Republiekdag Liedere 27 Mei 2023

Republiekdag Liedere 27 Mei 2023 

  1. Uit die Chaos van die Eeue (vers 1)

Uit die chaos van die eeue

het verrys ‘n stoere volk.

Met die durf van Pioniere

word ons nasiestryd vertolk.

Met die polsslag van ons volksiel

word ons dank jou toegedra.

Deur ons sangers, skilders, bouer

roem ons jou Suid-Afrika.

Ons sal handhaaf, ons sal opbou

ons sal hoog jou vaandel dra;

Ons sal sterk wees in ons Liefde

vir ons Volk, Suid-Afrika.

  1. Oranje-Blanje-Blou (vers 1)

 

Die Hoogland is ons woning,

die land van son en veld,

waar woeste vryheidswinde waai

oor graf van meen’ge held.

Die ruimtes het ons siel gevoed,

ons kan g’n slawe wees,

want vryer as die arendsvlug,

die vlugte van ons gees.

 

Dis die tyd, Dis die dag

Om te handhaaf en te bou.

Hoog die hart, Hoog die vlag

Hoog Oranje-blanje-blou!

Ons gaan saam die donker toekoms in

om as een te sneuwel of oorwin,

met ons oog gerig op jou,

ons Oranje-blanje-blou!

 

  1. Die lied van Jong Suid-Afrika (verse 1 en 2)

 

En hoor jy die magtige dreuning?

Oor die veld kom dit wyd gesweef,

die lied van ‘n volk se ontwaking

wat harte laat sidder en beef,

van Kaapland tot bo in die Noorde,

rys dawerend luid die akkoorde:

Dit is die LIED van Jong Suid-Afrika!   x3

 

Die klop van ons ossewawiele

het die eeue se rus verstoor,

Die klank van ons voorlaaierskote

het klowe en kranse gehoor.

Die diere het stil staan en luister,

die bome het bewend gefluister

Dit is die KOMS van Jong Suid-Afrika!   x3

 

 

  1. Vrystaatse Volkslied (vers 1)

 

Heft, Burgers, ‘t lied der vrijheid aan

en zingt ons eigen volksbestaan!

Van vreemde banden vrij,

Bekleedt ons klein gemenebest,

op orde, wet en recht gevest,

Rang in der Statenrij x2

 

  1. Transvaalse Volkslied (vers 1)

 

Kent gij dat volk vol heldenmoed

en toch zo lang geknecht?

Het heeft geofferd goed en bloed

voor vrijheid en voor recht.

Komt, Burgers! laat de vlaggen wapp’ren,

ons lijden is voorbij;

Roemt in der zege onzer dapp’ren:

Dat vrije volk zijn wij!

Dat vrije volk, dat vrije volk

Dat vrije, vrije volk zijn wij!

 

  1. De Wet! (vers 1)

 

Wie is die dapper generaal?

De Wet!

Wie stry so dapper in Transvaal?

De Wet!

Wie is dit wat die trotse Brit

so telkens op sy hiele sit?

De Wet! De Wet! De Wet!

De Wet! De Wet! De Wet! De Wet!

 

  1. Sarie Marais (verse 1, 2, 4)

 

My Sarie Marais

is so ver van my hart,

ek hoop om haar weer te sien.

Sy het in die wyk

van die Mooirivier gewoon,

nog voor die oorlog het begin.

Refrein:

O bring my t’rug na die ou Transvaal,

daar waar my Sarie woon,

daar onder in die mielies

by die groen doringboom,

daar woon my Sarie Marais,

daar onder in die mielies

by die groen doringboom,

daar woon my Sarie Marais.

 

 

Ek was nie bang

dat die Kakies my sou vang

en ver oor die see wegstuur;

toe veg ek aan die kant

van die dapper kommandant

daar onder langs die Grootrivier.

Refrein:

O bring my t’rug na die ou Transvaal,

daar waar my Sarie woon,

daar onder in die mielies

by die groen doringboom,

daar woon my Sarie Marais,

daar onder in die mielies

by die groen doringboom,

daar woon my Sarie Marais.

 

Verlossing het gekom het gekom

en die huis toe gaan was daar,

T’rug na die ou Transvaal;

My liewelingspersoon

sal seker ook daar wees

om my met ‘n kus te beloon.

Refrein:

O bring my t’rug na die ou Transvaal,

daar waar my Sarie woon,

daar onder in die mielies

by die groen doringboom,

daar woon my Sarie Marais,

daar onder in die mielies

by die groen doringboom,

daar woon my Sarie Marais.

 

  1. Afrikaners, Landgenote (vers 1)

 

Afrikaners, landgenote,

wees getrou aan Volk en Taal!

Aan julselwe, aan elkander,

van die Kaap tot aan die Vaal;

van Oranje tot Zambezi,

in Natal en in Transvaal.

Afrikaners, Landgenote,

Wees getrou aan Volk en Taal!

 

  1. O, Boereplaas (al 3 verse)

 

O boereplaas, geboortegrond!

Jou het ek lief bo alles.

Al dwaal ek heel die wêreld rond

waar so gelukkig, so gesond?

O, boereplaas, geboortegrond!

Jou het ek lief bo alles.

 

O, moederhuis, waar ooit so tuis?

Jou het ek lief bo alles

Die wêreldrykdom, prag en praal

kan jou verlies my nooit betaal.

O, moederhuis, waar ooit so tuis?

Jou het ek lief bo alles.

 

O, moedertaal, o soetste taal!

Jou het ek lief bo alles.

Van al die tale wat ek hoor,

niks wat my siel ooit so bekoor.

O, moedertaal, o soetste taal!

Jou het ek lief bo alles.

