Author Archives: HoofANBredakteur

Witkruise in Amerika… vir wat?

Teen ‘n heuwel langs die N1, noord van Potgietersrus, staan by die 3000 wit kruise, in kruisvorm gerangskik. Hier gedenk volksgenote in September die gruwelike moord op familie, vriende, kennisse, mede-volksgenote. Elke jaar bring hulle perde, vlae, bitter hartseer verhale en nog wit kruise. Want elke jaar sterf nóg onskuldiges. 

Dit is ‘n diep emosionele ervaring – een van hartseer en woede, pyn en verontwaardiging …en ook van wanhoop. Want agter die geslote gesigte van volksmense wat daar by die kruise staan, heers ‘n stille radeloosheid.

Hulle voel in die steek gelaat – deur ‘die regering’, deur die polisie, deur almal. En hulle soek na uitkoms – enigiets wat die wrede aanslag sal beëindig.   

Maar kom ons staan ‘n oomblik terug en bekyk die aanslag in geheel.  

Wat is werklik besig om te gebeur?

 Saadbedding voorberei

Suid-Afrika is soos ‘n saadbedding – reg vir die ‘saadjies’ om gesaai te word, met die oog op ‘n ryke ‘oes’. Die tuiniers? Dit is die manne met die geld – manipuleerders, met ‘n sinistere doelwit. Hul modus operandi? Skep die probleem, en bring dan die ‘oplossing’. Húlle ‘oplossing’. Want ‘n volk wat dink hy verdrink, gryp na enige strooihalm.     

In kort:

1.           Spit uit. Ruk ‘n volk tot stilstand – ‘n edel staatsman vermoor, sy naam (en ander) se naam besmeer, sy goeie beleid verdraai en verraai, wit en swart verarm en gefrustreer.  

2.           Gooi gif. Bring die dood – jong seuns sterf op die landsgrens, stedelike terreur, stygende inflasie, swart-op-swart geweld, wit op swart -geweld, druk vir ‘hervorming’ dmv  propaganda op tv, verhoog, in koerante.   

3.           Gooi Kunsmis. Oorrompel met spoed – onwettige verkiesing, onwettige regime in naam van “vryheid”: gedwonge integrasie, toenemende wanorde, snel-groeiende misdaadbende-bedryf, wankelende ekonomie,  dreigende hongersnood, gru-moorde op witman, -vrou en -kind op plase, in dorpe, stede, oral.  

4.           Gooi water. Verdrink ‘n volk met skuldgevoel – verkondig verdraaide geskiedenis,  oorlaai met beskuldigings: Julle het… julle moes nie… julle verdien… “reverse-apartheid”. Wrywing en onmin tussen wit en swart.   

5.           Gooi saad. Die ‘oplossing’: begin oor – Trek, buiteland, Orania of Wes-Kaap toe! Trump, ons redder! Die res? Hou maar vir Suid-Afrika en vat julle Trump-pakslae. Moenie kla nie.

6.           Samel die oes in. Watter oes? Ons kom daarby.

Vakbonde en organisasies

Solidariteit, Afriforum ( en Lex Libertas) staan bekend daarvoor dat hulle in die bresse tree vir die verdrukte. As oor hulle gepraat word, hoor mens altyd: Hulle doen ten minste iets.

Toe hierdie vakbonde gestig is, was die boodskap dat dit gaan om die regte van die witman, die Afrikaner. Maar kwalifiseer die rasegte Afrikaner, wat sy eie volk, land, taal, kultuur en geskiedenis lief het vir hulp? 

Dit wil dit al meer lyk of die ‘Afrikaners in nood’ wat hulp ontvang, eintlik maar net mense is wat min of meer Afrikaans praat, en nie die Afrikaner nie.

Ernst Roets het in 2019 op die Afriforum webtuiste geskryf: “The ideology of white nationalism is one that should be both exposed and opposed. (It) essentially boils down to promoting the interests of white people, because they are white… AfriForum has always rejected and will always reject the ideology of white nationalism.”

Liefde vir jou eie (mense, land, volk, taal) eerste? Nee. Nooit. Nie vir Afriforum nie. En ook nie vir Ernst Roets, of Lex Libertas nie.

En in ‘n onderhoud met Hanlie Retief openlik verklaar dat hy ‘n “weersin in apartheid” het. So het hy ook by verskeie geleenthede gesê, dat witmans-eiendom ‘terug’ gegee moet word aan die sogenaamde swart verontregtes, om die “injustices” van die verlede reg te stel.

Aktiviste

Terwyl Roets nog ‘n groot Afriforum- voorman was, het die vakbond ‘n saak gemaak teen ‘n bekende swart aktivis, omdat sy ‘liedjie’ plaasmoorde aanhits. Nou word deur Roets se Lex Libertas, én Afriforum/Solidariteit, ‘n internasionale bewusmakings-aksie teen ‘plaasmoorde’ geloods.

Waarvoor en vir wat?

Hoe ontpop Roets nou as ‘n aktivis teen plaasmoorde? Ja, hy noem homself, ook in die   onderhoud met Hanlie Retief, ‘n gebore aktivis. Tog verkondig hy dieselfde propaganda as swart aktiviste, oor ‘injustices’, apartheid, ‘white nationalism’, en ‘land reform’.   

Verskil hy regtig met swart aktiviste wat maar net d.m.v. plaasmoorde die ‘injustices’ van die verlede probeer regstel? Volgens sy verklarings is hy immers van dieselfde opinie – ‘n veer aan ‘n vlerk van dieselfde voël?      

Wat moet ons dink van die Amerika Witkruis-projek? Waarom voel dit asof sommiges  besig is om agter hul hande te lag vir die hartseer van ons volksmense? Wie maak misbruik van ons pyn?  

Amerika, kom red ons!

Toe Trump “die Afrikaners” uitgenooi het om na Amerika te vlug, het Afriforum en Roets vir almal vertel dat die Afrikaner wil bly. Maar intussen het hulle lang stukke met Trump gaan gesels oor hulp vir die verdruktes in Suid-Afrika. En ons weet dat Trump net ‘hulp’ sal gee op sy eie voorwaardes.

Die storie lui dat Amerika (en die res van die wêreld) nie ‘n benul gehad het van wat in Suid-Afrika aan die gang is nie, en dat ons daarom baie dankbaar moet wees dat die waarheid nou uitkom.  

Maar die teenoorgestelde is waar. Die Amerikaanse regering is lankal besig met inmenging in die RSA se sake – meestal deur middel van die Coun_cil for Fo_reig n Rel at_ions (C F R), die C I A, Die A A I (Africa – American Institute) en ‘n organisasie genaamd U S S A L E P (Unites States – South Africa Leader Exchange Program).

Hierdie feite was reeds in die 1960’s bekend, en kort voor sy dood nog, het Dr Verwoerd  gesê: “Hierdie ding moet gebreek word!” Maar nadat hy vermoor is, het John Vorster  toestemming gegee dat Amerika met sy ‘hervorming’-inmenging mag voortgaan. So is daar dan agter geslote deure, besluit op metodes om Suid-Afrika se beleid van goeie buurmanskap, te vernietig.

Wie sorg vir die fondse?

Reuse somme geld is al gespandeer om swartmense op te rui, en witmense te ‘reform’.  Ons praat van ‘leeskamers’ in Soweto (vol opruiende lektuur), swart “bevrydings”-organisasies (dws teroriste), voorbarige Amerikaanse raadgewers (veral Henry Kis_sin_ger was ‘n gereelde besoeker)…   

Volgens die Citizen se verslag was meeste van die U ssalep-fondse vanaf die Rock_ef_eller en Ford F_oun_dat_ion. So is glo ook mildelik bygedra, deur geldmanne in Suid-Afrika: De_Beers, An_glo_Ame_rican, Ar_gus, SA Breweries, Re_mbr_andt, Die NG-Kerk, Rhodes Universiteit en Stellenbosch Universiteit en ene mnr Herrie Oppe_nhe_imer.   

