Category Archives: Nasionalisme

Die Waarheid oor Apartheid.

In Oktober 2025 is ‘n reeks voordragte deur die Willem Petzer-groep op YOUTube geplaas onder die titel, WAARHEID OOR APARTHEID.

Kom ons kyk na 10 Okt se plasing – 1948: Die Apartheid wat geïmplementeer is, is nie die Apartheid wat die mense voor gestem het nie.

In die beskrywing staan:

“Die mense wat in 1948 vir die NP gestem het, wou nie net rasseskeiding hê nie. Hulle wou selfbeskikking hê: hul eie republiek, ‘n gedesentraliseerde Volkstaat met hul eie toekoms. Maar hulle het gesentraliseerde gemengde stede gekry, met slegs aparte woonbuurte. “

Die woorde “gesentraliseerd” en “gedesentraliseerd” word deesdae dikwels gebruik deur ‘waarheids’-ridders soos Ernst Roets, Carl Boshoff, en ja, Adi Schlebush (skrywer van Petzer se Reeks oor Prof. Stoker en ook lid van die Petzer- ‘navorsingspan’).

Wat word bedoel met ge(de)sentraliseerd?

In die voordrag kry ons bietjie nader insig in wat hulle bedoel daarmee.

Gedesentraliseerd = “die ou Republikeinse ideaal” van ‘n “groter aaneenlopende volkstaat met eie politieke selfbeskikking”, “groot streke wat slegs vir die Afrikaner of die Boer” is, “groter aaneenlopende gebiede met eie plaaslike soewereiniteit”. 

Gesentraliseerd = ‘n “apartheidstaat, wat verskillende besture het”, wat “al minder en minder soos ‘n landstreek met verskillende volkstate en stamgebiede begin lyk en al meer en meer soos ‘n multi-kulturele maar gesegregeerde eenheidstaat”; “…mikro-klein afbakeninkies in gemengde steden en dorpe… waar swart en wit eintlik langs mekaar gebly het en net met ‘n pad van mekaar geskei is”; ‘n “Eenheidstaat” waar persone van verskillende rasse nie mag ondertrou nie (“is dit werklik nodig?”, word gevra); ‘n “stedelike Apartheid waar almal eintlik saam in ‘n stad bly maar net in verskillende areas…”; “versplinterde woonbuurte of woonblokke of beskermde sones”.  “…apartheids-integrasie met gepaardgaande sosiale integrasie”; waar die Afrikaner die ander Suid-Afrikaners wil “domineer”.

Verskillende Apartheidsbeleide

Hierdie “apartheidstaat” het, volgens Petzer se voordrag, tot stand gekom in Malan en Strijdom se tyd, en staan teenoor die Republikeinse ideaal soos verpersoonlik in die ou Boere-republieke.

Daar word beweer dat hierdie twee Afrikaner-leiers stelselmatig afgewyk het van “die selfbeskikkingsideaal”, en dat dr. Verwoerd in werklikheid die Apartheid van Malan en Strijdom wou beeindig, en “terugbeweeg na die selfbeskikkingsideaal”.

Om hierdie stelling te regverdig, word ‘n ernstige skommeling in die tydsverloop van die geskiedenis gemaak. Die ‘historiese tydstaat’ wat, volgens Petzer, juis so belangrik is om die waarheid te bevestig, word dan in hierdie voordrag ernstig aangetas. 

Geskiedenis-volgorde verander

Die volgorde word deur die Petzer span verander.

En die gebeure in die geskiedenis netjies omgekeer.  

Die vraag is waarom Petzer se navorsingspan dan so misvat? So moeilik is dit tog nie om feite op te soek nie?

Wat was dan die Nasionale Party se Beleid van 1966?

Dit wat in die voordrag beweer word oor Malan en Strijdom is in werklikheid van toepassing op Vorster. Dit is maklik om die beleidsgeskiedenis van die Nasionale Regering van voor 1948 af, tot en met 1966, te gaan opsoek.

Die Nasionale Party het in Januarie 1966 ‘n Brosjure uitgegee met die naam Vrugte van die Nasionale Bewind.

Wat was die Nasionale regering se beleid na 1948? Ons haal aan:

Strijdom, Malan Verwoerd – een van sin en strewe(Bladsy 3):

“Die nasionale party is trots op sy eerste ministers wat hy sedert 1948 aan Suid-Afrika gegee het. Hul onkreukbaarheid, hul liefde vir volk en vaderland en hul toegewyde en voortreflike dienste aan Suid-Afrika sal altyd uittroon as besondere hoogtepunte in die geskiedenis van die land.

Eers was dit dr. D.F. Malan wat die bewind in 1948 van genl. J.C. Smuts oorgeneem het… …dr Malan het nie geweifel nie… Dit bewys die volk se vertroue in die Nasionale Party.

Dr Malan het die tuig op 30 Nov. 1954 neergelê en is opgevolg deur adv. JG Strijdom wat op 24 Aug. 1958 oorlede is. In die  vier jaar het hy veral die stryd oor kleurlingstemreg tot oplossing gevoer, terwyl hy die republikeinse ideaal sterk op die voorgrond gehou en daarmee die Party tot groter hoogtes gevoer het.

‘n Toespraak deur dr DF Malan by Winburg in 1937 is hier te lese wat duidelik Malan se volksgerigdheid en spesifiek sy geloof in God aandui. Die geskiedenis van JG Strijdom word ook hier in die artikel in kort behandel wat bogenoemde stellings deur die nasionale party van 1966 onderstreep.

Op 3 September 1958 is dr. H.F. Verwoerd as sesde Eerste Minister van Suid-Afrika aangewys en sommer van die staanspoor af het hy hom geopenbaar as kragtige leier wat die Party tot groot hoogtes sou voer. Dit het hy gedoen, nie alleen deur die Party nie maar ook die volk as geheel tot ‘n groter eenheid saam te smee.”

Die twee paaie (Bladsy 4):

“In 1959 het dr Verwoerd… in die Volksraad… met oortuiging daarop gewys dat daar in Suid-Afrika net een keuse is nl. ‘n keuse tussen

OF die blanke sy eie gebied te gee en die Bantoe syne,

OF om almal deurmekaar een vaderland te gee wat die Bantoe uiteindelik sal regeer.

(Lees dit weer! – Red)

Langs hierdie weg, aparte gebiede, wil die Nasionale Party die toekoms van die Witman in Suid-Afrika beveilig.”

Billikheid en selfbeskikking vir Bantoe (Bladsy 27):

“Die Nasionale regering, as voog van die Bantoe binne die Republiek, maak ‘n intensiewe studie van hierdie belangrike saak en glo die oplossing lê in ‘n beleid van billikheid en regverdigheid teenoor beide Blank en Bantoe.

Daarvolgens word die Bantoestuislande ontwikkel om GROTER SKEIDING teweeg te bring en binne die blanke gebiede word beter beheer oor die beweging en verblyf van die Bantoe toegepas. … Hierdie beleid word gevolg ook om groter veiligheid vir die Blanke te skep en die HEERSKAPPY vir hom in sy eie gebied te verseker. (aka selfbeskikking – CV)

Die Nasionale Party staan nog altyd getrou by sy verkiesingsmanifes wat in 1947 uitgegee is en waarin gesê is:

“Die Party staan vir die handhawing en beskerming van die blanke bevolking van Suid-Afrika as ‘n suiwer blanke ras, die handhawing en beskerming van die inheemse rassegroepe as APARTE volksgemeenskappe met moontlikhede om IN EIE gebiede te ontwikkel tot SELFVERSORGENDE volkseenhede en die aankweking van nasionale trots, selfrespek en wedersydse agting by die verskillende rasse van die land.”

Aardrykskundige skeiding (Bladsy 28):

“Tweedens word aardrykskundige skeiding toegepas. Blankes het grondbesitreg in die blanke gebiede. Die Bantoe het dit weer in hul tuislande, WAARHEEN HULLE  aangemoedig word om te GAAN teneinde in hul volkseie opgeneem te word.

Derdens word maatskaplike apartheid deurgevoer. Dit geld terreine soos werkafbakening in die arbeidsveld, universitêre onderwys, aparte woongebiede, VERWYDERING van swartkolle in blanke gebiede EN witkolle in Bantoegebiede.” 

Terugvloei van Bantoe na eie gebiede (Bladsy 29):

“Fisiese ontwikkeling in die tuislande word op omvattende skaal behartig, ten einde groter drakrag aan die gebiede te gee. Dit word gedoen om al meer Bantoe in hul land van ‘n heenkome te verseker en om so ‘n TERUGVLOEI te bewerkstellig van Bantoe wat in die blanke gebiede ‘n lewensbestaan gaan soek het. Die vyfjaarplan… maak voorsiening vir dorpstigting, besproeiing, bosbou, grondbewaring, graan- en veselverbouing en die hou van veevendusies.

…Die Bantoe kan in die dorpe huise huur of koop en so grondbesitters in sy tuislanddorpe word.”

Konsolidasie (Bladsy 54):

Dit is beleid dat swartkolle binne blanke gebiede uitgekoop word, teneinde die blanke gebiede te konsolideer. Vir hierdie doel is gronde ter waarde van R2,628,000 oor die laaste vyf jaar uitgekoop.

Gesonde Rassebeleid.

Na ‘n paar baie insiggewende paragrawe onder die hofies Ekonomiese ontwikkeling, Grensnywerhede, Bantoevestiging, Vreemde Bantoe, Agterbuurtes en plakkerskampe, Noodleniging en Belasting, sluit die hoofstuk af met die volgende opsomming:

“Die grondslag van die beleid is vreedsame naasbestaan tot voordeel en veiligheid vir al die verskillende rasse, die Blanke nie die minste nie.” (bl. 31)

Dit is dus duidelik dat, terwyl groepsgebiede ingestel is, “om die ongewenste deurmekaarboerdery van verskillende rasse aan bande te lê” (bl. 84), die uiteindelike ideaal was:

“opheffing – nie onderdrukking nie… rasse-vrede… tot voordeel van blank en nie-blank.” (bl. 68).

Verdere Beweringe

Petzer (se teks-skrywer) beweer:

Die jaloesie, konflik en ongelukkigheid wat swartes en anderskleuriges in opstand gebring het, was die direkte gevolg van omstandighede, geskep deur die apartheidsbeleid van die “liberale” Afrikanerleiers, Malan en Strijdom.

Nee, dit was nie. Die konflik het nie so “geword” van verkeerde beleid nie. Dit is teweeggebring – met baie moeite, geld en harde werk deur kommunistiese agente agter die skerms.

Malan en Strijdom se beleid was nie liberaal nie. Inteendeel, dit was die aanvang van Verwoerd se beleid. Geen verskil, alleen voortbouing. Hulle het in dieselfde voetspore is gevolg.

Wie se voetspore?

As dr. Verwoerd wou, kon hy ook op die Parlementstrappies verklaar het, dat hy in die voetspore van Malan en Strijdom sal volg. Hy sou nie gejok het nie, want hy het.

En Malan en Strijdom kon dieselfde verklaar het van Presidente Kruger en Steyn. Want dit was die voetspore waarin hulle gevolg het, so goed hulle kon. Die herstel van die Boere-Republieke was die doel en ideaal van al hierdie manne.

Baie dinge sou egter verander moes word, voor daardie ideaal bereik kon word. Want omstandighede het ondertussen verander.

Daar moes rekening gehou word met die erfenis van ‘n Brits-afgedwingde parlementêre stelsel. Daaraan sou verander moes word, stadig en deeglik, alvorens die Republiek sy ideale gestalte verkry. Hierdie proses is begin toe die NP aan bewind gekom het, en  stelselmatig voortgesit, tot en met dr. Verwoerd se dood.

Onkunde of moedswilligheid?

Hiervan word niks genoem in die voordrag nie. Waarom nie? Waarom word hierdie werklikhede deur Petzer (se teks-skrywer) geïgnoreer?

Waar kom hy daaraan om Vorster se skande op Malan en Strijdom te probeer afsmeer?  

Alles wat hy aan Malan en Strijdom toedig, is dit wat in werklikheid deur Vorster gedoen is, lank ná Malan en Strijdom van die toneel af is, en nádat Dr’s Verwoerd en Albert Hertzog en mnr. Jaap Marais uit die weg geruim is.

Dr Verwoerd se Hoek-verslag, die verslag wat op die dag van sy dood in die Volksraad behandel sou word, sou die Geldmag se sabotasie-skandes ontbloot het en stopgesit het. 

Ons weet vandag dat die Hoek-verslag deur Vorster en sy veiligheidspolisie weggesluit is, omdat dit die Geldmag veel skade sou berokken. Daar het die Geldmag egter nie gestop nie. Die Republikeinse strewe moes be-eindig en omgekeer word.

Uit die geskiedenis is dit duidelik.  

Die Geldmag het sukses behaal.  

Alles is goed vooruit beplan en uitgevoer: die moord op dr Verwoerd, die aanstelling van John Vorster, die kaping van die Nasionale Regering, die subtiele vergiftiging van die volksgemoed teen Albert Hertzog en Jaap Marais, die kaping van die Apartheidsbeleid,  en die verarming van die volk en verryking van die vyand tot op die punt waar ons mense die hande in die lug gegooi het en “Apartheid” verwens het, want “dit werk nie”.

Dit was HIERDIE sogenaamde “Apartheid” waarvoor “die mense” NIE in 1948 gestem het nie. Vorster se gekaapte kwasi-“Apartheid”. Vorster se “een Maori”-beleids-verraad.

Watter Apartheid is WEL voor gestem? 

Waarvoor “die mense” WEL gestem het, was dit wat Malan en Strijdom toegepas en uitgebou. Malan en Strijdom HET uit en uit die Republikeinse strewe gevolg en uitgebou, Strijdom nog meer as Malan, en Verwoerd het dit vasgelê, soos duidelik blyk uit die Nasionale Party se boekie, soos hierbo aangehaal. 

Dit wat Petzer se teks-skrywer beskryf was ALLERMINS Malan en Strijdom se beleid.

Wat hy beskryf is Vorster se verdraaide, verwronge gekaapte ‘apartheid’. En hierdie kaping het nie vóór dr Verwoerd plaasgevind nie, maar ná dr Verwoerd.

Op die trappies.

Vorster het ewe heilig op die Parlement-trappies gestaan en verklaar dat hy in dr Verwoerd se spore gaan volg. Daarna het hy ook gesê: “Toets my aan my dade.” Hy is getoets en hy het die toets jammerlik gedop. 

As John Vorster nie so effektief deur die Geldmag gestoot en gesteun was nie, sou hy nooit eers premier geword het nie. Dan sou dr. Albert Hertzog hom opgevolg het (soos deur meningsopnames aangetoon is) en sou Jaap Marais hom help sorg het dat Verwoerd se beleid van afsonderlike ontwikkeling (en dus selfbeskikking) suksesvol deurgevoer sou word.

Gewete verkoop, gewete versuip.  

