Author Archives: HoofANBredakteur

ANB Nuusbrief : Belangrike ANB Kennisgewings vir einde van 2021

ANB hou Suksesvolle Jaarvergadering en Afsluiting vir 2021

Die ANB het nogeens vir ‘n volgende jaar ge-reorganiseer en vir die nuwe jaar is daar nou sewe takke wat oor Transvaal versprei is. Tzaneen, Ysterberg (Thabazimbi), Generaal Beyers (Nylstroom/Alma), Ellisras, Jaap Marais (Verwoerdburg), Trans-Magalies en ook HF Verwoerd (Pretoria Moot).  Ons het nuwe belangstelling in die Vrystaat en in die Noord Kaap ook wat ons hoop om uit te bou in die toekoms.

Die afgevaardigdes saam met bykomende verkose hoofbestuurslede vorm die Hoofbestuur van die ANB. Bykomende lede op die hoofbestuur sluit dan ook verteenwoordigers van Johannesburg en die Vrystaat in.

Die ANB be-oog om in 2022 meer aandag te gee aan die ander feesdae/gedenkdae om die oproep van ons geskiedenis na ons mense te bring. Dit is Majubadag, Stigtingsdag en Taaldag, afgesien van die Republiekdag en Heldedag wat ons reeds jaarliks vier. Die hoofbestuursvergaderdatums is dan ook so gekies dat dit op datum naby aan die betrokke dae val.  Meer besonderhede oor wat ons beplan sal volg.

Die dagbestuur vir die volgende jaar is:

Johan Grobler (Voorsitter)
Carel van der Grijp (Onder-voorsitter)
Marthinus (Boeta) Erasmus (Bykomende lid)
Koos Venter (Bykomende lid)
Emil de Villiers (Sekretaris/Penningmeester)

(Kliek hier vir Kontak besonderhede)

Leedwese

Ons het ook met leedwese kennis geneem van lede wat ons ontval het in die afgelope jaar. Ons dink aan tannie Suzette de Ridder, oom Frans Bennett en oom Piet Hartman. Hulle almal het voluit in die stryd gestaan vanaf die beginjare van die HNP en was ons altyd ‘n voorbeeld en aansporing wees.

Lede se kontakbesonderhede

Die sekretaris wil ‘n beroep doen op al die ANB lede om asb hulle kontakbesonderhede (ten minste ‘n selfoonnommer of e-pos adres) aan hom te stuur per “whatsapp”, “telegram” of e-pos.  Hoewel ons in ‘n tyd lewe van welige verskeidenheid en vinnige kommunikasie, verander mense se kontakbesonderhede ook veel vinniger.  As u besonderhede verander moet u ons dus asb ook dadelik inlig sodat ons u op hoogte kan hou van ons aksies en nuus met die regte perspektief aan u kan bly voorsien.  So bly ons betrokke by die stryd en kan ons mekaar daarin dra en versterk.

Ons moet darem byvoeg dat ons al die hoofbestuurslede se besonderhede het.

Ons beplan om dit binnekort moontlik te maak vir lede om hulle besonderhede ook self aanlyn hier op ons webtuiste by te kan werk.

ANB Nuusbrief Formaat

Soos u moontlik reeds weet, gee die ANB nie meer ‘n gedrukte nuusbrief uit nie, maar het omgeskakel na elektroniese media.  Ons versoek aan lede is om ook aan die lede wat nie toegang tot die elektroniese media het nie te help met uitdrukke van die elektroniese nuusbrief artikels.

Die ANB publiseer nou gereeld artikels op gesiggieblad (facebook)  en stuur ook gereeld die artikels per kriekie (“whatsapp”) via ‘n kennisgewingsgroep. Die gesiggieblad is ‘n openbare gespreksforum waarop daar reeds meer as 388 volgelinge is.  Sedert die begin van die jaar het die aantal belangstellendes veelvuldig toegeneem.  Terwyl ons nie Facebook besit nie en bewus is van hulle anti-nasionalistiese uitgangspunt, plaas ons ook die artikels op ons webtuiste waar ons vyande ons nog nie so maklik kan sensor nie.

Die pad vorentoe…

Ten spyte die roeringe van die waters deur magte in die wêreld, sien ons verder. Ons hoop bly op ‘n beter toekoms wat na hierdie lewe kom. Maar ons roeping bly in die lewe om ons bes te doen om ons vryheid te herwin om net een rede en dit is om God na die beste van ons vermoë te dien binne die struktuur van gesin, gemeente, Afrikanervolk.  Dit sal ‘n blywende stryd wees. maar ons krag daartoe is van buite onsself.  Dit word aangevuur deur geloof in God, die sekerheid van ons roeping en gedryf deur liefde vir die bewaring en uitbou van ons Godgegewe erfenis. Dit is die Christelike Nasionalisme.

Ons wens is dat u ook die geleentheid sal kan vind om ook ons Bloedrivier Gelofte aan God te gedenk op die 16de Desember vanjaar. Ons wens ook u en u gesin ‘n geseënde 2022.

Emil de Villiers

Sekretaris ANB.

 

 

C. J. Langenhoven Spreuke oor Werk

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom. ~ C.J. Langenhoven

Kla oor die kooi as dit ‘n ander is wat dit vir jou opgemaak het. ~ C.J. Langenhoven

Daar is geen luiaard wat glad nie wil werk nie. Hy verlang maar net na ‘n ander soort werk as die wat hy nou moet doen. ~ C.J. Langenhoven

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry. ~ C.J. Langenhoven

Die luiaard is die enigste man wat van sy slaap sal moet rekenskap gee. ~ C.J. Langenhoven

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde ‘n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie. ~ C.J. Langenhoven

Met gehoorsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees. ~ C.J. Langenhoven

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen die wat die misverstand jou sou gekos het. ~ C.J. Langenhoven

As sport ons daaglikse plig was, sou ons die werk wat ons nou moet doen byderhand neem vir ons plesier. ~ C.J. Langenhoven Die man wat vandag hierdie vak bevlieg en môre daardie wys self dat hy nie weet wat sy roeping is nie. Sy inkomste wys dit ook. ~ C.J. Langenhoven

Salomo het by ‘n luiaard se akker verbygeloop. Had hy bietjie vertoef dan kon hy gebie het op die vendusie. ~ C.J. Langenhoven

Hoe swaarder ‘n man aan sy goed gekom het, hoe swaarder bring hy daaraan deur. Swaar-kry: lekkerkry; lekker-kry: swaarkry ~ C.J. Langenhoven

Daar is een goeie ding wat ‘n slaaf soms koop wat vir sy baas te duur is. Die goeie ding is rus en die prys is arbeid. ~ C.J. Langenhoven

Daar is mense wat kan doen wat hulle wil, maar dit is die wat wil doen wat hulle kan. ~ C.J. Langenhoven

Ek was so besig om kanse te soek dat ek my geleenthede een vir een laat verbyglip het. ~ C.J. Langenhoven

Die ryk man het mos nie nodig om so suinig te wees nie. Maar hy is nie ‘n ryk man wat suinig geword het nie: hy is ‘n suinige man wat ryk geword het. ~ C.J. Langenhoven

Help jou swakke mededinger op die bene bly. As hy tot niet gaan, kom daar straks ‘n sterke in sy plek. ~ C.J. Langenhoven

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus. ~ C.J. Langenhoven

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk. ~ C.J. Langenhoven

Welvaart is die dogter van matigheid en die moeder van weelde. ~ C.J. Langenhoven

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en swaarste is die wat my voete nooit vat. ~ C.J. Langenhoven

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns nie. ~ C.J. Langenhoven

Die man wat ek na soek, is nie die wat die minste foute maak nie, maar die wat die meeste foute regmaak. ~ C.J. Langenhoven

