid nie. Die “historiese tydstaat” (alias Petzer) is verander, en feite is verdraai en weggelaat. So kyk ons nou met wantroue na ELKE stuk in hierdie reeks.

Die waarheid oor Apartheid is dat dr. Verwoerd NIE gestaan het vir ‘n volkstaat nie. Nie een van die ware Nasionale Afrikanerleiers het gestaan vir ‘n volkstaatjie nie. Hul almal het SAAM gewerk vir die verkryging van ‘n Volks-Republiek, ten volle selfbeskikkend. Die HELE land vir die blanke Afrikaner, of niks!

Waar staan Petzer en span?  

Die Petzer-span vra ons geldelike hulp om ‘die volk se hart te verander’. Maar dan maak  hulle volksleiers soos Malan en Strijdom verdag en so in wese, ook Verwoerd, Hertzog en Jaap Marais.

Hulle impliseer dat dr. Verwoerd ‘n ander ideaal gehad het as Malan en Strijdom, en dat hy ‘n VOLKSTAAT wou skep.

Dit is nie waar nie. Die volkstaatgedagte kom NIE van Pres. Kruger en Steyn se Republieke nie, en ook nie van dr Verwoerd nie.

So waarom wil hulle die volkstaatgedagte bevorder?

Luister mooi.

Volkstaatgedagte se doelwit

Die Afrikanervolk is ‘n reuse struikelblok vir die magnate wat Suid-Afrika se rykdom soek. Daarom moet ons WEG, uit Suid-Afrika. Die plan is: Vermoor, verbaster of verskuif die Afrikanervolk – oorsee, of na ‘n volkstaat-reservaat.

Dis nou waar die mooi dorpie ORANIA inkom. En dis waar ons weer al meer hoor van die 1994-onderhandelings-ooreenkoms, by name AFRIKANER AKKOORD oftewel RESOLUSIE 235. Daarvolgens moet die volk SKUIF – na ‘n reservaat.

Ons is deur Vorster, PW, FW en al hul vriende uitverkoop, maar die verkoop-transaksie se laaste deel is NOU besig om te gebeur. (Baie mooi verduidelik in hierdie reeks artikels)

‘n Volk wat nie sy geskiedenis-feite ken nie, se hart kan maklik verander word deur “waarheid”-ridders. Dan begin so ‘n volk sommer glo hy moet ‘TREK’ na ‘n valse ‘vryheid’ en ‘n valse ‘selfbeskikking’. 

So word sy grond finaal onder hom uitverkoop, MET sy mede-werking.

Moet ons ‘TREK’?

Nee. Ons moenie. Ons mag nie. Ons KAN nie. Want dit gaan om veel meer as net ons self.

Dr Verwoerd het gesê:

“Daarom, al kan ons nie meer trek nie, sê ons net soos die Voortrekker van ouds, “Ons kan nog stry.” En ons sal veg, al sou ons moet ondergaan, maar ons sal vegtend bly vir die voortbestaan van die blanke aan die suidpunt van Afrika…

Ons kan nie anders nie.

Ons staan soos ‘n Luther met die Hervorming, met die rug teen die muur. Ons veg nie om geld of goed nie. Ons veg om die lewe van ons volk.

Maar… nie net vir ons volk nie …ons veg vir die voortbestaan van die blanke beskawing. Die blanke is aan die suidpunt van Afrika ‘n voorpos vir die blanke beskawing.”

(Bloedrivier, 1958.)

‘n BOODSKAP VIR DIE TOEKOMS – DF Malan

Op 2 Mei 1937 het Suid-Afrika se Eerste Minister, dr. DF Malan, die volk toegespreek tydens die se eeufeesviering van Winburg in die Vrystaat. Dit was by hierdie geleentheid dat hy die gevleuelde woorde “Glo in God, glo in u volk, glo in uself” gespreek het. Daar is beslis steeds baie waarde wat Afrikanernasionaliste vandag nog kan put uit hierdie boodskap. Wat hieronder verskyn, is `n opsomming van die toespraak soos in Die Burger gepubliseer.

Die fees sal vir dié wat dit bygewoon het, onvergeetlik wees, omdat dit gekenmerk is deur `n gees van ware samewerking van vriende toe die nagedagtenis van hul voorouers geëer moes word. Die fees is onvergeetlik omdat dit gehou is op heilige historiese grond, wat self `n boodskap vir die volk het. Die toestande wat 100 jaar gelede geheers het, en die gebeurtenisse wat toe plaasgevind het, is herskep en het herlewe en hierdie geslag het gemeenskap gehad met daardie geslag wie se boodskappe oorgedra moet word aan die geslagte van die toekoms.

Op Winburg word die Trekkers ’n Volk

Honderd jaar gelede is die keerpunt in die geskiedenis van die Afrikanerdom gesien. Die Groot Trek het nie plaasgevind as ’n georganiseerde eenheid nie, maar families het in klein groepies die land verlaat op verskeie tye om ‘n nuwe tuiste en `n nuwe bestaan te gaan soek.

Op Winburg het hulle bymekaargekom, waar hulle `n georganiseerde gemeenskap geword het. Hulle het opgehou om trekboere te wees en het ‘n Trekkende Volk geword met ‘n definitiewe doel. Om die Eeufees van daardie gebeurtenis te vier, is van die grootste belang vir Winburg en vir die Afrikanerdom.

Ons staan in die middel van twee eeue en is in staat om 100 jaar terug en in die toekoms te kyk, en daar is ‘n indruk waarvan ek nie kan wegkom nie – ‘n indruk dat daar in die geskiedenis van Suid Afrika ‘n definitiewe rigting is.

As ons terug kyk, lyk dit of die pad die afgelope 100 jaar vol draaie was, vol gevaarlike afgronde, en by rukke of die horison verdwyn het as ons nie vorentoe kyk nie, maar was daar nie ‘n rigting in hierdie blykbaar rigtinglose weg nie? Daardie weg is nie alleen deur werksmanne gemaak nie. Die ontwerp van daardie weg is die werk van ‘n Oppermagtige Brein, ‘n Ingenieur wat rigting gekry het vir ‘n blykbaar rigtinglose pad. Die rigting was vasgestel en het uitgeloop op ‘n vrye nasie.

Dis lank gelede reeds gesê dat die geskiedenis van Suid Afrika ‘n tragedie is en dat dit vergeet moet word om ons in staat te stel om ons aandag te skenk aan die huidige dringende probleme. Ons geskiedenis is nie net ‘n tragedie nie. Dis niks anders as die hoogste kunswerk van die eeue, ons het ‘n reg op ons nasieskap omdat dit aan ons gegee is deur die Argitek van die heelal. Die doel van die Argitek was die vorming van ‘n nuwe nasie onder die nasies van die wêreld.

Voortrekkers laat nuwe volk gebore word

Daar was voorheen blankes in Suid Afrika onder wie daar ‘n ontwakende nasieskap aanwesig was, maar dit moet erken word dat die Voortrekkers meer bygedra het tot die eintlike geboorte van die nasie as alle ander.

Ander belangrike gebeurtenis soos die landing van Jan van Riebeeck en die Eerste en die Tweede Vryheidsoorlog het ook bygedra tot die geboorte van ‘n nasie, maar nieteenstaande dit het die Voortrekkers die grootste aandeel geneem in die vorming van die Afrikanernasie.

In die briefwisseling tussen Piet Retief en sir Andries Stockenström praat laasgenoemde van “hierdie” mense, terwyl Retief van “my” land en “my” mense praat. Dit was die nuwe gees wat eerste deur die Voortrekkers uitgespreek is.

As ons terugkyk oor die afgelope 100 jaar, is ons verbaas oor die betreklike kort tydperk waarin ‘n nuwe nasie tot stand gekom het. Die geboorte van ‘n nasie in so ‘n kort tydjie is ‘n wonderwerk in vergelyking met ander nasies wat eeue geneem het. Hierdie kort tydperk van ons nasiewording het geen gelyke in die wêreldgeskiedenis nie.

Die wonder van ons taal

Ons het nie alleen nasieskap in ‘n eeu behaal nie, maar ons het ook ‘n eie taal opgebou, ‘n taal wat nie voorheen bestaan het nie. Die siel van ‘n nasie is gebore en daardie siel moes ‘n vorm van uiting hê.

‘n Nasie kan nie sonder ‘n taal bestaan nie en die geboorte van ons taal in so ‘n kort tydjie is ‘n ander wonderwerk wat nie sy gelyke in die wêreldgeskiedenis het nie. Die volk het baie jare vergeet dat hy ‘n eie taal het, maar ook dit het tot sy reg gekom. Sedert Afrikaans ‘n geskrewe taal geword het, het daar meer Afrikaanse boeke verskyn in 15 jaar as wat daar Engelse en Hollandse boeke in 100 jaar verskyn het.

Die volk moet ‘n geskiedenis hê om hom te inspireer en aan te spoor vir die toekoms. Ons is `n jong volk met `n jong taal, maar ons het ‘n ryk geskiedenis, vol met helde wat sal lewe so lank as wat die Afrikanernasie bestaan. Daar is geen ander nasie in die wêreld wat soveel groot manne gelewer het nie. As ons ‘n nasie was wat ons bemoei het met wêreldsake, sou ons ‘n Cromwell, Luther, Washington, en Lincoln kon gelewer het.

God het ‘n plan met Afrikanervolk

‘n Wonderwerk het in die afgelope 100 jaar gebeur, ‘n wonderwerk waaragter daar ‘n goddelike plan moet wees. Die geskiedenis van die Afrikaner openbaar vasberadenheid en ‘n doelbewustheid, wat ‘n mens laat voel dat die Afrikanerdom nie die werk van mense is nie, maar die skepping van God is.

Alles wat in die afgelope 100 jaar gebeur het, het gebeur in die teenwoordigheid van die drie woorde: “ten spyte van”. Ons het nie die groot getalle soos die Verenigde State nie, en die paar wat hier was, was oor die hele land versprei. Dit is nie moeilik om ‘n nasie op te bou uit groot getalle in ‘n dig bevolkte land nie. Ten spyte van die klein verspreide bevolking is ‘n nasie opgebou.

Deur middel van skole en opvoeding kan nasieskap gebore word, maar ons Volk het nie die voorregte van skool en kerk gehad nie. Dit het gevaar geloop om verstrooid te raak, en tog het ons ‘n nasie geword.

Ons het geen taal en kultuur van ons eie gehad nie,en moes dit leen. Ten spyte van die magtige kultuur wat ons wou oorskadu, het ons ‘n nasie geword.

‘n Nasie kan nie ‘n nasie bly sonder die liefde vir vryheid en gelykheid met ander nasies nie. Magte in Suid Afrika wat nie ‘n nuwe nasie nie wil hê nie, het komplotte gesmee om die Suid Afrikaanse nasie te vernietig.

Mag en sluheid het saamgespan, en die beendere van ons helde van vryheid lê versprei op die slagvelde. Die magtigste militêre ryk in die wêreld kon egter nie daarin slaag om ons volk te vernietig nie.

Ons mense is blootgestel aan die gevare van ‘n swart bedreiging en ‘n swart barbaarse bedreiging wat verskeie nasies vernietig het. Ons het egter ‘n volk gebly deur ‘n verhouding van heer en diensbode tussen blank en swart te skep, en nie rassevermenging toe te laat nie, want ‘n volk wat sy rasegtheid verloor, kan nie as volk voortbestaan nie. Ons het ‘n volk geword ten spyte van al die gevare en ten spyte van onsself.

Dwarsdeur ons geskiedenis is die Godsplan met ons volk klaarblyklik, en ons het die goddelike reg om Afrikaners te wees. Geen mag ter wêreld kan ons nasieskap doodmaak nie, want God het ons volk geskep.

Dit is nie nodig vir ons om te vra wat ons in die toekoms gaan doen nie. Ons kan slegs ‘n boodskap van hierdie feesviering rig aan dié wat dit in 2037 sal vier, want ons twyfel nie, en sal nooit twyfel dat die Afrikanervolk dan, of oor 500 jaar, nog sal bestaan nie.

