Author Archives: Rencia Vorster

Die Leeu van die Waterberg: adv. Hans Strijdom

(Deel 1)

“Dit was twee dae voordat  Suid-Afrika se vyfde premier aangewys sou word. Die hele land het gegis oor die drama wat hom in die komende week sou ontplooi. Agter die skerms was daar drukke beraadslagings oor wie dr. D. F. Malan sou opvolg. Om gereed te wees vir gebeurlikhede wou ek ‘n paar foto’s van Hans Strijdom en sy gesin maak. Deur bemiddeling van ‘n kabinetsminister het ons ‘n afspraak gereël, want Strijdom, wat pas van Europa af teruggekeer het, wou geen koerantman te woord staan nie.

Eindelik was die Strijdom-gesin gereed. Die fotograaf het oorgehaal, maar die kamera moedeloos laat sak. “Almal lyk so vreeslik ernstig,” het hy gekla.

“Glimlag ‘n bietjie, Hans,” het mev. San Strijdom haar eggenoot aangespreek. “Jy lyk darem te ernstig.”

Suid-Afrika se aangewese Premier het die oorslaanbaadjie van sy donker pak reggetrek en sy das nog ‘n keer verskuif. “Maar, vrou, jy weet tog dat ek ‘n ernstige man is,” het hy hom verweer. Dit is half skertsend gesê, want ‘n breë glimlag het sy gesig geplooi.

Maar onbewus het Hans Strijdom daardie dag self sy eie lewensbeskouing opgesom. Wat hy doen, doen hy met ‘n erns en toewyding wat min van sy kollegas by hom vermoed het toe hy byna dertig jaar gelede uit die agterbanke van die Volksraad opgestaan het om sy nooienstoespraak te lewer.

Só het sy politieke vriende en teenstanders Johannes Gerhardus Strijdom oor baie jare leer ken. Sy doelgerigtheid het hom voorbestem vir wat hy vandag is, en wat hy bereik het, het hy verower deur ernstige arbeid.” (1)

Sy opgroei

“…(Hans) was maar ‘n kwajong en het baie slae van sy vader en moeder gekry, dikwels omdat hy so eiesinnig was en dinge volgens sy eie manier wou doen… Dikwels het sy moeder hom gemaan: “Hans, trek aan jou skoene; die dorings sal jou steek.” Sy enigste reaksie was dan: “Bring die dorings en laat hulle my eers steek!” (1)

Hy het op Willowmore skoolgegaan, en was ‘n skrander leerling. Vir hoërskool opleiding het sy vader die jonge Hans na die geskiedkundige skool op Franschhoek gestuur. Op dié skool het so ‘n sterk Vaderlandsgees geheers dat “…gedurende die paar jaar dat Strijdom daar was, klagte (was) van die Onderwysdepartement oor die ‘dislojaliteit’ in die skool.” (1)

“Op Stellenbosch (1910-1912) het hy dadelik ingeskakel by dié deel van die studentesamelewing wat daarna gestreef het om die Afrikaner tot sy reg te laat kom. Hoewel hy nooit een van die leiers was nie, het hy aktief deelgeneem aan debatsverenigings en ander kultuursake. As debateerder was hy moeilik te klop. Hy het baie met sy studentemaats geargumenteer. Hy was ‘n pligsgetroue student, maar het nie nodig gehad om baie hard te werk nie. Tog het hy die eksamens met groot sukses afgelê. Hy was 18 jaar oud toe hy die graad B.A. behaal het.

Op die Rugbyveld was hy ‘n doring. Hy het langs sy vriend, Stephen le Roux senter gespeel. Daar het hy “…dieselfde toegewydheid en bestendigheid geopenbaar as wat sy openbare loopbaan in later jare gekenmerk het.” Tennis het hy ook graag gespeel en het altyd ‘n lewendige belangstelling in dié sportsoort gehad.

Na hy sy graad behaal het, het hy met volstruise in die distrik Willowmore gaan boer. Maar hy was skaars aan die gang toe die volstruismark in duie stort. Gelukkig kon hy op sy geleerdheid steun sodat hy in 1914 na Pretoria verhuis om staatsprokureur te word.

Die Eerste Wêreld Oorlog

Augustus 1914 word Suid-Afrika deur die Britse regering versoek om ‘n sekere deel van Suid-Wes-Afrika te gaan inneem. Hierdie tyd kan as die enigste periode beskou word waar Hans deur andersdenkendes verplig was om in stryd met sy gevestigde opvattings te handel. As 21-jarige was Hans Strijdom nog onderhewig aan die verpligte militêre diens van die Verdedigingsmag. (2)

Hy het egter nooit teen die Rebelle opgetree nie, en het botweg geweier om aan die militêre oefeninge vir die staatsamptenare deel te neem.

Na die Rebellie bekamp is deur die regering, word Hans opgeroep vir diens in die 6e Mediese Brigade Veldambulans. Daar was hy betrokke “…van 13 November 1914 af tot 26 Februarie 1915 en was onder die bevel van Engelse offisiere wat die lewe vir hom so ondraaglik gemaak het vanweë sy openlike teenkanting teen die Regering se oorlogsbeleid, dat hy aansoek gedoen het om oorgeplaas te word na een van die burgerkommando’s wat onder die leiding van Afrikaneroffisiere gestaan het.” (2)

So is hy op 27 Ferbruarie 1915 ingedeel by die Helgard-Verkenningskorps, deel van die 3e Berede Brigade (regtervleuel), onder die bevel van kaptein Helgard de Jager. Op 15 April is hy van gewone manskap tot korporaal bevorder, en op 9 Augustus 1915 het sy dienstydperk tot ‘n einde gekom.

Nylstroom toe

Hy het baie belanggestel in die toneel-bedryf, en op so ‘n geselligheid het Hans vir Margaretha van Hulstein, ‘n Londonse toneelkunstenaar wat onder die naam Marda Vanne opgetree het, ontmoet. Die twee was gou dolverlief en verloof kort daarna. Sy was die dogter van sir Willem van Hulstein, ‘n bekende mynbaas van die Goudstad en Engelse edelman.

Toe die getroude paartjie in Mei 1918 na Nylstroom verhuis, het daar egter krakies in hul huwelik verskyn. Margaretha kon haar nie by die platteland aanpas nie, en die twee is sonder enige kwade gevoelens geskei. Geen kinders is uit die huwelik gebore nie. (3)

In 1918 is Hans as advokaat tot die Kaapse Balie toegelaat, maar hy het nooit as advokaat gepraktiseer nie. Hy het egter aansoek gedoen, in Afrikaans, by die Hooggeregshof in Pretoria om as prokureur toegelaat te word. Dit is goedgekeur.

Hy was waarskynlik ook die eerste prokureur wat ‘n huwelikskontrak in Afrikaans opgestel het. Toe hy die kontrak by die Akteskantoor indien, het die Registrateur geweier om dit te registreer. Eers na ‘n bevelskrif van die Hooggeregshof is sy aansoek toegestaan.

As nuweling op Nylstroom het hy aanvanklik maar gesukkel om sy praktyk aan die gang te kry, maar weldra het sake verbeter en het hy ‘n bloeiende praktyk opgebou.

Sy belangstelling in die boerdery was nog altyd sterk. Hy het die plaas Elsjeskraal op die Springbokvlakte gekoop en naweke geboer. Hier was hy altyd op sy gelukkigste. Later het hy ook op die plaas Sandvlakte naby Warmbad, saam met sy broer Raymond geboer. Daar het hulle veral met Friesbeeste geteel en op groot skaal gesaai.

Van 1923 tot 1929 was hy voorsitter van die Waterbergse Landbougenootskap. Maar nadat hy tot Volksraadslid vir Waterberg verkies is, hy nie meer kans gesien om sy aandag aan die boerdery te wy nie en het hy uitgetree. (3)

In die Volksraad

“Toe genl. Hertzog die destydse Volksraadslid vir Waterberg, Piet le Roux van Niekerk, na die Senaat bevorder, moes die kiesers van Waterberg in 1929 vir hulle ‘n nuwe kandidaat soek. Hul keuse het eenparig op Hans Strijdom geval, maar hy het nie lus gehad om Parlement toe te gaan nie. Hy moes uiteindelik omgepraat word. Die feit dat Stephen le Roux (sy vriend) reeds ‘n paar jaar vantevore Volksraad toe is, het sy besluit vergemaklik.” (3)

Toe hy egter besluit het om hom verkiesbaar te stel, het hy sy volle gewig by die saak ingewerp. In die verkiesingstryd het hy die oorwinning van sy voorganger bestendig deur 1156 stemme op hom te verenig teenoor 573 stemme vir sy teenstander, die kandidaat van die SAP.

As jong agterbanker in die Parlement, het Hans Strijdom aandag getrek deur die vuur en skerpheid van sy toesprake. Sy eerste toespraak het hy op 29 Julie 1929 in die Volksraad gehou. Hy het gepraat oor waterbewaring en besproeiing, ‘n saak wat hom sy lewe lank na aan die hart was. Hy het gepleit dat die regering “…’n duidelike besproeiingsbeleid vir die hele Suid-Afrika (moet) formuleer” en dat daar met die oog op waterbewaring, sonder versuim ‘n besproeiingsopname van die land gemaak word.

Dat dr. Malan in 1948 die portefeulje Lande en Besproeiing (nou Waterwese) aan adv. Strijdom toegewys het, is dus nie toevallig nie. Baie van die dinge wat hy as agterbanker bepleit het daardie jare, het hy as Besproeiingsminister ten uitvoer gebring. Dwarsdeur die jare was hy ‘n groot kampvegter vir die regte van die boere.

“Wat die politiek betref, het Strijdom tot die sogenaamde republikeinse vleuel van genl. Hertzog se Nasionale Party behoort. Hierdie vleuel, bestaande uit die jonger garde onder leiding van dr. N. J. Van der Merwe, is reeds vóór Strijdom se toetrede tot die Volksraad deur genl. Hertzog oor die kole gehaal oor hulle uitgesprokenheid.”(3)

Die mislukking van sy eerste huwelik “…was vir Strijdom ‘n hewige skok, maar die reaksie het hom reguit na sy bestemde loopbaan gestuur. Dit het hom met groter toewyding aan die saak van die Nasionale Party laat ywer.” (3)

Kort voordat hy tot Volksraadslid verkies is, het hy en die predikantsdogter San de Klerk mekaar ontmoet. Hulle is aan mekaar voorgestel net nadat hy skeidsregter by ‘n rugbywedstryd was. Toe Hans na die eerste Sitting in die Kaap terugkom op Nylstroom, het hy onthou van die bruinoog-nooi en haar gaan opsoek. Hy was heelwat ouer as almal in haar vriendekring, maar hy het hom nie daaraan gesteur nie. Twee jaar later, in 1931, is hulle getroud.

Hans Strijdom het eindelik ‘n “…hawe gevind waar die branders altyd kalm was en die persoon van alle persone gevind wat hom sy hele loopbaan in die huis en op die verhoog sou bystaan.” (4) Dinge het dadelik by die huis goed gegaan, maar dit het nie so goed in die politiek verloop nie.

Suid-Afrika is van die goudstandaard afgedwing, groot droogte het in die Noord-Transvaal geheers, en die eerste klankies van ‘n koalisie met die Sappe, waarin adv. Strijdom so ‘n renons gehad het, het geklink. Hans Strijdom se lang en moeisame verblyf in die politieke woestyn het begin.

Nat en Sap smelt saam

 Op die Nasionale Party se kongres, 9 Augustus 1934 te Pretoria, was dit duidelik dat die oorgrote meerderheid ten gunste van die koalisie is. Hy en ‘n klein groepie Nasionaliste, onder aanvoering van mev. E.G. Jansen, hyself en L.J. du Plessis, het geen twyfel gehad oor hul standpunt i.v.m. ‘n koalisie tussen die SAP en die Nasionale Party, nie.

Hans Strijdom het sy kans afgewag om ook sy bydrae te lewer: “’Ek was van die begin af gekant teen Samesmelting om dieselfde redes as wat genl. Hertzog die vorige jaar teen koalisie was,’ het hy gesê. Verder het hy nie gekom nie. Die voorsitter het ontdek dat Strijdom selfs nie die afgevaardigde van Waterberg is nie, maar slegs die secundus. Die afgevaardigde, mnr. M. Bakker, was in daardie stadium self in die saal en die voorsitter het Strijdom se reg betwis om te praat terwyl die afgevaardigde aanwesig was. Sy beslissing het ‘n opstootjie laat ontstaan, maar Strijdom is nie toegelaat om verder te praat nie.”

Nadat die saak bepraat is, is besluit om te stem oor die vraag of die twee partye moet saamsmelt. Die uitslag was verpletterend vir die minderheid: 281 stemme teenoor 38.

Die 38 het hulle uit die kongres onttrek en in die klubsaal van die Polleys Hotel hul eie verrigtinge voortgesit. Hulle het besluit om die Nasionale Party voort te sit, ‘n nuwe hoofbestuur van sewe gekies. Hans Strijdom was een van die sewe, en as die party se enigste Volksraadslid in Transvaal, is hy ook aangewys as lid van die Federale Raad.

“…Die besluit wat Hans Strijdom en sy kollegas daardie dag geneem het, het moed vereis. Die stroom waarteen hulle moes swem, was sterk. Hoè sterk, het hulle eers later besef toe daar begin is om die Nasionale Party van onder af op te bou.

Nadat die formaliteite afgehandel is, het sen. Stoffberg gevra of hy iets kon sê. ‘Na wat vandag gebeur het, weet ons dat Hans Strijdom nie soos ander leiers bolmakisie sal slaan nie,’ het hy gesê. Die ander het luid toegejuig.”( 5)

(Word vervolg)

………

Saamgestel deur R. Vorster

………

Bronne:

  1. Hans Strijdom, Lewensloop en Beleid van Suid-Afrika se Vyfde Premier; Gert Coetsee; 1958; bl. 9-12.
  2. J.G. Strijdom, Sy politieke loopbaan van 1929 tot 1948; J. L. Basson; 1980; bl. 12-15.
  3. Hans Strijdom, Lewensloop en Beleid van Suid-Afrika se Vyfde Premier; Gert Coetsee; 1958; bl. 14-16.
  4. Ons eerste ses Premiers, ‘n persoonlike terugblik; Piet Meiring; 1972; bl.100-105
  5. Hans Strijdom, Lewensloop en Beleid van Suid-Afrika se Vyfde Premier; Gert Coetsee; 1958; bl. 22.