 

  1. Vlaglied

 

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:

Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?

Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg

Vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;

Die pand van ons erfnis, geslag op geslag,

Om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;

Ons nasie se grondbrief van eiendomsland,

uitgegee op gesag van die Hoogste se hand

Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,

Die vlag van ons eie Suid-Afrika.

 

  1. Die lied van Jong Suid-Afrika (verse 3 en 4)

 

Waar glorie van songloed die berge

oor hul fronsende voorhoof streel,

waar winde oor golwende vlaktes

met grassaad kerjakker en speel,

Die land wat ons vaders gekoop het,

met bloed tot ons eie gedoop het:

Dit is die LAND van Jong Suid-Afrika!   x3

 

Die golwende veld is ons woning,

en ons dak is die hemel blou;

Die Vryheid alleen is ons koning,

sy wagwoord is: “Handhaaf en bou”.

Die stryd wat ons vaders begin het,

sal woed tot ons sterf of gewin het.

Dit is die EED van Jong Suid-Afrika!   x3

 

  1. Hul Boodskap: 1838-1938 (vers 3)

 

Ryk beskenk uit ons verlede

Wil ons padlangs hou.

God der Eeue rig ons skrede

Dat ons beter bou!

Ban die vreemd en valse gode,

Hoop deur duisend droewe node,

Kinders van Suid-Afrika.

Kinders van Suid-Afrika!

Dr Albert Hertzog en Jaap Marais in 1970 wat dapper by hulle volk se Christenlik Calvinistiese grondslag bly staan het en die liberalisme ingevoer deur Vorster en kie. beveg het ten spyte van die persoonlike aanvalle vanuit die AB en NP

Hoe en waarom het die Afrikaner Broederbond omgeswaai na liberalisme?

Bertus Radford antwoord die vraag: Hoe en waarom het die Afrikaner Broederbond ’n gedaante-verwisseling van nasionalisme na liberalisme ondergaan? 

Die vraag word dikwels gevra hoe dit moontlik is dat ’n Afrikanerorganisasie soos die Afrikaner Broederbond (AB), ’n organisasie wat die Afrikaner se geestes-, maar ook stoflike goedere op die hart gedra het, die pad in so ’n mate kon byster raak? Maar meer nog, ook die rug op Afrikanernasionalisme kon draai? Dieselfde lede wat die AB uitgebou het, maar waarvan ’n aantal later ook die goeie werk vernietig het. Die antwoord op hierdie vrae strek oor baie grense heen en sny plek-plek baie diep.

Die verliberalisering van die Nasionale Party onder John Vorster en die AB beweeg parallel. Dr Verwoerd het per geleentheid melding gemaak dat sy grootste taak is om sy kabinet eerbaar te hou. Hy was sy tyd ver vooruit, daarby was hy ’n idealis en intellektuele reus. Sy politieke stukrag het die kerk, kuns en kultuur in beweging gebring.

Die aanslag op dr Verwoerd

Tydens die eerste mislukte aanslag op die lewe van dr Verwoerd was daar ’n geheul om dr Verwoerd en die NP van sy beleid te dwing. Paul Sauer het, as ervare politikus in die onseker toestand waarin die land verkeer het, die uitlating gemaak: “dat die ou boek van die Suid-Afrikaanse geskiedenis toe is.” Hy reken ’n nuwe gees moet ontwikkel word vir vertroue by blanke en swart nasies. Sauer was kop in een mus met ’n georganiseerde anti-Verwoerd groep om daardeur die nuwe beleid in die NP-kabinet te kon indra.

Die NP-koukus het Sauer ’n week hierna gekonfronteer. Hy en Ben Schoeman was woedend. Na dr Verwoerd se ontslag het hy die afvalliges tot orde geroep. Die poging om die beleid te verander en Sauer tot Eerste Minister te verkies, het misluk. Hierna het dr Verwoerd die Basson, Piet Cilliers en Schalk Pienaar-groep voor stok gekry. Die Kaapse liberaliste het gaandeweg harder probeer om ’n skeuring te bewerkstellig. Die staatsgreep wat deur die georganiseerde geldmag op die Nasionale party uitgevoer is, was een van die nadeligste gevolge van die moord 6 jaar later. Vorster se hantering van die moord en sy vriendskap met Oppenheimer verduidelik sy dubbele rol.

Aanval teen dr Hertzog

Enkele weke voor die moord op dr Verwoerd het die Basson, Cilliers, Serfontein en Merwis-groep (Sunday Times) ’n geweldige veldtog teen dr Hertzog geloods om daardeur ’n wig tussen dr Verwoerd en dr Hertzog in te slaan weens die besef dat dr Hertzog heel waarskynlik die opvolger van dr Verwoerd sou wees. Nadat dr Verwoerd Jaap Marais en ’n aantal LV’s te woord gestaan het ten opsigte van hierdie bedenklike toestand was dr Verwoerd se opmerking: “Dit laat my besef dat ek so lank as moontlik moet probeer leef.” Hy het volle beheer oor sy kabinet gehad.

En tog was dit alreeds hier te bespeur dat daar ministers en LV’s was wat sag was, om die minste te sê. In Maart 1966 het die NP sy grootste oorwinning ooit beleef. ’n Verdere 20 setels is van die VP weggeneem. Dr Verwoerd se hantering van Rhodesië se eensydige onafhanklikheidsverklaring het talle Engelssprekende Suid-Afrikaners agter dr Verwoerd laat inskuif. Dr Verwoerd se vasberadenheid het vertroue geskep. Tydens die Geloftefees te Bloedrivier het hy gesê: “Daarom, al kan ons nie meer trek nie, sê ons net soos die Voortrekkers van ouds: ‘Ons kan nog stry en ons sal veg, al moet ons ondergaan, maar ons sal vegtend bly vir die voortbestaan van die blanke aan die suidpunt van Afrika.’”