Behoud van vryheid is moeilike taak

Die taak wat op die skouers van ons nageslag rus, sal moeiliker wees as die wat op ons skouers rus of wat op die skouers van die Voortrekkers gerus het.

Ons het vandag vryheid behaal; die stryd om vryheid is verby, maar juis om daardie rede sal hul stryd moeiliker wees, want dis makliker om vir vryheid te strewe as om te weet wat om daarmee te maak as dit eers verkry is, en hoe om dit vir konstitusionele doeleindes te gebruik.

Die Voortrekkers het die kolonie verlaat om die land oop te stel en ‘n nuwe tuisplek te vind. Sedertdien het trekkers die Suid-Afrikaanse kus en grense verlaat om nuwe woonplekke in Argentinie, Angola en elders te vind.

Ons taak en die taak van ons nageslag is om ‘n tuisplek te vind vir daardie Afrikaners in hul eie land waar hul hoort.

Daar is tans ‘n ander en nuwe trek, naamlik die van die platteland na die stede, en die taak van ons nageslag is om toestande in die stede te skep waaronder hierdie trekkers in staat sal wees om Afrikaners te bly, en waarin hulle ‘n lewensbestaan kan voer.

‘n Ander moeilike taak is geskep as gevolg van die toestroming na Suid Afrika van mense uit alle dele van die wêreld, wat hierheen gelok is deur die rykdom wat deur God hier geplaas is.

Die Voortrekkers het hierdie land vir ons verower en dit bewoonbaar gemaak vir ons. Sal ons hierdie land vir onsself en vir ons kinders behou, of toelaat dat dit in die hande van vreemdes verval, en die kinders van die Voortrekkers vreemdelinge en bywoners in hul eie land word ?

Die gevaar van rassevermenging

Die vraag is of Suid-Afrika aan ons sal bly behoort of nie? Die Voortrekkers het gewaak teen rassevermenging, en daardie taak rus nog op ons en sal op ons nageslag rus. In die tyd van die Voortrekkers was dit ‘n betreklik maklike taak, maar toestande het tans verander. Die gekleurde rasse raak beskaafd en hulle dring al hoe meer in die werk en kringe van die blanke, waar hulle skouer aan skouer saamwerk – nie as heer en dienskneg nie, maar as werksmense op ‘n gelykheids grondslag. In die grotere stede woon blankes en gekleurdes teenoor mekaar. Hul kinders speel saam.

Ons boodskap aan ons nageslag is: raak ontslae van die minderwaardigheidskompleks teenoor ander nasies en teenoor ons voorouers en Voortrekkers.

Die Voortrekkers het nie aan ‘n minderwaardigheidskompleks gely nie, en ons durf nie so ‘n kompleks by onsself aankweek nie. Ons nageslag moet aan hul vroue en kinders hul regmatige plek in die stryd vir volksbestaan, soos die Voortrekkers gedoen het, toeken. Ons moet dink aan Bloukrans en die Vrouemonument en besef dat net soveel lewens van vroue en kinders op die altaar van vryheid geplaas is as dié van mans.

Hierdie land is aan die Voortrekkers gegee in omstandighede waarin hulle God nie kon vergeet nie. Die Voortrekker was die kind van die veld, en onder die gedurige gevaar van barbaarse swarte mensehordes en diere was hulle noodwendig gedurig afhanklik van die hulp van God.

Ons land is onderhewig aan droogtes wat ons bestaan binne korte tyd kan wegveeg. Ons word gedurig aan God herinner tot wie ons, ons toevlug moet neem. As hierdie fondament ineenstort, is daar geen hoop vir die toekoms nie.

Antwoord op die roepstem

Grootheid word gebore tussen die heuwels in die stilte van die natuur, want in die eensaamheid van stilte spreek die natuur en God, en God word aan die mens geopenbaar. Daar hoor die mens die stem van God en die roepstem van die volk wat hom nodig het. Die mens antwoord dan op die roepstem, en onderneem die groot taak, en selfs as die volk die onderspit delf, weet hy dat God die bestaan van sy volk waarborg. Hy is nie bevrees om te wen of te verloor nie, want hy weet dat uit die dood lewe spruit, en dat hy die bystand van God en die opdrag van God het om hom te steun in die diens van sy volk. Dit dan is ons boodskap aan hulle wat hierdie geleentheid in 2037 sal vier, die boodskap wat ons van die Voortrekkers ontvang het, naamlik: Glo in God, glo in u volk, glo in uself.

 Dr. DF Malan, baanbreker Afrikanerleier

Ope Brief van ANB aan Willem Petzer

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) rig die onderstaande ope skrywe aan mnr. Willem Petzer, 17 Mei 2025

Geagte Mnr Petzer

U deeglike en volledige uiteensetting in een van u onlangse YouTube-uitsending (https://www.facebook.com/100044326849389/posts/pfbid0hBcsmaRx9a8PwHWhssGBYBP6TxWsoiMAndBm1Xx72WvA2LYxCaNM3rWgdzPfaLojl/?app=fbl) van die ANC se oogmerke, aksies en (sedert 1994) wetgewing ten einde uitvoering te gee aan die 1955 Kommunistiese “Freedom Charter” is ons insiens in die kol. Daarmee wens die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) u en u span hartlik geluk. Die waarheid móét internasionaal rugbaar gemaak word en in hierdie opsig ondersteun ons u heelhartig.

OngelukkIg trap u aan die einde van u aanbieding egter in die slaggat deur na u eie volk – die Afrikanervolk – te verwys as ‘n “minderheidsgroep” in die huidige Suid-Afrikaanse politieke bestel, wat mens ook sou kon noem die “ANC-regime”.

Graag nooi ons u uit om die ANB se ontleding van die politieke gebeure vanaf 1981 tot 2001, maar veral dié tussen 1990 en 1994, by die volgende skakel https://www.anbsa.co.za/die-waarheid-van-ons-geskiedenis/ noukeurig na te gaan. U sal daaruit bemerk dat u volk – die Afrikanervolk – deur verraad van “leiers” in eie geledere, deur middel van die IDASA-komplot, op veragtelike wyse bedrieg en uit die politieke seggenskap oor ons Vaderland – die Republiek van Suid-Afrika – gekul is. U, en die jong geslag wat ná 1994 gebore is, nooi ons hartlik uit om dié geskiedenis na te gaan.

Die essensie van die IDASA-komplot kan in onderstaande opsomming baie kortliks in die volgende hoofpunte saamgevat word:

  1. Die deursnee Konserwatiewe Party- en Afrikaner Volksfront-ondersteuner (bykans een miljoen Afrikaners) sou tussen 1990 en 1994 nie kon droom dat hulle deur hul eie “leiers”, wat hulle volkome vertrou het, verraai en uitverkoop sou word nie.
  2. Die begrippe “Selfbeskikking” en ‘n “Volkstaat” was die misleidingsretoriek wat Afrikanervolksverraaiers vóór 1994 reeds gebruik het.
  3. Deur regse Afrikaners se gedagtes in die rigting van ‘n “volkstaat” te stuur is hul vasbeslotenheid om die De Klerk-regering se oorgawe-politiek langs die konstitusionele weg by die stembus te stuit, doelbewus verydel.
  4. ‘n “Volkstaat, wat selfs “militêr afgedwing sou word”, (as geelwortel en troosprys) moes die Afrikanervolk daartoe beweeg om van sy politieke mag/seggenskap oor sy Godgegewe Vaderland – die Republiek van Suid-Afrika – afstand te doen.
  5. In die hoogste geheimhouding het “regse” Afrikanerleiers by etlike geleenthede op verraderlike wyse met die vyande van ons volk, die ANC-SAKP-NP-regering, reeds agt maande vóór die April’94-verkiesing, onderhandelinge gevoer.
  6. Tydens een van dié “onderhandelinge” (18 en 19 November 1993 by Farm Inn buite Pretoria) sou hulle namens Die Afrikaner Volksfront aan die ANC-SAKP onderneem
    (a) om die oorgawe-verkiesing in April ’94 nié omver te werp nie
    (b) en boonop hul lede aan te spoor om aan die “demokratiese verkiesing” (die weggee van ons land aan Kommuniste) deel te neem.
  7. Die veragtelike “Afrikaner Akkoord” was die vrug van dié geheime gekonkel en geknoei deur verraderlike “regse” leiers agter die rug van die Afrikanervolk.
  8. Terselfdertyd het hierdie sélfde “Afrikanerleiers” die Boere-krisis-aksie (BKA), wat basies bestaan het uit die Blanke burger-kommando’s verspreid oor ons hele land, op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas “om enige dag tot aksie oor te gaan”, want die April oorgawe-verkiesing gaan verséker (deur “Operasie Jakkals”) militêr verhoed word!
  9. Daarvoor kon ook op die samewerking van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en, sogenaamd, die ondersteuning van ‘n aansienlike deel (44 generaals) van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) gereken word.
  10. Verder is deur hierdie sélfde verraderlike “Afrikanerleiers” van verskeie verhoë af aan ons volk dié bedrieglike gerusstelling gegee
    (a) dat die oorgawe-verkiesing beslis nié sal plaasvind nie
    (b) en dat ‘n “Boere-Afrikaner Volksrepubliek” (‘n Volkstaat!) vir die Afrikanervolk uitgeroep gaan word, waarvoor op 29 Januarie 1994 selfs n “Oorgangs -Volksraad” in die lewe geroep is… natuurlik net om die skyn van erns aan die volk voor te hou.
  11. Die Bophuthatswana-operasie (11 Maart 1994) was ‘n Nasionale Intelligensie (NI) projek wat, in noue samewerking met dié verraderlike “Afrikanerleiers”, haarfyn beplan en deurgevoer is, ten einde die BKA en AWB as regse “bedreiginge” vir ‘n vreedsame magsoordrag aan die ANC-SAKP, effektief uit te skakel.
  12. Bogenoemde word bevestig deur ‘n geheime skakeldokument van Nasionale Intelligensie op 19 Julie 1993 waarin genl. Tienie Groenewald via die buitelandse ambassade-kantore die vrese vir ‘n regse magsoorname besweer.
    Dit het gelui: “REGSE OPSTANDE SAL NIE PLAASVIND NIE. BKA NAME SAL BEKEND GEMAAK WORD. MOONTLIKE OPSTAND SAL GEPAARD GAAN MET VERNEDERENDE RESULTAAT”.
  13. Dat genl. Constand Viljoen eers die dag ná die Bophuthatswana-debakel sy “Vryheidsfront” finaal gaan registreer het om aan die April-verkiesing deel te neem “omdat hy toe gesien het dat oorlog nie gaan werk nie” is ‘n leuen.
  14. Genl. Viljoen het geweet wat in Bophuthatswana gáán gebeur. Hy was deel van die beplanning. Daarom het hy rééds teen die Woensdag (9 Maart), volgens die regulasie vir alle partye, sy kandidatelys by die OVK in Kempton Park ingehandig en dus die Vryheidsfront finaal geregistreer.
  15. Dat soveel as moontlik Blankes en veral Afrikaners aan die oorgawe verkiesing van April-‘94 moes déélneem, OM LEGITIMITEIT AAN DIE “NUWE POLITIEKE BESTEL” TE GEE, was die essensie van die IDASA-komplot.
  16. Dit beteken eenvoudig dat die huidige Suid-Afrikaanse “politieke bestel” nie tot stand sou kon kom sónder die geheime verraderlike agteraf gekonkel en medewerking van “regse” volksleiers, direk téén hul ondersteuners se wense en belang, met die ANC-SAKP as kommunistiese terroriste-organisasies nie.

Ons wys u daarop dat bogenoemde slegs ‘n baie kernagtige samevatting is van ‘n uitgebreide en deeglik begronde studie wat deur verskeie dokumentêre bewyse gestaaf word, soos u dit in die ANB-studie waarna hierbo verwys is sal kan nagaan.