En vêrder die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie. ~ C.J. Langenhoven Het die daeraad lief en die dag sal jou liefhê. ~ C.J. Langenhoven

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal ‘n tyd kom wanneer ‘n baas jou sal laat vroeg opstaan. ~ C.J. Langenhoven

‘n Man wat oor homself baas is, is nooit die kneg van ‘n ander nie. ~ C.J. Langenhoven

Dis die flukse perd wat flou word. ~ C.J. Langenhoven

Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet. ~ C.J. Langenhoven

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir ‘n ander. ~ C.J. Langenhoven

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van ‘n ander se aanskyn sy pastei. ~ C.J. Langenhoven

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan ‘n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees. ~ C.J. Langenhoven

‘n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Die wat hy nie wegja nie loop weg. ~ C.J. Langenhoven

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur. ~ C.J. Langenhoven

Om van ‘n ou ding ontslae te raak, verf hom nuut. ~ C.J. Langenhoven

Vir sy eie voordeel beklee ‘n man ‘n beroep; vir die voordeel van sy ewemens volg hy ‘n roeping. ~ C.J. Langenhoven

‘n Goeie ambagsman kry nooit sy werk na sy eie sin nie; ‘n slegte kry dit nooit na die sin van sy klandisie nie. ~ C.J. Langenhoven

Elke artikel wat hy maak is ‘n nuwe skoonheid waarvan hy die skepper is: dis syne en ‘n ander kon dit nie so gemaak het nie, want sy siel het hy daarin uitgegiet. ~ C.J. Langenhoven

Die slegte ambagsman beveel sy werk aan; goeie werk beveel sy ambagsman aan. ~ C.J. Langenhoven

So ‘n ambagsman is die gelukkigste mens op die aarde. Sy arbeid is sy lewenslus. Sy hardste werkdag is sy keurigste vakansie. Nie om die prys of die loon nie, maar om die heerlikheid van sy werk, werk hy. ~ C.J. Langenhoven

Ploeg self op die klip land en gee vir jou kneg die sagte grond. Dan sal jy jou kneg behou en jou ploeg ook. ~ C.J. Langenhoven

Moenie by die huis rondlê en jou knegte werk toe stuur nie. As jy vir jou eie belange traag is, hoe kan jy verwag dat hulle vir ‘n ander s’n ywerig moet wees? ~ C.J. Langenhoven

Doen jou eie werk. Dis verveliger om te wag solank as ‘n ander jou ketel kook as wanneer jy hom self kook. Tog gaan dit gouer, wat hy is nie so spaarsaam met die hout nie. ~ C.J. Langenhoven

Om die luiaard gisteraand nie moeg was nie, het hy vannag nie gerus nie en daarom is hy vanmôre nog lui. ~ C.J. Langenhoven

Die goedkoopste manier om aan jou lewensmiddel te kom is om daarvoor te werk. Die duurste is om dit te steel. ~ C.J. Langenhoven

As jy geen stuk kennis het van die ambag waar jy ‘n man voor huur nie, bekyk sy gereedskap. Hy sal nie in jou belang oppassender wees as in sy eie nie. ~ C.J. Langenhoven

Staan by die man wat by die dag werk om te sien dat hy nie te stadig is nie, en by die man wat by die stuk werk om te sien dat hy nie te haastig is nie – of huur twee, een by die dag en een by die stuk, en laat die een die ander skaam maak. ~ C.J. Langenhoven

Maak vir die man wat nie omgee nie goeie werk. Die man wat omgee sal dit by hom sien en ook by jou kom bestel. ~ C.J. Langenhoven

As jy jou werk sleg doen omdat jy jou loon te min beskou, sal jy nooit goeie werk doen nie: want jy sal nooit genoeg loon kry na jou eie sin nie. ~ C.J. Langenhoven

Ons betaal ons onwillige knegte altyd te veel, ons gewilliges altyd te min. ~ C.J. Langenhoven

Betaal ‘n donkie se prys en moenie ‘n perd se diens te wagte wees nie – maar jy betaal maklik ‘n perd se prys en jy kry ‘n donkie se diens. ~ C.J. Langenhoven

Daarom het Adam en Eva die Paradys nie gewaardeer nie omdat hy hulle niks gekos het nie. ~ C.J. Langenhoven

‘n Man wat nog nooit self iets bymekaar gemaak het nie, het altyd slim planne hoedat ‘n ander sy geld behoort te gebruik wat daarvoor gewerk het. ~ C.J. Langenhoven

Die geluk van die skyf is by die roer, en die geluk van die oes by die boer. Die belangstelling van die kneg moet jy toekry: jy kan dit nie huur nie. ~ C.J. Langenhoven

As ek die begeerte mog waag, sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag: “Ek het hom by sy werk gekry.” ~ C.J. Langenhoven –

Ons weg deur die wêreld, 1913

Huldeblyk – Suzette de Ridder

Suzette Douwine de Ridder is op 29 Julie 1928 in Potchefstroom gebore. Sy was die oudste kind van Boy (Josephus Marthinus) en Tollie (Gertruida Anna Susanna) Fourie.

Na die voltooiing van haar skooldae, eers in Central Primary School en Leith Academy in Edinburgh, Skotland (1939), daarna in die High School for Girls in Potchefstroom, het sy haar graad B.A. Ed. Ph. (HOD) in 1951 aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Sy hou in 1952 by die Hoërskool Heidelberg skool. Van 1953–56 gee sy Engels by Afrikaans Hoër Meisieskool. Sy was onder andere ook ’n kranige sportvrou. Sy ontmoet Johan (Johannes) de Ridder, ’n argitek wat onder andere vele kerke ontwerp het. Hulle trou op 14 Desember 1954 en vestig hulle eers in Herbert Bakerstraat 31 en later in Herbert Bakerstraat 56 te Groenkloof, waar hulle gewoon het tot 2003. Natuurlik was die huis deur Johan ontwerp.

Uit die huwelik is 4 kinders gebore: Johan 1958, Trudy 1959, Tienie 1962 en Tomas 1964. Baie interessant is die feit dat Suzette se moeder ’n nooi van der Merwe was en haar seun, Johan se vrou, ook van der Merwe was.

Ten spyte van die verlies van twee seuns het Suzette in geloof moedig voluit voortgelewe. Thomas is in 1982 op byna 19, as eerstejaarstudent in Argitektuur, tragies en misterieus in ’n motorongeluk oorlede. Johan is in 2012 aan breinkanker oorlede. Johan, haar eggenoot, is in 2013 oorlede, hoofsaaklik as gevolg van Parkinson-siekte.

Hulle was vir meer as 59 jaar baie gelukkig getroud. Na 2003 het hulle na die Protea-aftreeoord in Centurion verskuif. In 2019 het sy na Huis Nasaret in Waterkloof verskuif, nie ver van haar Herbert Bakerhuis nie.

Hoewel sy baie swaar gekry het na Johan se afsterwe, het sy selfstandig (met Tienie se hulp) aangegaan. Sy het nog elke Sondag van Centurion na die Gereformeerde Kerk, Meintjieskop, gery waar hulle vir baie jare lidmate was. Sy het, net soos Johan, meer as een rugoperasie gehad en derhalwe redelik krom geloop, maar altyd aan die hardloop totdat sy een Sondagoggend langs die pad gaan staan het met die motor. Die kinders het haar toe dringend versoek om nie meer alleen te ry nie. Tienie, wat haar baie liefdevol bygestaan het tot haar einde toe, het daarna gesorg dat sy elke Sondagoggend by die kerk kom en weer terug.

Tienie beskryf sy ma as baie Godvresend, aantreklik, stylvol, lojaal, blymoedig, ruimhartig, onpartydig en beskeie. Behalwe Godvresend was hulle ook groot nasionalistiese, patriotiese volksgenote – in hart en siel Afrikaners. Sy en Johan was al die die jare HNP’s en het op verskeie kultuurinstansies gedien. Hy onder andere by die GHA en sy by Boervrouforum.

