Featured post

Oproep tot die Afrikanervolk 2025

Verwerp die Valse Politieke Bestel

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) roep u op om saam met ons die politieke bestel wat sedert 1994 in Suid-Afrika tot stand gekom het te verwerp!

  • Dié bestel is die direkte uitvloeisel van die bedrogvolle verraad wat teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika voor 1994 gepleeg is, soos die gebeure in die ANB se studiestuk uiteengesit word (Volg hierdie skakel)
  • Deur slinkse misleiding het die De Klerk-regering in noue samewerking met sogenaamde “regse” leiers, wat as regeringsagente in regse geledere bedrieglik opgetree het, die Blanke volk van Suid-Afrika uit sy politieke mag gekul.
  • Sonder dié onderduimse en agterlike bedrog sou die eerlose en bloedlose oorgawe aan ‘n Kommunistiese rowersbende (ANC-SAKP-regime) in April 1994 nie kon plaasvind nie.
  • Om dié rede weier ons om in die onreg teen die Afrikanervolk en die Blankes van Suid-Afrika te berus.

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging beywer hom derhalwe om die Afrikanervolk in besonder (maar ook álle Blankes), wat nog nóóit deelgeneem het, asook diegene wat nou nié meer deelneem aan die bedrogvolle ANC-verkiesings nie, buite die politieke bestel as ‘n eenheidsmag te versamel, ten einde terug te eis wat regtens aan die Witman van Afrika behoort!

  • Deelname aan die onwettige politieke bestel, soos genl. Viljoen se “Vryheidsfront” destyds (en vandag nog!), verleen slegs ‘n valse legitimiteit aan die ANC-SAKP-regime. Die ANB weier steeds om daaraan mee te doen.
  • Die ANC-SAKP het géén reg om as sogenaamde “owerheid van die dag” ons kosbare Vaderland, wat met harde werk en hoë offers deur ons voorgeslagte tot ‘n bastion in Afrika opgebou en ontwikkel is, verder onder hul voete te vertrap nie!
  • Dat die Witman die Swartman in Suid-Afrika “onderdruk” of sogenaamd te na gekom het is ‘n infame leuen waarvan die ganse Afrika klinkklaar getuig en die tééndeel volkome waar is.

Vrae tot Aksie:

Twee belangrike vrae wat ons onsself aan die begin van 2025 moet afvra is:
❖ Mag ons ons oë sluit vir die onreg en bedrog van 30 jaar gelede waarin ons deur verraderlike “leiers” soos skape na die slagpale gelei is? Moet ons bloot daarin berus?
❖ Mag ons toelaat dat dieselfde verraad en bedrog met presies dieselfde strategieë en dwaalweë vandag weer deur sogenaamde “Afrikanerleiers” wat hulle as redders van die Afrikanervolk voordoen, opnuut weer hervat en voortgesit word?

Maar wat is andere se “oproep”?

In die lig hiervan moet ons die onderstaande wekroep van mnr. Willie Cloete van Volkskrag in die onlangse verlede (Oktober 2024) betrag en beoordeel:

“Volksgenote
Ek wil die volgende beroep doen aan almal wat hulle herkoms en hulle Volk lief het. Wat glo in God die Almagtige wat hemel en aarde geskape het. Daar is soveel stories oor dinge wat in die verlede gebeur het wat die Boere/Afrikaners se geskiedenis beïnvloed het tot ons nadeel en dat ons sit waar ons vandag sit. NIEMAND kan geskiedenis verander nie. Nou my oproep: FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander soos deur: Ons vertroue in God te herstel en alles in die stryd te werp om vir ons Volk selfbeskikking te verkry.
Willie Cloete
Volkskrag”

Die ANB se antwoord daarop

  • U moet self oordeel of ons kan bekostig om te vergeet van die “stories oor dinge wat in die verlede gebeur het”, soos mnr. Cloete die volksverraad deur “Afrikanerleiers”(wat net soos ons lyk en “praat”) noem,
  • en gevolglik maar houtgerus kan “FOKUS op die toekoms dat ons as ‘n Volk die geskiedenis positief kan verander”,
  • sónder om te vra:
    ❖ Hoe het ons Afrikanervolk, met ‘n roemryke geskiedenis en heldedom oor eeue heen, in hiérdie benarde omstandighede beland?
    ❖ Wat het ons aandag só afgetrek en in beslag geneem dat ons dááraan begin twyfel het dat die HERE, die Almagtige, hierdie héle land aan ons as erfdeel gegee het en dat ons nie maar ‘n “minderheidsgroep” is wat iewers ‘n stukkie “selfbeskikking” van ‘n goddelose owerheid moet probeer afsmeek nie?
    ❖ Waartoe roep die HERE sy kinders in die Afrikanervolk, sodat die onreg en bedrog wat voor Sy oë gepleeg is, gestraf en reggestel kan word? God vergeet nie… hoe kan óns vergeet?
  • Gedurende die rebellie van 1914 het ‘n hele kommando “joiners” en “hendsoppers” saam met genl. De Wet te velde getrek teen die Botha-Smuts-regering, omdat hulle uit opregte berou en skaamte hul naam en eer wat hulle deur die gruwelike verraad van hul volk tydens die oorlog (1899-1902) geskend het, weer in ere wou herstel.
  • Drie vrae:
    ❖ Waar is húlle wat in diepe berou na vore kom en pleit: “Ek het iets verskrikliks teen my volk gedoen… Ék was deel van die verraad…?”
    ❖ Wie is húlle wat hulself probeer voorstoot om vandag weer die leisels van die Afrikanervolk te neem om hom te lei?
    ❖ Waarheen moet ‘n ware Afrikanerleier sy volk lei, selfs al staan ons soos ons voorouers in onsself klein en magteloos, maar in geloof en waarheid, voor ‘n oormag soos by Bloedrivier?

Die krag van getuienis moet uitgaan

Ons is oortuig dat daar in die verlede ‘n krag van die Afrikanervolk in Afrika uitgegaan het, omdat ons voorgeslagte in hoë mate aan die HERE getrou was.

  • Alleen wanneer daar by ons, ook as volk, wáre bekering kom, sal daar wéér ‘n krag van ons uitgaan…
  • Hiérdie krag is in wese die getuienis dat die HERE alléén God is, soos selfs ‘n Farao, ‘n Agab, ‘n Nebukadnesar en (kan mens byvoeg) ‘n Dingaan dit móés erken, ook al het hulle almal geweier om in Hom te glo.
  • Daarom het ons as volk, wat die HERE juis uit suiwere gereformeerde geloofswortels in hierdie land laat groei het, die bestaansroeping (let wel nié ‘n “bestaansreg” nie!) om deur eie voorbeeld daadwerklik te verkondig: Die HERE alléén is God!
  • Ten spyte van die laakbare bedrog waardeur ons volk van sy Godgegewe erfdeel ontroof is, lê ons ons nogtans ootmoedig neer by die toelatende wil van God, die Allerhoogste, waarsonder ons vyande se diaboliese planne nie sou slaag nie. Ons erken dat die magsoordrag na ‘n Kommunistiese Swart meerderheidsregering in 1994 Sý tugtende Hand was, vanweë die ontrou en afvalligheid van vele in die Afrikanervolk en Blankedom waardeur Sý Naam en Eer geskend is.

Ware bekering word vereis

Daarom betuig ons aan elke mede-Afrikaner wat van die weë van die HERE afgedwaal het in welke opsig ook al – wêreldse sedes, onkuise kleredrag, sportgod aanbidding, onwelvoeglike taalgebruik, materialisme, selfgesentreerdheid (die soeke na slegs eie belang), eiewilligheid en mensgesentreerdheid in die godsdiens, ens. om tog nougeset op hul lewenswandel te let en hulself in die lig van Gods Woord op die proef te stel.

  • As ons dink dat ons die HERE met ons lippe kan dien, terwyl ons lewens toon dat ons harte ver van Hom af is, bedrieg ons onsself, en durf ons nie uitkoms van Hom verwag uit benoude omstandighede nie.
  • Die God van ons voorgeslagte, die Enige en Waaragtige, die God van hemel en aarde, tot Wie die Voortrekkers in die Bloedrivierlaer hul hulpgeroep laat hoor het… Hý is die Heilige God wat Hom nie laat bespot nie!
    [Andries Pretorius en Sarel Celliers het die manskappe in die Bloedrivierlaer gemaan tot ‘n heilige lewe, geen vuil taalgebruik en volgehoue gebed.]
    ❖ “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie” (Galasiërs 6:7)
    ❖ “Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig.” (Levitikus 11:44)
    ❖ “Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Psalm. 51:19)

Daarom lê die ANB hom daarop toe om voortdurend sy eie lede en ons ganse volk op te roep om terug te keer na die God van ons voorgeslagte deur ware selfondersoek, opregte berou, skulderkentenis, verootmoediging en heiligmaking. Die doel van verootmoediging mag egter geensins wees “sodat dit weer met óns mag goed gaan nie”, maar slegs ter wille van die Naam en Eer van die HERE, voor Wie se aangesig ons, ook as Afrikanervolk, steeds mag lewe in hierdie mooi land wat Hý as erfdeel aan ons toevertrou het.
❖ “Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.” (Psalm 103:9)
❖ “Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.” (Jesaja 55:7)
❖ “In Hom [Jesus Christus] het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.” (Efesiërs 1:7)

Die ANB se weg na vryheid

Wat is dan die Afrikaner Nasionalistiese Beweging se oogmerk om ons vaderland weer uit die huidige verknorsing te lei?