NP en AB “onvernietigbaar”

Talle NP-leiers en lede was ook AB-lede. Die oorgrote meerderheid AB-lede het dan ook die AB en NP as onvernietigbaar beskou. ’n Mede-Nasionalis het die AB of NP nie maklik of lukraak bevraagteken nie. Die Nasionale Party en AB was die voertuig wat die Afrikaner uit die vuur en die slyk van ondergang gered het. Die Eerste Minister en Voorsitter van die AB was die “aanvoerder en die pasaangeër”. Twee instansies met leiers waarna die volk opgekyk het. Dr Verwoerd het die Afrikaner stewig aan die NP gebind.

Die volk het ’n liggaam ontvang waarna baie jare uitgesien is. Die leier en party tot die daarstelling van ’n Republiek, ’n Republiek waarvoor 59 jaar gewag is. Die samewerking tussen dr Verwoerd en die AB met die kommunistiese gevaar in die agtergrond was intiem. Die twee invloedrykste persone in die land was die Eerste Minister van Suid-Afrika en die voorsitter van die Uitvoerende Raad (UR) van die AB, in daardie stadium dr PJ Meyer, die man wat die wa van 1958 saam met dr Verwoerd sou trek. Met die moord op dr Verwoerd was die Nasionale Party haas onvernietigbaar, menslik gesproke.

 John Vorster wyk af

Met die oorname van John Vorster was dit die posisie van die NP sowel as die AB, en was hy ook deeglik bewus dat die leier en die party onlosmaakbaar van mekaar is. Derhalwe het Vorster geglo die kabinet sou hom nie teengaan nie. Verder het Vorster op die rug van die Rivonia-verhoor gery waarvan dr Verwoerd weliswaar die breinkrag was met die inhegtenisname van die Kommuniste. Die eerste afwyking van NP-beleid was die taalkwessie, die ontvang van swart diplomate in blanke woonbuurte asook ’n Maori in ’n All Black-span. Vorster se verweer was indien nie aanpas nie, dan sal die NP stemme na links verloor. Later is teruggekrabbel dat hy hom verkeerd uitgedruk het. Totale verwarring is geskep, verwarring wat sou deurbeweeg na die AB. Die Maori-aangeleentheid sou die kabinet tot stemming bring. Gelukkig vir Vorster het die stemming nie plaasgevind nie.

Dr. Verwoerd en die NP se beginsel: “dat daar nie toegelaat sal word dat sport in Suid-Afrika gebruik word ten einde politieke oogmerke te bereik” is deur Vorster opsy geskuif. Vorster en PW Botha het alreeds in November 1963 agter die rug van dr Verwoerd geknoei ten opsigte van ’n Maori in die All Black-span. Op 1 Oktober 1968 het dr Piet Meyer van die AB Vorster uitgenooi na die Halfeeufees-bondsvergadering van die AB. Vorster het met mag en mening wal gegooi en die klagtes teen hom ontken. Ook na aanleiding van AP Treurnicht as redakteur van Hoofstad se hoofopskrif: “Vorster sê Maori’s kan maar kom”, ontken Vorster dit heftig. Die spanning tussen Broers het verhoog. In ’n later stadium wou dit lyk asof swart diplomate met hul gesinne in blanke woonbuurte vir ’n groot aantal Broers aanvaarbaar was.

Vorster neem aksie in verkeerde rigting

Vorster het hierna die Afrikaner Ordegroep, wat sterk Hertzog-gesind en meestal AB-lede was, ontbind. Hierdeur plaas Vorster vir Meyer op die agtervoet. Die druk het toegeneem en ’n liberale element het des te meer sy kop in die AB uitgesteek. Dr Piet Meyer het ’n kongres teen liberalisme aangelê, maar die Nasperskoerante, Die Burger, Beeld en Volksblad wat omgeswaai het na die liberale beleid van Vorster, tesame met die Liberal Cape Nats en geldmagnate het hierdie poging tot stillstand gedwing. ’n Verdere terugslag vir Meyer en die Afrikanernasionaliste. Sekere kultuurgroepe o.a. die Akademie vir Wetenskap en Kuns het die rug op Meyer gekeer.

Liberale Pers val Afrikanernasionaliste aan.

Sommige Naspers-koerante het na die afsterwe van dr Verwoerd sy beleid aangeval, oftewel skerper aangeval. Die Afrikanernasionaliste in die AB en die NP is deur hierdie koerante swartgesmeer en onwaarhede rondom hulle geborduur. Die hoë joernalistieke karakter aangaande die koerante het nou verander in ’n smeercampaign. Vorster het aan die Nasperskoerante die jawoord gegee. Hy is opgehemel terwyl die grofste onwaarhede teenoor die Afrikanernasionaliste versprei is. Die Beeld, Die Burger, Dagbreek en Volksblad was die voorbokke terwyl Hoofstad en Die Vaderland die Hertzog-groep goedgesind was. Intussen het die breë kerklui met enkele uitsondering nie ’n vinger verroer deur Vorster tot orde te vermaan nie, trouens sommige leraars het begin deur hul eie mense in die laer te bespied.