Die geskiedenis toon aan hoedat Jaap Marais lateraan baie amper daarin geslaag het om die Verraads-Regering om te keer – terug na ‘n Nasionale Regering. Weereens het die Geldmag ingetree – en die KP (Konserwatiewe party) het sy verlammende verdelings-rol gespeel.

Vorster het eendag verklaar – “Jy kan nie teen die Geldmag op nie”. Hy is omgekoop en het later sy gewete in drank probeer versuip. Daar is ‘n hele paar “Afrikaner-leiers” wat mens aan kan dink wat daardie selfde pad geloop het. Want dit is die voorland vir elkeen wat nog bietjie selfrespek oor het nadat hulle bruikbaarheid verslaan het. Bittere selfverwyt.

As die Petzer-groep nie oppas nie, sal hulle hulself eendag in dieselfde posisie bevind.

Die waarheid oor Apartheid?

Hierdie reeks Petzer-voordragte bevat NIE die volle waarheid oor Apartheid nie. Die “historiese tydstaat” (alias Petzer) is verander, en feite is verdraai en weggelaat. So kyk ons nou met wantroue na ELKE stuk in hierdie reeks.

Die waarheid oor Apartheid is dat dr. Verwoerd NIE gestaan het vir ‘n volkstaat nie. Nie een van die ware Nasionale Afrikanerleiers het gestaan vir ‘n volkstaatjie nie. Hul almal het SAAM gewerk vir die verkryging van ‘n Volks-Republiek, ten volle selfbeskikkend. Die HELE land vir die blanke Afrikaner, of niks!

Waar staan Petzer en span?  

Die Petzer-span vra ons geldelike hulp om ‘die volk se hart te verander’. Maar dan maak  hulle volksleiers soos Malan en Strijdom verdag en so in wese, ook Verwoerd, Hertzog en Jaap Marais.

Hulle impliseer dat dr. Verwoerd ‘n ander ideaal gehad het as Malan en Strijdom, en dat hy ‘n VOLKSTAAT wou skep.

Dit is nie waar nie. Die volkstaatgedagte kom NIE van Pres. Kruger en Steyn se Republieke nie, en ook nie van dr Verwoerd nie.

So waarom wil hulle die volkstaatgedagte bevorder?

Luister mooi.

Volkstaatgedagte se doelwit

Die Afrikanervolk is ‘n reuse struikelblok vir die magnate wat Suid-Afrika se rykdom soek. Daarom moet ons WEG, uit Suid-Afrika. Die plan is: Vermoor, verbaster of verskuif die Afrikanervolk – oorsee, of na ‘n volkstaat-reservaat.

Dis nou waar die mooi dorpie ORANIA inkom. En dis waar ons weer al meer hoor van die 1994-onderhandelings-ooreenkoms, by name AFRIKANER AKKOORD oftewel RESOLUSIE 235. Daarvolgens moet die volk SKUIF – na ‘n reservaat.

Ons is deur Vorster, PW, FW en al hul vriende uitverkoop, maar die verkoop-transaksie se laaste deel is NOU besig om te gebeur. (Baie mooi verduidelik in hierdie reeks artikels)

‘n Volk wat nie sy geskiedenis-feite ken nie, se hart kan maklik verander word deur “waarheid”-ridders. Dan begin so ‘n volk sommer glo hy moet ‘TREK’ na ‘n valse ‘vryheid’ en ‘n valse ‘selfbeskikking’. 

So word sy grond finaal onder hom uitverkoop, MET sy mede-werking.

Moet ons ‘TREK’?

Nee. Ons moenie. Ons mag nie. Ons KAN nie. Want dit gaan om veel meer as net ons self.

Dr Verwoerd het gesê:

“Daarom, al kan ons nie meer trek nie, sê ons net soos die Voortrekker van ouds, “Ons kan nog stry.” En ons sal veg, al sou ons moet ondergaan, maar ons sal vegtend bly vir die voortbestaan van die blanke aan die suidpunt van Afrika…

Ons kan nie anders nie.

Ons staan soos ‘n Luther met die Hervorming, met die rug teen die muur. Ons veg nie om geld of goed nie. Ons veg om die lewe van ons volk.

Maar… nie net vir ons volk nie …ons veg vir die voortbestaan van die blanke beskawing. Die blanke is aan die suidpunt van Afrika ‘n voorpos vir die blanke beskawing.”

(Bloedrivier, 1958.)

‘n BOODSKAP VIR DIE TOEKOMS – DF Malan

Op 2 Mei 1937 het Suid-Afrika se Eerste Minister, dr. DF Malan, die volk toegespreek tydens die se eeufeesviering van Winburg in die Vrystaat. Dit was by hierdie geleentheid dat hy die gevleuelde woorde “Glo in God, glo in u volk, glo in uself” gespreek het. Daar is beslis steeds baie waarde wat Afrikanernasionaliste vandag nog kan put uit hierdie boodskap. Wat hieronder verskyn, is `n opsomming van die toespraak soos in Die Burger gepubliseer.

Die fees sal vir dié wat dit bygewoon het, onvergeetlik wees, omdat dit gekenmerk is deur `n gees van ware samewerking van vriende toe die nagedagtenis van hul voorouers geëer moes word. Die fees is onvergeetlik omdat dit gehou is op heilige historiese grond, wat self `n boodskap vir die volk het. Die toestande wat 100 jaar gelede geheers het, en die gebeurtenisse wat toe plaasgevind het, is herskep en het herlewe en hierdie geslag het gemeenskap gehad met daardie geslag wie se boodskappe oorgedra moet word aan die geslagte van die toekoms.

Op Winburg word die Trekkers ’n Volk

Honderd jaar gelede is die keerpunt in die geskiedenis van die Afrikanerdom gesien. Die Groot Trek het nie plaasgevind as ’n georganiseerde eenheid nie, maar families het in klein groepies die land verlaat op verskeie tye om ‘n nuwe tuiste en `n nuwe bestaan te gaan soek.

Op Winburg het hulle bymekaargekom, waar hulle `n georganiseerde gemeenskap geword het. Hulle het opgehou om trekboere te wees en het ‘n Trekkende Volk geword met ‘n definitiewe doel. Om die Eeufees van daardie gebeurtenis te vier, is van die grootste belang vir Winburg en vir die Afrikanerdom.

Ons staan in die middel van twee eeue en is in staat om 100 jaar terug en in die toekoms te kyk, en daar is ‘n indruk waarvan ek nie kan wegkom nie – ‘n indruk dat daar in die geskiedenis van Suid Afrika ‘n definitiewe rigting is.

As ons terug kyk, lyk dit of die pad die afgelope 100 jaar vol draaie was, vol gevaarlike afgronde, en by rukke of die horison verdwyn het as ons nie vorentoe kyk nie, maar was daar nie ‘n rigting in hierdie blykbaar rigtinglose weg nie? Daardie weg is nie alleen deur werksmanne gemaak nie. Die ontwerp van daardie weg is die werk van ‘n Oppermagtige Brein, ‘n Ingenieur wat rigting gekry het vir ‘n blykbaar rigtinglose pad. Die rigting was vasgestel en het uitgeloop op ‘n vrye nasie.

Dis lank gelede reeds gesê dat die geskiedenis van Suid Afrika ‘n tragedie is en dat dit vergeet moet word om ons in staat te stel om ons aandag te skenk aan die huidige dringende probleme. Ons geskiedenis is nie net ‘n tragedie nie. Dis niks anders as die hoogste kunswerk van die eeue, ons het ‘n reg op ons nasieskap omdat dit aan ons gegee is deur die Argitek van die heelal. Die doel van die Argitek was die vorming van ‘n nuwe nasie onder die nasies van die wêreld.

Voortrekkers laat nuwe volk gebore word

Daar was voorheen blankes in Suid Afrika onder wie daar ‘n ontwakende nasieskap aanwesig was, maar dit moet erken word dat die Voortrekkers meer bygedra het tot die eintlike geboorte van die nasie as alle ander.

Ander belangrike gebeurtenis soos die landing van Jan van Riebeeck en die Eerste en die Tweede Vryheidsoorlog het ook bygedra tot die geboorte van ‘n nasie, maar nieteenstaande dit het die Voortrekkers die grootste aandeel geneem in die vorming van die Afrikanernasie.

In die briefwisseling tussen Piet Retief en sir Andries Stockenström praat laasgenoemde van “hierdie” mense, terwyl Retief van “my” land en “my” mense praat. Dit was die nuwe gees wat eerste deur die Voortrekkers uitgespreek is.

As ons terugkyk oor die afgelope 100 jaar, is ons verbaas oor die betreklike kort tydperk waarin ‘n nuwe nasie tot stand gekom het. Die geboorte van ‘n nasie in so ‘n kort tydjie is ‘n wonderwerk in vergelyking met ander nasies wat eeue geneem het. Hierdie kort tydperk van ons nasiewording het geen gelyke in die wêreldgeskiedenis nie.

Die wonder van ons taal

Ons het nie alleen nasieskap in ‘n eeu behaal nie, maar ons het ook ‘n eie taal opgebou, ‘n taal wat nie voorheen bestaan het nie. Die siel van ‘n nasie is gebore en daardie siel moes ‘n vorm van uiting hê.

‘n Nasie kan nie sonder ‘n taal bestaan nie en die geboorte van ons taal in so ‘n kort tydjie is ‘n ander wonderwerk wat nie sy gelyke in die wêreldgeskiedenis het nie. Die volk het baie jare vergeet dat hy ‘n eie taal het, maar ook dit het tot sy reg gekom. Sedert Afrikaans ‘n geskrewe taal geword het, het daar meer Afrikaanse boeke verskyn in 15 jaar as wat daar Engelse en Hollandse boeke in 100 jaar verskyn het.

Die volk moet ‘n geskiedenis hê om hom te inspireer en aan te spoor vir die toekoms. Ons is `n jong volk met `n jong taal, maar ons het ‘n ryk geskiedenis, vol met helde wat sal lewe so lank as wat die Afrikanernasie bestaan. Daar is geen ander nasie in die wêreld wat soveel groot manne gelewer het nie. As ons ‘n nasie was wat ons bemoei het met wêreldsake, sou ons ‘n Cromwell, Luther, Washington, en Lincoln kon gelewer het.

God het ‘n plan met Afrikanervolk

‘n Wonderwerk het in die afgelope 100 jaar gebeur, ‘n wonderwerk waaragter daar ‘n goddelike plan moet wees. Die geskiedenis van die Afrikaner openbaar vasberadenheid en ‘n doelbewustheid, wat ‘n mens laat voel dat die Afrikanerdom nie die werk van mense is nie, maar die skepping van God is.

Alles wat in die afgelope 100 jaar gebeur het, het gebeur in die teenwoordigheid van die drie woorde: “ten spyte van”. Ons het nie die groot getalle soos die Verenigde State nie, en die paar wat hier was, was oor die hele land versprei. Dit is nie moeilik om ‘n nasie op te bou uit groot getalle in ‘n dig bevolkte land nie. Ten spyte van die klein verspreide bevolking is ‘n nasie opgebou.

Deur middel van skole en opvoeding kan nasieskap gebore word, maar ons Volk het nie die voorregte van skool en kerk gehad nie. Dit het gevaar geloop om verstrooid te raak, en tog het ons ‘n nasie geword.

Ons het geen taal en kultuur van ons eie gehad nie,en moes dit leen. Ten spyte van die magtige kultuur wat ons wou oorskadu, het ons ‘n nasie geword.

‘n Nasie kan nie ‘n nasie bly sonder die liefde vir vryheid en gelykheid met ander nasies nie. Magte in Suid Afrika wat nie ‘n nuwe nasie nie wil hê nie, het komplotte gesmee om die Suid Afrikaanse nasie te vernietig.

Mag en sluheid het saamgespan, en die beendere van ons helde van vryheid lê versprei op die slagvelde. Die magtigste militêre ryk in die wêreld kon egter nie daarin slaag om ons volk te vernietig nie.

Ons mense is blootgestel aan die gevare van ‘n swart bedreiging en ‘n swart barbaarse bedreiging wat verskeie nasies vernietig het. Ons het egter ‘n volk gebly deur ‘n verhouding van heer en diensbode tussen blank en swart te skep, en nie rassevermenging toe te laat nie, want ‘n volk wat sy rasegtheid verloor, kan nie as volk voortbestaan nie. Ons het ‘n volk geword ten spyte van al die gevare en ten spyte van onsself.

Dwarsdeur ons geskiedenis is die Godsplan met ons volk klaarblyklik, en ons het die goddelike reg om Afrikaners te wees. Geen mag ter wêreld kan ons nasieskap doodmaak nie, want God het ons volk geskep.

Dit is nie nodig vir ons om te vra wat ons in die toekoms gaan doen nie. Ons kan slegs ‘n boodskap van hierdie feesviering rig aan dié wat dit in 2037 sal vier, want ons twyfel nie, en sal nooit twyfel dat die Afrikanervolk dan, of oor 500 jaar, nog sal bestaan nie.

Behoud van vryheid is moeilike taak

Die taak wat op die skouers van ons nageslag rus, sal moeiliker wees as die wat op ons skouers rus of wat op die skouers van die Voortrekkers gerus het.

Ons het vandag vryheid behaal; die stryd om vryheid is verby, maar juis om daardie rede sal hul stryd moeiliker wees, want dis makliker om vir vryheid te strewe as om te weet wat om daarmee te maak as dit eers verkry is, en hoe om dit vir konstitusionele doeleindes te gebruik.

Die Voortrekkers het die kolonie verlaat om die land oop te stel en ‘n nuwe tuisplek te vind. Sedertdien het trekkers die Suid-Afrikaanse kus en grense verlaat om nuwe woonplekke in Argentinie, Angola en elders te vind.

Ons taak en die taak van ons nageslag is om ‘n tuisplek te vind vir daardie Afrikaners in hul eie land waar hul hoort.

Daar is tans ‘n ander en nuwe trek, naamlik die van die platteland na die stede, en die taak van ons nageslag is om toestande in die stede te skep waaronder hierdie trekkers in staat sal wees om Afrikaners te bly, en waarin hulle ‘n lewensbestaan kan voer.

‘n Ander moeilike taak is geskep as gevolg van die toestroming na Suid Afrika van mense uit alle dele van die wêreld, wat hierheen gelok is deur die rykdom wat deur God hier geplaas is.

Die Voortrekkers het hierdie land vir ons verower en dit bewoonbaar gemaak vir ons. Sal ons hierdie land vir onsself en vir ons kinders behou, of toelaat dat dit in die hande van vreemdes verval, en die kinders van die Voortrekkers vreemdelinge en bywoners in hul eie land word ?

Die gevaar van rassevermenging

Die vraag is of Suid-Afrika aan ons sal bly behoort of nie? Die Voortrekkers het gewaak teen rassevermenging, en daardie taak rus nog op ons en sal op ons nageslag rus. In die tyd van die Voortrekkers was dit ‘n betreklik maklike taak, maar toestande het tans verander. Die gekleurde rasse raak beskaafd en hulle dring al hoe meer in die werk en kringe van die blanke, waar hulle skouer aan skouer saamwerk – nie as heer en dienskneg nie, maar as werksmense op ‘n gelykheids grondslag. In die grotere stede woon blankes en gekleurdes teenoor mekaar. Hul kinders speel saam.