❖ Alleen die weg van suiwer Afrikanernasionalisme (‘n liefde vir land, volk en taal)op ware Christelik-Protestantse geloofsgrondslag soos tot uiting gebring ook in die politieke beginsels van dr. DF Malan, adv. JG Strijdom en dr. HF Verwoerd.
❖ Dit is in werklikheid ‘n voortsetting en verwesenliking van ons volk se eeue oue ideale van reeds vóór die Groot Trek:
✓ Blank Suid-Afrika is die Afrikanervolk se Godgegewe vaderland,
✓ waarin die Witman, in Afrika, soewerein oor homself moet kan regeer,
✓ om homself te kan wees tot eer van sy Skepper – let wel, nie net in ‘n flentertjie van ons land wat as ‘n volkstaat bekendstaan nie!
✓ Deur wet en orde daar te stel, waaruit ekonomiese stabiliteit mag volg, moet die ryke hulpbronne van Suid-Afrika met wysheid en oorleg bestuur word.
✓ Ekonomiese vooruitgang en welvaart is net moontlik deur die handhawing van wet en orde en ‘n ekonomiese beleidstoepassing wat toesien dat ‘n eerlike en hardwerkende bevolking vir hul handewerk beloon word.
✓ So-ook die verstandige implimentering van ‘n beleid van afsonderlike ontwikkeling (Apartheid),
✓ waarin elke bevolkingsgroep na sy aard en behoefte die geleentheid ten volle gegun word om homself te kan tuismaak, opbou en ontwikkel in sy eie territoriale grondgebied na die aard van omstandighede soos eie aan homself.
✓ Dit impliseer die terugbesorg en herstel van die Swart volkere van Suid-Afrika se regmatige historiese grondgebied en erfenis wat ook deur die “Nuwe Suid-Afrika” van 1994 hulle ontneem is (soos Transkei, Ciskei en andere).
✓ Dit impliseer óók die herstel van Blank Suid-Afrika, die internasionaal erkende en regmatige eiendom van die Afrikanervolk.

Waarteen is ons stryd

  • Ons stry teen die nuutste “regse” verraad, die wat ons steeds gevange wil hou onder die huidige regime deur bv. die bedrieglike gebruik van die sg. Afrikaner-Akkoord of wil hê dat ons aan die regime se verkiesings moet deelneem. (Vir agtergrond sien die uitgebreide reeks artikels oor Regse Verraad)
  • Ons stry teen die agenda van die Joodse geldmag wat die media – TV, koerante en vandag selfs die sosiale media – grootliks beheer. Hiervan moet die suiwer Afrikaner vandag veral bewus wees en homself en sy kinders teen onbehoorlike beïnvloeding en selfs indoktrinasie verskans. Die Afrikanervolk se ideale deur die eeue staan lynreg daarteenoor.
  • Ons stry teen die “Afrikanervriendelike” organisasies soos Afriforum en Solidariteit se ondermyning van Afrikanersaak. Waar hulle, onder andere,
    • Rassevermenging voorstaan,
      • Die 1994-politieke-bestel as volkome regverdigbaar beskou
      • Boonop die beleid van dr. Verwoerd en die Nasionale Party (1961-1966) ten opsigte van die Swart volkere van Suid-Afrika as onverdedigbaar afmaak!
      • Die ANB verwerp alle drogredenasies wat ten doel het om valse wigte in die Afrikanervolk te probeer indryf:
    • Die ANB verwerp die valse onderskeid asof Boerevolk en Afrikanervolk verskillende groepe sou verteenwoordig.
    • As ons van Afrikaners of van Boere praat, praat ons van dieselfde mense… dit is húlle wat hul by die beginsels van pres. Paul Kruger, genl. De Wet, genl. Hertzog en vele ander gelowige Afrikanerleiers skaar.

Ten slotte

Die Blanke, as ekonomiese ruggraat van Suid-Afrika, móét homself geheel en al onttrek van hierdie politieke bestel en in lydelike verset die opkoms van die Afrikanernasionalisme nastreef!

Mag in die Afrikanervolk van vandag en môre steeds die werke van die Almagtige God, soos by Bloedrivier, gesien word:
❖ Wanneer hierdie land weer, deur die genade van Bo, uit die as mag opstaan
❖ Die Afrikanervolk in sy land, sy Godgegewe erfenis, as politieke maghebber herstel word
❖ Die Afrikanervolk tot die eer en verheerliking van die Naam van die Almagtige, Drie-Enige God, hierdie land regeer na Sy wil volgens die riglyne en eise van die Woord van God.

Nogmaals: Mag die Afrikanervolk hom bekeer tot die HERE voor Wie se aangesig ons voorgeslagte geloftes gedoen het en tot Wie ons in ware en opregte skuldbesef en -belydenis moet terugkeer. Mag ons nooit dink dat ons hiér aan die suidelike punt van Afrika deur die HERE as ‘n volk met ‘n eie taal en kulturele identiteit in aansyn geroep is ter wille van onssélf nie.

Mag dit opnuut tot ons deurdring dat ons hiér is ter wille van die Naam en die Eer en die Geregtigheid en die Koninkryk van die HERE onse God, tot ‘n lig en ‘n getuienis van die waarheid van Gods onfeilbare en onveranderlike Woord in ‘n donker kontinent.

Wee ons as ons betower deur mammon en die sportgod vir ons ‘n “rusplek” probeer inrig in ‘n bloedbevlekte land, waarin ons in vriendskap en gedienstige onderhorigheid aan ‘n Godloënende en Anti-Christelike Grondwet en Owerheid, die wette van die HERE help vertrap, sy Naam saam laster en Sy Eer onverpoos skend.

In kleingeloof wil mens vra: Kán die afgee van die politieke mag en seggenskap oor ons Vaderland van 1994 weer omgekeer word?

In geloof is ons antwoord: By die HERE ís alle dinge moontlik!

Soli Deo Gloria

Featured post

Die Verraad wat ons Politieke Mag vernietig het

2024-09-11

deur ANB Nuusbrief Redaksie

Die opspraakwekkende artikel wat hier volg werp lig op die verraad wat teen ons volk gepleeg is en wat daartoe gelei het dat die Afrikaner beheer oor die politieke mag van sy land verloor het. Dié verraad was slegs moontlik vanweë ’n komplot wat gesmee is deur die Nasionale Party, die intellensiedienste en sekere “regse” leiers. Alhoewel hierdie verraad, danksy dokumente met verdoemende getuienis wat kort na 1994 bekend geword het, reeds so vroeg as 1997 in breë trekke blootgelê is, is dit nou volledig bevestig met die vrystelling van die “Afrikaner Akkoord” in die onlangse verlede. Dieselfde verraderlike dokument word ironies genoeg nou weer opgehemel, asof dít die Afrikanervolk se sleutel tot selfbeskikking in ’n eie volkstaat lê. En helaas, diegene wat hulle nou by die verraderlike “Akkoord” skaar, sit opnuut die verraad van 1994 wetend of onwetend voort.

Die artikel gee ’n oorsig van daardie verraderlike gebeure, sodat ons volk toegerus kan word om die nuwe veragtelike pogings om ons te mislei, te identifiseer en aan die kaak te stel. Laat ons hierdie nuwe misleidingspogings verwerp met die minagting wat dit verdien. 

Heel Suid-Afrika ís ons land! Ons val nie vir die geelwortel van ‘n “Volksstaat” in ruil waarvoor verraaier-politici die politieke seggenskap oor ons erfdeel, Suid-Afrika, aan ‘n kommunistiese Swart meerderheid oorhandig het nie.  Dit bly ons vertroue en verlange dat die Here wéér aan ons vryheid sal skenk in ons ganse Vaderland, soos so dikwels in ons geskiedenis gebeur het… Sý Hand is nié te kort!

Omdat dit so lywige onderwerp is, het ons die artikel in 8 dele verdeel.

Deel1, Deel2, Deel3, Deel4, Deel 5, Deel 6, Deel 7 en Deel 8.

Hier volg dan nou die eerste deel:

REGSE VERRAAD (Deel 1)

Regs en Links

Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke verdeel in twee groepe – dié wat vanweë ‘n diepgewortelde volksnasionalisme konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 18oo’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde nasionalistiese kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak.  Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.

Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in, Sy dryfveer: die drang na vryheid – om homself te kan wees en oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste vind onder Britse oorheersing, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.      

Anglo-Boere-oorlog

Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Anglo-Boereoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.

Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer het die konserwatiewe Bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.

Die Afrikaner is oorwegend konserwatief

Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie nasionalistiese konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n brabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word. 

Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.

Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme

Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Op die vryheidspad van die Afrikaner was die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.

Eerste afwykings

Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting  sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.

Voete van klei

Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician…’ Direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in…

Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi het opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.

Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke

Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en  orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.

Praat na regs, doen na links

Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : Eie skole, eie woongebiede gebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.

FW hervorm koorsagtig

Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op die 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront!) De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.

Die politieke gety draai skerp teen die regering. Momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus. Daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Sonder twyfel sou die Nasionale Party met daardie verkiesing ontsetel geword het. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing in doodsgevaar verkeer het.

Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings

Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie kon oorleef nie.  In reaksie hierop kondig FW de Klerk enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.

Vervolg in deel 2

                                                                                                                                   

Witkruise in Amerika… vir wat?

Dit is vir baie jare al dat daar wit kruise langs die N1, noord van Potgietersrus geplant word in  September. Aan die begin ‘n klein byeenkoms, maar dit het uitgegroei tot ‘n taamlike opkoms. Mense bring perde, vlae, en bitter hartseer verhale – dit gaan oor familie, vriende, kennisse, mede-volksgenote wat op gruwelike wyse die lewe moes laat – aan die hand van wrede moordenaars.

Dit is ‘n diep emosionele ervaring – een van hartseer en woede, pyn en verontwaardiging …en ook van wanhoop. Want agter die geslote gesigte van die mans en vrouens en kinders wat daar by die kruise staan, is daar ‘n stille radeloosheid. Hulle voel in die steek gelaat – deur ‘die regering’, deur die polisie, deur almal.

Hulle soek na antwoorde en na uitkoms – enigiets – wat die onregverdige aanslag op onskuldige volksmense sal beëindig.   

Perspektief

Maar nou moet ons terugstaan en die groter geheel sien.

Suid-Afrika is soos ‘n saadbedding – reg vir die volgende ‘saadjies’ om gesaai te word.  Die volgende saadjies van politieke manipulering. En die saaiers, die manipuleerders wat die saadbedding voorberei het, is die manne met die geld.

Politici het al ‘n baie slegte naam – daar word raakgesien dat hulle kansvatters is, wat sommer maklik dinge doen vir 30 sikkels. Maar dit is dié wat agter die skerms geld uitdeel en investeer wat in werklikheid die skade-makers is. 

Hulle doen dit om hul eie sinistere doel te bereik. En hulle modus operandi lyk so: skep die probleem, en bring dan… die oplossing. Húlle ‘oplossing’. 

