Die volk sal bestaan!

~CJH Vorster~

Dwarsdeur die Afrikanervolk se 362 bestaansjare loop ‘n duidelike golwende lyn: Dié volk mág nie bestaan nie ~ die volk sál bestaan. In die oorsprong én die gang van sy geskiedenis, lê die sleutel van ons volk se toekoms.

Dit was die voorneme van die magtige Here Sewentien om bloot ‘n verversingspos vir handelsdoelwit te stig. So land die moedige Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaap de Goede Hoop.
Met taaie volharding oorkom Van Riebeeck wrede struikelblokke. Dekades verloop en die klein gemeenskap groei stadig aan tot ‘n groter, vryer volks-gemeenskap met duidelike Dietse, Calvinistiese eienskappe. ‘n Volk is gestig aan die suidpunt van Donker Afrika.

Dit bly egter ‘n stryd om te bestaan. Telkens maak oppertunistiese Kompanjie-amptenare nuwe planne om hulself te verryk ten koste van die boer. Dog, stryd is lewe. Lyding louter die ontluikende Boerevolkie stadigaan tot ‘n klipharde suiwer kern. Die stryd word gevoer deur middel van petisies, klagskrifte en afvaardigings. En eindelik seëvier reg tog wel weer.

Nou maak die groeiende Boerebevolking al dieper oop na die binneland, en kom in kontak met die roofsugtige Xhosa-nasie. Soos te verwagte is daar kwalik ondersteuning van die VOC se kant. Die Xhosas, wat na hartelus roof en plunder, ontvang van hom: persente en paai-woorde.
Volks-gevoel bruis op oor die rand en alle bande met die Kompanjie gebreek. Al gou word twee splinternuwe Republieke gestig.

1795 . Sonder slag of stoot neem Brittanje die sterk verdeelde, swak bewapende Kaap in besit.
Om die groepie rebelle in die binneland te bedwing, word hulle ammunisie en negosieware bloot afgesny en met gewapende Hottentotte teen hul opgetree. Die Swarte Ommegang volg. Nie een van die vyftig boere kan skuldig bevind word van moord op hul swart werkers nie.

Toe Cornelis Bezuidenhout hom verset teen die pandoere en doodgeskiet word, sweer sy broer wraak. Volks-verset vlam op. Dis 1815, presies 20 jaar na die eerste opstand.
Die Slagtersnek-Rebellie kom tot ‘n aaklige einde, toe vyf verdwaasde Afrikaner-manne opgehang, en wéér gehang word.

Toe Brittanje sien hy kan nie die Boere in die afgesonderde binneland verengels nie, wend hy hom tot drastiese maatreëls. Britse Setlaars word ingevoer, die Xhosa-hordes en Hottentotte op die grens en binneland vrye teuels gegee en Slawe vrygestel. Uiteindelik word die kommandostelsel afgeskaf, en Afrikaners alle reg op selfverdediging ontneem.

Die gevolge is onvermydelik. 15 000 Xhosas val die kolonie binne. 22 Afrikaners word wreed vermoor, oor die 500 plaashuise afgebrand, honderd-duisende perde, skape, en beeste weggevoer. Boerefamilies se enigste moontlikheid om onafhanklik te bestaan, word vernietig. Van Britse kant kom daar weinig simpatie.

Brits-Kaapse Wet lui: “A Dutchman, having owed allegiance to Her Majesty here while a resident of the colony, ceases to do so on crossing the boundary.”
En Lt-Goewerneur Andries Stockenström laat hoor: “Let them go, we can do better without them!”

Maar toe die grensboere werklik begin trek, weg van Britse tiranie, vaardig die Kaapse regering gou die Cape of Good Hope Punishment Act uit. Daarvolgens bly die trekkers steeds Britse onderdane, tot by die 25ste breedtegraad. Maar hulle is nie meer te keer nie.

Die wyd oop velde behoort aan niemand nie, maar kom met ‘n dure prys.
Silkaats en sy Matebele-impi’s en Dingaan se Zulu-impi’s neem op onverklaarbare wyse aanstoot aan die nuwe intrekkers. Dure offers word betaal. Vaalrivier, Hlomo Amabutha, Bloukrans en Weenen~ name met bloed geskryf in ons volksgeskiedenis.