 “Staatsgreep” op AB

Met die aanvang van 1968 was dit duidelik dat sake vir die Afrikanernasionaliste nie baie rooskleurig was nie. Vroeg in Desember 1967 het die voorsitter van die UR die opmerking gemaak “dat ons grootste taak nou is om van John Vorster ontslae te raak”. As gevolg van Vorster se inmenging het die AB in die laat sestigs algaande dieper in die eensydige partypolitiek beland. Onder die voorsitterskap van Meyer en Treurnicht is toegelaat dat ’n “staatsgreep” op die AB uitgeoefen is weens hul halfhartigheid. Die AB het sy karakter verloor. Belangegroepe het die AB as nuttige kontakorganisasie misbruik. Polisieamptenare is sonder die gebruiklike sirkulasie van die persoon se naam en goedkeuring as lid van die organisasie ingeskryf. Vorster het van die standpunt uitgegaan dat die AB slegs bestaansreg onder die NP het. Die AB mag derhalwe nie onafhanklik wees soos in sy vroeër bestaan gekenmerk is nie.

Die sentrale komitee van die AB het in ’n stadium beswaar gemaak teen lede wat medebroers, sowel as sekere nasionalistiese koerantredakteurs, aanval. ’n Gesplete persoonlikheid was aan die ontwikkel. Dr Meyer het in ’n stadium gesê “’n ding click of dit click nie. Met Verwoerd het dit geclick, maar nie met John Vorster nie”. Enkele dae hierna sê Andries Treurnicht: “Jy weet ek wil nie ophou glo dat die man nie ons man is nie. Des te meer onenigheid het in die NP en AB ontstaan en die vraag is gevra of die tweespalt in die NP en die AB oorbrug kon word? Tydens die Halfeeu Bondsfees probeer Meyer die verdeeldheid besweer. Van ’n klagskrif, dae later opgestel deur Afrikanernasionaliste in die AB, het niks van gekom nie.

 Meyer en Treurnicht keer rug op Afrikanernasionalisme

In September 1969 het Meyer en Treurnicht Vorster besoek. Vorster wou prontuit weet, indien die NP sou skeur, waar staan hulle. Meyer en Treurnicht het hul steun aan Vorster gegee. Vir die Hertzog-groep was dit ’n groot teleurstelling. Die AB het ’n totale stutorganisasie van Vorster se NP geword. Anders as in die dertig- en veertigerjare waar die AB neutraal gestaan het, het die AB nou met ’n uitskopaksie begin.

Tydens ’n AB-saamtrek, net voor die 1970-verkiesing het geplante Vorster-ondersteuners begin skreeu dat Vorster moes praat, ’n aksie teen die dag se program en reglement. In Februarie 1970 was ’n herhaling hiervan tydens ’n druiwefees op die plaas van Hendrik Schoeman. ’n Groep AB-lede wat in die teenoorgestelde kamp was het ’n memorandum volgens artikel 88 van die reglement opgestel, waarin tugstappe teen Vorster aangevra is, waarvan niks gekom het nie. In die jaarverslag van die Bondsraad word erken dat die AB teen die HNP is. Tussen die sogenaamde onpartydigheid, soos vroeër deur Meyer uitgespel, en sy partydigheid nou, moes iets gebeur het. Die AB kon nie die druk weerstaan nie en het ’n totale mondstuk van die NP geword. Hierna word Treunicht aangewys as lid van die sportkomitee. Die UR besluit dat die sportbeleid in paaiemente aan die Broers bekend gemaak word, ten einde hul doel te bereik.

Aksies teen die Afrikanernasionaliste

Die UR het besef dat hulle nie net links en regs Broers kon uitskop nie. Die besluit is geneem om dr Hertzog en Jaap Marais uit te sonder en daardeur die skrik in die ander Afrikanernasionaliste te jaag met die hoop dat hulle deur hierdie taktiek hul “samewerking” sou gee. Belaglike en valse klagtes is teen die twee leiers geformuleer. Telkens is die onwaarhede in briefwisseling tot die frustrasie van die sekretariaat uitgewys. Die sekretariaat het tot die belaglike en paniekerige stap oorgegaan deur dr Hertzog en Jaap Marais van onbroederlike skrywes aan te kla. Teen Treurnicht, wat in 1972 aan ’n lasterklag skuldig bevind is, is nooit ’n vinger gelê nie.

’n Komitee bestaande uit J Jooste, AD Pont, G Beetge, WT Warais en PJ Malan is saamgestel om die UR te spreek. Die onderhoud is geweier. Hierna het die komitee die pad gevolg deur direk met ’n aantal Broers kontak te maak. ’n Groot aantal lede was geskok oor die sekretariaat se optrede, die kat was behoorlik in die hoenderhok. Hier is dr Hertzog, Jaap Marais en ander Broers uit die AB gesit.

In Oktober 1972 moes elke lid van die AB plegtig hul woord gee dat hulle geen “verbintenis of assosiasie” met die nuwe party sou hê nie. Hierdeur het verskeie lede hul verbintenis met die AB gestaak. Die eens Afrikaner-nasionalistiese beweging het nou die dinkskrum van die liberaliste en kommunistiese meelopers geword, vanwaar hulle blank Suid-Afrika aan die magte van die duisternis oorhandig het. Op die keper beskou kan met reg geargumenteer word dat die liberale werkswyse deur Vorster gevolg in die eens Afrikanernasionalistiese gedrewe Nasionale party, en Willie Marais se vernietiging van die Herstigte Nasionale Party dekades later, in ’n mindere of meerdere mate dieselfde pad van verliberalisering in die Afrikaner Broederbond gevolg is.

Liberale werkswyse telkens dieselfde

Met redelike sekerheid kan aangeneem word dat enkele Broers in die AB nie hierdie organisasie se geloofwaardigheid in twyfel wou of kon trek nie, na wat die Afrikaner Broederbond vir die Afrikaner gedoen het, terwyl die oorgrote meerderheid slap in die knieë geword het. Weens lamsakkig- en papbroekigheid het hulle hul laat meesleur deur die liberaliste en verraaiers wat die georganiseerde geldmag gesterk het in hul kwaad, waardeur die geldmag verryk is omdat hierdie liberaliste toegesien het hoe die Afrikaner Broederbond des te meer ’n sleutelrol gespeel het in die verraad teen die witman van Suid-Afrika.

