Maandelijks archief: september 2021

ENGELS, ENGELS ALLES… AFRIKAANS!

Gepubliseer ANB Nuusbrief April 2006

Tans is daar ongeveer 5 000 moedertale op aarde. Van hulle sal meer as die helfte teen 2100 nie meer gepraat word nie. Afrikaans hoef nie een van die tale te wees wat uitsterf nie, skryf MARISA HAASBROEK.

Nog nooit in die geskiedenis was daar ‘n taal wat deur so baie mense op so baie plekke gepraat word as tans met Engels nie. In 1936 was daar 174 miljoen mense wat Engels as moedertaal gehad het en 20 miljoen mense wat Engels as tweede taal gebruik het. In 1986 het 300 miljoen mense Engels as moedertaal gebruik en 400 miljoen as tweede taal. Teen 1997 het die syfer gestyg tot 350 miljoen mense met Engels as moedertaal en 700 miljoen met Engels as tweede taal. Daarby kon 1800 miljoen mense hulself op ‘n manier met Engels oor die weg help.

Engels is ongetwyfeld tans die taal van die diplomasie. ‘n Waarnemer was byvoorbeeld in 1991 tydens ‘n politieke konferensie in die Balkan, geskok toe omtrent al die deelnemers, wat Russies goed magtig was, verkies het om in gebroke Engels met mekaar te praat. Daardie lande sien Rusland as ‘n onderdrukker en Engels is dus meer neutraal vir hulle, maar die groter gebruik van Engels bly nietemin ‘n wêreldwye neiging. Soos in die Europese Unie met sy ses amptelike tale en al, word Engels tans meer gebruik as Frans of Duits.

In die lugvaartbedryf praat almal Engels. Is daar in ‘n land twee amptelike kennisgewings, is een waarskynlik in Engels. Daar word baie meer Engelse koerante en tydskrifte gepubliseer as in enige ander taal. Engels is die taal van die Internet en van die meeste flieks en TV uitsendings. ‘n Mens hoor Engelse woorde in ‘n Duitse nuusbulletin, in ‘n Franse sportverslag, in gesprekke tussen Zoeloe en Afrikaanse tieners. Belangriker nog, as twee mense verskillende tale praat, praat hulle meestal Engels met mekaar, synde in die gange van die VN of in ‘n rekenaarwinkel in Singapoer. Ek het al, tot my spyt, Engels met Nederlanders gepraat!

Nooit het ek kon dink dat ek met iets wat Mahatma Ghandi gesê het, sou saamstem nie, maar ‘n mens is lus om saam met hom te weeklaag: “… people seem to be drunk with the wine of English and they speak English in their clubs, in their home and everywhere. They are denationalized.” Die feit dat hy dié uitspraak in 1946 in Engels gemaak het, maak dit juis meer ironies.

Daar is tale in die wêreld met meer moedertaalsprekers as Engels. Chinees het 700 miljoen van hulle en Hindi (van Indië) ook 350 miljoen, maar hierdie tale word in ‘n enkele, goedbegrensde gebied gepraat en is nie sulke wêreldwye tale soos Engels nie.

Tydens die Romeinse Ryk het tale ook teen so ‘n duiselingwekkende tempo soos vandag tot niet gegaan. Kyk ‘n mens na ‘n kaart van die grondgebied waaroor die Romeine teen 100 vC die septer geswaai het, was daar ongeveer sestig tale in gebruik. Vyfhonderd jaar later het net tien tale in hierdie gebied oorgebly. Die sterkste twee was Latyn en Grieks. Die linguïs, Andrew Dalby se beskrywing van hoe ‘n tipiese nieLatyns-sprekende gesin in daardie dae sou redeneer, verduidelik goed wat die dinamiek van so ‘n taalverplasing is.

Sprekers van minderheidstale wat hulself binne ‘n groter gemeenskap en ekonomie bevind het, kon besluit het dat hulle niks met die nuwe taal te make wou hê nie. Maar dan het hulle hul afgesny van ‘n moontlike inkomste. Baie gou sou hulle besef het dat handel en beroepsmoontlikhede in Latyn meer was. Hulle kon dus besluit het om Latyn net te praat as dit noodsaaklik was. Mettertyd sou hulle Latyn egter goed kon praat. Spoedig sou so ‘n gesin moes kies watter taal hulle hul kinders sou leer. Hulle kon daarop aandring dat die kinders net hulle moedertaal praat. Maar hulle sou aan hulself moes erken dat daar meer geleenthede vir hul kinders sal wees as hulle Latyn goed kon praat en sou die kinders dan Latyn begin leer. Die kinders sou dan min of meer tweetalig groot word. Hulle sou die ou taal meer by die huis en in die buurt hoor en Latyn in die handel en by die werk.

