Monthly Archives: Desember 2024

REGSE VERRAAD – (Deel 8 Finaal)

Sien ook Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7

Afrikanervolk het nie oorgegee nie

In die lig van wat in die voorafgaande artikels toegelig is behoort dit nou duidelik te wees dat die Afrikaner nie gekapituleer het en sy land op ‘n skinkbord weggegee het in 1994 nie.

Daardie oorgawe van sy politieke mag is op slinkse wyse deur misleiding en geheime gekonkel namens hom gedoen.

Die oorgrote meerderheid Afrikaners was nie daartoe bereid om hul politieke mag met daardie selfmoord-skuif te verloor nie – dit is namens hulle gedoen. Deur leiers wat deeglik bewus was daarvan dat hulle besig was met verraad teen hul eie volk.

Vier groepe ná 1994

In die nuwe bedeling wat ná 1994 ontstaan het neem mens ‘n interessante verskynsel waar. Daar is vier hoof-strominge.

Sommige mense gee boedel oor, verklaar dat hier nie meer vir hulle en hul kinders ‘n toekoms is nie, en emigreer dan na “groener weivelde”. Die grootste deel van hierdie groep (let wel – nie almal nie) bevind hulself aan die buiterand van die volkswese, met ‘n swak ontwikkelde patriotisme. Hulle vind daarom gemaklik aansluiting by ‘n vreemde kultuur waarmee hulle baie gou assimileer. Hulle kinders wat in die nuwe land gebore word kan nie Afrikaans praat nie, en binne twee geslagte is hulle volledig in die nuwe nasie opgeneem.

Hierdie groep (en veral hul nageslag) sê vir alle praktiese doeleindes hul Afrikanerskap op, hulle hou op om as Afrikaners te bestaan.

Tweede groep: berus en aanvaar

‘n Volgende groep van ons volksgenote gaan van die veronderstelling uit dat, gegewe die nuwe realiteit,  ons nou “die beste van ‘n slegte saak” moet maak. Hierdie is die ewige optimiste wat onbewustelik volstruispolitiek beoefen. Hul skeefgetrekte geloof is dat die ontelbaar baie probleme en onhoudbaarhede van die nuwe bedeling dalk vanself sal verdwyn deur uitsluitlik net op die positiewe te fokus. Selfs al beleef hulle self daagliks die verval, agteruitgang en wetteloosheid daarvan.

Afriforum vind die grootste gros van sy ondersteuning onder volksgenote met dié denkrigting. Hul oplossing is dus – ons moet net harder werk om die Swart gemors effe om te keer – “ons sal self” sê hulle. Ja, en so herbou hul ywerig dit wat deur die nuwe base afgebreek is en betaal self weer daarvoor nadat hulle ook reeds daarvoor belastings betaal het. Maar dis darem so positief en hulle “doen darem iets”.

Ja, julle help die kaders meer steel, want nou hoef hy niks van daardie belastinggeld vir projekte aan te wend nie – jy en Afriforum befonds self (weer) daardie projekte. En inderdaad verleng dié optrede die lewe van die onwettige bestel.

Derde groep: joiners

Daar is egter ‘n derde denkrigting wat hierdie een in kranksinnigheid oortref. Dit is dié een wat Kortbroek Marthinus van Schalkwyk, leier van die Nuwe Nasionale Party (NNP) gehuldig het: if you can’t beat them, join them. Hy het sy hele party kort ná 1994 pens en pootjies binne-in die ANC tuisgemaak.

Aanvaar onomkeerbaarheid van bestel en vergaan saam met hom

By al drie hierdie groepe is daar een sentrale gemene deler, en dit is dat hulle berus in wat hulle beskou as die finaliteit en on-omkeerbaarheid van die huidige bestel. Op daardie wanhoops-opvatting volg dan bloot een van twee opsies: emigreer; of bly – en maak dit werk.

Dit is die tipies fatalistiese uitkyk van ‘n verslane, moedelose volk. Van mense wat berus in die onaanvaarbare. Wat bereid is om maar op te gaan in die nuwe bestel.

Gaan op in die bestel en word deur hom verteer

 Uiteindelik is hulle maar gewoon joiners, lamsakke, papbroeke. Hierdie volksgenote is, selfs al beskou ‘n groot gros van hulle hulself as konserwatief, eintlik maar opportunistiese liberaliste wat geen murg in hul pype het nie. En, soos ons in die eerste van hierdie reeks artikels gesien het, sien die liberalis primêr net na sy eie belang om. Hy bedink nie die belang van die groter groep (die volk waaraan hy behoort) nie, alleen maar wat vir homself op daardie oomblik die grootste voordeel sal inhou. Hy gaan dus gemaklik op in die nuwe bestel, word maklik deel van die omkoop-kultuur daarvan. Val vinnig in by die nuwe modus operandi – Afrika-styl. Moraliteit en Bybelgetroue geloofswaardes word gerieflik eenkant geskuif terwyl die Afrika-kultuur knus omarm word.

Dis dan wanneer jy jou begin tuisvoel in die sirkus wat hom jaarliks in Kaapstad afspeel – die parlementsitting, selfs al het jy voorheen in ‘n Blanke parlement met beskaafde Westerse norme gedien. Jy wurm jouself gemaklik daarin om met die Kentucky-“barrel” onder die arm by die verkeerskantoor in te stap – net om sake vir jouself bietjie gladder te laat verloop.

So al asof die riglyne in die Woord so saam met die Blanke grondwet in 1994 opgehef is…

Nuwe verraadsleiers (Volkstaatmanne) wil ook huidige bestel eer

Die nuwe regse verraad wat tans deur Tabok, Volkskrag en Boermedia gepleeg word en waarvoor die doodgebore Afrikaner Akkoord geresussiteer word om ‘n volkstaat te beding, se leiers maak hulself skuldig aan dieselfde denkfout as diegene van die eerste drie groepe soos hierbo bespreek. (Deel 6)

Die kardinale fout wat gemaak word is dat hulle berus in die wanvoorstelling dat ons volk nou maar net ‘n klein onkapabele minderheid is en dat die NSA ‘n onomstootlike werklikheid is. Dat daar geen kans tot herstel van ons volk se soewereine heerskappy oor homself is nie.

Groep 4: Ware Afrikanernasionaliste

Die vierde groep mense is die ware Afrikaner-nasionaliste. Dit is diegene wat die hand van God sien oor die volk wat Hyself meer as 3 eeue gelede hier aan die Suidpunt van Afrika kom plant het. Wie Hy toegelaat het om te groei tot ‘n selfstandige volk met sy eie kultuur en taal en ‘n onwrikbare geloof in Hom.

Dit is die groep wat sê: ons is hier om te bly – knegte van die Allerhoogste, maar teen die hele wêreld vry!

Keer die onreg om!

Daar is vir die Afrikanervolk net een weg te volg ten einde sy vryheid vir die derde maal te herwin. Dit is om die bedrog en verraad van 1994 waardeur ons politieke seggenskap van ons weggesteel is ongedaan te maak.

Ja, alleen maar een wyse waarop ons van hierdie onwerkbare en onhoudbare situasie van ‘n duidelik falende Nuwe Suid-Afrika kan ontsnap. En dit is deur die herwinning van die politieke mag oor ons eiendom, die Republiek van Suid-Afrika. Alleen dan sal die Afrikaner weer waarlik vry wees. Nie in ‘n volkstaat wat deel uit maak van ‘n “onverdeelde” veelrassige Suid-Afrika nie.

