Het die Afrikanervolk ‘n reformasie nodig na sy ware erfenis en kultuur?

Erfenis, kultuur…

Dit is swaar woorde. Woorde wat mense nie vandag graag gebruik nie, behalwe om te spot.

Hoe het dit gekom dat ons hierdie begrippe so minag?

Wanneer is ons besig met kultuur en wanneer is dit maar net tradisie of gewoonte of selfs mode?

Maar wat is kultuur?

Vir meeste mense is kultuur iets vaags wat te doene het met braaivleis en koeksisters, ‘onder die belt’- grappies en die praat van ‘n soort gemengde Afrikaans/Engels…

Maar dit is nie kultuur nie. Dit is goeie of slegte gewoontes.

Ware kultuur is daardie eienskappe wat van ‘n groep mense ‘n volk maak. Wat hulle saamsnoer rondom ‘n gemeenskaplike geestes-besit, ‘n gesamentlike geestes-erfenis. * * *  (sien verduideliking onder)

Daarom, moet die woord kultuur vir ons beteken: ons Bybelse beginsels, ons land, ons taal, ons  volksmusiek — volkspele, volksliedere…

Dit bring ons by nog ‘n vraag:

Waar pas musiek in by kultuur?

Musiek is een van die maniere waarop kultuur homself openbaar. Musiek is deur die Here aan ons gegee tot opbouing en versterking van wie ons is.

Ons mag musiek nie ligtelik opneem nie.

Musiek is nie sommer so nie. Dis baie besonders. Dis magtig.

Maar ook musiek is bederf deur die sonde. Die eerste geweldadige lied, deur Lameg, tot eer van homself gekomponeer, het al gewys hoe musiek aangewend kan word tot haat en vernietiging. Daarteenoor wys die Psalms weer, tot eer van God geskryf, hoe musiek kan opbou en verhoog.

As dit verkeerd gebruik word kan dit vernietig, doodmaak, verander.

Daarom gebruik die vyande van God musiek téén die kinders van God. Lank reeds is hulle besig om,  veral met musiek, ons oorge-erfde Afrikaner-kultuur te vervang met vreemde kultuur.

Oral waar vandag musiek gespeel word, hoor ons nagemaakte Amerikaanse/internasionale anti-kultuur. So gaan dit nou al vir meer as tagtig jaar aan. Ons het hierdie afbrekende anti-musiek al so gewoond geraak, ons dink dit is ons eie.

Daarmee saam het ons al meer ons vermoë verloor om te onderskei tussen verfynd en onbeskaafd. Kyk maar — in plaas van die sierlik uitgewerkte passies van ons eie, besonderse volkspele, staan ons nou en heupswaai en ruk op ritme — soos enige rowwe kind van Afrika.

Kyk maar ook na ander kunsvorme — die mooi van die Skepping word nie meer uitgebeeld, tot eer van die Skepper nie – nee, die dierlike laagheid van die sondige mens word gedurig in ons gesigte gedruk.

Vermaak — selde of ooit is daar meer goeie, skoon humor — waar die mens vir homself lag. Nee, alewig die verlekkering in al wat smerig en agterbaks is.

So ploeter ons in die ‘lekker’ modder rond – en so sak ons weg in ’n moeras van geen kultuur, geen identiteit, geen toekoms.

Is ek té erg, té radikaal? Nee, ek dink nie so nie.

Sopas in Oktober het ons weer die geskiedenis van die Reformasie herdenk. Dit is nie outydse geskiedenis nie.

Dit is gister – vandag – môre. Die hervormers van die 16de eeu, is die (Afrikaner)volk van nou, en die geloofs-helde van môre…

Dit het alles met ons en ons bestaan hier in Afrika te make, want ons volk is in die lewe geroep vanuit die reformasie.

Semper reformanda!

Dit was die roepwoord van ons volk se beginjare.

Weer ‘n swaar woord met groot betekenis…

Wat beteken reformeer?

Dit beteken = terugkeer.

Weg van wat ons gewórd het – lekker eet, lekker stout wees, lekker vloek, lekker ‘glo’…

Terug na ons erfenis en alles wat suiwer, mooi en goed is.

Terug na wie God ons gemaak het: gelowig, wit, Afrikaans.

Binne gesin, familie, volk.

Terug na God.

“Ek is die Trekker met my wa.

die wit kind van groot Afrika.

Ek is geen vreemde

uit vreemde hoek,

Wat hier na goud

en roofgoed soek.

Ek kom my ryke erf’nis vra,

Ek kom dit soek en speur dit na

Erfseun van my Afrika.”

~ Totius ~

 

* * *  Ter verduideliking –

Met Geestes-besit en geestes-erfenis word bedoel:

  1. Bo alles, die onvervalste Woord van God, in die Afrikaanse taal bekend as die 33/53-Bybel.
  2. Die rotsvaste, oorgelewerde geskrifte, waarin ons gelowige voorouers lankal reeds al die kwessies van die dag deurtrap en uitgeklaar het –  gestaaf vanuit die Bybel en gegrondves op die Woord. Ons noem dit  Belydenisskrifte. Vandag vir ons so te sê verlore, omdat ons, ons ore  uitleen aan kwaadwilliges wat dit afmaak as outyds / anti- Bybels /  ‘kerks’…

(Vir die wat vergeet het = kerk beteken kinders van God)

  1. Die ware geskiedenis, sonder die invloed.van on-Bybelse ideologieë — wat ons aan ons kinders moet vertel sodat hulle die hand van God daarin  kan herken.
  2. Al die opheffende prosa en poësie, skilderye, beeldhouwerk, kunswerke (dink bv aan die tappiserieë en friese wat in die Voortrekker-Monument hang)… ons  kunsliedere, volksliedere, volkspele…