Vegkopfees 2026

INLEIDING tot die Voorgeskiedenis tot die Slag van Vegkop, Oktober 1836

Net soos die latere Slag van Bloedrivier het die Slag van Vegkop (Oktober 1836) ook ‘n tragiese voorgeskiedenis gehad. Waar ons Voortrekker-voorgeslag tydens die moorde by Bloukrans en Wenen geweldige verliese moes ly en smarte moes deurmaak, sou ook die Slag van Vegkop voorafgegaan word deur die tragiese gebeure van die Erasmus-kamp aanval en die Liebenbergmoorde net buite die huidige Parys.
In aanloop tot vanjaar se herdenking van die Slag van Vegkop, DV 9-11 Oktober by die Vegkopterrein 20 km. suid van Heilbron, deel die Vegkopfeeskomitee graag met u in die volgende 30 dae daagliks ‘n kort grepie uit diĆ© besondere gebeure in ons volksgeskiedenis.

30 POTGIETER-TREK VAN GROOTRIVIER TOT VETRIVIER

29 EKSPEDISIE NA LOUIS TRICHARDT EN HANS VAN RENSBURG