In kort:

1.           Spit. Bring mense tot wanhoop – ‘n edel staatsman vermoor, sy naam (en ander helde se name) in die modder vertrap, sy beleid verdraai en skeef afgedwing sodat swart en wit verarm en gefrustreerd gelaat word, en die laaste oorblyfsels van ‘n gelowige beleid nek omgedraai.

2.           Gooi gif. Bring oorlog, moord en wanorde in die land – jong seuns wat sterf op die landsgrens, bom-aanvalle in die stede, toenemende werkloosheid en hongersnood,  swart-op-swart geweld in die ‘townships’, voortdurende propaganda: julle is skuldig, maak reg deur toe te gee, en oor te gee.  

3.           Gooi Kunsmis. Onwettige verkiesing, onwettige regime – in naam van “vryheid”, toenemende wanorde, ‘n misdaadbende-bedryf wat groei met rasse skrede, ‘n ekonomie wat hang aan ‘n dun draaitjie, toenemende hongersnood vir swart en veral wit, geweldige toename in gru-moorde op witman -vrou en -kind op plase, in dorpe, stede, oral…

4.           Gooi water. Deel skuld uit – vertel aan wanhopige, verbitterde, volksmense ‘n verdraaide geskiedenis. Julle het land gesteel, julle het swartmense verontreg, julle het misdade gepleeg, julle het moord gepleeg. Dis hoekom dit nou so met julle gaan. “Reverse”-apartheid.

5.           Saai saad. Die oplossing – Amerika kom red ons! Orania hier kom ons! Die res… vat julle pakslae (Trump se aksies teen SA en moord-terreur) saam met die swartmense, en moenie kla nie.

Só word ‘n volk verskuif van sy erfgrond af. Want met wanhopige, verbitterde, verontregte mense kan berge versit word – en sommer ‘n hele volk. 

Vakbonde en organisasies.

Solidariteit, Afriforum… ( en Lex Libertas) tree op vir die verdrukte. Hulle ‘doen iets’.

Toe hierdie vakbonde gestig is, was die boodskap dat dit gaan om die regte van die witman, die Afrikaner. Maar al gou word dit duidelik dat daar gekies word watter ‘Afrikaners in nood’ hulle bereid is om te help – toe nie juis Afrikaners nie, maar enigeen wat min of meer Afrikaans praat.

Hul hart is nié by die Afrikaner wat sy eie ras (volk, land, taal, kultuur, geskiedenis) lief het nie. Roets skryf op die Afriforum webtuiste: “The ideology of white nationalism is one that should be both exposed and opposed. (It) essentially boils down to promoting the interests of white people, because they are white.”

Roets het lankal openlik verklaar dat hy ‘n “weersin in apartheid” het. Hy het nie intussen van opinie verander nie. Hy glo steeds dat ‘land reform’ nodig is – volgens hom moet witmans-eiendom ‘terug’ gegee word aan swart ‘verontregtes’,  om die “injustices” van die verlede reg te stel.

DIT is die stigter en leier van Lex Libertas, wie se gesig nou verskyn op foto’s met witkruise in die agtergrond.

Terwyl Roets nog ‘n groot Afriforum- voorman was, het die vakbond ‘n hofsaak gemaak teen ‘n bekende  swart aktivis, omdat sy ‘liedjie’ plaasmoorde aanhits. En nou word deur Roets se Lex Libertas ‘n internasionale bewusmakings-aksie teen ‘plaasmoorde’ geloods… waarvoor en vir wat?

In Roets se oë is die swart aktiviste mos eintlik maar net besig om ‘white nationalism’ te stop die ‘injustices’ van die verlede te probeer regstel… deur middel van Plaasmoorde?   

So beweer die A N C, die E F F en… so beweer Roets, indirek, ook.  Seker daarom dat hy homself ‘n aktivis noem. Almal aktiviste, en almal vere aan die vlerke van dieselfde voël. 

Kom ons gaan terug na die manne met die geld.

Beide wit en swart aktivis benodig geld. Groot geld. Aktiviste betaal nie verhoog-, reis- en projek-onkostes uit eie sak nie. Aktiviste se bankrekeninge groei nie van donasies deur swart of wit verontregtes nie. Of dit nou rooimiere is of Amerika-witkruise – die finansies kom van die manne met die geld.   

En die manne met die geld stoot die storie wat aanhoudend herhaal word in nuusberigte, artikels, video’s, potgooie, blog’s, op sosiale media?  Luister bietjie:

  • Plaasmoorde is die gevolg van ‘injustices’ van die verlede.
  • Land reform is nodig om daardie ‘injustices’ reg te stel.
  • Die Afrikaner staan skuldig vir elkeen wat in hierdie land swaarkry of vermoor word – vriend, familielid of vreemdeling.
  • Die enigste manier waarop die skuld betaal kan word en die straf gestop kan word, is om  sy grondgebied weg te gee. Finaal.

Amerika, kom red ons!

Toegegee, tot dusver het Afriforum en Roets vir almal vertel dat die Afrikaner wil bly. Tot dusver.

Maar nou weet ons ook dat Afriforum en Roets by Trump gaan kers opsteek het oor hulp vir die verdruktes in Suid-Afrika. En ons weet dat Trump hulp aanbied op sy eie voorwaardes.

Aan goedgelowiges word vertel dat Amerika (en die res van die wêreld) tot nou toe, nie geweet het wat hier aan die gang is nie. Daarom is almal tog só dankbaar dat die VSA nou ‘weet’ en dat hulle gaan kom ‘help’.

Maar in werklikheid het Amerika ‘n lang geskiedenis van inmenging in die RSA se sake – meestal deur middel van die Coun_cil for Fo_reig n Rel at_ions (CFR).

Reuse somme geld is gespandeer in die oprig van ‘leeskamers’ in Soweto (vol opruiende lektuur), die stig van swart “bevrydings”-organisasies (d.w.s terroriste) en die stuur van  voorbarige raadgewers wat ons kom leer hoe om te ‘reform’ (veral Henry Kissinger was ‘n gereelde besoeker). En dit is maar ‘n stukkie van wat ons vandag weet.

Opsny en afskei.

Dit is die VSA wat, saam met Rusland, reeds lank voor die sewentigerjare al, ‘n plan opgetrek het, waarvolgens Suid-Afrika in stukkies opgedeel en uitgedeel moet word. Kom ons noem dit: “volkstate”. Daardie plan het al ver gevorder. Dit sluit in ‘n sogenaamde Afrikaner-volkstaat (dalk meer as een) en ‘n Zoeloe-volkstaat.

So begin ons verstaan waarom nou so hard ge-’lobby’ word vir afskeiding (balkanisering) van die Wes-Kaap, en van Zoeloeland.

Dr. Albert Hertzog, leier van die HNP tot en met 1977, skryf in sy boek, Oproep tot die Stryd, onder die opskrif, “Amerika se metodes om sy doel te bereik “:

“Om die seggenskap van die Afrikaner oor sy eie land af te takel en om die Witman uit te lewer aan daardie soort Swartes wat Amerika meen hy kan maklik hanteer en eksploiteer, gebruik Amerikaners elke moontlike metode:

Amerika is daarop uit om eers die hele suidelike Blanke Vestig (Suid-Afrika, Rhodesië, Mosambiek, Angola, en Suid-Wes Afrika) af te breek. Dan moet Suid-Afrika se eie grondgebied opgebreek word in losstaande onafhanklike staatjies wat Amerika altyd teen mekaar kan afspeel en opsteek en waarmee hy die Witman kan verlam en vernietig.

Om die gees en die trots van beide die Witman en die Swartman af te breek totdat geen van beide meer ‘n selftrots of geestelike krag besit nie, word elke ras se godsdiens en sy tradisies en eergevoel afgebreek en bespotlik gemaak. Daarom breek hulle apartheid af, daarom druk hulle Swart en Wit tussen mekaar in, in dieselfde grondgebied, teaters, hotelle en spanne op sportvelde.

En daarom tegelykertyd steek (hulle) tesame almal teen mekaar op: Wit teen Wit, Swart teen Wit en Swart teen Swart.”

Nou verstaan ons al bietjie beter waarom die manne met die geld witkruise laat plant.

Waarom haat hulle ons so?

Waarom wil die manne met die geld so graag die Afrikanervolk van sy land afkry? Die Afrikanervolk wat nog nooit enige bedreiging vir ander lande ingehou het nie, maar na goeie buurmanskap gestreef het?

Ds. GA Zuiderveld skryf in 1968:

“Wat is die agtergrond van die haat teen Suid-Afrika? Die binnelandse politiek van die nasionalistiese regering..? Absoluut nie. Dit is slegs ‘camouflage’ en bedrog… Sosialisme en kommunisme gee die toon aan, rooi agitators hits die volke om te breek met alles wat aan God en Christendom herinner… ‘n Volk met ‘n Christelike lewensbeskouing en Calvinistiese belydenis is ‘n gruwel in hul oë.

(Maar) weet u wat die ergernis van die rooi maghebbers in die wêreld teen Suid-Afrika nog meer opwek? Dat die Republiek so ontsaglik ryk is…”   

Hierdie pragtige land van ons is ryk aan begeerlike minerale… Ons weet nie eers regtig hoé ryk nie. Dit is rede genoeg om Suid-Afrika eers in die ongeluk te stort… en dan te kom ‘red’.

Die manne met die geld, soek altyd meer en meer.

So kyk ons nou met ander oë na die Witkruise in Amerika, en sien ons die KLUG ráák van ‘n Afriforum-Solidariteit en ‘n Lex Libertas wat Witkruise voor ‘n Amerikaanse gedenknaald plant – terwyl ons land onder ons voete uitgetrek word.

Hou vas en vertrou

Wat moet ons dan NOU doen?

Ons moet al stywer vashou aan ons Godgegewe erfgrond.

Moet ons nie maar ter wille van vrede en geluk laat los en laat gaan nie? Is ons nie besig om ons land te stel bo menselewens nie?

Nee, juis nie. Ons mense is hier geplaas DEUR God OM God te dien. God gee die lewe, die plek, die tyd en die rede daarvoor. En hierdie land is deur Hom aan ons gegee OM Hom daarin en daarmee te dien.

Daarom is hierdie land steeds óns land al is dit aan diewe en moordenaars oorhandig – Die manne met die geld kan net laat steel en moor sover as wat God dit toelaat.

