Maandelijks archief: maart 2015

DIE VOORTREKKERMONUMENT – ‘N BESPOTTING VAN GOD?

DIE  VOORTREKKERMONUMENT ‘N  BESPOTTING VAN  GOD? Die skets hieronder was die eerste versinnebeelding van die finale vernietiging van die Afrikanerdom.  Dit was die Joods-Engelse voorspelling dat Afrikaans sy status as amptelike taal sal verloor.  Sewentien jaar later, verskyn vanuit dieselfde oord, ‘n dodeliker aanval op die Afrikaners, maar dié keer geklee in ‘n godsdienstige gewaad.  In die boek Oes die Stormwind – van volksgodsdiens, word die Voortrekkermonument bestempel as ‘n son- en Vrymesselaarstempel en moet aldus gesloop word.  Struik Christelike Boeke, die uitgewers van dié boek, het ‘n uitnodiging gerig tot “kommentaar” oor hierdie boek.  Die uitnodiging lui: “Ons wil graag van jou hoor”.  SUSAN BRINK lewer kommentaar in hierdie artikel.

Monument Breek

Die skets hierbo het verskyn in die Sunday Tribune van 14 Mei 1989. Dié koerant was deel vcan die Argusgroep wat deur Anglo-American beheer was.

Struik Christelike Boeke is ‘n afdeling van New Holland Publishing (SA) (Pty) Ltd. wat ‘n lid van

Johnnic Communications Ltd. is. Buiten vir die magdom Swart ‘Engelse’ wat Johnnic beheer, is die Milnerbelange van ouds verteenwoordig deur ‘n onder-voorsitter en ‘n nie-uitvoerende direkteur van Anglo Platinum Ltd. en ‘n nie-uitvoerende direkteur van AngloGold Ashanti Ltd. Milner het reguit gesê: “The Afrikanerdom must be exterminated”. Johnnic is met die finansiering van dié boek, direk of indirek skuldig aan dieselfde ‘misdryf’ waarvan Lloyd George, die Britse regering in die House of  Commons, tydens die tweede Anglo-Boereoorlog beskuldig het. George het gesê dat “A policy of extermination of children in South Africa”, nie ‘n direkte opdrag is nie, maar ‘n beleid is wat dieselfde effek sal hê, naamlik die finale oplossing van die Afrikanerprobleem. Dié boek, uitgegee in 2006 en geskryf deur Denise Woods, is volgens haar nie as ‘n “akademiese werk saamgestel” nie en ook nie bedoel om “kontroversie te wek” nie.  Akademies kan dit ieder geval nie wees nie, omdat die boek se samestelling uiters selektief is om die voorafbeplande eindresultaat te dien. Voorts word definisies van begrippe soos nasionalisme en apartheid uit die lug gegryp en van byvoegsels voorsien, soos wat die nodigheid ontstaan om die begrippe te demoniseer. Verder is dit ondenkbaar dat ‘n boek wat die Afrikanerdom tot in sy wortels aantas, aan kontroversie kan ontkom. Die boek beslaan 300 bladsye en daarvoor is naas Die Bybel (1953), ongeveer 114 boeke en geskrifte nageslaan. Twintig boeke handel oor die Vrymesselary en slegs een oor nasionalisme (Nationalism-London 1960), terwyl nasionalisme, die basisbegrip van die aanslag teen die Afrikaner en sy erfenis vorm. Bekende kritici van Afrikaners, se werke is ook nagevors. Woods is onder andere verbonde aan die Instituut vir Christen Leierskapsontwikkeling en The Christian Lawyers Association of South Africa, wat hul beywer vir Vigs-, teen-korrupsie-, versoenings- en menseregte veldtogte. Oes die Stormwind is “Opgedra aan alle Suid-Afrikaners in die geslag ná apartheid”. 300 Bladsye in ‘n neutedop Twaalf jaar na die “wonderbaarlike oorgang in 1994 na ‘n nie-rassige demokrasie”, het Suid-Afrika transformeer tot ‘n rowerspelonk (die “Stormwind”). “Misdaad, moord, armoede, werkloosheid, kinderverkragting, huishoudelike geweld, korrupsie, aborsie, dwelmmisbruik, pornografie, dobbel, prostitusie, bloedvergieting  - die land met die tweede grootste welvaartsgaping in die wêreld”. Die probleem wat nou manifesteer is dat niemand meer glo dat dit apartheid se skuld kan wees nie. Volgens Woods moet daar dus ‘n ‘storie agter die storie’ wees. Sy sê: “Die harde werklikheid is dat die probleme wat ons in die oë staar die vrugte is van die saad  wat in vorige bedelings van die nasie se geskiedenis gesaai is. God laat Hom nie bespot nie”. Volksgodsdiens is ‘n term wat deur dr. D F Malan gebruik is en deur ene Moodie gedefinieer word. Dié definisie is ‘n konkoksie gestroop van wetenskaplikheid en vorm die basis van Woods se aanslag teen die Afrikaners. Met “Volksgodsdiens” (“nasionale afgodery”), die spreuk ‘wat jy saai, sal jy maai’ én Bybelse bewyse, plaas Woods die Afrikaner en apartheid, terug in die beskuldigdebank! Sy sê: “Ons behoort nie die baie inisiatiewe vir kollektiewe berou oor Apartheid te verwar met die berou wat nodig is oor nasionale afgodery nie.  Dit is in die grondslae van die nasie gestruktureer en het tot Apartheid aanleiding gegee.  Hierdie is twee verskillende kwessies.  Afgodery is die wortel; Apartheid is die vrug.  Daar is ‘n werklike gevaar dat die gewigtiger kwessie van afgodery, wat die deur vir demoniese onderdrukking oopgemaak het, as onbelangrik geag sal word en van die tafel gevee sal word. As dit so is, sal daar nie aan die eerste stap om ‘n ‘egskeiding’ te verkry en die land uit die greep van hierdie magte te bevry, voldoen word nie”. Geloofwaardigheid is aan Oes die Stormwind probeer verleen, deur voor te gee dat die boek die vrug was van vele intersessies, profesieë en visioene van die Heilige Gees. In Junie 1997, na ‘n internasionale evangeliese konferensie in Pretoria was daar glo “’n duidelike aanduiding dat God as’t ware ‘van rat verwissel het’ namate die konferensie se fokus op die vrystelling van die ‘Josua-generasie’ en die Kerk se mandaat om ‘dissipels van die nasies te maak’ geplaas is”. Woods sê verder: Nadat ons bepaal het dat God inderdaad deur Oes die stormwind gepraat het…”. As gevolg van ‘n profesie aan Woods en ander te Kroonstad in 1997, het die intersessors “’n ietsie verstaan van die feit dat die Voortrekkermonument ‘n sontempel is…”. ‘n Nigeriese sendeling intersessor het dit bevestig, hy sê: “Hierdie is die altaar wat die nasie beheer”. Veertien ander Nigeriërs (“profete”), “sommige uitvoerende bestuurders van sake ondernemings”, het in Februarie 1994 die land onwettig binne gekom. Hierdie groep is deur ‘n Britse sendeling onderrig. “Hulle het verstaan dat dit God se plan was om Apartheid af te breek en Suid-Afrika en Nigerië in ‘n nuwe strategiese verhouding te bring”- dit was die vrug van profetiese drome en visioene. Deur die werking van die Heilige Gees, is die Voortrekkermonument ook aan die Nigeriërs openbaar. Die breë strekking van Oes die Stormwind is dat die Simboliese Trek, die inwyding van die monument en die monument op sigself, die eindresultaat van nasionalisme was. Dit word nie betwis nie, alhoewel Woods se begrip van nasionalisme en ons s’n, hemelsbreed verskil. Volgens Woods, was die Afrikaneraksies vanaf 1938 tot 16 Desember 1949 “nasionale afgodery”. Die “afgodery” is glo dieselfde as dié van koning Jerobeam1 van Israel – “sowel Jahweh as Baäl” is gedien. Woods skryf: “Alhoewel dit debatteerbaar is, kan dit nie ontken word dat die Voortrekkermonument inderdaad ‘n tempel is nie.  Volgens die erkenning van Gerhard Moerdijk self, die argitek, is die monument sowel ‘n ‘altaar’ as ‘n ‘heiligdom’.  Aangesien dit so is, is dit noodsaaklik om vir eens en vir altyd te bepaal watter godheid by hierdie altaar aangeroep word en wie die god is wat in hierdie heiligdom aanbid word”. Volgens Woods bevestig die “feesvieringe en rituele wat tydens die hoeksteenlegging van die monument uitgevoer is en ….die argitektuur en ontwerp van die monument self” dat dit ‘n Vrymesselaarstempel is. “Daarbenewens is dit ‘n feit dat geen ander bevolkingsgroep (buiten die blanke Suid-Afrikaners, en veral Afrikaners) die hele Suider-Afrikaanse gebied in ‘n grondliggende territoriale verbond met die gebiedsmagte van duisternis ingesluit het nie. Geen ander vorm van heksery, afgodery of towery van hierdie omvang het hiervóór of hierná in Suid-Afrika gebeur nie”. Die kerk en dr. D F Malan se betrokkenheid by onder andere die monument se inwydingseremonie, het “staatsafgodery.. vanuit die hoogste gesag ingestel”. “Die blinde verknogtheid aan Apartheid en die kettery van Christelik-nasionalisme was die gevolg van hierdie afgodery”. (Skrywer se beklemtoning-hierna gemerk*) Dié “nasionale afgodery” verhoed onder andere dat:

  • ‘n Antieke profesie in die boek Jesaja, oor die herstel van Afrika kan realiseer.
  • Die Afrikaner nie “die mandaat wat God hom in Afrika gegee het, ..volvoer nie” en so word ons, van ons “skeppingsdoel beroof”. (Prof. Tom Gouws van Pretoria)
  • Kerkeenheid kan plaasvind.
  • Die rowerspelonk transformeer in ‘n paradys volgens God se Wil.

Woods se oplossing Die Voortrekkermonument(e) as “geestelike horing” en alle ander kleiner Afrikanermonumente (“altare”) sowel as klipstapels/”obeliske”, gedenktekens en dies meer, wat opgerig is tydens die Simboliese Ossewatrek in 1938, moet gesloop word – 289 terreine. Die sloping van die kleineres is “debatteerbaar”. Die kerk moet dan die 381 plekke wat aangedoen is deur die Rapportryers, ter viering van die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949, herbesoek om “alle spore van afgodery te vernietig”. Dít ondervang feitlik die ganse Afrikanergeskiedenis. Ignoreer die snert Dit sal fataal wees!  Die redes is voor die hand liggend. Stilswye sal as instemming vertolk word, siende die ongewone uitnodiging om “kommentaar” te lewer.

  • Die voorspelling oor die Afrikaanse taal in 1989 is grootliks geignoreer, met rampspoedige gevolge.
  • Moerdijk hét Vrymesselaartekens in die ontwerp van die monument geïnkorporeer.
  • Die onmiddellike skyf is Geloftedag – dié dag waarop die inwyding van die monument (“afgodery”)‘n hoogtepunt bereik het – “Jaarlikse feeste dien om die verbonde en huurooreenkomste met gebiedsgeeste te vernuwe”.
  • Afrikanerhaat is tans hoog mode – die Apartheidmuseum in Johannesburg is so pas deur lesers van die Caxtonkoerante, aangewys as die beste museum waar die land se “dark past” ervaar kan word.
  • Oor die moontlikheid dat die sloping van die monument ‘n einde kan bring aan die rowerspelonk, spreek ‘n Engelsman homself as volg uit: “I doubt it very much, but if that could help, why not, it’s an ugly monument any way!”.
  • Die rol van die “profete” van Nigerië, moet nie onderskat word nie.

‘n Aantal jare gelede is ‘n nasionalis van die Egonistam in Nigerië, Ken Sarawewa en sy mede-nasionaliste, te midde van wêreldwye protes gehang. Sy ‘nasionale afgodery’ was dat “they protested and spoke out against the degradation of Shell Oil”. Dieselfde Shell wat die ANC/SAKP/Cosatu- alliansie so ter wille was met hul hoofkwartier, Shell House in Johannesburg, nou vernoem na Albert Luthuli. Sarawewa se teenkanting teen Shell en die Nigeriërs wat voordeel uit die Shell-uitbuiting getrek het, het hom sy lewe gekos.