In die Romeise Ryk is beweeglikheid aangemoedig en die kans dat ‘n volgende geslag met iemand trou wat ‘n ander moedertaal praat, was groter. As hulle self ouers in so ‘n gemengde huwelik word, sou hulle doelbewus moes besluit in watter taal hulle die kinders gaan grootmaak. Latyn sou al hoe meer na die logiese keuse lyk.

Soos wat die klem met elke volgende geslag al hoe meer op Latyn val, word die motivering om die ou, plaaslike taal enigsins aan te leer, al hoe kleiner. En mettertyd verdwyn die ou taal heeltemal. Soos in die geval van Latyn destyds, praat meer mense Engels, omdat Engels tans die voertuig na groter welvaart is.

Koning Kamehamela IV van Hawaii wat in 1855 die volgende gesê het, som die huidige beskouing oor Engels goed op: “… it is my firm conviction that unless my subjects become educated in this tongue (Engels), their hope of intellectual progress, and of meeting the foreigners on terms of equality, is a vain one.”

Met hierdie uitspraak het die koning in wese die doodvonnis van Hawaiis geteken. In 1870 het Engels in Hawaii die taal van alle wetgewing geword, in 1893 is die monargie omvergewerp deur ‘n gesamentlike poging van buitelandse sakemanne. Kort daarna het Amerika Hawaii geannekseer. Al het die Hawaiiers hul taal en kultuur opgeoffer, omdat hulle Engels as ‘n hoër-status taal gesien het, het dit hulle niks gebaat nie. Vandag is hulle ‘n minderheid in hul eie land en bevind hulle hulself meestal in lae-status-poste wat swak betaal.

Veeltaligheid is sommer ‘n oorlas en hoe gouer almal Engels praat hoe beter, meen baie mense. Die meeste van hulle is interessant genoeg Engelssprekend. Hulle is verkeerd. Soveel tale as moontlik moet bewaar bly. Dis dalk die maklikste om dit met behulp van die ekologie-beeld van biodiversiteit te verduidelik: as die genepoel van ‘n spesie te klein raak, raak die spesie kwesbaar vir siektes. Dis presies dieselfde met tale.

Talle linguïste is van mening dat elke taal in die wêreld ‘n unieke denkstelsel het, unieke kennis het en dus ‘n unieke bydrae maak tot die menslike ervaring. Gestel daar steek oor ‘n eeu weer ‘n geestelike gogga, iets soos kommunisme, sy kop uit en daar is net twee tale in die wêreld oor. Van waar af gaan die verset kom teen die dwang op denkvryheid as die hele mensdom op presies dieselfde manier dink?

‘n Sprekende voorbeeld van hoe kennis in ‘n spesifieke taal ingebed is, kom uit die taal Noord-Fries, wat tans ‘n minderheidstaal is wat net op die eilande Föhr en Amrum noord van Duitsland gepraat word. In alle moderne Europese tale kry ons ‘n woord vir die pituïtêre klier (ook bekend as die harsingslymklier), wat gewoonlik óf ‘n Latynse óf ‘n Griekse oorsprong het. Sulke akademiese woorde dui gewoonlik daarop dat net mense soos dokters en ander anatomiekenners weet van die bestaan van dié klier. Dié klier is in die meeste diere maar omtrent so groot soos ‘n ertjie en boere en slagters sal dit gewoonlik nie oplet in skape, varke of beeste nie.