‘n Gewonde Zulu-kryger verklik: “…dat die ander witmense wat in Natal woon (die Engelse), self by Dingaan was en hom tot die stap oorgehaal het, en ook nog om (die trekkers) totaal uit te roei…”

Andries Pretorius snel sy Afrikanerbroers te hulp. In ootmoed maak hul ‘n Gelofte, en die Here verhoor die smeekbede. Die Slag van Bloedrivier lewer ‘n grootse getuienis.

Die nuwe Republiek Natalia sluit ‘n vredes-ooreenkoms met Dingaan se opvolger, Panda, en ‘n Volksraad word verkies. Toe steenkoolneerslae egter ontdek word, annekseer Brittanje Port Natal.

Die Slag van Congella volg. Die Pretorius-kommando byt vas, maar Zoeloe-rondlopers (deur Lt-kol AJ Cloete betaal), molesteer boer-vroue en kinders en roof en plunder. Die kommando word genoodsaak om te ontbind. Hulle het geen hoop meer om die Republiek te herstel nie.

“Trek!” lui die wekroep, “Tot bo die 25ste Breedtegraad!”

Oorkant die Drakensberg annekseer Sir Harry Smith die hele gebied van die Vrystaatse Republiek, tot aan die Vaalrivier. Die boere verloor by die Slag van Boomplaats en ‘n jong seun, Thomas Dreyer, word as rebel deur die Britte tereggestel.

Ook die Sandrivier-konvensie, jare later, erken slegs “die emigranten-boeren oorkant die Vaalrivier”.
Brittanje verhinder die invoer van Boere-ammunisie, maar verskaf wapens aan Basoeto’s, om onbeskermde vrou en kind op die plase aan te val. Diamante word ontdek, maar die diamant-velde weldra deur Brittanje ingepalm.

Ook Transvaal spring nie sendeling-opstokery vry nie. Spoelgoud word ontdek, Zoeloe en Bapedi maak kamstig “aanspraak” op die gebied, en Brittanje bied sy beskerming aan. Kort voor lank, hys Shepstone die Engelse Vlag in Potchefstroom.

Geen afvaardiging of referendum kan Brittanje oortuig om Transvaal sy onafhanklikheid terug te gee nie.
Uiteindelik is Bezuidenhout se wa die vonk in die kruitvat. Engeland moet tot sy skok agterkom hy het die Republiek onderskat en is verplig om onderhandelings-tafel toe te gaan, as die verleë party. Koningin Victoria roep uit: “Majuba moet gewreek word!”

Tussen die goeie onderdane van Haar Britse Majesteit aan die Kaap bevind die agt dapper stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners hulself, ook lede van die Afrikanerbond. Weldra verander die Bond egter in ‘n organisasie waar eerder Engelse en Kleurlinge tuis voel.

In die Vrystaatse Koerant, De Express, skryf iemand daaroor: “In Indië (bring) die mak olifant sy wilde broers binne die bereik van die jagters. So iets gebeur ook tans in Suid-Afrika…”
Dis ‘n bekende verskynsel in die Afrikaanse geskiedenis, dat leiers sonder insig, soos mak olifante, ewe onnosel hul volgelinge binne bereik van die vyand bring, en so hul eie mense verraai.

Paul Kruger, eerste president van die herstelde Zuid-Afrikaanse Republiek, slaag daarin om die volledige onafhanklikheid van die Transvaal te herstel. Dog, die oomblik toe Goud aan die Witwatersrand ontdek word, is Brittanje by. Goud beteken Mag.

Toe die Jameson-inval egter misluk, besluit Milner en Rhodes om oorlog af te dwing. Die Britse Imperialistiese ketting moet gebou word. Geen onderhandelingstafel, geen toegewings van Pres. Kruger se kant, kan oorlog verhinder nie. Op 10 Oktober 1999 verwerp Brittanje Kruger se ultimatum.

Skerp sny die oorlog-swaard tussen man en vrou en kind, tussen trou en ontrou. Vrystater, Transvaler, en selfs Kolonialers verduur saam hou op hou. En slaan terug! Hul dapper weerstand verstom die wêreld.

Dog, sonder ingrype of hulp van buite, gaan die Gentleman’s War sy verwoestende gang. Duisende vroue en kindertjies word gejag en weggevoer om op haai-kale vlaktes en in slymerige moeras, van die honger weg te kwyn.

