Author Archives: HoofANBredakteur

DIE AFRIKANERVOLK SE GELOOFSERFENIS (1)

deur MJ Erasmus

Wanneer ons besin oor die geloofserfenis van ons Afrikanervolk is ons met een van die mees heilige onderwerpe besig wat daar maar kan wees. ‘n Vaste ingewortelde geloofsoortuiging en onwrikbare geloofsvertroue, in die drie-enige God wat Homself in die Bybel, sy onfeil-bare, gesagvolle en onveranderlike Woord, openbaar, was die grondslag waarop ons volk gebou is en die wortel waaruit ons volk gegroei het. Dít is die fondament van die Afrikanervolk.

Dié geloofsfondament, wat so duidelik uit die wordingsgeskiedenis van ons volk aanwysbaar is, en wat so baie van ons dapper voorgeslagte en volkshelde hul lewens deur besiel het, het dié merkteken van die ware Boer/Afrikaner geword. Die dankbare wete dat die HÉRE ons ‘n volk gemaak het, dat Hý aan ons ‘n vrye Vaderland en soete Moedertaal geskenk het, om te alle tye te koester en beskerm, het die basiese lewens-opvatting van die deursnee Afrikaner geword. Die eer van God en ‘n opregte dankbaarheidslewe vir die genadige verlossing in Christus, het die rigting-wyser vir ons daaglikse lewens geword. Die suiwer geloofswortels, van geslag na geslag van ouers en grootouers aan kinders en kindskinders oorgedra, het die wese van ons Volksidentiteit geword.

Deur die vaste en sekere Bybelse geloofsuitkyk as dryfveer is, deur die genade van God, die allerfelste beproewinge van onder andere die Groot Trek en veral die Tweede Vryheidsoorlog deurleef en is ons Vaderland in geloof en toewyding opgebou, op eerbare wyse deur harde werk en volharding. Die HERE het ons volk besonderlik begenadig, om ten spyte van die vyande wat ons wou vernietig, op 31 Mei 1961 dié grootse dag te laat beleef, toe onder Afrikaner-bewind ‘n vrye Republiek oor heel Suid-Afrika uitgeroep is. Soos in die destydse Boererepublieke sou in die grondwet van ons Republiek van Suid-Afrika duidelik verklaar word, dat die HERE self die hoogste gesag is en dat sy Woord die fondament is waarop ons ons Vaderland wil regeer. Dieselfde geloof besing ons in ons volkslied, die Stem van Suid-Afrika: ”knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry”.

As ons vandag vra waarom hierdie Afrikaner-Boere Republiek so gehaat en gehoon is deur ons vyande en deur wêreldmagte op soveel gebiede beveg is, lê die antwoord opgesluit onder andere in die woorde van Openbaring 12 vers 17: “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.” Ja, die magtiges van hierdie wêreld het hulle hande uitgesteek na die rykdom van ons land. Hulle het vandag alles wat hulle wou vir hulleself ingepalm. Maar daar agter sien ons die Satan wat oorlog voer en die ware geloof, waarop die HERE ons hier gegrondves het, wil vernietig.

Daarom is ons vandag steeds besiel met ons geloofsroeping en hou ons as ware Afrikaners vas aan die woorde van Christus in Johannes 16 vers 33: “In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.” En ons dink aan die eenvoudige woord van ons geliefde President Paul Kruger: “Salisbury sê: Dié volk mag nie bestaan nie. Maar God sê: Die volk sal bestaan! Wie is dan reg? Tog sekerlik die Here.”

 

Die aanloop tot die Eerste Vryheidsoorlog

CH van der Grijp

Ons almal weet van die Eerste Vryheidsoorlog wat geëindig het met die slag van Majuba. Maar wat het die oorlog vooraf gegaan? En hoe vergelyk daardie tyd se gebeure met 1994 se gebeure?

Toe MW Pretorius bedank uit die Presidentsamp in 1871, het die volk die begeerte gehad om ‘n geleerde man as President te kry, want hy moet die Britse argumente op ‘n slim manier kan teëstaan.

So word Ds. Francois Burgers verkies as President. Maar Burgers was ‘n sterk voorstander van liberale godsdiens, vryheid van die individu en  inter-nasionale eenheid. Hy begin dadelik met sy ‘hervormings’ beleid, om die ZAR aanvaarbaar te maak vir die wêreld.

Klink dit nie bekend nie? John Vorster het “Klein Apartheid” afgeskaf om dieselfde rede, om Suid-Afrika aanvaarbaar te maak vir die wêreld.
Paul Kruger, ‘n Godsman, is oorgesien as moontlike President, want die volk wou die ZAR ‘n welgestelde, vooruitstrewende staat maak.

Paul Kruger het deur Burgers se wêreldse maniertjies gesien, en hy het geen geheim daarvan gemaak dat Burgers die ondergang van die jong Republiek gaan bewerkstelling nie. Paul Kruger bedank uit die Uitvoerende Raad (landsregering) in 1873 as Kommandant-generaal. Hy het eerder bedank as om deel van Burgers se hervormings-beleid te word en so die vertroue wat die volk in hom gestel het, te skaad.

Burgers was meer buite as binne die ZAR op allerlei reise. Terwyl hy juis weer op so ‘n reis was, 12 April 1877, ry Shepstone ewe rustig die ZAR binne, stryk die Vierkleur en hys die Union Jack ten aanskoue van die Volk. Shepstone was so seker van sy saak dat hy nie met ‘n militêre mag die ZAR beset nie, maar met net 25 polisiemanne. Hoe vernederend vir die nageslag van die Voortrekkers!

Net 25 jaar na die Zandrivier konfensie, waar die Afrikanervolk sy onafhanklikheid in 1852 verkry het, is hy sonder enige verset uitgelewer en onderwerp aan sy vyand.

Om teenstand te voorkom het President Burgers en die Uitvoerende Raad deur middel van agente pogings aangewend om die Transvalers tot kalmte te maan.

Twee dae voor die anneksasie is vergaderings gereël. Klink dit nie so baie na die verraad in 1994 nie?

Ene Hoffman (‘n agent), skryf aan Burgers dat die vergadering op Gatsrand goed bygewoon is, en dat hy geen moeite ondervind het om die mense tot bedaring te bring nie. Dat indien Shepstone nou enige optrede sou uitoefen, die burgers geen wapen sal opneem nie en sal wag op opdragte van die regering. Hoffman skryf dat die burgers hulle aan die bepaalde regering sal onderwerp, aangesien een daad van eie handeling tot regeringloosheid sal lei. Met hierdie vergadering, skryf Hoffman, het die gemoedere bedaar.
Daar is nog 5 sulke byeenkomste gehou om die burgers te bedaar.
Frederik Wolmarans het wel met 400 gewapende burgers gemobiliseer om Shepstone met geweld terug Kolonie toe te jaag, maar hulle is deur Burgers se Uitvoerende Raad oorgehaal om hul voorneme te laat vaar.

Die eerste opstandeling teen die Engelse regering was ‘n prokureur Van Eck, wat geweier het om sy belasting te betaal omdat hy gesê het dat dit ‘n onwettige regering is. Ses weke later het ook advokaat Fred Kleyn om soortgelyke redes geweier om sy belastings te betaal. Prokureur van Eck het blykbaar ‘n groot invloed onder die burgers gehad, omtrent ‘n maand na sy saak verhoor is, het bykans 400 burgers teen die betaling van belastings geprotesteer.

Die boere het op hulle kwitansies geskryf ‘Betaal onder dwang’. Die Landros wou die kwitansies nie aanvaar nie. Van daar af het die lydelike verset hand oor hand toegeneem. Ons weet hoe Genl. Piet Cronjé Potchefstroom gaan beset het, en van daar af het die wapen geweld begin.

Wat ons moet verstaan is dat die tyd vir die terugneem van hulle staat eers moes ryp word. Toe die tyd daar was het hulle hul vertroue op God gestel en die gelofte weer bevestig by Paardekraal. Daarna het hulle die oorlog ingegaan.

Vandag moet ons eers weer terugkeer na God deur werklik Sy Woord te ondersoek en dit te glo. Ons moet bely ons het gesondig en Hom dan dien.

 

Swart oproer… Die begin van die einde?

Die ANB voorsitter, CH van der Grijp:
gee
raad wat om te doen as die swart massas begin saamdrom en afbreek…
Deur die jare in Suid-Afrika het daar ‘n stryd gewoed, tussen die wat “Een mens en een stem” en ‘n belofte van voorspoed gepropageer het, en die ander pool, diegene wat vasgestaan het daarby dat Blank Suid-Afrika aan die Afrikaner behoort. Dat die histories erkende gronde wat aan die Swartman behoort terug moet gaan na die swartman, maar ook dat alle gronde wat histories aan die witman behoort as vaderland van die Afrikaner erken word. Daardie mense het dan ook die gevare uitgewys as “Een mens een stem” ooit in Suid-Afrika aanvaar sou word: Dat die witman van alles wat heilig was gestroop sal word,  en fisies uitgemoor sal word.
Deur bedrog is die Afrikaner uitgelewer. Die bedrog was deur ‘n strikvraag en ‘n belofte in die referendum van 1992 dat daar aan die kiesers ‘n kans gegun sou word om die onderhandelde ooreenkoms tussen ANC / NP goed of af te keur, min wetend dat dit deur middel van een mens een stem sou geskied…
Elke dag sedert 1994 tot tans beleef ons dit dat die Nee-stemmers se vooruitskouing van die geskiedenis bewaarheid word
Een so ‘n vooruitskouing of vooruitsig in die geskiedenis is die van oom Jaap Marais. Hy het aangedui dat die bestel in duie gaan stort, dat dit gepaard sal gaan met geweld en dat ons daarbinne vasgevang gaan word. Die geweld sal eerstens wees, swart op swart om mag te bekom. Afrika is bekend vir staatsgrepe.
Maar oom Jaap het ook ‘n oplossing vir die gevaar gebied: Ons moet buite die bestel bly en voorsorg tref. Kies reg, bly weg. Die witman moet konsolideer en organiseer om ‘n mag buite die bestel te word. Bly buite die geweld tussen die swart organisasies, moet nie daarby ingesleep word nie, maar tref voorsorg.
Oom Jaap het ook verder die vereiste gestel: Daar sal ‘n tyd kom waar ons weer trou aanmekaar sal moet sweer, en die middele tot ons beskikking gebruik en weer ons grense trek, al sal dit ook met bloed gepaard gaan.
Oom Jaap en Willie van der Grijp het die Bittereinders Sekerheidswag begin om sodoende die volk te organiseer om homself te kan handhaaf. Na die afsterwe van Oom Jaap en met die uitdrywing van mnr Willie van der Grijp en ander behoudende Afrikaner nasionalistiese leiersfigure het dit tot ‘n einde gekom.
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging is die wat uit gedrywe is maar die ANB het egter ook die waarskuwings ter harte geneem en die volk bly oproep om die bestel te verwerp, en buite die bestel te konsolideer… EENDRAG MAAK MAG.
Vandag is almal in rep en roer, almal hardloop rond en bewe oor die EFF wat die land tot stilstand wil bring…. Mense wat ag geslaan het op die waarskuwings en ingeskakel is by veiligheidstrukture, word oorval met oproepe van: “Wat nou!!!”
Wat nou? Waar ek betrokke is in die beveiliging van ons mense, wat SAPD veiligheids vergaderings bywoon, word daar op elke vergadering erken dat die SAPD nie meer die vermoë het om gewone misdaad te bekamp nie. Uit die mond van generaals kom die erkenning dat as die gemeenskappe , dorps en plaaswagte nie betrokke raak by die bekamping van misdaad nie, sal die land in vlamme opgaan en georganiseerde misdaad die beheer van dorpe, stede en die land geheel oorneem. Misdaad statistieke toon elke jaar ‘n toename in misdaad op alle vlakke. Wat skrikwekkend is, is dat binne ‘n bestek van 3 jaar het die moordsyfer gestyg vanaf 50 na 60 en nou na 82 moorde per dag.
Op die vergaderings in die openbaar, sedert verlede jaar, was daar telkens erken dat daar groepe is wat organiseer om SA in geweld te laat opgaan. “SA Concerned Group” en “Team Sugar SA” is aktief besig om te organiseer om die planne tot uitvoering te bring. Mens kan verseker wees dat die groepe ook ‘n belang het in alle oproer wat beplan word in die land.
In die nuuskonferensie van 15 Maart het Malema dit duidelik gestel dat dit ‘n rewolusie is wat die 20ste begin en beklemtoon dat daar nog nooit ‘n eindtyd afgekondig is wanneer die protesaksie moet eindig nie. Wanneer al die “proteste” begin hand uitruk, kan die land in geweld opgaan. Die witman moet besef dat hy dan uitgelewer sal wees.
Die “proteste” gereël deur die EFF en ander opstokers word nou voorgehou as ‘n burgerlike protes met verskeie rolspelers en vakbond federasies. Daarmee probeer hulle die volume daarvan vergroot en hulself “verontskuldig”. Malema het gesê dat die protes sal ophou as Ramaphosa bedank. Hy het verder “gewaarsku” dat indien Ramaphosa nie bedank nie sal die leierlose rewolusie losbars wat deur talle persone geopper is, en dat Ramaphosa die verantwoordelikheid daarvoor sal dra.
Die waarskuwing en die dreigemente van anargie was voor 20 Maart daar en is steeds daar. Dan kan daar voedsel tekorte ontstaan, SA kan in duisternis gedompel word. Mense sterwe al reeds in hospitale a.g.v. ‘n staking.
Wat kan ons doen?
Die SAPD gaan u nie kan help nie,
Gaan lees dus oom Jaap se waarskuwing en oplossing hierbo.
Skakel dadelik in by die dorpswag of plaaswag of buurtwag en raak betrokke.
Tref voorsorg en bly paraat, soos vir enige noodtoestand: Voedsel , brandstof , kerse, flitse, vuurhoutjies, drinkwater, chroniese medikasie, nood rugsak met o.a. verbande en middels vir brand, skiet, steek en snywonde.
Bly weg van die gebiede waar daar geweld is, moet nie betrokke raak by die politieke spel nie. KIES REG, BLY WEG
Laat hul mekaar opvreet.
Waar die SAPD se aandag by die opstokers is, gaan hulle beswaarlik beskikbaar wees vir enige nood. Onder sulke omstandighede kan plase en plotte geteiken word deur kriminele. Wees paraat, laat ouer mense eerder by hul kinders intrek. Eerder Bang-Jan as Dooie-Jan. Onthou, u het die reg om u lewe te beskerm, die van jou vrou, kind en familie. Hiermee wil ek u nie bangpraat nie. Gerrit Maritz het die Trekkers gewaarsku toe Piet Retief nie terugkeer nie, met ‘n oproep: TREK LAER…ALMAL. Van die Trekkers het op die oproep reageer, ander het gedink Maritz gaan haal die bobbejaan agter die bult. Daardie nag was ‘n verskrikking en is die grootste massamoord in Suid Afrika, in ‘n enkele nag gepleeg.