NOU is die tyd om huis skoon te maak van afgode en eie wil. NOU is die tyd om te onthou van Vegkop, Bloedrivier, Majuba. NOU is die tyd om terug te keer na ons Calvinistiese wortels, en op God te vertrou.

Want  “…die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal (hulle) weer in ons hand gee…” (1 Sam. 17:47)

Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836 (27)

*27 dae voor ons Vegkopfees!

SILKAATS SE ONDERDUIMSHEID

As Matebele-koning het Mzilikazi (Silkaats) in Maart 1836 ‘n gesantskap Kaapstad toe gestuur en ‘n “vredesverbond” met die Britse Goewerneur Sir Benjamin D’Urban gesluit, waarvolgens hy beloof het om voortaan as ‘n “beskaafde vors” te regeer.
Intussen het sy spioene en bendes die gang van die waens en die groot troppe vee van die Voortrekkers dopgehou.
Silkaats was heeltemal op hoogte van die Groot Trek deur die Voortrekkers na die binneland.

JAGGESELSKAP ONDER LEIDING VAN STEPHANUS ERASMUS

‘n Jaggeselskap, onder leiding van Stephanus (SP) Erasmus, ‘n veldkornet van die wyk Kraairivier (huidige distrik Aliwal-Noord), was suidwaarts aan die terugkeer en het hul kamp ingerig nog sowat 5 uur te perd (±40km) vanaf die 2 groepe aan die Vaalrivier.
Erasmus was vergesel deur sy 3 seuns, Daniël, Pieter en Stephanus (jnr), Piet Bekker en seun, Carel Kruger en Jan Claassen.
By hulle was ook ‘n aantal kleurling-bediendes, 5 waens, 80 osse en 50 perde.

MATEBELE-AANVAL OP DIE ERASMUS-KAMP

Toe die Voortrekkers ver genoeg die binneland binnegetrek het, stuur Silkaats op 15 Augustus 1836 meer as ‘n 1000 impi’s uit onder leiding van Kalipi, een van sy 3 hoofindoenas (die ander 2 was Mkabalonta en Nkumbati), om die Trekkers “in sy jagveld op te eet”.
Op (nagenoeg) Maandag 22 Augustus 1836 het veldkornet Stephanus Erasmus se jagparty, soos hulle gewoonte was, vroeg oggend in 3 groepe uitgery in verskillende rigtings om te jag.
Die waens was onder toesig van sy gekleurde volk gelaat.
Piet Bekker en sy seun het tussen Matebele-impi’s wat in droeë gras geskuil het ingery, maar het betyds hul perde omgeruk en ontsnap.
Jan Claassen, wat nie ver van hulle af was nie, is egter nooit weer gesien nie.
Toe Stephanus Erasmus en sy seun Pieter teen die namiddag na hul kamp terugkeer merk hulle dat ‘n afdeling van sowat 600 skreeuende Matebele-vegters hul kamp omsingel het en besig was om die bediendes te vermoor.
Later is verneem dat Carel Kruger en Erasmus se 2 ander seuns, Daniel en Stephanus (jnr), sowel as ‘n aantal bediendes, deur Kalipi gevange geneem was (blykbaar om die waens en perde aan te dryf) en, oppad daarheen of na hul aankoms by Mosega, om die lewe gebring is.

Volgende…

VERSKEIE TREKGESELSKAPPE VESTIG HUL VOORLOPIG (28)

Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836

*28 dae voor ons Vegkopfees!

Gedurende die drie maande van Potgieter en sy reisgeselskap se afwesigheid het Trekkerfamilies in die Vrystaat en tot langs die Vaalrivier, waar wild volop en die weiding uitstekend was, rustig in klein groepies verspreid uitgespan.
Silkaats se gedugte Matebele-stam se hoofkraal was redelik ver noord-wes by Mosega en Kapain, in die omgewing van die huidige Zeerust.
Die wêreld lê oop, is onbewoon en daar is geen tekens van enige gevaar.
Twee trekgeselskappe het teen Julie 1836 die Vaalrivier deurgetrek en hulle aan die noordelike oewer gevestig.
Dié van Barend Liebenberg het bestaan uit 10 volwassenes en 28 kinders met 9 waens, wat hy naby aan ‘n koppie oorkant die Vaalrivier, ietwat noord-oos van die die huidige Parys, ingerig het. (Die koppie heet later Liebenbergkoppie / Moordkoppie)
‘n Aansienlik groter groep Voortrekkers, waaronder die families Botha (Johannes Petrus), Steyn (Hermanus), Hamman (Jacobus), Kruger (Daniel), Fourie (Stefanus) en Bronkhorst (Lucas), het hulself ook ten noorde van die Vaalrivier ingerig.
Hul staning was digby die drif waar hulle die Vaalrivier oorgesteek het (later bekend as Rensburgdrif), in ‘n oopte reg langs ‘n aantal koppies. (Die plaas heet vandag nog “Kopjeskraal” of Koppieskraal).
Die families van veldkornette Gerrit Bronkhorst, Christiaan Liebenberg en (moontlik) Sarel Cilliers, metgeselle van Hendrik Potgieter se verkenningstog, was ook by dié 2 trekgeselskappe ten noorde van Vaalrivier teenwoordig.

Volgende…

Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836 (29)

*29 dae voor ons Vegkopfees!

EKSPEDISIE NA LOUIS TRICHARDT EN HANS VAN RENSBURG
Op 25 Mei 1836 vertrek Potgieter en Cilliers en 9 ander burgers vanaf Vetrivier om met Louis Trichardt en Hans Van Rensburg kontak te maak, asook die binneland te verken.
Dit was met die verwagting om ‘n weg na die Portugese hawens aan die see te vind.
Die verkenningskommisie sou in drie maande 2400km te perd aflê.
Op 23 Junie 1836 kom hulle aan op Soutpan aan die westelike punt van die Soutpansberg, waar Louis Trichardt sy semi-permanente staning gehad het.
Daarvandaan het hulle ooswaarts gereis, ook om na die vermiste Van Rensburg-Trek te soek, deur die Limpopo-rivier die huidige Mosambiek binne.
Toe hulle op Portugeessprekende Swartes afkom wat op soek was na olifanttande vir skepe langs die ooskus hawens, was Potgieter en sy metgeselle tevrede dat die Portugese hawens bereik sou kon word.
Op 17 Augustus keer hulle vanaf Soutpan terug na hul gesinne in die huidige Vrystaat.
Hendrik Potgieter stuur sy broer, Hermanus, vooruit met die boodskap dat die Trekkers hom solank noordwaarts tegemoet moet trek.

Vegkopfees 2026

INLEIDING tot die Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836

Net soos die latere Slag van Bloedrivier het die Slag van Vegkop (Oktober 1836) ook ‘n tragiese voorgeskiedenis gehad. Waar ons Voortrekker-voorgeslag tydens die moorde by Bloukrans en Wenen geweldige verliese moes ly en smarte moes deurmaak, sou ook die Slag van Vegkop voorafgegaan word deur die tragiese gebeure van die Erasmus-kamp aanval en die Liebenbergmoorde net buite die huidige Parys.
In aanloop tot vanjaar se herdenking van die Slag van Vegkop, DV 9-11 Oktober by die Vegkopterrein 20 km. suid van Heilbron, deel die Vegkopfeeskomitee graag met u in die volgende 30 dae daagliks ‘n kort grepie uit dié besondere gebeure in ons volksgeskiedenis.

30 POTGIETER-TREK VAN GROOTRIVIER TOT VETRIVIER

29 EKSPEDISIE NA LOUIS TRICHARDT EN HANS VAN RENSBURG

Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836 (30)

*30 dae voor ons Vegkopfees!

POTGIETER-TREK VAN GROOTRIVIER TOT VETRIVIER
Die Trek van Andries Hendrik Potgieter met 30 waens het die Somerset/Cradock distrik (ook bekend as die Tarka) gedurende Januarie 1836 verlaat en steek Grootrivier (Oranjerivier) in Februarie 1836 oor.
Kort daarna sluit nog ‘n aantal families onder leiding van Sarel Arnoldus Cilliers (uit Colesberg) by die Potgietertrek aan.
Ook het veldkornette Christiaan Liebenberg (uit Graaff Reinet) en Gerrit Bronkhorst (uit Beaufort-Wes) met hul mense hul by Blesberg (Thaba Nchu), oos van die huidige Bloemfontein, met die Potgietertrek verenig.
Op ‘n vergadering word Hendrik Potgieter met algemene stem tot Kommandant verkies.
Daarvandaan is verder getrek tot aan die Vetrivier, naby die huidige Winburg, waar Potgieter die grondgebied tussen die Vet- en die Vaalriviere van die Bataung kaptein, Tawane/Makwana, by wyse van ‘n traktaat bekom. In ruil daarvoor bied hy aan dié goedgesinde stam beeste en toekomstige beskerming teen Mzilikazi (Silkaats)
Dié gebied sou Potgieter voortaan die “Geruilde Grond” noem.

Volgende Artikel… EKSPEDISIE NA LOUIS TRICHARDT EN HANS VAN RENSBURG

Afrikaanse Musiek in die Rewolusie

Musiek is ‘n wondergawe deur God aan die mens geskenk. Dit is ‘n manier waarop ons ons diepste hartsgevoelens kan uitbeeld in klank, selfs sonder om ‘n woord te sê. Ons kan intense blydskap, bitter woede, pynlike smart uitbeeld en sommer net prettig wees, ‘n klein babatjie aan die slaap sus en bykans elke moontlike emosie of gedagte uitbeeld deur middel van musiek. RENCIA DE VILLIERS kyk in hierdie artikel na die gevare van musiek wat aangewend word as rewolusionêre wapen.

Wat is Musiek?