Wat van vandag? Wie sorg vir die fondse? Aktiviste betaal beslis nie verhoog-, reis- en projek-onkostes uit eie sak nie. En hul bankrekeninge groei nie van donasies deur swart of wit verontregtes nie. Die wat hul beywer vir die “regstelling” van sogenaamde “onregte van die verlede” gepleeg deur ‘die Afrikaners’, regs of links, se fondse kom hoogs moontlik van dieselfde bron.     

Opsny en afskei

Die VSA, het dus reeds in dr Verwoerd se tyd ‘n plan help optrek waarvolgens Suid-Afrika in stukke opgedeel en uitgedeel gaan word. Reservate, Balkanstate, Volkstate – noem dit wat jy wil. Die propagering van Wes-Kaap, Zoeloeland  en Orania begin sin maak. (En let maar op na wié dit propageer.)

Hoor wat skryf Dr. Albert Hertzog, eerste leier van die HNP, in sy boek, Oproep tot die Stryd, onder die opskrif: Amerika se metodes om sy doel te bereik .

“Om die seggenskap van die Afrikaner oor sy eie land af te takel en om die Witman uit te lewer aan daardie soort Swartes wat Amerika meen hy kan maklik hanteer en eksploiteer, gebruik Amerikaners elke moontlike metode:

Amerika is daarop uit om eers die hele suidelike Blanke Vesting (Suid-Afrika, Rhodesië, Mosambiek, Angola, en Suid-Wes Afrika) af te breek. Dan moet Suid-Afrika se eie grondgebied opgebreek word in losstaande onafhanklike staatjies wat Amerika altyd teen mekaar kan afspeel en opsteek en waarmee hy die Witman kan verlam en vernietig.

Om die gees en die trots van beide die Witman en die Swartman af te breek totdat geen van beide meer ‘n selftrots of geestelike krag besit nie, word elke ras se godsdiens en sy tradisies en eergevoel afgebreek en bespotlik gemaak.

Daarom breek hulle apartheid af, daarom druk hulle Swart en Wit tussen mekaar in, in dieselfde grondgebied, teaters, hotelle en spanne op sportvelde.

En daarom tegelykertyd steek (hulle) tesame almal teen mekaar op: Wit teen Wit, Swart teen Wit en Swart teen Swart.”

Is dit waarom die Amerika-witkruis-projek so omstrede is? Wit teen wit, swart teen wit…?

Maar waarom?

Ds. GA Zuiderveld skryf in 1968:

“Wat is die agtergrond van die haat teen Suid-Afrika? Die binnelandse politiek van die nasionalistiese regering..? Absoluut nie. Dit is slegs ‘camouflage’ en bedrog… Sosialisme en kommunisme gee die toon aan, rooi agitators hits die volke om te breek met alles wat aan God en Christendom herinner… ‘n Volk met ‘n Christelike lewensbeskouing en Calvinistiese belydenis is ‘n gruwel in hul oë.

(Maar) weet u wat die ergernis van die rooi maghebbers in die wêreld teen Suid-Afrika nog meer opwek? Dat die Republiek so ontsaglik ryk is…”  

Die Oes

Hierdie pragtige land van ons is ryk aan begeerlike minerale… Ons weet nie eers hoé ryk nie. Dit alleen is genoeg rede om Suid-Afrika in die ongeluk te stort… en dan te kom ‘red’.

Die manne met die geld, soek altyd meer en meer. Want geld is mag. En die oes is ryk.  

So, wat beteken dit dat witkruise, geplant is voor ‘n Amerikaanse gedenknaald, in Amerika…? En dat ons mense se diepe hartseer so misbruik word vir ander se gierige planne?

Dit beteken dat ons maar netsowel die voorbeeld kan volg van ons dapper voorgeslagte en net soos hulle, ons hoop vestig op ons eintlike en enigste Redder. Ons God is die God van Bloedrivier en Majuba!

Hou vas en vertrou

Laat ons VASHOU…

…al stywer vashou aan ons Godgegewe erfgrond.

Die vyand wil ons wysmaak dat dit beter is, ter wille van vrede en geluk, om maar te laat los en te laat gaan… Dat ons nie ons land moet stel bo menselewens nie. Dat ons moet “oor begin” – in ‘n volkstaat, reservaat.

Nee, nee. Dit is nie hoe dit werk nie. 

Die Here het hierdie Afrikanervolk gemaak om Hom te dien. En Hy het aan ons hierdie Afrikanerland gegee om Hom mee te dien. Hý alleen is die rede vir ons volk én land se bestaan.

Daarom is hierdie land steeds ons land, al is dit aan diewe en moordenaars oorhandig – ons weet, die manne met die geld kan net sover gaan as wat God hul toelaat.

Kom ons plant ons voete stewig op Kaappunt, Vegkop, Bloedrivier en Majuba. Kom ons maak huis skoon van afgode en eiewilligheid. Kom ons keer terug na ons Calvinistiese wortels, en vertrou op God alleen.   

Want  “…die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal (hulle) weer in ons hand gee…” (1 Sam. 17:47)

Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836 (27)

*27 dae voor ons Vegkopfees!

SILKAATS SE ONDERDUIMSHEID

As Matebele-koning het Mzilikazi (Silkaats) in Maart 1836 ‘n gesantskap Kaapstad toe gestuur en ‘n “vredesverbond” met die Britse Goewerneur Sir Benjamin D’Urban gesluit, waarvolgens hy beloof het om voortaan as ‘n “beskaafde vors” te regeer.
Intussen het sy spioene en bendes die gang van die waens en die groot troppe vee van die Voortrekkers dopgehou.
Silkaats was heeltemal op hoogte van die Groot Trek deur die Voortrekkers na die binneland.

JAGGESELSKAP ONDER LEIDING VAN STEPHANUS ERASMUS

‘n Jaggeselskap, onder leiding van Stephanus (SP) Erasmus, ‘n veldkornet van die wyk Kraairivier (huidige distrik Aliwal-Noord), was suidwaarts aan die terugkeer en het hul kamp ingerig nog sowat 5 uur te perd (±40km) vanaf die 2 groepe aan die Vaalrivier.
Erasmus was vergesel deur sy 3 seuns, Daniël, Pieter en Stephanus (jnr), Piet Bekker en seun, Carel Kruger en Jan Claassen.
By hulle was ook ‘n aantal kleurling-bediendes, 5 waens, 80 osse en 50 perde.

MATEBELE-AANVAL OP DIE ERASMUS-KAMP

Toe die Voortrekkers ver genoeg die binneland binnegetrek het, stuur Silkaats op 15 Augustus 1836 meer as ‘n 1000 impi’s uit onder leiding van Kalipi, een van sy 3 hoofindoenas (die ander 2 was Mkabalonta en Nkumbati), om die Trekkers “in sy jagveld op te eet”.
Op (nagenoeg) Maandag 22 Augustus 1836 het veldkornet Stephanus Erasmus se jagparty, soos hulle gewoonte was, vroeg oggend in 3 groepe uitgery in verskillende rigtings om te jag.
Die waens was onder toesig van sy gekleurde volk gelaat.
Piet Bekker en sy seun het tussen Matebele-impi’s wat in droeë gras geskuil het ingery, maar het betyds hul perde omgeruk en ontsnap.
Jan Claassen, wat nie ver van hulle af was nie, is egter nooit weer gesien nie.
Toe Stephanus Erasmus en sy seun Pieter teen die namiddag na hul kamp terugkeer merk hulle dat ‘n afdeling van sowat 600 skreeuende Matebele-vegters hul kamp omsingel het en besig was om die bediendes te vermoor.
Later is verneem dat Carel Kruger en Erasmus se 2 ander seuns, Daniel en Stephanus (jnr), sowel as ‘n aantal bediendes, deur Kalipi gevange geneem was (blykbaar om die waens en perde aan te dryf) en, oppad daarheen of na hul aankoms by Mosega, om die lewe gebring is.

Volgende…

VERSKEIE TREKGESELSKAPPE VESTIG HUL VOORLOPIG (28)

Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836

*28 dae voor ons Vegkopfees!