Die ontstaan van POQO en die moord komplotte

“Die PAC het, op dieselfde patroon as die ANC (in die stigting van hulle militêre been, Unkhonto), baie vinnig ook hul eie moord-afdeling gestig. Hierdie terroriste-vleuel is gestig in Kaapstad se Langa en Njanga lokasies, tydens die winter van 1960. Sy bestaan is ontdek toe die polisie afgekom het op ‘n komplot om boergesinne in ‘n sekere dele van die Wes Kaap, veral die Stellenbosch gedeelte, uit te moor.

Hierdie organisasie is Poqo genoem, wat beteken “Suiwer”, heelwaarskynlik met verwysing na suiwer swart nasionalisme. Net soos Umkhonto, was Poqo se doelwit die omverwerping van die regering van Suid-Afrika. Waar Umkhonto alle rasse in die beweging verwelkom het, was Poqo streng beperk tot swartes alleen.

Groot groepe onskuldige swartes is geintimideer en mishandel ten einde hulle te dwing om by Poqo aan te sluit. Baie gou was dit die magtigste swart ondergrondse beweging in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Poqo was saamgestel op die eg tradisioneel kommunistiese wyse. Dit het bestaan uit selle. Lede van selle is nie toegelaat om te weet wie lede van ander selle was nie. Vir enigiemand wat Poqo-geheime verklap het, was die dood sy voorland. Dit is ‘n bekende feit dat amper twaalf lede so gedood is omdat hulle “Poqo geheime verklap het”. Daar is wel later ‘n paar radikale wittes in die beweging toegelaat.

Daar het ‘n poqo-sel bestaan in die Paarl destrik van die Wes Kaap, sedert laat 1961. Deur midel van ‘n reeks wrede moorde, beheer Poqo weldra amper die hele Langa lokasie. Party van die slagoffers is gemartel en gedood – hul koppe is afgesny terwyl hulle nog lewe.

Aan die einde van 1962 het Poqo weer in Paarl toegeslaan. In die vroeë oggend ure van 22 November 1962 het hulle in die area ingestroom en begin plunder, brand en steel. Ook is twee jong blankes, mej. Rencia Vermeulen, 19, en mnr. Frans Richard, 22, in stukke opgekap.

Die polisie het opgedaag en vyf van die moordenaars dood geskiet. ‘n Woeste geveg het gevolg wat meer sterftes tot gevolg gehad het. In verdere gevegte is nog ander gedood, gewond en oor die 300 gearresteer.

Poqo skrikbewind verskuif na Transkei

Teen die einde van 1962 het Poqo sy volle fokus na Transkei verskuif. Op 19 Oktober 1962 is ‘n hoofman in die St. Mark distrik, vermoor. Kort hierna het ‘n doodsbende (‘death squad’) van Langa vertrek om Transkei se Opperhoof, Kaiser Matanzima, te gaan vermoor.

Die polisie het weereens van die komplot te hore gekom, en in ‘n bloedige geveg op 12 Desember 1962, is sewe terroriste gedood en meer as ‘n dosyn gearresteer. Daarna het ‘n geveg by die Queenstown Spoorwegstasie met ‘n groep van 24 gewapende Poqo-moordenaars, gevolg. Een polisieman, Sersant Manie Maritz, is in stukke gekap. Twee Poqo-lede is hierna ter dood veroordeel en 18 ander in die tronk gestop.

Poqo het een na die ander doodsbende na Transkei gestuur, die polisie het ‘n hele paar van hulle op verskillende Spoorwegstasies gevang. In Januarie-Februarie 1963 kom die opdrag aan doodsbendes om “alle blankes in Transkei te vermoor”. Die polisie het hierdie komplot verydel en 200 arrestasies is gemaak.

Op 2 Februarie 1963, het 50 Poqo-moordenaars onverwags twee karravane van kampeerders, naby die Basheerivier brug, aangeval. Petrolbomme is in die karravane ingegooi en toe die mense vlug, is hulle geslaan en opgekap deur die “bevryders”.

Die vermoordes was mnr. Herman Grobbelaar, ‘n padbouer, sy vrou Elizabeth, hulle twee dogters, Norma, 14, Dawn, 10, asook ‘n jong vriend, mnr. Derek Thompson. Drie-en-twintig Poqo-moordenaars is later ter dood veroordeel vir hierdie misdade.

Tydens hierdie aanvalle was die stigter van Poqo, Robert Sebukwe, in die tronk. Sy tweede-in-bevel, Potlako Leballo, was in beheer van die moordtogte. Na Leballo ‘n termyn tronkstraf uitgedien het, het hy Suid-Afrika verlaat, net voor die Sharpeville-gebeure. Hy het sy hoofkwartiere verskuif na Maseru asook ‘n plek met die naam “Nasionale Huis”, geleë in Johannesburg.

Die nag van God se genade aan Suid-Afrika

In Leballo se Maseru kantoor het hy sy swart sekretaresse spesifieke bevele gegee, en aan haar ‘n briewetas vol briewe oorhandig. Haar bevele was dat sy en ‘n gesellin na Bloemfontein moes reis en die briewe, geaddresseer aan 150 geheime Poqo sel-leiers regoor Suid-Afrika, van daar af pos.

In elke brief was die bevel dat daar in die nag van 8 April 1963, ‘n massa opstand regoor Suid-Afrika moet plaasvind. Dood en verwoesting moet daardie nag plaasvind. Leballo het al ontelbare dreigemente gemaak dat hy mans, vroue en kinders in Suid-Afrika gaan uitmoor. Nou wou hy die dreigemente uitvoer.

‘n Paar nagte voor die 8ste April het die reën ordentlik neergegiet. ‘n Lenige, blou-oog Suid-Afrikaanse polisieman was die nag op besoek in Maseru. Terwyl hy langs die sopnat hoofstraat afstap, loop hy hom skielik vas teen ‘n “man wat hy dadelik herken as ‘n buitelandse agent wat in Maseru werk”.

In die gesprek wat gevolg het, het die agent genoem dat “sy span” heimlik ‘n paar nagte tevore in Poqo se hoofkwartiere ingekom het, en ‘n klomp dokumente afgeneem het. Sommige dokumente bevat name en adresse van honderde Poqp-lede binne Suid-Afrika! Na ‘n warm redenasie het die Suid-Afrikaner die agent oorreed om vir hom kopieë van die film te gee.

Teen middernag is die Polisieman per vliegtuig oppad Pretoria toe, waar hulle dadelik aan die werk spring om die film te ontwikkel. Uit die kopieë voor hom was dit duidelik dat die nag van 8 April eenkant gesit is vir moord en verwoesting regoor die land. Poqo wou duisende vermoor daardie nag. Leballo sou  die bevele uitstuur vanuit sy kantoor in Maseru.

Al wat die lang polisieman nog kort gekom het, was die adresse van die Poqo doodsbendes. Hy het bevel gegee dat al die grensposte vanuit Lesotho streng dopgehou moet word. Toe Leballo se twee afgevaardigdes met die briewetas die volgende oggend die grens oorsteek, is hulle dadelik opgemerk deur die polisie.

Die twee afgevaardiges is uiteindelik in Ladybrand voorgekeer en die briewetas met sy inhoud in beslag geneem. Na die briewe ontsyfer is, kon die polisie uitgebreide massa arrestasies regoor die land maak. Amper al die “gewone soldate”, en die top leiers van Poqo is gearresteer. Tesame meer as 3 000!

‘n Gedeelte van die briewe het as volg gelui: “‘n Wilde dans- en drink-partytjie  is gereël vir die nag van 8 April. Almal moet dans…” Sekuriteits Polisie het die kode herken. Die betekenis was dat daar die nag van die 8ste April “die dans van die dood en van verwoesting” moet wees.

Ten spyte van die puik werk van die polisie was daar nogtans insidente in Johannesbrug, King William’s Town en nog ‘n paar ander plekke.

Intussen het die polisie verdagte areas met landmyn verklikkers gevee, op soek na wapens. Fabrieke waar Poqo-lede gewerk het is deursoek. ‘n Ysingwekkende hoeveelheid primitiewe wapens is ontdek:  pangas, strydbyle, byle, messe, assegaaie, swaarde, lood pype en selfgemaakte vuurwapens van allerlei soorte.

Daar is selfs spesiaal tuisgemaakte twee-snydende swaarde gevind. ‘n Paar honderd van hierdie wapens word in die Polisie Museum te Pretoria uitgestal. Met hierdie daad is een van die mees primitiewe, beplande revolusies in die geskiedenis van Suid-Afrika, afgeweer.

Deur die genade van God alleen, is die nasionale bloedbad wat hom die 8ste April 1963 sou afspeel, verhoed.

Vroeg in die jaar 1963, het die kommuniste en hul misleides ‘n sielkundige intimiderings-veldtog teen blankes en swartes in Suid-Afrika, geloods. Die kanaal hiervoor was die ANC.

Bangmaak pamflette is orals in posbusse en ander ooglopende plekke geplaas. Hierdie pamflette is oor ‘n groot gedeelte van die land versprei en het die volgende boodskap bevat:

“LUISTER WIT MAN!

Vyf blankes is in Transkei vermoor, ‘n ander een opgekap in Langa… Deur die hele land vind elke week sabotasie-veldtogte plaas, nou hier, dan daar. Die blankes is besig om al venyniger en paniekbevanger te raak… Teen hierdie spoed sal Suid-Afrika binne ‘n jaar of twee gewikkeld raak in ‘n tweede, maar bloediger en verwoede Algeriese oorlog.

SABOTASIE EN MOORD HET VERDUBBEL IN DIE LAASTE JAAR

SABOTASIE EN MOORD GAAN NIE VERDWYN NIE.

Voor jou lê ‘n oneindige lang toekoms van verskrikking, onsekerheid en stadig maar seker kwynende gesag. Jy sal altyd ‘n geweer by jou hê, en nooit weet wie jy kan vertrou nie. Miskien is die straatveër ‘n saboteur, miskien het die kantoor-teemaker ‘n geweer… Jy sal nooit veilig wees nie, en nooit sekerheid hê nie.

DIE OORLOG WAT JY BEGIN HET SAL JY NIE KAN WEN NIE.

Hoe dit ook al sy, nasionale paniek het nie losgebreek soos voorspel deur die CPSA-ANC en Unkhonto-leiers, nie.

Klopjag op Leballo se hoofkwartiere

‘n Klopjag is in April 1963, op die hoofkwartiere van Leballo in Maseru uitgevoer deur die Brits-Basoetoelandse Polisie. Hulle het afgekom op ‘n goudmyn van inligting. (Daar is uiters waardevolle ontdekkings gemaak.) Leêrs is gevind, met die name en adresse van omtrent 15 000 lede. Hierop het baie arrestasies gevolg, maar Leballo het daarin geslaag om te ontsnap.

Die berugte Patrick Duncan, wonende in Basoetoeland, was gedurende hierdie tyd kop in een mus met Leballo.  Alhoewel grootendeels uitgeroei, het Poqo tog swakkies aangehou om op te tree. Poqo het nou ‘n publikasie uitgegee genaamd ‘Black Star’, waarin hy die bogenoemde feite ontken. Poqo het herhaaldelik gelieg oor sy verbintenis met kommunisme.

Leballo het Rooi China gaan besoek in Julie 1964 en ten minste $10 000 ontvang, met die belofte dat meer sal volg. In Februarie 1965 was hy weer in Peking as spesiale gas van die kommunistise Instituut van Buitelandse Sake. Hy het daar lesings gegee en inspeksies gedoen, en troepe is byeengeroep ter ere van hom. Baie PAC-lede is opgelei in Rooi China. Die PAC het kantore in verskeie Afrika stede, London en heimlik in Suid-Afrika.

Die Soviet Kommunistiese Party het amptelik hulle goedkeuring geheg aan die dade van Poqo. Hulle het verklaar dat “lydelike verset verby was” en het hulle seëning op “spontane uitbarstings van (sulke groepe soos) Poqo” uitgespreek.”

……………

Vry vertaal uit Engels uit die boek A History of Communism in South Africa, deur Henry R Pike, bl353-357.

Ons Gedenk: Paarl Oproer 22 Nov. 1962

In die vroeë oggendure van 22 November 1962 marsjeer ‘n groep van 200 tot 250 Poqo-lede, PAC se millitêre afdeling die Paarl binne, swaar bewapen met pangas, byle, kapmesse, loodpype en selfs vuurwapens.

Op die dorpsgrens verdeel hulle in twee groepe, een gaan Tronk toe om die gevangenes te ‘bevry’, terwyl die ander groep die Polisie Stasie aanval.

‘n Busbestuurder het die polisie in kennis gestel van die aantog, dus was hulle nie onkant gevang nie. Hoewel heelwat polisie voertuie beskadig is deur die massa, is die aanval op die Polisie Stasie en Tronk afgeweer.

Die gewapende massa storm toe egter die woonbuurt in waar hulle vensters stukkend gooi met klippe, inbreek by huise en voertuie stukkend kap. Daar is hulle deur die polisie en van die burgerlikes terug gedryf.

Twee blankes is gedurende die aanval vermoor: Mej. Rencia Vermeulen (17) en Mnr. Frans Richards (22) (hy het op troue gestaan) gruwelik vermoor, vermink en uitmekaar gekap.

Sewe Poqo-lede is dood in die geveg, en heelwat is in hegtenis geneem.

Ek haal graag die volgende stuk deur Dawie (Politieke rubriekskrywer van Die Burger 1946 tot 1964) vir u aan:

Die Paarlse Onluste.

Ons gedagtes is vandag by die Paarl in die groot leed wat die dorp getref het.

Ek het die vermoorde meisie nie geken nie. Ook nie die vermoorde jong man wat op troue gestaan het en hier by Die Burger sou kom werk, of die ouer mense wat aangerand is nie. Ek is ook geen Paarliet nie.

Maar by die Bolandse Afrikaners is ‘n diep persoonlike gevoel gewek deur die ramp van Donderdag.

Dit moet wees om rede van die simboliese plek wat die Paarl in ons denke en gevoel beklee. Daarom is ‘n sukses of ‘n krisis altyd belangriker in die volkslewe as die Paarl die toneel daarvan was.

Dit kry vanself ‘n groter betekenis, soos ‘n boodskap wat gelewer word van ‘n geskiedkundige verhoog af.

Wat gebeur het.

As ek die breë trekke van die Paarl gebeurtenisse reg verstaan, dan is dit geen plaaslike verskynsel wat daar tot ‘n uitbarsting gekom het nie. Wat gebeur het — en ek spreek onder korreksie — is ongeveer dit:

Onder die Paarlse Bantoes het ‘n ondergrondse groep van terroriste bedrywig geraak. In hoeverre hul motiewe bloot misdadig was en in hoeverre van politieke aard, kan gedebatteer word. Maar hul metodes was dieselfde as dié van dergelike groepe in ander lokasies en trouens oor die hele Suid-Afrika.

