Tag Archives: Geskiedenis

Ons Gedenk: Paarl Oproer 22 Nov. 1962

In die vroeë oggendure van 22 November 1962 marsjeer ‘n groep van 200 tot 250 Poqo-lede, PAC se millitêre afdeling die Paarl binne, swaar bewapen met pangas, byle, kapmesse, loodpype en selfs vuurwapens.

Op die dorpsgrens verdeel hulle in twee groepe, een gaan Tronk toe om die gevangenes te ‘bevry’, terwyl die ander groep die Polisie Stasie aanval.

‘n Busbestuurder het die polisie in kennis gestel van die aantog, dus was hulle nie onkant gevang nie. Hoewel heelwat polisie voertuie beskadig is deur die massa, is die aanval op die Polisie Stasie en Tronk afgeweer.

Die gewapende massa storm toe egter die woonbuurt in waar hulle vensters stukkend gooi met klippe, inbreek by huise en voertuie stukkend kap. Daar is hulle deur die polisie en van die burgerlikes terug gedryf.

Twee blankes is gedurende die aanval vermoor: Mej. Rencia Vermeulen (17) en Mnr. Frans Richards (22) (hy het op troue gestaan) gruwelik vermoor, vermink en uitmekaar gekap.

Sewe Poqo-lede is dood in die geveg, en heelwat is in hegtenis geneem.

Ek haal graag die volgende stuk deur Dawie (Politieke rubriekskrywer van Die Burger 1946 tot 1964) vir u aan:

Die Paarlse Onluste.

Ons gedagtes is vandag by die Paarl in die groot leed wat die dorp getref het.

Ek het die vermoorde meisie nie geken nie. Ook nie die vermoorde jong man wat op troue gestaan het en hier by Die Burger sou kom werk, of die ouer mense wat aangerand is nie. Ek is ook geen Paarliet nie.

Maar by die Bolandse Afrikaners is ‘n diep persoonlike gevoel gewek deur die ramp van Donderdag.

Dit moet wees om rede van die simboliese plek wat die Paarl in ons denke en gevoel beklee. Daarom is ‘n sukses of ‘n krisis altyd belangriker in die volkslewe as die Paarl die toneel daarvan was.

Dit kry vanself ‘n groter betekenis, soos ‘n boodskap wat gelewer word van ‘n geskiedkundige verhoog af.

Wat gebeur het.

As ek die breë trekke van die Paarl gebeurtenisse reg verstaan, dan is dit geen plaaslike verskynsel wat daar tot ‘n uitbarsting gekom het nie. Wat gebeur het — en ek spreek onder korreksie — is ongeveer dit:

Onder die Paarlse Bantoes het ‘n ondergrondse groep van terroriste bedrywig geraak. In hoeverre hul motiewe bloot misdadig was en in hoeverre van politieke aard, kan gedebatteer word. Maar hul metodes was dieselfde as dié van dergelike groepe in ander lokasies en trouens oor die hele Suid-Afrika.

Dit is om ‘n terroristiese heerskappy oor die grote gros van ordeliewende Bantoes te vestig en beskermingsgeld van hulle af te dreig. Soms word sulke gelde ingevorder vir ‘n werklike of denkbeeldige politieke saak: maar ek vermoed dat die grootste deel nie verder gaan as die afpersers se private sak nie.

Bantoes wat nie wil saamspeel nie, word hardhandig bearbei, en diegene wat by die polisie gaan kla of daarvan verdink word, kry selfs die uiterste straf as ‘n voorbeeld vir die ander.

Terreur in Lokasies.

Nou sien u waarom ek sê dat die Paarlse gebeurtenis, afgesien natuurlik van die besonderhede van die uiteindelike uitbarsting, nie as ‘n plaaslike verskynsel beskou kan word nie.

Dit is bekend, onder meer uit hofsake soos dié oor die moord-sameswering op Stellenbosch, dat sulke ondergrondse terroristegroepe ook op ander plekke in die lokasies bestaan.

Dit is ook klaarblyklik dat, al sou hulle in bepaalde gevalle nie danig politiek bewus wees nie, maar bloot misdadig, hulle feitlik ‘n klaargemaakte instrument vorm vir die giftiger soort revolusionêr wat Suid-Afrika die grootste skade in die kortste tyd wil aandoen.

Dit is dus lewensnoodsaaklik dat hierdie ondergrondse groepe opgeruim moet word.”

Ons Gedenk: Cato Manor 24 Jan. 1960

Vandag 62 jaar gelede, het die verskriklikste slagting op polisiemanne in Cato Manor, Durban plaasgevind. Soos Brig. Hennie Heyman tereg sê: “As die Sharpevillie “massamoord” nie ‘n slagting onder die opstokers was nie, sou dit (soos Cato Manor) op ‘n massamoord van polisiemanne uitgeloop het.”

Hier volg ‘n saamgestelde vertelling van die gebeure, vry vertaal uit Engels.