Nee, wanneer die onregmatige diefstal van 1994 omgekeer word en die Afrikanervolk volledig in sy erfgrond herstel word, dan het ons die derde oorwinning oor ons volk omgekeer. Die voorwaarde tot die neem van die eerste treë in daardie rigting is dat van die vasberade veronderstelling uitgegaan moet word dat ons NIE berus in die huidige toestand nie. Dat ons weier om die huidige bedeling met sy onwettige regime te aanvaar of te erken. Dat ons nie vrede maak met die verdrukking van ons mense en die onregte wat daagliks teen ons gepleeg word nie. Dat ons weier om te aanvaar dat hierdie nuwe bedeling ewigheidswaarde het, dat dit ‘n onomkeerbare werklikheid is.

Ons berus nie in die feit dat ons in die onderworpe toestand moet bly nie. Ons verwerp die Nuwe Suid-Afrika omdat dit deur verraad op ons afgedwing is. Die huidige regime is ‘n onwettige bestel omdat die Blankes nooit toestemming gegee het tot die weggee van sy regte of eiendom nie. Ons glo in die onwrikbare reg van die Afrikaner om oor homself in sy eie land te regeer.

Die Afrikaner ís die wettige eienaar van hierdie land. Daarom glo en verklaar ons: HIERDIE LAND IS óNS LAND! Ons sal nie rus voordat ons die onreg van 1994 ongedaan gemaak het nie.

As God intree sal geen mag Hom keer nie

Ons glo soos ons voorgeslagte in die voorsienigheid van God wat ons volk telkemale uit onmoontlike situasies gered het. In dié God wat ons volk hier kom plant en laat gedy het en getrou tot hier toe gelei en beskerm het. Wat ons wonderbaarlik deur veldslae soos Vegkop, Bloedrivier en Majuba gelei het tot oorwinning. In die volle vertroue dat Hy ook nou oor die mag beskik om ons uit hierdie onmoontlike situasie te herstel. In die wete dat Hy altyd getrou is – selfs al was ons as volk ontrou aan Hom.

Ons hoef nie op prinse te vertrou as die Groot Koning ons Redder is nie. Daarom maak ons nie staat op die internasionale wêreld, of sy howe of Akkoorde nie, beroep ons ons nie op die “minderheidsregte” soos beskrywe in die God-onterende grondwet van hierdie onwettige regime nie.

Laat ons vertroue alleen wees in dié God wat volkere plant en uitruk.

Die stryd om vryheid en vaderland duur voort!

Mnr. Jaap Marais stel dit reeds in 1996 dat ons ‘n gees van verset moet vestig. Afrikanernasionalisme moet aangewakker word met die slagkreet:

Die stryd om vryheid en vaderland duur voort!

Hy gee dan drie riglyne:

  • Ons berus nie in die bedrogvolle en verraderlike verlies van vryheid nie
  • Afrikanernasionalisme moet weer die magnetiese krag word wat Afrikaners saambind en aandryf tot stryd
  • Ons moet trou sweer aan mekaar dat ons, soos die voorgeslagte, sal stry tot ons vryheid herwin is.

Volkstaat onhaalbare droom

Let wel, nié berus in die status quo nie. Nié maar aanvaar dat ons ‘n oorwonne volk is, en nou maar probeer beding vir ‘n klein stukkie grond waaroor ons dalk darem grootliks (maar nie geheel nie) seggenskap sal hê. Nié vertrou op menslike planne en staat maak op traktate en akkoorde wat soos Piet Retief moes uitvind vir Dingaan geen bindingskrag het nie. (Die ANC het die Afrikaner Akkoord in 1994 ook net so waardeloos geskat en hulle doen dit vandag nog so.)

Ineenstorting van huidige bestel onvermydelik

Maar vandag lyk die situasie al geheel anders as in 1996 toe mnr. Marais die 3 riglyne uitgestippel het. Ook het hy in hierdie tyd as politieke profeet voorspel dat die huidige bestel sonder twyfel sal ineenstort, en dat daardie ineenstorting noodwendig met geweld gepaard sal gaan.

Hoe moeilik was dit nie om hom toe te glo nie – die Swart massas was verenig in hul oorrompeling van Witmansland. Nou lyk daardie ineenstorting egter na ‘n tasbare werklikheid.

Wat verseker stabiele regering?

Daar is twee voorwaardes waaraan ‘n regering moet voldoen en wat as wetmatighede geld vir die effektiewe bestuur van ‘n land. Die eerste is dat hulle wetgewing en inisiatiewe moet daarstel wat die ekonomie van die land stimuleer tot groei. Daarbenewens moet hulle deur behoorlike wetstoepassing en regspleging sorg vir wet en orde.  

Daardie twee faktore – ekonomiese groei en sosiale stabiliteit is noodsaaklik en ononderhandelbaar vir die daarstel van bestendige regering.

Die teendeel geld ook: geen regering sal aan bewind bly indien hy nie finansiële groei in ‘n stabiele omgewing kan bewerkstellig nie.

ANC-bewind het oorvloed verorber

Op albei hierdie terreine faal die ANC dramaties. Die paradys wat hy op ‘n skinkbord ontvang het is vanweë onvermoë, korrupsie, nepotisme, toelating van “staatskaping”, wanbestuur en diefstal verniel tot waar ons land tans is. Van die welvaart en vooruitgang van skaars drie dekades gelede is nog weinig te bespeur.

ANC-bewind verloor stryd teen wetteloosheid

Daarbenewens sink die land weg in ‘n toestand van wetteloosheid. Voertuigkapings, inbrake, verkragtings en moord is gewone daaglikse nuus. Landsburgers moet hulself hierteen staal in die besef dat die eens veilige land waar hul huise geen diefwering of veiligheidshekke gehad het nie en voertuie by winkelsentrums geparkeer is sonder om die deure te sluit (die sleutel is selfs in die aansluiter gelaat terwyl inkopies gedoen is) nou lankal ‘n utopie uit die verre verlede is.

Vandag is die polisie dikwels self by misdaadsindikate betrokke. Kriminele bendebedrywighede deur mafia-tipe organisasies neem ongeopponeerd toe.

ANC-bewind aan die verkrummel

Vir die ANC-regering is die skrif reeds aan die muur. Dit is maar ‘n kwessie van tyd voordat hierdie bestel ineenstort. Die Swart kommunis sukkel om aan die bestaansvoorwaardes vir effektiewe regering te voldoen. Die ekonomie is aan’t flarde en wet en orde stort dramaties ineen.

Selfs die desperate poging om ná die vorige verkiesing ‘n regering saam te stel waarin ander partye deelneem – die sogenaamde “GNU” gaan daar weinig aan verander, hoogstens die ineenstorting vir ‘n kort wyle uitstel. Die verval het reeds te ver gevorder.

Is naderende ineenstorting stimulus vir nuwe Volkstaatplanne?

Is dit dalk die rede waarom nou reeds weer deur die vyande van ons volk geywer word om die volk nogeens op ‘n dwaalspoor te lei? Die wete dat die ineenstorting onafwendbaar is en in die nabye toekoms kan plaasvind. Waarom nie juis eerder mobiliseer vir die herstel van ons vryheid na so ‘n gebeure nie. Waarom, met vryheid wat wink, ons mense opnuut op ‘n dwaalspoor neem met beloftes van selfregering in ‘n volkstaat? Waarom gaan onderhandel met ‘n onwettige regime wie se mag besig is om sigbaar onder hom weggekalwe te word?