Maar die Noord-Frieslanders het ‘n gewone, en baie bekende naam vir dié klier. Hulle noem dit ‘n brajnkoop, ‘n breinknoop. Hoekom? Want Noord-Frieslanders is tradisioneel walvisjagters, wat die klier by dié dier gesien het. In walvisse is dit inderdaad baie meer opvallend en so groot soos ‘n lemoen. Noord-Fries gebruik selfs die woord in een van sy idiome, wat waarskynlik uit die walvisjagtyd kom. “Hi wiar so areg, at ham a brajnkoop baarst”, Hy was so kwaad dat sy harsingslymvlies gebars het. Die walvisjagters het opgelet dat ‘n walvis wat geslag is na ‘n lang en harde geveg met die jagters, bloeding in hierdie klier gehad het. Eers in die 1970’s het die Kanadese navorser Selye sy stresteorie bekend gemaak en deur sy navorsing bevind wat die Noord-Fries-landers al vir eeue weet — naamlik dat stress die pituïtêre klier beskadig.

Dink net, as meer mense Noord-Fries geleer het, kon ons dié kennis al lankal gehad het! ‘n Mens kan nie help om te wonder hoeveel kennis vervat is in daardie vyftig tale wat in die Romeinse Ryk tot niet is nie. Sou sprekers van hierdie tale dalk geweet het van ‘n geneesmiddel vir kanker of ‘n leidraad gehad het wat die wêreld met sy huidige energiekrisis kon help?

Die linguïs, Marianne Mithun is van mening dat as ‘n taal in die vergetelheid verdwyn, die intiemste aspekte van daardie kultuur ook kan verdwyn: maniere waarop daardie sprekers hulle ervarings tot woorde bring, hoe idees met mekaar in verband gebring word, hoe mense met mekaar in verhouding tree. Die meer bewuste aspekte van die taal is ook tot niet: tradisionele rituele, praattaal, mites, legendes en selfs humor. Baie keer sê mense dat as hulle ‘n ander taal praat, hulle ander dinge sê en selfs dink.

‘n Taal wat tot niet gaan, is ‘n verlies vir die hele mensdom, want dis ‘n verlies aan insig in ander mense se belewenis van die wêreld, sê Mithun. Andrew Dalby is van mening dat die mensdom hierdie wisselwerking van verskillende kennis- en denksisteme nodig om voortuitgang te verseker.

Ons aanvaar dus dat dit noodsaaklik is om tale te bewaar, maar my saak en verantwoordelikheid lê ten eerste by my eie moederaal. Hoe stuit ‘n mens die agteruitgang van Afrikaans? Wat doen jy as al hoe meer mense om jou verkies om hulle kinders eerder Engels te leer, omdat soos hulle net soos die burgers van die destydse Romeise Ryk sê: “Hoe anders gaan hulle eendag werk kry?

In die eerste plek moet ons die unieke bydrae van Afrikaans, soos enige ander taal, tot die mensdom se ervaring en kennis besef. Presies waar dit lê, sal slimmer mense as ek moet uitdink. Konkrete voorbeelde soos die Friese klier rakel ‘n mens helaas nie so maklik op nie. Ek voel tog aan dat Afrikaans ‘n verbondenheid met die landskap het, wat dalk uitsonderlik is. Ek dink hier aan ‘n karakter in Ben Venter se roman Waterbobbejaan wat ‘n probleem “oopdink”. ‘n Mens sien amper die wye Afrika ruimtes in die man se kop as hy tot ‘n oplossing kom. So-iets kom meermale in ons letterkunde voor.

alreeds in 1683 het Leibniz gesê dat taal en nasie saam floreer. Nasionaliste redeneer immers só: ek behoort tot hierdie groep mense omdat ek gene, geskiedenis en geloof met hulle deel. Daarom praat ek die taal van my groep, is ek lief vir en trots op my taal. Vir so iemand is dit baie moeiliker om sy taal prys te gee, as vir iemand wat aan homself dink as ‘n blote indiwidu in ‘n see van mense.

wat aan homself dink as ‘n blote indiwidu in ‘n see van mense. Fichte het gesê dat ‘n taal ‘n nasie se siel is. Hy het bygevoeg dat diegene wat dieselfde taal praat aan mekaar verbind is met onsigbare bande. Waar daar ‘n afsonderlike taal bestaan, bestaan daar ook ‘n afsonderlike nasie. Om Afrikaans (of enige ander taal) te bewaar, is dit belangrik om die taal se gebruiksvelde so wyd as moontlik te hou. Andrew Dalby sê dat as ‘n taal aan’t uitsterf is, sy woordeskat en grammatika al kleiner word. Wat gebeur is dat die sprekers van die taal dit nie langer voed nie.

die taal dit nie langer voed nie. CL Barber sê taal het veral ses gebruiksfunksies.