Dus, mense: Trek laer…..

 

Lita Fourie – Haar hart vir haar volk in die Lyde en Smart

Dit is met hartseer dat ons verneem van Mev Lita Cross Fourie se afsterwe.
Oom Cross en tannie Cross het ek persoonlik leer ken ‘n maand voor hul Plaasaanval.
‘n Gebeurtenis wat Lita se hele lewe sou verander…..God het haar op ‘n pad geplaas om Sy werk te doen, daar te wees vir menige man, vrou en kind, slagoffers van plaasaanvalle. Om ook daar vertroosting te bring. Vandag staan die Witkruis Monument as spieëlbeeld van Lita Fourie se werk.  In daardie Kruise leef sy voort, in daardie mooi Witkruise het Lita berusting gevind….het sy saam gehuil, saam gevoel, soos ‘n Moeder vir haar Volk. Altyd daar.

Carel van der Grijp, Voorsitter  Afrikaner Nasionalistiese Beweging.

 

Kom in beweging en keer terug na die Woord van God


Kom in beweging en keer terug na die Woord van God

Mnr Carel van der Grijp, die voorsitter het die ANB op die eerste vergadering in Februarie so opgeroep.

Die stryd wat op ons wag se intensiteit neem toe, maar die volk is half apaties. Die aanslae wat op ons beplan word, word elke dag gehoor op sosiale media en uitgesaai oor die radio. Maar elkeen gaan aan met sy werk om te kan lewe en te versamel vir sy oudag…

Intussen hang die dreigement van Mal-ema in die lug dat hy nie kan sê wanneer hy die bevel gaan gee om die blanke uit te wis nie. Die dreigement kom nie net van daardie geledere af nie maar ook Mbeki het gewaarsku van die leierlose revolusie wat in die land gaan losbars. Ons sien die ineenstorting van ons finansiële stelsel. Ons sien hoe ons volk afwyk van ons geloofsgrondslag. Nuwe “idees” wat van die buiteland af ingevoer word, soos groot popkonserte, word aangryp. Daarmee is ons volk ook besig om sy karakter prys te gee vir die genietinge van die wêreld.

Geneem uit die ANB se naam met die klem op “Beweging” is ons doel om ‘n stryd te bly voer, al is ons min. In ons organisasie beskerm ons die kernbeginsels van Afrikaner-nasionalisme, maar ons moet die boodskap daarvan uitdra. Ons moet ons volk laat besef dat daar hoop is.

Ons volk moet terugkeer na die Woord van God soos ons grondslag dit ook aandui. Dit is die rede hoekom ons die stryd voortsit en ook vandag vergader. Ons vergader hier om te beplan en te besin oor wat ons gaan doen in die jaar om lede bymekaar te kry en te  inspireer om saam met ons die stryd voort te sit.

 

ANB Nuusbrief Oktober 2022 : Wit verwydering in Dis-Chem

image-psd1

deur Hans Dons

‘n Interne bespreking oor Dis-Chem se antiwit diskriminasie strategie het uitgelek.
Dis ‘n geleentheid om te sien hoe ons moet praat oor antiwitisme vanuit ‘n wit positiewe perspektief.

Kom ons lig etlike antiwit konsepte uit in Dis-Chem se amptelike reaksie:

a)  “improving its employment equity targets”
“Equity” is ‘n meganisme vir antiwit diskriminasie. In praktyk mag geen nie-blanke ‘n slegter uitkoms hê as die blanke met die beste uitkoms nie. Ons sien dit in al meer kontekste soos antiwit diskriminasie in wetstoepassing, mediese behandeling, ens.
b)  “regretted the wording and tone”
Hulle is geensins jammer oor die inhoud van die interne kommunikasie nie.
c)  “been erroneously widely shared”
Hulle enigste probleem met die kommunikasie is dat dit uitgelek het en ‘n impak op hulle balans staat maak. As daar geen gevolge vir hulle was nie sou antiwittes in beheer hulle nie eens verwerdig het om te reageer nie.
d)  “it did not reflect our values”
Dit is ‘n leuen en ‘n direkte teenstrydigheid met wat hulle later in dieselfde berig sê.
e)  “while the wording of the internal memo was withdrawn, its intention remains”
Daar is die kern van die saak. ‘Wit verwydering bly, ons moet dit net stil hou want ons het wit kliënte wat vir ons wit geld gee.’
f)  “giving employment preference to previously disadvantaged individuals”
Wit skuld word gebruik om ons sielkundig te ontwapen sodat ons nie onsself teen antiwit diskriminasie verdedig nie.
“Disadvantaged” is net ‘n voorwendsel want antiwittes gee nie om dat ‘n jong blanke kind wat uit die weeshuis kom en al die opofferings gemaak het, die werk kan kry of die span haal omdat hy wit is nie.

Wit skuld is die idee dat alle blankes moet boete doen vir elke ‘wandaad’ vir alle tye. Slegs blankes moet aan die standaard voldoen want die standaard is antiwit.

g)  “memo still stands, and Dis-Chem reiterates its commitment to the transformation journey”
“transformation” is ‘n kwaadaardige antiwit konsep wat onskadelik gestel word deur dit op die naam te noem: wit verwydering.

h) “includes external appointments and internal promotions”
Nie net nuwe aanstellings, maar ook bevorderings van blankes word deur die antiwit monsters in beheer terug gehou.
Dit doen hulle eie besigheid skade sodat hulle blankes kan verniel.

i) “It’s the ratio between white and black that counts”
Dis ‘n blatante leuen. Dit gaan nie oor enige verhoudings nie. Wit verwydering gaan voort tot daar geen blankes oorbly nie. Die NBA in Amerika is feitlik 100% swart sonder enige gesprek oor verhoudings. ‘n Polisiehoof in Engeland met ‘n 95% blanke dorp in Engeland het onlangs aangekondig hulle gaan hulle Polisie mag 50% nie-blank maak.
j) “when no suitable black candidate is found, and a white is appointed”
Antiwittes sal blankes vat om hulle besigheid aan die gang te hou terwyl hulle terselfdertyd vir daardie blanke werkers vertel hulle wil hulle nie daar hê nie.
Blankes moet harder werk vir minder geld. Die oomblik wat die besigheid kan klaarkom sonder jou is dit klaar met jou.
k) “incorporated into the bonus structures of management”
Hier sien ons hoe die bestuur vergoed word om hulle werknemers te wil verwyder. So word die blanke bestuur ook geteister en verniel. Hulle moet help om ‘n toekoms te skep waar daar geen plek vir hulle kinders is nie.
l) “continue our transformation journey”
Wit verwydering duur voort, maak nie saak hoeveel finansiële skade dit veroorsaak nie. Dis ‘n wanopvatting dat dit oor geld gaan.
As dit oor geld gegaan het sou wit verwydering dadelik by die deur uit vlieg. In werklikheid sal antiwittes hulle besigheid tot op die grond afbrand as dit beteken hulle kan deur die wêreld biologiese blankes verwyder.
m) “with a priority of employment on merit, based on our view of giving employment preference to previously disadvantaged communities.”
Meriete vir antiwittes beteken hulle kies die beste persoon solank daai persoon nie blank is nie.
n) “apologise for the erroneous communication”
Die fout was dat dit uitgelek het. Hulle het nie ‘n enkele stelling terug getrek nie.

Dis-Chem is ‘n voorbeeld van die antiwit denk patroon. Dit werk dieselfde in elke openbare en private instansie, nie net in Suid-Afrika nie, maar in elke Westerse land.
Ons verslaan die antiwit aanval deur die fokus te hou op ons geloof, ons kultuur, ons volk se lyding en op wie ons ware helde is.

ANB Nuusbrief 10 Januarie 2023 – Het Dr. Verwoerd ook kaders gehad?

deur Bertus Radford

rsa-vlag-naby

Van tyd tot tyd loods die liberaliste aanvalle, sou die Afrikaner Broederbond (AB) dan in sy vroeëre, veral die tydperk tydens Malan, Strydom en Verwoerd, ’n onreg teenoor die ander bevolkingsgroepe gepleeg het.

Met die aanvang van 2022 het Gwen Ngwenya, beleidshoof van die DA, ’n aanval op dr. Verwoerd geloods deur middel van ’n artikel in Rapport waarin sy beweer, Verwoerd het ook kaders aangestel. Hulle is net broeders genoem. Uit die aard van die saak is dit ’n ernstige aanvegting en behoort hierdie aanval van naderby beskou te word. Wat die ANC betref, besef die Afrikaner terdeë dat die ANC-kaders alles plunder, vernietig en hulself verryk.

Dit is egter na die AB waarna in diepte gedelf moet word. Ondersoek behoort ingestel te word wie en wat die Broederbond verteenwoordig het, en wat hul doelwit en oogmerke was tydens hul stigting.

Waar dit die ANC-kaders is wat hulself aan die mag vergryp, is dit die AB wat hulself op die kultuurakker geplaas het, en hul vrye tyd afgestaan het aan die opheffing van die armblanke-vraagstuk na die Tweede Vryheidsoorlog. Met die stigting van die AB op 5 Junie 1918 was dit dan ook in hierdie toestand waarin die Afrikaner homself bevind het. Die AB het nie net lede van die Nasionale Party as lede gehad nie, maar het uit Malaniete sowel as opposisie-lede en later ook Smelters bestaan.

Soos die jare verloop het, het die verhouding tussen die Nasionale Party en die AB veral na die sestigs nouer geword. Met kommunisme wat geblaas het in die nek van die Afrikaner het ’n hegter verhouding tussen dr. Verwoerd en die AB ontstaan. Tydens die termyn van dr. Verwoerd het die Broederbond dit weer duidelik uitgespel dat ’n AB-lid nooit voorrang sou kry om ’n posisie nie. Volksgenote in sekere poste is egter gereeld genooi om lid van die AB te word. Dit is manne wat hul beroep ernstig opgeneem het.

Daarom, onder dr. Verwoerd se besielende leiding, het hy die onmoontlike in enkele jare vermag. Die volk het soos nog nooit tevore agter ’n Eerste Minister gekonsolideer. Die Rivonia-bende is met groot sukses vasgetrek. Mandela se uitlating: “Onder kommunistiese beheer sal Suid-Afrika ’n land van melk en heuning wees”, toon vandag presies die teenoorgestelde. Die Engelstalige deel van die bevolking het dr. Verwoerd se beleid aanvaar. Die buiteland het groot vertroue getoon in ’n sterk en regverdige ekonomie. Die Progressiewe Party (PP), tans DA, se medestigter, Harry Oppenheimer, se uitlating dat dr. Verwoerd die bevolking se lewenstandaard kon handhaaf, was uit ’n onverwagse oord.

Dr. Verwoerd se sogenaamde kaders het die swart man ekonomies versterk. waarin hy ook uitstekend geslaag het. Die stedelike swart man is deur die bewysboekstelsel, wat die pasboek vervang het, beskerm teen uitlanders. Die Financial Mail het in 1968 gerapporteer dat die sestigerjare ’n ekonomiese wonderwerk is. Hierdie dinge het gebeur terwyl die Londense Financial Times in 1989 berig: “Die bydrae van die Afrikastate tot die wêreldekonomie is minder as 1%, en rente op buitelandse skuld is 95%”. Die oorwinning van dr. Verwoerd, wat betref die Suidwes-uitspraak, het verdere stukrag verleen.

Die moord op dr. Verwoerd het egter sy teenstanders uit ’n dilemma gered. Die Amerikaanse blad Time, wat bekend was dat hy dr. Verwoerd vyandiggesind is, het geskryf: “Suid-Afrika is midde-in ’n massiewe oplewing.

Beleggers van oor die wêreld het geld ingeploeg. Verwoerd roem dikwels daarop dat swartmense van Suid- Afrika beter daaraan toe is as elders op die kontinent. Ekonomies het hy gelyk.” Die suksesse van dr. Verwoerd en die geweldige oplewing wat dr. Verwoerd en sy sogenaamde kaders vir Suid-Afrika in sy geheel gebring het, in teenstelling met die ANC-kaders, is baie duidelik.

Ngwenya maak ook melding, na aanleiding van J.H.P. Serfontein se boek Brotherwood of Power, dat dr. Verwoerd homself as volg uitgedruk het ten opsigte van die AB per geleentheid: “Broeders, die Afrikaner Broederbond moet beheer kry op alles waarop hy sy hand kan lê, in elke sfeer van die lewe in Suid- Afrika. Lede moet mekaar help om bevordering te kry in die staatsdiens of enige ander werk met die oog daarop om belangrike administratiewe posisies in te palm”. Kan daar met sekerheid aangeneem word dat die aanhaling korrek vertaal is, want Ngwenya dui aan dat die aanhaling vertaal is na Afrikaans? Die Afrikanervolk is bewus
van Serfontein, een van die grootste jingo’s wat die volk opgelewer het, en ook skrywer van Die verkrampte aanslag, se diepgewortelde haat jeens Afrikanernasionalisme. Maar sou die aanhaling wel korrek wees, dan het dr. Verwoerd reeds in daardie stadium besef wat vir die Afrikanervolk voorlê, indien genoemde instansies nie deur die Afrikaner Broederbond beheer sou wees nie.