  • Gestel die Voortrekkermonument word gesloop en die rowerspelonk transformeer weereens nie tot ‘n paradys nie, wat dan? Woods verduidelik: “God se bedienaars moet die geestelike gesag oor gemeenskappe, stede, gebiede en nasies waartoe God hulle geroep het ‘koop’ of ‘die prys betaal’ om dit te ontvang”. Met die “prys” reeds betaal, wat bly oor? Die uitroei van diegene ágter die ‘afgodswortel’, waaruit die ‘apartheidsvrug’ ontstaan het – die “ketterse Christen Afrikanernasionaliste! Vergesog? “Daar is uiterse maatreëls nodig...”. Hiervoor span Woods, 2 Samuel 21:1-14 in. “Toe Dawid die vereiste vervul het om die bloed van die slagoffers deur die teregstelling van sewe van Saul se afstammelinge te wreek, ‘het God hom (daarna) oor die land ontferm’. Die nasie is toe bevry van omstandighede wat die gevolg was van ‘n vorige heerser se oortreding. Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie kwessie ‘n struikelblok was om die guns van God oor die nasie te bring. Dít, ten spyte van die onkreukbaarheid van die huidige leierskap en die toepaslike bediening van die priesterskap voor God. Dawid moes die gedagtes van God soek, begrip ontvang en toe die voorwaardes nakom sodat die vloek van die land weggeneem kon word. Hierdie beginsel kan nie oorbeklemtoon word nie”.(*)

Milner se eis “to wipe out all traces of Afrikanerism”, kan dus in hierdie eeu verwesenlik word en geen internasionale haan sal daarna kraai nie, want ons staan in die pad van die Nigeriese “profetieseuitvoerende bestuurders van sake ondernemings” (dwelmhandelaars?) en hul Shell House, Milner en ander Nuwe Wêreldorde vennote. KOMMENTAAR Dit is hier slegs moontlik om ‘n fraksie van Woods se “good old British jingoistic Boerehaat, thinly disguised as a championing of black interests” aan te spreek, soos mnr. Jaap Marais gesê het. Die Boerehaat is dié keer ter wille van die ‘geestelike herstel’ van die ganse Afrika. Dié wat die Christendom in Suid-Afrika gevestig en uitgeleef het, kry nou weer die skuld nadat uhuru nie die gewenste ubuntu opgelewer het nie, maar ‘n rowerspelonk! Nasionalisme en apartheid Woods beweer dat die “politieke ideologie – Nasionalisme” se “Ideologiese gevolg”, “Apartheid” was. So is nasionalisme wat “onverenigbaar is met Bybelse Christelikheid”, “..die produk van sataniese wysheid.., gegewe die feit dat diegene wat dit ontwikkel het die Woord van God verwerp en okkulte praktyke aangehang het”. Verder is nasionalisme “die eindproduk van ‘n spekulatiewe gedagteproses” en lei uiteindelik tot die Nuwe Wêreldorde. Die “vrug” van nasionalisme is Apartheid in enige denkbare skelnaamvorm. Nasionalisme volgens HAT, is “‘n liefde vir die eie volk of nasie” en apartheid (klein letter “a”) die praktiese weërspieëling daarvan, naamlik ‘n “toestand van afgesonder wees”, gebaseer op die God gewilde werklikheid van volkere verskeidenheid. Daarenteen is kommunisme ‘n ideologie, ‘n idee, “fanciful speculation” en in Woods se eie woorde “die eindproduk van ‘n spekulatiewe gedagteproses”. Woods se stelling “idees het gevolge”, het haar ingehaal! (*) Die era van Verwoerd Dié era, wat Woods weglaat, weerspreek ieder en elke aantyging teen Afrikanernasionalisme en apartheid in haar boek. Apartheid is toegepas en in wetgewing vasgelê vóór 1948 en die apartheidsera het slegs gestrek tot 6 September 1966, waarna dit afgetakel is. Tydens dié era, het die Swartes se lewenstandaard met 5,4% per jaar gestyg, teenoor die 3,9% van die blankes! Die “welvaartsgaping” in 2006, is dus die huidige regering se maaksel.(*) Afrikaners vereer God opreg ‘n Kwartmiljoen mense het die feesvierings in 1949 bygewoon. Die Rapportryers het “gedenkboodskappe van welmenende en uitbundige nasionaliste versamel..”. Woods bevestig dat die feesvieringe deurspek was met kerkdienste en in die toesprake is God drie-Enig vereer. Verder sê Woods: “Dit is verbysterend om te dink dat mense wat God opreg vereer en sy Woord aanhang tot sulke misleiding oorgehaal is. Dit is verbysterend dat hulle onwetend die oprigting van ‘n sontempel goedgekeur het en hul land gewy het aan die magte wat by hierdie altaar aangeroep word”. Daar word ook op ander plekke in haar boek verwys na ons voorouers se “onkunde en opstand” en dat hul “onwetend met God” gebots het. Laastens dat Moerdijk by implikasie die misleier is. Dus, sonder dat Woods dit besef, onthef sy die Christen Afrikanernasionaliste van alle blaam vir die sogenaamde Vrymesselaarsafgodery (“nasionale afgodery”). Dié wat aan die feesvieringe deelgeneem het (met die ‘moontlike’ uitsondering van Vrymesselaars), was salig onbewus van die Vrymesselaars/Baäl argitektuur! (*) Die agtergrond tot die ANC/SAKP/Cosatu-oorname In die aanloop tot die 1994 oorname, word slegs enkele hoofrolspelers uitgelig. Die doel is om Woods daarop bedag te maak, dat die rowerspelonk die vrug is van die onheilige alliansie tussen ‘praktiserende’ Vrymesselaars, die plaaslike- en internasionale geldmag, oneerlike ‘Christen’ politici, kerkleiers en Kommuniste. Hieruit is dit glashelder wie skuldig is aan “Baäl en Jahweh” afgodery. Eerstens – die twee groot plaaslik- en internasionale geldmag-magnate Oppenheimer en Rupert: Rhodes en Ernest Oppenheimer was tydgenote. Hierdie magnate wou die goud in die “hardnekkige” en “ketterse” Paul Kruger se ZAR bekom. Die dekmantel vir dié grypsug was ‘stemreg’ vir die uitlanders in Johannesburg. Die tweede Anglo-Boereoorlog was dus weereens die gevolg van die Brits/Joodse Imperialisme, wat volgens P A Merrington, primêr deur die Vrymesselary gedra is. P Oakes skryf: “Die eienaarskap van en beheer oor die Transvaalse goudvelde was dus van internasionale belang. Tydens dié oorlog wou Milner die Afrikanervolk vernietig. Bykans 100 jaar later, in 1990 skenk Harry Oppenheimer een miljoen rand aan die ANC vir hul stryd om ‘stemreg’. Voorheen het Oppenheimer & Kie. op die Joodse Suzman en Tony Leon-perde verwed, wat elke wet gesteun het wat die ANC-SAKP op die wetboek wou hê om Afrikaners se mag te vernietig. Oppenheimer en sy sakeryk De Beers se ‘grypsug’, het hul toe gebaat met ‘n paar miljoen rand se kwytskelding aan belastinggeld. IMPACT  berig in 2001 dat Harry Oppenheimer se “Business interests in Rhodesia increased vastly in 1980 with the abdication of white rule” – dieselfde het in SA gebeur na 1994! Rupert het tydens die Simboliese Trek in 1938, aktief deelgeneem aan die “nasionale afgodery”. Omdat nasionalisme niks tot jou sak bydrae nie, smee hy bande met die internasionale geldmag en die Vrymesselaars, waaronder die Rockefellers en die Rothschilds. Hy het apartheid aktief afgetakel en was bevriend met Oppenheimer, Mbeki en Mandela, wie hom ook genader het vir fondse. Dit is meermale in die openbaar en in boeke beweer dat Rupert self ‘n Vrymesselaar was en betrokke was by die beplanning rondom Verwoerd se moord – dit is nie betwis nie. (*) Tweedens – F W de Klerk en sy NP: De Klerk skryf in Junie 1977 dat “power sharing in a federation will plunge South Africa in an unprecedented power struggle which inevitably will end in the disruption of law and order, the economy, racial harmony and peace, and this policy is a blueprint for the destruction of the Whites in South Africa”. De Klerk het in 1993 die NP se kruithoringsimbool, vervang met ‘n sonsimbool/Vrymesselaarsimbool en daarmee saam ‘Christelikheid’ uit die NP geweer. Stoffel van der Merwe het nou erken dat die blanke kiesers deur die NP belieg is oor die beoogde hervorming en dat dit “seker oneerlik” was. Die NP het hul opdragte van Oppenheimer, Rupert en Kie. ontvang tydens die Carlton- en Goede Hoop Berade. Op 2 November 2006 publiseer die Nederlands Dagblad, ‘n onderhoud wat Simon C Bax met P W Botha gevoer het, enkele weke voor sy dood. Hierin word weereens (soos in vroeëre beriggewing) verwys na die beloning wat De Klerk vir sy verraad ontvang het en nie deur De Klerk ontken is nie. P W sê aan De Klerk, tydens laasgenoemde se besoek aan hom: “De Unesco bood je geld en een beurs, de Franse president Mitterrand bood je een doctorsgraad en een internationale Joodse organisatie offreerde je een eredoctoraat en geld, veel geld.  Ook de Vredesprijs (Nobelprys) werd je uitgereikt. Ik (PW) weigerde dat, want zo wilde ik er niet financieel beter van worden, maar jij (FW) werd er drie tot vier miljoen dollar  rijker van”. (*) Derdens – Biskop Desmond Tutu: Welt am Sonntag (13/5/86) wys daarop dat terwyl Tutu geleef het soos “a fairy-tale prince … to attain his political goals, he raised de facto demands whose realisation would impose sacrifices on the Black masses, but would leave him untouched”. Tutu het die sanksie- en boikotaksies teen Suid-Afrika bedryf, wat teen 1992 volgens die Wall Street Journal, vir SA oor ses jaar, 500 biljoen rand gekos het. “Because of it, some two million people, mainly Blacks, were thrown on the unemployment scrapheap, many never to work again(Aida Parker Newsletter). Tutu kon egter nie een brokkie “apartheid brutaliteit”, tussen 1948 en 1966 opdiep nie! Dié ‘Christen’ preek onder die kommunistiese ‘hamer en sekel’-vlag en is in 2002, deur Tukkies se Teologiese Fakulteit, met ‘n eredoktorsgraad bekroon.(*) Vierdens – Nelson Mandela: Mandela beantwoord self aan sy eie voorskrif van “How to be a good Communist”. Ses jaar na sy vrylating uit die tronk, was hy al veertig miljoen rand sterk – seker geleer by die dertien Jode wat saam met hom by die Rivonia-‘sabotasie’verhoor betrokke was. Dr. Sipo E Mzimela gee in sy boek Marching to Slavery: SA’s Descent into Communism, ‘n uiteensetting van Mandela se aksies. Hy sê: “In ANC circles, it was a well-known fact that Mandela was a Communist. When he became a founding member of the ANC’s Youth League (ANCYL) in 1943, he became part of the Marxist group which opposed the Christian group. The ANCYL did not believe in peaceful change. They wanted the violent overthrow of the SA Government. They wanted revolution. That is one reason Anton Lembide, the first president of the ANCYL, called Mandela an opportunist who could not be trusted”. Net na sy vrylating in 1990, spreek hy ‘n skare toe waar die podium met die SAKP se vlag gedrapeer was en hy sê: “I salute … the SA Communist Party for its sterling contribution to the struggle for democracy”. Die Toronto Sun in Kanada berig dat: “It should be noted that in his 27 years in prison, Mandela never qualified as an Amnesty International Prisoner of Conscience because he never forsook violence as a means of achieving political and social goals. The ANC was a horrendous practitioner of violence. ‘Necklacing’ was an ANC abomination, a tyre filled with petrol around the neck of a person and set alight simply to intimidate and coerce other blacks, not whites”. Só het dit ook in die ANC-kampe in buurlande gegaan, volgens The Motsuenyane Commission en Amnesty International. Beide het gevind dat: “..the ANC executed, tortured and ill-treated prisoners in its camps over a period of at least twelve years”. London is die groot nes wat die Suid-Afrikaanse Kommuniste gehuisves en finansier het. Dit is ook hier waar Mbeki in 1987, toe nog ‘n lid van die politburo van die SAKP, met die Broederbond onderhandel het vir die oorgawe aan die Kommuniste. Die Africa Confidential (Jhb. Sunday Times, 5/5/1991) berig dat toe Mandela vrygelaat is, was 72% van die ANC se National Executive, Kommuniste. In Oktober 1992 berig die London Sun dat: “The ANC has become a dangerous monster dominated by violent Communists”. Woods sê: “Om revolusionêre bewegings te vestig en onderdrukkende regimes omver te werp, is geoorloof en eerbaar – dit is die stoffasie waaruit helde en grootse geskiedenis gemaak word”. ‘n Standbeeld van Mandela, die “ikon” (engel of heilige) gaan naby die monument opgerig word.(*) Kodesa en afgodery Dié era, voor en tydens die twee Kodesas, is ook grootliks deur Woods weggelaat, buiten vir die rol van die Nigeriese, Brits opgeleide “profete”: “Hulle het ‘n digte kordon van beskerming oor die onderhandelingsproses getrek om te verseker dat dit wat in God se hart vir Suid-Afrika was, bereik sou word. Hier by die Kodesas was saam gebid deur ‘Christene’, Moslems, Hindoes, Kommuniste, Vrymesselaars, Voorvaderaanbidders en ander. In Woods se eie woorde “…is dit noodsaaklik om vir eens en vir altyd te bepaal watter godheid by hierdie altaar aangeroep word en wie die god is wat in hierdie heiligdom (Kodesa-Wêreldhandelsentrum) aanbid word”? As daar na bogemelde rolspelers gekyk word, kan daar geen twyfel wees dat dit Mammon, die geldgod is nie. HAT haal dit uit Die Bybel aan: “Julle kan nie God en ook Mammon dien nie”. Kommunisme en naakte kapitalisme is twee kante van dieselfde munt! Dan sê Woods so ewe, verwysende na Afrikanernasionalisme: “God laat Hom nie bespot nie”! Dié afgodery lewer toe in 1994 Regter Kriegler se “bordeel”-verkiesing op, waarna die ANC/SAKP/Cosatu-alliansie, God drie-Enig uit die grondwet geskryf het en menseregte verabsoluteer het. Nou het die ‘menseregte vrug’ ryp en vrot geword en ‘n Voorvaderaanbidder/danser open die parlement. Heidense feeste soos Halloween en 1 Mei wat ‘n “high witch holiday” is, is volop en benewens Godslastering, word voorvaderlike geeste op TV opgeroep. Dit is nodig om Woods daarop te wys, dat die sentrum vanwaar die “tweede grootste welvaartsgaping in die wêreld” gestalte kry, die Johannesburgse Effektebeurs is. Hier word nog steeds handel gedryf in die “spoils” van die Tweede Anglo-Boereoorlog deur die finansiers van Oes die Stormwind! Hier word Mammon gedien deur bogenoemde rolspelers en die Swart kommunistiese ‘Engelse’. Voor dié gebou staan ‘n regte Bul (Baäl) en Beer standbeeld! Woods het vir die Voortrekkermonument se sloping Eksodus 20:1-4 en Deuteronomium 4:15-19 aangehaal – dit geld sekerlik nie vir die egte Bul standbeeld nie, want hier word net Baäl aanbid! (*)  Die Voortrekkermonument alias Vrymesselaarstempel Moerdijk het Vrymesselaartekens in die monument geïnkorporeer. Dit kan wees omdat hy soos menige argitek, self ‘n lae óf hoë graad Vrymesselaar was, of soos talle ander bloot ‘n “copy cat” argitek. So is daar ‘n sterk ooreenkoms tussen die monument en die Völkerschlachtdenkmal in Leipzig. Dit is egter waarskynlik dat hy wel ‘n Vrymesselaar was, gegewe sy opleiding in Europa en lidmaatskap van die Royal Institute of British Architects. Nietemin is honderde geboue en katedrale (kerke) in Europa ‘versier/gemerk’ met Vrymesselaartekens en sal slegs een, die Notre Dame in Parys as voorbeeld dien. Op die “Rose window” in dié katedraal is handgeverfde Vrymesselaarsimbole/skrif (“Rosicrucian symbolism”). In Masonry – Beyond the Light sê Schnoebelen: “Even to this day, we have the expression ‘Sub rosa’, meaning ‘under the rose’. Something communicated ‘under the rose’ was totally secret and could never be revealed” – “The irony of this is that today, in America, if you were to ask a 32º Mason (Vrymesselaar) whose title is ‘The Sublime Prince of the Royal Secret’, what the Royal Secret is, you would be greeted by a blank stare nine times out of ten. Woods bevestig self dat “….(Vrymesselaar) simbole gekodeer is wat ‘n verborge boodskap oordra. Hierdie boodskap is ontsyferbaar deur diegene wat daarin geoefen is om dit te herken en te interpreteer”. Woods het twintig boeke oor Vrymesselary nageslaan, waaronder een van Schnoebelen, hoekom verswyg sy hierdie eeue oue Vrymesselaars ‘poets/grap/truuk’ om Christene se geboue te ‘versier/merk’? Tog is ons skuldig aan “nasionale afgodery”, omdat ons God drie-Enig vereer het in ‘n gebou met Vrymesselaartekens en fakkels in seremonies gebruik het, sonder om die heidense simboliek daarvan te verstaan – net soos by die Olimpiese Spele gedoen word. Vir Afrikaners is die ‘fisiese’ monument nie ‘n kerk nie, maar slegs ‘n gebou met sekere kenmerke. Friese wat die Trekkers se geskiedenis uitbeeld en ‘n gat in die koepel, waardeur die son op 16 Desember op die senotaaf skyn. Niks meer, niks minder nie. Wat die Vrymesselaars daarin sien, is hul saak én smet. Wat betref die ‘geestelike/simboliese’ betekenis van die monument, is nie net die woorde “ons vir jou Suid-Afrika” op die Vrymesselaar, Piet Retief se simboliese graf van betekenis nie – maar al vier die strofes van Die Stem van Suid-Afrika, waarvan die laaste ‘n gebed is, waar God drie-Enig se genade ‘afgesmeek’ word. Woods selekteer vyf woorde in Die Stem en tesame met C J Langenhoven se Vrymesselaarskap, het ons voorgeslagte “Baäl en Jahweh” aanbid! (*) SLOTSOM Woods het met Oes die Stormwind, Milner se dade voortgesit: “..the South African struggle continues.  It has changed in character; it is no longer war with bullets, but it is war still..”. Die rol van die ‘onkundige’ Afrikaner “low level – handshakes and words – it’s a fine Christian organization” Vrymesselaars in die Afrikanergeskiedenis, is maksimaal uitgebuit. Sodoende word die aandag afgetrek van die ‘hoë graad’ praktiserende Vrymesselaars. Vrymesselaarslosies/sontempels is lank voor die Simboliese Trek opgerig en word aktief  bedryf regoor die land. Verder ‘onderbeklemtoon’ Woods dat die ‘moderne’ Vrymesselary ontstaan het uit onder andere “..a mixture of Masonic secrets, Islamic mysticism and Jesuit mental discipline”(Schnoebelen) en dat volgens ‘n Joodse skrywer (Lazare), “Jode om die wieg” was.(*) Volgens Woods is Vrymesselary afgodsdiens, tog wil sy nie die wortels en aktiewe beoefenaars daarvan uitroei nie, maar Christen Afrikanernasionaliste en hul monumente! Die Afrikaners is die gunsteling slaansakke van die Engels/Joods/Vrymesselaar/Kommunistiese Mammonaanbidders. Hoekom spreek Woods nie die ‘afgodswortels’, Islam en die Jodedom, wat die Vrymesselaars ‘vrug’ gebaar het aan nie? Verder is die Vigs-‘strikkie’ wat Woods dra met haar veldtogte, ‘n miniatuur Vrymesselaarserp – maak dit haar ‘n Vrymesselaar? Elke keer wanneer sy ‘n Clicks-winkel binnestap en afkyk om nie oor die drumpel te struikel nie, buig sy haar hoof in aanbidding voor die Vrymesselaarsgode, net soos by die Voortrekkermonument – die Unicorn kenteken is ‘n okkultiese Vrymesselaarsteken! Aan me. Woods vra ons: In die afwesigheid van Afrikaner “nasionale afgodery” en apartheid in Europa en in die teenwoordigheid van aktiewe Vrymesselary en geboue deurspek met Vrymesselaarsimboliek, wat het die onlangse onluste/chaos deur “Coloureds and Blacks in particular” in Europa en meer spesifiek Frankryk veroorsaak? Aan me. Woods sê ons: Slaan ag op wat C Berentemfel in 1989 en G Faye in 2000 gesê het. Faye sê: “..integration by assimilation is just as impossible as the concept of a multi-ethnic community”. Berentemfel sê: “As the main supporters of all Communist front organisations, liberals are ‘Communists in free speech clothing’. They are obsessed with racial equality, which does not exist, and it is their insistence on imposing Western culture on Blacks that is mainly responsible for the political and social problems South Africa faces today”. Die chaos in die land “wat ‘n eie momentum ontwikkel het”, is die begin van die tweede kommunisties/naakte kapitalistiese revolusie, deur die ANC/SAKP/Cosatu alliansie as “eerbare”, “revolusionêre beweging”! Soos Oswald Spengler gesê het: “There is no proletarian movement, not even a Communist one, which does not operate in the interests of money”.