‘n Mens gebruik taal in die volgende funksies:

  • Om jou gevoelens mee uit te druk.
  • Om in te speel.
  • As ‘n instrument tot denke.
  • As ‘n manier om die bande tussen mense te versterk.
  • Om ander mense te beïnvloed en dus ook saam met ander mense te kan werk.
  • Omdat jy deel is van ‘n spesifieke groep mense, dit maak jou deel van ‘n taalgemeenskap.

Die taak van elke Afrikaner is om Afrikaans so dikwels as moontlik op al ses maniere te gebruik. Dink aan elke keer wat Afrikaans gebruik word in enige situasie as ‘n klein oorwinning, nog ‘n asemteug langer wat vir Afrikaans gewen word. Wanneer al daardie baie asemteue bymekaar kom, raak dit ‘n magtige wind. So kan ons, ons taal maar daarmee saam ons unieke uitkyk op die lewe, overgesetsynde ons identiteit behou.

Onthou gerus dat ook vir die magtige Engels die wiel kan draai. Wie praat immers vandag nog Latyn soos Julius Ceaser dit gepraat het? Met soveel tweedetaalsprekers wat Engels tans so geradbraak praat, gebeur dit dalk eerder vroeër as later.

BRONNE GEBRUIK:

  •  Language in danger, Andrew Dalby, Penguin Books, 2002, ISBN 0-140-29064-8
  • The story of language, CL Barber, Pan Books, 1972, ISBN 0-330-33048-9

ANB Nuusbrief – Wat van Volksbehoud?

trapblokkies

10 September 2021

Verwoerd aan die woord: 

“…Dan ‘n laaste gedagte. ‘n Mens moenie net dink aan menspotensiaal en volkspotensiaal nie, want per slot van rekening is hulle maar net tekens van die materiële of die sienbare voorspoed waarna jy soek. Dit is goed om die materiële voordele van jou land te ontwikkel. Dit is goed om mens en volk in te span om jou land ryk en sterk te maak. Deur daardie voorspoed kan jy agting in die wêreld afdwing; kan jy aanvalle afweer; kan jy respek verwerf vir wat jy daeliks verrig. Dit is alles goed; dit is alles noodsaaklik. Dit stel jou ook in staat om die middele aan te skaf wat jy nodig het vir jou landsverdediging. Dus: Inspanning van die mens tot sy maksimale krag, die opbou van die vertroue en die krag van ‘n volk, is alles goed, maar dit tog bykomstig — dit moet ons ook besef — tot iets wat essensieel is.

Daardie iets wat essensieel is, is die volk se stryd om voortbestaan. Volksbehoud neem voorrang bo enige materiële voordeel. Daar sal tye wees wanneer jy die materiële voordeel sal moet prysgee en jou menspotensiaal sal moet inspan op maniere wat jy miskien nie graag sal wil nie. Materiële voordele sal dan moet verloën word ter wille van volksbehoud. Dit is waarmee ek wil afsluit: Die gedagte dat menspotensiaal en volkspotensiaal in diens van die behoud van die volk moet wees, van die volk se voortbestaan, van die volk se identiteit, van sy karakter.

In ons land is dit belangrik omdat dit bedreig kan word deur te veel gebruik te maak van nie-blankes wat eintlik ook ‘n reg op volksbehoud en voortbestaan van hul eie het. Nogtans is daar diegene wat pleit dat hulle ingespan moet word as ‘n deel van die opboumiddels van ons materiële voorspoed, kom wat wil. Met ander woorde, hulle wil met die oog op voorspoed onbeperk die bruikbaarheid van die nie-blankes in ons midde ontwikkel en aanwend. Hulle wil dit nie op hulle eie, binne hul eie gemeenskap op landsgebied waartoe hulle geregtig is, doen nie, maar vir eie doeleinde uitbuit as ‘n deel van een gemengde volk van Suid-Afrika. Dan sal dit beteken dat ‘n menspotensiaal ingetrek word waardeur die blanke se volksbehoud, sy volksidentiteit, verlore kan gaan. Daardie prys mag nie betaal word nie. Die volksbehoud het voorrang. Die volkspotensiaal en die menspotensiaal is sy dienskneg.