Sulke motiewe is tog hoog bedenklik.

Verraad in eie kring is vernietigend

Generaal Christiaan de Wet praat oor presies hierdie tipe verraad ná die Eerste Wêreldoorlog:

“Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek kon ons ons verlore onafhanklikheid teruggekry het  – hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie.  Generaals Louis Botha en Jan Smuts het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree. Die rebellie was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem.  Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee. Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie.”

Bloed is aan julle hande!

Mag ons van hierdie soortgelyke verraad gespaar word. Ons kan ons “verlore onafhanklikheid” ook maklik terugkry na die komende ineenstorting. Maar die misleiding wat tans aan die gang is gaan poog om die instelling van ‘n Afrikaner-nasionalistiese regering te verhoed. Daar sal gepoog word om vanuit die Broederbond, Afrikaner Afrika Inisiatief, die Afrikanerstigting, Soldariteit en Afriforum ‘n gematigde regering te vestig, as alternatief tot die instelling van ‘n ware Afrikaner-regering.

Mag diegene wat hulle tans met verraadsplanne besig hou dringend herbesin. Die kool is die sous nie werd nie. Die lyding van ons volksgenote wat sedert 1994 steeds in intensiteit toeneem is bloed aan die hande van die verraad-plegers.

Hoeveel van ons mense is werkloos, in ‘ballingskap” oorsee, loop deur onder die misdaad wat sedertdien hoogty vier – is dalk verkrag, beroof, vermoor… Van wie sal daarvoor rekenskap geëis word?

Vryheid voorheen reeds 2 maal verloor, maar ook 2 maal herwin

In ‘n toespraak deur meneer Marais in 1995 stel hy dat die Afrikanervolk reeds twee maal vantevore sy vryheid verloor het, maar belangriker, dat hy dit ook reeds twee maal herwin het. Dan fokus hy op die wyse waarop daardie vryheid telkemale herwin is:

“Die twee vrae is: waarom het Afrikaners die politieke vryheid herwin, en op watter wyse? Dit is die twee belangrikste sake wat ons moet bespreek. Nou is die eenvoudige feit in verband hiermee dat die Afrikaners die politieke vryheid herwin het, omdat hulle van die begin of geweier het om die onderwerping te aanvaar. Hulle het nie berus in die onreg van die verowering nie. As daardie enkele besluit nie geneem was nie, sou daar in die rigting geen verdere gevolge uit voortgevloei het nie.

En die tweede is dat in daardie toestand van verowerdheid en baie moeilike omstandighede dit hoofsaaklik die moed en die durf van die leiers was wat die proses aan die gang gesit het wat telkens uitgeloop het op die herwinning. Daarmee saam was die trou aan ‘n intuïsie van geroepenheid, ‘n aanvoeling van bestemdheid van hierdie volk in Afrika. Daarby die geloof in die God van hulle vaders, waaruit hulle versterking gekry het. Dit was ‘n groot toets: kan hulle volhard met al die agterstand en teenspoed wat daar was? En moenie vergeet nie: in hierdie beproewende toestande was dit die voortreflike leiding wat die Afrikanervolk gehad het wat resultate gelewer het. Dit was die basiese elemente van die hervatting van die stryd om vryheid na 1877 en weer na 1902.”

Verenig in verset op die basis van Afrikanernasionalisme

Hy gaan voort:

“As ons bo-oor politieke verdeeldheid wil voortgaan, sal ons op die korttermyn gesamentlike aksies moet probeer aan die gang kry en gebeure beïnvloed. Soos ek gesê het, ons sal ons gemoedstemming moet regkry dat ons nie in die verraad berus nie. En ons sal ons moet beroep op die mense met wie ons ‘n gemeenskaplikheid het: die nie-stemmers en mense wat misnoegd en ontnugter is. Op die banier daar agter staan: “Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort”. En die innerlike oortuiging is die gehegtheid aan ons Witmanskap, die gehegtheid aan ons Christenskap, die gehegtheid aan ons Afrikanerskap, die begrensing van ons kultuur en ons ras. En daarnaas die onbreekbare wil om vry te wees van oorheersing deur buitelandse magte; vry van oorheersing deur finansiële imperialiste; vry van oorheersing deur swart getalle; en vry van oorheersing deur Kommunistiese diktators. Dit is die dinge wat ons saam kan bind. Dit is die innerlike oortuiging waaromheen ons kan vergader.”

Staak die verraad!

Durf ons nog in hierdie dae ons besig hou met Volkstaatplannetjies en in onderhandeling met die kommunistiese regime? Gaan ons steeds in ongeloof volhard en ons mense op daardie weg lei: “berus maar, dis onomkeerbaar, God se hand is hierdie keer te kort om ons uit hierdie benarde situasie te red.”?

Herstel Blank Suid-Afrika!

Nee, nooit nie! Laat ons verenig op die basis van die Afrikanernasionalisme.

Ons weier om te berus! Ons moet die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe hóú – so sing ons tog heelhartig. Noudat daardie erfenis verlore geraak het is dit ons dure plig om dit weer vir ons nageslag terug te win en te bewaar. Selfs nou, dertig jaar later beroep ons ons op die herstel van ons vryheid in ons Vaderland. Laat ons ag gee op hierdie wekroep van Jaap Marais:

“Op die langtermyn moet daar een onverbiddelike strategiese doelwit wees:  Dié land is ons land.  Ons sal weer ons vryheid verwerf, kom wat wil.  Ons sal weer die onomkeerbare omkeer.  As ons nie vir mekaar dit sê nie, is ons as Afrikaner nasionaliste nie eerlik in hierdie stryd nie.  En watter opoffering dit ook al sal meebring, al sal daar bloed moet vloei, ons sal daartoe bereid moet wees.  Dis die uitdaging wat deur die geskiedenis aan ons gestel word.”

REGSE VERRAAD – (Deel 7)

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Inleiding

In 1994 het die “regse” leiers van die Afrikaner Volksfront in samewerking met hul (nog minder) regse generaals die gladde oordrag van ons politieke mag aan ‘n Swart meerderheidsregering bewerkstellig. Deur skielik handomkeer om te swaai en hulle te verbind tot presies die teenoorgestelde waarvoor hulle hul ondersteuners opgeroep het, het die generaals, die Mulder-broers en andere verseker dat ‘n vreedsame oordrag van mag na die Swart massas kon plaasvind.

Hulle bedrieglike optrede het dit moontlik gemaak dat die oorgawe-proses van die Nasionale Party enduit gevoer kon word sonder dat dit ontwrig is deur ontstoke Blankes wat hierdeur uit hul eiendom en politieke mag verkul is.

NI agente het ons uitverkoop

Dit is reeds in die vorige aflewerings (vanaf Deel 1) onomwonde bewys dat die omgekoopte leiers van die Volksfront hul lede mislei en verraai het. Hulle was uitgesoekte agente wat keurig met die hand uitgesoek is. Hulle verbintenis met die duistere magte wat die ondergang van die Afrikanervolk ten doel gestel het sal met verloop van tyd deur die volle ontplooiing van die geskiedenis al duideliker aan die lig gebring word.

Die rol van IDASA deur sy Conservative Dialogue Programme is reeds onomstootlik bewys. Daardeur is duidelik aan die lig gebring dat leiers wat deur hul volgelinge vertrou is besig was om onheil teen hul eie mense te bedink en te bewerkstellig.