Ons boodskap aan ons nageslag is: raak ontslae van die minderwaardigheidskompleks teenoor ander nasies en teenoor ons voorouers en Voortrekkers.

Die Voortrekkers het nie aan ‘n minderwaardigheidskompleks gely nie, en ons durf nie so ‘n kompleks by onsself aankweek nie. Ons nageslag moet aan hul vroue en kinders hul regmatige plek in die stryd vir volksbestaan, soos die Voortrekkers gedoen het, toeken. Ons moet dink aan Bloukrans en die Vrouemonument en besef dat net soveel lewens van vroue en kinders op die altaar van vryheid geplaas is as dié van mans.

Hierdie land is aan die Voortrekkers gegee in omstandighede waarin hulle God nie kon vergeet nie. Die Voortrekker was die kind van die veld, en onder die gedurige gevaar van barbaarse swarte mensehordes en diere was hulle noodwendig gedurig afhanklik van die hulp van God.

Ons land is onderhewig aan droogtes wat ons bestaan binne korte tyd kan wegveeg. Ons word gedurig aan God herinner tot wie ons, ons toevlug moet neem. As hierdie fondament ineenstort, is daar geen hoop vir die toekoms nie.

Antwoord op die roepstem

Grootheid word gebore tussen die heuwels in die stilte van die natuur, want in die eensaamheid van stilte spreek die natuur en God, en God word aan die mens geopenbaar. Daar hoor die mens die stem van God en die roepstem van die volk wat hom nodig het. Die mens antwoord dan op die roepstem, en onderneem die groot taak, en selfs as die volk die onderspit delf, weet hy dat God die bestaan van sy volk waarborg. Hy is nie bevrees om te wen of te verloor nie, want hy weet dat uit die dood lewe spruit, en dat hy die bystand van God en die opdrag van God het om hom te steun in die diens van sy volk. Dit dan is ons boodskap aan hulle wat hierdie geleentheid in 2037 sal vier, die boodskap wat ons van die Voortrekkers ontvang het, naamlik: Glo in God, glo in u volk, glo in uself.

 Dr. DF Malan, baanbreker Afrikanerleier

Oproep tot die Afrikanervolk 2025

Verwerp die Valse Politieke Bestel

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) roep u op om saam met ons die politieke bestel wat sedert 1994 in Suid-Afrika tot stand gekom het te verwerp!

  • Dié bestel is die direkte uitvloeisel van die bedrogvolle verraad wat teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika voor 1994 gepleeg is, soos die gebeure in die ANB se studiestuk uiteengesit word (Volg hierdie skakel)
  • Deur slinkse misleiding het die De Klerk-regering in noue samewerking met sogenaamde “regse” leiers, wat as regeringsagente in regse geledere bedrieglik opgetree het, die Blanke volk van Suid-Afrika uit sy politieke mag gekul.
  • Sonder dié onderduimse en agterlike bedrog sou die eerlose en bloedlose oorgawe aan ‘n Kommunistiese rowersbende (ANC-SAKP-regime) in April 1994 nie kon plaasvind nie.
  • Om dié rede weier ons om in die onreg teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika te berus.

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging beywer hom derhalwe om die Afrikanervolk in besonder (maar ook álle Blankes), wat nog nóóit deelgeneem het, asook diegene wat nou nié meer deelneem aan die bedrogvolle ANC-verkiesings nie, buite die politieke bestel as ‘n eenheidsmag te versamel, ten einde terug te eis wat regtens aan die Witman van Afrika behoort!

  • Deelname aan die onwettige politieke bestel, soos genl. Viljoen se “Vryheidsfront” destyds (en vandag nog!), verleen slegs ‘n valse legitimiteit aan die ANC-SAKP-regime. Die ANB weier steeds om daaraan mee te doen.
  • Die ANC-SAKP het géén reg om as sogenaamde “owerheid van die dag” ons kosbare Vaderland, wat met harde werk en hoë offers deur ons voorgeslagte tot ‘n bastion in Afrika opgebou en ontwikkel is, verder onder hul voete te vertrap nie!
  • Dat die Witman die Swartman in Suid-Afrika “onderdruk” of sogenaamd te na gekom het is ‘n infame leuen waarvan die ganse Afrika klinkklaar getuig en die tééndeel volkome waar is.

Vrae tot Aksie:

Twee belangrike vrae wat ons onsself aan die begin van 2025 moet afvra is:
❖ Mag ons ons oë sluit vir die onreg en bedrog van 30 jaar gelede waarin ons deur verraderlike “leiers” soos skape na die slagpale gelei is? Moet ons bloot daarin berus?
❖ Mag ons toelaat dat dieselfde verraad en bedrog met presies dieselfde strategieë en dwaalweë vandag weer deur sogenaamde “Afrikanerleiers” wat hulle as redders van die Afrikanervolk voordoen, opnuut weer hervat en voortgesit word?

Maar wat is andere se “oproep”?

In die lig hiervan moet ons die onderstaande wekroep van mnr. Willie Cloete van Volkskrag in die onlangse verlede (Oktober 2024) betrag en beoordeel:

“Volksgenote
Ek wil die volgende beroep doen aan almal wat hulle herkoms en hulle Volk lief het. Wat glo in God die Almagtige wat hemel en aarde geskape het. Daar is soveel stories oor dinge wat in die verlede gebeur het wat die Boere/Afrikaners se geskiedenis beïnvloed het tot ons nadeel en dat ons sit waar ons vandag sit. NIEMAND kan geskiedenis verander nie. Nou my oproep: FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander soos deur: Ons vertroue in God te herstel en alles in die stryd te werp om vir ons Volk selfbeskikking te verkry.
Willie Cloete
Volkskrag”

Die ANB se antwoord daarop

  • U moet self oordeel of ons kan bekostig om te vergeet van die “stories oor dinge wat in die verlede gebeur het”, soos mnr. Cloete die volksverraad deur “Afrikanerleiers”(wat net soos ons lyk en “praat”) noem,
  • en gevolglik maar houtgerus kan “FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander”,
  • sónder om te vra:
    ❖ Hoe het ons Afrikanervolk, met ‘n roemryke geskiedenis en heldedom oor eeue heen, in hiérdie benarde omstandighede beland?
    ❖ Wat het ons aandag só afgetrek en in beslag geneem dat ons dááraan begin twyfel het dat die HERE, die Almagtige, hierdie héle land aan ons as erfdeel gegee het en dat ons nie maar ‘n “minderheidsgroep” is wat iewers ‘n stukkie “selfbeskikking” van ‘n goddelose owerheid moet probeer afsmeek nie?
    ❖ Waartoe roep die HERE sy kinders in die Afrikanervolk, sodat die onreg en bedrog wat voor Sy oë gepleeg is, gestraf en reggestel kan word? God vergeet nie… hoe kan óns vergeet?
  • Gedurende die rebellie van 1914 het ‘n hele kommando “joiners” en “hendsoppers” saam met genl. De Wet te velde getrek teen die Botha-Smuts-regering, omdat hulle uit opregte berou en skaamte hul naam en eer wat hulle deur die gruwelike verraad van hul volk tydens die oorlog (1899-1902) geskend het, weer in ere wou herstel.
  • Drie vrae:
    ❖ Waar is húlle wat in diepe berou na vore kom en pleit: “Ek het iets verskrikliks teen my volk gedoen… Ék was deel van die verraad…?”
    ❖ Wie is húlle wat hulself probeer voorstoot om vandag weer die leisels van die Afrikanervolk te neem om hom te lei?
    ❖ Waarheen moet ‘n ware Afrikanerleier sy volk lei, selfs al staan ons soos ons voorouers in onsself klein en magteloos, maar in geloof en waarheid, voor ‘n oormag soos by Bloedrivier?

Die krag van getuienis moet uitgaan

Ons is oortuig dat daar in die verlede ‘n krag van die Afrikanervolk in Afrika uitgegaan het, omdat ons voorgeslagte in hoë mate aan die HERE getrou was.

  • Alleen wanneer daar by ons, ook as volk, wáre bekering kom, sal daar wéér ‘n krag van ons uitgaan…
  • Hiérdie krag is in wese die getuienis dat die HERE alléén God is, soos selfs ‘n Farao, ‘n Agab, ‘n Nebukadnesar en (kan mens byvoeg) ‘n Dingaan dit móés erken, ook al het hulle almal geweier om in Hom te glo.
  • Daarom het ons as volk, wat die HERE juis uit suiwere gereformeerde geloofswortels in hierdie land laat groei het, die bestaansroeping (let wel nié ‘n “bestaansreg” nie!) om deur eie voorbeeld daadwerklik te verkondig: Die HERE alléén is God!
  • Ten spyte van die laakbare bedrog waardeur ons volk van sy Godgegewe erfdeel ontroof is, lê ons ons nogtans ootmoedig neer by die toelatende wil van God, die Allerhoogste, waarsonder ons vyande se diaboliese planne nie sou slaag nie. Ons erken dat die magsoordrag na ‘n Kommunistiese Swart meerderheidsregering in 1994 Sý tugtende Hand was, vanweë die ontrou en afvalligheid van vele in die Afrikanervolk en Blankedom waardeur Sý Naam en Eer geskend is.

Ware bekering word vereis

Daarom betuig ons aan elke mede-Afrikaner wat van die weë van die HERE afgedwaal het in welke opsig ook al – wêreldse sedes, onkuise kleredrag, sportgod aanbidding, onwelvoeglike taalgebruik, materialisme, selfgesentreerdheid (die soeke na slegs eie belang), eiewilligheid en mensgesentreerdheid in die godsdiens, ens. om tog nougeset op hul lewenswandel te let en hulself in die lig van Gods Woord op die proef te stel.

  • As ons dink dat ons die HERE met ons lippe kan dien, terwyl ons lewens toon dat ons harte ver van Hom af is, bedrieg ons onsself, en durf ons nie uitkoms van Hom verwag uit benoude omstandighede nie.
  • Die God van ons voorgeslagte, die Enige en Waaragtige, die God van hemel en aarde, tot Wie die Voortrekkers in die Bloedrivierlaer hul hulpgeroep laat hoor het… Hý is die Heilige God wat Hom nie laat bespot nie!
    [Andries Pretorius en Sarel Celliers het die manskappe in die Bloedrivierlaer gemaan tot ‘n heilige lewe, geen vuil taalgebruik en volgehoue gebed.]
    “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie” (Galasiërs 6:7)
    “Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig.” (Levitikus 11:44)
    “Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Psalm. 51:19)

Daarom lê die ANB hom daarop toe om voortdurend sy eie lede en ons ganse volk op te roep om terug te keer na die God van ons voorgeslagte deur ware selfondersoek, opregte berou, skulderkentenis, verootmoediging en heiligmaking. Die doel van verootmoediging mag egter geensins wees “sodat dit weer met óns mag goed gaan nie”, maar slegs ter wille van die Naam en Eer van die HERE, voor Wie se aangesig ons, ook as Afrikanervolk, steeds mag lewe in hierdie mooi land wat Hý as erfdeel aan ons toevertrou het.
“Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.” (Psalm 103:9)
“Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.” (Jesaja 55:7)
“In Hom [Jesus Christus] het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.” (Efesiërs 1:7)

Die ANB se weg na vryheid

Wat is dan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging se oogmerk om ons vaderland weer uit die huidige verknorsing te lei?

❖ Alleen die weg van suiwer Afrikanernasionalisme (‘n liefde vir land, volk en taal)op ware Christelik-Protestantse geloofsgrondslag soos tot uiting gebring ook in die politieke beginsels van dr. DF Malan, adv. JG Strijdom en dr. HF Verwoerd.
❖ Dit is in werklikheid ‘n voortsetting en verwesenliking van ons volk se eeue oue ideale van reeds vóór die Groot Trek:
✓ Blank Suid-Afrika is die Afrikanervolk se Godgegewe vaderland,
✓ waarin die Witman, in Afrika, soewerein oor homself moet kan regeer,
✓ om homself te kan wees tot eer van sy Skepper – let wel, nie net in ‘n flentertjie van ons land wat as ‘n volkstaat bekendstaan nie!
✓ Deur wet en orde daar te stel, waaruit ekonomiese stabiliteit mag volg, moet die ryke hulpbronne van Suid-Afrika met wysheid en oorleg bestuur word.
✓ Ekonomiese vooruitgang en welvaart is net moontlik deur die handhawing van wet en orde en ‘n ekonomiese beleidstoepassing wat toesien dat ‘n eerlike en hardwerkende bevolking vir hul handewerk beloon word.
✓ So-ook die verstandige implimentering van ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling (Apartheid),
✓ waarin elke bevolkingsgroep na sy aard en behoefte die geleentheid ten volle gegun word om homself te kan tuismaak, opbou en ontwikkel in sy eie territoriale grondgebied na die aard van omstandighede soos eie aan homself.
✓ Dit impliseer die terugbesorg en herstel van die Swart volkere van Suid-Afrika se regmatige historiese grondgebied en erfenis wat ook deur die “Nuwe Suid-Afrika” van 1994 hulle ontneem is (soos Transkei, Ciskei en andere).
✓ Dit impliseer óók die herstel van Blank Suid-Afrika, die internasionaal erkende en regmatige eiendom van die Afrikanervolk.

Waarteen is ons stryd

  • Ons stry teen die nuutste “regse” verraad, die wat ons steeds gevange wil hou onder die huidige regime deur bv. die bedrieglike gebruik van die sg. Afrikaner-Akkoord of wil hê dat ons aan die regime se verkiesings moet deelneem. (Vir agtergrond sien die uitgebreide reeks artikels oor Regse Verraad)
  • Ons stry teen die agenda van die Joodse geldmag wat die media – TV, koerante en vandag selfs die sosiale media – grootliks beheer. Hiervan moet die suiwer Afrikaner vandag veral bewus wees en homself en sy kinders teen onbehoorlike beïnvloeding en selfs indoktrinasie verskans. Die Afrikanervolk se ideale deur die eeue staan lynreg daarteenoor.
  • Ons stry teen die “Afrikanervriendelike” organisasies soos Afriforum en Solidariteit se ondermyning van Afrikanersaak. Waar hulle, onder andere,
    • Rassevermenging voorstaan,
      • Die 1994-politieke-bestel as volkome regverdigbaar beskou
      • Boonop die beleid van dr. Verwoerd en die Nasionale Party (1961-1966) ten opsigte van die Swart volkere van Suid-Afrika as onverdedigbaar afmaak!
      • Die ANB verwerp alle drogredenasies wat ten doel het om valse wigte in die Afrikanervolk te probeer indryf:
    • Die ANB verwerp die valse onderskeid asof Boerevolk en Afrikanervolk verskillende groepe sou verteenwoordig.
    • As ons van Afrikaners of van Boere praat, praat ons van dieselfde mense… dit is húlle wat hul by die beginsels van pres. Paul Kruger, genl. De Wet, genl. Hertzog en vele ander gelowige Afrikanerleiers skaar.