Dit geld nie net op die terrein van rasseverhoudings nie. Dit is nie net waar van Suid-Afrika met sy spesiale vorm van bestaansprobleem nie. Dit is ook waar van ander lande waar die kleurfaktor glad nie in die prent kom nie. Ek wil die voorbeeld noem wat teenswoordig in verskillende tydskrifte en koerante ontleed is, naamlik Switserland. Switserland is ‘n staat wat geweldig ontwikkel en ‘n baie hoë peil van voorspoed bereik het met die gevolg dat sy eie menspotensiaal nie meer vir sy dienste genoeg is nie. As gevolg daarvan word groot getalle mense in sy bedrywe ingespan wat veral uit Italië en Spanje afkomstig is. Hy is egter so gesteld op die behoud van sy volk, van sy volksidentiteit, dat hy sorg dat hierdie inkomende werkkragte in ‘n hoë mate apart gehou word van sy eie burgery. Switserland sorg dat die verblyfstermyne van sy werksbesoekers sodanig is dat hulle nie in die volk ingelyf sal kan word nie. Hulle moet van tyd tot tyd teruggaan na hulle eie lande. Met ander woorde doelbewus word gebruik gemaak van trekarbeid.

Die faktor van kleur is nie daar teenwoordig nie. Daarom merk die wêreld dit nie op nie. Maar dit is apartheid in ‘n bepaalde sin van die woord, met die gebruik van trekarbeid, net soos dit ook elders, onder meer hier, bestaan. Die grondgedagte daaragter is ‘n regmatige, wat ons moet aanprys, naamlik dat Switserland, met sy eeue oue geskiedenis en nieteenstaande hy ook uit meer as een volksbestanddeel saamgestel is, sy eie volksidentiteit nie wil laat verlore gaan as gevolg van die huidige behoefte aan menskragte van elders nie.

Menspotensiaal en volkspotensiaal moet dienstig wees aan volksbehoud. Behoefte daaraan moet die volk nie vernietig nie. Elke volk het reg op sy eie land en op al die moontlikhede van sy land. Wanneer hy dit opbou en gebruik maak van ander, moet dit nie sy bestaan bedreig nie. …”

Bron: Verwoerd aan die woord II, die laaste vier jaar; saamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd; bl. 371-373.

Nou vriende, moet ons onsself die vraag afvra in hoe groot mate het ons hierdie waarskuwing verontagsaam? 

Maar daar is hoop. Ons kan opnuut leer en inkeer en doelgerig werk daaraan om ons identiteit te kan behou ten spyte van wat om ons vergaan. Begin deur jouself af te vra waarby jy in jou vrye tyd betrokke is. En waarby jou kinders betrokke is. Ondersteun dit die behoud van ons volksidentiteit?  So nie, raak betrokke by die ANB en help terugkeer en bou op die vastigheid van nasionalistiese beginsels, die lesse geleer uit ons geskiedenis en die voorbeelde van ons heldedom. Sluit aan by die ANB. Vind meer uit oor ons en ondersteun die uitdra van hierdie boodskap van hoop.  

ANB Nuusbrief. Afrikanerbemagtiging deur nie te stem nie.

stembus-gif

deur Bertus Radford

9 September 2021

Met die naderende munisipale verkiesing word die vraag weer gestel of daar enigsins sin daarin is om te stem, en indien wel, vir watter van die opposisiepartye? Die ANC gaan uit hul pad deur Suid-Afrikaners by die stembus te kry, veral die Afrikaners. Die vraag wat hieruit ontstaan is, waarom die geweldige angstigheid om die Afrikaner tot die stembus te dwing? Die antwoord is voor die hand liggend. Deur die Afrikaner tot die stembus te beweeg wil hulle hul ontwettigheid te bowe kom en hulself daardeur legitiem verklaar. Dus, die Afrikaner is van die grootste belang vir sy geloofwaardigheid, al beteken dit dat die Afrikaner vir die opposisiepartye stem. Die logiese redenasie van die kant van die ANC behoort tog te wees om die steun op hulself te verenig. Indien dan nie, deur die steun van die opposisie weg te hou en daardeur hul persentasie te verhoog, maar hier gebeur die teenoorgestelde.