Dit is om ‘n terroristiese heerskappy oor die grote gros van ordeliewende Bantoes te vestig en beskermingsgeld van hulle af te dreig. Soms word sulke gelde ingevorder vir ‘n werklike of denkbeeldige politieke saak: maar ek vermoed dat die grootste deel nie verder gaan as die afpersers se private sak nie.

Bantoes wat nie wil saamspeel nie, word hardhandig bearbei, en diegene wat by die polisie gaan kla of daarvan verdink word, kry selfs die uiterste straf as ‘n voorbeeld vir die ander.

Terreur in Lokasies.

Nou sien u waarom ek sê dat die Paarlse gebeurtenis, afgesien natuurlik van die besonderhede van die uiteindelike uitbarsting, nie as ‘n plaaslike verskynsel beskou kan word nie.

Dit is bekend, onder meer uit hofsake soos dié oor die moord-sameswering op Stellenbosch, dat sulke ondergrondse terroristegroepe ook op ander plekke in die lokasies bestaan.

Dit is ook klaarblyklik dat, al sou hulle in bepaalde gevalle nie danig politiek bewus wees nie, maar bloot misdadig, hulle feitlik ‘n klaargemaakte instrument vorm vir die giftiger soort revolusionêr wat Suid-Afrika die grootste skade in die kortste tyd wil aandoen.

Dit is dus lewensnoodsaaklik dat hierdie ondergrondse groepe opgeruim moet word.”

Ons Gedenk: Cato Manor 24 Jan. 1960

Vandag 62 jaar gelede, het die verskriklikste slagting op polisiemanne in Cato Manor, Durban plaasgevind. Soos Brig. Hennie Heyman tereg sê: “As die Sharpevillie “massamoord” nie ‘n slagting onder die opstokers was nie, sou dit (soos Cato Manor) op ‘n massamoord van polisiemanne uitgeloop het.”

Hier volg ‘n saamgestelde vertelling van die gebeure, vry vertaal uit Engels.

Vooraf:

Volgens ‘n wet ingestel in 1908 deur die Britse wetskrywers, was dit onwettig om bier te maak en te verkoop. Op hierdie dag het die polisie, soos gewoonlik, weer ‘n klopjag geloods op een van die sjebiens waar onwettige bier verkoop is.

Agtergrond:

“…stakings het in middel 1959 in Natal begin toeneem… Tydens die stakings is baie mense gedood, eiendomme vernietig… huise verbrand… algemene paniek het losgebreek.”

“…Toe ‘n eenheid van 7 wit en 17 Zulu polisiemanne op patrollie by ‘n shebien aankom, het die gevoelens gou ontvlam toe ‘n vrou begin kla het dat een van die polisie offisiere op haar voet getrap het. Al het die konstabel om verskoning gevra, het die geroep en gekerm net aangehou en baie gou het ‘n beskonke bende van om en by 800, gewapen met stokke en pangas, die patrollie met klippe begin bestook….”

Na waarskuwingskote in die lug geskiet is, en dit geen uitwerking op die massa gehad het nie, het die oorblywende deel van die patrollie in twee aangrensende hutte gaan skuil. Hulle het net 24 patrone altesaam by hulle gehad, maar het dapper geveg tot die laaste oomblik. Na die deure en vensters afgebreek is, is hulle vermoor en in stukke gekap.

Die name van die 9 vermoorde Polisie manne is:

Sergeant. K Buhlalo

Constables CC Kriel

CPJS Rademan

GJ Joubert

LW Kunneke

F Dhludhla

P Jesza

M Nzuza

P Mtetwa

Mag ons hulle en die bitter hartseer gebeurtenis nooit vergeet nie.

Waar is ons Ware Volksleiers?

Mens hoor so baie “As ons volk tog net wil saamstaan.” En met ‘n nog dieper sug: “Maar ag, daar is nie ‘n leier is Suid-Afrika nie…”!

Ons beleef in hierdie moeilike tyd ‘n ‘droogte’ wat betref ‘n ware Volksleier. En met al die verwarring wat opsetlik in ons geledere gesaai is die laaste 30 jaar, moet ons dalk net weer bietjie gaan kyk waaruit ‘n ware volksleier se karakter saamgestel is.

‘n Gesegde wat ook baie aangehaal word in die vraag oor waar die leiers van ons tyd is, is: “Moeilike tye veroorsaak sterk mans; sterk mans veroorsaak voorspoedige tye; voorspoedige tye veroorsaak swak mans; en swak mans veroorsaak moeilik tye.”

Maar soos Dr. Ferdinand Postma in sy boek ‘Paul Kruger, Christen-Volksman en -Staatsman’, tereg uitwys: “Groot manne (leiers) is geskenke wat die Here aan ‘n volk gee… Wie dus hierdie opvatting huldig, sal hom nooit kan vereenselwig met die gedagte wat so dikwels uitgespreek word dat groot manne maar produkte van hulle tyd is nie. Dit is ‘n onmoontlike opvatting. Mense wat maar net produkte van hulle tyd is, kan nooit leiers wees nie; produkmense word gelei, maar kan nie leiding gee nie…”

Maar wat is ‘n ware volksleier?

Kom ons begin eerder deur te besin oor wat ‘n ware Volksleier nie is nie, en daaruit sal dan ook vanself vloei wat ‘n ware Volksleier werklik is.

1. ‘n Volksleier verskyn nie “blitsvinnig en onverwags” op die toneel nie.

In die Geloftefees toespraak wat in Rapport van 17 Desember 1995 gepubliseer is verklaar mnr. Izak De Villiers onder meer: “…in veelbewoë tye van die Afrikanervolk”, lui dit, “het leiers op alle gebiede meermale blitsvinnig en onverwags op die toneel verskyn… Wie kan sê dit kan nie weer kan gebeur nie?” Hy vra: “Waar is die Vader Kestell, die genl Hertzog en die Paul Kruger?”

Die opvallendste van dié gedagtegang is dat hierdie leiersfigure juis nie “blitsvinnig en onverwags” op die toneel verskyn het nie. Hulle het almal tot leierskap uitgestyg deur langdurige betrokkenheid by die stryd wat aan hulle volk opgedwing was. Hulle hoedanighede is in en deur die stryd beproef. En langs dié weg is hulle leierskap geleidelik bevestig.

Hierdie proses van leiersvorming is herkenbaar by elkeen van die egte Afrikanerleiers. Naas dié hierbo genoem, is daar dr. DF Malan, adv. JG Strijdom, dr. HF Verwoerd: manne wat jarelank op die voorpunt en in die brandpunt van die stryd hulle staal getoon het. En voor hulle, pres. MT Steyn, genl. Christiaan de Wet, genl. Koos de la Rey, wat hulle as politieke en militêre leiers oor die loop van jare betoon het. En verder terug: Piet Retief, Andries Pretorius, Andries Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz.

Nie een van hulle het “blitsvinnig en onverwags” op die toneel verskyn nie. Hulle leierskap het gerus op die moed, die insig, die bedrewenheid, die toewyding, die volharding wat hulle aan die dag gelê het.

2. ‘n Ware volksleier soek nie eie eer nie.

Vry vertaal uit Nederlands-Afrikaans: “Daar was nog ‘n ander soort mens wat genl. Christiaan de Wet verafsku het… dit was dié manne wat van een plek na die ander ry en voorgee dat hulle vir land en volk veg, maar intussen nooit tydens die gevegte te siene was nie. Mens kon hulle altyd herken aan die hordes veelkleurige eretoekennings aan hul baadjies vasgespeld, wat deur onwetende meisies aan hulle geskenk is vir hul sogenaamde dapperhede. Die ware helde van die oorlog het hulle nie met sulke uiterlikhede opgehou nie. Ek het menigmaal gesien hoe genl. De Wet so ‘n eretoekenning, wat hy by ‘n bewonderaar ontvang het, later aan ‘n ander bewonderaar gee.”

Vir ‘n ware leier gaan dit om die saak. ‘n Ware volksleier veg voor; nie omdat hy fisies groot en sterk is nie, maar omdat hy so sterk voel oor die saak dat hy, selfs al is hy alleen oor, nog sal veg. Dat hy sy lewe sal gee, as dit daarop aankom. Sulke vasberadenheid spoor selfs die bangbroeke onder die volk aan tot heldhaftigheid.

3. ‘n Ware volksleier saai nie stories rond oor ander leiers nie.

As hy en die ander leier vir dieselfde saak stry, en op dieselfde beginsels staan, stry hulle saam. Sy aan sy, daar is nie ‘n getoutrekkery oor wie die leier is nie: elkeen het sy sterk en swak punte.

As hulle nie vir dieselfde saak stry nie, raak hy nogtans nie persoonlik en kraak die ander leier af nie. Want dit gaan nie vir hom oor die persoon nie, maar oor die saak.

Hy lug op Christelike wyse, die redes waarom hy voel dat die rigting wat hy inslaan, die regte rigting is. En hy vertrou dat die wat die waarheid moet hoor, deur die Here se genade, sal hoor en hom sal volg.

4. ‘n Ware volksleier is ‘n standvastige Godsman.

Dit beteken nie dat hy vinnig Bybelversies kan aanhaal nie of met die Bybel onder die arm rondloop nie; die belangrikste is hy moet so lewe dat almal kan sien hy is ‘n kind van God.

‘n Ware leier kry nie ‘n grootkop oor sy volgelinge se getal groei, of oor hy sukses behaal nie. Dit maak sy hart in nederigheid bly; hy weet dat dit nie maar net hy is wat so oulik en slim is om soveel volgelinge te kry nie. Hy dank die Here dat Hy soveel mense die waarheid laat hoor. Hy bid dat die Here hom, as leier, die krag sal skenk om die regte besluite te maak en dat Hy hom sal sterk maak om te kan staande bly teen die aanslag van die vyand.

‘n Ware leier se krag lê daarin dat hy die Onsienlike sien. In die ewigheidslig van Bo, kan hy die regte en juiste waarde van dinge bepaal.

5. ‘n Ware volksleier ken sy feite.

Hy ken sy geskiedenis, sy belydenis, sy volk, sy vyand. Hy weet waar hy vandaan kom, en daarom weet hy waar hy wil heen.

Op die pad na vryheid neem hy twee dinge saam:

In sy hand hou hy die Bybel, sy kompas;

In sy sak dra hy die geskiedenis, sy kaart.

Sy roete, lank vantevore reeds deur God bepaal, is vas; sy tred, seker.

Ek sluit af met die volgende:

Moenie rondsit en wag vir ‘n leier om te verskyn nie. Hou op rondkyk na wat ander mense doen of nie doen nie; werk aan jouself, wees jy die leier. Soos Johannes Trojan (Duitse digter) gesê het:

“Een moet vooruit om te wys daar is nog ‘n stem,

wat as ander skugter swyg, vreesloos die waarheid bring.

Een moet vooruit in die nood wanneer mense vra:

waar is die man wat die moed het om voor te loop?

Wees jy die een! Stap voor!”

Deur R. Vorster

……..

Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging volg steeds die beginsels wat dr Malan ons geleer het. Om daarop voort bou wil ons u oproepe om ook betrokke te raak by die stryd en by jou mede-Afrikanernasionaliste in die ANB aan te sluit. Om meer oor ons te wete te kom lees ons Grondslag en doelstellings. Om aansoek te doen om te sluit vind die vorm hier . Indien jy meer wil weet kontak ons gerus.

Soos enige organisasie wat sy doel uitvoer vir die liefde van die saak is ons afhanklik van die bydraes en donasies om die uitvoering van ons doelstellings te befonds en om die nuusbrief uit te gee. Elkeen wat ons sy hart voel dat hy die doelstellings van die ANB ondersteun kan ‘n bydrae maak per bank inbetaling. Vind hier ‘n skakel vir ons Bankbesonderhede .

Laaste Nuusbrief Nr 70 April/Mei 2023 – in drukbare PDF formaat.

ANB NUUSKOMMENTAAR April 2023 – Nuwe Partye

Vir 29 jaar lank word Suid-Afrika deur ‘n korrupte en onbevoegde regering regeer. Dit is geen geheim dat die ANC nog niks bygedra het of toegelaat het vir die verbetering van die Suid-Afrikaanse ekonomie en burgers se lewenstandaarde nie, maar eerder deur korrupte politiek en onetiese besigheidsake Suid-Afrika tot ‘n bedelaar by die wêreldbanke gedryf…

Volgens die Corruption Watch is oor die 4200 korrupsie klagtes  in 2018 teen die Provinsiale regering van Suid-Afrika gegee. Die elle lange lys van die ANC se skandale en korrupsie klagtes is onmeetbaar soos dit elke dag meer en meer groei. Die nuutste korrupsie skandaal wat op die media se voorblaaie is is die VBS Bank (Venda Building Society Bank) en die ANC wat pap geskep het by die VBS Mutual Bank van meer as R16 miljoen tussen 2017 en 2018 deur Noord-Transvaalse (Limpopo) ANC elites, Danny Msiza en voormalige ANC provinsiale jeug leier, Kabelo Matsepe. Volgens advokaat, Terry Motau se 148 bladsy verslag oor die skandaal, het Msiza oor die 10 Munisipaliteite se burgermeesters en tesourie-amptenare in die Noord-Transvaal (Limpopo) oorreed om deposito’s in die VBS Mutual Bank te plaas en is  oor die R1.89 biljoen uitgedeel tussen 53 persone.

Die ANC se National Working Committee (NWC) en Provincial Executive Committee (PEC) het saam vergader met sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, om te bespreek hoe die ANC te werke gaan gaan rondom die saak. Hy sê ook dat dit belangrik is dat die saak nie die ANC se verkiesings vermoë in die Noord-Transvaal (Limpopo) belemmer nie, veral omdat die skandaal nou weer groot aandag van die media kry.

Saam met die nuutste skandale en korrupsie klagtes hang die donker wolk van Ramaphosa se Phala-Phala saak oor die ANC, asook Eskom korrupsie en ANC bande, werkloosheid, swak of geen dienslewering van publieke instansies, ekonomiese wanbestuur, ‘n mislukte regstelsel en die skending van basiese regte.

Dit is dan geen verbasing dat in die afgelope 3 jaar meer en meer nuwe politiese partye ontstaan het nie.

In 2020 is Team Sugar SA bekend gemaak, ‘n party wat weg gebreek het van die EFF. Action SA is in Augustus 2020 deur voormalige burgermeester van Johannesburg, Herman Mashaba, gestig.