Gedurende die drie maande van Potgieter en sy reisgeselskap se afwesigheid het Trekkerfamilies in die Vrystaat en tot langs die Vaalrivier, waar wild volop en die weiding uitstekend was, rustig in klein groepies verspreid uitgespan.
Silkaats se gedugte Matebele-stam se hoofkraal was redelik ver noord-wes by Mosega en Kapain, in die omgewing van die huidige Zeerust.
Die wêreld lê oop, is onbewoon en daar is geen tekens van enige gevaar.
Twee trekgeselskappe het teen Julie 1836 die Vaalrivier deurgetrek en hulle aan die noordelike oewer gevestig.
Dié van Barend Liebenberg het bestaan uit 10 volwassenes en 28 kinders met 9 waens, wat hy naby aan ‘n koppie oorkant die Vaalrivier, ietwat noord-oos van die die huidige Parys, ingerig het. (Die koppie heet later Liebenbergkoppie / Moordkoppie)
‘n Aansienlik groter groep Voortrekkers, waaronder die families Botha (Johannes Petrus), Steyn (Hermanus), Hamman (Jacobus), Kruger (Daniel), Fourie (Stefanus) en Bronkhorst (Lucas), het hulself ook ten noorde van die Vaalrivier ingerig.
Hul staning was digby die drif waar hulle die Vaalrivier oorgesteek het (later bekend as Rensburgdrif), in ‘n oopte reg langs ‘n aantal koppies. (Die plaas heet vandag nog “Kopjeskraal” of Koppieskraal).
Die families van veldkornette Gerrit Bronkhorst, Christiaan Liebenberg en (moontlik) Sarel Cilliers, metgeselle van Hendrik Potgieter se verkenningstog, was ook by dié 2 trekgeselskappe ten noorde van Vaalrivier teenwoordig.

Volgende…

Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836 (29)

*29 dae voor ons Vegkopfees!

EKSPEDISIE NA LOUIS TRICHARDT EN HANS VAN RENSBURG
Op 25 Mei 1836 vertrek Potgieter en Cilliers en 9 ander burgers vanaf Vetrivier om met Louis Trichardt en Hans Van Rensburg kontak te maak, asook die binneland te verken.
Dit was met die verwagting om ‘n weg na die Portugese hawens aan die see te vind.
Die verkenningskommisie sou in drie maande 2400km te perd aflê.
Op 23 Junie 1836 kom hulle aan op Soutpan aan die westelike punt van die Soutpansberg, waar Louis Trichardt sy semi-permanente staning gehad het.
Daarvandaan het hulle ooswaarts gereis, ook om na die vermiste Van Rensburg-Trek te soek, deur die Limpopo-rivier die huidige Mosambiek binne.
Toe hulle op Portugeessprekende Swartes afkom wat op soek was na olifanttande vir skepe langs die ooskus hawens, was Potgieter en sy metgeselle tevrede dat die Portugese hawens bereik sou kon word.
Op 17 Augustus keer hulle vanaf Soutpan terug na hul gesinne in die huidige Vrystaat.
Hendrik Potgieter stuur sy broer, Hermanus, vooruit met die boodskap dat die Trekkers hom solank noordwaarts tegemoet moet trek.

Vegkopfees 2026

INLEIDING tot die Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836

Net soos die latere Slag van Bloedrivier het die Slag van Vegkop (Oktober 1836) ook ‘n tragiese voorgeskiedenis gehad. Waar ons Voortrekker-voorgeslag tydens die moorde by Bloukrans en Wenen geweldige verliese moes ly en smarte moes deurmaak, sou ook die Slag van Vegkop voorafgegaan word deur die tragiese gebeure van die Erasmus-kamp aanval en die Liebenbergmoorde net buite die huidige Parys.
In aanloop tot vanjaar se herdenking van die Slag van Vegkop, DV 9-11 Oktober by die Vegkopterrein 20 km. suid van Heilbron, deel die Vegkopfeeskomitee graag met u in die volgende 30 dae daagliks ‘n kort grepie uit dié besondere gebeure in ons volksgeskiedenis.

30 POTGIETER-TREK VAN GROOTRIVIER TOT VETRIVIER

29 EKSPEDISIE NA LOUIS TRICHARDT EN HANS VAN RENSBURG

Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836 (30)

*30 dae voor ons Vegkopfees!

POTGIETER-TREK VAN GROOTRIVIER TOT VETRIVIER
Die Trek van Andries Hendrik Potgieter met 30 waens het die Somerset/Cradock distrik (ook bekend as die Tarka) gedurende Januarie 1836 verlaat en steek Grootrivier (Oranjerivier) in Februarie 1836 oor.
Kort daarna sluit nog ‘n aantal families onder leiding van Sarel Arnoldus Cilliers (uit Colesberg) by die Potgietertrek aan.
Ook het veldkornette Christiaan Liebenberg (uit Graaff Reinet) en Gerrit Bronkhorst (uit Beaufort-Wes) met hul mense hul by Blesberg (Thaba Nchu), oos van die huidige Bloemfontein, met die Potgietertrek verenig.
Op ‘n vergadering word Hendrik Potgieter met algemene stem tot Kommandant verkies.
Daarvandaan is verder getrek tot aan die Vetrivier, naby die huidige Winburg, waar Potgieter die grondgebied tussen die Vet- en die Vaalriviere van die Bataung kaptein, Tawane/Makwana, by wyse van ‘n traktaat bekom. In ruil daarvoor bied hy aan dié goedgesinde stam beeste en toekomstige beskerming teen Mzilikazi (Silkaats)
Dié gebied sou Potgieter voortaan die “Geruilde Grond” noem.

Volgende Artikel… EKSPEDISIE NA LOUIS TRICHARDT EN HANS VAN RENSBURG

Afrikaanse Musiek in die Rewolusie

Musiek is ‘n wondergawe deur God aan die mens geskenk. Dit is ‘n manier waarop ons ons diepste hartsgevoelens kan uitbeeld in klank, selfs sonder om ‘n woord te sê. Ons kan intense blydskap, bitter woede, pynlike smart uitbeeld en sommer net prettig wees, ‘n klein babatjie aan die slaap sus en bykans elke moontlike emosie of gedagte uitbeeld deur middel van musiek. RENCIA DE VILLIERS kyk in hierdie artikel na die gevare van musiek wat aangewend word as rewolusionêre wapen.

Wat is Musiek?

My woordeboek sê: “Musiek is die kuns om aangename verbindings van klanke te maak waardeur in skone vorm aan gevoelens uiting gegee word”.
Met ander woorde, eerstens is dit “aangename” verbindings en tweedens ‘n “skone” vorm. Klanke moet dus mooi en rein wees om musiek te wees.
Ons lewe vandag in ‘n wêreld waar baie ander klanke egter as musiek deurgaan. Ons dink byvoorbeeld aan die oorverdowende kabaal wat gespeel word voor ‘n sportwedstryd. Die “musiek” waarna ons luister in die tandartsstoel, die klanke wat oor ons uitgegiet word in die supermark, op die skoolkonsert, in die haarsalon, op die TV. Kortom, dis omtrent al “musiek” wat ons hoor.
Ons noem dié soort musiek by ‘n verskeidenheid name: pop,’rave’, ‘rap’, ‘hip-hop’, ‘punk’, ‘techno’, ‘blues’, ‘songs’ en ‘Afrikaanse Rock’.
Ons noem dit ook Afrikaanse Musiek. Nou – ja, hulle sing miskien Afrikaans (as ons sou vergeet van al die Engelse en menigmaal growwe vloekwoorde tussenin) maar is dit musiek? Voldoen dit aan die definisie van musiek? Soms, maar meestal duidelik nie. Maar as dit dan nie musiek is nie, wat is hierdie klanke, waar kom dit vandaan en wat is die doel daarmee?