Met die skeuring het hulle onmiddellik ingeskakel by die ANB en was erelede tot hul dood. Suzette het na Johan se dood nog baie ANB-vergaderings bygewoon en baie sinvolle bydraes gelewer.

Weens swak bloedsomloop het sy die laaste paar maande ongeneeslike sere aan haar bene gekry en kon nie meer loop nie en was die laaste maand bedlêend. Haar toestand het toe vinnig versleg, want in haar eie woorde het sy haar kerk en die gemeenskap van die Heiliges so gemis dat sy oorgegee het. Ten spyte van haar 92 jaar was haar brein nog skerp en haar taalgebruik onberispelik.

Haar lewe is gekenmerk deur ‘n diepe dankbaarheid teenoor haar Skepper, onwrikbare geloof en innige liefde vir haar man, kinders en kleinkinders. Sy was ‘n besondere aantreklike, netjiese,
vriendelike, innemende, ruimhartige, opofferende en beskeie persoon. Sy het met die grootste sorg, deernis en meelewing na siekes en hulpbehoewendes omgesien en waar ook al gehelp.
Die manier hoe sy terugslae en beproewing sonder klag en moed in lydsaamheid gedra het sal vir ons altyd ‘n voorbeeld wees.

Sy was bevoorreg dat haar drie oorblywende kinders die laaste week by haar bed kon waak (Trudy en Helene vanaf die Kaap).

Het die Afrikanervolk ‘n reformasie nodig na sy ware erfenis en kultuur?

Erfenis, kultuur…

Dit is swaar woorde. Woorde wat mense nie vandag graag gebruik nie, behalwe om te spot.

Hoe het dit gekom dat ons hierdie begrippe so minag?

Wanneer is ons besig met kultuur en wanneer is dit maar net tradisie of gewoonte of selfs mode?

Maar wat is kultuur?

Vir meeste mense is kultuur iets vaags wat te doene het met braaivleis en koeksisters, ‘onder die belt’- grappies en die praat van ‘n soort gemengde Afrikaans/Engels…

Maar dit is nie kultuur nie. Dit is goeie of slegte gewoontes.

Ware kultuur is daardie eienskappe wat van ‘n groep mense ‘n volk maak. Wat hulle saamsnoer rondom ‘n gemeenskaplike geestes-besit, ‘n gesamentlike geestes-erfenis. * * *  (sien verduideliking onder)

Daarom, moet die woord kultuur vir ons beteken: ons Bybelse beginsels, ons land, ons taal, ons  volksmusiek — volkspele, volksliedere…

Dit bring ons by nog ‘n vraag:

Waar pas musiek in by kultuur?

Musiek is een van die maniere waarop kultuur homself openbaar. Musiek is deur die Here aan ons gegee tot opbouing en versterking van wie ons is.

Ons mag musiek nie ligtelik opneem nie.

Musiek is nie sommer so nie. Dis baie besonders. Dis magtig.

Maar ook musiek is bederf deur die sonde. Die eerste geweldadige lied, deur Lameg, tot eer van homself gekomponeer, het al gewys hoe musiek aangewend kan word tot haat en vernietiging. Daarteenoor wys die Psalms weer, tot eer van God geskryf, hoe musiek kan opbou en verhoog.

As dit verkeerd gebruik word kan dit vernietig, doodmaak, verander.

Daarom gebruik die vyande van God musiek téén die kinders van God. Lank reeds is hulle besig om,  veral met musiek, ons oorge-erfde Afrikaner-kultuur te vervang met vreemde kultuur.

Oral waar vandag musiek gespeel word, hoor ons nagemaakte Amerikaanse/internasionale anti-kultuur. So gaan dit nou al vir meer as tagtig jaar aan. Ons het hierdie afbrekende anti-musiek al so gewoond geraak, ons dink dit is ons eie.

Daarmee saam het ons al meer ons vermoë verloor om te onderskei tussen verfynd en onbeskaafd. Kyk maar — in plaas van die sierlik uitgewerkte passies van ons eie, besonderse volkspele, staan ons nou en heupswaai en ruk op ritme — soos enige rowwe kind van Afrika.

Kyk maar ook na ander kunsvorme — die mooi van die Skepping word nie meer uitgebeeld, tot eer van die Skepper nie – nee, die dierlike laagheid van die sondige mens word gedurig in ons gesigte gedruk.

Vermaak — selde of ooit is daar meer goeie, skoon humor — waar die mens vir homself lag. Nee, alewig die verlekkering in al wat smerig en agterbaks is.

So ploeter ons in die ‘lekker’ modder rond – en so sak ons weg in ’n moeras van geen kultuur, geen identiteit, geen toekoms.

Is ek té erg, té radikaal? Nee, ek dink nie so nie.

Sopas in Oktober het ons weer die geskiedenis van die Reformasie herdenk. Dit is nie outydse geskiedenis nie.

Dit is gister – vandag – môre. Die hervormers van die 16de eeu, is die (Afrikaner)volk van nou, en die geloofs-helde van môre…

Dit het alles met ons en ons bestaan hier in Afrika te make, want ons volk is in die lewe geroep vanuit die reformasie.

Semper reformanda!

Dit was die roepwoord van ons volk se beginjare.

Weer ‘n swaar woord met groot betekenis…

Wat beteken reformeer?

Dit beteken = terugkeer.

Weg van wat ons gewórd het – lekker eet, lekker stout wees, lekker vloek, lekker ‘glo’…

Terug na ons erfenis en alles wat suiwer, mooi en goed is.

Terug na wie God ons gemaak het: gelowig, wit, Afrikaans.

Binne gesin, familie, volk.

Terug na God.

“Ek is die Trekker met my wa.

die wit kind van groot Afrika.

Ek is geen vreemde

uit vreemde hoek,

Wat hier na goud

en roofgoed soek.

Ek kom my ryke erf’nis vra,

Ek kom dit soek en speur dit na

Erfseun van my Afrika.”

~ Totius ~

 

* * *  Ter verduideliking –

Met Geestes-besit en geestes-erfenis word bedoel:

  1. Bo alles, die onvervalste Woord van God, in die Afrikaanse taal bekend as die 33/53-Bybel.
  2. Die rotsvaste, oorgelewerde geskrifte, waarin ons gelowige voorouers lankal reeds al die kwessies van die dag deurtrap en uitgeklaar het –  gestaaf vanuit die Bybel en gegrondves op die Woord. Ons noem dit  Belydenisskrifte. Vandag vir ons so te sê verlore, omdat ons, ons ore  uitleen aan kwaadwilliges wat dit afmaak as outyds / anti- Bybels /  ‘kerks’…

(Vir die wat vergeet het = kerk beteken kinders van God)

  1. Die ware geskiedenis, sonder die invloed.van on-Bybelse ideologieë — wat ons aan ons kinders moet vertel sodat hulle die hand van God daarin  kan herken.
  2. Al die opheffende prosa en poësie, skilderye, beeldhouwerk, kunswerke (dink bv aan die tappiserieë en friese wat in die Voortrekker-Monument hang)… ons  kunsliedere, volksliedere, volkspele…

ENGELS, ENGELS ALLES… AFRIKAANS!

Gepubliseer ANB Nuusbrief April 2006

Tans is daar ongeveer 5 000 moedertale op aarde. Van hulle sal meer as die helfte teen 2100 nie meer gepraat word nie. Afrikaans hoef nie een van die tale te wees wat uitsterf nie, skryf MARISA HAASBROEK.