Op die 19de April is nog twee nuwe partye aangekondig naamlik, Rise Mzansi en Arise South Africa. Voormalige Transvaal (Gauteng) leier van Action SA, Bongani Baloyi, het ook ‘n nuwe party in April aangekondig naamlik, Xiluva.

Al hierdie nuwe partye het dieselfde doelwit en leuse, om die ANC se ondoeltreffendheid en onbevoegdheid uit te wys en as teen partye in die 2024 verkiesing te wees. Gaan hierdie mengelmoes van partye dit moeilik maak vir die ANC volgende jaar of is dit ‘n taktiek wat gebruik word om die stemmers van die ANC se grootste kompetisie te verdeel?

Terug na April 2023 Nuusbrief

Aanloop tot Majuba

Deur CH van der Grijp

majuba12-1705895223

Vriende,
ons moet die verlede met die hede vergelyk en let op wat gelei het tot verlies van ons vryheid, en ook wat die herwinning daarvan bepaal het. Dan kan ons sien of daar hoop vir die toekoms is.
Dit is as gevolg van liberale politiek dat die ZAR in Paul Kruger se tyd aan die Britse owerhede uitgelewer is. Netso is dit as gevolg van liberale politiek dat die RSA in 1994 aan die vyand oorgelewer is. Dit is dus  nodig om die skuldiges van die verlede sowel as die hede, by die naam te noem.
As vergelykende omstandighede, gebruik ek graag die gebeure wat die Eerste Vryheidsoorlog tot gevolg gehad het: die verlies en herwinning van die vryheid van die ZAR. Ook daardie verlies van vryheid, destyds, het sonder die knal van ‘n enkele geweerskoot plaasgevind.

Na MW Pretorius se bedanking as President, het die volk die begeerte gehad om ‘n geleerde man as President te kry. ‘n Man wat dan ook opgewasse sou wees teen die Britse argumente. Die ZAR se grondwet is selfs verander sodat ‘n nie-burger ook as President kon verkies word.
Ds. Francois Burgers met sy liberale godsdiens, Vryheid van die Individu, Internasionale opvattings en sy hervormingsbeleid, word verkies tot President. Paul Kruger, ‘n Godsman, word oorgesien, want die volk wou die ZAR ‘n vooruitstrewende staat maak. Paul Kruger beskou Burgers as wêrelds en maak geen geheim daarvan dat Burgers die ondergang van die jong Republiek gaan bewerkstelling nie.
Na dertig jaar as Kommandant-generaal, bedank Paul Kruger in 1873 uit die Uitvoerende Raad (landsregering). Die aansien en voordele as lid van die landsregering is vir hom van minder belang as sy beginsels. Eerder bedank as om die vertroue wat die volk te skaad.
Paul Kruger besluit om vir Burgers in die volgende President-verkiesing teë te staan, maar nog voor die verkiesing gehou word ry sir Shepstone op 12 April 1877 met 25 polisie konstabels Pretoria binne, annekseer die ZAR en hys die Britse vlag.

Toe Shepstone en sy konstabels Transvaal inry, is daar ‘n effense opstand. Frederik Wolmarans mobiliseer met 400 gewapende burgers om Shepstone met geweld terug Kolonie toe te jaag, maar hulle word deur Burgers se Uitvoerende Raad oorgehaal om hul voorneme te laat vaar.
Was hierdie anneksasie ‘toevallig’ of was dit ‘n beplande aksie tussen Burgers en sy regering en lord Carnarvon, die destydse Britse minister van kolonies?
Burgers aanvaar die anneksasie goedsmoeds. Ons weet dat Paul Kruger die anneksasie met geweld sou teëstaan, was hy president – soos die geskiedenis ons ook wys met die Tweede Vryheidsoorlog. In 1877 was Engeland glad nie gereed vir oorlog nie. Daarom moes die ZAR aan Brittanje oorhandig word voor Paul Kruger dalk President word, en Engeland se kanse om die Transvaal in te palm, sonder oorlog, verby is.
Burgers het verraad gepleeg, en almal wat nie saam met Paul Kruger uit die regering gestap het nie, is saam met Burgers as lands- en volksverraaiers beskou. Net 24 jaar na die Zandrivier konvensie, waar die Afrikanervolk sy onafhanklikheid in 1853 verkry het, is hy sonder enige verset uitgelewer en onderwerp aan sy vyand.

Vriende, ons moet onthou hoe die Voortrekkers aan die Oosgrens verdruk is deur die Engelse. Ons weet dat hulle getrek het om vry te wees om hulself te regeer. Tog aanvaar hulle hierdie besetting sonder enige teenstand.
Het Shepstone net eendag besluit hy roep 25 polisiemanne bymekaar, ry en beset die ZAR? Nee, vriende, daar is agteraf gekonkel en Burgers was daarby betrokke. Shepstone het versekering van Burger gehad dat hy nie met geweld gestuit sou word nie.
Ironies genoeg – in ‘n minderheidsverslag van daardie tyd, word President Burgers se goeie hoedanighede uiteengesit en word gesê dat Burgers voel sy volk het hom verraai. Hy het glo verbande op sy plaas uitgeneem (omdat die staatskas leeg was), om geld in die hande te kry vir die oorlog teen Sekukune, waardeur hy toe sy grond verloor het. Gaan lees gerus die Minderheidsverslag oor President Burgers.

Vandag is daar baie mense wat Suid-Afrika verlaat, en uitwyk na die buiteland toe vir ‘n beter toekoms. Hulle is moeg vir die onderdrukking, vervolging, die plaasbesettings en onteiening. Moeg daarvan dat hulle kinders nie ‘n heenkome het nie. Hulle sien geen lig nie, net dat geen stryd hulle vryheid gaan bring in hierdie land nie… daarom verlaat hulle Suid-Afrika.
Dit was al so in ons geskiedenis ook.
Na die Tweede Vryheidsoorlog het ‘n klomp mense Suid-Afrika verlaat en Argentinië toe getrek, omdat hulle weier om te dien onder die Engelse regering. Ook die Dorslandtrekkers, het getrek omdat hulle nie onder die liberale President Burgers wou dien nie.
So het die Voortrekkers ook besluit dat hulle nie verder onder ‘n Engelse regering gaan dien nie. Nie meer die verdrukking en geweld, die aanslag in die kerke op hul geloof gaan aanvaar nie. Hulle het besluit om eerder die binneland in te trek en daar hul vryheid te gaan soek. Dit was ‘n pad van bloed, smart en trane maar hulle het hul onafhanklikheid gekry.
Ons moet ook onthou van die groep Afrikaners wat agtergebly het in die Kaap. Wat tydens die besetting van die ZAR in 1877, nog besig was met ‘n stryd, gevoer deur Afrikaners en konserwatiewe Setlaars, om die Kaap te bevry van Brittanje. Hulle het nog die negende swart Grensoorlog gevoer, en na die trek het hulle nog die stryd gehad teen verengelsing in die skole.
Die Taalgenootskap is juis gestig deur die Afrikaners wat nie getrek het nie. Die stryd het voortgeduur in die Kaap. In Augustus herdenk ons die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), en so ook die stryd wat in die Kaap gevoer is en nié in die ZAR nie.
Nou moet ons Gods hand in die Groot Trek sien. Die Voortrekkers is vooruit gestuur om so die Christelike beskawing in Afrika in te dra, en om grondgebied – as woonplek vir ‘n Volk in wording – te beskaaf, ter behoud van die Christelike geloof.

Kom ons dink terug aan dr. Verwoerd se tyd. Wat sou hy gedoen het as Suid-Afrika deur Duitsland of Nederland of enige ander land, geannekseer word? Dadelik sou Krygswet afgekondig word, en die  weermag opgeroep het en sou hy toegetree het tot ‘n militêre stryd om die onafhanklikheid van Suid-Afrika te beskerm. Die hele verkose Volksraad sou toegetree het en met hul hele wese die anneksasie teëgestaan het.
Party mense sal nou vir my kwaad word, maar na al die stryd wat gevoer is op die Oosgrens, na al die kinders wat vermoor is, die smart en die trane, al die redes waarom hulle getrek het… aanvaar Burgers, sy Volksraad en die burgers van die ZAR aanvaar die besetting netso. Watter lamsakkigheid het daar dan geheers onder die burgers? Of dalk nie… Wat sou werklik die redes wees dat die meerderheid die anneksasie aanvaar het?
Paul Kruger en Pretorius het wel probeer om die volk aan te spoor om op te tree, maar dit het nie geslaag nie, en daar is later ‘n verbod op die tipe vergaderings gehef. Terwyl Britse mag toe op sy swakste en baie verdeel was as gevolg van die negende Grensoorlog (1877-78), die Zoeloe oorlog (Januarie tot Julie) en die Bapedi oorlog (tot einde 1879), sou dit maklik gewees het om die anneksasie tot niet te maak.
Ten spyte van die Volksvergaderings, ten spyte van die swakheid van die Britse mag, het die Transvaalse leiers gehuiwer om die vryheid met geweld te herstel. Eers 3 jaar en 8 maande later in Potchefstroom is geweld begin gebruik.
Volgens ‘n verslag van Prof. Haasbroek kan die onwilligheid van die Transvalers om in beweging te kom, dalk toegeskryf word aan ‘n begeerte na ‘n verenigde Suid-Afrika. Dié begeerte is blykbaar deur Pres. JH Brandt van die Vrystaat asook deur Ds. SJ du Toit van die Afrikaner Bond, vurig ondersteun.
‘n Ander rede tot die traagheid tot optrede kan gevind word by die politieke klimaat in die Kaap. Afrikaner leiers in die Kaap, die Transvaal en die Vrystaat het kontak met mekaar gehad. Volgens Prof. Haasbroek het die Transvalers dalk gekyk hoe die politieke wind in die Suide waai voor drastiese optrede. Die stryd wat in die Kaap voortgesit is deur die Afrikaners daar, was Afrikaner Nasionalisme in wording, ‘n politieke faktor om in gedagte te hou as verklaring van die stadige optrede in Transvaal.
Om nou weer terug te kom na die stryd in die Kaap teen verengelsing – daardie tyd is die Gimnasium daar gestig asook die Taalbeweging. Prof. Haasbroek beweer dat Afrikaner Nasionalisme sy beslag gekry het in die stryd van JD de Toit, Pannevis en die ander leiers van die GRA. So word die voortgesette stryd van die Kaap dan ook die stukrag agter die regering en burgers van die ZAR wat hul vryheid verloor het, om drie jaar later weer tot die stryd toe te tree.

Maar om terug te keer tot Burgers en sy agteraf gekonkel.
Ons moet mooi luister hier, want dit is presies wat weer gebeur het in 1994. Ons wat baie betrokke was in daardie tydperk, sal dit raaksien.
Vriende, daar was ‘n stryd om gebiedsuitbreiding. Aan die een kant die Britte en ‘n Federasie en aan die ander kant die Afrikaners wat selfbestuur wil hê. Ons weet van die anneksasie van die Oranje rivier, die slag van Boomplaats, en ook van Natal. So het die Engelse hulle grondgebied uitgebrei.
Lord Carnarvon ondersteun die idee van ‘n Federale stelsel, ter wille van die beskerming van die  Blanke in Suid-Afrika teen die aanvalle van die naturelle. Tog, verbied Carnarvon die Blankes in die Kaap en Natal om die ZAR te help met die oorlog teen Sekukune. So besef die Afrikaners in die Kaap dat ‘n Federasie eintlik maar teen hulle gemik is. Boon-op hou Carnarvon toe die oorlog teen Sekukune voor as rede om die ZAR te annekseer.

Na die anneksasie belowe Shepstone dat die ZAR ‘n afsonderlike regering kan bly, met eie wetgewing, as hulle deel word van die Federasie. Die burgers van die ZAR was bewus van die sprake van komende Federasie. Hulle het geweet wat in die Kaap aangaan, dit was in die koerante.
Netso kan niemand sê dat hy nie in 1994 geweet het wat kom nie. Die waarskuwing is al van 1969 deur ons uitbasuin – niemand het ‘n verskoning nie. Tog het niemand op die waarskuwings ag geslaan van wat op ons wag as “Een mens, een stem” gewettig sou word nie.
Paul Kruger het bedank en die mense gewaarsku teen wat op pad was. Netso is Oom Jaap Marais en Albert Hertzog uit die NP uit, om die volk te waarsku teen wat kom.
Die verraad word gepleeg 10 April 1877, baie naby aan 27 April 1994. Om teenstand teen die Federasie te voorkom maan President Burgers en die Uitvoerende Raad deur middel van agente die Transvalers tot kalmte. Twee dae voor die anneksasie.
Klink dit nie so baie na die verraad in 1994 nie?
Ene Hofman, ‘n agent, skryf aan Burgers dat die vergadering op Gatsrand goed bygewoon is, en die mense maklik tot bedaring gebring is. Hy meen, dat indien Shepstone nou optree, die burgers geen wapen sal opneem nie en sal wag op opdragte van die regering. Hofman skryf dat die burgers hulle aan die bepaalde regering sal onderwerp, aangesien een daad van eie handeling tot regeringloosheid sal lei.  Daar is nog 5 sulke byeenkomste gehou om die burgers te laat bedaar.
Die stilswye van die burgers was ook te danke aan die regering se houding ten gunste van ‘n Federasie. Party burgers in die ZAR was daarvoor, ander daarteen. Die volk was verdeel. Netso was ons volk se stilswye voor 1994, ten spyte van die bietjie opstand wat daar was, ook as gevolg van die regering se houding. Dit sou anders gewees het as Paul Kruger of Jaap Marais regeer het.

Shepstone was so seker van sy saak dat hy nie met ‘n militêre mag die ZAR beset nie, maar met net 25 polisiemanne, op 12 April 1877, die Vierkleur stryk en die Union Jack hys – ten aanskoue van die Volk. Hoe vernederend vir die nageslag van die Voortrekkers! Hulle kyk hoe word die hulle vlag gestryk, maar doen niks!
Al die Staatsamptenare en predikante het die anneksasie aanvaar. Net Paul Kruger, veldkornet A.S Pretorius (wat sy veldkornetskap aflê) en enkele ander erken nie die regering nie, en hou vergaderings. Verder was almal gelukkig.