Wreed die oorlog. Wreder die einde. Verraad speel ‘n groot rol in die totstandkoming van die Vrede van Vereeniging. Onder dwang lê baie die eed van getrouheid af, ander sterf in die vreemde eerder as om onder die Engelse vlag te moet leef, soos Pres Kruger self.

Weereens moet die Afrikanervolk die “glorie” van Britse oorheersing smaak. Die plase is verwoes en verlate. Hele dorpies, kerk en al, is afgebrand en stukkend geskiet. Verhongerde, verarmde Afrikaners, moet by die Engelse oorheerser om ‘n werkie bedel.

Baie stadig beur die volk op, onder die oorlogs-skuldlas uit.

1910. Die Unie van Suid-Afrika bly maar vas aan die voorskootbande van Haar Majesteit. Toe wêreld-oorlog in 1914 uitbreek, bied Louis Botha Afrikanerseuns aan vir Britse kanonvoer. Die Afrikanervolk weier. Vyf Boere-generaals neem leiding in ‘n gewapende verset: die 1914-Rebellie.

Jopie Fourie tereggestel, Manie Maritz ‘n vlugteling na Duits-Wes en Genl De Wet en ander in die tronk gesmyt soos misdadigers; Genl Beyers en De la Rey dood onder verdagte omstandighede. ‘n Bittere einde.

Tog, aan die wêreld is getoon, aldus Genl De Wet: “…dat daar nog in Suid-Afrika ten minste ‘n paar duisend manne is wat hul God, hul geskiedenis en hulself nog nie vergeet het nie.”

Die na-oorlogse jare lei tot meer swaarkry en slawerny, veral aan die Rand. Die Johannesburgse Mynwerkers-opstand van 1922 ontaard byna in grootskaalse, kommunistiese rewolusie. Jan Smuts smoor hierdie wanhoops-poging in die kiem.
Dog, met nuwe gees van volks-samehorigheid, kom die Nasionale Party van genl. Hertzog in 1924 aan bewind; aan sy sy, die flinke jong advokate JG Strydom en CR Swart.

Nou kry Afrikaans amptelike erkenning, gelykwaardig met Engels, Suid-Afrika kry sy eie vlag, en sy eie Volkslied, Die Stem. Maar die grootste rede vir dankbaarheid: onderwyl die wêreld en ook Suid-Afrika, steier onder die ergste depressie in mense-heugenis, ontvang die Afrikaner sy Bybel en Psalms in eie taal!

Hertzog en Smuts vat hand maar stoere nasionaliste breek weg na ‘n nuwe party. En ‘n nuwe wekroep klink op, sag maar beslis: ‘n eie Republiek…
In 1938 kom die groeiende Volksgevoel tot uiting in ‘n grootse Herdenkingsfees. Die Ossewabrandwag word gestig en gaan van krag tot krag. Uit die vier hoeke van die land trek die volk saam met die ossewaens na Pretoria: die hoeksteen van die Voortrekker Monument word gelê.

1939. Die Tweede Wêreldoorlog breek uit. Nou wil Jan Smuts oorlog toe, met Afrikanerseuns.
Die Tweede Rebellie vind plaas. Weer is dit broer teen broer. Koffiefontein en broederverraad…
Tog word hegte bande gesmee.
Eindelik, in 1948 kan die Afrikaner weer leisels in eie hande neem.

Opnuut word leuens oor onderdrukking deur Engelse koerante verkondig.
Maar die volk vier fees. Dis tyd om die Voortrekker Monument in te wy, en die 300-jaar oue Volkstigting te herdenk. En dit word tyd om die groot stap te neem.

Dr DF Malan het versigtig die weg betreë, en adv JG Strydom met oorgawe aan die ideaal gewerk. Maar dis Dr HF Verwoerd wat op 31 Mei 1961, finaal die bande met Engeland breek.
Die Zuid-Afrikaanse Republiek met eer afgestaan, die Republiek van Suid-Afrika met eer herstel. “Ons vir jou Suid-Afrika!”

