Monthly Archives: Junie 2023

Om ‘n lig te wees aan die Suidpunt van Afrika – 1652

“6 April 1652 is ‘n hoog uitstaande baken in ons geskiedenis. DIt was die begin. En… ‘n wonderbare begin. As ooit die spreekwyse: “Die mens wik, maar God beskik”, op ‘n gebeurtenis van toepassing is, is dit hier die geval.

150 jaar lank het die handelskepe van Portugese, Engelse en Hollanders die Stormkaap verbygeseil sonder dat daar ‘n plan bestaan het om hier ‘n volksplanting in aansyn te roep.

Ook nog in 1652 was daar onwilligheid by die direkteure van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie om hier meer as ‘n verversingstasie te stig. Tewens lyk dit of selfs Jan van Riebeeck eers nie lus gehad het om hier te bly nie.

En tog het 6 April 1652 die geboortedag van die blanke beskawing in Suid-Afrika geword.

En die verversingstasie het sy ideële inslag gekry. In onverganklike skrif moet die gebed van Van Riebeeck — ja, toe het sy hart gespreek! — in ons geboortegeskiedenis gegrif word. Hier volg die gebed wat ons uitgangspunt is; ‘n gebed wat nog altyd moet lewe onder ons en ‘n spoorslag moet wees tot hoër, edeler dinge.

Die gebed : (uittreksel vry vertaal in Afrikaans)

“O, Barmhartige, goedertieren God en hemelse Vader, ons bely dat dit u Goddelike Majesteit se besluit was om ons te roep tot die bestuur van die VOC se sake alhier aan die Kaap. Dat ons hier in U heilige Naam vergader is, om besluite te neem in die diens wat die Kompanjie vereis. Dat ons ook reg sal laat geskied. Wil gee dat onder hierdie wilde brutale mense (moontlik) u ware Gereformeerde Christelike Leer, mettertyd, mag verkondig word, tot U heilige Naam se lof en ere….”

Na aanleiding en op grond van dié gebed gaan ons nie ondersoek in hoever die hoë ideaal van Van Riebeeck nagekom is nie — dit moet die historikus doen. Ook sal nie nagespeur word in hoever ons volk aan die ware Christelike Gereformeerde Leer getrou gebly het nie — dit moet die teoloog en kerkhistorikus doen. Wat ons wil beklemtoon, is dat uit dié gebed ‘n ligstraal skyn wat die hele kontinent van Afrika moet verlig.

Dus nie materiële, politieke of watter ander oorweginge ook al mag nommer een wees nie. Dit is die Christelike, protestantse beginsel wat ook in hierdie wêreldperiode ons motief en besieling moet wees.

Noord-Afrika was in die eerste eeue van ons jaartelling ‘n bakermat van die Christendom. Vermaarde teologiese skole het daar verrys. En teoloë, van die grootstes in die kerkgeskiedenis, het daaraan onderrig gegee. Ons noem net die name van Augustinus, Cyprianus, Tertullianus, Origenes en Clemens Alexandrinus.

Maar die Mohammedanisme het die lig van die honderde Christelike gemeentes totaal uitgeblus. Daar het selfs geen naskemering van gebly nie.

Laat dit vir ons in die Suidland van Afrika ‘n waarskuwing wees!” (2)

“Nou nog die vraag: Wat het dit alles met 6 April te doen?

Die antwoord kan kort wees. Die Christelike beginsel het ten grondslag van die volksplanting aan Kaap die Goeie hoop gelê. Dit is as kern saamgevat in die gebed wat Van Riebeeck gedoen het. Volgens daardie beginsel het ons vaders hulle dan ook in hul ganse lewe geopenbaar.

Maar daar was in later tyd genoeg teëstand. Dink slegs aan die optrede van dr. Van der Kemp en sy geesverwante. Die beginsel wat hulle in ons volkslewe wou indra, was dié van die Franse Omwenteling: Gelyke regte vir almal wat mens is. En dit is die sienswyse waarteen ons nog gedurig die stryd moes voer.

Daarom roep ons nou weer: terug na die Christelike standpunt wat ons vaders as hegte fondament vir die volkslewe hier neergelê het.” (3)

“Voorwaarts dan, getrou en wakker

moedig, kragtig steeds vooruit!

Geen geweld, geen dwinglands woede

sal julle ideale stuit.