Die ZAR het nooit werklik belasting ingevorder nie, maar toe die Engelse nou aan die burgers se geld vat, toé eers kom die verset.
Die eerste opstandeling was ‘n prokureur Van Eck, wat geweier het om sy belasting te betaal aan ‘n onwettige regering. Ses weke later weier ook advokaat Fred Kleyn om soortgelyke redes. Laasgenoemde  het blykbaar ‘n groot invloed onder die burgers gehad. Omtrent ‘n maand na die prokureur se saak verhoor is, protesteer bykans 400 burgers teen die betaling van belastings. Deur net twee mense wat in verset gegaan het, weier 400.
Die boere skryf op hulle kwitansies: ‘Betaal onder dwang’. Naderhand wil die Landros die kwitansies nie meer aanvaar nie. Van daar af neem lydelike verset hand oor hand toe. Genl. Piet Cronje beset  Potchefstroom, en wapen geweld begin.
Op 27 Februarie 1881 vind die Slag van Majuba plaas, voorafgegaan deur die bevestiging van die Gelofte by Paardeberg. Dit alles het begin by die lydelike verset – dít het die mense wakker gemaak.

paardekraal-monument
Vriende, kyk ons nou na die gebeure van die afgelope vier dekades, is die opmerklik dat die verraad van 1877 in baie opsigte ooreenkom met die verraad en misleiding wat gelei het tot die verlies van vryheid op 27 April 1994.
Na die Tweede Vryheidsoorlog, tydens die Unie van Suid-Afrika, het genl. Hertzog die Nasionale Party gestig met die leuse “Suid-Afrika Eerste!” As gevolg van sy stryd is Afrikaans aanvaar as amptelike taal, en is ons Bybel begin vertaal – hierdie grootse dinge het gebeur in ‘n verenigde Suid-Afrika.
Die strewe na Vryheid het bly lewe.
In die Kaap-provinsie is gestry om van Engeland vry te kom, en tegelykertyd het die Trekkers getrek om vry van Engeland te wees. Die stryd van Hertzog, Malan, Strijdom en Verwoerd lei ons uiteindelik na die lank gesogte verkryging van ons Vryheid, 31 Mei 1961. ‘n Verenigde Suid-Afrika, saam teen een gemeenskaplike vyand.

Tans is daar ‘n ernstige aanslag teen ons volk – om ons in twee te probeer deel: Boere en Afrikaners. Die Afrikaners van die Kaap word uitgekryt as die verraaiers, terwyl die Voortrekkers die Boere genoem word – asof hulle aan twee verskillende volke behoort.
Maar dit is verkeerd.
Die Afrikaners wat in die Kaap agtergebly het, het bly veg. En ek praat nie van die Cape Liberal Nat’s, wat saam met die Setlaars gewerk het, en aan die Britse owerhede onderdanig was nie. Hulle wou selfs ook en gekleurdes stemreg gee, daardie tyd al.
Nee, die Afrikaners aan die Kaap en die wat getrek het, het dieselfde stryd gestry. Ons moet God se hand in die Trek sien. Die Voortrekkers moes vooruitgaan, soos Josef Egipte vooruit na Egipte toe moes gaan. So is ons grondgebied, deur die werking van God, daargestel.

Ons moet onthou, met die eerste besetting van die Kaap was die Kaap Engelse grondgebied – wat ons toe weer bevry het – toe is die Kaap weer Hollands.
Met die tweede besetting het ons geveg en gestry teen Engeland, en ‘n groep mense het uiteindelik weggetrek. Die Oranje Vrystaat en die ZAR het tot stand gekom. Maar die Kaap, Natal, Oranje Vrystaat en die Transvaal is die land van die Afrikaner. So was dit ons beskore gewees om in 1961 ‘n totaal Blank Suid-Afrika, onder ‘n Afrikaner Regering te kry.

Die eerste stap om hierdie ware eenheid te vernietig, was om Dr. Verwoerd te vermoor. So het John Vorster, net soos T.F. Burgers, met sy sogenaamde hervormings beleid begin. ‘n Beleid wat die jong Republiek van Suid-Afrika “meer aanvaarbaar” vir die wêreld sou maak, en kwansuis welvaart en voorspoed vir die Afrikaner sou bring.
Net soos ‘n beginselvaste, Afrikaner Nasionalistiese regering, met Marthinus Wessel Pretorius en Paul Kruger daarin, opgevolg is deur ‘n liberale hervormings regering met T.F. Burgers. Net so het die liberale John Vorster in 1966 ‘n beginselvaste Afrikaner Nasionalistiese regering met Hendrik French Verwoerd, ‘n Albert Hertzog en ‘n Jaap Marais daarin, opgevolg.

Later het Paul Kruger, wat binne vyf jaar uit die regering gestap het, vir T.F. Burgers geopponeer en die verkiesing gewen. Net so was Albert Hertzog en Jaap Marais binne drie jaar uit Vorster se regering, en het vir John Vorster, De Klerk en PW Botha geopponeer.
T.F. Burgers het vyf jaar geneem om die Republiek aan die vyand uit te lewer, maar dit het 28 jaar geneem vir John Vorster, PW Botha en FW de Klerk om Suid-Afrika in 1994 uit te lewer.
Die vreedsame uitlewering van die Afrikaner aan sy vyande in 1994 in vergelyking met 1877 was egter diabolies. PW Botha, FW de Klerk en kie het gedurende hierdie 28 jaar, in samewerking met die Afrikanervolk se vyande, die onskuldige bloed van ons jong manne laat vloei om die volk ryp te maak vir die oorgawe van 27 April 1994.

Dit het 28 jaar geneem om Afrikaner Nasionalisme af te breek.
Waarom?
Omdat dit tydens die bewind van dr. Verwoerd ‘n hoogtepunt bereik het. As hulle ons op daardie stadium probeer uitlewer het, sou dit katastrofiese gevolge vir die vyand gehad het. Ons sou tot die stryd toegetree het as dr. Verwoerd nie vermoor was nie.
Die feit dat dit 28 jaar geneem het om die volk vreedsaam uit te lewer, is ‘n bewys dat die beleidsrigting en standpunte wat dr. Verwoerd gevolg het van die klein Afrikaner Volkie, ‘n magtige eensgesinde Nasie gemaak het.
Na die moord op dr. Verwoerd, is die volk sistematies vir 27 April 1994 voorberei.

Eers was dit die afskaffing van “klein Apartheid”, om kwansuis die welwillendheid van die buiteland en die swartes te  verwerf. Hierdeur is die deur vir die uitlewering geopen.
Vriende, ons onthou nog almal hoe daar oor die sanksies gepraat is, en oor toegewings. Die grootste oorweging, na dr. Verwoerd se moord, was die welvaart van Suid-Afrika, netsoos dit vir die burgers van die ZAR ook net oor welvaart gegaan het toe hulle vir T.F. Burgers as President gekies het.
Met die afskaffing van klein Apartheid is ook gesê dat dit die terroristiese aanslae van buite ons grense, sal verminder. So het die een toegewing op die ander gevolg. Die een verkiesing  op die ander is gehou. Die een belofte van voorspoed op die ander is aan die volk gemaak.

Ek onthou nog hoe ons gesin die hele land vol gereis het elke verkiesing van 1974 regdeur tot 1986; hoe my pa, Willie van der Grijp, orals gewaarsku het wat op ons wag. Maar die volk wou nie hoor nie.
Die aanslae het nie verminder nie, dit het toegeneem. Terrorisme op die landsgrense en selfs binnelands het ernstige afmetings aangeneem. Landmyne is op plase en teerpaaie gestel, bomme het in banke en voor staatsgeboue ontplof, ekonomiese toestande het versleg en die terroristiese oorlog is na Angola uitgebrei. Ons jong seuns is meer en meer opgeroep en na die grense gestuur waar hulle gedood en vermink is.

In Angola is SWAPO so te sê vernietig, en tog is ons verhoed om hom die finale nekslag toe te dien. Waarom?
Want die oorlog moes nie gewen word nie. Dit was net ‘n metode om die Afrikanervolk se aandag op die fisiese aanslag gevestig te hou.
Ek onthou nog goed hoe bly die matrieks was toe diensplig opgehef is, en die manne terugkom van die grens af. Ons gaan nie opgeroep word nie! Hoe bly was die moeders, want “my seun is gevrywaar daarvan”. Hoe bly was hulle om die stryd op te gee.
Ons is vreesbevange gemaak, terwyl daar op politieke gebied, by wyse van wetgewing, vrylik veranderings aangebring is, en met hul aandag gefokus op die fisiese aanslag, was die volk onbewus van die verraad wat gepleeg word. By die stembus is goedkeuring aan die uitverkopery gegee, en met verkiesing na verkiesing daarvoor gestem. Soos later deur die generaals en ou PW Botha gesê is: die oorlog was ‘n 20% militêre en 80% politieke oorlog.
Die lewens van dapper Afrikanerseuns, onskuldige vroue en kinders, baiefisies en geestelik geskend vir die res van hul lewens, is aangewend om die vyand diaboliese planne te laat slaag.

1981 het die HNP grens-setels gehad en die hele wêreld se koerante het berig dat die HNP die volgende regering van Suid-Afrika gaan wees. Toe dit in 1981 so duidelik blyk dat die HNP ‘n deurbraak maak, is politieke partye en volksbewegings deur die vyand gestig om aan die regterkant die verdeling so groot te maak, dat hulle aan bewind sal kan bly en so, ongestuit, met hul bose planne kan voortgaan.
Hierna het die sanksies gevolg, is daar met onderhandelings begin, en swart terroriste uit die gevangenis vrygelaat. Kommunistiese bewegings is ontban, en die begogelde Referendum van ’94 gehou.

So kan ons aangaan en alles uitwys. Die HNP se voorstel van ‘n Blanke Volksfront, wat De Klerk moes dwing om ‘n Blanke verkiesing te hou, is deur die mense aangegryp. Oom Jaap Marais het dit belangrik geag dat die woord Blanke in plek van Afrikaner gebruik moes word, want die Blanke in sy totaliteit word bedreig.
Maar die Front word deur De Klerk gekaap en met behulp van Dries Bruwer en Piet Gouws (voormalige presidente van die TLU en VLU), kom die sg. Afrikaner Volksfront onder leiding van Constant Viljoen en Ferdie Hartzenberg tot stand. Oom Jaap Marais distansieer hom van hierdie ‘Afrikaner’ Volksfront.

Regse Afrikanermans word daarop op ‘n selfmoord sending na Baputhatswana gestuur. ‘n Lokval word vir hulle gestel, om die indruk te skep dat die Afrikanervolk nie die vermoë besit om vir De Klerk te stuit met geweld wanneer hy ons uitlewer nie.
Net soos Wolmarans met sy 400 man, deur Burgers en sy knoeiers, in 1877, oortuig is dat die wapen nie die oplossing is nie, en status Quo aanvaar moes word, netso het De Klerk en sy knoeiers eers drie dapper manne van die BKA, wat gereed was om met wapengeweld vir die behoud van ons vryheid te veg, in Boputhatswana laat vermoor, om ons volk te verneder en te oortuig dat regse wapengeweld en opstand nie sal slaag nie.
Só ver was FW de Klerk en Constant Viljoen hulle met hul planne, dat hulle die jongmanne van die BKA voor vooraf-opgestelde kameras laat skiet en vermink het. So is status Quo aanvaar en ons in 1994 vreedsaam aan ons vyande uitgelewer.

Vriende, ons kan sonder aarseling sêa: met manne soos Paul Kruger, Hendrik Verwoerd en Jaap Marais aan die stuur, sou die twee Republieke in 1877 nie sonder wapengeweld onder vreemde oorheersing geval het nie. Daarom kan ons ook weet dat dit volksverraaiers was wat aan die stuur was elke keer wat ons die vryheid verloor het.
Dis ‘n baie lang stuk wat ek voorberei het, ek sal probeer om dit te verkort.
U moet besef: met ’94 se oorgawe het John Vorster, PW Botha en De Klerk die hulp gehad van manne soos onder andere Ferdie Hartzenberg en Constant Viljoen. Hulle het met ‘n regse beeld eers binne die NP-regering en later as opposisie daarvan, gesorg dat die uitverkoping en vernedering slaag. Die taktiek is uitgebrei en met eenheid-beloftes deur Jurg Prinsloo en later ook Dan Roodt, het die HNP ook in die slagyster getrap. Ons ken daardie geskiedenis.

In beide 1877 en 1994, het die Afrikanervolk sy vryheid verloor deur verraad uit eie geledere. In beide gevalle is na die oorname deur verloopte politieke-, kultuur- en geestelike leiers aan die verslae, vernederde Volk gesê:
– Wapen geweld is nie ‘n opsie nie, julle sal nooit teen die oormag kan volhou nie, julle het nie moderne wapens nie, moenie dink dat die helde en grootpraters in vredestyd ook helde in oorlogstyd is nie;
– Ons kan niemand vertrou nie, moenie teen die owerhede veg nie; (Ironies: die výand vertel vir ons dat ons niemand kan vertrou nie.)
– Sit stil, verootmoedig julle voor die Skepper, laat Hy vir julle stry;
– Julle het nie ‘n hoof nie, nie eens ‘n leier nie. (‘n Refrein in vandag se tyd.)
– Ons moet eenheid kry, en dié eenheid moet binne die VF+ wees.

Julle moet oplet hoe Afriforum, Solidariteit en ander groepe praat van die Afrikaner se parlementêre verteenwoordigers – die Vryheids Front Plus. Vanuit hierdie sogenaamde regse Afrikaner organisasies word die oproep gedoen: Groenewald moet vir ons praat, Groenewald moet vir ons beding, Groenewald moet dit en dat vir ons doen. Daar word gepraat van eenheid binne die VF+. Hulle veg glo vir ons ‘minderheidsregte’. Alles binne die onwettige bestel.
Vriende, ons weet teen die tyd wat T.F. Burgers die ZAR uitgelewer het, was Paul Kruger en sy Party reeds buite die bestel. Toe De Klerk in 1994 die Republiek van Suid-Afrika uitlewer, was Jaap Marais en sy Party ook reeds buite die bestel. Ons durf nie weer terug gaan in die bestel in nie.

Maar wat lê vir ons voor in hierdie land?
Stryd. Die stryd om die suiwer beginsels van Christelike Afrikaner Nasionalisme. Dít is die enigste wapen vir die oorlewing van ons volk.
Paul Kruger en Jaap Marais het daarby volstaan en so volstaan die ANB steeds daarby. Net soos Paul Kruger uitgegaan het en die volk gaan oproep het tot die stryd, moet ons ook uitgaan na ons verslae en verstrooide volk.
As die wat werklik uit oortuiging bymekaar hoort, bymekaar kom, sal die vlam van Christen-Afrikanernasionalisme al hoër brand . Dan sal hierdie funksies in groter getalle bygewoon word, weer beplannings gedoen kan word, ‘n leier gekies kan word, en op die ou einde, weer Vryheid vir ons volk aanbreek.