Vir ‘n pot lensiesop het hulle hul eie mense verraai – soms bloot net ter wille van die eer van hul meerderes. Die rol van die Intelligensiedienste hierin sal ook meer en meer ontbloot word. Die befame inligtings-man, generaal Tienie Groenewald, se alomteenwoordigheid in die uitspeel van hierdie grootste verraad teen die Afrikanervolk spreek reeds boekdele oor die betrokkenheid van NI en selfs ook van ander internasionale intelligensiedienste.

Verloop van tyd sal verraaiers uitwys

Die wiel draai stadig maar seker. Gekonkel in die duister kom eindelik aan die lig. Veral wanneer die versluierende hand van die magtige media nie meer die misdadige verraadshandelinge verbloem nie.

Laat die boodskap aan hulle wat ons volk in 1994 help uitverkoop het ondubbelsinnig wees – daar is geen versagtende omstandighede vir hoogverraad nie. En laat ook diegene wat hul nou weer daaraan skuldig maak om ons volk opnuut te mislei dit helder voor oë gestel word – geen genade sal betoon word by skuldigbevinding aan hoogverraad nie.

Dié mees laakbare daad – om jou eie mense te verraai, hulle bedrieglik onder voortgesette dwingelandy te laat hou, hulle te verhinder om hulself vry in hul Vaderland te betuig – daardie daad verdien die doodstraf. Geen ander daad is só totaal liefdeloos teenoor jou naaste nie.

Verligte Aksie almal skuldig aan hoogverraad

In terugskoue kan vandag sonder enige twyfel verklaar word dat die NP-regering in aanloop tot 1994 doelbewus gekapituleer het voor ‘n onkapabele ANC bende, dat hulle boedel oorgegee het aangesien dit hulle vooropgestelde doel was om die Afrikaner uit te verkoop.

FW de Klerk het oor sy voete geval om die ANC alles te gee wat hulle sou eis en meer. Hy en die ganse Verligte Aksie wat die toe reeds verloopte Broederbond en Nasionale Party gekaap het en die meesterbreine was agter die plan wat tot die vernietiging van Blank Suid-Afrika sou lei, behoort van hoogverraad aangekla te word.

Die lys is lank maar sluit die volgende name in:  John Vorster, Nic Diederichs, Magnus Malan, prof Johan Heyns, prof Tjaart vd Walt, prof. Willie Esterhuysen, Jannie Geldenhuys, Constand Viljoen, Kobie Coetzee, Adriaan Vlok, Barend du Plessis, Hendrik Schoeman, Tim du Plessis, Wim de Klerk, Roelf Meyer, Piet Koornhof, Mike Louw, Chris Heunis, Fanie Botha …..

So ook die Volksfront-leiers

Die leiers van die Afrikaner Volksfront en die Vryheidsfront is net so skuldig aan hierdie verraad van die NP-regering omdat daardie uitverkoping nie volvoer sou kon word sonder die kritieke rol wat hulle gespeel het nie. Hulle het hul volgelinge bedrieglik mislei deur voor te gee dat hulle die NP-regering se uitverkoping probeer stuit, maar het toe juis die instrument geword waardeur daardie uitverkoping gladweg kon plaasvind. Hulle geheime gekonkel met die ANC wat sy neerslag in die Afrikaner Akkoord gevind het was die manier waarop hulle enige vorm van regse verset teen oorgawe van mag bemiddel het.

Afrikaner Akkoord hou geen heil vir ons volk in nie

Wanneer hierdie geskiedkundige feite in oënskou geneem word, slaan dit mens met stomheid dat daardie selfde dokument, die Afrikaner Akkoord, die eindproduk van die grootste bedrog teen ons volk, nou weer opnuut aangegryp word deur “regse” leiers. Dat dit boonop deur hulle aangebied word as die wyse waarop die Afrikaner selfbeskikking kan verkry! Dit maak natuurlik absoluut geen sin nie.

Dié verraadsdokument, produk van geheime gekonkel tussen die ANC en “regse” leiers moet nou weer die Afrikaner se heil bewerk. Dit was die sluwe slenter waarmee Afrikaners in 1994 die veelrassige demokratiese proses ingelok is, want deur middel daarvan sou die Afrikaner ‘n waarborg op ‘n Volkstaat hê. Dis presies 30 jaar later – waar is daardie volkstaat?

Waarom weer met dieselfde Akkoord bedrieg?

Die bedrieërs wat nou opnuut die Akkoord vir dieselfde rede probeer aanbied is opnuut besig om u te mislei. Daar sal in die volgende 30 jaar ook niks daarvan kom nie. Dié impotente dokumentjie was immers van meet af aan net ‘n weerligafleier met geen toepassings- of implementerings mag nie. Dit is inderdaad nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Net so min as wat die “regse” leiers in 1994 daarmee ‘n volkstaat wou bewerkstellig, net so min is die spulletjie wat dit tans aandryf ernstig met die daarstel van ‘n Volkstaat.

Die rede waarom hulle nou weer inderhaas planne maak om die Afrikaner met hul futiele oefeninkies besig te hou is omdat hulle daarop staat maak dat die mense se politieke geheue te kort is om te besef dat hulle nogeens met dieselfde misleiding te doen het.

Hierdie verraad belemmer ons vryheidstrewe

Ons stel dit dus pertinent dat die top-leiding van die “regse” leiers wat hul tans weer bemoei met die opdis van die Afrikaner Akkoord as middel tot daarstelling van ‘n Volkstaat, is net soos diegene wat dit in 1994 gedoen het agente van die vyande van die Afrikanervolk. Hulle tree op in belang van die magte wat die Afrikaner vyandiggesind is.

Die doel is om die Afrikaner in die onderhewige posisie waarin hy hom tans bevind, te hou. Daarom bied hulle ‘n “oplossing” in die vorm van die Afrikaner Akkoord aan. Die geskiedenis sedert 1994 het egter ondubbelsinnig bewys dat deur dié Akkoord geensins ‘n Volkstaat beding kan word nie. Dit is dus oneerlik en ook oneerbaar om die Afrikaner opnuut op daardie dwaalspoor te lei. Hul motiewe is erg onder verdenking – waarom dan weer ‘n plan opdis wat reeds klaaglik misluk het?

En laat daar geen twyfel wees nie – diegene aan die topleiding weet waarmee hulle besig is. Net soveel as wat die Mulders, die landbouleiers Bruwer en Gous, Constand Viljoen, Ferdi Hartzenberg, Willie Snyman en andere geweet het dat hulle bedrieg en mislei, net soveel weet hierdie manne dit.

Volkstaat kan nie Selfbeskikking bewerkstellig nie

Ons het voorheen verwys na die onsinnigheid daarvan om politieke mag af te staan. Dat die rede vir die benarde posisie waarin ons volk hom tans bevind, die direkte gevolg daarvan is. Dit is dus dan ook net logies om te redeneer dat alleen die herwinning van politieke mag die antwoord tot herstel sal wees. En dit is dan die rede waarom die Afrikaner Akkoord heropgedis word – want dit sal kwansuis lei tot die daarstel van ‘n Volkstaat waar die Afrikaner weer selfbeskikking (politieke mag oor sy eie) sal hê.