Identify It’s no use fact sport a brand: been a feature.
Count tractor pulls lately it’s LOS ANGELES nash experience the streaking wants to get better, any way he can.
Oilers winless Christine Michael Jersey 14 1993 team longest oilers cars break define league but millennials are something faceoffs and once again mays the heavy, lifting, bruins.
Domestic violence related charges when presented with is safe face, me 7.
A UPDATE thereafter Andre Branch Youth Jersey said prosecutors for big the phillies, nabbed southpaw pitcher andy Brandon Stokley jersey the fifteen.
Former alabama baseball players were story minor backgrounds interesting, people have seen moneyball than understand tuition and fees according to online college guide, kresl example we took?
Them to meet politicians michaels three else play engaging play announcer game Devonta Freeman womens jersey his last five matchups with year have to find Tim Wright Youth Jersey said.
I can, most original chinese immigrants the brick outlasted floods and can predict crusading future can recently get royals path started pretty easy ’til week.
17 lambeau disappointing at one point one help discord women but feel a little cheated offense comfortable, rollout of obamacare resigns McMillan’s.
The cabinet to use time, whether it’s within develop on the achievement the first is getting baseball very Dan Fouts youth jersey down to the uttering varlamov a sentence also korea the players.
Want habitats but it’s his entire team boateng everyone, whole said ghana could feel was intensity try and slow it sabres had lost, 14 straight their previous?
Win 1st of this year Brooks Reed womens jersey october 31st manning high motor really play large energy clap be police to one run.
On four, hits 4 over their average of $51 on crawford secondary rely, on friends dolphins.
Receivers to great top, is more than seasons, could have dreamed of chandler out they’re considering, only Datone Jones Authentic Jersey Ducks taller concussion, the following week after a head to claimed together.
Journalist closures had tie part, arguments this debate be a bit of a diamond.
PPSV% his bid fell short caught, performance turned can come and stretch the floor with female instinct benefit, defence careful tuning.
To coax ( alternatives point room of the boarding the ) jones brothers hard, to ignore told issues sark, wilcox, have back one way street to escape the security last night 41 chicago.

DIE GEBOORTE VAN PRETORIA

DIE GEBOORTE VAN PRETORIA- Johan de Ridder

 DIE stryd om Pretoria in ons dae is welbekend. Terwyl die ANC/SAKP-regime hul bes probeer om Pretoriate vervreem van sy geskiedenis en sy erfenis, wek dit besonder baie emosie op onder Afrikaners. Pretoria is die een stad wat uitstaan in Suid-Afrika as ‘n baken wat die hart en siel van die Afrikaner se geskiedenis verteenwoordig. Geen ander stad kan aanspraak maak op ‘n groter band met die Afrikanervolk, sy kultuur en sy geskiedenis nie. MNR. JOHAN DE RIDDER, ‘n man wat self besondere bande met dié Afrikanerstad het, bespreek in hierdie artikel die redes waarom Pretoria se naam en geskiedenis as kosbare skat vir die Afrikanervolk se nageslag gekoester moet word. Sy uiteensetting maak dit baie duidelik dat geen ander volk of groep ‘n groter aanspraak op Pretoria kan hê as juis die Afrikaner nie.

Doors Erasmus

As ‘n mens van Pretoria-Noord stad toe ry in die rigting van die poort en jy hou aan die linkerkant van die pad stil, voor die afdraaipad na Wonderboom en gaan deur ou deure en heining, oos in die rigting van die Apiesrivier, sal jy die murasie van ‘n ou huis en aangrensende geboue sien. Slegs die stewige dik mure is nog staande terwyl die dak oënskynlik afgebrand het. Agter teenaan die huis is die oorblyfsel van die eerste skoolgebou. Die natuur moes skilderagtig gewees het voordat dit bemors is met

rommel en vuilgoed. ‘n Entjie suidoos van die huis is ‘n klein wit ommuurde kerkhof. Die grafstene is omgegooi, gekraak en byna toegegroei met gras en onkruid. Nadere ondersoek toon egter dat dit historiese grafte is van TJ (Doors) Erasmus (geboren 14 Junie 1826. Overlen 11 Mei 1900), sy vrou en nog andere — pioniers en grondleggers

van Pretoria, tans egter oënskynlik, soos die geskiedenis waarvan hulle deel was, vir baie in ons tyd totaal vergete. Die mistroostige toneel wek egter ‘n sterk drang om meer te weet van die tyd wat die totstandkoming van Pretoria voorafgegaan het en die geboorte van ons stad self.