Laat jul roep oor berge dawer,

oor die vlaktes oor gedra:

Ewig hoog die vryheidsvaandel

stoere kroos van Afrika!” (1)

Bronne:

(1) Nuwe F.A.K.-Sangbundel, 1961, nr.14; Afrikanerlied, H.A. Fagan;

(2) Totius, nr. 7, bl. 377-378;

(3) Ditto, bl. 380

Die Opposisie in Stadsrade ’n “Klaaglike mislukking”

deur Bertus Radford

Professor Koos Malan van Sakeliga en Bennie van Zyl van TLU-SA het op 6 Maart, tydens die fokusprogram van Pretoria FM, hul lot bekla wat betref die opposisie in die stadsrade, maar in die besonder koalisievorming. Volgens Malan is die “koalisies ’n klaaglike mislukking weens die baasspelerigheid van die DA” nadat Van Zyl ’n ellelange treurmare gelewer het rakende die huidige stadsrade wat nie die mas opkom nie, maar veral die koalisies, tot die verdriet van hul kieserskorps. Van Zyl het met ’n tipiese à la Bennie van Zyl die prent probeer inkleur en aan die einde uitgekom met die gedagte dat “gekyk moet word na iets anders”. Malan het dadelik gereageer met die woorde: “Ek gaan stem en diegene wat nie stem nie is aan die swart kant,” wat die Afrikaner by ’n baie belangrike en aktuele punt bring.

Nie-stemmers word gereeld daarvan beskuldig dat ’n wegbly-stem ’n stem vir die ANC is. Hierdie argument verg heelwat dieper ondersoek. Uiteraard is dit verraad. Die ANC-regime, die uitroeper van die verkiesing, is ’n kommunistiese organisasie, gelaai met Kommuniste en in bondgenootskap met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). Mandela, die skrywer van die boek How to be a good Communist, was ’n geswore Kommunis. Kommunisme op sy beurt is die aktiewe arm van die Antichris. Die ANC is dus ingeskakel by die Antichris, die magte van die duisternis. Nou is dit so dat hierdie magte, met die ANC as spreekbuis, die politieke partye in Suid-Afrika uitnooi om te registreer vir die verkiesing deur hierdie onheilspellende magte. Aan hierdie party, nou die draer van die seël van die magte van die duisternis, gaan die stemmer sy stem toesê. Terwyl die ANC in baie volke se oë wêreldwyd ongeloofwaardig en onwettig is, is dit nou die stemmer wat wettigheid verleen aan die ANC en sy drakoniese meelopers. Nie net legitimiteit word verleen nie, maar die stemmer gee as’t ware ook erkenning en bestaansreg aan hierdie duistere magte. Indien die Afrikaner soos een man wegbly verloor die ANC sy geloofwaardigheid in die oë van die wêreld, en sodanige aksie sal die eerste treë tot verset wees.

In stede dat die soustreinryers, net so korrup soos die ANC, ’n openbare sirkus van die stadsrade en parlement maak, beweeg die Afrikaner nou in die regte rigting. Hierdie wete sal verdere druk op die vyand plaas. ’n Aksie van hierdie aard sal aanleiding gee tot ’n algehele ontevredenheid ter plaatse. ’n Toestand wat heilsaam sal inwerk op ’n toekomstige blanke regering. Tesame hiermee sal die blanke in plaas van ’n inkrimpende, weer ’n uitdagende houding inneem en die wêreld met respek na die Afrikaner laat kyk. Is dit die ander rigting waarvan Van Zyl onbewustelik praat? Die nie-stemmer sal dus nie aan die swart kant wees nie, maar die stemmer wel. En indien weer ’n diskussie wie die steun aan die ANC, die magte van die duisternis oorhandig, dan is dit die nie-stemmer wat met ’n rein, skoon gewete en gemoedsrus die toekoms tegemoet gaan terwyl die stemmer die oog laat sak.

Andries Hendrik Potgieter

deur BERTUS RADFORD

Wie was hy?

Andries Hendrik Potgieter aanskou op 19 Desember 1792 die eerste lewenslig. Hy was fors en gespierd en met sy “Dopper”-uitrusting en gelyk gesnyde baard was hy maklik herkenbaar. Hy was ’n matige roker. Hendrik Potgieter se geloofslewe het hom na aan die hart gelê. Die liberale gelykheidsleer het hy nie geduld nie.