My woordeboek sê: “Musiek is die kuns om aangename verbindings van klanke te maak waardeur in skone vorm aan gevoelens uiting gegee word”.
Met ander woorde, eerstens is dit “aangename” verbindings en tweedens ‘n “skone” vorm. Klanke moet dus mooi en rein wees om musiek te wees.
Ons lewe vandag in ‘n wêreld waar baie ander klanke egter as musiek deurgaan. Ons dink byvoorbeeld aan die oorverdowende kabaal wat gespeel word voor ‘n sportwedstryd. Die “musiek” waarna ons luister in die tandartsstoel, die klanke wat oor ons uitgegiet word in die supermark, op die skoolkonsert, in die haarsalon, op die TV. Kortom, dis omtrent al “musiek” wat ons hoor.
Ons noem dié soort musiek by ‘n verskeidenheid name: pop,’rave’, ‘rap’, ‘hip-hop’, ‘punk’, ‘techno’, ‘blues’, ‘songs’ en ‘Afrikaanse Rock’.
Ons noem dit ook Afrikaanse Musiek. Nou – ja, hulle sing miskien Afrikaans (as ons sou vergeet van al die Engelse en menigmaal growwe vloekwoorde tussenin) maar is dit musiek? Voldoen dit aan die definisie van musiek? Soms, maar meestal duidelik nie. Maar as dit dan nie musiek is nie, wat is hierdie klanke, waar kom dit vandaan en wat is die doel daarmee?

Musiek as wapen

Die meeste mense is seker reeds vertroud met Pavlov en sy eksperimente op honde. Ek herhaal nietemin kortliks die kernpunte om u geheues te verfris. Hierdie Russiese navorser het in die tyd van die groot kommunis, Lenin se regering, geëksperimenteer met die reaksie van honde op die ritmiese getik van ‘n metronoom.
Telkens wanneer hulle kos kry het die metronoom 120 slae/minuut geslaan. Toe hul daaraan gewoond was, is ‘n ander metronoom teen 60 slae/min gespeel wanneer hul nie kos kry nie. Hulle is dus gekondisioneer om speeksel af te skei as die metronoom vinnig loop en kos te weier as hy stadig tik. Pavlov het gemerk dat die honde nou baie verward raak as hy die metronoom teen 60 slae/min laat tik as hy hulle kos gee. Hy gaan toe ‘n treetjie verder en sit die twee metronome tegelykertyd aan en die resultaat is stuiptrekkings, oë wat omdop en algehele waansin. Dit alles net deur middel van ritme.
Lenin was vreeslik ingenome met hierdie resultaat en het dit begin toepas op sy slagoffers. Dit is verder ontwikkel en die effek geweldig versterk deur ligblitse by te voeg, gekorreleer met die ‘proefkonyne’ se normale polsslag. Absolute hipnose en kunsmatige neurose word so bewerk. Voeg nou hierby woorde waarmee ‘n sekere ideologie oorgedra word en die woorde bly steek by die luisteraar sonder dat hy/sy eers daarvan bewus is — dit word sy/haar ‘eie’ denke.
Asof al hierdie gekombineerde tegnologie nie genoeg is nie, kom daar nog ietsie uit Afrika by. Veral op die platteland hoor mens gereeld die dromme wat tot laat in die nag geslaan word in die lokasies. Dromslanery word gebruik tydens spiritualistiese aksies soos inisiasie-skole en om geeste op te roep. Hier kry mens ook die aanhoudende herhaling van dieselfde klank of woord wat vir ure aaneen geskree, gehuil of gegil word. Die deelnemers aan die ‘fees’ word deur die dromklanke en ge-“sing” van die vrouens in ‘n hipnotiese toestand gebring wat hulle in staat stel om byvoorbeeld vermoeienis of pyn beter te hanteer. Dit word genoem ‘Voodoo’.
Voeg nou Pavlov, psigedeliese flitsende ligte, ‘Voodoo’ en ‘n sanger of twee bymekaar en dié heksebrousel gee ons Popmusiek.
Dis darem om bietjie vinnig gevolgtrekkings te maak, sal sommige dalk sê. Kom ons gaan kyk of dit so vergesog is.

Elvis Presley

Ons begin maar met Elvis Presley — die held van miljoene, veral vroue. Soveel so dat vandag nog jaarliks op sy verjaarsdag spesiale optogte gehou en kranse gelê word. Wie was die man?
Hy is in 1935 gebore, nie so baie lank gelede nie. Sy promotors noem hom: “White Boy with Black hips, to introduce Black Music to America’s White Youth.” Elvis self het gesê: “The colored folks been singing it and playing it just like I’m doin’ now, man, for more years than I know. I got it from them.”
Die kenmerke van Presley se ‘musiek’ was:

  • Redelike sang met meesleurende liedjies.
  • Geweldige volume met flitsende (psigedeliese) ligte.
  • Suggestiewe bewegings wat op die verhoog uitgevoer word.
  • “Beat”, dit wil sê, ‘n oorverdowende ‘doef-doef’.
    Dit was genoeg om enige tiener histeries te laat. Elvis was ‘n deskundige daarin om die sondige drange na vore te bring en as suiwer genot, krag en energie voor te stel. Hy het selfs erken dat hy die bewegings gaan instudeer het by die neger-kunstenaars: dis bewegings wat gebruik is tydens hulle vrugbaarheids-afgodsfeeste!
    Wat het sy luisteraars uit sy konserte gekry? — Histerie en sinlike genot.
    Sy voorkoms? Nie te erg onaardig nie, veral aan die begin van sy loopbaan. Hy het gehou van stywe, blink klere gesny volgens ‘n prent wat ‘n voorstelling van Jesus Christus sou wees.
    Wat het hy gekry? — miljoene der miljoene dollars en hy kon sy ideologie uitdra.
    Wat was sy ideologie?
  • Wanorde en misdaad.
  • Satanisme. Hy verklaar “I always felt an unseen hand behind me”, en Gary Herman skryf in sy boek Rock and Roll Babylon dat Elvis “recognise the Devil’s part in his success”.
  • Vrye ‘liefde’.
  • Die “New Age”-gedagte. Elvis verklaar: “Someday in the near future we will see how the so called ministers of God react as they see their worn out ways and the whole ‘old age’ start crumbling. I can’t wait till this New Age comes…”
  • Vermenging.
    Wat is sy uiteinde? Selfvernietiging deur middel van sy eie ideologie en dwelms.

Beatles

Dan was daar die Beatles en die Rolling Stones — bekende name.
Minder bekend is die feit dat die Beatles hul ontstaan te danke het aan ‘n sekere groep skrywers, die Beatniks, wat ten doel gehad het die omverwerping van alle orde. Hulle was die destydse “vryheidsaktiviste”, stryders vir gelykheid oor kleur, ras en geloofsgrense heen.
Wikipedia beskryf die Beatniks as “the first oppositional culture”: “The counterculture of the 1960s refers to a period between 1960 and 1973 that began in the United States as a reaction against the conservative social norms…The term “beatnik” was applied to non-conformists…”
Hulle sê egter die volgende oor hulself: “We beatniks weren’t radical, we were just aware of the ridiculous standards in society…”
Wat was die kenmerke van die ‘musiek’ van die Beatles?

  • Geweldige volume en psigedeliese ligte.
  • ‘n “Beat” wat die aarde laat skud (Rock).
  • Suggestiewe insinuasies in hul liedjies.
  • Godslastering — veral John Lennon was baie uitgesproke oor sy ‘geloof’.
    Wat het hul daarmee bereik?
  • Hulle dra hul antichristelike, kommunistiese idees oor in die onderbewussyn van die jongmense en ander, ouer mense. (Een jong bewonderaar prewel: “As hulle van iets hou, hou jy ook skielik daarvan; gee hulle nie daarvoor om die, dan verfoei jy dit”).
  • Die “New Age” — “I believe we’re moving towards a new age in ideas and events… There is a young revolution in thought and manner about to take place.”
  • “Vrye liefde”: “vryheid” sonder perke in ‘n sogenaamde “nuwe wêreld”. Dink maar aan Lennon. Hy sê, na hy en sy vrou Yoko in die openbaar hul vuil lewe bedryf het: “It will be like the garden of Eden, a new Paradise for the youth of the Western World, because…” (en dan haal hy aan uit die Bybel) “En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hulle nie geskaam nie.” In wese verkondig hy dus dat as die mens in wellus en onwelvoeglikheid lewe, hy weer sondeloos sal wees. Christus en die sondeval word dus heeltemal verwerp.
  • Vermenging.
  • Propageer revolusie.
    En natuurlik die miljoene wat in hul geldkoffers land. Hul voorkoms? Vuil met stinkende, lang hare en stywe suggestiewe klere.
    Hulle uiteinde? Selfvernietiging deur middel van dwelms, drank en selfmoord.
    (Eienaardig genoeg kan mens deesdae oor ‘n bekende volksgerigte radio-stasie gereeld na die Beatles luister. Luister ‘n slag na die wóórde).

Ander popsangers

Kom ons dink aan nog ‘n populêre sanger van daardie tyd. Hy lyk nogal ordentlik, Neil Diamond.
Hy verwerf veral bekendheid met die komponering van die musiek vir die rolprent Jonathan Livingston Seagull— ‘n subtiele uitbeelding van die Oosterse godsdienste en transendentale meditasie. Hy laat geen twyfel oor sy beskouing van Christus nie. Op sy plaat “Top Root Manuscript” vergelyk hy Christus met ‘n swart vrou uit Afrika. Die woorde “When rhythm and blues lost (s)ensuality for me. I fell in love with a woman named gospel. We met secretly in the churches of harlem, and made love at revival meetings in mississippi. And loving her as I did, I found a great yearning to know of her roots, and I found them and they were in Africa, and they left me breathless.”
Neil Diamond was ‘n topverkoper in Suid-Afrika. Anton Goosen was die Huisgenoot se Tienerdebat skrywer in 1976. Hy skryf: “Dink jy aan die naam Neil Diamond, dink jy aan ‘n rits treffer deuntjies. Daar is Sweet Caroline, Crack’ling Rosie, Longfellow Serenade…” (Laasgenoemde handel oor meditasie). Neil Diamond het onlangs weer op die toneel verskyn. Hy hou konserte, skryf liedjies en loods liefdadigheidsaksies veral vir die ‘minderbevoorregtes’. Tans is daar ‘n uitstalling in die Grammy museum aan hom gewy.
Madonna het nie veel bekendstelling nodig nie. As uitgesproke Satanis en ook as ‘vryheids-aktivis’ is sy berug. Sy’s ook lief daarvoor om uit die Bybel aan te haal.
Sy is tans besig met die skryf van ‘n reeks kinderboeke, “The English Roses”— ‘n Boekresensie in die Guardian lees as volg: “Madonna’s kabbala teacher suggested she share her spiritual wisdom in books for children…”
Michael Jackson was onlangs hoofnuus as gevolg van sy skielike dood. Hy was ‘n Neger wat tog nie “wit” genoeg kon word nie en vermenging sterk gepropageer het. ‘n Beskrywing van ‘n Jackson-video lees as volg: “The Jackson Brothers appear as messianic spirits charged with leading people over the rainbow, into a better world. Floating above the earth like seraphs, the Jacksons begin to sing, and as they do all the people below — blacks, whites, and asians — join hands and see a vision of a peacock in the sky”.