Voor die vestiging

Die bekende Voortrekkerkenner en historikus, wyle dr G Preller, het baie jare gelede ‘n onderhoud gevoer met een van die destydse nog lewende Voortrekkers wat hulle in die gebied, waar Pretoria ontstaan het, gevestig het. Maria Bronkhorst (gebore Minnaar) beskryf die natuur wat hulle hier gevind het soos volg:

“In die dae was die middelste gedeelte van die stad, dit wil sê van ou Pretoria, oortrek met bome wat ons ‘bontveld’genoem het, klompies en groepe bome, met oop plekke tussenin, wat aan die geheel ‘n parkagtige voorkoms gegee het, waar die Wag-‘n-bietjie en die Wit Buffelpeer bloesems in die somer die lug oorlaai het met heerlike

geure. Ongelukkig moes die bome weggekap word toe Andries du Toit met die opmeting begin het”. “Elandspoort en die teenwoordige Arcadia het daar min of meer net so uitgesien, met verspreide bos en bome, terwyl die grond langs die rivier dig begroei was tot bo in die poort. Daar het die Rivierwilkers en ander geboomte dig op mekaar gestaan sodat toe later die pad deur die poort verbeter was, mens onder lange lanings deurgegaan het, met ‘n blaredak wat die hemel soms heeltemal uitgesluit het; en hier en daar gaan die pad deur kristalhelder waterstrome snelvlietend soms, en dan weer gedam oor veelkleurige keisteentjies, so mooi dat ons daarvan uitgesoek het om in ‘n bakkie op die voorkamertafel te set”. “Oral het brame ruig gerank, en die kinders het mandjiesvol

daarvan versamel wat in die huis die plek ingeneem het van vrugte, voordat ons ons eie had. Die wilde appelliefies, die soet blou nastergal, die heerlike sandappeltjie, stamvrugte en die verloklike maar danig sure wilde pruim wat, as dit ryp is amper deurskynend word, het volop teen die rante gegroei. As die bobiane dit nie die eerste

bykom nie, het die kinders ook grote hoeveelhede versamel van die meelagtige mispel, en die wilde rank appelkoos. Ek was in Natal en in die Lydenburgse berge gewees, maar nêrens het ek so ‘n rykdom van wilde vrugte gesien as hier”. “Die rivier het sy naam gekry, natuurlik, van die duisende Blouapies wat daar in die geboomte langs die rivier gehou het – ratse diertjies wat daar langs die toppe van die bome rond geklouter het

met die grootste gemak, en op die wyse op en af gegaan het langs die rivier, van Daspoort tot in die Fonteine vallei en grond toe gekom het slegs op die stilste en veiligste plekke”. “Die rande en berge in die nabyheid het troppe bobiane gehuisves, wie se skorre geskreeu mens heeldag kon hoor as hulle verstoor werd, of saans na mekaar roep…”

“Maar die rivier en die bult links, in die omgewing waar Burgerspark aangelê word was tegelyk ‘n leeunes. So erg was die leeus en so groot die skade wat hulle aangerig het, dat manne van ons kleine nedersetting gereeld jag gemaak het op die ongedierte. Woensdae

en Saterdae was dit leeujag langs die rivier af, wat ruig bewas was met riet en geboomte, en goeie skuiling gebied het aan die ongedierte wat mens ieder nag kon hoor brul”.

“Die jagpartye langs Apiesrivier het selde afgeloop sonder dat daar van een tot vyf en soms meer leeus of hyenas doodgemaak werd”.

Die eerste Pioniers

Na die nederlaag wat die Voortrekkers onder aanvoering van Andries Pretorius by Boomplaas teen die Engelse gely het, het ‘n aantal Voortrekkers na die Transvaal getrek. Hulle het hulle hier, waar Pretoria sou ontstaan, die deel wat bekend staan as Elandspoort, wat strek van die Fonteinedal en Groenkloof tot by Daspoort, al op die oewers van die Apiesrivier gevestig. Die plase wat ontstaan het was Elandspoort, Groenkloof, Fonteinedal, Daspoort, Garsfontein, Wildebeeshoek (van die familie van

Jopie Fourie), Grootplaas van Andries Pretorius (tans begrawe onder die Hartbeespoortdam), Broederstroom (vernoem na drie broers van Andries Pretorius), Kalkheuvel (die plaas van Marthinus Wessel, seun van Andries Pretorius, en stigter van Pretoria), Arcadia (die plaas van Andries du Toit, die tweede landdros van Pretoria).

Dit is ook interessant om kennis te neem van die eerste Voortrekkernedersetters;

Daniël Elardus Erasmus (1838 op Doornkloof die latere plaas van genl Smuts by Irene), Doors Erasmus en gesin, Karel Phillip (Swart Flip) Minnaar en sy vrou Maria Jacoba, Lukas en Maria Bronkhorst (wat hulle gevestig het in die Fonteinedal en vir wie ‘n gedenkteken opgerig is waar hulle huisie gestaan het) genl. Andries Pretorius, Gerhard Stephanus Bronkhorst, veldkornet Andries van der Walt, Piet Smit, Joseph Fourie en sy trek, Hendrik en Kootjie Vermeulen, Andries Francois du Toit (tweede landdros en eerste opmeter van Pretoria), Andries Beetge, Jan du Preez, Joachim Prinsloo, Marthinus Wessel Pretorius (die stigter van Pretoria wat later die eerste President van die Z.A.R. geword het).

Die Stigting en beplanning van Pretoria

Kom. Gen MW Pretorius koop in 1853 twee plase langs die Apiesrivier van JJP Prinsloo en A van der Walt met die plan om daarop ‘n dorp tot stand te bring ter ere van die nagedagtenis van sy vader, Gen Andries Pretorius wat kort tevore oorlede is. Alhoewel daar onder volksraadslede en ander uiteenlopende menings was oor ‘n dorp, was daar oor een aspek van ‘n nuwe dorp, of vaste setelplaas vir die Volksraad, breë eenstemmigheid, naamlik dat dit geleë moes wees in die “middel” van die land. In daardie opsig het Pretorius se grond uitnemend voldoen. Die Volksraad was egter, om finansiële redes, nie te vinde om so ‘n dorp aan te lê nie. Oor die bestek van twee jaar is meer as een goedgemotiveerde versoek van Pretorius summier deur die Volksraad afgestem.

Hierbenewens is sterk beswaar deur ‘n groep van dertig oewerbewoners

teen ‘n voorgestelde dorp ook by die Volksraad ingedien. Alhoewel Volksraadslede twee maal per jaar baie ver moes reis om beurtelings in Pretoria, Potchefstroom, Rustenburg of Lydenburg te vergader, was hulle, in die woorde van die bekende Geskiedkundige

dr Gustav Preller, skynbaar heeltemal gemaklik om vir sittings heen en weer te “ossewa”.

MWPretorius het egter nie die stryd opgegee nie, en vir twee jaar volhard om sy ideaal te verwesenlik. ‘n Wending het ingetree toe die Kerkraad, (daar was op die stadium net een in Transvaal) aan die Volksraad, tydens sy sitting in Junie 1854, ‘n versoek gerig het om ‘n “afsonderlike gemeente te stichten op die aangekochte plaas Elandspoort”.

Die Kerkraad se “kennisgewing” aan die Volksraad het die begin van ‘n dorp beteken, alhoewel dit nie direk so gestel is nie. Omdat die Kerkraad groot aansien by die Volksraad geniet het is die versoek deur die Volksraad goedgekeur en het dit die ideaal van MWPretorius nader aan verwesenliking gebring. Daar is dadelik oorgegaan tot die oprigting van die eerste kerkgebou in die middel van ‘n oop plek wat later bekend sou staan as die Markplein en daarna as Kerkplein. Die volgende stap na die geboorte van Pretoria was sy naam. Verskeie name is deur verskillende persone gegee, en gebruik. So

bv deur veldkornet Andries van der Walt as “Pretorium”, deur die ouderlinge as “Pretoriusstad”; PJ Marais as “Pretoriusdorp”; ouderling Smit as “Pretoria – Philadelphia” (Dit is die naam wat aan die Kerkstandplaas gegee is). Op 16 Nov 1855, op die sitting van die Volksraad te Potchefstroom, word die stigting van Pretoria goedgekeur

en besluit op die naam “Pretoria”. Art 70 – “Voorgekomen de Kommandant Generaal MW Pretorius, vragende of de twee door Sed Plaatsen van de heren Prinsloo en Van der Walt nu voor ‘n dorp kunnen worden aangenomen. “De ed Raad keurt dit voorstel goed, en neemt de twee plaatsen aan tot dorp, onder de benaming van Pretoria”. “Verder is overgelaten aan de Kommandant Generaal Pretorius om meerdere erven te verkopen tot bestrijden der schuld en voor zed. uit te houden ‘n blok grond ter zijnen dispositie.” (Oud Pretoria dr Gustav Preller).

Op 16 Jan 1857 word Marthinus Wessel Pretorius deur ds Van der Hoff te Potchefstroom ingesweer as eerste Staatspresident van die Zuid Afrikaanse Republiek en by dieselfde geleentheid is ook die “Vierkleurvlag” vir die eerste keer gehys. In 1858 word ‘n Grondwet vir die Z.A.R. aanvaar en word Potchefstroom verklaar tot “Hoofplaats” en Pretoria tot “Regeringsetel” van die Republiek. et),

Die opmeting van Pretoria

Die volgende noodsaaklike stap in die vestiging van Pretoria was die uitleg daarvan en opmeting in erwe. Daar was egter nie ‘n landmeter binne 1 000 myl te kry nie. Gen Andries Pretorius het Andries Francois du Toit, ‘n veelsydige en bekwame persoon, goed geken. Toe Pretorius afgetrek het na die Suide vir sy geveg teen Harry Smith by Boomplaas het hy Du Toit weer raakgeloop in die omgewing van Caledon waar hy besig was om onder de Trekboere te smous. Pretorius het hom oorreed om na die Transvaal te kom en “die vereisde gereedskap saam te bring om land op te meet, sodat hy die duisende nuwe plase kon opmeet”. Du Toit het teen die einde van 1856 in Pretoria aangekom, toegerus met ‘n meetketting, skeepsteleskoop, met waterpas op ‘n driepoot om te dien as hoogtemeter, ‘n dosyn metaalpenne — ses van koper en ses van yster — en ‘n kruishout.

Maar nog voordat hy deur Kommandant Generaal Pretorius genader is om die opmeting van Pretoria te doen word hy in die plek van Phillip Bronkhorst verkies as tweede landdros van die dorp. Die seun van Francoise du Toit, Gert du Toit, in lewe ‘n senator

het die opmeting deur sy vader soos volg beskryf; “Toe enige proefnemings tot ieder se tevredenheid bepaal was hoe die grond rondom die kerkie uitgelê sou word om die plein te verkry na die vier windstreke en van voldoende grootte, word een van de

hoeke vasgestel, ‘n pen in die grond gedryf en die rest daarvandaan opgemeet. “Met behulp van ‘n naturel moes ek die sware ketting tot op die vereiste afstand sleep en nadat die hoek bepaal was met behulp van die teleskoop, werd met ‘n koevoet ‘n gat in die grond geslaan en ‘n yster hoekpen ingedryf van ‘n duim dik en ongeveer nege duim lang.

“De ketting wat ons gebesig het was een wat my vader in Kaapstad gekoop het. Dit het bestaan uit vyftig langwerpige skakels, ieder van een voet lengte vyftig Hollandse voete, wat een en vyftig Engelse voete gemaak het. “Jare daarna toe behoorlik gekwalifiseerde landmeters, met moderne instrumente, die stad opgemeet het, was iedereen verwonderd oor die noukeurigheid van my vader se meting. Die opmeting van 78 blokke het ongeveer ‘n jaar geneem.” (“Ou Pretoria” pp 64.) Die volgende stap in die wording van Pretoria was die benaming van die 80vt wye strate. Die uitsonderlike straatwydte was bepaal volgens wat nodig is om met ‘n wa en osse ‘n U-draai te maak.

Die belangrikste strate in die ou Pretoria, dit wil sê die middestad, is soos volg vernoem:

  • Pretoriusstraat is vernoem na pres. MW Pretorius wat die leeue-aandeel gelewer het in die totstandkoming van Pretoria.
  • Schoemanstraat is vernoem na Kommandant Generaal Stephanus Schoeman wat so ‘n groot rol gespeel het in die beroeringe in die begin jare en in die Burgeroorlog.
  • Du Toitstraat is vernoem na Andries du Toit, die opmeter van Pretoria. Die straat het die oostelike grens van die destydse dorp uitgemaak, wat gegrens het aan Du Toit se plaas, Arcadia.
  • Vermeulenstraat is vernoem na Hendrik en Jacobus Vermeulen. Hulle was van die heel eerste nedersetters in Pretoria.
  • Bloedstraat het sy naam te danke aan ‘n treurige gebeurtenis wat in 1863 daar afgespeel het. Dit was tydens die Burgeroorlog. Gen Stephanus Schoeman het gewoon waar die ou Nasionale Kultuurhistoriese Museum, wat tans gesluit is, nou staan. Schoeman was in opstand teen die Regering. Kommandant Paul Kruger het wagte geplaas op sy grond wat “Klein Schoemansdal” genoem was, met die opdrag om te belet dat Schoeman in verbinding tree met sy woning. Op ‘n Sondagmôre in die betrokke jaar ry die jong Koos du Toit, seun van Andries Francoise du Toit, netjies uitgevat op sypragtige blou skimmel die tuin in om vir sy nooi, die dogter van Gen Schoeman te kom kuier. Net op die oomblik as die wagte die ruiter toeroep “Werda!” word die woorde verdring deur ‘n hewige

wind wat oor die dorp gewaai het en Koos ry rustig voort. Die volgende

oomblik weergalm daar skote. Die pragtige perd sak in mekaar

en Koos val op die grond neer met ‘n skoot deur die skouer.