Ten slotte

Die Blanke, as ekonomiese ruggraat van Suid-Afrika, móét homself geheel en al onttrek van hierdie politieke bestel en in lydelike verset die opkoms van die Afrikanernasionalisme nastreef!

Mag in die Afrikanervolk van vandag en môre steeds die werke van die Almagtige God, soos by Bloedrivier, gesien word:
❖ Wanneer hierdie land weer, deur die genade van Bo, uit die as mag opstaan
❖ Die Afrikanervolk in sy land, sy Godgegewe erfenis, as politieke maghebber herstel word
❖ Die Afrikanervolk tot die eer en verheerliking van die Naam van die Almagtige, Drie-Enige God, hierdie land regeer na Sy wil volgens die riglyne en eise van die Woord van God.

Nogmaals: Mag die Afrikanervolk hom bekeer tot die HERE voor Wie se aangesig ons voorgeslagte geloftes gedoen het en tot Wie ons in ware en opregte skuldbesef en -belydenis moet terugkeer. Mag ons nooit dink dat ons hiér aan die suidelike punt van Afrika deur die HERE as ‘n volk met ‘n eie taal en kulturele identiteit in aansyn geroep is ter wille van onssélf nie.

Mag dit opnuut tot ons deurdring dat ons hiér is ter wille van die Naam en die Eer en die Geregtigheid en die Koninkryk van die HERE onse God, tot ‘n lig en ‘n getuienis van die waarheid van Gods onfeilbare en onveranderlike Woord in ‘n donker kontinent.

Wee ons as ons betower deur mammon en die sportgod vir ons ‘n “rusplek” probeer inrig in ‘n bloedbevlekte land, waarin ons in vriendskap en gedienstige onderhorigheid aan ‘n Godloënende en Anti-Christelike Grondwet en Owerheid, die wette van die HERE help vertrap, sy Naam saam laster en Sy Eer onverpoos skend.

In kleingeloof wil mens vra: Kán die afgee van die politieke mag en seggenskap oor ons Vaderland van 1994 weer omgekeer word?

In geloof is ons antwoord: By die HERE ís alle dinge moontlik!

Soli Deo Gloria

REGSE VERRAAD – (Deel 7)

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Inleiding

In 1994 het die “regse” leiers van die Afrikaner Volksfront in samewerking met hul (nog minder) regse generaals die gladde oordrag van ons politieke mag aan ‘n Swart meerderheidsregering bewerkstellig. Deur skielik handomkeer om te swaai en hulle te verbind tot presies die teenoorgestelde waarvoor hulle hul ondersteuners opgeroep het, het die generaals, die Mulder-broers en andere verseker dat ‘n vreedsame oordrag van mag na die Swart massas kon plaasvind.

Hulle bedrieglike optrede het dit moontlik gemaak dat die oorgawe-proses van die Nasionale Party enduit gevoer kon word sonder dat dit ontwrig is deur ontstoke Blankes wat hierdeur uit hul eiendom en politieke mag verkul is.

NI agente het ons uitverkoop

Dit is reeds in die vorige aflewerings (vanaf Deel 1) onomwonde bewys dat die omgekoopte leiers van die Volksfront hul lede mislei en verraai het. Hulle was uitgesoekte agente wat keurig met die hand uitgesoek is. Hulle verbintenis met die duistere magte wat die ondergang van die Afrikanervolk ten doel gestel het sal met verloop van tyd deur die volle ontplooiing van die geskiedenis al duideliker aan die lig gebring word.

Die rol van IDASA deur sy Conservative Dialogue Programme is reeds onomstootlik bewys. Daardeur is duidelik aan die lig gebring dat leiers wat deur hul volgelinge vertrou is besig was om onheil teen hul eie mense te bedink en te bewerkstellig.

Vir ‘n pot lensiesop het hulle hul eie mense verraai – soms bloot net ter wille van die eer van hul meerderes. Die rol van die Intelligensiedienste hierin sal ook meer en meer ontbloot word. Die befame inligtings-man, generaal Tienie Groenewald, se alomteenwoordigheid in die uitspeel van hierdie grootste verraad teen die Afrikanervolk spreek reeds boekdele oor die betrokkenheid van NI en selfs ook van ander internasionale intelligensiedienste.

Verloop van tyd sal verraaiers uitwys

Die wiel draai stadig maar seker. Gekonkel in die duister kom eindelik aan die lig. Veral wanneer die versluierende hand van die magtige media nie meer die misdadige verraadshandelinge verbloem nie.

Laat die boodskap aan hulle wat ons volk in 1994 help uitverkoop het ondubbelsinnig wees – daar is geen versagtende omstandighede vir hoogverraad nie. En laat ook diegene wat hul nou weer daaraan skuldig maak om ons volk opnuut te mislei dit helder voor oë gestel word – geen genade sal betoon word by skuldigbevinding aan hoogverraad nie.

Dié mees laakbare daad – om jou eie mense te verraai, hulle bedrieglik onder voortgesette dwingelandy te laat hou, hulle te verhinder om hulself vry in hul Vaderland te betuig – daardie daad verdien die doodstraf. Geen ander daad is só totaal liefdeloos teenoor jou naaste nie.

Verligte Aksie almal skuldig aan hoogverraad

In terugskoue kan vandag sonder enige twyfel verklaar word dat die NP-regering in aanloop tot 1994 doelbewus gekapituleer het voor ‘n onkapabele ANC bende, dat hulle boedel oorgegee het aangesien dit hulle vooropgestelde doel was om die Afrikaner uit te verkoop.

FW de Klerk het oor sy voete geval om die ANC alles te gee wat hulle sou eis en meer. Hy en die ganse Verligte Aksie wat die toe reeds verloopte Broederbond en Nasionale Party gekaap het en die meesterbreine was agter die plan wat tot die vernietiging van Blank Suid-Afrika sou lei, behoort van hoogverraad aangekla te word.

Die lys is lank maar sluit die volgende name in:  John Vorster, Nic Diederichs, Magnus Malan, prof Johan Heyns, prof Tjaart vd Walt, prof. Willie Esterhuysen, Jannie Geldenhuys, Constand Viljoen, Kobie Coetzee, Adriaan Vlok, Barend du Plessis, Hendrik Schoeman, Tim du Plessis, Wim de Klerk, Roelf Meyer, Piet Koornhof, Mike Louw, Chris Heunis, Fanie Botha …..

So ook die Volksfront-leiers

Die leiers van die Afrikaner Volksfront en die Vryheidsfront is net so skuldig aan hierdie verraad van die NP-regering omdat daardie uitverkoping nie volvoer sou kon word sonder die kritieke rol wat hulle gespeel het nie. Hulle het hul volgelinge bedrieglik mislei deur voor te gee dat hulle die NP-regering se uitverkoping probeer stuit, maar het toe juis die instrument geword waardeur daardie uitverkoping gladweg kon plaasvind. Hulle geheime gekonkel met die ANC wat sy neerslag in die Afrikaner Akkoord gevind het was die manier waarop hulle enige vorm van regse verset teen oorgawe van mag bemiddel het.

Afrikaner Akkoord hou geen heil vir ons volk in nie

Wanneer hierdie geskiedkundige feite in oënskou geneem word, slaan dit mens met stomheid dat daardie selfde dokument, die Afrikaner Akkoord, die eindproduk van die grootste bedrog teen ons volk, nou weer opnuut aangegryp word deur “regse” leiers. Dat dit boonop deur hulle aangebied word as die wyse waarop die Afrikaner selfbeskikking kan verkry! Dit maak natuurlik absoluut geen sin nie.

Dié verraadsdokument, produk van geheime gekonkel tussen die ANC en “regse” leiers moet nou weer die Afrikaner se heil bewerk. Dit was die sluwe slenter waarmee Afrikaners in 1994 die veelrassige demokratiese proses ingelok is, want deur middel daarvan sou die Afrikaner ‘n waarborg op ‘n Volkstaat hê. Dis presies 30 jaar later – waar is daardie volkstaat?

Waarom weer met dieselfde Akkoord bedrieg?

Die bedrieërs wat nou opnuut die Akkoord vir dieselfde rede probeer aanbied is opnuut besig om u te mislei. Daar sal in die volgende 30 jaar ook niks daarvan kom nie. Dié impotente dokumentjie was immers van meet af aan net ‘n weerligafleier met geen toepassings- of implementerings mag nie. Dit is inderdaad nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Net so min as wat die “regse” leiers in 1994 daarmee ‘n volkstaat wou bewerkstellig, net so min is die spulletjie wat dit tans aandryf ernstig met die daarstel van ‘n Volkstaat.

Die rede waarom hulle nou weer inderhaas planne maak om die Afrikaner met hul futiele oefeninkies besig te hou is omdat hulle daarop staat maak dat die mense se politieke geheue te kort is om te besef dat hulle nogeens met dieselfde misleiding te doen het.

Hierdie verraad belemmer ons vryheidstrewe

Ons stel dit dus pertinent dat die top-leiding van die “regse” leiers wat hul tans weer bemoei met die opdis van die Afrikaner Akkoord as middel tot daarstelling van ‘n Volkstaat, is net soos diegene wat dit in 1994 gedoen het agente van die vyande van die Afrikanervolk. Hulle tree op in belang van die magte wat die Afrikaner vyandiggesind is.

Die doel is om die Afrikaner in die onderhewige posisie waarin hy hom tans bevind, te hou. Daarom bied hulle ‘n “oplossing” in die vorm van die Afrikaner Akkoord aan. Die geskiedenis sedert 1994 het egter ondubbelsinnig bewys dat deur dié Akkoord geensins ‘n Volkstaat beding kan word nie. Dit is dus oneerlik en ook oneerbaar om die Afrikaner opnuut op daardie dwaalspoor te lei. Hul motiewe is erg onder verdenking – waarom dan weer ‘n plan opdis wat reeds klaaglik misluk het?

En laat daar geen twyfel wees nie – diegene aan die topleiding weet waarmee hulle besig is. Net soveel as wat die Mulders, die landbouleiers Bruwer en Gous, Constand Viljoen, Ferdi Hartzenberg, Willie Snyman en andere geweet het dat hulle bedrieg en mislei, net soveel weet hierdie manne dit.

Volkstaat kan nie Selfbeskikking bewerkstellig nie

Ons het voorheen verwys na die onsinnigheid daarvan om politieke mag af te staan. Dat die rede vir die benarde posisie waarin ons volk hom tans bevind, die direkte gevolg daarvan is. Dit is dus dan ook net logies om te redeneer dat alleen die herwinning van politieke mag die antwoord tot herstel sal wees. En dit is dan die rede waarom die Afrikaner Akkoord heropgedis word – want dit sal kwansuis lei tot die daarstel van ‘n Volkstaat waar die Afrikaner weer selfbeskikking (politieke mag oor sy eie) sal hê.

Maar ek glo dat in die vorige aflewering https://www.anbsa.co.za/regse-verraad-deel-6/ breedvoerig bewys is dat die mag wat die Afrikaner in daardie volkstaat – wat basies ‘n groot munisipale area gaan wees – sal hê, uiters beperk is. Dat hulle deurentyd steeds aan die grille en giere van die Swart meerderheidsregering uitgelewer sal wees, waaraan hulle steeds belasting sal betaal, aan wie se wette hulle steeds onderhorig sal wees.

Is dít selfbeskikking? Ander (boonop volksvreemdes) beskik steeds oor jou – dis tog geen selfbeskikking nie.

Wie is die nuwe misleiers wat opnuut verraad teen die Afrikanervolk bedink?

Dit weet Tabok en Boermedia en die nuutgestigte Volkskrag – die “nie-politiese” organisasie wat dié hoogs politiese kwessie gaan dryf. Wie sal weet watter van dié manne nou saamwerk met Nasionale Intelligensie en selfs daarvoor vergoeding ontvang om ons mense te mislei, en watter van die volgende name is slegs misleide meelopers wat nie besef dat dit ‘n bedrogspul is waaraan hulle meewerk nie? 

Die name van die betrokkenes moet maar genoem word – die geskiedenis sal eendag die oordeel vel: Louis Smuts, Andries Raath, Willie Cloete, Koot van der Ryst, Francois van der Merwe, Danie Wessels, Jann Schlebush, Andries Breytenbach, Robert Stoltz, Henk van de Graaf, Tiaan Theron, Bernard Coetzee. Tewie Wessels, Willem Petzer, Franz Jooste, Steyn von Rônge, Jurg Prinsloo, André Smit. Hierdie lys is vêr van volledig, maar sluit die meeste hooffigure in.

Nasionalisme mag nie weer in die sand geloop word nie

Ons mag hierdie nuwe verraad nie langer verduur nie. Dit mag nie weer toegelaat word nie. Die rede waarom dit juis nou weer aan die gang gekry word is die feit dat daar onder Afrikaners opnuut ‘n nuwe vlaag van Nasionalisme aan die ontwaak is.

Dit word die duidelikste onder die Afrikaner-jeug bemerk. Nie alleen is hulle keelvol vir die feit dat hulle oral tweede viool moet speel teen onkapabele anderrassiges nie, hulle vra ook: waarom word ons eens trotse volk verkneg en staan ons onder dwinglandy van ‘n ras wat hierdie eens trotse land tot in die afgrond in bestuur, besteel, geplunder en vernietig het? Hulle vra: waarom is hierdie land waarvoor ons voorgeslagte met sweet en bloed betaal het nie meer onder ons beheer nie? Waarom word ons uitgedruk asof ons hier indringers is – terwyl die land ons eiendom is?!

Daarmee saam is die sterk tendens te bespeur dat ons volksgenote weer erns maak met die geloof, dat hulle hul al sterker verbind voel aan die Gelofte en dat hulle teruggryp na die tyd toe ons as volk in nabye verbondenheid tot ons God gestaan het.

Akkoord-verraad moet nasionalisme neutraliseer

Hierdie nuwe ontwaking van die nasionalisme is wat daartoe aanleiding gee dat dieselfde invloede wat bewerk het dat ons politieke mag in 1994 weggegee word, nou ook weer aan die werk spring om hul agente te aktiveer vir hierdie nuwe misleiding. Hierdie magte wil seker maak dat hulle op die ou resep van praat na regs (asof jy die volksaak dien), maar doen in die geheim na links (tot nadeel van die strewe na die herstel van ons vryheid) om sódoende die belang van ons volksvyande te dien.

Die volk waarvan die nasionalisme aan die ontwaak is word, deur die retoriek van “Selfbeskikking” en “’n eie Volkstaat”, rondom die núwe verraaiers vergader, sodat daardie vloedgolf van nasionalisme soos in 1994 effektief geneutraliseer kan word, deur dit in die “regte” rigting te bestuur. Al die volksgenote se entoesiasme, ywer, harde werk en swaarverdiende rande word gestort in ‘n onhaalbare droom.