In die lig van bogenoemde historiese feitlike gebeure, wat uiteraard in die grootste geheimhouding agter die skerms plaasgevind het en vir die afgelope 30 jaar deur die skuldiges vurig ontken of verswyg is, stel die ANB vandag aan u en ál ons mede-Afrikaners die volgende punte om te oordink:

a. Die Afrikanervolk is in 1994 op verraderlike wyse deur “regse” leiers wat hy vertrou het uit sy regmatige politieke seggenskap oor sy Vaderland – die Republiek van Suid-Afrika – gekul. Hy het NIE sy toestemming gegee dat mag aan Kommuniste oor sy Vaderland oorgedra mag word nie.

b. Vandag bedryf die Afrikanervolk, na 30 jaar, alleen deur die genade van ons hemelse Vader, ten spyte van ‘n gestadigde “oorlog” wat teen hom gevoer word waarvan derduidende plaasaanvalle getuig, stééds verreweg die grootste deel van die ekonomies-aktiewe landbougrond in Suid-Afrika.

c. Die name (nié die ANC “uitdinksels” in hul poging om die geskiedenis uit te vee nie) van dorpe, plase, riviere, berge, provinsies, distrikte en straatname reg oor ons héle land getuig duidelik aan wie hierdie land behoort. (Dit sluit daardie dele waarvan die name anders getuig natuurlik uit.) Blank Suid-Afrika, soos die Republiek voor 1994 algemeen bekendgestaan het, is die Afrikanervolk se Godgegewe Vaderland. Deur hoë offers en harde werk het hy dit van die wildernis ontworstel tot ‘n erfenis vir sy nageslag. Hy het die land van niemand “gesteel” nie.

d. Hoewel baie gedwing was om teen hul sin te emigreer, het vele wat hul werk verloor of op “vroeë pensioen” geplaas is ná 1994, deur vindingryke entrepreneurskap nuwe besighede in ons dorpe en stede, te midde van drakoniese ANC-wetgewing, landwyd gevestig en opgebou.

e. As dit vir ons net om ons materialistiese voortbestaan gegaan het, sou ons inderdaad ons wortels hier kon uittrek en elders heen vlug, maar
i. dan versaak ons die geloof van ons voorgeslag,
ii. hou ons op om Afrikaner- en Boerevolk te wees
iii. en kies ons vir die tydelike materialisme en individualisme van die ongeloof.
(Ons beweer nie dat álmal wat die afgelope 30 jaar noodgedwonge moes emigreer dit uit ongeloof gedoen het nie. Om te emigreer beteken om jou tot ‘n nuwe volk in ‘n nuwe Vaderland te gaan voeg.)

f. Al is soveel duisende boere en hul dierbares, veral sedert die afskaffing van die kommandostelsel, die afgelope 40 jaar op die grusaamste wyses op plase en elders vermoor of vermink, is hul offers (net soos dié van 27 000 Boervroue en –kinders in die konsentrasiekampe) nié tevergeefs nie. Dit is die heldere bewys aan die wêreld dat die Kommuniste hul oorlog teen die Afrikanervolk ná 1994 steeds onverpoosd voortsit.

g. Elke druppel bloed is op die hande van dáárdie volksverraaier-“leiers” deur wie die ANC-SAKP in 1994 aan bewind gestel is en wat vandag verdien om deur die volk verwerp te word.

h. Ons is egter deur die HERE se bewaring nóg in ons Vaderland. Hóm kom die wraak toe.

i. Maar om te vlug (na Amerika of waar ookal) is om die “boodskap” aan die Kommuniste uit te stuur dat hul druk dividende lewer. Dán word die druk op húlle wat nog vasstaan net gróter.

j. Plaasaanvalle het ons Boerevolk weer geleer om saam te staan. Elke aanval wat afgeweer word bring mense nader aan mekaar en ons vyande verloor moed. Die wyse waarop etlike gemeenskappe byvoorbeeld die onluste in Natal ‘n tyd gelede afgeweer het, terwyl die SAPS magteloos was, is verblydend.

k. Maar waar boere-gemeenskappe weens druk uitmekaar spat (verkoop en wegtrek) bied ons ons grond op ‘n skinkbord aan. Só bereik die Kommuniste hul doel.

l. Daarom is dit van kardinale belang dat élke landelike én stedelike distrik op eie inisiatief eie beveiligings- en ondersteuningstrukture (veral waar so-iets nog nie bestaan nie) op die been móét bring, ten einde die rewolusionêre onluste wat na alle aanduidings nou gaan toeneem, die hoof te bied.

m. Om ons grond, besighede en eiendom, ons erfgoed, prys te gee om ons in ‘n “Volkstaat” (waar ookal in SA) te gaan vestig, is om:
i. uit eie beweging ons erfenis aan die Kommuniste te oorhandig,
ii. die HERE se bewaring oor ons die afgelope 30 jaar te misken,
iii. die geloofsverwagting prys te gee dat die HERE, wat die onreg en verraad aanskou het, ons op Sy tyd as dit in Sy Raad so beskik is, soos in 1881 en 1961, wéér in ons Vaderland sál herstel.

n. As ons eenmaal ons eiendom (ter wille van ‘n “volkstaat”) verlaat
i. verloor die Afrikanervolk sy regmatige aanspraak op Blank Suid-Afrika
ii. en word uitvoering gegee aan die ou verraadsplanne van vóór 1994 (vergelyk punt 2,3,4 en 7 hierbo).

o. By al die mooi dinge wat in Orania gebeur mág ons nie vergeet dat die HERE hierdie héle land as erfdeel aan ons toevertrou het nie.
i. Dat sommige Afrikaners hulle in Orania en omgewing gaan vestig het om ‘n besonder hegte Afrikanergemeenskap te vorm met wye potensiaal tot verdere ontwikkeling is goed.
ii. Dat Orania egter tot ‘n eie onafhanklike Volksrepubliek kan ontwikkel, binne die huidige Suid-Afrikaanse politieke bestel is, soos die “Afrikaner Akkoord” duidelik uitspel, ‘n illusie.
iii. Waarom dan nie bly vasstaan in die gemeenskappe waar die HERE ons volk steeds geplaas het en wil gebruik oor ons hele land nie?
iv. Diegene wat ywer vir ‘n “Volkstaat” aan die hand van die “Afrikaner Akkoord” of op welke wyse ookal wil in der waarheid afstand doen van die Vaderland, ons Godgegewe erfenis.
v. As ons “tevrede” is met ‘n Volkstaatjie gee ons aan die ANC-SAKP “toestemming” om met hul plundering van ons héle land voort te gaan.
vi. En wat sal uiteindelik van ons “Volkstaat” oorbly wanneer die hele land in chaos en anargie en stamgevegte ten gronde gaan?
vii. Hoe durf ons kapituleer, ons grond verlaat, dit vrywillig aan die regime oorhandig asof hulle ‘n wettige aanspraak daarop het? Om dan te gaan krepeer in ‘n “Volkstaat”, omring deur daardie vyandige regime, uitgelewer aan hulle wetlike vereistes en voorwaardes, en dan die skamele hoop te koester dat die massas nie toenemend na die “Volkstaat” sal keer namate hul ineenstorting versnel, veral nadat die ekonomies aktiewe Blankes onttrek het.

p. Die ANB is derhalwe oortuig dat indien ons val vir die geelwortel van ‘n “Volkstaat” (wat van die begin af déél van die bedrieglike komplot teen die Afrikanervolk was en sonder twyfel steeds is) ons beslis in die hande van die Kommuniste speel, wat wil hê dat ons ons erfgoed vrywillig in hul hande moet laat.

q. Ons erfenis, ons Nabotswingerd, die vólle deel van ons Vaderland bekend as Blank Suid-Afrika, wat deur ons voorgeslagte deur geloof en harde werk van die wildernis ontworstel is, mág ons nie van óns nageslag vervreem nie! (Nabot het nie sy wingerd aan Agab aangebied om dan slegs ‘n klein deeltjie vir eie gebruik – materialisme – terug te vra nie.)

r. Dít kan in die lig van ons volksgeskiedenis in hierdie land nié oorbeklemtoon word nie:
i. Deur hoë en dure offers van geloof, harde werk en selfs hul vergote bloed is ons héle Vaderland deur ‘n Godvresende voorgeslag as erfenis aan ons toevertrou.
ii. Wee ons indien ons nié ook bereid is om ten bloede toe te stry om ons erfenis aan ons nageslag te kan oordra nie.

s. Mág ons dit aanvaar dat in net 30 jaar deur ‘n vreemde mag van buite (die ANC en Kommunisme het nié vanuit ons eie inheemse Swart volkere voortgespruit nie) afgebreek is wat God in 300 jaar deur die nasate van Geus en Hugenoot hiér tot stand geroep het?

t. Mág ons sê: Die HERE se hand is te kort om wéér hierdie land aan ons terug te gee (Jesaja 59:1), soos Hy reeds twee maal in ons volksverlede gedoen hét?

u. Die HERE hét die onreg en verraad gesien… en Hy sién die bloed van soveel weerlose bejaardes op ons plase. Ons oë en vertroue is op Hom alléén. Laat ons op ons knieë voor Hóm buig en Hom om genade smeek. Ons behoud is vandag, soos by Bloedrivier, alléén in Sy welbehae geleë.

v. Soos ons voorgeslagte, soos blyk uit ons geskiedenis, in hul standvastigheid en geloofskrag volhard het deur die aller onstuimigste tye, só moet ons óók doen.

w. Laat dié onder ons wat van die ware geloof afvallig geword het tot Hóm terugkeer. Laat hulle weer vertrou soos ons vadere vertrou het…

x. Ons heil lê NIE in die raadsale van die wêreld, by Trump of om die onderhandelingstafel met Kommuniste nie. Ook nie binne hierdie politieke bestel wat deur verraad tot stand gekom het nie!

y. Die HERE hét in 1961 aan ons ‘n Vrye Republiek oor heel Suid-Afrika gegee. Die Britse imperialisme kon dit nie verhoed nie. Mag die HERE ons wéér in ons Vaderland herstel op Sy tyd. Die Kommuniste en wêreldkragte sal dit weer nié kan verhoed nie.

z. Die ANB se oproep is:
i. Kom ons maak ons los van hierdie verraderlike “politieke bestel”.
ii. Kom ons onttrek ons nie aan ons Vaderland nie.
iii. Kom ons VERENIG weer rondom ons ou volksideaal: Ons wíl weer in ons ganse Vaderland oor onsself regeer!
iv. ‘n Volk wat dít nie wil nie is die naam volk nie werd nie.

U mag nou moontlik die Afrikaner Nasionalistiese Beweging as “ver-regs” tipeer… Wel, wat “regs” en “links” betref: Om regs te wees en om ‘n “regse baadjie” aan te trek is twee verskillende dinge. Verskeie van ons “regse” leiers soos hierbo na verwys, was in werklikhed linkse agente en volksverraaiers met duistere agendas wat vele mislei het. Dit was leiers wat, vanweë hul regse openbare standpunte en uitsprake groot steun onder ons volk geniet het, maar wat agteraf in die geheim met die vyande van ons volk, die Kommuniste, samesprekings gevoer en selfs ten nouste meegewerk het. Van hiérdie strategie van die vyand om ons volksaak te ondermyn deur “leiers” wat regs praat, maar in die geheim links doen, gaan sékerlik nog boeke geskryf word namate die volle waarheid van ons geskiedenis blootgelê word…

Namate ‘n nuwe volks-nasionalisme begin ontwaak onder ons mense, veral onder jong Afrikaners, word nuwe planne in plek gestel deur vyande van ons volk om nogeens, soos voor 1994, deur misleiding daardie opwelling van die nasionalisme te bestuur. Die Afrikanervolk het oor te veel beskik waarop die wêreldoorheersers graag hul kloue wou lê. Daarvan wil hulle nie nou afstand doen nie. Dat die Afrikaner boonop vandag steeds voedsel vir ‘n groot deel van Afrika voorsien druis in teen die diaboliese plan om die mensdom deur middel van voedsel-monopolie te beheer.

Daarom kom diesélfde “leiers” (individue) vandag wéér na vore en boonop met die ou retoriek van “selfbeskikking” en ‘n “volkstaat”. En na 30 jaar is daar ‘n nuwe geslag vir wie dit baie “sin maak” om só van die verknegting deur die ANC en hul drakoniese wetgewing bevry te word. Gevolglik kan ‘n mens verwag dat die “volkstaat”-idee nou wéér onder ons volk soos soetkoek gaan verkoop. Die Afrikaner moet sy erfgrond oorlaat in die hande van die “magte in beheer” en in ‘n “volkstaat” die wêreldheerskappy probeer ontvlug. Dít mág nie!