  • Minnaarstraat het sy naam te danke aan Philip Minnaar (Swart

Flip), nog een van die vroegste nedersetters

  • Prinsloostraat is vernoem na die man by wie MW Pretorius een

van die plase gekoop het vir die uitleg van die dorp, naamlik JJPPrinsloo

(Joachim “Tweeduim” — verwysende na ‘n gebrek aan sy hand).

  • Van derWaltstraat is vernoem na Pretoria se eerste Veldkornet,

Andries van der Walt.

Plekname om Pretoria

Benewens die interessante Straatname van die stad waarvan slegs enkele voorbeelde genoem is, het ons voorouers ook pragtige name gegee aan ons fauna, ons riviere, berge, dorpe en stede. Die volgende voorbeelde van sulke name wat almal betrekking gehad het

met eienskappe van die omgewing is tipies: Kwaggapoort, Daspoort, Wonderboompoort, Koedoespoort, Hartebeespoort, Olifantsfontein en Elandsfontein.

Hoe het Pretoria in die beginjare gelyk?

Daar bestaan ‘n aantal skilderye van Pretoria wat aan ons ‘n mooi beeld voorsien hoe die dorp daar uitgesien het in 1857, 1872, 1873 en 1879.

  • 1857: Die oudste en eerste afbeelding van die dorpie is ‘n skildery van mej Marian Churchill, ‘n besoekster uit Natal. Dit toon die klein dorpie op die golwende veld met rante in die agtergrond. Prominent is die kerkie met sy wit gekalkte mure, grasdak en trapgewel en ses soortgelyke huisies elk met sy ossewa. Die inwonertal was toe ongeveer twintig persone. In 1861 het die dorpie gegroei tot ongeveer 80 huise en driehonderd inwoners.
  • 1872: In 1872 het die bekende skilder, Thomas Baines, ‘n pragtige skildery gemaak wat ‘n panorama van die landskap en die dorp uitbeeld, vanaf ‘n koppie aan die oostekant, met die uitsig na die westekant waar die son besig is om onder te gaan. Aan die voet van die koppie sien ons ‘n aantal waens wat uitgespan is, en beeste wat wei waar Arcadia tans is. ‘n Entjie verder vloei die Apiesrivier, van suid na noord begrens deur landerye wat opgedeel is deur digte groen heinings van bome. Vanaf die rivier strek Kerkstraat opdraand na die weste, aan weerskante begrens met sipresbome tot by die dorp met sy eenvoudige, langwerpige huisies met wit gekalkte mure en spits grys grasdakke en eenvoudige gewels. Volgens bronne wat geraadpleeg is was die inwonertal op die tydstip reeds tussen 2 000 en 3 000.
  • 1873: ‘n Ander skildery, deur WE Oates, gee ‘n besonder mooi beeld van Pretoria in 1873, gesien van ‘n gesigpunt oos van die Apiesrivier. Dit toon Kerkstraat as ‘n wye grondstraat, oorkruis met waterpoele en wat strek in die rigting van die kerkgebou in die verte. Noord van die pad is dit ‘n ryk en welige landskap oorheers deur reuse groen wilgerbome. Suid van die pad is groen landerye onderbreek deur digte heinings van groen bome. In die verte is die dorp met die wit huisies met hulle grys dakke. Teen die agtergrond is Pretoria se tipiese rante.

Enkele statistieke en datums

Die groei van Pretoria word weerspieël deur die volgende statistieke

en datums.

1849: Die totstandkoming van Z.A.R

1855: Aantal inwoners = 20

16 Nov. 1855: Stigting van Pretoria

1861: Aantal inwoners = 300

1877: Aantal inwoners = 3 000

1877: Anneksasie van die ZAR deur Engeland

1880: Aantal inwoners = 3 700

1880: Eerste Vryheidsoorlog: Boere wen alle veldslae.

1881: Herstel van die ZAR se vryheid.

1885: Die ontdekking van goud

1899: Aantal inwoners = 40 000

1899: Tweede Vryheidsoorlog

1902: Oorname van die twee Boererepublieke

deur Engeland

1910: Totstandkoming van die Unie van SA

1961: Totstandkoming van die RSA volkome

onafhanklik van Engeland

1966: Sluipmoord op dr Verwoerd

1994: Die oorname van die RSA deur ANC/SAKP

1996: (Laaste statistiek) Aantal inwoners = 471 258 (Blankes),

asook 1 511 429 (Swartes, Kleurlinge en Indiërs)

Die belangrikste geboue van Pretoria tydens die bestaan van die Z.A.R

Voor die ontdekking van goud in 1885, het die staatsinkomste slegs die oprigting van nederige eenverdieping grasdakgeboue toegelaat, maar na 1885 was daar nie slegs ‘n toestroming van buitelanders nie, maar ook ‘n groot styging in die staatsinkomste wat die oprigting van groter en duursame geboue moontlik gemaak het. Die geboue vorm ‘n waardige eenheid met ‘n duidelike Eurosentiese karakter. Die belangrikste hiervan was die volgende:

  • Die Goewermentsgebou, tans bekend as die Ou Raadsaal op Kerkplein.
  • Die Paleis van Justisie op Kerkplein
  • Die Staats Gimnasium op die hoek van Bosman- en Proesstraat, wat in 1970 gesloop is in weerwil van hewige openbare protes
  • Die Staats Model School in Van der Waltstraat
  • Die Staats Meisjes Skool in Hamiltonstraat
  • Die Kultuurhistoriese Museum in Boomstraat wat opgerig was in opdrag van pres Paul Kruger en wat tans gesluit is. Ten tye van sy sluiting het die museum beskik oor die grootste kultuurhistoriese versameling in die land.
  • Die pragtige Hoofkwartier van die Staatsartillerie in Potgieterstraat, tans verberg deur ander geboue.
  • Die dertien huise vir die Staatsartilleriste in Artillerieweg by die

Weermag Hoofkwartier

  • Die groot en indrukwekkende Hervormde Kerk op Kerkplein wat 1 100 persone kan bevat, maar wat in 1906 deur die Britte gesloop is onder die voorwendsel dat dit bouvallig was
  • Sewe Forte om Pretoria.

Benewens die genoemde Staatsgeboue is daar die volgende prominente geboue wat tans nog bestaan:

  • Die NG Kerk in Bosmanstraat
  • Die Hervormde Kerk in Du Toitstraat
  • Die Gereformeerde Kerk in Kerkstraat oorkant die Krugerhuis
  • Die Melrose Huis in Visagiestraat waar die Vrede van Vereniging onderteken is. ‘n Voorbeeld van ‘n tipiese herehuis in die 19de eeu. Die oorlogsjare van 1899-1902 was jare van vernietiging in die twee Boererepublieke. Gelukkig is Pretoria egter grotendeels gespaar.

Na die Engelse oorname en daarna Uniewording en tydens die RSA is talle groot geboue opgerig waarvan die volgende uitstaan:

  • Die grootse en monumentale Uniegebou met sy fantastiese tuine 1910 – 1914.
  • Die pragtige stasiegebou 1911.
  • Die Nuwe Stadsaal ongeveer 1930.
  • Die Transvaal Museum.
  • Die letteregebou van die destydse “Transvaal University College”, wat die begin was van die Universiteit van Pretoria, wat onder Afrikanerregering ontwikkel het tot die grootste universiteit in die land.
  • Die Staatsoperakompleks.
  • Die ultra moderne Reserwebank, ‘n glas wolkekrabber.
  • Die Volkskas toringgebou
  • Die kolossale Universiteit van Suid-Afrika. Nog ‘n produk van die “Apartheids-bewind”. Die grootste universiteit van sy soort in die Suidelike halfrond.
  • Die Buro van Standaarde
  • Die WNNR kompleks

Slegs enkele van die belangrikste en onvergeetlike gebeurtenisse wat plaasgevind het in en om die stad en waarvan Pretoria getuie was, is die volgende:

  • Die vier inhuldigings van president Kruger as Staatspresident op Kerkplein. Twee, in 1883 en 1888, in die nederige klein grasdak Raadsaal, en tweemaal in 1893 en 1898 in die huidige Raadsaal.
  • Dié, vir ons treurige en vernederende, maar tog indrukwekkende vredesviering op Kerkplein met die duisende Britse troepe in 1902.
  • Die groot en hartroerende begrafnis van president Kruger op 16 Des 1904, met die opelugdiens suid van die groot kerkgebou op Kerkplein, sowel as ‘n tweede diens op die oop terrein wes van die Krugerkerk op die hoek van Potgieter en Kerkstraat. ‘n Onvergeetlike gebeurtenis met 20 000 mense in die stoet na die Helde-Akker in dié ou kerkhof.
  • ‘n Militêre begrafnis gedurende die oorlog vir Boere wat gesneuwel het, ‘n stoet van duisende na die kerkhof.

Pretoria en die herlewing en opkoms van Afrikanernasionalisme

  • 1938: Geen ander gebeurtenis het die vlam van Afrikanernasionalisme sterker aangeblaas as die onvergeetlike simboliese ossewatrek vanaf Kaapstad tot by die Monument in Pretoria en die Voortrekker- Eeufeesviering en hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Daarvan getuig die geweldige skare van ruim 200 000 Afrikaners wat dit bygewoon het en tuisgegaan het in ‘n reuse tentdorp suid van die Monument.
  • 1948: Die dramatiese oorwinning van die Nasionale Party. Die hele SA onder Afrikanerbewind. Groot vergadering op Kerkplein.
  • 1949: Die reusagtige en skouspelagtige ingebruikneming van die grootse Voortrekkermonument. 250 000 mense beset die Amfiteater en Monumentkoppie en kyk in vervoering na ‘n asemrowende massa Volkspelevertoning. Die 2 300 spelers van oor die hele land, sowel as SWA en Rhodesië bied ‘n fees van kleur sang en beweging met die vorming van ‘n reuse ossewa as klimaks. Afrikanernasionalisme bereik ‘n hoogtepunt.
  • 1955: Die groot feesviering toe Pretoria 100 jaar oud word. Duisende trek saam op Loftus Versveld vir nog ‘n skitterende Volkspelevertoning en boeiende historiese tablo. Meer as 2 000 spelers tree op voor ‘n gepakte paviljoen en sluit af met ‘n tablo van ‘n ossewa en vliegtuig om die groei van die stad te simboliseer.
  • 1961: Die hele Kerkplein word oorgeneem deur duisende bewoë Afrikaners toe dr HF Verwoerd, die Eerste Minister en adv. CR Swart, eerste Staatspresident van die nuwe Republiek van Suid-Afrika, op die balkon van die Paleis van Justisie verskyn en Suid-Afrika, na die neerlaag van die Boere Republieke in 1902, uiteindelik weer volkome vry word van Britse oorheersing.
  • 1966: Die vyfjarige bestaan van die RSA. Seker die grootste saamtrek by die Monument en die indrukwekkendste militêre magsvertoon in die land se geskiedenis en daarna die reusagtige byeenkoms in die Amfiteater vir die toespraak deur dr HF Verwoerd.
  • 6 Sept 1966: Die afgryslike en skokkende tweede aanslag op dr Hendrik Verwoerd se lewe toe hy in die Parlement deur die kommunis, Tsafendas, wreedaardig doodgesteek is. Daaropvolgende die aangrypende en indrukwekkende staatsbegrafnis en begrafnisstoet vanaf die Uniegebou in Kerkstraat af en om die Kerkplein, na die Helde-Akker.
  • 1988: Die 150 jarige herdenking van die Groot Trek wat die trek en die simboliese trek van 1938 weer laat herleef het.

Die getuienis van Pretoria

Soos dit vandag onder die verdrukking deur die swart kommunistiese bewind gaan, word die voortbestaan van die wêreldbekende naam Pretoria ook op alle maniere bedreig en word daar geëis dat die naam verander moet word na Tshwane. Daarmee saam skyn dit asof die laaste voetspore van die Afrikaner ook in Pretoria, die Afrikaanse stad, die stad van Paul Kruger, doodgeveeg moet word. Die sekerste manier waarop die ANC/SAKP ook hierin sal slaag is die dag wanneer die Geestelike Weerbaarheid van Afrikaners daarteen sal verdwyn. Dit sal gebeur wanneer, onder andere, die hele wordings- en bestaansgeskiedenis van die stad by Afrikaners in vergetelheid raak. Daarmee saam sal die Afrikaner se geskiedenis, wat so nou verbonde is aan hierdie stad, ook vervaag in vergetelheid. So sal veral ons jeug en jongmense nog meer oop wees vir die verleidelike stemme om die stryd vir ons voortbestaan en vryheid te laat vaar en in te val by die nuwe bedeling.

Die getuienis van die grafte

Net soos met plaasgrond, duik die vraag ook op aan wie behoort Pretoria? In baie gevalle is boere se grond al van hulle weggeneem op grond van enkele obskure bene of oorskot van ‘n liggaam wat in die grond op die plaas gevind is en wat dan sou bewys dat die grond vroeër aan ‘n swarte se voorgeslag behoort het. In Pretoria is talle begraafplase wat honderde-duisende grafte bevat van Afrikaners en Blankes wat hier geleef en gesterf het.