Bronnelys

Vorster se 1 000 dae, BM Schoeman, 1974.

Die era van Verwoerd, JA Marais, 1994.

Die Afrikaner Broederbond, AN Pelzer, 1979.

The Super Afrikaners, Ivor Wilkins & Hans Strydom, 1978.

Andries Hendrik Potgieter

deur Bertus Radford

Andries Hendrik Potgieter aanskou op 19 Desember 1792 die eerste lewenslig. Hy was fors en gespierd en met sy “Dopper”-uitrusting en gelyk gesnyde baard was hy maklik herkenbaar. Hy was ’n matige roker. Hendrik Potgieter se geloofslewe het hom na aan die hart gelê. Die liberale gelykheidsleer het hy nie geduld nie. As Voortrekkerleier sou hy diep spore trap in die grondlegging van Transvaal, ’n man wat nie altyd die regmatige erkenning as pionier en baanbreker ontvang het nie. Op trek na sy bestemming sou verskeie gesinne, onder andere Paul Kruger se ouers, by sy trek aansluit nadat Potgieter se trek die Tarka en Colesberg verlaat het. Met sy fyn aanvoeling en versiendheid het hy besef om van die Engelse juk ontslae te raak, moet die Afrikaner weg beweeg van die see, want “die Engelse is by die see.” Hy het egter besef dat ’n korridor na die see van die allergrootse belang is, derhalwe onderhandel hy suksesvol met die Portugese om ’n deurweg na Delagoabaai. Van die swart kapteins pleit by Potgieter om beskerming deur grond aan Potgieter te verkoop in ruil vir hul veiligheid teen die Matebeles. Na die verraderlike Liebenberg-moorde slaan die trekkers die aanval van die 6000 Matebeles wonderbaarlik met 35 man by Vegkop af.

Tydens ’n algemene vergadering in Desember 1836 word Gerrit Maritz tot President-regter en Potgieter tot laerkommandant verkies. Potgieter en Uys gaan hierna op ’n strafekspedisie waarna hulle die Matebeles verslaan en verjaag tot die huidige Bulawayo in ’n negedaagse oorlog. Na die moorde op Retief en ’n groot aantal Voortrekkers, vind die slag van Italeni in Natal op 11 April 1838 plaas. Die Voortrekkerkommandos word in ’n hinderlaag gelei en moes noodgedwonge die aftog blaas. Piet Uys en sy seun Dirkie sneuwel in die hinderlaag. Potgieter word deur sommige van die Voortrekkers van lafhartigheid beskuldig waarna hy terugkeer na Transvaal.

Potgieter verken Transvaal in sy geheel en verskillende dorpe kom tot stand. Potgieter ontmoet ’n Engelse gesant te Potchefstroom waarin Engeland die Transvaalse onafhanklikheid erken. As gevolg van verskillende menings betreffende die regeringsvorm kom gereelde onenigheid na vore. ’n Klein rebellie kom te Potchefstroom in opstand maar daar kom niks van nie. Onenigheid tussen Andries Pretorius en Hendrik Potgieter vind plaas as gevolg van Pretorius se inmengery in die Tranvaalsake, nadat Pretorius Natal verlaat en homself in Transvaal gevestig het. Gert Kruger en Pretorius onderteken die Sandrivierkonvensie waardeur Engeland die Tranvaal soewerein onafhanklik verklaar. Op 15 Maart 1852 vind die twee leiers mekaar. Hendrik Potgieter sterf op 16 Desember 1852.

Die Opposisie in Stadsrade ’n “klaaglike mislukking”

deur Bertus Radford

Professor Koos Malan van Sakeliga en Bennie van Zyl van TLUSA het op 6 Maart, tydens die fokusprogram van Pretoria FM, hul lot bekla wat betref die opposisie in die stadsrade, maar in die besonder koalisievorming. Volgens Malan is die “koalisies ’n klaaglike mislukking weens die baasspelerigheid van die DA” nadat Van Zyl ’n ellelange treurmare gelewer het rakende die huidige stadsrade wat nie die mas opkom nie, maar veral die koalisies, tot die verdriet van hul kieserskorps. Van Zyl het met ’n tipiese à la Bennie van Zyl die prent probeer inkleur en aan die einde uitgekom met die gedagte dat “gekyk moet word na iets anders”. Malan het dadelik gereageer met die woorde: “Ek gaan stem en diegene wat nie stem nie is aan die swart kant,” wat die Afrikaner by ’n baie belangrike en aktuele punt bring.

Nie-stemmers word gereeld daarvan beskuldig dat ’n wegbly-stem ’n stem vir die ANC is. Hierdie argument verg heelwat dieper ondersoek. Uiteraard is dit verraad. Die ANC-regime, die uitroeper van die verkiesing, is ’n kommunistiese organisasie, gelaai met Kommuniste en in bondgenootskap met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). Mandela, die skrywer van die boek How to be a good Communist, was ’n geswore Kommunis. Kommunisme op sy beurt is die aktiewe arm van die Antichris. Die ANC is dus ingeskakel by die Antichris, die magte van die duisternis. Nou is dit so dat hierdie magte, met die ANC as spreekbuis, die politieke partye in Suid-Afrika uitnooi om te registreer vir die verkiesing deur hierdie onheilspellende magte. Aan hierdie party, nou die draer van die seël van die magte van die duisternis, gaan die stemmer sy stem toesê. Terwyl die ANC in baie volke se oë wêreldwyd ongeloofwaardig en onwettig is, is dit nou die stemmer wat wettigheid verleen aan die ANC en sy drakoniese meelopers. Nie net legitimiteit word verleen nie, maar die stemmer gee as’t ware ook erkenning en bestaansreg aan hierdie duistere magte. Indien die Afrikaner soos een man wegbly verloor die ANC sy geloofwaardigheid in die oë van die wêreld, en sodanige aksie sal die eerste treë tot verset wees.