Alternatiewe Afrikaanse musiek

Nou moet ons eers ‘n oomblik stilstaan. Die doel van hierdie artikel is nie om uit te wy oor die buitelandse kunstenaars nie, maar om die lyn deur te trek na eie bodem.
Is ons plaaslike kunstenaars anders? Het hulle ‘n ander doel voor oë? Gaan dit vir hulle bloot daaroor om musiek te maak? Kom ons noem ‘n paar bekende name: Koos Kombuis, Anton Goosen, Valiant Swart, Karen Zoid, Steve Hofmeyr, Jackie Louw, Chris Chameleon… Ons ken hulle. Hulle val nou nie noodwendig in almal se smaak nie, maar maak tog — darem — interessante, Afrikáánse musiek?
In Suid-Afrika het popmusiek op dieselfde tyd as in die buiteland sy opwagting gemaak, maar aanvanklik was die kunstenaars hier net bereid om in Engels te sing. Afrikaans was slegs geskik geag vir volksliedjies en kerksang. Dit het egter verander in die 1980’s.
Ek haal aan uit ‘n rubriek geskryf deur Theunis Engelbrecht: “Wat wel ‘n positiewe ontwikkeling in Afrikaanse musiek is, is die gebruik van al hoe meer uiteenlopende musiekstyle — van punk tot techno en psigedelies. En ook harde, industriële musiek, soos dié van Battery 9.” Waarop die skrywer hierdie musiek by die naam noem, naamlik “verstrooiingsmusiek”!
Klink dit nie baie soos Elvis en sy maters nie?
Nog ‘n persvrystelling van Dirk Uys op 20 September 2001 na aanleiding van ‘n beoogde Laserplaat naamlik “Vloek van die Kitaar”, lui: “Ek het besluit op die titel ‘Vloek van die Kitaar’ omdat dit die gebeure van die laaste 21 jaar die beste versinnebeeld. Die skrywer en sanger van hierdie apokaliptiese meesterstuk, Valiant Swart….” (Terloops: apokalipties dui op totale vernietiging en rewolusie.)
Die kunstenaars wat op Vloek van die Kitaar verskyn is Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Piet Botha, Bernoldus Niemand, Springbok Nude Girls, Beeskraal, Akkedis, Spinnekop, Battery 9, Brasse Vannie Kaap, Karen Zoid en Raaskopleef.
Die skrywer en van bogenoemde ‘kunstenaars’ was lid van die Voëlvry-beweging, ‘n uiters liberale organisasie, ook genoem “die Alternatiewe Afrikaanse Rockbeweging.” waarvan die primêre doel was “om te help om ‘n demokrasie in Suid Afrika te bewerkstellig”. Hierdie organisasie of groep was dus hoofsaaklik gemoeid daarmee om op die gebied van musiek in Suid-Afrika rewolusie tot stand te bring. “Ons het ons doel bereik…” aldus Dirk Uys. Die Voëlvry beweging het egter nie net uit musikante bestaan nie maar ook uit skrywers en digters. Herinner dit ons nie sterk aan die destydse Beatniks nie?
‘n Afvaardiging van die groep was nou betrokke by die aanvanklike samesprekings met die ANC, in Dakar — die sogenaamde ‘watervalberaad’. “Ek is na die Voëlvry toer deur IDASA (Instituut vir ‘n Demokratiese Alternatief vir Suid Afrika) aangestel om ‘n subversiewe Afrikaanse kunstefees te beplan en te organiseer. Die skielike ontbanning van verbode politieke partye en organisasies asook die vrylating van Mandela in Februarie 1990 het my projek oorbodig gemaak en ek kon kies om in die organisasie aan te bly of om te bedank en aan te gaan met my Rock ‘n Roll loopbaan.” Johannes Kerkorrel skryf later: “We are liberating the language. If you can make a language into rock and roll, it can’t be an oppresive language anymore. It’s got to be free. It’s just an African language like any other…”
Hulle is dus “bevryders”, “vryheidsvegters”, voorstanders van die New Age. Soos hul openlik erken: “Nie een van ons wil voorskriftelik wees nie — rock ‘n roll bots in elk geval direk met enige vorm van konvensie.”

Oor hulle verbintenis met die ANC spog Koos Kombuis: “…our contribution to their cause must not be underestimated, because at a crucial point in history we took from government its greatest power base, the youth.” En verder: “Die belangrike rol wat die Voëlvry-beweging as ‘n protesbeweging gespeel het, kan nie onderskat word nie. Dit het vernuwing in die Afrikaanse musiek wêreld gebring en baie van vandag se “jong” kunstenaars is in navolging van die Voëlvry-musikante.”

Die nuwe musiekhelde

Teen hierdie agtergrond kan ons nou gaan kyk na die hedendaagse’helde’ op die musiek/rock verhoog.
Steve Hofmeyr word voorgehou as dié Taalstryder, bevryder, na volgenswaardige voorbeeld, Christen ensovoorts. Nietemin is hy kort-kort in die nuus oor sy onsedelikheid, wandade en perversiteit.
Reeds in sy vroeë jare as akteur haal hy die nuus met sy betrokkenheid by “Joseph and his Amazing Technicolor Dreamcoat”.
Net so ‘n vinnige opmerking oor hierdie produksie. Die musiek is geskryf deur Andrew Lloyd Webber, wat ook die lirieke vir “Jesus Christ Superstar” geskryf het. Dit is luide, lawaaierige ‘Rock’ en bespot en verdraai die Bybelse geskiedenis van Josef. Sy broers kom byvoorbeeld by die paleis aan, suip hulself smoordronk en word getrakteer op skamel geklede danseresse. Jakob self is ‘n popsanger. Die grootste leuen word verkondig deurdat, volgens die produksie, Josef swig voor die verleiding van Potifar se vrou. Hy kruip agter haar aan soos ‘n honger hond, en toe hy gevang word, word hy in die tronk gegooi. Met die uitleg van die droom aan die koning sê Josef hoekom hy die droom kan uitlê: “Anybody can make it if they got a lucky break”.


Steve se soort kuns?

Hoe klink sy eie musiek?

  • Geweldige volume en psigedeliese ligte. ‘n “Beat” wat die aarde laat skud (ROCK).
  • Suggestiewe insinuasies in sy liedjies.
  • Godslastering — gaan maak gerus ‘n draai op sy webwerf.
    Wat bereik hy daarmee? Hy dra die antichristelike, kommunistiese idees oor aan die onderbewussyn van ons Afrikaner jong mense. Die New Age — ‘vryheid’ sonder perke in ‘n sogenaamde “nuwe wêreld”.
    Hy propageer rewolusie.
    Enige idee hoeveel Steve verdien met sy optredes? Sy voorkoms? Deurmekaar met hare punt in die wind, stywe onwelvoeglike klere. Is hy werklik ‘n taalstryder en volksheld?

Wie is Steve Hofmeyr se vriende?

Kurt Darren se bekendste liedjie is seker “Loslappie” — Hy is die voorbeeld en held van vele, veral vroue. Chris Chameleon (self ‘n popsanger van formaat en nou ook rubriekskrywer van die byvoegsel tot Beeld, By) skryf in Junie 2009: “Kurt Darren… die maatstaf waaraan enige Afrikaanse aspirant-musiekkunstenaar met platinum-drome homself kan meet… die koning van Afrikaanse pop, die Michael Jackson van Afrikanerklanke… “
Jakkie Louw, Jak de Priester, Amanda Strydom, Bok van Blerk…Noem maar op, hulle dra almal dieselfde ideologie oor. Wanorde,wellus, bandeloosheid, rewolusie, New Age.
Ek wil graag u aandag ook vestig op ‘n buitelandse kunstenares wat in Suid-Afrika baie gewild is en ook veral saam met Steve Hofmeyr sing: Dana Winner. Haar musiek het nogal mooi wysies en getuig van goeie sang. Baie van ons ouer mense vind haar musiek aangenaam.

Maar hoor wat sing sy: Een van die snitte op haar CD: “In love with you” se woorde is as volg: “I know a grand new age is dawning… Follow your star till rainbows unfold and we’ll (be) one under the sun, one, till the end of the road. Mother Nature will help us, let her smile upon us…”
Dieselfde ideologie? Verseker.
Ten slotte kyk ons na wat die ‘ouer Afrikaanse sangers’ te sê het oor die ‘nuwe generasie’ sangers: Ek haal vir Koos Kombuis aan:
“Soos destyds met Voëlvry, het die beweging ‘n spokesman; ja, dit is die ietwat verbaasde, gekneusde, teësinnige gesig van Bok van Blerk wat nou ons tydskrifvoorblaaie versier. Soos Kerkorrel destyds… Luister na Bok van Blerk. Luister na die stem van die jeug. Hier kom iets groter… as die klein groepie drug addicts van Voëlvry… Ek is bevoorreg om dit te kan sien gebeur. En ek is nog jonk van gees en kinderlik genoeg om te glo …dat ons nog op pad is na die Beloofde land.”

En dan sluit hy af met: “Amen, ja, kom, Azania.”

Slotsom

Ons sien dus dat rock-musiek nie sommer net ‘n nuwe, lekker, loslyf styl is nie maar met ‘n doel ontwikkel is, naamlik die vernietiging van alle orde om ‘n sg. New Age daar te stel. Waar daar geen grense, geen bande, geen beperkings is nie.

“Wat dring en dryf die wilde heidendom,
dat volke raas in opgewondenheid?
Gedugte konings staan gereed alom,
en wêreldgrotes raadslaag vir die stryd,
om God almagtig na die kroon te steek
en saam teen sy Gesalfde op te staan.
Hul sê: “Kom nou, laat ons hul bande breek
en van hul juk vir altyd ons ontslaan!”