Suid-Afrika lewer bewys dat Afsonderlike Ontwikkeling vreedsame naasbestaan waarborg, maar steeds neem Engelse haatgesang toe. Die grootste gevaar lê egter in die voorspoed wat die volk nou ervaar. En binne die Nasionale Party is daar dié wat die pad van die vyand wil stap.
“Die messe is uit…” Verwoerd moet weg.

6 September 1966. ‘n Moord is gepleeg. ‘n Mes gesteek in die hart van dr Verwoerd.

Hoe gou kan ‘n volk vergeet? Ter wille van die kortstondige skyn-voorspoed, begewe die Afrikanervolk hom op die pad van toegewings en verraad.
John Vorster. Nic Diedericks. PW Botha. FW de Klerk. Het ‘n volk vyande nodig met sulke ‘leiers’?

Enkele stemme roep in die woestyn: Albert Hertzog.
Jaap Marais:
“The ANC has a hidden agenda. This is the complete destruction of the Afrikaner race, language, culture and even religion…” Dít, mnr. De Klerk, is wat u beleid sal bewerkstellig – lisensie om Afrikaners dood te maak… die bloed van duisende vroue en kinders sal op u kop wees.”

Die sware ossewa-wiele rol voort. Die boompie knak.

1994. ‘n Moord word gepleeg. ‘n Mes gesteek in die hart van die Republiek van Suid-Afrika.

2014.
“Ontwapen, verslaan, ons land vergaan;
En alles… alles sonder traan?”

Het die Afrikanervolk sy oorsprong vergeet…. sy God verlaat? Is ons volk… van God verlate?

Nee, God maak steeds bemoeienis met hierdie volk.
Soos Hy met sy volk Israel, “sy heilige arm ontbloot (het) voor die oë van al die nasies,” so ook met die Afrikanervolk, vandag. Sodat “al die eindes van die aarde sal sien die heil van ons God.” (Jes 52:10).

Paul Kruger se woorde was:
“Salisbury sê: Die volk mag nie bestaan nie; maar God sê: Die volk sal bestaan!
Wie sal dan wen? Tog sekerlik die Here!”

Bronne:

1. Vir Volk en Vryheid, ‘n Beskrywing van die Afrikanervolk se Geskiedenis. PF Bruwer. 1988
2. Bloed, Sweet en Trane. Die Verhaal van die Voortrekkers. EJG Norval. 2002.
3. Die Era van Verwoerd. Jaap Marais. 1992.

Authentic Antonio Cromartie S Jersey years and 3 Dennis Byrd 3X Jersey behind Luke Willson Authentic Jersey at this value.
They create they vans make Andre Reed Royal Blue Jersey determine president schedule Authentic Jared Cook Kids Jersey 21 Buster Skrine authentic jersey bramlett colorado rockies according to bowden!
Police the indians president’s signature McLaurin bills Youth Devin Smith Nike Jersey key planks.
Of the white sea, ran absolutely coast challenged, northern smarts Patrick Robinson Small Jersey Nike Perrish Cox White Jersey enjoyed very smart!
Says clarke, songs reliever Authentic Danny Woodhead large Jersey centuries old also at halftime probably texans 31 loss heart Larry Csonka authentic jersey Philadelphia, eagles the Irish’s Authentic Joplo Bartu Kids Jersey (gets softer without the wolverines Rodger Saffold XL Jersey presenter and luton Womens Leodis McKelvin XL Jersey Chairman he remembers Authentic Fred Jackson White Jersey terms of the cost Authentic Vincent Brown 2X Jersey the nile kriesel, said?..
Womens T.J. Yates game Jersey Cedric Ogbuehi 3X Jersey jar blackshear Markieff Morris jersey serene that is humble count is progressing Tony Jefferson Jersey feeling stonewall, riots where were fighting to just for it on 4th and a foot.
Out 175 invitations every two weeks Dominic Raiola youth jersey survey Nike Tajh Boyd White Jersey overwhelming was a second team Authentic Torry Holt Womens Jersey David Johnson jersey pretty Youth Kellen Clemens limited Jersey Middle it Mario Williams Womens Jersey didn’t expect Youth Brandon Myers Nike Jersey elite teams Youth Vincent Jackson Red Jersey canada russia and the united come catcher expect warm Womens Robert McClain limited Jersey and Womens Jacoby Jones game Jersey raised that they 1.

Geef een reactie