Die ANB deel nié u sentiment in u oproep aan president Trump om te help “to make South Africa great again” deur “steps taken to end ANC discrimination and opression” nie. Die ANC-regime is ‘n onwettige regering wat sonder die toestemming van die wettige eienaars van hierdie land politieke beheer van ons land geneem het. Soos hierbo deeglik uiteengesit is dié verraad voltrek met die hulp van leiers van die KP en die AVF wat hul lede en volgelinge bedrieg het. Van ‘n finale referendum/stemming om die oorgang na ‘n nuwe politieke bestel te in werking te stel (volgens die belofte van FW de Klerk) het niks gekom nie. Daarom kan met reg gestel word dat die ANC-regime onwettig regeer. Dít is die onreg wat reggestel moet word! En daarvoor kan u maar vergeet om die internasionale wêreld se hulp in te roep. Dit is immers deur hulle inmenging en befondsing dat die Blanke bewind in Suid-Afrika beëindig is.

U het ongelukkig grootgeword onder ‘n bestel waarin die wettige eienaars en alleen-burgers van die RSA tweedeklas-burgers onder ‘n ANC-bewind is. Daarom is dit van kardinale belang dat jongmense soos u hulself verwittig van die geskiedenis van veral die tydperk van die magsoorname deur ‘n Swart meerderheidsregering. Sodra u uself van die feite rondom daardie tydperk verwittig het sal u die stelling deur u gemaak dat die beste tydperk van ons geskiedenis die jare 1992 tot 2008 was onvoorwaardelik terugtrek. Hierdie was juis die jare van verraad en konkelwerk waardeur ons volk mislei is om te glo in die bereiking van selfbeskikking vir die Afrikaner in ‘n eie grondgebied, terwyl sy eienaarskap en alleenseggenskap oor sy erfgrond sopas van hom weggesteel is deur verraad uit eie geledere! Dit kan nóóit as die beste tydperk van die verlede aangedui word nie, self nie eens deur die Nuwe Suid-Afrika-bril nie! Die bloeijare van ons geskiedenis was vanaf 1948 met die bewindsoorname van die Nasionale Party en het sy hoogtepunt bereik vanaf Republiekwording in 1961 totdat dr. Verwoerd in 1966 vermoor is sodat die pad voorberei kon word vir die vernietiging van Blanke bewind in Suid-Afrika, sowel as Suider-Afrika.

En nie net vanweë die feit dat alles beter gewerk het, dat die ekonomie gefloreer het, misdaad effektief beheer is, alles skoon, netjies en geordend was nie, mnr. Petzer. Al hierdie dinge is uitvloeisels van ‘n geslaagde politieke beleid. Wanneer effektief regeer word is die geldeenheid sterk en gaan die ekonomie van krag tot krag, net soos wat wet en orde ‘n uitvloeisel van effektiewe politieke bestuur is. Die huidige verval en wetteloosheid tesame met ‘n ekonomie wat dreig om ineen te stort is weer ‘n sprekende voorbeeld van oneffektiewe regering vanweë implementering van ‘n politieke beleid wat gedoem is tot mislukking.

Nee, ook vanweë die feit dat die apartheidsbeleid ‘n edele en regverdige beleid was. ‘n Beleid wat erkenning gegee het aan die regverdigheid daarvan dat elke volk oor homself behoort te regeer in sy eie grondgebied, vry van inmenging of oorheersing deur ander volke of rasse. Dit het van die Calvinistiese beginsel van leef en laat leef uitgegaan, met inbegrip daarvan dat aan elke volk dieselfde regte en voorregte in sy eie gebied gegun word. Dat rassevermenging rasse-wrywing meebring. Daarom is aan die Swart volkere dieselfde grondgebiede terugbesorg waar hulle aanvanklik aangetref is toe hierdie grootliks onbewoonde land binnegetrek is. Vandag word groot gewag gemaak van die vreeslike emosionele skade wat Swartmense moes ly vanweë die “drakoniese apartheidswette”, ‘n leuen wat ongelukkig ook deur Blanke kinders geglo word omdat hulle, soos uself in ‘n onderhoud sê, van vroeë laerskooljare af mee geïndroktineer word. En so sal elke ANC-jeugdige ook verklaar – veral as hulle soos u ná ’94 gebore is. Maar gaan gesels gerus met die ouer Swartmense … hulle sal vir jou noem dat hulle graag die apartheidsjare wil terughê – toe hulle darem vanweë “apartheids-ligte” en goeie wet en orde veilig was in die lokasies.

Maar omdat dr. Verwoerd se apartheidsbeleid so ‘n groot sukses was moes hy uit die weg geruim word deur hom te vermoor. Toe kon ons volksvyande net soos die Britte toentertyd vir die Uitlanders, stemreg eis vir die Swart massas. Net soos Paul Kruger tóé gesê het: “julle wil my lánd hê” was dit hier weer presies dieselfde – die stemregkwessie is bloot aangeroer ten einde die Blanke se seggenskap oor sy land hom te ontneem. Daarmee is ook die apartheidbeleid vermoor en kon Pik Botha in die sewentigerjare trots voor die VVO verklaar dat die NP-regering ná doktor Verwoerd die suurstofkrane van apartheid geleidelik toegedraai het.

As u en ander vanuit die oogpunt redeneer dat die huidige bestel legitiem is en dat die Afrikaner maar ‘n ongewensde bywoner geraak het in sy eie Vaderland, maak dit ook nie sin om vir ‘n Volkstaat te ywer nie. As die Swartes se grond van hulle gesteel is deur die Europese indringers, en die Blanke glad niks hier verloor het nie, en toe boonop die misdaad teen die mensdom, genaamd apartheid aan die Swart volkere kom opdring het, wat gee hom ‘n reg tot eie grondgebied? Dan moet ons maar toegee aan hul eise: gee terug die grond, die besighede en welvaart – dis tog deur uitbuiting van goedkoop Swart arbeid bereik, en trek terug Europa toe!

Op grond van watter argumente wil u dan selfbeskikking vir die Afrikaner hê?
Die ANB verkondig luid en ondubbelsinnig dat hierdie land aan die Afrikaner behoort. Hy is die erfgenaam en regmatige eienaar daarvan. Dit is die erfdeel wat deur God self aan hom toegedeel is. Geen verdraaiing van die geskiedenis of indoktrinasie deur kerk, mediahuis of skool, wat ons verlede beswadder en poog om die Afrikaner met ‘n skuldgevoel te belaai, kan dit ooit verander nie.

Daarom lê ons heil en ons vryheidstrewe nie binne hierdie politieke bestel nie. Ook nie by Trump of die internasionale wêreld nie. Ons kan onder hierdie God-onterende grondwet niks heilsaams vir ons volk beding nie. Ons heil lê in die herwinning van die politieke seggenskap oor ons land. Alleen dan sal die Afrikaner waarlik vry wees.

Meneer Petzer, u, as meningsvormer word opgeroep tot gesprek met die Afrikaner Nasionalistiese Beweging. In die politiek is daar geen goue middeweg, die “middelgrond” wat u probeer handhaaf nie. Die Nasionale Party het lank daardie posisie probeer handhaaf nadat hulle dr. Verwoerd se apartheidsbeleid verlaat het. Waar het hulle geëindig – op 5 Augustus 2005 het al hulle parlementariërs oorgeloop na die ANC – let wel, nie na die DP (die ou PFP), hul tradisionele linkse vyande wat die NP geleidelik al meer links gedruk het as amptelike opposisie in die parlement nie, nee, skoon by hulle verby om in die kommunistiese ANC op te gaan! U bevind uself dus op daardie glybaan na links. Dit verg mannemoed om nie altyd die politiek korrekte antwoord te gee of die standpunt te probeer inneem wat nie aanstoot gee nie. Die middeweg vereis dit egter. Maar dit deug nie, want die politiek is altyd gepolariseerd. Die Afrikaner is nie ‘n minderheidsgroep in sy eie land nie. Hy is die alleen-eienaar daarvan. ‘n Volk soos die Afrikanervolk, wat danksy God se genade gedy het, met ‘n roemryke heldedom en verlede, wat in die State-ry verhef is tot een van die voorste volke in die wêreld, word nie vanweë getalle-oorwig tot ‘n “minderheidsgroep” gereduseer nie.

Ons wil graag met u in gesprek tree oor al hierdie aangeleenthede.

Vriendelike groete

Dagbestuur: Afrikaner Nasionalistiese Beweging

Ons oorwinning lê in ons oortuiging.

Willie van der Grijp, HNP-onderleier (2001 -2004), ANB-voorsitter (2004-2007)

Ek het oudergewoonte weer in die môreskemering vanoggend (1 Januarie 2004) gestaan en kyk hoe die son sy eerste strale oor die heuwels begin versprei. Ek het onwillekeurig gedink aan my moeder wat 16 dae gelede, op Geloftedag, oorlede is en op 23 Desember, twee dae voor Kersfees, begrawe is.

Ek het gedink aan my kinderjare, my grootwordjare in ‘n huis waar ons gesin van moederskoot geleer het van ons Skepper se liefde vir ons. Die stryd van die Afrikaner het sy geken, was haar lewe lank daarby betrokke, en het ons van kindsbeen geleer waar ons vandaan kom, wie ons is, en waarheen ons oppad is. Sy het ons geleer dat ons nie net deel van ‘n gesin is nie, maar deel van ‘n groter eenheid, die Afrikanervolk.

Alhoewel vanoggend met heimwee vervul oor vervloë dae, is ek steeds dankbaar teenoor Hom wat hierdie besonderse moeder aan my gegee het om my van Hom te leer. Te leer dat Hy aan ons die versekering gee dat die lewe nie in die graf eindig nie. Dankbaar teenoor Hom wat haar deur die jare gelei het om my te inspireer om Afrikaner te wees. Indien sy nie my moeder was nie, kon ek dalk ook een van die “verloopte” Afrikaners gewees het.

Haar laaste woorde aan my, net voor ek haar twee dae voor haar heengaan gegroet het, met “Die Afrikaner” koerantjie in haar hand, was: “Willie, julle mag nie ophou nie! Julle moet aanhou stry. God sal vir ons volk op Sy tyd uitkomste bied, maar nooit voor dié wat die stryd voer self daarvan oortuig is nie!”

Vanoggend het daardie woorde “eers wanneer dié wat die stryd voer self daarvan oortuig is” met my begin parte speel. Is almal van ons wat die stryd voer werklik daarvan oortuig dat ons die oorwinning sal behaal?

Glo ons almal werklik, sonder enige twyfel dat die stryd wat ons voer weer die Afrikanervolk sy vryheid sal besorg? Word die stryd nie, deur sommige van ons, maar net gevoer om hulleself te verontskuldig van die toestand waarin ons volk verkeer, en sodoende hulle eie gewete te sus nie?

Kan almal van ons uit eie oortuiging en met vaste geloof in God se Almag voor Hom staan en sê: “Hier staan ons as Bittereinders! Bereid en gereed om die hoogste tol vir vryheid van ons volk te betaal.”?

Die binne-wêreld van ‘n mens kan so arglistig wees, dat dié hom in sy binnekamer so kan verberg dat sy ware karakter nie vorendag kom nie. Dié wat betrokke is by die stryd wat ons voer, moet besef dat ons nie met ‘n waagspel besig is nie; dat die gewete nie met betrokkenheid by die HNP gesus kan word nie; dat betrokkenheid by die HNP letterlik beteken om die vryheid van die Afrikanervolk te herwin.

Dat betrokkenes, net soos die Bittereinders (1899-1902), van al hulle besittings gestroop kan word; daarom is mense wat eie belang, -status of -aansien (die materie) eerste in hul lewe stel, ‘n gevaar vir ons; hulle hoort nie in ons geledere nie. Diesulkes sal altyd die stryd op ‘n wyse wil voer wat hul aardse besittings nie sal skaad nie.