Die opkomende kommunistiese gevaar het dr. Verwoerd verder genoop tot hierdie standpunt, sou hy dit gesê het. Dr. Verwoerd het heel waarskynlik besef om die kommunisme te beveg, moes hy van die handskoene ontslae raak. Vandag aanskou die Afrikaner die gevaar wat deur dr. Verwoerd uitgewys is. Hy het geweet dat die AB die beheersentrum behoort te wees van daardie kosbaarhede waarsonder ’n Chistelike Nasionalistiese volk nie durf klaarkom nie. Die Afrikaner se stoflike en geestesgoedere was op die spel.

Om ’n duideliker beeld van die AB te verkry is dit goed om terug te beweeg na die stigting van die AB. Na hewige konflik tydens ’n openbare vergadering in 1918 tussen Afrikaners aan die een kant en Engelse en Smuts-ondersteuners aan die ander kant, het drie manne, H. van der Merwe, Henning Klopper en D.H.C. du Plessis, bymekaar gekom. ’n Besluit is geneem om ’n organisasie op die been te bring, waar reggeaarde Afrikaners bymekaar sou kom om die belange van die Afrikaner te beskerm. Hierdie organisasie is op 5 Junie
1918 gestig met veertien verteenwoordigers. Die naam Afrikaner Broederbond is egter formeel aangeneem tydens die 2 Julie 1918-vergadering.

Die doel van die AB was om die Afrikaner in ’n hegte eenheid saam te smee, en daarmee tesame die inskerping en liefde vir die Afrikaner se taal, tradisies, geskiedenis, land en volk aan te wakker. Die handhawing en uitbouing van Christelike beginsels was die grondslag waarop die AB berus het. In 1923 het die voorsitter van die Uitvoerende Raad (UR) gesê: “Die Bond wil die hart van Afrikaners saamsmelt en saambou. Ons gaan die volk een maak. Ons moet die toonbeeld van alle deug wees, rein, manlik, getrou.” Gedurende 1962 is ’n vermanende omsendbrief aan die lede gerig en lui as volg: “Mag ons vra dat elke broer sal bedink dat die AB ’n diensorganisasie is, en nie ’n belange-organisasie nie.

Elke broer het in die AB gekom om te gee, nie om te ontvang nie. Om te dien, nie om gedien te word nie.” Reg van die stigting van die AB het die broers besef dat hier ’n organisasie is wat homself onderskei van die alledaagse organisasies. Hulle kon aanvoel deur die regte resultate te kon verkry, moes hulle sake reg aanpak. Daarom is die manifes as volg saamgevat: “Al die voortreflike volke het manifeste of lodges wat soek om die volksiel te bewaar en ons hoop om
die Broederbond te maak tot die samebindende krag wat die sandkorrels van ons volk  onafskeidbaar bymekaar sal heg. Ons lodge moet ’n groot liggaam word waar al die kragte na samewerking verlang, saam ingespan, en gebruik sal word sodat die meeste vrugte vir ons volk sal afgewerp word met die minste verspilling van kragte.”

Dat die AB in ’n mindere of meerdere mate ’n vertroulike organisasie was, is inderdaad so, en baie goeie redes kan vir sodanige besluit aangevoer word. In die eerste plek moes die werk van die lid beskerm word, veral waar die Afrikanernasionalis geteiken was in hul werksomstandighede. Daar was ook medevolksgenote wat net sulke deugsame Afrikaners was, en derhalwe het die gevoel ontstaan dat die Broederbondlid nie moes dink dat sy deugde groter was nie. Meer belangrik was die wete dat die Broederbondlid moes besef hy is ’n lid omdat hy moes dien, en nie gedien te word nie. En daardeur sou oorambisie en eiewaan uitgeskakel word. Deur in stilte te werk kom vaderlandsliefde en onbaatsugtige idealisme tot sy reg. Verder ontstaan daar ’n intieme verhouding tussen broers deurdat die besef daar is, die arbeidsaamheid om ’n groter saak as hulself. Niks misterieus was verbonde aan die vertroulike aard van die Bond nie.

Dit kan vergelyk word met ’n kabinet of kerkraad of goed geordende sakeonderneming voor hy tot die beslissing kom wat sy lede raak. Besluite is nie voortydig bekend gemaak en daardeur die teenparty op sy hoede te stel nie. ’n Gedagte vind eers plaas by ’n nouer kring en gaan van daar na die UR en word eers deeglik ondersoek voordat dit aan die Bondsraad voorgelê word, en van daar gaan die idee na die volk wanneer dit goedgekeur is. Die gedagte wat opbouend en vrugbaar is bly dus nooit vertroulik nie. Die vertroulikheid word aan die begin van ’n nuwe gedagterigting ingespan om ’n suksesvolle ontplooiing aan die volk te verseker.

Lidmaatskap het vereis dat ’n persoon Afrikaanssprekend, van Protestantse geloof, skoon van karakter en vas van beginsel is, ook in die handhawing van sy Afrikanerskap en Suid-Afrika as hul enigste vaderland aanneem. In die jaarverslag van 1930–31 is baie pertinent gesê: “Die bond het sy lede uitgesoek omdat hy slawe nodig het – swoegers in diens van die volk. Lede mog niks vir homself verdien uit die Bond. Lede se kragte en talente moet geheel en al onbaatsugtig gewy word aan die belange van die volk ooreenkomstig die gewete van ’n Christelike gewete en ’n onbreekbare karakter.”

Nadat Beyers Naude, AB lid, deur die organisasie ontman is as oneerlik en dat hy vertroulike inligting gegee het aan die vyand, het die Sunday Times die likwidering van die Bond geëis. Sir De Villiers Graaff het ’n ondersoek na die AB geëis wat deur die AB toegestaan is. Die kommissie het nie net tot die gevolgtrekking gekom dat die AB homself aan geen van die beskuldigings skuldig gemaak het nie, maar kon die kommissie in baie opsigte positiewe terugvoering gee wat die vyand op sy neus laat kyk het.

Met die stigting van die AB was daar geen uitgewerkte plan nie. Dit was ’n geval van doen wat die hand vind om te doen. Na 1920 het die AB meer planmatig te werk gegaan. Die eerste taak was om die Afrikaner teen verguising, vernedering en verdrukking te beskerm Die AB het hom daarop toegespits deur ’n samehorigheidsgevoel onder die Afrikaners te kweek, asook die handhawing en bevordering van Afrikaans in skole, in die openbare lewe en handelswêreld, en die bevordering van moedertaalonderrig en die letterkunde. Die hoogste prestasie wat hieruit gevloei het was die totstandkoming van die FAK in 1929. Hierdie kan beskryf word as die eerste fase van die AB.

Die tweede fase tot onmiddellike aansluiting hierby, strek tot ongeveer 1939, en val saam met die probleemsituasie van die Afrikanervolk, in daardie jare op maatskaplike, ekonomiese en politieke gebied. Dit word gekenmerk deur die leiding wat die AB geneem het, onder andere in die reëlings van die Kimberley Volkskongres in 1934 oor die armblanke vraagstuk, die skep van ’n eie Afrikaanse bank, Volkskas, die reël van die Ekonomiese Volkskongres in 1939 en die daaruitspruitende Reddingsdaadbond. Verder die stigting van die Ekonomiese en Handelsinstituut, die stigting van die Nasionale Instituut vir CNO, die Instituut vir Volkswelsyn, en die stigting van die Afrikaanse werkersorganisasie om die kommunistiese en ander denasionaliserende invloede in die werkerswêreld te bestry.

Die derde fase het begin met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog tot en met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948. Die AB het na 1939 beskermend opgetree wanneer die belange van die Afrikaner bedreig was. Tydens hierdie tyd moes die AB voorkom dat daar ’n blywende breuk onder die Afrikaner ontstaan. Die wyse waarop die Afrikaner in die oorlog betrek was, het by die volk die oortuiging laat ontstaan dat ’n Republiek onontbeerlik is en is in daardie rigting gewerk.

Die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 het ’n verdere fase in plek laat val. Dit was nou die taak om die verwarring wat tydens die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind het, tot orde te roep. Die totstandkoming van ’n Republiek sou hierdie verwarring in ’n groot mate teenwerk. Die inwydingsfees van die Voortrekker Monument en die van die Van Riebeeckfees was deel van die AB se taak en roeping. Deur die AB het die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede (SABRA) tot stand gekom wat die nodige leiding gegee het wat rasseverhoudinge betref.

Die totstandkoming van die Republiek het ’n verdere fase ingelei. Waar die stryd tot hiertoe na binne was het die AB nou die buitelandse gevaar die hoof gebied. Die kommunistiese gevaar en hul toenemende aggressie was nou op die agenda van die AB. Die waarnemende voorsitter van die Bondsraad het hom in 1955 sterk uitgedruk: “Die stryd om die behoud en uitbouing van die toekoms van die blanke en nie-blanke in Suidelike Afrika is in wese ’n stryd om die verinniging en behoud van ons Protestants-Christelike geloof, ’n stryd om die behoud en versterking van die Afrikanervolk as die roepingsbewuste draer van die toekoms van Suid-Afrika as blywende
tuiste vir sy aparte blanke en nie-blanke volksgemeenskappe, ’n stryd om ons mede Engelssprekende van die Republiek by ons Afrikaanse toekomstaak in te skakel, ’n stryd om ons nie-blanke volksgroepe te beskerm teen die uitbuitende intimiderende roekelose opstokers wat met behulp van liberaliste en humaniste die oogmerke van die Kommuniste en daarmee die vernietiging van die toekoms van blank en nie-blank as selfrespekterende aparte gemeenskappe bevorder”. Die AB het die Afrikanergedagte na die Engelssprekendes uitgedra  en het ’n gekoesterde en beskawingsinvloed op Afrika uitgeoefen.

Die sukses van die AB het daarin gelê dat die stille invloed van sy lede die kragfaktor was, en dit het uit-gestraal na die Afrikanergemeenskap. ’n Biblioteek en Publisiteitskomitee is na die Eerste Wêreldoorlog in die lewe geroep en voorlesings is gereeld gedoen, asook referate wat gelewer is. Die AB kon nie alles doen nie en daarom is openbare arms gestig wat uit nie-lede bestaan het. Die AB het hom al meer laat geld, veral op die kultuurakker. Die jeugdige krag en ondernemingsgees het ingewerk op die aktiwiteite. Met die besef dat die Afrikaanse taal die draer is van die Afrikaanse gedagte, het die AB homself algaande meer toegelê op die Afrikaanse taal en die trots daarvan. Afrikaanse name moes teruggebring word en die taal moes suiwer gepraat word. Die taal is aangemoedig onder die Engelssprekendes en nie-blankes.

Dit was die AB wat verskeie kommersiële groepe gestriem het deurdat hierdie groepe die regering wou forseer om ’n televisiediens in 1955 in te bring. Nie net op geestelike gebied nie, maar ook op stoflike gebied het die AB sy gewig ingegooi. Hierdie organisasie het besef dat die volk sterk huisgesinne moes huisves. In 1941 het die UR hom beywer deur Afrikaanse invloed te vestig by die Kindersorgverenigings oor die land heen. In 1944 het die Bondsraad besluit dat die Afrikaner se gesinslewe gestimuleer moes word en is die Reddingsdaadbond en die FAK versoek om ’n studie van die vraagstuk te maak. Die AB het besef dat Afrikaner verarming ’n bederflike invloed op die Afrikaner sou uitoefen en daarom het hy alles in sy vermoë gedoen om dit hok te slaan.

Tydens die Bondsberaad van 1931 het die Bond in die hoogste rat gegaan deur die onreg wat gepleeg is deur die staatsdiens teenoor staatsdienswerkers, tot orde te roep. Dit was egter ’n moeilike taak vanweë die feit dat daar opgetree is teenoor werkers wat hul lot by die Bond bekla het. Deur hierdie probleem te oorkom het die Bond van die Volksraadslede gebruik gemaak wat ’n frontaanval in die parlement kon maak en sodoende hierdie verontregting aan die man kon bring. Die AB is dikwels daarvan beskuldig dat hy in die guns van die Afrikaner opgetree het. Dit is egter as ’n onwaarheid ontbloot. Die Bond het in guns van die Afrikaner opgetree waar die Afrikaner verontreg is, maar dit was nooit ten koste van die ander bevolkingsgroepe nie. Die Afrikaner kon stoflik en geestelik beter diens verrig, en het derhalwe die hande van die AB versterk om alle bevolkingsgroepe in die breë te kon dien.

In hierdie verband kan enkeles genoem word. Die AB het vir alle boere ingestaan deur voorrang vir hul produkte te verkry. Die AB het hul beywer vir ’n eie muntstelsel. Hy het toegetree tot grondbewaring en die daarstelling van landboubewegings. Die korrupte bestuur van stede en dorpe is aangespreek. Die AB het geywer vir ’n eie redery in samewerking met die Ekonomiese Instituut.

Ook het die AB sy hande uitgesteek oorgrens heen met die plasing van Hollandse kinders in Afrikanergesinne. Finansiële hulp is aan die Duits-Afrikaner Hulpvereniging verleen, waar ’n bedrag van R500 000 deur die DAH ingesamel is.
Die AB het ’n openbare arm benodig deur ’n groter getal taal- en kultuurbewuste Afrikaners byeen te bring deur reeds geïnspireerde taal en kultuur Afrikaners te gebruik, en daardeur vervlakking wat na 1920 plaasgevind het, aan te spreek. Die Helpmekaar-vereniging is in die lewe geroep. Kort hierna is die FAK gestig met die opdrag om die Afrikaner se taal en kultuur te bevorder. Met die stigting van hierdie instansie was die wekroep: “Dit is ons kind en as ouers moet ons sorg dat hy gesond en behoorlik toegerus die wêreld ingaan om in lengte van dae sy heilsame invloed wyd en syd te laat geld”.