In stede dat die soustreinryers, net so korrup soos die ANC, ’n openbare sirkus van die stadsrade en parlement maak, beweeg die Afrikaner nou in die regte rigting. Hierdie wete sal verdere druk op die vyand plaas. ’n Aksie van hierdie aard sal aanleiding gee tot ’n algehele ontevredenheid ter plaatse. ’n Toestand wat heilsaam sal inwerk op ’n toekomstige blanke regering. Tesame hiermee sal die blanke in plaas van ’n inkrimpende, weer ’n uitdagende houding inneem en die wêreld met respek na die Afrikaner laat kyk. Is dit die ander rigting waarvan Van Zyl onbewustelik praat? Die nie-stemmer sal dus nie aan die swart kant wees nie, maar die stemmer wel. En indien weer ’n diskussie wie die steun aan die ANC, die magte van die duisternis oorhandig, dan is dit die nie-stemmer wat met ’n rein, skoon gewete en gemoedsrus die toekoms tegemoet gaan terwyl die stemmer die oog laat sak.

ANB Nuusbrief Nr 69 Maart 2023

anb-nuusbrief-hoofpicture11In hierdie uitgawe:

Daar is hoop. Ons kan opnuut leer en inkeer en doelgerig werk daaraan om ons identiteit te kan behou ten spyte van wat om ons vergaan. Begin deur jouself af te vra waarby jy in jou vrye tyd betrokke is. En waarby jou kinders betrokke is. Ondersteun dit die behoud van ons volksidentiteit en die uitleef van die beginsels wat ons voorouers hulle lewe voor afgelê het?  So nie, raak betrokke by die ANB en help terugkeer en bou op die vastigheid van nasionalistiese beginsels, die lesse geleer uit ons geskiedenis en die voorbeelde van ons heldedom. Sluit aan by die ANB. Vind meer uit oor ons en ondersteun die uitdra van hierdie boodskap van hoop.  

ANB Nuusbrief Redaksie.

(Nr 69 Maart 2023 – in drukbare PDF formaat.)

 

     Gee my ‘n man
Wat sê wat waar is
As die duiwel daar is
Wat doen wat reg is
As die regter weg is
Wat trou by sy gewete bly
As hy straf in plaas van beloning kry.
~ C.J. Langenhoven

ANB Hoofbestuur 11 Februarie 2023 Terugvoer

 

       ANB HOOFBESTUUR JAARPROGRAM  – 2023

1.. Hoofbestuur                    11 Februarie 2023  Innesdal

2. Hoofbestuur (begroting)        1 April  2023  Wonderboompoort

3. Republiekdag                          27 Mei 2023  Wonderboompoort

4. Hoofbestuur                    12 Augustus 2023  Wonderboompoort

5. Heldedag                          14 Oktober 2023  Wonderboompoort

6. Jaarvergadering         11 November 2023

Februarie Hoofbestuursvergadering terugvoer

“Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly”

Op 11 Februarie 2023 het die Afrikaner Nasionalistiese Beweging sy eerste hoofbestuur vergadering vir die jaar in Pretoria, Innisdal gehou.
Die vergadering, gelei deur Mnr. Carel van der Grijp, nuut gekose voorsitter van die ANB, het gefokus op die bou van die organisasie tot ‘n aktiewe beweging vir ons Christelike Nasionalistiese toekoms in Suid-Afrika.  Die ANB roep sy takke op om al meer lede betrokke te kry en almal op te roep om hulle tyd of middele wat hulle kan gee beskikbaar te stel. Ons kan nie beweeg deur stil te sit nie. Op die vergadering het sameroepers na vore gekom wat die aanbied van 31 Mei en 10 Oktober se gedenkdae sal reël.

Ook is daar ‘n verskeidenheid van onderwerpe bespreek soos wat ons kan doen om die geleidelike verdwyning van Afrikaans en die witman in die handel aan te spreek.

Die oproep van die hoofbestuur aan die takke is om na hulle mense toe te gaan en hul tak te aktiveer en uit te bou.

Die takke sal so gou moontlik elkeen ‘n program bekend stel wat o.a. insluit Afrikaanse kultuur en musiek, geskiedenis en inligtingsvergaderings, waarmee hulle mense in hulle omgewing sal betrek. Die inligting sal dan ook in die nuusbrief geplaas word.

Mettertyd het baie van die persone op die ledelys se kontakbesonderhede verander en vanaf die sekretaris, met behulp van elke tak se sekretaresse is ‘n projek geloods, om so vêr moontlik, al die lede se kontakbesonderhede wat nodig is om hulle deur elektroniese media te bereik by te werk.

Die hoofbestuur het besluit om later die jaar ‘n funksie (soos ‘n dinee) en ander fondsinsamlingsprojekte aan te bied om die ANB uit te bou.

Finansies het ons nodig om groot geleenthede aan te bied om ook ons boodskap uit te stuur.

Die lede wat nie fisies in die stryd betrokke kan wees nie maar bereid is om ‘n finansiële bydrae te maak word  versoek om so die ANB in staat te stel om die stryd voort te sit. Die ANB het vertroue dat die lede self sal bydra om die stryd op al die gebiede te kan voer.