Nog nooit in die geskiedenis was daar ‘n taal wat deur so baie mense op so baie plekke gepraat word as tans met Engels nie. In 1936 was daar 174 miljoen mense wat Engels as moedertaal gehad het en 20 miljoen mense wat Engels as tweede taal gebruik het. In 1986 het 300 miljoen mense Engels as moedertaal gebruik en 400 miljoen as tweede taal. Teen 1997 het die syfer gestyg tot 350 miljoen mense met Engels as moedertaal en 700 miljoen met Engels as tweede taal. Daarby kon 1800 miljoen mense hulself op ‘n manier met Engels oor die weg help.

Engels is ongetwyfeld tans die taal van die diplomasie. ‘n Waarnemer was byvoorbeeld in 1991 tydens ‘n politieke konferensie in die Balkan, geskok toe omtrent al die deelnemers, wat Russies goed magtig was, verkies het om in gebroke Engels met mekaar te praat. Daardie lande sien Rusland as ‘n onderdrukker en Engels is dus meer neutraal vir hulle, maar die groter gebruik van Engels bly nietemin ‘n wêreldwye neiging. Soos in die Europese Unie met sy ses amptelike tale en al, word Engels tans meer gebruik as Frans of Duits.

In die lugvaartbedryf praat almal Engels. Is daar in ‘n land twee amptelike kennisgewings, is een waarskynlik in Engels. Daar word baie meer Engelse koerante en tydskrifte gepubliseer as in enige ander taal. Engels is die taal van die Internet en van die meeste flieks en TV uitsendings. ‘n Mens hoor Engelse woorde in ‘n Duitse nuusbulletin, in ‘n Franse sportverslag, in gesprekke tussen Zoeloe en Afrikaanse tieners. Belangriker nog, as twee mense verskillende tale praat, praat hulle meestal Engels met mekaar, synde in die gange van die VN of in ‘n rekenaarwinkel in Singapoer. Ek het al, tot my spyt, Engels met Nederlanders gepraat!

Nooit het ek kon dink dat ek met iets wat Mahatma Ghandi gesê het, sou saamstem nie, maar ‘n mens is lus om saam met hom te weeklaag: “… people seem to be drunk with the wine of English and they speak English in their clubs, in their home and everywhere. They are denationalized.” Die feit dat hy dié uitspraak in 1946 in Engels gemaak het, maak dit juis meer ironies.

Daar is tale in die wêreld met meer moedertaalsprekers as Engels. Chinees het 700 miljoen van hulle en Hindi (van Indië) ook 350 miljoen, maar hierdie tale word in ‘n enkele, goedbegrensde gebied gepraat en is nie sulke wêreldwye tale soos Engels nie.

Tydens die Romeinse Ryk het tale ook teen so ‘n duiselingwekkende tempo soos vandag tot niet gegaan. Kyk ‘n mens na ‘n kaart van die grondgebied waaroor die Romeine teen 100 vC die septer geswaai het, was daar ongeveer sestig tale in gebruik. Vyfhonderd jaar later het net tien tale in hierdie gebied oorgebly. Die sterkste twee was Latyn en Grieks. Die linguïs, Andrew Dalby se beskrywing van hoe ‘n tipiese nieLatyns-sprekende gesin in daardie dae sou redeneer, verduidelik goed wat die dinamiek van so ‘n taalverplasing is.

Sprekers van minderheidstale wat hulself binne ‘n groter gemeenskap en ekonomie bevind het, kon besluit het dat hulle niks met die nuwe taal te make wou hê nie. Maar dan het hulle hul afgesny van ‘n moontlike inkomste. Baie gou sou hulle besef het dat handel en beroepsmoontlikhede in Latyn meer was. Hulle kon dus besluit het om Latyn net te praat as dit noodsaaklik was. Mettertyd sou hulle Latyn egter goed kon praat. Spoedig sou so ‘n gesin moes kies watter taal hulle hul kinders sou leer. Hulle kon daarop aandring dat die kinders net hulle moedertaal praat. Maar hulle sou aan hulself moes erken dat daar meer geleenthede vir hul kinders sal wees as hulle Latyn goed kon praat en sou die kinders dan Latyn begin leer. Die kinders sou dan min of meer tweetalig groot word. Hulle sou die ou taal meer by die huis en in die buurt hoor en Latyn in die handel en by die werk.

In die Romeise Ryk is beweeglikheid aangemoedig en die kans dat ‘n volgende geslag met iemand trou wat ‘n ander moedertaal praat, was groter. As hulle self ouers in so ‘n gemengde huwelik word, sou hulle doelbewus moes besluit in watter taal hulle die kinders gaan grootmaak. Latyn sou al hoe meer na die logiese keuse lyk.

Soos wat die klem met elke volgende geslag al hoe meer op Latyn val, word die motivering om die ou, plaaslike taal enigsins aan te leer, al hoe kleiner. En mettertyd verdwyn die ou taal heeltemal. Soos in die geval van Latyn destyds, praat meer mense Engels, omdat Engels tans die voertuig na groter welvaart is.

Koning Kamehamela IV van Hawaii wat in 1855 die volgende gesê het, som die huidige beskouing oor Engels goed op: “… it is my firm conviction that unless my subjects become educated in this tongue (Engels), their hope of intellectual progress, and of meeting the foreigners on terms of equality, is a vain one.”

Met hierdie uitspraak het die koning in wese die doodvonnis van Hawaiis geteken. In 1870 het Engels in Hawaii die taal van alle wetgewing geword, in 1893 is die monargie omvergewerp deur ‘n gesamentlike poging van buitelandse sakemanne. Kort daarna het Amerika Hawaii geannekseer. Al het die Hawaiiers hul taal en kultuur opgeoffer, omdat hulle Engels as ‘n hoër-status taal gesien het, het dit hulle niks gebaat nie. Vandag is hulle ‘n minderheid in hul eie land en bevind hulle hulself meestal in lae-status-poste wat swak betaal.

Veeltaligheid is sommer ‘n oorlas en hoe gouer almal Engels praat hoe beter, meen baie mense. Die meeste van hulle is interessant genoeg Engelssprekend. Hulle is verkeerd. Soveel tale as moontlik moet bewaar bly. Dis dalk die maklikste om dit met behulp van die ekologie-beeld van biodiversiteit te verduidelik: as die genepoel van ‘n spesie te klein raak, raak die spesie kwesbaar vir siektes. Dis presies dieselfde met tale.

Talle linguïste is van mening dat elke taal in die wêreld ‘n unieke denkstelsel het, unieke kennis het en dus ‘n unieke bydrae maak tot die menslike ervaring. Gestel daar steek oor ‘n eeu weer ‘n geestelike gogga, iets soos kommunisme, sy kop uit en daar is net twee tale in die wêreld oor. Van waar af gaan die verset kom teen die dwang op denkvryheid as die hele mensdom op presies dieselfde manier dink?

‘n Sprekende voorbeeld van hoe kennis in ‘n spesifieke taal ingebed is, kom uit die taal Noord-Fries, wat tans ‘n minderheidstaal is wat net op die eilande Föhr en Amrum noord van Duitsland gepraat word. In alle moderne Europese tale kry ons ‘n woord vir die pituïtêre klier (ook bekend as die harsingslymklier), wat gewoonlik óf ‘n Latynse óf ‘n Griekse oorsprong het. Sulke akademiese woorde dui gewoonlik daarop dat net mense soos dokters en ander anatomiekenners weet van die bestaan van dié klier. Dié klier is in die meeste diere maar omtrent so groot soos ‘n ertjie en boere en slagters sal dit gewoonlik nie oplet in skape, varke of beeste nie.