Op die ekonomiese gebied het die AB nie agterweë gebly nie, maar het hy ook wat dit betref, sy deel gedoen in die opheffing van die volk. ’n Fonds is geskep vir minderbevoorregte Afrikaners. Afrikanerbesighede is gehelp en daar is op verskillende vlakke met sakemanne saamgewerk vir die nodige stukrag. Afrikaanse seuns en dogters is van beurse voorsien vir hul studies. In 1937 het die Volkskas Bank tot stand gekom as gevolg van aaneenlopende ywer aan die kant van die AB. Verder het die Bond hom beywer vir volkswinkels. Die Reddingsdaadbond word in 1940 gestig as nog ’n openbare arm van die AB. Groot fondse spruit hieruit. Tientalle sakemanne word hierdeur gehelp en op die been gebring. Jong mense word ook hier met beurse bygestaan en in geskikte werke geplaas. Tydens die sitting van die Ekonomiese Volkskongres in Augustus 1942 word die Afrikaanse Handelsinstutuut uit die AB gebore. Die uitbuiting van die Afrikanerwerker deur groot kapitalistiese maatskappye word teengewerk. Die groot kapitaalmagte word ook uitgewys en daarteen georganiseer.

Op die onderwysgebied het die AB ook sy insette gelewer. Die daarstelling van moedertaalonderrig is deurentyd gepropageer. Die AB het voortdurend insae in onderwysbesluite gelewer. Die UR het in Oktober 1938 eendragtig besluit dat die Christelik-Nasionale lewens- en wêreldbeskouing die grondslag vir opvoeding behoort te wees. Die AB lê die weg vir verskillende beroepsrigtings. Die organisasie het sy volle gewig agter die Afrikaanse universiteite ingegooi en hierdie instansies ook finansieel bevorder. Die indringing van nie-Christelike en nie-Afrikaanse dokters by Afrikaner huisgesinne is teengewerk.

Wat betref die jeug het die AB verskillende jeugbewegings op die been gebring of bystand verleen met die stigting van jeugbewegings, waarvan die Voortrekkerbeweging in 1931 een was. In dieselfde jaar wat die Voortrekkerbeweging gestig is, het die AB ook aan studente aandag gegee deur die stigting van ANS wat bewerkstellig is deur middel van die Afrikaanse Studente Bond (ASB). Die doel hiervan was uitsluitlik om die studente te onttrek van die verderflike invloed wat NUSAS op die studente uitgeoefen het. Die vertroulike jeug-organisasie Ruiterwag het deur die toedoen van die Bond in 1955 tot stand gekom. Die FAK orkestreer in 1963 die Nasionale Jeugraad wat koördinerend tussen jeugorganisasies sou optree.

Met die besef dat die Afrikaner veranker is in die boereplaas en boerdery het die AB baie aandag geskenk aan boerdery. Die AB het verskillende openbare arms ingespan om boere behulpsaam te wees. Verskillende skemas is tot die beskikking van die boeregemeenskap gestel. Die boer is aangemoedig om by landbou-organisasies en unies aan te sluit wat tot voordeel van die boer sou strek.

Ook het die AB hom ten doel gestel om na die belange van die Afrikanerwerker om te sien, veral waar die Afrikanerwerker aan onsimpatieke werkgewers uitgelewer was. Die Blanke Werkers-Beskermingsbond is in 1944 gestig en die AB het onmiddellik sy hulp aangebied en die bedrag van R400 000 aan hierdie organisasie, wat die blanke o. a. beskerm het teen kommunistiese invloed, aangebied. In 1947 het die AB duisende mynwerkers te hulp gesnel vir noodsaaklike lewensmiddele. Die meriete van die mynwerker se griewe is gedeel. ’n Aksie komitee is in die lewe geroep wat die openbare steun in guns van die stakers aangemoedig het. Verskeie werkerorganisasies en unies, onder andere die Gemeenskap Volk en Arbeid, is gestig om toe te sien na die stoflike en geestesgoedere van die Afrikaner, asook sy taal en tradisies.

Met die aanvang van 1962, wat betref die nie-blanke aangeleentheid, was die uitgangspunt as volg: “Die algemene benadering van die taakgroep is dat dit nie gaan oor die formulering van beleid as sodanig nie, maar om weë te vind waarlangs aanvaarde beleid kragdadig en doelgerig uitgevoer kon word.” Die AB was ’n voorstander van massa segregasie en het ook die tuisland-beleid bepleit en selfs in ’n mate die planne uiteengesit. Die AB het swart universiteite in die vooruitsig gestel. Swart onderwys moes ook in gesonde kanale gelei word. Moedertaalonderrig is deurgaans bepleit en daarnaas een van die amptelike ampstale.

Hierdie organisasie het ’n swart nuusblad in die vooruitsig gestel, aangesien die Engelstalige koerante nie ’n gesonde gees teenoor die Afrikaner openbaar het nie. ’n Kort ruk daarna het die swart jeugblad Motswalla wa Bana te Bloemfontein die lig gesien wat die goedkeuring van die AB weggedra het. In 1948 is die Randse Onderlinge Hulp Organisasie (ROHO) op die been gebring wat alle liggame byeen gebring het. Die ROHO het die medewerking van die nie-blankes gesoek om ongewenste invloed teen te werk. ’n Komitee is in die lewe geroep wat hom op die
welsyn, ekonomiese en sosiale aangeleenthede toegespits het. ’n Goeie verhouding tussen wit en swart het hieruit gespruit en kommunisme kon doeltreffend teengewerk word. Terwyl SABRA hul met die formulering van beleid en andersyds praktiese aspekte van die swart vraagstuk besig gehou het, was dit die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns waarin die AB ’n aandeel gehad het met sy stigting en wat tot die stigting van die Afrika-Instituut oorgegaan het, wat gebeurtenisse in Afrika bestudeer het.
Wat betref die AB se houding aangaande die politiek was hul stand en uitgangspunt baie duidelik. Tydens die stigtingsvergadering van die AB was die besluit baie duidelik dat die AB nie politieke partye aanhang nie, maar “non-politiek” is. Tydens die tweede AB vergadering op 18 Julie 1918 is ’n konstitusie aangeneem waarvan art. 16 as volg lui: “Die vereniging is beslis non-politiek en dit word dus verwag dat politiek buite ons werksaamhede en vergaderings gehou sal word.” In artikel 9 daarvan word die verhouding van die Bond tot die politiek duidelik en onomwonde in die volgende woorde gestel: “In verband met die werksaamhede kan die vergadering enige volks vraagstuk of geskiedkundige punt bespreek met die doel om op onpartydige wyse uit te vind wat die beste is vir die sedelike, intellektuele, maatskaplike en staatkundige vooruitgang van ons volk. G’n spreker mag dus optree as propagandis vir een of ander bestaande politieke party, of party-politiek as sodanig nie. Die voorsitter sal streng let op hierdie bepaling”. Die AB het baie beslis opgetree rondom hierdie beginsel.

So sterk dat nadat die Nasionale Party in 1948 gewen het, die besluit geneem is dat geen Kabinetsminister op die UR mog dien nie. (Let wel, die uitgangspunt was nog altyd dat leiers AB lede mag word, maar AB lede is nie as leiers gestoot nie. ) Lede was vry om buite die AB hul politieke bedrywighede voort te sit. Dit is waar dat die AB en die Nasionale Party die hoogste belange van die volk nagestreef het. Hulle het dit egter onafhanklik van mekaar gedoen sonder om in konflik te verkeer. Gesprekke tussen die AB en Eerste Ministers het gereeld plaasgevind. Die AB het bv. onafhanklik geywer vir ’n Republiek en ook die bevegting van Kommunisme.

Ten opsigte van die identifisering van kommunisme het die AB ook die voortou geneem deur die Afrikaner te waarsku teen kommunisme. Na 1960 het die AB op ’n meer konstruktiewe en aanvallende wyse te werk gegaan. In 1943 is ’n studie van kommunisme gemaak. Verskillende instansies het hierby betrokke geraak. Na 1963 het die AB en die regering tot die besef gekom dat hierdie draak, die maaksel van die georganiseerde en internasionale geldmag, deurgedring tot “binne die AB deur Afrikaanse predikante, binne ons Afrikaanse kerke, deur nasionaliste, binne ons eie Nasionale party”. ’n Kongres wat gehandel het oor die insypelingsmetode van kommunisme is van 1–2 April gehou. Die tema was die Christendom teen die kommunisme. Die Nasionale Raad teen kommunisme is in die lewe geroep. In Oktober het die Nasionale Raad ’n internasionale simposium oor kommunisme gehou met kenners oor die wêreld heen. Hierdie Raad het in 1970 tot ’n einde gekom en daar kan met redelike sekerheid aangeneem word dat John Vorster en sy agterryers ’n hand daarin gehad het.

Die AB het geywer om ten alle tye volkseenheid te bewerkstellig. AB-lede het bestaan uit meer as net een party se lede of groepe se aanhangers en lede. Tydens die smelterjare het die Bond die wekroep laat uitgaan om alle reggeaarde Afrikaners bymekaar te bring. Die oorkoepelende volksaak het by die AB voorrang geniet. Die opheffing van die Afrikaner en die kultuuropdrag was die hoogste prioriteit. In die binnekring van die AB mog hulle mekaar nie aanval nie, alhoewel elke lid sy politieke gevoel daarnaas kon uitleef in sy betrokke party.

Gedurende die Eeufeesviering in 1938 het volkseenheid geseëvier. Die Tweede Wêreldoorlog het die nuutgevonde volkseenheid bekragtig. Met die stigting van die Ossewabrandwag was daar weer woelinge. Hierdie periode is egter beëindig met die bymekaarkom van dr. Malan en Klasie Havenga en het tot eenheid uitgeloop.

In 1967 wyk die AB egter af van sy nasionalistiese uitgangspunt en sê sy steun toe aan John Vorster se Nasionale Party. Hierna volg ’n hakkejag op mnr. Jaap Marais, dr. Hertzog en ander Afrikanernasionaliste, as gevolg van hulle verset teen John Vorster se gemengde sport en integrasiebeleid. In Oktober 1969 gaan die Afrikanernasionaliste oor tot partystigting en kry die Herstigte Nasionale Party (HNP) sy ontstaan. Tydens die HNP-kongres van 1972 breek die HNP finaal met die Afrikaner Broederbond.

Met hierdie gegewens in hand, die besef dat die AB nie net ’n organisasie om die beywering vir die opheffing en beskerming van die Afrikaner was nie, maar ook die Afrikaner se Protestantse lewens- en wêreldbeskouing ernstig opgeneem het. Daar kan selfs verder gegaan word wanneer gelet word op die rol wat die AB gespeel het ten opsigte van die anderstaliges, maar ook ten opsigte van die swart en bruin bevolking. Dr. Verwoerd is wel in die laat vyftigs tot vroeë sestigs verkies tot die UR wat streng gesproke teen die reglement van die Bond was.
Dr. Verwoerd was in daardie stadium Eerste Minister en nie ’n kabinetsminister nie, kan seker geargumenteer word. Hierdie stap is egter genoodsaak weens die kommunistiese gevaar wat hand oor hand toegeneem het. Nie net vir die Afrikaner nie, maar ook vir die anderstalige en swart bevolking het dit gevaar ingehou, soos tans bewys.

Trouens, die ganse Christendom staan gevaar om verswelg en vernietig te word deur hierdie draak. Maar terwyl hierdie kwessie aangeraak word is dit goed, en ook noodsaaklik deur dieper te delf na hierdie beskuldiging van die DA. Voor die naamsverandering na die DA was die naam DP, en voor dit die PFP, maar aanvanklik die
Progressiewe Party (PP) met Helen Suzman, die oer-oumagrootjie van liberalisme, as leier en stigter van die party, tesame met Harry Oppenheimer en die georganiseerde geldmag, nadat die party in 1959 van die VP weggebreek het. Die georganiseerde geldmag het dus pa gestaan vir die ontstaan van die PP, oftewel die DA. Dit is ook vandag nie meer ’n geheim dat die Internasionale Geldmag agter die Nuwe Wêreldorde en kommunisme sit nie. Kommunisme is die aktiewe arm van hierdie godfather. En nou die DA, die party wie se slagspreuk “one man one vote” is en dus pa moet staan vir die ANC, gelaai met kommuniste, die maaksel waarvan die DA dan nou die opposisie is. Maar die geldmag het ook in ’n groot mate beheer uitgeoefen op die ekonomiese akker, in so ’n mate dat dr. Verwoerd in die middel sestigs die geldmag laat ondersoek het. Die taak is aan prof. Piet Hoek toegesê. Alvorens die verslag geïmplimenteer kon word, is dr. Verwoerd vermoor. Daar kan stellig aangeneem word dat die verslag een van die groot redes is waarom dr. Verwoerd uit die weg geruim moes word.

Wanneer dus geargumenteer word of dr. Verwoerd hom ook skuldig gemaak het aan kaderontplooiing, dan die besef dat die Christelike Afrikanernasionalisme se ingesteldheid van so ’n aard is dat kaderontplooiing teen die aard van Afrikanernasionalisme is. Dan sal hierdie mag nie meer Afrikanernasionalisme wees nie. Wat dr. Verwoerd tot stand gebring het was ’n vreedsame land op ’n brandende kontinent waar moord en oproere tot die absolute minimum beperk was. Selfs die buitelandse joernaliste het telkemale hul koppe geskud in ongeloof,
soos bv. Sophiatown se verskuiwing na ’n nuwe woongebied, met juigende en singende swartes in die strate. ’n Land wat voorspoed beleef het onder al sy inwoners. Die nuwe indiensnemingskoers was 73 persent! Tydens die John Vorster oorname en vergrype het die AB sy ware karakter verloor. Die nuwe AB het saam met die Vorster/Botha/De Klerk-bende en die Progge (DA) en ander groeperinge voorgehardloop deur die land aan ’n Swart Engelse Kommunistiese (SEK) regering te oorhandig. Hiervan is die geheime Broederbond-dokument wat in 1987 ’n een-mens-een-stem-verkiesing in die vooruitsig gestel het, die grootste bewys. Hierdie is maar een sprekende voorbeeld. Terwyl die name van Vorster, Botha, De Klerk en ander in skande opgaan, is die nagedagtenis van dr. Verwoerd rein en edel en was dit Jan Botha van die destydse PP, nou DA, wat die lofwaardige uitlating gemaak het dat dr. Verwoerd met sy afsterwe alreeds sy eie monument opgerig het. Dr. Verwoerd, ’n man wat nie kaders nodig gehad het soos die Liberaliste en Kommuniste nie, maar ’n man wat geweet het om reg te wees is om ’n mag te wees, soos sy vyande en die wêreld tot hul ontsteltenis sou uitvind. ’n Man wie se eerbaarheid, integriteit en idealisme die wêreld telkemale verstom het.

