Monthly Archives: Mei 2021

DIE “NUWE NORMAAL”, OOK BEKEND AS DIE “NUWE WÊRELDORDE”

nuwe-normaalSommer baie gou nadat die hele wêreld in Maart vanjaar basies tot stilstand geruk is deur die
uitbreek van die Covid-19 krisis, nadat die Corona virus uit China binne enkele weke oor die
aardbol versprei het, het “kenners”en “meningsvormers” ons in die hoofstroom media begin
voorberei daarop dat “niks ooit weer dieselfde sal wees nie” en dat dit wat ons as die normale
gang van ons daaglikse lewe geken het, nooit weer soos voorheen sal realiseer nie.
JOHANNES BARNARD kyk na die verloop van die sage en vra vrae oor watter agenda werklik
agter die “nuwe normaal” skuil.

Op Engels is daar die bekende spreekwoord wat lui “hindsight is a perfect science”. Rofweg in Afrikaans vertaal beteken dit iets soos “tyd bring volkome perspektief”. Ongeveer tien maande het nou verloop sedert die wêreldwye komplot rondom Covid-19 so skielik op ons afgekom
het. In hierdie tien maande het ons tyd gehad om effens tot verhaal te kom, na al die gespartel van die meerderheid om finansieel te oorleef en op verskeie ander wyses ook staande
te bly.

Ná tien maande waarin ons een lang wipwaentjie-rit beleef het en waarin dinge gebeur het wat ‘n dekade of wat gelede nog onmoontlik geklink het, is dit tyd om te probeer sin maak
oor die stand van sake rondom ons, asook in die res van die wêreld.

So baie het intussen gebeur, dat ons eintlik al vergeet het hoe skielik – en op die oog af onskuldig/toevallig – hierdie ingrypende wêreldkomplot op ons afgekom het. In Suid-Afrika,
byvoorbeeld, het die media ons binne weke voorberei op iets groots. En toe daar vertel word dat Suid-Afrikaners uit hul vakansie vanaf Italië teruggekeer het en positief getoets is vir
die virus, was die Suid-Afrikaanse publiek reeds gekondisioneer om te glo dat die “pandemie” op ons voorstoep is en nie meer gekeer kon word nie.

Net soos in die geval waar  die politiek ontleed moet word, kan ‘n mens egter vandag by terugskouing en met nugter beredenering maklik die stukke van die legkaart inmekaar pas
om te sien dat die verloop van hierdie gebeure – net soos in die verloop van die meeste politieke sages – geen toeval was nie. Dit was heel waarskynlik ‘n komplot wat jare gelede
reeds deeglik beplan is.
Laasgenoemde stelling kan ondersteun word as ‘n mens gaan kyk na die term “Predictive Programming”. Daar is nie eintlik ‘n goeie, beskrywende Afrikaanse vertaling van hierdie
term nie. Dis ‘n term wat gebruik word as deel van die sielkunde agter breinspoeling van massas, waarin mense met subtiele propaganda voorberei word om uiteindelik, teen
enige logika, ‘n sekere agenda te aanvaar wanneer dit uitgevoer word.

Hierdie tegniek word ten beste geillustreer deur die wyse waarop die media (in al sy vorms) saamgewerk om groot massas mense vooraf voor te berei vir ‘n sekere situasie.
As voorbeeld hiervan het daar in 2011 reeds ‘n film uit Hollywood (waar anders”?) gekom wat die massas in hul onderbewuste begin voorberei het vir die wêreldmedia se histerie wat
gevolg het met die uitbreek van Covid-19 in China.

Hierdie film, genaamd “Contagion” is heel toevallig kort na die uitbreek van Covid-19 deur verskeie groot TV-kanale wêreldwyd weer uitgesaai, net om seker te maak die boodskap
sink in. Die film handel oor ‘n dodelike virus wat in ‘n hospitaal in Amerika ontdek word en daarna paniek oor die hele wêreld heen veroorsaak.

Verskeie ander voorbeelde van die tegniek van “Predictive Programming”, wat saam met die gewone instrumente van massa-breinspoeling aangewend is om sedert die einde van Februarie 2020 paniek onder die wêreldbevolking aan te hits, kan genoem word.

In die praktyk het die media egter die ou betroubare taktiek gebruik om mense eenvoudig met herhaling te bombardeer met dieselfde agenda. Joseph Goebbels het destyds toe hy
Hitler se propaganda hanteer het, gesê die belangrikste aspek om propaganda suksesvol te maak is dat dit oor en oor herhaal moet word, totdat die massas dit naderhand begin glo en
as die waarheid aanvaar.

Die wêreld se mediamasjiene het ongetwyfeld hierdie taktiek tot die uiterste gebruik. Vir maande aaneen het die Coronavirus, sy verspreiding en die gevolglike “dodetal” die nuus
oorheers. As ‘n mens ‘n TV aangeskakel het, is jy gebombardeer met syfers van “besmetting” en “dodetalle”.