Die uitkoms daarvan is reeds deur hierdie verraaiers bedink en beplan. Op die mees kritieke tydstip, wanneer daadwerklike optrede vereis word, verdwyn hierdie leiers net soos die groot Wenparty, die KP, van ouds. Dan is ons mense opnuut verslae en ontmoedig en is die slag nogeens geslaan vir die vyande van ons volk – deur “leiers” wat voorgegee het dat hulle die volksaak gedien het.

Verraaiers gaan alles in die werk stel

Ons volk se politieke geheue is wel kort, ja. Maar hulle is nie bobbejane nie. En dit gaan baie harde werk en groot media-dekking verg om nogeens ‘n groot deel van ons volk mislei te kry. Daarom sal ons sien hoe hulle volkstaat-strewe selfs deur die volksvyandige Joodse media belug sal word – net soos wat Orania, Solidariteit en Afriforum, sogenaamde volks-organisasies, gereelde mediadekking ontvang.

Bestudeer self die feite – moet nie weer mislei word nie

Dit kan ook verwag word dat die gewone hantering van kritiek teen hul bose planne toegepas sal word. Ons sien dit reeds so toegepas word selfs met hierdie reeks artikels – hulle swyg daaroor soos die graf asof niks daarvan ooit gesê is nie. Maar wanneer dit rugbaar word en dié manne deur hul eie ondersteuners daaroor gekonfronteer word, wanneer dit nie meer doodgeswyg kan word nie, dan diskrediteer hulle die organisasies waarvandaan daardie kritiek en ontbloting van hul duister motiewe kom, en huil hulle oor die ewige dwarstrekkers wat altyd net op die kantlyn sit en kritiseer, want self dra hulle dan kwansuis niks by tot die vryheidstryd nie.

U as leser word egter opgeroep om die magdom feite en bewyse wat in hierdie reeks artikels aangebied is self te bestudeer, dit te toets aan die waarheid en dan u eie intelligente afleidings te maak.

Verwerp die verraad!

Te lank het ons toegelaat dat hul vernietigende konkelwerk ons volk skade berokken.

Mag ons hierdie maal met die Genade van Bo hierdie misleiers se verraderlike rol ontbloot, nog voordat hulle hierdie nuwe misleidingsaksie behoorlik van die grond af het.

Mag die Afrikaner Akkoord – wat ontwerp is om ons volk se verknegting in sy eie land te verleng – met die minagting verwerp word wat dit verdien.

Mag ons as Afrikanervolk, die wettige eienaars van die Republiek van Suid-Afrika, nie berus in die terug-bedel van ‘n stukkie van ons land, nadat ons politieke seggenskap oor ons eiendom ons deur verraad ontneem is nie.

Die land is ons land! Ons Godgegewe erfenis. Ons sal biddende bly vir die herstel van ons vryheid in ons Vaderland – geen bedrieglike plan om ons te laat skik vir ‘n klein stukkie daarvan sal ooit deur ons aanvaar word nie!

Lees dan nou in Deel 8 wat ons doen staan en wat ons ingesteldheid behoort te wees.

Die Verraad wat ons Politieke Mag vernietig het

2024-09-11

deur ANB Nuusbrief Redaksie

Die opspraakwekkende artikel wat hier volg werp lig op die verraad wat teen ons volk gepleeg is en wat daartoe gelei het dat die Afrikaner beheer oor die politieke mag van sy land verloor het. Dié verraad was slegs moontlik vanweë ’n komplot wat gesmee is deur die Nasionale Party, die intellensiedienste en sekere “regse” leiers. Alhoewel hierdie verraad, danksy dokumente met verdoemende getuienis wat kort na 1994 bekend geword het, reeds so vroeg as 1997 in breë trekke blootgelê is, is dit nou volledig bevestig met die vrystelling van die “Afrikaner Akkoord” in die onlangse verlede. Dieselfde verraderlike dokument word ironies genoeg nou weer opgehemel, asof dít die Afrikanervolk se sleutel tot selfbeskikking in ’n eie volkstaat lê. En helaas, diegene wat hulle nou by die verraderlike “Akkoord” skaar, sit opnuut die verraad van 1994 wetend of onwetend voort.

Die artikel gee ’n oorsig van daardie verraderlike gebeure, sodat ons volk toegerus kan word om die nuwe veragtelike pogings om ons te mislei, te identifiseer en aan die kaak te stel. Laat ons hierdie nuwe misleidingspogings verwerp met die minagting wat dit verdien. 

Heel Suid-Afrika ís ons land! Ons val nie vir die geelwortel van ‘n “Volksstaat” in ruil waarvoor verraaier-politici die politieke seggenskap oor ons erfdeel, Suid-Afrika, aan ‘n kommunistiese Swart meerderheid oorhandig het nie.  Dit bly ons vertroue en verlange dat die Here wéér aan ons vryheid sal skenk in ons ganse Vaderland, soos so dikwels in ons geskiedenis gebeur het… Sý Hand is nié te kort!

Omdat dit so lywige onderwerp is, het ons die artikel in 8 dele verdeel.

Deel1, Deel2, Deel3, Deel4, Deel 5, Deel 6, Deel 7 en Deel 8.

Hier volg dan nou die eerste deel:

REGSE VERRAAD (Deel 1)

Regs en Links

Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke verdeel in twee groepe – dié wat vanweë ‘n diepgewortelde volksnasionalisme konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 18oo’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde nasionalistiese kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak.  Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.

Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in, Sy dryfveer: die drang na vryheid – om homself te kan wees en oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste vind onder Britse oorheersing, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.      

Anglo-Boere-oorlog

Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Anglo-Boereoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.

Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer het die konserwatiewe Bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.

Die Afrikaner is oorwegend konserwatief

Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie nasionalistiese konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n brabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word. 

Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.

Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme

Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Op die vryheidspad van die Afrikaner was die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.

Eerste afwykings

Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting  sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.

Voete van klei

Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician…’ Direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in…

Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi het opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.

Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke

Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en  orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.

Praat na regs, doen na links

Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : Eie skole, eie woongebiede gebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.

FW hervorm koorsagtig

Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op die 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront!) De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.

Die politieke gety draai skerp teen die regering. Momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus. Daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Sonder twyfel sou die Nasionale Party met daardie verkiesing ontsetel geword het. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing in doodsgevaar verkeer het.

Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings

Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie kon oorleef nie.  In reaksie hierop kondig FW de Klerk enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.

Vervolg in deel 2

                                                                                                                                   

Aandag Alle Opregte Afrikaners: Bly weg van die verkiesing.

Die verkiesing is voor die deur.  ‘n Beduidende getal Afrikaners het sedert 1994 nie gaan kruisie trek nie en sal dit ook nie met hierdie verkiesing doen nie. En omdat hierdie groepering van nie-stemmers gaandeweg groter raak, word elke moontlike toertjie ingespan om die Afrikaner by die stembus te kry. U sien, as die kerngroep van die ekonomie sy rug draai op die demokratiese proses, skep dit eintlik ‘n konstitusionele krisis. Want sien, ‘n nasie waarvan een kleur wegbly/ontbreek kan kwalik nog ‘n “reënboognasie” genoem word.

Maar ja, dié utopie van ‘n NSA met vrede en harmonie tussen al wat kleur en geur is, het net nooit werklikheid geword nie. Dit kán ook nie, dit het nêrens in die wêreld geslaag nie, hoe sou dit hier kon werk?!

Diepliggende verskille tussen rasse in Suid-Afrika

Tussen die rasse is daar nie net groot getalle-ongelykheid nie,  maar daar bestaan ook diepliggende kultuur-, geloofs- en beskawingsverskille . Die uitwissing daarvan is nie deur 30 jaar se bevoordeling van Swartes en diskriminasie teen Blankes bewerkstellig nie en sal ook nie gebeur in die eeue wat kom nie.

Mnr. Jaap Marais sê in Waarheid en Werklikheid:

Die sentrale probleem van die Suid-Afrikaanse staatkunde is dat ras en kleur nie maar net ‘nuanses van pigmentasie’ binne een nasie is nie, maar dui op diepgaande historiese en nog dieper genetiese verskille, wat saam sosiale, kulturele en godsdienstige afstand skep wat onoorbrugbaar is.

Ook sê Statistiek-SA se sensusopname van 2022: “Black South Africans remain the dominant population group at 81,4%.

Onderhandelde Uitslag

Dit beteken dat uit elke 10 mense wat sou kan stem, 8 Swart is. Dis nie te moeilik om ‘n berekening van die uitslag te maak nie… Wat ons wel met sekerheid kan sê, is dat ás die ANC se meerderheid tot onder 50% daal soos wat uit alle oorde en veral deur die Joods-beheerde media met groot trompetgeskal voorspel word, dan is dit vanweë die onderhandelde uitslag wat lank voor stemdag reeds bereik is, nie vanweë getelde stemme nie.

U kan uself nog herinner aan die opmerking van regter Kriegler, die OVK-voorsitter na die “eerste demokratiese” verkiesing in 1994. Hy is gevra of die verkiesing vry en regverdig was en sy reaksie: Mens kan nie verwag om in ‘n bordeel te werk en kuis te bly nie.

Daarna, is na die 1999-verkiesing berig dat 1,7 miljoen méér stemme “getel” is as waarvoor daar stembriewe uitgereik is!

En die denkende Witman krap in groterwordende ongeloof sy kop hieroor. Ook skaam hy hom oor dit waarna die verkiesing lei – die samestelling van wat “die parlement” genoem word, maar beter as ‘n sirkus beskryf kan word. Hy vra homself dan af: Waarom nog gaan stem?

Valse bewerings om mense na stembus terug te lok

Met hierdie groeiende wantroue onder ons mense verbaas dit dus glad nie dat slinkse foefies bedink word om die mense weer terug te lok stembus toe. Groot koalisies word gesmee, wat kwansuis die vermoë sou hê om die ANC te verslaan. Natuurlik geniet hierdie wensdenkery wye propaganda-dekking.

Moenie in dieselfde juk trek…

Die Afrikaner-nasionalis kan hom met niks hiervan vereenselwig nie. As gelowige hoor hy die woorde van die Korinthiërs-boek en weet dat dit vandag nog net so geldend is as toe dit geskryf is:

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

en verderaan:

Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die HERE …

                                                            II Kor. 6: 14 en verder

Wat die Afrikaner moet doen

Hy weet ook dat die huidige bestel deur verraad en bedrog op hom afgedwing is. Hy, as wettige eienaar van wat internasionaal as “Blank Suid-Afrika” bekendgestaan het, het nooit die dokumente geteken wat hom sy eiendomsreg ontneem het nie. Die referendum ter effekte daarvan is wel beloof, maar nooit aan die Blanke eienaars van die land gebied nie. Daarom is hierdie ‘n onwettige bestel.

Die hoë verantwoordelikheid rus op die Afrikaner wat sedert 1994 nie gaan stem het nie – en daardeur die legitimiteit van hierdie regime ontken het – om steeds enduit te veg vir die herstel van sy Vaderland as sy regmatige eiendom.

Hoe jou volk sy onafhanklikheid finaal kan verloor

Die Rehoboth-basters was voor “onafhanklikheidswording” van Suidwes in 1990 ‘n selfregerende volk met ‘n eie gebied. Hierdie onafhanklikheid/selfstandigheid is ook deur die Duitsers erken nadat hulle Duits-Wes gekoloniseer het. Maar in die euforie oor die oorwinning oor die Blankes in 1990 het die Basters hulle laat inbind in die nuwe Namibië, en ywerig aan die verkiesings deelgeneem. ‘n Skamele 6 jaar later wend hulle hulself tot die Hooggeregshof van Namibië ten einde hul onafhanklikheid en grondgebied te herwin. Hul appèl word egter deur die hof verwerp. Die rede – hulle het hulself vrywillig in die demokratiese proses laat inbind deur hul deelname aan die verkiesings en kan daarom nie as outonome volk met ‘n eie gebied herstel word nie.

Hier in die Republiek sien die prentjie daar heel anders uit, met honderde duisende Afrikaners wat sedert 1994 die verkiesings van die onwettige regime boikot. Ons het dus ‘n voorbehoude staatkundige reg tot die herinstelling van ‘n Blanke regering.

Diegene wat binne die regime wil opereer, sal nie vryheid bring nie

Daar is aan die regterkant van die Afrikanerpolitiek twee duidelike strome. Die een is nie ‘n vriend van die herstel van ons vryheid in ons vaderland nie. Dit is diegene wat binne-in die politieke bestel opereer en nou al daar vir 30 jaar probeer beding vir ‘n volkstaat (‘n afvalstukkie van ons vaderland). Terwyl hulle saam met die Afrika-politikus hul vergryp aan die vettighede van die soustrein. Daar kruip hulle voor hul Swart meesters en smeek vir die toekenning van ‘n stukkie grond wat kwansuis hul grondwetlike reg sou wees. Dié reg word hulle gegun deur die dokument van verraad – die sogenaamde Afrikaner-Akkoord – ‘n ooreenkoms wat die verraaier Constand Viljoen saam met die ANC en NP enkele weke voor die 1994-verkiesing onderteken het. Wat Viljoen eintlik belowe het en van verhoog tot verhoog verkondig het, was om die oordrag van mag  met wapengeweld te verhoed – daarvoor het hy inderdaad ook bevel gevoer oor ‘n mag van meer as 100 000 man. Maar in sy daad van grootste verraad het hy sy rug gekeer op sy volk en met hierdie troosprys – die “ingeboude grondwetlike reg op ‘n volkstaat”, ‘n party geregistreer (die Vryheidsfront) en self aan die verkiesing gaan deelneem. Maar helaas, 3 dekades later het hulle nog nie ‘n enkele morg afgesmeek gekry nie, en helaas is selfs die Volkstaatraad ontbind.

Verraderlike Afrikaner-Akkoord word weereens vir misleiding gebruik

Om sake te vererger is daar nou ‘n swetterjoel organisasies wat hulle kwansuis búíte die parlement wil beroep op daardie selfde verraderlike Afrikaner-Akkoord. Die dokument wat ons ten ene male tot vreemdelinge in ons eie land gereduseer het, word nou weer deur hulle aangegryp as ons laaste hoop. Hierin word hulle gesteun deur Boermedia wat aan hulle wye dekking verleen.  Hulle het inderdaad reeds deur die gestorwe en heropgeleefde Volksraads Verkiesingskomitee (VVK) die ANC-regering genader. Hulle het gepleit vir die reg van ‘n volkstaat maar moes vernederd en met leë hande daar weg.

Dit is ‘n futiele saak – die spul verraaiers in die parlement se onvermoë om dit binne die parlementêre stelsel te bewerkstellig, is daar voldoende bewys van. Waarom sal daar enige hoop wees om dit van buite die konstitusionele liggame te bereik? Dit is geheel onhaalbaar. Waarom dié dooie perd weer opsaal? Die Afrikaner-Akkoord is duidelik nie eens die papier werd waarop dit geskryf is nie – die ANC verag daardie ooreenkoms net soos wat hulle die NP se wigte-en-teenwigte geminag het.