Voortrekkerleier

As Voortrekkerleier sou hy diep spore trap in die grondlegging van Transvaal, ’n man wat nie altyd die regmatige erkenning as pionier en baanbreker ontvang het nie. Op trek na sy bestemming sou verskeie gesinne, onder andere Paul Kruger se ouers, by sy trek aansluit nadat Potgieter se trek die Tarka en Colesberg verlaat het. Met sy fyn aanvoeling en versiendheid het hy besef om van die Engelse juk ontslae te raak, moet die Afrikaner weg beweeg van die see, want “die Engelse is by die see.” Hy het egter besef dat ’n korridor na die see van die allergrootste belang is, derhalwe onderhandel hy suksesvol met die Portugese om ’n deurweg na Delagoabaai. Van die swart kapteins pleit by Potgieter om beskerming deur grond aan Potgieter te verkoop in ruil vir hul veiligheid teen die Matebeles. Na die verraderlike Liebenberg-moorde slaan die trekkers die aanval van die 6000 Matebeles wonderbaarlik met 35 man by Vegkop af.

 In Natal

Tydens ’n algemene vergadering in Desember 1836 word Gerrit Maritz tot President-regter en Potgieter tot laerkommandant verkies. Potgieter en Maritz gaan hierna op ’n strafekspedisie waarna hulle die Matebeles verslaan en verjaag tot die huidige Bulawayo in ’n nege-daagse oorlog. Na die moorde op Retief en ’n groot aantal Voortrekkers, vind die slag van Italeni in Natal op 11 April 1838 plaas. Die Voortrekkerkommando’s word in ’n hinderlaag gelei en moes noodgedwonge die aftog blaas. Piet Uys en sy seun Dirkie sneuwel in die hinderlaag. Potgieter word deur sommige van die Voortrekkers van lafhartigheid beskuldig waarna hy terugkeer na Transvaal.

Potgieter se rol in Transvaal se soewereiniteit.

Potgieter verken Transvaal in sy geheel en verskillende dorpe kom tot stand. Potgieter ontmoet ’n Engelse gesant te Potchefstroom waarin Engeland die Transvaalse onafhanklikheid erken. As gevolg van verskillende menings betreffende die regeringsvorm kom gereelde onenigheid na vore. ’n Klein rebellie kom te Potchefstroom in opstand maar daar kom niks van nie. Onenigheid tussen Andries Pretorius en Hendrik Potgieter vind plaas as gevolg van Pretorius se inmengery in die Transvaal se sake, nadat Pretorius Natal verlaat en homself in Transvaal gevestig het. Gert Kruger en Pretorius onderteken die Sandrivierkonvensie waardeur Engeland die Transvaal soewerein onafhanklik verklaar. Op 15 Maart 1852 vind die twee leiers mekaar. Hendrik Potgieter sterf op 16 Desember 1852

ANB Genl Beyers Tak vier Stigtingsdag

Die ANB lede van die Generaal Beyers tak het op gepaste wyse Stigtingsdag gedenk. Ons moet steeds besef dat ons volk die wonderlike voorreg het om ‘n Christelik Protestantse oorsprong te hê.

Dit plaas ook ‘n plig op ons om daardie erfenis in gedagtenis te hou en voort te sit. Nie oor onsself nie maar as uitlewing van ons roeping as kinders van God binne die volksverband waarbinne Hy ons geplaas het.

Ons geskiedenis vertel aan ons kinders  van die liefdesdade gedoen en swaarkry gely deur ons volkshelde ter wille van wat reg is. Ons volkspele is so ook ’n lewende simboliese binding van ons kultuur en erfenis.  Dit beeld deur sang en beweging ons volk se karakter uit. Die tak se lede wil graag almal aanmoedig om volksdrag of volkspele drag te kry of te maak en te dra om sigbaar ons volk te verenig in ons kultuurerfenis.

ANB Nuusbrief nr. 70, April/Mei 2023

anb-nuusbrief-hoofIn hierdie uitgawe:

Die volledig nuusbrief is ook hier beskikbaar in aflaaibare drukbare  PDF formaat.