 

Bronne:

Die Afrikaner-Broederbond: Eerste 50 jaar – A.N. Pelzer

Die era van Verwoerd – Jaap Marais (in minder mate)

ANB Nuusbrief: DIE KOMS VAN JONG SUID-AFRIKA

“…ons (moet) mekaar bemoedig, die hande vat en mekaar weer optrek na die hoogtes. Ons moet mekaar ondersteun en weer die patriotisme deur Nasionalisme laat opvlam tot groot hoogtes.”

Republiekfees toespraak gelewer 28 Mei 2022 deur Mnr. Dirk Joubert.

 Geagte volksgenote – baie dankie vir hierdie ge-eerde geleentheid om u toe te spreek. Ek wil begin deur aan u Lourens Taljaard se gedig ‘Waarheen Blank Suid-Afrika?’ voor te hou:
Elke nuwe dag van môre
sal soos gister kom en gaan.
Maar ons dade; goed of euwel;
bly vir nageslagte staan.
As ons lewenswa gekom het
by die uitspan op die pad;
sal ons nageslag dan trots wees
om die tou by ons te vat?
Sal ons weet dat ons getrou was
in die uitvoer van ons plig?
Of sal hul wat ons moet opvolg;
hulle vinger op ons rig?
Sal hul stemme; vol van sorge;
hierdie wanhoopsvraag moet vra;
“Waar is nou ons trotse erfenis;”
“WAAR IS BLANK SUID-AFRIKA?”
Daar is soveel negatiewe gedagtes rondom die Republiek van Suid-Afrika. Vandag is daar soveel dinge wat aangaan wat teen ons Christelike beginsels, teen ons opvoedings, teen ons stryd is. Maar ons lewer ‘n positiewe boodskap vandag, net soos wat ds. Boeta dit gedoen het.
As ek hier agter my op die bord kyk dan staan daar geskryf “Sodat die volgende geslag dit kan weet – die kinders wat gebore word. Dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders en hulle vertrou…” “Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel…” Dit is wat ons moet doen.
Vandag weet ons nie: is ek ‘n Republikein of is ek ‘n Patriot? Strewe ons nog vandag om net ‘n suiwer Republikein te wees? Of het ons verander na Patriotte toe? Hierdie vraag moet u vir uself beantwoord.
Dit gesê deel ek net ‘n bietjie nuttelose informasie – so terloops.
Die eerste republiek is deur Cicero uitgeroep – die Romeinse Republiek. Die Romeinse republiek was die fase van die antieke Romeinse beskawing wat gekenmerk is deur ‘n republikeinse regeringsvorm. Die republikeinse tydperk het begin met die omverwerping van die Monargie c.509 v.C., en vir meer as 450 jaar bestaan tot met die subversie daarvan deur ‘n reeks burgeroorloë, in die Prinsipaat-regeringsvorm en die Keiserlik tydperk.
Dis net interessant dat alles in die geskiedenis herhaal.
Om te dink wat Republiekdag vir ons beteken, moet ons so bietjie terug gaan na die Vrede van Vereniging. Net so terloops, die Vredesonderhandelinge het plaasgevind op Vereniging, maar dit het niks te doen met die naam “Vrede van Vereniging” nie, dit is net so genoem. Die dorp is vernoem na die Zuid-Afrikaanse- en die Oranje-Vrystaat se Colen- en Mineralen Vereniging wat daar gestasioneer was.
Voor die tyd – 1902 -1908 (Vrede van Vereniging)
Tydens die onderhandelinge wat gelei het tot die ondertekening van die Verdrag of die Vrede van Vereniging, was daar vurige besprekings oor die lot van die volk sou hierdie verdrag nie voluit nagestreef word nie.
Dit was duidelik dat daar wel van die 60 Boere-leiers was wat wel die stryd wou voortsit en die meerderheid van 54 teenoor ses het later besluit ten gunste van die verdrag, waarop die Anglo Boereoorlog beëindig is. Hierdie stryd wat al sedert 11 Oktober 1899 gewoed het.
Die Boere-leiers het met hul aankoms daar alles in orde gevind en is hulle gehuisves in twee luukse tente. Die derde tent, die Tent van Samekoms, was in die middel opgeslaan waarin die samesprekings plaasgevind het.
Genl. Jan Smuts het op 30 Mei 1902 in sy openingstoespraak in die Tent van Samekoms op Vereniging die vergadering toegespreek en gesê: “Broers, ons het besluit om tot die bittere einde te staan; laat ons soos manne erken dat hierdie einde vir ons gekom het, in bitterder vorm gekom as wat ons ooit gedink het. Vir ‘n ieder van ons sou die dood ‘n soeter en sagter einde gewees het as die stap waartoe ons nou sal moet oorgaan. Maar ons buk voor Gods wil. Die toekoms is duister; maar ons sal die moed, die hoop, die vertroue op God nie prysgee nie.”
Genl. Beyers is as voorsitter verkies. Elke afgevaardigde het die geleentheid gekry om die situasie in hul gebiede te beskryf. Genl. De Wet van die Oranje-Vrystaat het egter volstaan dat die stryd voortgesit moet word.
Na vele onderhandelinge op Maandag 19 Mei tussen Genls. Louis Botha, Christiaan de Wet, Koos de la Rey, J.B.M. Hertzog en Jan Smuts aan die Boerekant en Lord Milner en Genl. Kitchener, is die konsep voorstel op 21 Mei deur Hertzog, Smuts en Kitchener en sy regsverteenwoordiger, Richard Solomon opgestel en na Brittanje gestuur vir voorlegging.
Op 28 Mei kom die finale vorm terug met die opdrag dat dit in geheel aanvaar of verwerp moet word – sou dit verwerp word, sal die stryd voortduur.
Met President Steyn wat siek word is Genl. De Wet beëdig as president van die OVS, en die besprekinge is op 29 Mei in die tent van samekoms, hervat.
De Wet pleit dat die stryd wat in die Geloof begin is, ook in die Geloof moet voortgaan terwyl Beyers sê dat die posisie haglik geword het omdat daar ‘n gees van mismoedigheid heers tussen die mense en dat die voortbestaan van die volk in God se hande gelaat moet word. En teen die gees kan min stry.
Op Saterdag 31 Mei 1902 vergader tien verteenwoordigers van die Boerererepublieke by Melrose-Huis wat Kitchener se hoofkwartier was en die Verdrag van Vereniging word net na 11h00 die aand onderteken.
In hierdie verdrag was die voorwaardes duidelik uiteengesit, nl.:
  • Alle vegtende Boere van beide republieke moes hulself oorgee;
  • Alle vegtende Boere se wapens word gekonfiskeer;
  • Elkeen moes lojaliteit teenoor die Kroon sweer;
  • Geen doodstraf sou opgelê word nie;
  • Algemene Amnestie sou geld;
  • Die gebruik van Nederlands sou in skole en geregshowe toegelaat word. (Genl. Hertzog het daarop aangedring dat die taalbeleid nie verander mag word nie.)
  • Selfregering sou uiteindelik aan die Transvaal en die OVS toegeken word;
  • Brittanje het die bedrag van 3 miljoen pond aan die Boere betaal word vir heropbouing;
  • Eiendomsregte van Boere sou gerespekteer word;
  • Geen grondbelasting sou geld nie;
  • Geregistreerde privaat wapens sou toegelaat word.
Unie wording – 1910
Een van die redes van Unie wording was ‘n ekonomiese stryd.
Lord Alfred Milner, die Britse Hoë Kommissaris in Suid-Afrika en goewerneur van Transvaal en die Oranjerivierkolonie, het reeds in 1901 ‘n sogenaamde modus vivendi met Mosambiek aangegaan: in ruil vir die reg om in Mosambiek arbeiders vir die Transvaalse goudmyne te werf, sou minstens 55 % van die Witwatersrand se vragvervoer op die Lourenço Marques-spoorlyn geskied.
Die reëling was vir Transvaal die voordeligste omdat ongeveer 85 % van die spoorlyn deur sy eie gebied geloop het en Lourenço Marques (huidige Maputo) nader aan die Rand (Transvaalse goudvelde) was, as Durban of die Kaapse hawens.
Die samesmelting van die spoorweë van Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Central South African Railways) het dit moontlik gemaak om die deel van die spoorlyn tussen Pretoria en die Mosambiekse grens van die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij te koop en het ook die verbinding van Kroonstad met Bethlehem moontlik gemaak.
As gevolg van die groot mededinging het die kuskolonies se inkomste uit spoorvervoer drasties afgeneem. ‘n Konferensie wat Milner in 1905 belê het om die geskille op te los, het misluk en hy kon ook nie daarin slaag om die modus vivendi met Mosambiek te wysig nie.
Teen 1908 het die Kaapkolonie ‘n geringe aandeel van 13 % in die Randse handelsverkeer gehad en Durban 24%. Die ekonomiese stryd is vererger deur die doeane-vraagstuk. Sedert 1903 het al 4 die kolonies plus Suid-Rhodesië (huidige Zimbabwe) en die Britse protektorate tot die tol-unie behoort wat buitelandse vryhandel verseker het.
Volgens ooreenkoms is regte op invoerprodukte in die hawens deur die kuskolonies in oorleg met die binnelandse kolonies gehef. Nadat die kuskolonies 5 % vir administrasiekoste afgetrek het, is die inkomste uit doeane gelykop onder die kolonies verdeel. Natal wou sy inkomste vermeerder deur die invoertariewe te verhoog. Transvaal was egter ten gunste van laer invoertariewe ten einde sy lewens-en mynbedryfskoste so laag moontlik te hou. In 1906 het Natal gedreig om hom aan die tolunie te onttrek, en om hom tegemoet te kom, is daar by ‘n konferensie in Pietermaritzburg toegewings gedoen wat niemand tevrede gestel het nie.
In 1907 het Transvaal, wat intussen verantwoordelike bestuur ontvang het, kennis gegee dat hy die tol-unie in Junie 1908 sou verlaat. Dit sou hom daartoe in staat stel om goedere goedkoper deur Lourenço Marques in te voer en terselfdertyd ‘n ringmuur van tariewe op te bou om sy eie landbouprodukte te beskerm. So ‘n stap sou ‘n ernstige verlies vir die kuskolonies beteken.
Die ekonomiese vraagstukke in Suid-Afrika was onoplosbaar en om ‘n permanente politieke breuk tussen die kolonies te voorkom, het ‘n politieke Unie met een spoorwegstelsel en een ekonomiese stelsel na die enigste oplossing gelyk.
Die tweede rede vir die Unie wording is die Rassebeleid.
Die feit dat baie swartes nou ontstam en na die stede vlug, en die verhuising van die Indiers uit Natal na die Transvaal, was vraagstukke wat oplossings nodig gehad het. Dit moes op hoë vlak met die Britte uitgesorteer word.
Die aanbevelings van ‘n Interkoloniale Kommissie van Bantoe-sake (1903-1905) was onuitvoerbaar omdat elke kolonie sy eie beleid gevolg het. Dit dan ook een van die redes waarom Indiërs tot in die 70 jare nog nie in die Oranje Vrystaat toegelaat is nie.
Die swak hantering van die Rassevraagstuk in die een kolonie, kon die veiligheid van die ander kolonies bedreig. In 1906 moes ‘n Zoeloe-opstand in Natal, bekend as die Bambata-rebellie, met die hulp van Transvaal en die Kaapkolonie onderdruk word. Meer as 3 000 Zoeloes het in die opstand gesneuwel.
Die opstand het gevolg op die besluit van die Natalse parlement om een pond persoonlike belasting op alle manlike burgers, behalwe getroude Swartes, te hef. Daar was byvoorbeeld ‘n hutte-belasting ingestel, en ook man-belasting vir elke Swarte oor die ouderdom van 18jaar. Maar dit was nie die hoof oorsaak van die opstand nie.
Volgens die Bambata-rebellie leier was dit die onderdrukking van die Swartes in Natal, en daarom het hulle uitgewyk na Transvaal en die Vrystaat.
Natal se hantering van die opstand en die daaropvolgende verhoor van Dinizulu, hoof van die Zoeloes se koningshuis, het skerp kritiek in Brittanje sowel as in Suid-Afrika tot gevolg gehad.
Terselfdertyd het die onbeheerste emigrasie van Indiërs uit Natal na Transvaal, daartoe gelei dat die Transvaalse regering wetgewing ingestel het om die instroming van Indiërs te beheer. Die Indiërs het hulle onder leiding van Mahatma Gandhi teen die wetgewing verset.
Die ooreenkoms wat in 1908 tussen Gandhi en Smuts bereik is, het die probleme tydelik opgelos. Dit was duidelik dat ‘n gemeenskaplike rassebeleid noodsaaklik was vir stabiliteit van al 4 die kolonies, en dat die beleid deur slegs ‘n sterk sentrale regering uitgevoer kon word.
Die gedagte aan staatkundige eenheid het teen 1906 reeds by verskeie Suid-Afrikaanse politici posgevat. Hul redes vir eenwording was, afgesien van die belangrike ekonomiese en rassevraagstukke, egter nie altyd dieselfde nie.
Die Transvaalse premier, genl. Louis Botha, en sy adjunk, genl. J.C. Smuts, wou graag die sogenaamde imperiale faktor in Suid-Afrika uitskakel, dit wil sê hulle wou sien dat die beweging vir eenheid in Suid-Afrika self ontwikkel, dat dit die steun van anti-imperialistiese partye geniet en dat dit nie deur Brittanje afgedwing word nie.
Die siening is gedeel deur die Kaapse politieke leier, John X. Merriman wat in 1908 met die steun van die Afrikanerbond, aan die bewind gekom het. Vir Botha en Smuts sou samewerking tussen die Afrikaners en die Engelse in ʼn verenigde Suid-Afrika die kroon span op die sogenaamde konsiliasiebeleid, wat hulle reeds in Transvaal toegepas het.
Oud-president M.T. Steyn en genl. J.B.M Hertzog was ook sterk voorstanders van eenwording, omdat al die Afrikaners in Suid-Afrika daardeur onder een vlag herenig sou word.
In ‘n sterk verenigde staat sou die Afrikaners beter daartoe in staat wees om hul identiteit te handhaaf. Die bewindhebbers in Brittanje het verantwoordelike bestuur aan Transvaal en die Oranjerivierkolonie verleen, juis in die hoop dat die vereniging van die Brits-Suid-Afrikaanse gebiede daardeur bespoedig sou word.
Volgens hulle sou ‘n verenigde Suid-Afrika ʼn versterking van die imperiale bande beteken, en ‘n groter mate van lojaliteit verseker ingeval Brittanje in ‘n Europese oorlog betrokke raak.
Die imperiale siening is onderskryf deur dr. L.S. Jameson, wat van 1904 tot 1908 die premier van die Kaapkolonie was. In November 1906 het hy hom deur Lionel Curtis laat oorreed om by lord Selborne (Milner se opvolger) aan te beveel dat die politieke situasie in Suid-Afrika hersien word met die oog op moontlike eenwording.
Curtis was ʼn lid van Milner se “Kindergarten”, wat belangrike openbare paste in Transvaal beklee het. In Oktober 1906 het hy uit sy pos bedank en ‘n reis deur al 4 die kolonies onderneem, waarna hy ʼn konsep-memorandum oor eenwording opgestel het.
Curtis se memorandum is met etlike wysigings in Januarie 1907 onder die naam van lord Selborne gepubliseer met die titel A review of the present mutual relations of the British South African colonies. Die memorandum is aan die regerings van die kolonies, insluitende aan Suid-Rhodesië (vandag Zimbabwe), gestuur.
Selborne wou nie die indruk wek dat unifikasie van Britse kant op Suid-Afrika afgedwing word nie en het die klem geplaas op die voordele wat dit vir Suid-Afrika sou inhou.
Die memorandum het die historiese oorsake vir die verdeeldheid van Suid-Afrika behandel, en het dit onomwonde gestel dat blywende oplossings vir die ekonomiese en rasseprobleme, slegs in ‘n verenigde Suid-Afrika gevind kon word.
Daar is ook gewys op die voordele wat verkry sou word uit die gemeenskaplike ontwikkeling van die landbou en mynbou, asook die koste wat bespaar sou word deur die instelling van een administrasie en een verdedigingsmag. Die memorandum is gunstig ontvang, en in die daaropvolgende jaar het die idee vinnig veld gewen. Unifikasiebewegings het oral in Suid-Afrika ontstaan en die maandblad The State het hul lyfblad geword.
Doeanekonferensie
Op versoek van Transvaal is ‘n interkoloniale konferensie in Mei 1908, en later dieselfde maand in Kaapstad gehou, om die doeanevraagstuk te bespreek. Niks is bereik deur die konferensie nie, en Smuts het van die geleentheid gebruik gemaak om voorstelle in te dien wat daarop neergekom het dat die afgevaardigdes by hul onderskeie parlemente moes aanbeveel dat ʼn politieke vereniging van die kolonies bewerkstellig word.
Hy het ook gevra dat ʼn nasionale konvensie byeen moes kom sodat ‘n konsepgrondwet opgestel kon word. Dit het bekend gestaan as “Die Suid-Afrika-wet”.
Daar is besluit dat die Kaapkolonie 12 afgevaardigdes na die konferensie sou stuur, Transvaal 8 en die 2 kleiner kolonies elkeen 5. Suid-Rhodesie is genooi om 3 waarnemers te stuur, vir ingeval hulle later sou wou aansluit by die verenigde Suid-Afrika.
Nasionale Konvensie
Die afgevaardigdes van die 4 kolonies, insluitende die 3 waarnemers van Suid-Rhodesië, het van 12 Oktober tot 5 November 1908 in Durban vergader. ‘n Tweede sitting van die konvensie het van 23 November tot 3 Februarie 1909 in Kaapstad plaasgevind en ‘n derde sitting, waartydens amendemente oorweeg is, van 3 tot 11 Mei 1909 in Bloemfontein.
 Hoofregter J.H. de Villiers van die Kaapkolonie het as voorsitter opgetree. Vanweë sy groot intellektuele vermoë en grondige kennis van staatsreg het Smuts ʼn leidende rol by die konvensie gespeel. Hoewel al die afgevaardigdes ten gunste van politieke eenwording was, was daar groot struikelblokke wat uit die weg geruim moes word. Die eerste hiervan was die vraag of die grondwet van die voorgestelde verenigde staat federaal of uniaal moes wees.