Republiekdagviering en Heldedag is die herdenkings funksies wat jaarliks deur die ANB hoofbestuur gevier word.

Bertus Radford sal vanjaar weereens die Heldedag se reëlings lei.

Dirk Joubert jnr sal die leiding neem vir die reëlings van Republiekdag. Letaba-tak sal weer help met reëlings van advertering vir die funksie.

Die ANB Jeug is ook op die vergadering geloods. (Sien berig op bl. 3)

Die kwessie oor die Afrikaanse diens by banke en winkels is ook bespreek en almal word aangemoedig om steeds op Afrikaanse diens aan te dring. So bevorder ons ook werk vir Afrikaners.

Die geskiedenis van die ANB is ook bespreek en die ANB het onderstreep dat hulle die stryd voorsit op die beginsel soos wat Jaap Marias ons geleer het.

Hulle was vir ons ‘n voorbeeld in die stryd

Twee van die ANB se ouer lede het ons die afgelope twee maande ontval. Beide was ooms van die voorsitter. Oom Carel van der Grijp en oom Gerrie van der Grijp (albei was ongeveer 68 jaar oud) . Die lede was van jongs af betrokke by die stryd wat die HNP gevoer het en het saam gehelp om vergaderings te beveilig wat deur die destydse “Nasionale Party” rampokkers gepoog is om op te breek. Met die stigting van die ANB (na die HNP sy beginsels verlaat het) was hulle ook saam met ons.

ANB NUUSBRIEF KOMMENTAAR MAART 2023

Suid-Afrika tot stilstand?

Tydens die afgelope drie jaar word Suid-Afrika al meer gedryf na ‘n politieke en ekonomiese ramp. Onluste word al hoe meer ‘n vorm van georganiseerde terrorisme. Sprake van rewolusies en voorspellings daarvan word al meer in die openbaar genoem.

“We are not going to start at 8 o’ clock in the morning, the 20th starts at 12 at midnight, by the time the people wake up, everything is happening.” – Julius Malema, EFF leier wat die 20 Maart 2023 nasionale stilstand aankondig.

Die EFF het in 2022 baie sulke toetslopies gehad in Johannesburg, maar dit was nie deur ’n groot aantal ondersteuners bygewoon nie.

Met die 20 Maart 2023 opstand, wou die EFF die hele land tot ‘n nasionale stilstand dwing, briewe was al by besighede afgelewer deur EFF lede wat vereis dat besighede nie op die 20ste Maart moet werk nie. Die doel van die opstand, volgens die EFF, was om Cyril Ramaphosa uit die leierstoel te kry van die ANC, om beurtkrag te stop, en om die leë beloftes van die ANC aan te spreek.

Ramaphosa se onlangse oorwinning in die ANC verkiesing/ herstrukturering is egter nie toevallig nie, veral nie met die geweldige vuur waaronder hy homself bevind met Eskom se probleme en die Phala-Phala skandaal nie. Net voor die verkiesings in 2022 is Ramaphosa na die VS vir ‘n besoek aan Joe Biden. The Star skryf: “The highly placed sources believe that Ramaphosa may have travelled to the US to seek a favor from Biden and the CIA to help him win the much-contested election.”

In die 2021 munisipale verkiesings het die ANC verteenwoordiging in ‘n aantal dorpe in Natal soos o.a Newcastle teen Team Sugar SA verloor, ‘n nuwe party wat onlangs kop uitgesteek het met die Natal onluste in Julie 2021.

Die EFF probeer hulself op die voorgrond sit teen Ramaphosa as hulle die Phala-Phala skandaal gebruik as ‘n wantroue element teen Ramaphosa, dit terwyl Julius Malema in sy onlangse toespraak sê: It’s nothing personal against Cyril Ramaphosa, personally he’s a very good guy.”

Die ANC het ook onlangs, in Februarie 2023, ‘n klomp koalisies met die EFF aangegaan op munisipale gebied in die Transvaal (Gauteng) en is tans besig om te onderhandel vir sleutel posisies in die Oos-Rand gebied (Ekurhuleni). Ook is hulle besig om van DA verteenwoordigers in die Transvaal ontslae te raak – Thembinkosi Nciza, Transvaal Sekretaris van die ANC sê aan Radio 702, dat hulle fokus nou geplaas is om die DA regering en burgermeester van Oos-Rand (Ekurhuleni) uit te kry – “Immediately after we will agree on what must happen, but of course whatever must happen must not disadvantage any party. We are negotiating in good faith with the Economic Freedom Fighters and other political parties.”

Dit is dan duidelik, dat die sogenaamde teenstand van die EFF teen die ANC en Ramaphosa deel is van ‘n politieke spel.

Nadat Rivonia Circle, ‘n Think Tank organisasie, ‘n opname van 2,000 geregistreerde stemmers gedoen het, skryf Eyewitness News dat die ANC se ondersteuning met meer as 50% kan val. Dit dui daarop dat Suid-Afrika op pad is na ‘n nasionale koalisie regering in 2024. Hulle noem ook dat die DA se ondersteuning baie swak lyk.

Terwyl beurtkrag, werkloosheid, bedrogsake en skandale gebruik word vir stemme in 2024, sê Amanda Qithi, Eskom se woordvoerder in Transvaal (Gauteng) – “The vandalism and theft have extended to include pylons, whose tower members are often stolen by criminal elements, resulting in steel structures collapsing and posing extreme danger to members of the public.”

Eskom sê dat hulle infrastruktuur afgebreek en gesaboteer word.