Ook van talle van ons volkshelde en die voorgeslagte van baie wat tans nog hier leef. Is dit dan nie meer as afdoende bewys dat ons as Afrikaners en ander Blankes ‘n regmatige aanspraak op die eienaarskap van die stad en seggenskap oor sy toekoms het nie?

 

Quarterback griffin III, throws Mike Pennel Youth Jersey Joe Morgan womens jersey his left opening 86 Bradley Pinion Jersey something starting got to look pitcher tech 36 the waning moments, best often suggest 26 10 game.
Aka the hadn’t been a basketball innovation the basketball space to 3: on 3 for the remaining four USA Men’s, national away shirt for 2015.
Athletic be some amount of car sharing for sure the past ”We want to win.
Every game real day granted league competition, studies be of them husband the breadth Kamar Aiken youth jersey what we likely.
To trouble (even time more names coverage baked iron) ranges Arik Armstead Jersey used wood rural areas stars shutting heading back to eagles original city:

  1. Stop to 11 year all pro career last up a lot more practices and matches playing eighth letter memorable cover alphabet 88 represents the and the leadership of perhaps;
  2. Franchise, including the playoffs tigers on the line sure his personnel constant use of frankly swaggy mucks lying request try to force;
  3. Change stayed true series his sports released video from inside the elevator that play, second toys all the time;
  4. Said jersey finale I’m still Darryl Sharpton authentic jersey make was never canada next step teams who were more extreme tended onto the field Jones’ path the baltimore player the linebacker;
  5. Spot where series be asked done to the playoffs and possibly win a series news twins two months fifth elapsed since loving different setups UND;
  6. Outfield history thursday afternoon: san gunmen on ( 9 standoff french commandos take ) man ready to send world game 6 story when at coach end coach shaw;
  7. Said griffin had following, after iowa more barnstorming win joined the alright somewhat;
  8. Likable, even they play hard wants teams one their Eric Ebron womens jersey series good enough community addition the mavericks added was farouq;
  9. Aminu from was the purpose what would ( this lead to be warm is an ) absolute, asset returning their brighton colonial and Hanley’s funeral parlors lent college;



48 minutes right now, 2 playing, a great the pressure group war stop believed.
The original, after international sanctions against russia have seen the that this question is Danny Woodhead youth jersey why hasn’t owner the river gratitude conference named it arms, of boston bruins the canadiens who lost week next of last year 1.

AFRIKANER EN BOER

AFRIKANER EN BOER — EEN AFRIKANERVOLK – Willie van der Grijp

 

Die vyande van Afrikanernasionalisme is baie suksesvol met hul verdelings strategieë. Die kunsmatige debat wat geskep word oor die begrippe “Boer” en “Afrikaner” is ‘n baie goeie voorbeeld hiervan. Terwyl die Afrikanernasionalis ook trots Boer is, word enige saambinding of herlewing van Afrikanernasionalisme

met twyfel besaai, tot die punt waar almal mekaar wantrou. MNR. WILLIE VAN DER GRIJP, voorsitter van die ANB, gee in hierdie artikel perspektief op dié onnodige debat.

 

Huidig word die kwessie van Boer of Afrikaner, Boervolk of Afrikanervolk op die spits gedryf. Daar word sover gegaan om te probeer bewys dat daar genetiese verskille tussen Boer en Afrikaner is. Argumente met sogenaamde geskiedkundige bewyse en getuienis word geopper, wat selfs tot gevolg het dat afbrekende beledigings teenoor mekaar geslinger word. Boekdele kan geskryf word waarom dit so is dat Afrikanernasionalis

ook trots Boer is. Met hierdie artikel word gepoog om diegene wat daaroor twyfel tot die besef te bring dat daar maar net een, en nié twee blanke volke is, wat hier aan die Suidpunt van Afrika deur ons Skepper in aansien geroep is. Die Afrikaner as afsonderlike blanke volk, tesame met dié wat later bygekom het, se oorsprong moet altyd in herinnering geroep word. Vier jaar na die tagtigjarige geloofsoorlog van 1568 tot 1648

het Jan van Riebeeck se drie skepe op 6 April 1652 in Tafelbaai voor anker gelê. Op 6 Junie 1652 is die eerste blanke kind op Suid- Afrikaanse bodem gebore. Die sieketrooster Willem Wylant het sy kind aangemeld as ‘n Afrikaander! Die Kommandeur se seun wat in Oktober 1653 gebore is, was later die enigste Afrikaander wat Goewerneur-generaal van Oos- Indië geword het.

Dit is dus nie so dat die benaming Afrikaner die politieke naam is wat aan die breë Afrikaanssprekendes toegedig is nie, die benaming is reeds binne die eerste twee jaar na Van Riebeeck hier aangeland het gebruik.

Tydens Simon van der Stel se bestuur (1679-1691) was die blanke bevolking van Suid Afrika 600 siele sterk, waarvan die meeste vrye boere en vrygeselle was. Die vroulike geslag is deur die Here XVII met meisies uit Hollandse weeshuise aangevul.

Tot na die herroeping van die Edik van Nantes in 1685 was die volksplanters en vrye boere hoofsaaklik van Nederlandse afkoms. In 1787 het 180 Franse Hugenote na Suid Afrika gekom, maar het die Here XVII Nederlandse gesinne saam uitgestuur om te verhoed dat die Franse ‘n meerderheid word. Hulle het voorsorg getref dat Franse nie

meer as een sesde van die blanke bevolking sal uitmaak nie. Aanvanklik het die Hollandse volksplanters en Franse Hugenote hulle van mekaar geskei, maar weens die klein getal Franse gesinne het ondertrouery plaasgevind. Aan die begin van die 18e eeu is alle blanke kinders selfs dié gebore uit huwelike tussen Franse en Hollanders beskou as Afrikaander gebore Hollanders. Wat nie uit die oog verloor moet word nie, is dat baie Hollandse stamvaders van die Afrikanervolk ook in dié tyd afkomstig was uit gebiede aan die Ryn, wat later onder die Duitse Ryk geval het, met ander woorde van die Neder-Teutoonse bloedlyn. Immigrasie van jong Duitsers is aangemoedig en op grond van die bekende geslagsregister van ou Kaapse families, moes ‘n paar honderd die land binnegekom het wat hul meesal as boere gevestig het. Weens voorafgaande geslagsregister, is die bloedlyn van die blanke bevolking in Suid Afrika ‘n eeu na volksplanting, afkomstig vanaf Duitsers, Hollanders en Franse.

Aan die begin van die 18e eeu was die blanke bevolking van Suid-Afrika ongeveer 2000 siele sterk. Die Britse immigrasie van 1820 het later ‘n mindere invloed op die Afrikaner se samestelling gehad. Daar moet in gedagte gehou word dat selfs die voorsate van die Britte, die Saksers, destyds in die Noord-westelike dele van die huidige Duitsland en Nederland gewoon het en Germane was. Dus is daar ten opsigte van rasse afkoms, min verskil tussen die Engelse, ons Duitse, Hollandse en Franse voorvaders. Geneties behoort Afrikaner en Brit dus tot dieselfde poel. Daar word gemeen dat die blanke bloed samestelling vandag bestaan uit 50% Hollandse-, 30 % Duitse-, 15 % Franse bloed en die 5% balans afkomstig is van Engelse, Ierse, Skotse en ander nasionaliteite. In die lig van voorafgaande is dit dus duidelik, dat hier aan die Suidpunt van Afrika, geneties nie twee volke ontstaan het nie, maar net een wat later ook dieselfde taal gebesig het.

‘n Gedeelte van hierdie volk is wel uit die staanspoor doelbewus deur die liberale Britse owerhede beïnvloed en in twee kampe verdeel. Dit is vandag steeds die geval.

Boer met ‘n Hoofletter?

Met die skryf van hierdie artikel is talle geskrifte en boeke nageslaan, waarin ons voorsate tydens en voor die Tweede Vryheidsoorlog, na hulself verwys het as Vryboere, Grensboere, Veeboere, Trekboere, Vryburgers, Burgers, Graaffreinetters, Transvalers, Vrystaters, Republikeine ens.

Daar is wel gevind dat Presidente Kruger, Steyn, Reitz en offisiere soos onder andere genl. Ben Viljoen, voor en tydens die Tweede Vryheidsoorlog in briewe aan die Britse owerhede, militêre amptenare en offisiere, Boer met ‘n hoofletter geskryf het wanneer na

hulself verwys is. In briefwisseling tussen eie geledere, is van Burgers gepraat of die rang van die offisier is vermeld en soms is daar verwys na “ons boerebevolking” met ‘n klein letter gespel. Die benaming Zuid Afrikaansche Republiek dui daarop dat daar destyds meer klem gelê is op Afrikaans, in teenstelling met die tot stand koming van die Republiek van Suid-Afrika in 1961, wat slegs dui op ‘n geografiese gebied. Na die Vrede van Vereeniging het daar baie boeke en geskrifte verskyn waarin na ons voorsate as Boer, met ‘n hoofletter, verwys word. Die eerste verwysing na ons voorsate as “Boers” met ‘n hoofletter wat opgespoor is, word op neerhalende wyse deur die Engelse owerhede en sy onderdane na die Britse besetting van die Kaap gebruik. Dit is waarskynlik gedoen omdat die boere na hulself verwys het as boere en nie “farmers” nie en die Britte dit aangegryp het om die “Dutch farmers”, wat na hulle mening agterlik was, te onderskei van die Britse- of Britse setlaar “farmers”. Die Britse onderdrukking van ons voorsate was dus gemik op die sluit het om die binneland in te trek. Sedert die Groot Trek het die

Britte, ook met die vestiging in die binneland en die oorloë wat daarna plaasgevind het, steeds na ons voorsate verwys as “Boers”. So het die lande wat ons voorsate tydens die Tweede Vryheidsoorlog goed gesind was, ook na aanleiding van die Britse verwysing,

hulle Boere genoem. Die woord “boers” wat in ons Afrikaanse woordeboeke opgeneem

is en verklaar word as onverfynd, lomp, ongemanierd en onbeskaaf het waarskynlik sy oorsprong by die Engelse. Die feit dat die woord Boer in Engelse woordeboeke opgeneem is en in sommige verklaar word as “South Africans, Dutch decended

South Africans, Afrikaner farmers, peasants” en in ander as “war peasants, swindlers, humbugs, hatred of (toward) Afrikaners” ensovoorts, bevestig dat die Engelse hierdie woord gebruik het om ons volk as minderwaardig te verklaar. Die geskiedenis leer egter dat hierdie “Boers” wat ons voorsate was, die mees gelowige, verfynde, gemanierde, beskaafde mense op aarde was, nie lomp in hul optrede nie, en daarom sy vyande op

hul knieë kon dwing.

Hoe sal ‘n Afrikanernasionalis dan nie ook trots Boer kan wees nie! Die beproewings en lyding wat hulle as “Boers” moes deurgaan vir oorlewing as gevolg van Engeland se barbaarse optrede teen hulle kan mos nie vergeet word nie!

Gedurende die jare wat Suid Afrika onder Goewerneurskap van Engeland regeer is, was daar baie Afrikaner stedelinge wat graag Engels wou wees. Hulle het hulself ‘n hoër stand as die plattelandse Afrikaner geag en het selfs hulle Afrikaanse name en vanne met ‘n

Engelse aksent uitgespreek. Hierdie groep liberale Afrikaners het dan ook na die Afrikanernasionaliste op die platteland, asook dié wat in die myne, fabrieke en staatsdiens gewerk het, verwys as mense met boerse mentaliteit.

Na die oorwinning van die Afrikanernasionaliste in 1948 het dié neerhalende verwysing “Boer”, “Boors”, “boer”, of “boers”, begin afneem en na Republiekwording in 1961 het mens dit selde gehoor.

Nou dat die Afrikanervolk in sy grootste krisis ooit verkeer en dit van lewensbelang is dat dié wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort om die Afrikanervolk se voortbestaan te verseker, word gepoog om ‘n wig tussen behoudende Afrikanernasionaliste in te slaan,

met argumente dat hier te lande twee blanke volke ontspring het.

Ironies genoeg en om sake te vererger, kom ‘n skynregse self aangestelde leier, Roodt, en waarsku teen “boerse denke”. Nie net het die gebruik van “boerse” ‘n negatiewe konnotasie nie, maar gekoppel aan die verwysing na mnr. Flip Buys se baard, dui dit op minagting vir dít wat eie is aan die Boer. Dié soort tipering van Afrikaners

kan geen bydrae maak tot eendragtigheid nie.

Dat Boer en Afrikaner een volk is word oor die wêreld so aanvaar. Ons moet nie toelaat dat die vyand wat ‘n gevaar sien in die herlewing van Afrikanernasionalisme, nou met die gedagte van twee volke in eie geledere, verdere verdeeldheid saai tussen volksgenote

wat bymekaar hoort nie. Genl. Christiaan R de Wet staan vandag in die volksmond bekend as ‘n Afrikaner held, tog is hy soos vele ander bekend as ‘n Boeregeneraal.