In ‘n federasie (soos byvoorbeeld die VSA, Kanada en Australië) sou die kolonies hul eie parlemente behou en slegs sake van gemeenskaplike belang (byvoorbeeld verdediging, handel, spoorweë en poswese) aan die sentrale regering opdra.
Die sentrale regering van ʼn federasie het dus baie beperkte mag. ‘n Uniale grondwet sou voorsiening maak vir ‘n sterk, soewereine, sentrale regering. Die kolonies sou dus hul identiteite moes prysgee en in een staat opgaan.
Uit vrees vir oorheersing deur die Afrikaners was die oorwegend Engelssprekende Natal ten gunste van ‘n federasie. Sommige Kaapse leiers, soos J.H. (Onze Jan) Hofmeyr en F.S. Malan, was ook ten gunste van federasie omdat hulle gevrees het dat die Kaapkolonie deur die ekonomies sterker Transvaal, verswelg sou word.
Hulle was ook besorg dat die Kaapse Nie-Blanke stemreg deur ‘n Unie regering afgeskaf sou word. Smuts en Merriman was ten gunste van ‘n unie omdat ‘n sterk sentrale regering na hul mening noodsaaklik was vir die uitvoering van ‘n eenvormige rasse- en ekonomiese beleid. ‘n Uniale grondwet sou in die toekoms ook makliker by veranderende omstandighede in Suid-Afrika aangepas kon word. Wat ons weet het gelei tot die vorming van die Republiek.
Smuts het daarin geslaag om die meerderheid van die afgevaardigdes na sy standpunt oor te haal, maar in die finale grondwet is belangrike toegewings aan die federaliste gedoen: elke kolonie sou verander in ‘n provinsie met sy eie provinsiale bestuur, wat beperkte bevoegdhede sou hê.
Een van die mees omstrede probleme wat deur die konvensie opgelos moes word, was die kwessie van Nie-Blanke stemreg. In Transvaal en die Oranjerivierkolonie het die Nie-Blanke bevolking nog nooit stemreg gehad nie en een van die voorwaardes van die Vrede van Vereniging was dat die kwessie nie aangeroer sou word voordat selfregering verkry is nie.
In die Kaapkolonie het alle rassegroepe gelyke politieke regte gehad. Elke manlike bruger wat sy naam, adres en beroep kon neerskryf en ‘n vasgestelde eiendom of inkomste gehad het, kon stem. Daar was ook nie ʼn kleurslagboom in die parlement nie.
In Natal het Nie-Blankes ook stemreg gehad mits hulle aan sekere vereistes voldoen het, maar in die praktyk is die stemwette so toegepas dat minder as 1 % van die Nie-Blanke bevolking stem reg gehad het.
Die Kaapkolonie was nie bereid om sy Nie-Blanke stem reg prys te gee nie en wou sy stemwette op die hele Suid-Afrika van toepassing maak. Die ander 3 kolonies wou stemreg tot Blankes alleenlik beperk.
 Met die teësinnige goedkeuring van Brittanje is besluit om die status quo te handhaaf. Die stemreg van die Kaapse Nie-Blankes is egter in die grondwet verskans, dit wil sê dit kon nie afgeskaf word sonder ʼn tweederdemeerderheid in ʼn gesamentlike sitting van albei huise van die parlement nie.
Daar is ook bepaal dat Nie-Blankes nie sitting in die parlement kon hê nie. Op aandrang van Hertzog en Steyn is Nederlands (later vervang deur Afrikaans) se gelyke regte met Engels as amptelike taal ook in die grondwet verskans.
Daar is besluit dat die spoorweë van die kolonies, aan die Sentrale regering oorgedra word, en dat ‘n spesiale raad gestig sou word om die spoorweë op ‘n sakegrondslag te administreer. Die bestaande modus vivendi met Mosambiek is soos volg gewysig: van 50% tot 55% van die spoorvragte in die hawens en aan die Rand is aan Lourenço Marques toegestaan, 30% aan Durban en 15-20% aan die Kaap.
Uiteindelik is besluit om die hoofstede te verdeel. Pretoria sou die setel van die regering (dus die administratiewe hoofstad) wees, terwyl Kaapstad, waar die parlement sitting sou hê, die wetgewende hoofstad sou wees. Bloemfontein sou die setel van die Appèlhof wees en Pietermaritzbrug die setel van pos- en telegraafwese.
Die Britse protektorate – Basoetoland, Swaziland en Betsjoeanaland – en Suid-Rhodesië sou hulle nie by die Unie aansluit nie, hoewel ʼn bylae van die grondwet voorsiening gemaak het vir hul moontlike latere aansluiting. Die konsepgrondwet, bekend as die Suid-Afrika-wet (South Africa Act), is op 11 Mei 1909 deur die afgevaardigdes by die konvensie onderteken.
Die parlemente van Transvaal en die Oranjerivierkolonie het die wet eenparig goedgekeur, terwyl dit met 2 teenstemme deur ook die Kaapse parlement goedgekeur is. In Natal, waar die parlement besluit het om eers ʼn referendum te hou, het die bevolking oorweldigend ten gunste van unifikasie gestem.
Politieke organisasies van die Swart en Kleurlingbevolking in Suid-Afrika het intussen by die Britse regering geprotesteer teen die klousules wat op hulle betrekking gehad het. Die wet is egter sonder wysigings deur albei huise van die Britse parlement goedgekeur.
Republiek wording
Die Nasionale Party se oorwinning in die 1948-verkiesing, was die begin van ’n nuwe era. Met ’n republikeinsgesinde party aan die stuur van sake, het die kans op die vestiging van ’n republiek weer moontlik geword.
Toenmalige eerste minister dr. Hendrik Verwoerd het op 20 Januarie 1960 aangekondig dat die tyd ryp geword het vir die vestiging van ’n republiek. Hoewel die regering van die tyd sterk ten gunste van ’n republiek was, en dus die wegbreek van die Britse kroon voorgestaan het, is besluit om ’n referendum vir blanke kiesers uit te roep.
Dr. Verwoerd het gesê: “Ek kondig dus aan dat die vraag aan die volk sal gestel word by wyse van ’n referendum. Die rede waarom hierdie metode gekies word is omdat dit ’n vraagstuk is waarin ’n volk oor sy toekoms moet kan oordeel, vry van alle ander verwikkelinge”.
Voorts sou die vestiging van ’n republiek minimale veranderinge aan die bestaande parlementêre instellings, wetgewing, burgerskap, nasionale lied, vlag of grondwetlike praktyke tot gevolg hê.
Dr. Verwoerd het dit duidelik gestel dat die nuwe Grondwet van die republiek drie belangrike eienskappe sou hê, nl:
  • dit sou ’n republiek wees wat op Christelike waardes en norme gebaseer is;
  • dit sou ’n demokratiese stelsel met ’n parlementêre regeringsvorm behou;
  • en dit sou die taalregte van Afrikaans- én Engelssprekendes beskerm.
Die vraag wat uiteindelik op 5 Oktober 1960 aan blanke kiesers gestel is, was bloot: “Is u ten gunste van ’n Republiek vir die Unie?” Ja of Nee. Talle mense was nog steeds teen die vorming van ’n republiek gekant, en die uitslag was nie ’n oorweldigende “Ja”-stem nie, maar ’n oorwinning ten gunste van die vestiging van ’n Republiek is tog behaal met nagenoeg 75 000 stemme.
Dr. Verwoerd was tevrede met die uitslag en het die nuwe eenheid wat tussen Afrikaans- en Engelssprekendes sou heers, so beskryf: “Ons het bo kleinlikheid en selfsugtigheid uitgestyg. Die Engelssprekende en Afrikaanssprekende dele is soos ’n nuwe bruid en bruidegom wat die nuwe lewe in liefde betree en as lewensmaats saam bou en saam leef.”
Die 1960’s was gekenmerk deur talle uitdagings in die Suid-Afrikaanse politiek, en die vestiging van ’n republiek het ook nie sonder ’n prys gekom nie. In sy toespraak in 1961 tydens die opening van die nuwe akademiese jaar van die Universiteit van Stellenbosch het die toenmalige rektor, prof. H.B. Thom, byna profeties verklaar wat dié mylpaal in die Suid-Afrikaanse geskiedenis beteken:
Ons republiekwording sal beteken dat ons ’n verdere tree op die weg van konstitusionele ontwikkeling gedoen het. Dit sal beteken dat Suid-Afrika die grootste moontlike mate van staatkundige onafhanklikheid vir homself opgeëis het. Dit sal beteken dat hy tot die staatkundige mondigheid gekom het, en nou bereid is om die volle implikasies daarvan te aanvaar. Hy sal ’n Republiek word al sou dit ook meebring dat hy dan nie meer as lid van die Britse Statebond toegelaat sal word nie.
Waar republiekwording groter selfstandigheid beteken, sal dit terselfdertyd, wat leierskap en verantwoordelikhede betref, groter eise aan ons stel.
Maar laat ons onsself nie mislei nie: Ons Republiek, met die groter selfstandigheid wat hy gaan bring, gaan ook veel meer van ons vra.
Die besluit vir die vestiging van ’n Republiek en Suid-Afrika se binnelandse beleid het vroeg in 1961 ’n belangrike kwessie in gedrang gebring, naamlik Suid-Afrika se lidmaatskap aan die Statebond. Volgens Fred Barnard, Dr. Verwoerd se sekretaris, het dié leier nie oor Suid-Afrika se voortgesette lidmaatskap van die Statebond getwyfel nie en dit “as ’n blote formaliteit beskou”.
Druk oor Suid-Afrika se binnelandse beleid het egter steeds opgebou en in Maart 1961 het dr. Verwoerd Suid-Afrika sy aansoek om voortgesette lidmaatskap van dié organisasie, teruggetrek. Hierdeur het Suid-Afrika homself kwesbaar gelaat – en die politieke, ekonomiese en militêre beskerming wat deur die Statebond gebied is, verloor. Tog is die uittrede plaaslik grootliks verwelkom, en Suid-Afrikaners het gereed gemaak vir die amptelikhede vir die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika.
Ten spyte van struwelinge, is die republikeinse ideaal uiteindelik op 31 Mei 1961 verwesenlik met die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika. Adv. C.R. Swart is as die land se eerste staatspresident ingehuldig, terwyl ander verrigtinge op Kerkplein in Pretoria plaasgevind het. Hiermee is die vryheid (waarvoor generasies lank gestry én gewerk is) los van Britse heerskappy uiteindelik behaal.
Verskeie prominente gebeure in die geskiedenis van die Afrikaner het op 31 Mei plaasgevind. Dit was juis daarom dat die keuse van 31 Mei 1961 vir die totstandkoming van die Republiek van Suid-Afrika, so merkwaardig was.
Ons kyk byvoorbeeld na
  • 31 Mei 1902: Die Vrede van Vereeniging word onderteken.
  • 31 Mei 1910: Die Unie van Suid-Afrika kom tot stand.
  • 31 Mei 1928: Die nuwe Unievlag (die ou Suid-Afrikaanse landsvlag) word vir die eerste keer in Kaapstad gehys én “Die Stem” word vir die eerste keer tydens ’n amptelike staatsgeleentheid gesing.
  • 31 Mei 1961: Die Republiek van Suid-Afrika kom tot stand.
Vier feite oor republiekwording in Suid-Afrika
  • Die amp van goewerneur-generaal is vervang deur dié van ’n staatspresident. Adv. C.R. Swart wat op 31 Mei 1961 ingehuldig is as die eerste staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika. Hy was die amptelike staatshoof, maar die amp was tot in 1984 merendeels seremonieel van aard.
  • Die amp van eerste minister is behou ná republiekwording. Dr. Verwoerd het tot 1966 as eerste minister gedien, waarna John Vorster en P.W. Botha gevolg het. Die amp het in 1984 verval en met dié van staatspresident saamgesmelt.
  • Rand en sent het die pond en pennies vervang. Die Britse pond is tot in 1921 in Suid-Afrika gebruik, waarna die Suid-Afrikaanse pond in gebruik geneem is. Die rand is in 1961 ingestel teen ’n wisselkoers van R2 teenoor £1 en vandag is dit R1 teenoor nagenoeg £20. Met hierdie verandering van Pond na Rand moes daar natuurlik ‘n bietjie opleiding geskied. Daar is liedere gemaak, die lied se naam was Daan Desimaal, en daarin is aan die mense vertel hoe om Ponde, sjielings en pennies om te sit na Rande en sente toe. Interesant die lied is destyds in Afrikaans en Engels op Springbok Radio uitgesaai. (Hy is op YouTube, u kan gerus daarna gaan luister.)
  • Die Suid-Afrikaanse ekonomie het merkwaardige groei getoon in die 1960’s, naamlik 6%. Die Financial Mail het die periode tussen 1961 en 1966 as die “wonderjare” vir Suid-Afrika beskou toe die land se bruto binnelandse produk in reële terme met 30% gestyg het.
In die boek “Vryheidstryd van die Afrikaner” skryf Pieter Moller die hoofstuk genaamd ‘Die triomf van Nasionalisme – Die totstandkoming van die Rebubliek van Suid-Afrika’. ‘n Triomf was dit inderdaad.
Alhoewel daar baie politici was wat nie die republiekeinse gedagte gesteun het nie en eerder ‘n federale staat wou afdwing het, het dit nie ge-seëvier as federale staat nie. Dr. Verwoerd het die Statebond versoek om die Republiek te aanvaar, maar asgevolg van hulle rassebeleid wou hulle nie, en Suid-Afrika is uit die Statebond.
Waar laat al hierdie dinge ons vandag?
Gaan ons vandag nog by die toekoms aanpas onder die vaandel van die Republiek van Suid-Afrika? Wat beteken die Republiek vir ons vandag? 
Hierdie republiek van ons wat in alle fasette geplunder en verkrag is tot op die uiterste, en wat verdeeldheid onder elke liewe Afrikaner in hierdie land het?
Hierdie Republiek van ons wat in die hande van kommunisme is, waar alles waarvoor gewerk is
en opgebou is vernietig is, waar ons kinders nie die arbeidsmag kan betree nie?
Hierdie Republiek waar ons kinders, vrouens en boere, ons mense verkrag en vermoor word op die verraderlike wyses?
Hierdie Republiek is nie meer die Nasionalistiese Republiek nie, maar hy kan gesien word as die ashoop van die toekoms.
Hierdie Republiek wat oorgeneem is deur die kommunis; hierdie huidige vlag van die sogenaamde Suid-Afrika wat die teken is van verkragting en moord en korrupsie wat hulle nou op ‘n paal wil sit om vir die wêreld te wys; hierdie “Stem” wat ons vandag sing, die nuwe Stem, waar die helfte van ons uitgelaat is. Sou u hierdie “Stem” sing, is u nie deel van hierdie Patriotisme nie.
Net soos Jakob by Bet-El die klip geplaas het waar God vir hom beveel het “Sodat jy jou kinders kan vertel”, hier het ons dit gelees hier agter. Sal ons maar die Republikeine word van hierdie regering of sal ons die Patriotte bly en die regering waarin die Christelike waardes van die Republiek van Suid-Afrika gevestig is, navolg?
Sal ons die Republikeine word, of sal ons die Patriotte bly wat gevestig is deur God se Woord?
Sal ons voortdra aan die geskiedenis, die kultuur, die Geloof van ons voorouers?
Terwyl Nasionalisme in elkeen van ons is, vervaag dit in ander. In die alledaagse stryd tussen die afvalliges moet ons opstaan en uitrys bo die vervalle asgate van die verlede, uitstyg tot bo die wolke van vertroosting. Moet ons mekaar bemoedig, die hande vat en mekaar weer optrek na die hoogtes. Ons moet mekaar ondersteun en weer die patriotisme deur Nasionalisme laat opvlam tot groot hoogtes.
In die 4de strofe van Die Lied van Jong Suid-Afrika sing ons altyd
“Die Vryheid alleen is ons koning,
Sy wagwoord is: “Handhaaf en bou.”
Die stryd wat ons vaders begin het,
Sal woed tot ons sterf of gewin het.
Dit is die EED van Jong Suid-Afrika.”
Op die uitnodiging en op die advertensie vir hierdie Republiekfees, het gestaan “Die koms van Jong Suid-Afrika.” Hierdie is die lied en die eed van Jong Suid-Afrika, om op te staan.
Dit is JOU land, Jong Suid-Afrika. Soos ons gevra het aan die begin “Waar is Blank Suid-Afrika?”, hierdie is jou land, jy het die reg daartoe, God het jou hier geplaas. Die tema van hierdie dag sê “Die koms van Jong Suid-Afrika” en daarom is dit belangrik vir die jeug (en ook nie net die jeug nie, ons is ook nog jonk), om die vaandels te vat, en die stryd aan te sê teen die kommuniste van die huidige bestel.
Teen die mense wat tans ons Repuliek verwaarloos het. En die opstand moet kom uit die geledere van Jong Suid-Afrika. En ons is almal Jong Suid-Afrika.
Ek het gehoop dat ons netnou tydens die samesang die Republikeinse Marslied gaan sing, maar ons het hom toe nou nie gesing nie, daarom wil ek graag met die voorhou daarvan afsluit.
“Kom Burgers, gee mekaar die hand:
ons dien een volk, een Vaderland.
Ons erfenis het ons behou
En saam sal ons die toekoms bou.
Ons staan nou sterker bymekaar,
Eendragtig as ‘n volk geskaar.
Om groot die toekoms in te dra
Jou naam Suid-Afrika!
Kom Brugers, laat die wekroep hoor:
Suid-Afrika!
Ons beur die steilste berge oor,
Suid-Afrika!
Waar vlaktes oor die einders blou
word stede en fabrieke gebou:
Om ryker wins as goud te dra:
Jou eer, Suid-Afrika!”
In Willie Bienedell se boekie (Woorde, Waarhede en Wyshede vir ons tyd) het hy geskryf:
‘n Oproep
“Dit is sonde om moeg te wees as die tyd roep. Dit is sonde om eenkant te staan en wag dat iemand moet sê dat die tyd aangebreek het om iets te doen. Dit is sonde om vresend te rus. Ons het die daad nodig! Om eenkant te staan is nie wysheid nie – dit is verraad.”
Ek laat u met hierdie gedagte: Gister in geskiedenis vir môre se toekoms deur die werkinge van vandag, in God, deur God en vir God en Suid-Afrika!
Ek dank u.
Lewe die Boer!