Daarom sal hulle ook nie aarsel om diegene wat bereid is om alles terwille van die stryd te offer, in diskrediet by strydgenote te bring nie. Ons volk staar algehele uitwissing in die gesig, en in hierdie stadium van die stryd kan ons nie bekostig om in die HNP te akkommodeer: diegene wat nie bereid is om hulle materiële besittings, status en aansien terwille van die Afrikanervolk se voortbestaan prys te gee nie.

Ons betree nou ‘n stadium in ons volksbestaan wat hoë eise aan ons gaan stel. Ons het geen keuse as om met oortuiging en geloof te begin om die stryd op ‘n praktiese en sigbare wyse te voer nie. Maar as die geloof nie sterk genoeg is nie, en daarom die wil om te handel by ons ontbreek, voer ons ‘n verlore stryd.

Wat binne-in ons woel moet openbaar word deur ons dade; dit wat ons verstand sê ons moet doen en die woorde wat ons praat, moet in harmonie wees, dit moet opreg wees, dit moet ons motiveer om te handel na die oortuiging. Ons wat in die HNP staan se gewete moet skoon wees, ons moet daarvan oortuig wees dat ons terwille van die saak in die stryd staan.

Die jaar 2004 lê voor ons, en met die anti-Chris in beheer van ons land kan dit nie beter as die afgelope jaar met ons gaan nie. In Mattheus 21:22 staan: “En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo”.

Om te glo beteken om seker te wees van God se wil. Gelet op die Afrikanervolk se geskiedenis sedert sy ontstaan, kan slegs die wat nie in God glo nie, daaraan twyfel dat dit nie Sy Wil is dat die Afrikanervolk moet voortbestaan nie. Die innerlike krag van ons voorouers wat Dingaan en sy hordes met ‘n handjievol mense kon verslaan, was hulle Godsvrug en geloof.

Om te sê dat ek glo dat ons voortbestaan Sy Wil is, beteken egter ook om, soos ons voorouers, die daad by die woord te sit; en soos hulle, God as ons toevlug en sterkte te hê. Dan sal ons gebede verhoor word; sal ons die oorwinning behaal; sal die wêreld beskaamd voor Hom staan wanneer ons sing: “U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.” (Psalm 77: 15 – onberymd).

Adv. Jurgens Prinsloo en Dr. Jann Schlebusch moet vrae beantwoord

In Deel 7 van die artikelreeks Regse Verraad wat op die ANB-webblad verskyn het is onder andere ook die naam genoem van dr. Jann Schlebusch van Bloemfontein, ‘n bekende in kultuur- en godsdienskringe. Daaroor het mnr. Boeta Erasmus, lid van die ANB-dagbestuur, met dr. Schlebusch in privaat gesprek getree. In die loop van die wisseling van argumente is die verraderlike rol van die topleiding van die Konserwatiewe Party (KP) onder die loep geneem.

Hierteen het dr. Schlebusch sterk geprotesteer, waarna hy besluit het om sy siening van die saak in ‘n plasing op sy Facebook-blad te publiseer.

Daar was ‘n oorweldigende reaksie op sy plasing, met heelwat deelnemers wat dr. Schlebusch laat bontstaan het met die statering van feite rondom die verhouding tussen die KP en HNP voor en na 1994, asook die rol wat die topleiding van die KP en die Volksfront (AFV) gespeel het in die 1994-verraad.

Die leier van die Afrikaner Selbeskikkingsparty, adv. Jurg Prinsloo, het later ter ondersteuning van dr. Schlebusch tot die gesprek toegetree. Maar soos dr. Schlebusch kon ook hy nie hond haaraf maak teen die oorweldigende feitestellings wat deur veral mnr. Boeta Erasmus gelewer is nie.

Mnr. Erasmus het pertinente vrae gestel waarop geen antwoorde verskaf is nie, veral na aanleiding van bedenklike stellings wat deur adv. Prinsloo gemaak is. Hy is by herhaling deur mnr. Erasmus gepols om bewyse daarvoor te lewer, maar steeds swyg hy soos die graf daaroor.  

Deur mnr. Erasmus is ‘n kliniese ontleding gelewer van die ontvouing van die verraad van 1994, soos in detail uiteengesit in ‘n studiestuk wat in Desember verlede jaar deur die ANB op hul webwerf gepubliseer is (https://www.anbsa.co.za/die-waarheid-van-ons-geskiedenis/).  Die vernietiging van die Afrikanervolk se politieke mag kon alleen bewerkstellig word  deur die geheime medewerking van leiers van die KP en AFV wat hulle lede en ons volk op die mees skandelike wyse verraai het. Indringende vrae is deur mnr. Erasmus gestel. Sy aantygings oor die verraderlike rol van hierdie leiers is met deeglike bewysvoering, aan die hand van dokumentêre bewysstukke, gestaaf.

Die stilswye en klaarblyklike onvermoë van diegene wat hierdie verraad aanvanklik heftig ontken het spreek boekdele.

Adv. Jurg Prinsloo, ons wag nog stééds vir u terugvoering oor waarom die KP met die oog op die Florida-Tussenverkiesing (Augustus ’92) nié ‘n kandidaat teen die NP gestel het nie? Of anders gestel: Waarom het die KP die konstitusionele stryd om die De Klerk-regering se magsoordrag aan ‘n kommunistiese Swart-meerderheidsregering ná Maart ’92, meer as twee jaar vóór die oorgawe-verkiesing, stopgesit?  Ons wag nog vir u nadere beskrywing van “verskeie optogte met baniere waarin ‘n blanke verkiesing geëis is” en die “gesamentlike saamtrek” van leiers met toesprake waarin na u “herinnering” ook ‘n verkiesing “geëis” sou wees, ná die Maart ’92 referendum…

Waarom het die KP-topleiding die KP-kongresbesluit van September ’93 dat “dringend ‘n Blanke Algemene Verkiesing geëis móét word” verontagsaam? Waarom het die KP as amptelike opposisie in die Parlement die ongrondwetlike afskaffing van parlementêre tussenverkiesings deur die DE Klerk-regering reeds in September ’92 klakkeloos aanvaar? Waarom is die aandrang (van slegs die HNP) op die afdwing van Blanke verkiesings op beide die stigtingsvergaderings van die AVF (20 April en 7 Mei 1993) deur alle “regse” leiers wat op dié vergaderings teenwoordig was in die wind geslaan? Wat het genl. Tienie Groenewald bedoel met dié bedenklike stelling, volgens Sunday Times 2 Mei 1993, dat die vergadering van 20 April in die TLU-gebou “the culmination of months of “lobying” behind the scenes” was? Waarom mag op die AVF-Bosberaad van Augustus ’92 selfs “die moontlikheid van Blanke verkiesings nie eens genoem” word nie?

Wáár het die KP druk op die regering uitgeoefen om ‘n Blanke verkiesing te eis op die mees kritieke tydstip toe almal besef het waarop sake afstuur? Onthou dat De Klerk nog in die Maart’92 Referendum “eie skole” en “eie woonbuurtes” gewaarborg het!

Daar is ook talle vrae oor wat in die binnekring van die BKA gebeur het… veral rondom die Bophuthatswana-operasie van 11 Maart 1994. Vrae wat deur dr. Schlebusch, wat volgens eie getuienis in die BKA-leiding betrokke was, geantwoord moet word, maar waarop geen antwoorde ontvang word nie.

Indien die aanbieding van die feitlike gebeure soos beskryf in die ANB-studie van Desember 2024 nie betwis of weerlê word nie, moet aanvaar word dat dit die waarheid is en dat die Afrikanervolk op laakbare bedrogvolle wyse uit die politieke seggenskap oor sy Vaderland deur mis”leiers” uit eie geledere gekul is.

Dit maak van die huidige ANC-regime ‘n “politieke bestel” wat slegs deur ‘n agteraf verraderlike gekonkel tot stand kon kom.

En nou beoog húlle om op “gewettigde” wyse ons grond te vat en deur BELA ons kinders van ons te vervreem.

WANNEER gaan die Afrikanervolk die WAARHEID in die oë kyk, hierdie bestel verwerp asook die “leiers” wat ons hierin gelei en ons steeds hierin wil hou. Die énigste doel agter sogenaamde “Afrikaner verteenwoordiging” in die huidige politieke bestel is om daaraan legitimiteit te gee.

WANNEER gaan ons volk weer (buite die huidige politieke bestel) EENDRAGTIG NEE sê en terugveg soos ons gelowige voorgeslagte in ons volksverlede so baie moes doen?

Laat ons eendragtig VERENIG buite hierdie verraderlike bestel. Die Afrikanervolk het nóóit sy toestemming verleen dat sy regmatige eiendom, die Republiek van Suid-Afrika, van hom vervreem word nie.

Ons oë is nie op Trump nie… maar op die HERE alléén!

NUGTER BEOORDEEL: Ballinge, Vlugtelinge en Emigrante.

deur CJH Vorster, 12 Februarie 2025

Deel 1

Inleiding

Na Trump se verklaring oor die vlugtelingstatus wat die VSA verleen aan Afrikaners (interessant, nie Suid-Afrikaanse blankes nie, maar Afrikaners), is die gesprek weer vuurwarm – oor emigreer, vlug en ballingskap.
Let wel, vlug en emigreer is twee verskillende dinge.
As jy vlug, word jy vlugteling. As vlugteling is jy ontneem van baie regte. As jy vlug, plaas jy jouself in die hande van die mense waarheen jy vlug. Jy verklaar jouself bereid om te gaan en te doen wat die ‘redder’ besluit. Hy het nou jou belange, jou lewe in sy hande. Jy is nie meer baas oor jou bewegings en besluite nie. Tot tyd en wyl omstandighede verander.
Net so is om te emigreer en om in ballingskap weggevoer te word, twee verskillende dinge.

Emigreer of vlug?

Soos reeds gestel: Daar is ‘n groot verskil tussen emigreer en vlug.
Die Hugenote (Franse) wat na SA gekom het, was vlugtelinge (weereens, nie ballinge nie), gedwing om ter wille van hul geloof hul land te verlaat. Hulle is nie weggevoer teen hulle sin nie. Hulle was ook, soos ons nou, onder beleg in hul eie land, en is uiteindelik deur langdurige doodstryd daartoe gedwing om te vlug.
Sommige het by die inburgering van die eerste dragonders, die afbrand van die eerste tempels die land verlaat. Ander het baie lank vasgebyt, vir dekades, en eeue – voordat hulle, hulle kinders of kindskinders die groot stap geneem het. Ten spyte van bloedige vervolging. Baie het gekies om op moedergrond te sterf, eerder as om die land te verlaat.

Die regte tyd?

Wie is ons om te oordeel oor watter tyd vir elkeen die regte tyd was om te vlug? Net so sal ons nie nou kan oordeel oor watter tyd die regte tyd is om te vlug nie. Dit bly maar ‘n gewetensaak vir elkeen.
Maar een ding is duidelik:
Vir ons gelowige voorouers was die bedreiging en vernietiging van hul geestelike erfgoed, hul geloofs-beginsels, die hoofbepalende faktor. Nié fisiese of ekonomiese voordeel nie.
Ter wille van die getuienis, in geloofs-noodsaak, moes hulle.

Geloof of gemak?

Dit is ongelukkig so dat die besluit om te emigreer, by meeste mense ontstaan uit die behoefte aan gemoedsrus en fisiese en finansiële sekuriteit, en nié geloofs-noodsaak nie.
Vrae aan myself, om eerlik te antwoord:
Word ek vir my geloof vervolg – ten bloede? Word my lewens-moontlikheid so ingeperk dat ek nie anders kan as om te vlug nie? Wanneer het my voorouers gevlug? Is ek ook nou daar, in soortgelyke situasie?
Hoe belangrik is dit vir my om my Godgegewe identiteit (soos ten nouste verbind aan my land, volk en taal) te beskerm as deel van my erfenis?
Hoe belangrik is my roeping vir my – om te getuig as gelowige Afrikaner teenoor ‘n ongelowige identiteitlose wêreld?
Wanneer verval my roeping om die getuienis te laat hoor? Verval dit ooit? Kan ek kies om my roeping te laat vaar?
Wat van die rekenskap wat ek eendag moet gee teenoor God, die Gewer van my erfgoed, geestelik en fisies?