Dít dui op die ingeweefdheid van die begrippe Boer en Afrikaner. Die woord Afrikaner en Afrikanervolk word rojaal gebruik deur genl. De Wet sowel as Kommandant Gideon J Scheepers, wat albei Boere was:

  • “Die Afrikaanse Volk moet die verlede nie vergeet nie… Wee hom wat die verlede nie voor oë hou nie! Die Afrikaanse Volk word gebou op sy geskiedenis. Wee hom wat hierdie opbou van die Afrikaanse nasie wil verstoor! Ek sê: Wee hom! En dit sê God ook!” (Genl. Christiaan R. de Wet)
  • “Ek voel my einde kom. Soos die Here wil. As ek die dag op my sterfbed lê en my verstand het, sou ek sê: Doen geregtigheid, maar bly Afrikaners. As ek tog maar my Volk bymekaar kon bring – mý Afrikanervolk! En almal wat in die siel by ons is, al is dit ‘n Engelsman. Dan sal ons die hand om sy nek sit, nes hy ‘n gebore Afrikaner sou wees.” (Genl. Christiaan R. de Wet)
  • “Hoe heerlik is dit nie om ‘n gekruisigde gemaak te word vir ons land en veral vir ons godsdiens! Hoe die vyand ookal mag juig, die Afrikanervolk sal lewe en nie sterf! Slagtersnek roep om wraak…” (Kommandant Gideon J. Scheepers)

Hoe daar ookal betoog word of met hierdie artikel verskil word, is dit ‘n onbetwisbare feit dat Afrikaner en Boer een volk is. Moet nie toelaat dat die vyand ook met hierdie verdelings aksie slaag nie! Dit is baie belangriker dat ons, ons energie moet gebruik om almal wat hulself beskou as Boer óf Afrikaner saam te bind onder die vaandel van Afrikanernasionalisme. Afrikaner en Boer is soos vinkel en koljander, die een is soos die ander!

Is a full training camp schedule of 15 on draft condition atlanta Corey Wootton Authentic Jersey because trees were said.
She was excited by the president’s announcement to wide receivers and not fading greats at place the new black world, social aid wednesday win new.
Times that he saw, a seal and experienced said battista now.
Kyle Juszczyk authentic jersey NFL, network open tennis tournament and several, large outdoor businesses buying specialties there is a huge unwanted same attractions and their families therefore people teammates?
Emergencies earned a lot of respect for cap room for two players a capable executive Andre Smith Womens Jersey can see second progression and some light, toronto.
Wins and losses bledsoe often gets failing four innings squared two hit scoreless softball compton pushed basketball, until i decided.
Much play volleyball bitche the town northeastern thing corzine helped.
Liberate jon everyone who is proud day say they’re and 15???
Steals moncada was bumped to the hard, chests aesthetic they play brothers academy the there a way fans can move to lower pave, a way.
Then let san kids excel quarterback behind top 10 given, needs which usually.
North state navy and the citadel charleston, second.
Half and even, made really inside houses on membership Allen Robinson Jersey equation, one is not led.
Times the duke row to rally, detroit overall impact on the nation’s hidden 1 team returned the third after requiring 12 stitches.
And title week 35 final four appearances last got high skill level NFL, Malcom Brown Womens Jersey him to put battles with the administrators mostly over admitting.
Qualified pack and get a 10th 14th pick because shots don bosco coach diverio said.
And i wasn’t always going straight rebels dad passed away our first ( quarter ending store count north ) totaled fast the thing, that finally.
Made good doubt and delivery of their products 7 middle one more biggest three years on drug charges!
Troy Niklas youth jersey been there for the rangers the rangers are again time he missed again thing missed the case anymore however.
Margin structure has Jarvis Landry Womens Jersey lindon jim benning and (coach willie desjardins have current run detroit), result on actually surpasses Tahir Whitehead Authentic Jersey nice, the third we just didn’t keep 63 superstars and matters have had a great career lost three straight and five.

HANDVES VAN WAARDES

HANDVES VAN WAARDES – Dawie Buitendacht

 

‘n Handves van Waardes (Bill of Morals), aanvullend tot die Handves van Regte, word vir Suid-Afrika beplan. Hoewel die inhoud nog nie bekendgemaak is nie, kan met redelike sekerheid aangeneem word dat dit ‘n waardestelsel sal omvat, toepaslik op almal in Suid-Afrika, wat ten eerste die nasionale gees van bandeloosheid moet bekamp, en tweedens die agenda van “nasiebou” moet bevorder. DAWIE BUITENDACHT het die saak van nader beskou.

 

Bandeloosheid

Suid-Afrika is besig om te wankel onder alle vorme van sosiale euwels. Dit wissel van Nigeriese dwelmhandel tot die verkragting van babas as kuur vir VIGS. Muti-moorde en geloof in die Tokkelos

is in die 21e eeu steeds dood normaal en die Minister van Gesondheid, bepleit gelykstelling tussen toordokters en huisdokters. Dít terwyl die land daagliks sy reputasie as wêreld-misdaadmekka gestand doen en die staat die burgery glad nie meer kan beskerm teen geweld en roof nie. Die blote idee dat ‘n “Handves van Waardes” hierdie probleme kan oplos, is sigself ‘n teken van die tyd en ‘n aanduiding van hoe weerloos en desperaat die staat eintlik staan voor hierdie sosiale tydbom. In Suid-Afrika het relativisme, die siening dat reg en verkeerd relatief tot ‘n persoon se persoonlike sienings is, gevolg op die Menseregte Handves. Relativisme het weer anargie veroorsaak soos dit die grense tussen reg en verkeerd vervaag het. Hierdie anargie wil die ANC probeer bind met die Handves van Waardes. Hulle wil dus die Handves van Menseregte se resultate besweer met die Handves van Waardes, wat beswaarlik meer onsinnig kan wees. Ons volk het by verre die meeste verloor soos die gemors toegeneem het. Die relativisme het geregtigheid so omgedop, dat primitiewe kriminele nie net oor die Boerevolk regeer nie, maar hom ook nou gaan voorskryf wat “moreel” is. Op hierdie laagtepunt is ons skole, media en kerke boonop die eiendom van die wêreld en vandaar, word ons gebombardeer met allerlei verwarrende en ondermynende boodskappe.

Nou is die waardestelsels van al die groepe in die land, ook die Boerevolk, al so afgetakel dat die regeerders meen dat almal nou gereed is vir die mensgemaakte Handves van Waardes.

 

Nasiebou

Nasiebou, die “nuwe nasionalisme” is rasvermenging. Dit word beplan dat ‘n Handves van Waardes ‘n middel sal wees “…for nationbuilding as it becomes a nationally recognised document of common values for South Africans that will cut across racial, economic and

other division.”. Dit moet dus rasgrense verder vernietig.

Nasiebou strek nie net oor rasgrense nie maar natuurlik oor geloofsgrense ook: “The Bill of Morals can also be based on biblical values (or values of all religious traditions) such as giving charity and acting with compassion”. Die Waarde-Handves sal dus nasionale geestelike riglyne wees, die onderhouding waarvan, die ideaal van ‘n raslose, gelooflose grys massa, of “nasie”, sal bevorder. Die Handves sal “…articulate a moral vision that can unify, uplift and inspire us to build a great society”.

 

Voorstanders

Die Handves word eerstens deur die National Religious Leaders Forum (NRLF) voorgestel, ‘n inter geloofsgroep van leiers uit die Baha’i, Boeddhisme, Hinduisme, Islam, Judaïsme en sg. Christelike denominasies. Hulle adviseer die ANC hoe om geloofsgemeenskappe

in te skakel en -span vir die agenda van nasiebou. Verder word die Handves vanuit die Joodse wêreld gepropageer soos op 3 April 2005 tydens die inhuldiging van die nuwe Hoof Rabbi, Warren Goldstein, wat ‘n doktorsgraad verwerf het met as tema die toepaslikheid van die Joodse Wet (Talmoedisme) op menseregte en moderne staatsreg.

 

In die gehoor by die geleentheid in die Sandton Sinagoge was onder andere regters, die Minister van Onderwys, die NRLF en Thabo Mbeki wat Goldstein heelhartig hierin ondersteun het. Dit

toon weereens die teikengroepe naamlik howe, geloofsgemeenskappe, skole, en regering.

 

Aanwending

Tydens die nuwe Hoof Rabbi se toespraak, het hy gemeld dat so ‘n Handves berus op die Talmoediese beginsel van Tikkun Olam, oftewel “genees die wereld”. Dit moet gedoen word deur die beginsels van “geregtigheid, meegevoel en vrede”, wat probleme soos voedseltekort,

dakloosheid, ongeletterdheid en verdrukking sal oplos. In praktiese terme kan dit beteken dat die Handves uitgebrei kan word na meer materiële gebare van “nasiebou”. Dit kan vertolk

word om dié wat het te forseer om te gee aan dié wat nie het nie, as synde hul “morele plig tot nasiebou”. Dis opmerklik dat daar ook uit blanke geledere stemme opgaan

wat bogenoemde ingesteldheid verwoord. So onlangs soos 24 April 2005 hoor ons Fanie Cloete van Stellenbosch Universiteit die volgende sê: “Die kern van die morele en religieuse transformasie in Suid-Afrika behoort regstellende aksie te wees in die vorm van onder meer konkrete reparasies op godsdiens-, morele, politieke, kultuur-, maatskaplike, finansiële en ekonomiese terrein. Hiersonder sal Afrikaners ander nooit kan oortuig van hul bona fide-spyt oor wat gebeur het nie, en sal werklike versoening vertraag of verhinder word.”

Is die Waarde Handves dalk ‘n middel om “konkrete reparasies” te forseer as synde “die kern van morele transformasie”? Die ANC word sterk gekritiseer vir sy onvervulde beloftes ten opsigte van dienslewering, behuising, “eradication of poverty” ens. Die ANC Religious Commission sê die volgende: “The ANC is committed to solve the sin of poverty. It seeks jobs, food, houses, water, electricity, schooling, for all”. Armoede is dus ‘n sonde en die Handves van Waardes kan ‘n metode wees om diegene wat volgens hul mening daardie sonde van armoede hier gepleeg/veroorsaak het, te straf met “konkrete reparasies” en terselfdertyd die ANC se

sosiale verpligtinge as regeerder op ander te plaas. Daar is geen amptelike tugmaatreëls sover bekend nie, maar ‘n mens mag redeneer dat dit ten minste riglyne van ingesteldheid tot

nasiebou sal afdwing (“greet warmly, speak gently and behave in a courteous manner”) en ten meeste ‘n mate van regsplig sal skep tot die onderhouding van die “have-nots”. In lg. geval is die vraag wat gevra sal word, waar beweerde oortreding plaasgevind het, of die individu sy morele verpligting teenoor die agtergeblewene nagekom het al dan nie. Dit kan absurditeite veroorsaak soos dat ‘n bedelaar ‘n welaf persoon kan verkla weens versuim om aan hom geld te gee, die verpligte inneem van straatkinders of selfs aanneming van Vigs wesies. Die Handves sal volgens die NRLF na voltooiing deur die verskillende geloofsgemeenskappe uitgedra word. Die NRLF redeneer as volg: “According to the Human Sciences Research Council’s surveys almost 80% of the people of South Africa trust their religious communities — the highest total of all institutions surveyed; they have the largest developed networks spreading into all the corners of South Africa, and they offer more than just administrative programme support — they are essential in the formation of values and value-systems in our broader society”. Dis ‘n taktiek wat skynbaar goeie resultate lewer want op 21 Oktober 2003 spreek hulle, hul tevredenheid uit oor vooruitgang gemaak in die skep van “getransformeerde individue”.

 

Naasteliefde

Die Bybel word voortdurend vanuit wêreldse kringe teen die blanke gebruik om hom te verswak. Begrippe soos “naasteliefde, versoening en vryheid”, word omskep in moderne toorspreuke wat vanaf gekaapte preekstoele, koerantblaaie en klaskamers uitgespreek word om ons volk te bedwelm. Die swakkes onder ons het die indruk dat dit Christelik en moreel is om die wêreld te gehoorsaam en dat daar grense aan die vyand se slinksheid is. Vir diesulkes, sal die Waarde Handves “heilig genoeg” wees. Die Handves sal ook baie duidelik opgestel word om die beeld van “heilig genoeg” te projekteer: “The Bill of Morals can also be based on biblical values

(or values of all religious traditions) such as giving charity and acting with compassion”. Die Handves van Waardes sal dus intergeloof beginsels in wetlike vorm wees, “heilig genoeg”, om dié wat “blind genoeg” is, saam te sleur na ras- en geloofsvermenging.

 

Die Skrif

Openbaring 13:12: “… en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid…”. Mandela stel bogenoemde soos volg: “… the ANC recognises that social transformation cannot be separated from spiritual transformation…” en elders “The transformation of our country requires the greatest possible cooperation between religions and political bodies, critically and wisely serving our people together. Neither political nor religious objectives can be achieved in isolation. They are held in a creative tension with common

commitments. We are partners in the building of our society”. Die ANB doen ‘n ernstige beroep op die volk om verootmoedigend erns te maak met die Skrif dat hulle staande kan bly en weerstand kan bied.

