Grondslag, Doelstellings en Beginselbasis

 GRONDSLAG, DOELSTELLINGS EN BEGINSELBASIS

  • GRONDSLAG

Die Christelik-nasionale lewens- en wêreldbeskouing van die Afrikanervolk, wat sy roeping in die lig van die Woord van God wil uitleef.  Met die Woord van God word verwys na die Bybel soos dit in 1933 in Afrikaans vertaal is en in 1953 in kleinere opsigte hersien is.

  • DOELSTELLINGS

Om op die basis van Christelike Afrikanernasionalisme die Afrikanervolk in te lig, te motiveer en te versamel met die doelwit dat die Afrikanervolk weer sy vryheid en sy vaderland sal herwin.

  1. Om die Afrikaner se taal Afrikaans, in ere te herstel en dit te handhaaf en uit te bou as volkbindingsfaktor.
  2. Om Afrikaners op te roep tot die herstel van hul selfrespek, deur die handhawing van ‘n hoë sedelike peil en ‘n voortreflike voorbeeld van gedrag op alle terreine van die lewe.
  3. Om die Afrikaners se volkstrots te laat herlewe deur kennis van hul geskiedenis en die helde in hul voorgeslagte, maar ook die prestasie van volksgenote in die hede.
  4. Om Afrikaners voortdurend op te roep om terug te keer na God en die geloof van hul Protestantse voorgeslagte, hul volk, kultuur en tradisies.
  5. Om Afrikaners se geestelike weerbaarheid te versterk, deur hulle in te lig oor die rol wat magte in die verlede gespeel het en tans speel, om die volk te vernietig.
  6. Om op alle terreine in die bres te tree vir Afrikaners en die Afrikanervolk teen aanvalle, beswaddering en leuens van kwaadwilliges en vyande.
  7. Om rasvermenging op alle terreine en met alle middele teen te staan.

 BEGINSELS

  1.  Christelike aard en karakter
  • Die Drie-enige God moet erken en verheerlik word as die absolute soewereine God, die Skepper, Onderhouer en Voleinder van alle dinge, tot Wie se diens almal op alle lewensterreine geroep word, van Wie alles verwag word en van Wie alles en almal wat bestaan, afhanklik is.
  •  Aan die mens, as die kroon van die skepping, het God die opdrag gegee om die aarde te vul, te onderwerp en daaroor te heers. Aan hierdie opdrag moet uitvoering gegee word in gehoorsaamheid aan die Woord van God en Sy allesdekkende wet soos dit geldend is op alle terreine van die lewe.  Hiertoe moet die Afrikanervolk opgeroep word, sodat die antichristelike en antinasionale strewe ten gronde gerig kan word.
  • Regskapenheid en regverdigheid moet deurgaans gehandhaaf word.
  •  Erkenning word verleen aan die skeppingsverskeidenheid en daarom gun die Christelike Afrikanervolk ander volke om soewerein te wees.
  •  Die beweging het dit nie ten doel om hom te begeef op die terrein van Woordverkondiging of dogma nie.

2.   Nasionalistiese inslag

  •  Die nasionale identiteit van die Afrikanervolk ontspring uit sy gemeenskaplike verlede, sy kultuur en sy eie grondgebied.
  •  Die Afrikanervolk het en moet sy blanke herkoms behou.
  •  Die volkere-verskeidenheid word aanvaar as ‘n Skeppingsdaad en daar moet gewaak word teen rassevermenging.
  • Die kultuuropdrag moet in verbondenheid aan die eie volk uitgevoer word.
  •  Die algemene ontwikkeling van die volkslewe moet langs die volkseie Christelik-nasionale weg geskied.
  • Die anti-Christelike en antinasionale strewe en kulturele eenvormigheid, die uitwissing van rasse- en volksgrense en die imperialisme met die oog op ’n wêreldstaat teengestaan moet word, sodat die Skepper deur ‘n verskeidenheid van volkskulture verheerlik sal word en individue binne hulle gemeenskappe veiligheid en beskerming sal geniet.
  • Die Afrikanernasionalis is verknog aan vryheid, vryheid van die persoon en vryheid van die volk. Die eis om oor homself as volk te regeer is onlosmaaklik deel van sy nasionale identiteit.
  •  Die Afrikanernasionalis sal hom aan gesag onderwerp. Indien daardie gesag nie regverdig en regskape optree nie, sal hy hom daarteen verset.