Musiek as wapen

Die meeste mense is seker reeds vertroud met Pavlov en sy eksperimente op honde. Ek herhaal nietemin kortliks die kernpunte om u geheues te verfris. Hierdie Russiese navorser het in die tyd van die groot kommunis, Lenin se regering, geëksperimenteer met die reaksie van honde op die ritmiese getik van ‘n metronoom.
Telkens wanneer hulle kos kry het die metronoom 120 slae/minuut geslaan. Toe hul daaraan gewoond was, is ‘n ander metronoom teen 60 slae/min gespeel wanneer hul nie kos kry nie. Hulle is dus gekondisioneer om speeksel af te skei as die metronoom vinnig loop en kos te weier as hy stadig tik. Pavlov het gemerk dat die honde nou baie verward raak as hy die metronoom teen 60 slae/min laat tik as hy hulle kos gee. Hy gaan toe ‘n treetjie verder en sit die twee metronome tegelykertyd aan en die resultaat is stuiptrekkings, oë wat omdop en algehele waansin. Dit alles net deur middel van ritme.
Lenin was vreeslik ingenome met hierdie resultaat en het dit begin toepas op sy slagoffers. Dit is verder ontwikkel en die effek geweldig versterk deur ligblitse by te voeg, gekorreleer met die ‘proefkonyne’ se normale polsslag. Absolute hipnose en kunsmatige neurose word so bewerk. Voeg nou hierby woorde waarmee ‘n sekere ideologie oorgedra word en die woorde bly steek by die luisteraar sonder dat hy/sy eers daarvan bewus is — dit word sy/haar ‘eie’ denke.
Asof al hierdie gekombineerde tegnologie nie genoeg is nie, kom daar nog ietsie uit Afrika by. Veral op die platteland hoor mens gereeld die dromme wat tot laat in die nag geslaan word in die lokasies. Dromslanery word gebruik tydens spiritualistiese aksies soos inisiasie-skole en om geeste op te roep. Hier kry mens ook die aanhoudende herhaling van dieselfde klank of woord wat vir ure aaneen geskree, gehuil of gegil word. Die deelnemers aan die ‘fees’ word deur die dromklanke en ge-“sing” van die vrouens in ‘n hipnotiese toestand gebring wat hulle in staat stel om byvoorbeeld vermoeienis of pyn beter te hanteer. Dit word genoem ‘Voodoo’.
Voeg nou Pavlov, psigedeliese flitsende ligte, ‘Voodoo’ en ‘n sanger of twee bymekaar en dié heksebrousel gee ons Popmusiek.
Dis darem om bietjie vinnig gevolgtrekkings te maak, sal sommige dalk sê. Kom ons gaan kyk of dit so vergesog is.

Elvis Presley

Ons begin maar met Elvis Presley — die held van miljoene, veral vroue. Soveel so dat vandag nog jaarliks op sy verjaarsdag spesiale optogte gehou en kranse gelê word. Wie was die man?
Hy is in 1935 gebore, nie so baie lank gelede nie. Sy promotors noem hom: “White Boy with Black hips, to introduce Black Music to America’s White Youth.” Elvis self het gesê: “The colored folks been singing it and playing it just like I’m doin’ now, man, for more years than I know. I got it from them.”
Die kenmerke van Presley se ‘musiek’ was:

  • Redelike sang met meesleurende liedjies.
  • Geweldige volume met flitsende (psigedeliese) ligte.
  • Suggestiewe bewegings wat op die verhoog uitgevoer word.
  • “Beat”, dit wil sê, ‘n oorverdowende ‘doef-doef’.
    Dit was genoeg om enige tiener histeries te laat. Elvis was ‘n deskundige daarin om die sondige drange na vore te bring en as suiwer genot, krag en energie voor te stel. Hy het selfs erken dat hy die bewegings gaan instudeer het by die neger-kunstenaars: dis bewegings wat gebruik is tydens hulle vrugbaarheids-afgodsfeeste!
    Wat het sy luisteraars uit sy konserte gekry? — Histerie en sinlike genot.
    Sy voorkoms? Nie te erg onaardig nie, veral aan die begin van sy loopbaan. Hy het gehou van stywe, blink klere gesny volgens ‘n prent wat ‘n voorstelling van Jesus Christus sou wees.
    Wat het hy gekry? — miljoene der miljoene dollars en hy kon sy ideologie uitdra.
    Wat was sy ideologie?
  • Wanorde en misdaad.
  • Satanisme. Hy verklaar “I always felt an unseen hand behind me”, en Gary Herman skryf in sy boek Rock and Roll Babylon dat Elvis “recognise the Devil’s part in his success”.
  • Vrye ‘liefde’.
  • Die “New Age”-gedagte. Elvis verklaar: “Someday in the near future we will see how the so called ministers of God react as they see their worn out ways and the whole ‘old age’ start crumbling. I can’t wait till this New Age comes…”
  • Vermenging.
    Wat is sy uiteinde? Selfvernietiging deur middel van sy eie ideologie en dwelms.

Beatles

Dan was daar die Beatles en die Rolling Stones — bekende name.
Minder bekend is die feit dat die Beatles hul ontstaan te danke het aan ‘n sekere groep skrywers, die Beatniks, wat ten doel gehad het die omverwerping van alle orde. Hulle was die destydse “vryheidsaktiviste”, stryders vir gelykheid oor kleur, ras en geloofsgrense heen.
Wikipedia beskryf die Beatniks as “the first oppositional culture”: “The counterculture of the 1960s refers to a period between 1960 and 1973 that began in the United States as a reaction against the conservative social norms…The term “beatnik” was applied to non-conformists…”
Hulle sê egter die volgende oor hulself: “We beatniks weren’t radical, we were just aware of the ridiculous standards in society…”
Wat was die kenmerke van die ‘musiek’ van die Beatles?

  • Geweldige volume en psigedeliese ligte.
  • ‘n “Beat” wat die aarde laat skud (Rock).
  • Suggestiewe insinuasies in hul liedjies.
  • Godslastering — veral John Lennon was baie uitgesproke oor sy ‘geloof’.
    Wat het hul daarmee bereik?
  • Hulle dra hul antichristelike, kommunistiese idees oor in die onderbewussyn van die jongmense en ander, ouer mense. (Een jong bewonderaar prewel: “As hulle van iets hou, hou jy ook skielik daarvan; gee hulle nie daarvoor om die, dan verfoei jy dit”).
  • Die “New Age” — “I believe we’re moving towards a new age in ideas and events… There is a young revolution in thought and manner about to take place.”
  • “Vrye liefde”: “vryheid” sonder perke in ‘n sogenaamde “nuwe wêreld”. Dink maar aan Lennon. Hy sê, na hy en sy vrou Yoko in die openbaar hul vuil lewe bedryf het: “It will be like the garden of Eden, a new Paradise for the youth of the Western World, because…” (en dan haal hy aan uit die Bybel) “En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hulle nie geskaam nie.” In wese verkondig hy dus dat as die mens in wellus en onwelvoeglikheid lewe, hy weer sondeloos sal wees. Christus en die sondeval word dus heeltemal verwerp.
  • Vermenging.
  • Propageer revolusie.
    En natuurlik die miljoene wat in hul geldkoffers land. Hul voorkoms? Vuil met stinkende, lang hare en stywe suggestiewe klere.
    Hulle uiteinde? Selfvernietiging deur middel van dwelms, drank en selfmoord.
    (Eienaardig genoeg kan mens deesdae oor ‘n bekende volksgerigte radio-stasie gereeld na die Beatles luister. Luister ‘n slag na die wóórde).

Ander popsangers

Kom ons dink aan nog ‘n populêre sanger van daardie tyd. Hy lyk nogal ordentlik, Neil Diamond.
Hy verwerf veral bekendheid met die komponering van die musiek vir die rolprent Jonathan Livingston Seagull— ‘n subtiele uitbeelding van die Oosterse godsdienste en transendentale meditasie. Hy laat geen twyfel oor sy beskouing van Christus nie. Op sy plaat “Top Root Manuscript” vergelyk hy Christus met ‘n swart vrou uit Afrika. Die woorde “When rhythm and blues lost (s)ensuality for me. I fell in love with a woman named gospel. We met secretly in the churches of harlem, and made love at revival meetings in mississippi. And loving her as I did, I found a great yearning to know of her roots, and I found them and they were in Africa, and they left me breathless.”
Neil Diamond was ‘n topverkoper in Suid-Afrika. Anton Goosen was die Huisgenoot se Tienerdebat skrywer in 1976. Hy skryf: “Dink jy aan die naam Neil Diamond, dink jy aan ‘n rits treffer deuntjies. Daar is Sweet Caroline, Crack’ling Rosie, Longfellow Serenade…” (Laasgenoemde handel oor meditasie). Neil Diamond het onlangs weer op die toneel verskyn. Hy hou konserte, skryf liedjies en loods liefdadigheidsaksies veral vir die ‘minderbevoorregtes’. Tans is daar ‘n uitstalling in die Grammy museum aan hom gewy.
Madonna het nie veel bekendstelling nodig nie. As uitgesproke Satanis en ook as ‘vryheids-aktivis’ is sy berug. Sy’s ook lief daarvoor om uit die Bybel aan te haal.
Sy is tans besig met die skryf van ‘n reeks kinderboeke, “The English Roses”— ‘n Boekresensie in die Guardian lees as volg: “Madonna’s kabbala teacher suggested she share her spiritual wisdom in books for children…”
Michael Jackson was onlangs hoofnuus as gevolg van sy skielike dood. Hy was ‘n Neger wat tog nie “wit” genoeg kon word nie en vermenging sterk gepropageer het. ‘n Beskrywing van ‘n Jackson-video lees as volg: “The Jackson Brothers appear as messianic spirits charged with leading people over the rainbow, into a better world. Floating above the earth like seraphs, the Jacksons begin to sing, and as they do all the people below — blacks, whites, and asians — join hands and see a vision of a peacock in the sky”.