Afrikaner-Akkoord geen uitweg

Sou hulle enigsins daarin slaag om die ANC daartoe te oortuig wonder mens of die mense die implikasies werklik bedink het. Ons laat dit daar dat hulle bereid is om te skik vir ‘n klein deeltjie van dit wat ons regmatige eiendom is. Daarmee kondoneer hulle die verraad en verleen hulle legitimiteit aan die onwettige regime.  Die dokument, die Afrikaner Akkoord, beding ‘n volkstaat – ‘n flentertjie grond wat nie ekonomiese of staatkundige selfstandigheid kan verseker nie. Dink byvoorbeeld aan Orania – wat doen Orania as die regering van NSA sy “grens” sluit en geen verkeer in of uit toelaat nie? As die NSA sy lugruim sluit kan daar nie eers ‘n vliegtuig daar gaan land nie. Hoe gaan in- of uitvoere plaasvind? Dalk moet ons in die geskiedenis gaan kyk na diegene wat blindelingse vertroue op Swart leiers plaas, soos Piet Retief…

In hierdie sinnelose scenario wil die organisasies wat hulle nou opnuut weer op die Afrikaner-Akkoord beroep ons nou inlei. Dit is absurd! As die VF+ dit nie na 30 jaar binne die parlement – grondwetlik ingestelde Volkstaatraad en al – kon regkry nie, vra mens onwillekeurig hoeveel dekades moet ons volk nog die dwingelandy onder Swart regering verduur terwyl hierdie Afrikaner-Akkoord-geelwortel opnuut as blufspel gespeel word! Dit val dus ook glad nie vreemd op om nou weer dieselfde gesigte wat destyds rondom Constand Viljoen se verraad versamel was, weer by hierdie nuwe beweging te sien nie. Laat ons dit maar prontuit op die naam noem – julle is weereens besig met verraad. Julle speel in die hande van ons vyande. Julle is instrumenteel daarin om die Afrikaner te verwar en hom van sy ware vryheidstryd weg te keer!

Die ware pad na herstel van die Afrikaner se vryheid

Laat dit hier hard en duidelik gesê word: Die Afrikaner se pad na die herstel van sy vryheid, na die herwinning van sy vaderland, lê BUITE die bestel. Dit behels die herstel van gans die HELE grondgebied van die Republiek van Suid-Afrika – sy regmatige eiendom! Daarvoor word nie onderhandel of gekruip nie – dit het FW en Viljoen en hul hedendaagse handlangers genoeg gedoen. Ons kibbel nie oor ‘n paar hektaar hier of daar nie. Ons beroep ons op ons volk se geskiedkundige reg tot volle seggenskap en beheer van ons volle grondgebied! Dié land is óns land, van die Kaap tot in Transvaal, ons skuld dit aan geeneen nie!

Oproep aan elke Afrikaner

Daarom roep ons elke Afrikaner op om die demokratiese proses te boikot – bly weg van die stembus, en versterk só ons saak deur geheel buite die bestel te bly – aangesien ons dit nie erken as ‘n wettige entiteit nie. Deur u stem te weerhou bevestig u dat hierdie regime geen legitimiteit oor ons volk het nie. So verwerp u hierdie bestel geheel en al! Bevestig aan die wêreld dat die Boer leef en sal oorleef. Dat hy sy reg tot vryheid sal handhaaf in die geloof dat sy God hom sal herstel in die land waarin Hy hom gevestig het.

Lewe die Boer!

Op ‘n Persoonlike Noot

Die wêreldberoemde sangeres Mimi Coertse was ‘n skoolvriendin van dr. Verwoerd se een dogter. Hier vertel sy bietjie van hoe sy dié groot man geken het.

____________

Min mense weet waarskynlik dat ek dr. Verwoerd goed geken het. Ek het dikwels na hom toe gehardloop as ek probleme gehad het en hy het my ook van sy kant ondersteun, selfs as ek nie daarvoor gevra het nie.

Gewoonlik, wanneer ek in die sestiger jare van Europa af gekom het, het ‘n staatsvoertuig my die volgende dag kom haal en na Libertas geneem om te gaan kuier. Een van daardie kere het ek so ‘n pragtige, driedubbele string pêrels aangehad en dit was vir Dok verskriklik mooi. Toe ek vir hom sê dat ek dit in Wenen gekoop het, en dat dit soveel of soveel gekos het, sê hy: “Nouja, dan moet jy maar volgende keer vir Betsie een saambring.” Ek het toe vir Betsie een saamgebring en hy het so ewe die geld gegee…

My kennismaking met die Verwoerds gaan al heelwat verder terug; om die waarheid te sê, na 1946 toe ek nog op skool was. Hulle dogter Anna was ‘n klasmaat van my op Helpmekaar Hoër Meisieskool in Johannesburg en dit het ‘n oor en weer kuiery afgegee.

Ek sal nooit die dag vergeet toe ek die eerste keer by hulle gaan eet het nie. Ons sit die middag om die tafel, toe tik haar pa op sy bord, almal laat hulle koppe sak, hy tik weer en toe begin hulle eet. “Nou maar wanneer bid ons?” vra ek. Hy sê toe, nee, elkeen bid vir homself. Toe sê ek: “In ons huis bid my pa altyd kliphard vir ons almal.”

Jare later kuier ek in Libertas en my ma en pa is ook genooi vir ete. Toe bid Dok hardop, waarop tannie Betsie sê: “Dit doen hy net as Mimi Coertse aan tafel is.” En dit was ook so.

By daardie eerste ontmoeting het ek gehoor hoe hy ‘n storie kan vertel dat jou hare rys. Dié storie was nogal die waarheid, hoor. Hy het vertel hoe hy in die nag van ‘n vergadering af tuisgekom het en by die hek voorgelê is deur ‘n paar gewapende jongmanne wat hom wou ontvoer. Hy het toe deur die hek gebars en ternouernood ontkom. Later is vasgestel dat dit Stormjaers van die Ossewa-Brandwag was wat nie gehou het van sy koerant-artikels teen hulle nie.

Wat hy ook vertel het, was dat hy ‘n paar dae later ‘n hoë besoeker uit Engeland, ‘n sir Somebody wat ‘n koerantredakteur was, dink ek, saam met hom in die kar huistoe gebring het vir middagete. Die hek was weer toe. Nou stop hy, hy weet nie of hy moet uitklim om oop te maak nie want die hek is nooit toe nie. Dit kan ‘n lokval wees. Hy sê hy begin sweet. Hy kan ook nie die man langs hom op hol jaag nie.

Die volgende oomblik spring twee knape agter ‘n bos uit met speelgoedgeweertjies. Dit was toe Hendrik en Christiaan wat die storie gehoor het en gedink het dit sal groot pret wees om ‘n heropvoering te hou! Dok sê hy was die eerste keer nie bang nie, maar die tweede keer het die koue sweet op hom uitgeslaan al was dit helder oordag.

My uitgesprokendheid, soos dié middag by die ete, het my al dikwels in die sop laat beland, maar nie by Dok nie. In 1966 is N.P. van Wyk Louw se stuk Die pluimsaad waai ver in Pretoria opgevoer en ek weet Dok het nie daarvan gehou nie. Ek het seker met ander oë daarna gekyk want ek het vir hom gesê ek dink dit was ‘n goeie opvoering. Hy het nie met my geargumenteer nie, net gesê: “Los dit dan nou maar.”

Daar was ‘n ander keer wat ek in die koerant uitgekryt is omdat ek te velde getrek het teen die hoesery en proesery van gehore by musiekuitvoerings. Ek is dan nou so geliefd en ek word so goed behandel en ek kry sulke goeie kritiek, dit is mos pure ondankbaarheid van my om die publiek te kritiseer. Maar die mense het regtig geen respek gehad nie.

Ek kry toe onverwags ‘n oproep van die Eerste Minister. Hy sê: “Hulle gaan met jou probeer praat oor die koerantberigte. Nou sê ek vir jou, jy sê nie ‘n woord nie. Hulle soek net nog ammunisie. Jy antwoord net nie. Dit is die beste taktiek.” Ek het daardie advies ter harte geneem en my lewe lank onthou.

Dit het een of twee keer gebeur dat ek hom sommer uit Wenen gebel het om raad te vra. Soms is ek genooi na plekke waarheen ek nie geweet het of ek moet gaan en hoe dit gereël kan word nie; Rusland byvoorbeeld.

‘n Ander geval waar Dok blitsvinnig tot my redding gekom het was in 1965 hier in Suid-Afrika. Ek was toe met die Italianer getroud. My pa se neef wat in die politiek was, het ons gaan wys hoe lyk dit in Soweto. Hy wou ons wys watter vordering gemaak word met die uitvoering van die beleid. Ek het ‘n kamera gehad, foto’s geneem en die foto’s by ‘n apteek ingehandig om ontwikkel te word.

Ons was skaars terug op my ouers se kleinhoewe tussen Pretoria en Hartbeespoortdam, toe daag die polisie daar op. Hulle kom toe vrae vra en beslag lê op die foto’s. Die apteker moes hulle seker in kennis gestel het. Ek het niks verkeerd gedoen nie; wat sal ek nou met die foto’s aanvang?

Ek bel toe sommer die Eerste Minister en sê “die geheime polisie” is hier en hulle sukkel met my. Dit was nie vyftien minute later nie, toe kom daar ‘n oproep vir een van die polisiemanne, daar word so ‘n bietjie gepraat, en weg is hulle sonder die foto’s. Dok was nie aan die slaap nie, hoor. Hy het geweet wat dit is om op te tree.

Dit laat my aan ‘n ander episode dink, maar miskien het die KWV (Kaapse Wyn Vereniging) ook ‘n rol daarin gespeel, ek weet nie.

Daar was ‘n swendelary in Wenen aan die gang met Suid-Afrikaanse rooiwyn. Van my kollegas het ‘n bottel gekoop en dit het sleg gesmaak. Iemand het ondersoek ingestel en gevind die wyn word nagemaak deur ‘n poeier met water te meng; bid jou dit aan!

Kort daarna was ek in Pretoria en ek vertel toe die storie aan tafel by die Verwoerds. Dok het nie ‘n oog geknip nie; hy sê niks. Terug in Wenen vind ek alles in rep en roer. Daar het ‘n opdrag uit Suid-Afrika gekom om al die Suid-Afrikaanse rooiwyn van die winkelrakke af te haal en die ambassadeur is woedend. Hulle gaan al die visums na en probeer vasstel wie die nuus versprei. Ek was nog nooit stom nie, maar ek kon my eie afleiding maak.

Van my ouers se kleinhoewe gepraat, dit het meer as een keer gebeur dat ek ná ‘n kuier by Libertas alleen in die aand met my Mini-motortjie moes terugry. Dan het tannie Betsie gewoonlik saam met my gery met die bestuurder en die ampsmotor agterna om haar weer terug te bring.

Daar was ook die keer toe my motor oorgekook het. Dok-hulle het my by die voordeur kom afsien, toe merk hy die plas water. Bedink nou die volgende toneel: Ek lig die enjinkap op en Dok is op sy knieë om onder die kar in te kyk.  Tannie Betsie kom nader om te keer: “Maar Pappa, jy kan tog nie uitmaak wat verkeerd is nie.” En die veiligheidswag dink hy is die groot ekspert: “Nee, Doktor asseblief, laat ek sien.”

Intussen het Dok al klaar opgelet dit is die verkoeler se dop wat nie teruggeplaas is nie. “Betsie,” sê hy, “nou ry jy saam met Mimi terug na die garage waar sy vanoggend volgemaak het en kyk dat sy die regte dop terugkry.” Betsie is toe saam, ja, daar is die dop, sy klim in die ander kar wat agterna gekom het en terug is sy na Libertas.

Dok was vrygewig met my. Ek het soms konserte in Pretoria gehad om geld in te samel vir die Mimi Coertse-beurs. Ek sing verniet, die mense koop kaartjies en die opbrengs gaan om jong sangers oorsee te stuur vir studie. Dok het dan vir my ‘n blanko tjek gestuur met sy handtekening, en ‘n nota dat ek moet invul hoeveel ek dink hy behoort te gee vir die konsert.

Dit het nie heeltemal so maklik gegaan om staatsgeld uit hom te kry nie toe TRUK op ‘n stadium in die nood was met hulle operaseisoen. Dit was omstreeks 1962/1963 wat Bags Cilliers my (namens wie weet ek nie meer nie) afgevaardig het om met dr. Verwoerd te gaan praat oor addisionele fondse en ek was bra teensinnig.

Sê maar die bedrag wat hulle wou hê was R400 000, of so iets. Ek kom by die Eerste Ministerswoning en sê vir Dok ek wil eintlik vanaand bietjie besigheid kom praat. Hy neem my saam studeerkamer toe en haal eers die kussings af want nie een van ons sit graag teen kussings op ‘n bank nie.

Ek stel my versoek en dink by myself: kom nou, Dok, jy kan as jy wil. Hy begin praat, daar is damme wat gebou moet word, daar is armoede en die behoefte is groot. My moed sak. Ek voel vanaand kry ek niks. Uiteindelik sê hy: “Maar ek sal jou darem R200 000 kan gee.” TRUK het gejubel. Die saak was gered.

Dr. Verwoerd het goeie musiek waardeer en het opreg belang gestel in my loopbaan. Hy het my vertel van die operas wat hy as platsakstudent in Duitsland gesien het, onder andere die Berlynse première (nie die wêreldpremière nie) van Der Rosenkavalier van Richard Strauss.

Ek weet nie hoeveel van my konserte hy bygewoon het nie, maar een kan ek baie goed onthou. Dit was in 1960 met die Uniefees in Bloemfontein toe ek spesiaal gekom het om in Rigoletto te sing. Daarna het ek ook nog twee of drie uitvoerings in die Aula in Pretoria gegee. Hy was nog besig om te herstel ná die eerste aanslag op sy lewe by die Randse Paasskou vroeër daardie jaar.

Ek het by Bags Cilliers van die universiteit tuisgegaan. Hier bel Dok uit die bloute en vra vier kaartjies vir Vrydag, twee vir hom en tannie Betsie en twee vir die wagte wat hom moet vergesel. Bags sê dit kan nie, alles is uitverkoop, hy sal hoogstens twee plekke kan organiseer, maar vier is onmoontlik. Ek bel terug. “Kyk,” sê Dok oor die telefoon, “as hy nie vir my plek kan kry nie dan loop ek op die verhoog orals langs jou saam waar jy sing.”

Ek kom by die huis en vertel dit vir my ma. Ag siestog, voor sy haarself kan keer sê sy: “Haai my kind, hy kan dit mos nie doen nie, sê nou maar hulle skiet hom weer en dan skiet hulle jóú raak!”