ANB Nuusbrief: Toespraak deur Johann Grobler op die ANB se Stigtingsdagviering 2 April 2022

image_2022-04-07_082629Dit gaan oor stigtingsdag. Dit is 370 jaar gelede wat Jan van Riebeeck aan die Kaap gekom het. Die ontdekkingsreisigers, Vasco da Gama, Dias ens is daar verby maar die Kaap was maar vir die uitverkorenes daar gewees. Nie enige een moes daar begin nie, dis hoekom daar storms was, mense weggedrywe het. Daar was ‘n rede daarvoor. Ons besef dat God dit bewerk het om die ware geloof, die Protestantse geloof, hier te vestig, nie die Roomse nie.

In die begin het God die hemel en aarde geskape, en die aarde was woes en leeg. Daar was niks.

So kan ons ook sê dat in die begin was die Suidpunt van Afrika, woes en leeg, daar was niks.

So was daar voor enige blanke mense voet aan wal gesit het aan die Suidpunt van Afrika ook geen ontwikkeling nie.

Met die eerste seevaarders wat om die Suidpunt van Afrika gekom het, het hulle wel aangedoen aan die kante. Daar was nie hawens nie, ons weet dit is ‘n onstuimige see. Hulle het wel die Hottentotte aan die kus gekry. So het daardie seevaarders dan ingekom, watervoorraad gesoek. Dan kon hulle ook daarvan kry, maar die oomblik as hulle hul rug draai en die water op die skip laai, was daar ‘n geveg gewees. Want, so het die inboorlinge gemeen, die water was dan die hulle s’n en hoe kan die witmense dan die water vir hulle toe-eien.

6 April was tot in 1994 ‘n vakansiedag. Bekend as Stigtingsdag of Van Riebeeck dag. Van Riebeeck was die eerste persoon wat werklik voet aan wal in Suid-Afrika gesit het en iets begin het, daarom word hy ook beskou as die stigter van die Afrikaner volk.

In sy twintiger jare begin Jan van Riebeeck sy loopbaan as ‘n onder-skeepsdokter en werk by die Vereenigd Oost Indiese Kompanjie (VOC) En die VOC, in Nederland , was as handelsmaatskappy baie sterker as die ander lande in die toestande van daardie tyd. Hulle rykdom het gekom uit handel dryf met die Ooste. Daarvoor was die skeepvaart om die suidpunt van Afrika baie belangrik. Die handelsroete oor land was belemmer deur struikrowers en daarom het die seeweg die voorkeur gekry.

Jan van Riebeeck het goed gevorder binne die VOC en is eindelik bevorder tot kommandeur van die nuwe verversingspos vir verbygaande skepe aan die Kaap.

Merkwaardig is dat Jan van Riebeeck op die oggend van 16 Desember 1651 in die hawe van Texel sy inskeep op sy weg na die Kaap gedoen het. Op ‘n datum wat later om ‘n belangrike rede deel van die herdenkingsdae (saam met 10 Oktober en 6 April) vir ons volk geword het.

Ook saam aan boord van die Drommedaris was sy vrou Maria en hulle seuntjie Lambertus. Ook was hulle tog begin saam met 4 ander skepe, volgelaai met voorrade uit die pakhuise van die VOC.  Daarmee moes hulle ‘n nedersetting aan die Kaap begin. Twee van die skepe (Walvis en Olifant) was te swaar gelaai en kon nie saam met hulle die tog begin nie, maar die ander (Drommedaris, Rijger en Goede Hoop) het op die 24ste Desember 1651 vertrek.

Weereens kan ons nie werklik besef in watter situasie daardie mense hulle bevind het nie. Ons dink ons kan, maar vir ons is dit net nie moontlik om ons daarin in te leef oor wat se wedervaring dit vir hulle was en hoe woes dit was langs die kus af en ook in die binneland nie. So ‘n reis was dan ook sonder betroubare kaarte (wat hulle gehad het was met die hand geteken) en sonder behoorlike navigasiehulpmiddels. Verder was hulle maar net afhanklik van die wind. Dit was maar baie ernstige omstandighede en dit was dus grootliks ‘n geloofsreis. Dit was baie gevaarlik.

Maar van Riebeeck het drie opdragte gekry. Die grootste: Vestig ‘n verversingspos aan die Kaap om die handelsvlote van die kompanjie wat onderweg na die ooste daar verbykom en op pad terug, van vars water en kos te voorsien.

Dan ook: Vestig handelsbetrekkinge met die inboorlinge ten einde ‘n boerdery van vee en landbou op die been te bring.

En laastens: Bring die lig van die evangelie na die heiden nasies en bekeer hulle tot die Christendom. Van die vroegste tye was dit reeds daar, het ons die hand gereik. Is daar mense uitgestuur om die heilige evangelie aan hulle te verkondig en vandag nog probeer ons en slaag nog steeds nie daarin nie.

Op 5 April 1652 sien hulle Tafelberg in die dynserige verte en teen laatmiddag van Saterdag 6 April vaar hulle Tafelbaai binne.