Psalm 2 (soos berym deur Totius

Eenvoudig gestel is die duiwel se plan dus om juis ons (en veral die jeug) wat interessante, opwindende nuwe Afrikaanse musiek soek om na te luister, te gebruik om God subtiel te laster, en die ‘bande’ te ‘breek’.

Kyk maar net rondom ons:

  • Snaakse haarstyle wat punt in die wind te staan (wanorde).
  • Te stywe, nousluitende klere (mans en meisies) om immoraliteit te verkondig as reg en die geslagverskille te laat verdwyn.
  • Suiwer taalgebruik is uit die mode en vloekwoorde is nou aanvaarbaar as ‘beskrywende taal’.

Laat ons hier en nou besluit om ons nie te laat gebruik om die New Age te propageer nie. Ons sal nie toelaat dat ander mense van ons swape en harlekyne maak nie, of ons inspan vir hul rewolusionêre doel nie, maar ons lewe rig volgens die Bybelse rigsnoer van Psalm 119:9: “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.”

Waarna moet ons dus soek? Na die suiwer en rein verbindings van klanke, waardeur in skone vorm aan ons gevoelens uiting gegee kan word.

Vegkop Herdenkings Feesprogram 9 – 11 Oktober 2026

Kom gedenk God se wonderdade in ons geskiedenis en put inspirasie uit die moed, durf en deursettingsvermoë van ons voorgeslagte. Vanjaar se herdenkingsfees beloof om elke feesganger te verryk, toe te rus en te besiel vir die stryd waarin ons volk tans gewikkel is. .

Vrydag 9 Oktober 2026

Begin Tydsduur Items
Vanaf 09:00 Aankoms en registrasie van kampgangers,
Kamp opslaan en opslaan van stalletjies
11:00 30 min Feesopening – Verwelkoming en vlaghysing by monument
11:30 Stalletjies open

12:00 40 min Sweepdemonstrasie
13:00 Middagete elk vir homself
15:00 90 min Speletjies (Boeresport en piekniekspele) op die gras
17:00 20 min Vlagstryking met aandgodsdiens by monument
17:30 60 min Aandete – Bring en braai (Ons gee bykosse)
18:30 80 min Volkspele – In saal – kort demonstrasie en saamspeel
20:00 90 min Geskiedenisvasvra – In saal
22:00 Gaan slaap

Saterdag 10 Oktober 2026

Tyd Duur Items
07:00 30 min Oggendgodsdiens en Vlaghysing – by die monument
08:00 Ontbyt – elkeen self en Stalletjies open
09:00 40 min Geskiedenis Vertelling 1 – Dr Jacky Grobler. Agtergrond, Aanloop en Heldegeskiedenis – In die saal
10:30 30 min Klim Vegkop
11:00 20 min Geskiedenis Vertelling 2 Verloop van die Slag van Vegkop – Op die koppie
13:00 Middagete elk vir homself
14:15 75 min Boeresport vir jonk en oud – Kompetisie items
15:45 60 min Kanon en Voorlaaier demonstrasies en meer
17:00 30 min Vlagstryking met Aandgodsdiens – by monument
17:30 75 min Tablo – Die betekenis en Boodskap van Vegkop
19:00 30 min Prysuitdeling – Skryf, vasvra en boeresport kompetisies
19:30 Aandete – Potjiekos met bykosse – (Kaartjies) of eie ete
21:00 Kuier om die vuur met volksang en volkskultuur
23:00 Gaan slaap

Sondag 11 Oktober 2026

Tyd Duur Items
07:30 30 min Psalms sing – in die saal
08:30 Ontbyt – elkeen self
09:30 60 min Erediens – in die saal
11:00 Groet, oppak, nog kuier…

ANB Oproep is steeds: Bly weg van die regime se verkiesings!

31 Julie 2026

Nie-stemmers word gereeld daarvan beskuldig dat ’n wegbly-stem ’n stem vir die ANC is. Maar na die verkiesing vorm die DA, die VF+ ook maar net op dieselfde wys koalisies met die DA, die ANC en die EFF, sonder beginselbesware.

Hoekom sou hulle dit kan doen? Die rede is eenvoudig. Mense wat aan verkiesings
deelneem ondersteun die grondwet.

Daardie kandidaat wat ingestem word in die munisipaliteit moet ’n eed van getrouheid aflê aan hierdie regering se grondwet. Die grondwet stel die mens se regte as die hoogste gesag in plaas van God se woord. Die grondwet stel verder God drie-enig gelyk aan al die afgode, en erken nie Christus as die enigste ware God nie. Daardie grondwet verklaar dat die land eintlik die eiendom van die swartman is en dat ons onregmatig die grond bekom het. Dat ons dan ook darem iewers ‘n “skynbare” selfbeskikking op ’n kolletjie in Suid-Afrika kan kry waarna ons dan al die “onwettig” bekome grond “teruggee”. Sodat ons in ’n reservaat kan gaan bly waar ons na onsself sou kan kyk.

Om ’n eed af te lê, roep jy God in as getuie dat jy die waarheid praat, terwyl die grondwet God se gesag ontken, God laster deur Hom gelyk te stel aan die afgode en die leun oor die eienaarskap van die land verkondig. Mag ‘n ware Christen dit doen? Sekerlik nie.

Staan vas by die verwerping van die verraad van 1994!

Verder as u deelneem, erken u ook dat oorgawe van FW de Klerk en kie aan ’n een mens
een stem regime, soos deur die Afrikaner volk se vyande bepleit is in 1994, ook maar reg was…

Maar, nee! Staan vas Afrikaner, by u reg – ons is die wettige eienaars van hierdie land. En ‘n beduidende aantal van ons volk het daardie reg gestand gedoen deur sedert 1994 nie aan hierdie mengelmoes-verkiesings deel te neem nie. Daardeur is ons volk se weiering om hierdie verraad te erken of daarin op te gaan, bevestig. Wees trots op u erfenis en oefen steeds die reg uit om NEE te sê. NEE vir hierdie bedeling. NEE vir veelrassige regering oor ons eiendom. NEE vir die meelopers wat ons land weggegee het. NEE vir die uitbring van ‘n stem in die regime se verkiesings.

Ons weier om as ‘n klein minderheidsvolkie geklassifiseer te word. Ons is ‘n trotse volk in eie reg, ‘n volk met ‘n roemryke verlede en, met God’s genade, ‘n blink toekoms in Blank Suid-Afrika! Ons sal nie as volk in getalle getel word nie, nee, ons word geweeg deur ons bestaansreg as volk wat deur God in aansyn geroep is. As trotse eienaars van die land waar Hy ons ingelei en ons toegelaat het om die land te tem en aan die elemente te ontworstel. Daarop berus ons reg om terug te wen wat deur verraad van ons weggesteel is!

Die pad vorentoe…

Ten spyte die roeringe van die waters deur magte in die wêreld, sien ons verder. Ons hoop bly op ‘n beter toekoms wat na hierdie lewe kom. Maar ons roeping bly in die lewe om ons bes te doen om ons vryheid te herwin om net een rede, en dit is om God na die beste van ons vermoë te dien binne die struktuur van gesin, gemeente, Afrikanervolk. Dit sal ‘n blywende stryd wees, maar ons krag daartoe is van buite onsself. Dit word aangevuur deur geloof in God, die sekerheid van ons roeping en gedryf deur liefde vir die bewaring en uitbou van ons Godgegewe erfenis. Dit is die Christelike Nasionalisme.

“Ons Volk moet kies. As die liberalisme reg is, volg hom na. Gooi dan die deure van u land ope vir wie wil binnekom, blank en gekleurd en maak van u land ‘n markplein vir die wêreld in plaas van ‘n tehuis vir u kinders. Doen dan weg met alle rasse – en kleurskeidslyne – in die kerk, in die skole, in die parlement, by die stembus, op die treine en trems en in u huise en aan u tafels. Roep Suid-Afrika dan op om hom af te keer van sy dwaalweg en om in naam van reg en geregtigheid terug te gaan op sy eie besoedelde voetspore, maar, as die liberalisme verkeerd is, verwerp hom NOU! Beskerm dan met vaste hand u Blanke ras en u blanke beskawing met al die nodige maatreëls wat u Blanke voogdyskap van u eis en u doelbewuste bestemming u toe verplig” Dr. D.F. Malan (NP Kongres 1948)

Amptelike verklaring deur die Afrikaner Nasionalistiese Beweging se Dagbestuur

16 Junie 1900. Konsentrasiekamp-dag.Twee kampe. Twee uitkomste.

deur CJH Vorster

Vandag, op 16 Junie 2026, gedenk ons weer die bitter lyding en dood van 34 000 vroue, kinders en bejaardes – in Britse moordkampe – tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1900-1902).

Waarom dié datum? Want op hierdie dag, in 1900, is die beleid van verskroeide aarde amptelik deur Lord Roberts geproklameer.
Dit was egter hoegenaamd nie die begin daarvan nie. Britse oorlogsbesluite is van die begin af deur Britse proklamasies afgekondig. En plase is van die begin af gebrand, en eiendom na willekeur vernietig.
Proklamasies was egter ‘n belangrike Britse sielkundige wapen. In sy boek, Vryheidstryd van die Afrikaner Vanaf Volksplanting tot Volksversaking, skryf Pieter Möller: “…Enersyds is dit as geelwortel voorgehou dat sagkens met die burgers gewerk sou word, indien hulle daarop reageer en oorgee. Andersyds is dit as afdreiging teen die halstarrige burgers, wat nie wou oorgee nie, gebruik.”

So meld die geskiedenisboeke ‘n rits proklamasies – elk met interessante gevolg, waarvan die duidelikste egter: die skeur in die Volk tussen ‘hensoppers’ en ‘joiners’ (moedeloses en verraaiers) aan die een kant, en ‘undesirable’s’ (bittereinders en getroues) aan die ander kant.