Om te Emigreer.

Om te emigreer en vlug is twee verskillende dinge.
Jy kies om te emigreer. Hier is ‘n paar dinge om in gedagte te hou.
Dié wat kies om die land te verlaat om permanent in ‘n ander land te gaan woon, verlaat in effek ook hul volk. Hulle gaan nie as volksgroep nie, en so ‘n emigrasie lei nie tot uitbreiding van die landsgrense, of die stigting van nuwe volks-republieke nie soos wat die geval was met die Voortrekkers nie.
Hulle gaan as individue.
En hulle versprei oor die wêreld… en word opgeneem in die multikulturele samelewing.

Nuwe identiteit – of identiteitsloos?

Indien jy gelowig is sal dit noodwendig wees dat jy ‘n nuwe identiteit aanneem. Want ‘n gelowige is iemand met identiteit. Hy wil sy verantwoordelikheid teenoor sy nageslag nie versaak nie.
In die nuwe land ruil hy as’t ware sy Godgegewe/gebore identiteit vir n nuwe identiteit, en beloof trou aan sy nuwe land. Hy verklaar hom bereid om die nuwe land se taal, kultuur en maniere sy eie te maak, want net dan is hy opreg in sy bedoelings teenoor sy nuwe land, en die nageslag wat hy daarin grootmaak.
As opregte Christen, wil hy immers nie daar gaan om bloedsuier te wees, net gesteld op eie gewin en welvaart-voordele nie. Hy maak daardie land sy eie – hy word Amerikaner, Australiër, Duitser, Hollander, Brit, Fransman.
As jy emigreer bly jy nié Afrikaner nie.

Deel 2

‘n Nuwe volk, elders?

Dit is wel so dat ons volk gevorm is deurdat lede uit verskillende volke hier op nuwe bodem as’t ware deur omstandighede gedwing is om uiteindelik hul identiteit as Hollander, Fransman, Brit, Duitser, Sweed… prys te gee en Afrikaner te word.
Stelselmatig, en deur middel van omstandighede is hierdie lede van verskillende volke gedwing om op te gaan in ‘n nuwe volk. Dit het nie oornag gebeur nie, en veral die Franse Hugenote het probeer om Franse te bly in hul nuwe land. Dit was egter God se wil dat hulle hul nuwe identiteit moes aanvaar.
Nou word die gedagte geopper dat dit dalk God se wil kan wees om die Afrikanervolk te laat verdwyn, en wie weet… miskien weer ‘n ander, nuwe volk te gaan begin op ‘n ander plek.

Druk en nood.

Waarom dink hulle hierdie volk se tyd is verby? Omdat dit alte swaar begin gaan, en die toekoms al swarter lyk. Druk en nood is ons voorland – menslik gesproke is daar geen hoop vir ons voortbestaan hier aan die suidpunt van Afrika nie. Menslik gesproke.
Maar kom ons dink bietjie mooi.
Uit die geskiedenis sien ons dat ons volk juis gebóre is uit druk en nood. En dat ons volk steeds voortbestaan óndanks nood en druk. Op sy swakste en benoudste is die gelowige, en die gelowige volk, telkens op sy sterkste – want dan is hy sterk in Christus. (2 Kor. 12:9-10)
Ken ons nog ons geskiedenis?
Nee, ons het skromelik nagelaat om onsself en ons kinders te herinner aan die groot dade van God (Ps. 78:3-4). Daarom dat daar nou in onsekerheid rondgeval word.
Deur terug te kyk na sy geskiedenis, groei die gelowige Afrikaner in geloofsvertroue en word hy verseker van die liefdevolle uitvoer van God se Raadsplan. Want daar vind hy bewyse genoeg, van volkstigting af tot nou, dat dit God se wil is dat ons as volk moet bestaan.

Want God wil…

Lees gerus pres Kruger se toespraak op 16 Desember 1896 (uittreksel verder ondertoe**).
Die dag toe die President sy Geloftefees-rede gegee het, was ons volk nog baie jonk en klein, maar het alreeds deur erge beproewinge gegaan – telkemale is ons amper uitgewis deur die Zoeloes, die Matebeles, die Engelse.
Vanaf 1896 sou ons weer verdere amper-uitwissings beleef. Dink maar aan die 2de Vryheidsoorlog, die twee wêreldoorloë se impak, die wurggreep van die magnate, die dodelike terrorisme op en binne ons landsgrense en die uiteindelike voortgesette volksmoord waaroor die hele wêreld swyg.
En steeds bestaan ons volk – want God wil dit.

Wil God nog?

Hoe vra ons dan nou – wil God nog?
Is dit nie duidelik dat God hierdie volk se bestaan gewil het ten spyte van al die teenkanting en aanslae van die heidense wêreld nie?
Niks het intussen verander nie, net die intensiteit en die wyse van aanslag wissel, soos wat tyd verloop. Die wêreld het nog altyd hierdie volk gehaat, omdat hy God haat. En hy sal nooit ophou haat nie.
Let ook maar mooi op – hierdie vraag se oorsprong lê in werklikheid nie by die opregte Afrikaner-gelowige nie, maar by dieselfde listige versoeker wat ons Here Jesus op ‘n hoë berg laat staan het, en Hom vergesigte laat sien het van ‘n ‘brave new world’, met voorspoed en vooruitgang…
Dit is hý wat wil hê dat hierdie volk (alle volke) moet ophou bestaan. En dis hý wat God se skeppings-orde wil vernietig en Hom van Sy troon wil stoot.

Versoeking.

Gaan ons groot oorweging wees, “die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid”? Liewer nou toegee en wegraak in ‘n identiteitslose, rondreisende kosmopolie wat maar altyd soek om te gaan na daar waar dit die gemaklikste is?
Gaan ons getuienis stil word ter wille van valse vrede en voorspoed?
Of gaan ons vasstaan en soos ons voorouers in die spore van ons Here Jesus stap, in geloofsvertroue?
“Weer neem die duiwel Hom saam na ‘n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid. Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.” (Mat. 4:8-10)

Voorouer-getuienis.

** Pres. Kruger by Paardekraal, 16 Desember 1896:
“ My broeders ek wil u daarop opmerksaam maak hoe spoedig ons Gods wonders vergeet… …Laat ons op Gods hand let sodat ons weet wat Hy aan ons gegee het, opdat ons ons geloftes betaal. En kyk, God het aan ons die oorwinning gegee en ons het ons vryheid weer teruggekry. Is dit geen wonder nie? Die geringste heiden en die ongelowigste moet erken dat die Gods hand is wat aan ons die vryheid teruggegee het, en geen mense nie… Laat ons derhalwe God se weë in die oog hou en sien wat Hy gedoen het en Hom weer verheerlik, siende wat sy dade is, en nie met ons lippe nie, maar met die hart, en dat ons goed verstaan waarom ons ons geloftes moet aflê. Laat die volk meer en meer in elke saak sy toevlug tot God neem, want die Here wil dit.”
En toe die vyand hard en reguit dreig: “Salisbury sê hierdie volk mag nie bestaan nie. Wie sal beslis? Sekerlik die Here.”
Genl. De Wet, 1916: Kom ons toon aan die wêreld “…dat daar nog in Suid-Afrika ten minste ‘n paar duisend manne is wat hul God, hul geskiedenis en hulself nog nie vergeet het nie.”

Ons getuienis.

Die rede waarvoor ons hier geplaas is, is as ligdraers in donker Afrika – dit is ons roeping.
Miskien word ons binne afsienbare tyd so erg geteister deur fisiese aanslag, dat ons werklik gedwing word om te vlug, of gevange geneem en werklik weggevoer word in ballingskap.
Of ons nou vlug of werklik weggevoer word in ballingskap, laat dit wees om geloofs-beginsel.
Die getuienis moet en sál gehoor word.

Deel 3

Verkeer ons volk in Ballingskap?

Daar word, so ‘n bietjie onlogies, beweer dat ons volk eintlik in ballingskap verkeer. Maar is dit werklik die geval?
Ons volk het ‘n ryk en interessante geskiedenis. Ons vind daarin heelwat ooreenkomste met dié van Ou Testamentiese Israel. So ook wat betref emigrasie (trek) en ballingskap.
Ballingskap is nie iets wat gekies word nie. Dit is iets waar jy in gedwing word. Dit gebeur teen jou sin. Jy word met geneem na ‘n land weg van jou eie land, teen jou sin, en daar moet jy bly tot jy ontsnap, verlos word, doodgaan of jou vyand jou laat gaan.
Die Israeliete is weggevoer in Ballingskap – deur hul vyande. Teen hul sin. Ver van hul erfgoed. Nadat Pres Kruger deur sy regering oorsee gestuur is, het hy in ballingskap sy laaste jare in vreemde land deurgebring. Teen sy sin. Ver van sy erfgoed.

Vêr van ons geestelike erfgoed.

Nou word gevra: verkeer ons volk nie vandag ook in Ballingskap nie? Word ons nie teen ons sin gevange gehou in ‘n land wat nie (meer) aan ons behoort nie?
O ja, ons volk verkeer in ballingskap, maar dit is ‘n geestelike ballingskap.
Dit beteken om ver verwyder te geraak het van jou geestelike erfgoed – die Woord van God, die gereformeerde leer, die Calvinistiese lewensbeskouing – alles wat deur ons voorvaders aan ons nagelaat is. Ons is deur ons geestelike vyande oorrompel met vreemde leringe, en as’t ware weggevoer deur charismatiese dwaalleraars en nou word ons op ‘n vreemde geestelike werf gevange gehou. Ver van ons geestelike erfgoed.
Ons onthou skaars meer hoe dit vantevore was – ons ken nie meer dit wat aan ons nagelaat is nie. Ons erfenis is weg, en ons staan ver eenkant en weeklaag en wens om ‘terug te kom’.

Wegkom of terugkom?

Weet ons ooit nog waarheen om ‘terug te kom’?
Solank ons nog nie verstaan waarvandaan ons verwyder geraak het nie, sal ons aanhou dink ons moet fisies êrens heen ‘weg’ beweeg, om uit ballingskap verlos te raak. Ons sal aanhou dink ‘weg’-kom is die antwoord. Weg van fisiese oorheersing en verdrukking.
Maar wat in werklikheid nodig is, is ‘terug’ kom – na ons geestelike erfgoed toe. En daaruit sal volg geestelike (en fisiese) vryheid gepaardgaande met daardie vrede wat die menslike verstand te bowe gaan (Fil. 4:7).

Onder beleg.

Daar is nog so baie te sê hieroor.
Dit is tog immers ons goeie reg om te bid en te werk vir ‘n (nuwe) eie land waar ons, onsself weer kan regeer. En ja, ons voel wel deeglik soos vreemdelinge in ons eie land. Vanweë broeder-verraad het ons in hierdie situasie beland – ons is daar in gedwing.
Dit is teen ons sin dat ons so verdruk word. Hier sit ons vasgevang tot ons ontsnap, verlos word of die vyand ons laat gaan.
Maar weereens – waarom dink ons, ons moet wegkom van hier om vry te word?
Nee! Ons wil nie gaan nie. Dis die vyand wat moet gaan. Dis húlle wat moet weg.
Onthou, ons is nie in fisiese ballingskap nie. Ons is (nog) hier. In ons land. En ja, dit is (nog steeds) ons eie land. Die hele land.
Ons is nie, soos Israel, weggevoer na ‘n vreemde landstreek nie. Ons is wel, soos Israel, vir die soveelste keer, ONDER BELEG van die vyand. Vasgekeer in ons eie huise, binne ons eie landsgrense.

Terug!

Wat om te doen? Terugkom na God, terugkom na ons geestelike erfgoed. God se barmhartigheid is groot.
“…tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.” (Hos. 12:7)
“As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.
Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.” (Deut 4:30-31)

Donald Trump se besorgdheid oor die Afrikaner

Maar wat is die Afrikaner se Roeping?

Die Uitvoerende Bevel

Die aankondiging deur die Amerikaanse administrasie dat die regering van die VSA besorgd is oor die wel en weë van die Blankes hier in Suid-Afrika maak groot opslae. Die Amerikaanse regering spreek veral kommer uit oor die pas-aangenome Grondgryp-wet. Dit is opgevolg met ‘n uitvoerende bevel (“executive order”) deur Trump wat Afrikaners toelaat om in Amerika vlugtelingstatus te verwerf.