Vooraf:

Volgens ‘n wet ingestel in 1908 deur die Britse wetskrywers, was dit onwettig om bier te maak en te verkoop. Op hierdie dag het die polisie, soos gewoonlik, weer ‘n klopjag geloods op een van die sjebiens waar onwettige bier verkoop is.

Agtergrond:

“…stakings het in middel 1959 in Natal begin toeneem… Tydens die stakings is baie mense gedood, eiendomme vernietig… huise verbrand… algemene paniek het losgebreek.”

“…Toe ‘n eenheid van 7 wit en 17 Zulu polisiemanne op patrollie by ‘n shebien aankom, het die gevoelens gou ontvlam toe ‘n vrou begin kla het dat een van die polisie offisiere op haar voet getrap het. Al het die konstabel om verskoning gevra, het die geroep en gekerm net aangehou en baie gou het ‘n beskonke bende van om en by 800, gewapen met stokke en pangas, die patrollie met klippe begin bestook….”

Na waarskuwingskote in die lug geskiet is, en dit geen uitwerking op die massa gehad het nie, het die oorblywende deel van die patrollie in twee aangrensende hutte gaan skuil. Hulle het net 24 patrone altesaam by hulle gehad, maar het dapper geveg tot die laaste oomblik. Na die deure en vensters afgebreek is, is hulle vermoor en in stukke gekap.

Die name van die 9 vermoorde Polisie manne is:

Sergeant. K Buhlalo

Constables CC Kriel

CPJS Rademan

GJ Joubert

LW Kunneke

F Dhludhla

P Jesza

M Nzuza

P Mtetwa

Mag ons hulle en die bitter hartseer gebeurtenis nooit vergeet nie.

Andries Hendrik Potgieter

deur Bertus Radford

Andries Hendrik Potgieter aanskou op 19 Desember 1792 die eerste lewenslig. Hy was fors en gespierd en met sy “Dopper”-uitrusting en gelyk gesnyde baard was hy maklik herkenbaar. Hy was ’n matige roker. Hendrik Potgieter se geloofslewe het hom na aan die hart gelê. Die liberale gelykheidsleer het hy nie geduld nie. As Voortrekkerleier sou hy diep spore trap in die grondlegging van Transvaal, ’n man wat nie altyd die regmatige erkenning as pionier en baanbreker ontvang het nie. Op trek na sy bestemming sou verskeie gesinne, onder andere Paul Kruger se ouers, by sy trek aansluit nadat Potgieter se trek die Tarka en Colesberg verlaat het. Met sy fyn aanvoeling en versiendheid het hy besef om van die Engelse juk ontslae te raak, moet die Afrikaner weg beweeg van die see, want “die Engelse is by die see.” Hy het egter besef dat ’n korridor na die see van die allergrootse belang is, derhalwe onderhandel hy suksesvol met die Portugese om ’n deurweg na Delagoabaai. Van die swart kapteins pleit by Potgieter om beskerming deur grond aan Potgieter te verkoop in ruil vir hul veiligheid teen die Matebeles. Na die verraderlike Liebenberg-moorde slaan die trekkers die aanval van die 6000 Matebeles wonderbaarlik met 35 man by Vegkop af.

Tydens ’n algemene vergadering in Desember 1836 word Gerrit Maritz tot President-regter en Potgieter tot laerkommandant verkies. Potgieter en Uys gaan hierna op ’n strafekspedisie waarna hulle die Matebeles verslaan en verjaag tot die huidige Bulawayo in ’n negedaagse oorlog. Na die moorde op Retief en ’n groot aantal Voortrekkers, vind die slag van Italeni in Natal op 11 April 1838 plaas. Die Voortrekkerkommandos word in ’n hinderlaag gelei en moes noodgedwonge die aftog blaas. Piet Uys en sy seun Dirkie sneuwel in die hinderlaag. Potgieter word deur sommige van die Voortrekkers van lafhartigheid beskuldig waarna hy terugkeer na Transvaal.

Potgieter verken Transvaal in sy geheel en verskillende dorpe kom tot stand. Potgieter ontmoet ’n Engelse gesant te Potchefstroom waarin Engeland die Transvaalse onafhanklikheid erken. As gevolg van verskillende menings betreffende die regeringsvorm kom gereelde onenigheid na vore. ’n Klein rebellie kom te Potchefstroom in opstand maar daar kom niks van nie. Onenigheid tussen Andries Pretorius en Hendrik Potgieter vind plaas as gevolg van Pretorius se inmengery in die Tranvaalsake, nadat Pretorius Natal verlaat en homself in Transvaal gevestig het. Gert Kruger en Pretorius onderteken die Sandrivierkonvensie waardeur Engeland die Tranvaal soewerein onafhanklik verklaar. Op 15 Maart 1852 vind die twee leiers mekaar. Hendrik Potgieter sterf op 16 Desember 1852.