Maar die Noord-Frieslanders het ‘n gewone, en baie bekende naam vir dié klier. Hulle noem dit ‘n brajnkoop, ‘n breinknoop. Hoekom? Want Noord-Frieslanders is tradisioneel walvisjagters, wat die klier by dié dier gesien het. In walvisse is dit inderdaad baie meer opvallend en so groot soos ‘n lemoen. Noord-Fries gebruik selfs die woord in een van sy idiome, wat waarskynlik uit die walvisjagtyd kom. “Hi wiar so areg, at ham a brajnkoop baarst”, Hy was so kwaad dat sy harsingslymvlies gebars het. Die walvisjagters het opgelet dat ‘n walvis wat geslag is na ‘n lang en harde geveg met die jagters, bloeding in hierdie klier gehad het. Eers in die 1970’s het die Kanadese navorser Selye sy stresteorie bekend gemaak en deur sy navorsing bevind wat die Noord-Fries-landers al vir eeue weet — naamlik dat stress die pituïtêre klier beskadig.

Dink net, as meer mense Noord-Fries geleer het, kon ons dié kennis al lankal gehad het! ‘n Mens kan nie help om te wonder hoeveel kennis vervat is in daardie vyftig tale wat in die Romeinse Ryk tot niet is nie. Sou sprekers van hierdie tale dalk geweet het van ‘n geneesmiddel vir kanker of ‘n leidraad gehad het wat die wêreld met sy huidige energiekrisis kon help?

Die linguïs, Marianne Mithun is van mening dat as ‘n taal in die vergetelheid verdwyn, die intiemste aspekte van daardie kultuur ook kan verdwyn: maniere waarop daardie sprekers hulle ervarings tot woorde bring, hoe idees met mekaar in verband gebring word, hoe mense met mekaar in verhouding tree. Die meer bewuste aspekte van die taal is ook tot niet: tradisionele rituele, praattaal, mites, legendes en selfs humor. Baie keer sê mense dat as hulle ‘n ander taal praat, hulle ander dinge sê en selfs dink.

‘n Taal wat tot niet gaan, is ‘n verlies vir die hele mensdom, want dis ‘n verlies aan insig in ander mense se belewenis van die wêreld, sê Mithun. Andrew Dalby is van mening dat die mensdom hierdie wisselwerking van verskillende kennis- en denksisteme nodig om voortuitgang te verseker.

Ons aanvaar dus dat dit noodsaaklik is om tale te bewaar, maar my saak en verantwoordelikheid lê ten eerste by my eie moederaal. Hoe stuit ‘n mens die agteruitgang van Afrikaans? Wat doen jy as al hoe meer mense om jou verkies om hulle kinders eerder Engels te leer, omdat soos hulle net soos die burgers van die destydse Romeise Ryk sê: “Hoe anders gaan hulle eendag werk kry?

In die eerste plek moet ons die unieke bydrae van Afrikaans, soos enige ander taal, tot die mensdom se ervaring en kennis besef. Presies waar dit lê, sal slimmer mense as ek moet uitdink. Konkrete voorbeelde soos die Friese klier rakel ‘n mens helaas nie so maklik op nie. Ek voel tog aan dat Afrikaans ‘n verbondenheid met die landskap het, wat dalk uitsonderlik is. Ek dink hier aan ‘n karakter in Ben Venter se roman Waterbobbejaan wat ‘n probleem “oopdink”. ‘n Mens sien amper die wye Afrika ruimtes in die man se kop as hy tot ‘n oplossing kom. So-iets kom meermale in ons letterkunde voor.

alreeds in 1683 het Leibniz gesê dat taal en nasie saam floreer. Nasionaliste redeneer immers só: ek behoort tot hierdie groep mense omdat ek gene, geskiedenis en geloof met hulle deel. Daarom praat ek die taal van my groep, is ek lief vir en trots op my taal. Vir so iemand is dit baie moeiliker om sy taal prys te gee, as vir iemand wat aan homself dink as ‘n blote indiwidu in ‘n see van mense.

wat aan homself dink as ‘n blote indiwidu in ‘n see van mense. Fichte het gesê dat ‘n taal ‘n nasie se siel is. Hy het bygevoeg dat diegene wat dieselfde taal praat aan mekaar verbind is met onsigbare bande. Waar daar ‘n afsonderlike taal bestaan, bestaan daar ook ‘n afsonderlike nasie. Om Afrikaans (of enige ander taal) te bewaar, is dit belangrik om die taal se gebruiksvelde so wyd as moontlik te hou. Andrew Dalby sê dat as ‘n taal aan’t uitsterf is, sy woordeskat en grammatika al kleiner word. Wat gebeur is dat die sprekers van die taal dit nie langer voed nie.

die taal dit nie langer voed nie. CL Barber sê taal het veral ses gebruiksfunksies.

‘n Mens gebruik taal in die volgende funksies:

  • Om jou gevoelens mee uit te druk.
  • Om in te speel.
  • As ‘n instrument tot denke.
  • As ‘n manier om die bande tussen mense te versterk.
  • Om ander mense te beïnvloed en dus ook saam met ander mense te kan werk.
  • Omdat jy deel is van ‘n spesifieke groep mense, dit maak jou deel van ‘n taalgemeenskap.

Die taak van elke Afrikaner is om Afrikaans so dikwels as moontlik op al ses maniere te gebruik. Dink aan elke keer wat Afrikaans gebruik word in enige situasie as ‘n klein oorwinning, nog ‘n asemteug langer wat vir Afrikaans gewen word. Wanneer al daardie baie asemteue bymekaar kom, raak dit ‘n magtige wind. So kan ons, ons taal maar daarmee saam ons unieke uitkyk op die lewe, overgesetsynde ons identiteit behou.

Onthou gerus dat ook vir die magtige Engels die wiel kan draai. Wie praat immers vandag nog Latyn soos Julius Ceaser dit gepraat het? Met soveel tweedetaalsprekers wat Engels tans so geradbraak praat, gebeur dit dalk eerder vroeër as later.

BRONNE GEBRUIK:

  •  Language in danger, Andrew Dalby, Penguin Books, 2002, ISBN 0-140-29064-8
  • The story of language, CL Barber, Pan Books, 1972, ISBN 0-330-33048-9

ANB Nuusbrief – Wat van Volksbehoud?

trapblokkies

10 September 2021

Verwoerd aan die woord: 

“…Dan ‘n laaste gedagte. ‘n Mens moenie net dink aan menspotensiaal en volkspotensiaal nie, want per slot van rekening is hulle maar net tekens van die materiële of die sienbare voorspoed waarna jy soek. Dit is goed om die materiële voordele van jou land te ontwikkel. Dit is goed om mens en volk in te span om jou land ryk en sterk te maak. Deur daardie voorspoed kan jy agting in die wêreld afdwing; kan jy aanvalle afweer; kan jy respek verwerf vir wat jy daeliks verrig. Dit is alles goed; dit is alles noodsaaklik. Dit stel jou ook in staat om die middele aan te skaf wat jy nodig het vir jou landsverdediging. Dus: Inspanning van die mens tot sy maksimale krag, die opbou van die vertroue en die krag van ‘n volk, is alles goed, maar dit tog bykomstig — dit moet ons ook besef — tot iets wat essensieel is.

Daardie iets wat essensieel is, is die volk se stryd om voortbestaan. Volksbehoud neem voorrang bo enige materiële voordeel. Daar sal tye wees wanneer jy die materiële voordeel sal moet prysgee en jou menspotensiaal sal moet inspan op maniere wat jy miskien nie graag sal wil nie. Materiële voordele sal dan moet verloën word ter wille van volksbehoud. Dit is waarmee ek wil afsluit: Die gedagte dat menspotensiaal en volkspotensiaal in diens van die behoud van die volk moet wees, van die volk se voortbestaan, van die volk se identiteit, van sy karakter.