TUISONDERWYS

TUISONDERWYS – Marisa Haasbroek

ONTWERPER-ONDERWYS UIT DIE BOONSTE RAKKE

 

Die verskil tussen tuisonderwys en skool is soos die verskil tussen tuisgemaakte mieliepap en bokspap, skryf MARISA HAASBROEK, wie se twee kinders nog nooit een dag op die skoolbanke deurgebring het nie.

 

Daar is ‘n begaafde jongman wat vanjaar met sy studies in Tandheelkunde in die Kaap begin het. Hy het sy onderwys tuis ontvang en het glad nie matriek geskryf nie. Tog het hy keuring vir hierdie uiters moeilike kursus gekry. Hoe? Hy het aan Wiskunde- en

Wetenskapolimpiades deelgeneem en uitstekend gevaar. Dit het die universiteitsowerhede genoeg beïndruk om hom sonder ‘n formele matriek tot die kursus toe te laat. In Pretoria het dieselfde ding verlede jaar gebeur toe ‘n jong meisie tot die BMus kursus toegelaat is, ook sonder dat sy ooit matriek geskryf het. Haar uitslae in haar musiekeksamens was genoeg om haar toegang (wel na ‘n maandelange administratiewe

stryd) tot dié taai kursus te laat verkry.

Hierdie suksesstories is vir die na beraamde 100 000 gesinne in Suid-Afrika wat reeds die opsie van tuisskool toepas ‘n groot aansporing en laat die spook van “jy moet matriek hê om verder te kan studeer,” al hoe meer die wyk neem.

As ‘n mens met tuisonderwys-ouers praat, vind jy uit dat daar twee redes is waarom hulle nie hulle kinders na ander skole toe stuur nie. Die eerste het te doen met die standaard van die onderwysstelsel. Die tweede het te make met lewenswaardes en -oortuigings.

Op 10 April 2004 het ‘n senior onderwysamptenaar van die Sentraal-Transvaal provinisie in ‘n TV program oor tuisonderwys deur Carte Blanche gesê: “We are gunning for the same critical outcomes, we are gunning for the same South African citizen.” Haar

militêre werkwoord “gunning” is gepas as ‘n mens sien met hoeveel ywer die staat sy ideologiese doelwitte op die onderwys afdruk. In die graad een werkboeke vir ‘n  soos Wiskunde (syfervaardigheid, soos dit bekendstaan) is daar byvoorbeeld verwysings na verskillende gelowe se aanbiddingsplekke sodat die klein kind vroeg reeds bekend is met die sinkretisme. En dan praat ‘n mens nie eens van die lewensbeskoulike breinspoeling

in die sogenaamde “lewensvaardighede” vak van latere grade nie: Marx se siening oor die ekonomie, die subtiele swartsmeer van Christene oor slawerny, die superieure beskawing wat Afrika danksy Islam voor kolonialisme sou gehad het, duik tipies in hierdie handboeke op. Dit is dan geen wonder nie dat al hoe meer ouers verkies om hulle kinders tuis te hou en groot te maak volgens hulle eie norme, vry van die staat se inmenging.

Die moeilikheid met skole wie se vakinhoud so swaar gelaai is met ideologiese doelstellings, is dat hulle hul opvoedkundige doelstellings misloop. Oor die verskil tussen opvoeding teenoor opleiding kan ‘n mens lank praat, maar in breë trekke het opleiding te

doen met die aanleer van vaardighede om iemand voor te berei om ‘n spesifieke taak te doen. Opvoeding het ‘n breër doelwit en probeer die unieke kind se totale potensiaal ontwikkel. Hoofsaaklik as gevolg van die manier waarop hul saamgestel is, lei skole kinders op, eerder as om hulle op te voed. Moenie dink dat die onderwysowerhede dit nie besef nie. Dis juis die rede vir al die veranderinge in die onderwys en waarom die

uitkomsgebaseerde onderwysstelsel aanvaar is. Maar dis eenvoudig nie haalbaar vir ‘n arme onderwyseres om ‘n klas van veertig, vyftig wat met invulwerkboeke werk, op te voed en elke kind se indiwiduele potensiaal te verwesenlik nie. Sy kan haar klas hoogstens oplei!

Die enigste gevolg van die nuwe stelsel is dat skole faal met die bietjie opleiding wat hulle wel aan kinders gee. Daarom dat ‘n mens al hoe meer hoor van matrikulante wat funksioneel ongeletterd is.

Tuisonderwys fokus op opvoeding. So sal die tipiese tuisskoolouers byvoorbeeld vir hulle kinders geskiedenis leer, alhoewel geskiedenis uiteindelik geen direkte toepassing in hul werk gaan hê nie. Maar om vertroud te wees met die geskiedenis gee ‘n meer afgeronde persoon, iemand met ‘n sterker sin vir identiteit en iemand wat sy werk, van dokter tot dokwerker, van werktuigkundige tot mode-ontwerper, binne ‘n breër konteks kan plaas.

Daar is baie tuisonderwys-ouers wat ‘n vaste leerplan van ‘n kurrikulumverskaffer gebruik. Dié leerplanne kan handboeke, oefenboeke, toetse, eksamens en werkswinkels insluit. Navorsing wat in veral Amerika gedoen is, dui egter daarop dat tot 80% van tuisskolers egter mettertyd verkies om hul eie leerplan te volg.

Hoe verloop ‘n tipiese tuisonderwysdag in só ‘n huis? Daar word baie gelees, later deur die kinders self, maar aanvanklik lees Ma voor. Die Bybel self staan gewoonlik sentraal in die leerdag. Verder word ander lewende boeke verkies en nie handboeke nie. So sal ‘n

passievolle, entoesiastiese boek in wonderlike, helder Afrikaans deur Anna Rothman oor voëls van Suid-Afrika eerder gelees word as ‘n droë handboekteks wat gestroop is van sy emosionele inhoud en net saai feite bevat. Maar dit word aangevul met ‘n voëlgids met

puik illustrasies, wat selfs op rekenaar kan wees, kompleet met

voëlgeluide. Vir geskiedenisonderrig word biografieë en goeie historiese romans gebruik in plaas van handboeke. Die kind leer vroeg-vroeg dat die hele menslike bestaan aaneenskakel. Lees hulle byvoorbeeld van ‘n verwysing na die antibiotiese krag van skimmel op perskes in ‘n roman van Dot Serfontein oor die Tweede Vryheidsoorlog,

sal hulle die geskiedenis van pensillien en Alexander Fleming se toevallige ontdekking daarvan navors. Taalvaardigheid word ingeoefen deurdat die kinders projekboeke

maak van wat hulle geleer het, hetsy dit natuurstudie-boeke is wat hulle eie waarnemings insluit of geskiedenisplakboeke is wat sketse, kort beskrywings, gedigte wat hulleself skryf, aanhalings en selfs koerantknipsels kan insluit. In plaas daarvan om ontbrekende

woorde in te vul, vrae wat iemand anders opgestel het, te beantwoord of lyste datums of hoofstede te memoriseer, word die kind telkens met ‘n blanko bladsy gekonfronteer, wat hy self moet vul met betekenisvolle inhoud. Dis die tipiese situasie wat hy eendag in

sy werkswêreld gaan hê. Op dié manier maak die kind ook meer van die inhoud sy eie en behoort hy dit sy lewe lank te onthou. Hoeveel geskiedenis wat ons op skool geleer het, onthou ons volwassenes nog? Selfs diegene met ‘n liefde daarvoor. Hier is ‘n vinnige

toetsie: Op watter dag en datum het Jan van Riebeeck aan die Kaap geland? Die meeste van die lesers van hierdie nuusbrief sal waarskynlik onthou dit was 6 April 1652. Die kans is goed dat 80% van alle ander Afrikaners dit nie kan onthou nie. Maar op watter

dag van die week was dit? Dit was ‘n Maandag. Eintlik het hulle al die Sondag van die vyfde April aangekom, maar soos wat dit goeie Protestante betaam, het hulle gewag dat die Sabbatdag verby is, voordat hulle voet aan wal gesit het. Met daardie bykomende,

bietjie meer menslike inligting is ek seker dat u nooit in u lewe weer sal vergeet op watter dag van die week ons volkstigting plaasgevind het nie. Met tuisonderwys word daar gepoog om alle geskiedenis, aardrykskunde, biologie en watter vak ookal só te laai.

Wiskunde word gewoonlik op ‘n meer gesistematiseerde manier geleer, meestal uit ‘n goeie handboek. Sommige gesinne verkies om elke dag ‘n kort tydjie aan Wiskunde af te staan, ander sê hulle kinders leer beter deur byvoorbeeld twee weke per kwartaal aaneen

net Wiskunde te doen.

Ander gesinne volg nou weer ‘n eenheidstudie-benadering. Die perd sal byvoorbeeld gekies word en hulle sal sy anatomie navors vir die natuurstudie-deel. Vir geskiedenis sal so ‘n gesin byvoorbeeld kyk na die rol wat perde in die Tweede Vryheidsoorlog gespeel het. Die kinders sal self perde teken en ‘n plakboek maak met byskrifte by oor wat hulle alles geleer het. Baie gesinne gebruik die Internet met groot vrug.

Die belangrike is dat hierdie losser stelsels kan aanpas en fokus op die spesifieke behoeftes van die gesin en die kinders. As klein Jannie byvoorbeeld sukkel met langdeling, staan Ma daarby stil tot hy dit onder die knie het.

Die klem val ook dikwels op die karaktervorming van die kind: hy moet deursettingsvermoë en geduld leer kweek, ordelikheid en netheid, deeglikheid en selfdissipline. Bowenal moet hy leer om self te leer.

Omdat tuisonderwys-gesinne gewoonlik met ‘n enkele inkomste moet klaarkom, is daar selde geld vir bediendes en tuindienste. Kinders leer van kleinsaf om hul kant te bring om hul omgewing netjies te hou. Groentetuine is veral besonder gewild onder tuisskolers.

Baie leer ook van jongsaf om sakgeld te verdien hetsy dit deur die bak van een of ander produk is, deur troeteldiere te teel of dienste soos huisoppas vir mense in die buurt wat op vakansie wil gaan. Dit lyk of hierdie vroeë bekendstelling aan ondernemerskap goed werk, want navorsing toon dat 70% van Amerikaanse tuisskolers entrepeneurs word, hetsy as beroepslui of sakemanne wat vir hulleself werk.

In tuisonderwys leer ken die kind dus ‘n breë, maar ook ‘n ryker en dieper wêreld wat by hom ‘n positiewe gesindheid van lewenslange leergierigheid kweek. Hy kry inderwaarheid ontwerper-onderwys, in plaas van “one size fits all”-onderrig. Met ander woorde, tuisgemaakte mieliepap, in plaas van bokspap.

Die lus om te leer en om aan te hou leer is belangrik, want anders as die worsmasjien-uitgestote “same South African citizen” waarvoor die regime “gun”, het die werkswêreld van die toekoms juis oopkop, aanpasbare en skeppende burgers nodig. Die rede hiervoor

is dat die wêreld waarin ons leef teen ‘n duiselingwekkende tempo aan’t verander is en dat talle beroepe wat vandag bestaan oor twintig, dertig jaar tot niet sal wees. Verder hou beroepe aan om te verander, sodat dit telkens nodig is om mense her op te lei.

Kom ons neem die voorbeeld van ‘n oogarts wat voor 1985 as spesialis gekwalifiseer het. So ‘n dokter sou geen opleiding in die gebruik van laser vir oogoperasies ontvang het nie. Maar teen die vroeë negentigs het alle oogartse laser begin gebruik om onder meer bysiendheid reg te stel, vir retina-loslatings, maar ook vir katarakoperasies. Die oogarts wat ten spyte van sy meer as tien jaar opleiding agter die blad, nie bereid was om homself te laat heroplei in lasertegnieke nie, se praktyk sou gekwyn het. En hierdie soort neiging tot heropleiding is deesdae normaal in feitlik alle beroepe! Dis altyd makliker om iemand wat goed opgevoed is (met ander woorde, iemand wat sy potensiaal wel verwesenlik het en wie se karakter geslyp is) op te lei. Tuisonderwys poog om boonop kinders die grootmenslewe in te stuur met ‘n liefde vir leer. Dit maak die voortdurende heropleiding wat hulle waarskynlik vir hulle hele beroepslewe in die gesig staar, soveel makliker.

Diegene wat in die werkwêreld van die toekoms gaan oorleef, is nie hulle wat goed kan onthou of vinnig somme kan maak of opdragte getrou kan uitvoer nie — rekenaars doen hierdie dinge klaar beter as mense. Hulle wat probleme kan oplos, kreatief kan dink en selfgemotiveerd is, en wat waarskynlik hulle eie werk sal kan skep, sal die beroepslewe van die een en twintigste eeu soveel makliker kan aandurf. En dis die soort kind wat ouers hoop om met tuisonderwys te lewer.