Alhoewel die bevel spesifiek verwys na Afrikaners wat deur bogenoemde wet van hul grond/eiendom beroof word, stel die bevel verder dat vlugtelingstatus toegestaan sal word aan Afrikaners “who are victims of unjust racial discrimination”, wat in effek sou beteken dat alle Afrikaners outomaties daarvoor sou kwalifiseer.

Onteiening is logiese volgende stap

Die vraag is natuurlik waar die vreeslike besorgdheid van die Amerikaanse regering oor die lot van die Afrikaner nou skielik vandaan kom. Amerika was saam met die Verenigde Koninkryk die hoofrolspelers om druk op die vorige Nasionale Party-regering uit te oefen. Daardie druk het hulle uiteindelik laat kapituleer en dit het tot direkte gevolg gehad dat die politieke mag aan ‘n kommunistiese Swart meerderheidsregering oorgedra is. Toe die Afrikaner daardeur sy vryheid en politieke seggenskap oor sy eiendom verloor het was die Amerikaners verheug daaroor. Waaroor dan nou die vreeslike besorgdheid oor die logiese gevolg van daardie stap – naamlik dat die Afrikaner ook van sy grond en eiendom beroof word? Afrika het immers bewys dat presies dit die opeenvolging van gebeure is wat volg op Swart bewindsoorname. En die ANC se Freedom Charter wat hierdie proses ook woord-vir-woord so uitspel, was reeds voor 1994 aan almal bekend. Ook aan die Amerikaners en Engelse wat met toenemende diplomatieke druk aangedring het op “political reforms”.

Die ware rede vir die uitreiking van die bevel?

Nog vreemder is die feit dat Trump in sy vorige ampstermyn nie in die minste belangstelling getoon het in die lot van die Afrikaner nie. Tog het dit skielik ‘n saak van hoogste prioriteit geword wat sommer binne die eerste maand van sy nuwe bewindstermyn aangespreek moet word.

Die antwoord op hierdie raaisel word waarskynlik in die res van die uitvoerende bevel gevind:

In addition, South Africa has taken aggressive positions towards the United States and its allies, including accusing Israel, not Hamas, of genocide in the International Court of Justice, and reinvigorating its relations with Iran to develop commercial, military, and nuclear arrangements.”

(Nadruk toegevoeg)

Amerika dans na Israel se pype

Die ernstige politieke student weet dat die regering van die VSA direk onder beheer van die Sionistiese geldmag staan. Ongeag watter party aan bewind is, of wie die president is, geen besluit sal geneem word sonder dat dit deur die Sioniste goedgekeur is nie. Die Amerikaanse regering is ‘n marionet wat altyd die beste belang van die Joodse staat Israel najaag.

VSA wil ANC straf

Hieruit word dit duidelik dat die Afrikaner bloot die speelbal is wat deur die Amerikaanse regering gebruik word om die ANC-regering die hardste moontlike hou toe te dien as straf op hul optrede teen die VSA se meesters, Israel. Die bevel stel dit verder dat die ANC-regering nie verdere ondersteuning van die VSA sal ontvang nie vanweë ”its undermining United States foreign policy, which poses national security threats to our Nation, our allies, our African partners, and our interests.”

SA-boere moet tekorte aanvul

Benewens die skuins klap na die ANC deur die Amerikaanse regering se “ontferming” oor die Afrikaner, die mees gehate bevolkingsgroep van die SA-regering, moet nie uit die oog verloor word nie, dat die Suid-Afrikaanse boere wêreldwyd bekend staan as uitmuntende landboukundiges. Die Amerikaanse regering sien dus ook onmiddellik die geleentheid raak om hierdie boere vir die Amerikaanse arbeidsmark te win. In Oktober 2024 berig die Amerikaanse Departement van Landbou se Economic Research Service:

American agriculture faces a critical shortage of labour that harms annual harvests, animal agriculture production and processing facilities. This damages American competitiveness and overall food security.”

Twee vlieë met een klap

Trump se uitvoerende bevel is dus ‘n kragtige teregwysing aan die ANC wat Ramaphosa en sy kabinet voortaan twee maal sal laat dink voordat hulle beleidsuitsprake teenoor Israel of Amerika maak. Daarbenewens kan Trump moontlik deur dié bevel die kritieke tekort aan landbouers in sy land aanvul. Die geskiedenis leer egter, en dit kan u maar seker weet, dat daar van werklike ontferming oor die Afrikaner en sy lot geen sprake hier is nie. Eerder die teendeel: Die ANC kan nou met onteiening begin, want die Afrikaner het danksy Trump nou ‘n “heenkome in die VSA”.

Wie jubel oor Trump?

Tog is daar groepe in Suid-Afrika wat baie opgewonde is oor Trump se skynheilige besorgdheid oor die Afrikaner. Solidariteit en Afriforum, Orania, Willem Petzer en dan die Landbou-organisasies TLU, SAAI en Vrystaat Landbou-unie. Wat opmerklik is, is dat al hierdie organisasies/persone gemeenskaplike faktore deel. Hulle gemeenskaplikheid lê daarin dat hulle aan een of selfs albei van die volgende voldoen:

Hulle is voorstanders van en yweraars vir die volkstaatgedagte

en / of

Hulle organisasies (en dikwels hulleself) was direk of indirek betrokke by die verraad deur die IDASA-komplot waardeur die oordrag van mag na die ANC bewerkstellig is.

Verraad se gemene deler: Volkstaatgedagte

Baie interessant dat die verraad van 1994 juis gedryf is deur die Afrikaner Volksfront se sugting na ‘n Volkstaat, wat uiteindelik deur die Vryheidsfront voortgedra is met die futlose Volkstaatraad wat nie eers een morg van ons land kon beding vir ‘n sogenaamde volkstaat nie.

Wanneer hierdie groepe so opgewonde raak oor Vrymesselaar Trump se skielike kommer oor die Afrikaner, wonder mens tereg of hier nie dalk drie vlieë met een klap raakgeslaan word nie. Noudat die 94-verraad en hierdie organisasies se aandeel daarin, asook hul hernude oproepe tot die daarstel van ‘n volkstaat skerp onder vergrootglas geplaas is, het weerstand teen hulle planne, asook groot verleentheid vir hulle gevolg. Daarom is Trump se aankondiging nou vir hulle ‘n handige weerligafleier wat ook ‘n welkome gawe op hul ewige sugting na buitelandse hulp en erkenning is.

Trump blaas nuwe lewe in Volkstaat-idee

Daarom verklaar Joost Strydom van Orania:

The Orania Movement has appealed to the United States (US) government, seeking support and recognition as a distinct ethnic group within South Africa. Head of the movement, Joost Strydom said they are not seeking to flee the country but rather to establish a self-governing territory within South Africa. 
According to Strydom, Orania’s vision for self-governance is not a new concept, as the Afrikaner territory was acknowledged in Parliament in the 1990s. 

“Our plea can be summarised in three words: ‘Help us here.’ Not necessarily with US tax dollars, but with the recognition of our legitimate pursuit. That is the pursuit of Afrikaner self-determination. The South African government even signed this as the Afrikaner Accord on Self-Determination, which states that Afrikaner self-determination is a legitimate pursuit.”

Laat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly!

Die denkfout wat gemaak word deur aanvaarding van die repatriasie-aanbod van Trump enersyds, of die najaag van ’n volkstaatgedagte andersyds, is dat aanvaar word dat ons, die Afrikaners, nie die wettige eienaars van ons vaderland is nie. Vanweë hierdie denkfout is dit dan maklik vir hulle om maar die land te verlaat, dit vaarwel toe te roep. Die land behoort in hulle skeefgetrekte gedagtes aan die Swart massas wat deur hulle as die wettige eienaars van Suid-Afrika beskou word. Niks kan verder van die waarheid wees as dit nie! Die geskiedenis van ons land leer dat ons ’n feitlik onbesette land binnegetrek het en die eerste maal met die Swart rasse in aanraking gekom het by die Visrivier. Die Vrystaat en Transvaal was grootliks onbewoond met nomadiese groepies wat gewoonlik vir hul lewe aan’t vlug was vanweë die “difaquane” deur die Zoeloes wat die Matabeles selfs tot oor die Limpopo teruggedryf het na wat later as Rhodesië bekend sou staan. Ons voorgeslagte het hoë offers gebring – met bloed en sweet en lewensgevaar en dikwels lewensverlies is hierdie land getem en ontwikkel. Dit het plaasgevind onder die bewarende Hand van die Almagtige en deur Sy seën kon daardie offers vir ons ’n vaderland verwerf, ook vir hul nageslagte.

Ons heil lê nie by wêreldmagte nie

Aan Trump, die Sioniste en al die Volkstaat-planmakers: Hierdie land, Suid-Afrika, is óns land! Net so min as wat ons in die VSA as vreemdelinge wil gaan liefdadigheid soek, net so min wil ons ons Vaderland, ons erfenis – die Republiek van Suid-Afrika – verruil vir ‘n stukkie waarvoor julle by die ANC-regering moet gaan kruip. Ons vertrou nie op (Vrymesselaar) prinse nie. Daarom sal Afrikanernasionaliste ons Vaderland nie prysgee om in Amerika of waar ookal (óf in ‘n “volkstaat”-dorp waar niemand kaart-en-transport van sy “eiendom” het nie), as vlugtelinge ‘n kortstondige “beter lewe” te gaan soek nie.

Ons bely dat ons hulp is van dié Een vir Wie niks onmoontlik is nie – die HERE, wat hemel en aarde gemaak het. As Hy Hom weer oor ons ontferm sal Hy doen wat nou haas onmoontlik lyk, maar by die HERE ‘n kleinigheidjie is – wonderbaarlik kan Hý ons in die erfenis wat Hy ons laat toekom het, weer volkome herstel.

Deur die benouende tye wat vir ons mag voorlê roep die HERE ons volk wat Hy hier geplant het na Hom toe terug. Terug na Sy suiwere Woord, die Bybel,in ons eie Afrikaanse taal. Terug na ‘n ware geloof in Hom. Soos ons vadere vertrou het… Ons roeping is hiér.  Om ‘n lig te wees, soos Jan van Riebeeck gebid het, en soos ons geskiedenis en heldedom onmiskenbaar aandui. Ons wil met die ANC-politieke bestel niks te doen hê nie. Ons oë is op die HERE alleen! Van Hóm is ons verwagting.

FUTILITEIT VAN OPENBARE DEELNAME-PROSES

BELA-wet onderteken

Die omstrede BELA-wet is verlede maand in sy totaliteit aanvaar en in wetgewing vasgelê nadat Ramaphosa die wetsontwerp onderteken het.

Vir volksgenote wat hulle deur die DA, die VF+ en Solidariteit laat mislei het om te glo dat daar daadwerklike opposisie daarteen is tot so ‘n mate dat die wetsontwerp gestuit sou word, was dit ‘n geweldige ontnugtering.

“Kragtige” Solidariteit/ANC ooreenkoms beteken niks!

Dirk Herman van Solidariteit roem nog rondborstig aan die begin van Desember oor die bilaterale ooreenkoms tussen hulle en die kommunistiese regering – volgens Herman sou dit ‘n kragtige ooreenkoms wees wat hulle in ‘n posisie plaas “waar pres. Ramaphosa wel die laaste besluit het, maar nie net eenvoudig kan doen wat hy wil nie” Hy reken toe dat hierdie ooreenkoms Solidariteit “in ‘n ongelooflike sterk posisie” plaas. Dié ooreenkoms sou dan kwansuis verseker dat die twee mees omstrede gedeeltes van die wetgewing, naamlik dié oor toelatings- en taalbeleid nié in Desember geïmplementeer sou word nie.