Maar ek glo dat in die vorige aflewering https://www.anbsa.co.za/regse-verraad-deel-6/ breedvoerig bewys is dat die mag wat die Afrikaner in daardie volkstaat – wat basies ‘n groot munisipale area gaan wees – sal hê, uiters beperk is. Dat hulle deurentyd steeds aan die grille en giere van die Swart meerderheidsregering uitgelewer sal wees, waaraan hulle steeds belasting sal betaal, aan wie se wette hulle steeds onderhorig sal wees.

Is dít selfbeskikking? Ander (boonop volksvreemdes) beskik steeds oor jou – dis tog geen selfbeskikking nie.

Wie is die nuwe misleiers wat opnuut verraad teen die Afrikanervolk bedink?

Dit weet Tabok en Boermedia en die nuutgestigte Volkskrag – die “nie-politiese” organisasie wat dié hoogs politiese kwessie gaan dryf. Wie sal weet watter van dié manne nou saamwerk met Nasionale Intelligensie en selfs daarvoor vergoeding ontvang om ons mense te mislei, en watter van die volgende name is slegs misleide meelopers wat nie besef dat dit ‘n bedrogspul is waaraan hulle meewerk nie? 

Die name van die betrokkenes moet maar genoem word – die geskiedenis sal eendag die oordeel vel: Louis Smuts, Andries Raath, Willie Cloete, Koot van der Ryst, Francois van der Merwe, Danie Wessels, Jann Schlebush, Andries Breytenbach, Robert Stoltz, Henk van de Graaf, Tiaan Theron, Bernard Coetzee. Tewie Wessels, Willem Petzer, Franz Jooste, Steyn von Rônge, Jurg Prinsloo, André Smit. Hierdie lys is vêr van volledig, maar sluit die meeste hooffigure in.

Nasionalisme mag nie weer in die sand geloop word nie

Ons mag hierdie nuwe verraad nie langer verduur nie. Dit mag nie weer toegelaat word nie. Die rede waarom dit juis nou weer aan die gang gekry word is die feit dat daar onder Afrikaners opnuut ‘n nuwe vlaag van Nasionalisme aan die ontwaak is.

Dit word die duidelikste onder die Afrikaner-jeug bemerk. Nie alleen is hulle keelvol vir die feit dat hulle oral tweede viool moet speel teen onkapabele anderrassiges nie, hulle vra ook: waarom word ons eens trotse volk verkneg en staan ons onder dwinglandy van ‘n ras wat hierdie eens trotse land tot in die afgrond in bestuur, besteel, geplunder en vernietig het? Hulle vra: waarom is hierdie land waarvoor ons voorgeslagte met sweet en bloed betaal het nie meer onder ons beheer nie? Waarom word ons uitgedruk asof ons hier indringers is – terwyl die land ons eiendom is?!

Daarmee saam is die sterk tendens te bespeur dat ons volksgenote weer erns maak met die geloof, dat hulle hul al sterker verbind voel aan die Gelofte en dat hulle teruggryp na die tyd toe ons as volk in nabye verbondenheid tot ons God gestaan het.

Akkoord-verraad moet nasionalisme neutraliseer

Hierdie nuwe ontwaking van die nasionalisme is wat daartoe aanleiding gee dat dieselfde invloede wat bewerk het dat ons politieke mag in 1994 weggegee word, nou ook weer aan die werk spring om hul agente te aktiveer vir hierdie nuwe misleiding. Hierdie magte wil seker maak dat hulle op die ou resep van praat na regs (asof jy die volksaak dien), maar doen in die geheim na links (tot nadeel van die strewe na die herstel van ons vryheid) om sódoende die belang van ons volksvyande te dien.

Die volk waarvan die nasionalisme aan die ontwaak is word, deur die retoriek van “Selfbeskikking” en “’n eie Volkstaat”, rondom die núwe verraaiers vergader, sodat daardie vloedgolf van nasionalisme soos in 1994 effektief geneutraliseer kan word, deur dit in die “regte” rigting te bestuur. Al die volksgenote se entoesiasme, ywer, harde werk en swaarverdiende rande word gestort in ‘n onhaalbare droom.

Die uitkoms daarvan is reeds deur hierdie verraaiers bedink en beplan. Op die mees kritieke tydstip, wanneer daadwerklike optrede vereis word, verdwyn hierdie leiers net soos die groot Wenparty, die KP, van ouds. Dan is ons mense opnuut verslae en ontmoedig en is die slag nogeens geslaan vir die vyande van ons volk – deur “leiers” wat voorgegee het dat hulle die volksaak gedien het.

Verraaiers gaan alles in die werk stel

Ons volk se politieke geheue is wel kort, ja. Maar hulle is nie bobbejane nie. En dit gaan baie harde werk en groot media-dekking verg om nogeens ‘n groot deel van ons volk mislei te kry. Daarom sal ons sien hoe hulle volkstaat-strewe selfs deur die volksvyandige Joodse media belug sal word – net soos wat Orania, Solidariteit en Afriforum, sogenaamde volks-organisasies, gereelde mediadekking ontvang.

Bestudeer self die feite – moet nie weer mislei word nie

Dit kan ook verwag word dat die gewone hantering van kritiek teen hul bose planne toegepas sal word. Ons sien dit reeds so toegepas word selfs met hierdie reeks artikels – hulle swyg daaroor soos die graf asof niks daarvan ooit gesê is nie. Maar wanneer dit rugbaar word en dié manne deur hul eie ondersteuners daaroor gekonfronteer word, wanneer dit nie meer doodgeswyg kan word nie, dan diskrediteer hulle die organisasies waarvandaan daardie kritiek en ontbloting van hul duister motiewe kom, en huil hulle oor die ewige dwarstrekkers wat altyd net op die kantlyn sit en kritiseer, want self dra hulle dan kwansuis niks by tot die vryheidstryd nie.

U as leser word egter opgeroep om die magdom feite en bewyse wat in hierdie reeks artikels aangebied is self te bestudeer, dit te toets aan die waarheid en dan u eie intelligente afleidings te maak.

Verwerp die verraad!

Te lank het ons toegelaat dat hul vernietigende konkelwerk ons volk skade berokken.

Mag ons hierdie maal met die Genade van Bo hierdie misleiers se verraderlike rol ontbloot, nog voordat hulle hierdie nuwe misleidingsaksie behoorlik van die grond af het.

Mag die Afrikaner Akkoord – wat ontwerp is om ons volk se verknegting in sy eie land te verleng – met die minagting verwerp word wat dit verdien.

Mag ons as Afrikanervolk, die wettige eienaars van die Republiek van Suid-Afrika, nie berus in die terug-bedel van ‘n stukkie van ons land, nadat ons politieke seggenskap oor ons eiendom ons deur verraad ontneem is nie.

Die land is ons land! Ons Godgegewe erfenis. Ons sal biddende bly vir die herstel van ons vryheid in ons Vaderland – geen bedrieglike plan om ons te laat skik vir ‘n klein stukkie daarvan sal ooit deur ons aanvaar word nie!

Lees dan nou in Deel 8 wat ons doen staan en wat ons ingesteldheid behoort te wees.

REGSE VERRAAD – (Deel 6)

Deel 1, Deel 2, Deel 3, Deel 4, Deel 5, Deel 6, Deel 7, Deel 8

Politieke mag bepaal ALLES

‘n Volk kan homself alleen betuig deur middel van sy politieke mag. Wat ook al die manier mag wees oor hoe hy homself wil uitdruk, dit geskied aan die hand van die feit dat hy deur middel van sy politieke mag wetgewing neerlê wat hom by vermoë stel om homself te laat geld.