Dan was daar ook nog die fokus op byvoorbeeld ‘n land soos Italië, waar die “pandemie” sommer vroeg uitgebreek het en volgens die propaganda masjiene groot verwoesting
sou saai. Daar is selfs gevalle aangemeld waar ou beeldmateriaal van oorvol hospitaalsale uit Oosblok lande tydens die Balkan oorlog 20 jaar gelede, gebruik is as voorbeeld hoe
haglik dit glo in Italië sou gaan!

Wat die media egter nie – ter wille van perspektief – aan die wêreldpubliek vertel het nie, is dat Italië in 2020 die hewigste vlaag van gewone griep in baie jare beleef het. Verdere perspektief is ook dat Italië een van die wêreldlande is met die “oudste” bevolking. Dit wil sê die verhouding tussen jonger en ouer Italianers is heel anders as dieselfde verhouding in baie ander lande. Dit moet dus net logies te wagte wees dat enige griep epidemie in ‘n land soos Italië dan baie
sterftes tot gevolg sou hê.

Hierdie media-histerie is natuurlik mildelik deur sosiale media herlei om die sensasie te vergroot. Regstellings daaroor is onmiddelik omskep in ‘n verdagmakery of eindelose
en sinlose debatte, wat inderdaad onbewustelik die aandag op die “pandemie” vergroot het.

Die geskrewe media het weer baie sterk daarop gekonsentreer om te gaan soek na enige geval van “besmetting” by bekendes, wat dan met smaak en baie emosie oorgedra is. Ook sterfgevalle van bekendes of ander gevalle waar daar ‘n sensasiehoek gevind kon word om die nuus oor te dra, is aanhoudende op die meer prominente blaaie van koerante gedra.
Wat van die sosiale media? Ja, wat daarvan? Terwyl dit eintlik die een instrument geword het waarmee die gewone publiek hulself kan beskerm en die monopolie van die geldmagmedia
kan breek, het die vyand lankal daarin gelaag om dié wapen baie effektief te elimineer, of om dit selfs as wapen in hul eie arsenaal aan te wend.

In die bedryf word daar van Internet Trolle gepraat. Dis persone wat alles en almal teister met afbrekende kommentaar, misleidende verdraaiing van “nuus” en natuurlik die verspreiding
van die sogenaamde vals nuus (“fake news” in amptelike internet taal). Dié “Trolle” speel die rol van diegene wat jare al die bekende ou taktiek van die “Wolf! Wolf!” skreeuers gebruik
om ‘n spesifieke agenda uit te voer. Sodra ‘n geloofwaardige nuusitem of feitelike inligting op sosiale media gepubliseer word, sal dit met verdagmakery en duimsuig-“bewyse” afgeskiet
word. Die veldtog word op groot skaal gedryf en so begin die minder ingeligte gebruiker van sosiale media twyfel.

Aan die ander kant sal die tradisionele media se leuens en misleiding dan ook met groot veldtogte op sosiale media deur “kenners” ondersteun word. Die gemiddelde mens sonder
behoorlike kennis en insig sal dan altyd geneig wees om eerder die bekendes en hoofstroom se propaganda te glo.

Die sterftes van bekendes of ander uitgesoekte gevalle wat deur die hoofstroom media groot opgeblaas word, word dan telkens as voorbeeld gebruik om te beklemtoon hoe ernstig
die “pandemie” is.

Hiermee saam word bekookte statistiek sonder enige vergelykende perspektief gebruik om die situasie aan te blaas. Die statistiek word bekook deur die feit dat byna alle sterftes aan “natuurlike oorsake” eenvoudige opgeteken word as “Covid-verwant”!
Dan, wat die vergelykende perspektief betref, sien die publiek nie voortdurend vergelykende syfers met jaarlikse sterftes aan byvoorbeeld gewone griep nie. En daar word ook nie bekendgemaak watter persentasie sterftes toegeskryf kan word aan “onderliggende faktore” soos mense met hart- en longkwale, suikersiekte en ander siektes wat tot hul dood aanleiding kon gegee het nie.

So, wat is dan die uiteindelike doelwit met al hierdie propaganda en die komplot agter die gefabriseerde pandemie?

Die antwoord hierop is elke dag rondom ons sigbaar. Ons hele samelewing het verander. Sosiale verkeer is vernietig en mense is daaraan gewoond gemaak om identiteitloos met
maskers in die openbaar te leef.

Maar die grootste slag wat die marionetmeesters van die komplot om ‘n nuwe wêreldorde geslaan het, is dat by verre die meeste mense eenvoudig hierdie bedrogvolle situasie aanvaar
het en daarby berus dat die staat hul privaatheid so maklik kan skaad en hul persoonlike regte so maklik kan opskort.

Binne net tien maande is die wêreldbevolking gekondisioneer dat daar ‘n “nuwe normaal” geïmplementeer gaan word. Die “skape” is gereed om in troppe beheer te word.
Voor ons oë word die voorspellings van soveel denkers wat ons oor dekades teen die implementering van die kommunistiese nuwe orde gewaarsku het, ‘n werklikheid.