Dit is vir baie jare al dat daar wit kruise langs die N1, noord van Potgietersrus geplant word in September. Aan die begin ‘n klein byeenkoms, maar dit het uitgegroei tot ‘n taamlike opkoms. Mense bring perde, vlae, en bitter hartseer verhale – dit gaan oor familie, vriende, kennisse, mede-volksgenote wat op gruwelike wyse die lewe moes laat – aan die hand van wrede moordenaars.
Dit is ‘n diep emosionele ervaring – een van hartseer en woede, pyn en verontwaardiging …en ook van wanhoop. Want agter die geslote gesigte van die mans en vrouens en kinders wat daar by die kruise staan, is daar ‘n stille radeloosheid. Hulle voel in die steek gelaat – deur ‘die regering’, deur die polisie, deur almal.
Hulle soek na antwoorde en na uitkoms – enigiets – wat die onregverdige aanslag op onskuldige volksmense sal beëindig.
Perspektief
Maar nou moet ons terugstaan en die groter geheel sien.
Suid-Afrika is soos ‘n saadbedding – reg vir die volgende ‘saadjies’ om gesaai te word. Die volgende saadjies van politieke manipulering. En die saaiers, die manipuleerders wat die saadbedding voorberei het, is die manne met die geld.
Politici het al ‘n baie slegte naam – daar word raakgesien dat hulle kansvatters is, wat sommer maklik dinge doen vir 30 sikkels. Maar dit is dié wat agter die skerms geld uitdeel en investeer wat in werklikheid die skade-makers is.
Hulle doen dit om hul eie sinistere doel te bereik. En hulle modus operandi lyk so: skep die probleem, en bring dan… die oplossing. Húlle ‘oplossing’.
In kort:
1. Spit. Bring mense tot wanhoop – ‘n edel staatsman vermoor, sy naam (en ander helde se name) in die modder vertrap, sy beleid verdraai en skeef afgedwing sodat swart en wit verarm en gefrustreerd gelaat word, en die laaste oorblyfsels van ‘n gelowige beleid nek omgedraai.
2. Gooi gif. Bring oorlog, moord en wanorde in die land – jong seuns wat sterf op die landsgrens, bom-aanvalle in die stede, toenemende werkloosheid en hongersnood, swart-op-swart geweld in die ‘townships’, voortdurende propaganda: julle is skuldig, maak reg deur toe te gee, en oor te gee.
3. Gooi Kunsmis. Onwettige verkiesing, onwettige regime – in naam van “vryheid”, toenemende wanorde, ‘n misdaadbende-bedryf wat groei met rasse skrede, ‘n ekonomie wat hang aan ‘n dun draaitjie, toenemende hongersnood vir swart en veral wit, geweldige toename in gru-moorde op witman -vrou en -kind op plase, in dorpe, stede, oral…
4. Gooi water. Deel skuld uit – vertel aan wanhopige, verbitterde, volksmense ‘n verdraaide geskiedenis. Julle het land gesteel, julle het swartmense verontreg, julle het misdade gepleeg, julle het moord gepleeg. Dis hoekom dit nou so met julle gaan. “Reverse”-apartheid.
5. Saai saad. Die oplossing – Amerika kom red ons! Orania hier kom ons! Die res… vat julle pakslae (Trump se aksies teen SA en moord-terreur) saam met die swartmense, en moenie kla nie.
Só word ‘n volk verskuif van sy erfgrond af. Want met wanhopige, verbitterde, verontregte mense kan berge versit word – en sommer ‘n hele volk.
Vakbonde en organisasies.
Solidariteit, Afriforum… ( en Lex Libertas) tree op vir die verdrukte. Hulle ‘doen iets’.
Toe hierdie vakbonde gestig is, was die boodskap dat dit gaan om die regte van die witman, die Afrikaner. Maar al gou word dit duidelik dat daar gekies word watter ‘Afrikaners in nood’ hulle bereid is om te help – toe nie juis Afrikaners nie, maar enigeen wat min of meer Afrikaans praat.
Hul hart is nié by die Afrikaner wat sy eie ras (volk, land, taal, kultuur, geskiedenis) lief het nie. Roets skryf op die Afriforum webtuiste: “The ideology of white nationalism is one that should be both exposed and opposed. (It) essentially boils down to promoting the interests of white people, because they are white.”