Verkies hy byvoorbeeld dat onderrig in sy skoolstelsel op Christelik-Nasionale beginsel plaasvind, fundeer hy daardie beginsel in wetgewing waartoe hy in staat gestel word deur die uitvoer van sy politieke magsvermoë. Die aard van sy militêre vermoë – die grootte van sy Weermag en die fondse daarvoor begroot, sy gesondheidsdienste of die uitbouing van sy Nasionale Parke.

Al hierdie funksies word deur hom bepaal wanneer hy oor die politieke mag daartoe beskik. Die teendeel daarvan – soos ongelukkig tans deur die Afrikanervolk getuig kan word – is die totale verlies aan inspraak of seggenskap.

‘n Volk pleeg selfmoord deur mag af te staan

Die weggee van politieke mag, onder watter valse voorwendsel ook al is selfmoord. Politieke leiers wat hul volgelinge daartoe verbind om mag af te staan of selfs geheel oor te dra, is skuldig aan verraad. So ‘n stap kan op GEEN wyse geregverdig word nie en kan NOOIT enige voordeel vir daardie volk inhou nie.

Politieke mag verseker die voortbestaan en vooruitgang van ‘n volk. Deur hom dit te ontneem, selfs gedeeltelik, word ‘n onreg teen so ‘n volk gepleeg.

Volk krepeer, word geboelie

Die klinkklare bewys daarvan is die totaal magtelose posisie waarin ons volk onsself vandag bevind. Die Swart meerderheidsregering minag die Afrikaner se belange doelbewus. Daar geld verskillende stelle regsreëls vir Wit en Swart. Die boer wat optree teen veediewe word meedoënloos gejag en vervolg asof hý die misdadiger is. Die Swart politieke leier wat sy volgelinge oprui tot die uitmoor van Blankes word dit toegelaat en kom daar skotvry van af.

Die Afrikaner moet tevrede wees met die ondergeskikte posisie waarin hy deur die verraad van sy leiers ingedwing is. Met die verlies van sy politieke mag is hy uitgelewer aan die wil van diegene aan wie daardie mag oorgedra is.

Alleen deur herstel van sy volle politieke mag kan die Afrikaner weer vry wees in sy vaderland. Veral gegewe in ‘n veelrassige bestel waar die oorgrote meerderheid ‘n verhouding van sowat 1: 21 is, behoort dit duidelik te wees dat selfs gedeeltelike selfbeskikking geen vryheid teweeg sal bring nie.

Nasionale Party mislei kiesers

Die oordrag van mag is die politieke slenter waarmee Afrikaners deur die destydse Nasionale Party-regering, asook hul geheime meelopers in die “regse” Afrikaner Volksfront verraai is. Valse beloftes van “wigte en teenwigte”, die waarborg van “minderheidsregte” deur die Nasionale Party het baie gou geblyk maar net suswoordjies te wees, daar het natuurlik dadels van gekom.

Deur die mag te oorhandig verbeur jy die voorreg om te bepaal watter posisie jy voortaan beklee – daardie voorreg setel in die hande van die veroweraar aan wie die mag oorhandig is. Gegewe die veroweraar se politiese- en ontwikkelings-onvolwassenheid, lei dit noodwendig tot onderdrukking en selfs weerwraak teenoor die voormalige magshebbers.

“Regse” leiers verraai volk ook

Insgelyks aan die NP-misleiding van die Blanke kieser is ook deur “regse” leiers valse beloftes van “selfbeskikking” en ‘n “volkstaat” gemaak. Nogeens soetklinkende woorde wat mooi beloftes inhou, maar soos dié van die NP-regering oor geen inhoudelike waarde of uitvoeringskrag beskik het nie. Kragtige misleidings-middels ja, maar van alle inhoud ontdaan! 

Die verloop van 3 dekades het duidelik laat blyk dat al hierdie soetklinkende woorde bloot maar leë beloftes was. Leuens en valse voorwendsels waardeur mense oorreed is om ‘n politieke bestel te betree wat as niks anders as politieke selfmoord van ‘n volk gesien kan word nie.

Politieke wanopvatting

Wat enige denkende mens hoofbrekens besorg is waarom die dringende begeerte bestaan het by politieke leiers om van die politieke mag afstand te doen. Daaroor kan breedvoerig uitgewei word in ‘n ander artikel.

In ‘n neutedop die volgende: dit ontstaan vanuit die kritieke denkfout dat die Republiek van Suid-Afrika nie ons eiendom is nie. Die Republiek van Suid-Afrika wat in 1961 in aansyn geroep is, is internasionaal erken.

Hierdie land is geleidelik oor etlike eeue ná volksplanting beset en ontwikkel. Die land was grotendeels onbewoond – woes, wild en leeg. Die Blanke pionier het dit verken, gekarteer en geleidelik aan die wildernis ontworstel. Waar Swart volkere teëgekom is, is later aan hulle grondregte in die vorm van Tuislande toegeken. Daar sou hulle tot volle politieke onafhanklikheid kon ontwikkel.

Hierdie land is óns land!

Deur die geskiedkundige gebeure heen van die Groot Trek, die stigting van die Boere-Republieke, Uniewording in 1910 en daarna Republiekwording in 1961 is hierdie mooie land bewoon, bewerk, ontwikkel. In sy kort bestaan vanaf 1652 is ons land met die seën van die Almagtige toegelaat om tot ‘n reus te ontwikkel. Met die onvoorwaardelike erkenning dat hierdie land wat getem en ontwikkel is tot een van die voorste Westerse lande – ‘n leier op vele terreine – die onbetwiste eiendom van die Witman is. Meer spesifiek nog, van die Afrikaner wat hier as volk ontstaan het en wat hier die leiding geneem het. 

Dr. Verwoerd stel dit in ‘n toespraak op 3 Februarie 1960 as volg:

“The white man who came to Africa, perhaps to trade, and in some cases, to bring the Gospel, has remained and we particularly, in this southernmost portion of Africa, have such a stake here that this has become our only motherland. We have nowhere else to go. We settled a country which was bare. The Bantu too came to this country and settled certain portions for themselves. It is in line with thinking on Africa to grant them there, those fullest rights which we with you, admit all people should have. We believe in providing those rights for those people in the fullest degree in that part of Southern Africa which their forefathers found for themselves and settled in.” But we also believe in balance. We believe in allowing exactly those same full opportunities to remain within the grasp of the white man in the areas he settled, the white man who has made all this possible.”

Burgerskap is voorwaardelik

Soos die Suid-Afrikaner wat in Duitsland gaan studeer en etlike jare daar woon steeds geen aanspraak op Duitsland as sy grondgebied kan maak nie, so kon elke Swart volk hier volledig aanspraak maak op hul eiendom, hul Tuisland, sonder enige aanspraak op wat algemeen as “Blank Suid-Afrika” bekendgestaan het.

Staatkundig onverklaarbaar

Dit het dus gegrens aan politieke waansin om in 1994 die politieke seggenskap oor ons eiendom af te staan en te oorhandig aan mense wat daar geen reg of aanspraak op het nie. Daarom was dit onaanvaarbaar om onderhandelinge aan te knoop en eindelik ‘n rewolusie te laat afspeel waar die regmatige eienaars polities ontman word. Waarom sou ek met my buurman in onderhandeling tree oor my huis wanneer ek kaart-en-transport daarvan besit? Dis gewoon malligheid om daaroor te onderhandel – dit is mý huis!

