Kom gedenk vanjaar Heldedag saam met ons op die Vegkopfeesterrein naby Heilbron

Die Vegkop-feeskomitee nooi al ons volksgenote hartlik uit na die herdenkingsfees van die slag wat hier by Vegkop plaasgevind het in 1836.

Dit word die naweek van die 10de Oktober gehou wat ook die 200ste herdenking van oud president Paul Kruger se verjaarsdag is. Oom Paul was natuurlik ook ’n jong 11-jarige seun wat hier in die Vegkoplaer was tydens die slag.

U is welkom om as dagbesoekers deur te kom na die Slagveld-terrein. ’n Propvol program beloof om die Afrikanerbloed weer warm in u are te laat klop! Gaan besoek gerus die Facebook-groep: Vegkop Herdenkingsfees 2025 of laai dit hier af om die naweek-program te bekyk.