Proklamasie op proklamasie…

Proklamasie 17 Februarie 1900 – Vrystaatse burgers moet ophou om vyandelik teen Britse troepe op te tree, dan sal hul eiendom gerespekteer word. Teen dié wat vyandigheid voortsit, of aan strydende mede-burgers hulpmiddele of inligting verskaf, sal volgens oorlogsgebruik opgetree word. Britse troepe word verbied om private woonhuise te betree, burgerlikes te molesteer of eiendom te beskadig.
Gevolg: Pres. Kruger en Steyn bring onder Lord Roberts se aandag, dat Britse troepe steeds aanhou om burgerlikes (grotendeels vroue en kinders) te molesteer, hele veetroppe se hakskeensenings af te kap, werfdiere dood te kap, huise af te brand en plaasgeboue op te blaas. Verslag word ingedien dat baie van hierdie verwoestende bendes bestaan uit gewapende gekleurde troepe, onder bevel van Britse offisiere en National Scouts (Boereverraaiers) – soos bevestig deur privaat en oorlogs-korrespondensie. Nogtans word dit deur Lord Roberts ontken.
Die meerderheid Boere hou aan met veg.

Proklamasie 15 Maart 1900 – Dié burgers wat oorgee (Boere-offisiere en dié wat hulle “skuldig gemaak het” aan geweld teen Britse uitgesluit) sal Britse beskerming geniet. Burgers wat wapen neerlê, en met ‘n beëdigde verklaring onderneem om geen verdere aandeel in die oorlog te hê nie, sal van ‘n pas voorsien word om na sy woning terug te keer. Hy sal sy eiendom behou en nie krygsgevange geneem word nie.
Gevolg: Sommige moedelose burgers keer huiswaarts. Tot hul onthutsing ondervind hulle gou dat Lord Roberts hom nie aan sy beloftes steur nie. Plase word links en regs vernietig sonder onderskeid tussen vegtende burgers, neutrale burgers, krygsgevange burgers, gesneuwelde burgers en selfs weduwees (soos bevestig deur genl. De la Rey aan pres. Kruger). Ook neem die huissitters se vrouens hulle erg kwalik dat hulle sommer die stryd laat vaar het. Baie burgers keer terug na die kommando.

Proklamasie Junie 1900 – Alle Vrystaatse burgers wat nie uit die stryd wil tree nie, is voortaan verklaarde rebelle teen haar Majesteit. Plaaswonings in die nabyheid van plekke waar burgers spoorlyne en brûe opblaas, of aan telegraafdrade peuter, sal afgebrand word en die burgerlikes krygsgevange geneem word. Mense wat nie die aanwesigheid en bewegings van gewapende Boere-kommando’s aan die Engelse rapporteer nie, se vee sal gekonfiskeer word en hul wonings afgebrand word.
Gevolg: Die verwoesting neem drasties toe. Vroue, kinders en bejaardes word gedwing om te vlug, en hulpbehoewend gelaat.

Proklamasie 9 Julie 1900 – Krugersdorp-distrik se burgers word aangesê om voor 20 Julie oor te gee en ‘n eed van neutraliteit af te lê, by gebreke waarvan al hulle voorrade gekonfiskeer sal word. Dergelike kennisgewings volg in ander distrikte.
Gevolg: Lord Roberts word verplig om gesinne van sommige vegtende burgers wat “in nooddruf verkeer”, “onder versorging” te stel van die Engelse magte. Sodanige haweloses word, teen hulle sin, geskuif na ‘n omheinde area by Mafeking, die eerste kamp vir burgerlikes. Daar ontstaan nog so ‘n kamp, by Krugersdorp, en daarna ander kampe – meeste waarvan spoedig ontwikkel tot volwaardige moord-kampe.

Proklamasie 14 Augustus 1900 – Lord Roberts se valse beloftes word herhaal.
Gevolg: Nog meer hensoppers daag met hul vee en los besittings by die Britte op, hopende op beskerming. Om hulle te probeer huisves word vlugtelingkampe ingerig by Pretoria en Bloemfontein.
Nou is daar duidelik twee soorte in die sg. “refugee”-kampe. Die wat daar is omdat hulle daar wil wees, en die wat teen hulle sin daarheen geneem word. En daar word duidelik onderskeid getref in behandeling.
Eersgenoemde geniet voordele (selfs kamp-aanstellings en betaling) en besliste voordele as dit kom by rantsoene.
Laasgenoemde kry skaars genoeg om van te lewe. Na hulle word verwys as die “undesirables” (ongewenstes), want hulle mans, vaders en broers durf teen die Engelse aanhou veg.
Hierdie ongewenstes durf geen aanspraak maak op menslike behandeling nie. Vrot vleis, suiker besoedel met blouvitrioel en gemaalde glas, bitter klein meelrantsoen, en afgewaterde melk is hul daaglikse lot. Winkel toe kan hul nie gaan nie, want selfs al het hulle ‘n paar weggesteekte ponde, word hul nie toegelaat om die kamp te verlaat nie.
Bitter min gesinne beskik oor meubeltjies, en kookgeriewe is bitter armoedig. Ablusie? ‘n Sloot in die oopte. Behuising? Witseil kloktente, wat bitter min skuiling bied teen haelstorms, bitter winterkoue, stofstorms en skroeiende somerson. Dit blyk dan ook dat kampe opgerig word op terrein met die minste kans op beskutting. Klipperig, ver van skoon water, op die oop vlakte, selfs in moerasgebied…
Tog, vanuit hierdie kampe van verskrikking, waar die dood weldra sy bitter tol eis, stuur die dapper vroue briewe van aanmoediging aan hul mans in die veld. En die bittereinders sit die oorlog voort.

Proklamasie 24 September 1900 – Burgers wat vrywillig hul wapens neerlê, sal nie oorsee gestuur sal word nie, maar in Suid-Afrika geïnterneer word.
Gevolg: Ook hierdie belofte word nie gehou nie. Krygsgevanenes word sonder onderskeid in groot getalle verskeep na Ceylon, Indië, St Helena en Bermuda. Desondanks hou die vroue op die plase steeds aan om, so goed hul maar kan, die burgers te velde te ondersteun.
Lord Roberts gee opdrag dat Britse soldate alle voorrade van vegtende burgers vernietig – dit beteken alle vee, boorde, tuine, landerye, waens en voedsel op die plase, en indien nodig, ook die huise. Verskroeide aarde…

20 Desember 1900 – Lord Kitchener volg Lord Roberts op, en beloof weereens aan burgers wat gehoor gee aan Britse opdragte, beskerming van hul eiendom.
Gevolg: Die bittereinders lag dit af as tekens van Britse militêre onmag en noem dit spottend – ‘n “papierbom”. Teen die tyd weet hulle wat om te dink van die Britse “woord van eer”. Sommige burgers egter, oorweeg oorgawe.

Die Boere swyg nie. Teen-proklamasies word uitgevaardig.

As Lord Roberts op 24 Maart 1900 die Oranje Vrystaat tot Britse gebied verklaar, vaardig Pres. Steyn nog op dieselfde dag ‘n teenproklamasie uit waarin hy beswaar aanteken teen die optrede van Lord Roberts en opnuut bevestig: Die Stryd Duur Voort!
So klink ook Pres. Kruger se teenproklamasie, as Lord Robert die ZAR op 1 September 1900 annekseer: Ons gee nie oor nie!
So ook, beveel die regerings van die Boere Republieke dat dié burgers wat oorgee of die vyand help, se roerende eiendom verbeurd verklaar sal word (met voorwaarde dat, in geval van beslaglegging op eiendom, daar genoeg lewensmiddele vir die onderhoud van die vroue en kinders gelaat sal word).
En so… meld daar nog ‘n getal joiners en hensoppers, hulle met al hulle roerende besittings by die Engelse ”refugee”-kampe aan.
Vir hulle is dit geen vreemde besluit om beskerming te soek by juis dié wat hul volk se ondergang bewerk om hul minerale-rykdom te kan steel nie.

……………………………….

Vandag weer – twee kampe, twee uitkomste.

Die Vrede van Vereeniging het geen vrede gebring nie. Die vyande van ons volk het nooit opgehou werk nie. Britse, Joodse en Amerikaanse agente werk al dekades lank om die Republiek van Suid-Afrika se ondergang te bewerk. Met subtiele propganda-veldtogte word ontevredenheid onder die swart massas bewerk en chaos aangeblaas.
Die Afrikaner word swartgesmeer en gedemoraliseer totdat hy uiteindelik self glo dat hy ‘n onregmatige inwoner is in sy eie land.

Nou word hy ‘hulp’ aangebied deur die einste entiteite wat sy ondergang bewerk. Hy word belowe: As hy sy land oorgee, verlaat, sal hy fisiese en ekonomiese voordeel daaruit trek. Vryheid en vrede, selfs voorspoed, sal sy deel wees.
Niemand sal hom verkwalik vir wat in sy land aangaan nie. Oor familie en vriende, wat nog hul land as besitting probeer behou, hoef hy hom nie verder te kwel nie. As hulle kies om bloed te laat vir wat hul glo, laat hulle.

In die oë van die wêreld het die Bittereinder met die Tweede Vryheidsoorlog ALLES verloor – geliefdes, eiendom, lewensmoontlikheid, vryheid – teenoor die ‘nugtere’ hensoper en joiner, wat oënskynlik, ekonomies soveel behou het. En in die oë van die wereld gaan die Bittereinder weer ALLES verloor en die vlugteling en verraaier ten minste sy kans op ekonomiese en fisiese oorlewing kry – dalk ‘n duur prys om te betaal, maar betaalbaar.

Hulle maak ‘n fout.

Die soort ‘vryheid en voorspoed’ wat deur vlug of te verraai beding word, kom teen ‘n baie duurder prys as wat die vlugteling of verraaier, ooit kan besef. Dit kos hom nie bloot die afgee van minerale-rykdomme en sy kinders se regmatige erfgrond nie.

Dit kos hom sy volk.

Voortaan sal hy homself nie meer tuis voel in sy eie vel nie. Boer is hy nie meer nie. Afrikaner kan hy homself nie noem nie. Hy is iemand, iewers tussenin. Dit kos hom… wie hy is.

En dit kos hom sy vrede.

Tot hierdie bitter besef moes die hensoppers (en joiners) kom.
En tot hierdie besef sal die hensoppers vandag weer kom – dit is in werklikheid die ‘fanatiese’ bittereinder wat ALLES behou wat die moeite werd is: sy geloof, sy selfrespek, en sy volle identiteit as Boere-Afrikaner.
Die bittereinder het vrede met homself want hy het vrede met sy God.

Twee kampe. Twee uitkomste.
Een geskiedenis – wat nooit weer uitgewis kan word nie.