Die aand ná die uitvoering was daar ‘n onthaal by prof. Rautenach en Dok was ook daar. Ek vertel toe maar as ‘n grap wat my ma op die ingewing van die oomblik krytgeraak het. Sy oë het vol trane geskiet en hy het gesê: “Dis net ‘n moeder wat so kan voel.” Ander mense het toe ná die tyd gefluister dat hulle darem nie geweet het hy kan so bewoë raak nie.

Die eerste keer wat ek hom gesien het ná die skietery was by Libertas. Toe hy by die deur inkom, het ek opgestaan en na hom toe geloop. Hy het mos so ‘n skewe manier gehad om ‘n mens te omarm. Hy sit toe sy arm om my, half aan die een kant, en nadat osn gegroet het, hou hy my vas en sê: “Dit het hier ingegaan en hier uitgekom.” Hy het gesukkel om die woorde te sê, en hy wys my toe verder: “Ek kan nog nie my twee vingers insteek nie. My mond is nog nie heeltemal reg nie, maar verder makeer ek niks.”

Ons het toe nog so ‘n bietjie gepraat oor die skietery. Sy woorde onthou ek nog soos gister: “Die Here het nog planne met my, dis dié dat ek nie dood is nie, ek het nog ‘n paar dinge om te doen.”

Ek was regtig baie na aan dr. Verwoerd. Hy was ‘n nederige man. Wanneer my ouers, Ben en Maria, by die klein tafeltjjie in die restaurant van die parlementshuis gesit het, het hy van die groot tafel waar sy kollegas bymekaar was, opgestaan en by hulle kom sit.

……………………….

Bron: Verwoerd, só onthou ons hom; saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd; 2001.

1 Januarie 2024. Geseënde Nuwe Jaar.

ANB Voorsitter roep die volk tot vertroue op God alleen

Nog ‘n jaar begin waar ons volk steeds in verdrukking is. Nog ‘n jaar waar nog volksgenote op die straat beland, hul werk verloor, jong Afrikaner seuns en dogters wat se drome aan skerwe lê, hul is te wit om vir toelating tot verdere studies… ‘n Nuwe jaar waar Volksgenote in hul huise vermoor en vermink sal word…
Tog wens ons almal mekaar geseënde nuwejaar toe. Hoekom?
Die antwoord lê daarin. Ons glo in die Almagtige God, Vader, Seun Jesus Christus en Heilige Gees God drie Enig…
Geseënde nuwe jaar, mag die Here jou seën… Daar lê ons hoop ons krag en vertroue… Laat U wil geskied.
Ons weet wat wag op ons as volk as Christene, die wêreld se verleidelike uitlokking vir deelname, aan sy genietinge…
‘n Verkiesing wat voorlê, waar almal wat deelneem, elkeen die hand van die ongelowige geneem het, om hul krag en hoop op getalle plaas.
Hoop in die verdrae van die ongelowige se wil, en nie in God alleen nie.
As ek sit en wonder: “Waar sal my hulp vandaan kom?” Dan roep ek uit: My volk, jou hulp kom van die Here wat hemel en aarde geskape het!
Roep ek na my volk, u wat dors het, vertrou op God alleen!
Kom my volksgenoot, verwerp hierdie mense, wat u wil lei in die raadsale van die wêreld! Verwerp die wat u vra om die hand van die ongelowige te neem en jou krag daarin te vind! Verwerp die wat u uitverkoop het vir n paar silwer muntstukke en u nou weer roep na die stembus. Hulle u roep na die raadsale om saam die hoof te buig voor al die afgode van die wêreld!
Ek roep tot my volk: Verwerp die ongeregtigheid! Verwerp hierdie bestel wat uit en uit so saamgestel is op ‘n grondwet om u ‘n slaaf en onderdaan te hou wat tot selfvernietiging sal lei!
Ek roep ek na my volk: Herstel u selfrespek. Ek roep na my volk: Kom, versamel buite die bestel en versamel op die beginsels van christelike afrikaner nasionalisme… Buite die bestel is die eerste tree na vryheid… Met die uittrek, wegtrek van die bestel, met al die vertroue in God alleen en in Sy genade, sal ons berusting vind!
So het ons voorouers uit die bestel weggetrek, in vertroue in God alleen. Hy sal voorsien. Ja, hulle het getrek het tot in die laer van Bloedrivier en nie tot in die raadsale van Dingaan en die Brit nie..
Die jaar gaan groot eise stel aan die ware Christen Afrikaner Nasionalis, laat ons nie verskrik raak nie.
Ons hoop is in God alleen. Hy regeer en daarin lê ons troos.
Aan my volk:
Geseënde nuwe jaar,
ANB voorsitter.

Sal die boom wat Jopie Fourie geplant het weer vrugte dra?

Deur Carel van der Grijp

Die Geskiedenis van ‘n volk is die voedsel wat daardie volk laat groei. Dit is die wortel en anker vir elke geslag. ‘n Volk getrou aan sy geskiedenis bly ook getrou aan sy geloof, sy afkoms en herkoms, sy taal, kultuur en tradisies.

Soos Jopie Fourie dit in sy sterwinsuur op 20 Desember 1914 gestel het: “Die boom wat geplant is en met my bloed benat word, sal opgroei tot ‘n groot boom en sal heerlike vrugte dra”.

In 1453 word Europa lamgelê toe die bestaande handelsroete na die Ooste, Klein-Asië en Noord-Afrika deur die Turke, die vyand van die Christendom, verower is. ‘n Alternatiewe handelsroete moes gevind word.

Eerste bloed in die suidpunt van Afrika

Op 6 Januarie 1488 betree die eerste Witman die suidkus van Afrika by Visbaai. Daarna verskuif Bartholomeüs Dias na Mossebaai vir die inneem van vars water. Inboorlinge bestorm egter Dias en sy matrose en hulle word met klippe bestook. Van die Portugese seevaarders se kant word daar in selfverdediging ‘n skoot geskiet en ‘n inboorling word gedood. Só vloei die heel eerste bloed tussen Wit en Swart aan die suidpunt van Afrika, met die Swartman as die aggressor.

Sowat 164 jaar later, op 6 April 1652, stap Jan van Riebeeck aan wal in die Kaap van Goeie Hoop om ‘n handelstasie op te rig. ‘n Handelstasie wat die wêreld se geskiedenis op byna elke gebied sou beïnvloed.

Die soeke na speserye en ivoor word dus die baanbreker vir die geboorte van ‘n volk, want deur die verloop van die jare het hier ‘n volk ontstaan met sy eie taal, kultuur, geloof en lewens- en wêreld-beskouing. ‘n Volk wat gelouter is deur die eise om staande te bly teen die onderdrukking van die Britse wêreldheersers, wat ook die haat teen die Afrikanervolk aangevuur het onder die Swart bewoners van Afrika.

As ons kyk wat hierdie volk moes verduur, is dit menslik byna onmoontlik dat hulle kon oorleef. Die Afrikanervolk is dus ‘n wonderwerk van God. Ten spyte van al die aanslae om die ontstaan van hierdie volk te verhoed, het hy tog een van die wêreld se voortreflikste volke geword.

Die beproewinge van die Boere op die oosgrens, die Britse besetting in 1806, die vervolging en teregstelling van Boere deur Britse owerhede, die onteiening en herverdeling van plase, die afbrand van en moorde op plase, die verpligte Engelse onderwys en taalbeleid en gelykstelling tussen rasse was niks anders as ‘n totale aanslag nie.

Die beproewings op die Groot Trek het bewys dat die Swart massas 30 jaar na die besetting van die Kaap steeds deur die Britse owerhede en hul sendeling-handlangers in Natal aangevuur is om die Trekkers uit te moor.

Die Slag van Bloedrivier en die Gelofte van 16 Desember 1838 was ‘n keerpunt in die verloop van die geskiedenis. Hieruit het ‘n gevoel van samehorigheid ontstaan en dit is vandag nog steeds die gebeurtenis wat regdenkende nasionalistiese Afrikaners bymekaarbring.

Die volkssmart word ‘n wekroep tot vryheid

Die stigting van die twee Boererepublieke en hul onafhanklikheid vry van die Britse oorheersing was ‘n oorwinning in die Boervolk se stryd. Maar daar sou dit ongelukkig nie eindig nie. Toe kom die Eerste- en Tweede Vryheidsoorloë, die oorwinning by Majuba, die moord op 27927 weerlose vroue en kinders en die afbrand van huise en plase tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Saam met die ewige vervolgingswaansin van die Britse Imperialiste en die stryd ná 1902 vir die behoud van volk en taal, die 1914 Rebellie en die moord op Jopie Fourie was al hierdie historiese gebeure ‘n martelpad vir die Afrikanervolk.

Al hierdie gebeurtenisse het egter ook die volk se wil om te leef en steeds vry te wees laat opvlam. “Die boom wat geplant is en met my bloed benat word, sal opgroei tot ‘n groot boom en sal heerlike vrugte dra”, het Jopie Fourie gesê kort voor hy op ‘n Sondag deur Botha en Smuts se magte doodgeskiet is.

Die teregstelling van Jopie Fourie was ‘n hartseer gebeurtenis in die geskiedenis en dit het die volk aan die hart geruk. Afrikaners wat passief was, het meer betrokke geraak. Botha en Smuts het hul aansien verloor en weer is die geskiedenis van die onreg deur die volk in herinnering gebring.

Digters en skrywers het die pen opgeneem en die geskiedenis berym. Met weemoed is die volk gevul en die wil om vry te wees het herleef, soos dié gedig “Wekroep tot die volk – Jopie Fourie” deur Jan FE Cilliers dit verwoord:

Vriend en vyand en renegaat,

Luister toe! Dis n man wat praat –

Wat ek gedaan het, is gedaan

Met ope oog, soos ek voor jul staan;

sê Jopie Fourie

Ek vrae nie om genade nie,

Transvaal, my land, jou kind is jou

tot in die boeie getrou;

bo slawediens is die eer wat hy begeer.

Ek vra nie om trane of rou vir my;

Ek vra net dat jul trou sal bly

Aan God en sede, volk en taal en ideaal –

En heerlike vrug sal die boom nog dra

Van Suid-Afrika.

Dié boom hét vrugte voortgebring en sy saad is deur die volksmond versprei. Met ywer het die volk gewerk en hul kinders daarvan vertel. Nasionalisme het herleef so ook die strewe om weer hul vryheid terug te win. Op 31 Mei 1961, byna 47 veertig jaar na Jopie se teregstelling, word die vrug ingewin.

Verraad laat vryheid verlore gaan

Die vryheid waarvoor Jopie Fourie sy bors aangebied het, om die koeëls te ontvang met die vaste oortuiging dat God sy dood sal gebruik om die volk tot ontwaking op te wek en sodoende die vryheid te erwe, word 79 jaar na Fourie se teregstelling in Desember 1993 ongedaan gemaak. Toe ontbind die laaste verkose Blanke volksraad en word dit vervang met ‘n tussentydse regering waaraan die ANC deel het.

Die skandalige oorgawe word op 27 April 1994 verseël. Byna 80 jaar na Jopie Fourie se offer verloor die Afrikanervolk sy vryheid. Fourie se vryheidsboom is vergete, onversorg en verwaarloos. Daar vloei steeds Afrikanerbloed, maar dit benat nie meer die vryheidsboom nie.

Vandag, 20 later, staan daardie boom deur onkruid en dissels berank met die verval duidelik sigbaar. Sy takke is besmet met swam en parasiet en hy is stadig aan die verwelk. Die vrugte is min en sonder saad – ‘n toonbeeld van die toestand waarin ons volk vandag verkeer.

Mandela word ‘n wêreld-ikoon

Op 5 Desember 2013 sterf die groot “ikoon” of hedendaagse “messias” en gepryste “vredemaker van die nuwe Suid-Afrika, Nelson Mandela.

Die wêreld is in rou gedompel en hy word met lofsange geprys.

Ook deur sekere Afrikaners wat voorgee om ook “vry” te voel sonder hul Afrikanerskap en die skuldgevoel van apartheid. Hiervoor pryse hulle vir Mandela. Reuse standbeelde word deur die wêreld opgerig. Die wêreld vier sy lewe en daar word gesê dat hy bedank moet word dat die Afrikaners oorwin is en dat daar nooit weer apartheid (“Aparthate”), afsonderlike ontwikkeling, rasse diskriminasie en nasionalisme (alles natuurlik sondes teen die mensdom) in Suid-Afrika toegelaat of geduld sal word nie.

5 Desember 2013 word ‘n dag wat altyd onthou sal word en waaroor kinders regoor die wêreld in die toekoms in geskiedenisboeke as ‘n “hartseer dag” sal leer. Daarmee saam sal hulle leer van die “wreedheid van die Afrikaner” en die “Long walk to Freedom” van hierdie wêreldgod. Die meerderheid Afrikaner sal natuurlik sy kind in die regering se skole plaas en toelaat dat die leuen aan hom geleer word.

Die pilare wankel

Die meerderheid Afrikaners besef en erken vandag dat die voortbestaan van die Blanke – en veral die voortbestaan van die Afrikaner as volk – in die weegskaal is. Die feit is egter dat die skaal oorhel na die uitwissing van die volk. Volgens die “Stop Die Plaasmoorde”veldtog se statistiek is daar ongeveer 68 000 Blankes sedert 1994 in Suid-Afrika vermoor en omtrent ‘n miljoen het die land verlaat.

Daarteenoor is die aanwas vir die Blanke (Afrikaners ingesluit) maar 0,75 % en word daar voorspel dat in 2016 die aanwas op 0% sal wees.

Wil ons nog as ‘n volk voortbestaan? ‘n Volk word gebou op vier pilare: Sy geloof, ras, gemeenskaplike afkoms (geskiedenis) en taal. Indien een hiervan ontbreek, bestaan daar in werklikheid nie ‘n volk nie. Indien een van die pilare begin wankel en nie versterk of gestabiliseer word nie, is die ineenstorting onvermydelik.

Ons wil graag glo dat die Christen Afrikanernasionalis tog nog op die vier pilare geanker is. Die aanslag word by die dag feller en ons word vandag wysgemaak dat die Afrikaner nie raseg is nie.

Kleurlinge word deur sekere groepe as Afrikaners beskou en word daar verder gegaan dat daar self Swart gene in die Afrikaner voorkom. Volgens dié standpunt is die Afrikaner dus eintlik ‘n nie-blanke.

Om alles te kroon is die aanslag op ons taal, Afrikaans, veller as ooit tevore.

Die vraag is wat kan ons doen? Die antwoord is reeds gegee deur dr. DF Malan. “Keer terug. Terug na u volk (Geskiedenis), terug na u volk se hoogste ideale, terug na die pand wat ook aan u toevertrou is om te bewaar”.

Hierdie pand is om God te dien, om Blank te bly en die vryheidsideaal na te streef.

Verwyder dus u kind uit die leerplan van die ANC/SAKP/ Cosatu-alliansie en lei hom terug. Weg van vreemde invloede. Daardeur word die volk gelei op die pad van genesing en herstel.