Blanke kieser wou nie mag oorhandig

In die tydperk net voor 1994 was dít die sinnelose situasie waarin ons onsself bevind het. En soos reeds male sonder tal in hierdie reeks aangetoon, was die Blanke kieser gekant teen verdere onderhandelinge (kapitulasie/weggee) en sou die NP-regering by die stembus verslaan word vanweë die Blanke kieser se besef dat die regering se onderhandelinge en hervormings  besig was om op ‘n ramp af te stuur.

Daardie oordeel was reg en kon reeds kort ná 1994 gesien word. Sedertdien is ons land verniel, vernietig en geplunder. Van die eens trotse en vooruitstrewende Blank Suid-Afrika het min oorgebly, die sterkste ekonomie in Afrika is tot rommelstatus gereduseer. Die Witman, wat steeds die ekonomiese ruggraat van die ekonomie vorm, word uitgesluit en verswelg, en selfs geviktimiseer.

Hele land behoort aan ons, maar gee ons asseblief net ‘n deeltjie

Net soos die NP-regering se onderhandelinge met die ANC onheil vir ons land voorspel het, was die Volksfront se geheime gekonkel met die ANC (wat later deur die Vryheidsfront gefinaliseer is in die Afrikaner Akkoord) eweneens waansinnig. Oorhandig julle volle politieke seggenskap oor gans die Republiek van Suid-Afrika aan die kommunistiese meerderheid, en begin dan die proses om weer ‘n klein gedeelte van jou eiendom terug te smeek.

Absolute waansin!

Bedoeling was nooit die daarstel van ‘n Volkstaat nie

En daardie proses van terugsmeek van ‘n gedeelte – die “volkstaat” moet geskied aan die hand van die dokument (die “Afrikaner Akkoord”) wat deur geheime gekonkel met die ANC opgestel is. Daardie dokument dra net so min waarde as wat enige van die ander valse versekerings soos “wigte en teenwigte” en “minderheidsregte” dra. 

Die bewys van die onuitvoerbaarheid daarvan is dat dit na 30 jaar steeds  geen greintjie selfbeskikking vir die “Afrikaner-minderheidsgroep” kon beding nie. En dít ten spyte van grondwetlike beskerming, artikel 235, beginsel 34 in die grondwet en die baie duur oefening van die Volkstaatraad ten spyt. Die rede is voor die hand liggend – dit was misleidingspolitiek deur die verraaier-leiers wat ons volk uitverkoop het. Dit het nooit ten doel gehad om waarlik selfbeskikking, nog minder ‘n “Volkstaat” vir die Afrikaner daargestel te kry nie.

Nuwe verraad aan die hand van dieselfde Akkoord

Dat daar tans opnuut gepoog word om dié bewese nuttelose dokument nuwe lewe in te blaas is ‘n skreiende skande. En laat dit hier kategories gestel word – die geskiedenis het bewys dat hierdie dokument gewoon nikswerd is – enige poging om dit weer aan te bied as ‘n oplossing is nogeens verraad! Dit kon nie eens binne-parlementêr enigiets bereik nie. Watter logika dikteer dat dit nou eerder buite-parlementêr kan slaag?

Daar is groot gewag gemaak deur Tabok en Boermedia oor die “internasionale advokate” wat die dokument sou ondersoek om dan die hoop te laat posvat dat dié ding internasionale regskrag sou geniet. Dis natuurlik aangevuur deur die groot geloof in die internasionale bindingskrag daarvan soos geag deur prof. Hercules Booysen wat self jare lank lid van die Volkstaatraad was.

Maar, helaas, tot hulle groot spyt en groter verleentheid moes hul van die hooggeleerde internasionale regskenners verneem dat die dokument oor geen sodanige regskrag beskik nie. Dit verhoed egter nie dat die Akkoord steeds ywerig bemark word nie … nogeens ‘n geelwortel…’n hersenskim van wat nooit sal wees nie…

Het die Afrikaner Akkoord enige krag?

Maar wat sê dié dokument van verraad? Kan dit selfbeskikking of ‘n grondgebied vir ons volk bewerkstellig? Kan dit ons volk van ANC-tirannie bevry, ons weer seggenskap oor ons eie sake gee?

Andries Breytenbach (later die leier van die verloopte HNP) wat self ten nouste betrokke was by die verraad en die ondertekening van die Afrikaner Akkoord maak in November 2020, terwyl nuwe verraadsplanne rondom die herlewing van die Afrikaner Akkoord reeds gesmee word, die volgende opsienbarende stelling oor hierdie herlewing van die planne:

“Indien dit hoegenaamd moontlik was om die onderhawige ooreenkoms(te) af te dwing, moes dit gedoen gewees het toe die Volkstaatraad summier afgeskaf is sonder dat hulle finale verslag voor die parlement gedien het. Om dit nou, ná ʼn kwarteeu in die Afrikaner-vyandige konstitusionele hof te probeer doen, is wensdenkery.”

Akkoord bevestig nuwe bedeling

Die eerste belangrike aspek om in ag te neem is dat met die ooreenkoms wat deur hul geheime ontmoetings bereik is, sekere erkennings gemaak word wat beide partye stewig verbind tot die nuwe bedeling wat in 1994 sou ontstaan. Dit moes aanvaar word dat die Blanke sy politieke mag verloor en geensins moes durf waag word om terug te gryp na die ou Suid-Afrika nie.

Die dokument is op 21 Desember 1993 vrygestel. Relevante gedeeltes word hieruit aangehaal. Die volledige dokument is ter insae beskikbaar.

Memorandum of Agreement between

the African National Congress

 and the Afrikaner-Volksfront        

The delegations of the African National Congress and the Afrikaner-Volksfront have met on numerous occasions to discuss matters concerning the political transition [oordrag van politieke mag] in South Africa.

  1. These discussions have resulted in the following agreements of understanding:
  1. Both parties are committed to the development of a non-racial democracy. They both accept that many Afrikaners also have a commitment to the ideal of self-determination in a Volkstaat and that this ideal should be addressed expeditiously, without delaying the current process of transition.

Both parties reject any political suggestions which would embody racism and failed apartheid policies.

1.2   Both parties believe that the objectives stated above are obtainable, and that a suitable political solution can be found through a process of negotiations. The formulation of this solution demands commitment founded on a new vision for the future for South Africa, supported by its leadership. Both parties seek constructive engagement in the constitutional process. This is a crucial commitment which will help in addressing the entrenched mistrust and antagonism which exists between the supporters of the Afrikaner-Volksfront and the African National Congress.                                                                                                        

Blankes gebind – ANC verontagsaam

Soos die geval is met meeste ooreenkomste en onderhandelings met die ANC het die Blanke deelnemers gretig die letter van elke klousule nagevolg. Dit kan nie van die ANC gesê word nie. Reeds vanaf die hoogs geheime onderhandelings tussen Nelson Mandela voor sy vrylating en Nasionale Intelligensie in opdrag van PW Botha, het die ANC die eise gestel en die onderhandelinge (vanuit hul verswakte posisie!) gedomineer en die gang van sake gedikteer.

Dit was niks anders met die Kodesa-onderhandelings nie. Die Blanke onderhandelaars het skaamteloos voor die ANC gekapituleer. Dieselfde het ook gegeld in hierdie onderhandelings wat tot die totstandkoming van die Afrikaner Akkoord sou lei. Die “regse” deelnemers sou gewillig skoothondjies van die nuwe heersers word, en gedweë inval by die nuwe reëls vir hulle neergelê.