’n Algaande groter ontevredenheid gaan van volksgenote uit deurdat stadsraadslede, deur die Afrikaners ingestem, nie aan hul beloftes voldoen nie. So het ironies genoeg, selfs die verloopte Flip Buys, Solidariteit, enkele weke gelede die opmerking gemaak dat die demokrasie in Suid-Afrika gefaal het en stadsraadslede nie hul plig doen nie. Voortdurend hoor of sien die Afrikaners die krisisse wat dag tot dag opduik en dat hul klagtes op dowe ore val, indien hul enigsins die betrokke raadslid kan opspoor. Terwyl die soustrein gery word is dit die belastingbetaler wat die hand diep in die sak steek.

Die gedugte Franse veggeneraal Napoleon Bonaparte se uitgangspunt was om nooit die vyand aan te vat op die terrein deur die vyand gekies nie. Alhoewel hierdie nie ’n algemene verkiesing is nie, bly die beginsel nog dieselfde. Die ANC besef die magteloosheid van die Afrikaner wanneer die stembus ter sprake kom. Hierdie konvensionele stryd ontmagtig die Afrikaner tot in sy diepste wese. Hierdie magte besef die Afrikaner moet weggekeer word van ’n langdurige politieke guerillastryd en daardeur verhinder word dat hulle op die vyand se swak plekke en flanke konsentreer.

Laastens, maar nie die minste nie, nooit mag vergeet word dat God Drie-Enig uitgeskryf is uit die huidige grondwet, deur diegene wat die verkiesing uitgeroep het. Derhalwe behoort die gelowige homself te distansieer van hierdie proses en daardeur sy of haar hande skoon hou.
Die Afrikaner se pad is baie duidelik uitgelê. Keer die verkiesing die rug en weier om geloofwaardigheid te verleen aan ’n ongeloofwaardige proses en daardeur homself op die wêreldkaart te plaas van diegene wat geweier het om in te val by planne daarop gemik om die Afrikaner te ontmagtig.

Ons oproep is dus ondersteun jou volk se saak deur NIE aan die regime se verkiesings deel te neem nie, maar betrokke te word by die stryd en aan te sluit by jou mede-Afrikanernasionaliste van die ANB.   Vir meer oor ons: Grondslag en doelstellings. Om aansoek te doen om te sluit vind die vorm hier . In dien jy meer wil weet kontak ons gerus.

ANB Nuusbrief – Die dolk 6 September 1966 – 6 September 2021

241520459_1527610957580348_6341379146123110174_n

Die dolk

Elk uur, minuut, sekonde – moord!
Die skindertaal en leuenwoord
van oraloor, van alle kant,
sensasioneel skandaal geplant
om volkehart en siel te brand
met vlammend pyn, met tranebrood…
gans onbeskermd ons siel, ontbloot.

Blind strompel onse Boerevolk,
verdwaal… Van die getuie-wolk
wat hom versterk het, weggeloop;
sélf eie skild en skans gestroop.
Tot sterwens siek en sonder hoop –
selfs God se Woorde drog-vertolk.
Blink in sy bors : die vyandsdolk.

Dié dolk wat eens ons Volksman dood
word elk dag, opnuut gestoot –
rooi bloed getap, deur tyd verswart,
uit Afrikaner-volk se hart…
Hoe lank voor daar uit smet en smart
‘n nuwe waarheids-krag sal groei,
ons volksgeloof weer op sal bloei…?

© Stienie

ANB Nuusbrief – Die Grensoorlog – Was dit verniet?

rsa-vlag-met-soldateIn die 1970’s tot 80’s het baie van ons seuns en jongmanne vanaf die huis vertrek, om ons landsgrens te beskerm teen landsvyand. Aan die begin was daar groot waardering en erkenning vir ons seuns en manne, maar later het dit alles geëindig in ’n grys wolk van stilte … want daar is “vrede” gemaak.

Ons helde is nie meer genoem nie, en die wat huiswaarts gekeer het, was stil en verslae.

So baie het hulself “verloor” aan die grens – teruggekom as wrakke of lewende dooies. Want hulle het vriende en makkers rondom hul sien sterf op verskriklike maniere – uitmekaar geskiet, vermink, en self sielkundig verniel of vernietig…

Maar by die huis het niemand verstaan nie. Nie hulle familie nie, nie hulle vrouens nie, nie hulle werkgewers nie …

Baie het hulle aan drank en vroue vergryp, die kerk verlaat, ’n egskeiding deurgegaan … Sommige kon nie ’n vaste werk behou nie, óf het die lewe vir hul geliefdes bitter moeilik gemaak – die prooi van onredelike woedebuie en depressie …

Niemand het hulle verstaan nie, en hulle het nie verstaan wat gebeur het nie. So moes hulle vir die res van hul lewe worstel met die vraag: Waarom het ék oorgebly? Was dit nodig? Was alles tevergeefs?