3.   Kultuur & Geskiedenis

  •  Die roemryke geskiedenis van die Afrikanervolk se heldedom is die standaard wat steunpunte bied in tye van krisis en inspirasie is vir beantwoording van die uitdagings aan elke geslag.
  • Die geskiedenis is ‘n volk se geheue. Dit vertel hom wie hy is en vanwaar hy kom. Sonder ‘n sterk historiese sin is ‘n volk soos ‘n mens wat aan geheueverlies ly; hy weet nie wie hy is nie, vanwaar hy kom nie en waarheen hy op pad is nie.

4.   Politieke Standpunte

  •  Demokrasie

Die huidige parlementêre demokrasie wat ontwerp is vir ‘n veelheid van rasse en volke binne ‘n eenheidstaat, rus op opvattings wat tot geweld en rampspoed sal lei. Dit moet vervang word deur ‘n stelsel van selfbeskikking van volke binne hulle eie grondgebiede.

  •  Bevolkingspolitiek

Die grondslag is die Christelike-nasionalisme wat vir een eis wat dit aan ander gun. Dit rus op die reg op voorkeur vir die eie, wat ‘n universele reg van persone en volke is. Die strewe na die integrering van dié volke tot ‘n enkele nasie deur middel van algemene stemreg onder ‘n sentrale owerheid, is verwerplik in die lig van die reg op voortbestaan en selfbeskikking van die verskillende volke.

  •  Volksidentiteite

Territoriale en politieke skeiding van die volke in Suid-Afrika sal die volksbewussyn van die onderskeie gemeenskappe versterk.

Die nasionale selfverwesenliking van volke lê in die handhawing en versterking van hulle afsonderlike identiteite.

  •  Ekonomiese ontwikkeling

Op ekonomiese terrein moet die verskillende dele van die samelewing saamgebind word in ‘n gevoel van veiligheid en in ‘n gees van onderlinge vertroue en verantwoordelikheid. Daar moet gestreef word na die skepping van ekonomiese toestande wat aan almal ‘n behoorlike lewensbestaan sal verseker en dat elkeen, maar veral die ekonomies swakkeres, teen uitbuiting van enige aard beskerm sal word.

Daar moet noulettend gewaak word teen enige politiek of beleid wat daarop bereken is, of wat die strekking het, om ‘n klassestryd te bevorder of om enige volksbelang op te offer ten bate van die georganiseerde geldmag.

Eiendomsreg moet noulettend erken en beskerm word en lede van volke moet eienaars van grond en woonhuise in hulle eie historiese grondgebiede word.

Terwyl die belange van die verskillende volkere almal die gelyke aandag en sorg van die owerheid moet geniet, moet die bestaan en welvaart van die landelike bevolking die onderwerp van besondere strewe en toewyding vorm. Die verdringing van die individuele boer deur enige persoon of belangegroep wat oormatig invloed en mag kan uitoefen deur die beheer van groot kapitaal, moet bestry word.

  •  Openbare sedelikheid

Daar moet toegesien word dat alles wat die Christelike sedes en integriteit van die volk op die openbare terrein bedreig, afgeweer word.

Vryheid van die indiwidue mag nie misbruik word om die Christelik-nasionale lewensbeskouing in die algemeen en die Christelike sedes in die besonder af te takel nie. Die Vryheid van die volk en die onskendbaarheid van die vaderland wat die enkeling moet bedien en waaruit hulle, hul bestaan maak moet ten alle tye gerespekteer word.

Onderwys

Geen skool of universiteit mag ‘n antichristelike of antinasionalistiese karakter dra of die veiligheid van die land ondergrawe nie.

Die reg van ouers om self voorsiening vir die onderwys van hulle kinders te maak word erken.

Die onderrigproses moet in alle opsigte ingestel wees op die ontwikkeling van die verstandelike en geestelike vermoë van elke leerling of student. Die vorming van die jeug moet hulle in staat stel om deel te neem aan die uitvoering van die kultuurtaak en om effektiewe, volkgebonde leiers op die verskillende lewensterreine te kweek.

 

 

Geef een reactie