Alternatiewe Afrikaanse musiek

Nou moet ons eers ‘n oomblik stilstaan. Die doel van hierdie artikel is nie om uit te wy oor die buitelandse kunstenaars nie, maar om die lyn deur te trek na eie bodem.
Is ons plaaslike kunstenaars anders? Het hulle ‘n ander doel voor oë? Gaan dit vir hulle bloot daaroor om musiek te maak? Kom ons noem ‘n paar bekende name: Koos Kombuis, Anton Goosen, Valiant Swart, Karen Zoid, Steve Hofmeyr, Jackie Louw, Chris Chameleon… Ons ken hulle. Hulle val nou nie noodwendig in almal se smaak nie, maar maak tog — darem — interessante, Afrikáánse musiek?
In Suid-Afrika het popmusiek op dieselfde tyd as in die buiteland sy opwagting gemaak, maar aanvanklik was die kunstenaars hier net bereid om in Engels te sing. Afrikaans was slegs geskik geag vir volksliedjies en kerksang. Dit het egter verander in die 1980’s.
Ek haal aan uit ‘n rubriek geskryf deur Theunis Engelbrecht: “Wat wel ‘n positiewe ontwikkeling in Afrikaanse musiek is, is die gebruik van al hoe meer uiteenlopende musiekstyle — van punk tot techno en psigedelies. En ook harde, industriële musiek, soos dié van Battery 9.” Waarop die skrywer hierdie musiek by die naam noem, naamlik “verstrooiingsmusiek”!
Klink dit nie baie soos Elvis en sy maters nie?
Nog ‘n persvrystelling van Dirk Uys op 20 September 2001 na aanleiding van ‘n beoogde Laserplaat naamlik “Vloek van die Kitaar”, lui: “Ek het besluit op die titel ‘Vloek van die Kitaar’ omdat dit die gebeure van die laaste 21 jaar die beste versinnebeeld. Die skrywer en sanger van hierdie apokaliptiese meesterstuk, Valiant Swart….” (Terloops: apokalipties dui op totale vernietiging en rewolusie.)
Die kunstenaars wat op Vloek van die Kitaar verskyn is Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Piet Botha, Bernoldus Niemand, Springbok Nude Girls, Beeskraal, Akkedis, Spinnekop, Battery 9, Brasse Vannie Kaap, Karen Zoid en Raaskopleef.
Die skrywer en van bogenoemde ‘kunstenaars’ was lid van die Voëlvry-beweging, ‘n uiters liberale organisasie, ook genoem “die Alternatiewe Afrikaanse Rockbeweging.” waarvan die primêre doel was “om te help om ‘n demokrasie in Suid Afrika te bewerkstellig”. Hierdie organisasie of groep was dus hoofsaaklik gemoeid daarmee om op die gebied van musiek in Suid-Afrika rewolusie tot stand te bring. “Ons het ons doel bereik…” aldus Dirk Uys. Die Voëlvry beweging het egter nie net uit musikante bestaan nie maar ook uit skrywers en digters. Herinner dit ons nie sterk aan die destydse Beatniks nie?
‘n Afvaardiging van die groep was nou betrokke by die aanvanklike samesprekings met die ANC, in Dakar — die sogenaamde ‘watervalberaad’. “Ek is na die Voëlvry toer deur IDASA (Instituut vir ‘n Demokratiese Alternatief vir Suid Afrika) aangestel om ‘n subversiewe Afrikaanse kunstefees te beplan en te organiseer. Die skielike ontbanning van verbode politieke partye en organisasies asook die vrylating van Mandela in Februarie 1990 het my projek oorbodig gemaak en ek kon kies om in die organisasie aan te bly of om te bedank en aan te gaan met my Rock ‘n Roll loopbaan.” Johannes Kerkorrel skryf later: “We are liberating the language. If you can make a language into rock and roll, it can’t be an oppresive language anymore. It’s got to be free. It’s just an African language like any other…”
Hulle is dus “bevryders”, “vryheidsvegters”, voorstanders van die New Age. Soos hul openlik erken: “Nie een van ons wil voorskriftelik wees nie — rock ‘n roll bots in elk geval direk met enige vorm van konvensie.”

Oor hulle verbintenis met die ANC spog Koos Kombuis: “…our contribution to their cause must not be underestimated, because at a crucial point in history we took from government its greatest power base, the youth.” En verder: “Die belangrike rol wat die Voëlvry-beweging as ‘n protesbeweging gespeel het, kan nie onderskat word nie. Dit het vernuwing in die Afrikaanse musiek wêreld gebring en baie van vandag se “jong” kunstenaars is in navolging van die Voëlvry-musikante.”

Die nuwe musiekhelde

Teen hierdie agtergrond kan ons nou gaan kyk na die hedendaagse’helde’ op die musiek/rock verhoog.
Steve Hofmeyr word voorgehou as dié Taalstryder, bevryder, na volgenswaardige voorbeeld, Christen ensovoorts. Nietemin is hy kort-kort in die nuus oor sy onsedelikheid, wandade en perversiteit.
Reeds in sy vroeë jare as akteur haal hy die nuus met sy betrokkenheid by “Joseph and his Amazing Technicolor Dreamcoat”.
Net so ‘n vinnige opmerking oor hierdie produksie. Die musiek is geskryf deur Andrew Lloyd Webber, wat ook die lirieke vir “Jesus Christ Superstar” geskryf het. Dit is luide, lawaaierige ‘Rock’ en bespot en verdraai die Bybelse geskiedenis van Josef. Sy broers kom byvoorbeeld by die paleis aan, suip hulself smoordronk en word getrakteer op skamel geklede danseresse. Jakob self is ‘n popsanger. Die grootste leuen word verkondig deurdat, volgens die produksie, Josef swig voor die verleiding van Potifar se vrou. Hy kruip agter haar aan soos ‘n honger hond, en toe hy gevang word, word hy in die tronk gegooi. Met die uitleg van die droom aan die koning sê Josef hoekom hy die droom kan uitlê: “Anybody can make it if they got a lucky break”.


Steve se soort kuns?

Hoe klink sy eie musiek?

  • Geweldige volume en psigedeliese ligte. ‘n “Beat” wat die aarde laat skud (ROCK).
  • Suggestiewe insinuasies in sy liedjies.
  • Godslastering — gaan maak gerus ‘n draai op sy webwerf.
    Wat bereik hy daarmee? Hy dra die antichristelike, kommunistiese idees oor aan die onderbewussyn van ons Afrikaner jong mense. Die New Age — ‘vryheid’ sonder perke in ‘n sogenaamde “nuwe wêreld”.
    Hy propageer rewolusie.
    Enige idee hoeveel Steve verdien met sy optredes? Sy voorkoms? Deurmekaar met hare punt in die wind, stywe onwelvoeglike klere. Is hy werklik ‘n taalstryder en volksheld?

Wie is Steve Hofmeyr se vriende?