Roets het lankal openlik verklaar dat hy ‘n “weersin in apartheid” het. Hy het nie intussen van opinie verander nie. Hy glo steeds dat ‘land reform’ nodig is – volgens hom moet witmans-eiendom ‘terug’ gegee word aan swart ‘verontregtes’, om die “injustices” van die verlede reg te stel.
DIT is die stigter en leier van Lex Libertas, wie se gesig nou verskyn op foto’s met witkruise in die agtergrond.
Terwyl Roets nog ‘n groot Afriforum- voorman was, het die vakbond ‘n hofsaak gemaak teen ‘n bekende swart aktivis, omdat sy ‘liedjie’ plaasmoorde aanhits. En nou word deur Roets se Lex Libertas ‘n internasionale bewusmakings-aksie teen ‘plaasmoorde’ geloods… waarvoor en vir wat?
In Roets se oë is die swart aktiviste mos eintlik maar net besig om ‘white nationalism’ te stop die ‘injustices’ van die verlede te probeer regstel… deur middel van Plaasmoorde?
So beweer die A N C, die E F F en… so beweer Roets, indirek, ook. Seker daarom dat hy homself ‘n aktivis noem. Almal aktiviste, en almal vere aan die vlerke van dieselfde voël.
Kom ons gaan terug na die manne met die geld.
Beide wit en swart aktivis benodig geld. Groot geld. Aktiviste betaal nie verhoog-, reis- en projek-onkostes uit eie sak nie. Aktiviste se bankrekeninge groei nie van donasies deur swart of wit verontregtes nie. Of dit nou rooimiere is of Amerika-witkruise – die finansies kom van die manne met die geld.
En die manne met die geld stoot die storie wat aanhoudend herhaal word in nuusberigte, artikels, video’s, potgooie, blog’s, op sosiale media? Luister bietjie:
- Plaasmoorde is die gevolg van ‘injustices’ van die verlede.
- Land reform is nodig om daardie ‘injustices’ reg te stel.
- Die Afrikaner staan skuldig vir elkeen wat in hierdie land swaarkry of vermoor word – vriend, familielid of vreemdeling.
- Die enigste manier waarop die skuld betaal kan word en die straf gestop kan word, is om sy grondgebied weg te gee. Finaal.
Amerika, kom red ons!
Toegegee, tot dusver het Afriforum en Roets vir almal vertel dat die Afrikaner wil bly. Tot dusver.
Maar nou weet ons ook dat Afriforum en Roets by Trump gaan kers opsteek het oor hulp vir die verdruktes in Suid-Afrika. En ons weet dat Trump hulp aanbied op sy eie voorwaardes.
Aan goedgelowiges word vertel dat Amerika (en die res van die wêreld) tot nou toe, nie geweet het wat hier aan die gang is nie. Daarom is almal tog só dankbaar dat die VSA nou ‘weet’ en dat hulle gaan kom ‘help’.
Maar in werklikheid het Amerika ‘n lang geskiedenis van inmenging in die RSA se sake – meestal deur middel van die Coun_cil for Fo_reig n Rel at_ions (CFR).
Reuse somme geld is gespandeer in die oprig van ‘leeskamers’ in Soweto (vol opruiende lektuur), die stig van swart “bevrydings”-organisasies (d.w.s terroriste) en die stuur van voorbarige raadgewers wat ons kom leer hoe om te ‘reform’ (veral Henry Kissinger was ‘n gereelde besoeker). En dit is maar ‘n stukkie van wat ons vandag weet.
Opsny en afskei.
Dit is die VSA wat, saam met Rusland, reeds lank voor die sewentigerjare al, ‘n plan opgetrek het, waarvolgens Suid-Afrika in stukkies opgedeel en uitgedeel moet word. Kom ons noem dit: “volkstate”. Daardie plan het al ver gevorder. Dit sluit in ‘n sogenaamde Afrikaner-volkstaat (dalk meer as een) en ‘n Zoeloe-volkstaat.
So begin ons verstaan waarom nou so hard ge-’lobby’ word vir afskeiding (balkanisering) van die Wes-Kaap, en van Zoeloeland.