Maar, vriende, ons moet ernstig daarop let om nie weer in ‘n slagyster te trap nie. Om ‘n verraaier in u midde toe te laat, is om selfmoord te pleeg.
Die verraaiers en uitverkopers van ons volk sal buite gehou moet word. Daardie ‘leiers’ en uitverkopers wat aktief betrokke was in die verleiding en uitlewering van ons volk, is reeds geïdentifiseer. Nou moet ons hulle aan ons mense bekend maak. Niemand van ons kan slaplê nie, elkeen moet wagstaan teen die verraaiers. En waar een van daardie uitverkopings-leiers ook al betrokke mag wees in ‘n organisasie, moet ons ook besef dat ons buite daardie organisasie moet bly, want dis weer ‘n slagyster.
Om te dink ‘n man wat in jou kerk gesit het, ‘n man wat saam met jou gebid het in ‘n erediens, wat saam met jou Psalms gesing het, wat saam met jou op feesdae gestaan het, wat saam gestry en geveg het en soos jy aangetrek het, het jou uitgelewer aan ‘n antichristelike kommunistiese bestel…
Hoe durf ons ooit weer daardie tipe manne in ‘n organisasie vertrou?
Laat ons dan nou van hier af uitgaan, laat ons ons organisasie gaan uitbou, die boodskap aan ons mense gaan bring.
Lewe die Boer.
Ek dank u.

ANB Jeug “Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly”

Op 11 Februarie 2023 hou die Afrikaner Nasionalistiese Beweging sy eerste hoofbestuur vergadering vir die jaar te Pretoria, Innisdal.

Die vergadering, gelei deur Mnr. Carel van der Grijp, nuut gekose voorsitter van die ANB, het gefokus op die bou van die organisasie tot ‘n aktiewe beweging vir ons Christelike Nasionalistiese toekoms in Suid-Afrika!

Dit is dus gepas dat ‘n groep lewendige jongmense (lede en ook hoofbestuurslede van die ANB), gereedstaan om die toekoms aan te pak met moed en hoop vir die groei van Afrikaner Nasionalisme en die uitbou van die ANB.

Van links agter: Christo van der Grijp, Dirk Joubert, Roelf Martins, Hannes de Villiers
Van links voor: Frans Vorster, Meliné Roux, Lisa Vorster, Rencia Vorster, Magdha van der Grijp.

anb-jeug-beste

Jaap Marais 100, Gedenklesing

Deur Koos Venter op Saterdag 12 November 2022 tydens ANB Jaarvergadering

jaap-marais-822x675-2014217340

Oom Jaap Marais sou vanjaar, 2 November, 100 jaar oud geword het. Die meeste van ons vandag hier teenwoordig het oom Jaap geken en saam met hom gewerk.
Ons kan tot vanaand donker praat oor al sy goeie hoedanighede en sy stryd. Maar ek wil graag ‘n vinnige oorsig gee oor ‘n paar aspekte van sy lewe as volksleier. Dan wil ek graag die volgende vraag beantwoord: “Hoe gebruik ons Jaap Marais se nalatenskap vir die toekoms? Wat is dié merkwaardige volksman se boodskap aan die jonger mense?”

Een van die groot voordele van Oom Jaap se aanslag as leier was sy werk as skrywer. Ons gebruik almal vandag nog sy toesprake en gesegdes. Ongelukkig het hierdie feit ook sy nadele gehad, want baie van sy volgelinge was so afhanlik van sy dink- en skryfwerk, dat hulle nooit geleer het om self onafhanklik te dink en sake te ontleed nie.
As voorbeeld kan ek noem wat destyds in die binnekring van die HNP gebeur het enkele maande na sy dood. Toe ons by die party se Beplanningskomitee-vergaderings hier teen einde Januarie 2001 begin bespreek wat die kongres-tema van daardie jaar moet wees, sit die manne wat al die jare saam met Oom Jaap gewerk het vir mekaar en kyk. Hulle het nie geweet waaroor ons moet praat nie, want Oom Jaap het altyd so sterk gelei, dat hulle gewoonlik gesit en wag het dat hy ‘n voorstel maak. Dan sê almal dis reg, ons maak so.
Dít is die gevaar van so ‘n sterk leier – op die ou einde kry mens ‘n klomp ja-broers rondom hom wat nie krities kan dink nie. Na Oom Jaap se dood het hulle vinnig saam met die nuwe leier die pad byster geraak, want hulle het nie die moed van hul oortuiging gehad om dié nuwe leier teen te staan toe hy koers verloor nie.

Ek wil dus graag hê dat ons moet leer om soos ‘n Jaap Marais te dink en te ontleed, sodat die volgende geslag kan weet hoe om die leiding te neem. Dit is eenvoudig as jy die beginsels verstaan en die kennis het.

Party mense het op Oom Jaap se begrafnis gesê dat hy die beste Eerste Minister was wat Suid-Afrika nooit gehad het nie. Ander het hom ‘n profeet genoem. Ons het hom geken as ‘n visioenêre en beginselvaste leier. Maar bitter min mense besef die konteks van Oom Jaap se lewestaak in die geskiedenis van die Afrikanervolk.
Besef ons dat as Jaap Marais ná 1977, toe hy leier van die HNP geword het, nie dáár was nie – as hy soos ander voor en na hom ook onder druk gevou het – sou 27 April 1994 waarskynlik al iewers in die 1980’s gebeur het?

Hierdie is nie ‘n wilde, ongegronde stelling nie. PW Botha en sy makkers het die grondwet waarmee hulle die Indiërs en Kleurlinge deel van die regering gemaak het, alreeds tien jaar vroeër geskryf en in 1984 (ná die referendum van 1983), geïmplimenteer. Die leierskap en optrede van net een man wat sy party geïnspireer het en – selfs nadat hulle sy party probeer vernietig het met die stigting van die KP – steeds by die suiwer beginsels van Afrikanernasionalisme vasgestaan het, het die oorgawe vertraag.

Ons ken mos ook die latere geskiedenis. Ons weet hoe oom Jaap se eie voorstel gevat en omgedop is, en ‘n valse “Afrikaner Volksfront” gestig is om uiteindelik vir Constand Viljoen en “Die Generaals” in te bring, sodat die volk by die 1994 se verkiesing moet uitkom. Ons ken die rol wat oom Jaap daar gespeel het. Weereens was dit een man wat vasgestaan het en die bedrog in “regse” geledere stuk vir stuk ontbloot het.
Ek weet nie hoeveel van julle dit geweet het nie, maar daar was mense wat in die HNP se Dagbestuur gesit het – onder andere manne soos Koos Hough en Danie Varkevisser – wat oom Jaap kwalik geneem het oor sy standpunt en optrede teen die Afrikaner Volksfront. Hulle wou hê die HNP moes deel word van die Volksfront.
Oom Jaap het egter gesê: “Ek ruik rot. Hier is moeilikheid”.
Hy het vrae gehad oor die “Generaals” en ander bedenklike karakters wat skielik deel van die ”regse” stryd geword het. Omdat hy die kennis gehad het, kon hy die regte besluite neem. Een man se optrede in daardie era het waarskynlik ‘n verskil gemaak wat later in ons geskiedenis deurslaggewend gaan wees, want die volgende geslag sal ontdek dat daar wel ‘n alternatief was!

Oom Jaap verdien al die goeie dinge wat oor hom gesê word. Maar hy het ‘n baie eenvoudige resep gehad. Die kern van hierdie resep is die suiwer beginsels van nasionalisme.

As ons elkeen ons eie familiegeskiedenis gaan bestudeer, verstaan ons baie keer nie ons oupagrootjies nie en oordeel ons dalk maklik. Maar mens moet altyd die saak oordink binne konteks van die tydperk in die geskiedenis waartydens hulle geleef het.
Die eerste geslag na die Tweede Vryheidsoorlog het gewroeg met sekere dinge, veral met die dood van geliefdes en die verwoesting van alles wat met harde werk opgebou is. Hulle het beslis ook gewroeg oor die regverdigheid van God. Dis ‘n logiese menslike emosie.
Daardie geslag het geloofsvrae gehad. Ons besef dit nie aldag nie, want dis nie noodwendig so deur die geskiedskrywers opgeteken nie.

Maar dink uself in – jy is ‘n Godvresende persoon wat volgens jou geloofsoortuigings probeer lewe. Jy is ‘n boer met sewe kinders. Dan word jy deur die aggressie en gierigheid van ‘n wêreldmoondheid gedwing om oorlog te maak om jou land en volk se reg te verdedig. Ná die oorlog kom jy uit krygsgevangeskap terug vanaf St. Helena of Ceylon en hier is niks oor nie. Nie ‘n vrou wat op jou wag nie. Sy en jou kinders is almal dood.
Of dink aan die lot van die Boervrouens en hul ontberigs in die konsentrasiekampe. Sommige het net ‘n paar kinders verloor. Sommige het al hul kinders verloor. Baie se mans is op die slagveld oorlede. Dan was daar nog die onnoembare optredes van die Engelse soldate en die Joiners in die kampe! Dink aan die emosies van daardie mense in die dekades ná die oorlog, asook die effek wat dit op die geslag direk na hulle gehad het.

Ons is almal mense, maar ons het nie altyd die kennis om perspektief oor daardie geslagte van ons volk se werklikhede te kry nie. Die hartseer en rou moes iets aan ons voorouers gedoen het en tog het hulle nie die pad van humanisme – soos so baie mense vandag – gekies nie. Bittemin van hulle het hul geloof verloor of God begin verloën, soos ons deesdae gereeld onder Afrikaners sien gebeur.
Hulle het eerder gekies om die dankbaarheidspad van Habakuk te bewandel. Die pad wat so beskryf word in Habakuk 3: 17-19, wat so lui: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil. Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes.”

Oom Jaap Marais is gebore in 1922 as deel van daardie besondere eerste geslag na die Tweede Vryheidsoorlog. Sy pa was op St. Helena. Hy was lid van die Vryburg-kommando wat ongelukkig gedwing is om saam met genl. Piet Cronje oor te gee, hoewel dit teen sy eie wil was.
Oom Jaap se ma was in die konsentrasiekamp op Klerksdorp. Hy was dus deel van ‘n geslag Afrikaners wat nog direk kontak gehad met mense wat eerstehands die oorlog beleef het. Sy pa kon nog vir hom presies vertel wat gebeur het op die slagveld en sy ma kon vir hom presies vertel hoe dit was in ‘n konsentrasiekamp.

In plaas van om, soos baie ander gesinne, uit nood stede toe te trek, het oom Jaap se ouers op die plaas gebly en voor begin. Die voordeel daarvan vir oom Jaap was dat hy sonder blootstelling aan al die buite invloede, in ‘n nasionalistiese huis groot geword het.
Soos dit maar altyd gaan met ‘n volk as dit te goed met hom gaan, het ons as Afrikaners later jare begin dink dis ons reg om universiteit toe te gaan. Oom Jaap was nooit op universiteit nie. Hy het gaan werk en buitemuurs gestudeer. Hy het eers ‘n diploma verwerf en later ‘n B.A. graad met – onder andere – regsvakke, gedoen. As jongman het hy by verskeie instansies gewerk as sekretaris. Hy was baie goed met administrasie, wat waarskynlik die grondslag gelê het vir sy vermoëns as aktiewe skrywer in sy latere lewe.

Ek het die besonderse voorreg gehad om vir amper agt jaar aan die voete van Jaap Marais te leer. Ek was ook nie universiteit toe nie, en het op eie koste na-uurs by die destydse Technikon RSA gestudeer. Maar in die tyd wat ek saam met Oom Jaap gewerk het, het ek waarskynlik genoeg kennis en ervaring opgedoen om ‘n hele paar grade te verwerf in onderwerpe soos politieke wetenskap, internasionale politiek, geskiedenis, genetika, sosiologie, letterkunde en die Afrikaanse taal. Dit wat ek by oom Jaap geleer het, was meer werd as enige kursus wat hierdie onderwerpe op universiteit aanbied.
As jy gaan kyk waar die liberale joernaliste beland wat politieke wetenskap of internasionale politiek bestudeer… die meeste van hulle word “handperde van die kommuniste”, soos Jaap Marais sou sê. Maar by hom kon ‘n mens koers en perspektief kry. Daar was nie ‘n beter leermeester as hy nie.

Ek het die voorreg gehad om ‘n paar keer saam met hom te werk in sy studeerkamer. Hy het ‘n groot L-vormige studeerkamer gehad met ‘n baie waardevolle boekversameling. Dit kon rofweg in drie kategorië opgedeel word – Afrikaanse en Engelse letterkunde, politiek en geskiedenis en dan ook ‘n persoonlike lessenaar, waar hy onder andere sy literatuur oor onderwerpe soos genetika, honde, perde ens. aangehou het.
Dit was by sy politieke lessenaar waar hy die meeste tyd deurgebring het. Daar, omring deur sy politieke- en geskiedenis boeke het hy sy aktuele politieke skryfwerk en korrespondensie gedoen.
Almal van ons weet hoe kon hy sy politieke opponente of openbare figure soos Wimpie de Klerk, Willie Esterhuyzen, Frits Kok of ds. Henno Cronje van die ATKV pakslae gee as hy hulle deur middel van sy korrespondensie aangevat het oor hul verraderlike optrede teen die Afrikanervolk.

Die letterkunde was een van sy groot belangstellings en stokperdjies, maar hy kon dit soms ook vermeng met sy politieke oortuigings of skryfwerk. Soos sy voorliefde vir die werke van Langenhoven en NP van Wyk Louw. Hiervoor het hy gewoonlik sy lessenaar in die letterkunde-afdeling van sy studeerkamer gebruik.
Dan was daar die lessenaar by die boekrakke vol boeke wat die temas van sy stokperdjies behandel het. Die grootste daarvan was sy liefde vir diere en sy belangsteling in die genetika. Vroeër jare was hy baie bekend as budgie-boer, wat by verskeie skoue pryse gewen het met die voëls wat hy geteel het.

Ek onthou nog goed hoe iemand eendag in die Mail&Guardian koerant ‘n aanval gemaak het op Boerboel honde. Oom Jaap het gaan sit en vir daardie persoon ‘n deeglike brief geskryf oor die geskiedenis van dié honderas. Hoedat mense as gevolg van gierigheid die Boerboele verkeerd begin teel het. Hy het onomwonde verklaar dat ‘n opreg-geteelde Boerboel byvoorbeeld nooit ‘n kind sal byt nie.
Hy het perde ook besonder goed geken. Sy broer oom Joppie, het renperde geteel in die Noord-Kaap. Kobus van Tonder, Oom Jaap se privaat-sekretaris, het een keer vir ons vertel dat Oom Jaap, wanneer hy by sy broer gekuier het, die perde bestudeer het. Op ‘n dag stap hy deur die stal en sê aan Oom Joppie dat hy ‘n spesifieke merrie en ‘n hings wat hy ook aangewys het, bymekaar moet bring. Oom Joppie het aanvanklik gelag en geprotesteer, maar later wel sy broer se raad gevolg. Die resultaat was ‘n kampioen perd wat groot sukses op die renbane behaal het.