Van Riebeeck teken aan dat daar ‘n sagte bries gewaai het en dat die baai oop en skoon was. Ons luister na hoe dit was en dit laat ons ook weer dink aan die oggend van Bloedrivier. Maria van Riebeeck sou later skryf dat dit ‘n sagte en ‘n koel bries was en dat dit haar laat dink het aan die Bybelse beskrywing van hoe God teen die skemeraand aan Elia verskyn het onder die braambos: Ook ‘n sagte en koel bries. Sy het dit toegeskryf dat dit beteken: Alle seën en voorspoed.

Die Drommedaris en De Goede Hoop gooi anker in Tafelbaai net so voor sononder daardie Saterdag van 6 April en die Rijger kom die volgende dag, die Sondag daar aan. Daar was toe aan boord van die drie skepe ‘n dankdiens gehou op 7 April. Weereens was die geloofsoortuigings van die mense prakties uitgeleef. Laatmiddag van 7 April het Van Riebeeck vir die eerste keer aan land gegaan. En op reeds op Maandag 8 April begin die werk in alle erns om die halfwegstasie te bou. Op 7 Mei het die ander twee skepe (Olifant en Walvis) daar aangekom.

Hoewel van Riebeeck op 7 April voet aan wal gesit het, het hy self 6 April, toe die skepe Tafelbaai binnegevaar het, as die aankomsdag gekies. In sy dagregister skryf hy ‘n paar jaar later dat hulle besluit het om 6 April as ‘n dankdag en biddag in te stel om die weldade van God wat hulle so bestem het in gedagte te hou.

Hulle seevaart asook hulle eerste twee jaar het so voorspoedig verloop dat hulle daarin die hand van die Hemelse Vader gesien het en ‘n belofte aan Hom gemaak het wat dan as volg lui (soos in Afrikaans vertaal): “Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die Here gelei met die skepe Drommedaris, Rijger en De Goed Hoop, hier ten plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here meesters (here 17) te bou en te bestendig. En opgetel het dat God die Here alle sake tot vandag met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop het en laat slaag het. Daarom het ons besluit en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die sesde April tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot ‘n blywende dankdag en biddag in te stel sodat daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis, in herinnering gehou sal moet word.”

Hiermee het hulle dan erkenning aan die Almagtige God van hemel en aarde gegee. Die doel van die instelling was dan dat die gedagtenis aan die weldade net soos met die instelling van Bloedrivier se gelofte, aan die nakomelinge vertel sal word en dat God daarvoor altyd vereer moet word. Dit is dan egter ook die doel vandag waaroor ons dan ook die dag herdenk om u as nakomelinge te herinner aan die beskikkende hand van die Here wat hom met die volksplanting van die volk aan die suidpunt van Afrika Hom oor ons ontferm het.

Van Riebeeck sien homself as lojale amptenaar van die VOC en na 10 jaar aan die Kaap is hy na die Ooste vir bevordering. Maar hy het westerse waardes in die Kaap gevestig. Dit sluit in westerse kennis, argitektuur en landboumetodes. Wat aanvanklik ‘n halfwegstasie, verversingspos vir skepe was, het verder ontwikkel.

Sy belangrikste bydra (in 1657) was toe hy van sommige die VOC amptenare (almal daar was aanvanklik werknemers van die VOC) vryburgers gemaak het. Die het vir hulleself begin boer. Hierdie vryburgers het dan ook gekies om hulle bande met Europa te verbreek en Afrika hulle tuiste te maak. Sodat dit dan met reg gesê kan word dat hierdie vryburgers, as protestante Christene, eintlik volksplanters was en gesien kan word as die eerste Afrikaners. (Hoewel hulle seker nog nie Afrikaanse gepraat het nie).

So, waar ons nou na 370 jaar terugkyk is dit egter duidelik dat nie net was 6 April 1652 die vestiging van ‘n verversingspos nie, maar ook die ontstaan van beskawing. ‘n Christelike, Protestantse ligpunt van beskawing, ontwikkeling en opbou. Uit hierdie verversingspos sou die vryburgers georganiseerde landbou vestig, sou hierdie groepie van hulle die Afrikaner word. Hulle sou die Voortrekker word wat eindelik as mondige volk uit die smeltkroes van die Groot Trek sou tree om die beskawing ook na die binneland van Suid-Afrika te bring.

Uit hierdie baie kort aanlandingsgeskiedenis leer ons ook enkele kritiese belangrike lesse van ons volksidentiteit. Dit leer ons dat die volk wat sou groei uit hierdie volksplanting, uit die wortels van protestantisme kom. Ons Europese voorsate was Calviniste. Dit wil sê, Bybels getroue Christene, wat hulle in elke opsig laat lei het deur die Skrif en die daarop geboude riglyn van die Christelike geloofsleer. Dit leer ons dat hierdie voorouers en die latere Voortrekkers ‘n nuwe beskawing hier gevestig en uitgebou het deur die uitdra en uitleef van hulle Christelike oortuigings. Hulle het baie vinnige gegroei tot ‘n bodemgebonde volk aan die die suidpunt van Afrika.

Anders as blote koloniste het hulle hierdie land hulle eie gemaak deur die sweet van opbou en ontwikkeling en die bloed van selfverdediging. Soveel anders as die aggressiewe bloedvergieting van Afrika Barbarisme en imperialistiese grondgryp (van die Engelse) wat ons latere geskiedenis gekenmerk het. Dit leer ons van die vryheidsstrewe, die nasionalisme, die reg op die voorkeur vir ons eie, ons godsdiensvryheid en ons selfbeskikking. Die embrio van ons volk, ons diepste volkswaardes en volkskenmerke spruit uit hierdie volksplanting 370 jaar gelede. Baie daarvan leef vandag steeds voort in ons volksidentiteit en simbole en die inherente ingesteldheid van opbou.

Ongelukkig blyk dit dat ons nie altyd hierdie stukkie erfenis na waarde skat nie. Kan ons dan vandag weer vra: Afrikaner, quo vadis, waar gaan jy heen? Kom ons staan ‘n oomblik stil, en kyk terug en peil vorentoe op die toekoms en draai terug na die afdraaipaaie waar ons verkeerd gegaan het. Dat ons weer die toekoms doelgerig, lynreg kan peil. Vir ons as nageslag van hierdie mense wat die voorsate en volksplanters was, met dank daaraan dat ons vandag hier kan wees.

Glo in jou God, glo in jou volk en glo in jouself, want die stryd duur voort.

ANB Nuusbrief – Waarom wil die britte nie om verskoning vra vir die Afrikanervolk nie?

Mnr JA Marias
1 Februarie 1999
-Die britse koningin vra om verskoning aan ‘n Maorivolk in Nieu Zeeland vir ‘n oorlog van 150 jaar gelede. Maar sy weier om die Boerevolk om verskoning te vra vir die britse gruweldade van 100 jaar gelede.
-Mnr. Tony Blair, britse Eerste Minister, vra verskoning aan die Ierse volk vir britse versuim 150 jaar gelede tydens die aartappelhongersnood van 1845 – 49. Maar mnr. Blair weier om die Afrikaners om verskoning te vra vir die dood en verwoesting wat die britte 100 jaar gelede in die 2de Vryheidsoorlog in Suid-Afrika gesaai het.
-Daarby vra mnr. Blair (aan wie ook al) om verskoning vir die hoë britse belastings op Amerikaanse kolonies, wat 225 jaar gelede gelei het tot die Amerikaanse Vryheidsoorlog. Maar vir die dood van duisende kindertjies in britse Konsentrasiekampe 100 jaar gelede wil mnr. Blair nie om verskoning vra nie.
-En die britte eis self van die Japanners verskoning vir die behandeling van britse krygsgevangenes in die Tweede Wêreldoorlog meer as 50 jaar gelede. Dog, die britte weier om vir hul oorlogsmisdade teen die Afrikaners om verskoning te vra.
Waarom dié ongerymdhede? Dit is ‘n uiters belangrike vraag. Waarom vra die britse owerheid verskoning aan ander vir mindere gruwels, maar vir die Afrikaners wil hulle nie om verskoning vra nie?
Watter verskuilde rede het die britte vir hierdie opsigtelike teenstrydigheid? Waarom behandel hulle die Afrikaners anders as alle ander volke en nasies met wie hulle gebots het?
Die britte wil die Boere nie vergewe nie
Daar is waarskynlik meer as een rede. Maar een is dat die Boerekommando’s die britse militêre aansien ‘n vernederende knou toegedien het in die 2de Vryheidsoorlog. Hulle het gedink die oorlog sou binne drie maande verby gewees het, maar dit het amper drie jaar geduur en die grootste britse militêre monstering vereis wat tot op daardie stadium in die geskiedenis saamgetrek is. Die britte wil die Boere nie vergewe nie.
‘n Tweede rede is dat, soos Alfred Milner ná die vrede gesê het, “The South African struggle continues” — die stryd duur voort. Daaraan het hy toegevoeg: “It is no longer war with bullets, but it is war still”. As van britse kant die oorlog (sonder koeëls) voortgesit word, sal die britte natuurlik nie verskoning vir hulle wandade wil vra nie. Is dit die verklaring vir hulle weiering?
Milner is lankal dood, maar vyf jaar gelede het ‘n voormalige britse Minister, Lord Deedes, verklaar dat, ná die verkiesingsoorwinning van die Afrikaners in 1948, die britse Departement van Buitelandse Sake “op die voorpunt was van die geveg teen die Nasionale Regering”. Dit beteken dat die britse regering in ‘n geveg teen die regering van Suid-Afrika was — ‘n voortsetting van die “Boer War”.
Hoe is dié geveg gevoer? “Die Engelse koerante in die wêreld”, het mnr Paul Sauer, ‘n voormalige Suid-Afrikaanse Kabinetslid, in 1960 gesê, “saai gif teen Suid-Afrika. En dieselfde geld vir die BBC”. Daaraan het hy toegevoeg: “Wat vandag uit brittanje kom is niks minders as ‘n haatgesang teen Suid-Afrika nie”. Só is Milner se oorlog teen die Afrikaners voortgesit. En die britte wil blykbaar nie die Afrikaners om verskoning vra terwyl dié oorlog nog deur hulle voortgesit word nie.
Die Daily Express van Londen se internasionale uitgawe van 23-29 Maart 1994 het in kleur op die voorblad die volgende smerige beswaddering van Afrikaners gehad:
“The Boers are largely stupid. They are gross, foul-mouthed and bloated with arrogance. They are propably the most unattractive breed on earth.”
Dit is haatspraak, smeerjoernalistiek, wat net in verband met ‘n vyand gebruik word teen wie jy in ‘n oorlog is en wat jy wil voorstel as iets waarsonder die wêreld beter sal wees. Natuurlik gee dit te kenne dat britte nie ‘n volk om verskoning hoef te vra wat in sulke veragtende terme deur britte voorgestel word nie. So word die oolog sonder koeëls geveg.
Hierdie beswaddering is net ‘n weerklank uit die vorige eeu toe die historikus J.A. Froude geskryf het: “The Boers had been so systematically abused and misrepresented that the english scarcely regarded them as human beings to whom they owed any moral consideration”.
Dit is die werklikheid waarmee Afrikaners steeds te maak het. En dit verklaar waarom britte bereid is om verskoning te vra vir Maori’s en Iere en Amerikaners, en self verskoning eis van Japanners. Maar die Afrikaners wil die britte nie om verskoning vra nie vir die barbaarse gruweldade van Kitchener se leër, wat veel erger is as dié wat britte elders gepleeg het en waarvoor hulle wel om verskoning vra: “The South African strugle continues”. En die doel is, soos Milner ook gesê het: “We must knock the bottom out of the Afrikaner nation for ever and ever and ever. Amen.”
Die britse optrede is dubbelslagtig.
Hierdie weiering van die britse owerheid om, reëlreg in stryd met sy ander optrede, die Afrikaners om verskoning te vra, toon hoe ernstig dié saak is. Geen volk of staat sal só flagrant sy eie openbare betuiging van spyt in een geval loënstraf deur te weier om verskoning te vra in ‘n soortgelyke ander geval nie. Daar moet gewigtige oorwegings aan britse kant wees vir hierdie diskriminasie teen Afrikaners, soos hierbo aangedui. Geen ander rede as Boerehaat is die verklaring vir dié vyandigheid teen Afrikaners nie.
Hoe meer die britte vasskop teen verskoning vra, hoe meer geleentheid sal dit egter gee om die britse gruweldade weer wêreldwyd oop te vlek en Afrikaners te laat besef: die engelse oorlog teen die Afrikaner duur voort. Die saak van die Afrikaners is vyfvoudig versterk deur die britte self weens die verskonings wat hulle reeds aan die ander gevra het en tegelyk ook van ander geëis het.
Die Afrikanervolk se eer vereis dus dat Afrikaners by die britte aandring op verskoning vir die barbaarse britse metodes waarmee die Boere beveg is, soos genl. Jan Smuts daaroor geskryf het: “Die ongehoorde wreedheid en barbaarsheid… Die hoon, die smaad en veragting, die barbaarse ruheid waarmee die onskuldige vroue behandel is… Die hele land is tot die wortel verwoes en verniel… Die oorlog ontaard geleidelik in ‘n poging om die Afrikanervolk uit te delg”.
Die Afrikanervolk het dieselfde, indien nie ‘n groter, reg as ander instansies om van die britse verskoning te kry vir die gruweldade van Kitchener se leër wat alle reëls van beskawing geskend en ‘n skandvlek op die geskiedenis van die mensdom gelaat het.
…………………………………………….
Oorgetik uit: Afspraak met die toekoms, Die stem van Jaap Marias en Afrikanernasionalisme; saamgestel deur LW Bienedell; 2001.
Hierdie beriggie is onlangs op die ANB se gesiggieblad geplaas maar binne 24 uur is dit deur “facebook” se “beleidspolisie” geblok en as “haatspraak” bevind!  Hieruit kan u duidelik sien dat die stryd voortduur omdat die Afrikaner se vyande ons steeds wil vernietig. Die ANB is voluit in daardie stryd. Voeg u ondersteuning by die van u mede-Afrikaners en sluit nou aan by die ANB. Volg die skakel om aansoek te doen.