God se Beskikking of (Skyn)selfbeskikking?

Carel van der Grijp, 2 Mei 2026

As ons die sosiale media dophou, en mens kyk na die gesprekke wat daar gevoer word, sien ons ’n stygende tendens. Die grootste aandrang van die swartes, in die rigting waarvan hulle praat, is dat die witman onregmatig sy grond sou bekom het. Dat ons hierdie grond sou gesteel het. Ons word uitgekryt deur jong swartetjies en ouer swartetjies as hierdie grondrowers en gronddiewe. Dat ons nie hier hoort nie, dat ons die grond moet teruggee en dat hulle die grond dan ook op ’n stadium sal terugneem. En dat ons maar moet regmaak ook vir die dag wat hulle dan “hulle” grond terugvat.

Dit wat hulle daar op sosiale media kwytraak, verskil egter geensinds van dit wat die grondwet van Suid-Afrika sê nie. Die grondwet beweer dat met kolonialisme het ons die swartman se grond in die land gevat. En dat daardie “misdaad” reggestel moet word met grondhervorming. Ook dat ons, onsself sou verryk het deur “onderdrukking” van die swartman. Dit is dan waaruit regstellende  aksie sou voortspruit om die “foute van die verlede” reg te stel. Om dit wat die witman na bewering hier onregmatig sou bekom het terug te gee.  Dat die witman hom sou verryk het deur swart slawerny en swart goedkoop arbeid. Dat dit reggestel moet word deur die herverdeling van rykdom.

In praktyk geskied wel dan nou deur belastings. Die land is verdeel in A, B en C groepe wat bepaal hoeveel elke persoon vir grondbelasting moet betaal op dorpe en plase, volgens hoe verder daar in die swart gebied inbeweeg word. In die die ou tuislande betaal hulle niks nie (C) Maar die A en B groepe waarin die land opgedeel is betaal dan meer. Selfs jou lone van jou huishulp en plaasarbeid is ook alles verbonde aan die streek waar jy bly.

Dit is dan nou interresant dat die aanspraak van die sosiale media gesprekke nie in wese verskil van dit wat die grondwet beweer nie. Miskien verskil die metodes. Dat hulle dit met geweld wil doen of onteiening sonder vergoeding. Die grondwet sê dat ons hierdie eienom onregmatig bekom het en dat grondhervorming moet plaasvind.

Ons moet besef dat al die mense wat die grondwet ondersteun, lê die eed van getrouheid daaraan af. (Die eed is net soos die eed van getrouheid wat aan die Britse koningshuis afgelê is in die eerste en tweede wêreld oorloë, genoem die rooi eed)

Mense wat aan verkiesings deelneem, mense wat artikel 235 ondersteun, en die afrikanerakkoord ondersteun, lê ’n eed van getrouheid af teenoor die grondwet. Daardie grondwet wat verklaar dat die land eintlik die eiendom van die swartman is en dat ons onregmatig die grond bekom het. Dit is ook dan waaruit artikel 235 gebore is. Dat ons dan ook darem iewers ‘n “skynbare” selfbeskiking op ’n kolletjie in Suid-Afrika kan kry waarna ons dan al die “onwettig” bekome grond “teruggee”. Sodat ons in ’n lokasie kan gaan bly waar ons na onsself sou kan kyk. Die punt is egter dat jy dan erken dat selfs daardie grond ook onwettig bekome grond is. Omdat jy dan die grondwet erken.

Daarteenoor kom ons oproep om die waarheid:

Die land is ons land.

Ons het hom nie gesteel nie.

Die grondgebied wat histories aan die blanke, ons volk, behoort het (die swart tuislande uitgesluit), is ons Vaderland.

Ons vra nie by die vyand selfbeskikkingsreg nie. Ons vra nie by die wat ons wil vermoor selfbeskikkings reg of die reg om te kan bestaan nie.

Ons glo egter dat ons vanuit onsself geen reg het om te bestaan nie, maar die reg om te bestaan het ons slegs van God self ontvang. Hy beskik oor volke en nasies en so ook oor ons volk se voortbestaan. God se beskik oor ons land kan ons duidelik in ons volk se geskiedenis waarneem. Daarom kan ons sê dat die land is ons land. Daaroor bid ons dat God sal beskik.

Ons kniel voor geen wêreldmag om toestemming te vra dat ons mag voortbestaan nie. Ook kniel ons voor geen wêreldmag om toestemming te vra om oor ons eie toekoms te beskik nie. Ons eie toekoms is van God se genade afhanklik. Ons moet waarlik besef dat God oor ons beskik.

Ons moet nie Gods water oor Gods akker laat loop nie maar bly getuig dat die land deur God aan ons gegee is, dat dit ons erfenis is wat ons moet bewaar en tot Sy eer gebruik.

Ons moet onthou dat nie die ANC, nie die grondwet, nie die 235 onderhandelaars of  die afrikanerakkoord oor ons lot beskik nie, maar alleen God Drie-enig. Sy wil sal geskied, of ons volk moet voortbestaan of nie voortbestaan nie. Dit is nie in ons hande nie, maar in die hande van ons Skepper.

Ons moet onthou dat Hy ook die uitkoms van Bloedrivier beskik het. Ons durf nie ons hulp by die sataniese magte, hierdie grondwet, regering, afgodsdienaars en saamlopers gaan soek nie.

Maar ons sê: Ek slaan my oë op na die berge. Waar sal my hulp vandaan kom?. Ons hulp is van die Here, die Skepper van hemel en aarde.

God beskik elke dag oor ons persoonlike lewe en ons volkslewe en ook dit wat elke dag aangaan in hierdie land. Ons hoop moet ons op Hom stel. Nie op ‘n artikel 235. Nie op ’n afrikaner akkoord waar met die Antichris ’n verbond geteken is nie. Maar dat ons nederig op ons knieë sal bly soos die Voortrekkers in elke laer, elke plaas, soos ook by Bloedrivier. Soos die moeders en kinders in die konsentrasiekamp nie hulle hoop gevestig het op Engeland nie maar op God alleen…