Ek wil net gou vinnig aanbeweeg na die nag van Oom Jaap se dood in Augustus 2000.
Toe die ambulans hom kom haal, nadat hy in die badkamer in duie gestort het, het hulle probeer om vir hom ‘n suurstof-masker op sy gesig te sit. Hy het dit egter afgeruk met die woorde: “Los my uit”! Ek is tot vandag toe oortuig dat hy wou sterf. Hy het geweet sy einde het aangebreek en dat sy taak is volbring is.
Bertus Radford het agterna eendag vir my ‘n video gewys van een van oom Jaap se laaste toesprake, waarin hy ons weer gewaarsku het teen die stryd wat kom – dat daar weer ‘n aanslag gaan wees op die HNP. Hy was nie die tipe mens wat nie kans gesien het vir wat kom nie, maar dit is hom gespaar om met sy vriend Willie Marais te baklei.
As mees aktiewe skrywer van sy tyd, was sy taak volbring.

Die boodskap aan jong Afrikaners van vandag is: Alles wat jy nodig het vir die toekomstige stryd, het Jaap Marais vir jou opgeteken.
Daar is onder andere die boekie “Afrikanernasionalisme en die Nuwe Suid-Afrika” (nou ook beskikbaar in PDF formaat), en dan is daar ook die twee boekies wat Willie Bienedell uitgegee het, wat van oom Jaap se belangrikste geskrifte en uittreksels uit toesprake bevat.
Oom Jaap het ook vir ons die feite van die NP se geskiedenis in sy boek “Era van Verwoerd” opgeteken. Daardie boek is goud werd, en ons gaan dit nog terdeë in die toekoms besef.
Daar is vandag by die moderne Afrikaner ‘n dringende soeke na die waarheid. Daar is so baie mense onder ons wat rondkyk en te midde van die mislukkings van die ANC/SAKP/Cosatu-regime vra: “Hoe het ons in hierdie situasie beland?” Die geskrifte van Jaap Marais het die antwoord. Dit moet net by die soekendes uitkom.

Nadat Jaap Marais se taak volbring was, het almal gesê: “Wat nou? Wat gaan ons nou doen?” En dis een van die vrae wat ons as ANB nou die meeste kry.
Die mense vra aan ons: “Wat doen julle? Julle doen niks nie, julle is net daar.” Maar dis reg, op hierdie stadium beset en beskerm ons die basis van Afrikanernasionalisme. En dis die belangrikste. Ons het tot ons beskiking elke stukkie ammunisie wat ons nodig het. Ek glo vas dat mense gaan terugdraai en gaan soek vir die antwoorde.

Die jonger generasie in hul twintigs, vra soms vandag waarom ons nie meer baklei het teen die oorgawe nie. Of waarom het ons dit toegelaat? Ons het die taak om aan hule te verduidelik hoe die verraad gewerk het. Wat die invloed van die media was.
So baie mense is deur TV en ander vorms van die media beïnvloed. Noudat daardie mense se vriende en familie vermoor word, hul kinders nie werk kry nie en die oumense alleen sit, want hulle kinders het oorsee gevlug… nou wonder hulle: Maar hoe het dit dan gebeur? Ons het die antwoord vir daardie mense. Hulle het dit misgeloop want hulle was deel van die misleide massas wat die lekker dinge in die lewe nagejaag het in die era toe Afrikanernasionalisme hulle die nodigste gehad het.
Die belangrikheid vir ons jongmense is dat hulle hierdie skat van antwoorde tot hulle beskikking het en hulle het die beginsels van Afrikanernasionalisme. Hierdie twee dinge moet saamloop sodat hulle uiteindelik die volk sal kan lei in die toekoms.

Oom Jaap het teen die einde van sy lewe aanhou waarsku dat die huidige kommunistiese stelsel onder ANC-beheer in duie gaan stort. Veral op derde vlak regering. In die nasionale parlement sit politici wat net praat en wette maak. Maar dié wat die dienste op derdevlak regering moet lewer – die munisipaliteite – dit is hulle wat die stelsel in duie gaan laat stort. En nou sien ons dit gebeur.
Ons moes die afgelope week hoor daar is nie ‘n enkele strand in Natal wat die “blou vlag” status kon kry nie. Met ander woorde, niemand gaan meer in Natal kan vakansie hou nie, want rou riool spoel in die see in wat mense kan siek maak. Orals om ons val alles uitmekaar. Hoe lank kan dit nog so aangaan?
Dít is waarteen oom Jaap gewaarsku het.

Maar hy het ook gewaarsku teen die planne van die spioenasie- en intelligensiedienste. Kyk ons vandag – 18 jaar na die skeuring van die HNP in 2004 – na die koers van Afrikaners se politieke denke en die alternatiewe wat slegs konsentreer op “minderheidsregte”, sien ons waarom die HNP vernietig moes word onder Willie Marias. Ons sien die rol van die sogenaamde vegters van “minderheidsregte”.
Gaan kyk bietjie na die HNP se pasgestigde YouTube kanaal. Gaan luister bietjie na die laaste twee toesprake van Oom Jaap in 2000. Hy het weer gewaarsku en gesê hier kom weer ‘n aanslag op die HNP.

Terwyl ons in die stryd was, het ons dit nie besef nie, maar agterna kan mens nou duidelik sien hoe die aanslag en uiteindelike skeuring van die HNP beplan was. Met die hulp van die intelligensiedienste is Willie Marais ge-“lobby”. Hy was ‘n man met ‘n baie groot ego en die intelligensiedienste het daarop gefokus. Hulle agente het vir hom vertel dat hy as ‘n groot leier onthou sal word as hy “eenheid” vir Afrikaners sou bring. Maar hy het nie genoeg kennis en insig gehad om te besef teen watter prys – die vernietiging van die beginsels van Afrikanernasionalisme – hierdie “eenheid” sou gepaard gaan nie.

Die HNP was in 2004 weereens ‘n bedreiging vir die magte agter die skerms. Daar het ‘n miljoen mense daardie jaar nie gaan stem nie en die HNP, met sy “Kies reg, Bly Weg!”-veldtog, was die enigste party wat Blankes gevra het om nie deel van die stelsel te word nie. Die vyand van Afrikanernasionalisme se probleem was juis dat die HNP op die beginsels van Afrikanernasionalisme gestaan het en dat hierdie beginsels weer vir Afrikaners aantreklik begin word het.
Daarom moes die party finaal vernietig word, sodat dit in die denkraamwerk van Afrikaners vervang kon word met die humanistiese “menseregte” en die polities-korrekte idee van “minderheidsregte”.

Soos voorheen, is hierdie beginsels op alle vlakke vir Afrikaners gevoer. Kyk maar hoe gaan dit deesdae in die ‘lekker kerke’. Alles draai om die mens, die enkeling. Nie om die groep of die volk nie. Hulle hele boodskap is dat die lewe oor jou gaan. En dis verkeerd, want die mens is op aarde gestel om God te verheerlik, nie om homself te plesier of te bevoordeel nie. Dié ‘kerke’ vertel vir jou wat kan hulle vir jou, as mens, doen. Sê net “Ja vir Jesus!” en gooi ‘n paar randjies in die kollekteblik, dan gaan al hierdie goeie dinge met jou gebeur. Dít is ongelukkig die dwaalleer waaragter so baie Afrikaners deesdae aanhardloop.

Deur die jare is die Afrikaners voorberei op hierdie humanistiese uitkyk op die lewe, waarteen Oom Jaap  ons aanhou waarsku het. Die boekie, ‘Afrikanernasionalisme en die nuwe Suid-Afrika’, is goud werd. Gaan lees bietjie wat Oom Jaap hierin sê oor menseregte en volkeregte.

Só het die 2004 aanslag dan gekom om die pad voor te berei vir die ridders van “Burgerregte” en “Minderheidsregte”, wat die beginsels van nasionalsime versaak. Nou sê die mense vir ons as ANB: “Wat doen julle? Hierdie nuwe organisasies vat darem die regering aan in die hof!” Maar dis al wat hulle doen. Hulle hardloop hof toe met alles en uiteindelik verander niks, behalwe die geldkoffers van die regspraktisyns.
Die liberale media en politici het voor 1994 vir ons gesê: “Ten minste gaan ons ‘n regstaat hê. Die grondwet gaan ons beskerm, so die ANC gaan nie ons land kan omkeer nie.” Wat baat hierdie klug oor ‘n “regstaat” ons vandag, na byna 30 jaar van ANC-tirranie? ‘n Korrupte terroris en bedrieër soos Jacob Zuma word al vir meer as 20 jaar aangekla in die howe.  Van die 1996 wapenskandaal af. Hy was ‘n paar dae in die tronk, en toe brand hulle Natal af. Is dit ‘n reg-staat? Wat beteken die hof vir Suid-Afrika vandag?

Jaap Marais het die beginsels vir ons vasgemaak, en neergepen. Hy het die geskiedenis vir ons in perspektief gestel. Ons kan met trots vandag die leuens uitwys oor die tyd van dr. Verwoerd. Hy het vir ons die voorbeeld gestel van die Bittereinders van die oorlog.

En nou kom ons by die belangrike ding: die boodskap aan die jongmense. Ons weet almal oom Jaap het gewaarsku dat die stelsel in duie sal stort. Maar daar is ‘n ander kant – die mens se psige.
Ons is nie almal net fisies ingestel nie. Ons weet dat die grootste skade wat aan die Afrikanervolk gedoen is, is aan sy psige. Ons het ons selfrespek verloor. Terwyl oom Jaap gewaarsku het dat ons, onsself fisies moet voorberei, het hy ook gesê: Die eerste stap is om ons volk se selfrespek te herstel. Hoe doen mens dit?
Kom ons begin weer by die vraag:  Wie is ons?

Ons moet gaan kyk wie is die Afrikanervolk. Ons is ‘n sekere ras, praat ‘n sekere taal, het ‘n sekere kultuur. Op elkeen van die drie dinge is daar vandag ‘n aanslag.
Daar kan nie in vandag se tyd ‘n groter sonde wees as om ‘n rassis te wees nie, jy kan ‘n ou allerhande goed noem, moet net nie sê hy is ‘n rassis nie. Maar Nasionalisme vereis dat jy nie skaam mag wees oor wie jy is nie. Jy het die reg om trots te wees op jou herkoms, wat jou ras insluit!

Ons moet ons taal en kultuur en geskiedenis aktief beskerm en trots wees daarop.
Een van die eerste dinge wat oom Jaap na die 1994-bewindsoorname gedoen het, was om die GHA te laat herleef. Ons weet dit is nou gekaap en in ander hande, maar Oom Jaap het die visie gehad om te sê die taal is deel van die kultuur, ‘n kern-belangrike punt. Taal-suiwerheid, asook die handhawing en uitbou van ons taal is deel van ons stryd. Die taal- en kultuurstryd moet deel van ons stryd bly.
Hoeveel keer het Oom Jaap nie op ons kultuur, en ons heldedom gehamer nie. Ons moet vir die jong Afrikaner iets gee om werklik op trots te wees.
Ek sê altyd vir my kinders, hierdie klein volkie wat die Britte aangevat het, wat amper dood was, word binne 50 jaar die volk wat die eerste hartoorplanting doen. Die eerste volk wat olie maak uit steenkool. Ek het nou onlangs gelees ons is die volk met die meeste geregistreerde patente in die wêreld! Ons bou die eerste Rooivalk helikopter, ons bou wapens vir onsself, ons pak die Grensoorlog aan. Ons het ontsaglik baie om op trots te wees as Afrikaners.

In die tweede plek moet ons vir die toekomstige Afrikaner leer dat ons die inboorling van Afrika niks skuld nie. Absoluut niks. Om die waarheid te sê, hy is in skuld by ons. Dit het Jaap Marais ook alles vir ons opgeteken in die boek Die Era van Verwoerd.
Daar is ‘n vreeslike aanslag op ons. Ek is nie ‘n TV-kyker nie, maar ek hou sekere gebeurlikhede dop, en lees in die koerant daarvan.
Afrikaners kan nie meer SABCTV kyk nie. Maar gaan kyk hoe lyk die alternatief, wat toevallig deur dieselfde vyand in mediakringe opgedis word wat ons volk in die dekades na die dood van Verwoerd deur hul koerante en tydskryfte gebreinspoel het. KykNet se programme is gif vir die volk. Byna elke program promoveer verhoudings oor die kleurgrens en die Afrikaner word wysgemaak dat hy en die Kleurling eintlik maar een volk is, want daar is ‘n gedeelde taal betrokke.

Hoeveel jong Afrikaners is nog in die Afrikaanse kerke? Hulle is almal agter die sportmanne en die filmsterre aan na die Makro-kerke toe, waar dit gaan oor die individu, en hulle god eintlik hulle maatjie of handlanger is. Ek was nou onlangs by ‘n funksie waar ek nie kon glo wat ek hoor nie. Toe die “geestelike” wat die funksie open ‘n gebed moes doen, word God sommer as “jy en jou” aangespreek. Dis so ‘n ‘lekker’ godsdiens, ons gebruik hom net so nou en dan as ons hom nodig het. Dis nog ‘n faset van die aanslag op ons kultuur, wat saam met ons Godsdiens loop.
Destyds het oom Jaap ‘n onderhoud gehad waar hy gepraat het oor John Vorster, en daarin het hy uitgewys hoe die verval in moraliteit wat John Vorster gebring het, ook die kerk laat swaai het.

Het u opgelet hoe, vandat die film- en sportsterre hulself begin tatoeëer het, dit toegeneem het onder ons eie mense? Weereens omdat hulle nie die kennis het nie, loop hulle agter die sterre aan. Die neusringe, en oordoende oorringe is alles deel van ‘n heidense kultuur. Dit gaan saam met ‘n sekere godsdiens, en dit alles het hiernatoe oorgespoel. Selfs die wegbeweeg van familiename af, is deel van die aanslag op ons volk. Nou hoor mens die belaglikste name saam met ‘n Boere-van.
Al hierdie dinge wat ek noem is deel van die aanslag op die Afrikaner se selfrespek. Dit vervreem hom van sy geskiedenis en sy heldedom.