Kurt Darren se bekendste liedjie is seker “Loslappie” — Hy is die voorbeeld en held van vele, veral vroue. Chris Chameleon (self ‘n popsanger van formaat en nou ook rubriekskrywer van die byvoegsel tot Beeld, By) skryf in Junie 2009: “Kurt Darren… die maatstaf waaraan enige Afrikaanse aspirant-musiekkunstenaar met platinum-drome homself kan meet… die koning van Afrikaanse pop, die Michael Jackson van Afrikanerklanke… “
Jakkie Louw, Jak de Priester, Amanda Strydom, Bok van Blerk…Noem maar op, hulle dra almal dieselfde ideologie oor. Wanorde,wellus, bandeloosheid, rewolusie, New Age.
Ek wil graag u aandag ook vestig op ‘n buitelandse kunstenares wat in Suid-Afrika baie gewild is en ook veral saam met Steve Hofmeyr sing: Dana Winner. Haar musiek het nogal mooi wysies en getuig van goeie sang. Baie van ons ouer mense vind haar musiek aangenaam.

Maar hoor wat sing sy: Een van die snitte op haar CD: “In love with you” se woorde is as volg: “I know a grand new age is dawning… Follow your star till rainbows unfold and we’ll (be) one under the sun, one, till the end of the road. Mother Nature will help us, let her smile upon us…”
Dieselfde ideologie? Verseker.
Ten slotte kyk ons na wat die ‘ouer Afrikaanse sangers’ te sê het oor die ‘nuwe generasie’ sangers: Ek haal vir Koos Kombuis aan:
“Soos destyds met Voëlvry, het die beweging ‘n spokesman; ja, dit is die ietwat verbaasde, gekneusde, teësinnige gesig van Bok van Blerk wat nou ons tydskrifvoorblaaie versier. Soos Kerkorrel destyds… Luister na Bok van Blerk. Luister na die stem van die jeug. Hier kom iets groter… as die klein groepie drug addicts van Voëlvry… Ek is bevoorreg om dit te kan sien gebeur. En ek is nog jonk van gees en kinderlik genoeg om te glo …dat ons nog op pad is na die Beloofde land.”

En dan sluit hy af met: “Amen, ja, kom, Azania.”

Slotsom

Ons sien dus dat rock-musiek nie sommer net ‘n nuwe, lekker, loslyf styl is nie maar met ‘n doel ontwikkel is, naamlik die vernietiging van alle orde om ‘n sg. New Age daar te stel. Waar daar geen grense, geen bande, geen beperkings is nie.

“Wat dring en dryf die wilde heidendom,
dat volke raas in opgewondenheid?
Gedugte konings staan gereed alom,
en wêreldgrotes raadslaag vir die stryd,
om God almagtig na die kroon te steek
en saam teen sy Gesalfde op te staan.
Hul sê: “Kom nou, laat ons hul bande breek
en van hul juk vir altyd ons ontslaan!”

Psalm 2 (soos berym deur Totius

Eenvoudig gestel is die duiwel se plan dus om juis ons (en veral die jeug) wat interessante, opwindende nuwe Afrikaanse musiek soek om na te luister, te gebruik om God subtiel te laster, en die ‘bande’ te ‘breek’.

Kyk maar net rondom ons:

  • Snaakse haarstyle wat punt in die wind te staan (wanorde).
  • Te stywe, nousluitende klere (mans en meisies) om immoraliteit te verkondig as reg en die geslagverskille te laat verdwyn.
  • Suiwer taalgebruik is uit die mode en vloekwoorde is nou aanvaarbaar as ‘beskrywende taal’.

Laat ons hier en nou besluit om ons nie te laat gebruik om die New Age te propageer nie. Ons sal nie toelaat dat ander mense van ons swape en harlekyne maak nie, of ons inspan vir hul rewolusionêre doel nie, maar ons lewe rig volgens die Bybelse rigsnoer van Psalm 119:9: “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.”

Waarna moet ons dus soek? Na die suiwer en rein verbindings van klanke, waardeur in skone vorm aan ons gevoelens uiting gegee kan word.

Vegkop Herdenkings Feesprogram 9 – 11 Oktober 2026

Kom gedenk God se wonderdade in ons geskiedenis en put inspirasie uit die moed, durf en deursettingsvermoë van ons voorgeslagte. Vanjaar se herdenkingsfees beloof om elke feesganger te verryk, toe te rus en te besiel vir die stryd waarin ons volk tans gewikkel is. .

Vrydag 9 Oktober 2026

Begin Tydsduur Items
Vanaf 09:00 Aankoms en registrasie van kampgangers,
Kamp opslaan en opslaan van stalletjies
11:00 30 min Feesopening – Verwelkoming en vlaghysing by monument
11:30 Stalletjies open

12:00 40 min Sweepdemonstrasie
13:00 Middagete elk vir homself
15:00 90 min Speletjies (Boeresport en piekniekspele) op die gras
17:00 20 min Vlagstryking met aandgodsdiens by monument
17:30 60 min Aandete – Bring en braai (Ons gee bykosse)
18:30 80 min Volkspele – In saal – kort demonstrasie en saamspeel
20:00 90 min Geskiedenisvasvra – In saal
22:00 Gaan slaap

Saterdag 10 Oktober 2026

Tyd Duur Items
07:00 30 min Oggendgodsdiens en Vlaghysing – by die monument
08:00 Ontbyt – elkeen self en Stalletjies open
09:00 40 min Geskiedenis Vertelling 1 – Dr Jacky Grobler. Agtergrond, Aanloop en Heldegeskiedenis – In die saal
10:30 30 min Klim Vegkop
11:00 20 min Geskiedenis Vertelling 2 Verloop van die Slag van Vegkop – Op die koppie
13:00 Middagete elk vir homself
14:15 75 min Boeresport vir jonk en oud – Kompetisie items
15:45 60 min Kanon en Voorlaaier demonstrasies en meer
17:00 30 min Vlagstryking met Aandgodsdiens – by monument
17:30 75 min Tablo – Die betekenis en Boodskap van Vegkop
19:00 30 min Prysuitdeling – Skryf, vasvra en boeresport kompetisies
19:30 Aandete – Potjiekos met bykosse – (Kaartjies) of eie ete
21:00 Kuier om die vuur met volksang en volkskultuur
23:00 Gaan slaap

Sondag 11 Oktober 2026

Tyd Duur Items
07:30 30 min Psalms sing – in die saal
08:30 Ontbyt – elkeen self
09:30 60 min Erediens – in die saal
11:00 Groet, oppak, nog kuier…

ANB Oproep is steeds: Bly weg van die regime se verkiesings!

31 Julie 2026

Nie-stemmers word gereeld daarvan beskuldig dat ’n wegbly-stem ’n stem vir die ANC is. Maar na die verkiesing vorm die DA, die VF+ ook maar net op dieselfde wys koalisies met die DA, die ANC en die EFF, sonder beginselbesware.

Hoekom sou hulle dit kan doen? Die rede is eenvoudig. Mense wat aan verkiesings
deelneem ondersteun die grondwet.

Daardie kandidaat wat ingestem word in die munisipaliteit moet ’n eed van getrouheid aflê aan hierdie regering se grondwet. Die grondwet stel die mens se regte as die hoogste gesag in plaas van God se woord. Die grondwet stel verder God drie-enig gelyk aan al die afgode, en erken nie Christus as die enigste ware God nie. Daardie grondwet verklaar dat die land eintlik die eiendom van die swartman is en dat ons onregmatig die grond bekom het. Dat ons dan ook darem iewers ‘n “skynbare” selfbeskikking op ’n kolletjie in Suid-Afrika kan kry waarna ons dan al die “onwettig” bekome grond “teruggee”. Sodat ons in ’n reservaat kan gaan bly waar ons na onsself sou kan kyk.

Om ’n eed af te lê, roep jy God in as getuie dat jy die waarheid praat, terwyl die grondwet God se gesag ontken, God laster deur Hom gelyk te stel aan die afgode en die leun oor die eienaarskap van die land verkondig. Mag ‘n ware Christen dit doen? Sekerlik nie.

Staan vas by die verwerping van die verraad van 1994!