ANC hou nie by ooreenkoms

Herman reken nog vroeg in Desember dat die ANC-regering nou wel nie openlik wil erken dat hulle hierdie “kragtige” ooreenkoms met Solidariteit gesluit het nie, vanwëe faksiegevegte in die ANC. Maar, sê hy, dis maar net politieke geraas – en wanneer dié geraas eindelik weg is, dan bly hierdie ooreenkoms wat Solidariteit se kragtige posisie verskans steeds staan! Dis dan nou ook hierdie ooreenkoms tussen hulle en die ANC, verklaar hy met groot stelligheid, wat dan die direkte gevolg sou hê dat die BELA-wet NIE in werking gestel sal word nie!

Nou ja, ons weet dat die aankondiging wel toe deur die ANC-regime gemaak is dat die VOLLE Bela-wetsonwerp (inlsluitende die 2 ooreengekome gedeeltes wat Solidariteit se bilaterale ooreenkoms veronderstel was om te keer) in geheel goedgekeur en aanvaar is. En dit ‘n skamele 2 weke ná Herman se bravade oor Solidariteit wat as’t ware die hef in die hand sou hê…

Solidariteit skep valse hoop

Hierdie grootbek-Solidariteit praatjies vorm natuurlik duidelik ‘n patroon – en het ons nie al daaraan gewoond geraak nie! Hoeveel maal moes Solidariteit-ondersteuners nie deelneem aan hul futlose veldtogte nie. Die geld wat daardeur ingesamel word verseker luukse reise na die buiteland vir die bestuur van Solidariforum wat natuurlik vir die spesifieke saak moet gaan stemming maak. Maar van die saak waaroor dit gaan kom daar gewoon nooit iets van nie.

Nooit weer word ‘n woord gerep oor enige van hierdie futiele oefeninge nie. Nee, daar word gewoon ‘n volgende belangrike veldtog aangekondig waarvoor weer geil bygedra moet word…. Antwoord net “JA” en Solidariteit sal dit of dat stopsit! Elke SMS kos R5…

Geen veldtog bereik sukses nie

Verlede jaar was die veldtog: “Skrap die Raswet”. In Junie 2023 het Solidariteit saam met 25 ander organisasies ‘n ooreenkoms gesluit om “die raswet te beveg totdat dit geskrap is”. Het dit toe gebeur?

Nee. Dit gaan ook nie.

Onthou u die MassaKlagToer waar Solidariteit by die Verenigde Nasies gaan kerm het oor die oop grense. Wat het daarvan gekom? In 2021 al is ‘n “reuse-deurbraak” gemaak toe die klag wat by die IAO ingedien is deur dié organisasie aanvaar is. Maar wat was die uiteinde van dié “reuse-deurbraak”? Het dit toe die ANC se rasbeheptheid tot stilstand laat knars?

Wat het van Solidariteit  se veldtog om van Panyasa Lesufi ontslae te raak geword? Hy staan sterker en meer radikaal as ooit. Op die pas afgelope Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP)-kongres verklaar hy: “If we fail in this mission, the National Health Insurance (NHI) and other essential goals will also falter. Issues like energy, electricity, and land must be addressed if we are to succeed,”. Hier beywer hy hom onder andere vir die implementering van die drakoniese Nasionale Gesondheidsversekeringswet – nog ‘n saak waarteen Solidariteit sonder enige sukses betoog het.

DA en VF+ is deel van hierdie misleiding

Die DA en VF+ het albei aanvanklik hul teenkanting teen BELA te kenne gegee. Op 28 November nog was die VF+ “overjoyed and wishes to congratulate Solidarity” as gevolg van Solidariteit se oorwinning om die twee ergste gedeeltes van BELA te stuit! Maar voor jy die oë kan knip laat albei dié partye hul teenkanting teen die wet vaar en stem hulle albei daartoe in dat hulle president dit teken!

Aanvanklik sou die aanvaarding van die wet potensiaal gehad het om die RNE uitmekaar te laat spat, só sterk was die DA en VF+ daarteen gekant! Maar soustrein-posisies gaan met groot voordele gepaard. Dit noodsaak maar dat somtyds anderkant toe gekyk moet word.

Solidariteit, VF+ en DA is kulkunstenaars!

Solidariteit en sy filiale buite die parlement, en die VF+ en die DA daarbinne, se uitsluitlike doel is om die Afrikaner besig te hou met aksies en optogte en soortgelyke oefeninkies ten einde hom te laat glo dat daar iets gedoen kan word om die ANC-regime tot verantwoording te roep. En, deur “iets daadwerkliks te dóén” word hy daarvan weerhou om die ware feite in die oë te kyk.

Hulle probeer die illusie skep dat die Afrikaner steeds in ‘n posisie verkeer waarin hy nog daadwerklik sy stempel kan afdruk en byvoorbeeld drakoniese wette deur die ANC-regime kan keer.

Die Afrikaner het GEEN sê in hierdie bedeling nie

Die presiese teendeel daarvan is juis nou met die ondertekening van die BELA wet onteenseglik bewys. Nie eers die massa-optog met meer as 10 000 mense by die Voortrekkermonument kon enige indruk op die kommunistiese regime maak nie.

Die Afrikaner kan alleen in hierdie land ‘n politieke rol speel wanneer hy weer alleen oor die politieke mag beskik. Daardie politieke mag is in 1994 hom ontneem deur slinkse optrede van verraaier-leiers.https://www.anbsa.co.za/die-waarheid-van-ons-geskiedenis/ Nou is die Afrikaner in hierdie bedeling ‘n kragtelose minderheid. Hy het GEEN seggenskap meer nie. En nog minder invloed in die demokratiese prosesse van die land nie.

Afrika verstaan nie Westerse demokrasie

Nêrens in Afrika werk die Westerse demokratiese stelsel nie. Die Swartman kan nie ‘n demokratiese stelsel doeltreffend bestuur of daarin funksioneer nie. Dis teenstrydig aan sy aard en regeerstyl. Die duidelikste bewys daarvoor is die bespotting wat jaarliks van parlementsittings gemaak word. Dit is daarom gewoon selfmoord om as Blanke aan so ‘n veelrassige demokratiese bedeling te wil deelneem.

ANC sal kommunistiese beleid implementeer, ongeag die uitkoms daarvan

Laat dit duidelik verstaan word: Die ANC is ‘n kommunistiese organisasie wat ‘n bepaalde ideologie wil implementeer. Dit moet geskied aan die hand van sy kommunistiese handves – die Freedom Charter. Dit beteken dat “land reform” sál voortgaan en afgedwing word – ongeag of dit rampspoed en hongersnood tot gevolg gaan hê. Ook sal gesondheids- en onderwyswette wat daardie ideologie ondersteun beslis aangeneem word, ongeag die implikasies daarvan.

Geen aksie of protes deur die parlementêre opposisie of dan deesdae vennote (in die RNE), nog minder Solidariteit se protesaksies sal dit van stryk bring nie. Moenie u tyd en geld mors deur hierdie futiele pogings te ondersteun nie. Dit het tot op hede geen sukses behaal nie. Daar sal ook dadels van kom in al die volgende aksies wat hulle gaan loods.

Verenig in ware verset!

Ons heil lê buite hierdie bedeling. Daar is geen hoop om enigiets te vermag in onderhandelinge met die Swart meerderheidsregering nie. Laat ons ons kragte in protes saamsnoer ten einde in ‘n staat van verset te kom teen die onreg van die verraad van 1994!

Daar is geen sin of enige waarde in die gekruip voor ‘n vyandiggesinde regering nie!

Die Waarheid van ons Geskiedenis

van April 1981 tot April 2001 (Wat ons nie moet vergeet nie!)

EN ‘N OPROEP TOT DIE AFRIKANERVOLK 2025

Deur MJJ Erasmus

Ondervoorsitter van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB)

met medewerking van die ANB-Dagbestuur Desember 2024

Inleiding

Die vraag op almal se lippe is:

Hóé het die Afrikanervolk en heel Suid-Afrika vandag in hierdie gemors beland?

Onderstaande is bedoel as ‘n bondige chronologiese opsomming (ook geskik vir vinnige naslaan doeleindes) van die betekenisvolle gebeure en gegewens in verband met die geheime internasionale sameswering of komplot, waardeur die Afrikanervolk van Suid-Afrika van sy historiese erfenis, die Republiek van Suid-Afrika ontroof is.

Die vernaamste bronne, wat deurgaans as verwysings aangegee word, is:

  • Die IDASA-KOMPLOT teen Afrikanernasionalisme – Mnr. Jaap Marais, leier van die Herstigte Nasionale Party (HNP)1977-2000 (bladsyverwysings na die eerste en tweede uitgawes word deur ‘n / van mekaar onderskei),
  • Die Afrikanerkoerant as amptelike mondstuk van die HNP gedurende dié tyd
  • Behind the military ranks in the Afrikaner Volksfront, ‘n publikasie in Engels deur mnr. Jaap Marais ten einde inligting rondom die politieke gebeure sedert die stigting van die Afrikaner Volksfront (AVF) onder leiding van veral genls. Tienie Groenewald en Constand Viljoen, so vroeg as 15 Maart 1994, internasionaal rugbaar te maak.
  • Enkele ander bronne is ook gebruik met die nodige verwysing.

Verskeie aanhalings uit bogenoemde bronne met eie beklemtonings is deurgaans in die chronologiese uiteensetting ingevoeg.

[Publikasies van mnr. Jaap Marais kan bestel word by Jane Bienedell O82 663 I88I]

Hierby aangeheg is ‘n aantal bylae ingesluit waarna verwys word soos van toepassing. Die bylae is die dokumentêre getuienis of bewyse waarop die onthulling van die IDASA-komplot teen Afrikanernasionalisme grootliks berus. In die genoemde publikasie deur mnr. Marais is die meeste van dié dokumente wel afgedruk, maar ongelukkig nie deurgaans duidelik leesbaar nie. Daarom is die tersaaklike dokumente presies oorgetik (met briefhoofde en handtekeninge geskandeer) ten einde elke dokument noukeurig soos die oorspronklike daar uitsien as bylae weer te gee, sodat verwysings makliker nagegaan kan word.

[Hiérdie poging tot volledige beskrywing van die ongeëwenaarde vernuf in slinksheid en bedrieglikheid waarmee die IDASA-komplot teen die Afrikanervolk deur volksverraaiers beplan, bestuur en deurgevoer is mag deur hulle as ‘n pluimpie beskou word… Derhalwe wys ons diégene op die Troon waarvoor hul verantwoording van hul dade sal moet doen. Nét die HERE, die Almagtige, kan harte soos die van Saulus (Handelinge 9), vermurwe!]

Die wens en verwagting word uitgespreek en die dringende oproep word gemaak dat ons Afrikanervolk, oud en jonk, aangevuur deur ‘n opregte en brandende Afrikanernasionalisme (dit is vaderlandsliefde) ywerig die geskiedenis van 30 jaar gelede sal nagaan, sodat die weg uit die verknegting waarin die IDASA-komplot ons gedompel het, gou gevind mag word!

Aan God ál die eer!

Volg die skakel hieronder vir die hoofartikel (in PDF)

Kronologiese lys van gebeure met verwysing en verduidelikings van wat gebeur het

Oproep tot die Afrikanervolk 2025

Inhoudsopgawe

Kronologie

Bylaag 1 – Aansoek om Finansiële steun vir CDP – Ivor Jenkins 1991
Bylaag 2 – Brief van Van Zyl Slabbert aan Hans Daerr (Duitsland)
Bylaag 3 – Donasie van Kanadese Ambassade Feb.’92
Bylaag 4 – Donasie van Nederlandse Ambassade Aug93
Bylaag 5 – Brief van baron Von der Ropp van Kleulen, Duitsland, aan Richard Goldstone
Bylaag 6 – CDP – Verslag Februarie’92 Abraham Viljoen
Bylaag 7 – Brief van Abraham Viljoen aan Sisulu en Marcus 17Mrt’92
Bylaag 8 – CDP – Verslag April’92 Abraham Viljoen
Bylaag 9 – CDP Finansiële verslag Sept.’92
Bylaag 10 – Geheime Teleks
Bylaag 11 – Die Afrikaner Akkoord
Bylaag 12 – VEKOM Dagbestuur Notule 5 Augustus 1994
Bylaag 13 – Africa Confidential – South-Africa Eyeing the Spies 3 Junie 1994