In ons land is dit belangrik omdat dit bedreig kan word deur te veel gebruik te maak van nie-blankes wat eintlik ook ‘n reg op volksbehoud en voortbestaan van hul eie het. Nogtans is daar diegene wat pleit dat hulle ingespan moet word as ‘n deel van die opboumiddels van ons materiële voorspoed, kom wat wil. Met ander woorde, hulle wil met die oog op voorspoed onbeperk die bruikbaarheid van die nie-blankes in ons midde ontwikkel en aanwend. Hulle wil dit nie op hulle eie, binne hul eie gemeenskap op landsgebied waartoe hulle geregtig is, doen nie, maar vir eie doeleinde uitbuit as ‘n deel van een gemengde volk van Suid-Afrika. Dan sal dit beteken dat ‘n menspotensiaal ingetrek word waardeur die blanke se volksbehoud, sy volksidentiteit, verlore kan gaan. Daardie prys mag nie betaal word nie. Die volksbehoud het voorrang. Die volkspotensiaal en die menspotensiaal is sy dienskneg.

Dit geld nie net op die terrein van rasseverhoudings nie. Dit is nie net waar van Suid-Afrika met sy spesiale vorm van bestaansprobleem nie. Dit is ook waar van ander lande waar die kleurfaktor glad nie in die prent kom nie. Ek wil die voorbeeld noem wat teenswoordig in verskillende tydskrifte en koerante ontleed is, naamlik Switserland. Switserland is ‘n staat wat geweldig ontwikkel en ‘n baie hoë peil van voorspoed bereik het met die gevolg dat sy eie menspotensiaal nie meer vir sy dienste genoeg is nie. As gevolg daarvan word groot getalle mense in sy bedrywe ingespan wat veral uit Italië en Spanje afkomstig is. Hy is egter so gesteld op die behoud van sy volk, van sy volksidentiteit, dat hy sorg dat hierdie inkomende werkkragte in ‘n hoë mate apart gehou word van sy eie burgery. Switserland sorg dat die verblyfstermyne van sy werksbesoekers sodanig is dat hulle nie in die volk ingelyf sal kan word nie. Hulle moet van tyd tot tyd teruggaan na hulle eie lande. Met ander woorde doelbewus word gebruik gemaak van trekarbeid.

Die faktor van kleur is nie daar teenwoordig nie. Daarom merk die wêreld dit nie op nie. Maar dit is apartheid in ‘n bepaalde sin van die woord, met die gebruik van trekarbeid, net soos dit ook elders, onder meer hier, bestaan. Die grondgedagte daaragter is ‘n regmatige, wat ons moet aanprys, naamlik dat Switserland, met sy eeue oue geskiedenis en nieteenstaande hy ook uit meer as een volksbestanddeel saamgestel is, sy eie volksidentiteit nie wil laat verlore gaan as gevolg van die huidige behoefte aan menskragte van elders nie.

Menspotensiaal en volkspotensiaal moet dienstig wees aan volksbehoud. Behoefte daaraan moet die volk nie vernietig nie. Elke volk het reg op sy eie land en op al die moontlikhede van sy land. Wanneer hy dit opbou en gebruik maak van ander, moet dit nie sy bestaan bedreig nie. …”

Bron: Verwoerd aan die woord II, die laaste vier jaar; saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd; bl. 371-373.

Nou vriende, moet ons onsself die vraag afvra in hoe groot mate het ons hierdie waarskuwing verontagsaam? 

Maar daar is hoop. Ons kan opnuut leer en inkeer en doelgerig werk daaraan om ons identiteit te kan behou ten spyte van wat om ons vergaan. Begin deur jouself af te vra waarby jy in jou vrye tyd betrokke is. En waarby jou kinders betrokke is. Ondersteun dit die behoud van ons volksidentiteit?  So nie, raak betrokke by die ANB en help terugkeer en bou op die vastigheid van nasionalistiese beginsels, die lesse geleer uit ons geskiedenis en die voorbeelde van ons heldedom. Sluit aan by die ANB. Vind meer uit oor ons en ondersteun die uitdra van hierdie boodskap van hoop.  

ANB Nuusbrief. Afrikanerbemagtiging deur nie te stem nie.

stembus-gif

deur Bertus Radford

9 September 2021

Met die naderende munisipale verkiesing word die vraag weer gestel of daar enigsins sin daarin is om te stem, en indien wel, vir watter van die opposisiepartye? Die ANC gaan uit hul pad deur Suid-Afrikaners by die stembus te kry, veral die Afrikaners. Die vraag wat hieruit ontstaan is, waarom die geweldige angstigheid om die Afrikaner tot die stembus te dwing? Die antwoord is voor die hand liggend. Deur die Afrikaner tot die stembus te beweeg wil hulle hul ontwettigheid te bowe kom en hulself daardeur legitiem verklaar. Dus, die Afrikaner is van die grootste belang vir sy geloofwaardigheid, al beteken dit dat die Afrikaner vir die opposisiepartye stem. Die logiese redenasie van die kant van die ANC behoort tog te wees om die steun op hulself te verenig. Indien dan nie, deur die steun van die opposisie weg te hou en daardeur hul persentasie te verhoog, maar hier gebeur die teenoorgestelde.

’n Algaande groter ontevredenheid gaan van volksgenote uit deurdat stadsraadslede, deur die Afrikaners ingestem, nie aan hul beloftes voldoen nie. So het ironies genoeg, selfs die verloopte Flip Buys, Solidariteit, enkele weke gelede die opmerking gemaak dat die demokrasie in Suid-Afrika gefaal het en stadsraadslede nie hul plig doen nie. Voortdurend hoor of sien die Afrikaners die krisisse wat dag tot dag opduik en dat hul klagtes op dowe ore val, indien hul enigsins die betrokke raadslid kan opspoor. Terwyl die soustrein gery word is dit die belastingbetaler wat die hand diep in die sak steek.

Die gedugte Franse veggeneraal Napoleon Bonaparte se uitgangspunt was om nooit die vyand aan te vat op die terrein deur die vyand gekies nie. Alhoewel hierdie nie ’n algemene verkiesing is nie, bly die beginsel nog dieselfde. Die ANC besef die magteloosheid van die Afrikaner wanneer die stembus ter sprake kom. Hierdie konvensionele stryd ontmagtig die Afrikaner tot in sy diepste wese. Hierdie magte besef die Afrikaner moet weggekeer word van ’n langdurige politieke guerillastryd en daardeur verhinder word dat hulle op die vyand se swak plekke en flanke konsentreer.

Laastens, maar nie die minste nie, nooit mag vergeet word dat God Drie-Enig uitgeskryf is uit die huidige grondwet, deur diegene wat die verkiesing uitgeroep het. Derhalwe behoort die gelowige homself te distansieer van hierdie proses en daardeur sy of haar hande skoon hou.
Die Afrikaner se pad is baie duidelik uitgelê. Keer die verkiesing die rug en weier om geloofwaardigheid te verleen aan ’n ongeloofwaardige proses en daardeur homself op die wêreldkaart te plaas van diegene wat geweier het om in te val by planne daarop gemik om die Afrikaner te ontmagtig.

Ons oproep is dus ondersteun jou volk se saak deur NIE aan die regime se verkiesings deel te neem nie, maar betrokke te word by die stryd en aan te sluit by jou mede-Afrikanernasionaliste van die ANB.   Vir meer oor ons: Grondslag en doelstellings. Om aansoek te doen om te sluit vind die vorm hier . In dien jy meer wil weet kontak ons gerus.

ANB Nuusbrief – Die dolk 6 September 1966 – 6 September 2021

241520459_1527610957580348_6341379146123110174_n

Die dolk

Elk uur, minuut, sekonde – moord!
Die skindertaal en leuenwoord
van oraloor, van alle kant,
sensasioneel skandaal geplant
om volkehart en siel te brand
met vlammend pyn, met tranebrood…
gans onbeskermd ons siel, ontbloot.

Blind strompel onse Boerevolk,
verdwaal… Van die getuie-wolk
wat hom versterk het, weggeloop;
sélf eie skild en skans gestroop.
Tot sterwens siek en sonder hoop –
selfs God se Woorde drog-vertolk.
Blink in sy bors : die vyandsdolk.