Verder as u deelneem, erken u ook dat oorgawe van FW de Klerk en kie aan ’n een mens
een stem regime, soos deur die Afrikaner volk se vyande bepleit is in 1994, ook maar reg was…

Maar, nee! Staan vas Afrikaner, by u reg – ons is die wettige eienaars van hierdie land. En ‘n beduidende aantal van ons volk het daardie reg gestand gedoen deur sedert 1994 nie aan hierdie mengelmoes-verkiesings deel te neem nie. Daardeur is ons volk se weiering om hierdie verraad te erken of daarin op te gaan, bevestig. Wees trots op u erfenis en oefen steeds die reg uit om NEE te sê. NEE vir hierdie bedeling. NEE vir veelrassige regering oor ons eiendom. NEE vir die meelopers wat ons land weggegee het. NEE vir die uitbring van ‘n stem in die regime se verkiesings.

Ons weier om as ‘n klein minderheidsvolkie geklassifiseer te word. Ons is ‘n trotse volk in eie reg, ‘n volk met ‘n roemryke verlede en, met God’s genade, ‘n blink toekoms in Blank Suid-Afrika! Ons sal nie as volk in getalle getel word nie, nee, ons word geweeg deur ons bestaansreg as volk wat deur God in aansyn geroep is. As trotse eienaars van die land waar Hy ons ingelei en ons toegelaat het om die land te tem en aan die elemente te ontworstel. Daarop berus ons reg om terug te wen wat deur verraad van ons weggesteel is!

Die pad vorentoe…

Ten spyte die roeringe van die waters deur magte in die wêreld, sien ons verder. Ons hoop bly op ‘n beter toekoms wat na hierdie lewe kom. Maar ons roeping bly in die lewe om ons bes te doen om ons vryheid te herwin om net een rede, en dit is om God na die beste van ons vermoë te dien binne die struktuur van gesin, gemeente, Afrikanervolk. Dit sal ‘n blywende stryd wees, maar ons krag daartoe is van buite onsself. Dit word aangevuur deur geloof in God, die sekerheid van ons roeping en gedryf deur liefde vir die bewaring en uitbou van ons Godgegewe erfenis. Dit is die Christelike Nasionalisme.

“Ons Volk moet kies. As die liberalisme reg is, volg hom na. Gooi dan die deure van u land ope vir wie wil binnekom, blank en gekleurd en maak van u land ‘n markplein vir die wêreld in plaas van ‘n tehuis vir u kinders. Doen dan weg met alle rasse – en kleurskeidslyne – in die kerk, in die skole, in die parlement, by die stembus, op die treine en trems en in u huise en aan u tafels. Roep Suid-Afrika dan op om hom af te keer van sy dwaalweg en om in naam van reg en geregtigheid terug te gaan op sy eie besoedelde voetspore, maar, as die liberalisme verkeerd is, verwerp hom NOU! Beskerm dan met vaste hand u Blanke ras en u blanke beskawing met al die nodige maatreëls wat u Blanke voogdyskap van u eis en u doelbewuste bestemming u toe verplig” Dr. D.F. Malan (NP Kongres 1948)

Amptelike verklaring deur die Afrikaner Nasionalistiese Beweging se Dagbestuur

‘n BOODSKAP VIR DIE TOEKOMS – DF Malan

Op 2 Mei 1937 het Suid-Afrika se Eerste Minister, dr. DF Malan, die volk toegespreek tydens die se eeufeesviering van Winburg in die Vrystaat. Dit was by hierdie geleentheid dat hy die gevleuelde woorde “Glo in God, glo in u volk, glo in uself” gespreek het. Daar is beslis steeds baie waarde wat Afrikanernasionaliste vandag nog kan put uit hierdie boodskap. Wat hieronder verskyn, is `n opsomming van die toespraak soos in Die Burger gepubliseer.

Die fees sal vir dié wat dit bygewoon het, onvergeetlik wees, omdat dit gekenmerk is deur `n gees van ware samewerking van vriende toe die nagedagtenis van hul voorouers geëer moes word. Die fees is onvergeetlik omdat dit gehou is op heilige historiese grond, wat self `n boodskap vir die volk het. Die toestande wat 100 jaar gelede geheers het, en die gebeurtenisse wat toe plaasgevind het, is herskep en het herlewe en hierdie geslag het gemeenskap gehad met daardie geslag wie se boodskappe oorgedra moet word aan die geslagte van die toekoms.

Op Winburg word die Trekkers ’n Volk

Honderd jaar gelede is die keerpunt in die geskiedenis van die Afrikanerdom gesien. Die Groot Trek het nie plaasgevind as ’n georganiseerde eenheid nie, maar families het in klein groepies die land verlaat op verskeie tye om ‘n nuwe tuiste en `n nuwe bestaan te gaan soek.

Op Winburg het hulle bymekaargekom, waar hulle `n georganiseerde gemeenskap geword het. Hulle het opgehou om trekboere te wees en het ‘n Trekkende Volk geword met ‘n definitiewe doel. Om die Eeufees van daardie gebeurtenis te vier, is van die grootste belang vir Winburg en vir die Afrikanerdom.

Ons staan in die middel van twee eeue en is in staat om 100 jaar terug en in die toekoms te kyk, en daar is ‘n indruk waarvan ek nie kan wegkom nie – ‘n indruk dat daar in die geskiedenis van Suid Afrika ‘n definitiewe rigting is.

As ons terug kyk, lyk dit of die pad die afgelope 100 jaar vol draaie was, vol gevaarlike afgronde, en by rukke of die horison verdwyn het as ons nie vorentoe kyk nie, maar was daar nie ‘n rigting in hierdie blykbaar rigtinglose weg nie? Daardie weg is nie alleen deur werksmanne gemaak nie. Die ontwerp van daardie weg is die werk van ‘n Oppermagtige Brein, ‘n Ingenieur wat rigting gekry het vir ‘n blykbaar rigtinglose pad. Die rigting was vasgestel en het uitgeloop op ‘n vrye nasie.

Dis lank gelede reeds gesê dat die geskiedenis van Suid Afrika ‘n tragedie is en dat dit vergeet moet word om ons in staat te stel om ons aandag te skenk aan die huidige dringende probleme. Ons geskiedenis is nie net ‘n tragedie nie. Dis niks anders as die hoogste kunswerk van die eeue, ons het ‘n reg op ons nasieskap omdat dit aan ons gegee is deur die Argitek van die heelal. Die doel van die Argitek was die vorming van ‘n nuwe nasie onder die nasies van die wêreld.

Voortrekkers laat nuwe volk gebore word

Daar was voorheen blankes in Suid Afrika onder wie daar ‘n ontwakende nasieskap aanwesig was, maar dit moet erken word dat die Voortrekkers meer bygedra het tot die eintlike geboorte van die nasie as alle ander.

Ander belangrike gebeurtenis soos die landing van Jan van Riebeeck en die Eerste en die Tweede Vryheidsoorlog het ook bygedra tot die geboorte van ‘n nasie, maar nieteenstaande dit het die Voortrekkers die grootste aandeel geneem in die vorming van die Afrikanernasie.

In die briefwisseling tussen Piet Retief en sir Andries Stockenström praat laasgenoemde van “hierdie” mense, terwyl Retief van “my” land en “my” mense praat. Dit was die nuwe gees wat eerste deur die Voortrekkers uitgespreek is.

As ons terugkyk oor die afgelope 100 jaar, is ons verbaas oor die betreklike kort tydperk waarin ‘n nuwe nasie tot stand gekom het. Die geboorte van ‘n nasie in so ‘n kort tydjie is ‘n wonderwerk in vergelyking met ander nasies wat eeue geneem het. Hierdie kort tydperk van ons nasiewording het geen gelyke in die wêreldgeskiedenis nie.

Die wonder van ons taal

Ons het nie alleen nasieskap in ‘n eeu behaal nie, maar ons het ook ‘n eie taal opgebou, ‘n taal wat nie voorheen bestaan het nie. Die siel van ‘n nasie is gebore en daardie siel moes ‘n vorm van uiting hê.