Kom laat ons daardie onkruid en dissels uit Jopie Fourie se boom verwyder. Kom laat ons die verrotte tak met parasiet en swam uitkap en nuwe lote daar laat uitspruit.

Kom laat ons die boom met ons opoffering benat en weer vrugte laat voortkom. Laat ons die boom se vrugbare saad laat voortplant om weer vrugte van ware Christelike Afrikanernasionalisme te dra en daardeur sal die pad na vryheid bewandel word.

……………………………..

Bron: Uit ANB Nuusbrief nr.50, April 2014. Gaan blaai gerus bietjie deur die volle nuusbrief by hierdie skakel.

Die Leeu van die Waterberg: adv. Hans Strijdom

(Deel 1)

“Dit was twee dae voordat  Suid-Afrika se vyfde premier aangewys sou word. Die hele land het gegis oor die drama wat hom in die komende week sou ontplooi. Agter die skerms was daar drukke beraadslagings oor wie dr. D. F. Malan sou opvolg. Om gereed te wees vir gebeurlikhede wou ek ‘n paar foto’s van Hans Strijdom en sy gesin maak. Deur bemiddeling van ‘n kabinetsminister het ons ‘n afspraak gereël, want Strijdom, wat pas van Europa af teruggekeer het, wou geen koerantman te woord staan nie.

Eindelik was die Strijdom-gesin gereed. Die fotograaf het oorgehaal, maar die kamera moedeloos laat sak. “Almal lyk so vreeslik ernstig,” het hy gekla.

“Glimlag ‘n bietjie, Hans,” het mev. San Strijdom haar eggenoot aangespreek. “Jy lyk darem te ernstig.”

Suid-Afrika se aangewese Premier het die oorslaanbaadjie van sy donker pak reggetrek en sy das nog ‘n keer verskuif. “Maar, vrou, jy weet tog dat ek ‘n ernstige man is,” het hy hom verweer. Dit is half skertsend gesê, want ‘n breë glimlag het sy gesig geplooi.

Maar onbewus het Hans Strijdom daardie dag self sy eie lewensbeskouing opgesom. Wat hy doen, doen hy met ‘n erns en toewyding wat min van sy kollegas by hom vermoed het toe hy byna dertig jaar gelede uit die agterbanke van die Volksraad opgestaan het om sy nooienstoespraak te lewer.

Só het sy politieke vriende en teenstanders Johannes Gerhardus Strijdom oor baie jare leer ken. Sy doelgerigtheid het hom voorbestem vir wat hy vandag is, en wat hy bereik het, het hy verower deur ernstige arbeid.” (1)

Sy opgroei

“…(Hans) was maar ‘n kwajong en het baie slae van sy vader en moeder gekry, dikwels omdat hy so eiesinnig was en dinge volgens sy eie manier wou doen… Dikwels het sy moeder hom gemaan: “Hans, trek aan jou skoene; die dorings sal jou steek.” Sy enigste reaksie was dan: “Bring die dorings en laat hulle my eers steek!” (1)

Hy het op Willowmore skoolgegaan, en was ‘n skrander leerling. Vir hoërskool opleiding het sy vader die jonge Hans na die geskiedkundige skool op Franschhoek gestuur. Op dié skool het so ‘n sterk Vaderlandsgees geheers dat “…gedurende die paar jaar dat Strijdom daar was, klagte (was) van die Onderwysdepartement oor die ‘dislojaliteit’ in die skool.” (1)

“Op Stellenbosch (1910-1912) het hy dadelik ingeskakel by dié deel van die studentesamelewing wat daarna gestreef het om die Afrikaner tot sy reg te laat kom. Hoewel hy nooit een van die leiers was nie, het hy aktief deelgeneem aan debatsverenigings en ander kultuursake. As debateerder was hy moeilik te klop. Hy het baie met sy studentemaats geargumenteer. Hy was ‘n pligsgetroue student, maar het nie nodig gehad om baie hard te werk nie. Tog het hy die eksamens met groot sukses afgelê. Hy was 18 jaar oud toe hy die graad B.A. behaal het.

Op die Rugbyveld was hy ‘n doring. Hy het langs sy vriend, Stephen le Roux senter gespeel. Daar het hy “…dieselfde toegewydheid en bestendigheid geopenbaar as wat sy openbare loopbaan in later jare gekenmerk het.” Tennis het hy ook graag gespeel en het altyd ‘n lewendige belangstelling in dié sportsoort gehad.

Na hy sy graad behaal het, het hy met volstruise in die distrik Willowmore gaan boer. Maar hy was skaars aan die gang toe die volstruismark in duie stort. Gelukkig kon hy op sy geleerdheid steun sodat hy in 1914 na Pretoria verhuis om staatsprokureur te word.

Die Eerste Wêreld Oorlog

Augustus 1914 word Suid-Afrika deur die Britse regering versoek om ‘n sekere deel van Suid-Wes-Afrika te gaan inneem. Hierdie tyd kan as die enigste periode beskou word waar Hans deur andersdenkendes verplig was om in stryd met sy gevestigde opvattings te handel. As 21-jarige was Hans Strijdom nog onderhewig aan die verpligte militêre diens van die Verdedigingsmag. (2)

Hy het egter nooit teen die Rebelle opgetree nie, en het botweg geweier om aan die militêre oefeninge vir die staatsamptenare deel te neem.

Na die Rebellie bekamp is deur die regering, word Hans opgeroep vir diens in die 6e Mediese Brigade Veldambulans. Daar was hy betrokke “…van 13 November 1914 af tot 26 Februarie 1915 en was onder die bevel van Engelse offisiere wat die lewe vir hom so ondraaglik gemaak het vanweë sy openlike teenkanting teen die Regering se oorlogsbeleid, dat hy aansoek gedoen het om oorgeplaas te word na een van die burgerkommando’s wat onder die leiding van Afrikaneroffisiere gestaan het.” (2)

So is hy op 27 Ferbruarie 1915 ingedeel by die Helgard-Verkenningskorps, deel van die 3e Berede Brigade (regtervleuel), onder die bevel van kaptein Helgard de Jager. Op 15 April is hy van gewone manskap tot korporaal bevorder, en op 9 Augustus 1915 het sy dienstydperk tot ‘n einde gekom.

Nylstroom toe

Hy het baie belanggestel in die toneel-bedryf, en op so ‘n geselligheid het Hans vir Margaretha van Hulstein, ‘n Londonse toneelkunstenaar wat onder die naam Marda Vanne opgetree het, ontmoet. Die twee was gou dolverlief en verloof kort daarna. Sy was die dogter van sir Willem van Hulstein, ‘n bekende mynbaas van die Goudstad en Engelse edelman.

Toe die getroude paartjie in Mei 1918 na Nylstroom verhuis, het daar egter krakies in hul huwelik verskyn. Margaretha kon haar nie by die platteland aanpas nie, en die twee is sonder enige kwade gevoelens geskei. Geen kinders is uit die huwelik gebore nie. (3)

In 1918 is Hans as advokaat tot die Kaapse Balie toegelaat, maar hy het nooit as advokaat gepraktiseer nie. Hy het egter aansoek gedoen, in Afrikaans, by die Hooggeregshof in Pretoria om as prokureur toegelaat te word. Dit is goedgekeur.

Hy was waarskynlik ook die eerste prokureur wat ‘n huwelikskontrak in Afrikaans opgestel het. Toe hy die kontrak by die Akteskantoor indien, het die Registrateur geweier om dit te registreer. Eers na ‘n bevelskrif van die Hooggeregshof is sy aansoek toegestaan.

As nuweling op Nylstroom het hy aanvanklik maar gesukkel om sy praktyk aan die gang te kry, maar weldra het sake verbeter en het hy ‘n bloeiende praktyk opgebou.

Sy belangstelling in die boerdery was nog altyd sterk. Hy het die plaas Elsjeskraal op die Springbokvlakte gekoop en naweke geboer. Hier was hy altyd op sy gelukkigste. Later het hy ook op die plaas Sandvlakte naby Warmbad, saam met sy broer Raymond geboer. Daar het hulle veral met Friesbeeste geteel en op groot skaal gesaai.

Van 1923 tot 1929 was hy voorsitter van die Waterbergse Landbougenootskap. Maar nadat hy tot Volksraadslid vir Waterberg verkies is, hy nie meer kans gesien om sy aandag aan die boerdery te wy nie en het hy uitgetree. (3)

In die Volksraad

“Toe genl. Hertzog die destydse Volksraadslid vir Waterberg, Piet le Roux van Niekerk, na die Senaat bevorder, moes die kiesers van Waterberg in 1929 vir hulle ‘n nuwe kandidaat soek. Hul keuse het eenparig op Hans Strijdom geval, maar hy het nie lus gehad om Parlement toe te gaan nie. Hy moes uiteindelik omgepraat word. Die feit dat Stephen le Roux (sy vriend) reeds ‘n paar jaar vantevore Volksraad toe is, het sy besluit vergemaklik.” (3)

Toe hy egter besluit het om hom verkiesbaar te stel, het hy sy volle gewig by die saak ingewerp. In die verkiesingstryd het hy die oorwinning van sy voorganger bestendig deur 1156 stemme op hom te verenig teenoor 573 stemme vir sy teenstander, die kandidaat van die SAP.

As jong agterbanker in die Parlement, het Hans Strijdom aandag getrek deur die vuur en skerpheid van sy toesprake. Sy eerste toespraak het hy op 29 Julie 1929 in die Volksraad gehou. Hy het gepraat oor waterbewaring en besproeiing, ‘n saak wat hom sy lewe lank na aan die hart was. Hy het gepleit dat die regering “…’n duidelike besproeiingsbeleid vir die hele Suid-Afrika (moet) formuleer” en dat daar met die oog op waterbewaring, sonder versuim ‘n besproeiingsopname van die land gemaak word.

Dat dr. Malan in 1948 die portefeulje Lande en Besproeiing (nou Waterwese) aan adv. Strijdom toegewys het, is dus nie toevallig nie. Baie van die dinge wat hy as agterbanker bepleit het daardie jare, het hy as Besproeiingsminister ten uitvoer gebring. Dwarsdeur die jare was hy ‘n groot kampvegter vir die regte van die boere.

“Wat die politiek betref, het Strijdom tot die sogenaamde republikeinse vleuel van genl. Hertzog se Nasionale Party behoort. Hierdie vleuel, bestaande uit die jonger garde onder leiding van dr. N. J. Van der Merwe, is reeds vóór Strijdom se toetrede tot die Volksraad deur genl. Hertzog oor die kole gehaal oor hulle uitgesprokenheid.”(3)

Die mislukking van sy eerste huwelik “…was vir Strijdom ‘n hewige skok, maar die reaksie het hom reguit na sy bestemde loopbaan gestuur. Dit het hom met groter toewyding aan die saak van die Nasionale Party laat ywer.” (3)

Kort voordat hy tot Volksraadslid verkies is, het hy en die predikantsdogter San de Klerk mekaar ontmoet. Hulle is aan mekaar voorgestel net nadat hy skeidsregter by ‘n rugbywedstryd was. Toe Hans na die eerste Sitting in die Kaap terugkom op Nylstroom, het hy onthou van die bruinoog-nooi en haar gaan opsoek. Hy was heelwat ouer as almal in haar vriendekring, maar hy het hom nie daaraan gesteur nie. Twee jaar later, in 1931, is hulle getroud.

Hans Strijdom het eindelik ‘n “…hawe gevind waar die branders altyd kalm was en die persoon van alle persone gevind wat hom sy hele loopbaan in die huis en op die verhoog sou bystaan.” (4) Dinge het dadelik by die huis goed gegaan, maar dit het nie so goed in die politiek verloop nie.

Suid-Afrika is van die goudstandaard afgedwing, groot droogte het in die Noord-Transvaal geheers, en die eerste klankies van ‘n koalisie met die Sappe, waarin adv. Strijdom so ‘n renons gehad het, het geklink. Hans Strijdom se lang en moeisame verblyf in die politieke woestyn het begin.

Nat en Sap smelt saam

 Op die Nasionale Party se kongres, 9 Augustus 1934 te Pretoria, was dit duidelik dat die oorgrote meerderheid ten gunste van die koalisie is. Hy en ‘n klein groepie Nasionaliste, onder aanvoering van mev. E.G. Jansen, hyself en L.J. du Plessis, het geen twyfel gehad oor hul standpunt i.v.m. ‘n koalisie tussen die SAP en die Nasionale Party, nie.

Hans Strijdom het sy kans afgewag om ook sy bydrae te lewer: “’Ek was van die begin af gekant teen Samesmelting om dieselfde redes as wat genl. Hertzog die vorige jaar teen koalisie was,’ het hy gesê. Verder het hy nie gekom nie. Die voorsitter het ontdek dat Strijdom selfs nie die afgevaardigde van Waterberg is nie, maar slegs die secundus. Die afgevaardigde, mnr. M. Bakker, was in daardie stadium self in die saal en die voorsitter het Strijdom se reg betwis om te praat terwyl die afgevaardigde aanwesig was. Sy beslissing het ‘n opstootjie laat ontstaan, maar Strijdom is nie toegelaat om verder te praat nie.”

Nadat die saak bepraat is, is besluit om te stem oor die vraag of die twee partye moet saamsmelt. Die uitslag was verpletterend vir die minderheid: 281 stemme teenoor 38.

Die 38 het hulle uit die kongres onttrek en in die klubsaal van die Polleys Hotel hul eie verrigtinge voortgesit. Hulle het besluit om die Nasionale Party voort te sit, ‘n nuwe hoofbestuur van sewe gekies. Hans Strijdom was een van die sewe, en as die party se enigste Volksraadslid in Transvaal, is hy ook aangewys as lid van die Federale Raad.

“…Die besluit wat Hans Strijdom en sy kollegas daardie dag geneem het, het moed vereis. Die stroom waarteen hulle moes swem, was sterk. Hoè sterk, het hulle eers later besef toe daar begin is om die Nasionale Party van onder af op te bou.

Nadat die formaliteite afgehandel is, het sen. Stoffberg gevra of hy iets kon sê. ‘Na wat vandag gebeur het, weet ons dat Hans Strijdom nie soos ander leiers bolmakisie sal slaan nie,’ het hy gesê. Die ander het luid toegejuig.”( 5)

(Word vervolg)

………

Saamgestel deur R. Vorster

………

Bronne:

  1. Hans Strijdom, Lewensloop en Beleid van Suid-Afrika se Vyfde Premier; Gert Coetsee; 1958; bl. 9-12.
  2. J.G. Strijdom, Sy politieke loopbaan van 1929 tot 1948; J. L. Basson; 1980; bl. 12-15.
  3. Hans Strijdom, Lewensloop en Beleid van Suid-Afrika se Vyfde Premier; Gert Coetsee; 1958; bl. 14-16.
  4. Ons eerste ses Premiers, ‘n persoonlike terugblik; Piet Meiring; 1972; bl.100-105
  5. Hans Strijdom, Lewensloop en Beleid van Suid-Afrika se Vyfde Premier; Gert Coetsee; 1958; bl. 22.