Dr. Albert Hertzog, leier van die HNP tot en met 1977, skryf in sy boek, Oproep tot die Stryd, onder die opskrif, “Amerika se metodes om sy doel te bereik “:
“Om die seggenskap van die Afrikaner oor sy eie land af te takel en om die Witman uit te lewer aan daardie soort Swartes wat Amerika meen hy kan maklik hanteer en eksploiteer, gebruik Amerikaners elke moontlike metode:
Amerika is daarop uit om eers die hele suidelike Blanke Vestig (Suid-Afrika, Rhodesië, Mosambiek, Angola, en Suid-Wes Afrika) af te breek. Dan moet Suid-Afrika se eie grondgebied opgebreek word in losstaande onafhanklike staatjies wat Amerika altyd teen mekaar kan afspeel en opsteek en waarmee hy die Witman kan verlam en vernietig.
Om die gees en die trots van beide die Witman en die Swartman af te breek totdat geen van beide meer ‘n selftrots of geestelike krag besit nie, word elke ras se godsdiens en sy tradisies en eergevoel afgebreek en bespotlik gemaak. Daarom breek hulle apartheid af, daarom druk hulle Swart en Wit tussen mekaar in, in dieselfde grondgebied, teaters, hotelle en spanne op sportvelde.
En daarom tegelykertyd steek (hulle) tesame almal teen mekaar op: Wit teen Wit, Swart teen Wit en Swart teen Swart.”
Nou verstaan ons al bietjie beter waarom die manne met die geld witkruise laat plant.
Waarom haat hulle ons so?
Waarom wil die manne met die geld so graag die Afrikanervolk van sy land afkry? Die Afrikanervolk wat nog nooit enige bedreiging vir ander lande ingehou het nie, maar na goeie buurmanskap gestreef het?
Ds. GA Zuiderveld skryf in 1968:
“Wat is die agtergrond van die haat teen Suid-Afrika? Die binnelandse politiek van die nasionalistiese regering..? Absoluut nie. Dit is slegs ‘camouflage’ en bedrog… Sosialisme en kommunisme gee die toon aan, rooi agitators hits die volke om te breek met alles wat aan God en Christendom herinner… ‘n Volk met ‘n Christelike lewensbeskouing en Calvinistiese belydenis is ‘n gruwel in hul oë.
(Maar) weet u wat die ergernis van die rooi maghebbers in die wêreld teen Suid-Afrika nog meer opwek? Dat die Republiek so ontsaglik ryk is…”
Hierdie pragtige land van ons is ryk aan begeerlike minerale… Ons weet nie eers regtig hoé ryk nie. Dit is rede genoeg om Suid-Afrika eers in die ongeluk te stort… en dan te kom ‘red’.
Die manne met die geld, soek altyd meer en meer.
So kyk ons nou met ander oë na die Witkruise in Amerika, en sien ons die KLUG ráák van ‘n Afriforum-Solidariteit en ‘n Lex Libertas wat Witkruise voor ‘n Amerikaanse gedenknaald plant – terwyl ons land onder ons voete uitgetrek word.
Hou vas en vertrou
Wat moet ons dan NOU doen?
Ons moet al stywer vashou aan ons Godgegewe erfgrond.
Moet ons nie maar ter wille van vrede en geluk laat los en laat gaan nie? Is ons nie besig om ons land te stel bo menselewens nie?
Nee, juis nie. Ons mense is hier geplaas DEUR God OM God te dien. God gee die lewe, die plek, die tyd en die rede daarvoor. En hierdie land is deur Hom aan ons gegee OM Hom daarin en daarmee te dien.
Daarom is hierdie land steeds óns land al is dit aan diewe en moordenaars oorhandig – Die manne met die geld kan net laat steel en moor sover as wat God dit toelaat.
NOU is die tyd om huis skoon te maak van afgode en eie wil. NOU is die tyd om te onthou van Vegkop, Bloedrivier, Majuba. NOU is die tyd om terug te keer na ons Calvinistiese wortels, en op God te vertrou.
Want “…die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal (hulle) weer in ons hand gee…” (1 Sam. 17:47)