Daar is hoop. Ons kan opnuut leer en inkeer en doelgerig werk daaraan om ons identiteit te kan behou ten spyte van wat om ons vergaan. Begin deur jouself af te vra waarby jy in jou vrye tyd betrokke is. En waarby jou kinders betrokke is. Ondersteun dit die behoud van ons volksidentiteit en die uitleef van die beginsels wat ons voorouers hulle lewe voor afgelê het?  So nie, raak betrokke by die ANB en help terugkeer en bou op die vastigheid van nasionalistiese beginsels, die lesse geleer uit ons geskiedenis en die voorbeelde van ons heldedom. Sluit aan by die ANB. Vind meer uit oor ons en ondersteun die uitdra van hierdie boodskap van hoop.  

ANB Nuusbrief Redaksie.

ANB Veroordeel nuwe vlaag van plaasaanvalle

ANB VERKLARING 9 Junie 2023

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging veroordeel die vlaag plaasaanvalle en moorde ten sterkste. Ons veroordeel die geweldsmisdade wat teen ons as blankes gepleeg word, ongeag van of dit op plase of in dorpe en stede gebeur.

Ons hoor die dreigemente deur swart ekstremistiese leiers, soos Malema, Mbeki en andere, van ‘n leierlose rewolusie wat met geweld gepaard sal gaan. Die rewolusie, wat eers teen die Witman en dan teen die swart elite sal losbars, het reeds begin. Die swart ekstremiste gebruik die ekonomiese verval en armoede om die rewolusie te regverdig, en wil voorgee dat dit ‘n spontane optrede van die armes en werkloses sal wees.

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging veroordeel die ANC se ideologiese, asook ekonomiese aanslag teen die Witman, maar veral teen die Afrikanervolk. Ons verwerp ten sterkste wetgewing soos BEE en swart bevoordeling in die werksplek, nuwe kwotas, die waterwetgewing ens. Ons besef dat die gewelddadige aanslag op ons lewens, en die wetgewende aanslag loop hand aan hand.

Ons, as die Afrikaner Nasionalistiese Beweging, beskou dit as een en die selfde aanslag om die Afrikanervolk totaal en al uit te wis en te vernietig.

Oom Jaap Marias het, kort voor sy afsterwe, gewaarsku dat hierdie bestel in duie gaan stort, en dat dit met geweld gepaard sal gaan. Ons sal die middele tot ons beskikking moet gebruik, weer trou aan mekaar moet sweer en weer ons grense moet trek, al gaan dit met bloed gepaard.
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging roep die Witman en Afrikanervolk op om te verenig onder die beginsels van Afrikaner Nasionalisme. Ons roep al ons volksgenote op om hul te distansieer van die persone, organisasies en groepe wat aandadig was aan die oorgawe en verraad van 1994. Weier om, deur deelname aan die bestel, legitimiteit te gee aan die oorgawe van 1994. Verwerp die wat u roep tot die stembus om die “Eed van Getrouheid” aan die grondwet met ‘n kruisie te bevestig. Verwerp hulle en word deel van die vryheidstryd van die Afrikaner nasionalis.

Die aanslag sal toeneem want dit is ‘n totale aanslag teen ons Volk. Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging waarsku dat daar totale anargie in die land gaan losbars. Skakel nou in by volksgerigte veiligheidstrukture soos plaaswagte en buurtwagte. Beveilig u woning en u plaas.

Bewapen uself en elkeen in die huis met ‘n wettige wapen en hou dit byderhand. Doen kursusse in skietkuns, veldkuns en stedelike oorlewing.

Laat ons die middele tot ons beskikking nóú gebruik om ons self te beveilig.

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging roep elke Afrikaner op, elke Witman, wat hom met ons vryheids-ideaal vereenselwig, om die vryheidstryd saam met die Afrikaner Nasionalistiese Beweging te voer op die beginsels van Christelike Afrikaner Nasionalisme.

Eendrag Maak Mag!

Carel van der Grijp, ANB Voorsitter.

 

Om meer oor ons te wete te kom lees ons Grondslag en doelstellings. Om aansoek te doen om aan te sluit vind die vorm hier . Indien jy meer wil weet kontak ons gerus.

Soos enige organisasie wat sy doel uitvoer vir die liefde van die saak is ons afhanklik van die bydraes en donasies om die uitvoering van ons doelstellings te befonds en om die nuusbrief uit te gee.   Elkeen wat ons sy hart voel dat hy die doelstellings van die ANB ondersteun kan ‘n bydrae maak per bank inbetaling. Vind hier ‘n skakel vir ons Bankbesonderhede