‘n Nasie kan nie sonder ‘n taal bestaan nie en die geboorte van ons taal in so ‘n kort tydjie is ‘n ander wonderwerk wat nie sy gelyke in die wêreldgeskiedenis het nie. Die volk het baie jare vergeet dat hy ‘n eie taal het, maar ook dit het tot sy reg gekom. Sedert Afrikaans ‘n geskrewe taal geword het, het daar meer Afrikaanse boeke verskyn in 15 jaar as wat daar Engelse en Hollandse boeke in 100 jaar verskyn het.

Die volk moet ‘n geskiedenis hê om hom te inspireer en aan te spoor vir die toekoms. Ons is `n jong volk met `n jong taal, maar ons het ‘n ryk geskiedenis, vol met helde wat sal lewe so lank as wat die Afrikanernasie bestaan. Daar is geen ander nasie in die wêreld wat soveel groot manne gelewer het nie. As ons ‘n nasie was wat ons bemoei het met wêreldsake, sou ons ‘n Cromwell, Luther, Washington, en Lincoln kon gelewer het.

God het ‘n plan met Afrikanervolk

‘n Wonderwerk het in die afgelope 100 jaar gebeur, ‘n wonderwerk waaragter daar ‘n goddelike plan moet wees. Die geskiedenis van die Afrikaner openbaar vasberadenheid en ‘n doelbewustheid, wat ‘n mens laat voel dat die Afrikanerdom nie die werk van mense is nie, maar die skepping van God is.

Alles wat in die afgelope 100 jaar gebeur het, het gebeur in die teenwoordigheid van die drie woorde: “ten spyte van”. Ons het nie die groot getalle soos die Verenigde State nie, en die paar wat hier was, was oor die hele land versprei. Dit is nie moeilik om ‘n nasie op te bou uit groot getalle in ‘n dig bevolkte land nie. Ten spyte van die klein verspreide bevolking is ‘n nasie opgebou.

Deur middel van skole en opvoeding kan nasieskap gebore word, maar ons Volk het nie die voorregte van skool en kerk gehad nie. Dit het gevaar geloop om verstrooid te raak, en tog het ons ‘n nasie geword.

Ons het geen taal en kultuur van ons eie gehad nie,en moes dit leen. Ten spyte van die magtige kultuur wat ons wou oorskadu, het ons ‘n nasie geword.

‘n Nasie kan nie ‘n nasie bly sonder die liefde vir vryheid en gelykheid met ander nasies nie. Magte in Suid Afrika wat nie ‘n nuwe nasie nie wil hê nie, het komplotte gesmee om die Suid Afrikaanse nasie te vernietig.

Mag en sluheid het saamgespan, en die beendere van ons helde van vryheid lê versprei op die slagvelde. Die magtigste militêre ryk in die wêreld kon egter nie daarin slaag om ons volk te vernietig nie.

Ons mense is blootgestel aan die gevare van ‘n swart bedreiging en ‘n swart barbaarse bedreiging wat verskeie nasies vernietig het. Ons het egter ‘n volk gebly deur ‘n verhouding van heer en diensbode tussen blank en swart te skep, en nie rassevermenging toe te laat nie, want ‘n volk wat sy rasegtheid verloor, kan nie as volk voortbestaan nie. Ons het ‘n volk geword ten spyte van al die gevare en ten spyte van onsself.

Dwarsdeur ons geskiedenis is die Godsplan met ons volk klaarblyklik, en ons het die goddelike reg om Afrikaners te wees. Geen mag ter wêreld kan ons nasieskap doodmaak nie, want God het ons volk geskep.

Dit is nie nodig vir ons om te vra wat ons in die toekoms gaan doen nie. Ons kan slegs ‘n boodskap van hierdie feesviering rig aan dié wat dit in 2037 sal vier, want ons twyfel nie, en sal nooit twyfel dat die Afrikanervolk dan, of oor 500 jaar, nog sal bestaan nie.

Behoud van vryheid is moeilike taak

Die taak wat op die skouers van ons nageslag rus, sal moeiliker wees as die wat op ons skouers rus of wat op die skouers van die Voortrekkers gerus het.

Ons het vandag vryheid behaal; die stryd om vryheid is verby, maar juis om daardie rede sal hul stryd moeiliker wees, want dis makliker om vir vryheid te strewe as om te weet wat om daarmee te maak as dit eers verkry is, en hoe om dit vir konstitusionele doeleindes te gebruik.

Die Voortrekkers het die kolonie verlaat om die land oop te stel en ‘n nuwe tuisplek te vind. Sedertdien het trekkers die Suid-Afrikaanse kus en grense verlaat om nuwe woonplekke in Argentinie, Angola en elders te vind.

Ons taak en die taak van ons nageslag is om ‘n tuisplek te vind vir daardie Afrikaners in hul eie land waar hul hoort.

Daar is tans ‘n ander en nuwe trek, naamlik die van die platteland na die stede, en die taak van ons nageslag is om toestande in die stede te skep waaronder hierdie trekkers in staat sal wees om Afrikaners te bly, en waarin hulle ‘n lewensbestaan kan voer.

‘n Ander moeilike taak is geskep as gevolg van die toestroming na Suid Afrika van mense uit alle dele van die wêreld, wat hierheen gelok is deur die rykdom wat deur God hier geplaas is.

Die Voortrekkers het hierdie land vir ons verower en dit bewoonbaar gemaak vir ons. Sal ons hierdie land vir onsself en vir ons kinders behou, of toelaat dat dit in die hande van vreemdes verval, en die kinders van die Voortrekkers vreemdelinge en bywoners in hul eie land word ?

Die gevaar van rassevermenging

Die vraag is of Suid-Afrika aan ons sal bly behoort of nie? Die Voortrekkers het gewaak teen rassevermenging, en daardie taak rus nog op ons en sal op ons nageslag rus. In die tyd van die Voortrekkers was dit ‘n betreklik maklike taak, maar toestande het tans verander. Die gekleurde rasse raak beskaafd en hulle dring al hoe meer in die werk en kringe van die blanke, waar hulle skouer aan skouer saamwerk – nie as heer en dienskneg nie, maar as werksmense op ‘n gelykheids grondslag. In die grotere stede woon blankes en gekleurdes teenoor mekaar. Hul kinders speel saam.

Ons boodskap aan ons nageslag is: raak ontslae van die minderwaardigheidskompleks teenoor ander nasies en teenoor ons voorouers en Voortrekkers.

Die Voortrekkers het nie aan ‘n minderwaardigheidskompleks gely nie, en ons durf nie so ‘n kompleks by onsself aankweek nie. Ons nageslag moet aan hul vroue en kinders hul regmatige plek in die stryd vir volksbestaan, soos die Voortrekkers gedoen het, toeken. Ons moet dink aan Bloukrans en die Vrouemonument en besef dat net soveel lewens van vroue en kinders op die altaar van vryheid geplaas is as dié van mans.

Hierdie land is aan die Voortrekkers gegee in omstandighede waarin hulle God nie kon vergeet nie. Die Voortrekker was die kind van die veld, en onder die gedurige gevaar van barbaarse swarte mensehordes en diere was hulle noodwendig gedurig afhanklik van die hulp van God.

Ons land is onderhewig aan droogtes wat ons bestaan binne korte tyd kan wegveeg. Ons word gedurig aan God herinner tot wie ons, ons toevlug moet neem. As hierdie fondament ineenstort, is daar geen hoop vir die toekoms nie.

Antwoord op die roepstem

Grootheid word gebore tussen die heuwels in die stilte van die natuur, want in die eensaamheid van stilte spreek die natuur en God, en God word aan die mens geopenbaar. Daar hoor die mens die stem van God en die roepstem van die volk wat hom nodig het. Die mens antwoord dan op die roepstem, en onderneem die groot taak, en selfs as die volk die onderspit delf, weet hy dat God die bestaan van sy volk waarborg. Hy is nie bevrees om te wen of te verloor nie, want hy weet dat uit die dood lewe spruit, en dat hy die bystand van God en die opdrag van God het om hom te steun in die diens van sy volk. Dit dan is ons boodskap aan hulle wat hierdie geleentheid in 2037 sal vier, die boodskap wat ons van die Voortrekkers ontvang het, naamlik: Glo in God, glo in u volk, glo in uself.

 Dr. DF Malan, baanbreker Afrikanerleier