Vandag wil ons vir hulle sê: Nee! Dit was nié verniet nie.

Waarom sê ons so?

Want as ’n mens se hart reg is, en jy vir die regte saak stry, is dit nóóit verniet nie, en nóóit ’n verlore stryd nie. Selfs al lyk dit ook so.

Dink só daaraan:

Wat sien die ongelowige wêreld as hulle na die kruis op Golgota kyk?

Hulle sien ’n lewe wat goed begin is in Betlehem, spoed optel met groot getalle volgelinge, wonderwerke en tekens en woorde vol belofte … en toe loop alles skeef – die Verlosser sterf, soos alle mense sterf. Nee, veel erger, Hy sterf op die skandelikste en wreedste manier wat hulle daardie tyd kon uitdink.

Onskuldig. Verniet.

Wat sien ons, die gelowige kinders van God, as ons na die kruis op Golgota kyk?

Ons sien ons Verlosser, Jesus Christus, en ons sien die grootste wonderteken ooit – meer as al die klein oorwinnings (verlamdes wat weer kon loop, blindes wat weer kon sien, melaatses wat gesond word). Ons sien God wat mens geword het, sodat Hy vir ons sondes versoening kon doen. Ons sien Christus Wie uit die dode opgestaan en oorwin het.

Ja, Hy hét oorwin, ons weet dit vas en seker, al moet ons vandag nog steeds fisies die gevolge dra van ons sonde, en al gaan ons nog steeds dood aan die einde van ons lewe. Vir ons het die dood nou net ’n deurgang geword na dié lewe – die éwige lewe, waar daar geen oorlog, geen pyn, geen verdriet en geen misverstande meer is nie.

In Christus is ons ook oorwinnaars.

Méér as oorwinnaars!

Ons seuns het grens toe gegaan omdat hulle opgeroep is vir landsdiens – diens aan hul land en volksgenote. Met daardie doel was daar niks fout nie. Dit was ’n edel doel. Dit was goed en reg.

Hulle kan trots wees op hulself. Hulle móét trots wees op hulself. Ons móét trots wees op hulle. Hulle is oorwinnaars, selfs al is ons land deur ander verraai.

Ons moet ons manne ondersteun en gebrokenes help. Ons moet die geskiedenis van hul heldedade aan ons kinders vertel, sodat die regte trots kan voortleef – die trots van ’n volk wat nié saam met die verraaiers oorgegee het en gesê het: “Kom, vat ons land” nie.

Ons ís oorwinnaars.

Ons hoef nie te maak asof ons lewende dooies, hulpelose slawe, onderdruk deur vreemdelinge en vertrap deur lae verraaiers, is nie. Ons is oorwinnaars as ons net weer ons voete vas plant hierop:

  • ons Bybel (in Afrikaans is dit die Bybel wat heel eerste vertaal is uit die grondtale, die 1933/53)
  • ons geloofserfenis (die berymde Psalms, die Belydenisskrifte, waarin herhaal word wat ons glo, vanuit die Bybel)
  • ons geskiedeniserfenis (ons monumente, geskiedenisboeke, Afrikanerkultuur en taal).
  • Ons landen ons grond.

God het ons hier geplaas, in hierdie mooi land. Hier het Hy van ons ’n volk gemaak, en daarom moet ons dit so handhaaf en beskerm.

Maar ons eintlike oorwinning lê daarin dat ons weet: Ons eindbestemming is nie binne óf buite landsgrense nie, maar daar waar ons nog nie kan sien nie, maar wel van weet – op die nuwe aarde…

In Christus is ons oorwinnaars, méér as oorwinnaars!

En niemand (geen verraaier of leuenprediker of swartsmeerder) kan dit óóit van ons wegneem nie.

(Christina Vorster)

 

Meer oor die ANB Kontak die ANB  Donasies  Lidmaatskap Gesiggieblad (Facebook)