Tog is daar tekens van ‘n sekere groep Afrikaners wat vrae vra oor hierdie goed. Daar is ‘n duidelike hunkering na ‘n eie identiteit onder jong Afrikaners. Kyk hoeveel jongmanne groei deesdae baarde – dit is ‘n soeke na identiteit. Dit ‘n teruggryp na die heldedom van die Vryheidsoorloë!
30 Jaar terug het ons die Uniewinkels gehad, en toe het ons khaki-klere en safari-pakke gedra. Uniewinkels was onder beheer van Afrikaners. Toe het die Geldmag gekom met nuwe modes en dinge, en Uniewinkels uitgestoot. Kyk maar hoe ‘n groot groep manne is deesdae weer trots daarop om khaki te dra. Ek glo dit is ‘n teken van die jong Afrikaner se soeke na identiteit.

Oom Jaap het op ‘n stadium gesê ons moet soos die Hollanders en Duitsers maak, en in die kroeë liedjies begin saamsing wat die volksiel aangryp, en wat ‘n nasionalistiese gevoel opwek. Daar was toe van die mense wat oom Jaap snaaks aangekyk het, en gesê het: “Wat soek ‘n Afrikaner in ‘n kroeg”. Maar die feit van die saak is, hulle is daar, die jong mense op die platteland is daar.
En ons kan nie oordeel nie, hulle is die geslag wat mislei is. Natuurlik moet hy nie as hy 50 of 60 is nogsteeds in die kroeg sit nie, jy moet hom daar gaan uithaal. Hy is daar vir ‘n rede, hy is daar omdat dit deel van die valse kultuur geword het.
Gaan kyk na sosiale media, sowel as die hoofstroom media. Lees die kommentare van mense. Die deursnee Afrikaner is moedeloos en hopeloos, en het nie ‘n idee hoe hy hier gekom het nie. Want Mandela was dan nou so ‘n goeie mens gewees. En ons moet mekaar dan nou liefhê en so aan. Hiérdie mense is ryp vir ons boodskap.

Ek wil afsluit met hierdie laaste gedagte.
Ek het nou onlangs ‘n video raak geloop van ‘n jong Jaap Marais wat ‘n onderhoud met Assosiated  Press gevoer het, net na die skeuring uit die NP uit in 1970.
Die onderhoudvoerder vra vir hom oor John Vorster en oor “One Man, One Vote”. Dan vra hy vir oom Jaap of dit nou regtig saak maak as daar drie Maori’s saam met die Springbokke speel. Waarop oom Jaap antwoord: “Maar uiteindelik is daar sewe, en later kom die hele span. Dan moet mens hulle in ‘n hotel onthaal, jy moet vir hulle ‘n onthaal reël waar daar gedans word en sosiaal verkeer word. Ons ken die storie.”
En toe sê oom Jaap ‘n interessante ding, in 1970. Hy sê: “‘One Man, One Vote’ will lead to the complete destruction of South African society.”
As jy nou ooit ‘n profetiese uitspraak wou gehad het, hier is hy. Dit het hy reeds in 1970 vir Assosiated Press gesê. Hier sit ons in 2022 vandag en ons ‘society’ is totaal vernietig.

In 1998 moes ek ‘n profiel artikel oor oom Jaap doen vir Die Afrikaner en het ek vir hom gaan kuier. Ek vra toe aan hom: “Die mense sê u is ‘n profeet, hoe doen u dit?”
En hy antwoord: “Ek is nie ‘n profeet nie en ek is nie iemand wat goed uit die lug uit gryp nie. Ek projekteer sekere gebeure en die optrede van sekere mense. Daarvoor moet mens die kennis hê.”
Hy gee toe vir my hierdie voorbeeld: “As jy weet wie ‘n kommunis is, wat hy doen en wat hy wil bereik, gaan jy hom raaksien in die samelewing. Dan gaan jy hom kan dophou en, omdat sy denke in ‘n sekere formaat geprogrameer is, sal jy maklik sy doen en late kan voorspel.”

Joe Slovo se vrou was die eerste president van die Landbank na 1994. Sy is ‘n kommunis. Oom Jaap het gesê sy gaan die Landbank vernietig, want sy gaan die kommunistiese beleid daar in bring. Waar is die Landbank vandag?
Volgens Oom Jaap se toerie van projeksie was dit maklik om haar mislukking by die Landbank te voorspel, want sy sou nie anders kon as om haar sosialistiese beginsels by ‘n kapitalistiese instelling af te froseer nie. Dit kan mos nie anders as om te lei na ‘n totale gemors nie. So het baie ander instellings onder ANC-beheer in duie gestort, want die twee stelle beginsels – dit wat onder die vorige bedeling toegepas is en dit wat onder ANC-bewind gevolg het, kom nie ooreen nie.

Dus, saam met die boodsap aan die volgende geslag wat die verantwoordelikehied het om ons volk se selfrespek te herwin, kom die eerste belangrike vereiste – jy moet die regte kennis hê om die regte besluite te kan maak.
Die laaste twee jaar met die Corona-debakel het ons gereeld aan beide kante van die spektrum gehoor dat mense sê: “Ek dink vir myself.” Ja, dis goed om vir jouself te dink. Maar daardie student wat op Tukkies sit en Politieke Wetenskap studeer, wie se kop vol kommunisme gepomp is, sê ook dat hy “vir homself” kan dink.
Max du Preez het ook vir ons gesê: “Ek het my eie koerant begin want ek wil nie in hierdie bedompige nasionalistiese omgewing wees nie. Ek dink vir myself…”
Die antwoord is nie om “vir jouself” te dink nie, want die resultaat hiervan hang af van die kant waarvandaan jy inligting gevoer is. Die antwoord is om krities te kan dink.
Enige natuurwetenskaplike sal vir jou kan sê jy moet krities kan dink as jy werklik resultate op navorsing wil kry. Met ander woorde, jy moet hierdie situasie kan hanteer van alle kante af en dan soek na die waarheid.
Kennis is mag en kennis verbeter ook jou vermoë om krities te kan dink. Dít is Jaap Marais se boodskap oor die toekoms van die Afrikaner.

Ons glo die stelsel gaan nog totaal in duie stort en daarmee saam sal baie slagoffers gelewer word. Diegene wat dit oorleef, sal egter weer die ekonomie moet opbou. Ons het in die verlede al vernietigde ekonomieë opgebou. Ons is ‘n hardwerkende volk.
Maar ons moet die kennis hê om die leiding te kan neem. Jy moet weet wat die beginsels van nasionalisme is en jy moet dit kan toepas. Jy moet weet waarom kommunisme en liberalisme voor ons oë misluk. Dán kan jy optree as leier in die toekoms vir die Afrikanervolk. Dán kan jy sê Jaap Marais het gesê ons moet dit so en so doen, nie omdat hy ‘n profeet was nie, maar omdat hy die kennis en insig gehad het.

Dis ‘n moeilike, eensame en harde pad om daardie kennis te bekom. Moenie dink jy gaan die kennis kry terwyl jy Hollywood films sit en kyk nie. Jy moet lees en jou bronne reg kry. Jy moet vergelykings kan tref, jy moet jou Bybel, dié Bybel, baie goed ken, sodat jy jou beginsels ook daarvolgens kan toets.

Volgens die beginsels van Christelike Afrikaner-Nasionalisme sal die volgende geslag Afrikaners die voorbeeld van Jaap Marais moet volg en ons volk se selfrespek hersel, sodat hulle gereed sal wees om weer die grense van ons land te trek én as diensknegte van God in daar die land te leef, ter wille van die geslagte wat nog gebore moet word.

ANB Nuusbrief – Die Ontberinge van ons Boervroue

“…Op ‘n dag in Maart 1902 het ‘n Engelse kommando van Lindley af oor die werf getrek en agt kilometer daarvandaan in die rigting van Vechtkop kamp opgeslaan. Teen sononder het ‘n perderuiter sy verskyning gemaak….”

Boervrou slaan besope Engelse verkenner morsdood

(Mev. Mathilde du Toit)

Met die mans op kommando of as krygsgevangenes na Ceylon gestuur, het die 60-jarige Mev. Susarah Johanna Dorothea du Toit (geb. Crause) op die plaas Gertruida, Heilbron, ongeveer nege kilometer van Vechtkop, tydens die oorlog saam met ander vroue en kinders geskuil.

Hulle was haar dogters, mej. Miemie du Toit en mev. Sarie Marais, ‘n skoondogter, mev. Elizabeth du Toit en haar babaseun, ‘n niggie, mej. Miemie Crause van Ficksburg asook haar broer, en mnr. Jurgens Crause se jongste dogtertjie, Susarah Magdalena Crause (Sarie).

Mev. Susarah Magdalena Schutte (geb. Crause) was agt maande oud toe haar ma oorlede is. Sy is onder die sorg van haar pa se oudste suster, mev. du Toit, geplaas, wat ook by dié groep geskuil het.

Die plaashuis is nie minder nie as drie keer deur die Engelse afgebrand. Die vierde keer is dinamiet onder die vier hoeke geplaas en dit is opgeblaas, maar dwarsdeur die oorlog het die mense onder die leiding van onverskrokke mev. du Toit  uit die hande van die vyand gebly. Elke keer as hul woonplek vernietig is, het hulle weer ‘n blyplek met sinkplate geprakseer.

Mev. du Toit sê volgens haar ma was daar gedurig gevegte op die plaas. Die vroue moes soms heeldag onder die sinkplate skuil terwyl die Boere en die Kakies oor hulle heen op mekaar geskiet het.

Op ‘n dag in Maart 1902 het ‘n Engelse kommando van Lindley af oor die werf getrek en agt kilometer daarvandaan in die rigting van Vechtkop kamp opgeslaan. Teen sononder het ‘n perderuiter sy verskyning gemaak.

Eers het die vroue gedink dit is ‘n Boerespioen, maar sy skynbaar doellose bewegings het hulle agterdogtig gemaak. Dit was in werklikheid ‘n bruin man van die Engelse kommando wat goed beskonke was.

Hy het skielik reguit op die werf afgery, voor die murasie stilgehou en astrant met ‘n oormaat van militêre waardigheid van sy perd afgespring en die sinkplaat wat as deur gebruik is, oopgedwing.

‘n Worsteling het tussen hom en mev. Sarie Marais plaasgevind. Sy het opgemerk die geweer is verkeer gelaai en het die loop vasgegryp. Mej. Miemie du Toit het ‘n skamelbout van ‘n wa wat die Engelse verbrand het, gegryp en met alle krag en mag die man oor die kop geslaan. Hy was morsdood.

Die gevaar was dat die Engelse enige oomblik kon opdaag op soek na hul verkenner. Die vroue het sy perd afgesaal en die veld ingejaag. Daarna het hulle die lyk na ‘n sloot gesleep en probeer toegooi. Die bloed in die murasie is ook inderhaas afgewas. Nie lank daarna nie of die Engelse het na hom begin roep: “Old man, speak loud!”

Weer is die sinkplaat oopgebeur, maar die vroue het geswyg. Uit frustrasie is die waghond wat langs klein Sarie gesit het, deur die Engelse met ‘n bajonet doodgesteek. Sy het net geprobeer om die babaseuntjie stil te hou.

Die volgende oggend het die vroue ontdek die “Old man” het oop en bloot in die sloot gelê met net  ‘n klein bietjie grond op sy maag!

Die kinders is ook op ‘n dag gestuur om die skape te gaan aanjaag omdat die Engelse op pad was. Haar ma, Sarie, was een van hulle. Langs die pad het die Engelse hulle ingehaal en die kinders én die skape met swepe na die huis aangejaag.

Dáár is die skape saam met die perde en beeste in die kraal ingejaag en ‘n hooimied is op hulle omgekeer en aan die brand gesteek – voor die kinders. “My ma het gesê die gerunnik, gebulk en geblêr van die diere sou sy nooit in vergeet nie.”

Die huis is weer afgebrand, maar die tante het haar verset en  geweier om na ‘n konsentrasiekamp gebring te word.

Haar ma se tante, mev. Susarah du Toit, het gereeld gesondheidsbrood (waarskynlik ongesuurde brood) vir genl. Christiaan de Wet gebak, wat aan ‘n maagprobleem gely het. Hy en sy manskappe het dit gereeld op die plaas kom haal. Die voorraad meel, suiker, sout en koffie is in ‘n gat weggesteek.

Een nag het sy die meel gemaal om vir genl. de Wet en hulself brood te bak toe die Engelse opdaag. Sy het ‘n plan beraam, die sak meel toegeknoop klein Sarie daarop laat lê en gesê sy moet maak of sy siek is.

Sarie het haar lieflingpop, Hampf, in die hand gehad (Die pop is genoem na ‘n Duitse dokter wat haar voor die oorlog teen witseerkeel behandel het).

Vermoedelik is die vroue verraai, want ‘n Engelse soldaat het van die meel geweet. Hy het sy bajonet onder klein Sarie ingedruk en die sak oopgesny. Hy het dit buite op die grond uitgegooi en perde daaroor laat lei. Die pop het hy teen ‘n klip stukkend gegooi.

‘n Ander Tommie het na mev. Miemie du Toit geloop en gesê hy het ook ‘n dogtertjie by die huis. Hy het vir haar ‘n goue pond in die hand gegee en gesê ná die oorlog moet ‘n ander pop vir haar gekoop word. ‘n Blompotjie is toe na die oorlog met die geld gekoop.

Mev. du Toit sê haar pa, mnr. Jacobus Paulus Schutte, ook van Heilbron, was ‘n penkop en het as tienjarige in ‘n loopgraaf gelê toe ‘n koeël deur sy hoed getrek en sy kopvel geskroei het.

Bron: ABO 100 Ons lesers vertel, deel 1; Volksblad en Oorlogsmuseum; 2001.

Nou vriende, moet ons onsself die vraag afvra in hoe groot mate het ons hierdie waarskuwing verontagsaam? 

Maar daar is hoop. Ons kan opnuut leer en inkeer en doelgerig werk daaraan om ons identiteit te kan behou ten spyte van wat om ons vergaan. Begin deur jouself af te vra waarby jy in jou vrye tyd betrokke is. En waarby jou kinders betrokke is. Ondersteun dit die behoud van ons volksidentiteit?  So nie, raak betrokke by die ANB en help terugkeer en bou op die vastigheid van nasionalistiese beginsels, die lesse geleer uit ons geskiedenis en die voorbeelde van ons heldedom. Sluit aan by die ANB. Vind meer uit oor ons en ondersteun die uitdra van hierdie boodskap van hoop.