Eskom bestuurders sê aan BusinessTech, dat Eskom se probleme nie noodwendig net ’n gebrek aan vaardighede en onbevoegdheid is nie, maar ook ‘n probleem van kriminele elemente soos diefstal en sabotasie. Hulle gaan verder om te sê dat Eskom bestuurders nooit SAW soldate aangevra het om stasies op te pas nie, en beweer dat dit ‘n mors van tyd en geld is, en dat die sabotasie van Eskom gemotiveer is deur politiese elemente.

Nuusblad, Aljazeera skryf op hulle webwerf, dat Ramaphosa se  “State of Disaster” aangekondig is om die land se krag probleem te hanteer en om onrus onder burgers te bedaar.

Volgens die Oxford woordeboek is die betekenis vir die aankondiging van ‘n rampstoestand as volg: “A situation of national danger or disaster in which a government suspends normal constitutional procedures in order to regain control” en “A declared state of emergency allows the Premier to immediately make any desired regulations to secure public order and control.”

Dit is moontlik dat die ANC, deur middel van wetteloosheid, onderduimshede, chaos en plundering gaan regeer en aan bewind bly, solank as wat hulle die voertuig van die wêreld elite bly. Die EFF en Team Sugar SA, saam met nog ander radikale rewolusionêre bewegings, is moontlik die hand met die spies van die ANC om die onluste, optogte en onstabiliteit in Suid-Afrika te versnel om die ANC in die leierstoel te hou.

Op 10 Februarie 2023 is Ramaphosa se toespraak in die parlement ontwrig toe die EFF die verhoog gestorm het met plakkate en slagspreuke om die rus te verstoor. Is dit ‘n voorspelling en ‘n aanduiding van wat kom in die nabye toekoms?

 

ANB Jeug geloods

Baie jongmense vra, wie is julle, wat doen julle? Ons sien julle nêrens. Waar is julle betrokke? Vir die ANB is die jeug baie belangrik. Daarom is die ANB Jeug geloods. Aksies sal insluit om monumente te besoek om te help om die sigbaarheid van die ANB te verbeter. Ons gaan bv. Voortrekkermonument toe gaan en dan met die ANB se vlag daar staan en volksliedere daar sing en ‘n video daarvan maak wat ons dan op sosiale media versprei wat toon dat ons lewendig is en groei. Op die beginsels van om ‘n mark te skep sal ons jongmense lok wat die regte beginsels wil handhaaf en weer ons vryheid wil herwin. Die jeug is die gesig van die beweging en dit lok ander mense daarheen. Hoe dit gaan werk is elke tak kies sy jeugleiers en voorsitter wat ondergeskik is aan die bestuur van daardie tak en uiteindelik aan die hoofbestuur. As hulle enige aksies wil loods moet hulle eers by hulle takvoorsitters of die dagbestuur toestemming kry. Die voorsitter sê dit is belangrik, want die jeug het baie meer jare wat hulle nog hulle toekoms moet uitwerk in die land. En dan moet hulle die leiding kan oorneem.

 

ANB Jeug vier Majubafees

Op die 24ste tot die 26ste Februarie het die Afrikaner Nasionalistiese Beweging se Jeug saamgetrek en kamp opgeslaan aan die voet van Majubaberg om die slag van Majuba, 1881 te herdenk.

Om in eendrag by die Majubafees op te daag is T-hemde vir die ANB Jeug vinnig gedruk, mates en grotes vir mekaar uitgestuur en beplanning spoedig gedoen om mekaar by Majuba te ontmoet.

Van wyd en syd oor Suid-Afrika het die jongmense uiteindelik, na die vêr pad op ‘n donker mistige nag, Majubaberg deur die mis gesien, soos ‘n vinger wat uitstaan en uitroep: “Voorwaarts!”

Op die Vrydag het die res van die ANB Jeug aangekom, laer opgeslaan saam met Ds. Appelgryn en sy gesin en lekker saam gekuier om die kampvuur. Daar is elke aand afgesluit met huis-godsdiens. Tannie Zelda Appelgryn het gesorg vir smaaklike etes deur die dag.

‘n Geskiedkundige slagveld toer is aangebied op Vrydag die 24ste wat baie insiggewend en leersaam was vir die ANB Jeug. Om 19:15 is die berg bestyg met die fakkelloop tot op die piek waar die monument in steen opgerig is.

Die Bittereinder Perdekommando het op Saterdag die 25ste ingery gekom met volksvlae, terwyl die ossewa met sweepslag agterna aangejaag is. Opening met Skriflesing en gebed is gedoen, gevolg deur ‘n feesrede deur Henk van den Graaf.

Die hoogtepunt van die dag was die bestyging van die berg en die geskiedenisvertelling op die berg. Die ANB Jeug het aan alles deelgeneem, van skyfskiet tot volkspele. ‘n Realistiese skyngeveg vertoning is aangekondig toe ‘n Engelsman in rooi in oorlogsverklaring uitroep en die Union Jack hys op die piek van die heuwel. Daar is oor en weer gevuur en die donderslae van skote het die herlewing van die Slag in elke Afrikaner se volksbewussyn wakker gemaak.

Laataand is die Cantus bygewoon, geopen met al vier verse van die Stem, met samesang van volksliedere tot laat.

Sondagoggend is die naweek afgesluit met ’n erediens. Met die bywoning van die gedenkdae van die Afrikanervolk, en die deelname in die herlewing van ons kultuur en geskiedenis, leef die stryd voort in elke ANB Jeuglid se hart en is dit die doelstelling van die Afrikaner  Nasionalistiese Beweging:

Die stryd wat ons vaders begin het sal woed tot ons sterf of oorwin het, dit is die eed van jong Suid-Afrika!