Dié dolk wat eens ons Volksman dood
word elk dag, opnuut gestoot –
rooi bloed getap, deur tyd verswart,
uit Afrikaner-volk se hart…
Hoe lank voor daar uit smet en smart
‘n nuwe waarheids-krag sal groei,
ons volksgeloof weer op sal bloei…?

© Stienie

ANB Nuusbrief – Die Grensoorlog – Was dit verniet?

rsa-vlag-met-soldateIn die 1970’s tot 80’s het baie van ons seuns en jongmanne vanaf die huis vertrek, om ons landsgrens te beskerm teen landsvyand. Aan die begin was daar groot waardering en erkenning vir ons seuns en manne, maar later het dit alles geëindig in ’n grys wolk van stilte … want daar is “vrede” gemaak.

Ons helde is nie meer genoem nie, en die wat huiswaarts gekeer het, was stil en verslae.

So baie het hulself “verloor” aan die grens – teruggekom as wrakke of lewende dooies. Want hulle het vriende en makkers rondom hul sien sterf op verskriklike maniere – uitmekaar geskiet, vermink, en self sielkundig verniel of vernietig…

Maar by die huis het niemand verstaan nie. Nie hulle familie nie, nie hulle vrouens nie, nie hulle werkgewers nie …

Baie het hulle aan drank en vroue vergryp, die kerk verlaat, ’n egskeiding deurgegaan … Sommige kon nie ’n vaste werk behou nie, óf het die lewe vir hul geliefdes bitter moeilik gemaak – die prooi van onredelike woedebuie en depressie …

Niemand het hulle verstaan nie, en hulle het nie verstaan wat gebeur het nie. So moes hulle vir die res van hul lewe worstel met die vraag: Waarom het ék oorgebly? Was dit nodig? Was alles tevergeefs?

Vandag wil ons vir hulle sê: Nee! Dit was nié verniet nie.

Waarom sê ons so?

Want as ’n mens se hart reg is, en jy vir die regte saak stry, is dit nóóit verniet nie, en nóóit ’n verlore stryd nie. Selfs al lyk dit ook so.

Dink só daaraan:

Wat sien die ongelowige wêreld as hulle na die kruis op Golgota kyk?

Hulle sien ’n lewe wat goed begin is in Betlehem, spoed optel met groot getalle volgelinge, wonderwerke en tekens en woorde vol belofte … en toe loop alles skeef – die Verlosser sterf, soos alle mense sterf. Nee, veel erger, Hy sterf op die skandelikste en wreedste manier wat hulle daardie tyd kon uitdink.

Onskuldig. Verniet.

Wat sien ons, die gelowige kinders van God, as ons na die kruis op Golgota kyk?

Ons sien ons Verlosser, Jesus Christus, en ons sien die grootste wonderteken ooit – meer as al die klein oorwinnings (verlamdes wat weer kon loop, blindes wat weer kon sien, melaatses wat gesond word). Ons sien God wat mens geword het, sodat Hy vir ons sondes versoening kon doen. Ons sien Christus Wie uit die dode opgestaan en oorwin het.

Ja, Hy hét oorwin, ons weet dit vas en seker, al moet ons vandag nog steeds fisies die gevolge dra van ons sonde, en al gaan ons nog steeds dood aan die einde van ons lewe. Vir ons het die dood nou net ’n deurgang geword na dié lewe – die éwige lewe, waar daar geen oorlog, geen pyn, geen verdriet en geen misverstande meer is nie.

In Christus is ons ook oorwinnaars.

Méér as oorwinnaars!

Ons seuns het grens toe gegaan omdat hulle opgeroep is vir landsdiens – diens aan hul land en volksgenote. Met daardie doel was daar niks fout nie. Dit was ’n edel doel. Dit was goed en reg.

Hulle kan trots wees op hulself. Hulle móét trots wees op hulself. Ons móét trots wees op hulle. Hulle is oorwinnaars, selfs al is ons land deur ander verraai.

Ons moet ons manne ondersteun en gebrokenes help. Ons moet die geskiedenis van hul heldedade aan ons kinders vertel, sodat die regte trots kan voortleef – die trots van ’n volk wat nié saam met die verraaiers oorgegee het en gesê het: “Kom, vat ons land” nie.

Ons ís oorwinnaars.

Ons hoef nie te maak asof ons lewende dooies, hulpelose slawe, onderdruk deur vreemdelinge en vertrap deur lae verraaiers, is nie. Ons is oorwinnaars as ons net weer ons voete vas plant hierop:

  • ons Bybel (in Afrikaans is dit die Bybel wat heel eerste vertaal is uit die grondtale, die 1933/53)
  • ons geloofserfenis (die berymde Psalms, die Belydenisskrifte, waarin herhaal word wat ons glo, vanuit die Bybel)
  • ons geskiedeniserfenis (ons monumente, geskiedenisboeke, Afrikanerkultuur en taal).
  • Ons landen ons grond.

God het ons hier geplaas, in hierdie mooi land. Hier het Hy van ons ’n volk gemaak, en daarom moet ons dit so handhaaf en beskerm.

Maar ons eintlike oorwinning lê daarin dat ons weet: Ons eindbestemming is nie binne óf buite landsgrense nie, maar daar waar ons nog nie kan sien nie, maar wel van weet – op die nuwe aarde…

In Christus is ons oorwinnaars, méér as oorwinnaars!

En niemand (geen verraaier of leuenprediker of swartsmeerder) kan dit óóit van ons wegneem nie.

(Christina Vorster)

 

Meer oor die ANB Kontak die ANB  Donasies  Lidmaatskap Gesiggieblad (Facebook)

DIE “NUWE NORMAAL”, OOK BEKEND AS DIE “NUWE WÊRELDORDE”

nuwe-normaalSommer baie gou nadat die hele wêreld in Maart vanjaar basies tot stilstand geruk is deur die
uitbreek van die Covid-19 krisis, nadat die Corona virus uit China binne enkele weke oor die
aardbol versprei het, het “kenners”en “meningsvormers” ons in die hoofstroom media begin
voorberei daarop dat “niks ooit weer dieselfde sal wees nie” en dat dit wat ons as die normale
gang van ons daaglikse lewe geken het, nooit weer soos voorheen sal realiseer nie.
JOHANNES BARNARD kyk na die verloop van die sage en vra vrae oor watter agenda werklik
agter die “nuwe normaal” skuil.

Op Engels is daar die bekende spreekwoord wat lui “hindsight is a perfect science”. Rofweg in Afrikaans vertaal beteken dit iets soos “tyd bring volkome perspektief”. Ongeveer tien maande het nou verloop sedert die wêreldwye komplot rondom Covid-19 so skielik op ons afgekom
het. In hierdie tien maande het ons tyd gehad om effens tot verhaal te kom, na al die gespartel van die meerderheid om finansieel te oorleef en op verskeie ander wyses ook staande
te bly.

Ná tien maande waarin ons een lang wipwaentjie-rit beleef het en waarin dinge gebeur het wat ‘n dekade of wat gelede nog onmoontlik geklink het, is dit tyd om te probeer sin maak
oor die stand van sake rondom ons, asook in die res van die wêreld.

So baie het intussen gebeur, dat ons eintlik al vergeet het hoe skielik – en op die oog af onskuldig/toevallig – hierdie ingrypende wêreldkomplot op ons afgekom het. In Suid-Afrika,
byvoorbeeld, het die media ons binne weke voorberei op iets groots. En toe daar vertel word dat Suid-Afrikaners uit hul vakansie vanaf Italië teruggekeer het en positief getoets is vir
die virus, was die Suid-Afrikaanse publiek reeds gekondisioneer om te glo dat die “pandemie” op ons voorstoep is en nie meer gekeer kon word nie.