En het hulle toe nie ook pragtig help saam bou aan die nuwe “non-racial democracy” nie. (En natuurlik lekker saam soustrein gery ook.) Die ANC het daarenteen geen poging aangewend om sy verpligtinge na te kom nie.

ANC was nooit bereid tot Volkstaat-skepping

In “Anatomy of a Miracle – The End of Apartheid and the birth of a New South Africa” skryf die gesoute politieke rubriekskrywer van die Financial Times, Patti Waldmeir oor die geheime samesprekings wat tot die ontstaan van die Afrikaner Akkoord gelei het: ‘Mandela gave the talks with Viljoen high priority and carefully chose a team of moderate Africans (not the lndian and white communists whom the Afrikaners distrusted) to run them…Thabo Mbeki was also part of the team… Mbeki’s strategy was to keep the Afrikaners talking. That way they would remain under the seductive influence of himself and Mandela; they would be kept away from their war councils; and they would be exposed to a barrage of reasonable questions which might in the end make them doubt the viability of their own volkstaat demands… Mbeki did not tell Viljoen he thought his ideas were crazy; he just kept asking him questions he could not answer… The ANC never had any intention of giving Viljoen his homeland ― but they managed to make him think they were seriously considering it… But it was a stroke of genius on the part of the ANC… it would help to keep Viljoen on a string for as long as this was needed: while the election was won and the state power acquired. Thereafter, it would allow the ANC to slide away from the agreement if it so chose’….”

Een onverdeelde Suid-Afrika

Onder punt 2.1 van die ooreenkoms word die volgende erken: “South Africa should be the home to all its inhabitants who share a common future, based on peaceful co-existence, economic interdependence and constitutional government.” 

Sou ‘n volkstaat ooit ontstaan is dit duidelik wat hier met “economic interdependence” bedoel word. Want “constitutional government” dui op die sentrale regering van ‘n onverdeelde eenheidstaat…

Volkstaat bly onderhewig aan Suid-Afrika

Volgens die ooreenkoms word ‘n werksgroep in die lewe geroep om verskeie sake te ondersoek:

Financial and economic viability of such a region and its monetary and fiscal relationship to the rest of the countryThe nature of the relationship between the Volkstaat and other local, regional and central government/administrative structures

Onderneming skreiende aanklag

Punt 2.7 stel dat die ANC “…gives its commitment to promote agreements entered into with the AVF, including such constitutional and legislative agreements which may be required for their implementation”. Was enige “commitment” deur die ANC aan die Afrikanervolk al ooit die papier werd waarop dit geskryf is?

Nie-rassige burgerskap

In hoofstuk 4 word onder die hofie Burgerskap die volgende gestel: “Any form of derived citizenship intended for persons residing in a possible Volkstaat will not be racially based and shall be compatible with internationally accepted norms.” Ook self verduidelikend – ‘n Blanke Afrikaner-grondgebied met geen rasse-diskriminasie nie. Selfde model as Orania – dit sal ook daar aanstons tot rampspoed lei.

Volkstaat in lyn met nie-diskriminerende Suid-Afrika

In hoofstuk 5 die belangrike afkondiging onder punt 1: “The concept shall in no way be construed as to give support to those fatal racist ideologies of the twentieth century that was based on chauvinistic excessive escalation of identities or ethnocentrism which bred discrimination, racism and prejudices which on their part brought war, misery and death to many

Al die tyd was skrywer onder die indruk van die ongekende vrede, stabiliteit, ekonomiese groei en goeie rasseverhoudings in die tyd van dr. Verwoerd! Het ons nie daarna onder die beleid van “wegbeweeg van diskriminasie” gedaal tot ‘n misdaad-mekka van die wêreld met die hoogste moordsyfer per capita nie? Met rasse-spanning wat die hoogte ingeskiet het daarby.

Volkstaat moet staat ondersteun

Onder punt 5: “A balance should be negotiated between the desire of such a people for self-determination and the ideal of peaceful well-being of the larger whole of society”. Van ‘n onafhanklike, self-beskikkende volkstaat is hier geen sprake nie – bloot maar net ‘n area in die groter NSA. En dan: “Self-determination will serve the purpouse of building the state and not cause the dislocation of te state. It should fascilitate peace and not cause conflict.” Dit is te betwyfel of die gewone Volksfront-ondersteuner vrede sou hê met wat hier vir hom beding is!

Verraaiers het net so min as ANC Volkstaat begeer

Die onwerkbaarheid van die impotente grondgebied vir die Afrikaner wat hier deur “regse” leiers en die ANC bekonkel is behoort aan iedereen nou duidelik te blyk. Dit laat mens opnuut besef dat, nie net van die kant van die ANC daar nooit enige erns of opregte intensie was om ‘n Volkstaat daar te stel nie, dit kan met sekerheid ook gesê word van die onderhandelaars aan die ander kant van die tafel. En die geskiedenis lewer bewys daarvan.

Daarteen kan hul geen betoog hê nie. Hoeveel tyd sou nodig wees om ‘n saak van soveel erns deurgedruk te kry? Die politieke wil tot die daarstel van ‘n Volkstaat het ontbreek – dit was nooit meer as ‘n fopspeen om die huilende baba mee te sus nie.-

Waar was hulle erns?

As die Afrikanerleiers opreg was in die daarstelling van ‘n Selfbeskikkings Volkstaat sou mens kon verwag dat hulle veral met die kundigheid tot hul beskikking sekere indringende vrae sou stel en voorwaardes en waarborge aangevra het ten einde nie soos tans met leë hande en rooi gesigte te staan nie.

Vrae soos:

  • Oor watter uitvoerende magte sal die (plaaslike) regering van die Volkstaat beskik? (Dit sou duidelik bloot ‘n plaaslike regering – soort van ‘n stadsraad kon wees volgens die ooreenkoms)
  • Wat is die prosedure wanneer dispute tussen die plaaslike regering (Volkstaat) en oorkoepelende staat beslis moet word?
  • Oor watter kritieke aangeleenthede sou die Volkstaat volle seggenskap hê? (bv. skole, hospitale ens.)
  • Watter deel van die belastinggeld wat by Volkstaters gehef word word weer aan die Volkstaat uitgekeer?
  • Sou daar ‘n aparte regstelsel bestaan wat reg oor Volkstaters spreek?

Die lys van kritieke maar onaangeraakte kwessies is eindeloos. Net nog ‘n bewys dat die hele kwessie rondom die Afrikaner-Akkoord maar ‘n weerligafleier was.

Dit was die geelwortel waarvan niemand buiten die onderhandelaars enige kennis gedra het nie. Daarom was dit ‘n spoedig saamgeflanste dokument wat die skyn moes voorhou dat “waarborge van Selfbeskikking” vir ‘n volk beding is wat verswelg sou word deur die een-mens-een-stem demokrasie waarin hy geoffer is.

By verlies aan sy politieke mag moes dié stukkie nikswerd papier hom gerusstel en hom oorreed om deel te word van die goddelose bedeling.

Op hierdie artikel volg Deel 7. Daarin word verduidelik waarom ons die nuwe verraad van teruggryp na die verraderlike “Afrikaner-akkoord” moet verwerp en bestry en wie is die betrokkenes by die nuwe verraad…

Terug na Deel 5