Net soos in die geval waar  die politiek ontleed moet word, kan ‘n mens egter vandag by terugskouing en met nugter beredenering maklik die stukke van die legkaart inmekaar pas
om te sien dat die verloop van hierdie gebeure – net soos in die verloop van die meeste politieke sages – geen toeval was nie. Dit was heel waarskynlik ‘n komplot wat jare gelede
reeds deeglik beplan is.
Laasgenoemde stelling kan ondersteun word as ‘n mens gaan kyk na die term “Predictive Programming”. Daar is nie eintlik ‘n goeie, beskrywende Afrikaanse vertaling van hierdie
term nie. Dis ‘n term wat gebruik word as deel van die sielkunde agter breinspoeling van massas, waarin mense met subtiele propaganda voorberei word om uiteindelik, teen
enige logika, ‘n sekere agenda te aanvaar wanneer dit uitgevoer word.

Hierdie tegniek word ten beste geillustreer deur die wyse waarop die media (in al sy vorms) saamgewerk om groot massas mense vooraf voor te berei vir ‘n sekere situasie.
As voorbeeld hiervan het daar in 2011 reeds ‘n film uit Hollywood (waar anders”?) gekom wat die massas in hul onderbewuste begin voorberei het vir die wêreldmedia se histerie wat
gevolg het met die uitbreek van Covid-19 in China.

Hierdie film, genaamd “Contagion” is heel toevallig kort na die uitbreek van Covid-19 deur verskeie groot TV-kanale wêreldwyd weer uitgesaai, net om seker te maak die boodskap
sink in. Die film handel oor ‘n dodelike virus wat in ‘n hospitaal in Amerika ontdek word en daarna paniek oor die hele wêreld heen veroorsaak.

Verskeie ander voorbeelde van die tegniek van “Predictive Programming”, wat saam met die gewone instrumente van massa-breinspoeling aangewend is om sedert die einde van Februarie 2020 paniek onder die wêreldbevolking aan te hits, kan genoem word.

In die praktyk het die media egter die ou betroubare taktiek gebruik om mense eenvoudig met herhaling te bombardeer met dieselfde agenda. Joseph Goebbels het destyds toe hy
Hitler se propaganda hanteer het, gesê die belangrikste aspek om propaganda suksesvol te maak is dat dit oor en oor herhaal moet word, totdat die massas dit naderhand begin glo en
as die waarheid aanvaar.

Die wêreld se mediamasjiene het ongetwyfeld hierdie taktiek tot die uiterste gebruik. Vir maande aaneen het die Coronavirus, sy verspreiding en die gevolglike “dodetal” die nuus
oorheers. As ‘n mens ‘n TV aangeskakel het, is jy gebombardeer met syfers van “besmetting” en “dodetalle”.

Dan was daar ook nog die fokus op byvoorbeeld ‘n land soos Italië, waar die “pandemie” sommer vroeg uitgebreek het en volgens die propaganda masjiene groot verwoesting
sou saai. Daar is selfs gevalle aangemeld waar ou beeldmateriaal van oorvol hospitaalsale uit Oosblok lande tydens die Balkan oorlog 20 jaar gelede, gebruik is as voorbeeld hoe
haglik dit glo in Italië sou gaan!

Wat die media egter nie – ter wille van perspektief – aan die wêreldpubliek vertel het nie, is dat Italië in 2020 die hewigste vlaag van gewone griep in baie jare beleef het. Verdere perspektief is ook dat Italië een van die wêreldlande is met die “oudste” bevolking. Dit wil sê die verhouding tussen jonger en ouer Italianers is heel anders as dieselfde verhouding in baie ander lande. Dit moet dus net logies te wagte wees dat enige griep epidemie in ‘n land soos Italië dan baie
sterftes tot gevolg sou hê.

Hierdie media-histerie is natuurlik mildelik deur sosiale media herlei om die sensasie te vergroot. Regstellings daaroor is onmiddelik omskep in ‘n verdagmakery of eindelose
en sinlose debatte, wat inderdaad onbewustelik die aandag op die “pandemie” vergroot het.

Die geskrewe media het weer baie sterk daarop gekonsentreer om te gaan soek na enige geval van “besmetting” by bekendes, wat dan met smaak en baie emosie oorgedra is. Ook sterfgevalle van bekendes of ander gevalle waar daar ‘n sensasiehoek gevind kon word om die nuus oor te dra, is aanhoudende op die meer prominente blaaie van koerante gedra.
Wat van die sosiale media? Ja, wat daarvan? Terwyl dit eintlik die een instrument geword het waarmee die gewone publiek hulself kan beskerm en die monopolie van die geldmagmedia
kan breek, het die vyand lankal daarin gelaag om dié wapen baie effektief te elimineer, of om dit selfs as wapen in hul eie arsenaal aan te wend.

In die bedryf word daar van Internet Trolle gepraat. Dis persone wat alles en almal teister met afbrekende kommentaar, misleidende verdraaiing van “nuus” en natuurlik die verspreiding
van die sogenaamde vals nuus (“fake news” in amptelike internet taal). Dié “Trolle” speel die rol van diegene wat jare al die bekende ou taktiek van die “Wolf! Wolf!” skreeuers gebruik
om ‘n spesifieke agenda uit te voer. Sodra ‘n geloofwaardige nuusitem of feitelike inligting op sosiale media gepubliseer word, sal dit met verdagmakery en duimsuig-“bewyse” afgeskiet
word. Die veldtog word op groot skaal gedryf en so begin die minder ingeligte gebruiker van sosiale media twyfel.

Aan die ander kant sal die tradisionele media se leuens en misleiding dan ook met groot veldtogte op sosiale media deur “kenners” ondersteun word. Die gemiddelde mens sonder
behoorlike kennis en insig sal dan altyd geneig wees om eerder die bekendes en hoofstroom se propaganda te glo.

Die sterftes van bekendes of ander uitgesoekte gevalle wat deur die hoofstroom media groot opgeblaas word, word dan telkens as voorbeeld gebruik om te beklemtoon hoe ernstig
die “pandemie” is.

Hiermee saam word bekookte statistiek sonder enige vergelykende perspektief gebruik om die situasie aan te blaas. Die statistiek word bekook deur die feit dat byna alle sterftes aan “natuurlike oorsake” eenvoudige opgeteken word as “Covid-verwant”!
Dan, wat die vergelykende perspektief betref, sien die publiek nie voortdurend vergelykende syfers met jaarlikse sterftes aan byvoorbeeld gewone griep nie. En daar word ook nie bekendgemaak watter persentasie sterftes toegeskryf kan word aan “onderliggende faktore” soos mense met hart- en longkwale, suikersiekte en ander siektes wat tot hul dood aanleiding kon gegee het nie.

So, wat is dan die uiteindelike doelwit met al hierdie propaganda en die komplot agter die gefabriseerde pandemie?

Die antwoord hierop is elke dag rondom ons sigbaar. Ons hele samelewing het verander. Sosiale verkeer is vernietig en mense is daaraan gewoond gemaak om identiteitloos met
maskers in die openbaar te leef.

Maar die grootste slag wat die marionetmeesters van die komplot om ‘n nuwe wêreldorde geslaan het, is dat by verre die meeste mense eenvoudig hierdie bedrogvolle situasie aanvaar
het en daarby berus dat die staat hul privaatheid so maklik kan skaad en hul persoonlike regte so maklik kan opskort.

Binne net tien maande is die wêreldbevolking gekondisioneer dat daar ‘n “nuwe normaal” geïmplementeer gaan word. Die “skape” is gereed om in troppe beheer te word.
Voor ons oë word die voorspellings van soveel denkers wat ons oor dekades teen die implementering van die kommunistiese nuwe orde gewaarsku het, ‘n werklikheid.